markus 15:40-47 - gk daspoort 15,40-47.pdf · 1 in vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese...

17
Markus 15:40-47 Die besige agter-midag van Jesus se kruisiging-dag, met die fokus op: die vrou wat sien, Josef wat begrawe en Pilatus se verwondering. Februarie 2017 Ps 84: 1, 2 – vooraf Ps 84: 3, 4, 6 – lofpsalm Ps 92: 1, 2 – na wet Ps 40: 3, 5 – as antwoord op die Woord Ps 145: 1, 2, 10, 12 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 65: 2, 3, 4 – slotpsalm Lees: Mark 15:40-47 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes in Mark 15:40-47 is Jesus dood. Vers 34-37 vertel-at dit so rondom 3 uur die middag was. So dis nou agter-middag op Jesus se kruisiging-dag. En wat ‘n bedrywige agter-middag!? Verduidelik 1 I Daar-sie vroue van vers 40-41 & 47. Van veraf sien hulle wat by-ie kruis gebeur. Hulle sien Jesus dood-gaan. Hulle sien waar Jesus begrawe word. II En dan-saar Josef. Hy was ‘n vername man invloedryk belangrik 2 ‘n man na wie mense opgekyk het. En daarby ‘n raadslid vers 43. Hy kom van Arimathéa af. Opmerking 3 Lukas vertel in Luk 23:31 dat Arimathéa “’n stad van die Jode” was heel waarskynlik so 30 km noord-wes van Jerusalem. Nou waar-ie vroue gesien het hoe Jesus dood gaan en gesien het waar Jesus begrawe word is Josef die ou wat die begrafnis gereël het en vir Jesus begrawe het. Vers 42-43 &46 vertel-it. 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus se liggaam vra met die oog op begrafnis (vers 42-43) C. Pilatus se reaksie (vers 44-45) B. Josef wat Jesus begrawe (vers 46) A. Die vroue wat Jesus se berafnis sien (vers 47) Hierdie chiasitese struktuur grens heirdie perikoop af (Edwards se Mark komm. bl. 484-485) en wys vir ons die fokus-punte uit (Binnewerk bl 116). 2 43a - ευσχημων = adjek, nom ml ev, wat hier vir ιωσηφ verder beskryf. Dit het dan hier die betekenis van ‘uit ’n goeie stand’/ ‘ryk’/ ‘vooraanstaande’/ ‘deftig’/ ‘belangrik’/ ‘geëerde’ ... Mense het van hom gehou enwas, was invloedryk (Baljon bl. 391; TDNT vol 2 bl. 771; Cole se Mark komm. bl. 332). Dit is hoe ιωσηφ was. 3 Vgl Reformation study Bible bl. 148

Upload: others

Post on 20-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

Markus 15:40-47 Die besige agter-midag van Jesus se kruisiging-dag, met die fokus op:

die vrou wat sien, Josef wat begrawe en Pilatus se verwondering. Februarie 2017

Ps 84: 1, 2 – vooraf Ps 84: 3, 4, 6 – lofpsalm Ps 92: 1, 2 – na wet Ps 40: 3, 5 – as antwoord op die Woord Ps 145: 1, 2, 10, 12 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 65: 2, 3, 4 – slotpsalm

Lees: Mark 15:40-47 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes in Mark 15:40-47 is Jesus dood. Vers 34-37 vertel-at dit so rondom 3 uur die middag was. So dis nou agter-middag op Jesus se kruisiging-dag. En wat ‘n bedrywige agter-middag!?

Verduidelik1 I Daar-sie vroue van vers 40-41 & 47. Van veraf sien hulle wat by-ie kruis gebeur. Hulle sien Jesus dood-gaan. Hulle sien waar Jesus begrawe word. II En dan-saar Josef. Hy was ‘n vername man invloedryk belangrik2 ‘n man na wie mense opgekyk het. En daarby ‘n raadslid sê vers 43. Hy kom van Arimathéa af.

Opmerking3 Lukas vertel in Luk 23:31 dat Arimathéa “’n stad van die Jode” was heel waarskynlik so 30 km noord-wes van Jerusalem.

Nou waar-ie vroue gesien het hoe Jesus dood gaan en gesien het waar Jesus begrawe word is Josef die ou wat die begrafnis gereël het en vir Jesus begrawe het. Vers 42-43 &46 vertel-it.

1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur.

A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus se liggaam vra met die oog op begrafnis (vers 42-43)

C. Pilatus se reaksie (vers 44-45) B. Josef wat Jesus begrawe (vers 46)

A. Die vroue wat Jesus se berafnis sien (vers 47) Hierdie chiasitese struktuur grens heirdie perikoop af (Edwards se Mark komm. bl. 484-485) en wys vir ons die fokus-punte uit (Binnewerk bl 116).

2 43a - ευσχημων = adjek, nom ml ev, wat hier vir ιωσηφ verder beskryf. Dit het dan hier die betekenis van ‘uit ’n goeie stand’/ ‘ryk’/ ‘vooraanstaande’/ ‘deftig’/ ‘belangrik’/ ‘geëerde’ ... Mense het van hom gehou enwas, was invloedryk (Baljon bl. 391; TDNT vol 2 bl. 771; Cole se Mark komm. bl. 332). Dit is hoe ιωσηφ was.

3 Vgl Reformation study Bible bl. 148

Page 2: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

1

III En dan tussen-it alles is Pilatus. Die Romeinse Goewerner na wie die Godsdiensleiers Jesus gebring het om vir Jesus te veroordeel. Dis hy wat toe vir Jesus tot die krisdood veroordeel het terwyl Jesus totaal onskuldig was. Ook hy’s belangrik. Al is omtrent al wat hy doen hierdie verwondering oor Jesus wat so vinnig dood is. Vers 44-45 vertel van hom.

So sien julle waaroor gaan-it in Mark 15:40-47? Dit gaan oor

Daai besige agter-midag van Jesus se kruisiging-dag met die fokus op die vroue wat sien Josef wat begrawe en Pilatus se verwondering.

Toepassing In alles gee ons Here lering. Lering oor God Lering oor die Evangelie van Jesus se kruis-dood-en-begrafnis Lering oor ware dissipel-wees.

* * * * * 1. So ons staan eerste stil by-ie fokus op-ie vroue.

Dis vers 40-41 & 47. A. Vers 40 sê: “En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het.” Vers 41 sê: Dis “hulle wat Hom (Jesus) gevolg en Hom gedien het toe Hy in Galiléa was ...” So wat sê-it van hierdie vroue? Veral hierdie ding dat hulle Jesus gevolg en gedien het. Wat sê dit vir ons?

Verduidelik4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Bewys Toe Jesus sy eerste dissipels geroep het in Mark 1:16-20 het Jesus vir hulle gesê: “Kom agter My aan” . En as Petrus in Mark 10:28 praat Petrus oor hoe hulle dissipels geword het dan sê hy vir Jesus: “Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg.”

So ja dis ‘n dissipel. Dis ek en jy wat Jesus se roepstem hoor en na Hom toe bekeer Hom aanneem as ons Koning-en-Verlosser en Hom dan volg in ‘n lewe

4 Vgl Baljon bl 34; TDNT vol 1 bl 213; NIDNTT vol 1 bl 480, 482; Evans se Mark komm bl 511; Edwards se Mark komm bl 486; Stein

se Mark komm bl 78-79, 473; Bayer, A teology of Mark bl 103.

Page 3: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

2

waarin ons almeer aan Hom oorgee waarin God se wil al meer ons wil word en ons Hom al meer leer ken as die enigste ware Koning en Verlosser.

En so is-it ook met Mark 15:40-41 se vroue wat by die kruis “van ver af gekyk het.” Vers 41 sê “hulle (het) Jesus gevolg en Hom gedien ...”

Verduidelik5 Luk 8:3 sê dat hulle Jesus “met hulle besittings gedien het.”

* * * * * So ons moet dit raaksien. Jesus se dissipels was meer as sy 12 dssipels wat toe Jesus daar in Getsemane gevang is gevlug het. Nee Jesus het meer dissipels gehad. En deel van hulle is hierdie vroue van vers 40-41 & 47. B. En kyk wat sê vers 40 oor hulle: “En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het.”

Verduidelik6 So hulle het alles daar by die kruis gesien gebeur.

Terugblik7 Hulle het gesien hoe-ie Romeinse soldate Jesus aan-ie kruis vas spyker. Hulle-et gesien hoe Jesus kaal verneder bespot aan-ie kruis hang. Hulle het gesien en gehoor

hoe-ie soldate spot Hulle het gesien en gehoor

hoe-ie verbygangers spot. Hulle het gesien en gehoor

hoe-ie Godsdiensleiers spot. Hulle het gehoor hoe Jesus teen 3 uur die middag in sy lyding onder-ie oordeel van God dit uitgeskreeu het: “My God, my God, waarom het U My verlaat?”8 Hulle het gehoor en geisen toe Jesus ‘n rukkie later “met ‘n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas het.” Dood geggaan het.

* * * * * Ja hierdie vroue-dissipls van Jesus het Jesus sy alleen-lyding aa-ie kruis gesien. Hulle het sy dood-gaan gesien. Dis wat vers 40 vir ons sê. So wat sê-it vir ons?

5 Vgl France se Mark komm. bl. 663 6 Vgl Evans se Mark komm. bl. 510 7 Vgl Mark 15,16-28.pdf; Mark 15,29-39.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 8 Mark 15:34

Page 4: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

3

Verduidelik I9 Wel-it sê dat hierdie vroue-dissipels getuies is. Hulle is direkte oor-en-oog-getuies van Jesus se dood-gaan aan die kruis. II10 En dan gee-ie HERE baie blangrike lering oor oog-en-oor getuies. Dis altyd iemand wat direk iets gesien het of direk iets gehoor het. Hierdie iemand kan getuig en sê: ‘ek het hierdie-en-hierdie op daai dag en op daai tyd gsien gebeur’. En dan leer-ie Woord verder dat as jy twee of meer sulke getuies het en jy toets hulle en hulle vertel almal die selfde storie en dit wat hulle sê kom ooreen dan kan ons weet seker weet dat dit die waarheid is.

Bewys Hoor hoe sê-ie HERE dit in Deut 19:15 “Een getuie mag nie teen iemand optree ... nie; op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal ‘n saak van krag wees.”

* * * * * C. En nou vertel Markus in Mark 15:40-41 dat by die kruis hierdie hele klomp vroue-dissipels was. Hulle het Jesus se kruis-lyding gesien. Hulle het gesien hoe Jesus dood gegaan het.

Verduidelik So wat Markus geïnspireerd deur die Gees sê is: ‘hei van Jesus se dood-gaan is-aar nie net twee getuies nie. Nee daar’s hierdie hele klomp vroue-dissipels wat gesien het.’

En dan noem Markus in vers 40 van hulle name ook: “Onder hulle was Maria Magdaléna ook

Mark 16:9 sê dat Jesus haar van 7 demone bevry het11 en Maria, die moeder van Jakobus, die kleine, en van Joses

dit kan wees dat hierdie Maria Jesus se ma was. Want in Mark 6:3 lees ons dat Jakobus en Joses boeties van Jesus was12

en Salóme.” Mat 27:56 sê dat sy die ma was van twee van Jesus se dissipels

9 40a – θεωρουσαι = praes part akt vl mv van θεωρεω met die basiese betekenis van ‘kyk na’/ ‘sien’/ ‘aanskou ’n spektakel’/ ‘gee

aandag aan’ as ’n toeskouer (Logos Bible software; TDNT vol 5 bl. 318-319, 346; NIDNTT vol 3 bl. 516; Van Bruggen se Mark komm. bl. 386). Ek meen dat θεωρουσαι hier byvoeglik opree en γυναικες attrubitief verder beskryf (Greek grammar beyond basics bl. 617-618). Die betekenis van απο μακροθεν θεωρουσαι is dan ‘wat van veraf gesien het’. Hierdie θεωρεω-handeling van die vroue is ook iets wat hulle doen in vers 47. Dit word ’n belangrike tema by die vroue, hierdie θεωρεω-handeling van hulle ... Deur hulle θεωρεω-handeling is hulle getuies van wat gebeur – Jesus se dood (vers 40-41), sy begrafnis (vers 47) ... maar ook van sy opstanding (16:1-8) (France se Mark komm. bl. 661, 669; Evans se Mark komm. bl. 510).

10 Vgl NIDNTT vol 3 bl. 1047; Evans se Mark komm. bl. 510 11 Vgl NIDNTT vol 3 bl. 1059; Evans se Mark komm. bl. 511 12 Vgl Edwards se Mark komm. bl. 485-486

Page 5: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

4

Jakobus en Johannes.13

Verduidelik14 So Markus praat nie net van hierdie vae naamlose groep vroue nie. Nee hy gee ook van hulle name. So die gelowiges wat die eerste keer sy Evangelie lees kon hierdie vroue ken of hulle opspoor. Hulle kon met hulle gaan praat het. Hulle kon hierdie vroue-dissipels se getuies toets.

En so was ons Here aan-ie werk om-ie Evangelie waarheid van Jesus se kruis-dood-en-begrafnis baie vas te maak. En Hy doen-it deur-ie getuies van sy vroue-dissipels.

Ja Jesus het regtig dood gegaan Hy is regtig begrawe. Dis ‘n feit waaroor Jesus se vroue-dissipels getuig.

* * * * * D. Maar net hier moet ons iets belangrik oor God leer. Ons leer-it as ons weer ingaan op vers 40-41. Sien julle dat ons Here vir Markus so inspireer dat hy net fokus op hierdie vroue-dissipels. Markus fokus op hulle en God wat hulle gebruik om getuies te wees van Jesus se kruis-dood-en-begrafnis.

Opmerking15 In Joh 19:25-26 lees ons dat ook Johannes by die kruis was. Maar Markus noem hulle nie. Markus fokus net op hierdie vroue-dissipels van Jesus.

En nou moet ons dit raak sien. Markus fokus op hulle om ons duidelik te wys: God gebruik ook hierdie vroue-dissipels as getuies van Jesus se kruis-dood-en-opstanding. En net hier leer ons iets baie belangriks oor God. En dit is: God steur Hom nie aan ons tradisies

ons gewoontes ons kultuur nie

wat ons baie maal so belangrik ag nie.

Verduidelik16 In-ie tyd toe Jesus op aarde was was Isaelitiese vroue baie maal nie reg behandel nie. Dis-ie asof hulle net niks was nie.

13 Vgl Edwards se Mark komm. bl. 485; Evans se Mark komm. bl. 511; France se Mark komm. bl. 664 14 Vgl France se Mark komm. bl. 664; Edwards se Mark komm. bl. 486 15 Vgl Calvyn se omm op die Sinop Evang vol 3 bl. 328 16 Vgl France se Mark komm. bl. 665; TDNT vol 1 bl. 781-782; Carson se Joh. komm. bl. 227; Cole se Mark komm. bl. 331; English se

Mark komm. bl. 235-236.

Page 6: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

5

Maar tog baie maal het mans hulle nie reg behandel nie. Mans het bv nie sommer met vroue in die openbaar gepraat nie. Dit was benede jou.

Bewys Ons sien-it bv in Joh 4:27. Jesus praat daar met ‘n Samaitaanse vrou. Jesus deel met haar die Evangelie. Toe kom Jesus se dissipels daar aan. En dan sê Joh 4:27 “En op dié oomblik het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met ‘n vrou in gesprek was.” So wat Jesus gedoen het was regtig nie iets waaraan sy dissipels gewoond was nie. Dit was nie deel van hulle kultuur-en-tradissie nie.

En as ons-ie geskiedenis van-ie Israeliete lees kom ons agter dat dit vir hulle ook heeltemal onaanvaarbaar was dat ‘n vrou ‘n getuie bv in ‘n hofsaak kon wees. Vroue se getuies was nie betroubaar nie. En dit net omdat dit ‘n vrou se getuie was.

Maar nou’s God anders. God steur Hom nie aan hierdie goed nie. Hy werk nie met ons verkeerde tradiesies en gewoontes nie.

Toepassing Vandag ook. Ons leef in ‘n wêreld en kultuur wat hierdie ontsaglike dryf het om die onderskeid wat God gemaak het tussen mans en vrouens uit te wis.

Voorbeeld Meisies word byvoorbeeld op skool aangemoedig om voluit buite die huis te werk. En dan nie omdat dit noodsaaklik is omdat ons in moeilike tye te leef nie. Nee meisies word dit geleer omdat alle onderskeid tussen mans en vrouens moet verdwyn. En omdat jy so jou volle potensiaal as vrou moet bereik. Maar daar’s doodse stilte oor byvoorbeeld wat die Bybel leer oor ‘n vrou se roeping om ma te wees nie.

Ja vroue moet soos mans wees. In-ie werk-plek in-ie politiek oral. En dan? Wel God is anders. En dan sê Hy in 1Tim 2-3: ‘In my kerk in my huisgesin wil Ek dat manne leiers moet wees. Dis hoe Ek dit geskep het in Gen 1-2. Dis my wil.’

Page 7: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

6

En dan moet manne op ‘n ander manier leiers wees as in-ie wêreld. In-ie wêreld gaan leier-wees by manne en vroue oor mag en eer. In My huisgesin in My Kerk moet manne leiers wees deur die mintse te wees en te dien soos Jesus.’

* * * * * Sien julle. God steur Hom nie aan ons gewoontes-&-tradisies nie. Nee Hy doen wat Hy wil. Hy doen wat reg is. Ook daar in-ie tyd toe Jesus op aarde was en vroue verkeerd behandel is baie maal verag is en hulle getuies net nooit eers getel het nie.

Toepassing Ja daar binne in steur God Hom nie daaraan nie. Jesus maak van veragte vroue disippels en dan gebruik God hulle om getuies te wees van die belangrike waarheid van Jesus se kruis-dood-en-begrafnis.

* * * * * E. En dis regtig ontsaglik belangrik. Hierdie vroue-dissipels se getuie oor Jesus se kruis-dood-en-begrafnis.

Verduidelik17 Want hierdie vroue-dissipels se getuienis oor Jesus se kruis-dood-en-begrafnis is deel van-ie goeie nuus oor Jesus se verlossingswerk. So as hulle getuenis nie daar was nie dan’t ons ‘n probleem want jy kannie iets glo waaroor nie getuig word nie en wat nie verkondig word nie.18

En dis noodsaaklik om die getuienis van Jesus se vroue-dissipels te glo.

Bewys19 Want hierdie vroue-dissipels se getuienis oor Jesus se kruis-dood-en-begrafnis is ook die getuienis van Rom 5:10 wat sê dat “ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun ...” Omdat Jesus in sy kruis-dood die straf wat vir ons vrede met God bring gedra het.20 Dis ook die getuienis van Heb 2:14-15 wat sê dat “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, (Jesus) dit ook op dieselfde manier deelagtig geword het, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.”

17 Vgl Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 3 bl 329 18 Rom 10:14-17 19 Vgl Reymond, A new systematic theology of the Christian faith, bl 627 20 Jes 53:5

Page 8: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

7

So sien julle. Jesus se vroue-dissipls se getuies is regtig deel van die kern-boodskap van die Evangelie. Sonder die boodskap van hulle getuienis is daar geen Evangele nie. Geen goeie nuus nie.

Oorgang So hierdie geuies van Jesus se vroue-dissipels is ontsaglik belangrik En dan-sit so wonderlik om daaraan te dink. Jesus het van hulle sy dissipels gemaak. En in God se plan gebruik God hierdie vroue-dissipels om op hierdie besige agtermiddag van Jesus se kruisiging-dag getuies te word van die werklikheid van Jesus se kruis-dood en begrafnis.

* * * * * Nou vir Jesus se begrafnis en al die reëlings daarvan het Josef van Arimathéa gesorg. 2. Kom ons fokus nou op Hom

en alles wat hy vir die begrafnis gedoen het.

Toepassing Want dan gaan ons nog meer leer oor-ie wonder van-ie Evanelie van Jeus se kruis-dood-en-begrafnis. En hoe Jesus se kruis-dood-en-begrafnis ‘n wonderwerkende krag is wat in jou werk om ‘n ware dissipel-lewe te leef.

A. Nou van Josef lees ons in vers 42-43. Hy’t na Pilatus gegaan.

Pilatus is mos die Romeinse Goewerneur. By Pilatus het Josef Jesus se liggaam gaan vra. Vers 43 vertel-it. Vers 46 wys dat Josef Jesus se liggaam gevra het omat hy Jesus wou begrawe.21

Verduidelik22 Nou die gewone ding wat die Romeine met jou gedoen het as hulle jou gekruisig het was om jou daar aan-ie kruis te los dat jy daar op vrot en die aasvoëls jou op vreet. Of hulle het jou na jou dood sommer in ‘n sloot of ‘n ding gegooi en dan het rondloper honde jou gewoonlik opgevreet. Maar nou’t die Romeine tog ook uitsonderings gemaak. Hulle het partykeer toegelaat dat gekruisigdes begrawe word. Veral vir die Israeliete het hulle dit toegelaat omdat dit vir die Israeliete so ‘n belangrike Godsdienstige saak was. Selfs veroordeeldes wat gekruisig was moes begrawe word. So het die HERE beveel.

21 Vgl Stein se Mark komm. bl. 725 22 Vgl Evans se Mark komm. bl. 516-517; TDNT vol 8 bl. 183

Page 9: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

8

Bewys Hoor hoe sê die HERE dit in Deut 21:22-23. “En as ... iemand ... die doodstraf verdien ... en jy hom aan ‘n paal ophang, dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe ” En by dit sien ons ook dat die Israeliete nie wou gehad het dat ‘n Israeliet oor-ie Sabbat aan die kruis moes bly nie. Ons sien dit in Joh 19:31. Daar staan dat die Godsdiensleiers23 met Pilatus gepraat het en versoek het dat “die liggame

van die gekruisigdes. Dis nou Jesus en die twee kriminele

nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie” B. Dis ook hoekom Mark 15:42 so baie inligting gee oor-ie tyd van die dag. Daar staan dat “dit reeds aand geword het

Ons kan-it ook vertaal met: dat dit reeds laat geword het24

(en dat) dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat”

Verduidelik25 So die aand het vinnig nader gekom. Volgens Deut 21 se wet moes Jesus van die kruis af kom. En daarby: Die Sabbat-dag het amper aangebreek. Onthou die Israeliete se dag begin mos wanneer die son sak.

Opmerking Ons dag begin 12 uur in die nag. Die Israeliete sin begin as-ie son sak.

En nou was Jesus gekruisig op die dag net voor-ie Sabbat. En op die Sabbat-dag mag jy geen werk doen nie.

23 Joh. 19:31 sê dat die Jode met Pialtus gaan praat het. Hierdie Jode verwys egter vanuit die konteks duidelik na die

Godsdiensleiers (vgl. Carson se Joh. komm. bl. 622-623) 24 42a – παρασκευη ο εστιν προσαββατον sê vir my dan ook hoe ek ηδη οψιας γενομενης (42a) moet verstaan. Ek verstaan ηδη

οψιας γενομενης dan nie as ‘nandat dit reeds aand geword het’ nie maar as ‘nadat dit reeds laat geword het’. Waarom? Wel, omdat die Isaeliete se dag begin wanneer die sonsak. ηδη οψιας γενομενης (42a) kan dus nie beteken ‘nandat dit reeds aand geword het’ nie, want dan sou dit alreeds Sabbat gewees het en die voor-Sabbat sou al verby gewees het (vgl. Evans se Mark komm. bl. 518; Stein se Mark komm. bl. 723). ηδη οψιας γενομενης moet dus hier tussen die 9de (vers 34-39) en die 12de uur wees, tusen 3 uur en 6uur die middag (vgl. Evans se Mark komm. bl. 518; Edwards se Mark komm. bl. 486-487; Stein se Mark komm. bl. 723; Van Leeuwen se Mark komm. bl. 284). Bo genoemde verstaan word verder ondersteun deur 43d&46 te vergelyk met Deut. 21:22-23 – “En as in iemand ‘n sonde is wat die doodstraf verdien en hy gedood word en jy hom aan ‘n paal ophang, dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy mag jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.” (vgl. Evans se Mark komm. bl. 517; Edwards se Mark komm. bl. 487; Stein se Mark komm. bl. 722; France se Mark komm. bl. 665). Verder: Vanuit Joh. 19:31 leer ons dat vir die Israeliete belangrik was dat ’n gekruisigde nie op die Sabbat aan die kruis moes bly nie (vgl. Edwards se Mark komm. bl. 487).

25 Vgl vgl. Evans se Mark komm. bl. 518; Edwards se Mark komm. bl. 486-487; Stein se Mark komm. bl. 723; Van Leeuwen se Mark komm. bl. 284

Page 10: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

9

Dis wat die HERE beveel in sy 10 gebooie in Eks 20:8-11. En Jesus is dood so teen 3 uur die middag. So Jesus moes van die kuris af kom en met spoed begrawe word. Want die Sabbat dag was amper daar. En op die Sabbat moes Jesus nie aan die kruis gewees het nie.

* * * * * So dis hoekom Josef toe na Pilatus toe is. Hy moes Jesus se liggaam kry. En-ie begrafnis moes met spoed afgehandel word Voor-ie son sak en voor-ie Sabbat begin het. C. Maar nou-sie vraag: Is-it al rede? Doen Josef hierdie begrafnis-ding net omdat hy die Deut 21-wet wil na kom en net omdat hy die Sabbat-wet wil na kom? Wel nee. Daar’s nog iets. Ons sien-it in vers 43. Kyk hoe praat vers 43 oor Josef. Hy was “‘n vername raadslid ... wat self ook die koninkryk van God verwag het.”

Veruidelik26 En hierdie laaste is belangrik. Josef het “self ook die koninkryk van God verwag.” So Josef het die Messias verwag wat die Koninkryk van God sou bring Daai die nuwe tyd van God se vrede ryk op-ie nuwe aarde.

Dis wat dit beteken as Josef “self ook die koninkryk van God verwag het.”

* * * * * Maar nou moet ons dit darem sê: Die meeste Isaeiete in-aai tyd het die Koninkryk van God verwag. Maar Josef was tog ook anders.

Verduidelik27 Mattheus wys-it. As hy hiedie geskiedenis oor vertel sê hy in Mat 27:57 dat Josef “self ook ‘n dissipel van Jesus was.” So Josef het Jesus se prediking gehoor. En Josef het die predikig dat Jesus die Messias is wat die Koninkryk van God bring aangeneem. So Josef het Jesus as ons enigste Verlosser-Koning aangeneem. Josef het na Jesus toe bekeer. Josef het ‘n dissipel van Jesus geword “wat self ook die koninkryk van God verwag het” in en deur Jesus.

26 Vgl TDNT vol 2 bl. 58; NIDNTT vol 2 bl. 387 27 Vgl Evans se Mark komm. bl. 518, 519; Edwards se Mark komm. bl. 488; Van Leeuwen se Mark komm. bl. 286; France se Mark

komm. bl. 666-667; Vn Bruggen se Mark komm. bl. 389

Page 11: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

10

En as vers 42-43 & 46 nou vertel dat Josef vir Jesus begrawe het dan gaan-it vir Josef oor meer as net die nakoming van die Deut-21 wet dit gaan vir hom moor meer as net dat Jesus nie op die Sabbat aan die kruis moet hang nie. So ja dit gaan vir Josef oor meer.

Verduidelik28 Want vir Josef is Jesus sy Koning. Josef het vir Jesus lief. Josef wil vir Jesus eer. En met ‘n ordentlike begrafnis en ‘n odentlike graf doen Josef presies dit vir Jesus. Vir Jesus wat nou al soveel spot vernedering veragtig aan-ie kruis moes beleef.

Oorgang So sien julle vir Josef “‘n vername raadslid wat self ook die koninkryk van God verwag het” “wat self ook ‘n dissipel van Jesus was.” Hier is by hom liefde vir Jesus. Hier is by hom oorgawe aan Jesus selfs al is Jesus nou al dood.

* * * * * En net hier is daar nou lering oor ‘n regtige dissipel-lewe ‘n lewe van oorgawe ‘comitment’ aan Jesus.

Verduidelik29 Want in hierdie hele ding van om Jesus te begrawe moes Josef doen wat Jesus in Mark 8:34 leer. Jesus sê daar: “Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën ... en My volg.” So jy moet jouself en jou eie wil prys gee. Die goed wat vir jou belangrik is daai goed wat so baie maal ons afgode is daai goed wat jou dink-en-doen dryf moet jy in sef-verloëning prys gee. In die plek daarvan moet Jesus vir jou alles word. God se wil moet jou wil word. Dis wat self-verloëning is. En dis wat Josef moes doen toe hy op hierdie agter-middag van Jesus se kruisiging-dag vir Jesus gaan begrawe het.

3. So kom ons fokus nou daarop.

Op die lering oor dissipel-lewe en self-verloëning in-ie fokus op Josef wat vir Jesus begrawe.

28 Vgl NIDNTT vol 1 bl. 264, 265, vol 3 bl. 246-247; France se Mark komm. bl. 668 29 Vgl Bayer, A Theology of Mark, bl 127-128, 188-189

Page 12: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

11

A. Ons sien-it in vers 43. Daar staan: “en (Josef het) dit gewaag om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.” Om Jesus te begrawe.

Verduidelik30 So hierdie ding was vir Josef nie maklik nie. Want hy moes-it waag om by Pilatus in te gaan. Hy moes moed kry om-it te doen wat hy eers-ie gehad het nie.

So wat was so moeilik hieraan? Kyk weer na vers 43. Daar staan dat Josef “‘n vername raadslid” was. So Josef was nie net ‘n dissipel nie.

Verduidelik31 Nee hy was ook vernaam. Hy was ‘n belangrike ou. Hy was ‘n ou met aansien. Mense het opgekyk na hom. Mense het gehou van hom.

En daarby was Josef ‘n raadslid. So wat beteken dit?

Verduidelik32 Wel ‘n raadslid is ‘n ou wat deel was van die Sanhedrin. So Josef was deel van daai ouens wat Jesus skuldig bevind het aan Godslastering in-aai korupte valse hofsaak van hulle.

Opmerking Nou as Lukas hierdie geskiedenis vertel dan sê hy in Luk 23:51 dat Josef “nie met (die Sanhedrin se) raad en handelwyse saamgestem het nie.”

Maar nogtans. Josef was deel van hierdie ouens. Op ‘n manier was dit die kring waarin hy aanvaar was. As raadslid het hy aanvaarding agting invloed in-ie gemeenskap gehad.

* * * * * En nou’s hier iets baie belangriks. Vroër die dag vroeg die oggend het die Sanhedrin vir Jesus na Pilatus toe gevat

30 43c – τολμησας = aor part nom ml ev van τολμαω, met die basiese betekenis van ‘vol moed wees’/ ‘waag’ (Baljon bl. 985-986).

Waar die aor part, τολμησας, in konstruk met ’n ww, staan soos hier, het dit dan die betekenis van ‘hy het dit gewaag om ...’/ ‘hy het die moed gehad om ...’ τολμησας εισηλθεν het dan die betekenis van ‘hy het dit gewaag om in te gaan’/ ‘hy het die moed gehad om in te gaan’ ... Dis ’n gesinheid en optrede wat staan teenoor lafartigheid en bangheid (Baljon bl. 985-986; NIDNTT vol 1, bl. 365).

31 43a – ευσχημων = adjek, nom ml ev, wat hier vir ιωσηφ verder beskryf. Dit het dan hier die betekenis van ‘uit ’n goeie stand’/ ‘ryk’/ ‘vooraanstaande’/ ‘deftig’/ ‘belangrik’/ ‘geëerde’ ... Mense het van hom gehou enwas, was invloedryk (Baljon bl. 391; TDNT vol 2 bl. 771; Cole se Mark komm. bl. 332). Dit is hoe ιωσηφ was.

32 43a – βουλευτης = nw nom ml ev, wat hier vir ιωσηφ verder beskryf. Dit het die betekenis van ‘regeerder’/ ‘raadslid’. In hierdie konteks kan dit beteken dat ιωσηφ ’n lid van die Sanhedrin was (Baljon bl. 166). Vanuit Luk. 23:51 wat sê dat Josef “nie met hulle (die Sanhedrin se) raad en handelwyse saamgestem het nie” versterk hierdie verstaan vir my (vgl. Evans se Mark komm. bl. 518; Van Leeuwen se Mark komm. bl. 286)

Page 13: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

12

sodat Pilatus vir Jesus tot die kruis-dood kon veroordeel.

Opmerking33 Onthou ons het dit mos al gesien: Die Romein het baie mag aan-ie Sanhdrin gegee. Maar hulle kon nie doodstraf gee nie. Daarvoor het hulle Pilatus nodig gehad.

* * * * * Daarom dat hulle vroeg die oggend vir Jesus na Pilatus toe gevat het. Maar nou daar by Pilatus aangekom “het hulle self nie in die paleis (van Pilatus) ingegaan nie” sê Joh 18:28 sodat “hulle hul nie sou verontreinig nie”

Verduidelik34 Want dis hoe die Godsdiensleiers gedink het. Hulle het hierdie Romein nodig gehad. Maar om by ‘n Romein in die huis in te gaan het jou volgens hulle maniere van dink onrein gemaak. En as jy onrein was kon jy nie by die Tempel kom nie. Jy kon ook nie pasga vier nie.

Opmerking En presies dit was wat op die oomblik in Jerusalem aan die gang was. Dit was Pasga.

En vir die Godsdiensleiers vir die Sanhedrin met al hulle aansien en reputasie en hulle ernstige gesteldheid daarop was-it baie erg. Want wat sou die mense dink as hulle nou onrein was en nie deel geneem het aan die Pasga nie.

* * * * * Maar kyk nou wat maak Josef. Vers 43: “en hy het dit gewaag om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.”

Verduidelik35 Sien julle wat doen Josef? Om Jesus se liggaam te gaan vra moet jy by Pilatus ingaan. Jy moet voor hom verskyn.

Opmerking Seker daar in sy kantoor of so iets.

Jy kan nie buite bly staan nie. Jy moet ingaan.

33 Vgl Mark 15,1-5.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 34 Vgl Van Bruggen se Mark komm. bl. 389; TDNT vol 4 bl. 646; Carson se Joh. komm. bl. 588-590; The Gospel according to Peter,

Logos Bible software. 35 Vgl Van Bruggen se Mark komm. bl. 389

Page 14: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

13

En dan gaan jy onrein word. So sien julle wat maak Josef? Vir Jesus maak hy homself onrein. Vir Jesus maak wat die mense gaan dink wat die res van die Sanhedrin gaan dink nie meer saak nie. Vir Jesus maak of hy uit die Sanhedrin ‘gefire’ gaan word maak al die spot die veragting die haat omdat hy kant kies vir Jesus nie meer saak nie. Hierdie goed beheer Josef nie. Nee Jesus en ‘n lewe van oorgee aan Jesus ‘n lewe van verering van Jesus is vir hom eerste. Jesus en sy liefde vir Jesus bepaal Josef se dink-en-doen. En nie meer wie hy was daar in die Sanhedrin nie.

Toepassing En ek en jy? Hê geliefdes? Jsus sê in Mark 8:38 “elkeen wat hom vir My ... skaam in hierdie ... sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.” En Josef het nie. Hy’t hom nie geskaam vir Jesus nie. En ek en jy? Verloën ons ons self en breek ons met daai afgode van ‘gaan my vriende my nog aanvaar as ek kant kies vir Jesus’ Breek ons met daai afgode van ‘wat gaan die mense van my dink as ek kant kies vir Jesus’ Breek ons met daai afgod van ‘ek moet darem my posisie en werk inagneem en kant kies vir Jesus kan dit nogal benadeel’. Hê geliefdes kies ons kant vir Jesus? Verloën ons onsself? Word Jesus en God al meer alles vir ons? Of skaam ons ons vir Jesus hier in die wêreld?

* * * * * B. Josef het hom nie geskaam nie. Maar hoe het hy dit reg gekry? Want hierdie ding was nie maklik vir hom nie.

Bewys Hy moes waag sê vers 43. En lees ons Joh 19:38 dan sien ons dat Josef nie altyd met hierdie krag opgetree het nie hy het nie altyd so vir Jesus kant gekies nie. Hy het hom baie maal geskaam.

Page 15: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

14

Verduidelik Want Joh 19:38 sê dat Josef “‘n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode ”

Toepassing En ek weet nie van julle nie. Maar ek self het so baie maal hierdie sonde-krisis. Ek is dissipel maar in die geheim. My vrees vir mense en wat hulle gaan dink en wat hulle gaan doen oorheers my.

So hoe het Josef daarby gekom om so kant te kies vir Jesus?

Verduidelik36 Wel die antwoord lê in die Evangelie van Jesus se kruis-dood-en-berafnis. Die Evangelie waarvan Jesus se vroue-dissipels getuies geword het. Want die Evangelie van Jesus se kruis-dood-en-begrafnis is ook die Evangelie van Rom 6:6 waar Paulus sê: “ons weet dit dat ons

wat in Jesus glo en uit genade dissipls geword het se

oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.” Sodat Josef van Aramathea nie meer in die geheim ‘n dissipel sou wees nie nie meer beheer word deur sy sondige-vrees nie maar alleen deur Jesus.

* * * * * Toepassing Sien julle wat leer ons in Mark 15:40-43 en vers 46-47 met die fokus op Jesus se vroue-dissipls en op Josef wat eers in die gehem ‘n dissipels was.

Ons Here wys ons die wonder en-ie krag van die Evangelie van sy kruis-dood-en-begrafnis. Hy wys ons dat sy kruis-dood-en-begrafnis ons bevry van die oordeel van God. Ja dis deur sy kruis-dood dat ons met God versoen word sê Rom 5:10. En daarby is Jesus se kruis-dood-en-begrafnis die krag wat ons bevry van ons ou totaal-verdorwe mens sodat ons bevryde mense kan word wat lewens van voortdurende self-verloëning kan leef lewens waarin ons voortdurend ons self en ons eie wil prys gee en al meer vir Jesus kan leef.

36 Vgl Heidelbergse Kategimus, Sondag 16 v/a 43; Calvyn se komm. op die Sinop evang vol 3 bl. 331-333

Page 16: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

15

Lewens waarin ons vry gemaak is om te bid vir die vervulling met van die Gees. Lewens waarin ons al meer ons ou-mens kan dood maak deur die Gees – Rom 8:13

* * * * * Oorgang So geliefdes wat maak ek en jy met hierdie Evangelie? Wat maak ek en jy met Jesus in sy kruisdood-en-begrafnis? Kyk wat het Pilatus met Jesus gemaak. Sy reaksie op Jesus se kruis-dood kry ons in vers 44-45 Hier in die middel tussen Jesus se vroue-dissipls wat Jesus se getuies geword het en Josef wat ‘n kragtige dissipels-lewe begin leef het. 4. Kom ons sluit af met hom.

Met die fokus op Pilatus en sy reaksie op Jesus se kruis-dood. Kyk ons kry dit daar in vers 44: “En Pilatus was verwonderd dat Hy al dood was ...”

Verduidelik37 Nou Pilatus is verwonderd verbaas omdat Jesus al dood is omdat kruisdood ‘n lank en uitgerekte martel-dood was. En met Jesus het dit eintlik baie gou gegaan. Jesus was 9 uur die oggend gekruisig en hier by 3 uur is Jesus dood.

En dit verbaas Pilatus dit bring vewondering by hom.

Verduidelik38 Hierdie Jesus is vir hom spesiaal. Ons het dit al gesien toe ons by Mark 15:1-5 was toe Jesus voor Pilatus verhoor is toe het Jesus vir Pilatus ook by verwondering gebring.

Ja hierdie Jesus is vir Pialtus spesiaal. Jesus bring by hom bewondering.

Toepassing39 Maar daar bly dit Pilatus soek nie verder nie. Hy vind nie verder uit nie. Pilatus bekeer nie. Pilatus kies nie soos Josef vir die Jesus wat jou vrymaak in sy kruis-dood-en-begrafnis nie. Nee alles bly net by verwondering. En weet julle. Lees ons bietjie verder oor Pilatus se lewe dan sien ons dat hy later van tyd aangekla is van wan-bestuur en magsmisbruik hy is toe verban

37 Vgl TDNT vol 3 bl. 39; Evans se Mark komm. bl. 520; Stein se Mark komm. bl. 724; France se Mark komm. bl. 667 38 Vgl Reformation study Bible bl. 1448; Stein se Mark komm. bl. 724; Van Bruggen se Mark komm. bl. 389 39 Vgl Bybelse Ensoklopedie bl. 393

Page 17: Markus 15:40-47 - GK Daspoort 15,40-47.pdf · 1 In vers 40-47 het ons te doen met ‘n chiastiese struktuur. A. Die vroue wat Jesus se dood-gaan sien (vers 40-41) B. Josef wat Jesus

16

en die ouens sê hy het toe later selfmoord gepleeg. * * * * *

Slot En ek en jy? Wat maak ons met Jesus en die Evangelie van Jesus se kruis-dood-en-begrafnis?

Verduidelik Die Evangelie dat Jesus in sy kruis-dood-en-begrafnis ons versoening geword het die starf gedra het sodat ons in vrede by God kan wees. Die Evangeli dat Jesus in sy kruis-dood-en-begrafnis die almagtige krag is wat ons bevry van ons verslawing aan ons ou totaal verdorwe nauur sodat ons al al meer vry kan leef in selfopofferende diens aan God.

So ja wat maak ons met Jesus in sy kruis-dood-en-begrafnis? Geliefdes kom ons verwonder ons nie net nie. Kom ons doen wat die Hebreër-skrywer in Heb 13:12-13 sê. Hy sê: “Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra.” Soos Josef van Aramathea. Maar tegelyk ook seker kan weet: by Jesus is ek nou “met God versoen is deur (sy) dood ...”40 En daarby: “vrygemaak van die sonde en diensbaar aan God” deur Jesus se kruis-dood-en-begrafnis En kom ons raak dan verwonderd daar by Jesus vol bewondering as Hy ons leer dat ons daar by Hom is nie uit on self nie maar omdat soos ons leer in Hand 3:26 “God (vir Jesus) ... gestuur het om (ons) te seën deur (ons) ... te bekeer.” Amen.

40 Rom 5:10