maandkrant mei 2015 pdf - wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk,...

20
1 Maand-Krant Mei 2015 Heelwat gelowiges beleef die wêreld waarin ons leef dikwels as ‘n groeiende uitdaging met sy toenemende sekularisasie, toename in godsdienstige diversiteit en soms selfs vyandigheid teenoor geloof. En tog moet ons leef in hierdie wêreld, Bybels dink, doen en ‘n sinvolle getuienis lewer. In ons begeerte om Jesus sigbaar, verstaanbaar en voelbaar te maak het E-Kerk gedink dat “My Wêreld” hieroor kan help reflekteer. Hoe kan ons leer om die wêreld te sien soos wat Jesus dit sien? Hoe kan ons beter luister en verstaan met die oog daarop om brûe te bou in plaas van mure? Hoe kan ons die wêreld beter liefhê en dien? Hoe kan ons in eerlike gesprek wees met ongeloof sonder om ons eie geloof te verloor? As jy belangstel in hierdie vrae is “My Wêreld” vir jou! Hier is nog 'n nuusbrief van E-Kerk — propvol bruikbare boodskappe en inligting vir jou! Ons is so bly dat jy deel is van die E-Kerk-familie. Gaan kyk gerus ook op ons webblad vir nog vele artikels, video’s en ander maniere om betrokke te raak. Skryf gerus na [email protected] met enige voorstelle of vrae.

Upload: others

Post on 29-Oct-2019

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

1

Maand-Krant

Mei 2015

Heelwat gelowiges beleef die wêreld waarin ons leef dikwels as ‘n

groeiende uitdaging met sy toenemende sekularisasie, toename in

godsdienstige diversiteit en soms selfs vyandigheid teenoor geloof. En tog

moet ons leef in hierdie wêreld, Bybels dink, doen en ‘n sinvolle getuienis

lewer. In ons begeerte om Jesus sigbaar, verstaanbaar en voelbaar te

maak het E-Kerk gedink dat “My Wêreld” hieroor kan help reflekteer. Hoe

kan ons leer om die wêreld te sien soos wat Jesus dit sien? Hoe kan ons

beter luister en verstaan met die oog daarop om brûe te bou in plaas van

mure? Hoe kan ons die wêreld beter liefhê en dien? Hoe kan ons in eerlike

gesprek wees met ongeloof sonder om ons eie geloof te verloor? As jy

belangstel in hierdie vrae is “My Wêreld” vir jou!

Hier is nog 'n nuusbrief van E-Kerk — propvol bruikbare boodskappe en

inligting vir jou! Ons is so bly dat jy deel is van die E-Kerk-familie. Gaan

kyk gerus ook op ons webblad vir nog vele artikels, video’s en ander

maniere om betrokke te raak. Skryf gerus na [email protected] met enige

voorstelle of vrae.

Page 2: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

2

DIE VRAAG WAT ALLES VERANDER HET DEUR ROEDOLF BOTHA

Ek is Ric Armstrong ewig dankbaar. Die jaar was 1990 en hy was ‘n besoekende professor uit die VSA wat ons teologieklas by TUKS kom toespreek het oor evangelisasie. Hy het die klas begin deur die bewering te maak dat mens nie sinvol oor jou geloof kan praat as jy nie kan sê WÁÁROM jy glo nie. Hy het ons herinner hoe Petrus sy lesers gemaan het om vir ander ‘n VERDUIDELIKING te kan gee oor die hoop wat in hulle lewe (1 Petrus 3:15). Hy daag toe ‘n paar van ons in die klas uit om vir hom redes te gee vir waarom ons in Jesus glo in plaas daarvan om byvoorbeeld Boeddhiste, Moslems of ateïste te wees. Die antwoorde was baie interessant en het gevarieer van “Ek glo want God het my geloof geskenk”, na “Dit was ‘n geloofsbesluit”, en “Ek glo want ek beleef die Here elke dag in my hart”, tot by “Ek glo want ek is uitverkies”. Met groot geduld het prof. Armstrong egter verduidelik dat letterlik elke antwoord wat gegee is - alhoewel dit nie noodwendig teologies foutief was nie - nie eintlik ‘n verduideliking gegee het vir WÁÁROM ons glo nie maar veel eerder van WÁT ons glo. Hierdie antwoorde gee dus slegs die inhoud van ons geloof weer, maar dit voorsien nie ‘n VERDUIDELIKING vir iemand wat buite geloof staan en wat dalk ‘n meer redelike antwoord soek nie.

Dikwels word mense, binne en buite die kerk, se worstelvrae ongelukkig tegemoet gekom met oppervlakkige en naïewe pogings deur goed-bedoelende Christene, maar wat egter geen bevrediging bied nie. Dit wil lyk asof die jare van geestelike veiligheid in ’n Christelike Suid-Afrika die kerk sag en onbekwaam gemaak het om sinvol met twyfel en ongeloof in gesprek te tree. Vir jare was dit nie nodig om die geloof van die Bybel te verdedig nie, aangesien die Bybel vir lank byna die enigste gesag was wat meeste mense aanvaar het. Dinge het egter verander. Diverse maniere van dink oor kerk en geloof, en ’n algemene openheid teenoor ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees in gesprek moet kan tree. Dalk het dit weer nodig geraak om aan mense in ons toenemend sekulêre wêreld te verduidelik waarom ons Jesus volg en nie Mohammed, Confucius of Nietzsche nie. Hoe verduidelik ons aan sekulêre mense waarom Jesus sin maak in vandag se wêreld? Een van die belangrikste dinge wat ons kan doen is natuurlik om Jesus radikaal en onafgewater uit te lééf voor mense. Heel dikwels is dit egter nie genoeg nie en wil mense ook dieper kan DÍNK oor geloof voordat hulle ‘n keuse maak. Hierdie vraag van Armstrong was dus baie belangrik en word natuurlik nie net deur universiteitsprofessore gevra nie, maar ook deur kinders. Albei my kinders het my ook hierdie vrae gevra. My seun was sewe jaar oud toe hy my gevra het of die Bybel dan werklik histories betroubaar is en my dogter het gevra: “Pappa is daar regtig goeie redes om te glo? Wat kan goeie logiese redes wees om ‘n keuse vir Jesus te maak?” Dit is goeie vrae om te vra en alhoewel niemand tot geloof kom as gevolg van blote redelikheid alleen nie, is dit moeilik om Jesus te verteenwoordig in gesprekke met mense, sonder om goeie logiese redes te kan weergee.

Sommige lesers mag egter op hierdie punt tereg vra of die gee van “logiese redes” nie dalk ongeestelik is nie. Om ons geloof te verduidelik impliseer immers dat daar op ménslike denke vertrou moet word in plaas van op God, so word beweer. Moet ons nie eerder op die Heilige Gees vertrou nie? Ek hoor gedurig dat Christene dinge sê soos: “Ons moenie redeneer met nie-gelowige mense nie. Net die Heilige Gees moet hulle oortuig.” Sulke opmerkings veronderstel dat logika, redenasie en diep denke nie tot die wêreld en werk van die Heilige Gees behoort nie. Dit sou ‘n fout wees. Dit is dalk waarom navorsing aandui dat die kerk van vandag uiters onsuksesvol is met die oordra van geloof aan ‘n sekulêre wêreld. Maar wat leer die Bybel ons hieroor? Kom ons wend onsself tot ‘n Nuwe Testamentiese skrywer wat baie oor die Heilige Gees praat, naamlik Lukas. In Handelinge vertel hy hoe die Heilige Gees geboorte gegee het aan die magtigste menslike beweging wat die geskiedenis nog ooit gesien het, naamlik die kerk van Jesus Christus. Daar word vertel van mense wat tot geloof kom, Geesvervulde preke word gelewer, dinamiese getuienis word aangehoor en inspirerende wonderwerke word beleef. Daar word egter ook vertel hoe redelikheid en redenasie ‘n fundamentele deel was van die werk van die Gees en instrumenteel was tot die sukses en vinnige groei van die vroeë kerk. Lukas vertel hoe Paulus net na sy bekering met die Griekssprekende Jode GEREDENEER het (Hand 9:29). Handelinge 17 vertel dieselfde: hoe hy in Tessalonika vir dae lank met die mense GEREDENEER het. In 17:16-34 REDENEER hy met die filosowe van sy tyd. So hy redeneer met mense tot aan die einde van Handelinge.

Page 3: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

3

MALWANDE MDONGA EN DIE BEGIN VAN RAINBOW CHRISTIAN FELLOWSHIP

“My gedagtes is anders as julle s’n, en julle paaie is nie my paaie nie,” leer die Here ons in Jesaja

55:8 (NLV). Dit het ‘n klomp van ons hier by Wapadrant die afgelope maande weer deeglik besef.

Aan die einde van verlede jaar het die kerkraad besluit om nie prop. Malwande Mdonga se kontrak

as leier van die Engelse bediening by ons gemeente te hernu nie. Hoe nou gemaak? Wat gaan van

die mense word wat die afgelope tyd die Engelse erediens bygewoon het, onder wie sommiges wat

belydenis afgelê het en gedoop is?

Op ‘n wonderlike wyse het die Here voorsien in die gedaante van New Life City Church in Sunnyside

(‘n gereformeerde kerk op dieselfde plek as die ou GK Sunnyside). Ek en Prof. Derrick Mashau, wat

die predikant van dié gemeente is, ken mekaar al van Potch se dae. Derrick ken ook vir Malwande,

wat onder hom besig is met sy meestersgraad. New Life City Church (NLCC) het ‘n visie vir kerk-

planting en het vir Malwande beroep as sendeling met die spesifieke roeping om ‘n multikulturele

gemeente hier in die ooste van Pretoria te kom plant.

Op Sondag 26 April is Malwande as sendeling-predikant van NLCC bevestig, en was dit nou vir jou ‘n

feestelike affêre! Die erediens het om 09:00 begin, en dit was eers om 12:30 dat die

erediensgangers al singend buite om die kerk beweeg het na die opskeptafels waar ‘n heerlike

middagete op hulle gewag het.

Ons is baie dankbaar dat Wapadrant ingestem het dat Rainbow Christian Fellowship, soos die nuwe

kerkplant genoem word, steeds van Wapadrant se geboue gebruik mag maak. Die feit dat die twee

gemeentes fisies so naby aan mekaar aanbid, asook die feit dat daar historiese bande bestaan met

die eertydse Engelse bediening van Wapadrant behoort dit duidelik te maak dat daar vir ons as

Wapadrant ‘n groot uitnodiging tot samewerking met Rainbow is (gesamentlike eredienste?

gesamentlike etes?), en mag beteken dat ‘n paar van die oorspronklike ideale van die Engelse

erediens dalk tog sal realiseer.

Malwande word ondersteun deur ‘n Mission Support Group (MSG), waarvan die meeste lede

lidmate van Wapadrant is. Daar is groot uitdagings, waarvan finansies nie die kleinste is nie.

Malwande werk ook as “tentmaker” om in ‘n gedeelte van die kerkplant se finansiële onkostes te

voorsien. Die lidmate dra verder ‘n deeltjie by, maar die grootste gedeelte van die begroting moet

gewerf word deurdat ‘n ondersteuningsnetwerk vir hierdie sending ontwikkel moet word. Hiervoor

vertrou ons op die Here!

Intussen: baie geluk aan Ds. Malwande Mdonga met sy bevestiging en seënwense aan Rainbow

Christian Fellowship – ons naaste buurgemeente.

Jaco Kruger

Deur Helena Smith op die E-Kerk-webblad geplaas Onlangs gesels ek en ’n vriendin oor kinders grootmaak. Ek dink glad nie dat ek ‘n ghoeroe op die gebied van kinderop-voeding is nie, maar ek is ’n ma, ’n ouma en ’n juffrou met ’n paar jaar ondervinding. My eenvoudige filosofie oor kinderopvoeding is

dat kinders drie dinge nodig het: baie soene, baie slae en baie bid. My man bewoord dit ’n bietjie beter: liefde, gebed en grense. Tydens die grootwordjare van ons eie kinders het ek telkemale nie geweet hoe om ’n sekere situasie te hanteer nie en het baie tyd op my knieë deurgebring. In daardie jare het ek besef hoe afhanklik ek van God se hulp en

Page 4: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

4

ingryping is. Bid jy al van jou kind se kleuterjare af dat hy/sy eendag met die regte huweliksmaat sal trou? Bid jy gereeld dat jou kind ’n persoonlike verhouding met die Here sal hê? Oor die onderwerp van grense kan ’n mens ’n boek skryf. My ondervinding is dat kinders tuis reëls, roetine en struktuur moet hê. Kinders moet weet dat slaaptyd, huiswerktyd en die aantal ure wat hulle TV mag kyk ononder-handelbaar is. As onderwyseres kom ek agter dat die kinders met min struktuur by die huis, die kinders is wat gereeld detensie moet sit! Kinders smag eintlik na grense! Ek dink ons almal weet dat liefde eintlik TYD

gespel word. Al het jy ’n besige skedule, is dit noodsaaklik dat jou kind jou onverdeelde aandag kry as hy/sy dit nodig het. Woon hulle sportwedstryde by. Maak koffiewinkelafsprake met elkeen van jou kinders afsonderlik. Speel met jou kinders! So leer ken julle mekaar op ’n heel ander vlak. Die afgelope naweek het ek egter besef dat ek na al die jare my lysie van drie belangrike dinge moet verander na vier! ’n Seun het op sy pa se sestigste verjaarsdag onomwonde verklaar dat sy pa vir hom soos Jesus is, omdat hy daagliks liefde en genade teenoor sy kinders uitleef. Wat ’n getuienis! Sien jou kinders Jesus in jou lewe raak?

@@@@@@

Stuur Mei(y)! – Uitreik Fokusmaand Gedurende Meimaand 2015 neem ons tyd in Wapadrant Gemeente om bewus te raak van Uitreik, die opdrag en leefwyse daarmee saam, asook die strukture binne die gemeente waarin Uitreik gestalte vind. Ons tema hierdie maand – Stuur Mei(y)!

Ons nooi elke gemeentelid en kleingroep om deel te wees van hierdie reis gedurende Mei(y)-maand, en meer belangrik nog daarna! Elke Sondag besoek ons verskillende Uitreikbestemmings en word ons herinner aan ons opdrag tot uitreik, ja ook ons daaglikse leefwyse om in liefde mense rondom ons aan te raak. Geleentheid word gebied om te hoor watter strukture bestaan en hoe lidmate en kleingroepe verder daarby betrokke kan wees, eenmalig of selfs deurlopend. Hierdeur word ons opeens aangemoedig om ook betrokke te wees by Uitreik.

Jesaja 6:8

Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”

Laat ons deur te “Luister en Praat met God” bewus raak van die unieke talente wat ons ontvang het en waar ons dit kan aanwend in Sy Koninkryk. Hierdeur kan ons antwoord op Sy oproep – Stuur My!

Wapadrant se Uitreikvisie:

Uitreik handel oor liefde en omgee in die alledaagse by die huis, werk en gemeenskap. Dit gebeur nie net daar ver met sending nie, maar juis naby, waar en rondom wie ek is. Uitreik is nie ʼn projek met ‘n einddatum nie, ook nie ʼn vinnige kursus nie, maar ʼn leefwyse sigbaar in die

verwagting van die “Koninkryk wat kom”. Volgehoue gebed is die kern om ons gewillig (harte oop) en ook bekwaam (toegerus) te maak. Uitreik bring versoening en hoop! Dit stel ons in staat om gemeenskappe en mense deurentyd aan te raak en te versoen deur die koestering van ʼn Uitreikleefwyse.

Uitreikvisie: Begelei en lei Wapadrant sodanig dat die gemeente sy roeping om die Evangelie deur woord en daad uit te dra na alle volke en nasies en ook aan inwoners van Jerusalem (eie mense) sal uitleef.

Met ‘n duidelike visie, doelwitte, kritiese suksesfaktore en mandaat is die Uitreikdiensgroep aktief in die gemeente met doeltreffende koördinering, steun, betrokkenheid en aan-moediging tot Uitreik. In inisiatiewe waar formele strukture benodig word om die lang-termynvolhoubaarheid en goeie bestuur na te kom, word dit in stand gehou.

Uitreik is egter ook aanpasbaar en bied ‘n platform vir steun vir kleiner en selfs eenmalige inisiatiewe deur kleingroepe. Dit is die benadering van die Uitreikdiensgroep om in sy steun en koördinering definitiewe kans te gun vir spontaneïteit, entoesiasme, inisiatief en outonomie. Juis hier is die gemeente geseënd met wonderlike gawes en talent wat ons gemeentelede en kleingroepe aanwend tot Uitreik. Die passie en toewyding van leiers en vrywilligers by die Uitreikinisiatiewe dien as lewende getuienis van die uitleef van ons gemeentelede van hul geloofsopdrag om uit te reik. Hiervoor is ons dankbaar! Daar is egter altyd ruimte vir groei en uitbreiding. Veral die betrokkenheid van kleingroepe en gemeentelede word benodig om die volhou-

Page 5: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

5

baarheid van Uitreik te verseker. Die wisselling in en lae vlakke van betrokkenheid is ‘n bedreiging vir hierdie inisiatiewe en ons vra voorbidding vir meer vrywilligers tot volgehoue betrokkenheid, steun in middele en finansies, asook aanwending en beskikbaarstelling van talent en vaardighede.

Reisplan – Mei(y) maand 2015

Ons gemeente is geseënd met ‘n kragtige en goed vasgelegde struktuur waarbinne Uitreik plaasvind. Hierdie struktuur bied verskeidenheid in die aard van inisiatiewe en is ook aanpasbaar. Kom deel in ons reisplan en vind weer uit hoe die struktuur lyk, wat gebeur en waar jy betrokke kan raak. Jou Uitreik-reis kan sommer naby in ons eie omgewing wees, in ons land of selfs die Afrikavasteland. Ons beplanning is om elke Sondag in Mei(y)-maand by ‘n nuwe bestemming aan te doen:

• Sondag 3 Mei: Uitreikopdrag, -visie, -missie en kritiese suksesfaktore; Cyferskuyl-bouprojek • Sondag 10 Mei: Topia, Mamelodi-Wes-bouprojek, Neem-en-Deel-Bybelverspreiding, Xtreme Freedom; • Sondag 17 Mei: SunRise NPO – Traumasentrum, Naskool, Leerderondersteuning, Ligprojek & “Job seekers”; Koningskinders. • Sondag 24 Mei: Burundi Mission NPO;

• Sondag 31 Mei: Kruik NPO, Ficksburg Vrystaat. Kom ontmoet en gesels met die lede van die Uitreikdiensgroep, die bestuurslede betrokke by die “NPO’s” en uitreikinisiatiewe. Vind meer uit en oorweeg hoe, wanneer en waar jul betrokke kan raak. 1 Korintiërs 12:14, 15 Die liggaam bestaan ook nie net uit een lid nie, maar uit baie. As die voet sou sê: “Omdat ek nie 'n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie... Hoe raak ek en/of my kleingroep betrokke: Ons glo die reisplan in Mei(y)-maand, die oproep en toerusting tot Uitreik en die verskillende bestemmings sal werklik elke gemeentelid tot Uitreik aanwakker. Daardeur nooi ons graag gemeentelede en kleingroepe uit om kontak te maak met die Uitreikkoördineerder, Anlia du Plessis ([email protected] / 012 991 4907) en meer uit te vind en ook aan te dui waar en hoe hul betrokke wil raak. Ons is oortuig daarvan dat met die behaling van die Uitreikinisiatiewe die diensgroep ook meewerk as deel van een Wapadrant-liggaam tot die visie, “ Elkeen saam op God se pad”.

Pieter Swanepoel Uitreik Diensgroep: Voorsitter

Alle oudstudente van die NWU-Potchefstroomkampus in Pretoria en omliggende omgewing Die kampusrektor van die NWU-Potchefstroomkampus, professor Herman van Schalkwyk nooi jul

uit om hom op Dinsdag, 12 Mei 2015 in Pretoria te ontmoet. Die geleentheid vind plaas

by Olympus Function Venue (Neptuneweg 47, Olympus, Pretoria-Oos) om 18:30 vir 19:00. Koste

beloop R120 per persoon en sluit 'n ete en wyn/sap in. Metgeselle is ook welkom. Hierdie is 'n

geleentheid om alumni op hoogte te bring van nuwe verwikkelinge by hul alma mater en om

vriendskapsbande en verhoudinge met u elkeen te versterk.

Vir volledige uitnodiging en RSVP, gaan gerus na http://bit.ly/1OvEqN6.of kontak asseblief vir

Abigail Leshope by 018 299 2386 of [email protected] voor of op 4 MEI 2015.

@@@@@@@

NEEM-en-DEEL-Bybelprojek Meer as 4800 Bybels is die afgelope ~3 en ‘n half jaar jaar versprei deur middel van die NEEM-en-DEEL- Projek – met groot dank en lofprysing aan ons Here ons God. Die Bybels is beskikbaar op die Bybelrak in die kerksaal of kan bestel word. Die bestelboek kan by die Bybelrak gevind word. Die aanvraag na God se Woord is onuitputlik en hierdie projek is ‘n baie mooi en heerlike geleentheid vir almal om in die wingerd van God werksaam te wees. Almal word uitgenooi om deel daarvan te wees. Die basiese beginsel van die projek is om Bybels gratis beskikbaar te stel vir verdere verspreiding. Met ander woorde geld moet nie ‘n rede wees om Bybels nie te kan versprei nie. Die befondsing is dus hoofsaaklik afhanklik van donasies vanuit die gemeente. Alhoewel die gemeente oor die afgelope drie en ‘n half jaar meer as ‘n wonderlike R250 000 bygedra het, is die inkomste hierdie jaar heelwat minder en dit is die rede dat die

Page 6: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

6

Bybelrak in kerksaal die afgelope paar Sondae redelik leeg is. Die Bybels wat versprei is tot en met April 2015, word in die tabel en grafiek hieronder aangedui. Engelse en Shona Bybels is die meeste in aanvraag. Sesotho, Sipedi (Noord Sotho), Zulu en Tswana het ook ‘n redelike hoë aanvraag gehad.

Die Bybelprojek is ‘n baie mooi geleentheid ook vir Wapadrant om die Blye Boodskap, die Woord van God, aan alle nasies in ons omgewing te versprei en ook met enigiemand wat ons in ons reis en vakansie mag ontmoet. Hierdie projek het egter ons almal se hulp en ondersteuning nodig. Hulp is hoofsaaklik nodig in die volgende drie areas: 1) Gebede. Bid asseblief dat die Heilige Gees in elkeen wat ‘n Bybel ontvang se harte sal werk en waar gelowiges dit ontvang, dat hulle sal groei in geloof en waar ongelowiges dit ontvang, dat hulle tot bekering sal kom. 2) Deelname . Elkeen wat bid vir die projek of donasies gee neem reeds deel aan die projek. Maar almal (jonk tot oud) in ons gemeente en ook gaste, word aangemoedig om hart, oë en ore oop te hou vir waar daar ‘n behoefte vir Bybels is, en dan word almal aangemoedig om daadwerklik Bybels te NEEM en daar te DEEL. 3) Donasies . Sonder jul donasies kan die Bybels nie aangekoop word nie. Alhoewel die basiese beginsel van die NEEM-en-DEEL-Bybelprojek is dat die Bybels gratis beskikbaar gestel word en dat die wat dit wil NEEM en DEEL nie verplig hoef te voel om daarvoor te betaal nie (geld moet dus nie ‘n beperking of hindernis wees om die Woord van God te versprei nie), moet die Bybels nogtans aangekoop word. Die aankope van die Bybels word gefinansier deur donasies, hoofsaaklik vanuit ons gemeente, en deur spesifieke kollektes (twee maal per jaar) vir NEEM-en-DEEL. ‘n Paar antwoorde op gereelde vrae: a) Vraag: Waar kan die Bybels geNEEM word? Antwoord: By die Bybelrak wat gewoonlik in die kerksaal is. Mense word gevra om net aan te teken (daar is ‘n leêr daarvoor by die Bybelrak) watter Bybels geNEEM word en indien moontlik waar dit geDEEL gaan word. As daar spesifieke aanvrae is vir Bybels wat nie daar beskikbaar is nie, kan dit in die bestelboek opgeskryf word. Die opvolg van bestellings is afhanklik van die beskikbaarheid van die nodige fondse. b) Vraag: Waar en hoe kan donasies gemaak word?

Bybels uitgedeel per taalgroep

Afrikaans 186

Engels 1066

Zulu 528

Xhoza 192

Suid-Sotho 376

Noord-Sotho 569

Tswana 584

Venda 83

Tsonga 162

Ndebele 97

Swati 31

Portugees 94

Frans 61

Shona 755

Chichewa 35

Herero 31

Chinees 2

Duits 7

4859

Page 7: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

7

Antwoord: Bydraes (donasies) vir die NEEM-en-DEEL-projek kan gemaak word deur een van die volgende metodes te gebruik. • Betaal die geld in Wapadrant se bankrekening in: ABSA, Takkode 632005, Rekeningno.

3490151957 en met verwysing “NEEM-en-DEEL ”. Die verwysing is baie belangrik, of • Plaas kontant in ‘n koevert wat duidelik gemerk is “NEEM-en-DEEL” en plaas dit in o ‘n kollektesakkie, o die Bydraekassie in die kerk se voorportaal, of in die o die donasiekas by die NEEM-en-DEEL-rak in die kerksaal.

c) Vraag: Kan nuwe en/of ou Bybels ook geskenk word aan die projek? Antwoord : Ja, beslis. Ou Bybels wat herstelwerk nodig het, word reggemaak. Sit die nuwe/ou Bybels wat julle wil skenk op die Bybelrak en ons sal dit verder hanteer. U almal word hartlik uitgenooi om aan hierdie projek deel te neem en te ondersteun. Groetnis in Jesus Christus Hans Lensink Namens die drie kleingroepe en individue wat die projek administreer

@@@@@@

Koekverkoping 2015 Ons kleingroep hou eenkeer per maand ‘n koekverkoping op ‘n Sondag tussen die twee

oggenderedienste. Die fondse wat ons insamel word vir uitreikprojekte gebruik. Die

volgende verkoping word beplan vir 17 Mei ná die eerste oggenddiens. Dit vind plaas in die

saal. Enige skenkings van gebak sal baie waardeer word. Bring asb ook geld saam om van die gebak te koop

en kom ondersteun ons! Vir meer inligting kontak Michelle Janse van Vuuren by 082 335 8943. Kleingroep

G028

DANKIE-Sê BRIEF VANAF RAINBOW KIDS BYBELKLUB Graag wil ek net baie dankie sê aan elkeen van julle met die hulp van kos, klere, geld, ens gedurende die jaar 2014. Ek en elke outjie waardeer absoluut alles wat julle vir ons gedoen het. Sonder julle volgehoue hulp kon ek net nie kop bo water gehou het nie. Ek kon maar ophou doen wat ek doen sonder julle, ek is dan net ‘n niks, maar met volgehoue ondersteuning kon ek steeds vir hulle gee wat dit nodig het. Ek kon gedurende die jaar elke dag kook vir ongeveer 110 mense, met ander woorde 550 borde kos per week, 2200 per maand en 660000 vir 300 dae van die jaar, “wow amazing!” en julle het dit alles moontlik gemaak vir 120 gesinne om vir hulle elke week ‘n kospakkie te gee, dit wil sê 480 pakkies per maand of 5760 pakkies per jaar. Ek voel altyd ek doen dalk te min, maar as ek die syfers sien, klop ek myself ook op die skouer en sê ons almal het dit help doen. Well done mense, dankie dat ek kon en nog kan staatmaak op julle. Ons kon ook vir die kinders die volgende doen: skoolklere, tasse, skryfbehoeftes en skoolskoene gee. Ons kon hulle oog- en tandarts toe vat (nie altyd geld vir petrol nie). Ons kon Mammas help met hulle selfbeeld, selfvertroue en haar weer die

ma maak waarop hul kinders trots kan wees. Ons kon aan Pappas wat wel betrokke is ook eie waarde teruggee, hom leer wat dit beteken dit om hoof van sy huis te wees en hulle oë altyd op God te hou vir liefde, raad en vertroosting. Ons kon ook Pappas vervolg wat nie hulle verantwoordelikheid nakom nie. Ons kan ons kinders leer, nie net van elke dag skooltoe gaan en gehoorsaam wees nie en van wegbly van dwelms en gevaarlike plekke nie, maar ook van ontsag vir Hom omdat Hy onverdeelde trou van ons eis en Sy oneindige liefde vir hulle. Ook kan ons vir hul ‘n wonderlike Kersete reël met ‘n geskenk vir elkeen, klein en groot. Elke kind het gekry wat hy/sy gevra het, ook volwassenes wat ‘n nuwe ketel, strykyster of ou mense wat “tjoklets” wou hê. Elkeen het ‘n ete ontvang met slaai, pap en sous met gebraaide wors. ‘n Lekker groot kospak vir Desembermaand was ook daar en elke gesin het op 23 Desember ‘n Kersete gekry vir hul Kersmaal. Ai, wat ‘n geseënde jaar het ons nie ontvang nie!

Page 8: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

8

Dankie namens elke volwassene en kind wat hier eet en weer eens dankie vir julle hulp. Sonder dit so hier niks gewees het nie.

Groete in Christus Alet Stroebel

@@@@@@@

UITNODIGING NA DIE STIGTINGSVERGADERING VAN ʼn FORUM WAT SAL OMSIEN NA DIE BELANGE VAN PERSONE OUER AS 60 IN DIE OOSTE VAN PRETORIA.

• Is jy ouer as 60 jaar? • Het jy ʼn belang by mense ouer as 60 jaar? • Lewer jy enige dienste aan persone ouer as 60 jaar?

Datum: Donderdag 30 Julie 2015

Tyd: 09:30 vir 10:00

Plek: Lux Mundi Gemeente, Florisstraat 685, Garsfontein.

Volledige inligting volg vroeg in Mei 2015

*******

27 April Vryheidsdag Op 27 April het Suid-Afrika sy vryheid vir al sy mense gevier. Maar die gebeure 21 jaar gelede het ook ‘n

ander bevryding vir veral die Suid-Afrikaanse blankes gebring in die sin dat ons bevry is van ‘n ideologie van

afsonderlike ontwikkeling (of apartheid) wat baie van ons se denke, waardes en selfs godsdiens gevange

gehou (of gekaap) het. Alhoewel die bevryding ‘n enkele gebeurtenis was, is die eiemaak van hierdie

bevryding ‘n proses waaraan ons elkeen moet bly werk en mekaar ook daarin moet ondersteun.

Dit is my mening dat die begrip en insig van bogenoemde vryheid en die proses om dit werklik ons eie te

maak net kan kom in die liefde en vryheid wat ons in Jesus Christus vind. (2 Korintiërs 3:17 (NLV) “Die

“Here” dui hier op “die Gees” en waar die Gees van die Here is, heers daar vryheid.”

Hans Lensink

Page 9: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

9

STAND VAN DIE FINANSIËLE SAKE VAN WAPADRANT-GEMEENTE

Jaar tot datum is die netto tekort R5 164.

HOE WORD DIE FONDSE AANGEWEND: (Deel 1)

Hiermee wil die Finansies Diensgroep die lidmate stelselmatig in die opvolgende Maandkrante inlig

oor die aanwending van al die fondse, met die doel van meer deursigtigheid en begrip.

Hierdie keer sal ons stilstaan by die KERKKAS-begrotingspos, waar elke jaar vir 2 afdelings begroot

word.

� Sinodale ramings – beloop naastenby 10% van die totale begroting. Dit is ‘n verpligte uitgawe

wat oorbetaal word aan die Admin Buro, asook vir die Streeksinode en Klassis waarbinne ons

gemeente ressorteer en word bereken op die jaarlikse statistieke wat ingestuur word oor die

aantal belydende lidmate op die databasis in die gemeente, op ‘n gegewe tyd. (Tans werk dit

naastenby uit as R60/ belydende lidmaat / maand.)

� LPG-fokusjaar-kostes - Vir aanwending om die Fokusjaar bekend te stel, maar beloop net 0.23%

van die begroting.

“Vir ‘n gemeente om finansieel te oorleef en al die uitgawes te kan dek, maak ons hoofsaaklik staat op Vrywillige finansiële Skenkings / Donasies / Dankoffers / Liefdegawes / Kollektes / Bydraes.

Ons bankbesonderhede vir hierdie doel:

Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. (BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing). Anonieme bydraes ook welkom.

Vir meer gereelde bydraes kan ‘n debietorder gereël word by die kerkkantoor by: 012 991-1395 / [email protected]

Page 10: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

10

BEROEPE ONTVANG: 1. Ds J P (Jan) van der Walt van Strand na Otjiwarongo 2. Ds PGP (Pieter) le Roux van Derdepoort na Pretoria Alkantrant 3. Proponent M Mdonga (Malwande) na New Life City Church in Pretoria BEROEPE AANVAAR: 4. Ds J P (Jan) van der Walt van Strand na Otjiwarongo 5. Proponent M Mdonga na New Life City Church in Ptretoria 6. Ds P J van Blerk (Petrus) van Rustenburg-Wes na Rietvallei as mede-leraar Attestate ontvang: Geref Cachet: Johannes Jacobus Labuschagne, The Glades 54 Geref Centurion: Berend Jan & Jana de Jager en dooplidmate Jacobus Berend en Jeanné; Coleystraat 737 Geref Randburg: Nicole Erasmus; Sunnyway Drive 24 Geref Rietvallei: Douwe Jacob Leijenaar; Sunrise View 41 Geref Rietvallei: Annette Leijenaar; Pikkewynweg 20 Geref Rietvallei: Clinton & Susanna Maria Elizabeth van Biljon en dooplidmate Deandré en Amika; Tambotiestraat 5 Geref Rietvallei: Marinel Hoffman & dooplidmate Henrike en Jacobus Abel Johannes McCarthy; Kenmar 517 Geref Rietvallei: Carel Petrus & Maria Martha van der Merwe; Mount Edgecombe 14 Geref Rietvallei: Chrisman Joël Andries & Jozelda Parsons en dooplidmate Zane en Lanika; 94 The Ovalstraat Geref Witbank (Hoëveld): Aletta Maria Gibson; Shawustraat 28 Bewys van lidmaatskap ontvang: Gerrit & Zelda van der Merwe; Vaalwaterstraat 961 Gertruida Petronella Jacobs en dooplidmaat Sarel Francois; Highlands Estate Heinrich Duvenage; Soekmekaarstraat 959 Louis Johannes & Vignette Holtzhausen en dooplidmaat Louis Johannes; Meadowcrest 14 Stephanus Louis Combrinck; Welgevonden 63 Rudolf Waldemar & Lize Winckler en dooplidmate Marian en Elsie Caterien; Lakes no 61 Johannes Abraham Burger; Nevada Singel 277 Amanda Burger; Bluestream Lifestyle Estate #137 Johannes Lodewikus, Jacoba Magrietha Homan en Christiaan Jacobs Homan en dooplidmaat Larissa; Arkansasstraat 510 Bewys van lidmaatskap aangevra: Heila Levina Silvis Elizabeth Margaretha Robbert Paul Hendrik & Michelle van Zyl en dooplidmate Machelle en Anja Hercules Stephanus & Cornelia Johanna Taljaard

#########

ChrisanteChrisanteChrisanteChrisante SAMEROEPER: Véra Tollig 997 2678 of 082 6446 741 / [email protected] PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 4-10 MEI Izabel Pretorius (Do): 991 2727; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di)

Page 11: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

11

11-17 MEI Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Pieter de Wet: 084 304 6690 18-24 MEI Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Deleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) 25-31 MEI Izabel Pretorius (Do): 991 2727; Annemarie Rheeders (Wo): 993-5315 / 083 244 5122; Lofti & Hester Nel: 083 414 4497 / 084 505 9059 (Di) 1-7 JUNIE Annemarie Rheeders: 993-5315 / 083 244 5122 (Wo); Hendrik Vermaak: 078 233 0851 (Vry); Roelien Jooste: 011 964 2150 / 082 597 7419 (Ma); Pieter de Wet: 084 304 6690 8-14 JUNIE Hannie Yssel: 997-1558 / 0832598180 (S) (Do); Hillegina den Boer: 345-4551 / 082 829 4909 (Di); Deleen Kornelius: 082 215 8118 (Woens); Robbie Nel: 082 922 3948 (Di) LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S); Mariaan vd Walt: 083 2398 913; KLOOF-HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869 Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822 WILGERS-HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 4-10 MEI Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry) 11-17 MEI Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632 / 082 468 3808 11-17 MEI Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 8074056 / 082 9280692 (Do); Elsie v d Walt: 082 784 8875/804 5350 (Vry); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa) 18-24 MEI Cor Meindertsma: 082 551 6183 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 (Woens/Vry) 25-31 MEI Flip Hennop: 071 607 7711; Braam Gous: 012 361 7632 / 082 468 3808 1-7 JUNIE Marina v Wyk: 072 202 8250 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Daleen Koekemoer: 012 8074056 / 082 9280692 (Do); Elsie v d Walt: 082 784 8875 / 012 804 5350 (Vry); Hannatjie v Aswegen: 082 062 8264 (Sa) ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS: André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 991-2122 / 082 336 8465 EUGéNE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUIS PASTEUR, M EDFORUM, ZUID-AFRIKAANS Ben Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen MUELMED-, HART- & ZUID-AFRIKAANS-HOSPITAAL, JAKARAN DA, UROLOGIE André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964 TUISVERPLEGING: Slegs vir Wapadrantgemeentelede: Hetta Henning: 991-1793; Irene Hugo : 991-1269 / 084 208 6924; ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Voster Combrink: 082 872 9725

Page 12: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

12

SENIORS - TUISBESOEK: Rineke Derksen: 807-2324; Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Lettie Louw 991 8855; Hetta Henning: 991 1793; Karla Boer: 998 6575; Petro Bouwer: 991-7229 / 082 450 5091;

^^^^^^^^^^ VERJAARDAE: GELUKWENSING VIR MEI 2015

Noemnaam Van Verjaar Landlyn

Christiaan Coetzee 05/01

Amieke De Beer 05/01

Henda De Wet 05/01 991-8208

Danél Gravett 05/01

Marc Gravett 05/01

Adri Joubert 05/01

André Minnaar 05/01

Tom Potgieter 05/01 361-4877

Herman Boneschans 05/02

Conrad De Muelenaere 05/02 365-2656

Antonie Grové 05/02

Emma Meyer 05/02 993-3548

Rosalee Meyer 05/02 807-7587

Marko Roos 05/02

Lindsay Van Den Burg 05/02

Leanke Boersema 05/03

Santie Botha 05/03 993-2525

Walt Bronkhorst 05/03

Thea De Lange 05/03

Jaco Grobler 05/03

Lenise Henning 05/03 991-7491

Jj Janse v Vuuren 05/03 991-0540

Beauty Jeche 05/03

Gerhard Labuschagne 05/03

Ellen Pienaar 05/03

Rica Schuurman 05/03

Ockert Theunissen 05/03

Mianét Van Der Linde 05/03 361-7889

Ricia Cellarius 05/04 996-0041

Christoff Du Plessis 05/04

Marlene Koen 05/04

Corrien Labuschagne 05/04

Hermie Nell 05/04

Melanie Pienaar 05/04

Melindi Roos 05/04

Meisie Tseuo 05/04

Ruan V Antwerpen 05/04

Elsjeri Prinsloo 05/05 346-2021

Roelien Reyneke 05/05 807-2898

Page 13: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

13

Nel Sik 05/05 807-5117

Henri Van Rooy 05/05 996-0689

Sarie Botha 05/06

Christo De Beer 05/06 998-9627

Gerrit Kruger 05/06

Johan Prinsloo 05/06 991-8865

Cato Sik 05/06 991-1132

Anton Taljaard 05/06

Frans Venter 05/06 997-0902

Hendré Verhoef 05/06

Gerda-Maria Viljoen 05/06

Guusta Visser 05/06 993-1389

Mariana Dodd 05/07

Mila Kritzinger 05/07 809-1459

Johan Reynders 05/07

Nap Ries 05/07 993-4665

Jan-Louis Snyman 05/07

Riana Viljoen 05/07 361-4077

Gawie Engelbrecht 05/08

Tony Schlebusch 05/08

Bouke Spoelstra 05/08 991-4610

Janine Tucker 05/08

Nw Van Wyk 05/08 991-3312

Ané Venter 05/08 996-1777

Milandi Botha 05/09

Leila Coetzee 05/09

Linda Grobler 05/09

Elmien Kraamwinkel 05/09 991-7973

Roelof Le Roux 05/09

Ané Mulder 05/09

Danie Roodt 05/09

Ruben Visser 05/09

Willemien Wegner 05/09

Marietha Bodenstein 05/10

Johan Coetzee 05/10

Jurgens Doman 05/10

Flip Hennop 05/10

Marjoné Strydom 05/10 991-3404

Susan V d Merwe 05/10 998-0292

Johann Van Niekerk 05/10

Kobus Venter 05/10 480-7032

Rennie Vorster 05/10

Kobus Henning 05/11 991-1793

Corli Millard 05/11

Susan Van Eeden 05/11 567-1383

Page 14: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

14

Iné Verhoef 05/11 993-0919

Floris Coetzee 05/12

Chloee De Villiers 05/12

Elrie Duvenage 05/12

George Gie 05/12

Carlise Henning 05/12 993-3960

Rika Le Roux 05/12

Lara Oosthuizen 05/12

Stephanie Stark 05/12

Hilda Vd Merwe 05/12

Marié Van Zyl 05/12

Kayla Botha 05/13

Teunis Botha 05/13 998-9058

Theo Botha 05/13

Jacques Coetzee 05/13

Jeanne-Louise Coetzer 05/13

Ria Van Wyk 05/13 809-0705

Bert Bloem 05/14

Emily Coetzee 05/14

Pieter De Beer 05/14

Ben De Klerk 05/14 361-5088

Eddie Hanekom 05/14 998-7658

Tanya Kruger 05/14

Barbara Nieuwoudt 05/14

Janneke Reid 05/14

Hendrik Botha 05/15

Willem Botha 05/15

Elsabe Coetzee 05/15 365-3470

Ans Du Plooy 05/15

Jannie Kruger 05/15

Dieketseng Masebo 05/15

Chris Meyer 05/15 807-6312

Mofokeng Moilung 05/15

Lieketseng Mosebo 05/15

Renard Reyneke 05/15 807-2898

Laetitia Seymore 05/15

Lianie Coetzer 05/16

Nerika Du Plessis 05/16 347-8509

Susan Knoetze 05/16 992-5699

Khuwa Rakgaiakane 05/16

Rita Schoen 05/16 809-1459

Natascha Van Dyk 05/16 991-0516

Luandi Van Greuning 05/16

Stephan Visagie 05/16

Madison Botha 05/17

Page 15: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

15

Thea Briel 05/17

Lara De Villiers 05/17

Theuns Eloff 05/17

Dané Erasmus 05/17

Rudi Labuschagne 05/17

Marelize Radley 05/17

Luhan Weideman 05/17 998-7440

Donovan Clarke 05/18

Alta Gous 05/18 361-7632

Liena Lubbe 05/18

Juliana Swanepoel 05/18

Riaan Van Der Walt 05/18 460-1915

Danie Van Wyk 05/18 991-3312

Fia Crous 05/19 998-2144

Retha Haupt 05/19

Lina Pelser 05/19 807-6788

Natasha Stoppel 05/19

Friedrich Von Maltitz 05/19 991-1316

André De Klerk 05/20

Suzette Eloff 05/20

Unita Hanekom 05/20 998-7658

Erica Henning 05/20

Johan Olivier 05/20 811-5024

Ruan Van Jaarsveld 05/20

Jandré Vermeulen 05/20

Elri Botha 05/21

Mariëtte Breedt 05/21

Anien Coetsee 05/21

Roelof Dekker 05/21 807-5031

Erika Du Plessis 05/21

Michau Kruger 05/21 361-7295

Renzo Kruger 05/21 361-7295

Kobus Roux 05/21 998-5133

Sarel Venter 05/21

Antoinette De Beer 05/22

Petrus Duvenage 05/22

Gert Opperman 05/22 991-2011

Dirk Trollip 05/22 347-1310

Lacia Vermeulen 05/22 991-2122

Renske Botha 05/23

Anna Cloete 05/23 996-1442

Kobus Crous 05/23

Hanu Nel 05/23 807-4571

Richard Sippl 05/23

Jan Steyn 05/23

Page 16: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

16

Gert Coetzer 05/24

Paul Lentz 05/24 996-1652

Lizelle Prinsloo 05/24 348-7977

Chantelle Schoeman 05/24 997-1109

Magda Van Niekerk 05/24 361-3191

Lourens Van Zyl 05/24

Dawie Venter 05/24 480-7032

Imke Wissing 05/24

Surien Cloete 05/25 996-1442

Elsie Du Plessis 05/25 941-1442

Jana Joubert 05/25

Marelise Moolman 05/25

Durandi Snyman 05/25

Clarissa Welthagen 05/25

Martie Coetzee 05/26

Willem Hechter 05/26 991-4658

Rosalie J van Rensburg 05/26 991-7857

Marelise Kruger 05/26

Lumé Lloyd 05/26 998-9019

Yvonne Oosthuizen 05/26

Kobus Jan Tromp 05/26

Carli Van Wyk 05/26

Jessica Vermaak 05/26

Peet Vermeulen 05/26 991-2122

Nieve De Kock 05/27

Herman Leeuwner 05/27 991-3251

Herman Steyn 05/27 991-2345

Monique Vd Merwe 05/27 991-6780

Martinette Bode 05/28 998-7385

Gerhard Coetzee 05/28 993-4829

Rina Groenewald 05/28 991-0251

Henri Malan 05/28

Dirk Van Jaarsveld 05/28

Inge Basson 05/29

Annelize Bronkhorst 05/29

Willie Griesel 05/29 996-0023

Casper Heystek 05/29 807-4767

Heinricht Koekemoer 05/29

Annecke Roodt 05/29

André Sandilands 05/29

Lianneke Viljoen 05/29 998-2665

Marthinus Wissing 05/29

Elizabeth Bekema 05/30

Luan Fivaz 05/30

Mienke Maree 05/30

Page 17: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

17

Waldo Maritz 05/30 997-0995

Marie Nel 05/30 991-0990

Hein Prinsloo 05/30 998-7323

Wouter Van Der Berg 05/30

Lientjie Van Der Walt 05/30 996-1332

Susan Vd Westhuizen 05/30 991-1479

Deon Carr 05/31

Liza Du Plessis 05/31

Bronwin Henn 05/31

Christelle Heystek 05/31

Lorrie Kruger 05/31

Theuns Minnaar 05/31

Juan-Louw Roos 05/31

Ester Van Lochem 05/31

Lané Welgens 05/31

Emil Wonigkeit 05/31 998-8648

@@@@@@@@

ALMAL SE MANDJIE Verhurings: Soek jy ‘n goeie huurder vir jou huis of meenthuis in die ooste van Pretoria? Ons leuse is nie verniet: Jou eiendom is ONS verantwoordelikheid. Skakel ons gerus vir meer inligting oor ons werkswyse en besoek ook ons webwerf: www.proprent.net. PROP RENT. Estelle by 012 993 0033 of 072 785 3935. Herstel van ou klokke: Het u ‘n mooi ou/antieke klok wat stilstaan, vuil is of sommer in ‘n vergete hoekie staan omdat hy nie werk nie? Ek herstel en restoureer klokke. Skakel Cor Meindertsma by 012 991 2719 of 082 551 6183. Valley View nr 3, Haymeadowstraat, Faerie Glen (langs Renaissance Aftree-oord). WXMarble bied uitgebreide kennis en vakmanskap . Professionele advies vanaf ontwerp tot voltooiing. Kwaliteitdiens en -vakmanskap. Gratis kwotasie en na-verkope diens. Kontak: Riaan du Plessis by 079 074 1822, 086 234 9718 of (012) 772 3380. Epos: [email protected]. Betroubare tuinwerker beskikbaar op Maandae: Koos werk 3 dae per week by die kerk in die tuin en is baie betroubaar. Kontak hom by 076 281 5766. Ons is op soek na ‘n huis om te huur: in Pretoria-Oos-omgewing. Kontak asb vir Arno van Rooy by 079 884 0740 indien jy kan help. Ruim tuinwoonstel beskikbaar : in Moreletapark @ R3 500 p.m. Ideaal vir enkelpersoon. Geen troeteldiere. Beskikbaar vanaf middel Mei 2015. Skakel Idelette by 079 875 8235. Gesoek: ‘n klimraam met ‘n glyplank. Kontak Dirk van Rooy by 082 807 6713. Op soek na verblyf: kamer te huur of tuinwoonstel: vir ‘n enkellopende jong onderwyseres van Willow Ridge Hoërskool. Verkieslik in die Lynnwood- en Die Wilgers-area. Kan R3 400 p.m. bekostig. Skakel asb Marike Williams by 072 534 5004 of Andri Williams by 082 672 9528. Shoprider (battery aangedrewe) beskikbaar . Persoon moet dit self van Port Edward af laat kom. Donasie sal welkom wees maar is nie verpligtend nie. Kontak Ed Coetsee by (039) 311 3510 of 082 415 4961. Halfdag-boekhouerpos beskikbaar by klein rekenmeestersfirma in Moreletapark. Minimumvereistes: Minstens 2-4 jaar ervaring as `n boekhouer, BTW-opgawes, Pastel, Debiteure, Krediteure, SARS E-filing, MS Office, asook Greatsoft sal aanbeveling wees. Afrikaanssprekende persone sal oorweeg word. Kontaknommer 012 997 0515. Dr Peet soek bekostigbare verblyf vir hom, Lacia, Ha nani en Diesel (hond) vir ‘n maand of 3 vanaf 25 Ju nie 2015 . Indien u kan help, kontak hom asseblief op 082 336 8465 of 012 991 2122.

Page 18: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

18

Page 19: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

19

*

MEDICAL WEIGHT

LOSS

General Medical Practitioner

PLEASE CONTACT US ON 012 993 5076

Dr Hanlie Lottering

Mb Ch B (Pretoria) MP 0630381 Pr No:

0476900

Dr Elzanne De Villiers

Mb Ch B (Pretoria) MP 0574279 Pr No;

0476900

Page 20: Maandkrant Mei 2015 PDF - Wapadrant · ander godsdienste het dit weer nodig gemaak dat die kerk, soos Paulus van ouds, op die markplein en Areopagus met die aanhangers van ander geloofsidees

20

Datum Ouderling-diensbeurt by eredienste en/of nagmaalbediening

Diakonie Diensbeurt

Diakonie Kollektediens

Kleingroep-diensbeurt Uitdeel van GPS’e en op-

neem en tel van liefdegawe

Teeskinkbeurt of was van nagmaal-

glasies

Kafé Koinonia Rybeurte: 8:30 PJ Huis 10:15 Mooigeleë

3 Mei 08:30 Jan de Beer

10:15 Theuns Erasmus

18:30 Bernard Tollig

08:30 PC Kruger

10:15 Johann Lessing

18:30 André v Rooyen

08:30 Celia de Beer

10:15 Gert Kok

18:30André v Rooyen

08:30 W007 Riaan Pet

10:15 J022 Karen Prinsloo

18:30 W003 Niel Kruger

G018 Hettie van

Niekerk

Koffiemeester – Eric

Coetzee

Straatkafee – Helene

Tollig

PJ-Huis Jan

Kooiman

M = Maarteli Smit

10 Mei 08:30 André Minnaar

10:15 Bart Kooi

18:30 Willem v Heerden

08:30 JG Heijstek

10:15 Jannes JvRensburg

18:30 Ben de Klerk

08:30 Thea Heckroodt

10:15 Jaydie Leonard

18:30 Ben de Klerk

08:30 J030 Leonie Meyer

10:15 G016 Hercules vd Walt

18:30 W004 Riaan Roodt

G009 Ester Marais Koffiemeester –

Magdaleen Ballot

Straatkafee – Renie

Leeuwner

PJ-Huis Pierre Buys

M = Kobus

Prinsloo

14 Mei Hemel-vaart

19:00 Jan Meyburgh 19:00 Thea Heckroodt 19:00 Thea Heckroodt Vrywilligers Koffiemeester –

Stephen Kruger

Geen

17 Mei 08:30 Pieter van Driel

10:15 Jan Tollig

18:30 Bernard Tollig

08:30 Danie Crous

10:15 Gert Coetzer

18:30 Coetzee van Rooy

08:30 Frikkie Venter

10:15 Henriëtte

Coetzer

18:30Coetzee v Rooy

08:30 J005 Charmaine Trollip

10:15 G007 Annatjie

Haasbroek

18:30

G021 Winnie

Potgieter

Koffiemeester – Eric

Coetzee

Straatkafee –Eric

Coetzee

PJ-Huis Ané Gouws

M = Riaan

Henning

24 Mei 09:00 Jan du Plessis 09:00 Thea Heckroodt

09:00 Thea Heckroodt

G030 Marthella

van Dijk

Koffiemeester – Liz

Erasmus

PJ Huis – Louis van

Heerden

M = Kobus

Prinsloo

09:00 Jan du Plessis

André Minnaar

Wouter vd Berg

Annatjie Haasbroek

Gawie Jooste

Jan de Beer

IT de Villiers

Bernhard Wilcocks

Was nagmaalglasies na 9:00-diens: J010 Rosalee Meyer G024 Amanda Jonker

31 Mei 08:30 Bart Kooi

10:15 Alex van Niekerk

18:30 Gerrit Myburgh

08:30 Henk Boshoff

10:15 Martin Grobler

18:30 Ilze Vlok

08:30 Hetta Henning

10:15 Corné Grobler

18:30 Ilze Vlok

08:30 G035 Thea Heckroodt

10:15 G036 Braam Gous

18:30 W003 Niel Kruger

J013 Marike Henn Straatkafee –

Madeleine Werkman

Straatkafee – Susan

Meintjies

PJ-Huis Ané Gouws

M = Kobus Coetzer