klankkoerant bylaag-resepte

25
Klankkoerant Klankkoerant Bylaag-resepte Bylaag-resepte saam met Estel de Beer en saam met Estel de Beer en Lorraine Swanepoel Lorraine Swanepoel

Upload: others

Post on 01-Nov-2021

25 views

Category:

Documents


4 download

TRANSCRIPT

Page 1: Klankkoerant Bylaag-resepte

Klankkoerant Klankkoerant Bylaag-resepteBylaag-resepte

saam met Estel de Beer en saam met Estel de Beer en Lorraine SwanepoelLorraine Swanepoel

Page 2: Klankkoerant Bylaag-resepte

INHOUDSOPGAWE

PESTO HUMMUS 7GROENBONE-EN-BALSAMIESE-KERSIETAMATIESLAAI 10MODERNE GROENSLAAI MET AVOKADOSLAAISOUS 13CHERMOULA-SOUS 14SPINASIEBROOD 16GROENKRUIE-EN-KARRINGMELK-SLAAISOUS 17AVOKADO-EIERSLAAI 18GROENOLYF-EN-FETA-TAPENADE 19MELKTERT CRÈME BRÛLÉE 21MELKTERT-PANNEKOEK 23MELKTERTROOMYS 23KAASFONDUE 24AARBEIKONFYTBLOKKIES 27DRIE-BESTANDDEEL-SJOKOLADEMOUSSE 27MIKROGOLF-MELKTERT 29GEBAKTE HOENDERFRIKKADELLE IN BLOEDROOI MARINARASOUS 31RICE KRISPIE-GRONDBOONTJIEBLOKKIES 35PIESANG-SJOKOLADE-GRONDBOONTJIEBOTTER-MUFFINS 35GESPIKKELDE EIERTJIE BRUINTJIES 37SJOKOLADE PAASBOLLETJIE-BROOD-EN-BOTTERPOEDING 38DADELBLOKKIES 40SJOKOLADE-HAWERMOUTBLOKKIES 41FRANSEBROODWAFELS MET KANEELSUIKER 43SJOKOLADEWAFELS 43MAKLIKE LAMSKENKELS VIR PAASSONDAG 44HEUNINGSOETPATATS 47

Page 3: Klankkoerant Bylaag-resepte

Jy het dalk al ’n dieetkundige hoor sê dat jy ’n reënboog van groente en vrugte moet eet, maar hoekom is dit só belangrik? Die verskillende kleure vrugte en groente bevat almal verskillende vitamiene en minerale en ons benodig die hele spektrum van vitamiene en minerale om ons gesond te hou. Dis veral belangrik vir kinders om optimale fisieke sowel as kognitiewe groei en ontwikkeling te verseker. So, kom ons kyk ’n bietjie na die gesondheidsvoordele van groen groentes. Groente soos spinasie, kool, broccoli, soet groenrissies, groenbone, komkommer en blaarslaai is dalk die groentes wat eerste in jou gedagtes opkom. Groen blaargroentes en kole is veral vernaam vir hul gesondheidsvoordele. Hierdie groentes is nie net hoog in die antioksidantvitamiene A, C, E en K nie, maar is hoog in vesel wat gesonde spysvertering verseker. Deur hierdie groentes in jou daaglikse dieet in te sluit word jou immuunstelsel ook versterk en dít is ’n langtermyndoelwit van ’n gesonde leefstyl. Ons beveel aan dat minstens die helfte van elke bord wat jy skep uit vrugte of groente moet bestaan. Dit is ’n maklike tegniek om te verseker dat jy jou vyf groentes en vrugte ’n dag inneem. Dit is ook ’n briljante gewigsbeheertegniek. Groen blaargroentes en kole kan jou versadig laat voel, terwyl dit baie min energie (met ander woorde kilojoules) bevat. Dit beteken dat jy aan soveel groen groentes kan weglê sonder om bekommerd te wees oor jou gewig. Begin vandag deur minstens een groen groente in jou dieet in te sluit en geniet die gesondheidsvoordele wat dit vir jou inhou!

Estel de BeerAanbieder: Klankkoerant Bylaag

Lorraine SwanepoelChef en Eienaar van Cocovanilla Foods

Ons glo kos moet heerlik smaak, en maklik maak! Hierdie resepteboek is ʼn samestelling van resepte wat op Klankkoerant Bylaag, Pretoria FM,

gedeel is. Luister gerus elke Woensdag tussen 08:00 en 09:00 wanneer Estel met Lorraine gesels en resepte gedeel word wat jou mond sal laat water.

54

Page 4: Klankkoerant Bylaag-resepte

• 1 blik kekerertjies• 30g vars basiliekruid• 125ml olyfolie• 50g gerasperde parmesaankaas• 125ml sonneblomsade• Sap van ʼn halwe suurlemoen (± 50ml)• 5ml sout• 2 knoffeltoontjies

Dreineer die kekerertjies en spoel goed met water af. Plaas dit saam met die res van die bestanddele in ʼn voedselverwerker en verwerk tot glad. As die mengsel droog en krummelrig lyk, voeg nog olyfolie by totdat die mengsel glad en smeerbaar is. Die mengsel moet steeds dik wees. Bedien saam met rou wortelstokkies, komkommer, seldery en baba-mielies. Jy kan dit selfs bo-op ʼn ryskoekie eet.

PESTO HUMMUS

Fotokrediet: HAMMAmama blog 76

Page 5: Klankkoerant Bylaag-resepte

8 9

Page 6: Klankkoerant Bylaag-resepte

• 500g vars groenbone, punte afgesny• 250g kersietamaties, afgespoel• 125ml balsamiese asyn• 30ml olyfolie• Sout en peper na smaak

1. Voorverhit die oond tot 200°C.2. Vul ʼn medium pot met water, geur goed met sout en bring tot kookpunt. Blansjeer die groenbone deur dit vir 1-2 minute in die kookwater te dompel en dan uit te haal en dadelik in yswater te plaas. Sodoende bly die bone krakerig en heldergroen.3. Neem ʼn klein oondvaste bak en plaas die kersietamaties, balsamiese asyn, olyfolie en sout en peper daarin. Roer vinnig deur sodat alles mooi bedek is. Bak vir 15-20 minute. 4. Pak die bone uit op ʼn opdienbord en strooi die kersietamaties bo- oor. Gebruik die tamatiesap as slaaisous. Geur met sout en peper na smaak.

Heerlik as bykos saam met suurlemoen-hoender of gestoomde kruie-vis.

GROENBONE-EN-BALSAMIESE-KERSIETAMATIESLAAI

Fotokrediet: Lavender & Macarons 1110

Page 7: Klankkoerant Bylaag-resepte

Genoeg vir 4 porsies

• 3 groen appels• 250g groenbone, punte afgesny• 250g murgpampoen, gewas en in linte gesny met ʼn groenteskiller• 250ml bevrore groenertjies• 1 pakkie groen olywe• 1 pak (± 150g) blaarslaai of roketblare• 100g geroosterde neute van jou keuse

Slaaisous

• 1 ryp avokado• 125ml water of appelsap• 30ml suurlemoensap• Sout en peper

1. Vir die slaai: verwyder die appelsaadjies (stronkgedeelte) en sny die appel in dun, halfmaanskyfies. Die groenbone kan rou geëet word of jy kan dit vir 2 minute in kokende soutwater blansjeer en dan direk in yswater skok, sodat die groenbone nog helder en kraakvars is.2. Meng al die slaaibestanddele saam in ʼn groot mengbak.3. Vir die slaaisous: plaas al die bestanddele in ʼn voedselverwerker of gebruik ʼn stok menger en verwerk vir 2-3 minute tot glad en romerig. Bedruip die slaai mildelik met die avokadoslaaisous.

Die sous kan ook maklik so op sy eie saam met geroosterde hoender of vis bedien word. Vars en heerlik!

Ons moet almal groente en vrugte eet asof ons lewens daarvan afhang , want dit is so.Michael Greger

MODERNE GROENSLAAI MET AVOKADOSLAAISOUS

Fotokrediet: Amanda Fredrickson12 13

Page 8: Klankkoerant Bylaag-resepte

Hierdie sous het ʼn Marokkaanse oorsprong en kom oorspronklik uit die noorde van Afrika. Dit is baie geurig saam met beesvleis, hoender, seekos en geroosterde groente.

• 15ml paprika• 10ml fyn komyn• 2.5ml fyn koljander• 30g (1 koppie) vars koljander• 30g (1 koppie) vars pietersielie• 125ml olyfolie• 60ml suurlemoensap• 4 knoffeltoontjies• 2.5ml rissievlokkies• 5ml sout

1. Om die droë speserye se geure te ontwikkel moet dit gerooster word. Plaas die paprika, komyn en fyn koljander in ʼn pan en rooster vir 30-60 sekondes totdat jy die speserye sterk ruik.2. Plaas die speserye en al die ander bestanddele in ʼn voedselverwerker en verwerk tot ʼn gladde sous.3. Jy kan vleis oornag hierin marineer of die sous op sy eie saam met enige vleis, selfs braaivleis, bedien.

Baie geurig en ʼn veelsydige staatmaker om in jou versameling resepte te hê.

CHERMOULA-SOUS

Fotokrediet: Cooktoria 1514

Page 9: Klankkoerant Bylaag-resepte

• 250ml karringmelk• 125ml mayonnaise• ¼ koppie vars kruisement• ½ koppie basiliekruid• ¼ koppie koljander• ½ koppie pietersielie• Sap en skil van ‘n halwe suurlemoen• Sout en peper na smaak

Plaas al die bestanddele in ʼn voedselverwerker en verwerk tot glad. Gebruik dit as ʼn slaaisous of oor hoender. Die sous bly vir een week goed in die yskas.

SPINASIEBROOD

GROENKRUIE-EN-KARRINGMELK-SLAAISOUS

Fotokrediet: Everyday healthy recipes

Fotokrediet: Closet Cooking

Hierdie brood kan gevries word. Ideaal vir ontbyt, ʼn toebroodjie of saam met heerlike sop vir die winter.

• 150g spinasieblare, grofgekap• 200ml karringmelk of jogurt• 60ml olyfolie• 3 ekstra groot eiers• 80g gerasperde, sterk gegeurde kaas soos verouderde cheddar of parmesaan• 250g koekmeel• 10ml bakpoeier• 1/3 teelepel koeksoda• 10ml knoffel-en-kruiespeserye• 5ml sout

1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer ʼn medium broodpannetjie met kleefwerende kossproei en ʼn lagie bakpapier uit.2. Plaas die spinasie in ʼn voedselverwerker en kap tot fyn. Wees versigtig dat dit nie ʼn puree word nie.3. Neem ʼn groot mengbak. Sif die koekmeel, koeksoda en bakpoeier saam. Voeg die knoffel-en-kruiespeserye en sout by.4. In ʼn afsonderlike medium mengbak: klits die eiers, olie en karringmelk saam. Voeg die kaas by. Voeg die nat mengsel by die droë mengsel en roer deur totdat geen droë bestanddele sigbaar is nie. Moenie te veel meng nie, anders sal die brood swaar en dig in tekstuur wees. Die mengsel is dik.5. Voeg die mengsel in die uitgevoerde broodpan en bak op die middelste oondrak vir 60 minute. Haal die brood uit en laat vir 10 minute in die pan rus voordat jy dit op ʼn afkoelrakkie uitkeer.

Geniet saam met gegeurde maaskaas en avokado vir ʼn gesonde ontbyt of middagete.

16 17

Page 10: Klankkoerant Bylaag-resepte

• 2 ryp avokado’s• Sap van ʼn halwe suurlemoen (50ml)• Sout en peper na smaak• 15ml worcestersous• 2 eetlepels fyngekapte pietersielie• 1 eetlepel fyngekapte grasuie• 6 hardgekookte eiers, in stukke gekap

1. Skil die avokado’s en druk met ʼn vurk fyn. Voeg suurlemoensap, sout en peper, worcestersous, pietersielie en grasuie by. Meng goed.2. Voeg eiers by en vou deur.

Geniet op ʼn saadbroodjie.

AVOKADO-EIERSLAAI

Fotokrediet: Eat well 101

• 160g groen olywe (2 pakkies), ontpit• 2 knoffeltoontjies• 80g amandels• 2 eetlepels ingelegde kappertjiesaad• 15ml fyngekapte pietersielie• 15ml fyngekapte kruisement• 2 wiele fetakaas• 15ml suurlemoensap• Sout en peper na smaak

Plaas al die bestanddele in ʼn voedselverwerker en verwerk tot glad of tot die tekstuur waarvan jy hou.

GROENOLYF-EN-FETA-TAPENADE

Fotokrediet: Cooking with cocktail rings recipes & photography 1918

Page 11: Klankkoerant Bylaag-resepte

Sproeireën - DJ Opperman

My nooi is in ‘n nartjie,my ouma in kaneel,daar’s iemand... iemand in anys,daar’s ‘n vrou in elke geur!

As ek ‘n stukkie nartjieskiltussen my vingers buig of knak,breek uit die klein sproeireënwat geurend om my hand uitsak,die boorde weer van Swartfoloosen met die nartjies om my heenweet ek hoe dat ‘n vrou kan troos.

O my nooi is in ‘n nartjie,my ouma in kaneel,daar’s iemand... iemand in anys,daar’s ‘n vrou in elke geur!

Fotokrediet: Kitchen Swagger

Maak 4 porsies.

• 375ml room• 250ml melk• 1 kaneelstokkie• 120g strooisuiker• 8 eiergele• 15ml vanieljegeursel

1. Voorverhit die oond tot 150˚C.2. Plaas die room, melk en kaneel in ʼn medium grootte kastrol en verhit tot die mengsel net-net wil borrel. Haal die mengsel van die hitte af en laat dit vir 10 minute staan sodat die geur van die kaneel in die mengsel kan intrek. 3. Klits die suiker, eiergele en vanieljegeursel saam tot liggeel. Voeg die roommengsel stadig by die eiermengsel terwyl jy dit klits. Wees versigtig om nie die room te vinnig by te voeg nie, want die mengsel kan skif.4. Gooi die roommengsel deur ‘n sif in ‘n glasbeker. Plaas vier ramekin-bakkies in ʼn oondpan en vul die bakkies met die roommengsel. Vul dan die oondpan met kookwater sodat die ramekin-bakkies ¾ binne die waterbad staan.5. Bak vir 20-25 minute. Die vla moet net-net gestol wees.6. Verwyder die bakkies uit die waterbad en laat afkoel. Verkoel dit vir 3 uur in die yskas.7. Verwyder uit die yskas, strooi strooisuiker bo-oor en smelt die suiker met ʼn blaasvlam tot goudbruin. Los vir sowat 2 minute sodat die suiker hard word en dien dit dan op.

MELKTERT CRÈME BRÛLÉE

20 21

Page 12: Klankkoerant Bylaag-resepte

Pannekoek

• 7 eiers• 500ml water• 125ml melk• 60ml olie• 500ml koekmeel• 5ml bakpoeier• 5ml sout

1. Klits eiers en water saam tot skuimerig. Voeg die melk en olie by. Klits deeglik. 2. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout bo-oor en klits goed. Hou eenkant om vir 30 minute te rus.3. Smeer ‘n groot pan met olie. Gooi ongeveer 80ml van die beslag in die pan en roteer met hande tot die beslag oor die hele bodem van die pan versprei het. Sodra die beslag van die pan begin wegtrek, is die pannekoek reg om omgedraai te word. Bak vir sowat 10-15 minute tot goudbruin. Hou so aan totdat die beslag opgebruik is.

Melktertvulsel

• 500ml melk• 250ml room• 15ml vanieljegeursel• 5 ekstragroot eiergele• 15ml mielieblom • 125ml suiker• 65ml koekmeel

1. Plaas die melk en room in ‘n medium kastrol en verhit stadig tot kookpunt. Verwyder van die hitte en voeg die vanielje by. 2. In ‘n mengbak: klits die res van die bestanddele saam. Voeg dan die warm melkmengsel baie stadig by die eiermengsel en klits. Plaas dan die hele mengsel terug in die kastrol en plaas weer oor matige hitte totdat die mengsel begin kook. Roer aanhoudend om aanbranding te voorkom, totdat die mengsel verdik.3. Skep dan in ‘n bak uit om af te koel.4. Vir opdiening: vul elke pannekoek met van die vlamengsel, strooi kaneel bo-oor en rol die pannekoek op. Dien met roomys op indien dit so verkies word.

MELKTERT-PANNEKOEK

• 500ml room• 15ml kaneel• 1 blikkie kondensmelk• 5ml vanieljegeursel

1. Klits die room en kaneel saam tot stywe punte. Vou die room versigtig by die kondensmelk en vanieljegeursel.2. Gooi die mengsel in ʼn geskikte bak vir vriesdoeleindes. Vries vir 6 uur.

Geniet dit.

MELKTERTROOMYS

Fotokrediet: Yuppiechef

Fotokrediet: The Happy Foodie

22 23

Page 13: Klankkoerant Bylaag-resepte

• 30ml botter • 15ml koekmeelblom/Maizena• 250ml volroommelk/witwyn• 250ml gerasperde cheddarkaas • 250ml gerasperde Gruyère-kaas of Emmentaler-kaas • 5ml sout

Om te doop:

Klein worsies, gaar hoenderblokkies, gerookte hoenderblokkies, kersietamaties, gestoomde broccoli, ciabatta-brood, bruschetta, baba-aartappels in die helfte gesny, appel, baba-mielies, gebakte repies spek, gebraaide heel sampioene.

1. Smelt die botter in ʼn klein potjie oor medium hitte. Voeg die koekmeelblom by en roer goed. Voeg die melk/witwyn by en roer vir sowat 1 minuut. Die vloeistof sal liggies verdik.2. Verlaag die hitte. Voeg die kaas bietjie vir bietjie by. Roer na elke byvoeging eers totdat alles gesmelt is voordat die volgende bietjie bygevoeg word. 3. Dien dit warm in ‘n fondue-potjie op of skep dit in ʼn bakkie uit en doop dan met ‘n fondue-vurkie of sosatiestokkie die verskillende items daarin. 4. Stel die hitte so laag as moontlik indien ‘n fondue-potjie gebruik word, sodat die kaassous nie aanbrand nie.5. Indien spek gebruik word, bak dit in die oond eerder as om dit te panbraai. Sodoende bly dit bros en kan dit in die sous gedoop word.

KAASFONDUE

Fotokrediet: Jessica Williams24 25

Page 14: Klankkoerant Bylaag-resepte

ʼn Lekker bederf vir Valentynsdag! Dit sal gou ʼn gunsteling in jou huis wees.

• 250ml suiker• 375ml meel• 7,5ml bakpoeier• 5ml sout• 250g koue botter, in blokkies gesny• 2 eiers• 10ml vanieljegeursel• 375ml aarbeikonfyt

1. Voorverhit jou oond tot 180°C.2. Gebruik ʼn 20x30cm-oondpan en voer uit met bakpapier.3. In ʼn groot mengbak: meng die suiker, meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die koue botter met jou vingerpunte deur die droë meelmengsel totdat dit soos growwe broodkrummels lyk.4. In ʼn afsonderlike mengbakkie: klits die 2 eiers saam en voeg saam met die vanieljegeursel by die krummeldeeg. Meng met ʼn vurk totdat jy ʼn krummelrige deegmengsel het. Deel die mengsel in twee. Druk die een helfte vas in die oondpan. Smeer die aarbeikonfyt bo-oor en krummel die ander helfte van die mengsel bo-oor die konfyt.5. Bak vir 45-50 minute of tot goudbruin bo-op. Laat dit heeltemal afkoel en sny dan in blokkies. Dit hou vir minstens ʼn week in ‘n geskikte houer.

Fotokrediet: The Baker Upstairs

• 200g goeie kwaliteit donkersjokolade • 500ml room• 100g (1 koppie) malvalekkers• Bessies vir garnering

1. Verhit die sjokolade, 250ml room en malvalekkers oor matige hitte. Roer aanhoudend totdat die sjokolade en malvalekkers gesmelt het.2. Verwyder van die hitte en laat afkoel tot kamertemperatuur.3. Klits die oorblywende 250ml room tot stywe punte en vou versigtig deur die sjokolademengsel.4. Skep in glasies en plaas in die yskas om oornag te stol. Versier met geklopte room en bessies.

Fotokrediet: Yamni Nochery

AARBEIKONFYTBLOKKIES

DRIE-BESTANDDEEL-SJOKOLADEMOUSSE

2726

Page 15: Klankkoerant Bylaag-resepte

• 1 blik kondensmelk• 900ml volroommelk• 75ml water• 1 pakkie (200g) tennisbeskuitjies, fyngedruk• 60g botter, gesmelt• 85g vlapoeier• 2,5ml sout• Kaneel vir bo-oor sprinkel

1. Plaas die kondensmelk en melk in ʼn mikrogolfvaste mengbak. Roer liggies deur en verhit vir 12 minute of totdat die mengsel begin kook.2. Meng die tennisbeskuitjies en botter saam om ʼn kors te vorm. Gebruik ‘n ronde tertbak met deursnee 20cm en druk die kors dan binne-in die bodem en ook teen die rand vas.3. Meng die water, vlapoeier en sout saam om ‘n dikkerige pasta te vorm. Voeg dit dan by die kokende melkmengsel en roer vinnig met ʼn draad klitser. Werk vinnig om klontvorming te vermy. 4. Plaas dit dan vir 3-5 minute terug in die mikrogolfoond en roer deeglik na elke minuut. Skep die vla-mengsel bo-oor die tertkors en strooi kaneel bo-oor.5. Laat dit afkoel en plaas vir 2 uur in die yskas totdat dit gestol is, voordat dit opgedien word.

Melktert in ‘n japtrap!

MIKROGOLF-MELKTERT

Fotokrediet: Louise Sanders 2928

Page 16: Klankkoerant Bylaag-resepte

Frikkadelle

• 500g hoendermaalvleis• 2 snye brood, in broodkrummels verwerk• 2 eiers• 15ml hoenderspeserye• 10ml knoffel-en-kruiespeserye• 70g gerasperde parmesaankaas

Marinarasous

• 1kg sakkie tamaties• 2 klein rooi-uie• 1 rooi soetrissie, sade verwyder• 60ml olyfolie• Sout en peper• 10ml gedroogde origanum• 1 knoffelhuisie• 30g varsgekapte basiliekruidblare• Gerasperde parmesaankaas vir bediening

1. Vir die frikkadelle: plaas al die bestanddele in ʼn mengbak en meng goed. Vorm gholfbal-grootte balletjies. Plaas op ʼn gesmeerde bakplaat en hou eenkant.2. Vir die marinarasous: voorverhit die oond tot 200°C. Sny die tamaties, uie en soetrissie in wiggies en plaas op ʼn gesmeerde bakplaat. Bedruip met olyfolie en geur goed met sout, peper en origanum. Verwyder die skil van die knoffeltoontjies en plaas in die tamatiemengsel. Rooster vir 30 minute alles saam.3. Plaas die frikkaddelle ook in die oond en bak vir 15 minute.4. Neem ʼn stokmenger en verwerk volgens eie keuse tot ʼn growwe of gladde tekstuur sous. Geur verder met sout en peper indien nodig. Voeg die vars basiliekruid by en roer.5. Plaas die sous in ʼn oondvaste bak en dan die frikkadelle in die sous. Bak verder vir 20 minute. Dien met gerasperde parmesaankaas op.

Fotokrediet: Easy cooking with Molly

GEBAKTE HOENDERFRIKKADELLE IN BLOEDROOI MARINARASOUS

3130

Page 17: Klankkoerant Bylaag-resepte

Soms wil ek terugkeer na die verlede.Nie om iets te verander nie,

maar om sekere dinge weer te beleef. 32 33

Page 18: Klankkoerant Bylaag-resepte

• 70g botter• 800g (2 pakkies) malvalekkers• 125ml grondboontjiebotter• 1,5ℓ (6 koppies) Rice Krispies

1. Spuit ʼn tertbak met kleefwerende kossproei. Gebruik ‘n 20x25cm-bak.2. Smelt die botter oor matige hitte in ʼn groot kastrol. 3. Voeg die malvalekkers by en roer konstant. Wanneer die malvalekkers amper heeltemal gesmelt het, voeg die grondboontjiebotter by en roer totdat alles ʼn dik, loperige mengsel is.4. Voeg die Rice Krispies by en meng alles deeglik. Skep uit in ʼn tertbak en druk vas in die tertbak. Laat ʼn uur om te set voordat jy dit in blokkies sny.

Bêre in ʼn lugdigte houer in ʼn koel area.

RICE KRISPIE-GRONDBOONTJIEBLOKKIES

Hierdie muffins vries lekker en is ideaal vir ʼn kosblik.

• 300g koekmeel• 60g kakao• 10ml bakpoeier• 2,5ml sout• 3 ekstragroot eiers• 150g witsuiker• 250ml karringmelk/ongegeurde jogurt• 125ml olie• 2 groot piesangs, fyngedruk • 125ml grondboontjiebotter

1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer ʼn kolwyntjiepan met 15 kolwyntjiepapiertjies uit. Hou eenkant.2. Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en sout in ‘n geskikte mengbak saam. Hou eenkant.3. In ʼn groot mengbak: klits die eiers en suiker vir 4 minute tot liggeel en donsig. Voeg die karringmelk, olie, piesang en grondboontjiebotter by en meng alles deeglik.4. Voeg die droë bestanddele by en vou dit in. Moenie inroer nie. Sodoende bly die muffins lekker lig. Skep die mengsel in die kolwyntjiepapiertjies. Elkeen moet ¾ vol wees.5. Bak vir 20 tot 25 minute of totdat ʼn tandestokkie skoon uitkom as jy dit toets. 6. Laat die muffins vir 10 minute in die pan afkoel. Pak dan uit op ‘n draadrakkie om heeltemal af te koel.

PIESANG-SJOKOLADE-GRONDBOONTJIEBOTTER-MUFFINS

Fotokrediet: Flour on my fingers Fotokrediet: Good things baking co. 3534

Page 19: Klankkoerant Bylaag-resepte

Fotokrediet: Food gawker

• 150g donkersjokolade• 180g botter, in blokkies gesny• ½ koppie kakao• 1 koppie witsuiker• ½ koppie nat bruinsuiker• 3 ekstragroot eiers• ¾ koppie koekmeel• 2.5ml sout• Gespikkelde eiertjies

1. Voorverhit die oond tot 160˚C. Voer ʼn 15cmx25cm-oondpan uit met bakpapier en hou eenkant. 2. Plaas die sjokolade en botter in ʼn kastrol en smelt oor matige hitte. Roer aanhoudend. Voeg die kakao, wit- en bruinsuiker asook die eiers by en roer deeglik deur met ʼn handklitser tot goed gemeng. 3. Voeg die koekmeel en sout by en meng goed deur. Skep uit in ʼn bakpan en versprei die mengsel eweredig tot in die hoekies in. Strooi die gespikkelde eiertjies bo-oor. 4. Bak vir 30 minute. Haal uit die oond en laat die bruintjies heeltemal afkoel binne die pan voor jy dit in blokkies sny.

GESPIKKELDE EIERTJIE BRUINTJIES

3736

Page 20: Klankkoerant Bylaag-resepte

Fotokrediet: Baking Martha

• 6 paasbolletjies• 50g botter• 100ml sjokolade-haselneutsmeer• 80g donkersjokolade• 1l room• 4 ekstragroot eiers• ¾ koppie strooisuiker• 15ml vanieljegeursel

1. Voorverhit die oond tot 180˚C. Spuit ʼn oondbak met kleefwerende kossproei en hou eenkant. 2. Sny elke paasbolletjie in die middel deur. Smeer dit mildelik met botter en haselneutsmeer, 3. Plaas die paasbolletjies in die oondbak en strooi die sjokolade stukkies bo-oor. 4. Verhit die room binne in ʼn kastrol oor matige hitte. Verwyder van die hitte af. In ʼn afsonderlike mengbak, klits die eiers, suiker en vanieljegeursel saam. Voeg die warm room daarby terwyl jy dit vinnig roer. 5. Gooi dan die room- en eiermengsel bo-oor die paasbolletjies en laat die eenkant staan vir 30 minute sodat die room in die paasbolletjies kan intrek. (Jy kan dit selfs oornag in die yskas laat staan.)6. Bak die poeding vir 40-45 minute in ʼn waterbad.

Dien saam met roomys op.

SJOKOLADE PAASBOLLETJIE-BROOD-EN-BOTTERPOEDING

3938

Page 21: Klankkoerant Bylaag-resepte

• 250g dadels• 250g botter• 250ml suiker• 1 ekstragroot eier• 400g (2 pakkies) tennisbeskuitjies, in stukkies grofgekap• 125ml fyn, droë klapper om blokkies mee te bedek

1. Plaas die botter en suiker in ʼn kastrol en smelt oor matige hitte. Voeg die dadels by en roer vir 3 minute. 2. Klits die eier vinnig met ʼn vurk. Verwyder die kastrol van die hitte. Voeg dan die eier by die mengsel en roer vinnig sodat dit nie skif nie. 3. Plaas die kastrol dan weer terug op die hitte en roer totdat die mengsel verdik. 4. Voeg die tennisbeskuitjies by, roer deeglik en skep uit in ʼn gesmeerde oondbak. Laat eenkant om af te koel. 5. Sny in blokkies en bedek met klapper. Bêre in ʼn lugdigte houer en geniet dit op pad see toe!

• 500ml hawermout• 250ml fyn klapper• 250ml suiker• 250ml koekmeel• 5ml kaneel• 62,5ml gouestroop• 62,5ml kakao• 5ml koeksoda• 250g botter

1. Voorverhit die oond tot 140˚C. Spuit ʼn 24cmx35cm-oondpan met kleefwerende kossproei. 2. Meng die hawermout, klapper, suiker, meel en kaneel met ʼn houtlepel. Hou dit eenkant. 3. Smelt die gouestroop, botter en kakao saam in ʼn groot kastrol. Verwyder van die hitte en voeg dan die koeksoda by. Voeg dan die droë bestanddele by en meng goed. 4. Druk die mengsel lekker vas in die oondpan en bak vir 30-35 minute. Haal uit die oond en laat ʼn paar minute afkoel. Sny terwyl dit nog warm (maar nie vuurwarm nie) is in netjiese blokkies.

DADELBLOKKIES SJOKOLADE-HAWERMOUTBLOKKIES

Fotokrediet: Chocolate Covered KatieFotokrediet: The Salt & Sweet Kitchen

40 41

Page 22: Klankkoerant Bylaag-resepte

• 125ml melk• 2 ekstragroot eiers• 125ml broodkrummels • 8 snye brood• 5ml kaneel• 125ml witsuiker

1. Klits die melk en eiers saam in ʼn mengbak en hou eenkant. Plaas die broodkrummels in ʼn afsonderlike mengbak.2. Sny die brood in die helfte.3. Meng die kaneel en suiker saam en hou dan eenkant. 4. Doop die brood in die melkmengsel, daarna in die broodkrummels en plaas dan op ʼn warm wafelpan en maak dit vir 3 minute gaar of tot goudbruin. 5. Haal dan van die warm wafelpan af en strooi dadelik kaneelsuiker bo-oor. Bedien dadelik terwyl dit nog bros en warm is saam met gouestroop en brosgebraaide spek of selfs saam met bessies en mascarpone-kaas.

FRANSEBROODWAFELS MET KANEELSUIKER

SJOKOLADEWAFELS

• 2 koppies koekmeel• 1/3 koppie kakao• 1/3 koppie suiker• 10ml bakpoeier• 2,5ml sout• 2 ekstragroot eiers, liggies geklits• 1/3 koppie olie • 1 ½ koppie melk

1. In ʼn groot mengbak: meng die koekmeel, kakao, suiker, bakpoeier en sout saam. Maak ʼn holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die eiers, olie en melk by en klits alles saam tot glad. 2. Skep lepels vol van die beslag op ʼn warm wafelpan, maak die pan toe en bak vir 3-4 minute tot gaar.

Bedien saam met roomys en sjokoladesous.

Fotokrediet: Savoury things Fotokrediet: Café Delites 4342

Page 23: Klankkoerant Bylaag-resepte

• 4 lamskenkels (ongeveer 350g elk)• Olyfolie vir braai• Sout en peper• 1 medium ui• 2 wortels in ringetjies gesny• 2 selderystingels in ringe gesny• 250g knopiesampioene in halwes gesny• 4 knoffeltoontjies• 1ℓ hoenderaftreksel• 500ml rooiwyn• 2 takkies roosmaryn• 6-8 takkies tiemie

1. Voorverhit die oond tot 180˚C. 2. Braai die lamskenkels tot goudbruin in ʼn kastrol. Plaas die skenkels in ʼn diep oondbak en geur met sout en peper. 3. Braai dan die uie, wortels, seldery, sampioene en knoffel vir sowat 5 minute saam. Voeg dan die hoenderaftreksel by en roer dit op die bodem van die kastrol sodat die bruin los kom. AL die geur lê daar.4. Gooi dan die mengsel oor die vleis. Voeg die rooiwyn, roosmaryn en tiemie by en bak 2 uur in die oond tot murgsag. 5. Verwyder die lamskenkels. Kook die sous vir sowat 10 minute op hoë hitte en verdik indien nodig.

Dien die skenkels saam met sous op.Heerlik saam met kapokaartappels en geroosterde groente.

MAKLIKE LAMSKENKELS VIR PAASSONDAG

Fotokrediet: Café Delites 4544

Page 24: Klankkoerant Bylaag-resepte

• 1kg soetpatats• 50ml olyfolie• 2 eetlepels botter• Gerasperde skil van 1 suurlemoen• 125ml heuning• Sout en peper

1. Voorverhit die oond tot 200˚C. 2. Plaas die soetpatats en olyfolie in ‘n groot mengbak. 3. In ʼn kastrol: verhit die botter, suurlemoenskil en heuning. Gooi die mengsel oor die patats en meng goed sodat al die patats met die sous bedek is. 4. Plaas die patats op ʼn bakplaat. Geur met sout en peper en bak vir 30 minute tot die rande effens skroei.

Dien dadelik op.

HEUNINGSOETPATATS

Fotokrediet: Grits & Gouda46 47

Page 25: Klankkoerant Bylaag-resepte

48