lekker outydse afrikaanse resepte

154
Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM] Resepte Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief - Begin jou dag 'n slag met 'n lag. Baie dankie aan Emily Kruger wat help met die resepte! Om in te skryf om die geselsbrief gereeld te ontvang, stuur net jou E-pos adres aan [email protected]. Gaan na Resepte Index Inhoudsopgawe Kruie-gebruike | Aarbei-tert | "Amerikaanse Potting Soil" | Aarbeitert | Een-skottel Hoender-Noedelgereg | Appeltert | Aartappel Suurdeeg | Aartappel Suurdeegplantjie | Aartappeltert – Warm | Abrahampies | Appeltert 1 | Appeltert 2 | Appeltert 3 | Armman se Poeding | Armmanspoeding | Aspersietert | Basiese Resep vir 'n Soufflé | Beet Blatjang | Beetatjar/Beetblatjang | Beskuitjie Fudge | Bierbroodjie | Biltongblokkies | Blatjang Aartappels | Boereworspastei | Braai-Broodjie | Brandrissieblatjang | Broccoli Kasserol | Broccolli Slaai | Brood-en-Botterpoeding | Bruinpoeding Sonder Eiers | Butternut Slaai | Cremora Yskastert | Diabete – Gids | Ertjie Slaai | Ertjieslaai | Franse Slaaisous | Gebakte Groenbonegereg | Gebakte Vrugteslaai | Geglasuurde Wortelkoek | Gemmer Yskastert | Gemmerbier | Gemmerbier 1 | Gemmerbier 2 | Gemmerkoekies | Gepeperde Hoederlewers | Gerda Gemmerkoekies | Gesondheidsbeskuit | Gesondheids-Koringslaai | Gestolde Wortelslaai | Grenadella Yskastert | Grenadella- Kaaskoek | Griekse Klappertert | Heerlike Broodjie | Hoender Pastaslaai | Hoenderbredie | Hoender en Pastagereg | Hoender met Pasta (Gestowe) | Hoendergereg | Hoenderlewerpatee | Hoenderlewers op 'n stokkie | Hoenderpastei | Hoenderstukkies / Maalvleisbolletjies | Hoendervlegsel | Hongaarse Aartappelgebak | Hops Suurdeeg | Ingelegde Noedelslaai | Ingemaakte Spaghetti | Japtrap Bone | Japtrap Ete | Joghurt Yskastert | Joghurt-Tert/Poeding | Kaasballetjies | Kaas-en-Chilli Poffertjies | Kaaskoek Tipe-Tert | Kaaskoekies | Kaaspoffertjies 1 | Kaaspoffertjies 2 | Kaassmeer | Karamel Yskastert | Karamelpoeding | Karamel-Yskaskoek | Karringmelkbeskuit | Kerrie Boontjies | Kerriesouttert | Kerrietert | Kersiegenot | Kitssouthappie vir TV | Koejawel-Yskastert | Koffielikeur | Koffieroomlikeur | Koffie-Yskastert | Korslose Souttert | Koue - Gaarvleis Tert | Koue Sagopoeding | Koue Water Gemmerbier | Lae-Vet Wortelkoek | Lekker Fudge in Mikrogolf | Lemoenpatats | Liquifruit Tert | Maalvleisgereg | Maaskaas Tert 1 | Maaskaas Tert 2 | Malvapoeding 1 | Malvapoeding 2 | Maroelas | Maroela jellie | Maroela koeldrank | Maroela konfyt | Marshmallow Tert | Marshmallow Tert 2 | Melkkos | Melkkos 2 | Melktert met Kondensmelkbolaag | Mieliebroodjie | Mieliepap in mikrogolf | Mikrogolf Fudge | Mikrogolf Sjokolade Koek | Mikrogolf Vrugtekoek | Mos vir mosbeskuit | Mostert en Tamatiesous | Mostertsous | Noedelslaai | Noedelslaai (Lekker) | Oats Koekies | Ongekookte Vla | Orrelpoeding | Ow-Ow Brand Sous | Pampoenpoffertjies in Stroop | Pannekoek | Pasta-Maalvleis (Mince Mate) | Pastaslaai (Huisgenoot) | Patats | Pekanneut Tert | Peppermint Crisp Tert | Peri-Peri Pastaslaai | Perske Piekels / Blatjang | Pienk Tert | Piesangbrood | Piesangslaai 1 | Piesangslaai 2 | Polonie-vetkoekies | Pynappel Kaaskoek | Pynappel Maaskaas Tert | Pynappel Tert | Pynappelhoender | Pynappel-Yskastert 1 | Pynappel-Yskastert 2 | Roly Poly | Romerige Hoenderlewerpasta | Roomlikeur | Roomtert | Rum-en- Rosyne Tert | Rysslaai | Sagopoeding | Seekos en Pastagereg | Semelroombeskuit | Sjokolade Krakelinge | Sjokolade Mouse | Sjokoladepoeding (koud) | Sjokolade Vrieskastert | Sjokoladekoek | Sjokoladekoek met sous | Slaaisous 1 | Slaaisous 2 | Slakke & Room Gereg | Smoorkool | Sneeupoeding | Snoektert | Soet-Suur Hoendervlerkies | Soetsuur Varkroerbraai | Sop-resep | Sous vir Kassler | Souskluitjies | Souskluitjies 2 | Souttert 1 | Souttert 2 | Soutterte | Souttertjies | Spaghetti met Tamatiesous | Speel-Deeg | Spek-en-Kaas Spaghetti | Spinasiekoekies | Stampkoringslaai | Suurdeeg | Suurlemoen Yskastert | Tamatie-resepte | Tamatieblatjang | Tamatiesous | Tamatiesap | Tamatiesop | Tiramisu | Toskaanse Hoender | Trefferfudge | Trifle | Tuisgemaakte Likeur | Tunagereg | Uie-Koekies | Veelsydige Koelkasvrugtetert | Vetkoek in Skottelbraai | Vetkoekies | Vet-Vrye All-Bran Beskuit | Vetvrye Kaassous | Vinnige Karringmelkbeskuit | Vinnige Melktertresep | Vis Paella | Visbrood | Vissop | Volkoringbeskuit vir Diabete | Voorgereg van Pannekoeke | Wasgoedbondeltjies | Witsous | Wortelkoek in Mikrogolf | Wortelkoek | Wortelslaai | Yoghurt Tert | Yskastert | Zelda's Beschuit ~ Terug na begin ~ Gebruike van Kruie en Speserye (Emily) Pimento (Allspice) - Bredies Basiliekruid (Basil) - Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie Lourierblare (Bay leaves) - Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas Kappertjiesaad (Capers) - Vis- en ander seekosse Rissiepeper (Cayene pepper) - Kaas- en eiergeregte Chilli - Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte Grasuie (Chives) - Slaaie, sop, souse en doopsouse

Upload: fanus-van-straten

Post on 28-Jan-2015

2.751 views

Category:

Self Improvement


421 download

DESCRIPTION

'n Bundel van lekker outyde Afrikaanse resepte - Bron http://www.resepte-sa.co.za/

TRANSCRIPT

Page 1: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

ResepteHierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers

van ons gereelde geselsbrief - Begin jou dag 'n slag met 'n lag.

Baie dankie aan Emily Kruger wat help met die resepte!

Om in te skryf om die geselsbrief gereeld te ontvang, stuur net jou E-pos adres aan [email protected].

Gaan na Resepte Index Inhoudsopgawe

Kruie-gebruike | Aarbei-tert | "Amerikaanse Potting Soil" | Aarbeitert | Een-skottel Hoender-Noedelgereg | Appeltert | Aartappel Suurdeeg |Aartappel Suurdeegplantjie | Aartappeltert – Warm | Abrahampies | Appeltert 1 | Appeltert 2 | Appeltert 3 | Armman se Poeding | Armmanspoeding

| Aspersietert | Basiese Resep vir 'n Soufflé | Beet Blatjang | Beetatjar/Beetblatjang | Beskuitjie Fudge | Bierbroodjie | Biltongblokkies | BlatjangAartappels | Boereworspastei | Braai-Broodjie | Brandrissieblatjang | Broccoli Kasserol | Broccolli Slaai | Brood-en-Botterpoeding | Bruinpoeding

Sonder Eiers | Butternut Slaai | Cremora Yskastert | Diabete – Gids | Ertjie Slaai | Ertjieslaai | Franse Slaaisous | Gebakte Groenbonegereg |Gebakte Vrugteslaai | Geglasuurde Wortelkoek | Gemmer Yskastert | Gemmerbier | Gemmerbier 1 | Gemmerbier 2 | Gemmerkoekies | Gepeperde

Hoederlewers | Gerda Gemmerkoekies |Gesondheidsbeskuit | Gesondheids-Koringslaai | Gestolde Wortelslaai | Grenadella Yskastert | Grenadella-Kaaskoek | Griekse Klappertert | Heerlike Broodjie | Hoender Pastaslaai | Hoenderbredie | Hoender en Pastagereg | Hoender met Pasta (Gestowe) |

Hoendergereg | Hoenderlewerpatee | Hoenderlewers op 'n stokkie | Hoenderpastei | Hoenderstukkies / Maalvleisbolletjies | Hoendervlegsel |Hongaarse Aartappelgebak | Hops Suurdeeg | Ingelegde Noedelslaai | Ingemaakte Spaghetti | Japtrap Bone | Japtrap Ete | Joghurt Yskastert |Joghurt-Tert/Poeding | Kaasballetjies | Kaas-en-Chilli Poffertjies | Kaaskoek Tipe-Tert | Kaaskoekies | Kaaspoffertjies 1 | Kaaspoffertjies 2 |Kaassmeer | Karamel Yskastert | Karamelpoeding | Karamel-Yskaskoek | Karringmelkbeskuit | Kerrie Boontjies | Kerriesouttert | Kerrietert |Kersiegenot | Kitssouthappie vir TV | Koejawel-Yskastert | Koffielikeur | Koffieroomlikeur | Koffie-Yskastert | Korslose Souttert | Koue -

Gaarvleis Tert | Koue Sagopoeding | Koue Water Gemmerbier | Lae-Vet Wortelkoek | Lekker Fudge in Mikrogolf | Lemoenpatats | Liquifruit Tert |Maalvleisgereg | Maaskaas Tert 1 | Maaskaas Tert 2 | Malvapoeding 1 | Malvapoeding 2 | Maroelas | Maroela jellie | Maroela koeldrank | Maroela

konfyt | Marshmallow Tert | Marshmallow Tert 2 | Melkkos | Melkkos 2 | Melktert met Kondensmelkbolaag | Mieliebroodjie | Mieliepap inmikrogolf | Mikrogolf Fudge | Mikrogolf Sjokolade Koek | Mikrogolf Vrugtekoek | Mos vir mosbeskuit | Mostert en Tamatiesous | Mostertsous |

Noedelslaai | Noedelslaai (Lekker) | Oats Koekies | Ongekookte Vla | Orrelpoeding | Ow-Ow Brand Sous | Pampoenpoffertjies in Stroop |Pannekoek | Pasta-Maalvleis (Mince Mate) | Pastaslaai (Huisgenoot) | Patats | Pekanneut Tert | Peppermint Crisp Tert | Peri-Peri Pastaslaai | PerskePiekels / Blatjang | Pienk Tert | Piesangbrood | Piesangslaai 1 | Piesangslaai 2 | Polonie-vetkoekies | Pynappel Kaaskoek | Pynappel Maaskaas Tert |

Pynappel Tert | Pynappelhoender | Pynappel-Yskastert 1 | Pynappel-Yskastert 2 | Roly Poly | Romerige Hoenderlewerpasta | Roomlikeur |Roomtert | Rum-en- Rosyne Tert | Rysslaai | Sagopoeding | Seekos en Pastagereg | Semelroombeskuit | Sjokolade Krakelinge | Sjokolade Mouse |Sjokoladepoeding (koud) | Sjokolade Vrieskastert | Sjokoladekoek | Sjokoladekoek met sous | Slaaisous 1 | Slaaisous 2 | Slakke & Room Gereg |

Smoorkool | Sneeupoeding | Snoektert | Soet-Suur Hoendervlerkies | Soetsuur Varkroerbraai | Sop-resep | Sous vir Kassler | Souskluitjies |Souskluitjies 2 | Souttert 1 | Souttert 2 | Soutterte | Souttertjies | Spaghetti met Tamatiesous | Speel-Deeg | Spek-en-Kaas Spaghetti |

Spinasiekoekies | Stampkoringslaai | Suurdeeg | Suurlemoen Yskastert | Tamatie-resepte | Tamatieblatjang | Tamatiesous | Tamatiesap | Tamatiesop| Tiramisu | Toskaanse Hoender | Trefferfudge | Trifle | Tuisgemaakte Likeur | Tunagereg | Uie-Koekies | Veelsydige Koelkasvrugtetert | Vetkoekin Skottelbraai | Vetkoekies | Vet-Vrye All-Bran Beskuit | Vetvrye Kaassous | Vinnige Karringmelkbeskuit | Vinnige Melktertresep | Vis Paella |

Visbrood | Vissop | Volkoringbeskuit vir Diabete | Voorgereg van Pannekoeke | Wasgoedbondeltjies | Witsous | Wortelkoek in Mikrogolf |Wortelkoek | Wortelslaai | Yoghurt Tert | Yskastert | Zelda's Beschuit

~ Terug na begin ~

Gebruike van Kruie en Speserye (Emily)

Pimento (Allspice) - BrediesBasiliekruid (Basil) - Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaieLourierblare (Bay leaves) - Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastasKappertjiesaad (Capers) - Vis- en ander seekosseRissiepeper (Cayene pepper) - Kaas- en eiergeregteChilli - Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregteGrasuie (Chives) - Slaaie, sop, souse en doopsouse

Page 2: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Kaneel (Cinnamon) - Souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebakNaeltjies (Cloves) - Hoender-, vark-, vis- en wildsvleisgeregteKoljander (Coriander) - Vleis, droëwors en biltongVinkel (Fennel) - Groente en slaaieKnoffel (Garlic) - Vleis, vis, groente en slaaieGemmer (Ginger) - Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregtePeperwortel (Horseradish) - Gebraaide bees en skaapFoelie (Mace) - Bredies, frikkadelle, roomsouse en hoendervulselsMoederkruid (Marjoram) - Sop, bredies and vleisvulselsMent (Mint) - Groente en vis (met botter)Mostert (Mustard) - Vleis, vis, groente, souse en sopNeutmuskaat (Nutmeg) - Vleis, groente en soetgebakOreganum (Oregano) - Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat) Paprika - Vleisgeregte, groente en slaaiePietersielie (Parsley) - Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaieRoosmaryn (Rosemary) - Vleisgeregte, hoender, sop en souseSafraan (Saffron) - Rys, vulsels en vleisSalie (Sage) - Vulsels vir vleis en hoenderDragon (Tarragon) - Lamvleis, souse en piekelsTiemie (Thyme) - Vleis (skaap en hoender), groente en sopBorrie (Turmeric) - Kerrie, geelrysBronslaai (Watercress) - Slaaie

~ Terug na begin ~

Aarbei-tert (Pieter)

1. Beskuitjiekors: 1/2 pakkie Tennis beskuitjies + botter.

2. Vulsel: Verhit een koppie suiker en een koppie water.

3. Maak twee opgehoopte eetlepels maizena aan met water en voeg by mengsel.

4. Kook tot gaar en haal van stoof.

5. Voeg twee groot eetlepels aarbeijellie by en roer tot gesmelt.

6. Pak 250 gr. ryp aarbeie (afgewas) lekker styf in kors en gooi warm aarbeivla daar oor. Wanneer koud, plaas in yskas.

7. Versier net voor bediening met 125 ml. geklopte, versoete room.

~ Terug na begin ~

"Amerikaanse Potting Soil" Tert (Lorette Grové)

4 x bokse Swart Oreo koekies2 x bakkies maaskaas4 x koppies melk2 x pakkies instant pudding (Vanilla)

Rasper met grof kant al die Oreo koekiesMeng Instant pudding met melk en voeg maaskaas byVat 'n diep glas bak en pak 'n laag gerasperde koekies dan helfde van die pudding mengsel.Maak sulke lae en heel laaste gooi van die Oreo koekies op."Die hele geheim van dit is die rasper van die koekies en dit moet die swart oreo koekies wees."

~ Terug na begin ~

Appeltert (Hèlené)

Page 3: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

(Dit is my ma se resep, so daar word nog in koppies (250 ml), eetlepels (15 ml) en teelepels (5 ml) gemeet.)

Die beslag is genoeg vir 'n normale ronde tertbak. Indien 'n kleinerige vierkantige bak (± 20cm x 15cm) gebruik word, moet resep dubbeldaangemaak word.

1 Koppie Bruismeel2 eiersknippie sout1 blik tertappels (normale grootte)1 koppie suiker2 Eetlepels gesmelte botter¼ koppie melk

Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam.Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel.Gooi mengsel in bak en skep appels oor mengsel.Bak in oond 180°C vir ¾ uur. (Na 'n halfuur kan die oondtemperatuur na 150°C verlaag word om te voorkom dat die tert te donker word.)Maak sous

Sous1 klein blik Ideal Milk1 Teelepel Vanielje Essens1 koppie suiker

Gooi alles saam in pot en bring tot kookpuntGooi warm sous oor tert sodra tert uit die oond kom.

~ Terug na begin ~

Aarbeitert (Pieter)

Beskuitjiekors:1/2 pakkie Tennis beskuitjies + botter.

Vulsel:

Verhit een koppie suiker en een koppie water.Maak twee opgehoopte eetlepels maizena aan met water en voeg by mengsel. Kook tot gaar en haal van stoof.Voeg twee groot eetlepels aarbeijellie by en roer tot gesmelt.Pak 250 gr. ryp aarbeie (afgewas) lekker styf in kors en gooi warm aarbeivla daar oor. Wanneer koud, plaas in yskas.Versier net voor bediening met 125 ml. geklopte, versoete room.

~ Terug na begin ~

Een-skottel Hoender-Noedelgereg (Rita Nienaber)

1 Hoender (stukke gesny) 2 blokkies Hoenderekstrak 1 - 1½ kop Noedels 100 ml Mayonnaise 1 groot pak droë Aartappelskyfies (Enige geur) (Fyngemaak)400 ml Witsous 50 ml gekapte Pietersielie 2 Eiers geklits

Was hoender, plaas in kastrol. voeg ekstrak en bietjie kookwater by en kook tot vleis van bene loskom. Ontbeen hoender en maak vleis fyn. Kook noedels tot sag in soutwater en dreineer.

Page 4: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Meng hoender, noedels, mayonnaise en helfte van skyfies en skep in vuurvaste skottel.Meng witsous met pietersielie en eiers en gooi bo-oor. Strooi res van skyfies oor sous.Bak 20 - 25 minute by 190ºC of tot sous begin verkleur.

~ Terug na begin ~

Aartappel Suurdeeg (Louise Truter, Swellendam)(2 variasies)

Hier volg my ma (sy was 'n 1910-baba) se aartappelsuurdeeg:

1 middelmatige aartappel (geskil en grof gerasper)[2 pakkies suurdeeg vir ingeval die aartappel nie genoeg laat rys nie!]4 koppies kookwater12,5 ml sout (Dis nou vir 5 kg meel; sy het gewoonlik helfte broodmeel en helfte "Nutty wheat" gebruik)

Aand:

Gooi kookwater, sout en aart. in kastrol met digpassende deksel.Sit 3 koppies meel bo-op sonder om te roer. Maak gaatjie in middelSit doek oor en deksel op Maak dig toe in kartondoos uitgevoer met koerante, kastrol toegedraai in kombers.Laat staan oornag op 'n lou plek of sit later 'n warmwatersak by! (Mammahet 'n Aga- stoof gehad wat mos heel nag lekker warm gebly het)

Volgende Oggend oorsuur:

Klits 1 koppie afgekoelde gekookte water inLaat staan ±i uur in lou oond of warm toegemaak.As dit nog nie rys nie, roer 1 sakkie suurdeeg inDie suurdeeg is reg as skuim bo-op vorm.

Knie:

Meng die suurdeeg en meel, 3 E margarien, nog sout indien nodig1,5 - 2 liter warm water om mee aan te maak en knie deeglikLaat rys, knie af, dan in panne en laat rys weer, en bak by 180ºC vir 40 - 45 min.

Hoop dit werk! Seënwense!

~ Terug na begin ~

Aartappel Suurdeegplantjie (Santi van der Merwe)

Probeer gerus so maak:

Rasper 1 aartappel baie fyn.Voeg die volgende by:2 teelepels suiker1 teelepel sout1 sakkie kitsgis - sommer hierdie 10g blou, groen of pers pakkies wat so 70 sent kos in supermarkte. Die pers rys baie goed, want dit het VitamieneC in. Gooi dit dan in 'n glas houer / outydse can fruit bottel.Maak vol met lou water (seker omtrent so 500 ml ) - te warm water sal die gis doodbrand en dan werk dit nie. Sit sommer 'n piering bo-op om toete maak, want die aartappels gaan na boontoe styg en moontlik oorkook.Dit moet die heeltyd by kamer temperatuur wees Dit is die teken dat dit gewerk het. - Jou plantjie is suksesvol.As jy nou wil afskep om te bak, kan jy dit omroer en twee derdes gebruik om mee te bak. Die een derde wat oorbly, bly in die bottel en jy gooidan net die suiker, sout, aartappel en water weer by.

~ Terug na begin ~

Page 5: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Aartappeltert - Warm (Glou)

4 groot gaar aartappels1 koppie fyn spinasie1/2 koppie gakapte sampioene2 eiers1/2 koppie melk1/2 koppie roomvars pietersielie, gekapSout en peper na smaak2 eetlepels parmesaankaas (opsioneel)1 koppie gerasperde cheddarkaas

Voorverhit oond tot 180caC en smeer oondvaste tertbakMaak aartappels fyn en ment met die spinasie en sampoiene.Klits eiers met melk en voeg by aartappelmengselVoeg die res van die bestanddele, behalwe die cheddarkaas, by en meng goed.Skep in tertbak, strooi cheddarkaas oor en bak vir 20 min of tot ligbruinSkep lepels vol op borde en bedien.Kan ook as bykos by meer formele etes bedien word. Vir 'n ligte aandete kan die spinasie deur tuna en skywe tamatie vervang word.

~ Terug na begin ~

Abrahampies (Charmaine van Straaten)

650g (5 x 250ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom15ml kremetart12,5ml sout400g (500ml) suiker250g botter of margarien, by kamertemperatuur250ml karringmelk10ml koeksoda1 eier

Voorverhit oond tot 200C (400F). Smeer 'n rolkoekpan van 45x30x2 cm, of bespuit met kleefweende middel.Sif die koekmeelblom, kremetart en sout saam. Voeg die suiker by en mengm Vryf die botter of margarien met die vingertoppe in diemeelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is.Meng 25ml van die karringmelk met die koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel.Klits die res van die karringmelk en die eier saam. Hou 25ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by diemeelmengsel. Meng goed tot 'n deeg.Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke. Fatsoeneer elke stuk op 'n meelbestrooide deegplank in 'n wors van 28cm en druk dit effens plat.Sny elke wors in 4 ewe lang stukke. Plaas die stukke effens uitmekaar in die pan.Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite. Bake hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelsteoondrak.Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle oop en droog op die draadrakke in 'n koel oond uit.

~ Terug na begin ~

Appeltert 1 (Karin)

Koekmengsel:1 k koekmeelblomKnippie sout2 eiers1 t bakpoeier¼ k melk¾ k suiker1 klein blikkie tertapples (425 g)

Page 6: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Klits eiers goed. Voeg suiker by en klop.

Sif meelblom, bakpoeier en sout. Voeg by eiermengsel om die beurt met melk. Klopgoed.

Gooi in gesmeerde tertbord.

Rangskik tertappels eweredig in die koekmengsel.

Bak vir 'n halfuur teen 180°C.

Stroop:

¾ k suiker1 k room1 t karamelessens

Kook bogenoemde saam vir 5 minute.

Gooi kokend oor gaar koekmengsel.

~ Terug na begin ~

Appeltert 2 (Lorette Grové)

Kors:500ml ongesifte koekmeelblom250ml suiker10ml bakpoeier2ml sout250g margarine

Vulsel:1 x blik onversoete tertappels, fyngekap (385 g)125ml suiker75g koekmengsel-droëvrugte (½ koppie) (125 ml)2ml kaneel1ml fyn naeltjies knyppie sout1 teelepel hoogvol vlapoeier aangemaak met 'n bietjie water

Sif die koekmeelblom, suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarine met die vingertoppe hierin totdat dit 'n deeg vorm.Bedek die deeg en laat dit 'n rukkie rus. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F). Druk die helfte van die deeg teen die wand en op die boom van 'n oondvaste tertbord.Meng die tertappels, suiker, droëvrugtemengsel, kaneel, naeltjies en sout goed saam.Skep dit in 'n kastrolletjie en verhit stadigm Roere vlapoeier by mengsel totdat dit begin verdik. Laat afkoel. Skep op die kors in die tertbord. Rasper die res van die deeg grof bo-oor. Bak die tert 20 minute of totdat die deeg begin verbruin. Sit dit louwarm of koud voor. Die tert vries ook goed.

Page 7: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

~ Terug na begin ~

Appeltert 3 (Petra)

My ma het altyd hierdie tert vir my Sussie gemaak en daarom noem ek dit Sharon se Appeltert. Dis die lekkerste en maklikste appeltert wat ek nogooit geëet het.

1 koppie Suiker3 Eetlepels Botter/Margarien1 teelepel Bakpoeier'n knippie Sout3 Eiers1 koppie Koekmeel1 koppie Room of Ideal Melk1 koppie Suiker1 blikkie Tertappels

Klits die Suiker en Botter baie goed saam tot lekker dik. (Hoe dikker, hoe lekkerder).Voeg die eiers een vir een by.Vou die Meel, Bakpoeier en Sout met 'n houtlepel in. (As jy dit klits, gaan die rys uit).Gooi die mengsel in 'n gesmeerde plat bak.Pak die tertappels bo-op die mengsel en bak by 180° tot gaar.Kook intussen die Room en Suiker saam.Wanneer die tert gaar is, gooi dit bo oor en sit terug in die oond vir so 3 minute.Dis al en baie lekker. Jy kan dit ook gebruik vir 'n poeding met vla en roomys daarby.

~ Terug na begin ~

Armman se Poeding (Hannetjie)

1 Koppie meel1 Eetlepel botter3/4 Koppie suiker1 Desertlepel appelkooskonfyt1 Eier1 Teelepel asyn1 Gelyk teelepel koeksodaSout1 Koppie melk

Meng meel en suiker en vryf botter in. Klits eier en konfyt saam. Voeg by eerste mengsel. Meng melk met koeksoda en asyn en voeg by mengsel. Bak vir 1/2 uur by 180º C.

Sous:1 Koppie room 3/4 Koppie suiker1/4 Koppie botter1/2 Koppie kookwater

Kook alles saam. Gooi warm oor poeding wanneer uit die oond kom. Bedien warm of afgekoel met vla.

~ Terug na begin ~

Armmanspoeding (Brietta Van Vuuren)

3 kop Meelblom 3 teel Koeksoda 3 eetl Margarine 1 kop Melk

Page 8: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

3 eetl Gouestroop Sout

Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer in. Sif meel en sout in en meng deeglik.

Stroop: Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in 'n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook.Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak. Dit is presies soos ek onthou my ma sin geproe het.

~ Terug na begin ~

Aspersietert (Amanda Viljoen)

Kors:1 koppie meelblom1/4 teel sout1 1/2 eetl melk of eier1/2 koppie olie1 teel suiker1 teel bakpoeier

Sif droë bestanddele saam. Klits eier of melk met olie en meng met droë bestanddele. Druk vas in tertpan en bak vir 10 minute. teen 200 Grade C.

Vulsel:1 blik aspersies2 eetl gerasperde kaas4 eetl krummels1 1/2 kopie vloeistof van aspersies en melk2 eetl botter1 eetl meel

Maak witsous van meel, botter, sout en vloeistof. Pak aspersies in kors. Strooi kaas en broodkrummels oor en skep witsous bo - oor.Nog kaas en krummels bo - oor. Bak teen 190 Grade C vir 10 - 15min

~ Terug na begin ~

Basiese Resep vir 'n Soufflé (Attie)

200ml dik witsous3 eiers, geskei100g (200ml) geurige bestanddele2ml soutpeper / paprika (slegs vir geurige soufflés)

Plaas oondrak 2/5 van onder af in die oond en stel oond op 180°C.Maak witsous.Klts eiergele tot liggeel en dik. Meng eiergele met die res van die bestanddele, behalwe die eierwit. Klits die witte tot stywe stadium en voudie eiermengsel daarby in.Skep mengsel in oondskottel waarvan net die boom gesmeer is. Die oondskottel moenie meer as ¾ vol wees nie.Sit die oondskottel in die oond in 'n pan met warm water en bak +/- 45 minute lank.Dien dadelik op.

Variasies:Geurige soufflé: Meng gaar, gemaalde ham en gesorteerde sampioene / gebruik fyngemaakte vis, gemaalde gaar hoender, kalkoenvlies of gar, fyngroente.Kaassoufflé: Meng 200ml Cheddarkaas by die witsous totdat dit gesmelt het. Voeg ook 1ml mostert by.

~ Terug na begin ~

Page 9: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Beet Blatjang

Meng en bring tot kookpunt:

2 koppies bruin asyn3 koppies suikerMeng die volgende saam: Voeg bymekaar6 koppies gaar beet in blokkies gesny2 uie gekap

Meng die volgende en voeg by die kokende mengsel:

3 teelepels kerrie1 teelepel sout

Kook vir sowat 10 minute.Voeg die volgende by:

45 ml Mazeina gemeng met bietjie water

Voeg by die kokende mengsel en kook deur.Bottel in gesteriliseerde bottels terwyl nog warm is.

Geniet hierdie blatjang !!!!

~ Terug na begin ~

Beetatjar/Beetblatjang

2 groot bossies beet8 - 10 uie6 eeteel Sterk kerriepoeier1.5 kgm Suiker1.5 liter bruin asynsout en peper na smaak3 eeteel Olie4 eeteel Maizena

Kook beet tot sag en rasperBraai uie in olie tot ligbruin. Voeg by beet.Voeg kerriepoeier, suiker, asyn, sout en peper by. Bring tot kookpuntMeng maizena in water en voeg by. Prut tot verdik.Bottel warm en bêre.

~ Terug na begin ~

Beskuitjie Fudge

1 x 200g Marie Beskuitjies/Tennis Beskuitjies in stukkies gebreek1 x 250g Margarien1 eier

Sif saam: 75ml kakao500g versiersuiker1 handvol Amandels1 dop Kahlua

Smelt margarien. Voeg kakao en versiersuiker by. Roer. Klits eiers baie vinnig by.Haal van stoof af. Roer Kahlua by. Voeg koekies en amandels by. Laat stol 'n rukkie in yskas.

Page 10: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Rol in rolletjies in waspapier. Laat stol. Sny in skyfies en bedien saam met koffie. Hou in yskas.

~ Terug na begin ~

Bierbroodjie (Jackie)

(Hierdie broodjie is heerlik saam met mengelslaai en Braaivleis)

500 Gram Bruismeel5 ml Sout1 Blikkie (340 ml) Bier

Sif die droë bestanddele saam. Voeg die bier by.Knie effens totdat die deeg glad is. Maak 'n vorm van brood en plaas dit in 'n gesmeerde broodpannetjie. Laat dit rys vir 20 minute.Bak vir ±45 minute by 180°C.

~ Terug na begin ~

Biltongblokkies (Amanda Viljoen)

1 koppie geurige dik wit sous57 g (2 onse) gerasperde kaas113 g gerasperde biltong2 eiers

Klop warm witsous by eiergele. Vou kaas en biltong in mengsel. Vou styfgeklopte eierwitte in mengsel. Proe en voeg nodige by. Skep in gesmeerde vierkantige bak. Bak 15 minute of tot goudbruin in matige oond. Sny in blokkies en sit dadelik voor.

~ Terug na begin ~

Blatjang Aartappels

6-8 middelslag aartappels sout 250ml vrugte blatjang 250ml kook water 125ml mayonaise 1 pakkie dik wituiesoppoeier

Kook aartappels in skil net tot sagm Verhit die oond tot 180 grade C Dreineer aartappels en halveer elkeen met skil en al oorlangs.Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo in 'n vlak oondvaste bak met 'n inhoudsmaak van +- 2,5 literMeng die res van die bestanddele en skep dit oor die aartappels en bak vir 'n halfuur lank. Bedien warm.

~ Terug na begin ~

Boereworspastei (Bertha)(Bedien ses)

500 g boerewors (oorskiet van braai werk goed)3 eiers, geklits1 klein blikkie soetmieliesbotter, melk, sout en peper6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)1 k gerasperde Cheddarkaas

Page 11: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.Kook aartappels tot gaar. Geur met 'n klont botter en 'n bietjie melk.Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig.Pak boereworsskyfies in 'n oondvaste bak en skep aartappelmengsel oor.Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor.Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

~ Terug na begin ~

Braai-Broodjie (Erna)

1 pak vetkoek deeg (die wat jy by die supermarkte of bakerye koop)1 gekapte ui1 teelepel gekapte knoffel'n keuse van biltong of 'bacon' (Opsioneel)1 koppie kaas in blokkies gesny

Plaas deeg (nog in plastieksak) vir ± 1 minuut in mikrogolfoond (Mikrogolf- oond moet op DEFROST gestel wees).Haal deeg uit plastieksak en maak dit sommer met die hand redelik plat.Sprinkel uie, knoffel, kaas en biltong/ 'bacon' oor die deeg.Rol deeg toe en plaas in gesmeerde broodpan.Bak ± 1 uur by 180ºC in oond.Haal uit en geniet.Broodjie is heerlik terwyl nog warm, en heerlik saam met braaivleis.

~ Terug na begin ~

Brandrissieblatjang

3 uie 10 ml kerriepoeier2 knoffelhuisies 5 ml mosterdpoeier500 ml opgesnyde brandrissies/peppadews 5 ml fyn gemmer250 ml bruin asyn 5 ml gemengde kruie750 ml appelkooskonfyt 5 ml sout

Skil uie en knoffel en maal saam met die rissies. Voeg asyn by en kook dit ‘n paar minute lank.Roer res van die bestanddele by, verhit stadig tot kookpunt.Laat kook +- halfuur tot dik; roer gereeldBottel warm en verseël dadelik.

~ Terug na begin ~

Broccoli Kasserol (Carin)

10 onse (in die ou taal) gaar broccoli3 eierwitte1 blikkie sampioenroomsop1 koppie vetvry mayonnaisehalwe koppie gerasperde lae vet cheddar kaas2 eetlepels gemaalde uieswart peper6 lae vet fyngemaakte soutkoekies (Salticrax / Bacon Kips)

Page 12: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Meng die broccoli, eierwitte, sop en mayonnaise. Roer die kaas, uie en peper daarin. Gooi die mengsel in 'n gesmeerde pan en sprinkel die fyngemaakte koekies bo-oor. Bak by 180 grade tot die sous borrel - omtrent 30 minute.Bedien 6 persone. Geniet dit!

~ Terug na begin ~

Broccolli Slaai (Leoni)

BroccolliSpekFeta kaasMayonnaiseUiSuiker

Die aand voor ek die slaai maak, was ek die broccolli en sit dit dan in 'n ziplock sakkie, die volgende dag is die broccolli kraakvars enstewig.Rasper ui en gooi suiker in die gerasperde ui (so 1 eetlepel suiker per ui). Laat vir minstens 'n halfuur staan.Roer mayonnaise by die ui en suiker mengsel.Braai spek tot gaar en hou eenkant om af te koel.Breek broccolli in eetbare blommetjies, probeer die stingeltjies hou - dis die voedsaamste van die hele lot!Sny fetakaas (of enige kaas indien jy nie van feta hou nie) in blokkies.Meng alles saam en geniet.

My man eet nie broccolli nie, "never mind" rou, maar hy le nogal weg aan die slaaitjie.

~ Terug na begin ~

Brood-en-Botterpoeding (Adri)

10 snye wit brood, korsies afgesny en in groot blokke gesny½ (125 ml) koppie suiker3 eetl. botter4 k (1 liter) melk4 eiers

Pak blokke brood in ‘n gesmeerde vuurvaste bak en strooi die suiker bo-oor.Smelt die botter in die melk.Klop die eiers goed en voeg die melt-en-bottermengsel daarby. Roer goed deur.Gooi melkmengsel oor die brood en laat week vir sowat vyf minute.Bak vir 40min op 180° (tot gestol)

Intussen, maak die bolaag:

1 k (250 ml) botter2 k suiker2 eiers2 tl. vanilla-geursel

Gebruik ‘n elek menger (of voedselverwerker) en meng die botter en suiker tot goed gemeng. Voeg die eiers een vir een by. Klop totromerig. Voeg vanilla–geursel by. Smeer oor die gebakte poeding sodra dit uit die oond kom. Werk vinnig want die smeer smelt. Plaas terug in oond en bak vir ‘n verdere 20min teen 180°.Bedien met vla indien verkies.

~ Terug na begin ~

Page 13: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Bruinpoeding Sonder Eiers (Erna Boyder)

3 kop Meelblom3 teel Koeksoda3 eetl Margarine1 kop Melk3 eetl GouestroopSout

Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer in.Sif meel en sout in en meng deeglik.

Stroop:Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in 'n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook.Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook.Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.

~ Terug na begin ~

Butternut Slaai (Amanda Minnie)

1 rou butter nut gerasper Blikkie perskes of ingelegde mango fyn opgesny meng met mekaar en laat oornag in die yskas (toegemaak) Net voor opdiening voeg jy een pakkie aangemaakte pynappel of perske jellie by en meng goed (die jellie moet nie gestol wees nie so waterig isreg, jy hoef ook nie alles te gebruik nie net soveel as wat jy wil). en dis hoe maklik dit is.

~ Terug na begin ~

Cremora Yskastert (Lorette Grové)

500g sakkie Cremora1 koppie yskaswater2 blikkies kondesmelk250ml suurlemoensap1 pakkie tennisbeskuitjies

Gooi Cremora in mengbak. Voeg yskaswater by (dit moet yskaswater wees) en klits tot glad. Voeg kondesmelk bly en hou aan klits. Voeg nou die suurlemoensap by, nie alles op een slag nie, anders word dit nie styf nie. Klits die heel tyd en gooi so kort-kort 'n spuitsuurlemoensap by. Dit moet so ongeveer 15 min neem om die hele botteltjie in te spuit. Teen die tyd is die mengsel baie dik.Pak tennisbeskuitjies in bak uit en skep mengsel bo-oop, en krummel beskuitjies bo-oor. Dit kan dadelik geëet word of in die yskas gebêreword vir later.

~ Terug na begin ~

Diabete - Gids (19-12-2002) Opgestel deur Annemarie Snyman Therapeutiese Dietkundige

Algemene dieetgids vir 'n diabeties dieet.

1. Die doel van die dieet is om die bloed glukose so egalig en stabiel as moonlik te hou2. Om dit te bereik is dit nodig om 'n roetine eet patroon te volg3. Eet 3 reëlmatige maaltye per dag en slaan nooit 'n maaltyd oor4. Vermy die gebruik van suiker so veel as moontlik. Kunsmatige versoeters mag gebruik word, soos bv. Suganon5. Kies lae vet kosse en gebruik weinig vet om te kook.6. Probeer om 'n proteïne bron met elke maal te gebruik, soos vleis, vis hoender, kaas, eier, grondboontjiebotter7. 'n Hoë karbohidrate (styselkos) dieet word aanbeveel,spesiaal kos met hoë veselgehalte

Voorbeelde van kos wat baie suiker bevat!

Page 14: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Suiker, Sjokolade, Koffie verromer, gekondenseerde melk, versoette koeldrink. Stroop, honing, roomys, jelly, koek, lekkers, marmelade, beskuit,pepermunt, Lucozade, Ingeblikte vrugte, fruit yoghurt (soetgemaak). Blatjang!

Die gebruik van alkohol deur 'n diabeet.

Wanneer die diabetes goed onder beheer is mag alkohol in kleiner mate gebruik word Alkoholiese dranke moet by maaltye gebruik word en dan nie meer as twee gewone drankies per dag. Dit is baie hoog in kalorië en moet vermyword by oorgewig.Vermy soet wyn, sjerrie en likeur.Een normale drankie kan omgeruil word met 2 vette of 1 stysel, behalwe in 'n geval van insulin behoeftige diabete wat dit nie met kos moet verruilnie

Maaltydplan vir 7600kJ dieet (1800 kcal)

Ontbyt:1 koppie gekookte pap. Of: ¾ koppie ontbyt graankosMelk (lae vet of afgeroom) melk1 sny bruin of volkoringbrood 2 snytjies bruin of volkoringbroodgrondboonthiebotter margarine + kaas/vis/eier

Ligte happie:1 vars vrug 1 vars vrug

Ligte maal:3 snytjies bruin/volkoringbrood 1 koppie sop+2 snytjies broodmargarine margarinevis/kaas/eier vis/kaas /eierslaai slaai

Ligte happie:1 vars vrug 1 vars vrug

Hoofmaaltyd:2 aartappels + 3 eetlepels pampoen / 2 koppies gekookte pasta1 hoenderbors / 3 eetlepel maalvleisbrokkolie+slaai / 6 eetlepels groente1 vars vrug 1 vars vrug

Bedtyd:1 snytjie broodmargarine kaas

Algemene opmerkings Hypoglycaemia/lae bloed glukoseDit gebeur gewoonlik as jy nie geëet het nie of te weinig.

Simptome:Kopseer DuiseligheidBeverigheidMislikheidMoegheid Transpireer vryelikHonger

Wat moet jy doen?Eet onmiddelik iets soet byvoorbeeld: 3 lekkers soos Super -C½ glas sap/soetgemaakte koeldrank3 teelepels suiker/heuning

Page 15: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Wag ± 15 minute, en as jy nie beter voel nie herhaal die bovermelde.Kry nou iets om te eet, soos 'n kaastoebroodjie

Wanneer jy siek voel/geen eetlus het nie:Moenie sonder kos bly nie.Kry so'n biejie tuisgemaakte sop Drink melk of yoghurt.Suganon is die goedkoopste versoeter is toegestaan en word verkoop by Clicks

~ Terug na begin ~

Drie in een Resep (Maroelas) (Chris)

Graag stuur ek vir jou 'n resep wat om alles met maroelas te doen. Die beste van alles is jy gebruik dieselfde maroelas!!

3 kg maroelas (2.5 kg ryp en 500 gm groenerig)Kneus maroelas en maak 'n snit so halfpad oor elkeen. Sit in plastiese skottel.

Maroela koeldrank

Smelt die volgende saam:10 k suiker10 k kookwater3 t engelse sout3 t wynsteensuur4 t sitroensuur

1. Gooi hierdie mengsel kokend oor maroelas. Laat oornag staan.

2. Syg die volgende oggend deur. Hou sap in yskas en verdun na smaak met yswater om te drink.

Let wel! Jy kan dieselfde maroelas weer gebruik en die resep weer oor maak.Dit kom net so lekker. Of jy kan die volgende daarmee doen:

Maroela jellie

1. Bedek maroelas met water en kook stadig tot sagm Laat afkoel. Gooi deur 'n sif. Met hierdie vloeistof kan jy nou maroela jellie kook.

2. Gebruik 2 k van die vloeistof en 1 k suiker. Bring tot kookpunt oor matige hitte.

3. Voeg 1 eetlepel suurlemoensap by en kook tot jellie stadium. Skep bietjies op piering uit om te toets tot jellie.

Maroela konfyt

1. Gebruik dieselfde maroelas. Druk die pitte uit en gooi wegm Gebruik die pulp en skille (gemors) om heerlike konfyt te kook.

2. Gebruik 1 k suiker vir elke 2 k gemors.

3. Verhit oor matige hitte en kook tot konfyt.

4. Baie lekker en mens het net die pitte weggegooi.

Dan kan mens natuurlik nog die maroelas laat gis ook en word jy hoenderkop...

~ Terug na begin ~

Ertjie Slaai (Erna)

1 x Blik ertjies 1 x Blik botterbone (Die wit groot bone)

Page 16: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 x Medium ui 1 x Medium Green pepper ¾ koppie mayonaise ½ koppie gedroogte saltanas \ 2 x Piesangs \ Geblikte perskes - vyn opgesny ¼ koppie kondensmelk 1 Tee lepel mosterd poeier opgelos in 2 x Tee lepels asyn Sout en suurlemoen pepper na smaak

Kap nou die ui en green pepper vyn op en meng eenvoudig al die bestandele saam.Let wel jy kan die saltanas \ Piesang \ Geblikte perskes nie saam gebruik nie, maar jy kan dit om die beurt probeer en elke keer is jou slaai'n wenner. As jy die piesangs gebruik, voor jy dit in die res van die bestandele meng gooi net eers 'n bietjie suurlemoen sap oor sodat die piesangs nieverbruin nie. Kan meer piesangs bysit om die slaai te rek.Bedien 6 tot 8 mense gemaklik.

~ Terug na begin ~

Ertjieslaai (Lana)

1kg gevriesde ertjies 1 ui, fyn gekap 250g ham 125g kaas Mayonaise

Kook die ertjies tot net gaar (ek sit dit sommer in die sak in die mikrogolf oond, ek is net nie seker hoe lank nie) Laat afkoelSny intussen die ham en kaas in klein blokkies. (die ham kan deur gebraaide bacon vervang word)Meng alles saam, gebruik net genoeg mayonaise om die bestanddele aan te klam.Plaas in yskas om lekker koud te word. (maar dis net so lekker by kamertemperatuur ook)

~ Terug na begin ~

Franse Slaaisous (Hannetjie)

Ek gooi die volgende bestanddele saam in 'n leë oliebottel:2 Koppies olie1 Koppie asyn (Skud die bottel totdat die mengsel wit word)

Voeg dan verder by:2 Teelepels Aromat2 Teelepels Sout 3 Lepels Suiker1 Teelepel Tiemie2 Teelepels Droë Pietersielie1 Teelepel Swart Peper1 Knoffelhuisie fyn gesny

Skud die mengsel goed en plaas in die yskas. Hoe langer dit staan hoe lekkerder word die sous en is heerlik oor mengelslaai.

~ Terug na begin ~

Gebakte Groenbonegereg

500g groenboontjie stukkies (nie die french cut nie) 250g fyn spek (bacon) 1 groot ui, grof gekap 1 pakkie sampioene, gekap ½ groot pak Niknaks 1 pakkie aanmaak kaassous

Page 17: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 houer (250ml) room Ongeveer 125ml gerasperde kaas

Meng alles saam behalwe die kaassous en room. Gooi kaassous (gemaak van room en kaassous poeier) bo-oor. Gooi kaas oor en bedekmet foelie. Bak vir 1 - 1½ uur by 180 grade Celsius.

~ Terug na begin ~

Gebakte Vrugteslaai (Susan)(lekker as soetkos)

1 x 2 lb blik pere1 x 2 lb blik perskes1 x 1 lb tertappels4 piesangsDreineer en snipper die vrugteVoeg by1 t kerrie1 t borrie¼ k geelsuiker1 e bottersout

Bak vir 45 minute 180°C

~ Terug na begin ~

Geglasuurde Wortelkoek (Jannie)

Glasuurbestanddele:½ Koppie suiker ¼ Teelepel bakpoeier Koppie karringmelk Koppie botter 1 Eetlepel ligte goue stroop (Corn Syrup) ½ teelepel Vanielje-ekstrak

Meng al die glasuurbestanddele, behalwe die Vanielje-ekstrak, in kastrol op stoof terwyl jy dit roer tot kookpunt.

Voeg Vanielje-ekstrak by en meng goed. Laat mengsel afkoel terwyl die koek voorberei word.

Koekbestanddele: 2 Koppies koekmeel1 Eetlepel Vanielje-ekstrak1 Koppie suiker2 Koppies fyn gerasperde wortels1 Teelepel bakpoeier1 Koppie gekapte neute¾ Teelepel sout1 Koppie strooi klapper ("Coconut")1 Eetlepel anys½ Koppie goue rosyntjies3 Eiers1 Koppie gedreineerde fyn pynappels½ Koppie olie¾ Koppie karringmelk Geklopte room (opsioneel)

Page 18: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Meng koekmeel, bakpoeier, anys en sout deur 'n sif in een bak.

Neem 'n ander bak en roer/meng die eiers, karringmelk, olie en vanielje-ekstrak saam. Voeg die wortels, pynappels, klapper, rosyntjies enneute by hierdie mengsel en meng goed.

Meng nou sowat die helfte van die koekmengsel goed daarby. Voeg dan orige helfte van koekmengsel by en meng ook goed deur.

Smeer 'n groterige oondbestande glasbak (Pirex) en gooi die deeg daarin. Sprei die deeg om die pan te vul. Bak in oond teen 350 grade Cvir 40 minute.

Wanneer koek uit die oond kom, steek baie gaatjies oral in koek met 'n stokkie. Gooi nou die afgekoelde glasuurmengsel eweredig oor koeken laat sous intrek vir sowat een uur.

Sny in redelike blokkies om te bedien. Strooi anys en/of strooisuiker oor of bedien met room.

~ Terug na begin ~

Gemmer Yskastert (Lorette Grové)

1½ pakkie gemmerkoekies (200 g elk)¾ koppie gouestroop3 eetlepels vlapoeier1½ koppie kookwater

Kook stroop en water saam. Meng die vlapoeier by stroop. Breek gemmerkoekies in stukke. Meng alles en gooi in 'n gesmeerde vorm en laat stol. Bedien met geklopte room.

~ Terug na begin ~

Gemmerbier (Olischar, Gerta)

10 liter water 1,5 kg (7 ½ x 250 ml) witsuiker1 koekie (25g) saamgeperste gis 50 ml rosyntjies met pitte1 bottel (750 ml) lemoen- of suurlemoenkwas750 ml sodawater50 ml gemaalde gemmer

Gooi die water in die houer waarin die bier aangemaak moet word. Roer die suiker daarin totdat dit opgelos is. Verkrummel die suurdeeg daarin. Voeg die rosyntjies, lemoenkwas, sodawater en gemmer by en roer tot gemengm Laat die mengsel 24 uur lank by kamertemperatuur staan. Roer dit af en toe om.Suig die mengsel na 24 uur deur en gooi dit in houers. Spoel die rosyntjies af en gooi 'n paar in elke houer, indien verkies. Laat die bier 12uur lank by kamertemperatuur staan en plaas dit dan in die koelkas.Lewer 13 liter gemmerbier.

Gemmerbier 1

Kneus 60g gemmer en kook in 10 liter water. Giet in 'n vaatjie en voeg 1 kg suiker, 30g kremetart en 2 dungesnyde suurlemoene by. Wanneer diemengsel afgekoel het tot lou, voeg 30g suurdeeg by en laat 12 uur staan. Syg deur, gooi in erdekanne of bottels en kurk toe. Na 36 uur sal ditgereed wees vir gebruik.

~ Terug na begin ~

Gemmerbier 2 (Audrey Den Held Le Roy)

4 x 500 ml suiker 20 x 250 ml kookwater5 ml droë gis 50 ml rosyntjies, gekneus10 ml Jamaica gemmer 12,5 g kremetart ('n halwe pakkie)

Page 19: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Los die suiker in die kookwater op en laat afkoel tot dit lou is.Week die surrdeeg in 'n bietjie water (lou) en voeg saam met res van bestanddele by.Laat 6 ure staan. Syg deur en bottel - kurk toe. Na 12 uur is die bier gereed vir gebruik. Verkoel voor opdiening.

~ Terug na begin ~

Gemmerkoekies (Santi van der Merwe)

8 k (1kg) meelblom250 g (1/2 pd) botter1 k suiker1 eier500 g (1 pd) goue stroop4 t fyn gemmer3/4 e koeksoda1/2 k melk1/2 t sout

Klop die botter en saam tot dit goed gemeng is. Voeg die eier en die melk by en meng deeglik Voeg die goue stroop by.Sif die meelblom, die koeksoda en gemmer saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel.Meng alles goed saam en knie tot dit 'n gladdy stywe deeg vorm.Vorm balletjies so groot soos okkerneute en druk hulle met die duim effens plat op 'n gesmeerde bakplaat.Bak 8 tot 10 minute in 'n matige oond 180 grade C (350 grade F).Hierdie resep is voldoende vir omtrent 10 dosyn koekies

~ Terug na begin ~

Gepeperde Hoederlewers (Amalia)

Braai 1 gesnyde ui in 30 ml olyfolie tot sagVoeg 2 fyngekapte knoffelhuisies en 225 g hoenderlewertjies by en soteer totlewers gaar isVoeg 2 ml droë salie, 5 ml sout, 5 ml peper en 'n knippie pimento (allspice)byDruk grofweg fyn met 'n vurkSpek op snytjies geroosterde brood en rond af met ekstra gebraaide uie engrasuie

~ Terug na begin ~

Gerda Gemmerkoekies (Inge van Niekerk)

500 g margarien 1 kg geelsuiker 5 eiers 500 g goue stroop - maak lou in kookwater 1,5 kg koekmeel 15-20 g koeksoda 15-20 g kremetart 50 ml fyn gemmer 5 ml sout

Room margarien en suiker. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop by. Meng droë bestandele saam. Voeg droë bestandele by margarien mengsel. Los oornag in yskas. Maak balletjies - druk met vurk plat.

Page 20: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Bak by 180-200°C maak barsies waar gedruk is met vurk. Gemmermannetjie groete

~ Terug na begin ~

Gesondheidsbeskuit (Lydia Wilson)

Smelt saam en laat afkoel:500 gm margarine2 koppies suiker (of 1 koppie suiker en 1 koppie heuning)

Meng saam: 3 koppies meel1 koppie wheatbix1 koppie semels2 koppies oats3 koppies nutty wheat2 teelepels koeksoda50 ml bakpoeier (10 teelepels)1 teelepel sout500 ml karringmelk1 koppie klapper Gekapte neute (opsioneel)

Meng karringmelk by gesmelte botter/suiker.

Meng al die droë bestanddele. (Dit is nie 'n stywe deeg nie maar dit is wel klewerig).

Druk met hande in 2 groot oondpanne.

Bak in oond van 180°C vir 10 minute.

Stel oond af na 160°C en bak vir verdere 30 minute.

Sny in repe (liniaal-breedte) en dan in vingerlengte.

Droog uit in oond by 100°C vir 4-5 ure (eie keuse).

~ Terug na begin ~

Gesondheids-Koringslaai (Angie)

3 k koring gekook1½ k vars of ingemakte geel perskes gekap1½ k vars pynappel gekap1 k fyn gekapte selery½ k fyn gekapte groenrissie¼ k fyn gekapte ui3 E gekapte pietersielie½ k rosyne½ k sonneblomsaadMeng ("toss") alles saam

Sous½ k sonneblomolie2 E suurlemoensap1 t kerriepoeier + ½ t borrie1 t Sojasous of 'worcester' sous1 E heuning

Page 21: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Meng bestanddele en gooi oor slaai.

~ Terug na begin ~

Gestolde Wortelslaai (Annelise)

1 medium blik 'crushed' pynappelstukke4 koppies gerasperde wortels1 pakkie pynappeljellie3 teelepels gelatine (aangemaak met 2 eetlepels lou water)halwe teelepel soutkwart koppie suiker2 teelepels suurlemoensap1 blik Nestle Room

Gooi sap van pynappelstukke af, 1 koppie. Voeg 2 koppies water by 1 koppie pynappelsap en laat kook.Haal af van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout, gelatine en suiker by.Laat afkoel tot dikte van wit van 'n eier. Rasper 4 koppies wortels by.Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel.Voeg geklopte room by. Gooi in vorm en laat stol.

~ Terug na begin ~

Grenadella Yskastert (Amanda Viljoen en Lorette Grové)

1 blik Ideal melk ½ koppie strooisuiker 1 blik grenadellamoes 1 pakkie lemoenjellie 1 pakkie tennisbeskuitjies 1 koppie kookwater

Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel. Klop verkoelde melk tot styf. Vou suiker geleidelik by. Klop goed. Vou moes en jellie by. Klop tot romerig. Pak laag beskuitjies en gooi laag vulsel. Herhaal tot klaar. Rasper beskuitjies en strooi bo-oor. Plaas in yskas.

~ Terug na begin ~

Grenadella-Kaaskoek (Ansie v.d. Westhuizen)

In die resep is daar nie 'n gesukkel met deeg of krummels nie. Meng net die bestanddele in 'n voeselverwerker, gooi dit in 'n tertbak en bak in dieoond.

Genoeg vir: 8-10Bereidingstyd: 15min, plus verkoeltydOondtemperatuur: 160 grade C

200 g ricotta500 g vetvrye gladde maaskaas3 groot eiers200 g strooisuiker15ml suurlemoensap100ml grenadellamoes

Spuit 'n ronde 20cm tertbak met kleefvrye kossproei.

Sit die kaas, eiers, strooisuiker en suurlemoensap in 'n voetselverwerker en pols tot die mengsel glad is. Oppas dat jy dit nie te veel mengnie.

Page 22: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Gooi die mengsel in die bereide tertbak en bak dit in 'n voorverhitte oond vir sowat 35 - 40 minute, of tot dit gestol het. Haal uit die oonden laat heeltemal afkoel.

Smeer die grenadellamoes bo-oor die kaaskoek sodra dit afgekoel het. Verkoel in die yskas tot etenstyd.

~ Terug na begin ~

Griekse Klappertert (Corné)

Room die drie bestanddele baie goed:

125 g margarien250 ml suiker3 eiers

Voeg saam en meng by eerste drie bestanddele:

500 ml klapper250 ml meelblom3 tl bakpoeier'n knippie sout250 ml lou melk

Gooi mengsel in twee gesmeerde tertpanne en bak vir 35 minute by 180º.

Berei intussen die stroop:

250 ml suiker250 ml water1 tl vanieljeKook saam vir 5 minute.

Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die sousie oor en siedaar! Dit is nog verleideliker as jy 'n homp room bo-op skep.

~ Terug na begin ~

Heerlike Broodjie (Elsabe)

1 pak vetkoek deeg (die wat jy by die supermarkte of bakerye koop)1 gekapte ui1 teelepel gekapte knoffel'n keuse van biltong of 'bacon' (Opsioneel)1 koppie kaas in blokkies gesny

Plaas deeg (nog in plastieksak) vir ± 1 minuut in mikrogolfoond (Mikrogolf- oond moet op DEFROST gestel wees).Haal deeg uit plastieksak en maak dit sommer met die hand redelik plat.Sprinkel uie, knoffel, kaas en biltong/ 'bacon' oor die deeg.Rol deeg toe en plaas in gesmeerde broodpan.Bak ± 1 uur by 180ºC in oond.Haal uit en geniet.Broodjie is heerlik terwyl nog warm, en heerlik saam met braaivleis.

~ Terug na begin ~

Hoender Pastaslaai (Sarie) (Hierdie is my eie resepte en almal geniet dit altyd vreeslik.)

1 Heel hoender

Page 23: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Spritepasta van jou keusehoenderspeseryeblatjangsout/peper na smaakknoffel (ops)mosterduieWit sampioene

Kook hoender in sprite tot sag, ontbeen en sny in stukkies, moenie sous weggooi nie.Sny sampioene in skyfies. Soteer uie en sampioene in bietjie olie.Plaas hoenderstukkies terug in kastrol, voeg al die ander bestanddele behalwe pasta by, voeg nog Sprite by indien nodig.Bring tot kookpunt en prut tot sappig.Kook pasta soos normaalweg, dreineer, voeg hoender mengsel by en meng goed.Bedien met 'n mengelslaai.

~ Terug na begin ~

Hoenderbredie

1 kg Hoender Sout & Peper1 Pakkie Sampioensop250 ml macaroni125 g botter of margarien2 uie in blokkies gesny4 tamaties in blokkies gesny125 ml ongesifte koekmeelblom200 ml Water250 ml Kaas

Geur hoender met sout & peper en kook tot sag. Ontbeen en sny vleis in stukke.Vul hoendersous met water aan tot 625 ml. Voeg soppoeier by, roer gereeld & kook tot dik.Kook macaronistukkies in soutwater to sag & dreineer.Smelt botter in 'n groot kastrol. Voeg uie by & braai tot sag. Voeg tamaties by & kook 'n rukkie.Meng meel met water en roer by tamatiesous. Voeg sop by & roer tot gemeng. Voeg hoender, kaas & macaroni by, meng en laat 'n paarminute prut.Sit warm voor met rys en 'n slaai. (6 - 8 persone.)

~ Terug na begin ~

Geurige Hoender en Pastagereg

Met sondroë tamaties en pesto in die kas is dit altyd maklik om 'n heerlike gereg op die tafel te sit.

400g tagliatelle-pasta25 ml olyfolie20 ml botter4 hoenderborsies, in repies gesny250 g sampioene, gehalveer1-2 knoffelhuisies, fyngekapsout en vars gemaalde swart peper1 pakkie (240 g) sondroe tamaties1 pakkie (125g) basielkruidpesto40 ml botter 40 ml koekmeel350 ml melk150 ml gerasperde beleë chedderkaas

Page 24: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Voorverhit die oond tot 220°C en smeer 'n oondbak liggiesKook die pasta in soutwater tot gaarVerhit intussen die olie en botter en braai die hoender, sampioene en knoffel tot dit begin bruin word. Geur met sout en peper na smaak. Roer die sondroë tamaties en pesto by die hoender en laat deurwarm word.Berei in tussen 'n witsous met die botter, meel en melk en geur met sout en peper na smaak.Skep die helfte van die gaar pasta in die gesmeerde bak. Skep al die hoender op die pasta en bedek daarna met die res van die pasta,Smeerdie witsous oor die pasta en sprinkel die kaar oor. Bak net tot die kaas begin smelt.

~ Terug na begin ~

Gestoofde Hoender met Pasta (Annetjie)

Hoenderporsies na gelang van hoeveelheid mense 15 ml paprika60 ml botter 250 ml hoenderaftreksel5 ml sout 1 ml peper250 ml room 100 ml fyngekapte pietersielie1 soetrissie repies gesny 200 gr pasta gekook en gedreineer.

Braai paprika effens in botter. Voeg hoender by en braai aan weerskante tot bruin. Voeg aftreksel, sout en peper by. Sit deksel op en stowe tot vleis sag is. Voeg room, pietersielie en rissie by en stowe vir nog 10 min. Voeg pasta by, meng liggies deur en geur met sout indien nodig. Verhit tot goed warm en bedien met slaai.

~ Terug na begin ~

Hoendergereg (Madeleine)

1 kg Hoender 1 Pak groot kaaskrulle 2 koppies Melk 6 Eetlepels koekmeel 3 Teelepels Margarien/botter 1 Pak Macaroni Knippie sout en vars gemaalde swartpeper vir smaak

Verhit oond op 180°C. Oondvaste bak.

Maak die hoender gaar. Laat afkoel en ontbeen. Hou een kant.

Maak witsous van die melk, botter en koekmeel. Voeg sout en swartpeper by na smaak.

Kook die Macaroni tot gaar.

Skep in lae van macaronni en dan hoender en krummel die kaaskrulle bo-oor die hoender. Laaste die witsous en gaan aan met lae. Heellaaste die witsous waar daar weer kaaskrulle op gekrummel word.

Bak in oond tot kaaskrulle half gesmelt het. Bedien op met lekker Griekse slaai!!!

~ Terug na begin ~

Hoenderlewerpatee (Amalia)

Page 25: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1. Roer braai 500 g hoenderlewers in 30 ml botter tot net gaar2. Voeg 1 buisie (125 g) gekoopte lewersmeer by3. Roerbraai en druk fyner met 'n vurk4. Voeg 45 ml sjerrie by5. Laat afkoel en verwerk in voedselverwerker tot glad6. Skep uit en meng 30 ml suurroom en 250 g geroomde maaskaas by7. Verkoel

~ Terug na begin ~

Hoenderlewers op 'n stokkie (Amalia)

Klits:125 ml olyfolie10 ml gekapte roosmaryn2 fyngekapte knoffelhuisies30 ml wit wynasyn5 ml fyn gerasperde suurlemoenskil saam

Sny 2 rooi soetrissies in stukke en ryg afwisselend met hoenderlewers aan sosatiestokkiesPlaas in bak, giet marinade oor en laat staan vir 1 uurOondbraai dan vir 6 minute by 200ºC tot gaar

~ Terug na begin ~

Hoenderpastei

1 hoender ontbeenhoenderspeseryepaprikasout en peper2 blikkies gemengde groente1 blikkie hoendersop1 blikkie sampioensop1 pakkie sampioene gekerf1 rolletjie blaardeeg

Kook die hoender tot gaar. Voeg die speserye na smaak by laat lekker deurkook

Voeg die gemengde groente en blikkies sop en sampioene by en laat kook. Indien dit te souserig is verdik met 'n bietjie mielieblom - laatlekker deurkook

Gooi in pan, rol blaardeeg uit, voeg bo-op. Verf met 'n bietjie eier en melk.

Bak by 180°C tot bruin.

~ Terug na begin ~

Hoenderstukkies / Maalvleisbolletjies

440 g Pynappelstukke125 ml bruinsuiker125 ml asyn10 ml worcerstersous5 ml sout125 ml tamatiesous22.5 maizena

Kook pynappelsous, suiker, asyn, worcerstersous, tamatiesous, sout saam. Voeg maizena by en dan die pynappelstukke.

Page 26: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Gooi alles oor vleis en bedek met tinfoelie en bak in oond. By 180°C.

~ Terug na begin ~

Hoendervlegsel (Emily)

Deeg: 240 g (500 ml) koekmeelblom 15 ml (1 groot eetl) bakpoeier 5 ml sout 250 g botter 250 g bakkie gladde maaskaas

Vulsel: 60 g (60 ml) botter 5 ml olie 5 gaar hoenderborsies (vel verwyder, ontbeen en in blokkies gesny) 1 ui, gekap 1 groen soetrissie, gekap 250 g sampioene, in skyfies gesny sout en swartpeper 30 ml (2 groot e) gekapte pietersielie

Wit-kaassous: 2 eetl botter 2 opgehoopte eetl koekmeelblom 2 koppies melk 50 g (125 ml) gerasperde cheddarkaas 1/4 teel sout

Berei deeg: Sif droë bestanddele saam. Room botter tot lig en voeg maaskaas by. Klits net tot gemeng. Voeg by droë bestanddele en snyin. Meng tot sagte, hanteerbare deeg en bêre in yskas terwyl vulsel gemaak word.

Berei vulsel: Verhit botter en olie en braai hoender vinnig tot goudbruin. Plaas eenkant. Soteer uie en soetrissie tot sag, voeg sampioene by en braai tot sag. Voeg by hoender en geur met sout en peper.

Maak witkaassous: Verhit 50 g botter in aparte kastrol, roer meel by en klits melk by. Voeg kaas by. Roer hoendermengsel by en plaaseenkant tot afgekoel. Vulsel moet koud wees voor dit gebruik kan word.

Rol deeg in reghoekige vorm en plaas op gesmeerde bakplaat. Skep hoendervulsel op middelste deel sodat 100 mm rondom oop is. Snyoop dele in repe van 15 mm breed en sny tot teenaan vulsel. Verf geklitste eierwit bo-oor. Vleg deegrepe oor vulsel sodat dit bedek is. Verf geklitste eiergeel bo-oor. Plaas ongeveer 30 min in yskas.

Bak 30-35 min by 180°C of tot goudbruin. Sny in skywe en bedien warm saam met slaai.

~ Terug na begin ~

Hongaarse Aartappelgebak (Amalia)

60 ml (4 e) botter2 groot uie dik gesny1 knoffelhuisie fyngedruk125 ml (1/4 k) ham gekap30 ml (2e) vars pietersieliesout en vars gemaalde swart pepper na smaakneutmuskaat na smaak7 ml (1 ¼ t) paprika500 g gaar aartappels in skywe gesny250 ml (1 k) suurroom1 ekstra groot eier

Page 27: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

150 ml gerasperde kaas

Voorverhit oond tot 180°C. Smeer oondpanVerhit botter en soteer uie daarin tot sag. Voeg knoffel by en soteer verderVoeg nou ham, pietersielie, sout, peper, neutmuskaat en parika byVoeg aartappels by Braai liggies en skep alles in die voorbereide oondbakKlits suurroom en eier liggies saam en giet oorSprinkel die kaas oor en bak vir 30 minute tot goudbruin (Genoeg vir 6 mense)

~ Terug na begin ~

Hops Suurdeeg (ma) (Linda van As)

Kan hops by 'n gesondheids winkel koop of by 'n apteek. Dit is gewoonlik by die gesondheids produkte.Kook ongeveer 1 koppie rosyntjies (met pitte) en drie koppies water totdat die rosyntjies sag is. Laat afkoel tot louwarm en druk rosyntjiesfyn.Kook ongeveer 3 gelykvol eetlepels hops en 3 koppies water. Bring net tot kookpunt. Laat afkoel tot louwarm, sif deur en gooi vloeistof byrosyntjies.Laat staan vir ongeveer 48 uur totdat dit goed "kook".Wanneer wil gebruik sif deur 'n groot sif en gebruik die vloeistof (gooi die rosyntjies weg). Gebruik ongeveer 2 koppies suurdeeg vir brood.

[Ek dink jy kan die plantjie oor en oor gebruik deur dit "in te suur" met dieselfde metode soos bo beskryf in die suurdeegplantjie resep. Jy gebruik'n plantjie van die vloeistof (sonder die rosyntjies) en gooi sout, suiker en meel by en laat staan dit om te rys. Wanneer die meel opstyg is dit regmDie hops suurdeeg is baie lekker en gee die brood/beskuit 'n lekker smaak.]

~ Terug na begin ~

Ingelegde Noedelslaai

500 g Pasta (enige een van u keuse) ek verkies klein skulpnoedels 375 ml kookolie 250 ml wit asyn 1 kg tamaties geskil en gesnipper 1/2 kg uie fyngekap 200 ml suiker 20 ml sout 100 ml mayonnaise 2 groen rissies gesnipper 2 koppies gaar gemengde groente (bv. wortel, ertjies, mielies, boontjies)

Kook uie, tamaties, groen rissie, asyn, suiker en 325 ml olie vir 15 minute of tot sag.

Kook noedels tot net sag in groot kastrol met net genoeg water en 20 ml sout met res van olie.

Dreineer goed en voeg pasta, groente en mayonnaise by uiemengsel. Kook goed deur.

Lê in terwyl nog warm is en verseël

~ Terug na begin ~

Ingemaakte Spaghetti (Erna)

3½ kg tamaties500 g uie4 e appelkooskonfyt1½ k suiker1 k asyn1 t fyn naeltjies1 t peper

Page 28: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 t neut1 e sout250 g egte botter1 boks spaghetti

Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap.Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatieKook spagetti sag - nie pap nie. Water af.Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min.Bottel warm.

~ Terug na begin ~

Japtrap Bone

kookolie 2 uie, fyn gekap 1 groen soet rissie, fyn gekap 10ml kerrie poeier 2ml gemengde kruie 1 blikkie boontjies in tamatie sous

Braai die ui en soetrissie in 'n klein bietjie kookolie. Voeg die kerriepoeier en kruie by, en braai nog sowat een minuut. Roer die boontjies by en verhit. Bedien warm.

~ Terug na begin ~

Japtrap Ete

3 groot geskilde aartappels1 ui fyn gekap1 groenrissie fyngekapolie500 ml maalvleis1 tamatie2 ml neutsout & peper

Kaassous:15 ml margarien250 ml melk15 ml meel250 ml kaas30 ml sagte broodkrummels

Sny aartappel in 1 cm skywe Ontvel tamatie & rasperKook aartappelskywe to sag,Plaas in 'n bakBraai olie, uie & rissie & voeg maalvleis byVoeg tamatie, geurmiddels, sout & peper byPrut , Skep oor aartappelsGooi van die kaas in witsous en die res saam met die broodkrummels bo-oor vleis

~ Terug na begin ~

Joghurt Yskastert (Lorette Grové)

1 liter aarbeijoghurt1 pakkie aarbeijellie1 koppie warm water

Page 29: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 blikkie kondensmelk1 pakkie tennisbeskuitjies

Los jellie in water op, laat bietjie afkoel. Gooi joghurt by en ook kondensmelk en meng goed. Gooi in lae met tennisbeskuitjies tussenin en sit in yskas om te stol. (Beste om 'n dag voor die tyd te maak).

~ Terug na begin ~

Joghurt-Tert/Poeding (Lorette Grové)

500ml Joghurt1 Pakkie jellie1 blikkie kondensmelk1 houer vars room [250 ml]Vars of ingemaakte vrugte.Grenadillamoes saam met GrenadillaJoghurt [opsioneel]

Gebruik enige geur joghurt van jou keuse en gebruik dieselfde geur jellie. Suurlemoenjellie is veilig om saam met alle joghurts te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.Meng jellie met 1 koppie kookwater en laat afkoel. Klits alle bestanddele goed saam tot romerig.

Vir poeding:Gooi in bak en laat stol in yskasVir tert:Pak beskuitjies of konfytrol ("jamroll") in tertbak en gooi mengsel bo-oor en laat stol in yskas

~ Terug na begin ~

Kaasballetjies (Amanda Viljoen)

Wit van 2 eiers6 eeteel gerasperde Cheddar kaas1/2 teel soutknippie rooipeper

Klits eierwitte styf en vou die ander bestanddele in. Vorm die balletjies so groot soos okkerneute en braai in diep - olie. Dreineer op bruinpapier, rol in fyn gerasperde kaas en dien warm op aan peusel-stokkies. Lewer 1 dosyn of meer.

~ Terug na begin ~

Kaas-en-Chilli Poffertjies (Annamarie) Maak ± 12)

250 ml Snowflake Bruismeel (140 g) 5 ml bakpoeier 1 ml sout 2 ml mosterdpoeier 7 ml gekapte chillies of 2 ml rooi peper 250 ml gerasperde Cheddarkaas (100 g) 1 ekstra-groot eier 125 ml melk 15 ml botter, gesmelt

Verhit oond tot 200°C.

Page 30: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Sif droë bestanddele saam. Sit chillies en kaas by.

Klop eier, melk en gesmelte botter.

Plaas by droë bestanddele en meng liggies.

Skep lepels vol in ‘n poffertjiepan en bak 10-12 minute.

Bedien warm.

~ Terug na begin ~

Kaaskoek Tipe-Tert (Lorette Grové)

Kors:1 Pakkie Tennisbeskuitjies2 groot lepels margarien / botter(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies endruk vas as kors.)

Vulsel:1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/ koejawel)1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)1 houertjie (koppie) vars room

Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat - haal dan af, voeg 'n bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg ofdrink dit (baie lekker)Sny die vrugte (as dit groot is - los appeliefies net so) in klein stukkies, en voeg by.Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas vir net 15 minute - en dien op.Ideaal vir onverwagte gaste!!! Dit kan sommer 'n nagereg ook word in nood… dien op met roomys

~ Terug na begin ~

Kaaskoekies (Amanda Viljoen)

250 gm cheddarkaas250 gm meelblom1/2 teel peper250 gm botter1/2 tl soutknippie rooi peper

Sif die meelblom, sout, peper en rooipeper in 'n mengbak. Sny die botter in klein stukkies en vryf dit in die gesifte meelmengsel. Rasper die kaas nou by die mengsel en vryf goed in. Die deeg is baie ryk en u sal vind dat dit in 'n plat pan gedruk kan word of in 'n kolwynpannetjie.Bak teen 230°C tot ligbruin.

~ Terug na begin ~

Kaaspoffertjies 1 (Amanda Viljoen)

1 koppie meelblom1/2 teel sout4 teel bakpoeier1 eierknippie rooipeper3/4 koppie melk

Page 31: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 groot koppie gerasperde kaas met sterk geur1 teel mosterd1 eeteel gesmelte botter

Klits eier en voeg melk by. Voeg kaas, mosterd en botter by. Sif ander bestanddele en meng goed. Dit is 'n slap deegSit 'n teelepelvol in gesmeerde kolwyntjie pannetjies. Bak vir 10 minute teen 220°C. tot mooi goudbruin. Smelt intussen 5 tafellepels botter en 4 teel Bovril en gooi oor poffertjies sodra dit uit die oond kom. Bedien warm.

~ Terug na begin ~

Kaaspoffertjies 2 (Amanda Viljoen)

1 koppie meelblom1/4 teel pepersout1 koppie melk1 koppie gerasperde sterk kaas3 gelyk teel bakpoeier1/2 teel mosterd

Meng alles en voeg dan melk by. Bak vir 10 minute teen 230° C in goedgesmeerde kolwyntjiepannetjies.

~ Terug na begin ~

Kaassmeer

1 kg prosseseer kaas1 lt lang lewe melk

Plaas die melk in 'n pot op die stoof oor matige hitte, en sny die kaas in stukkies in die melk. Roer aanhoudend totdat die kaas gesmelt het om klontjies te voorkom. Sodra die kaas heeltemal ingesmelt het, kan jy jou eie inisiatief gebruik vir enige ekstras wat jy wil bysit; bv fyn biltong, peper, ens. Dit maak 'n redelike groot hoeveelheid kaassmeer en is BAIE goedkoper as die wat jy in die winkels aankoop en dis baie lekker!

~ Terug na begin ~

Karamel Yskastert (Lorette Grové)

1 Blik gekookte kondensmelk1 Pakkie tennisbeskuitjies750 ml Melk75 ml Vlapoeier3 Piesangs1 Houertjie vars room3 Teelepels suikerNeute vir garnering (opsioneel)

Maak vla aan van 750ml melk en 75ml vlapoeier. Geen suiker nie, anders is dit te soet.Meng die Karamelkondensmelk en die vla saam.Breek tennisbeskuitjies in stukkies, maar nie te fyn nie, kan redelik grof wees.Meng tennisbekuitjies by die vlamengsel.Skep in 'n bak en verseël. Laat oornag in yskas.Sny die piesangs in skywe bo-oor die koue mengsel.Klits die room en suiker saam tot styf en smeer bo-oor die piesang.Garneer met neute en plaas terug in die yskas tot benodig.Bedien net so koud as nagereg of tert.

Page 32: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

~ Terug na begin ~

Karamelpoeding (Elma Vorster)

Beslag2 koppies meelblom2 teelepels bakpoeier2 ml sout

Sif saam.

1 koppie suiker4 eetl appelkooskonfyt2 eiers2 koppies melk

Klits suiker, konfyt en eiers baie goed saam en voeg meelmengsel by. Voeg 2 koppies melk geleidelik hierby.

3 eetlepels asyn2 teelepels koeksoda

Meng en vou in mengsel in.Bak in 'n groot skottel vir ongeveer 45 min by 200°C. Sodra dit gaar is, haal uit oond en gooi sous oor.

Sous2 koppies suiker2 koppies melk1 eetelepel vanilla1 koppie water125 ml botter

Kook alles saam en gooi oor warm poeding.

~ Terug na begin ~

Karamel-Yskaskoek (Lorette Grové)

Kors:Halwe pakkie Nutty Crust-beskuitjies, gekrummel25ml botter gesmelt

Meng die beskuitjiekrummels en botter en druk dit vas in 'n gesmeerde losboompan, 240mm in deursnee.

Vulsel:125 ml Vars room2 Sakkies Orley Whip1 Blikkie (380g) karamel1 Bakkie (250g) geroomde maaskaas15 ml (Een koevertjie) gelatien, opgelos in 125ml water125 ml Strooisuiker10 ml Karamelgeursel

Klop elkeen van die twee rome afsonderlik styf en hou eenkant.Klop die karamel en maaskaas saam.Roer die opgeloste gelatien, strooisuiker en geursel by die karamelmaaskaasmengsel.Vou die twee styfgeklopte rome in en giet die mengsel in die kors. Laat stol oornag in die yskas.

Page 33: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Versier met kappertjies of gerasperde sjokolade.

~ Terug na begin ~

Karringmelkbeskuit (4 kg uitgedroog) (Johan) - halwe resep in (hakies)

3 kg Bruismeel (1 ½ kg)750 ml suiker (375 ml)10 ml Sout (5 ml)30 ml Bakpoeier (15 ml)9 Eiers (Ekstra groot) (5)1 Liter karringmelk (2 500ml)750 g Margarien (375 g)

Meng droë bestanddele. Voeg effens gesmelte margarien by. Meng deeglik tot fyn krummels.Klits eiers goed. Klits melk daarby en voeg by mengsel. Meng goed - knie heelwat vir beter tekstuur. Maak bolletjies so groot soos hoendereiers en vul 6 gesmeerde beskuitpanne (afhangende van grootte van panne). Bak teen 180º C vir een uur. Laat heeltemal afkoel. Breek in stukke en droog 4 ure in oond teen 100º C. Bring ook 'n stukkie hiervan vir my om te proe en geniet die res!!!

~ Terug na begin ~

Kerrie Boontjies (Erna)

1 kg groenbone gekerf 2 uie, in ringe gesny375 ml hoenderaftreksel 2 knoffelhuisies, fyngedruk250 ml asyn ¼ koppie suiker5 ml sout 5-10 ml kerriepoeierknippie rooipeper15 ml mielieblom gemeng met bietjie water

Plaas die groenboontjies, uie, hoenderaftreksel en knoffel in 'n middelmatige swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder diedeksel vinnig kook tot net gaar. Meng die asyn, suiker, sout, kerrie en rooipeper. Voeg by die boontjies en laat net opkook. Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind. Laat afkoel en bottel.

~ Terug na begin ~

Kerriesouttert (Amanda Viljoen)

Kors:250 g margarien1 teel bakpoeier 2 koppie meelblom 1/2 koppie kookwater

Gooi kookwater oor margarien. Laat afkoel en roer meel en bakpoeier in. Meng deeglik en bêre in koelkas tot nodig

Vulsel:500 gm maalvleis 1 groot ui, gerasper

Page 34: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

2 aartappels, geraspersout en peper

Kook al die bestanddele vir 10 minute. Meng 1 eetl kerrie, 1 eeteel klapper en 1 eeteel bladjangVoeg by kokende vleismengsel. Vul ongebakte kors en bak 20 minute in warm oond.

~ Terug na begin ~

Kerrietert (Amanda Viljoen)

2 koppie meelblom1/2 koppie margarien2 eeteel kookolie2 teel bakpoeier1 teel sout1 eier

Sif meel, bakpoeier en sout. Vryf botter in meel todat dit soos mieliemeel lyk. Gooi kookolie in holte. Klits eier baie goed en voeg by. Maak aan met water tot slap deeg - Rol uit. Vulsel: 1 kg gemaalde vleis, ui, aartappel, kook tot sag.Voeg kruie by en gegeskilde tamatie. Laaste 2 teel kerriepoeier. Laat afkoel. Skep in kors en bedek met kors. Bak in matige oond tot bruin. Bedien saam met slaaie.

~ Terug na begin ~

Kersiegenot (Koot Dippenaar)

3 eierwitte2½ k versiersuiker1 1/3 k margarine2 pakkies mariebeskuitjies1 ¼ k glanskersies2 ½ k klapper5 ml vanilla

Klits eierwitte tot styf. Sif versiersuiker en klits by eierwitte. Smelt botter. Breek beskuitjies fyn. Sny glanskersies in kwarte. Meng botter, beskuitjies, glanskersies, klapper en vanilla goed met eierwitmengsel. Druk in pan, verkil en sny. (5 dosyn)

~ Terug na begin ~

Kitssouthappie vir TV (Amanda Viljoen)

1 blikkie soutvleis15 ml Royal bakpoeier2 eiersmelk en water gemeng, genoeg om slap deeg te vorm500 ml meelblomsoutoliegekapte pietersielie

Page 35: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Maak vleis fyn met vurk en voeg meel, bakpoeier, geklopte eiers, sout en pietersielie by vleis. Meng met water en melk tot slap deeg. Verhit olie in diep kastrol. Gooi lepelsvol van vleismengsel in olie; dit draai self om. Braai tot bruin en laat afkoel. Gekapte uie kan ook bygevoeg word indien verkies.

~ Terug na begin ~

Koejawel-Yskastert (Lorette Grové)

1 groot blik koejawels1 blikkie kondensmelk1 pakkie suurlemoenjellie1 swiss roll250 ml room

Gooi sap van koejawels af (± 1½ koppie).Voeg 1 koppie kookwater by sap, maak warm en voeg jellie by tot opgelos.Sny koejawels redelik fyn. Meng koejawels met kondensmelk. Meng met stroop. Sny swiss roll in skywe en pak in tertbak en gooi koejawelmengsel bo-oor. Sit in yskas. Laat stol oornag. Klits room tot styf en sit bo-oor.

~ Terug na begin ~

Koffie-Yskastert (Lorette Grové)

1 pak. Tennisbeskuitjies 2 sakkies Orley Whip sjokolade versiersuiker 1 koppie sterk, swart koffie - koud

Week beskuitjies vinnig in koue koffie. Dan dun lagie versiersuiker en dan lagie room. Rasper Peppermint Crisp oor elke lagie room.Boonste laag room. Versier met vermicilli of peppermint crisp.

~ Terug na begin ~

Korslose Souttert (Amanda Viljoen)

250 gm koue vleis (enige soort)250 gm gerasperde cheddar kaas2 koppie melk2 teel mosterd2 teel pietersieliesout en peper4 eiers2 teel fyn ui2 eeteel meelblom

Meng alles in gesmeerde bak. Bak in 'n matige oond tot gestol.

~ Terug na begin ~

Koue - Gaarvleis Tert (Amanda Viljoen)

2 koppie gaar gemaalde vleis1 koppie koue gaar aartappel in blokkies gesny

Page 36: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 blik klein heel sampioene1 meduim ui1 eeteel tamatiesous1/4 tl.sout1 eier1 eeteel bottergerasperde kaas1 eeteel worcestersous1/2 koppie melk

Dreineer sampioene maar bewaar water. Smelt botter in kastrol,voeg sampioene en fyngesnyde ui by en braai tot ligbruin oor lae hitte.Voeg vleis en aartappels by, braai vir nog 2 minute.Voeg al die bestanddele by behalwe eier, melk en kaas. Voeg sampioenwater by en laat net opkook. Skep vulsel in voorbereide kors, verkieslik aartappelkors. Klits melk en eier saam, giet bo-oor. Sprinkel gerasperde kaas oor en sit hier en daar 'n stukkie botter. Bak vir omtrent 20 minute in warm oond teen 220°C.

~ Terug na begin ~

Koue Sagopoeding (Amanda Viljoen)

4 koppie melk. 1 koppie melk. 4 eiers. 1 koppie kookwater. 1 koppie sago. 1 koppie suiker. 1 p. jellie

Kook 4 koppie melk en sago saam. Meng orige melk, suiker en eiergele en voeg by sagomengsel.Los jellie in kookwater op en voeg by mengsel. Klop wit van eier styf en vou in. Plaas in yskas.

~ Terug na begin ~

Koue Water Gemmerbier (Amanda Viljoen)

12 bottels water. 6 koppies suiker. 1/2 blokkie suurdeegm1/2 pakkie wynsteensuur. 2 eetl gemmer. 1/2 pakkie kremetart. handvol rosyne.

Kook 4 bottels van die water met gemmer en suiker. Voeg nou die ander bestanddele saam, sowel as die suurdeeg en rosyne. Tap in bottels na 24 uur.

~ Terug na begin ~

Lae-Vet Wortelkoek (Elize)

Spray 'n cook1 k meel (All purpose flour)1 k volkoring meel1¾ k suiker2 t kaneel2 t bakpoeier

Page 37: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 t neutmuskaat2 t sout1 k appelsap2 k karringmelk6 eierwitte3 k gerasperde wortels3 k gekapte neute (Walnuts)

Verhit oond tot 180°C. Sprei 'n 23 x 23 cm pan met Spray 'n cook. Meng twee meelsoorte, suiker, kaneel, bakpoeier, neutmuskaat en sout. Klits met elektriese klitser in 'n groot mengbak appelsap, karringmelk en eierwitte. Voeg meelmengsel by en meng goed. Roer wortels en neute by. Gooi in pan en bak + 40 min.

Versiersuiker:225 g lae-vet roomkaas225 g vet-vrye roomkaas1 t botter2 k versiersuiker1 t vanieljegeursel

Meng alles saam en versier koek. Sny koek in 16 snye.

Vervanginstegnieke:

Vervang olie met karringmelk en appelsapGebruik eierwitte i.p.v. heel eiersVerminder suiker en neute, voeg meer volkoringmeel byVersiersel: Vervang gewone versiersel met vet-vrye roomkaas

~ Terug na begin ~

Lekker Fudge in Mikrogolf (Gerryts)

1 Blik Kondensmelk1 Blik Kookwater3 Eetlepelsvol Goue Stroop6 Koppies Suiker1 Koppie Koekmeel1 Eetlepelvol Asyn250 Gram Wit Margerien (Wooden Spoon)1/2 ('n Halwe) Teelepelvol Cream of Tartar1 Teelepelvol Vanilla Essence

Meng alles behalwe Cream of Tartar en Vanilla.Kook alles op Hoog in Mikrogolf Oond - Kook vir 8 minute. Roer goed.Kook vir 6 minute.Roer 1/2 Teelepelvol Cream of Tartar in bietjie water opgelos by. Kook vir nog 20 minute.Roer goed en voeg Vanilla by en klop flink tot dik.Gooi in gesmeerde 30 by 45 cm pan uit. Koel af en sny in blokkies.

~ Terug na begin ~

Liquifruit Tert (Lorette Grové)

1 Groot Liquifruit of enige ander vrugtesap1 Pakkie Orley Whip2 Pakkies Jellie Selfde geur as koeldrank

Page 38: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 Pakkie tennisbeskuitjies

Verhit Liquifruit en jellie saam.Klits Orley Whip tot styf. Meng met Jellie megsel.Plaas beskuitjies onder in 'n bak en giet mengsel oor. Sit in yskas tot gestol.

~ Terug na begin ~

Maalvleisgereg

500 g maalvleis250 ml koue water5ml sout2 ml peper100 ml blatjang250 ml rou rys afgespoeluie410 g minestronesop285 g geroomde sampoeine500 ml kookwater

Meng maalvleis, koue water, sout, peper. Kook vinnig sonder deksel, tot vloeistof weg is.Skep maalvleis in 'n bak. Smeer blatjang oor, Strooi rys oor, Strooi sop oor, dan sampioene en laaste kookwater.Sit deksel op of foelie. Bak 1 ½ uur by 180° C

~ Terug na begin ~

Maaskaas Tert 1 (Lorette Grové)

1 houer gladde maaskaas1 blikkie kondense melk1 pakkie kits poeding (vir die eintlike resep sê hulle vanilla kitspoeding, maar jy kan ander geure ook gebruik en dan gee dit 'n heel ander en lekkersmaak aan die tert)1 pakkie Marie beskuitjiesBotterKaneel

Klits die maaskaas en kondensmelk saam tot goed gemeng.Gooi nou die kitspoeding poeier bo-oor en klits vir 1 minuut lank.Maak die mariebeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter en gooi 'n bietjie kaneel by.Vat 'n tert bord, druk die koekie mengsel plat op die bodem.Gooi nou die maaskaas mengsel daarin.Vir versiering kan jy of gerasperde sjokolade bo-op sit of gebruik sommer 'n flake wat fyn gemaak is.Sit dit in die yskas om te stol.

~ Terug na begin ~

Maaskaas Tert 2 (Lorette Grové)

2 x 250 g Geroomde Maaskaas1 Blik Kondensmelk1 eetlepel Suurlemoensap1 Blik vrugte (youngberrie of aarbeie)1 RolkoekVlapoeier of Maizena

Klits Kondensmelk, Maaskaas, Suurlemoensap saam tot dik.Pak 'n laag rolkoek in bak.

Page 39: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Gooi mengsel oor en maak gelyk.Smeer vrugte daaroor.Gooi vrugtesap in kastrol en kook.Verdik met vlapoeier of maizena.Gooi oor tert en verkoel in yskas

~ Terug na begin ~

Malvapoeding 1 (Amanda Viljoen)

1 koppie meelblom1 teel. koeksoda1 eeteel botter1 eier1/2 koppie melk1 eeteel asyn1/2 koppie suikersout

Room botter, suiker en eier. Meng asyn en koeksoda en voeg by bottermengsel. Voeg meel en sout by en maak aan met melk. Bak in matige oond tot gaar. Gooi sous oor warm gaar poeding.

Sous: 1 koppie Carnation melk1 koppie kookwater1 kop suikerKook saam en gooi oor poeding

~ Terug na begin ~

Malvapoeding 2

2 eiers ( by kamertemperatuur ) 210 gm strooisuiker ( 250 ml) 15 ml appelkooskonfyt150 gm koekmeelblom ( 315 ml) knippie sout 5 ml koeksoda 30 ml botter 5 ml asyn125 ml melk

Sous:250 ml room100 gm suiker ( 125 ml) 100 gm botter125 ml Suid-Afrikaanse Brandewyn

Berei poeding:

Klits eiers en strooisuiker deeglik saam tot lig en donsig.Klits appelkooskonfyt by. Sif droë bestanddele 3 maal saam. Smelt botter en voeg by asyn en melk. Vou droë bestanddele beurtelings met melkmengsel by eiermengsel in. Giet beslag in middelslag-gesmeerde oondvaste skottel. Bak in voorverhitte oond teen 180 Grade C vir sowat 45 minute.

Berei sous:

Page 40: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Smelt sousbestanddele saam en giet bo-oor poeding sodra dit uit die oond kom. Steek gaatjies in poeding met vurk om sous te help intrek. Dien warm op saam met room. Hoop dat ek van hulp kon wees. Bak dit, en geniet dit.

~ Terug na begin ~

Marshmallow Tert (Lorette Grové)

1 blik kondensmelk1 blik crushed pynappels1 pakkie tennis- of mariebeskuitjiesbotterGesnipperde marshmallows

Meng kondensmelk, pynappels en marshmallows goed saamKrummel kors van mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies met ¼ botterGiet mengsel bo-oor kors en plaas in yskas om te stol.

~ Terug na begin ~

Marshmallow Tert 2 (Lorette Grové)

Beskuitjiekors (Tennisbeskuitjies en gesmelte botter)

Vulsel:1 blikkie kondensmelk½ koppie suurlemoensap1 koppie room, styfgeklop16 marshmallows, in stukkies gesny1 blik crushed pynappel, goed gedreineer6 kersies opsioneelneute, opsioneel

Meng kondensmelk en suurlemoensap. Klits room tot styf en voeg by. Meng marshmallows en pynappel in. Gooi in kors. Versier met fyn beskuitjies of kersies of neute.

~ Terug na begin ~

Melkkos (Hesma)

125 g spaghetti, in korter stukkies gebreek (ek gebruik sommer macaroni)150 ml koekmeel5 ml sout50 ml witsuiker1l melk3 ekstra groot eiers, geskei50 ml margarien3 ml vanieljegeursel1 ml amandelgeursel (ek sit dit nie in nie)

Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot gaar en dreineerMeng die droe bestanddele en meng met 250ml koue melk. Klits die eiergele en voeg by.Verhit die res van die melk en die botter. Voeg 'n klein bietjie hiervan by die meelmengsel en roer dan alles by die res van die melk.Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer gedurig om te verseker dat die eiers nie skif op die bodem nie. Voeg die spaghettibyKlits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met die vanielje- en amandelgeursel by die gaar melkkos in.

Page 41: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra suiker indien verkiesGenoeg vir 4 mense (Ek maak dit sommer in die mikrogolf - baie minder kans vir flops)

~ Terug na begin ~

Melkkos 2 (Zania)

500ml melk2 eetl (maw 50 ml) koekmeel2 eetl margarinebietjie sout

Klits alles goed in 'n bak en sit dan in die mikro - hou aan kook (op 100%) totdat dit styf is MAAR jy moet dit kort-kort roer - elke 1minuut – anders maak dit klonte.Sodra dit dan styf is - jy sal sien dit het dan ook darem al so 'n keer of wat geborrel - dan gooi ek net lekker baie kannelsuiker inRoer deur en skep in bakkies - ek gooi dan sommer weer kaneelsuiker bo-oor. Lekker eet.

~ Terug na begin ~

Melktert met Kondensmelkbolaag (Helene)

30 ml (2 eetl) Margarien125 ml (½ kop) Suiker2 Eiers, geskei125 ml (½ kop) Koekmeelblom5 ml (1 tl) BakpoeierKnippie sout500 ml (2 kop) Melk

Bolaag1 blik (397g) Kondensmelk125 ml (½ kop) Suurlemoensap2-3 Tennisbeskuitjies (gekrummel) (opsioneel)

Klits margarien en suiker saam. Voeg eiergele by suikermengsel en meng goed.Voeg droë bestanddele bymekaar.Voeg meelmengsel by eiermengsel, daarna die melk. Meng goed.Klits eierwitte styf en vou in mengsel.Smeer 28cm tertbak en gooi mengsel in.Bak by 180°C vir ± 30 minute of totdat dit gaar is en ligbruin bo-op.Meng kondensmelk en suurlemoensap saam.Wag totdat tert 'n bietjie terug gesak het nadat dit uit die oond gehaal was. Smeer kondensmelk mengsel bo-op warm tertKrummel Tennisbeskuitjies bo-oor.

~ Terug na begin ~

Mieliebroodjie (Jackie) (Dit is heerlik saam met gebraaide snoek of braaivleis.)

500 Gram Bruismeel500 ml Karringmelk1 Blikkie HeelpitmieliesKnippie Sout

Meng alles saam, plaas in 'n gesmeerde broodpannetjie, en bak vir 30 - 45 minute by 'n voorverhitte oond van 180 °C.

~ Terug na begin ~

Mieliepap In Mikrogolf (Flip)

Page 42: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

3 koppies mieliemeel1200 ml kookwater2 teelepels bakpoeier2 teelepels sout4 eetlepels margarien of botter

Plaas mieliemeel in mikrogolfbak (omtrent 2,5 liter bak) en mikrogolf onbedek op hoog vir 5 minute.Voeg bakpoeier en sout by en meng deeglik.Roer margarien by kookwater tot gesmelt.Voeg kookwater met gesmelte margarien by mieliemeel en roer deeglik totdat daar geen droë meel meer oorbly nie.Mikrogolf met deksel op, op hoog vir 8 minute.Haal uit en roer deeglik.Plaas terug in mikrogolf met deksel op en mikrogolf vir 'n verdere 8 minute op hoog.

~ Terug na begin ~

Mikrogolf Fudge (Karin)Hier is 'n resep wat regtig werk en baie, baie lekker is:

1 blik Kondensmelk2 k Strooisuiker125 g Margarine/ Botter1 t Vanilla Essence

Voeg Kondensmelk, Strooisuiker en Margarine/ Botter saam in 'n groot glasbak (ongeveer 15 cm hoog - mengsel borrel hoog gedurendekook proses!).Kook op "High" vir 2 minute.Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op "High".Haal uit; voeg 1 t Vanilla Essence by. Roer goed.Gooi in 'n gesmeerde pan. Laat staan vir 2 minute.Sny in blokkies en geniet! (Opsioneel: kan ook neute/ rosyntjies/ Rice Krispies/ gebreekte beskuitjies bygooi of smelt sjokolade en smeer bo-oor; heerlik!)

~ Terug na begin ~

Mikrogolf Sjokolade Koek

1 k Bruismeel1 t Bakpoeierknippie sout4 e kakao (jy kan ook 2 e koffie [opgelos in baie min water] en 1 t vanilje byvoeg)Klits die volgende:1 k suiker2 eiers½ k olie½ k warm water

Voeg alles bymekaar en klitsBak 5 minute by 100% krag.Laat staan 10 minute in pan voor jy dit uit gooi.Voer pan met waspapier uit om te voorkom dat dit vassit.Versiersuiker:Maak jou gewone sjokolade botter versiersuiker - net baie slap en loperigm Voeg kersies en neute by die versiersel.

~ Terug na begin ~

Mikrogolf Vrugtekoek (Dries)

Page 43: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

125 g botter500 g vrugtekoekmengsel250 ml (1k) sagte bruin suiker375 ml (1& 1/2k) water5 ml (1 t) koeksoda500 ml (2 k) koekmeel10 ml (2 t) bakpoeier10 ml kitskoffiepoeier5 ml gemengde speserye5 ml fyn gemmerknippie sout100 g glanskersies, in kwarte gesny100 g amandels, gekap.2 eiers, geklits15 ml brandewyn

Spuit 'n mikrogolf-ring-vorm van 2 liter met kleefwerende middel en voer uit met handdoek papier.Plaas die botter, vrugtekoekmengsel, bruinsuiker, water en koeksoda in 'n glasbak en mikrogolf vir 10 minute teen 100% krag, moenie roernie. Laat heeltemal afkoel (Baie belangrik anders bak die koek nie reg nie).Sif die droë bestanddele saam en meng met die afgekoelde mengsel. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.Skep in die voorbereide ringvorm, plaas op 'n omgekeerde piering of andersins 'n eierdosie (in oond) en mikrogolf 20 minute lank teen 50%krag, daarna vir 7-10 minute lank teen 30% krag (ontdooi)As die koek wegtrek van die kante, is dit reg. Keer uit op 'n draadrakkie en giet nog 'n bietjie brandewyn oor wanneer afgekoel.Draai toe in tinfoelie en bêre in 'n lugdigte houer. Lewer 'n groot koek.

~ Terug na begin ~

Mos vir mosbeskuit

Max skryf: Siende dat daar in die jongste geselsbrief gepraat word oor outydse goed wat sekerlik aan die uitsterf is, hier is 'n resep om 'nsuurdeeg te maak, eintlik is dit 'n insuur vloeistof, Dit was mos genoem, mense het dit gebruik om mosbeskuit en ook mosbolletjies te maak. Ditwas ook gebruik om moskonfyt te maak. Ek het ongelukkig nie 'n resep vir beskuit of bolletjies nie, maar die konfyt is maklik. Kook net dievloeistof tot dit so dik soos stroop is.

Mos

Neem baie soet druiwe en trek die korrels van die stingels af. Spoel die korrels af, moenie afdroog met 'n lap nie, gooi die korrels in 'n konfytfles en kneus die korrels. Gooi 'n lappie oor en laat vir twee dae tot die spulletjie begin gis. Syg dan die vloeistof deur 'n filter af en gebruik as suurdeeg. As dit gebruik word vir beskuit en vir ander gebak, moet die hoeveelheid oorblywende suiker in die mos in berekening gebring word.

Hierdie resep kom uit 'n plakboek van my ouers en is seker al 60 jaar oud.

~ Terug na begin ~

Mostert en Tamatiesous (Worsbroodjies)

2 k bruinsuiker4 t mostert8 e maizena (vat minder)2 k asyn4 e gesmelte margarien4 k tamatiesous

Kook alles saam & verdik met maizena.

~ Terug na begin ~

Page 44: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Mostertsous

2 eiersdriekwart koppie suiker1 koppie wit asyn1 teelepel mostert 1 teelepel maizena meng met bietjie asyn

Meng alles en kook oor lae hitte en roer aanhoudend.Ook vir aartapelslaai en broodslaai kan ook room byvoeg by broodslaai.

~ Terug na begin ~

Noedelslaai (Elna)

3 koppies gekookte Noedels1 Soetrissie in repies gesny1 ui – gekap

Sous250 ml Tamatiesous125 ml Asyn125 ml Olie200 ml Suiker25 ml Cartwrights KerriepoeierKnippie Sout

Meng sous deeglik en gooi oor afgekoelde noedels.Meng alles weereens deeglikVerkoel oornag in yskas.

~ Terug na begin ~

Lekker Noedelslaai (Riaan)

1 pak noedels1 koppie tamatiesous1 koppie olie1 eetlepel chillie sous (tabasco)2 uie gekap1 'greenpepper' gekap2 tamaties (gekap)

Kook noedels soos gewoonweg.Meng al die ander bestanddele saam en meng met noedels.Laat in yskas vir ± 1 uurHeerlik saam met 'n braai ens.

~ Terug na begin ~

Oats Koekies

2 k meel4 k oats2 k klapper2 k suiker250 g margarien3 t stroop2 t koeksoda

Page 45: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)Voeg koeksoda by. Meng die droeë bestanddele saamGooi stroop by droë bestanddeleGooi in 'n oondpan en druk vas.Bak vir ± 10 - 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik

~ Terug na begin ~

Ongekookte Vla (Celeste)

150 ml Vlapoeier bietjie koue water 1 L kookwater 1 blik kondensmelk 10 ml vanielje essens

Gebruik water om die vlapoeier mee te meng tot 'n loperige pasta.

Gooi kookwater ook net nadat dit gekook het by en roer tot mengsel egalig is.

Gooi blik kondensmelk by en roer.

Voeg nou die essens by en meng goed.

~ Terug na begin ~

Onwerklike Tert (Corrie Marais)(ongeveer 12 skywe)

4 eiers 50 ml margarien250 ml suiker 125 ml koekmeelblom2 ml sout 3 ml bakpoeier500 ml melk 250 ml klapper5 ml vanielje

Plaas bestanddele in 'n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed gemeng is. Giet in 'n gesmeerde oondvaste 24 cm tertbord en bak sowat 45 - 55 min. by 180°C of totdat die bo-kors goudbruin is en die vlavulselgestol is.

~ Terug na begin ~

Orrelpoeding (Chris)

Deeg:2 Koppies meel125 gm Margarien4 Eetlepels appelkooskonfyt1 Desertlepel koeksodaKnippie Sout

Smelt margarien en voeg koeksoda en konfyt by.

Meng met meel en sout. Gooi nou stroop in 'n groot bak, bv. oondpan.

Skep groot lepelsvol deeg in die stroop. Bedek met foelie. Bak 25 min. By 180°.

Stroop:6 Koppies water

Page 46: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

2 Koppies suiker2 Teelepels margarine2 Teelepels vanielje

Meng die stroop se bestanddele in 'n kastrol en kook vir 5 minute.

Hou dit daarna warm.

~ Terug na begin ~

Ow-Ow Brand Sous (Elsa)

15 chillies1 groot ryp mango 1 koppie aangemaakte mosterd 1 koppie bruin suiker 2 koppies bruin asyn 1 groot lepel elk van: Kerriepoeier, komynpoeier, chilliepoeier, gemmerpoeier, fyn neutmuskaat, seldery saad, allspice en kaneelpoeier sout en peper na smaak 1 kg tamaties 2 uie

Blits al die vrugte, groente in ‘n voedselverwerker tot mooi fyn of anders sny alles in stukkies

Meng by al die ander bestanddele en prut vir ongeveer 2-3 uur. Roer so nou en dan.

Ek moes noodgedwonge maar effe-effe proe en dis die dat ek toe in die kombuis rondspring en sê, OW OW. Hierdie sousie is beter asdaardie lipplompers wat die lippe veronderstel is om groter te laat lyk deur dit te laat ‘tingle’, glo my, die sous ‘tingle’!

Ek het nie veel bekommer oor al die bestanddele nie, het sommer ‘n paar ryp perskes ook bygesit, en ‘n bietjie meer bruin suiker en asyn,dit hang seker af of jy ‘n dunner of amper 'chutney'-tipe konsistensie soek. Die reseppie is baie aanpasbaar.

Wees versigtig dat jy nie aan jou oë vee as jy die chillies hanteer nie.

~ Terug na begin ~

Pampoenpoffertjies in Stroop (Annelise) (Hierdie resep is baie lekker saam met enige tipe gekookte kos, en braaivleis)

500 ml fyngemaakte pampoen250 ml bruismeel10 ml bakpoeier2 ml soutkookolie15 ml botter325 ml suiker200 ml melk40 ml mielieblom175 ml koue waterkaneel

Meng pampoen, bruismeel, bakpoeier, sout en eier deeglik. Skep teelepels in warm kookolie. Braai goudbruin en gaar.Dreineer op bruinpapier en skep op opdienskottel. Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.Los mielieblom in water op en roer in 'n straaltjie by melkmengsel. Verhit tot kookpunt en skep oor koekies. Dien warm op.

~ Terug na begin ~

Pannekoek

Page 47: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Vol Resep (Halwe Resep in hakies)6 Koppies Koekmeel (3 Koppies Koekmeel)5 Groot Eiers (Of 6 kleintjies) (3 Groot Eiers)1½ Koppies Kookolie (¾ Koppie Kookolie)3 Eetlepels Asyn (1½ Eetlepels Asyn)1½ Teelepels Sout (¾ Teelepel Sout)5 Teelepels Bakpoeier (2½ Teelepels Bakpoeier)8 Koppies Water (4 Koppies Water)

Klits eiers en water baie goed.Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer baie goed.Gooi meel (gesif) by en klits weer baie goed.Gooi bakpoeier laaste by en klits vir +- 1 minuut.Hoe langer die mengsel staan voor gebruik, hoe beter. Die mengsel kan in die yskas gebêre word vir +- 1 week

~ Terug na begin ~

Pasta en Maalvleis - soos Mince Mate (Annelize) (Lekker saam met 'n volgraanbroodjie en vars blareslaai.)

500 g maalvleis1 blikkie tamatie en uiesmoor1 pakkie soppoeier (bruin uie werk lekker)half pak rou pasta (macaroni, skulpies, wieletjies, of wat die kinders die meeste van sal hou).2 tot 3 koppies kookwater

Braai die maalvleis tot gaar, gooi die soppoeier bo-oor en roer.Gooi die blikkie tamatie en uiesmoor bo-oor en roer.Gooi die pasta bo-op en dan die kookwater, eers net 2 koppies. Sit die deksel op en wag so 15 min. Die mengsel moet prut en nie te vinnigkook nie anders brand die vleis aan die onderkant.Haal deksel af en roer die pasta tussen die vleis in. Nou behoort mens te sien of nog kookwater nodig is om die pasta sag gekook te kry.Indien nodig gooi dan nog kookwater by en moenie die deksel terugsit nie. Na so 5 min behoort alles gaar te wees.As mens van baie sout in kos hou sal dit nodig wees om nog sout by te gooi, maar ek het gevind dat die soppoeier dit genoeg geur vir onssmaak. 'n Bietjie chutney bo-oor het ook nog niemand skade gedoen nie.

~ Terug na begin ~

Pastaslaai uit Huisgenoot Wenresepte (Kristi)

Macaroni (hulle sê 500ml - maar dit is baie! so gebruik diskresie!)Blik lietsjiesBlik pynappelstukke / een pynappelSo 4 piesangsBlik ertjies

Meng alles en gooi bietjie suurlemoensap oor piesangs vir verkleuring

Sous:125 ml mayo en 125 ml biermeng en gooi oor slaai

PS: Ek het kondensmelk ok bygegooi en die ertjies gelos maar dit sal mooi kleur gee.

~ Terug na begin ~

Heerlike Patats (Lorna)

Sny en skil patats (omtrent genoeg vir 4 mense). Rangskik in oondbak.Gooi gouestroop bo-oor - redelik mildelik.

Page 48: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Meng 1 bakkie room (250 ml) met 'n mespunt koeksoda en gooi dit laastens oor patats.Bak die mengsel omtrent vir 1.5 uur - hoe langer dit bak (hoe meer karameliseer die room en stroop)

~ Terug na begin ~

Pekanneut Tert (Amanda Viljoen)

3 eierwitte1 koppie grof gekapte pekanneute1 koppie strooisuiker16 grof gekapte Salti Cracks beskuitjieskaneel

Klop eierwitte styf en voeg strooisuiker stadig by. Klop soos vir meringues. Voeg kaneel by. Vou pekanneute en beskuitjies by. Giet in gesmeerde tertbak en bak teen 180 Grade C.vir 30 minute. Laat afkoel. Smeer 'n laag geklopte room oor tert net voor bedieningm Rond af met 'n bietjie kaneel.

~ Terug na begin ~

Peppermint Crisp Tert (Lorette Grové)

1 x Boks Orly Whip - 2x sakkies1 x caramel kondensmelk1 x tennis beskuitjies2 x pepperment crisp sjokolade

Rasper 1 sjokolade.Klits nou die orly-whip en kondensmelk saam. Voeg gerasperde sjokelade by en roer.Pak bak met tennis beskuitjies en gooi mengsel oor.Rasper ander sjokolade bo-oor en verkoel tot styf.

~ Terug na begin ~

Peri-Peri Pastaslaai

1pk 500g Pasta [Gnocchi]1k Tamatiesous1k Suiker1k Olie1k Druiwe Asyn2 van 250ml bottels Knorr Peri-peri Sous4 Groot uie [fyn gekap]6 Groen/Rooi Rissies [gekap]

Kook pasta vinnig in diep water met sout en 1E Olie, dreineer en spoel afSmelt bestandele saam oor medium hitteRoer Uie en Rissies saam en roer goed deurVoeg Pasta by en roer liggies deurLaat staan oornag Bedien warm of koud[Hou lank in die yskas]

~ Terug na begin ~

Perske Piekels / Blatjang (Emily)

3.5 kg Geel perskes

Page 49: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

4 gekerfde groot uie 1 groot gekerfde groenrissie 1 koppie sultanas of pitlose rosyne 25 ml kerrie 15 ml sout 5 ml fyn gemmer 5 ml fyn koljander 7 ml “crushed” knoffel 15 ml borrie 3 koppies suiker 50 ml mielieblom 12.5 ml mosterd 1 bottel asyn (750 ml)

Sny die perskes in snippers en kook in mikrogolf tot matig sag.

Kap uie en rissie - moet dit nie te fyn kap nie dit moet grof wees.

Meng die speserye met 'n bietjie water.

Gooi suiker by asyn en verhit. Roer tot die suiker begin oplos.

Voeg nou die speserymengsel by. En kook vir 15 minute. Voeg die rosyne by.

Voeg perskes, gekapte uie en rissie by. Kook tot sag in die bogenoemde mengsel.

Voeg die mielieblom, wat met die sap van die gekookte perskes aangemaak is, by. Kook tot piekels/blatjang verdik.

Gooi in gesteriliseerde bottels of flesse terwyl dit nog warm is en maak dit dadelik toe.

~ Terug na begin ~

Pienk Tert (Lorette Grové)

250 ml Room500 ml Aarbei Yougurt1 Pakkie aarbei Jellie1 Blik Kondensmelk1 Houer Maaskaas1 Pakkie aarbei instant poeding1 pakkie tennisbeskuitjiesBotter1 eetlepel Vlapoeier1 koppie warm water

Klits room styf en voeg kondensmelk, yougurt en maaskaas by.Voeg droë instant poeding by en meng goed deur.Verkrummel tennis beskuitjies met botter en plaas in bak as kors.Voeg mengsel in bak.Begin eers met die volgende stappe as die tert gestol het.Maak jellie aan met 1 k warm water.Voeg vlapoeier by.Kook in mikrogolf tot gaar.Gooi oor gestolde tert.

~ Terug na begin ~

Piesangbrood (1 Pannetjie) (Jackie)

Page 50: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

60 g Botter125 g Strooisuiker1 Groot Eier15 ml Stroop3 Fyngedrukte piesangs½ teelepel sout250 g Bruismeel3 eetlepels melk

Smeer die pannetjie.Klop botter tot sag, voeg strooisuiker by.Meng piesangs met stroop en eier, gooi dit by bottermengsel.Meng meel en sout en voeg by die piesangmengsel.Meng alles goed, en gooi in pannetjie.Bak ± 90 minute in voorverhitte oond van 180°C .

~ Terug na begin ~

Piesangslaai 1 (Laurinda)

6 - 8 redelike groot piesangs1 blikkie kondensmelk1 blikkie pitmielies1 blikkie gekerfde pynappelmayonnaise

Sny die piesangs in die mengsel van die kondensmelk, pitmielies, pynappel en mayonnaiseen laat staan so 'n rukkie in die yskas (+/- 'n uur voor opdiening).

Jy moet maar liefs nie probeer wanneer op dieet nie!!! Jy sal nie kan ophou nie!

~ Terug na begin ~

Piesangslaai 2 (Sarie)

Piesangsroomsuurlemoensapkondensmelkpietersielie

Sny piesangs in skyfies, voeg genoeg suurlemoensap by.Voeg kondensmelk en room by, net genoeg om piesangs te bedek.Strooi gesnipperde pietersielie bo-oor.

~ Terug na begin ~

Polonie-vetkoekies (Amanda Viljoen)

2 koppie meelblom1 teel sout1/2 teel peper1 eier1 koppie melk1 koppie gerasperde knoffelpolonie

Sif die droë bestanddele saam en voeg die geklitste eier en melk by. Voeg die polonie by en meng deeglik.

Page 51: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Skep lepelsvol in warm vlak olie en braai bruin aan albei kante.

~ Terug na begin ~

Pynappel Kaaskoek (Amanda Viljoen)

1 blik fyn pynappel 1 pakkie pynappel of suurlemoen jellie 1 koppie smeerkaas 1/2 kop suiker 2 teel. vanilla 1 blik Ideal melk 1 teel. suurlemoensap1 pakkie tennisbeskuitjies

Bring pynappel tot kookpunt. Gooi jellie by en sit eenkant om af te koel. Room kaas, suiker en vanilla. Klits melk met suurlemoensap tot styf. Voeg pynappel-mengsel en kaasmengsel by die melk en klits baie goed. Pak tennisbeskuitjies in 'ntertbak en gooi mengsel in. Gooi krummels bo-oor en laat vir een uur in koelkas

~ Terug na begin ~

Pynappel Maaskaas Tert (Lorette Grové)

1 Konfytrol in skywe gesny1 houertjie maaskaas 250g1 blikkie kondensmelk - 397g80 ml suurlemoensap1 blikkie pynappelstukke - 410g12.5 ml vlapoeier

Voer tertbord met die rolkoekskywe uit - meng roomkaas, kondensmelk en suurlemoensap en skep dit bo-op die rolkoeklaagm Dreineer die pynappelstukke en behou die stroop. Maak die vlapoeier en bietjie van die stroop aan tot gladde mengsel. Verhit die res van die stroop en roer die vlamengsel by totdat dit verdik en helder word. Mikrogolf 3 minute. Rangskik die pynappelstukke op die roomkaaslaag - en gooi die stroop oor - verkoel in yskas.

~ Terug na begin ~

Pynappel Tert (Christa)

2 pakkies tennis beskuitjies2 pakkies suurlemoen jellie 1 blikkie ideal melk 3 koppies kookwater 1 blik pynappelmoes

Verkoel die ideal melk tot goed koud, maar moet nie laat ys nie. Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie. Klop ideal melk tot styf, voeg by jellie en pynappelmoes en klop goed. Pak beskuitjies en ideal melk mengsel in lae en eindig met 'n laag beskuitjies gefrummel bo-op.

~ Terug na begin ~

Pynappelhoender (Stefanie)(4 porsies)

1 ui, gehalveer en in skyfies gesny25 ml (2 e) sonneblom- of olyfolie

Page 52: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 kg hoenderporsies50 ml (4e) blatjang250 ml (1k) rou rys750 ml (3 k) sterk tee1 pakkie sampioensoppoeier1 x 440 g-blik pynappelstukke1 elk rooi en groen soetrissie, pitte verwyder en in driehoeke gesny

Braai ui en hoenderporsies in warm olie tot verbruin. Gooi blatjang en rys by en meng deur. Meng tee met soppoeier en gooi oor hoender. Dreineer pynappelstukke en gooi sap by. Prut vir 30 min. Roer af en toe.Gooi pynappelstukke en soetrissie by. Laat prut vir 10 min. tot net sag en geur na smaak met sout en swartpeper. 'n Vullende maaltyd in een gereg.

~ Terug na begin ~

Pynappel-Yskastert 1 (Lorette Grové)

2 pakkies tennis beskuitjies2 pakkies suurlemoen jellie1 blikkie ideal melk3 koppies kookwater1 blik pynappelmoes

Verkoel die ideal melk tot goed koud, maar moet nie laat ys nie.Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie. Klop ideal melk tot styf, voeg by jellie en pynappelmoes en klop goed. Pak beskuitjies en ideal melk mengsel in lae en eindig met 'n laag beskuitjies gefrummel bo-op.

~ Terug na begin ~

Pynappel-Yskastert 2 (Lorette Grové)

1 blikkie kondensmelk1 pakkie suurlemoen jellie1 blikkie fyn pynappel1 room1 pakkie tennisbeskuitjies

Pak tennisbeskuitjies in tert bak (nie kleiner as "bord" grootte nie)Maak jellie soos gewoonlik aan en gooi blikkie kondensmelk by en roerDreineer pynappel tot droog en gooi by mengselGooi bogenoeme mengsel oor tennisbeskuitjies klits room tot styf en smeer oor mengselSit oornag in yskasPS: Jy kan sjokelade oor die room rasper vir afronding

~ Terug na begin ~

Roly Poly (Laura)'n Gunsteling nagereg vir die soettand

Stroop:1 koppie suiker2 koppies water1 teelepel bottter½ teelepel vanielje essens

Kook tot stroop.

Page 53: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Koek:1 koppie koekmeel1 teelepel bakpoeierknippie sout1 eetlepel botter2 teelepels suiker1 eier

Vryf botter in droë bestanddele. Maak aan met geklitste eier - deeg moet rolbaar wees - voeg bietjie melk by indien te styfRol deeg uit in reghoek en smeer appelkooskonfyt oor. Rol op soos rolkoekGooi stroop oor en bak by 180grade vir 40 min of tot bruin en gaarBedien met vla.

~ Terug na begin ~

Romerige Hoenderlewerpasta (Amalia)

Soteer 2 gesnyde uie en 1 knoffelhuisie in botter tot sagVoeg 300 g hoenderlewers by en soteer tot effe bruinVoeg 250 ml hoenderaftreksel by en laat prut 20 minute lankVoeg 1 buisie uitgedrukte spekvleissmeer byVerhit tot deurwarmMeng liggies met gaar penne-pasta

~ Terug na begin ~

Roomtert (Lorette Grové)

Kors:1 pakkie Marie Beskuitjies (Gooi in plastiek sak en rol dit fyn)Meng krummels met 125 gram gesmelte margarien en druk dit eweredig vas in 'n 2 liter Pyrex bak.

Vulsel:125 ml Vars room1 Orley Whip met 2 sakkies kunsroom in2 x blikkies kondensmelk125ml suurlemoensap

Klits 1 en 2 saam totdat punte begin vorm.Vou die kondensmelk se inhoud daarin, moenie klits nie.Gooi nou die suurlemoensap by en roer liggies totdat alles mooi gemeng is.Plaas in yskas vir ongeveer 12 ure.

~ Terug na begin ~

Rum-en-Rosyne Tert (Lorette Grové)

1 pakkie tennis beskuitjies1 Blik kondensmelk2 sakkies orley whip7ml rum geursel½ koppie pitlose rosyne

Bedek rosyne met warm water en laat staan vom uit te swel. Klits Orley Whip styf en voeg kouer kondensmelk, geursels en rosyne by. Pak laag op laag en plaas in die yskas. Bedien koud.

~ Terug na begin ~

Page 54: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Rysslaai (Liza)

250 ml Rou rys15 ml Matige kerriepoeier2,5 ml Sout750 ml Dun hoendersop1 Tamatie1 Groen soetrissie250 ml Ingemaakte geelperskeskywe30 - 45 ml Perskestroop30 ml Fyn gekapte ui30 ml Mayonnaise5 ml SuikerSlaaiblare

Kook rys, kerriepoeier en sout in die sop tot gaar.Skil tamatie, haal pitte uit en kap res van tamatie op.Doop soetrissie 1 minuut lank in kookwater ontpit en kap in stukkies.Sny perskeskywe in stukkies.Meng nou al die bestanddele by die res en skep op slaaiblare.

~ Terug na begin ~

Sagopoeding (Amanda Viljoen)

1 koppie sago4 eeteel suiker2 eeteel margarien5 koppie melk3 eiers

Kook sago in melk tot gaar. Gooi suiker en margarien by, dan geklitste eiers. Bak tot bruin.

~ Terug na begin ~

Seekos en Pastagereg (Sarie)

Gemengde seekos, hoeveelheid afhangend van hoeveel persone.Visspeserye - genoeg!Thai speseryeknoffelsout en pepertobascosous (ops, of iets anders, tobasco sous ongelooflik duur)pietersielie"Spring onions"uietamatiesjerrieroompasta (ops)

Braai uie, tamatie, pietersielie, sampioene en seekosmengsel saam, roeg gedurig. Voeg al die geurmiddels en sjerrie by en prut so vir 'n halfuur.Voeg room by en prut vir 5 minute. Meng met gaar pasta of bedien net so as 'n voorgereg.

~ Terug na begin ~

Semelroombeskuit (Susan)

Page 55: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 kg Bruismeel8 x 250 ml Semels500 ml Witsuiker5 ml sout500 gr Margarien of Bottter1 liter Room (of ½ room en ½ ingedampte melk)

Verhit oond tot 180°C. Smeer twee rolkoekpanne van 40 x 27 x 2Meng die bruismeel, semels, witsuiker en sout saam en frummel die smeer daarin. Voeg die room by en meng goedDruk deeg eweredig met spaan in panneSny die deeg in vierkante van ongeveer 4 x 6cmBak beskuit ongeveer 45 minute tot gaar en effens bruinKeer versigtig uit op draadrak en laat afkoel Wanneer koud, sny stukke los deur vurk in snymerke te steekDroog beskuit uit in koel oond(Voer panne uit met waspapier of bakpapier want die beskuit is baie bros en geneig om vas te sit.As die deeg bietjie droog is, kan bietjie ekstra melk bygevoeg word)

~ Terug na begin ~

Sjokolade Krakelinge

2 e Kakao2 k suiker1 t essens½ k melk125 g botter2 k oats1 k klapperSit neute, kers, ens by (opsioneel)

Gooi 1st 5 bestanddele bymekaar. Sit in mikrogolf smelt & roer kort-kortAs dit kook - kook vir 5 minuteGooi res by en meng. Skep op waspapier telepels vol.

~ Terug na begin ~

Sjokolade Mouse (ook lekker by sjokolade koek as versiersuiker)

50 ml vla50 ml Kakao175 ml suiker - meng bogenoemde saam met bietjie melk van die 500 ml 500ml melk - kook die melk15 ml gelatien30ml kouewater - meng dit en hou eenkant510 g Idealmelk

Meng vla, kakao, suiker en voeg van 500 ml melk byKook res van die melk Gooi by vla mengsel, en gooi terug in kastrol en kook dit net op. Roer aanhoudend.Meng gelatien en kouewater en laat staan om dik te word.Gooi dan die gelatien by melkmengsel. Roer to dit opgelos is.Laat afkoel. Klop Idealmelk styf en vou in die mengsel.

~ Terug na begin ~

Koue Sjokoladepoeding

Plaas op stoof: 4 koppies melk en 1 Eetlepel margarien

Page 56: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Meng:4 Eetlepels vlapoeier (hoogvol)3 Eetlepels kakao1 teelepel koffiepoeier1 Koppie suiker½ teelepel sout met klein bietjie melk

Roer hierdie mengsel by kokende melk. Laat weer kook. Verwyder van stoof. Klits 2 eiers goed en klits vinnig in by mengsel. Gooi in bak en laat koud word in yskas. Bedien met vla.

~ Terug na begin ~

Sjokolade Vrieskastert (Amalia)

45 ml (3 e) botter45 ml (3 e) strooisuiker250 m (1 k) fyngekapte gemmerkoekies15 ml (1 e) kakao45 ml (3 e) water310 ml (1 ¼ k) dik room styf geklop15 ml (1 e) brandewyn1 groot eier

Smeer 'n 1 kg broodpan liggies met botter of bespuit. Voer uit met bakpoeier en smeer weerSmelt botter en suiker in kastrol. Verwyder van plaat en voeg beskuitjieskrummels by. Roer deur en laat afkoelDruk die helfte van die mengsel op die bodem van die broodpan vas en verkoel.Los die kakao in die water op en vou by die room in. Roer brandewyn byKlits die eierwit tot dit stywe punte vorm en vou inGiet die mengsel oor die beskuitjies in die pan. Maak gelyk en strooi die orige krummelmengsel bo-oorBedek en bevries ongeveer 2 - 3ure verkieslik oornag tot hardKeer uit en bedien met sjokoladesous (Genoeg vir 6 mense )

~ Terug na begin ~

Sjokoladekoek (Erna) en (Susan)

6 eiers, geskei 1½ koppies koekmeel1½ koppies strooisuiker ¾ koppie kookolie¾ koppie kookwater 3 eetlepels kakao1 teelepel sout 3 teelepels bakpoeier1 teelepel vanieljegeursel

Klits geel van eiers, voeg suiker by en klits goed. Los kakao op in kookwater, voeg olie by en voeg dit dan by die eiermengsel en menggoed. Voeg meelblom, sout, bakpoeier en vanielje by en meng alles goed. Klits eierwitte styf en vou in. Bak by 180 grade vir 35 minute in grootoondpan. Kook die volgende bestanddele saam en gooi warm oor die koek:

2 koppies suiker 2 koppies koue water1 teelepel vanieljegeursel 2 groot eetlepels koffie

Laat die koek nou heeltemal afkoel. Smeer 1 blik karamelkondensmelk bo-oor. Klits 2 sakkies Orley Whipp styf en smeer oor koek. Strooi

Page 57: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

'flake' oor.

~ Terug na begin ~

Sjokoladekoek met sous (Jacob)

A. Meng: 1 k koekmeel1 k suiker½ t sout2 t bakpoeier

B. Meng: ¼ k kakao½ k kookwater½ k kookolie4 eiers (geel alleen)4 t vanielje-essens

C. Meng bestanddele no. (A) en (B)

Klits eierwitte styf, vou by die mengsel in.Bak vir 30 min by 180º in 'n glasbak.

D. Sous:Smelt: ½ k suiker¾ Blik Ideal melkGooi oor warm koek.

E. Laastens:

Meng ¼ blik Ideal melk met sjokolade en smelt. Gooi dan oor koek.

~ Terug na begin ~

Slaaisous 1 (Amanda Viljoen)

1 teel. mosterdpoeier1/2 teel. sout1/4 teel. peper1/2 koppie kondensmelk1 eiergeel1/4 koppie slaaiolie1/4 koppie asyn

Meng droë bestanddele, en voeg by kondensmelk. Klits eiergeel en voeg by. Voeg eers olie en laastens asyn by en meng goed. Laat staan 'n rukkie en voeg by slaai.

~ Terug na begin ~

Slaaisous 2 (Amanda Viljoen)

1 eetl meelblom1/4 teel. sout, peper 2 eetl suiker3/4 teel. droë mosterd2 eiers, effens geklits3/4 koppie melk1/4 kop botter

Page 58: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1/2 koppie asyn

Sif droë bestanddele. Voeg res stadig by. Roer oor kokende water tot mengsel begin dik word. Laat afkoel. Gooi oor slaai.

~ Terug na begin ~

Slakke & Room Gereg

2 blikkies slakke (in pekelwater) (by enige supermark te koop)1 groot ui gekerf½ houertjie Ultraroom (100 ml)1 pakkie Pasta Sauce (kaas, sampioene & knoffel geur) aangemaak met water soos op pakkie aangeduiKlein bietjie soutAromat na smaak1 pakkie vars sampioene Vars fyngekapte knoffel na smaak

Braai uie, gekerfde sampioene en knoffelvlokkies in botter.

Spoel slakke BAIE GOED af in vars water

Meng slakke met uie en sampioene in braaipan

Gooi pakkie Pasta Sauce en room by

Gooi aromat en sout na smaak by

Braai alles saam vir ±15 minute

Bedien saam met repies bruin brood

(Genoeg vir ±4 persone)

~ Terug na begin ~

Smoorkool

1 middelslag ui 30ml sonneblom olie 2 tamaties 400g gesnipperde kopkool 2 ml sout growwe swart peper

Skil die ui en sny in ringe. Soteer uieringe in sonneblom olie.Skil die tamaties en sny in blokkies. Voeg dit by die uieringe en smoor 'n paar minute saam. Voeg die kopkool by en roerbraai die mengesel oor stadige hitte net totdat die kool sag is. Geur met sout en swart peper. Bedien warm.

~ Terug na begin ~

Sneeupoeding (Erna Boyder)(Hier is 'n resep wat in Kook en Geniet, 15de volledig hersiene uitgawe, tweede druk 1993 op bl 117 verskyn:)

22,5 ml (1½ e) gelatien60 ml (¼ k) koue water250 ml (1 k) kookwater250 ml (1 k) suiker60 ml (¼ k) suurlemoensap

Page 59: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

gerasperde geel skil van ½ suurlemoen2 eiers, geskeivla poeier

Week die gelatien vir 5 minute of langer in koue water en los dit op in die kookwater.Voeg suiker, suurlemoensap en -skil by.Syg mengsel deur 'n sif en laat op 'n koel plek afkoel.As die mengsel feitlik gestol is, klits dit met 'n vurk of klitser tot lig en sponserig.Klits eierwitte styf en vou in.Giet in 'n nat vorm om verder te stol.Maak vla van die eiergele en sit voor saam met die poedingm (As u nog weet hoe om vla op die ou manier te maak!!) Lekker eet!

~ Terug na begin ~

Snoektert

Kors:1½ k meel1 ½ t bakpoeiersout3 e gesmelte botter

Meng & voeg koue water by indien nodig (sagte deeg). Smeer in 'n bak

2 k melk60 ml meelsout1 e botter

Maak 'n witsous daarvanHaal van die stoof af

1 Blik snoek1 k gerasperde kaas1 eier (kan gekookte eier insit - in stukkies gesny)½t papirka1 t pietersielie

Meng en gou op kors & bak by 180° C. Versier met kaas & uie chips bo-oor

~ Terug na begin ~

Soet-Suur Hoendervlerkies (BBQ) (Ros)

12 hoendervlerkies½ koppie kookolie1 gerasperde ui1 teel vars knoffel1 teel vars gemmer1 koppie tamatiepuree1 koppie tamatiesous½ koppie asyn¼ koppie Worcestershire sous½ koppie bruinsuiker1 teel chilli pasta1 teel suurlemoenpeper2 teel vars suurlemoensap1 koppie watersout na smaak

Page 60: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Verhit die olie in 'n potSoteer ui, knoffel en gemmer vir 4-5 minuteRoer oorblywende bestanddele by (behalwe hoendervlerkies) en prut vir 20 minute. Verwyder van hitte en laat heeltemal afkoel.Gooi oor hoendervlerkies en marineer in yskas oornag.Bedrup kort-kort terwyl vlerkies gebraai word.

~ Terug na begin ~

Soetsuur Varkroerbraai

500g varkfilet, in dun repies gesny1 knoffelhuisie gekneus50 ml (4 e) tamatiesous25 ml (2 e) sjerrie12.5 ml (1 e) heuning12.5 ml (1 e) witwynasyn25 ml (2 e) sojasous25 ml (2 e) sonneblom olie1 wortel, geskil en in repe gesny225 g preie, ontpit en in repe gesny1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny200 g sampioene, afgevee en in kwarte gesny100 g babamielies, gehalveer410 g blik pynappelstukke2,5 ml (1 e) mielieblom, opgelos in 12,5 ml water

Marineer varkfilet vir 30 minute in die mengsel van knoffel, tamatiesous, sjerrie, heuning, asyn en sojasous.Verhit olie, haal vleis uit marinade en roerbraai vir 5 minute.Voeg wortels, preie, soetrissie, sampioene en babamielies by en roerbraai vir 5 minute.Meng res van die marinade, pynappelstukke met sap en mielieblom saam. Giet in pan en kook vir 5 minute tot sous effens verdik. Sit dadelik voor op rys.

~ Terug na begin ~

Sop-resep (Hermien)

Lekker groot sopbene (beesskenkels ) met vleis aan (1kg)4 groot wortels.halwe pakkie sop ertjies (droë ertjies)4 groot aartappels.2 groot uie3 groot tamaties.1 pakkie soppoeier enige soortbietjie meel sout

Week ertjies oornag in water, kook volgende dag tot sag. Kook sopvleis tot sag.Rasper groente of verpulp dit. Gooi alles in vleismengsel saam met genoeg water.Laat kook totdat die groente gaar is, en meng dan soppoeier en meel en sout saam en verdik die sop met die mengsel. Laat goed deurkooktotdat dit verlangde dikte is. Om dit nog lekkerder te maak, gooi bietjie spaghetti ook by.Ek hou van my sop lekker dik, en die een is gewoonlik 'n treffer. Gewoonlik kook ek baie en vries dan in bakke die wat oorbly, vir die daewat dit koud is, en tyd min.

~ Terug na begin ~

Sous vir Kassler

15 ml heuning

Page 61: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

15 ml sjerrie2 ml aangemaakte mosterd

Meng goed en smeer die kassler terwyl dit gebraai word.

~ Terug na begin ~

Souskluitjies (Chrissie)

Kluitjies:250 ml koekmeelblom10 ml bakpoeier2 ml sout50 ml margarien / botter1 eier100 ml melk

Sous:500 ml kookwater25 ml margarien / botterkaneelsuiker

Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig.Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt.Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie.Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor.Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.

~ Terug na begin ~

Souskluitjies 2 (Nagereg) (Thea)

260 ml Meelblom25 ml botter25 ml bakpoeier3 Eiers250 ml melksout

Sous:1 Liter water480 g suiker (600 ml)1 ml sout20 ml asyn

Sous om oor souskluitjies te gooi:25 ml botter20 ml kaneel15 ml naeltjies120 ml asyn60 ml vlapoeier aangemaak met bietjie water

Sif droë bestanddele saam. Vryf botter in.Klits eiers en melk goed. Voeg by droë bestanddele. Meng goed.Skep lepelsvol in kastrol, 4 cm gevul met kookwater en 20 ml asyn. Plaas deksel dadelik terug en prut oor lae hitte vir 7 - 10 minute.Skep kluitjies in opdienbak en strooi kaneelsuiker bo-oor.

Page 62: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Berei sous om oor te gooi:

Kook al die bestanddele saam behalwe die vlapoeier.Bring tot kookpunt. Verdik met vlapoeier. Gooi sous oor kluitjies.Dien warm op saam met dun vla.

~ Terug na begin ~

Souttert 1 (Helene)

1 Groot Ui (fyngekap)½ koppie fyn vars sampioene½ groenrissie (fyngekap) (green pepper)1 pak (250 g) fyn spek (Bits 'O Bacon)1 EL fyn knoffel250 ml (1 kop) melk125 ml (½ kop) Koekmeelblom2 eiers, geskei250 ml (1 kop) gerasperde Cheddarkaas1-2 tamatiesSout en peper na smaakCayenne peper

Braai spek tot gaarVoeg by ui, knoffel, groenrissie & sampioene. Smoor tot uie glaserig is.Meng melk, meel, eiergele, sout en peper.Vou spekmengsel by en meng goedKlits eierwitte styf en vou in by mengselSmeer groterige bak en gooi mengsel in.Sny tamaties dun skyfies bo-opStrooi kaas bo-opSprinkel Cayennepeper bo-op.Bak vir ± 30 minute by 180°C of tot gestol.

~ Terug na begin ~

Souttert 2

5 snye wit/bruin brood (sonder korsies) gooi in kastrol3 k melk3 e botter

kook bogenoemdeHaal van stoof af en gooi by:

1 Blik weenseworsies of bullybeef1 ½ k kaas1 UiRooipeper1 Pak bacon geknip3 EiersPietersielie

Meng goed & bak teen 180° C.

~ Terug na begin ~

Soutterte (Amanda Viljoen)

Page 63: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1. Tunatert

1 blik Tuna30 ml meelblom2 eiers375 ml melk250 ml gerasperde kaas

Klits eiers en melk goed. Meng tuna, meel en kaas met eiermengsel. Bak vir 30 minute in oond teen 350 Grade F ( 180 Grade C ) Kan met pietersielie versier word.

2. Souttert (Amanda Viljoen)

Smelt saam: 30 ml botter Voeg 30 ml meelblom stadig byVoeg 500 ml melk stadig by en roer tot dik en gladVoeg bogenoemde by 2 geklitste eiers en meng goed

Voeg by: 125 gm Fyngesnyde gebraaide ontbytspek125 gm Fyngesnyde ham125 gm gerasperde kaas2 hardgekookte gerasperde eiersSout en peper en aangemaakte mosterd na smaak

Bak in gesmeerde vuurvaste bak in oond teen 180 Grade C tot gaar

3. Souttert (Amanda Viljoen)

Week 4 dik snye wit brood in 2 koppie melk en druk fyn.

1 blik weense worsies1 koppie gerasperde kaas3 eiers, geklopknippie peper SoutPietersielie

Meng alles saam en bak teen 180 Grade C.

4. Souttert (Amanda Viljoen)

1 blik beef1 blik worsies1 blik sweetcorn1 dl. bakpoeier1 koppie meelblom5 eiers1 koppie kaas2 koppie melk1 eeteel pietersielie1 ui1/2 koppie kookoliesout

Meng alles goed, en bak in oond teen 180 Grade C tot gaar.

~ Terug na begin ~

Page 64: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Souttertjies [klein] (Amanda Viljoen)

Kors: 5/8 koppie (10 eetl) meelblomknippie sout1/2 teel suiker1/8 teel kremetart4 eetl margarien1/2 eiergeel

Sif die meelblom, sout en kremetart saam. Voeg suiker by. Vryf die margarien liggies in. Maak die deeg aan met die eiergeel en wanneer dit te droog is, voeg 1 eeteel koue water by. Rol +- 1/8" dik uit. Sny in sirkels en plaas inkolwyntjiepanne. Sit in yskas tot vulsel gereed is.

Vulsel:

Maak 'n witsous van: 1 eetl margarien 1/2 koppie melk1 eetl meelblom

Klits 1 eier en voeg dit by die witsousVoeg ook die volgende by die witsous:

1/4 teel mosterd2 eetl gesmelte margarien1 eeteel gekapte pietersielie1/2 koppie gerasperde kaas1/2 koppie gaar gemaalde vleis (of fyn geblikte worsievleis) 1 eetl gerasperde ui

Skep nou in die deeg in kolwyntjiepanne. Bak vir 20 minute teen 190 Grade C. Lewer +- 15 tertjies.

~ Terug na begin ~

Spaghetti met Tamatiesous (Judy Myburgh)

2 uie2 eeteel Botter of margarien4 of 5 ryp tamatiesSout en peper na smaak1 teelepel suiker2 koppies gekookte spaghettikwart tot half koppie gerasperde kaas

Sny die uie in dun skywe en braai dit in die warm botter of margarien in 'n kastrol tot dit effens bruin is.Voeg die tamaties, in skywe gesny, by en kook totdat dit sag is.Voeg sout, peper en suiker by en vryf die sous met 'n houtlepel deur 'n draadsif.Sit die spaghetti in 'n plat skottel, sit die kaas in die middle bo-op en gooi die tamatiesous oor die kaas en spaghetti.

~ Terug na begin ~

Speel-Deeg (Esmé)

Meng saam:2 koppies koekmeel¾ koppie sout

Page 65: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

30ml kremetart

Meng saam:2 koppies water30ml olie5ml kleursel5ml geursel

Voeg nou alles bymekaar en meng goed.Plaas in mikrogolf (op hoog) vir ± 4 tot 5 minute. Roer na elke minuut.Die deeg word ligter in kleur soos dit gaar word.Dit hou vir maande (buite die yskas) as dit dig toegemaak

~ Terug na begin ~

Spek-en-Kaas Spaghetti (Nanette skryf) Hier is my resep, en dit is regtig die moeite werd en baie lekker al is dit bietjie aan die duur kant. Die bestanddele pas jy maar aan afhangende vanhoeveel mense jy wil kos gee, maar dit kom nogal redelik ver en word daar altyd 'n tweede keer ook geskep.

1 Pak Spaghetti2 Pakke gekapte spekvleis500 g Gerasperde Cheddarkaas (Hoe meer kaas hoe lekkerder)2 Pakke Gekerfde Sampioene

Braai die spekvleis en sampioene saam tot heerlik bruin en bros.Kook die spaghetti tot gaar en dreineer.Roer die warm spaghetti tussen die spekvleismengsel in.Roer al die kaas tussenin en laat dit smelt.

~ Terug na begin ~

Spinasiekoekies (Martie noem dit "Popeye vir Ete")

1. Klits 3/4 koppie water en 1 groot eier saam.

2. Voeg 1 en 1/2 koppie meel, 1 teelepel sout, peper en 1 teelepel bakpoeier by en meng.

3. Was spinasie af en sny in repe. Meng met deegmengsel.

4. Skep met 'n lepel in pan met voorafverhitte olie.

5. Bak aan elke kant tot bruin (net 'n paar minute aan 'n kant - dis vinnig gaar).

6. Dit lewer so 15+ koekies, afhangende hoe groot skeppe jy skep.

~ Terug na begin ~

Stampkoringslaai (Annatjie)

250 ml stampkoring1 x 410 g blik perskeskywe1 soetrissie2 ml mosterdpoeier125 ml mayonaissesoutpeper1 kookappel1 uitjie

Page 66: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Kook stampkoring sowat 45 min of tot sag - gooi in vergiettes en spoel met koue water af. Laat goed dreineer Meng mayonnaisse en mosterd. Kap ui - sny appel in dobbelsteentjies en ontpit - sny soetrissies in repeDreineer perskes en sny kleiner. Plaas alle bestanddele in slaaibak. Geur met sout en peper en meng met twee vurke.

~ Terug na begin ~

Suurdeeg (Linda van As)

Om nuwe plantjie te maak (MA)

Gebruik 'n vrugtefles en plaas so min of meer ½ koppie rosyne (met pitte) daarin. Maak fles so ¾ met sterk lou water vol en sit half eetlepelsout, 2 eetlepels suiker en 1 eetlepel koek meel by. Meng goed en laat staan op 'n warm plek om te gis.Gooi na 2 dae die meeste water af (so ongeveer ¾). Sit weer dieselfde hoeveelhede sout, suiker en meel by en weer sterk warm water (moetnie kook warm wees nie anders sal dit die platjie doodbrand).Laat staan so 2 dae of tot dit gis. Die meel sal opkom.Haal rosyne uit en bêre tot jy dit wil gebruik dan gooi jy die meeste water af en suur dit weer in met ½ eetlepel sout, 2 eetlepels suiker en 3eetlepels meel.

~ Terug na begin ~

Suurlemoen Yskastert (Lorette Grové)

1 blikkie kondensmelk1 koppie suurlemoensap1 pakkie tennisbeskuitjies.1,5 liter vla (lekker dik aangemaak met genoeg suiker om dit soet te maak)

Meng die kondensmelk met die suurlemoensap. Pak 'n ry tennisbeskuitjies onder in 'n vierkantige glas/platiek bak. Giet helfte van die vla oor en laat 'n rukkie afkoel, giet nou weer die helfde van die kondensmelk mengsel oor, en smeer eweredig oor vla.Pak weer 'n ry tennisbeskuitjies en giet die res van die vla daaroor, laat weer bietjie afkoel. Gooi nou die res van die kondensmelk mengsel oor die vla - eweredig gesmeer en krummel 'n paar fyngemaakte beskuitjies bo-oor. Plaas in yskas en laat stol. (Hmm heerlik).

~ Terug na begin ~

Tamatie-resepte (Judy Myburgh)

Tamatieblatjang

2 pond tamatieshalf pond bruin suiker1 k asynhalf pond sultanas1 e mosterd1 e fyn gemmer1 e sout2 uie, in dun skyfies gesnykwart t rooipeper

Skil die tamaties af (dompel hulle 'n paar minute lank in kookwater en daarna in koue water om die skilletjies los te maak) en sny hulle fyn.Meng al die bestandele en kook dit stadig in 'n emaljekastrol tot dit die regte dikte het. Roer dit af en toe om te voorkom dat dit brand.Bottel terwyl dit warm is en verseël dit sodat geen metal met die blatjang in aanraking kom nie.

Tamatiesous (Judy Myburgh)

10 pd ryp tamaties2 uie2 tot 4 huisies knoffel1 pint asyn

Page 67: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 e naeltjies1 e piment1 e peperkorrels1 e stukkies pypkaneel2 e sout1 e mosterd1 k suiker

Verwyder die skille van die tamaties. Skil die uie. Rasper of maal die tamaties, die uie en die knoffelKook oor stadige hitte tot dit sag is en vryf dit met 'n houtlepel deur 'n sif om al die pitte te verwyderVoeg die asyn, die suiker, die sout en die mosterd by en knoop die speserye in 'n kaasdoekie toe. Voeg dit ook byKook die mengsel en roer af en toe tot die volume omtrent een derde verminder het en die sous die dikte van witsous het. Verwyder diespeseryeGooi dit in 'n skoon, droë, warm bottles en verseël hulle terwyl hulle nog warm is.

Tamatiesap (Judy Myburgh)

Was gesonde, ryp tamaties en sny die stingelkante en alle groen deeltjies wegm Sny die tamaties in stukke.Druk die tamaties effens stukkend in 'n kastrol om 'n gedeelte van die sap uit te druk en verhit dit stadig met die deksel op tot dit kook.Daar word nie water bygevoeg nie.Kook dit 5 minute lank stadig of tot die tamaties sag maar nie pap is nie. Dit kan ook gestoom word tot dit sag is, indien verkies.Vryf die sap met 'n houtlepel deur 'n draadsif. Voeg half teelepel sout en 1 teelepel suiker by elke pint tamatiesap.Gooi die sap in skoon bottles.

Tamaties kan ook so heel bevries word. Ek bêre gewoonlik tamaties in die vrieskas en indien ek nodig kry vir souse of soppe, plaas ek diegevriesde tamaties in koue water en die skilletjies kom baie maklik af.

~ Terug na begin ~

Tamatiesop (Susan)

2 koppies room1 teelepel suurlemoensap¼ teelepel peper½ koppie uiegras roomkaas1 blik tamatiesopbietjie gerasperde uie2 teelepels 'horse raddish' (Opsioneel)1 t sout

Klits alles saam - verkoel voor bedien.Genoeg vir 4-6 persone.(Gerasperde komkommer kan ook bygevoeg word).

~ Terug na begin ~

Tannie Yvonne van Wyk se Lemoenpatats (Carin)

1 kg patats 500 ml lemoensap (2 koppies) 100 g bruinsuiker 50 ml mielieblom (2 eetlepels) 2 ml sout gerasperde lemoenskil

Kook patats tot sagm Sny in skywe en pak in bak. Meng bietjie lemoensap en mielieblom.

Voeg res van die sap en suiker by.

Page 68: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Verhit tot dik. Bak 30 minute by 160ºC.

~ Terug na begin ~

Tiramisu (Lorette Grové)

125 ml sterk swart koffie62.5 ml brandewyn 2 groot eiers geskei125g Bakers Boudior beskuitjies25 ml strooi suiker10 ml addisionele brandewyn10 ml kakao150g la campania mascarpone kaas

Meng koffie en 62.5 ml brandewyn.Doop beide kante van die beskuitjies in die mengsel en rangskik op die bodem van 'n vlak bak. Bedek die bodem van die bak met diebeskuitjies. Gooi die oorblywende stroop oor die beskuitjies. Room geel van eiers (geskei) en strooisuiker saam tot dit dik en geel is. Voeg 10 ml brandewyn en la Campania kaas by die eiermengsel en meng tot glad. Klits die eier witte tot styf, en vou in die eiermengsel in. Gooi die mengsel oor die beskuitjies. Los in die yskas vir 4 ure tot dit geset is. Besprinkel met kakao voor dit bedien word. Bedien 4 - 6 porsies.Jy kan die beskuitjies in twee lae pak, en dit met 'n bietjie room en selfs kaneel bo-op bedien.

~ Terug na begin ~

Toskaanse Hoender

8 hoenderdytjiesolyfolieseesout en swartpeper½ koppie droë witwyn2 eetl. Suurlemoensap3-4 dun repies suurlemoenskil (met groenteskiller)5 knoffelhuisies (geskil en ruweg gekap)2 takkies roosmaryn (in kleiner stukkies geknip)hand vol vars vinkelblare2 groot ryp tamaties (geskil en in kwarte gesny)12 groen olywe

Verwyder vel en vet van hoender. Verhit olie in kastrol met deksel. Verbruin hoender in matige hitte (hulle moet langs mekaar lê Geur metsout en peper.Verhit wyn, suurlemoensap en skil, knoffel, roosmaryn en vinkel in 'n kastrolletjie. Giet sous oor hoender, voeg tamatie by en sit dekselop. Kook ongeveer 40 min. tot gaar. Draai dye gereeld om. Voeg olywe laaste 10 min by.Skep uit. Verdik pansouse met gooi sous oor hoender met opdiening.

~ Terug na begin ~

Trefferfudge (Mikrogolfoond) (Karin)

1 Blik Kondensmelk2 k Strooisuiker125 g Margarien/Botter1 t Vanielje Essens

Voeg Kondensmelk, Strooisuiker en Margarien saam in 'n groot glasbak (± 15cm hoog).Kook op Hoog vir 2 minute.

Page 69: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op Hoog.Haal uit; voeg 1 t Vanielje essens by. Roer goed.Gooi in 'n gesmeerde pan. Laat staan vir 2 minute.Sny in blokkies en geniet!

~ Terug na begin ~

Trifle (Lorette Grové)

1 sponskoek 500ml ultramel vla fyn neute 250ml room sjerrie na smaak1 blik ingelegde perskes2 x rooi jellie2 x groen jellie

Los jellie op in die yskas die vorige aand. Krap jellie met die vurk. Begin met die koek. Gooi bietjie sjerrie oor die koek. Pak dan 'n laag perskes, 'n laag jellie, 'n laag neute, 'n laag vla en dan weer koek, jellie, neute en vla. Eindig met room. Versier met neuteen gerasperde flake of pepermint crisp.

~ Terug na begin ~

Tuisgemaakte Likeur (Karin)

1. Koffieroomlikeur (lewer 500 ml)

1 blikkie kondensmelk170g blikkie ingedampte melk7 ml vanielje geursel10 ml sterk kitskoffiepoeier (aangemaak met bietjie kookwater)12,5 ml gliserien250 ml Whisky

Meng bestanddele, gooi in 'n bottel en verseël.Laat staan minstens 7 dae lank.Skud gereeld.

2. Roomlikeur (lewer 750 ml)

1 blik kondensmelk250 ml vars room125 ml Whisky125 ml Brandewyn2 eiergele10 g donker sjokolade gesmelt12,5 ml vanielje geursel

Meng die bestanddele saam in 'n menger of versapper.Klits vir ongeveer 15 minute.Hou koel en bedien.

3. Koffielikeur (lewer 1,7 l)

500 ml water500 g wit suiker250 ml sterk swart koffie (moerkoffie)

Page 70: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

375 ml vodka375 ml rietspiritus (Cane)200 ml desertwyn25 ml vanielje geursel

Kook stroop van water en suiker, voeg dan koffie by en meng. Laat afkoel.Voeg vodka, rietspiritus, desertwyn en vanielje by. Laat koud word.Gooi in bottels en verseël. Laat staan 3 - 4 weke voor gebruik.

~ Terug na begin ~

Tunagereg

1 Blik Tuna (kan meer gebruik)1 Blik Sweetcorn2 Eiers1 Blik IdealmelkUie & greenpeper1 k Kaas

Meng alles saam en bak in die oond teen 180° C.

~ Terug na begin ~

Uie-Koekies (Amanda Viljoen)

1 pk. bruismeel (1 lb)1 teel bakpoeier (opsioneel)1/2 koppie botter1/2 koppie kaas1 teel soutknippie rooi peper2 fyngerasperde uie

Meng soos vir skons. Maak ronde bolletjies, druk plat met vurk op bakplaat. Bak teen 200 Grade C tot bruin.

~ Terug na begin ~

Veelsydige Koelkasvrugtetert (Lorette Grové)

1 pakkie jellie (80g)1 blikkie ingedampte melk (410g) oornag in koelkas gelaat1 teelepel bakpoeier1 eetlepel suiker1 blikkie ingelegte vrugte, bv. Gemende vrugte, perskes, koejawels of iets soortgelyks1 pakkie tennisbeskuitjies, suikerbroodvingers of self rolkoekskyfies vir kors

Laat ingedampte melk oornag in koelkas.Klits melk en bakpoeier tot skuim.Gooi stroop van vrugte af en kook.Maak nou die jellie aan met die gekookte vrugtesous.Roer jelliepoeier goed in vrugtesous terwyl dit nog kook, tot opgelos, en laat dan tot goed afgekoel.Sny die vrugte in die melkmengsel in en klits effens tot gemeng.Klits die suiker in die jelliemengsel in.Klits nou die jelliemengsel in die vrugtemengsel in.Pak beskuitjies of dun gesnyde rolkoekskyfies onder in 'n glasbak as kors.Gooi die mengsel oor die beskuitjies en laat staan in koelkas om verder goed af te koel ente stol.

Page 71: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Versier met klapper, koekiekrummels of roomrosies, soos verkies.

~ Terug na begin ~

Vetkoek in Skottelbraai (Emily)

2 koppies koekmeel 40ml suiker 10ml bakpoeier knippie sout 2ml gemengde speserye 2ml kaneel 1ml gemaalde naaltjies 2 ekstra groot eiers (geklits) 250ml kookwater 30g rosyne of korente olie vir diepbraai

Sif droë bestanddele saam.

Klits eiers en meng met kookwater. Meng droë bestanddele geleidelik in totdat gladde deeg verkry is.

Roer die rosyne by.

Verhit olie in die CADAC skottelbraai en braai 3 tot 4 lepelsvol beslag in warm olie tot poffering en goudbruin. Draai om en braaianderkant ook liggies.

Verwyder van olie en dreineer op kombuispapier. Bedien warm. (Lewer omtrent 15 vetkoekies)

~ Terug na begin ~

Vetkoekies (Elzeth)

375 ml ongesif afgemeet koekmeelblom 15 ml bakpoeier 10 ml suiker 5 ml sout 500 ml gaar koue rys 410 g (1 blik) geroomde suikermielies 125 ml melk1 eier kookolie vir vlak braai

Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam. Vou die rys en suikermielies in die gesifte bestanddele in.

Klits die melk en eier saam tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot 'n sagte deeg.

Skep eetlepelsvol deeg in matig warm kookolie. Braai die vetkoek eers aan die een kant tot goudbruin: dit moenie te vinnig braai nie.

Braai dan aan die ander kant goudbruin.

Dreineer die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor. Heerlik saam met stroop of heuning.

~ Terug na begin ~

Vet-Vrye All-Bran Beskuit (Elize)

250 g All-bran + 100 g klapper1 kg bruismeel

Page 72: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

400 g suiker2 t bakpoeier 1 t sout1 k sonneblomsade/pekanneute500 ml appelsap½ t asyn½ t koeksoda½ k afgeroomde melk3 eiers

Meng ½ t asyn, ½ t koeksoda en ½ K afgeroomde melk (eie karringmelk!). Laat staan 'n rukkie.Klits 3 eiers saam met 500 ml appelsap. Voeg droë bestanddele by en meng alles saam. Gooi in een groot of twee kleiner gesmeerde pan(ne). Bak + 1 uur by 160?C. Sit foelie bo-oor. Sny met elektriese mes.

~ Terug na begin ~

Vetvrye Kaassous (Lana)

Hierdie witsous bevat geen kaas of botter nie, en tog is dit so smaakryk dat jy (en jou gaste) dit waarskynlik nie sal agterkom nie. Gebruikdit saam met gekookte groente, geposjeerde vis en selfs om Lasagne te maak. Verhit 2 koppies vetvrymelk in 'n swaarboom kastrol.In 'n ander houyer, meng 6 eetlepels vetvrye melk en 4 opgehoopte teelepels mielieblom tot 'n baie gladde pasta.Wanneer die melk begin kook, haal van die stoof af en roer die mielieblom pasta daarin.Sit terug op die stoof en roer aanhoudend totdat dit kook.Wanneer dik en glad, meng met fyngemaakte grasuie, 'n skeutjie sjerrie, 'n teelepel groente aftreksel (in poeiervorm) asook 'n eetlepel sagtebruinsuier, Engelse mosterd en sout, peper en rooipeper na smaak. Hierdie is regtig 'n baie lekker resep en ek los soms van die laaste goed uit, en dit bly steeds lekker.

~ Terug na begin ~

Vinnige Karringmelkbeskuit (Marina)

Meng:7 koppies koekmeel6 teelepels bakpoeier1 teelepel koeksoda1 teelepel sout1/2 teelepel kremetart

Klits:2 eiers2 koppies karringmelk1 koppie suiker125 g gesmelte margarien

Verhit oond tot 180º CVoeg al die bestanddele bymekaar. Druk in plat bakplaatBak vir halfuur en sny in blokkies. Draai beskuitjies om.Bak vir nog 'n halfuur by 160º C. Droog uit.(Sommer kort en saaklik)

~ Terug na begin ~

Vinnige Melktertresep (Erna)

Dit maak 2 ronde gewone silwer voelie bakkies vol of anders die gewone glas vierkanttige tertbakke vol. Gebruik 'n kors van jou keuse.

Page 73: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 Blik kondensmelk50 ml Maizena50 ml Vlapoeier1 Eier1 L MelkEssense (Vanilla)Kaneel

Gooi die blik kondensmelk in n pot en maak die lee blik vol melk in gooi saam met die kondensmelk.Gooi altesaam 3 blikke melk saam met die 1 blik kondensmelk. Roer aanmekaar tot kook. Vat die laaste melk en meng dit saam met die eier, vlapoeier en Maizena. Sodra die melk/kondensmelk gekook het gooi die laaste melk mengsel met vla ens. by. Maak seker jy roer deeglik. Dit is geneig om vinnigvas te brand. Roer vir so 8 min en gooi die essense by. Nou kan jy die mengsel in jou bak gooi en dadelik kaneel oorgooi. Los vir so rukkie buite totdat dit afgekoel het dan kan jy dit in die yskas sit. (Maak asb. net seker dat die mengsel n bietjie dukker gewordhet voordat jy dit oorgooi.) Die tert stol vinnig. Wat ek gewoonlik doen is ek kook die kondensmelk en melk in die begin in die mikrogolf dan hoef ek nie aanmekaarte roer nie en dit brand ook nie vas nie. Ek maak net seker dat dit nie oorkook nie.

~ Terug na begin ~

Vis Paella (Erna)

Ek hoop nou net as jy praat van 'n vis paella resep, praat jy ook van seekos vis? Goed hier is 'n wonderlike resep en ek self is nie van die Kaap afnie en is al op menigte kere gekomplimenteer met my paella wat ek bedien het, ek wil net noem my resep is so maklik en vinnig dat jy verstom salstaan met hoe lekker die resep is en hoe "min moeite" jy deur gegaan het om jou ete 'n sukses te maak.

Goed laat ek begin:

Ek koop gewoonlik die marinade mix wat verkrygbaar is by amper enige groot ketting winkel, maar anders loop ek in 'n seekos winkel inen koop so 'n koppie na 'n kopie en 'n half van die volgende: shrimps, kalamari, crab sticks en so drie koppies mossels. Dus jou resep is tot nou shrimps, kalamari en so drie koppies mossels, crab sticks nou koop jy 'n boks "Smoked Hadock" en bak in 'n oondpan en bak vir 'n ½-uur in 'n ½ litter melk met twee eetlepels botter. Dieselfde tyd wat jy die Hadock in die oond druk sit jy nou solank 'nlekker pot rys op. Neem 'n wok of 'n staalboom pot en braai die shrimps, kalamari, crab sticks en die drie koppies mossels in 'n ½ koppie botter met 'n goeiehoeveelheid knoffel na smaak - jy kan self besluit hoeveel knoffel jy wil insit- ek en my man is mal oor knoffel so ons "donner" dit in,gooi nou so 'n ½ teelepel origanum in en so twee eetlepels suurlemoensap, braai tot gaar jy sal sien die grabsticks disintegreer effens dan isdit gaar, moennie baie roer nie anders raak die crab stick weg soos dit disintegreer. By die tyd dat jy nou klaar is met die "braaisel" sal jou Hadock in die oond ook gaar wees, haal die vis nou uit en vlok dit, hou die melk.Gooi nou die geflokte vis by die braaisel en meng ligies. Nou vat jy jou pot rys en maak twee blikkies gemengde groente oop en gooi by die rys en meng goed. Ek meng gewoonlik nou die pot rys met die vis mengsel, maar dit is jou besluit of jy alles wil meng of apart voorsit. Ek maak ook my paella met mushrooms en pynappel by so as jy van dit hou kan jy dit byvoeg saam met die seekos net voor jy dit van dieplaat afhaal, dit rek jou paella baie en is lekker. Ek maak gewoonlik twee souse saam met my paella en altwee word altyd opgeëet.Vat nou die melk waarin jy jou Hadock gaar gemaak het in en maak 'n lekker sout witsous met die melk, sit in 'n bakkie apart dat die menseself die sous kan oorgooi. Die ander sous wat ek saam met die paella bedien is tartar sous en hier is 'n wen resep (het in 'n Resturant gewerk en het hulle resep metmy oë gesteel):Rasper 'n groot ui en gooi die waterigeheid af na jy dit gerasper het. Vat nou 'n agurtjie of twee en rasper dit ook by die ui. Gooi nou 'nkoppie mayonaise by en gooi 'n teelepeltjie suurlemoensap by en meng goed, kan ook 'n titseltjie knoffel by gooi na smaak (Ek en my manse voorkeur) gooi 'n fris knippie sout by en so 'n ¼ teelepel mixed herbs, meng goed en bedien koud (as daar oorbly is dit 'n lekker"Sandwith spread" saam met 'n vleisigheid op brood - veral hoender)

~ Terug na begin ~

Visbrood(bedien as 'n ligte maaltyd saam met slaai of as 'n voorgereg)

Page 74: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

10 middelmatige aartappels, geskil, en gaargekookSout en peper na smaak3 eetlepels botter of margarine1 ui, gekap1 pak (450g) bevrore stokvis (of gebruik meer as jy 'n groter brood wil maak)3 eetlepels gekapte pietersielie1 eetleper gerasperde parmesaankaakwit van 1 eier1 eetlepel water

Voorverhit oond tot 190°CMaak aartappels fyn en geur met sout en peper.Smelt botter in 'n pan en roerbraai die ui en vis tot gaar. Meng met die aartappelsVoeg kaas en pietersielie byGebruik waspapier en rol die mengsel in 'n broodvorm. Plaas op 'n bakplaatKlits eierwit liggie en meng met die water en verf oor die visbrood en bak tot goudbruin.Bedien met die volgende sous:

Prut 3 eetlepel asyn, 1 eetlepel suiker, 3 eetlepels tamatieblatjang, 2 gekapte knoffelhuisies en 1 eetlepel sojasous saam in 'n pan.

~ Terug na begin ~

Vissop (Susan)

1 pak sampioensop1 blik sampioensop1 x 250 ml room1 blik tuna15 ml sjerrie

Maak sop aan soos aanwysings, maar gebruik helfte melk en water.Meng res by en roer tot kookpunt(Addisioneel: voeg blikkie gemengde seekos by).

~ Terug na begin ~

Volkoringbeskuit vir Diabete (Erna)

250g margarien375ml laevet karringmelk125ml semels 800ml volkoringmeel125ml All Bran vlokkies125ml koekmeelblom25ml bakpoeier 5ml sout90ml fruktose

Smelt margarien en voeg die karringmelk by. Meng die droë bestanddele. Roer melkmengsel by droë bestanddele. Meng om 'n sagte deeg te vorm. Skep in 2 gesmeerde 1 liter broodpanne. Maak gelyk. Bak teen 180C vir 50 minute. Laat afkoel. Sny in beskuite. Droog teen 80C vir 8 uur of in lou oond.Lewer ongeveer 50 beskuite.

~ Terug na begin ~

Page 75: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

Voorgereg van Pannekoeke

Sit vulsel in pannekoeke soos:Tuna gemeng met maiyonaiseUie gekapStukkies komkommer of agurtjiesKaas , ensRol op en sit bo-op mayonaise met pietersielie en tamatie wiggie en slaai.

Vulsel vir Pannekoeke

250 ml margarien1 k suiker1 e kookwater

Smelt stadig nie kook nie. Net voor dit kook gooi 1 t vinilla essence of kaneel by 1 eier klits goed en vou in bogenoemdeSit pannekoeke in lou oond, smeer mengsel oor pannekoeke en rol op. Baie lekker!!!!!!!!!!

~ Terug na begin ~

Wasgoedbondeltjies (Amanda Viljoen)

3 koppie meelblom1 eiersout113 gm (1/4 lb.) margarien1 teel bakpoeierkouewater

Sif droë bestanddele en vryf margarien in meel. Klits eier goed, voeg by meel asook water tot dit kan uitrol. Rol dun uit, sny vierkante. Sitvleisvulsel in middel en vou toe. Steek vas met kruienaeltjie. Braai bruin in olie.

Vleisvulsel:250 gm ( 1/2 lb. ) gemaalde vleis1 1/2 huisie knoffel of knoffelsout ( 1/4 teel )2 teel oliegekapte pietersielie1 teel kerrie1/2 ui gerasper

Braai ui en knoffel en voeg ander bestanddele by.

~ Terug na begin ~

Witsous (Petra)

Ek het my Witsous resep van my ma ge-erf en hy werk altyd!

1 k melk1 e margarine1 e meelknippie sout

Maak eers melk warm in mikrogolf (ongeveer 1-2 min)Haal melk uit, skep margarine in mikrogolfbak en smelt in mikrogolfRoer meel en sout by margarine. Sit weer vir net so 5 sek. in.Roer nou melk by. Verhit in mikrogolf vir ongeveer 2 min tot dik, roer gereeld.

Page 76: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

~ Terug na begin ~

Wortelkoek in Mikrogolf (Erna Boyder)

180 gr / 370 ml Koekmeelblom10 ml Kaneel8 ml Koeksoda3 ml Neutmuskaat3 ml Sout750 ml Gerasperde Wortels300 gr / 375 ml Suiker250 ml Olie100 gr / 250 ml Neute gekap3 Eiers GeklopVersiersel (Die versiersel is bietjie baie vir die koek * kan dit verminder)250 gr Gladde maaskaas120 gr Botter50 gr / 125 ml Okkerneute gekap5 ml Vanieljegeursel400 gr / 800 ml Versiersuiker – gesif

Sif meelblom, kaneel, koeksoda, neut, sout saam. Hou eenkant.Meng wortels met suiker, olie, neute en eiers. Meng goed.Voeg droë bestanddele by. Roer goed. Skep mengsel in 'n diep mikrogolfringpan met 'n deursnee van 250 mm. (Gat in middel).Plaas pan op 'n omgekeerde piering en mikrogolf 10 * 11 minute by 100% krag.Laat effens afkoel. Keer op 'n dienbord uit.

Versiersel

Klop maaskaas tot glad. Voeg botter by. Klop goed.Voeg neute en geursel by. Meng deeglik. Voeg versiersuiker geleidelik by. Klop dit tot die verlangde tekstuur. Smeer oor koek.

~ Terug na begin ~

Wortelkoek (Amanda Viljoen)

1 koppie suiker. 3/5 koppie gekapte neut. 1/3 teel. koeksoda. 1/2 teel. sout. 1 koppie olie. 3 eiers. 1 1/3 koppie meelblom. 1/2 teel. bakpoeier. 2 teel. kaneel. 2 koppie gerasperde wortels.

Klits suiker en olie saam. Voeg eiers een vir een by. Meng goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Voeg nou gerasperde wortels by en meng.Voeg neute by. Bak vir 3/4 - 1 uur in 'n ronde gesmeerde pan.

~ Terug na begin ~

Wortelslaai

1 kg wortels, in skyfies gesny2 middelslag uie, in ringe gesny1 klein soetrissie, ontpit en in repies gesny

Page 77: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

1 pakkie tamatiesop250 ml watersout en peper na smaak200 ml wit asyn125 ml kookolie250 ml suiker10 ml Worcestershire-sous7 ml mosterd

Kook wortels tot halfgaar, dreineer en laat koud word.

Rangskik wortels, soetrissierepe en uieringe in lae in 'n groot bak.

Meng res van bestanddele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook 2 minute.

Gooi warm oor slaai en laat dit met behulp van 'n mes in die middel en langs die kante van die slaai inloop.

Laat afkoel, sit deksel op en marineer twee dae in die koelkas voor gebruik.

~ Terug na begin ~

Yoghurt Tert

1 liter yoghurt1 pakkie jellie - (yogurt & jellie moet selfde soort wees bv. Strawberry)1 blik kondensmelk1 pak tennisbeskuitjies

Maak jellie aan met 1 koppie warm water.Gooi Yoghurt, kondensmelk & jellie bymekaar. Meng goedPak beskuitjies in bak & gooi bestanddele oor sit in yskas & laat stol.

~ Terug na begin ~

Yskastert (Amanda Viljoen)

1 pak Tennis beskuitjies 2 sakkies Orley Whip sjokolade versiersuiker sterk, swart koffie - koud

Week beskuitjies vinnig in koue koffie. Dan dun lagie versiersuiker en dan lagie room. Rasper Peppermint Crisp oor elke lagie room. Boonste laag room. Versier met vermicilli of peppermint crisp.

~ Terug na begin ~

Zelda's Beschuit (Cordia)

1 kg selfrysende bakmeel500 gram koekmeel100 gram maisena50 gram custardpoeier2.5 koppie suiker2.5 koppie kokosnoot5 teelepels bakpoeier1 teelepel sout1 teelepel vanielje3 eiers

Page 78: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers van ons gereelde geselsbrief

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20A.htm[2013-03-12 07:16:02 AM]

500 gram margarien500 mliter karringmelk

Meng die gesmelte margarien en karringmelk goedVoeg verdere bestanddele by en knie deeglik.Pak mengsel in 'n bakblik en sny in skywe.Bak 30 minute vir 180ºC.Na 'n halfuur sny weer.Laat afkoel en laat droogword.Eet smakelik

~ Terug na begin ~

Page 79: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

ResepteHierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers

van ons gereelde geselsbrief - Begin jou dag 'n slag met 'n lag.

Baie dankie aan Emily Kruger wat help met die resepte!

Om in te skryf om die geselsbrief gereeld te ontvang, stuur net jou E-pos adres aan [email protected].

Gaan na Resepte Index

INHOUDSOPGAWEKliek eenkeer op die naam van die resep en die resep sal verskyn:

Aarbei-Kaastert | Anchor Kitsgis Beskuit | Appelkoos Kaaskoekies | Aspersie Quiche | Biltong Potjie | Blikkiessop | Braaivleis Mielietert |Bruinpoeding | Bruinrysslaai | Butternutsop | Cremora Tert | Ertjieslaai | Gebakte Kool | Gebakte Piesangs | Gebakte Stokvis Siciliaans | Griekse

Pons | Groentegereg | Groenteskottel | Hoender A La Maroela | Hoender Marengo | Hoenderlewer Peri-Peri | Hoenderlewerpatee | HollandseVetkoeke | Joghurt-Tert/Poeding | Jogurttert | Kaaskoek Tipe–Tert | Kaas-Patee | Kamma Kreef Voorgereg | Karringmelk Poeding | Kerspons |

Kinderkulslaai | Kits Tuna-Tert | Klapperys | Klei vir Kinders | Knarsbeskuit | Knoffelbotter | Knoffel-Kaasbroodjie | Koejawelpoeding | KrakerigeKaasslaai | Kaassmeer | Maklike Souttert | Mayonnaise | Mieliegereg | Min Moeite Pasta | Mosterdsous | Muesli | Murgpampoentjies | Neute

Lekkers | Nutty Wonders | Outydse Konfytkoekies | Pampoenkoekies | Pannekoek | Patats | Pepperminttert | Pretoriahoender |Pynappel/Suurlemoen Tert | Pynappelbier | Sampioen-en-Feta Sop | Sjokolade/Mellow Crispies | Sjokoladeblokkies | Sjokoladekoek |

Sjokoladekoekresep | Skaapafval | Slaai | Slaai/Nagereg | Smulstafies | Soet Kondensmelk | Soetpatats | Soet-Suur Gemengde Groenteslaai |Soetsuur-Doopsous | Souskluitjies | Suurlemoentert | Tamatie-en-Wortelsop | Tortilla | Uiesopbroodjie | Varkkotelette | Vinnige Gemmerbier |

Vinnige Tuna Tert | Vis-En-Groenbonegereg | Visreseppie | Visvoorgereg | Vrugtedrank | Warm Aartappelslaai | Warm Knoffelsop | Worsie EnKaas Rol

AARBEI-KAASTERT

1 pakkie Tennis Beskuitjies (fyngerol en met 100g margarien of botter gemeng).Druk vas in tertbak en mikrogolf vir 1 minuut en 30 sekondes op hoog. Laat afkoel.

1 blikkie kondensmelk60 ml suurlemoensap (ek proe maar na so 40 ml of dit nog nie reg is nie, want soms is die suurlemoene bietjie te suur na my smaak)250 ml vars room1 bakkie plein fyn maaskaas (NIE die korrelrige nie)1 bakkie aarbeie (VARS) ( dis die klein houertjies)25 ml gelatien opgelos in 1 koppie water, sodra dit helder word mikrogolf op hoog vir 30 sekondes. Koel af.1 pakkie aarbei- OF rooi jellie aangemaak met 200ml kookwater en dan nog 200 ml koue water bygevoeg. Laat afkoel.(NB. Maak die jellie eerste aan sodat dit kan afkoel. Die gelatien moet ook afkoel.)Sny sowat driekwart van die aarbeie in stukkies. Ek sny dit gewoonlik in so agt tot tien stukkies per aarbei. Die res sny ek in WAAIERTJIES virversiering.

1. Meng die maaskaas, kondensmelk, room, afgekoelde gelatien-vloeistof. Voeg die suurlemoensap laaste by. Roer die stukkies aarbei liggies in.2. Gooi die kaasmengsel nou oor die afgekoelde kors.3. Versier bo-op met die res van die aarbeie.4. Gooi nou liggies die rooi jellie bo-oor. Laat set in die yskas.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KLAPPERYS

Page 80: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

Vinnig en maklik.390 g blik Kondensmelk500 g pak versiersuiker400 g (5 x 250 ml) klapper5 ml vanilla geurselPienk voedsel kleursel

1. Meng eerste 4 bestanddele goed saam (Mengsel sal baie styf wees).2. Deel mengsel in twee en meng in een mengsel die voedselkleursel. Skep eers die wit mengsel in 'n gesmeerde bakplaat en maak mooi gelyk -druk effens vas. Skep dan die pienk mengsel bo-op die wit mengsel en maak ook gelyk - druk ook effens vas.3. Plaas in yskas om te stol. Sny in klein blokkies en bêre in lugdigte houer.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

WORSIE EN KAAS ROL

Kors:500 ml koekmeelblom20 ml bakpoeier2 ml sout125 g botter of margarien150 ml melk

Vulsel:250 g Weense worsies grof gerasper500 ml gerasperde kaas50 ml botter of margarien1 uitjie fyn gekap7 ml worcestersous7 ml aangemaakte mosterd1 eiergeel en 25 ml melk saam geklitsvars gekapte pietersielie en ander kruie

1. Verhit die oond tot 200c. Smeer 'n bakplaat.2. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter liggies met die vingertoppe in die meelmengsel in tot goed gemeng.3. Sny die melk met 'n slaplemmes in die meelmengsel in terwyl dit geleidelik in 'n straaltjie bygevoeg word; 'n taamlike stywe deeg moet ontstaan.Rol die deeg op 'n meelbestrooide deegplank uit in 'n reghoek van 35x27 cm.4. Meng die weense worsies, kaas, botter, uitjie, worcestersous en mosterd goed saam. Smeer die mengsel ewe dik oor die deeg.5. Rol dit soos 'n rolkoek van een kort sy af met die vulsel tussenin.6. Plaas die rol op die bakplaat. Sny die rol in dunnerige skywe met 'n skerp mes, maar moenie die rol tot onder deur sny nie, die boom moet heelbly. Trek die skywe effens uitmekaar. Verf eiermelk bo-oor.7. Bak die rol 20 minute tot ligbruin en gaar en sprinkel dan die kruie.

Terug na begin

+++++++++++++++++++++++

UIESOPBROODJIE (nie nodig om te laat rys nie)

500 gram "self raising flour"500 ml karringmelk1 pakkie wit uie sop1 koppie gerasperde kaas

Meng alles saam, sit in pannetjie en bak in oond vir 1 uur by 180º.

Terug na begin

Page 81: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

++++++++++++++++++++++++

'n lekker resep vir die vakansie:

KNARSBESKUIT (Louise)

5 Kop. Nutty Wheat5 Kop. Bruismeel½ Kop. Suiker3 eetlepels Bakpoeier500 gm. Margarine (gesmelt)2 tot 3 Kop. Karringmelksout

1. Meng alles saam, laaste karringmelk2. Sit in groot oondpan, bak ongeveer 3/4 uur teen 140 grade C.3. Sny in vingers, droog in koel oond .

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

NEUTE LEKKERS

150 g sjokolade blok100 g neute - gekap (pekaneute)ekstra: 50 g wit sjokoladeSmelt sjokolade en meng neute by.Skep teelepels vol op 'n gesmeerde bakplaat en laat stol.Smelt wit sjokolade en drup oor neute/sjokolade vir versiering.Bêre in lugdigte houer.WENK: Amandelneute, grondbone en sultanas asook Cashewneute kan gebruik word. Kap die neute in 'n voedsel verwerker maar pas op vir te fyn.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

SOETPATATRESEP

3 groot patats (geskil en in dik skywe gesny)3 x eetlepels botter½ koppie suiker½ koppie melk½ koppie water½ teelepel sout½ teelepel koeksoda2 teelepels suurlemoensap

1. Roerbraai botter en suiker tot karamel. Voeg melk, water, sout, kremetart en suurlemoensap by (roer deur en oppas dat die mengsel nie oorkooknie).2. Sit skywe patats in die sous en sit die deksel van die kastrol op. Draai plaat laag en laat patats kook tot sag, maar steeds souserig. Bedien saammet kerrievleis of hoender en natuurlik saam met snoek is dit heerlik!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KNOFFEL-KAASBROODJIE (Marelize)

500 g Bruismeel

Page 82: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

500 ml Karringmelk (1 boksie)1.5 koppies Gerasperde kaas (Cheddar werk die beste)1 teelepel Marjolein1 teelepel Knoffelvlokkies (2e teelepel opsioneel vir 'n sterker knoffel)2 eiers

1. Meng al die bestanddele goed saam.2. Gooi in 'n gesmeerde broodpan, strooi 'n bietjie van die gerasperde kaas oor en bak in voorverhitte oond teen 180°C vir 1 uur.Variasie: Vervang Kaas, knoffel, marjolein en karringmelk met 500 ml Muesli-gegeurde jogurt.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KITS TUNA-TERT

Smeer 'n oondvaste tertbord met botter/olie.Pluis 'n blikkie Tuna-vis (225g)1. Meng ongeveer 'n halwe koppie gerasperde kaas en een gekapte, gesoteerde ui daarby. (Wenk: Jong uie/ "Spring onions" gekap met lowwe enal, is lekker.)2. Klits saam: 2 eiers, 25 ml koekmeel, 'n halwe teelepel bakpoeier, 'n knippie sout en 200 ml melk.3. Giet hierdie mengsel bo-oor en strooi 'n bietjie gekapte pietersielie daaroor.4. Bak in oond tot gaar ( teen 180 grade Celsius vir 30 minute)5. Bedien warm met vars brood en 'n mengelslaai van blaarslaai, komkommer, pynappel, ens.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

PYNAPPELBIER

Een van ons lesers het verlede week vir my gevra hoe 'n ou pynappelbier maak. Vroutjie is nogal lief om dit te maak - en ons om dit te drink - enhier is haar resep:

Ek neem gewoonlik sommer die skil van een pynappel en gooi so 3 liter warm water daaroor. Dan versoet ek dit na smaak. Ek maak dit gewoonliktaamlik soet, want dit is soos ons daarvan hou. Jy proe maar tot dit soet genoeg is. So kan jy dan bepaal wat die hoeveelheid suiker gaan wees watjy gaan byvoeg. Dan laat 'n mens dit gewoonlik vir sowat 3 dae staan sodat dit nou kan gis. Ek versnel die proses gewoonlik deur so 'n halfteelepelkitsgis oor te strooi. Dan is dit sommer binne 'n dag gereed om te drink. Gooi dit dan af van die skille, plaas in yskas om koud te word, en drink diten geniet dit!!!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

GEBAKTE STOKVIS SICILIAANS

Kooktyd: 25 - 30 minuteTemperatuur: 190°C of 375°4 porsies 600 - 700g stokvisfilette2 eetl olyfolie1 groot ui (fyn gekap)1 stingel seldery (fyn gekap)4 ryp tamaties, geskil en in vier verdeel6 eetl medium-droë witwyn2 eetl water12 groen olywe (ontpit en fyn gekap)1 eetl kappertjiesaad1 eetl gekapte, vars pietersieliesout, peper en suiker

Page 83: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

1. Vee die vis af, sny in porsies en rangskik in 'n vlak, gebotterde vuurvaste bak.2. Verhit olie en braai ui en seldery oor lae hitte tot sag, maar ongekleur (ongeveer 5 minute).3. Ontpit tamaties en kap fyn. Voeg dit in die bak by die wyn en water. Geur met sout, peper en suiker.4. Roer totdat dit kook en laat prut vir 5 minute. Voeg olywe en kappertjiesaad by en gooi dit oor die vis.5. Bak in die middel van `n voorafverhitte oond en bedruip af en toe. Sprinkel pietersielie daaroor en dien dit warm op in dieselfde bak.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

'n Baie lekker resep saam met braaivleis.

BRAAIVLEIS MIELIETERT

2 blikke room suikermielies60 ml koekmeelblom15 ml bakpoeier60 ml suiker4 eiers30 ml gesmelte botter/margarien1. Meng droë bestanddele saam. Voeg die res by en meng.2. Gooi mengsel in gesmeerde bak. Bak 1 uur of tot goudbruin in oond (180C)

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

SOUSKLUITJIES (Antoinette)

Kluitjies250 ml koekmeelblom10 ml bakpoeier2 ml sout50 ml margarien/botter1 eier100 ml melk

Sous500 ml kookwater25 ml margarien/botterkaneelsuiker

1. Sif droë bestanddele saam.2. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk.3. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig.4. Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel opligterwyl kluitjies kook nie.5. Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor.6. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

APPELKOOS KAASKOEKIES - (maak 2 dosyn)

125 ml kaaspoeier500 ml koekmeel3 ml bakpoeier250 g sagte botter

Page 84: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

fyn appelkooskonfyt

1. Sif droë bestanddele en vryf die botter in. Rol balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat.2. Druk diep holtes in elke balletjie (+- 1 cm)3. Vul koekies met appelkooskonfyt en laat in die koelkas vir 15 min. om te rus.4. Bak vir 15 min. by 200 grade C.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KARRINGMELK POEDING (Elize)

1 koppie suiker4 eetlepels botter3 eiers goed geklop1 koppie bruismeel3 koppies karringmelk (500ml karton)1 koppie melk1 teelepel bakpoeierknippie sout

1. Room botter en suiker goed tot lig en donsig. Klop eiers deeglik en voeg by.2. Sif meel, sout en bakpoeier saam en roer in mengsel. Roer karringmelk en melk geleidelik by.3. Gooi slap mengsel in gesmeerde bakskottel / bak. Bak 1 uur in 'n mattige oond, vooraf verhit tot 180°C.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

HEERLIKE PANNEKOEK (sonder floppies - gekry op 29 Oktober 1999 by Annatjie Boltman)

1 koppie meel1 eier¼ koppie olie1 teelepel bakpoeier2 koppies water½ eetlepel asynSout na smaak

1. Klits eiers en water saam. Sif meel, sout en bakpoeier saam, en voeg by. Voeg olie by.2. Meng en bak. Dit is nie nodig om nog olie in die pan te gebruik nie - die olie is reeds in die beslag.Geniet dit!!!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

PATATS (Louise)

Hier in Nieu Seeland is kumera (soet patats) baie gewild. 'n Gunsteling is gewis om patat skyfies te maak. (Presies soos aartappelskyfies by dieviswinkel) Skil patats en sny in skywe of wiggies. Braai in diep olie tot gaar. Heerlik.

Terug na die begin.

++++++++++++++++++++++++

SJOKOLADE / MELLOW CRISPIES (maak 40 blokke)

125 g Margarien of botter

Page 85: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

350 g houer Rice Crispies500 g Marshmallows2 x 200 g blok sjokolade

1. Plaas margarien in kastrol en smelt. Voeg by marshmallows en roer tot amper opgelos/gesmelt.2. Voeg by rice crispies en meng goed deur tot alle crispies bedek is. Giet uit in 'n gesmeerde rolkoekpan en druk goed vas.3. Smelt sjokolade en smeer oor crispies mengsel. Laat stol. Laat die hele mengsel stol vir ±1 uur en sny dan in blokkeWENK: Moenie te lank los om te stol nie anders is dit te hard. Om deur te sny.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

LEKKER KAASSMEER

1 kg prosseseerkaas1 lt langlewe melk (Bv. Everfresh)1. Rasper die kaas. Verhit die melk op die stoof (nie tot kookpunt nie, net lekker warm).2. Gooi die kaas by die melk, en roer totdat die kaas heeltemal gesmelt het. Dit vat nogal 'n rukkie.3. Gooi dan in houers en laat afkoel. Jy kan ook, terwyl die kaas smelt in die melk, enige geursel bygooi wat jy verkies (bv. fyn biltong, spek,peperkorrels, ens).

Die smeer spaar jou omtrent R10 per botteltjie en is HEERLIK!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

PRETORIAHOENDER (Mynie)

Marinade:250 ml - Pepersous {let wel, nie rissiesous nie}1 - huisie knoffel, gekap125 ml - kookolie1 pakkie - wituie-soppoeier1 blikkie - knopiesampioene375ml - tamatiesous375ml - blatjang375ml - wit wyn of sprite2 - hoenders (sowat 1,5kg elk) in porsies gesny sout, vars gemaalde swartpeper, hoenderspeserye, gemengde kruie en Aromat na smaak4 x 250ml rou rys25ml - botter4 - uie, in ringe gesny2 - blikkies ingelegde appelkose

1. Meng al die marinadebestanddele in `n groot bak2. Geur die hoenderporsies en plaas dit in die marinade3. Bedek en hou oornag in yskas4. Skep hoender en marinade in groot swaarboom-kastrol5. Bring tot kookpunt6. Verlaag die hitte en laat sowat 2 tot 3 uur prut tot gaar - roer kort-kort liggies7. Hou die gereg voortdurend dop, want dit is geneig om aan te brand8. Kook die rys tot gaar; stoom dit agterna in `n vergiettes sodat die korrels mooi los is9. Verhit die botter in `n groot pan en soteer die uie tot goudbruin10. Dreineer die appelkose en sny in kleiner stukkies11. Meng die appelkose en uie met die rys12. Sit die rys saam met die hoender voor.

Terug na begin

Page 86: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

+++++++++++++++++++

VINNIGE TUNA TERT

2 medium uie gekap2 blikkies tuna150g Kaas-en-Uie skyfies (fyngemaak)100ml mayonnaise100ml blatjang200ml melk6 eiers1 klein blikkie gesnyde sampioene2 koppies gerasperde cheddar kaas

1. Braai die uie. Meng die uie en al die ander bestanddele behalwe die kaassaam.2. Bak dit sowat 30 min by 180 grade C. Verwyder uit die oond en strooidie kaas bo-oor.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

JOGHURT-TERT/POEDING

500ml Joghurt1 Pakkie jellie1 blikkie kondensmelk1 houer vars room [250 ml]Vars of ingemaakte vrugte.Grenadillamoes saam met GrenadillaJoghurt [opsioneel]

Gebruik enige geur joghurt van jou keuse en gebruik dieselfde geur jellie. Suurlemoenjellie is veilig om saam met alle joghurts te gebruikaangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.Meng jellie met 1 koppie kookwater en laat afkoel. Klits alle bestanddele goed saam tot romerig.

Vir poeding:Gooi in bak en laat stol in yskasVir tert:Pak beskuitjies of konfytrol ("jamroll") in tertbak en gooi mengsel bo-oor en laat stol in yskas.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

ANCHOR KITSGIS BESKUIT

2 kg koekmeel2 pakkies kitskorrels2 koppies suiker1e soutdriekwart k botter3 k melk gekook & afgekoel1½ k water

1. Gooi korrels gis en sout by meel2. Meng melk en water3. Smelt botter en suiker daarin. Laat afkoel4. Maak meel daarmee aan en knie goed vir ± 15min

Page 87: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

5. Maak toe en rys ± 1uur of tot dubbel die grootte6. Knie af en maak bolletjies7. Laat rys en bak

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KLEI VIR KINDERS

Klei vir kinders:

2 koppies meel1 koppie growwe sout1 eetlepel kookolie1 koppie water en kleursel - voedselkleursel2 teelepels kremetart (dit laat jou klei langer hou)

1. Roer die meel, sout en kremetart deurmekaar2. Gooi die kleursel en die olie by die koppie water, gooi dit by diemeelmengsel en roer en roer tot dit glad is3. Nou knie en bewerk jy dit met jou handeAs jy die klei in `n plastieksak toedraai, kan dit `n hele ruk in die yskasgebêre word en kan jy dit oor en oor gebruik.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SKAAPAFVAL

Baie min mense hou van afval, hoewel dit eeue reeds vir ingewydes 'n lekkerny is. 'n Dis soortgelyk aan die Skotse 'haggis' . Hieronder volg 'ntradisionele resep vir die gaarmaak van afval, wat tydens die ABO die gebruik kon wees:

1 skaapafval, skoon gemaak1l water (4k)12,5ml sout50 ml asyn10 klein uitjies, geskil10 jong aartappeltjies, skoon gekra mielieblom, aangemaak met 'n bietjie water

1. Plaas die afval in 'n kastrol, voeg die water by, en die deksel op.2. Laat die vleis opkook en skep dan die skuim wat bo-op vorm, af.3. Kook die afval ongeveer 4 tot 6 uur oor lae hitte. Vul die water aan, indien nodig.4. Voeg die sout en asyn, asook die uie en aartappels by, en laat dit met die deksel op prut totdat die aartappels gaar is.5. Skep die oortollige vet af. Verdik die sous met aangemaakte mielieblom (indien nodig).

Terug na begin

+++++++++++++++++++

VINNIGE GEMMERBIER (Elsie)

1 Groot emmer met deksel wat lugdig sluit7 x 750ml louwarm water (5¼ Liter)4½ koppies suiker10ml Jamaika Gemmer (Lennons se produk)10ml kitsgis (korrelsuurdeeg)28 rosyne

Page 88: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

1. Meng 10ml suiker en die 10ml kitsgis in 125ml louwarm water. Laat staan vir 10 - 20 minute (todat dit begin gis).2. Voeg die suiker by die louwarm water in die emmer en roer ongeveer 3 minute (totdat suiker gesmelt het).3. Voeg die Jamaika Gemmer en die water-, suiker- en kitsgismengsel (nadat dit begin gis het) by die suikerwater en roer baie goed. Voeg dierosyne by en roer weer deur.4. Plaas deksel op emmer en laat staan in die son om te gis. Persoonlik laat staan ek dit in die son van so ongeveer 10 uur in die oggend tot 2 uur indie middag. Dit is dan gereed, maar smaak verskil en dit kan langer in die son gelaat word om verder te gis. Onthou net om elke nou en dan die luguit te laat, anders skiet die deksel af en jou gemmerbier is daarmee heen"5. Gooi die bier in houers en plaas in yskas om verdere gisting te voorkom.

Nota: Dit is 'n heel eenvoudig resep en baie lekker. Ek moet egter erken toe ek die resep die eerste keer onder oë kry, was ek baie skepties. Hoegebruik mens dan nou medisyne om gemmerbier mee te maak? Ek het dit egter probeer, en die resultate was verstommend. Selfs mense wat niegraag gemmerbier drink nie, het gesê dit is lekker. Behalwe vir die suiker, is dit ook nie so duur om te maak nie. So, probeer dit gerus.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SJOKOLADEBLOKKIES

Smelt 250 g botter of margarien in 'n groterige kastrol. Sodra dit gesmelt is gooi 2 Eetlepels kakao daarby en roer dit en daarna gooi jy 500gversiersuiker ook by en roer. Klits 2 eiers (sommer met 'n vurk) en gooi 'n knippie sout daarby en meng dit nou met die botter/kakao/versiersuikermengsel. Hierdie moet vinnig geroer word totdat dit 'n gladde mengsel is. Gou 5ml vanielje-geursel by.

Breek 1 en 'n half pak Mariebeskuitjies in klein stukkies en roer dit nou by die sjokolademengsel, skep dit in 'n plat langwerpige glasbak en drukdit vas in die bak en bêre dit in die yskas sodat dit kan koud en hard word. Wanneer dit hard is, sny jy dit in blokkies en GENIET DIT!!

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KAMMA KREEF VOORGEREG

Sous1½ kg Stokvis250 ml Mayonnaise1 liter Water125 ml Tamatiesous25 ml Asyn5 ml Worcestersous5 ml Sout5 ml BrandewynKnippie peper1 Gerasperde Ui4 Druppels TabascosousKnippie peper

1. Ontvel en kook vis in water, asyn, sout en peper net tot gaar.2. Dreineer water en vlok vis. Laat afkoel.3. Meng alle bestanddele vir sous en voeg vis laaste by.4. Bedien op slaaiblaar met 'n skyfie suurlemoen en stukkie pietersielie.Genoeg as voorgereg vir 6 - 8 persone.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SOET KONDENSMELK

twee pinte melk (een pint = 2 koppies = 570 ml)kwart teelepel koeksoda

Page 89: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

een pond suiker (een pond = 2 koppies)half teelepel sout

1. Los alles in melk op en kook vinnig tot die dikte van dik room. Moenie laat oorkook nie en roer aanhoudend.2. Laat koud word en gooi in flesse.(Hierdie resep is vir diegene wat in lande bly waar kondensmelk nie beskikbaar is. Nou kan hulle ook ons lekker resepte met kondensmelk inberei.)

Terug na begin

+++++++++++++++++++

PAMPOENKOEKIES (1923)

2 koppies fyn pampoen1 eetlepel botterhalf teelepel soutkwart teelepel pepergeel van een eier2 eetlepels meel

1. Bak, kook of stoom die pampoen tot gaar. Druk deur 'n sif. Gooi botter, sout, peper en geel van 'n eier by.2. Vorm klein frikkedelletjies, steek in eier en broodkrummels en braai in vet.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

MUESLI

60 ml heuning60 ml kookolie250 ml hawermout250 ml semels50 ml sesamsaad100 ml koringkiem (opsioneel)100 ml klapper100 g sonneblompitte50 g rosyne50 g droë vrugte, in klein stukkies gesny50 g neute (hoe meer natuurlik, hoe lekkerder!) Ek gebruik heel neute en voeg sommer'n handvol amandelvlokkies ook by

1. Meng heuning en olie in 'n groot glasmengbak.2. Mikrogolf op 100% vir een minuut. Roer.3. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die laaste vier. Roer.4. Mikrogolf op 50% vir ongeveer 15 minute. Roer elke twee minute.5. Die mengsel is reg as dit bruin begin verkleur.6. Koel af en voeg dan die vrugte en neute by.7. Bêre lugdig.

Terug na begin

++++++++++++++++++

EKSOTIESE GEBAKTE PIESANGSKooktyd: 20 minuteTemperatuur: 375°F of 190°C4 - 5 porsies

Page 90: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

8 klein piesangs40g botter1 suurlemoen (sap)3 eetl gekerfde klapper3 eetl sagte bruinsuiker3 eetl rum of van der Hum

1. Skil piesangs en, indien groot, halveer. Plaas langs mekaar in gebotterde vuurvaste bak sodat hulle styf teen mekaar lê. Sprinkel eweredig metsuurlemoensap, dan klapper, daarna suiker en uiteindelik rum. Sit klontjies van oorblywende botter bo-op en bak in die middel van voorafverhitteoond.2. Bak totdat piesangs sag is en die gereg bo-op `n diep goue kleur het.3. Dien op met dun room.4. Gooi ekstra eetlepel rum in 'n verhitte lepel, flambeer en dien piesangs brandend op.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

NUWE SLAAI

Ek het sopas 'n slaai aanmekaar geslaan wat skrik vir niks en moet dit eers met julle deel.

Ek het twee appels geskil, ontpit en in blokkies gesny. Daarby het ek 'n halwe komkommer in dieselfde grootte blokkies gesny. 'n Blikkie ertjiesbygevoeg en seker so drie eetlepels mayonnaise - die tipe wat nie te suur is nie. Dit lyk vir my na genoeg slaai vir so vier of vyf mense

Dit lyk na vreeslik baie moeite maar is vreeslik lekker. Ek het dit ook nog nie voorheen iewers raakgeloop nie.

Terug na begin

++++++++++++++++++

VIS-EN-GROENBONEGEREG (4 - 5 porsies)

5 ml botter of laevet margarien2 uie, gekap1 knoffelhuisie, gekneus50 ml tamatiepasta300 ml hoenderaftreksel5 ml suiker12,5 ml WorcestersousSout en varsgemaalde swart peper na smaak12,5 ml mielieblom300 g groenbone, gekerf of heel500 g vismootjies, vel verwyder

1. Verhit die botter of margarien en soteer die uie en knoffel daarin totdat dit sag is.2. Voeg die tamatiepasta, aftreksel, versoeter en Worcestersous by en verhit dit tot kookpunt. Laat prut dit 'n paar minute lank en geur met sout enswart peper na smaak.3. Maak die mielieblom met 'n bietjie koue water aan en voeg dit by. Roer dit voortdurend totdat dit verdik.4. Skep die groenbone in 'n oondbak, plaas die vismootjies bo-op en giet die sous oor. Bedek die oondbak met 'n deksel en bak die gereg 30-45minute in 'n voorverhitte oond by 180oC. Haal die deksel af en bak dit nog sowat 15 minute.5. Sit voor met volgraanbrood.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

VISVOORGEREG

Hier is 'n staatmakerresep vir die somer. Dis heerlik as 'n heel deftige voorgereg of as 'n ligte ete saam met broodrolletjies en slaai.

Page 91: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

800g bevrore stokvis1/2 koppie tamatiesous2 eetlepels worcestersoussap van 1 suurlemoen1/2 teelepel tobascosous1 medium fyngekapte ui1 koppie mayonnaise

1. Trek die grys velle van die gevriesde stukke vis af. Kook die vis 10 minute in gesoute water.2. Dreineer, vlok en verwyder enige grate. Laat afkoel.3. Meng die ander bestanddele deeglik.4. Meng met die vis en laat oornag in die yskas.5. Bedien op slaaiblare, versier met takkies pietersielie.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SOETSUUR-DOOPSOUS

1 blikkie kondensmelkMayonaisse (dieselfde hoeveelheid as die kondensmelk)gerasperde kaasgesnipperde suuruitjies (groen of rooi lyk mooi saam met kaas)

1. Meng alles saam en laat staan 'n rukkie sodat die smake kan meng.2. Bedien saam met Simba/Willard skyfies.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

GROENTESKOTTEL

Hier is seker die maklikste en heerlikste groenteskottel. Met een van ons vakansies in Mosselbaai (SANTOS) het ons gou 'n naweek Stellenboschtoe gery om ons KAAPSE WYN by my nefie en dié se vrou te gaan kry. Sy slaan toe uit met die ongelooflike lekker groente saam met braaivleis.Hoop almal geniet dit ook!!!!

500 g murgpampoentjies met skil gerasper1 ui gekap4 of meer repe "bacon"1 koppie Cheddarkaas gerasper3 eetl olie2 eiers1 blik pitmielies gedreineersout en peper½ koppie melk

1. Meng alles saam2. Skep in gesmeerde bak3. Bak 45 min op 180°CLekker eet!

Terug na begin

+++++++++++++++++++

VINNIGE HOENDERLEWERPATEE (Kooktyd: ± 7 minute, 4 porsies)

225g hoenderlewers

Page 92: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

65g botter1 knoffelhuisie (fyngekap)1,5 eetl sjerrie1,5 eetl. brandewynsout en swartpeperknippie gemengde speserye

1. Spoel die lewers in koue water af en verwyder enige vliese of gekleurde dele2. Smelt 30g botter in kastrolletjie oor lae hitte en panbraai lewers totdat dit ferm maar binne steeds pienk is (omtrent 3-4 minute)3. Dreineer en plaas dit in `n bak wat vooraf met knoffel gesmeer is4. Voeg sjerrie en brandewyn by die sap wat in die pan oorgebly het, bring tot kookpunt en verwyder van hitte.5. Maak lewers fyn en druk tot smeer6. Voeg genoeg sout en peper, gemengde speserye en oorblywende botter by7. Meng deeglik en plaas in klein potjies of `n bak8. Bedek en laat dit afkoel9. Garneer met pietersielie en dien op met warm roosterbrood

Terug na begin

+++++++++++++++++++

Hierdie resep vir HOLLANDSE VETKOEKE kom van Gerrit en ek plaas dit net soos ek dit ontvang het:

Beste Danie. Hier is weer een resep (in Hollands)Dis vir vetkoeke soos die Hollanders dit eet met die jaarwisseling. Daar was een fout in die hoeveelheid gist. Nie 150 maar 15 gram gist. Dis eenbietjie laat vir die lag een slag maar ek kom dit nou agter toe my vrouw hulle begin maak. Ek is jammer maar ek hoop dat enigiemand wat eenbietjie weet van bak dit wel sal gesien het.Dit hou aan rys en rys en rys.Recept voor oliebollen ( bij de jaarwisseling), die drie dagen tot een week goed blijven.23-1-99Ingredienten:Neem 1 kilogram zelfrijzendbakmeel.500 gram (1/2 kilogram) rozijnen. Laten weken in water.5 groot appels.In kleine stukjes snijden.10 gram zout.5 eieren.1 theelepel vanille essence.15 gram gist750 mliter (3/4 liter) melk500 mliter (1/2 liter) water.

Laat het mengsel staan voor plus-minus een uur.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SJOKOLADEKOEK

1 K Koekmeel1 K Strooisuiker (½ K vir die meelmengsel en ½ K vir die sous)¼ K Kakao4 T Bakpoeier (2 T vir die meelmengsel en 2 T vir die eiermengsel)¼ T Sout4 Eiers (eierwitte en eiergele geskei)½ K Olie½ K Kookwater1 T Vanielje1 Blik Idealmelk (vir sous)1 Blok gewone sjokolade (vir sous)

Page 93: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

Metode - Meelmengsel:1. Gooi die koekmeel, kakao, ½ K strooisuiker, 2 T bakpoeier en sout bymekaar.2. Meng apart die olie en kookwater saam. Meng dit dan by die droë bestanddele.3. Klits die 4 eierwitte en 2 T bakpoeier apart.4. Meng apart die 4 eiergele en vanielje saam.5. Meng nou die eiergeelmengsel en die eierwitmengsel saam.6. Meng nou alles saam.7. Bak in 'n gesmeerde oondvaste bak teen 180 grade vir ongeveer 25 - 30 minute.

Sousmengsel:Doen solank die volgende terwyl die koek bak:

1. Smelt ½ van die blik Idealmelk saam met die ander ½ K strooisuiker in 'n kastrol.2. Gooi hierdie mengsel egalig oor die warm koek sodra dit uit die oond kom.3. Laat koek nou afkoel.4. Smelt dan die blok sjokolade en die res van die blik Idealmelk saam en gooi egalig oor die afgekoelde koek. (Heerlik ook as 'n nagereg opgediensaam met room / roomys.)

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KAASKOEK TIPE -TERT

KORS:1 Pakkie Tennisbeskuitjies2 groot lepels margarien / botter(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies endruk vas as kors.)

VULSEL:1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/ koejawel)1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)1 houertjie (koppie) vars room

1. Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat - haal dan af,voeg 'n bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg.2. Sny die vrugte (as dit groot is - los appeliefies net so)in klein stukkies, en voeg by.3. Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskasvir net 15 minute - en dien op.4. Ideaal vir onverwagte gaste !!! Dit kan sommer 'n nagereg ook word in nood….dien op met roomys

Terug na begin

+++++++++++++++++++

Hier is 'n resep om MAYONNAISE 'n bietjie te rek en dit smaak nogal baielekker. Veral die kinders is baie lief daarvoor, want dit het nie daardiebyt in nie. Ek gebruik ook altyd die mayonnaise wat nie so ryk is nie.

1 bottel mayonnaise1 blik kondensmelk1 blik Ideal melk.

Meng alles goed saam en gooi terug in bottel. Maak 2 bottels vol.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

Page 94: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

VINNIGE SUURLEMOENTERT

1 blik kondensmelk3/4 koppie suurlemoensap (of minder na smaak)500 ml ultramel room1 pak tennisbeskuitjies

1. Klits room en kondensmelk saam. Voeg suurlemoensap by en klop tot styf.2. Voer bak uit met beskuitjies en gooi mengsel in. Sit in yskas en laat styfword en sprinkel dan 100/1000's oor of krummel 'n beskuitjie bo-oor netvoor opdien.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KERSPONS (Suzette)

1 liter grenadellasap1 liter pynappelsap2 liter mangosap2 liter lemoensap½ bottel Malibu likeur½ bottel wodka

Terug na begin

GRIEKSE PONS

1 bottel vonkelwyn (750 ml)2 bottels wit wyn (2 X 750 ml)250 ml brandewyn (1 k)4 liter sodawater1 suurlemoen in dun skyfies2 piesangs (fyn gekerf)1 blikkie pynappelstukke (410 g) fyn gekerf met stroop1 blikkie grenadellamoes (100 g)

Meng en verkoel. Voeg koue sodawater by net voor bediening.

Terug na begin

VRUGTEDRANK

2 k suiker1 k aarbeie, stukkend gedruk1 k piesang in skyfies gesnySap van 6 lemoene2 k water2 k grenadellamoes1 gerasperde pynappel2,5 liter sodawater

Maak 'n stroop deur die suiker en water vir 10 minute saam te kook. Syg dit dan deur en meng met al die ander bestanddele behalwe die sodawater.Verkoel en voeg die sodawater by net voordat dit bedien word.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

Page 95: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

TORTILLA

4 - 5 middelgrootte aartappels1 groot ui in skywe gesny4 - 5 eiersSout

1. Sny aartappels in skywe2. Kook in olie - nie pap nie3. Braai uie - nie bruin nie4. Klits eiers liggies met vurk net deurmekaar5. Skep aartappels en uie (warm) in geklitste eier6. Meng baie liggies en gooi in pan - skud pan heeltyd7. Sit plat bord op pan en keer versigtig uit - skuif terug in panLaat effens afkoel

Terug na begin

+++++++++++++++++++

NUTTY WONDERS

¼ pd botter2 eetlepels suiker1 teelepel vanilla1 koppie meel1 koppie neute

1. Meng alles saam2. Rol bolletjies3. Bak by 160°C vir 20 minute4. Laat afkoel en rol in versiersuiker

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SJOKOLADEKOEK (Lorraine)

Ek stuur graag vir jou my gunsteling resep. My familie, vriende en al die mense in ons omgewing is dol oor die resep. Hy kos 'n bietjie duur om temaak, maar is sowaar die moeite werd vir spesiale geleenthede.

Stroop:250ml water250ml suiker

Stap 1:Kook stroop en laat eenkant staan om af te koel. Spuit 'n tuitpan met kleefweermiddel, voorverhit oond tot 180 C en meng dan diekoekdeeg.

Koekdeeg:250 ml koekmeelblom30 ml bakpoeier (Dit klink baie, maar die hoeveelhede is korrek)knypie sout250 g botter of margarien125 ml suiker200 g donker sjokolade (1 plak)5 eiers30 ml brandewyn of sjerrie

Stap 2:

Page 96: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Smelt die botter, suiker en sjokolade saam oor kookwater.Klits eiers en brandewyn of sjerrie saam.Voeg geklitste eier geleidelik by sjokolademengsel en klits goed.Vou die meelmengsel by die eiermengsel in; die deeg is slap.Gooi deeg in pan en bak in voorafverhitte oond vir 45 minute tot gaar.Haal die koek uit die oond en gooi dadelik die koue stroop oor.Laat afkoel in pan.

Versiersel:1 plak (200 g) heelneutsjokolade30 ml melk

Stap 3:Keer koek uit op afkoelrak en laat verder afkoel.Breek sjokolade in blokkies en smelt saam met melk in mikrogolfoond of in kokende water. Indien jy die mikrogolfoond gebruik , roer mengselelke 10 sekondes. Indien dit te warm word, maak die sjokolade korreltjies.Sodra die versiersel lekker glad is, giet dit oor die koek.Wenk: Dit is raadsaam om die koek geblinddoek te eet, sodat jy nie moet sien hoe spring die kilojoules nie. Nogtans, lekker bly darem maarlekker!

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KINDERKULSLAAI (Adri)

Ek het hierdie slaairesep van iemand gekry en alhoewel ek dit nog nie self gemaak het, klink dit goed, gesond en lekker. Dit smaak glo kompleetsoos mango en een manier om vir klein kinders hul pampoen te laat eet!

Rasper gewone boerpampoen grofVoeg 'n blik pynappelstukke met sap by asook lemoensap (van die 100% soort). Laat staan oornag

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SAVOY VARKKOTELETTE

Kooktyd: 30 minute4 porsies

1 eetl groente-olie4 varkkotelette2 groot kookappels50g pitlose rosyne250ml droë appelwynfyngemaalde skil van 1 lemoensout en pepergebraaide appelringe

1. Verhit olie in groot vlak pan en braai kotelette geleidelik tot goudbruin aan albei kante (5 minute).2. Verlaag die hitte en voeg geskilde, ontkernde, gesnyde appels, rosyne, lemoenskil en wyn, met sout en peper na smaak, by. Maak dig toe en laatstadig vir 25 -30 minute prut; draai kotelette eenmaal om.3. Haal kotelette uit, roer appels sodat hulle `n appelsous met die wyn en rosyne vorm. Skep kotelette bo-op appelsous en garneer met gebraaideappelringe

Terug na begin

+++++++++++++++++++

Page 97: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

JOGURTTERT

500 ml Jogurt (enige geur waarvan julle hou)1 blik kondensmelk1 pak Tennis beskuitjiesBotter

1. Maak beskuitjies fyn vir kors en meng met gesmelte botter.2. Meng Jogurt en kondensmelk goed.3. Gooi oor kors en sit in mikrogolfoond vir 4 min. op hoog.4. Sit in yskas vir ± 1½ uur.

Terug na begin

++++++++++++++++++

SLAAI/NAGEREG (Daleen)

Hier is die heerlikste resep vir 'n slaai of nagereg [jy moet maar self besluit wat vir 'n ding dit is na jy dit klaar geëet het]

Bestanddele:2 x 150g Malvalekkers.1 Blikkie fyn pynappel ["crushed pineapple"]175 ml grenadella joghurt.Sny malvalekkers in kwarte. Meng al die bestanddele saam.Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.[Dit is net so bietjie lekkerder as heerlik]

Terug na begin

+++++++++++++++++++

SMULSTAFIES (12 stafies)

125 ml volkoringmeel 250 ml hawermout1 ml koeksoda 125 ml klapper125 ml bruin suiker 250 ml pitlose rosyne150 g margarien, gesmelt 15 ml heuning

1. Voorverhit oond tot 180oC. Smeer die bakplaat.2. Meng die volkoringmeel, hawermout, koeksoda, klapper, bruin suiker enpitlose rosyne saam in 'n groot mengbak.3. Meng die gesmelte margarien en heuning saam in 'n aparte bak. Roer goed.Voeg margarien-heuningmengsel by die droë bestanddele en meng deeglik met 'n houtlepel.4. Druk die mengsel eweredig vas op die bakplaat. Bak 20 minute lank tot goudbruin.5. Sny in stafies terwyl nog warm.6. Laat heeltemal afkoel.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KOEJAWELPOEDING

1 groot blik koejawels, fyn gesny, sonder stroop1 blik kondensmelk1 pakkie rooi jellie1e vla poeier1k kookwater2k melk

Page 98: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

1 eierwit

1. Kook melk, maak vla2. Maak jellie, voeg by vla3. Klits vinnig. Voeg kondensmelk by koejawels4. Voeg jelliemengsel by koejawelmengsel5. Klits eierwit styf6. Vou in, laat stol oornag

Terug na begin

+++++++++++++++++++

WARM AARTAPPELSLAAI

1kg (6 groot) aartappels1 pakkie gekapte spek125ml kookolie2 uie in blokkies gesny125ml blatjang125ml asyn250ml melk15ml mielieblom

1. Kook aartappels in skil, in soutwater tot gaar2. Trek skille af, sny in blokkies en hou warm3. Braai spek in 25ml olie tot gaar, skep uit en hou warm saam met aartappels4. Braai uie in dieselfde pan tot gaar5. Voeg res van olie, blatjang en asyn by, en kook ongeveer 2 min. sonder deksel6. Meng mielieblom en melk, gooi stadig by uiemengsel terwyl jy dit vinnig inroer, roerkook vir verdere 2 min7. Meng aartappels en spek, gooi uiesous oor en meng liggies8. Hou in lou-oond tot benodig. Lewer 6 porsies

Terug na begin

+++++++++++++++++++

BILTONG POTJIE (Chrissie) - Genoeg vir 10 mense

6 Uie1 Pak sampioeneR60,00 se biltong1 Blik pitmielies1 Pak noodels (gedraai of skulp) (Gaargemaak)½ "Green Pepper"2 Houertjies vars roomRedelike stuk gerasperde kaas (Hoe meer kaas, hoe lekkerder)

1. Braai uie en sampioene tot gaar. Voeg biltong by. Voeg gaargemaakte noedels by. Plaas "green pepper" en pitmielies bo op. Rond af met 2houertjies room en baie gerasperde kaas.2. Byskrif: Hierdie resep is ryk, maar so lekker. Dit gaan baie vinnig om te maak. Bedien dit saam met 'n lekker mengelslaai of enige ander slaai enjy rek dit nog verder.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

HOENDER MARENGOKooktyd: 1 uur4 porsies

Page 99: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

1kg braaihoender of 4 hoenderkwarte3 eetl olie1 klein ui (fyngekap)1 klein knoffelhuisie (fyngemaal)2 eetl meelblom170ml medium-droë wyn315ml hoenderaftreksel1 eetl tamatiepureesout en peper100g knopie sampioenevarsgekapte pietersielie

1. Verhit olie in 'n vuurvaste pan en braai hoenderstukke stadig tot dit heeltemal goudbruin is. Voeg uie en knoffel by en braai dit saam met diehoender.2. Roer meelblom in en laat kook vir 'n minuut.3. Roer dan wyn, hoenderaftreksel en tamatiepuree in.4. Voeg knopiesampioene by, maak pan dig toe en smoor stadig vir 40 minute.5. Haal hoender uit, verminder die sous - indien nodig - deur dit te laat kook en giet dit oor die hoender.6. Garneer met varsgekapte pietersielie en dien op met rys.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

ERTJIESLAAI

Breek blaarslaai in fyn stukkies en plaas in 'n bak. Voeg nou grasuie en seldery (fyn gekap) in 'n dun lagie oor die blaarslaai. Die smaak isprominent moet dus nie te veel gebruik nie! Gooi nou 'n pakkie gevriesde Young & Tender ertjies oor. (Sommer 'n dik laag) Skep 'n dik laagMiracle Whip bo-oor. Maak versigtig met Glad Wrap toe en plaas in yskas totdat die ertjies ontdooi het. Sit voor en geniet.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

PYNAPPEL/SUURLEMOEN TERT

1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies1 blik karamel kondensmelk2 koevertjies Orley Whip1 Peppermint Crisp1 pakkie pynappel/suurlemoen jellie opgelos in 1 koppie kookwater

1. Klits room styf. Voeg die kondensmelk en afgekoelde jellie by en klits2. Pak laag beskuitjies, laag vulsel en gerasperde "pepermint crisp". Herhaal die lae3. Sit in yskas vir ten minste 2 dae voor gebruik

Terug na begin

+++++++++++++++++++

PEPPERMINTTERT

1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies1 pak Orley Whip1½ koppie melk3 teelepels versiersuiker1 pakkie kits KaramelpoedingSoet wyn of sjerriePeppermint Crisp

Page 100: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

1. Klits versiersuiker en orley whip goed saam2. Klits die poeding en melk ook3. Voeg die twee mengsels bymekaar4. Doop beskuitjies in wyn en pak 'n laag in bak5. Skep 'n laag van die vulsel bo-oor en rasper sjokolade oor6. Herhaal die lae7. Laat in yskas om goed styf te word

Terug na begin

+++++++++++++++++++

KRAKERIGE KAASSLAAI

½ Blaarslaaikop grof gebreek½ Brood se kroutons6 Agurkies in ringetjies gesnyCheddar kaas ook in blokkies gesny (hoeveelheid volgens jou smaak)Klein blikkie pynappelstukkies (gedreineer)

1. Meng alle bestanddele en gooi in 'n mooi glasslaaibak.

Bestanddele vir sous:Blikkie kondensmelk2 el Asyn1 el KookolieSout en swartpeper na smaak(Meng alles saam net voor bediening en gooi oor slaai.)

Terug na begin

+++++++++++++++++++

ASPERSIE QUICHE (souttert) (Emily)

KAASKORS:120 g (250 ml) koekmeelblom125 ml (50 g) gerasperde cheddar-kaas125 ml botter, gerasper

1. Meng al die bestanddele tot 'n stywe deeg. Druk vas op bodem en kante van quichebak met 'n deursnee van 220 mm.2. Vul met vulsel.

VULSEL100 g biltong, in dun repies gesny4 eiers300 ml ongegeurde jogurt250 ml gerasperde cheddar kaas30 ml gerasperde parmesaan kaas80 ml melk1 x 340 g blik aspersielote, gedreineerpaprika 30 ml parmesaan kaas vir garnering

1. Strooi biltong op tertkors. Klits eiers, jogurt, kaas, parmesaan-kaas en melk goed en gooi oor biltong. Pak aspersies bo-op eiermengsel en strooires van parmesaankaas bo-oor.2. Bak 45 min by 180?C tot gestol.Alternatief: Vervang biltong met gesnipperde spek, gekerfde ui, groenrissie en sampioene wat saam gebraai is.

Terug na begin

Page 101: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

+++++++++++++++++++

HOENDERLEWER PERI-PERI (Juanita)

2 x 250g Hoenderlewers, gewas en skoongemaak3 middelslag uie, in ringe gesnyVars gemaalde seesoutVars gemaalde swart peperGedroogde knoffel vlokkiesKnorr Peri-Peri± ½ koppie Sonneblomolie2 Eetlepels Bisto300-350 ml Water½ koppie Perskeblatjang

1. Gooi die olie en so ½ koppie peri-peri in 'n braaipan en soteer die uie daarin.2. Geur intussen die hoenderlewers met sout, peper en knoffel.3. Sodra die uie deurskynend begin raak voeg jy die hoenderlewers by en roerbraai tot gaar.4. Maak die Bisto aan met die water en voeg blatjang by. Giet oor die hoenderlewermengsel, roer goed deur en laat prut oor lae hitte vir ongeveer7 minute of totdat die sous lekker dik is.Bedien onmiddellik saam met vars broodrolletjies - as 'n voorgereg, of saam met rys en 'n mengelslaai as hoofgereg.

Terug na begin

+++++++++++++++++++

MAKLIKE SOUTTERT

4 snye wit brood - korsies afgesny1 koppie melk2 eetlepels margarien

Plaas in mikrogolf totdat melk gekook het en druk fyn met vurk

Voeg dan die volgende by:1 koppie kaas (ek gebruik effens meer)2 teelepels bakpoeierSout & peper na smaak3 eiers1 gekapte ui1 blikkie (Denny) verroomde sampioeneMeng goed en gooi in gesmeerde bakGooi paprika bo-oor vir kleurBak teen 180 grade (350 F) vir ongeveer 30 min

Ek sny soms weense worsies in en voeg weer ander kere stukkies broccoli by wat dit ook ekstra kleur gee)

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

VISRESEPPIE - Bedien met 'n groenslaai en lekker volkoringbrood.

1 pak wit vis (sonder grate)2 tamaties1 ui3 eetl. tamatiesous1 eetlepel Worcestersous1 koppie mayonaisseTobascosous na smaak

Page 102: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

6 gekookte fyngemaakteaartappels ( kapokaartappels)sout en peper na smaakknippie suiker1 klein pakkie kaas en uie aartappelskyfies1 koppie gerasperde kaas

1. Sny vis in stukke en kook in 'n bietjie soutwater tot gaar. Dreineer en vlok die vis.2. Braai tamatie en uie saam en voeg speserye by na smaak.3. Meng die vis, tamatie en uie mengsel, fyn aartappels, en die res van die Bestanddele behalwe die pakkie aartappelskyfies en kaas saam.4. Skep in oondbak.5. Druk aartappelskyfies fyn en strooi bo-oor mengsel.6. Strooi kaas bo-oor en bak in voorverhitte oond van ongeveer 180°C tot kaas gesmelt het.

Opmerking: genoeg porsies vir 'n gesin van vier.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

BRUINPOEDING

Bottermengsel:1 eetlepel Botter1 eetlepel Appelkooskonfyt (fyn)1 eetlepel Heuning

Smelt in bak in die mikrogolfoond.

Sif die volgende bestanddele saam.

1 koppie Koekmeel (gesif - hoog vir baie lug)1 teelepel Koeksoda1 teelepel Gemmer

Meng met die bottermengsel.Voeg 1 koppie melk by tot 'n deeg (nie te slap nie)Skep in liggies gesmeerde bak, die bak moet 'n deksel hê wat pas.Kook 1 koppie suiker en 1 koppie water, gooi oor die mengsel.Bak in voorverhitte oond van 180º C tot bruin, bedien met lekker oudtydse selfgekookte vla.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

BRUINRYSSLAAI

4 kop gekookte bruinrys6 gekapte salottel klein gekapte rooi soetrissie1/3 kop sultanas60 g geroosterde neute (eie keuse)2 eetlepels sonneblomsaadGekapte pietersielie (opsioneel)

1. Meng alle bestanddele2. Giet volgende mengsel oor bogenoemde en roer deur:

1/4 kop olyfolie3 eetlepels sojasous

Page 103: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

2 eetlepels suurlemoensap1 fyngekapte knoffelhuisie

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

OUTYDSE KONFYTKOEKIES met die konfyt in (Fop Koekies)

5 K Meel2 t koeksoda2 k suiker2 t kremetart¾ k melk2 eiers125 g margariensout910 g Appelkoos of Perske Konfyt

1. Klop botter en suiker tot room2. Roer eiers in3. Voeg melk wat in koeksoda opgelos is by4. Voeg res van bestanddele by5. Rol dun uit6. Druk met wynglas sirkels uit7. Meng die konfyt met 'n bietjie MAZIENA dit help dat die konfyt nie uitkook as dit gebak word)8. Plaas konfyt op deeg. Sit nog 'n deegsirkel bo-op, druk vas met vingers in die rondte9. Bak 10 min op 180º C of tot mooi bruin

Met hierdie resep kry 'n mens nogal heelwat koekies uit.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

BUTTERNUTSOP

30 ml olie2 uie gekap5 ml gemmer15 ml kerriepoeier1.2 kg "butternut" gekap1 liter hoenderaftreksel1 appel geskil en geraspersout en peper250 ml room

1. Meng gemmer en kerriepoeier en gooi oor uie. Braai in olie.2. Voeg butternut by en kook vir 5 minute.3. Giet hoenderaftreksel oor, roer appel in en geur.4. Kook tot die groente sag is Laat effens afkoel, versap en herverhit weer vir 5 minute.5. Bedien met room en croutons.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

CREMORA TERT (Mishka)

3 koppies Cremorapoeier.

Page 104: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

1½ koppies kookwater.1 blikkie kondensmelk.halwe koppie suurlemoensap.1 pakkie Tennisbeskuitjies.

1. Meng 3 koppies Cremorapoeier op 1½ koppie kookwater saam. Laat afkoel (sit in vrieskas verkieslik)2. Klop met klitser tot styf.3. Voeg die kondensmelk by en direk daarna suurlemoensap.4. Skep in twee tertborde wat met tennisbeskuitjies uitgepak is.5. Krummel van die beskuit wat oor is, oor die tert.5. Dit is beter as u 'n vierkantige bak gebruik. Verskillende lekkernye kan bo-oor gesit word.Ek het hierdie gebruik as 'n nagereg vir 'n braai. Saam met die tert het ek spanspek gegee.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

HOENDER A LA MAROELA

10 Groot hoenderdyeSoutPeperKoekmeelblomOlie

1. Meng peper, sout en koekmeel saam en doop hoenderdye daarin. Skud af.2. Bak hoenderdye in vlak olie tot goudbruin.3. Pak in oondpan.

Sous:1 koppie tamatiesous1 koppie blatjang½ koppie suiker½ koppie maroelajellie½ koppie kookolie½ koppie asyn, opsioneel1 Bottel groentepiekels

1. Meng alles saam2. Giet sous oor hoender en bak vir 1½ uur in oond. Plaas deksel op3. Bedien saam met rys

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

BLIKKIESSOP - heerlik uit die blik

1 blikkie gladde ertjiesop1 blikkie gladde tamatiesop1 blikkie tuna in soutwater(gedreineer en gevlok)1 blikkie water afgemeet van die tamatiesop blikkie (ekstra indien die sop te dik is vir jou smaak)

Opsioneel: - doen nie veel vir die smaak nie maar lyk pragtig in die sop en so jok die oog vir die maag.1 blikkie mossels gedreineer en/of gaar vars mossels (20-30) met of sonder skulp

Verhit al die bestanddele saam en bedien met 'n lekker broodjie. Kooktyd is die tydperk wat dit neem om alles te verhit.

Terug na begin

Page 105: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

++++++++++++++++++++++++

GEBAKTE KOOL - (Emily)

Ongeveer ½ koolkop, grof gekerf1 groterige ui2 groterige aartappelsham / viennas / kaasworsies / spek na keuse1 pakkie "Potato Bake" (Bacon and Cheese)Gerasperde Kaas

1. Kook kool op in bietjie soutwater tot net bros. Dreineer goed en skep in gesmeerde oondbak.2. Kerf ui en soteer in botter. Skep oor kool.3. Skil aartappels en sny in klein blokkies. Kook in mikrogolf tot net-net gaar. Dreineer en braai in botter tot ligbruin. Skep oor kool en uie.4. Braai ham, viennas, kaasworsies of spek in botterpan. Skep oor kool-mengsel.5. Meng alles liggies met 'n groot vurk.6. Meng "Potato Bake" volgens aanwysings en gooi bo-oor koolmengsel.7. Rasper kaas bo-oor en bak in oond (180°C) vir ongeveer 20 minute tot gestol.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

SOET-SUUR GEMENGDE GROENTESLAAI

1 kg pak "Country Mix" gemengde groente gekook in bietjie soutwater tot net bros.

1. Dreineer baie goed.2. Gooi in plastiekbak met styfpassende deksel.3. Laat goed afkoel.

Sous:1 koppie witasyn1 koppie bruinsuiker½ teelepel sout10 ml mostertpoeierswartpeper na smaak.

1. Meng alles tesame en mikrogolf tot suiker gesmelt het. Laat heeltemal afkoel.2. Gooi oor groente en marineer vir ongeveer 4 uur. Draai bak kort-kort om sodat al die groente gemarineer word.3. Voor opdiening, dreineer goed.4. Kerf ½ ui en ½ komkommer en meng by slaai.5. Dien op in glasbak met slaaiblare uitgelê.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

GROENTEGEREG

1 Botterskorsie (butternut)8 Murgpampoentjies (baby marrows)250 g Knopie sampioenePakkie wit uiesoppoeier1 glasie vars room

1. Sny botterskorsie in blokkies en mikrogolf met 'n klein bietjie water vir ongeveer 10 minute.2. Sny murgpampoentjies in ringetjies en mikrogolf met 'n klein bietjie water vir ongeveer 8 minute.3. Sny sampioene in stukkies (soos jy self verkies) - moet NIE mikrogolf nie.4. Gooi al drie groentes in 'n bak en strooi soppoeier en room bo-oor. Bak vir ongeveer 20 minute by 180°C.

Page 106: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

Al eet jy nie hierdie groentes apart nie, sal ek jou waarborg jy sal hierdie gereg eet totdat jy skuins lê.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

MIELIEGEREG

Hierdie is 'n maklike gereg wat heerlik saam met enige iets afgaan.

90 ml Koekmeelblom5 ml Bakpoeier90 ml Suiker2 Geklitste eiers3 Blikkies suikermielies90 ml Botter

Meng alles saam. Bak tot gaar by 180 grade C.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

MOSTERDSOUS

250 ml wit suiker25 ml mosterdpoeier12,5 ml koekmeelblom1 ml sout125 ml asyn125 ml water2 groot eiers

1. Meng suiker, mosterdpoeier, koekmeelblom en sout in diep bak.2. Voeg asyn en water by en meng - mikrogolf vir 4 min by 100% krag. Roer na 2 min.3. Klits die eiers, klits nou bietjie van kokende sous by eiers, voeg res van die eiermengsel by kokende sous en roer goed. Mikrogolf 3 min by50% krag en roer elke minuut.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

SAMPIOEN EN FETA SOP

1-2 knoffelhuisies, fyngedruk1 koppie ongesoute botter1 ui gekap2 eetlepels sprietuie3 x 50g vars sampioene in skyfies gesny1/2 koppie koekmeelblom1 blikkie bier2 koppies hoenderaftreksel1 koppie melk1 blik "evaporated milk"Fetakaas gekrummel1/2 koppie gerasperde Parmesaankaas5 ml tiemie5 ml basielie [ook vir garnering]15 ml WorcestersousSout en varsgemaalde peper

Page 107: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

Rooi peper

1. Soteer knoffel in botter en voeg dan uie en sampioene by. Kook tot sag. Hou eenkant.2. Smelt botter in groot kastrol en braai dan botter en meel tot goudbruin. Klop bier daarin tot mengsel lekker dik word.3. Meng hoenderaftreksel en en melk en giet stadig in biermengsel in. Voeg res van bestanddele by behalwe die feta en parmesaankaas.4. Geur die sop en laat kook vir 10 tot 15 minute.5. Garneer met Feta en Parmesaankaas.6. Bedien 8 - 10 mense.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

TAMATIE EN WORTELSOP

15 g botter10 ml olie1 ui, gekap2 knoffelhuisies, gekap2 wortels, gekap500 g tamaties, verwyder skil en kap grofbouquet garni1 liter groente of hoenderaftrekselsout en varsgemaalde swart peper

1. Verhit botter en olie.2. Soteer uie en knoffel vir 10 minute.3. Voeg wortels by en roer tot vloeistof geabsobeer is.4. Voeg dan tamaties, appel, bouquet garni en aftreksel by.5. Geur met sout en peper.6. Sit deksel op en laat prut vir 45 minute.7. Verwyder bouquet garni en versap in Braun versapper.8. Sit sop in skoon kastrol terug en verhit weer. Pas geursel aan indien nodig.9. Bedien in verhitte sopbakkies en geur met lepelvol room en 'croutons'.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

WARM KNOFFELSOP

4-6 knoffelhuisies, gekap2 preie [kap die wit gedeeltes]30 ml olyfolie1 liter groente aftreksel4 aartappels in blokkies gekap150 ml roomgrasuie100 ml wit wynsout en peper

1. Roerbraai knoffel en uie in olie en voeg dan die aftreksel en aartappels by. Kook tot sag. 'n Lourierblaar kan daarby ingegooi word en verwyderword na die kookproses.2. Versap die sop, geur en voeg die room by. Herverhit die sop, maar moet dit nie laat kook nie.3. Strooi gekapte sprietuie oor en bedien met 'croutons'.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Page 108: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

KNOFFELBOTTER

Skil sowat 10 knoffelhuisies.250 g margarien.1 doppie brandewyn / port / whiskey (na smaak)bossie vars gekapte pietersielie (vir die lekker - nie vir die reuk nie).1 teelepel gemengde droë kruie / of oreganum ens.

1. Ont"pit" die knoffelhuisies en kneus.(As jy nie 'n knoffeldrukker-"kneuser" besit nie druk die huisie plat met die platkant van 'n breëlem mes.Strooi 'n knippie sout oor en kap dan fyn.)2. Klits die margarien tot wit-romerig.3. Meng die knoffel en brandewyn by.4. Hou maklik 2-3 maande in die yskas.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

MIN MOEITE PASTA (Emily)

Kook 1 pak pasta van eie keuse tot sag op gewone manier.

1. Braai in 1 eetl. olie 1 pakkie gesnipperde spek2. Skep uit en sit eenkant tot later3. Kerf 1 groot uit, ½ groenrissie en ½ pakkie sampioene4. Braai in pan waarin spek gebraai was.5. Gooi spek nou terug in die pan.6. Voeg by 1 blik ingelegde gesnipperde tamaties en prut die mengsel vir 10 min.7. Voeg afgespoelde, gedreineerde pasta by en meng versigtig by die tamatiemengsel.8. Meng 1 pakkie Knorr Tomato, Bacon and Basil pastasous met 1 koppie water9. Gooi oor pasta en voeg bietjie sout en peper na smaak by10. Meng versigtig deur en prut baie stadig vir ongeveer 15 min.

Dien op met gerasperde kaas.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KAAS-PATEE

Meng saam:1 bakkie krummel-maaskaas1 koppie gerasper kaas1 koppie gerasperde bottergerasperde ui na smaakknippie sout

Voeg enige van die volgende by:Knoffel, Aromat, Gerasperde biltong, Marmite, Vissmeer, Fyngedrukte gekookte eier, Gekapte agurkies, Tuna, ens.

1. Bespuit 'n bakkie met Spray & Cook, besprinkel poppy- of sesamesaad en skep vulsel in die bakkie.2. Bedien met soutbeskuitjies.3. Kan lank in die yskas gebêre word en vries ook baie goed.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

MURGPAMPOENTJIES

Page 109: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20B.htm[2013-03-12 07:16:55 AM]

Hierdie resep is eenvoudig heerlik om voor te berei, veral by braaivleis as jy nie lus vir sukkel is nie.

2 pakkies murgpampoentjies (lang groenetjies) in lengte gehalveer1 pakkie tamatieroomsop1 houer (250 ml) room

1. Pak gehalveerde murgpampoentjies in `n glasbak, enkellaag2. Strooi droë tamatieroomsop bo-oor - dit kan maar lekker dik lê3. Gooi houertjie room bo-oor alles4. Bedek met deksel / foelie5. Bak in oond vir 90 minute teen 140°C.6. Die pampoentjies moet sag wees as gaar en die room sal dik wees. Dit lyk vreeslik mooi met die groen, rooi en wit kombinasie op die bord.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Terug na Egafrikaans

Page 110: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Resepte Groep CHierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers

van ons gereelde geselsbrief - Begin jou dag 'n slag met 'n lag.

[deur Emily Kruger saamgestel]

Om in te skryf om die geselsbrief gereeld te ontvang, stuur net jou E-pos adres aan [email protected].

Gaan na Resepte Index

INHOUDSOPGAWEKliek eenkeer op die naam van die resep en die resep sal verskyn:

Aartappel-Kaaskoekies | Aartappelsuurdeeg | Afrika's Koekiis | Anderse Pap-en-Wors | Appelliefie Tert | Appeltert I | Appeltert II |Asbrood | Beesstert Broodjie | Beestong met Mosterdsous | Bief-en-Varkwors Kasserol | Bierbroodjie | Blitsige Kerriekos | Blitsige

Maalvleis-en-Bone Kerrie | Blitsvinnige Vrugtekoek | Bobotie in die Mikrogolf | Boeliebief skywe | Boere Soetkoekies | Boontjiesop metSpekblokkies | Botter Laagkoek | Braaivleis Broodjie | Bruin Poeding | Bruintjies | Butternut Sop | Cremora Tert | Dadelbrood |

Dadelkluitjies van Ouma Tillie | Deeg Skelmpies | Die Allerlekkerste Rosynebrood | Dik Groentesop | Doodeet Worsgereg | Doodvreet-Lepelskons | Ertjiesop | Feespap | Frikkadelle | Gemmerkoekies | Gemmerkoekies van Minette | Gesmoorde Beesstert | Gesondheids

Beskuit | Geurige Oondgebakte Hoender en Rys | Groenboontjie Bredie | Growwemeelbeskuit | Heerlike Witbrood | Hertzoggies |Hoenderlewer met Byt | Ingelegde Vis | Jan Smuts-koekies | Kaapse Kerrie | Kaas - En - Uiebrood | Kaaskoek | Kaaskoekies |Kaasstrooitjies | Kaiingbrood | Kampkerriekos | Kaneelbolletjies | Karringmelk Sjokoladekoek | Karringmelkbeskuit | Kerrie

Botterpampoen Sop | Kerriesouttert | Klapperkoekies | Kluitjiesop | Knoffelring | Koffiekoekies | Kondensmelkkoekies I |Kondensmelkkoekies II | Konfyttertjies | Korentekoekies | Korslose Kaastert | Krummelpap Verrassing | Lekker Soetkoekies | Lensiesop |

Lewer Bobotie met Appel | Lewer en perske-broodjie | Lewer in Netvet (Skilpad) | Lewerkoekies | Melksnysels | Mieliebrood | Mokka-Sjokolade-Splinter-Soufflé | Mosbolletjiebrood | Naweekkoekies | Neutebrood | Ouderwetse Lampastei | Outydse Bonesop | Pannekoek |

Paul Krugerkoek | Raap-en-Skraap | Roosterkoek | Rugby Tert | Ryspap | Sardyne met Geelrys | Semel Piesangbrood | Skuinskoek |Sosatie Marinade | Souserige Beesstert | Souskluitjies | Speserykoekies | Stywepap en Krummelpap | Suikermielie Bredie | Suurlemoen

Meringue Tert | Tipsy Tert | Vetkoekies | Vinnige en Maklike Melktert | Wasgoedbondeltjies | Wildsvleis Bobotie | Worsgebak | Wortel enAartappelsop | Yskaskoekies | Ystervarkies I

Aartappel-Kaaskoekies3 aartappels, geskil 1 ui 1 eier, geklits30ml koekmeelblom sout en peper na smaak5ml bakpoeier 125ml gerasperde Cheddarkaas10ml gekapte pietersielie olie om in te braai Rasper die aartappel en ui saam. Roer die eier, koekmeelblom, sout, peper en bakpoeier by. Roer die kaas enpietersielie by.Skep lepelsvol van die mengsel in vlak, warm olie en braai dit tot goud bruin aan albei kante. Dreineer dit opkombuispapier. Bedien dit dadelik.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Aartappelsuurdeeg1/2 Koekie yeast (moet koekie yeast wees)Middelslag aartappel, fyn gerasper (belangrik - mooi fyn)2 Eetlepels Suiker 1 Eetlepel Sout

Page 111: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Sit alles in Consol Bottel (soos vir vrugte inlê)Maak bottel vol tot by nek met sterk lou water en roer goedMaak toe met deksel - nie styf nie en laat staan op warm plek. Die aartappels sal boontoe trek na die deksel toe - danis dit reg. Skud bottel, hou hand voor en gooi af maar nie als nie - behou sowat 1/4 van alles terug. Onthou, dieeerste keer of twee sal dit nie behoorlik rys nie - dit vorm nog die suurdeeg basis.Hierdie proses moet sowat drie keer herhaal word - dan is die suurdeeg reg vir gebruik.Moet nie te warm water gebruik nie (net sterk lou) anders maak dit die suurdeeg dood.Wie het vir my 'n broodresep (regte egte boerebrood) wat met aartappelsuurdeeg gemaak word? My buite-oondgaan binnekort reg wees dan wil ek begin bak!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Afrika's KoekiisDie resep het verskyn in Di Afrikaanse Koek en Poeding Boek Duer 'n Frystaatse Dame, Paarlse Drukpers Maats.Beperkt. 1914. 3 lb Flour 1 lb witsuiker1 lb botter telepel soda en 2 telepelskremetart, met melk of water aangemaak Dit is die hele resep. Hiermee 'n variasie van Afrika-koekies in die jare 90 (lewer 90 koekies) 120 g koekmeelblom (250 ml) 390 g volkoringmeel (750 ml)120 9 mieliemeel (250 ml) 200 g sagte bruinsuiker (250 ml)3 ml gemengde speserye 5 ml Kremetart250 g botter 3 ml Koeksoda225 ml melk 250 ml karringmelk Meng meelblom, volkoringmeel en mieliemeel. Voeg bruinsuiKer, speserye en kremetart by. Vryf botter daarby in totmengsel soos broodkrummels lyk.Los koeksoda op in melk en voeg by meelmengsel. Voeg karringmelk by en meng tot sagte deeg.Skep lepelsvol van mengsel op gesmeerde bakplate en bak in voorverhitte oond by 180 grade C, 15-20 minute lanktot gaar. Verwyder uit oond en laat afkoel op draadrak.Variasies· Maak holte in rou koekies en skep bietjie appelkooskonfyt daarin. Bak soos bo.· Drup gesmelte sjokolade oor vir 'n soeter koekie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Page 112: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Anderse Pap-en-Wors600g boerewors 625ml water200ml gerasperde Cheddarkaas 25ml rissie-en-knoffelsous250ml mieliemeel sout en peper na smaak410g tamatie-en-uiesmoor Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met kleefwerende middel.Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en gaar.Verwyder en hou eenkant.Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n kastrol en voeg die mieliemeel by wanneerdie water kookpunt bereik.Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot gaar. Roer ‘n bietjie kaas by.Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraalvorm, bo-op.Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous. Geur na smaak met sout en peper en prutongeveer 5 minute lank.Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor. Bak 15-20 minute of tot lekker warm. Dien op saam met dieorige sous.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Appelliefie TertKors1 pakkie (200 g) Mariebeskuitjies, fyngedruk 60 ml (1/4 k) botter of margarien, gesmelt45 ml (3 eetl) kondensmelk Vulsel1 blik appelliefies koue water80 ml (1/3 k) vlapoeier 45 ml (3 eetl) botter of margarien250 ml (1 k) kondensmelk Smeer 'n 23 cm-tertbord met botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Meng die krummels, gesmelte botter ofmargarien en kondensmelk en druk onder en teen die kante van die tertbord vas.Verkoel tot benodig.Dreineer die appelliefies, maar behou die stroop. Vul die stroop aan tot 500 ml (2 k) met koue water. Maak dievlapoeier met 'n bietjie van die stroopmengsel aan tot 'n pasta.Verhit die stroopmengsel tot net onder kookpunt, voeg daarvan by die vlamengsel, roer goed en giet alles terug in diekastrol. Verhit tot kookpunt en laat prut tot verdik en gaar.Verwyder van die hitte en roer die botter of margarien by. Roer die kondensmelk en appelliefies versigtig by.Giet in kors en verkoel tot ferm. Geniet met styf geklopte room indien verkies. Lewer 1 medium tert.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Page 113: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Appeltert I(Dit is 'n ou resep, so daar word nog in koppies (250 ml), eetlepels (15 ml) en teelepels (5 ml) gemeet) 1 Koppie Bruismeel 2 eiersknippie sout 1 blik tertappels (normale grootte)1 koppie suiker 2 Eetlepels gesmelte botter¼ koppie melk Sous1 klein blik Ideal Milk 1 Teelepel Vanielje Essens1 koppie suiker Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam. Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel. Gooi mengselin bak en skep appels oor mengsel.Bak in oond 180°C vir ¾ uur. (Na 'n halfuur kan die oondtemperatuur na 150°C verlaag word om te voorkom dat dietert te donker word.) Metode (Sous)Gooi alles saam in pot en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor tert sodra tert uit die oond kom.Die beslag is genoeg vir 'n normale ronde tertbak. Indien 'n kleinerige vierkantige bak (± 20cm x 15cm) gebruik word,moet resep dubbeld aangemaak word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Appeltert II250 g koekmeel 10 ml bakpoeier2 ml sout 60 ml margarien1 eier, geklits 125 ml afgeroomde melk10 ml Natreen vloeibare dieet versoeter 80 ml water5 ml vanilla geursel 300 g tertappels Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf margarien in.In 'n aparte mengbak, meng die melk, water, eier, versoeter en vanilla geursel. Voeg by droë bestanddele en menggoed.Spuit 'n tertbord met "Spray & Cook", en skep mengsel in bord. Rangskik appelskywe bo-op deeg.Bak 25 minute teen 200°C. Bedien warm met dieet roomys of ligte vla.In die plek van appels, gebruik ook ander vrugte.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Asbrood

Page 114: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

750 ml bruisbroodmeel 25- ml witbroodmeel10 ml bakpoeier 2.5 ml sout500 ml karringmelk Meng droë bestsnddele en maak aan met karringmelk. Druk deeg plat (ong 3 cm dik) op 'n groot stukaluminiumfoelie. Vou dig toe in foelie maar laat ruimte om te rys.Plaas op half uitgebrande kole en gooi toe met oorblywende kole. Bak ongeveer 45 minute.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Beesstert Broodjie1 pak (500g) bruismeel 1 pakkie beesstertsoppoeier1 houer (500ml) karringmelk 125ml gerasperde kaasknypie rooipeper Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 'n broodpan (20 x 14 x 7cm).Meng die bruismeel, soppoeier en karringmelk goed saam.Skep die deeg in die pan en maak dit gelyk.Strooi die kaas en peper oor en bak 1 uur lank op die middelste oondrak. Keer op 'n draadrak uit en laat afkoel.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Beestong met Mosterdsous1 kg beestong 1 klein ui1 klein geelwortel vars seldery of pietersielietakkiesknippie sout 4 peperkorrels2 heel naeltjies Sous125 ml suiker 60 ml mosterdpoeier30 ml koekmeel 250 ml kookwater250 ml mayonnaise 125 ml witasynsap van 1 suurlemoen Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet.Laat afkoel. Sny in skywe en pak in 'n oondvaste bak.Stel oond op 160°C. Vir die sous Meng die droë bestanddele saam en voeg die res - buiten die broodkrummels - by.Kook stadig deur oor lae hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak 25 - 30minute.Wenk Die gereg vries maklik en kan net voor opdiening teen 'n lae hitte ontdooi word. Sit voor met 'n lekker brosslaai.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Page 115: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Bief-en-Varkwors Kasserol(4-6 Porsies)600g stowebeesvleis 150g klein varkworsies25ml olie 1 ui3 selderystingels 1 appel25g meelblom 250ml biefaftreksel250ml sider 6-8 naeltjies3 suurlemoenblare( of vars lourierblare) 12,5ml gekapte pietersielie Verwyder vet van vleis en sny in blokkies. Sny worsies in twee.Verhit olie en braai vleis en worsies bruin. Skil en sny uie in skywe.Kap seldery, ontkern appel en sny in skywe. Sprinkel meel oor vleis en roer goed. Giet aftreksel en sider oor en voegseldery, uie, appel, naeltjies, suurlemoenblare en smaakmiddels by.Plaas in kasserol met deksel en bak 1 1/2uur in oond van 180 grade C tot sag. Garneer met pietersielie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Bierbroodjie500 gram bruismeel 1 X Blikkie Bier van jou smaakKnippie sout. Meng die klomp totdat die deeg van jou vingers af is, sit in die broodpan, laat rys, en bak 40 min op 180 grade.Die lekker van die resep is dat n mens die deeg kan ooprol en enige iets na jou smaak oor die hele oppervlakte smeerof strooi (viennas en tamatie smeer, spinasie en feta, kaas en knoffel, biltong en jalepeno, ag sommer net wat sesmaak ookal in jou kieste opspring.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Blitsige Kerriekos6 Snye brood Bietjie olie1 Groot ui, gekap 250 g (1 pakkie) spek1 Rooi soetrissie, in blokkies gesny 300 g (1 blikkie) soutvleis, fyn gemaak5 ml (1 t) borrie 30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap45 ml (3 e) blatjang 4 eiers, geskei125 ml (½ k) melk 250 ml (1 k) cheddar, gerasper Stel oond op 180°C. Verhit olie in pan en sorteer ui tot sag en deurskynend. Voeg spek by en roerbraai tot gaar. Voegsoetrissie by en roerbraai verder.Verwyder pan van hitte en roer soutvleis, kerrie, borrie, pietersielie en blatjang by.Plaas 'n laag gesnyde brood in gesmeerde oondbak en skep soutvleis bo-op. Maak bokant gelyk.Klits melk en eiers en giet oor gereg. Sprinkel gerasperde kaas bo-oor.

Page 116: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Bak 30 min of tot kaas bo-op goudbruin is.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Blitsige Maalvleis-en-Bone Kerrie(Hierdie resep is 'n staatmaker wanner die finansies soms min is en die gebakte bone redelik goedkoop is.)1 ui, gekap 250 - 500 g beesmaalvleis1 blik gebakte bone in tamatiesous kerrie na smaaksout en peper na smaak olie Soteer die ui in die olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en braai vinnig. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin.Voeg bone en smaakmiddels by en bring tot kookpunt. Bedien saam met rys en mengelslaai en jou gunsteling'chutney' (blatjang).

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Blitsvinnige Vrugtekoek2 pakkies Marie beskuitjies (grof gebreek) 2 eiers1 koppie (250ml) sagte bruin suiker 1 koppie (250ml) botter3 koppies (750ml) gedroogde vrugtemengsel (fruit mix)75g glanskersies 2 sopies brandewyn of sjerrie Smelt botter en suiker, moenie kook nie. Voeg vrugte by en kook vir 3 minute. Voeg geklitste eiers by. Roer vinnig naelke byvoegsel en kook vir nog 2 minute.Voeg Marie beskuitjies, kersies, brandewayn of sjerrie by en roer goed. Roer goed tot alles goed gemeng is.Plaas in gesmeerde broodpannetjie wat uitgevoer is met waspapier wat ook gesmeer is. Druk mengsel stewig vas enlaat afkoel.Keer uit en strooi met versiersuiker voor bediening.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Bobotie in die Mikrogolf1 ui (geskil & gekap) 30 ml botter7 ml sout 2 ml borriesap v. 1 suurlemoen 1 kg gemaalde beesbinneboud150 ml sagte broodkrummels 175 ml blatjang100 ml droë wit wyn 50 ml fyn appelkooskonfyt100 ml melk 2 eiers Mikrogolf ui + botter 4 minute oop by 100 % in ronde tertbak. (25 cm deursnee, 6 cm diep) Roer na eerste 2 minute.Roer kerrie, sout, borrie, en sap by. Voeg vleis by en roer liggies met vurk. Bedek en mikrogolf mengsel 5 min. by100% krag. Roer goed om los te maak.

Page 117: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Roer broodkrummels, blatjang en wyn by. Bedek en mikro 10 minute by 70% krag. Laat 'n rukkie afkoel.Smeer fyn appelkooskonfyt bo-oor. Klits melk en eiers en giet bo-oor. Mikro sowt 25 minute oop by 50% krag toteiermengsel gestol is.(Mens kan so vinnig dan in die gewone oond naby die rooster (gril) sit om bo-op mooi bruin te bak.)

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Boeliebief skyweDeeg400ml koekmeelblom knippie sout2ml bakpoeier 110g margarien, gerasper200ml melk 1 eiergeel Vulsel1 blik boeliebief in blokkies gesny (275g) 30ml mayonnaise2-5ml mosterdpoeier bietjie worcestersous30ml gekapte pietersielie 250ml gerasperde Cheddar kaas Voorverhit die oond tot 200C. Spuit ‘n klein broodpan met kleefwerende middel. Sif die droë bestanddele saam envryf die margarien met jou vingerpunte in tot goed gemeng. Meng die melk en eiergeel saam en meng by. Die deegsal slapperig wees.Druk die helfte van die deeg op die bodem van die voorbereide pan vas. Meng die bestanddele vir die vulsel, maarhou eenkant ‘n bietjie gerasperde kaas. Skep bo-oor en maak gelyk.Versprei die res van die deeg oor die vulsel, sprinkel die oorblywende kaas oor en bak sowat 20 minute lank of totdatdie kors gaar is. Dien op met blatjang.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Boere Soetkoekies15 Koppies meel 3/4 Koppie stroop15 teelepels bakpoeier 6 1/2 Koppies suiker1 teelepel kaneel 1 teelepel neut1/2 teelepel naeltjies 1 teelepel gemmer6 eiers 1 1/3 pond (660 g) margarien Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by, meng verder met melk tot 'n stywe deeg.Rol uit en druk af met drukkertjies. Bak in oond 400°F tot ligbruin.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Boontjiesop met Spekblokkies

Page 118: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

500g pakkie droë suikerbone, oornag geweek in koue water250g gerookte spek, in blokkies gesny, 1 varkpootjie2.5 liter water 1 groot ui gekap1 wortel, grof gerasper 65g (1blikkie) tamatiepasta2 lourierblare 6 wonderpeperkorrels3 kruienaeltjies ‘n paar gekapte takkies pietersielie10ml bruinasyn sout en varsgemaalde swartpeper2 knoffelhuisies skoongemaak olyfolie Spoel bone af onder koue water en dreineer. Dompel varkpootjie vinnig in kookwater en was goed af. Skep spek in ‘ngroot kastrol en braai oor lae hitte tot bros. Skep uit.Braai vark pootjie in dieselfde kastrol tot bruin alkante. Skep bone by varkpootjie in kastrol en voeg water by. Verhittot kookpunt, en skep skuim af met gaatjieslepel.Voeg res van bestanddele tot em met bruinasyn by, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en laat stadig prut met dekselop kastrol vir sowat 2½-3ure of tot bone sag is.Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder varkpootjie en druk sommige van die bone fyn met ‘naartappeldrukker. Proe en geur na smaak indien nodig.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Botter Laagkoek2 k Meelblom 1/2 teel sout3 eiers 3 1/2 teel bakpoeier2 teel Vanielje 1/2 k melk1/2 k Water 113 g. botter1 k suiker. Klits geel van eiers goed. Voeg meel en sout by, dan geursel. Voeg dan melk en botter wat gesmelt is, by. Voeg danwater by as te styf is. Voeg bakpoeier by en dan styfgeklopte eierwit. Bak in oond teen 180 Grade C vir 25 minute.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Braaivleis Broodjie500ml fyn gerasperde wortels 425ml kookwater30ml olie 15ml heuning500ml mieliemeel 2ml rooipeper5ml sout 4 ekstra groot eiers, geskei Voorverhit die oond tot 180C en voer twee broodpannetjies se bodem met bakpapier uit. Smeer of spuit diepannetjies. Meng wortel, kookwater, olie en heuning.Sif mieliemeel, peper en sout saam en voeg by die wortelmengsel.Klits eiergele en voeg by die mengsel. Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit liggies in by die mengsel.

Page 119: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Skep mengsel in pannetjies en bak 45-50 minute.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Bruin Poeding(Mikrogolf)1 (2) Koppie Meel 1 (2)Teelepels Koeksoda1 (2) Kop Suiker 2 (4) Eiers2 (4) Eetlepels Appelkooskonfyt 1 (2) Koppie Melk1 (2) Eetlepels Asyn 1 (2)Teelepel Sout Meng eiers en melk. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Meng koeksoda en asyn, voeg by res. Bak 15 - 18minute in Mikrogolf Stroop1 (2) Koppies Suiker 1 (2) Koppies Melk1 (2) Koppies Kookwater 3 (6) Eetlepels Botter Kook saam en gooi oor warm poeding.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Bruintjies220 g suiker 150 g bruismeel3 eiers 50 g okkerneute, gekap35 g kakao knippie sout170 g sagte botter (nie gesmelt) Gooi al die bestanddele in 'n bak, meng goed met 'n houtlepel, gooi in gesmeerde bakplaat en bak 22 minute invoorverhitte oond by 190º. Moenie droog bak nie, dit moet nog so effens klam wees in die middel. Sny in blokkieswanneer koud. Kan net so geëet word, of bedien met styfgeklopte room.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Butternut Sop700 g butternut 1 ui, gekap2 of 3 aartappels, in blokkies 1,25 liter hoenderaftreksel10 ml gedroogde tarragon (of dragon op afrikaans) opsioneelsout en peper na smaak 125 ml room of melk Braai die ui en voeg die aartappel, butternut en tarragon by. Braai vir 'n klein rukkie. Voeg dan die hoenderaftreksel

Page 120: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

by en kook tot die groente sag is.Versap of druk fyn en geur na smaak. Voeg die room of melk by net voor opdiening.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Cremora Tert(Mishka) 3 koppies Cremorapoeier 1½ koppies kookwater1 blikkie kondensmelk halwe koppie suurlemoensap1 pakkie Tennisbeskuitjies Meng 3 koppies Cremorapoeier op 1½ koppie kookwater saam. Laat afkoel (sit in vrieskas verkieslik).Klop met klitser tot styf. Voeg die kondensmelk by en direk daarna suurlemoensap.Skep in twee tertborde wat met tennisbeskuitjies uitgepak is. Krummel van die beskuit wat oor is, oor die tert.Dit is beter as u 'n vierkantige bak gebruik. Verskillende lekkernye kan bo-oor gesit word.Ek het hierdie gebruik as 'n nagereg vir 'n braai. Saam met die tert het ek spanspek gegee.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Dadelbrood2 k meelblom 2 eiers1/4 lb Botter 1/2 lb dadels1 k kookwater sout1 k suiker 2 teel koeksoda1 teel vanielje Gooi kookwater oor botter, suiker, dadels, koeksoda en sout. Laat afkoel. Voeg eiers heel by. Roer meel in. Bak vir 'nuur by 180 Grade C.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Dadelkluitjies van Ouma TillieSTROOP500 ml suiker 1 liter water30 ml (2 eetlepels botter) 30 ml (2 eetlepels goue stroop)2 ml (halwe teelepel) sout KLUITJIES500 ml koekmeelblom 15 ml (1 eetlepel) koeksoda2 ml (halwe teelepel) fyn kaneel 30 ml (2 eetlepels) botter

Page 121: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

125 ml (halwe koppie) fyn gesnipperde dadels 250 ml (1 koppie) melk Meng al die bestanddele vir die stroop saam in 'n stoompot. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Kook dan vyfminute lank.Meng koekmeelblom, koeksoda en kaneel saam. Vryf botter in en voeg die dadels by. Meng goed deur. Voeg die melkstadig by terwyl aanhoudend geroer word.Laat stroop weer kook en skep lepels vol van die kluitjiemengsel in die kokende stroop. Verlaag hitte (dit moet baiestadig prut anders kook dit oor) en prut 20 minute lank. Moenie die deksel oplig nie.Dien op saam met vla, room of roomys. Genoeg vir 6-8 mense.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Deeg Skelmpies1 1/2 k Meelblom 1/4 teel sout1 1/2 teel Bakpoeier peper1 eier 1 k Melk Klits eiers en melk goed. Roer stadig by meel, sout en bakpoeier. Doop stukkies hoender of enige koue vleis daarin enbak in warm olie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Die Allerlekkerste Rosynebrood1 pakkie Bruismeel 1x250 g pitlose rosyne1 houertjie karringmelk 2 eeteel suiker2 gelyk teelepels bakpoeier knippie sout Stel oond op 180ºC. Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam, gooi rosyne by en voeg die karringmelk by.Ek skud altyd die kartonnetjie agterna met 'n bietjie melk uit. Meng deeglik met houtlepel. Skep uit in gesmeerdebroodpannetjie en bak vir een uur. Keer uit en laat afkoel.Hierdie broodjie is 'n wenner. Soos met alle kitsbrode, is dit op sy lekkerste op die eerste dag.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Dik Groentesop(1 groot Kastrol)½ kg 'Lean' Maalvleis ½ kg 'Chuck' - blokkies gesny¾ Pakkie of Boksie 4 in 1 sopmengsel 1 kop fyn gesnyde seldery½ kop fyn gesnyde pietersielie 1 groot gerasperde ui2 groot gerasperde aartappels 1 groot gerasperde tamatie1 kg gerasperde wortels sout en peper na smaak.

Page 122: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

1 Blikkie boontjies in tamatiesous 'Bakebeans' (Om te verdik)1 Pakkie groentesoppoeier aangemaak in 1 kop water (Om te verdik) Kook 'chuck', maalvleis, sopmengsel, seldery, pietersielie, uie, tamatie en wortels totdat die vleis sag gekook is. Dievleis kan vooraf ook sag gekook word vir 'n rukkie. Hou die kastrol sowat ¾ vol met water soos jy kook. (Sowat 'n uurtot 'n uur en half)Gooi gerasperde aartappel by en kook tot sag saam met die res van die sop.'Mash' die 'bakebeans' fyn en gooi by die res van die sop en ook die soppoeier wat aangemaak is met 1 kop water -kook vir nog so 20 min totdat alles deurgekook is. Gooi sout en peper by na smaak.Die sop vries ook baie lekker en dit smaak altyd baie lekkerder as dit gevries was - weet nie hoekom nie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Doodeet Worsgereg1 ui 1 soetrissie25ml sonneblomolie 10ml kerriepoeier2ml borrie 500ml kookwater12,5ml blatjang 5ml soutknypie peper 500g rou boerewors410g appelkooshelftes 375ml rou rysgrasuie vir garnering (opsioneel) Skil en kap ui fyn. Halveer en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en soetrissie in olie.Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en peper en blatjang by en kook 2 minutelank.Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak.Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos- helftes oor wors en giet sap ook oor.Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer liggies om, garneer met uiegras en sit warmvoor.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Doodvreet-LepelskonsHierdie skons is ware treffers!4 kop bruismeel 1 teelepels sout2 teelepels bakpoeier 2 groot eiers½ koppie olie 2 teelepels wit suiker1 kop karringmelk - soos benodig om deeg klouerig slap te maak (om te skep in muffin-panne) Meng olie, eiers, melk tot glad. Meng droë bestanddele en suiker. Meng die mengsel by droë mengsel.Deeg moet slap wees om te skep met lepel, maar nie loperig nie.Skep 'n groot eetlepel vol in gesmeerde kolwyntjie-pannetjies. Bak by 200º C goudbruin.

Page 123: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Ertjiesop15 ml sonneblomolie 1 ui (geskil, gekap)125 g spekvleis (gekap) 1 knoffelhuisie (gekneus)2 ml vars neutmuskaat (gerasper) 250 g split-ertjies1,5 Liter groente-aftreksel sout en peper2,5 ml suiker 150 ml roomvars pietersielie vir garnering (gekap) Verhit olie en soteer ui daarin tot sag en deurskynend. Voeg spekvleis by en braai tot dit begin bros word. Voegknoffel by en roerbraai vir sowat 1 minuut. Roer neutmuskaat, ertjies en aftreksel by.Bedek en laat prut vir 1 uur of tot ertjies sag is. Geur na smaak, roer suiker en room by en verhit tot deurwarm.Garneer met pietersielie.Indien verkies kan 250 g jambon-ham, in blokkies gesny, saam met ertjies bygevoeg word. Split-ertjies is geel of groen en het 'n soeterige smaak. Kook saam met uie en wortels en geur met 'n lourieblaar engrof gemaalde sout en peper - 1 1/2 uur vir geweekte en 2-2 1/2 uur vir ongeweekte ertjies. Split-ertemoes is heerliksaam met peperwortel - roomsous en garnale.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Feespap3 koppies mieliemeel 6 koppies water1½ teelepel sout 1 bottel biltongsmeerkaas250ml room 1 blikkie geroomde sampioene250g ontbytspek 2 uiegerasperde kaas Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae inbakskottel Pap,dan spekmengsel. Herhaal lae.Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Frikkadelle1 kg maalvleis 2 uie, fyngerasper1 aartappel, fyngerasper 4 snye witbroodkrummels1/4 k Melk 2 eiers2 eetl tamatiesous 2 eetl worcestersous

Page 124: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

2 eetl bladjang 1 teel soutbietjie peper 2 teel knoffelsout2 teel gemengde speserye 1 teel kerriepoeier2 teel Aromat 1 eetl suurlemoensap Meng alles goed. Maak balletjies en bak in kookolie teen 180 Grade C, tot aan albei kante gaar.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Gemmerkoekies500 g sagte botter 500 ml sagte bruinsuiker250 ml goue stroop 80 ml gemmerkonfyt, gedreineer fyngekap1 kg bruismeel 10 ml elk koeksoda en kremetart5 ml sout 2 ml gemaalde gemmer2 eiers, geklits ekstra koekmeel, indien nodig Stel oond op 180 °C. Klop die botter, bruin-suiker, stroop en konserf saam. Sif die droë bestanddele by diebottermengsel in. Meng goed saam.Voeg die eiers by en meng saam tot 'n sagte deeg. Neem ekstra meel op die hande as die deeg te onhanteerbaar is.Vorm klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat of rol uit en druk sirkels van verlangde grootte uit. Bak sowat 8tot 10 minute. Lewer sowat 80 koekies.Wenk Let op dat die deeg `loop'. Laat dus genoeg ruimte tussen elke balletjie. Rol deeg dun uit om 'n heerlike broskoekie te kry.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Gemmerkoekies van Minette185g margarine 250ml stroop700g koekmeel 20ml koeksoda20ml kremetart 60ml gemmer550g bruinsuiker 5ml sout3 eiers Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die eiers een vir een by die stroopmengsel.Gooi nou die bruinsuiker bo-oor en meng net tot die mengsel nat is. Sif droё bestandele en voeg by die diestroopmengsel en meng.Laat staan vir 2 ure, maak balletjies en bak 10 – 12 minute by 180 C. Die resep lewer omtrent 13 dosyn.Ek voeg maar altyd ń bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die is ’n regte outydse harde gemmerkoekie watlekkerder word soos dit ouer word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Page 125: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Gesmoorde Beesstert1 beesstert, opgesny olie vir braai2 uie, in skywe gesny 2 wortels, geskraap en in kwarte gesny3 selderystingels, in 5 cm stukke gesny 15 ml koekmeelblom500 ml vleisaftreksel Bouquet garnisout en peper na smaak Braai vleis in swaar-boomkastrol in vet tot goed bruin aan alle kante. Skep uit en hou eenkant.Braai uie, wortels en selderye in dieselfde kastrol tot effens bruin. Roer meelblom in, gooi vloeistof by en laat opkook.Geur met kruie en geurmiddels (bouquet garni ).Skep groentemengsel in vuurvaste kasserolbak, skep vleis op groente, plaas styfpassende deksel op en bak omtrent 11/2 tot 2 uur lank in voorverhitte oond van 180 Grade C. of tot vleis sag is.Verwyder bouquet garni sodra vleis van bene begin afval. Dien baie warm op, saam met stampmielies of rys.Let welAs die beesstert baie vet is, is dit goed om die vleis al die vorige dag gaar te maak, te laat afkoel en dan die soliedevet te verwyder. Verhit goed voor opdiening.Bouquet garni is 'n kruie wat saam in 'n bossie in 'n moeselien-sakkie toegebind en voor opdiening verwyder word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Gesondheids Beskuit1 kg volkoringmeel 250 ml klapper200 ml pitlose rosyne 55 ml bakpoeier500 ml suiker 250 ml sonneblomolie500 ml koekmeel 500 ml fyngedrukte graanvlokkies125 ml sonneblomsaad 10 ml sout250 g margarien, gesmelt 1 liter kookwater Stel die oond op 180C. Meng al die droë bestanddele, behalwe die suiker saam. Giet die gesmelte margarien in ´nander mengbak en voeg die suiker, olie en kookwater by. Meng.Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in 2 gesmeerde broodpanne. Doop ´n mes in warm water ensny die deeg in blokkies.Bak sowat 1 uur, of tot gaar, in die voorverhitte oond. Laat effens afkoel in die panne. Keer uit, breek in stukke endroog uit.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Geurige Oondgebakte Hoender en Rys30 ml kookolie 15 ml bottersout, swartpeper en gemengde kruie ongeveer 2 kg hoenderstukke, skoongemaak1 ui, opgekap 2 huisies knoffel, gekneus

Page 126: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

2 soetrissies, rooi en groen, in repe gesny 250 g sampioene, in skyfies gesny375 ml rou rys 1 pakkie sampioenroomsop750 ml warm hoenderaftreksel (meer kan gebruik word, indien verkies) Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit 'n diep oondskottel met kleefwerende kossproei.Verhit die olie en botter tot warm. Meng die sout, swartpeper en kruie saam en sprinkel oor die hoenderstukke.Verbruin die hoenderstukke in olie-bottermengsel, skep uit en hou eenkant. Braai die ui, knoffel, soetrissierepe ensampioen-skyfies in die orige panvette vir twee minute. (Indien nodig, voeg ekstra olie by.) Voeg die rys by en braaivir 'n verdere twee minute.Maak die sampioensoppoeier aan met 'n klein bietjie koue water en klits die aftreksel daarby. Skep die rysmengsel enhoenderstukke in die voorbereide oondskottel en giet die warm soppoeier/aftreksel daaroor. Roer liggies deur, bedekmet tinfoelie en bak in die voorverhitte oond vir sowat 80 minute tot die hoender en rys sag en gaar is. Pas die geurverder aan, indien nodig.Roer 'n lekker handvol gekapte pietersielie by net voor opdiening. Sit voor saam met 'n groente van jou keuse.Genoeg vir sowat ses mense.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Groenboontjie Bredie750 g skaapnek 15 ml koekmeelblom15 ml olie 2 uie, gekap200 ml vleisaftreksel 7 ml soutvarsgemaalde swartpeper, na smaak 750 g tot 1 kg groenbone, gekerf4 aartappels, geskil en in stukke gesny 15 ml suurlemoensap Verhit olie in swaarboomkastrol, rol vleis in meelblom en braai tot bruin. Voeg uie by en soteer. Voeg warmvleisaftreksel en res van bestanddele by, bedek en prut 1 1/2 tot 2 uur lank of totdat vleis sag is. Indien verkies kanaartappels met 'n vurk fyngedruk word. Lewer ses porsies.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Growwemeelbeskuit8 x 250 ml Nutty Wheat 2 x 250 ml Snowflake koekmeelblom7,5 ml sout 1 x 10 g pakkie kitsgis250 ml suiker 250 g margarien125 ml gouestroop 750 ml louwarm water Meng droë bestanddele saam en vryf hierna margarien met vingerpunte in. Meng gouestroop en louwarm water envoeg by droë mengsel. Meng tot deeg.Rol deeg in handpalms tot ewe groot balletjies en plaas in gesmeerde broodpanne. Laat rys tot dubbel die grootte enbak vir een uur teen 180 Grade C.Keer uit en laat afkoel. Breek op in beskuite en laat oornag in koel oond uitdroog.

Page 127: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Sultanas of rosyne kan by beskuitdeeg gevoeg word voor dit in balletjies gerol word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Heerlike Witbrood25 g vars gis 625 ml louwarm water40 g (50 ml) suiker 1 eier125 ml kookolie 12,5 ml sout1 kg witbroodmeel Voorverhit oond tot 200 Grade C.Krummel gis in water en voeg suiker, eier en olie by. Voeg sout by helfte van meel en voeg by vloeistof.Werk res geleidelik in om sagte deeg te verkry. Knie vir 10 minute tot glad en elasties. Bedek met plastiek ofhanddoek en sit op warm plek om tot dubbel die volume te rys. Knie af, verdeel in twee en vorm een helfte tot kleinbroodjie. Maak snytjies bo-op.Gebruik die res om rolletjies te maak. Sit brood in gesmeerde pan en rolletjies op gesmeerde bakplaat.Laat toe om tot dubbel die volume te rys. Bedek rolletjies met enige van die volgende olyfolie en growwesout,heuning en papawersaad, melk en vars gekapte kruie en/of eierglasuursel en gekapte neute. Bak vir 45 minute totgaar.Lewer 1 groot / 2 klein brode, of 12 rolletjies.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Hertzoggies1 k botter 3 k meelblom1/2 t sout 3/4 k suiker2 t bakpoeier 1 k klapper1/2 k fyn suiker 4 eiers Sif meelblom, sout en bakpoeier saam en voeg suiker by. Sny en vryf die botter in. Meng met goedgeklopte eiergelesodat die deeg uitgerol kan word.Druk af en voer klein vormpies hiermee uit. Plaas in elk 'n bietjie appelkooskonfyt. Klop eierwitte droog, voer klapperen strooisuiker by.Sit bietjie bo-oor konfyt Bak in warm oond 190 - 205 C (375 - 400 F) tot gaar.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Hoenderlewer met Byt500g hoenderlewertjies sout en varsgemaalde swartpeper na smaak2 knoffelhuisies, gekneus 1 ui, gekap5 ml borrie 90ml botter

Page 128: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

12.5ml kerriepoeier of garam masala 1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap410g (1blik) tamaties, gekap 1 brandrissie, ontpit en fyngekap200g bevrore of vars jong ertjies vars koljanderblare(dhania) gesnipper Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in ‘n braaipan sodat dit nog pienk binne is, maar verseël aan diebuitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant.Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en rissie by.Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut.Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper en ‘n bietjie suiker indien verkies.Sodra sous begin prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by en laat prut tot deurwarm.Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Ingelegde Vis6 – 8 pond vars geelbek of enige ander ander geskikte soort vis1 baie klein Rissie, fyn gekap 12 Naeltjies6 groot wit Uie 2 eetlepels goeie Blatjang2 onse Kerrie Sout1 teelepel Borrie 2 – 3 pinte goeie Asyn2 eetlepels Suiker Maak vis skoon en sny in mote. Sprinkel sout oor en bak in warm vet.Sny uie in ringe en smoor. Meng al die ander bestanddele en kook op in die asyn, voeg ook die gesmoorde uie by omsag te kook.Sit nou die gebakte vis in in erdekan of iets dergeliks en gooi die gekookte asynmengsel oor.Let wel – Vis moet goed bedek wees met die asynmengsel.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Jan Smuts-koekiesHierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en van 1939 tot 1948 die eerste minister van dieUnie van Suid-Afrika was. Volgens oorlewering was die koekies destyds baie gewild onder genl. Smuts se aanhangersterwyl hul politieke opponente niks daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het. Die resep lewer 4 dosynkoekies. Kors400 g (750 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom 10 ml bakpoeier1 ml sout 250 g botter of margarien, by Kamertemperatuur200 g (250 ml) suiker 2 eiers, geklits Vulsel

Page 129: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

125 g botter of margarien, by kamertemperatuur 125 g (150 ml) suiker2 eiers, geklits 125 g (225 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom5 ml bakpoeier 100 ml fyn appelkooskonfyt Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit met kleefwerende middel.Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe hierin totdat diemengsel fyn gekrummel is. Voeg die suiker by en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk sirkels, 8 cm in deursnee, met 'nkoekiedrukker uit. Voer die holtes van die kolwyntjie panne met die deegsirkels uit.Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en meng. Sif die koekmeelblom en bak poeiersaam en meng dit met die eiermengsel.Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol vulsel daarop.Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaapse Kerrie2 uie, in ringe gesny 15ml vars gemmerwortel, gerasper1 heel kaneelstok 6 kardomonsade,gekneus(opsioneel)1kg stoweskaapvleis, in blokkies gesny 15ml matige kerriepoeier15ml borrie 2ml neutmuskaat1ml rooipeper 20ml suiker4 knoffelhuisies, fyngedruk 1 groen soetrissie, in repe gesny1 lourierblaar olie om in te braaisout en varsgemaalde peper 15ml fyn komynsaad(jeera)5ml fyn koljander 5ml gemengde kruie410g heel, tamaties,fyn gekap sap van halwe suurlemoen Soteer die ui, knoffel, gemmerwortel en soetrissie saam met die heel speserye in 'n klein bietjie olie in 'n groot kastroltot sag. Geur die vleisblokkies na smaak met sout en peper en braai bietjie vir bietjie tot bruin. Voeg die res van diegeurmiddels buiten die suiker by en roerbraai nog vir sowat een minuut. Voeg die tamaties by. Verlaag die hitte enprut en prut tot die vleis sag en gaar en die sous lekker dik is. (Gooi nog 'n bietjie water of hoenderaftreksel by indiendie kerrie droogkook.) Geur met suiker en suurlemoensap asook nog sout en peper indien nodig.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaas - En - Uiebrood500 g bruismeel 1 pakkie dik wit uiesoppoeier5 ml (1 teel) sout 5 ml (1 teel) bakpoeier150 g gerasperde cheddarkaas 1 ekstra groot eier

Page 130: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

500 ml (2 k) karringmelk Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n broodpan van 1,5 liter met botter of bespuit met kleefwerendekossproei. Sif die meel, uiesop poeier, sout en bakpoeier saam. Voeg 100 g. van die kaas by en meng goed.Klits die karringmelk en eier goed saam en voeg by die droë bestanddele. Roer goed.Skep in voorbereide pan en versprei eweredig. Sprinkel die orige kaas oor en bak 1 uur lank tot gaar of todat 'ntoetspen skoon uit die middel van die broodjie kom.Sit voor met kaas en konfyt.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KaaskoekKors25 Gemmerkoekies OF 1 pakkie tennisbeskuitjies 100 g gesmelte botter Meng koekies en botter en druk in 'n pan met 'n uithaal bodem om korslaag te vorm. Laat afkoel in die yskas. Kaasskoekvulsel25 ml (5 teelepels) gelatien 4 eetlepels waterBedek gelatien met water en laat staan sodat dit kan "spons" 2 houers roomkaas sap en skil van suurlemoen5 ml vanielje geursel 3 eiers, geskei1 koppie strooisuiker 250 ml room Plaas roomkaas in 'n bak en meng. Voeg die sap en fyngerasperde skil van suurlemoen en vanieljegeursel by.Meng eiergele met strooisuiker in 'n bak - totdat dit soos room lyk - voeg dan by die kaasmengsel.Klits die liggies en voeg by die kaasmengsel.Mikrogolf die gelatien op medium krag vir 2 minute en voeg STADIG by kaasmengsel en meng totdat al die gelatiendeeglik in die kaasmengsel gemeng is.Gooi in pan met kors en laat stol. Versier met vars vrugte en room indien verkies.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaaskoekies250 g cheddarkaas 250 g meelblom1/2 teel peper 250 g botter1/2 teel sout knippie rooi peper Sif die meelblom, sout, peper en rooipeper in 'n mengbak. Sny die botter in klein stukkies en vryf dit in die gesiftemeelmengsel. Rasper die kaas nou by die mengsel en vryf goed in. Die deeg is baie ryk en u sal vind dat dit in 'n plat pan gedruk

Page 131: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

kan word of in 'n kolwynpannetjie. Bak teen 220 Grade C tot ligbruin.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaasstrooitjies3 k Meelblom 1 teel sout250 g (1/2 lb. ) gerasperde cheddarkaas 250 g (1/2 lb. ) margarien3 teel Bakpoeier 1/2 teel Rooipeper Rasper kaas. Meng botter, meel en al die ander bestanddele saam. Kaas laaste by.Maak aan met water of melk tot stywe deeg. Rol dun uit en sny in repe.Bak teen 230 Grade C tot ligbruin.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KaiingbroodDie geheim is om die kaiings reg uit te braai, nie almal weet so mooi hoe nie, maar dis hoekom ek nou hier is!Kaiings kan van die vet van enige slagdier gemaak word. Sny die vet af en maal dit met 'n growwe meul. Verhit in 'nkastrol met 'n bietjie water dat die vet smelt en laat die vet maar lekker uitbraai, dit vorm vanself kaiings. Partymense gooi bietjie melk by, maak glo 'n mooier kaiing. Die kaiings is die stukkies wat op die warm vet ronddryf, skepdit dadelik af en dis reg vir gebruik. Wanneer jy daarmee bak, moet dit eers weer gemaal word, die keer met 'n fynmeul. DIE BROODRESEP2 teelepels droë gis 2 teelepels suiker3 koppies lou water 7 koppies broodmeel2 teelepels sout 3 teelepels sagte varkvet500g kaiings Los die droë gis en suiker op in 1 koppie van die lou water. Roer 1/2 koppie van die broodmeel by. Bedek en houwarm sodat dit kan gis (een uur).Sif die meel en die sout saam. Maak 'n holte in die middel en voeg die suurdeegmengsel daarby. Knie nou goed totdatdie deeg mooi skoon afkom van die hande.Voeg die orige lou water geleidelik by terwyl jy knie. Knie die sagte varkvet goed deur en voeg dan die gemaaldekaiings by. Knie baie goed. Bak teen 180 ºC vir 45 tot 60 minute.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kampkerriekos500g boerewors, in skywe gesny 2 knoffelhuisies, gekneus

Page 132: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

2 uie gekap 15ml kookolie2ml rissiepoeier 15ml kerriepoeier250ml vleisaftreksel 15ml tamatiepuree30ml suurlemoensap 5ml sout2ml vars gemaalde swartpeper 3 aartappels, in blokkies gesny4 piesangs, in skywe gesny Rooster wors tot byna gaar. Hou eenkant warm. Soteer intussen knoffel en ui in verhitte kookolie.Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens. Voeg verhitte vleisaftreksel, tamatiepuree, suurlemoensap, sout enpeper by.Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute. Voeg piesangs by, meng goed en verhit deeglik.Sit voor met gebotterde heelgraanbrood.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kaneelbolletjies50 ml gladde appelkooskonfyt 125 ml (1/2 k) margarien5 ml (1 teel) koeksoda 25 ml (5 teel) kookwater375 ml (1 1/2 k) koekmeelblom knippie sout Stroop330 ml witsuiker 500 ml (2 k) kookwater12 ml (2 1/2 teel) fyn kaneel Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n kleinerige oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei.Meng konfyt en margarien deeglik. Los koeksoda in kookwater op, voeg by konfytmengsel en meng.Sif meel en sout by en meng tot 'n deeg. (Dis 'n baie sagte deeg.) Skep teelepelsvol van die mengsel in voorbereideoondbak.Verhit suiker, kookwater en kaneel oor lae hitte tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.Giet warm stroop oor bolletjies en bak ongeveer 25 minute lank. Sit warm voor met roomys.Genoeg vir 4-6 mense.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Karringmelk Sjokoladekoek2 k Meelblom 1/2 k botter1/2 k warm water 2 eiers1 teel Kremetart 1 teel koeksoda1 1/2 k Suiker 1/4 k kakao1/2 - 1 k Karringmelk 2 teel vanieljeSout

Page 133: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Sif droë bestanddele. Klop smeer en suiker tot room. Voeg goed geklitste eiers by en dan kakao gemeng met warmwater.Voeg droë bestanddele om die beurt met melk by.Voeg vanielje by. Bak vir 20 - 30 minute (of langer ) teen 180 Grade C. Vir 'n groot koek verdubbel bestanddele.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Karringmelkbeskuit250 ml suiker 2 eiers500 ml karringmelk 1 kg Snowflake - bruismeel5 ml sout 250 g margarien Verhit oond tot 180 Grade C. Klits eiers en suiker saam tot lig en skuimerig. Voeg karringmelk by.Sif meel en sout in groot mengbak en vryf botter in met vingerpunte. Voeg karringmelk by en meng tot deeg.Rol deeg in handpalms in balletjies. Rol balletjies ewe groot omtrent die grootte van 'n eier. Plaas balletjies digteenmekaar in gesmeerde broodpanne. Bak vir 50 - 60 minute.Laat effens afkoel en keer uit. Laat dan heeltemal afkoel.Breek beskuite oop en laat oornag op draadrak in oondlaai of in koel oond uitdroog.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kerrie Botterpampoen Sop1 kg botterpampoen, geskil en in blokkies gesny 1 liter hoenderaftreksel30g botter 1 fyngekapte groot ui2 koppies opgesnyde knopiesampioene 1 eetlepel matige tot medium kerriepoeier20ml koekmeelblom 2 teelepels sagte bruinsuikerKnippie borrie 1 maat brandewyn150g natuurlike joghurt Stowe botterpampoen in hoenderaftreksel tot gaar. Smelt botter in 'n pan en braai die ui en sampioen daarin to sag.Voeg meel en kerriepoeier by die ui-mengsel en roer oor lae hitte vir ongeveer 4 minute.Voeg die ui-mengsel by die botterpampoen en bring sagkens tot kook.Purée as jy 'n gladde sop wil hê. Voeg sout, swartpeper en bruinsuiker by.Roer die joghurt en brandwyn by, maar moenie laat kook nie. Bedien warm. (Genoeg vir 4 - 6)

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KerriesouttertKors250 g margarien 1 teel bakpoeier2 k meelblom 1/2 k kookwater

Page 134: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Gooi kookwater oor margarien. Laat afkoel en roer meel en bakpoeier in. Meng deeglik en bêre in koelkas tot nodig. Vulsel500 g maalvleis 1 groot ui, gerasper2 aartappels, gerasper sout en peper Kook al die bestanddele vir 10 minute. Meng 1 eetl kerrie, 1 eeteel klapper en 1 eeteel bladjang. Voeg by kokendevleismengsel. Vul ongebakte kors en bak 20 minute in warm oond.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Klapperkoekies360 g (750 ml) koekmeelblom 240 g (300 ml) suiker80 g (250 ml) klapper 2 ml sout250 g / ml Botter 5 ml koeksoda5 ml Appelkooskonfyt Voorverhit die oond tot 180 Grade C. Sif droë bestanddele saam. Vryf die botter met vingerpunte in.Meng die koeksoda en appelkooskonfyt saam en sny in droë bestanddele in. Indien nodig, voeg 'n klein bietjie melkby om stywe deeg te vorm.Vorm balletjies en plaas dit op 'n bakplaat. Druk dit met 'n vurk plat en versier met rooi en groen glanskersies.Bak vir ongeveer 10 minute tot ligbruin. Lewer ongeveer 4 dosyn koekies.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kluitjiesop2 pond Beesvleis 4 – 6 pinte koue Water2 blaartjies Foelie 6 Naeltjies1 bossie SuringOmtrent ½ - ¾ pond Meelblom vir die maak van die kluitjies, asook 1 eetlepel sagte vet en ‘n weinig droë tiemie. Soutna smaak Sny die vleis in stukkies, sit op in die koue water, voeg nou al die ander bestanddele by, behalwe die kluitjies, laatgoed kook omtrent 3 – 4 uur lank. ‘n Gesmoorde ui kan ook bygevoeg word.Meng nou die meelblom met die tiemie en sout na smaak, maak ‘n holte in die middel en gooi die vet daarin. Skepnou van die kokende vloeistof uit die soeppot en maak die kluitjies daarmee aan. Kluitjies moet ‘n “slap deeg” wees.So vinnig as moontlik moet nou gewerk word. Vorm kluitjies met twee teelepeltjies en gooi dadelik in die soep. Maakteelepeltjies af en toe nat in die kokende soep. Sodra kluitjies opkom, is hulle gaar en moet soep dadelik opgedis enbedien word.

Terug na begin

Page 135: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

++++++++++++++++++++++++

KnoffelringKnoffelsous180 ml (¾ k) Botter, gesmelt 25ml (5 t) vars gekapte pietersielie3 knoffelhuisies fyngedruk of 1 ½ t voorbereide knoffel10 ml (2 t) gemengde droeë kruie Brood2 ekstra groot eiers 25ml (5 t) olie500 ml (2 k) louwarm water 60ml (¼ k ) suiker1 pakkie (10gr) kits-droeë gis 1 knoffelhuisie fyngedrukKnippie gemmer Knippie sout5 x 250ml (5k) Koekmeelblom Voorverhit die oond tot 190° C (375° F). Bespuit pan met kleefwerende kossproei van 23cm deursnee.Meng al die bestanddele vir die knoffelsous in `n kastol tot margarine gesmelt is en hou eenkant.Klits die eiers, olie, water en suiker saam.Meng die res van die droeë bestanddele in `n groot mengbak Voeg nou die watermengsel by en meng tot `n sagtedeeg Knie die deeg vir 10 minute lank tot glad en elasties Bedek met bespuite kleefplastiek en laat rys tot dubbel diegrootte (1 uur).Verdeel die deeg in twee ne rol 12 ewe groot bolle van elke deel. Rol al die bolletjies in die knoffelsous en pak invoorbereide pan. Gooi die res van die knoffelsous bo-oor. Bak omtrent 36-40 minute tot gaar of mooi bruin bo-opDien louwarm op saam braaivleis.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Koffiekoekies8 Koppies meelblom 1 pond (500 g) maizena1 ons (30 g)koeksoda 1 Koppie stroop1 1/2 pond margarien 2 Koppies suiker4 eetlepels koffie essence 1/2 teelepel soutMelk indien nodig. Meng botter, suiker, stroop. Voeg koffie essence by. Meng koeksoda met bietjie melk.Voeg by mengsel. Voeg droë bestanddele by en maak aan tot stywe deeg.Druk deur koekie masjien en bak in warm oond 400 F. Sit 2 - 2 opmekaar met konfyt.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kondensmelkkoekies I12 Koppies meel 4 eiers

Page 136: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

1 pak cream of tartar 1 pak koeksoda2 eetlepe1s stroop 1 blik kondensmelk2 pond (1 kg )margarien 3 Koppies suiker1 Koppie klapper Meng Suiker en botter tot room. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop en melk by. Laaste word meel koeksoda,klapper en cream of tartar bygevoeg. Meng,druk uit en bak in oond 400 F tot gaar.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Kondensmelkkoekies II685 g Meelblom 455 g botter4 teel Bakpoeier 1 blik kondensmelk1 teel Suurlemoengeursel 1 k strooisuikerSout Room botter en suiker en voeg kondensmelk by en meng goed. Sif meelblom, bakpoeier en sout en voeg by bottermengsel.Smeer pan en skep teelepelsvol in pan en bak teen 190 Grade C vir ± 12 minute.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Konfyttertjies190 ml (3/4 k) suiker 125 ml (1/2 k) margarien2 eiers 500 ml (2 k) meelblom10 ml (2 teel) bakpoeier 2 ml vanielje Stel die oond op 180 Grade C. Room die suiker en margarien saam. Voeg die eiers by en klits goed todat mengselliggeel en skuimerig is.Voeg die meelblom, bakpoeier en 'n paar druppels vanielje by. Rol deeg in klein balletjies en plaas op gesmeerdebakplaat - ongeveer 5 cm.uit mekaar.Maak 'n klein holte in die middel van die deeg en drup 'n klein bietjie konfyt daarin. Bak in 'n matige oond totligbruin.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

KorentekoekiesNog 'n resep wat dateer uit 'n 1914 resepteboek130 g botter 400 g suiker (500 ml)4 eiers (geskei) 375 ml melk2 ml koeksoda 480 g koekmeelblom (4 x 250 ml)

Page 137: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

150 g korente (250 ml) 5 ml kremetart Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een by terwyl voortdurend geklits word. Mengmelk en koeksoda en voeg beurtelings met meelblom by bottermengsel. Roer korente daarby in.Klits eierwitte en kremetart saam tot styf en vou liggies by mengsel. Skep in gesmeerdekolwyntjiepanne en bak in voorverhitte oond by 200 grade C. 20-25 minute lank tot gaar.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Korslose Kaastert15ml botter of margarien 6 eiers, geklits125ml gerasperde Cheddarkaas 2 tamaties, geskil en grof gekap5ml sout 1ml varsgemaalde swartpeper12.5ml vars gekapte pietersielie 1 spekvleisrepie, swoerd verwyder & gekap Voorverhit die oond tot 180C. Verhit die botter of margarien in ‘n swaarboombraaipan.Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die gesmelte botter of margarien. Meng alles goed saam.Gooi die mengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel en bak dit 35-40 minute lank op die middelste oondrak totdatdit ferm is.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Krummelpap Verrassing4 x 250ml krummelpap 500ml bruinbroodkrummels5ml sout 250g botter500g bladspek 500ml melk8 eiers, geskei 285g blik geroomde sampioene285g blik gesnipperde sampioene, gedreineer 500ml Chedderkaas, gerasper170g blikkie ingedampte melk Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondskottel. Meng die krummelpap, brood krummels en sout, voeg diegesmelte botter by en meng goed. Braai die spek bros en krummel dit.Hou 'n bietjie van die spek vir garnering en voeg die res van die spek by die krummelpapmengsel.Klits die melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en 350ml van die kaas by die mengsel.Skep dit in die oondskottel uit en bak dit vir ongeveer 'n uur lank.Sprinkel die res van die kaas en spek bo-oor en gooi die ingedampte melk oor. Plaas die gereg vir ongeveer 5 tot 10minute terug in die oond.Bedien saam met braaivleis.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Page 138: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Lekker Soetkoekies2 Koppies klapper 3/4 pakkie cream of tartar1/4 pond gesnipperde kersies 1 eetlepel goue stroop14 Koppies meel 3 Koppies suiker1 3/4 Koppie botter knippie sout1 blik gekondenseerde melk 6 eiers1 pakkie koeksoda Maak koeksoda en cream of tartar met een eetlepel asyn aanMeng meel, suiker en sout saam. Meng gekondenseerde melk, goue stroop, koeksoda mengsel, asook geklitste eierssaam.Voeg nou alles bymekaar en werk sagte botter met hande deur mekaar.Rol uit, druk af en bak (moenie gesmelte botter gebruik nie).

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Lensiesop1 pakkie bruin lensies2 pk sopgroente (wat mens in die groentewinkels kry)1-2 pk sopbene (maw 2-4 sopbene na gelang van wat jou beursie sê)2-4 aartappels (die soort wat maklik blus, waarvan mens kapokaartappels maak)geurmiddels Gooi die vleis en sopbene in 'n 5 liter kastrol wat driekwart met water gevul is. Plaas op die stoof en laat solank vinnigkook terwyl die groente gekerf word. Ek rasper sommer alles wat gerasper kan word op die growwe kant van dierasper. Die res kerf ek fyn - met die hand of voedselverwerker.Moenie te veel rape ingooi nie. Ek vind dit maak die sop efffens bitter. Sodra die groente klaar gekerf is, gooi ek dit bydie res in die pot en laat stadig kook. Soms hou ek die aartappels uit tot so 20 minute voor ek dit opskep om te keerdat die aartappels heeltemal fyn kook.Vul maar nou en dan aan met water indien nodig. Gooi sout, peper, Aromat, Worcestersous, tamatiesous of -pasta nasmaak by. 'n Tritseltjie blatjang is ook nie onvanpas nie - pasop vir te veel anders gee dit die sop 'n soeterige geurtjie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Lewer Bobotie met Appel1 dik sny bruinbrood 500g skaap of beeslewer1 ui, fyngekap 1 groot groen appel, geskil en in blokkies gesny5 ml borrie 30ml fyn appelkooskonfyt2 ekstra groot eiers, geklits 2 lourierblare125ml melk sout en peper2 knoffelhuisies, fyngedruk 15 ml matige kerriepoeier

Page 139: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

30ml blatjang 30 ml suurlemoensap250ml melk Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n oondvaste bak van 24x24x5cm met kleefwerende middel.Week die brood in die melk sag en maak fyn. Maak die lewer skoon. Trek die vliese af en sny enige harde senings uit.Indien jy beeslewer gebruik, laat 30 minute lank in lou sout water lê. Sny in blokkies en geur met sout en peper. Braaiin verhitte olie tot bruin van buite. Skep uit en hou eenkant.Soteer die ui en knoffel tot sag en voeg die appel, kerrie en borrie by en roerbraai nog een minuut lank. Voeg dieblatjang, appelkooskonfyt en suurlemoensap by en meng. Voeg die gebraaide lewer by en meng goed deur.Skep in die voorbereide oondbak. Klits die eiers en melk goed saam en giet bo-oor. Rangskik die lourierblare bo-op.Bak 30-45 minute lank of tot gaar en gestol. Dien dadelik op saam met gestoofde perskes en rys.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Lewer en perske-broodjie250 g ontbytspek 1 ui, gekap20 g botter 250 g hoenderlewers250 g gemaalde beesvleis sout en peper na smaak410 g perskeskywe, gedreineer 50 g vars broodkrummels20 ml fyn gekapte pietersielie 1 eier, geklits4 ontbeende hoenderborshelftes Voorverhit die oond tot 180º C en smeer ‘n broodpannetjie en voer dit uit met die spekvleis, hou die wat oorbly.Braai die ui in die botter tot sag en laat afkoel.Meng die hoenderlewers en oorblywende spek met die ui en maal dit saam in ‘n voedselverwerker. Voeg diemaalvleis by en geur met die sout en peper.Kap die perskeskywe in stukkies en voeg dit by die maalvleismengsel.Voeg ook die broodkrummels, pietersielie en eier by.Meng alles saam met ‘n groot vurk. Skep die helfte van die vleismengsel in die bereide pan.Sny die hoendervleis in stukkies en plaas dit bo-oor die vleismengsel.Skep die oorblywende vleismengsel bo-op.Bak die broodjie 1 uur lank of tot gaar. Laat afkoel en plaas liefs ‘n rukkie in die vrieskas voor dit gesny word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Lewer in Netvet (Skilpad)Netvet Skaaplewer1 ui 1 sny broodKruinaeltjies neutmuskaatSout en peper Laat lê die netvet in sterk warm water voor jy die lewer daarin sit, anders kraak dit. Vir elke 1 skaaplewer benodig

Page 140: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

mens omtrent 1½ netvet as jy dit in klein porsies gaan oprol om oor die kole te braai.Maal die lewer met die ui, 'n sny brood, speserye, sout en peper.Sny die netvet in 6 cm stukkies. Skep dessertlepelsvol van die gegeurde lewer daarop.Vou die netvet toe om die lewer. Meeste van die vet braai weg en net die lekkerte bly oor.Braai oor 'n stadige vuur of in 'n swaarboompot.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Lewerkoekies500g skaaplewer 4 middelslag aartappels250ml gesnyde groenboontjies 2 spinasieblare1 middelslag tamatie 1 ui1 sny brood 3 eiers180ml ongesif afgemeet meelblom 15ml bakpoeier10ml sout 1ml peperkookolie vir vlak braai Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer beurtelings met die aartappels, boontjies,spinasie, tamatie en ui. Maal die brood laaste (sodat dit terselfdertyd die meul skoonmaak.)Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed.Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel in vlak warm kookolie enbraai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot gaar en bruin.Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud voor. Hierdie koekies vries goed.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Melksnysels120g koekmeelblom (250ml) 2 ml bakpoeier1ml sout melk om mee aan te maak tot stywe deegekstra meel om bo-op te strooi 2 liter melk3 eiers (geskei) 50ml suiker2ml kaneel Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en plaas in 'n voedselverwerker. Voeg melk bietjiesgewys by om 'n stywedeeg te verkry. Wanneer goed vermeng, haal uit die voedselverwerker en rol uit op meel bestrooide oppervlak. Strooimeel bo-op en rol styf op. Sny rol in dun repies en plaas eenkant.Gooi melk in dikboomkastrol en laat kook. Roer snysels in sonder om meel af te skud. Klits eiergele, suiker en kaneelsaam en voeg bietjie van melkmengsel daarby. Roer dan versigtig by kokende melkmengsel. Laat stadig kook totsnysels gaar en melkmengsel dik is. Roer styfgeklopte eierwitte net voor bediening in. Bedien warm.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Page 141: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Mieliebrood1 k meelblom 1 blik geroomde soort suikermielies3 eiers 1/2 k suiker1 k mieliemeel (fyn ) 3 teel bakpoeierSout Klit eiers en voeg die res van bestanddele by. Gooi in gesmeerde broodpan. Kook 'n bietjie water in 'n groot kastrol enplaas die broodpan daarin.Laat dit vinnig stoom in die toe kastrol vir + - 20 minute. As die water wegkook, kan dit na 10 minute weer aangevul word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Mokka-Sjokolade-Splinter-Soufflé45 ml botter 45 ml koekmeelblom310 ml melk 175 g melksjokolade, fyn gekap180 ml water 160 ml suiker30 ml koffiepoeier van goeie gehalte 5 ml vanieljegeursel5 eiergele 125 ml sjokoladesplinters7 eierwitte 1 ml kremetart Voorverhit die oond tot 200 grade. Smeer agt 'ramekins' met botter en bestrooi met strooisuiker. Skud oortolligesuiker uit.Smelt botter in ‘n middelslagkastrol en roer koekmeelblom by. Roer vir sowat twee minute en verwyder van plaat. Roer melk geleidelik by en roer met ‘n draadklitser. Plaas terug op plaat en roer tot sous kook en verdik. Laat verdervir sowat 1 minuut prut. Verwyder van hitte en roer sjokolade by tot glad. Voeg water, 80ml van suiker, koffiepoeier en vanieljegeursel by enroer tot gemeng. Laat afkoel tot kamertemperatuur.Klits eiergele een-een by en roer sjokoladesplinters by. Klits eierwitte tot skuimerig en voeg kremetart by. Klits totsagte punte vorm en voeg oorblywende 80 ml suiker geleidelik by. Klits tot styf, maar nie droog nie en vou ‘n kwartvan eierwitte in soufflébasis. Vou nou oorblywende eierwitte in met ‘n groot metaallepel in ‘n syfer-agt-figuur. Verdeel soufflémengsel tussen 'ramekins' en bak vir sowat 25 minute tot opgepof, bruin en ferm. Dien onmiddellikop met geklopte room.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Mosbolletjiebrood(genoeg vir 30 stukkies van 50 g elk)1 kg koekmeelblom 10 ml sout40 g (4 pakkies) kits droë gis 10 ml suiker20 g anyssaad 60 g botter in klein blokkies gesny

Page 142: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

600 ml warm melk 1 eiergeel, liggies geroer Smeer 3 klein broodpannetjies met botter. Sif meel, sout, gis en suiker saam in 'n mengbak en voeg dan anyssaad by.Meng die botter en die warm melk, voeg dit by die droë bestanddele en meng tot 'n ferm deeg.Keer uit op 'n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie tot 'n sagte nie-klewerige deeg wat glad en elasties is. Plaasin 'n bak wat liggies met olie gesmeer is en verseël met plastiek (smeer ook met olie) en hou eenkant op 'n warm plektotdat die volume verdubbel het.Druk die deeg plat, knie liggies en vorm balletjies van 50 gram. Plaas in 'n broodpan maar laat ruimte aan die kante.Sit in 'n warm treklose vertrek en laat staan vir sowat 30 minute totdat die deeg tot by die bokant van diie pan geryshet.Verhit die oond tot 180 grade C. Bestryk die brood met eiergeel, bak vir 15 minute en verlaag dan die hitte tot 160 C.Bak vir nog 30 minute tot gaar. Keer op 'n draadrak uit en laat afkoel.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Naweekkoekies125 g botter of margarien 80 ml (1/3 k) suiker1 ekstra-groot eier 250 ml (1 k) bruismeel180 ml (3/4 k) korente 500 ml (2 k) Rice Krispies of graanvlokkiesLiggies fyngedruk Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n paar bakplate. Verroom die botter of margarien en suiker goed tot ligen romerig. Voeg eier by en klits goed. Sif bruismeel oor bottermengsel en voeg korente by. Roer liggies. Voeg RiceKrispies of graanvlokkies by. Vorm bolletjies en pak op bakplate. (Laat ruimte toe, want die koekies sprei effens ) Bak10 - 15 minute tot gaar. Lewer 45 koekies.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Neutebrood2 k meelblom 4 teel bakpoeier1 teel sout 1/2 k suiker4 eeteel botter of margarien 1 eier1 k melk 1 kop gekapte okkerneute Sif droë bestanddele saam en voeg suiker daarby. Vryf botter met vingerpunte daarin.Klits die eiers goed, en voeg dit by die melk. Roer dit geleidelik by die droë mengsel om 'n sagte deeg te vorm.Voeg die okkerneut by en gooi in 'n gesmeerde pan wat met gesmeerde papieruitgevoer is.Laat 30 minute staan en bak vir 40 - 50 minute in 'n matige oond.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Page 143: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Ouderwetse Lampastei4 pond Lamsvleis (rugstring is heerlik) 1 glas Wit Wyn2 wit Uie (in ringe gesny) 2 hardgekookte eiers en 1 rou eier1 eetlepel Sago 1 blaartjie Foelie2 onse Botter ‘n Paar skyfies HamSap van 1 Suurlemoen ‘n Bietjie WonderpeperSout en Peper na smaak Sny vleis in netjiese stukkies, smoor die uie in die botter, voeg nou al die bestanddele by, behalwe die eiers, sago ensuurlemoensap.Stowe nou die vleis tot dit heerlik sag is. Voeg nou 1 eetlepel sago en ‘n goeie klont botter by; roer tot die sago gaaris.Klits geel van eiers goed op, klits bietjie water by en dan die suurlemoensap, voeg by die vleis. Gooi nou die mengselin ‘n pasteiskottel. Sny hardgekookte eiers in skyfies en sit op die mengsel. Gebruik skolferkors vir die kors van diepastei en smeer oor met wit van eier. Bak.Let Wel: (1) Lamsvleis en hoender kan saam gebruik word. (2) Hoender kan ook alleen vir die pastei gebruik word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Outydse Bonesop2 pond Beesvleis 1 Blaartjie Foelie¼ pond Varkspek 1 Bossie Suring1 pond Witbone Omtrent 3 kwarte koue water1 Ui Sout en peper na smaak1 Bossie Pietersielie Bone word oornag in koue water geweek. Sny vleis in mooi stukkies, maar nie die spek nie. Sny ui in ringe en smoorin botter.Kap suring en pietersielie fyn. Kook nou al die bestanddele goed tesame omtrent 3 – 4 uur. Roer af en toe. Indiennodig voeg meer water by.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Pannekoek1 k meelblom 1 teel bakpoeierknippie sout 2 eiers1/4 k kookolie 1 1/2 k water Meng alles goed. Laat staan 'n bietjie. Bak in baie min olie. Strooi kaneel en suiker oor.

Terug na begin

Page 144: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

++++++++++++++++++++++++

Paul Krugerkoek500 g botter 625 ml bruinsuiker10 eiers, geskei 750 g koekmeel5 ml koeksoda 5 ml sout5 ml kaneel 8 ml foelie5 ml fyn naeltjies 5 ml gemengde speserye300 ml brandewyn 2 ml amandelgeursel500 g korente 250 g gemengde skil, gesnipper

Klop botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Sif droë bestanddele saam. Voeg geursel by die brandewyn. Voeg droë bestanddele om die beurt met brandewynmengsel bybottermengsel. Skud korente en gemengde skil saam met 'n bietjie koekmeel in 'n sakkie. Voeg by mengsel. Meng goed.Klits die eierwitte styf en vou in. Gooi in goedgesmeerde uitgevoerde pan. Sprinkel bietjie melk bo-op om barste te voorkom.Bak 2½ uur by 180ºC. Plaas bruin papier bo-op koek nadat dit 1 uur lank gebak het.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Raap-en-Skraap(Dis nou my soort kos, dié)4 dik snye brood (wit) korsies afgesny 500ml kookmelk1 blik geroomde suikermielies van 410g 3 eiers geklits1 blik weense worsies van 375g gedreineer en fyngesny of koue ham - 2 koppies fyngesny5ml mosterdpoeier sout en peper na smaak15ml gerasperde ui 25ml fyngekapde pietersielie100g (250ml) gerasperde kaas Stel oond op180°C (350°F). Week brood in kookmelk en roer fyn met vurk. Roer res van bestanddele behalwe helftevan kaas bo-oor en bak 40 minute. Dun skyfies tomatie kan bo-op kaas geplaas word en dan met aromat gegeur wordvoordat dit in die oond geplaas word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Roosterkoek(Heerlik met braaivleis)2 k meelblom 1 teel koeksoda2 onse botter 1/2 teel kremetart1/2 teel sout Dikmelk Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarin. Meng met melk tot 'n sagte rolbare deeg. Rol 'n halfduim dik uit en sny

Page 145: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

in reghoeke. Plaas op 'n gesmeerde plaat of rooster oor kole. Bedien warm met botter.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Rugby Tert1 1/2 k meelblom 1 eier1 k melk knippie sout1 k suiker 3 eetl botter2 teel bakpoeier ½ koppie gesmelte botterMarmite 1 koppie gerasperde cheddar kaas Room botter en suiker en voeg eiers een vir een by. Sif droë bestanddele saam. Voeg melk en droë bestanddele omdie beurt by die eiermengsel. Smeer 'n lang pyrexbak en plaas deegmengsel in. Bak in oond teen 180 Grade C.Wanneer gaar druk gaatjies met 'n vurk en gooi 'n gesmelte botter oor. Smeer marmite dun oor en rasper 'n lagiecheddar kaas oor.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Ryspap1 liter water 500 ml (2 k) gaar rys5 ml (1 t) sout 450 ml mieliemeel60 ml (1/4 k) botter of magarien Verhit die water, rys en sout saam tot kookpunt. Laat dit stadig prut en roer die mieliemeel geleidelik by -dit vorm 'nslap pap.Laat dit 20 minute lank stadig oor lae hitte prut tot deurgekook en gaar. Roer die botter of magarien in en bedienwarm saam met pangebraaide wors en warm tamatie-smoor. Genoeg vir 5 - 6 mense.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Sardyne met Geelrys500ml rou rys 10ml borrieSout en peper 1ui, in ringe gesny5ml fyngedrukte knoffel 10ml fyngerasperde vars gemmer1 groen soetrissie, in blokkies gesny olie 1 tamatie, ontvel en in blokkies gesny250ml bevrore ertjies 1 groot aartappel, geskil & in blokkies gesny425g (1blik)sardyne in brandrissiesous Kook die rys saam met die borrie en sout in genoeg water tot sag. Dreineer en hou eenkant warm.Soteer die ui, knoffel, gemmer en soetrissie in 'n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie en die aartappelblokkies by enprut tot die aartappel sag en gaar is.

Page 146: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Voeg die ertjies en die sardyne asook die rissiesous by en prut tot goed warm.Skep die rys in 'n opdienbord en skep die vismengsel oor. Dien op met 'n sambal van gekapte tamatie, komkommer,gesnyde groen brandrissie en 'n bietjie suurlemoensap.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Semel Piesangbrood90 g botter 160 g sagte bruinsuiker5 ml suurlemoensap 1 eier250 ml fyngemaakte piesangs 100 ml melk190 g koekmeelblom 15 g spysverteringsemels7 ml bakpoeier 5 ml koeksoda2 ml sout 50 ml rosyntjies50 ml gekapte neute Verroom die botter en bruinsuiker. Voeg die suurlemoensap en eier by en meng goed.Voeg die res van die bestanddele by en roer tot gemeng.Skep die deeg in ‘n mikrogolfvaste bak wat met kombuispapier uitgevoer is. Plaas die pan op ‘n omgekeerde piering indie mikrogolf.Mikrogolf dit 10 minute by 90% krag. Laat staan 10 minute.Keer die brood uit en verwyder die papier. Laat heeltemal afkoel.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Skuinskoek2,5 kg Snowflake koekmeelblom 10 ml sout15 ml droë gis 1 liter louwarm water250 g botter of margarien 15 ml anys750 ml suiker Sif die meel en sout saam Los die gis op in 'n bietjie van die lou water.Voeg die res van die water by asook 6 koppies van die meel en maak aan tot 'n slap deeg.Bedek en laat rys op 'n warm plek vir 2 ure of totdat die deeg in volume verdubbel het.Vryf die botter in die res van die meel. Voeg anys en suiker by, meng goed en knie die suurdeegmengsel hierby in.Indien nodig kan 'n ekstra bietjie louwarm water bygevoeg word om 'n lekker sagte deeg wat maklik hanteer, teverkry. Bedek en laat op 'n warm plek rys totdat die deeg in volume verdubbel het.Knie deeg goed af. Knyp stukkies deeg af en rol dit soos wors uit en sny skuins skywe van 50 mm lank af.Skep dit in warm diepvet en braai goudbruin. Draai om en braai ook die ander kant totdat dit goudbruin is. Dreineerop kombuis- of bruinpapier.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Page 147: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Sosatie Marinade[Eileen] 125 ml rooibostee 5 uie in skywe gesny375 ml droë witwyn 25 ml sterk kerriepoeier 15 ml suurlemoensap 50 ml fyn appelkooskonfyt5 ml bruinsuiker 2 ml sout5 ml borrie Meng al die bestanddele. Verhit dit tot kookpunt. Laat dit effens afkoel voordat die vleis daarin gemarineer word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Souserige Beesstert2 kg beesstert (in porsies gesny) paprikakoekmeelblom 50g swoerdlose spekvleis (in blokkies)2 groot uie (gekap) 2 knoffelhuisies (gekneus)60ml tamatiepasta 10ml roosmaryn500ml droë rooiwyn 410g heel tamaties250ml vleisaftreksel soutvars gemaalde swartpeper Rol beesstert in mengsel van paprika en meelblom. Braai spekvleis in eie vet. Verwyder uit pot en hou eenkant.Giet olie in pot indien nodig en braai beesstert in klompies tot goudbruin. Hou eenkant. Soteer uie in dieselfde pot totsag en voeg knoffel by.Roer tamatiepasta en roos maryn by en voeg wyn by. Verhit tot kookpunt en skraap boom om deeltjies wat vassit, loste maak.Voeg tamaties en aftreksel by vloeistof en voeg beesstert en spekvleis by. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en plaasdeksel op. Laat prut tot vleis sag is, - ongeveer 2 ure.Geur na smaak. Indien verkies kan sous verdik met pasta van meelblom en water.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

SouskluitjiesKluitjies250 ml koekmeelblom 10 ml bakpoeier2 ml sout 50 ml margarien/botter1 eier 100 ml melk Sous500 ml kookwater 25 ml margarien/botterKaneelsuiker

Page 148: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Sif droë bestanddele saam.Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk.Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig.Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie.Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor.Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoegindien nodig.MOET NIE dink dis makliker om dit sommer in die sousie te los nie. As jy nog nooit in jou lewe rubber geëet het nie,sal jy nou!

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Speserykoekies300g /600 ml koekmeelblom 7 ml koeksoda5 ml fyn gemmer 3 ml fyn kaneel200 g botter of margarien 200 g / 250 ml bruin suiker1 eier 60 ml heuning of stroop12.5 ml strooisuiker Sif meel, koeksoda en speserye saam. Room botter en suiker saam. Voeg eier by en klop baie goed. Voeg heuning byen meng.Roer droeë bestanddele by en meng goed. Vorm klein balletjies. Doop die helfte van elke balletjie in water en dan indie strooisuiker. Plaas met suikerkant na bo op 'n gesmeerde bakplaat (druk effens plat) en bak 12-15 minute in 'nvoorverhitte oond teen 180ºC.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Stywepap en KrummelpapDaar is vele menings oor hoe on stywe- of krummelpap te maak. As julle enige voorstelle het oor hoe om dieonderstaande resepte te verbeter, laat my weet, en ek las dit hierby!Mens kan mieliemeel ipv die braaipap gebruik wat hieronder genoem word. Ek dink die resepte kom oorspronklik vandie pakkies af waarin dit verkoop is. STYWE PAP (4-6 porsies) 1 liter water (4 koppies) 5ml sout (1 teelepel)500ml TRADISIONELE BRAAIPAP (2 koppies) (320g) Gebruik 'n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by. Roerdeeglik met 'n hout lepel en plaas deksel op. Verminder hitte en prut vir 40 minute. Roer 'n paar keer. Voeg 125ml(1/2 koppie) koue water by pap. Prut pap oor lae hitte vir 'n verdere 30 minute.

Page 149: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

KRUMMELPAP (4-6 porsies) 500ml water (2 koppies) 5ml sout (1 teelepel)750ml TRADISIONELE BRAAIPAP (3 koppies ) (480g) Gebruik 'n medium swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by, plaasdeksel op en prut vir 15-20 minute. Roer met 'n vurk tot pap krummels gevorm het. Prut vir 20-30 minute. Roer 'npaar keer. Wanneer ons egter vir ons krummelpap maak, dan kook ons dit vir baie langer as wat hulle hier bo voorstel. Ons glodie krummelpap moet stadig en baie lank prut.Roer die krummelpap vir die eerste keer nadat die meel 'n velletjie gevorm het - dis belangrik om nie te vroeg te roernie. Hoe lank jy die pap ná die roer laat prut, hang ook af van hoe groot jou krummels is. Ek vind dat 20 min. op 'nmedium-lae gasvlam genoeg is, maar smaak verskil en elke ekspert het sy manier.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Suikermielie Bredie25ml olie 1 ui, fyn gekap 500g maalvleis5ml sout 2ml peper1 vleisekstrakblokkie 225ml kookwater2 aartappels, geskil en in blokkies 410g (1 blik) roomsoort suikermieliesGeroosterde tamatieskywe Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol. Soteer die ui in die olie totdat dit ligbruin en deurskynend is.Voeg die maalvleis by en verbruin dit. Roer dit gereeld om sodat dit nie aanbrand nie. Geur met sout en peper.Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater en voeg dit saam met die aartappel blokkies en suikermielies by dievleis.Plaas die deksel op en stowe dit 20-25 minute lank oor lae hitte. Roer af en toe om.Skep die bredie uit in ‘n warm opskepskottel. Garneer die gereg met geroosterde tamatieskywe. Bedien warm.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Suurlemoen Meringue TertEk gebruik 'n beskuitjiekors - 3/4 pakkie Marie beskuitjies en 80 ml margarien, gesmelt. 397 g blikkie kondensmelk 125 ml suurlemoensap3 eiers, geskei 125 ml strooisuiker5 ml asyn 15 ml mielieblom (Maizena) Voorverhit die oond tot 180°C. Berei die kors en druk dit vas in 'n tertbord. (Ek maak altyd my meringue eerste, dan

Page 150: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

hoef ek nie nog die klitsers te was voor ek die gele berei nie - regte lui huisvrou!)Klits die eierwit, en voeg die strooisuiker geleidelik daarby tot dit styf is. Klits nou die asyn en mielieblom by.Klits die eiergeel saam met die kondensmelk en suurlemoensap. Gooi dit in die tertkors. Skep die meringue bo-op.Bak vir 10 minute of tot ligbruin (nie veel langer nie, anders word die meringue taai en dit kan brand.)Verkoel voor opdiening (indien verkies).

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Tipsy TertMaak eers die sous en laat afkoel voor gebruik.Sous375ml suiker 300ml water5ml sout 12,5ml botterKook saam vir 10 minute. Verwyder van hitte en voeg 125ml brandewyn by Tert500ml gesnipperde dadels 5ml koeksoda250ml kookwater 375ml meelblom250ml suiker 50ml botter125ml okkerneute en glanskersies 1 groot eier Gooi kookwater en koeksoda en voeg botter by. Klop suiker en eier. Roer droë bestandele in en voeg dadel mengselby. Meng goed deur. Gooi in goed gesmeerde bakskottel.Rangskik neute en kersies bo-op. Bak by 180°C. Wanneer gaar, prik koek me 'n dik breinaald en goei afgekoelde sousoor. Versier met stryfgeklopte room, indien kersies en neute nie as versiering gebruik is nie.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Vetkoekies375ml ongesif afgemeet koekmeelblom 15ml bakpoeier10ml suiker 5ml sout500ml gaar koue rys 410g (1 blik) geroomde suikermielies125ml melk 1 eierkookolie vir vlak braai Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam. Vou die rys en suikermielies in die gesifte bestanddele in.Klits die melk en eier saam tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en maak aan tot ‘n sagte deeg.Skep eetlepelsvol deeg in matig warm kookolie. Braai die vetkoek eers aan die een kant tot goudbruin dit moenie tevinnig braai nie.Dreineer die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor. Heerlik saam met stroop of heuning.

Terug na begin

Page 151: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

++++++++++++++++++++++++

Vinnige en Maklike Melktert1 Blik Kondensmelk 6 Eetlepels Mazina1 eetlepel Botter 1 Teelepel Vanilje geursel2 Koppies Water 2 Eiers Geskei Verhit Kondensmelk en water tot kookpunt. Maak Mazina aan met bietjie water.Voeg by kondensmelk en laat kook tot dik. Voeg botter en vanilje by.Verwyder van hitte voeg eiergele by. Kook weer tot gaar.Verwyder weer van hitte en voeg styfgeklitste eierwitte by.Voeg in tertkors van tennis beskuitjies.Bak in oond by 180 grade C vir 30 min.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Wasgoedbondeltjies3 k meelblom 1 eierSout 113 g (1/4 lb) margarien1 teel bakpoeier kouewater Sif droë bestanddele en vryf margarien in meel. Klits eier goed, voeg by meel asook water tot dit kan uitrol. Rol dunuit, sny vierkante. Sit vleisvulsel in middel en vou toe. Steek vas met kruienaeltjie. Braai bruin in olie. Vleisvulsel250 g (1/2 lb) gemaalde vleis 1 1/2 huisie knoffel of knoffelsout (1/4 teel )2 teel olie gekapte pietersielie1 teel kerrie 1/2 ui gerasper Braai ui en knoffel en voeg ander bestanddele by.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Wildsvleis Bobotie50 ml olie 1 ui, gekap15 ml kerriepoeier 750 g gemaalde wildsvleis;7 ml sout 37.5 ml bruin asyn37.5 ml fyn appelkooskonfyt 1 Granny Smith-appel, grof gerasper50 ml pitlose rosyne 1 sny witbrood350 ml melk 2 eiers5 ml borrie 4 vars suurlemoen- of lourierblare

Page 152: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en deurskynend. Voeg die kerrie poeier by en braai dit1 minuut lank.Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin. Voeg die sout, asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by.Plaas die deksel op en prut dit 10 minute lank.Week die brood in melk. Druk die melk uit en voeg die brood by die vleismengsel.Skep die vleismengsel in 'n vuurvaste oondskottel. Klits die eiers en melk saam en voeg borrie by. Druk diesuurlemoen- of lourierblare in die vleismengsel en giet die eiermengsel bo-oor .Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond teen 180C totdat die vla gestol het.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Worsgebak30 ml sonneblomolie 1 ui, gekap1 groen soetrissie, ontpit en gekap 10 ml matige kerriepoeier2 ml borrie 500 ml kookwater15 ml blatjang 5 ml sout2 ml peper 500 g rou boerewors, in 4 cm- stukkies gesny1 x 410 g blik appelkooshelftes 300 g rou rys (375 ml)gekapte grasuie vir garnering Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en deurskynend, ongeveer 5 minute. Voeg diekerriepoeier by en roerbraai 'n verdere minuut.Voeg die kookwater, sout en peper en blatjang by, verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat 2 minute prut.Pak die rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel. Skep die uiemengsel eweredig bo-op die wors. Rangskikdie appelkooshelftes bo-oor die wors en giet die sap oor.Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in 'n voorverhitte oond by 200C (400F) vir ongeveer 45minute of totdat die rys gaar is. Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Wortel en Aartappelsop2 koppies rou aartappels (blokkies) 2 gekookte wortels (in blokkies gesny)I ui 2 koppies kookwater4 eetlepels botter 1 teelepel suiker2 koppies melk 1 eetlepel meelblom1 teelepel sout peper na smaak Maal die ui en braai in helfte van botter totdat dit 'n ligte goudkleur het.Voeg aartappels en kookwater by en kook vir 15 minute of totdat die aartappels sag is.Meng meelblom met res van botter. Voeg die wortels, melk en meelblom by en kook vir 5 minute totdat dit dik is.Bedien met gekapte pietersielie.

Page 153: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Yskaskoekies2 pk tennisbeskuitjies 1 x 250 g margarien (gesmelt)1 blik gekookte kondensmelk 1 pk versiersuiker1 eetl koffie – ekstrak 1 eetl vanieljeOkkerneute Meng alles saam behalwe beskuitjies & okkerneute. Breek beskuitjies in. Druk vas in gesmeerde bak. Strooi gekapteokkerneute oor en plaas in yskas. Wanneer gestol, sny in blokkies. Die koekies kan lank gebêre word.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Ystervarkies IHierdie is 'n staatmaker350g (625ml) Bruismeel 7ml bakpoeier1ml sout 125g botter of margarien250g (325ml) suiker 4 eiers Stel oond op 200C (400F) en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm. Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam. Klopbotter en suiker tot romerig. Klop eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging. Voeg gesifdebestanddele bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is. Skep in panne, maak gelyk en bak 15 - 20 minute. Keeruit op draadrak en laat afkoel.Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm. Stroop375ml kookwater 600g (750ml) suiker1ml sout 15g (30ml) kakao15g (15ml botter of margarien 5ml vanieljegeursel400g (5 x 250ml) klapper Meng kookwater, suiker, sout en kakao in 'n dubbel kastrol, oor kookwater. Doop koekblokkies vinnig in stroop ensorg dat al sy vier sye bedek is. Rol in klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.Lewer 8-9 dosyn

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++

Ystervarkies IILaagkoek1 koppie melk 4 eiers

Page 154: Lekker Outydse Afrikaanse Resepte

http://www.resepte-sa.co.za/Groep%20C.htm[2013-03-12 07:17:46 AM]

Strooisuiker 1 teelepel vanilla4 teelepels bakpoeier 125 gram botter1 ½ koppie 2 koppies koekmeel1 eetlepel meelblom Kook melk en botter en laat afkoel. Klits eiers met strooisuiker en vanilla. Sif koekmeel en sout 3 keer. Mengbakpoeier met meelblom. Meng eiers met koekmeel. Voeg melk by en roer bakpoeier laaste by. Bak 25 minute by200 C. Stroop2 koppies suiker ¾ koppie water4 teelepels kakao knippie sout Kook alles vir 3 minute. Hou warm. Gooi oor stukke koek. Rol in klapper.

Terug na begin

++++++++++++++++++++++++