inspirasie kolossense(regisseur jonathan fulford; ’n vrystelling van gateway films/vision video)....

12
inspirasie Edi Bajema Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy

Upload: others

Post on 09-Feb-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

inspirasie

Edi Bajema

Kolossensedie nuwe ou volkome onvolmaakte jy

Inhoud

Kaart: Kolosse in die Romeinse Ryk � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 4

Woordelys � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 5

Hoe om hierdie studie te gebruik � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 8

Inleiding � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 9

Les 1’n Brief stampvol gebede � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 10

Les 2Jesus, groot bo almal � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 20

Les 3Weggelok van al wat saak maak � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 31

Les 4Nuwe klere � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 41

Les 5Dit gaan oor verhoudings � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 51

’n Uitnodiging en ’n toewydingsgebed � � � � � � � � � � � � � � � � � 62

Evalueringsvraelys � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � � 63

10

Ysbreker (opsioneel)Het iemand al vir jou ’n briefi e of ’n e-pos gestuur en gesê: “Ek bid vir jou”? Hoe het dit jou laat voel? Hoekom?

H oe kry jy ’n lewensbelangrike boodskap uit by mense wat ver van jou af is? Jy bel hulle, stuur gou ’n e-pos of ’n SMS, of gebruik Skype. As dit uiters persoonlik is, kan jy dalk selfs ’n noodvlug

reël en die boodskap persoonlik gaan afl ewer. Daar is nie veel van ons wat vandag nog ’n dringende boodskap met die hand skryf en dit stuur saam met iemand wat moet stap tot by die brief se bestemming nie. Maar ons leef in die 21ste eeu, nie in 60 nC nie.

Die brief wat jy nou gaan lees, is byna 2 000 jaar oud, en dit is geskryf deur een van die mees dinamiese en dapperste mense van die eerste eeu. Hy het hierdie brief geskryf aan Christene in ’n handelsdorpie met die naam Kolosse (geleë in die land wat ons vandag Turkye noem). Die skrywer se naam was Paulus, ’n uitgesproke man wat van ’n Christenhater in ’n volgeling van Jesus verander het nadat hy Jesus persoonlik ontmoet het (Hand 9).

Soos jy sal ontdek, was Paulus se boodskap baie dringend. Sy brief is van gemeente na gemeente aangestuur en in die Bybel bewaar sodat ons dit vandag nog kan lees. Kom ons kyk wat hierdie brief vir ons vandag te sê het.

Kolossense 1:1-21. Hoe beskryf Paulus homself? En die mense aan wie hy geskryf het?

Dink hieroor terwyl julle gesels …• die taakbeskrywing van ’n apostel (sien die woordelys)• wat dit beteken om “getroue broers [en susters] in Christus” te wees• die belangrikheid van “genade” en “vrede” (sien die woordelys; ons

sal hierdie woorde later weer teëkom).

Les 1

’n Brief stampvol gebedeKolossense 1:1-14

1. Hoe beskryf Paulus homself? En die mense aan wie hy geskryf het?

11

Kolosse was in Paulus se tyd ’n half vergete stad. Vroeër, in die tyd van die Persiese en Griekse Ryk, was dit ’n welgestelde, besige stad wat op ’n hoofhandelsroete geleë was. Rome het egter die padstelsel verander, en Kolosse het begin verval en ’n sterwende stad geword, oorskadu deur die nabygeleë Laodisea en Hiërapolis (sien die kaart). Daar was Christen gemeen-skappe in al drie hierde stede (Kol 4:13). Die gemeente in Kolosse is deur sommige beskryf as die onbelangrikste gemeente wat ’n brief van Paulus ontvang het. Vandag is daar net ’n heuweltjie wat die stad se ligging aandui.

Paulus het nie die gemeente in Kolosse gestig nie (Kol 2:1). Dit is waarskynlik deur Epafras (1:7) gestig, en daar word vermoed dat Paulus hom in Efese (sien kaart) tot geloof in Christus gelei het. Hy het later vir Paulus gaan besoek. Epafras was in werklikheid by Paulus terwyl hy hierdie brief geskryf het. Hy het duidelik vir Paulus ’n baie positiewe verslag oor die gemeente in Kolosse gegee, maar ook gevra vir hulp oor hoe om die vals leerstellings wat by hierdie jong gemeente ingesluip het, te hanteer (2:4, 8, 16-23).

TERUGFLITS

Paulus wie? Saulus van Tarsus (ook bekend as Paulus – Hand 13:9) was nie altyd ’n ywerige Christen nie. Sy doel was vroeër om Christene in die tronk te gooi en ’n doodsvonnis oor hulle uitgespreek te kry omdat hulle volgens hom teen die Judaïsme gelaster het. Saulus was ’n intelligente, goed opgevoede Jood in die strengste sin van die woord: ’n Fariseër. Hy was lief vir die Joodse wet en tradisie, en hy het almal gehaat wat dit bedreig het. Maar dit alles het verander toe Jesus (die opgestane Seun van God wat na die hemel opgevaar het) vir Saulus op die pad na Damaskus voorgekeer en met hom gepraat het (Hand 9:1-31). Ná ’n paar dae het Saulus sy lewe begin waag om die goeie nuus oor Jesus te begin verkondig. Sy sending was nou om vir alle nie-Jode te vertel van die nuwe lewe wat almal deur Jesus Christus kan kry. In die volgende drie dekades het Paulus lyfstraf, tronkstraf, hongerpyne, ’n slangbyt, skipbreuk en verraad verduur – en dit terwyl hy (meestal per voet) deur Klein-Asië (Turkye), Griekeland, Spanje, Italië, Palestina en ander plekke gereis het. (Lees die boek Handelinge vir die verstommende verhale oor Paulus se sendingreise.) Waar hy ook al gegaan het, het hy gemeentes gevestig. Paulus het baie vir hierdie gemeentes omgegee, getrou vir hulle gebid en baie briewe vir hulle geskryf om hulle te leer, reg te help en te bemoedig. Dertien van hierdie briewe het in ons Bybel van vandag behoue gebly.

Kolossense 1:3-82. Hoekom is Paulus so dankbaar? Wat het hy oor die Christene in

Kolosse gehoor?

Dink hieroor terwyl julle gesels …• die Een in wie hulle hulle geloof geplaas het• hoe die evangelie (die goeie nuus van Jesus Christus) hulle

beïnvloed het• hoe geloof, liefde, hoop en hemel met mekaar verband hou.

12

3. Wat dink jy bedoel Paulus met “die waarheid, die evangelie”?

Wat beteken dit vir my vandag?• Glo jy dit is moontlik om te weet as iets volkome waar is? Hoekom,

of hoekom nie? Waar pas geloof in?

4. Watter rol het Epafras in die lewe van die Christene in Kolosse gespeel?

Dink hieroor terwyl julle gesels …• wat Epafras in Kolosse verkondig het• wat hy vir Paulus oor die gelowiges in Kolosse vertel het.

Wat beteken dit vir my vandag?

• Dink oor al die kere toe mense met jou oor God of geloofsake gepraat het. Hoe het jy gereageer? Wat het jy geleer?

12

Verbysterende verspreiding van die evangeliePaulus het nie oordryf toe hy geskryf het nie: “Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is” (Kol 1:6). Die Christelike geloof het in die eerste eeu vinnig in die Romeinse Ryk versprei, en dit is aangehelp deur die volgende faktore:

• Rome se ystervuisbewind het stabiliteit gebring, en dit het meegebring dat handelsroetes gefl oreer het en ’n goeie padstelsel geskep is.

• Die gebruik van Grieks as ’n gemeenskaplike taal in die Romeinse Ryk het kommunikasie grootliks vergemaklik.• Die diversiteit van kulture in Rome se kosmopolitaanse ryk het dit makliker gemaak vir sendelinge om oor kulturele grense te

gaan met die goeie nuus van Jesus.• Die impak van Jesus en die apostels se wonderwerke kan nie oorskat word nie. Quadratus, ’n Christen-apologeet wat

waarskynlik ’n dissipel van Jesus se apostels was, het in ongeveer 117 nC aan keiser Hadrianus geskryf en gesê: “Ons Verlosser se werke was altyd daar om te sien, want dit was eg – die mense wat genees is en dié wat uit die dood opgewek is, mense wat nie net gesien is op die oomblik toe hulle genees of opgewek is nie, maar wat altyd daar was om te sien, nie net toe die Verlosser onder ons was nie, maar lank nadat Hy reeds vertrek het; sommige van hulle het selfs in my leeftyd nog geleef” (in Eusebius, The history of the church, Boek 4, Afdeling 3; Penguin-uitgawe, 1965).

Kolossense 1:9-145. Wat het Paulus gebid toe hy met God oor die gelowiges in

Kolosse gepraat het?

Dink hieroor terwyl julle gesels …• hoe ons God se wil kan ken• watter soort optrede God se hart bly maak• hoekom gelowiges in Kolosse krag nodig gehad het om te volhard.

Wat beteken dit vir my vandag?• Dink jy dit is moontlik om te groei in jou kennis van God? En om God

werklik tevrede te stel? Verduidelik jou antwoord.

6. Hoe sou Paulus se woorde sy lesers in Kolosse bemoedig het?

Dink hieroor terwyl julle gesels …• die erfenis waarvoor hulle gekwalifi seer het (Hoe het hulle daarvoor

gekwalifi seer?)• watter soort koninkryk hulle deur hulle geloof in Christus betree het.

7. Watter reddingsoperasie het plaasgevind? Wat het gebeur?

Dink hieroor terwyl julle gesels …• die twee ryke wat genoem word en hoe hulle verskil• wat gelowiges deur God se Seun ontvang.

13

14

Dink dieper• Dink jy God het geluister na Paulus se gebede vir die gelowiges in

Kolosse? Lyk dit vanuit die verslag oor hulle reputasie of hierdie gebede beantwoord is? Verduidelik jou antwoord.

• Sit tyd opsy om ’n lys te maak van al die goeie dinge wat Paulus vereen selwig het met die voorreg om ’n gelowige in Christus Jesus te wees.

• Al het Paulus waarskynlik nog nie die gelowiges in Kolosse persoonlik ontmoet nie, het hy met ’n hartstogtelike intensiteit vir hulle gebid. Hoekom?

Ontdekkingstog• Kyk na ’n 40 minute lange aanbieding oor die lewe en invloed van die

apostel Paulus. Hierdie video (vervaardig deur die Evangeliese Lutherse Kerk in Amerika en met verteller Rick Steves van PBS) vertel “die verhaal van die vroeë Christelike geloof se grootste sendeling en leierteoloog – die Joodse Fariseër en tentmaker van Tarsus wat die apostel Paulus geword het”. Gaan na www.video.google.com en soek die sleutelwoorde “life of apostle Paul with Rick Steves”.

• Probeer ’n eksemplaar kry van The apostle: a life of Paul deur John Pollock, Cambridge-geleerde, meersterstorieverteller en biograaf van die bekende Billy Graham. “Terwyl jy elke bladsy lees, sal jy Paulus se motiewe, sy doel-witte en sy prioriteite ontdek, wat vir hom saak gemaak het en waarvoor hy bereid was om te sterf.” (Uitgegee deur David C Cook, 1994 herdruk 2012.)

• Kry ’n gevoel van hoe ver Paulus tydens sy roeping as apostel en evangelis gestap het. Kyk na die interaktiewe kaarte van Paulus se sendingreise en sy laaste reis na Rome by www.apostlepaulthefi lm.com/paul/ journeys.htm.

• Huur die Amazon.com-video (26 min) met die titel “Crossing Rome” (regisseur Jonathan Fulford; ’n vrystelling van Gateway Films/Vision Video). “Dit voer ons terug na die boeiende en inspirerende eerste eeue van die Christelike geloof en die ervarings van die vroeë kerk in Rome.” Dit kos $1,99 om die video sewe dae te huur. Besoek www.amazon.com en soek “Crossing Rome”.

• Sommer net vir die lekkerte: Lees ’n gedig deur Henry Vaughan, ’n 17de-eeuse leraar en metafisiese digter, oor hemel en lig: “They are all gone into the world of light”. Besoek www.luminarium.org/ sevenlit/ vaughan/worldoflight.htm.

Stilwordtyd (om by die huis te lees)

Gaan sit in die week wat voorlê iewers alleen en maak tyd om met jou Bybel oop voor jou by God tot rus te kom. Gaan sit op ’n gemaklike en stil plek en neem jou gunsteling-peuselkos saam. Vra die Here om jou te help om Hom beter te leer ken en om vir jou insig in en begrip van sy Woord te gee. Sy Woord is die Bybel, ons gids waarvolgens ons leef. Lees ’n paar gedeeltes soos dié hier onder uit die Bybel. Dit sal jou help om te fokus, na te dink en raak te sien hoe God jou roep om te leef. (As jy wil, kan jy elke dag een van die vyf lees-gedeeltes lees, of jy kan ’n paar van hulle tydens een stilwordtyd deurlees.

Briewe wat lewe geeWanneer hierdie brief klaar by julle voorgelees is, moet julle reëlings tref dat dit ook in die gemeente van die Laodisense voorgelees kan word. – Kolossense 4:16

My seun het vir ’n nagraadse kursus aansoek gedoen en die posbus met ’n arendsoog dopgehou. “Is die pos al hier?” het hy telkens gevra wanneer hy gou weg was winkel toe. Ek het gewonder op watter antwoord hy wag, maar ek het gereken hy sal my vertel wanneer hy reg is daarvoor. ’n Week later het daar ’n koevert vir hom aangekom, met die hand geadresseer. Hy het dit op ge raap en dit na sy kamer toe geneem. Tien minute later het hy by sy kamer uitgestap, met ’n breë glimlag op sy gesig en oë wat blink. “Hier! Lees dit, Ma.”

Dit was ’n afskrif van ’n getuigskrif van een van sy voorgraadse dosente. Hierdie brief het in paragraaf ná paragraaf my seun se vermoëns as student geloof en sy integriteit as mens besing. Dit was ’n huldeblyk aan sy harde werk en het die hoop op ’n blink toekoms vir hom ingesluit.

Daardie brief het oneindige vreugde vir my seun en vir ons, sy familie, gebring. Ons het dit ’n paar keer hardop gelees. Ons het daaruit aangehaal in ons e-posse aan sy grootouers. Dit het ’n ereplek in my seun se belangrike dokumente ontvang.

Dink aan die warmte en vreugde wat die groep gelowiges in Kolosse moes ervaar het toe hulle die eerste deel van Paulus se brief hardop gelees het. Een

15

16

van die grootste geestelike leiers van die Christelike kerk het hulle geloof vir hulle reputasie dat hulle vol liefde is en ’n sterk geloof het. Meer nog, Paulus het voortdurend vir hulle gebid, en hy het vir God gevra om hulle met groter wysheid, begrip, krag, geduld en vreugde te seën. Dit moes die gemoed en energie van daardie krimpende stad grootliks versterk het.

Is daar iemand wat jy ken wat ’n bemoedigende briefie nodig het? Of ’n brief waarin jy hulle loof en ’n goeie getuigskrif oor hulle gee? Is daar iemand wat woorde van dankbaarheid nodig het oor die rol wat hulle in jou lewe speel of vir hulle prestasies en die voorbeeld wat hulle stel? Dink sterk daaraan om vandag so ’n brief te skryf. Briewe soos hierdie word dikwels bewaar – nie net in ’n houer vol sentimentele besittings nie, maar ook in die hart.

Hoop, nou en vir altydToe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook.” – Johannes 11:25

My buurman het so pas sy vrou gegroet. Nie die alledaagse soort groet soos wanneer hy werk toe gaan of op ’n sakereis gaan nie. Dit was ’n heel laaste tot siens. Sy het gister aan kanker gesterf.

’n Week gelede het hy vir my gesê: “Sy is nie bang vir die dood nie. Sy het gesê: ‘Ek weet waarheen ek gaan.’ En dit help. Dit help oneindig baie. Om te weet sy leef steeds en ek sal haar weer kan sien …” Hy kon nie die sin klaar maak nie. Dit was vir hom moeilik om woorde te vind om te sê wat hierdie hoop vir hom beteken.

Die Christene in Kolosse het hierdie selfde hoop gehad. Hulle het die evangelie van Jesus, die goeie nuus oor God se genade, geglo. Hulle het geglo dat hulle, op grond van Christus se dood en opstanding, die lewe by God vir ewig sou geniet, in die hede maar ook wanneer hulle deur die dood moes gaan.

Hierdie hoop het nuwe betekenis aan hulle lewe gegee. Dit het hulle geloof in God en hulle liefde vir mekaar aangevuur. Die Kolossense het ’n hoop gehad wat niks van hulle sou kon wegneem nie, ’n opwindende hoop – iets ongeloof-liks om na uit te sien.

Wat glo jy oor die lewe ná die dood? Wat gebeur met mense wanneer hulle sterf? As jy beter wil verstaan wat die Bybel hieroor leer, lees 1 Korintiërs 15 en Openbaring 21–22. Dink aan hoe mense anders sou kon leef as hulle maar net sou glo wat die Bybel sê oor die hoop wat vir gelowiges in bewaring gehou word.

17

Sappige, soet vrugte“Julle moet in My bly en Ek in julle. ’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.” – Johannes 15:4-5

Jy moet my pa se wingerdstokke sien. Hulle groei wild oor die agterheining by sy huis in Sentraal-Kalifornië. In Augustus en September hang daar enorme trosse saadlose Thompson-druiwekorrels aan daardie wingerde, groengoud en tot barstens toe vol soet sap. Dié muskadeldruiwe groei in soveel oorvloed dat ons nie al die pikante, soet korrels kan eet nie. Daarom los ons ook vir die voëls daarvan.

In die laatherfs snoei ons die wingerde. Ons sny die lang, blaarryke lote stomp teen die wingerdstok af. Die takke lê dan ineengestrengel op die grond en verdor. Hulle sal nooit weer vrug dra nie omdat hulle van die wingerdstok af ge sny is. Dieselfde is waar vir enige ander soort vrugdraende boom of struik. Geen loot kan vrugte dra as dit eers van die hoofstam of wingerdstok afgesny is nie.

Plante is nie die enigste lewende dinge wat kan vrug dra nie. Ook mense kan vrug dra. Paulus het gebid dat die gelowiges in Kolosse sou vrug dra. In sy brief aan die Galasiërs praat hy baie spesifiek oor die verstommende vrugte wat Christene kan dra: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing (Gal 5:22-23). (Lees ook Kol 3:12-17.)

Die gelowige Kolossense het die vermoë gehad om hierdie ongelooflike vrugte te dra omdat hulle in Jesus gebly het. Dit is immers nie vrugte wat uit menslike pogings en vasberadenheid kan groei nie. Die Kolossense kon hierdie vrugte dra omdat hulle naby gebly het aan die vriendelikheid, vreugde en vrede wat hulle gevind het in die getroue liefde en geduld van Christus deur sy Gees wat in hulle gewoon het. Hulle het die soet smaak van hierdie hegte verhouding met die liefdevolle God geproe, en hulle hele lewe is verander.

As jy aan jou lewe dink in terme van ’n wingerdstok, sou jy sê dit is barstens toe vol van die geestelike vrug van liefde, vreugde, geduld, en so meer – of is dit eerder soos ’n verleppende loot? Voel jy verbind aan God, van Hom afgesny, of iewers tussenin? Neem jou voor om nader te groei aan die Een wie se mag die heelal onderhou en wie se liefde vir jou nie eens gemeet kan word nie (Ef 3:17-21). Vra Hom om vir jou die waarheid van hierdie woorde

18

te wys; “Nader tot God en Hy sal tot julle nader” (Jak 4:8). Namate die band tussen jou en God versterk, soek na die vrugte in jou lewe. Jy sál dit sien!

Stap weg uit die duisternisVroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. – Efesiërs 5:8-9

’n Nuwe vriendin by ons kerk het my eendag vir middagete genooi. Ons het oor ons lewe gesels, en sy het vir my vertel van haar kinderjare vol verbale mishandeling, van die dwelmverslawing en opstandigheid as adolessent en van haar lewe as prostituut toe sy volwasse was. “Dit lê nou alles agter my,” het sy gesê. “Die Here is so goed.” Sy is vry van dwelms, studeer nou verder en konsentreer daarop om gesond te word en te groei.

’n Week later het ek gaan koffie drink saam met ’n ou vriendin wat in ’n gelowige familie grootgeword het. Sy het vir my vertel van die liggaamlike mishandeling, talle verleenthede en alkoholverslawing wat deel van haar kinderjare was. “Ons as familie het altyd goed gelyk aan die buitekant,” het sy vertel. “Maar my huis was ’n plek van duisternis. Elke dag sê ek vir God dankie vir die AA.” Met die hulp van ander getraumatiseerde mense wie se lewe deur alkohol verwoes is, het God haar stap vir stap na vryheid, vergifnis en heling gelei.

Wanneer ons in die duisternis is, is daar geen lig nie. Ons kan nie ’n pad uit die duisternis vind nie. Ons kan nie die slaggate voor ons sien nie, en ons kan nie sien as daar iets na ons toe aankom nie. Ons leef in vrees, verwarring en skaamte. Die duisternis het ons in sy skerp kloue. Maar daar is Iemand wat ons uit die heerskappy van die duisternis kan red. Wanneer God die lig aanskakel en ons tot by ’n ander plek lei, kan ons heling begin. Boosheid word vervang deur goedheid en regverdigheid. Leuens maak plek vir die waarheid.

Weet jy van iemand wat hierdie soort redding nodig het? Weet jy van iemand wat vasgevang is in die greep van iets wat as die “mag van die duisternis” beskryf kan word? (Kol 1:13). Is dit iemand wat nie vry kan word van ’n verslawing nie? Of is dit iemand wat leef met ’n gevoel van leegheid en sinloosheid? Dalk is dit iemand vir wie jy baie lief is, of dalk is dit jy self. God is die enigste Een wat ons uit so ’n situasie kan red. Hy luister, en Hy wag dat jy tot Hom om hulp roep. Sê vir Hom as daar iemand in jou lewe is wat sy redding nodig het. Hy sál ingryp.

19

Vergifnis: ’n belofte van GodMaar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds gedien. – Psalm 130:4

’n Paar jaar gelede het Bruce onopsetlik ’n vrou by die kerk aanstoot gegee. Hy het een van haar e-posse gedeel met ander lede van ’n komitee waarin hulle albei gedien het. Dit het gegaan oor ’n saak waaroor sy en Bruce verskil het. Hy wou hê die komitee moes bewus wees van haar standpunt sodat dit balans kon skep vir die mening wat hy uitgespreek het. En hy wou só wys dat hy haar mening respekteer. Sy het egter sy motiewe verkeerd verstaan en was woedend vir hom. Sy het haar woede op Bruce uitgehaal en hom “mani pulerend” en “’n beheervraat” genoem. Sy het bedank uit die komitee en geweier om met hom te praat.

Bruce het sy gewete en sy motiewe ondersoek. Hy het begin insien hoe sy sy optrede verkeerd kon verstaan het. Hy het ’n hele paar keer vir haar gesê hoe jammer hy is, maar geen reaksie ontvang nie.

Dit het hom baie hartseer gemaak, want hierdie vrou se vaardighede was waarde vol vir die komitee. Meer nog, hy het baie waarde geheg aan die geloof wat sy as Christenleier in hulle kerk uitgeleef het. Omdat sy nie met hom wou praat nie, het hy vir haar ’n brief geskryf en haar weer gevra om hom te vergewe. Hy het aangebied om saam met haar en ’n derde persoon te gaan sit en gesels sodat hulle hulle verskille kon uitpraat. Weer het hy geen reaksie gekry nie.

Is jy ooit bang dat God jou só sal behandel wanneer jy Hom vra om jou te vergewe vir iets wat jy weet Hom aanstoot gegee, teleurgestel of seergemaak het? Dit sal nooit gebeur “in die ryk van die lig … onder die heerskappy … van sy Seun wat Hy liefhet” nie (Kol 1:12-13). Dit is hoe God se koninkryk werk: “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid (1 Joh 1:8-9). God wil jou vergewe. Hy het sy Seun in jou plek gegee sodat Hy jou kan vergewe. Dit is ’n belofte.

Gaan sit iewers waar dit stil is, waar jy diep kan nadink. Vra God om jou bewus te maak van dinge wat jy gedoen het waarvoor jy sy vergifnis nodig het. Glo dan in sy belofte aan jou. Terwyl jy dit doen, kyk sommer ook of daar nie iemand is wat jy self moet vergewe nie. Vra God om jou te help om aan ander mense dieselfde liefde te betoon wat Hy aan jou betoon.