les 6 *2-8 mei vroue in die bediening van jesus · as die gasvrou, was martha “was besig om alles...

10
158 Les 6 *2-8 Mei Vroue in die Bediening van Jesus D ie Evangelie van Lukas word soms genoem “die Evangelie van Vroue” want, meer as enige van die ander Evangelies, maak dit spesiale melding van hoe besorgd Jesus was oor die behoeftes van vroue, en ook van hoe betrokke vroue was in Sy bediening. In Jesus se tyd, soos in sommige kulture vandag, was vroue beskou as minderwaardig en waardeloos. Sommige Joodse mans in daardie tyd het God gedank dat hulle nie as ‘n slaaf,‘n nie-Jood of ‘n vrou geskape is nie. Die Griekse en Romeinse gemeenskappe het soms die vroue selfs erger behandel. Die Romeinse kultuur het hulle bandeloosheid ontwikkel tot onbeperkte wellustigheid. ‘n Man het dikwels ‘n vrou aangeskaf vir die uitsluitlike doel om wettige kinders te verwek wat sy eiendom kon erf; hy het byvroue gehad vir sy eie seksuele genot. Teen ‘n agtergrond waar vroue so swak en sonder enige respek behandel is, het Jesus die goeie nuus gebring dat vrouens inderdaad dogters van Abraham was (sien Lukas 13:16). Hoe bly en dankbaar moes die vrouens van daardie dae nie gewees het nie om te verneem, dat in Jesus, hulle kinders van God is, en gelykwaardig is met mans in die oë van God. Die boodskap vandag vir alle vroue van alle nasies bly dieselfde: ons is almal, mans en vrouens, een in Christus Jesus. *Bestudeer vandeesweek se les ter voorbereiding vir Sabbat, 9 Mei. SABBATMIDDAG Lees vir Vandeesweek se Studie: Lukas 1:39-55; 2:36-38; 7:11-17, 36-50; Rom. 10;17; Lukas 8:1-3; 18:1-8. Geheueteks: “Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus . . . Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man of vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus” (Galasiërs 3:26-28).

Upload: lambao

Post on 05-Nov-2018

214 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

158

Les 6*2-8 Mei

Vroue in die Bediening van Jesus

Die Evangelie van Lukas word soms genoem “die Evangelie van Vroue” want, meer as enige van die ander Evangelies, maak dit spesiale melding van hoe besorgd Jesus was oor die behoeftes van vroue, en ook van hoe betrokke vroue was in Sy bediening. In Jesus se tyd, soos in sommige kulture vandag, was vroue beskou as minderwaardig en waardeloos. Sommige Joodse mans

in daardie tyd het God gedank dat hulle nie as ‘n slaaf, ‘n nie-Jood of ‘n vrou geskape is nie. Die Griekse en Romeinse gemeenskappe het soms die vroue selfs erger behandel. Die Romeinse kultuur het hulle bandeloosheid ontwikkel tot onbeperkte wellustigheid. ‘n Man het dikwels ‘n vrou aangeskaf vir die uitsluitlike doel om wettige kinders te verwek wat sy eiendom kon erf; hy het byvroue gehad vir sy eie seksuele genot. Teen ‘n agtergrond waar vroue so swak en sonder enige respek behandel is, het Jesus die goeie nuus gebring dat vrouens inderdaad dogters van Abraham was (sien Lukas 13:16). Hoe bly en dankbaar moes die vrouens van daardie dae nie gewees het nie om te verneem, dat in Jesus, hulle kinders van God is, en gelykwaardig is met mans in die oë van God. Die boodskap vandag vir alle vroue van alle nasies bly dieselfde: ons is almal, mans en vrouens, een in Christus Jesus.

*Bestudeer vandeesweek se les ter voorbereiding vir Sabbat, 9 Mei.

SABBATMIDDAG

Lees vir Vandeesweek se Studie: Lukas 1:39-55; 2:36-38; 7:11-17, 36-50; Rom. 10;17; Lukas 8:1-3; 18:1-8.

Geheueteks: “Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus . . . Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man of vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus” (Galasiërs 3:26-28).

159

SONDAG3 Mei

Vrouens Wat Jesus se Koms Verwelkom het

Dit is net in Lukas waar ons lees oor die reaksie van hierdie vroue op die wonder in die geskiedenis van die heelal: dat die Seun van God vlees geword het sodat die sending van Verlossing voltooi kan word en die Messiaanse hoop van Sy kinders vervul kan word. Hoewel hierdie vroue nie ten volle verstaan het wat eintlik aan die gang was nie, is hulle woorde oor, en reaksies op hierdie verstommende gebeure, en hulle geloof en verwondering oor die werke van God, onthul.

Lees in Lukas 1:39-45 oor die ontmoeting tussen Elisabet en Maria. Wat openbaar Elisabet deur haar begrip, van die grootse gebeure wat plaasgevind het?

Nadat Elisabet gepraat het, het Maria in haar eie woorde voortgegaan in lofsang. (Lukas 1:46-55). Hierdie woorde van Maria, wat dikwels as ‘n lied bestempel word, is gevul met dele uit die Ou Testament. Dit getuig van die feit dat Maria ‘n toegewyde student van die Heilige Skrif was, en dus ‘n gepaste moeder vir Jesus sou wees. Maria se lofsang is nie net gewortel in die Heilige Skrif nie, maar ook diep in haar verhouding met God. ‘n Ooreenkoms kom na vore tussen haar siel en haar Here, en tussen haar geloof en die hoop van Abraham.

Lees Lukas 2:36-38. Watter belangrike waarhede kom aan die lig in die verhaal van Anna in die tempel?

Die verwagte hoop vind ingrypende vervulling in Jesus. ‘n Ou weduwee herken die wonderwerk, en toe het sy dit haar verpligte sending gemaak om die Verlosser te verkondig aan almal wat die tempel besoek. Sy het die eerste vroue-evangelis van die evangelie geword.

Probeer die verwondering en verstomming van hierdie vrouens oor die gebeure wat rondom hulle plaasgevind het, te begryp. Wat kan ons doen om in ons eie harte, die wonder en verwondering, lewendig te hou van die goeie nuus wat ons geroepe is om te verkondig?

160

MAANDAG4 Mei

Vroue en Jesus se Helende Bediening Lees in Lukas 7:11-17 die verhaal van die wonderwerk in Nain. Hierdie vrou, verarm en ‘n weduwee, het nou nog ‘n beproewing in die geig gestaar – die heengaan van haar enigste seun. ‘n Groot menigte van die stad het haar ondersteun in die begrafnisstoet. Die verlies van haar enigste seun, tesame met die onsekere toekoms van ‘n lewe alleen, het die weduwee in ‘n prentjie van absolute droefheid en hopeloosheid gedompel.

Maar die begrafnisstoet wat die stad verlaat, het ‘n ander stoet teëgekom wat die stad binnegaan. Vooraan die uitgaande stoet was die dood in ‘n kis; vooraan die inkomende stoet was lewe in die majesteit van die Skepper. Soos die twee stoete by mekaar verbygaan, het Jesus die weduwee opgemerk – sonder hoop en vol droefheid. “Toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel en vir haar gesê: ‘Moenie ween nie’” (Lukas 7:13). Die pleidooi om nie te ween nie, sou betekenisloos wees as dit nie deur Jesus, Die Here van die lewe, uitgespreek was nie. In daardie bevel van “Moenie ween nie” was die krag om die rede vir die haar ween te verwyder: Jesus het nader gegaan en die kis aangeraak, en die jongman beveel om op te staan. Die aanraking was veronderstel om ‘n besmetting te wees (Deut 19:11-13), maar vir Jesus was deernis belangriker as seremonies. Om menslike behoeftes na om te sien, was dringender as om blote rituele te eerbiedig.

Die dorp, Nain, was nie net getuie van ‘n groot wonderwerk nie, maar het ook ‘n wonderbaarlike boodskap ontvang: in Jesus is daar nie ‘n verskil tussen die emosionele angs en benoudheid van mans of dié van vrouens nie. Christus se teenwoordigheid konfronteer en beskaam die mag van die dood. Lees ook Lukas 8:41, 42, 49-56. Jaïrus was ‘n invloedryke persoon – ‘n owerste van die sinagoge, ‘n beampte in beheer van die toesig en dienste in die sinagoge. Hy moes elke Sabbat die persoon kies wat in die tempel sal lei in die gebed, Skriflesing, en prediking. Bowenal was hy welaf en invloedryk. Hy het sy dogter liefgehad en nie gehuiwer om Jesus te nader vir die genesing van sy dogter nie.

In hierdie verhale was dit die krag en mag van Jesus se woorde wat ‘n dooie seun terugbesorg het aan sy moeder en ‘n dooie dogter teruggegee het aan haar vader. Dink daaraan hoe ongelooflik dit nie moes wees vir diegene wat dit gesien het nie, veral die ouers. Wat vertel hierdie gevalle ons aangaande die mag van God? Wat sê dit vir ons aangaande ons beperktheid om daardie mag te verstaan (trouens, die wetenskap van vandag het geen idee hoe dit kon gebeur het nie!). Die belangrikste is: wat moet ons doen om te leer hoe om op hierdie mag te vertrou, en in die goedheid van God te glo, wat hierdie krag beheer - ongeag ons omstandighede?

161

DINSDAG5 Mei

Vrouens van Dankbaarheid en GeloofIn Lukas 7:36-50 het Jesus ‘n maaltyd verander in ‘n fees van geestelike omvang, wat aan die sondige vrou waardigheid besorg het. Simon, ‘n leidende burger, ‘n Fariseër, het Jesus vir ‘n ete genooi. Die genooides het hul sitplekke ingeneem en skielik was daar ontwrigting: “‘n vrou in die stad wat ‘n sondares was” (vers 37), het ingekom en reguit na Jesus gegaan, ‘n albasterfles wat gevul was met kosbare salf, oopgemaak, die perfuum op Jesus uitgegooi, aan Sy voete gekniel en dit gewas met haar trane.

Watter lesse kan ons haal uit hierdie vrou se uitstorting van dankbaarheid, en Jesus se aanvaarding van haar optrede van geloof?

“Toe haar geval - menslik gesproke - hopeloos voorgekom het, het Christus goeie hoedanighede in haar gesien. Hy het die goeie karaktertrekke in haar raakgesien. Die verlossingsplan het die mensdom voor groot moontlikhede gestel, en in Maria sou hierdie moontlikhede vervul word. Deur Sy genade het sy ‘n deelgenoot van die Goddelike natuur geword. . . Maria was die eerste by Sy graf na die opstanding. Dit was Maria wat eerste die verrese Heiland verkondig het.” – Ellen G. White, Die Koning van die Eeue, pp.476-477. In Lukas 8:43-48, het ‘n geval van skreiende ellende ‘n verhaal geword van die Verlosser se hoogste agting. Vir so lank het hierdie vrou ‘n ongeneeslike kwaal gehad wat haar liggaam en siel afgetakel het. Tog het daar in hierdie tragedie van 12 jaar lank, skielik ‘n opflikkering van hoop op die toneel verskyn: “Sy het van Jesus gehoor” (Markus 12:27). Wat het sy gehoor? Min of baie? Ons weet nie. Maar sy het geweet dat Jesus vir die armes omgee; Hy het sosiale uitgeworpenes omhels; Hy het melaatses aangeraak; Hy het water in wyn verander; en bo alles, Hy het omgegee vir wanhopiges, waarvan sy een was. Maar om te hoor, was nie genoeg nie; om te hoor moet lei na geloof (Rom. 10:17). Daardie geloof het haar tot die eenvoudige daad aangespoor om Sy kleed aan te raak. Daardie aanraking was geloofsgedrewe, doelbewus, kragtig, en op Christus gefokus. Sulke soort geloof kan die seëning van die Lewegewer ontvang: “’Jou geloof het jou gered”’ (Lukas 8:48).

Dis so maklik om na mense te kyk en hulle te oordeel, nie waar nie? Selfs as ons dikwels dit nie hardop sê nie, oordeel ons hulle in ons harte, en dit is steeds so verkeerd. Hoe kan ons leer om op te hou andere oordeel, selfs in ons gedagtes? Wie weet wat ons sou doen as ons in hulle skoene was?

162

WOENSDAG6 Mei

Sommige Vrouens Wat Jesus Gevolg het

Lees Lukas 10:38-42. Watter belangrike geestelike waarhede kan ons uit hierdie voorval leer? (lees ook Lukas 8:14).

As die gasvrou, was Martha “was besig om alles klaar te maak” (Lukas 10:40). Maar Maria “het aan Jesus se voete gesit en na Sy woord geluister” (vers 30). Martha het by Jesus gekla dat sy alleen die harde werk moes doen. Jesus het Martha nie berispe vir haar besorgdheid met dienslewering nie, maar aan haar die behoeftes uitgewys aan die prioriteite in die lewe. Gemeenskap met Jesus is die eerste vereiste vir dissipelskap; wat ook al geëet behoort te word, kan agterna geskied. “Nougesette, ywerige werkers is nodig vir die saak van Christus. Daar is baie werk vir die Marthas met hulle ywer vir aktiewe godsdienstige arbeid. Maar laat hulle eers saam met Maria aan die voete van Jesus gaan sit. Laat nougesetheid, stiptelikheid en ywer geheilig word deur die genade van Christus; dan sal die lewe ‘n onverwelklike invloed ten goede wees” – Ellen G. White, Die Koning van die Eeue, p. 441.

Lees Lukas 8:1-3; 23;55,56; 24:1-12. Wat leer hierdie verse ons aangaande die rol van vrouens in Christus se bediening?

Soos Sy bediening uitgebrei het, het Christus “die een stad en dorp ná deurgereis en gepreek” (Lukas 8:1), met die twaalf dissipels by Hom. Lukas verwys ook na die kragtige getuienis van sekere vroue wat Jesus genees het, asook vroue wat deur Sy prediking aangeraak is, en wat Hom ”met hul besittings” (vers 3) gevolg het in Sy uitgebreide bediening. Sommige vroue word gemeld in Lukas: (1) sekere vrouens wat genees is van bose geeste, insluitende Maria Magdalena; (2) Johanna, die vrou van Gusa, ‘n bestuurder van Herodus; (3) Susanna en (4) “ baie ander wat Hom almal met hul besittings gedien het” (vers 3).

Wanneer ons besef dat Jesus vir elke menslike wese gesterwe het, kan ons beter begryp dat alle persone gelykwaardig voor God is. Hoe toon ons hierdie waarheid in ons gesindheid en ingesteldheid, (ons houding) teenoor ons naaste? Hoe kan ons enige negatiewe houding uitroei waarin ons neig om neer te sien op andere, en teenoor diegene wat ons beskou as minderwaardig?

163

DONDERDAG 7 Mei

Volhardend in Gebed, Opofferend in Gee

Lukas dui verwysings aan van Jesus na twee weduwees om belangrike geestelike aanskouignslesse uit te lig. In die eerste geval (Lukas 18:1-8), het Jesus medelye gehad met ‘n arm, magtelose weduwee wat haar teen ‘n bose en magtige regter vasgeloop het in haar strewe na geregtigheid. Sy was ‘n slagoffer van onregverdigheid en bedrog, en tog het sy geglo in die voorskrif van die wet en in regverdigheid. Maar die regter was ‘n ongelowige en onmenslik en onregverdig; daarom het hy nie omgegee vir die weduwee nie. Besorgde omgee vir weduwees is ‘n Bybelse vereiste (Eksodus 22:22-24; Psalm 68:6; Jesaja 1:17), maar die regter het behae daarin geskep om die wet nie uit te voer nie. Die weduwee het egter een wapen gehad – volharding. Sy het die regter aanhoudend daarmee bemoei, totdat hy reg aan haar laat geskied het.

Die gelykenis leer ons drie belangrike lesse: (1) bid altyddeur en moenie moed verloor nie (Lukas 18:1), (2) gebed verander sake – selfs die hart van ‘n bose regter, (3) volgehoue geloof is geloof tot oorwinning. Opregte geloof het ewige raad aan elke Christenmens: volhard tot die einde toe, selfs tot wanneer “die Seun van die mens kom” (vers 8).

In die tweede geval (Lukas 21:1-4, Markus 12:41-44), het Jesus pas die godsdienstige skynheiligheid en aanmatiging van die skrifgeleerdes en die leiers aangespreek. Hy het verwys na ‘n sterk kontras: ‘n arm weduwee wat die aard van ware godsdiens ontbloot.

Jesus het sommige van die godsdienstige leiers betig dat hulle “… die huise van die weduwees opeet” (Lukas 20:47), en sodoende die Bybelse mandaat om te sorg vir die weduwees en die armes te sorg, oortree. Soos vandag ook, gooi baie gawes in die skatkis om gesien te word; en nog erger: hulle gee uit hulle oorvloed. Hulle gawes kom nie uit persoonlike opofferings nie. In kontras, het Jesus aan Sy dissipels gevra om te kyk na die arm weduwee as ‘n voorbeeld van ware godsdiens, want sy het haar laaste gegee: “uit haar gebrek” (Lukas 21:4).

Vertoon was die motief van die eerste groep; opoffering en verheerliking van God was die motief van die weduwee. Om God se eienaarskap van alles wat sy het, te erken; en om Hom te dien met alles wat sy het, was die beweegkrag wat die weduwee aangespoor het om haar twee geldstukkies in die skatkis te gooi. Wat saak maak voor die alsiende oë van die Skepper, is nie wat ons gee nie, maar waarom ons gee; nie hoeveel ons gee nie, maar wat is die mate van ons opoffering.

Hoeveel van uself offer u op vir die beswil van andere, en vir die saak van God?

164

VRYDAG8 Mei

Verdere Studie: Hy “wat Sy moeder onthou het toe Hy in angs aan die kruishout gehang het; wat aan die treurende vroue verskyn het en hulle Sy boodskappers gemaak het om die eerste blye nuus van ‘n verrese Heiland te versprei – Hy is die vrou se beste vriend vandag, en is gereed om haar in al haar verhoudinge van die lewe by te staan “ – Ellen G. White, The Adventist Home, p. 204. (Vrye Vertaling)

“Die Here het ‘n taak vir vroue sowel as vir mans. Hulle mag hul plekke inneem in Sy werk in hierdie krisis, en Hy sal deur hulle werk. As hulle besiel is met ‘n sin van hul plig, en werk onder die invloed van die Heilige Gees, sal hulle persoonlike kalmte uitstraal wat nodig is vir hierdie tyd. Die Heiland sal op hierdie selfopofferende vrouens die lig van Sy gesig laat skyn, en aan hulle ‘n krag gee wat dié van mans oortref. Hulle sal ‘n taak in families verrig wat geen man kan doen nie – ‘n taak wat die innerlike lewe kan bereik. Hulle kan na aan die harte kom van diegene wat buite die bereik van mans is. Hulle arbeid is nodig.” – Ellen G. White, Evangelism, pp. 464, 465. (Vrye Vertaling).

Vrae vir Bespreking:

Een van die interessantste openbarings van die Evangelies, insluitende Lukas, het te doen met die rol van vroue met betrekking tot die opstanding van Jesus. Al die Evangelies maak melding van die vroue as die eerstes wat die verrese Heiland gesien het en Sy opstanding aan andere bekend gemaak het. Bybelse verdedigers van die Christendom gebruik hierdie bewys om die werklikheid van die fisiese opstanding van Jesus te bevestig, alhoewel sommige mense dit misken of bevraagteken. Waarom is die rol van vroue so belangrik? Sommige beweer dat, as die verhale van Jesus se opstanding deur die skrywers uitgedink is, waarom dan vroue gebruik, wat nie veel in daardie samelewing gewaardeer is nie, as die eerstes om Jesus te sien en dit te verkondig? As hulle verhale opgedis het om mense van daardie tyd te oortuig om te glo, waarom vroue juis gebruik in plaas van mans? Bespreek.

Notas

166

167