hartklop - ng gemeente onrusrivier · ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. ons het jou...
TRANSCRIPT
VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (Jakobus 3:13-18) 'N GEBED OM WYSHEID
Die gonswoorde in vandag se rugby is "spelpatroon en die regte ingesteldheid".
Dit word sigbaar in hoe spanne speel en maak dikwels die verskil tussen wen of verloor.
Jakobus pas die beginsels toe op die spel van die lewe. Hy het sekerlik nie rugby geken nie,
maar skets met insig hoe 'n klipharde kragmeting tussen twee spanne verloop. Aan die een kant
het ons jaloesie en selfsug wat die opponente gedurig wil hap en seermaak. Aan die ander kant is
die spelpatroon om ander se gevoelens in ag te neem en deursigtig te wees. Laasgenoemde is nie
gewild nie, want die ander span lees jou soos 'n boek!
Die styl van die eerste span is jaloesie en selfsug, terwyl vrede die ander soos 'n skaduwee volg.
Ons nader die week 'n verkiesing in ons land. Die kompetisie is straf en die spanning loop hoog.
Die afrigters besluit oor hulle spelpatroon. Sommige pleit vir 'n "killer instinct", terwyl ander
vra vir deursigtigheid en bedagsaamheid. Jou instink sal jou aanpor om die opponent uit te wis,
maar die Gees van die spel vra dat vrede jou soos 'n skaduwee moet volg. Hierin speel die
Afrigter en Kaptein 'n deurslaggewende rol...
Wen is per slot van sake nie alles nie. Lees gerus Jakobus 3:13-18 ter voorbereiding vir die
stryd.
Ons almal saam in diens van
JESUS CHRISTUS
oral, altyd en in alles
DEURKOLLEKTE VANDAG Spes. Kol. Zimbabawe (CAVA)
Baie dankie vir u gebede en
volgehoue ondersteuning.
Wees Lig!
HARTLIK WELKOM
Woensdag gaan ons stem.
Psalm 72 is juis „n psalm vir die konings en regeerders.
“Leer tog die koning, o God om te regeer volgens U wil ...”
Barend Vos het hierdie psalm verwerk tot „n paslike gebed. Ons mag sekerlik
Barend Vos se palm verwerk en verkort, en dan saam met hom bid –
“Ek bid vir ons land se regeerders, Here.
Ek bid dat U geregtigheid sal seëvier.
Ek bid dat U deernis vir die armes en magteloses
in die regeerders se optrede weerspieël sal word.
Here, hoe begeer ek tog leiers
wat vir hierdie land net goed sal wees!
Regeerders wat ons almal net tot seën is,
wat deur die wêreld gerespekteer word.
Dit is „n mooi land dié, Here, wat U uitgekies het
vir my en my mense om in te woon.
Wat ons leiers betref, Here:
Wil U hulle seën met die wysheid
om ons land nog mooier te maak –
om die oes se oorvloed wyd te versprei
om die voordeel van ons geil opbrengs
aan elke inwoner te laat toekom.
Tot ons heil.
En ter wille van U Naam”
Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier
31 JULIE 2016
TEKS VIR DIE WEEK
SONDAG 7 AUGUSTUS
DS MICHIEL DE KOCK
JOH 3:16 – 21
Ek wil u uitdaag om met hierdie
teks stil te word en dit oor en oor
te lees totdat die teks as‟t ware
in u binneste kom lë. Hierdie
oorbekende teks. Dalk sal u ver-
ras staan oor wat die Heilige
Gees in u hart wakker maak oor
die hartklop van God se hart.
Kom ons laat ons hartklop IN Rit-
me kom met Vader se hartklop.
BESPREEK: Wat is die kernrede
vir die kerk se bestaan? Wat is u
persoonlike reaksie op Vader se
aanbod in hierdie teks? Nadat U
ontdek het hoe lief God u het wat
maak u met Sy liefde?
Wat maak u met die INHOUD van
Sy LIEFDE: Jesus Christus ons
enigste Verlosser en Hoop?
Mag die Here ons in so „n mate
seën dat Vader se hart deur ons
begin klop en dat Sy hartklop in
ons gemeente en gemeenskap en
in SA gehoor en gevoel sal word.
Michiel.
AANDDIENS @ 18:00
DS ANTON DUVENHAGE
Ons verwelkom graag alle
tieners terug na die
aanddienste en Teentrix
groepe. En onthou u is almal
baie welkom om saam te kom
sing en luister na die Woord.
Welkom!
MA. 1 AUGUSTUS DI. 2 AUGUSTUS WO. 3 AUGUSTUS
11:00 ONDERSTEUNINGSGROEP
( Dienssentrum - sien by LIGboek).
GEBED VIR ONS LAND (Sentrum)
06:00 - 07:00 Leraar gaan voor
18:30 - 19:30 Leraar gaan voor
Sentrum oop vir gebed 06:00 - 19:30
SOPKOMBUIS
GEBED VIR ONS LAND (Sentrum)
06:00 - 07:00 Leraar gaan voor
18:30 - 19:30 Leraar gaan voor
Sentrum oop vir gebed 06:00 - 19:30
24een GEBEDSWAG
VERKIESINGSDAG
10:00 KIDBROOKE byeenkoms
11:00 NEGESTER byeenkoms
18:00 BYBELSKOOL (NG Hermanus)
DO. 4 AUGUSTUS VR. 5 AUGUSTUS SA. 6 AUGUSTUS
09:00 BYBELSKOOL by die NG Onrus.
09:30 - 11:30 Die KOLWYNTJIE
TEETUIN is oop. U is baie welkom!
WAT GEBEUR ALLES SONDAG 7 AUGUSTUS ?
08:30 GEBEDSKAMER:
Ons bid saam vir die erediens, die
Leraar aan diens en die gemeente.
09:00 EREDIENS:
Ds Michiel de Kock gaan voor.
Welkom!
GEEN AANDDIENS
AGV
KALFIEFEES OPVOERING
WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 5)
KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)
BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens
TEENTRIX GROEPE Gr 6 - 11 @ 18:00 na die aanddiens.
ONDERSTEUNINGSGROEP: Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Dimensie ly en hulle familielede na 'n ondersteuningsgroep wat op MAANDAG, 1 AUGUSTUS, om elf uur tot twaalf uur in die sit-kamer van die Dienssentrum gehou sal word. Dit is nie maklik om hierdie siektes en hulle simptome te hanteer nie. 'n Mens het nodig om daaroor te praat! Kom na die dienssentrum en kom gesels saam of sit net agteroor en luister na die res van die groep en kry weer motivering! Navrae: Erika Oosthuysen. DIE GEBEDSBEDIENING VERGADER op DV 11 Aug om 18:00 in die Gebedskamer. Elkeen, klein of groot se bydrae kan help om ons gemeente ‘n biddende gemeente te maak. Ons het jou in-sette, jou voorstelle, jou hande, voete en gebede bitter nodig. Kom word deel van die hartklop, die suurstof van Christenskap. Vir enige navrae, kontak Marietjie op KOMMUNIKASIEBEDIENING VERGADER Ons nooi graag alle persone wat deel wil word van die Kommu-nikasiebediening na ‘n vergadering op Dinsdag 16 Aug @ 18:00 in die Dienssentrum. Ons wil nuut kyk na die bediening, na die kommunikasie kanale in die gemeente en het beslis u hulp nodig. Vir navrae, kontak Piet van Zyl op 082 339 9871. Welkom!
BYBELSKOOL Die Bybelskool: DV Woensdag die 3de Aug (om 18:00 by Herma-nus Moedergemeente) en Donderdag die 4de Aug. (om 9:00 by Onrusrivier). Ons is besig om Jesus te herontdek. Tema: Jesus ... Sondebok? Ons kyk na Jesus ( onskuldig) se lyding ter wille van ons (skuildig). 20/21 Julie – Jesus bó Moses en Mohammed? 27/28 Julie – Jesus ... God? 3/4 Aug – Jesus ... Sondebok? 10/18 Aug – Jesus ...Koning? 17/18 Aug – Jesus ... die Enigste? 24/25 Aug – Jesus ... Jou Uitdaging! Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895. Lesings beskikbaar by Mervian, by die kerkkantoor by Vonkpos: [email protected] KERKKANTOOR SAL GESLUIT WEES op Maandag 8 Augustus. Weer oop Woensdag 10 Augustus.
boek
Schulphoekweg, Hermanus Besigheidspark Nuwe voertuie, Dienste, Onderdele
Kantoor: 028 312 1177/8 Nood/Na-ure: 082 889 3196 [email protected]
Groot dank en waardering vir ons Kalenderborg vir die maand wat die druk van die gemeentekalender moont-
lik gemaak het.
GEBED VIR NOOD EN SIEKTE
GEBEDSVERSOEKE Marietjie 076 713 4513
Ee-pos: [email protected]
NOODKETTING Sheila 084 800 0947
Jesus, Heer van liefde en genade, ons bid vandag vir almal in hierdie land wat nie ‘n
huis het of lid van ‘n gesin is nie. Hulle wat alleen woon in woonstelle, aftreeoord, en wat bang is om saans na buite te waag. Here, ons bid vir al die eensaames in ons land.
GEBEDSBLAD
WEEK 1 - 7 Aug 2016
MAANDAG 1 AUG
Vader, ons bid vir die regering wat mens-likheidswette en hulpskemas bedink. Vry-
willigers wat geld insamel vir behoorlike behuising en voeding. Ons bid vir dokters, geestelikes, maatskaplike werkers en bure wat bereid is om te luister en op klein skaal te help.
DINSDAG 2 AUG
Here, ons het ook u hulp so dringend nodig, vandag. Wees saam met elke peroon wat by
‘n stembus werk, en by die wat in rye staan om te stem. Vader, mag U Naam geheilig word dwarsdeur ons hele land.
WOENSDAG 3 AUG
Dierbare Vader wat in die Hemel is, en ook hier op die aarde, vul ons met soveel liefde
vir U, dat die vlam van haat en bitterheid in ons sal blus. Vul ons hart met genoeg hoop om ons te bevry van vrees. Seën ons met geloof en liefde.
DONDERDAG 4 AUG
ONS BID SAAM
Adriaan van Niekerk Chemo
Lize vd Walt Brandwonde
Hester Bekker Verswak
Cissy Coetzee G/H Versorging
Wilkie du Toit Wag vir hartoor-
planting
Hannatjie Oosthuizen Verswak
Rina vd Westhuizen Depressie
Corlise Steyn Chemo
Jan Eksteen ICU - Longe
Carien Viljoen Brein operasie
Dawie Malherbe Siekeboeg
Piet Hoffman Chemo
Magda Marais Operasie gehad
Sunsunet Gombert Operasie gehad
Ilze van Antwerp Swangerskap
Hein Steinberg Chemo
Martha Swart Rug
Lemmi de Swart In hospital
Mev Hermanson snr ICU
Betsie Liebenberg Sorgeenheid
Ester Bester ICU
Marius van der Watt Kanker behandel
MEEGEVOEL: Met Bianca en Anton met die
heengaan van Bianca se pa. Ons bid vir julle.
KOM BID SAAM MAANDAG 1 AUG EN
DINSDAG 2 AUG BY ONRUSGEMEENTE
06:00 - 20:00 IN DIE SENTRUM
Geliefde broer en suster ons moet volhard in ons
gebede vir ons land, en „n vreedsame verkiesing,
Kom ons bid op 1 en 2 Augustus verder saam in ons sentrum wat
oop sal wees vanaf 06:00 tot 20:00. ** Vanaf 06:00 - 07:00 en
18:30 - 19:30 beide dae sal „n leraar voorgaan. U is welkom.
Kom as man en vrou, of as familie, en bring jou huishulp en
tuinhulp, jou buurman, jou kollega, jou skool vriende,
oupa en ouma, en kom bid, in
smeking tot ons Vader Jesus.
Ons vra ook dat elkeen daar
by die stemlokaal waar jy op
3 Augustus jou kruisie gaan
trek, „n gebed sal doen vir
versoening en vrede.
Ons almal saam . . .
Dierbare Vader, help ons om U in die donker te vertrou. Maak ons geloof ‘n lig wat oor die
pad skyn, al weet ons nie waarheen dit sal lei nie. Maar die lig is genoeg om U reeds daar aan die einde van die pad te sien staan.
VRYDAG 4 AUG
MENSE GESOEK VIR DIENS 1 & 2 AUG Dit sal waardeer word as daar enige een is wat wil
help om die sentrum te beman vir ons twee gebedsdae
vanaf 06:00 – 20:00 op 1 en 2 Augustus. Kontak asb
vir Marietjie op 076 713 4516 met die tyd wat jou sal
pas. Ons sê reeds baie dankie!
ONS BID VIR ...
DIE 2016 MUNISIPALE VERKIESING
Ons Vader, inspireer die mense van Suid-Afrika, sodat hulle vrede in plaas
van konflik sal soek. Gebruik die verkiesing as „n geleentheid om die leiers tot
kompromieë te bring wat alle partye tevrede sal stel, en genees die bittere
verskille, agterdog en haat, wat groepe uitmekaar dryf.
Jesus, U het U kosbare bloed gestort om mense met God en met mekaar te
versoen en in harmonie te laat leef. Verander die gedagtes van hulle wat hul
eie en ander se bloed vergiet in die fanatiese najaag van eie belange en ou
wrokke.
Jesus, daardie nag met die storm op die see het U dissipels bewend
uitgeroep: “Here, red ons! Ons vergaan!” Here dit is nou meer as ooit waar,
daardie nag het U, u kinders nie in die steek gelaat nie, U het die tierende gol-
we tot bedaring gebring met een bevel. “Hou op! Bedaar!”
Vader, doen dit ook vir ons in ons stormagtige land. As dit beteken dat
U eers die tierende selfsug in ons harte en die politieke gierigheid in ons
as nasie moet bestraf, doen dit Heer, en herstel asseblief weer die orde
en vrede in ons dorp en ons land.
Here, ons bid dat U ons verkiesing sal seën.
Amen!
BID VIR SUID-AFRIKA
HERE RED ONS!
ONS VERGAAN
Matt 8:23-27 Mark4:35-41
---
Ons bid met ons oë op
God gerig, en nie op
ons probleme nie.
---
God shapes the world
by prayer. The more
prayer there is in the
world the better the
world will be, the
mightier the forces
against evil.
Prayer is the secret
of power.
---
Vrede laat Ek vir julle
na; my vrede gee Ek
vir julle. Die vrede wat
Ek vir julle gee, is nie
die soort wat die
wêreld gee nie. Julle
moet nie ontsteld
wees nie, en julle moet
nie bang wees nie Joh
14:27
---
VERANDER DIE
WÊRELD, HERE
BEGIN BY MY!
10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Ester du Toit nooi u - maak gerus ‘n afspraak by haar - Tel: 081 453 8130.
KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 – 12h00: Die groepie wat op 'n Dinsdagoggend bymekaar kom het
besluit om die gemeenskap te bedien met hul kreatiwiteit. Hulle gaan vir die volgende winter fokus op 'n winkel/kafee/motorhawe in die dorp en serpe, musse en handskoene brei
vir die personeel. Indien u saam wil kom brei op 'n Dinsdagoggend is u meer as welkom. Hierdie groepie brei
nie net nie - hulle kuier, lag en gesels baie lekker saam - daar is ook altyd iets lekkers om te eet.
NAALDWERK: Rita Ferreira is terug van vakansie. U is welkom om herstelwerk te bring. Baie dankie!
10h00: SKAAK Johan Oosthuizen is baie lief vir skaak en wil sy belangstelling/liefde graag met u deel. Kom speel saam met hom by die Dienssentrum. Indien jy nie kan speel nie is Johan bereid om vir jou te leer. Kontak asb vir Johan op ‘n Maandag om te bevestig op 082 804 6715 of 028 316 4961 indien u wil kom saam skaak speel op ‘n Dinsdag. U is baie welkom! Dit is die regte tydverdryf vir die winter aande.
KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 – 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorger benodig.
10h15: KOM SPEEL SAAM in die sitkamer. Kom speel Rummykub en ander speletjies. Kom kuier lekker saam met Joan en Kosie! Almal is baie welkom!
Ons almal saam in diens van
Jesus Christus
Oral, Altyd en in Alles
PROGRAM 1 - 7 Augustus
Onrusrivier Dienssentrum
“Deur die genade
van God”
MAANDAG 1 AUGUSTUS (DIENSSENTRUM GESLUIT)
DINSDAG 2 AUGUSTUS
WOENSDAG 3 AUGUSTUS (DIENSSENTRUM GESLUIT AGV VAKANSIEDAG)
DONDERDAG 4 AUGUSTUS
Sny van hare: Mans R50 (nie lede R70)
Sny van hare: Dames R60 (nie lede R80)
Haarsny en droogblaas (“blow dry”) R75 (nie lede R95)
Haarsny en krullers indraai (“set”) R80 (nie lede R100)
Was hare en droogblaas (“blow dry”) R40 (nie lede R60)
KONTAK NOMMERS DIENSSENTRUMNOMMER
028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE
(09H30 – 12H30)
VIR ENIGE INLIGTING.
ERIKA OOSTHUYSEN
Maatskaplike Werker
O28 316 3115 / 079 322 0998
ALGEMEEN
MUSSE: Van ons gemeentelede het kom vra of ons nie
dalk musse en serpe wil verkoop nie. Gebreide artikels
is skaars en dit is koud. Ons het nou musse gekry - ver-
al kinder musse. Ons verkoop dit teen R20 per
mus. Baie dankie vir Ananda se skenk van die
musse. Ons sal sorg dat ons DV teen volgende winter
wel musse en serpe beskikbaar het by die dienssentrum.
VRYDAG MARKIE: Die Dienssentrum het weer op
Vrydag, 9 September, 'n mark hier by die kerk vanaf
9h00 - 12h00. Die koste is R20 vir 'n tafel. Kontak asb
vir tannie Joan by die dienssentrum.
Ons vra dat u
asb eers
betaal en dan
word die tafel
bespreek.
Baie welkom!
VRYDAG, 5 AUGUSTUS
KOLWYNTJIE TEETUIN
09H30 – 11H30
BAIE DANKIE AAN:
1. Al die dames wat betrokke is in
die kombuis en eetgoed verskaf.
2. Verjaardaggroepe wat die KOLWYNTJIE kies waar
hulle verjaardag wil vier.
3. Bybelstudiegroepe wat rondom 'n koppie koffie/tee
kom kuier.
4. Predikante wat net kom bladskud en vinnig 'n ge-
selsie inkry.
5. Persone wat nuwe intrekkers in hulle buurt saamnooi
om in te skakel by ons gemeente.
Vir net R30 word koffie/tee saam met verversings van
jou keuse bedien. Vir groepbesprekings kontak Marie 'n
week of twee vooraf by 028 316 4018 of 083 457 1896.
Jan, Rudolf, Billy en Gert van Fynbospark het vanoggend
hulle voete laat versorg by die dienssentrum. Gert se vrou
verjaar vandag en Jan het gister verjaar. Ons bid hulle
Gods rykste seen toe. Hier drink hulle saam met Joan by
die dienssentrum 'n glasie druiwesap om die verjaarsdae te
vier.
SPOELKLIPPE-UITNODIGING NA
'n HEERLIKE "BRUNCH!"
WANNEER? Donderdag 18 Augustus DV
WAAR? Sandbaai Country House (Angelique
Brink)
KOSTE? R75 (fooi ingesluit)
Koue buffet plus warm ontbyt met brode,
koffie/tee ens. NB! Gee name op en betaal
voor of op MAANDAG 15 AUGUSTUS by
kerkkantoor. Ons vertrek na 10:00 vanaf
ons kerk of kom so 10:15 by gastehuis
bymekaar.
Vir meer inligting kontak
JOEP 028 316 4018 of 083 297 9230.
POND-VIR-POND
Te same met GetLogged Lifestyle Gym gaan Teentrix inisiatief neem om „n sportbediening in Zwehlilhe (onder die leiding van Brine - `n
leier waarmee ons die afgelope tyd „n pad stap) te ondersteun.
Aangesien die bediening met sport te doen het, speel persoonlike fiksheid ook „n groot rol in die inisiatief. Hierdie tyd van die jaar kort
almal motivering om die ongewenste “winter kilos” af te skud en die inisiatief gaan ons daarmee help! Vir elke pond in gewig wat oor die
tydperk van twee maande (1 Aug. - 30 Sept.) verloor word,
gaan ons „n pond kos/sportsklere aan die sportbediening skenk.
HOE KAN MENS BETROKKE RAAK?
Ons wil die gemeente graag vra om saammet die Jeug nie-
bederfbare kos, sowel as sportsklere (wat julle nie meer
gebruik nie, maar wat steeds in bruikbare kondisie is) na
die kerkkantoor toe te bring.
Neem self deel aan die uitdaging: Stem in om deel te raak
van die beweging deur jou naam vir Ds. Anton Duvenhage
te gee, jouself 1 Aug. en 30 Sept. te weeg en sodoende
te help ondersteun. GetLogged Lifestyle Gym in die Eastcliff Sentrum het ook
ingestem om vir hierdie tydperk „n spesiale tarief te vra
vir die mense wat aan die insiatief deelneem.
Ek hoop dat almal saam met ons Jeug opgewonde
is en dat hierdie ‘n reuse sukses sal wees!
SENDINGMAAND
SENDELING VAN DIE WEEK
CAVA (Gerhard Breytenbach)
THANK GOD WITH US FOR: 1. Supporters/Donors of finances and other resources 2. More sponsors for NBI in prisons and for new prisons that have opened their doors 3. More external printing and that the revised NBI course will be fully covered financially 4. The Lord’s sustained provision of the right tenants to help cover our operating costs 5. Book sales improving in spite of economic climate
UNEXPECTED ALLEVIATION Amazingly our electricity woes have subsided! Since the beginning of the year we have hardly had any power cuts. As much as we are grateful, it feels surreal and we expect the honeymoon to be over any time soon. We know that tough times are coming – it has been widely predicted. Already things are more expensive in the shops, cash is scarce, everyone is making plans to pay their staff in a cashstrapped economy, imports are affected, people are demonstrating against the make-shift plan of promised bond notes as substitute cash, with cash still leaving the country daily because of panic, crippling the economy even more. Yes, tough times are coming… Until then, let there be light!
UNEXPECTED PHONE CALL Pieter van der Merwe, nephew of former staff member Rev Du Toit van der Merwe, called from Ladismith, South Africa, where he is farming fruit. They are planning another outreach to Dzoro, a small place in the Zimbabwean countryside, 120 km south-east of Masvingo. They want CAVA to supply the literature – music to my ears! Then I heard the wonderful story. This outreach started as a combined initiative of the DRC Ladismith congregation and the late Rev Henry Murray from Morgenster, more than 7 years ago. Today they are feeding 300 children 1 meal a day. Needless to say, it presents its own problems that need to be managed since free food in an arid area, attracts more children than can be managed. However, what a mammoth and admirable undertaking! There have never been high school facilities. Over time two classrooms were built for Forms 1 & 2 and now the next two for Forms 3 & 4 are in its final phase of completion. No more outdoor schooling under trees any-more! This year, youth from the wider Ladismith community will accompany the group and provide much needed muscle power as well as good peer interaction. CAVA is so grateful to be a part of this project this year.
A CAVA school outreach Christian Audio-Visual Action (CAVA) P.O Box 649; 11 Boston Ave;
Eastlea, Harare; Zimbabwe
Tel: 495596 / 495600 E-mail: [email protected]
Website: www.cava.co.zw
DIE DEURKOLLEKTE
VANOGGEND GAAN
VIR ONS SENDELINGE
IN ZIMBABWE (CAVA)
BAIE DANKIE!
MUSSE MET LIEFDE
As sameroeper van sopgroep 5 het ek die volgende uitdaging aan die dames in my groep gegee: Kom ons brei 67 musse om te gaan uitdeel op Mandeladag!! Verlede jaar het ons nie net 67 musse gebrei nie maar 112 en vanjaar het ons 223 musse gebrei!!!!
Met ons musse en skenkings van stokkielekkers, “cup cakes” en “chippies” het ons vir kindertjies gaan kuier by: Cheryl in Mount Pleasant, een van die sopafleweringspunte. Hier was groot ogewondenheid en van die kindertjies kon nie glo dat hulle kan kies van watter mus hulle hou nie. My kleinseuns van 3 en 5 jaar oud vertel nou nog vir almal van die maatjies wat koud kry en honger is. Die kindertjies groet ons met ‘n liedjie: Dankie liewe Heer!!!
Ons volgende kuier plek was saam met Marlene en Maret by Rebecca se kleuterskooltjie in Zwelihle. Die kleintjies het al ons aandag en saamspeel BAIE geniet en natuurlik ook die bederfies van chippies en musse.
Verlede Vrydag het ons met Marlene, weer as ons gids, by Duifies en Kuifies in Mount Pleasant gaan kuier. Hier ontmoet ons Dorothy en Charlene wat met liefde die kinders versorg. Die kinders het al die oumas se aandag baie geniet en was meer as gewillig om op ons skoot te sit of rond gedra te word. Die bederfies van pakkies chips en musse is ook met groot opgewondenheid ontvang.
Ons het nog een besoekpunt, die dagkliniek in
Swartdamweg se ma-en-baba-afdeling, waar ons die laaste van ons baba musse gaan uitdeel.
Hierdie ervaring het ons almal gelos met harte
vol dankbaarheid vir al die seëninge waarmee
ons geseën word!!!
AUGUSTUS IS SENDINGMAAND
GROOT PROJEK
GROOT GELEENTHEID
GROOT OPGEWONDENHEID
GROOT OPDRAG: “GEE JULLE VIR HULLE IETS OM TE EET”
(Matt 14 : 16)
SONDAG 28 AUGUSTUS 2016
JY WIL DIT NIE MISLOOP NIE!!
WAT? UITDEEL VAN (LIEFDES-)MUFFINS AAN ONS GEMEENSKAP
VIR WIE? PERSONE WAT WERKSAAM IS OP „N SONDAG EN BY
NOODDIENSTE – Polisie, Brandweer, Hospitale,Vulstasies,
Veiligheidsmaatskappye, Versorgingsoorde en Ouetehuise.
WAAROM? “Die liefde van Christus dwing ons….” 2 Kor 5 : 14;
“Ons is medewerkers in diens van God.” 1 Kor 3 : 9;
“In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan
goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” Ef 2 : 10
HOE MAAK ONS? BAK OF KOOP SOVEEL MUFFINS AS WAT
JOU BEURSIE JOU TOELAAT, EN BRING DIT SAAM KERK TOE OP
SONDAG 28 AUGUSTUS. ONS VERTREK NA DIE DIENS DAARDIE
SONDAG SAAM MET „N SPANLEIER NA DIE PLEK VAN JOU KEUSE
(meer inligting binnekort!)
LIEFDESWERK TOT EER VAN DIE HERE
VIR NAVRAE: KARIN DE BRUIN BY DIE KERKKANTOOR OF
UYS EN MATTIE SWART - 076 522 5669
Vlnr: Deon van der Kooi, Paulda
van Wyk met Janieke en Mieke.
Vlnr: Piet & Amanda Meyer en Roelfie & Piet Marais.
HARTLIK WELKOM NUWE INTREKKERS
Ons bid dat julle tyd hier in Onrusgemeente tot groot seën sal
wees vir julle en dat julle die liefde hier ontvang sal uitdeel sover
julle gaan. Onthou: WEES LIG! Baie welkom.
222444 eeneeneen
NGK & VGK GEMEENTES 24 UUR GEBEDSWAG EERSTE WOENSDAG VAN DIE MAAND
Vir enige navrae, kontak asb vir Marietjie van Wyk by 076 713 4513.
3 AUGUSTUS 2016
1. LOFPRYSING
My boat of life sails on the troubled sea,
Whenever there's a wind in my sails
But I have a friend, who watches over me,
When the breeze turns into a gale
I know the Master of the wind, I know the Maker of the rain He can calm the storm, make the sun shine again, I know the Master of the wind
Sometimes I soar like and eagle to the sky,
Among the peaks my soul can be found.
An unexpected storm may drive me from the heights,
Bring me low, but never brings me down
Gooi jou brood op die water want na
„n lang tyd kry jy dit terug.
Sit jou besittings op sewe of agt plekke
jy weet immers nie watter rampe die land
kan tref nie.
As wolke vol water is, val daar reën op
die aarde. Of „n boom nou suid val of
Noord, dit bly lê waar dit geval het.
As jy heeldag na die wind kyk sal jy nooit saai nie, en as jy na die wolke
kyk sal jy nooit oes nie.
Net so min as wat jy die pad van die wind ken, of weet hoe die liggaam lyk in die skoot van „n
swanger vrou, net so min verstaan jy die werk van God wat vir alles verantwoordelik is.
Saai jou saad vroegoggend, maar moenie ophou as dit aand word nie. Jy weet nie watter land
vanjaar suksesvol sal wees, en of al twee saam „n goeie oes sal lewer nie.
2. KOM ONS LEES UIT
PREDIKER 11:1-6
4. ONS BELY ONS SONDE Here ons hou ook soms die wind dop omdat
ons vrees wat met ons in ons land kan gebeur.
Ons gee partykeer te gou moed op en raak
passief en gaan maar saam met die stroom al
besef ons dit is verkeerd. Ons kla en raak
bitter teenoor ander mense en ons harte word
hard oor woorde van geweld wat ontplof in
dade van geweld. Ons hele samelewing het
met selfsug „n geskonde land en wêreld gebou.
5. ONS BID ... vir eenheid in SA, dat God die land se mense se oë sal oopmak sodat hulle die verskeidenheid van
hulle geestelike gawes, geleenthede, agtergronde, oortuigings, taal en kultuur sal sien as
geleenthede tot diens en verryking van mekaar en tot ere van God.
dat God ons weer sal lei tot verootmoediging sodat ons
sal vergewe en vergewe sal word.
vir genesing vir almal wat verward en
verwildered is, sodat elkeen weer hulle
ore sal open om God se stem te hoor.
Prediker 11:1-6 praat van geloof en van neem
van besluite, en om berekenend te werk. Dit
waarsku ook dat wie die wind bly dophou, nie sal
saai nie, en wie na die wolke kyk nie sal oes nie.
Hierdie is vandag so relevant in ons politiek,
werkloosheid, ekonomiese krisisse en slegte
verhoudings. „n Moedelose gebroke mens sal
maklik sê, “hier is „n storm aan die kom, alles
gaan verwoes word!”. Jesus se kinders sê, daar
is „n storm aan die kom, maar dit gaan weer
verby, óf, kyk die wind waai, …kom ons span die
seile want ons weet Jesus is aan die stuur.
Dit is Munisipale Verkiesing en ons is besig met keuses en besluite. Party doen dit aktief en veg vir
standpunte, terwyl ander dit passief doen. Ander neem nie deel nie, want hulle glo dit help niks nie –
hulle kyk na die tekens en besluit om terug te staan. Wat doen jy…. Kyk jy geduring na die wind of
vertrou jy God dat Hy jou sal lei om berekende besluite te neem. Het jy die waagmoed om op te
staan vir wat reg is of gee jy gou moed op.
Glo jy dat God met ons land sal doen wat Hy móét doen? Al wat Hy van jou vra is volgehoue vertroue.
Ons dien „n God van uitkomste!! Ons moet aanhou vertrou en aanhou om waagmoedige besluite te neem
sodat ons akief en met oorgawe kan bly leef, omdat ons weet God is in Beheer. Hy is die Meester
van die wind.
3. OORDENKING
Dankie Vader dat U in beheer is
van die winde van ons lewens.
6. ONS DANK GOD
DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)
083 468 8194 [email protected]
DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)
083 448 1651 [email protected]
DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185
DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895
VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl
082 339 9871 [email protected]
EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633
MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen
028 316 3115 (K) 079 322 0998
KOMMUNIKASIE BEAMPTE
Karin de Bruin 084 305 2086
ONTVANGS Mervian van der Merwe
084 875 7875 [email protected]
REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312
ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759
KOSTER Hennie Davies 061 300 4577
Vir navrae en kommentaar
op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)
KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00
Tel (028) 316-2116 [email protected]
www.ngkonrusrivier.co.za
DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier
Bank: ABSA
Rek. 406 215 2718
SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer
Bank: ABSA
Rek. 916 9799 886
Chris Schutte Sel: 083 258 4990 Tel: (028) 212 1159
E-pos: [email protected]
KOSPAKKIES 15 AUGUSTUS DV Sopmengsels en suiker sal ook waardeer word. Baie dankie vir al die ander bestanddele wat ons so gereeld ontvang. TE KOOP: Tweedehandse elektriese rolstoel. Nog in baie goeie toestand. Kontak Nikki by 082 432 8790. “CRAFTERS” SE GOEDERE GESOEK vir ‘n win-kel in Hermanus. Brei of hekel jy? Hulle soek enige mooigoed om te verkoop. Die winkel no is 028 312 2088 of 081 426 5205. DRINGEND GESOEK: 1 x Dubbelbed matras vir ‘n ma met twee kinders. Kontak die kerk-kantoor. Baie dankie!
DIE KLEREKAS soek asb hangers waaraan hulle die klere kan hang. Indien u ekstra hangers het, bring dit asb na die kerkkan-toor. Dit sal baie waardeer word! Enige klere is ook baie welkom. Ons het groot hoeveel-hede klere uitgedeel en die kaste is maar leeg!Gaan loer gerus deur u kaste en bring na die kerkkantoor. BAIE DANKIE! Ons wil net baie dankie sê vir Elsabe Heyns en haar span wat elke Woensdagoggend, in die koue en nat weer besig is om onder in die moederskamer klere te verkoop. Baie dankie vir julle motivering, gewilligheid en liefde vir die gemeenskap. Dit word opreg waardeer.
SENDINGBEDIENING VOERTUIG: BAIE DANKIE EN ‘N VERSOEK Ons prys God vir die Land Rover Discovery wat aan ons sendelinge in Indië beskikbaar gestel is tydens hul besoek aan die WesKaap. Die voertuig is swaar op brandstof. Wil jy 'n fi-nansiële bydrae maak asb? Navrae: Uys Swart 076 522 5669 ** Baie dankie vir die wat reeds hulp gee. BEDIENINGSLEIER VIR SENDING Lê Sending na aan jou hart? My 2de termyn as Sendingbedienings-leier verstryk Mei 2017. Indien jy geroepe voel om die "aflos-stokkie" oor te neem, kontak my asb. Uys Swart 076 522 5669 / 028 316 1856 E-pos: [email protected] CAMPHILL FARM: Dit gaan finansieel nie goed met die plaas nie. Gevolglik is huishulpe en kokke laat gaan. Die huismoeders en va-ders van elke huis kry nou bitterlik swaar. Is daar dalk vrywilligers wat betrokke sal raak om van tyd tot tyd 'n maaltyd te kom kook, inwoners tandarts toe te neem, inkopies te gaan doen, tyd met die inwoners te spandeer en dan is daar ook 'n goeie skoonmaak van die huise van tyd tot tyd nodig. Indien iemand wil help skakel asseblief vir Narina Howard by 028 316 1767. Kom ons probeer om hierdie men-se te help - dit is 'n tehuis sommer hier in ons omgewing. Daar is Afrikaans sprekende inwoners wat graag 'n erediens wil bywoon. Is daar dalk mense wat hulle op 'n Sondagoggend kan gaan haal? Kontak Narina. Baie dankie!
WINTERPROJEK: Die winterprojek se artikels is Vrydag besorg aan die Swop Shop, Sofca en Huis Lettie Theron. Hulle het dit met groot waardering en dankbaarheid ontvang.
Baie dankie vir elkeen wat iets gekoop en ge-skenk het. Dit word opreg waardeer. Bo is 'n foto wat geneem is met die artikels reeds in sakke en reg om geneem te word.
wees