raad steun strategie en 2009-begrotingom die vrystelling van slawe op 1 desember 1838 te herdenk....

8
MAANDELIKSE PERSONEELBLAD JAAR 16 # 10 YEAR 16 # 10 MONTHLY STAFF NEWSLETTER Begroting – al die nuus 6 Prof Samways honoured for conservation work 4 Maties ontwikkel jong kriekettalent 5 SPORT NEWS Op die Web / On the Web: http://www.sun.ac.za/kampusnuus Gustav Fritsch se foto- uitstalling by Kunsmuseum 7 KUNS Ndebele en Lawless gaan eregrade ontvang 3 MENSE NUUS Dit lyk asof sowel personeel as studente se ligte bra dof skyn hierdie tyd van die jaar. Dit is nou as die getal inskrywings vir die elektrisiteitsbe- sparingswenke-kompetisie enige aanduiding van die energievlakke op die US-kampusse ná ’n lang, besige jaar is. ’n Totaal van drie in- skrywings is vir die November-kompetisie ontvang – ’n skrale oes in vergelyking met die Oktober-kompetisie se 11 personeelinskry- wings met 25 wenke, en 13 studente-inskrywings met 58 wenke. Daarom het ons besluit om personeel en studente kans te gee om hulle batterye te herlaai en weer in Desember volstoom om die R1 000-prys mee te ding. Aanstaande maand is daar dus nou twee pryse van R1 000 elk op die spel! Stuur jou elektrisiteitsbesparings- wenke teen 3 Desember na [email protected] om vir die prys in aanmerking te kom. Onthou egter om eers op die personeel- of studentewebpoort (www.my.sun.ac.za of www.mymaties.com, onderskei- delik) in te teken en op die gloei- lampie te kliek vir die wenke wat reeds in die Oktober- kompetisie beoordeel is. Jou wenke moet oor- spronklik, prakties en volhoubaar wees – geen wenk sal twee keer vir die prys in aanmerking kom nie. Die R1 000-prys- geld wat aan die perso- neelwenner toegeken word, kan vir daardie perso- neellid se professionele ontwikkeling gebruik word, terwyl die studente- wenner se rekening met R1 000 ge- krediteer sal word. Die wenners sal op 17 Desember in Boschtelegram bekend gemaak word, en die beoordelaars se beslis- sing is finaal. Blink besparingsidee kan jou R1 000 in die sak besorg Onder die deelnemers is Leon Hattingh, skrywer van die boek Die eerste vryswartes van Stellenbosch, 1679-1720, Gerald Groenewald wat oor die kerk en slawerny in die Stel- lenbosch-distrik in die 18de eeu sal praat, en Ebrahim Rhoda wat die ont- staan en rol van Islam in die Stellen- bosse distrik (Mosterdsbaai) sal be- spreek. Richard van der Ross, voormalige Rektor van die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK), en historikus in eie reg, sal oor slawe en identiteits- vorming praat. Hy is ook die skrywer van Up from Slavery wat oor slawerny in die vroeë Kaapse samelewing handel. “Daar is baie meer nasate van slawe in ons huidige samelewing as wat die meeste mense dink, en twee genealoë van formaat, Daniel Jacobs en Elmien Wood, sal oor hierdie as- pekte bydraes lewer. Daniel Jacobs het byvoorbeeld etlike jare se inten- siewe navorsing oor die slaweher- koms van die Vosloo-familie gedoen,” vertel Hans Heese, Historikus en Argivaris van die US Argief. Episodes uit die vroeë sosiale lewe aan die Kaap sal deur Natanja Greeff en Susie Newton-King van onderskei- delik die Universiteit van Kaapstad (UK) en UWK bespreek word, terwyl die bekende skrywer oor slawerny, Rob Shell, lig sal werp op die beskik- baarheid van elektroniese data met be- trekking tot slawe, en hoe dit die taak van navorsers vergemaklik. Rubriekskrywer Martiens van Bart sal oor die slawehandelaar Alexander Tennant van Kaapstad ’n bydrae lewer. Albert Grundlingh, Diana Ferrus en Hans Heese tree as voorsitters van die groepsessies op. Die verrigtinge begin om 09:00 in die Ouditorium van die JS Gericke Biblioteek, en word deur die Rektor van die US, prof Russel Botman, geopen. Die simposium duur tot 17:30. Daar is net ’n beperkte getal sit- plekke beskikbaar, en belangstellen- des word dus versoek om hulle deel- name voor Donderdag 27 November by die organiseerders te bevestig deur by telefoonnommer 021 808 2314 of e-posadres [email protected] met Tania Rossouw te skakel. Deelnemers sal ’n program van die simposium per e-pos of, indien nodig, per gewone pos ontvang. Registrasiegeld van R35 is betaal- baar vanaf 08:00 tot 08:45 by die Ou- ditorium op die dag van die simpo- sium. Die Strategiese Raamwerk, Visie 2012 en die Oorhoofse Strategiese Plan (OSP) was die hoofriglyne waarvolgens die 2009–2011-be- plannings en -begrotingsproses plaasgevind het. Die totale gekonsolideerde be- groting van R2,364 miljoen bestaan uit die volgende drie komponente (met die % wat die komponent van die totale begroting uitmaak tussen hakies): Hoofbegroting: R1,116 miljoen (47,2%) Huisvestingsbegroting: R138 miljoen (5,9%) Derdegeldstroombegroting: R1,108 miljoen (46,9%) Die sleuteluitgangspunte met hierdie proses was dat: die strategie, soos in die Strategiese Raamwerk, Visie 2010 en die OSP vervat, die beplanning sal rig; hierdie strategiese beplanning in die finansiële plan en ondersteunende begroting weerspieël sal word; die begroting nie bloot volgens ’n formule bereken sal word nie, maar dat bestuursbesluite voorrang sal geniet om gebalanseerde finansiële planne te verseker wat vir strate- giese doelwitte en prioriteite voor- siening maak; en die beplanning in ’n klimaat van totale deursigtigheid en inter- aktiewe deelname sal plaasvind. Volgens prof Russel Botman, Rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), is die jongste uitgaweraming vir 2008 in ooreenstemming met die be- groting wat vir hierdie jaar toegeken is. “Die begrotingsproses het weer die belang van die derdegeldstroom- inkomste, en die wyse waarop dit by die hoofbegroting van die US inge- sluit behoort te word, beklemtoon. Hierdie geldstroom stel die bestuur in staat om strategiese geleenthede vir die Universiteit te benut,” het prof Botman gesê. Prof Botman het ook beklemtoon dat die beplanning vir die derdegeld- stroom nou verfyn sal moet word ten einde die bestuur in staat te stel om in toekomstige begrotingsrondtes ruimte vir die finansiering van strategiese doelwitte te skep. Hiervoor sal die Universiteit onder meer ook die vol- gende moontlikhede moet oorweeg: Om op sinvolle wyse van die 50:50-begrotingsverdeling tussen fakulteite en die ander drie kom- ponente (Steun, Institusioneel en Strategies) weg te beweeg. Om die inkomste uit die 12%-hef- fing op derdegeldstrome te verhoog deur onder andere nie meer vry- stellings van dié heffing toe te staan nie. Om derdegeldstroom- inkomste te benut om op grond van die US se aka- demiese reputasie verdere geld vir OSP-projekte te hefboomfinansier. Om inkomste uit die kommersialisering van US-aktiwi- teite, of US-omgewings wat poten- siaal hiervoor toon, te skep. Om sinvolle besparings te maak deur byvoorbeeld ’n alternatiewe telefoonstelsel in werking te stel (“Voice over Internet Protocol”/VoIP) wat op die lang termyn US-telefoonhuurkoste dras- ties sal besnoei. Om deur vennootskappe met die privaat sektor fasiliteite op te rig of op te knap. Slawerny by US-simposium bespreek Die Universiteit Stellenbosch (US) sal op 1 Desember ’n simposium oor slawerny aanbied om die vrystelling van slawe op 1 Desember 1838 te herdenk. Die verrigtinge maak deel uit van die Trammakassi-slaweherdenkingsfees wat vanaf 29 November op Stellenbosch plaasvind. Verskeie kenners op die gebied van slawerny van Stellenbosch en omgewing, sowel as oor ’n breër gebied, sal aan die simposium deelneem. South African artist, Judith Mason, will be showcasing some of her most im- pressive works at the Sasol Art Museum from early January 2009. Mason is well-known for the shocking imagery she uses in her work to confront various aspects of our humanity from the violence we perpetrate against each other, our hopelessness as well as our frailties and fears. The above art work from the Spier Collection is one of the many that will be on display during the ex- hibition and is called You write your life across my face (1993), oil on board, 90 x 80 cm. Read all about the exhibition on page 7. Raad steun strategie en 2009-begroting Die 2009-begroting, wat deel uitmaak van die geïntegreerde finansiële beplanning vir 2009 tot 2011, is by die Raadsvergadering van 10 November goedgekeur. Hiermee het die Universiteitsraad ook sy stempel van goedkeuring op die bestuur se beplanningsprosesse en strategiese doelwitte geplaas. (blaai na bl. 6) Go to www.sun.ac.za/budget2009 for the English version of all the articles on the University’s 2009 budget 25–11–2008

Upload: others

Post on 09-Feb-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Raad steun strategie en 2009-begrotingom die vrystelling van slawe op 1 Desember 1838 te herdenk. Die verrigtinge maak deel uit van die Trammakassi-slaweherdenkingsfees wat vanaf 29

MAANDELIKSE PERSONEELBLAD JAAR 16 # 10 � � YEAR 16 # 10 MONTHLY STAFF NEWSLETTER

Begroting

– al die

nuus

6

Prof Samways

honoured for

conservation

work

4

Maties

ontwikkel

jong

kriekettalent

5

SPORTNEWS

Op die Web / On the Web: http : / /www.sun.ac .za/kampusnuus

� �

Gustav Fritsch

se foto-

uitstalling by

Kunsmuseum

7

KUNS

Ndebele en

Lawless gaan

eregrade

ontvang

3

MENSENUUS

Dit lyk asof sowel personeel as

studente se ligte bra dof skyn hierdie

tyd van die jaar. Dit is nou as die getal

inskrywings vir die elektrisiteitsbe-

sparingswenke-kompetisie enige

aanduiding van die energievlakke

op die US-kampusse ná ’n

lang, besige jaar is.

’n Totaal van drie in-

skrywings is vir die

November-kompetisie

ontvang – ’n skrale oes

in vergelyking met die

Oktober-kompetisie se

11 personeelinskry-

wings met 25 wenke, en

13 studente-inskrywings

met 58 wenke.

Daarom het ons besluit om

personeel en studente kans te gee

om hulle batterye te herlaai en weer

in Desember volstoom om die

R1 000-prys mee te ding. Aanstaande

maand is daar dus nou twee pryse van

R1 000 elk op die spel!

Stuur jou elektrisiteitsbesparings-

wenke teen 3 Desember na

[email protected] om vir die

prys in aanmerking te kom. Onthou

egter om eers op die personeel- of

studentewebpoort (www.my.sun.ac.za

of www.mymaties.com, onderskei-

delik) in te teken en op die gloei-

lampie te kliek vir die wenke

wat reeds in die Oktober-

kompetisie beoordeel is.

Jou wenke moet oor-

spronklik, prakties en

volhoubaar wees –

geen wenk sal twee

keer vir die prys in

aanmerking kom nie.

Die R1 000-prys-

geld wat aan die perso-

neelwenner toegeken

word, kan vir daardie perso-

neellid se professionele ontwikkeling

gebruik word, terwyl die studente-

wenner se rekening met R1 000 ge-

krediteer sal word.

Die wenners sal op 17 Desember

in Boschtelegram bekend gemaak

word, en die beoordelaars se beslis-

sing is finaal.

Blink besparingsidee kan jou

R1 000 in die sak besorg

Onder die deelnemers is Leon

Hattingh, skrywer van die boek Die

eerste vryswartes van Stellenbosch,

1679-1720, Gerald Groenewald wat

oor die kerk en slawerny in die Stel-

lenbosch-distrik in die 18de eeu sal

praat, en Ebrahim Rhoda wat die ont-

staan en rol van Islam in die Stellen-

bosse distrik (Mosterdsbaai) sal be-

spreek.

Richard van der Ross, voormalige

Rektor van die Universiteit van die

Wes-Kaap (UWK), en historikus in

eie reg, sal oor slawe en identiteits-

vorming praat. Hy is ook die skrywer

van Up from Slavery wat oor slawerny

in die vroeë Kaapse samelewing

handel.

“Daar is baie meer nasate van

slawe in ons huidige samelewing as

wat die meeste mense dink, en twee

genealoë van formaat, Daniel Jacobs

en Elmien Wood, sal oor hierdie as-

pekte bydraes lewer. Daniel Jacobs

het byvoorbeeld etlike jare se inten-

siewe navorsing oor die slaweher-

koms van die Vosloo-familie gedoen,”

vertel Hans Heese, Historikus en

Argivaris van die US Argief.

Episodes uit die vroeë sosiale lewe

aan die Kaap sal deur Natanja Greeff

en Susie Newton-King van onderskei-

delik die Universiteit van Kaapstad

(UK) en UWK bespreek word, terwyl

die bekende skrywer oor slawerny,

Rob Shell, lig sal werp op die beskik-

baarheid van elektroniese data met be-

trekking tot slawe, en hoe dit die taak

van navorsers vergemaklik.

Rubriekskrywer Martiens van Bart

sal oor die slawehandelaar Alexander

Tennant van Kaapstad ’n bydrae

lewer. Albert Grundlingh, Diana

Ferrus en Hans Heese tree as

voorsitters van die groepsessies op.

Die verrigtinge begin om 09:00 in

die Ouditorium van die JS Gericke

Biblioteek, en word deur die Rektor

van die US, prof Russel Botman,

geopen. Die simposium duur tot

17:30.

Daar is net ’n beperkte getal sit-

plekke beskikbaar, en belangstellen-

des word dus versoek om hulle deel-

name voor Donderdag 27 November

by die organiseerders te bevestig deur

by telefoonnommer 021 808 2314 of

e-posadres [email protected] met

Tania Rossouw te skakel. Deelnemers

sal ’n program van die simposium per

e-pos of, indien nodig, per gewone

pos ontvang.

Registrasiegeld van R35 is betaal-

baar vanaf 08:00 tot 08:45 by die Ou-

ditorium op die dag van die simpo-

sium.

Die Strategiese Raamwerk, Visie

2012 en die Oorhoofse Strategiese

Plan (OSP) was die hoofriglyne

waarvolgens die 2009–2011-be-

plannings en -begrotingsproses

plaasgevind het.

Die totale gekonsolideerde be-

groting van R2,364 miljoen bestaan

uit die volgende drie komponente

(met die % wat die komponent van

die totale begroting uitmaak

tussen hakies):

� Hoofbegroting:

R1,116 miljoen (47,2%)

� Huisvestingsbegroting:

R138 miljoen (5,9%)

� Derdegeldstroombegroting:

R1,108 miljoen (46,9%)

Die sleuteluitgangspunte met

hierdie proses was dat:

� die strategie, soos in die Strategiese

Raamwerk, Visie 2010 en die OSP

vervat, die beplanning sal rig;

� hierdie strategiese beplanning in die

finansiële plan en ondersteunende

begroting weerspieël sal word;

� die begroting nie bloot volgens ’n

formule bereken sal word nie, maar

dat bestuursbesluite voorrang sal

geniet om gebalanseerde finansiële

planne te verseker wat vir strate-

giese doelwitte en prioriteite voor-

siening maak; en

� die beplanning in ’n klimaat van

totale deursigtigheid en inter-

aktiewe deelname sal plaasvind.

Volgens prof Russel Botman, Rektor

van die Universiteit Stellenbosch

(US), is die jongste uitgaweraming vir

2008 in ooreenstemming met die be-

groting wat vir hierdie jaar toegeken

is.

“Die begrotingsproses het weer die

belang van die derdegeldstroom-

inkomste, en die wyse waarop dit by

die hoofbegroting van die US inge-

sluit behoort te word, beklemtoon.

Hierdie geldstroom stel die bestuur in

staat om strategiese geleenthede vir

die Universiteit te benut,” het prof

Botman gesê.

Prof Botman het ook beklemtoon

dat die beplanning vir die derdegeld-

stroom nou verfyn sal moet word ten

einde die bestuur in staat te stel om in

toekomstige begrotingsrondtes ruimte

vir die finansiering van strategiese

doelwitte te skep. Hiervoor sal die

Universiteit onder meer ook die vol-

gende moontlikhede moet oorweeg:

� Om op sinvolle wyse van die

50:50-begrotingsverdeling tussen

fakulteite en die ander drie kom-

ponente (Steun, Institusioneel en

Strategies) weg te beweeg.

� Om die inkomste uit die 12%-hef-

fing op derdegeldstrome te verhoog

deur onder andere nie meer vry-

stellings van dié heffing

toe te staan nie.

� Om derdegeldstroom-

inkomste te benut om op

grond van die US se aka-

demiese reputasie verdere

geld vir OSP-projekte te

hefboomfinansier.

� Om inkomste uit die

kommersialisering van US-aktiwi-

teite, of US-omgewings wat poten-

siaal hiervoor toon, te skep.

� Om sinvolle besparings te maak

deur byvoorbeeld ’n alternatiewe

telefoonstelsel in werking te stel

(“Voice over Internet

Protocol”/VoIP) wat op die lang

termyn US-telefoonhuurkoste dras-

ties sal besnoei.

� Om deur vennootskappe met die

privaat sektor fasiliteite op te rig of

op te knap.

Slawerny by US-simposium bespreekDie Universiteit Stellenbosch (US) sal op 1 Desember ’n simposium oor slawerny aanbied

om die vrystelling van slawe op 1 Desember 1838 te herdenk. Die verrigtinge maak deel

uit van die Trammakassi-slaweherdenkingsfees wat vanaf 29 November op Stellenbosch

plaasvind. Verskeie kenners op die gebied van slawerny van Stellenbosch en omgewing,

sowel as oor ’n breër gebied, sal aan die simposium deelneem.

South African artist, Judith Mason, will be showcasing some of her most im-

pressive works at the Sasol Art Museum from early January 2009. Mason is

well-known for the shocking imagery she uses in her work to confront various

aspects of our humanity from the violence we perpetrate against each other,

our hopelessness as well as our frailties and fears. The above art work from

the Spier Collection is one of the many that will be on display during the ex-

hibition and is called You write your life across my face (1993), oil on board,

90 x 80 cm. Read all about the exhibition on page 7.

Raad steun strategie

en 2009-begroting Die 2009-begroting, wat deel uitmaak van die geïntegreerde finansiële beplanning vir 2009 tot 2011,

is by die Raadsvergadering van 10 November goedgekeur. Hiermee het die Universiteitsraad ook sy

stempel van goedkeuring op die bestuur se beplanningsprosesse en strategiese doelwitte geplaas.

(blaai na bl. 6)

Go to www.sun.ac.za/budget2009 for

the English version of all the articles

on the University’s 2009 budget

25–11–2008

Page 2: Raad steun strategie en 2009-begrotingom die vrystelling van slawe op 1 Desember 1838 te herdenk. Die verrigtinge maak deel uit van die Trammakassi-slaweherdenkingsfees wat vanaf 29

2 O P I N I E / O P I N I O N K A M P U S N U U S

I can’t believe that this will be the last Kampusnuus edition for 2008! It

feels like just the other day that I returned to the office after the December

2007 break and sat down to plan for all the events that were to take place.

Earlier this year, when I looked at the calendar of activities for 2008, I was

wondering how on earth we were going to get so much done in so little

time. Yes, it’s been a long, tiring, busy year but – I have to add – a very

exciting one to boot. And, guess what? We managed to do everything we

set out to do and a bit more.

Today, I’d like to thank all our contributors and all those people who

work behind the scenes – our layout artist Heloïse Davis, the editing team

at the University’s Language Centre, the printing team at SunPrint and our

distribution team at the post room – who make sure that we deliver the

best Kampusnuus possible (and on time!) each month. It’s thanks to their

hard work and input that this newspaper has gone from strength to

strength. This is evident in the number of news ideas and tips that we

receive each month and in the competition for space in the newspaper.

However, a good thing can still be improved on and it’s for that

reason that we need your feedback – by sending an e-mail to

[email protected] – on how we’re faring in producing the kind

of product that you want to read.

Just like the full year we’ve had, this edition is also jam-packed with

interesting news and happenings. On pages 1 and 6, you can read all about

the University’s budget for 2009. On page 2, Dr Hans Heese tells us more

about the slave symposium on 1 December and why this symposium is so

important for reconciliation.

When you turn to page 3, you can read about all the wonderful things

that academics at this institution have been doing lately. There you can

also read about Njabulo Ndebele and Allyson Lawless, who are to receive

honorary degrees at the University’s December graduation.

On pages 4 and 5 we offer an array of in-depth interviews. You can also

read (on page 5) about an exciting Woordfees initiative that will help you

to get your research onto the air waves.

And if the economic markets are leaving you penniless, don’t despair,

I’m sure you’ll spot a bargain or two in the small ads on page 6 to help

you stretch those cents. Page 7 is filled with interesting news about

exciting exhibitions taking place at the Sasol Art Museum. If you do

nothing else in the new year, at least make sure that you visit the Judith

Mason art exhibition, which starts early in January!

The University archive recently developed an online service where you

can find a variety of photos for sale of people who lived in Stellenbosch

and studied at Stellenbosch University. Visit www.sun.ac.za/argief and see

if you can sneak a peek at photos of mom and dad, way back when they

first met each other here in Matieland. The photos are part of the Watson-

Lockley and Edrich photo collections. Due to space constraints, we

weren’t able to feature a story on this exciting initiative – but make sure to

read about it in our first edition for 2009 on 26 February.

Best wishes for the last stretch of 2008 and may you have a blessed

Christmas and wonderful New Year! I hope that your holidays are filled

with lazy, restful days and that you return refreshed in 2009 – so that we

can move mountains again.

VAN DIE REDAKTEUR SE LESSENAAR

Suid-Afrika en die Verenigde State

van Amerika (VSA) deel ’n

geskiedenis van slawerny en die

invloed daarvan op die samelewing.

Een van dié gedeelde gevolge van

slawerny was die ontstaan van

rasgebaseerde vooroordeel en

negatiewe opvattings. Die politieke

en maatskaplike wending in Suid-

Afrika in 1990, en die onlangse

verkiesing van Barack Obama as

volgende President van die VSA,

skep egter hoop dat dié uitvloeisels

van slawerny tog aan die verdwyn is.

Die gedagte om ’n simposium oor

slawerny te reël het verlede jaar

ontstaan toe die Stellenbosse

gemeenskap besluit het om die

170ste herdenking van die

vrystelling van slawe op 1

Desember te vier. Op hierdie manier

bring Stellenbosch, in die hartjie van

die wynwêreld wat swaar op

slawearbeid gesteun het, hulde aan

die voorsate van Suid-Afrikaners wat

waarskynlik nie eens van hulle

slawe-afkoms bewus is nie. Hierdie

simposium laat val die klem op ons

vroeë, gedeelde

gemeenskapsgeskiedenis waaruit

versoening kan spruit waar daar nog

nie versoening is nie. Die simposium

maak immers deel uit van die

Trammakassi-fees, wat bowenal ’n

versoeningsfees is. Om egter ver-

soening te bewerkstellig, verg kennis

van die verlede. Wanopvattings oor

slawerny, uit watter hoek ook al, kan

slegs verdwyn as die onderwerp

feitelik en allesomvattend benader

word.

Verskeie slawekenners van

Stellenbosch en omgewing, sowel as

’n breër gebied, neem aan die

simposium deel. Onder die deel-

nemers is Leon Hattingh, historikus

en skrywer van die boek Die eerste

vryswartes van Stellenbosch, 1679-

1720. Min mense weet waarskynlik

dat vrygestelde slawe uit Guineë,

Angola, Sri Lanka en Indië onder die

pionierwynboere van die nuwe

Stellenbosse distrik was toe die dorp

amptelik in 1679 gestig is! Hierdie

verskynsel, waar vrygestelde slawe

in die sewentiende eeu volle

burgerregte geniet het, is uniek in

slawegeskiedenis wêreldwyd. Ná

afloop van die sewentiende eeu het

die situasie egter verander, en het die

tradisionele beeld van slawerny as ’n

verdrukkende ekonomiese en

maatskaplike stelsel posgevat.

Gebeure moet egter ook altyd

binne verband beskou word. Die

belangrikste bronne oor slawe is

dikwels dié met betrekking tot die

regstelsel aan die Kaap waarin die

misdade en strawwe van slawe

vermeld word. Die Raad van Justisie

het hierdie strawwe wreed en

genadeloos toegepas. Die keersy is

egter dat alle inwoners van die Kaap,

wat soldate en matrose insluit, aan

dieselfde strawwe onderworpe was.

Van die sprekers by die simposium

sal ook hieraan aandag gee - die 17e

en 18e eeu was beslis nie vir sissies

nie, nóg hier nóg in Nederland!

Tot ’n dekade of twee gelede het

’n groot gedeelte van ons

samelewing aan geheueverlies gely

wat hulle slawevoorsate betref.

Sedertdien het die prentjie verander,

en sal meer as een spreker op die

simposiumprogram na die rol van

slawevoorouers van bekende Suid-

Afrikaanse families kyk. Slawe uit

verskillende wêreldstreke het ook tot

die ryke kultuurerfenis van die

inwoners van die Wes-Kaap, sowel

as tot identiteitsvorming bygedra - ’n

dinamiese proses wat steeds aan die

gang is.

Die Christelike (Calvinistiese)

geloof is deur die Europese

immigrante na die Kaap gebring, en

was lank die enigste 'wettige'

aanbiddingsvorm. Met die koms van

slawe en bannelinge uit die Ooste,

het Islam met verloop van tyd ’n

belangrike plek in die Kaapse

samelewing ingeneem, en dus kry

ook hierdie tema spesiale aandag by

die simposium. Islam was tot 1838

immers ’n algemene slawegeloof wat

volgelinge daarvan se integrasie by

die groter samelewing belemmer het.

Die simposium beoog dus om

belangrike aspekte oor slawerny en

die Kaapse samelewing te bespreek

ten einde nogmaals te bewys dat dit

wat ons as samelewing saambind,

uiteindelik sterker is as dit wat ons

skei.

– Dr Hans Heese is verbonde aan

die US Argief, en die organiseerder

van die simposium.

Simposium bring hulde aan slawevoorouers

van baie Suid-Afrikaners

Kampusnuus wil

graag ’n platform

skep vir ge-

sprekvoering op

die kampus.

Menings in

artikels, briewe en

Kampusklets

oppie Rooiplein

is dié van die

betrokke indiwidu

en nie

noodwendig

die standpunt van

die Kampusnuus-

redaksie of die

Universiteit

Stellenbosch nie.

Lees net van Joernalistiek

se feesvieringe…

Dis met nostalgie dat ek die berig in verlede maand se

Kampusnuus oor die 30-jarige bestaansjaar van die Depar-

tement Joernalistiek gelees het.

Ek was nie eers bewus van die feesvieringe nie en sou

eintlik ook graag deel daarvan gewees het aangesien ek in

die jare tagtig die heel eerste M(Joer)-graad (cum laude)

daar behaal het met prof Piet Cillié as my promotor.

Boonop werk ek nog steeds byna elke dag op die kampus

en ry elke dag verby die pragtige ou gebou in Crozier-

straat! Het gewonder of die toekenning van die graad te

“dated” is om nog op Joernalistiek se rekordboeke te

wees?

Maar terug by Prof Piet. Was hy nie ’n belewenis nie?

My verhandeling het oor die onafhanklikheidwording van

die Afrikaanse media in die jare sestigs van die vorige eeu

gehandel – turbulente jare – jare toe mense soos Schalk

Pienaar, Theo Gerdener en Rykie van Reenen met “aard-

skuddende verligte” rubrieke en artikels “weggebreek” het

van die tradisionele Afrikaanse media. Toe Albert Hertzog

en kie omtrent almal as “kommuniste” beskou het wat nie

saam met hulle gestem het nie.

En dan het jy voor Prof Piet gesit. Hy het sy oë toe-

gemaak, sy arms na mekaar gestrek en sy vingerpunte teen

mekaar gedruk; sy besondere groot kop effe agtertoe laat

leuen en begin praat en praat en praat...die ongelooflikste

inligting verskaf, die verstommendste feite aangehaal, die

interessantste “agter die skerm”-gebeurtenisse herroep.

Kortliks: dit was ’n enorme belewenis om na hierdie

lewende “ensiklopedie” van Suid-Afrika se geskiedenis

van destyds te luister.

Ek kan maar net vertrou dat studente van die Depar-

tement Joernalistiek van die nuwe era met dieselfde

agtergrond en kennis (en veel meer as net ’n graad of

twee!) die komplekse en genadelose wêreld van die media

ingestuur word.

– Heloïse Davis

Briewe kan gerig word aan die Redakteur: Kampusnuus, per e-pos aan [email protected], of met die binnepos aan Kamer B1223, Admin B-gebou, of per faks aan (021) 808-

3800. Hoewel briewe op versoek anoniem of met skuilname geplaas kan word, moet skrywers se name en kontakbesonderhede asseblief by die brief ingesluit word. Briewe moet

duidelik KAMPUSNUUS BRIEWEBLAD gemerk word. Die beste brief wen ’n prys. Vandeesmaand se wenner is “Te min blaf” vir die brief “Wat het van die Personeelvereniging

geword?”

E-POS AAN [email protected]

Page 3: Raad steun strategie en 2009-begrotingom die vrystelling van slawe op 1 Desember 1838 te herdenk. Die verrigtinge maak deel uit van die Trammakassi-slaweherdenkingsfees wat vanaf 29

K A M P U S N U U S N U U S / N E W S 3

Plans to start a Western Cape chapter

of a new Humboldt Club for South

Africa are underway after a group of

Humboldtianers, among them several

Stellenbosch University (SU) acade-

mics, recently gathered in Stellenbosch

to discuss the possibilities of expan-

ding an organisation known for its

drive for excellence.

According to Prof Louis Jonker of

the Department of the Old and New

Testament at the Theology Faculty,

discussions have been conducted for

some time on the possibility of es-

tablishing a Humboldt Club for South

Africa.

After receiving the green light to

form a Humboldt Club, a task team

consisting of Prof Jonker, former SU

Rector Prof Andreas van Wyk, Prof

Ernst Uken from the Cape Peninsula

University of Technology and Prof

Neville Alexander from the University

of Cape Town were appointed to draft

a preliminary constitution and formu-

late a procedure for the implementation

of the constitution.

Prof Jonker says that the Humboldt

Club wants to focus on two issues: the

expansion of research values as

represented by the Humboldt Stiftung;

and the introduction of younger doc-

torate colleagues to the programmes

and possibilities of the Humboldt

Stiftung. “The club will also support

potential applicants in submitting the

best possible application. It therefore

wants to fulfil a capacity-building role

with regard to the Humboldt pro-

gramme,” he says.

Prof Jonker says that the specific

goals of the club will aid and stimulate

research in general at SU. “Humbold-

tianers are known worldwide for their

contributions to their respective fields.

By encouraging SU academics to

apply and be successful in a Humboldt

application, the research profile at SU

will be raised,” he explains.

Prof Jonker adds that belonging to

the Humboldt Club gives researchers

bigger research space – in terms of

funding and so forth – which might not

necessarily be available in South

Africa. “A Humboldt programme in-

creases the research profile of a re-

searcher so that she or he is better posi-

tioned not only locally but also for

other peer processes, such as National

Research Foundation ratings.”

Researchers who have received a

Humboldt stipend are automatically

club members. According to Prof Jon-

ker, SU has 38 Humboldtianers, which

includes both active staff members and

retirees. Nationally, there are 164

Humboldtianers with SU representing

almost a quarter of the South African

contingent.

Following the discussions regarding

the establishment of a regional chapter

of the Humboldt Club, the annual gala

dinner of the Western Cape

Humboldtianer was held. The guest

speaker at the dinner was the German

ambassador to South Africa, Dr Dieter

Haller. In his speech, the ambassador

emphasised the role that the Humboldt

Club and the Stellenbosch Institute for

Advanced Study could play to promote

quality research and improve

relationships with Germany. Prof

Arnold van Zyl, Vice-Rector:

Research, who was instrumental in

inviting Dr Haller to this occasion, in

turn pledged SU’s full support for

strengthened relationships with

German institutions. – LIEZL SCHOLTZ

The German ambassador to South Africa, Dr Dieter Haller (third from left),

was the guest speaker at the annual Humboldt Stiftung gala dinner held at the

Wallenberg Research Centre at STIAS. Also in attendance at the dinner were

(from left) Prof Arnold van Zyl, Mrs Sabine Haller, Prof Hendrik Geyer,

Director: STIAS; Dr Anne Detjen and Prof Louis Jonker (Anton Jordaan, SSFD)

Humboldt Club will further

stimulate research at SU

These changes are also the reasons

why the Library and Information

Service’s 10th Annual Symposium –

held at the JS Gericke Library – fo-

cused on the theme Shall the twain

ever meet?: Supplying the demand in

an academic library and information

service environment.

The symposium, held annually

since 1998, has become an important

occasion for librarians, especially

library managers, in the Southern

African academic sector to discuss

issues and trends pertaining to their

environment and to listen to leaders

and thinkers in the field enunciating

on new trends and innovations.

“Ultimately, it creates a stimulus

for new thinking and the improvement

of services for our clients,” says Ms

Ellen Tise, Senior Director: SU

Library and Information Services.

Mr Steyn Heckroodt, lecturer in

General Management and Competitive

Management for Entrepreneurs at the

Stellenbosch University Business

School, set the tone for the symposium

by providing an outline of the supply-

and-demand principle, drawing a

distinction between the commercial

and the service-sector application of

the principle, and relating this to the

library environment. According to Mr

Heckroodt, in a library environment,

the information needs of students and

lecturers represent the demand while

library resources and services

represent the supply.

The speakers who followed argued

that demand and supply should never

meet in a higher education environ-

ment because such an environment is

generally dynamic with needs that

change continuously. In addition,

practical issues such as insufficient

funding and bandwidth, the inaccessi-

bility of technology, and quick and

easy access to the internet also make it

impossible to meet supply and

demand.

Mr Kobus Ehlers, a lecturer with

the Information Science Department,

said that, while the “traditional library

is doomed”, the library as an insti-

tution is here to stay.

“This was indeed an issue for self-

reflection for all librarians. The com-

ment reaffirmed some of the com-

ments made by other speakers that

academic libraries need to embrace

change in a rapidly changing technolo-

gical environment while still offering

their patrons quality information and a

physical space – an academic

environment – conducive to their in-

tellectual endeavours,” says Ms Tise.

“In summary, we learned that

libraries need to renovate, innovate

and reinvent in order to stay relevant.

And, while the provision of physical

learning space is an integral part of

supplying user demand, it is also im-

portant for academic libraries to aug-

ment their services and to relinquish

control of information, allowing for

user creation and user manipulation of

content,” Ms Tise adds.

More information on the sympo-

sium is available at

http://www.lib.sun.ac.za/sym2008/defa

ult.htm

From left are Mr Chip Nilges, Vice-President for Business Development at the

Online Computer Library Center, USA; Ms Ellen Tise, Senior Director: SU

Library and Information Services; Prof Hannes Britz, Dean and Professor at the

School of Information Studies at the University of Wisconsin-Milwaukee, USA;

and Mr Sej Motau, Chairman of Sabinet Online (Hennie Rudman, SSFD)

Symposium looks at changing face of libraries

Dramatic changes in the information and user environments of libraries have prompted

the University’s own Library and Information Services – which does not usually function

according to the business principles of supply and demand – to follow a new model. The

use of the new model is aimed at interpreting and responding to the dynamics currently

at play in the library and information sector.

Allyson Lawless sal die graad DIng,

honoris causa, ontvang, terwyl prof

Njabulo Ndebele met die graad DPhil,

honoris causa, vereer sal word.

Toe ALLYSON

LAWLESS gegra-

dueer het, was

die totale getal

vroue-ingenieurs

in Suid-Afrika

nog ’n enkel-

syfer. Sedertdien

het sy haar as

uitnemende

siviele ingenieur en wetenskaplike, ’n

vooraanstaande sakevrou, en ’n rol-

model vir jongmense bewys.

Sy behaal die grade BSc (Siviele

Ingenieurswese) en MSc (Strukturele

Ingenieurswese) met groot welslae, en

skop hierna haar loopbaan in siviele-

ingenieurstrukture af. Sy is boonop

geoktrooieerde ingenieur van die

Verenigde Koninkryk se ingenieurs-

raad; het die eerste vrou geword om as

President van SAICE, die Suid-Afri-

kaanse instituut vir siviele ingenieurs-

wese, te dien; en was die eerste vrou

om die pos van Internasionale Vise-

president van die Londense IStructE,

’n instituut vir strukturele ingenieurs-

wese, te beklee. Sy is ook ’n genoot en

voormalige bestuurslid van die SAAE,

die Suid-Afrikaanse akademie vir in-

genieurswese.

Sy is al as finalis in die Sakevrou

van die Jaar-kompetisie aangewys; was

die wenner van SAICE se prys vir die

IT-projek van die eeu, Shoprite

Checkers/SABC2 se Vrou van die Jaar-

wenner in die kategorie Wetenskap en

Tegnologie, en die ontvanger van ’n

uitnemendheidsprys van die Nasionale

Wetenskap- en Tegnologieforum.

NJABULO

NDEBELE het

onlangs as

Visekanselier en

Hoof van die

Universiteit van

Kaapstad (UK)

uitgetree. Hy

was voorheen

aan die stuur

van sake by die Nasionale Universiteit

van Lesotho, die Universiteit van die

Noorde, en die Departement Afrika-

literatuur aan die Universiteit van die

Witwatersrand, en Viserektor van die

Universiteit van Wes-Kaap.

Nadat hy aan die destydse Univer-

siteit van Botswana, Lesotho en Swazi-

land, sowel as die Universiteit van

Cambridge gradueer, behaal hy ’n PhD

aan die Universiteit van Denver. Hy het

ook ’n aantal eregrade, onder meer van

die University College London en

Cambridge, en is boonop ook ’n genoot

van die UK.

Ndebele het onder meer as

President van die Congress of South

African Writers, Voorsitter van die

Raad vir Geesteswetenskaplike

Navorsing (RGN), en President van die

Vereniging van Afrika-universiteite

gedien, en is lid van die Raad van

Trustees van die Nelson Mandela- en

Mandela Rhodes-stigting.

Hy is die outeur van ’n aantal be-

kroonde werke. Deur sy invloedryke

versameling kritiese essays, Rediscove-

ry of the Ordinary: South African Lite-

rature and Culture, het hy byvoorbeeld

die politieke en kulturele weerstand van

die 1980's as weerstand teen vorme van

totalitêre denke help omskryf. Sy mees

onlangse pennevrug, Fine Lines from

the Box: Further Thoughts about Our

Country, kry die media oor slordige

joernalistiek voor stok.

* Vir verdere inligting oor prof

Ndebele en me Lawless sowel as

die kandidate wat in Maart

eregrade ontvang, besoek

www.sun.ac.za/ndebele

Ndebele en Lawless ontvang eregradeDie Universiteit Stellenbosch sal by sy Desember-gradeplegtighede twee Suid-Afrikaanse

baanbrekers met eregrade vereer. Prof Amanda Gouws (foto), Voorsitter

van die Departement Politieke Weten-

skap, is onlangs tot Visepresident van

SAAPS, die Suid-Afrikaanse vereni-

ging vir politieke studie, verkies. Dit is

die eerste keer dat sowel die amp van

President as Visepresident gelyktydig

deur vroue beklee word. Prof Gouws

sal haar pos vanaf 2009 tot 2010 be-

klee, terwyl prof Heidi Hudson van die

Universiteit van die Vrystaat vir die-

selfde termyn as President sal dien.

Prof Gouws spesialiseer in Suid-

Afrikaanse politiek, politieke gedrag,

en die politiek van geslagsgelykheid.

Sy is ’n kategorie B3-navorser van die

Nasionale Navorsingstigting, en spits

haar in haar werk veral op vroue en

burgerskap toe.

Buiten haar jare lange werk as do-

sent en navorser, het sy ook as Waar-

nemende Direkteur van die African

Gender Institute aan die Universiteit

van Kaapstad gedien. Sy is ’n lid van

FAWESA, die forum vir Afrika-vroue-

opvoedkundiges in Suid-Afrika, sowel

as IPSA, die internasionale vereniging

vir politieke wetenskap, en was tot die

einde van 2007 Voorsitter van die be-

oordelingspaneel van die program oor

demokrasie en bestuur van die Raad

vir Geesteswetenskaplike Navorsing

(RGN).

SAAPS is die amptelike professio-

nele liggaam vir Suid-Afrikaanse

kundiges op die gebied van politieke

wetenskap en internasionale betrek-

kinge. Die vereniging reik ook twee

keer per jaar ’n vaktydskrif, Politikon,

uit. “Die organisasie bied die geleent-

heid om met ander in die politieke-

wetenskap-beroep te skakel,” ver-

duidelik prof Gouws.

Prof Gouws sal verantwoordelik

wees vir skakeling tussen Wes-Kaapse

instansies wat politieke wetenskap as

vak aanbied, en sal ook by die reël van

die tweejaarlikse nasionale kongres en

’n aantal navorsingskollokwiums

betrokke wees.

Prof Amanda Gouws word

visepresident van SAAPS

(Anton

Jordaan, SSFD

)

Page 4: Raad steun strategie en 2009-begrotingom die vrystelling van slawe op 1 Desember 1838 te herdenk. Die verrigtinge maak deel uit van die Trammakassi-slaweherdenkingsfees wat vanaf 29

4 N U U S / N E W S K A M P U S N U U S

The PMHP is administered by UCT

and located at Mowbray Maternity

Hospital. It supports women from

disadvantaged areas who are identified

as being at risk of suffering from

maternal mental distress. Since the

project’s launch six years ago, more

than 5 000 women have been screened

for maternal mental distress, free of

charge.

According to Mr Kafaar, in 2008,

the PMHP team, consisting of Dr

Simone Honikman and Ms Sally

Field, both of the Department of

Psychiatry and Mental Health at UCT;

Dr Sue Fawcus of the Department of

Obstetrics and Gynaecology at UCT

and Mowbray Maternity Hospital; and

Prof Alan Flisher of the Department of

Psychiatry and Mental Health at UCT,

approached him for assistance with

statistical analysis.

“The main objectives of the current

research,” he says, “are to describe the

processes and patterns of utilisation,

to analyse the characteristics of the

people who are screened, as well as to

provide information that informs and

improves service provision.”

The conclusions of the study were

based on data accumulated from 3 800

women who booked into the hospital

over a 30-month period up to June

2008. “Seventy-four per cent of those

women were offered screening,” ex-

plains Mr Kafaar.

Maternal health in middle- and

low-income countries often is a ne-

glected area in public health. The

prevalence of postnatal depression in

developed countries is between 10 and

15%. However, in a Khayelitsha re-

search study, the prevalence of postna-

tal depression was shown to be 35%.

In order to select at-risk patients

for counselling, the PHMP uses two

screening tools, the Edinburgh

Postpartum Depression Scale and a

risk-factor assessment questionnaire

comprising of 11 questions.

“If you score high enough on the

depression scale or had more than

three risk factors, you would qualify

for referral,” says Mr Kafaar.

By interpreting the data they were

able to show the characteristics of

women who qualified for referral.

Many of the patients who met the

criteria were teens, women who had a

low socio-economic status, women

with unsupportive or no partners and

women who had experienced domestic

violence.

“Of the patients qualifying for

referral, some accepted and some

declined. We wanted to know what the

difference is between those who

accepted referral and those who

declined referral. What we found is

that those patients who had suffered

abuse and had experienced previous

mental health problems tended to be

the ones accepting the referral. Pa-

tients defaulting on their appointments

usually had partner support, while

those who kept their appointments

indicated that they had a lack of

partner support,” explains Mr Kafaar.

The data, says Mr Kafaar, also

indicated that mental health services

such as the PHMP should be

integrated within maternal care. “It

maximises access for women most at

risk and for those who have

problematic relationships with either

their partners or within their

households. It also gives adolescents

the chance to access services that they

may not ordinarily have access to.”

According to Ms Field, apart from

continuing with providing a screening,

counselling and psychiatry service, the

team is also conducting ongoing

research. This evidence-based infor-

mation could inform the provision of

maternal mental health services.

Prof Michael Samways (picture), Chair

of the Conservation Ecology and Ento-

mology Department, recently received

three prestigious awards from scientific

associations in South Africa. The

awards were bestowed on him for his

contributions to the fields of entomolo-

gy and conservation biology and service

to society.

Over the years, Michael’s work has

been recognised by various scientific

organisations both locally and inter-

nationally. His most recent awards in-

clude the John Herschel Medal of the

Royal Society of South Africa, the

Gold Medal of the Academy of Science

of South Africa and the Senior Captain

Scott Medal of the South African Aca-

demy of Sciences and Arts.

According to Prof Benito Khotseng,

General Secretary of the Academy of

Science, the Academy’s medal was

awarded to Michael for his “self-ini-

tiated research, his record of training

postgraduate students” and “the poten-

tial contribution of his research to

South African society”.

Michael is a passionate entomolo-

gist and conservationist and specialises

in Invertebrate Conservation Biology.

“We have a global biodiversity crisis,

which means that the ecosystem ser-

vices on which we depend are also un-

der stress. We therefore have to put

systems in place to conserve our eco-

systems so that they remain intact in

the future,” he explains.

To achieve that, Michael’s research

team has been developing conservation

strategies that are ecologically sensible.

“We have been working on developing

new landscape designs, such as esta-

blishing large-scale ecological net-

works in between forestry. This in-

volves creating interconnected corri-

dors of natural land that run between

areas of agriculture.”

They are currently working with the

paper manufacturing company Mondi,

which has made available a third of its

land for conservation and the develop-

ment of large-scale ecological net-

works. “The idea is to reduce the risk

of extinction of species that are found

in these areas and to ensure that the

natural functioning of ecosystems is in

place,” says Michael. Considering that

there are about 7 million insect species

in the world, it is not hard to grasp the

impact of his work.

In addition, his research team is

involved in research on fynbos, the

removal of alien plant species and the

contribution that organic farming can

make to conserving biodiversity. Fyn-

bos contains various forms of animal

and plant life that are not found any-

where else in the world, while the pre-

sence of alien plant species has been

shown to adversely impact not only on

biodiversity but also on the amount of

available water resources.

Michael is an author as well. He has

written two books – Insect Diversity

Conservation, published by Cambridge

University Press, and Dragonflies and

Damselflies in South Africa, which was

recently published, summarising all the

information to date on these lovely

animals, and their importance in the

conservation of freshwater systems.

“Insect Diversity Conservation

synthesises the state of the field on in-

sect conservation from a global per-

spective, and emphasises the impor-

tance of insects in ecosystems and

keeping the world intact so that it con-

tinues to provide the services that we

normally take for granted,” he explains.

Lecturer part of winning team

Sielkunde se prof André Möller oorlede “Dit is met groot hartseer dat ons van ons gewaardeerde kollega afskeid neem. André het die

grootste gedeelte van sy professionele loopbaan aan die uitbouing van ons Departement en die

ontwikkeling van sy studente gewy. Sy bekwame leierskap en entoesiasme het ’n besondere bydrae

gelewer en ons lewens verryk.” Dit was die hartseer woorde van personeellede van die

Departement Sielkunde met die heengaan van hulle kollega en vriend, prof André Möller (foto).

Prof Möller, wat vanaf 1967 tot

2005 ’n dosent in Kliniese Sielkunde

aan die Universiteit se Departement

Sielkunde was, is op 25 Oktober ná ’n

kort siekbed oorlede. Hy was vir twee

termyne, vanaf 1995 tot 1996, en weer

vanaf 2002 tot sy aftrede in 2005,

Voorsitter van die Departement.

Prof Möller het in 1965 ’n BA-graad

in Sielkunde aan die US verwerf, en

daarna ook ’n honneursgraad in Voor-

ligtingsielkunde (cum laude) in 1967.

Hy het ook ’n magistergraad in Voorlig-

tingsielkunde (cum laude) en daarna in

1972 ’n doktorsgraad aan die US be-

haal. Twee jaar daarna is hy as kliniese

sielkundige by die Vrye Universiteit

van Amsterdam in Nederland opgelei.

Sy spesialiteit was kognitiewe psigo-

terapie, en meer bepaald rasioneel-emo-

tiewe gedragsterapie (REGT). Hy het

onder andere in 1993 opleiding in

REGT by die REGT-instituut in New

York ontvang, en dit as ’n psigotera-

peutiese denkrigting in Amerika help

vestig. Hy was ook aan die voorpunt

om hierdie behandelingsvorm in Suid-

Afrika te vestig en te bevorder.

Voorts was prof Möller ’n geregis-

treerde kliniese sielkundige en jare

lange lid van die Beroepsraad vir Siel-

kunde van die Gesondheidsberoepsraad

van Suid-Afrika, en die International

Association of Cognitive Psychothera-

py. Hy was ook die voorsitter van ’n

paar professionele verenigings en die

Instituut vir Kliniese Sielkunde, sowel

as President van die Sielkundevereni-

ging van Suid-Afrika.

Prof Möller het by Huis Horison, ’n

Stellenbosse tehuis vir intellektueel ge-

stremde persone, die Elektrisiteitsvoor-

sieningskommissie (Eskom) in Johan-

nesburg, en Spoornet in Kaapstad as

kliniese-sielkundekonsultant opgetree.

Hy het verskeie navorsingsbeurse, pry-

se en stipendia ontvang, en referate by

nasionale en internasionale kongresse

gelewer. Hy was ook die outeur en me-

de-outeur van verskeie akademiese

boeke, hoofstukke in boeke, en sowat

40 artikels in geakkrediteerde vaktyd-

skrifte.

“Prof Möller was ’n uitstekende

dosent, akademikus, organiseerder en

inspirerende leier. Onder sy bekwame

leiding is die navorsings- en publikasie-

uitset van die Departement Sielkunde

beduidend verbeter en verhoog. Hy het

tydens sy termyne as Voorsitter van die

Departement gemeenskapsdiensleer

bevorder en ruimte vir kollegas en stu-

dente geskep vir die onwikkeling en

uitbou van verskeie gemeenskapsdiens-

projekte, ” sê dr Charl Nortje, ’n jare-

lange kollega.

Prof Möller is deur Mnr Henry

Steel, ook van die Departement Siel-

kunde, beskryf as ’n “baie presiese

mens wat hoë standaarde aan sy stu-

dente” en sy kollegas gestel het.

“Hy was nooit tevrede met middel-

matigheid nie en het voortdurend ge-

streef na uitnemendheid,” sê mnr Steel.

Volgens prof Johann Meyer, voor-

heen verbonde aan die Departement

Sielkunde, was prof Möller internasio-

naal gerespekteer as akademikus. “Na-

sionaal is hy by herhaling op die Be-

roepsraad vir Sielkunde verkies en het

’n groot rol gespeel om die professie te

vestig. Hy het Kliniese Sielkunde aan

die US uitgebou tot een van die beste

opleidingsinstansies in Suid-Afrika. Sy

bestuurstyl is gekenmerk deur deeg-

likheid, baie goeie voorbereiding en

vooraf konsultasie met al die betrokke

individue,” sê Prof Meyer.

Hy word deur sy vrou Annelie, sy

seun Marius en familie oorleef.

Ingenieurswese

verloor puik

elektronikus Die Fakulteit Ingenieurswese het ’n

elektronikus van formaat verloor met

die afsterwe van Willie van Rooyen

(foto). Hy was bekend vir sy uitson-

derlike kundigheid op die gebied van

die ontwerp en herstel van elektro-

niese instrumentasie. Willie het se-

dert 1990 as beheerelektronikus by

Ingenieurswese gewerk, en is onlangs

aan ’n hartaanval oorlede.

“Willie was ongelooflik professio-

neel. Hy het die ou én nuwe tegno-

logie geken. Jy kry nie meer sulke

mense nie,” sê ’n kollega, Ulrich

Büttner.

Nóg ’n kollega, Wessel Crou-

kamp, sê: “Sy dood is vir ons ’n

groot slag. Hy was baie kundig op sy

vakgebied, en ons het gereeld vir

raad by hom gaan aanklop. Hy het na

’n projek in sy geheel gekyk, en nie

net na een faset nie.”

Niklaas van Graan vertel van die

verskeidenheid elektroniese apparate

wat Willie ontwerp en gebou het.

"Willie het onder andere die Tutor-

kassie en Labada-boks ontwerp en

gebou, wat vir praktiese klasse vir

die vak Beheerstelsels gebruik word.

Sy werk het wyd gestrek. Hy het

selfs elektroniese apparaat vir die

koeie van Welgevallen-proefplaas

ontwerp en gebou sodat elke koei ’n

apparaat met ’n sensor om die nek

dra wat die hek na haar eie vreetplek

oopmaak."

Willie se puik werk wat oor die

hele kampus en die proefplase

versprei is, sal jare lank as getuig-

skrif van sy toewyding en vinding-

rykheid dien.

Prof Samways wins medals

for conservation biology

Zuhayr Kafaar (picture), a lecturer at the University’s Psychology Department, and a team of

researchers of the University of Cape Town (UCT) recently won first prize in a prestigious

international poster competition at the Fourth International Conference on Mental Health held in

London. The Conference was hosted by the Institute of Psychiatry. The poster showcased

important research information about the Perinatal Mental Health Project (PMHP) at Mowbray

Maternity Hospital. Kampusnuus spoke to Mr Kafaar, who has been sifting through a database

maintained by the project and converting it into useable information.

(Hen

nie R

udm

an, SSFD

)(H

ennie R

udm

an, SSFD

)

Page 5: Raad steun strategie en 2009-begrotingom die vrystelling van slawe op 1 Desember 1838 te herdenk. Die verrigtinge maak deel uit van die Trammakassi-slaweherdenkingsfees wat vanaf 29

K A M P U S N U U S N U U S / N E W S 5

Die splinternuwe prof Marius Louw-

medalje sal op 9 Desember om die nek

van die beste finalejaarstudent in

Siviele Ingenieurswese gehang word.

Só sal nie net die harde werk van dié

student beloon word nie, maar die uit-

nemendheid van ’n afgetrede professor

van die Departement ook jaarliks

herdenk word.

Prof Louw was die eerste oudMatie

ingenieurstudent wat, in Februarie

1958, ’n doktorsgraad in Ingenieurs-

wese (Strukture) verwerf het by die

Massachusetts Institute of Technology

(MIT) in die VSA. Ná sy terugkeer na

Suid-Afrika het prof Louw vir twee

jaar klas gegee in Siviele Ingenieurs-

wese by die Universiteit Stellenbosch

(US).

Tussen 1960 en 1978 het prof Louw

as ’n vennoot by die firma Van Wyk &

Louw Raadgewende Siviele Ingenieurs

aangesluit. In dié tyd was hy betrokke

by verskeie groot projekte, onder meer

die Sanlam- (vandag Media 24-) gebou

in Kaapstad (op daardie stadium die

hoogste gebou in die Suidelike half-

rond), die eerste fases van die Univer-

siteit van die Wes-Kaap- (UWK) en

Unisageboue, die nuwe Durbanstasie,

en die Afrikaanse Taalmonument in die

Paarl.

Van Wyk & Louw, wat vandag as

die maatskappy Africon bekend staan,

het al van vroeg af ’n verhouding met

die US opgebou. Gedurende die tag-

tigerjare het die firma onder meer

fondse beskikbaar gestel vir die op-

gradering van een van die Senior

Lektorate in Struktuuringenieurswese

na ’n volle professoraat.

Vele studente is ook ondersteun met

beurse – en verskeie van dié studente is

vandag ook senior direkteure by die

maatskappy. “Africon glo dat top-fir-

mas gebou word deur eersteklasmense,

en daarom ondersteun ons graag top-

presteerders,” sê mnr Albert Gelden-

huys, Algemene Bestuurder: RSA-

streke by Africon.

Die maatskappy sal ook vir die

volgende paar jaar as die borg van die

prof Marius Louw medalje- en kon-

tantprys van R3 500 optree. Volgens

mnr Geldenhuys is dit vir Africon ’n

trots om die toekenning te borg en is

dit ook ’n groot eer om met prof Louw

geassosieer te word.

”Prof Louw het in 1979 teruggekeer

na Stellenbosch en weer begin klasgee

as professor in Siviele Ingenieurswese.

Hy het in dié tyd toegesien tot ’n alge-

mene “omwenteling in die definisie

van voorgraadse Struktuuringenieurs-

wese,” sê prof Peter Dunaiski, Hoof

van die Afdeling Struktuuringenieurs-

wese en Siviele Ingenieursinformatika

aan die US.

Deur te sorg dat die voorgraadse

kurrikulum in Struktuuringenieurswese

hersien word, het prof Louw verseker

dat die kursus tot vandag toe nog aan

die behoeftes en vereistes van die prak-

tyk voldoen. “Sy invloed op ons De-

partement was beduidend,” sê prof

Dunaiski.

Toe daar dus vroeër besluit is om

voorts die prys vir die beste finalejaar-

student te vernoem na iemand wat ’n

kardinale rol in die Departement ge-

speel het, het bestuurslede nie te lank

gesoek na ’n kandidaat nie. Prof Louw

het ook “in alle nederigheid en met

groot dank en erkenning” dié beson-

dere eerbetoon aanvaar.

“Om op grond van jou werk wat jy

gelewer het op só ’n wyse deur jou

oudkollegas, eweknieë, oudstudente en

ander uit die praktyk vereer te word,”

sê prof Louw, “ is van die hoogste lof

wat ’n persoon toegedien kan word. Ek

voel geëerd dat my naam in die toe-

koms aan uitmuntende presteerders

gekoppel sal word.”

– ANRI VAN DER SPUY

Voorgraadse medalje toekenning na oudprofessor vernoem

Prof Marius Louw, na wie die nuwe

medalje wat aan die beste finalejaar-

student in Siviele Ingenieurswese

toegeken sal word, vernoem is

“Vroeër het Stellenbosch altyd met

sterk junior krieketspelers, soos mnre

Roger Telemachus, Henry Williams,

Charl Langeveldt, ensovoorts gespog.

Die laaste paar jaar is daar egter ’n

droogte, en Stellenbosch het lanklaas

nasionale spelers opgelewer,” vertel

plaaslike krieketkenner en Boland-

skeidsregter mnr Deon van Kerwel.

“Die talent was nog altyd hier,

maar nie die regte struktuur om die

jong spelers tot hulle reg te laat kom

nie.”

Mnr Van Kerwel glo dié ontwikke-

lingsprojek kan Stellenbosch weer as

’n gerekende teelaarde vir Suid-Afrika

se provinsiale en nasionale spanne

vestig. Elke Dinsdag en Donderdag by

Coetzenburg se nette slyp top-Matie-

spelers die vaardighede van belowende

o.11- en o.13-spelers onder die waken-

de oog van Maties se hoofafrigter, die

voormalige Protea-speler mnr Roger

Telemachus.

Mnr Van Kerwel het die jong krie-

ketspelers uit die laerskole in Cloetes-

ville, Idasvallei, Kayamandi, Raithby

en ander histories benadeelde gebiede

in die Stellenbosch-omgewing gekies.

“Die skole in dié omgewing kan nie

voldoende afrigting en speelkans aan

talentvolle jong spelers bied nie.

Daarom het ons besluit om juis op

hulle te konsentreer,” sê hy. “Die

kinders raak ledig in die somer. Dié

projek sal hulle uit die kwaad hou en

terselfdertyd hulle talent ontgin.”

Volgens mnr Warren Kirsten, hulp-

afrigter by Maties, is dit deel van

Maties se maatskaplike verantwoorde-

likheid om só ’n volhoubare projek te

bedryf. “Dít is net die begin. Volgende

jaar sal vanjaar se o.13-spelers ons

o.15-spelers word. Só sal die projek

groei, en sal ’n nuwe groep o.11-spe-

lers jaarliks ingeneem word,” sê mnr

Kirsten. “Ons doel is om ’n Maties-

ontwikkelingspan te bou wat uitein-

delik ook as voedingsbron vir die

onderskeie Maties-krieketspanne

sal dien.”

Met die hulp van hulle borg, Stein-

hoff International, kon die klub vier

volledige krieketstelle ter waarde van

sowat R7 000 vir die jongspan aan-

skaf. Vier verskillende Maties-spelers

kry elke week die geleentheid om

saam met Telemachus af te rig, en spe-

siale krieketklinieke word ook vir die

Desember-skoolvakansie beplan.

“Ons wil ook Saterdag-wedstryde

vir die jong spelers reël. Daarvoor sal

hulle ouers ons met die logistieke reë-

lings, soos vervoer, bystaan,” sê mnr

Kirsten.

“Die wonder van dié projek is dat

die kinders reeds op ’n jong ouderdom

die basiese vaardighede van die spel

leer. Uiteindelik sal Stellenbosch én

Suid-Afrika daarby baat vind,” meen

mnr Van Kerwel.

Hy het mnr Telemachus geloof vir

sy bereidwilligheid om die kennis, er-

varing en vaardighede wat hy oor die

jare as Protea-speler opgedoen het, in

sy geboortedorp te kom terugploeg.

“Roger is die eerste man uit Stellen-

bosch se suksesvolle junior korps van

destyds wat terugkom en daadwerklik

skouer aan die wiel kom sit om ’n

verskil te maak,” sê mnr Van Kerwel.

* Hierdie storie het voorheen in die

Eikestadnuus verskyn.

Maties slaan ’n ses vir jongesDie jong kriekettalent van Stellenbosch het uiteindelik ’n tuiste

gevind. Die Steinhoff Maties-krieketklub se ontwikkelingsprojek

het onlangs afgeskop, en is dalk net die antwoord op dié

omgewing se huidige gebrek aan talentontwikkeling onder

jong krieketsterre. MARLI VAN WYNGAARD het met die mense

van dié projek gaan gesels.

TOEKOMSTIGE PROTEA-SPELERS IN AKSIE! Onder die wakende oog van Maties se hoofafrigter en voormalige

Protea-speler, mnr Roger Telemachus (links agter), word jong krieketsterre se vernuf geslyp (Marli van Wyngaard)

Personeel van die Universiteit Stellen-

bosch (US) sal aanstaande jaar tydens

die Woordfees geleentheid kry om

wetenswaardighede oor hulle navor-

sing, vakgebiede of ander belang-

stellings met die publiek te deel deur

middel van die Nuusfees op Saterdag,

7 Maart. Die Nuusfees is ’n nuutjie op

die Woordfeesprogram wat van 5 tot

15 Maart sal plaasvind.

Dié “unieke uitstalvenster,” aldus

prof Dorothea van Zyl, Direkteur van

die Woordfees, sal behoorlik met US-

personeel se talente spog. Die gedagte

van so ’n “ope universiteit” het by

haar ontstaan toe net soveel personeel

bereid was om by Woordfees 2008

met Iris Bester op RSG se Spektrum te

praat as die aantal produksies op die

Woordfeesprogram, naamlik 117.

“Dit is natuurlik die ideale bemar-

kingsgeleentheid,” sê mnr Eduard

Rosenstrauch, Projekbestuurder van

die Woordfees. RSG Nuus ontvang die

lys voorgestelde praatjies, en beplan

om by die Nuusfees idees te kom kry

vir onderhoude tydens die Woordfees-

week. Die koerante sal ook ’n draai

kom maak. “Die idee is juis om dit nie

te akademies te maak nie, maar om ’n

brug tussen die Universiteit en die

gemeenskap waarin ons ons bevind, te

bou.”

Hy voeg by dat nie net akademici

en navorsers dié geleentheid moet

aangryp nie. “Dalk is daar personeel-

lede met ’n interessante stokperdjie, of

kollegas wat die publiek met hulle

entoesiasme oor waarmee hulle besig

is, hetsy fotografie, glasblaaswerk,

herstelwerk, beplanning of bestuur, wil

kom besiel.” US-personeel wat praat-

jies lewer, sal met ’n basiese honora-

rium vir hulle tyd en vervoerkoste

vergoed word.

Die praatjies/lesings word almal in

die Woordfeeskern – in en om die Ou

Hoofgebou – aangebied, en sal tot die

feestelike atmosfeer van die week se

verrigtinge bydra. Multimedia- en

PowerPoint-aanbiedings, interessante

perspektiewe en ander skeppende

vorme van oordrag is welkom. Spre-

kers kan ook ’n humoristiese beskou-

ing gee van sake wat by die Woord-

feestema vir 2009, naamlik “Lag-lag

tien jaar,” aansluit.

Die publiek sal op grond van hulle

belangstellings uit sowat 30 kort

praatjies (in gelyklopende sessies) van

20 minute elk, met vyf minute vraetyd

en vyf minute wisseltyd, kan kies.

Daar is ook plek vir enkele langer

lesings van 40 minute, met tien minute

vraetyd en tien minute wisseltyd. Van

die temas sal moontlik in die loop van

die oggend herhaal word. Ook studen-

te word aangemoedig om die praatjies

by te woon.

Met die Nuusfees wys die US dat

hy die besondere eienskappe van sy

personeel waardeer - dít is immers wat

die US die unieke instelling maak wat

dit is. "Ons hoë verwagtinge van ons

kollegas is nog nooit teleurgestel nie,"

sê prof van Zyl.

Die US Woordfees word allerweë

as ’n eiesoortige fees beskou wat iets

anders as ander Suid-Afrikaanse feeste

bied. Hieraan word ook binne die US

erkenning verleen. Die Woordfees is

die afgelope jaar as een van die ses

vlagskipprojekte vir Gemeenskaps-

interaksie aangewys, en prof Van Zyl

het ’n Rektorstoekenning vir voortref-

like gemeenskapsinteraksie ontvang.

� Personeel wat by die Nuusfees wil

optree, word vriendelik versoek om

voor 5 Desember ’n kort uiteen-

setting van ongeveer 150 woorde

van hulle beplande bydrae by mnr

Eduard Rosenstrauch by

[email protected] in te dien sodat dit

by die Woordfeesprogram ingesluit

kan word. Indien die belangstelling

verwagtinge oortref, sal die belo-

wendste voorstelle gekies word.

– MARTIN VILJOEN

Nuusfees gaan uitstekende reklame-geleentheid bied

“Met die Nuusfees word

waardering betuig vir die

besondere kwaliteite van die

dosente van die US.”

– Prof Dorothea van Zyl

Page 6: Raad steun strategie en 2009-begrotingom die vrystelling van slawe op 1 Desember 1838 te herdenk. Die verrigtinge maak deel uit van die Trammakassi-slaweherdenkingsfees wat vanaf 29

6 N U U S / N E W S K A M P U S N U U S

A D V E R T E N S I E S / C L A S S I F I E D S

Kampusnuus verskyn, tensy ander gemeld, op die laaste Donderdag van elke maand. Die sperdatum vir advertensies is die voorafgaande Donderdag. Advertensies: Conita Henry, tel.: (021) 808-4633 of [email protected]

Kampusnuus appears on the last Thursday of every month unless stated otherwise. The deadline for advertisements is the preceding Thursday. Advertisements: Conita Henry, tel.: (021) 808-4633 or [email protected]

For Sale : 3 bedroom house with bachelor

flat in Bo-Dalsig, Stellenbosch. Close to

schools. Contact 083 558 3248

For Sale: 3 bedroom town house in complex

in De Tjiger. 5km from Tygerberg Hospital.

Contact 084 608 4632

Te Koop: Egte Eikehout TV kas met plek

vir TV, rak en laai: 98 cm breed, 1.32 cm

lank, 52 cm diep @ R3 200. Skakel Sandra

Tribelhorn by (021) 808 4203 of per e-pos

by [email protected] vir ’n foto van die kas

Strandhuis te huur: In Franskraal

gedurende Desember. Kontak Faan op 083

762 4143 of stuur e-pos aan

[email protected] vir meer inligting en

foto’s

Te Huur: Eenslaapkamerwoonstel (Ruim):

Loft 43, De Wijnlanden. R2 700pm.

onmiddelik beskikbaar. Selfhelp wassery,

swembad en braai-area, goeie sekuriteit,

parkeerplek, ingeboude oond. Kontak Corné

Marais by 082 592 6809 of

[email protected]

Te Huur: Strandhuis te Hartenbos

(Karoodorp) tot 23 Desember 2008. Skakel

083 283 0776

Accommodation in Somerset West: For

parents plus student. New self-catering unit

for two plus one person over 15 years. Two

adults, R400 per day, plus R50 for additional

family member. Please phone (021) 851

1475 or 083 754 2493 or e-mail

[email protected]

Verblyf Stellenbosch:

Selfsorgakkommodasie in Jonkershoekweg.

Maksimum 3 persone, R100 p/p/per dag.

Heerlik, gesellig en absoluut privaat. Ideaal

vir besoekende ouers. Kom kyk gerus self of

besoek www.121jonkershoekroad.co.za of

kontak (021) 883 3104 of [email protected]

Housesitting: Sien om na huis, tuin en

troeteldiere. Enige tyd van die jaar. Stellen-

bosch, Somerset-Wes en Noordelike voor-

stede. Kontak Babsie by tel 083 429 9903

Het u voldoende finansiële voorsiening:

� v i r a f t rede?

� by a fs terwe?

� by ongesk ik the id?

FINANCIAL SERVICES/FINANSIËLE DIENSTE

LICENCED FINANCIAL SERVICE PROVIDER

[email protected]

FINANCIAL SERVICES/FINANSIËLE DIENSTE

LICENCED FINANCIAL SERVICE PROVIDER

[email protected]

Associate of / Assosiaat van finsolnet.com

Car l Buchner Nick Ungerer

TE KOOP / FOR SALE

TE HUUR / TO LET

VERBLYF /ACCOMMODATION

DIENSTE / SERVICES

of recovery, or members

of the general public

simply looking for some

common stress relief!

Rates are as follows: R100 for 30 mins,

R140 for 45 mins, or R160 for 60 mins.

Inquiries and bookings:

tel: 021-808 4731

e-mail: [email protected]

website: www.suspi.co.za

Stellenbosch University Sport Performance

Institute (SUSPI) massage services are

suitable for the active sportsperson in need

Die Universiteit Stellenbosch (US) se

begrotingspan het ook ’n aantal fak-

tore uitgewys wat moontlik in 2009

risiko’s kan inhou. Soos almal en alles

in die land, is die US ook aan die

inflasiekoers, skommelinge in wêreld-

markte, en stygings in die koste van

elektrisiteitsvoorsiening en brandstof

blootgestel.

“Onlangse elektrisiteitstariefaan-

passings bring mee dat elektrisiteits-

koste vir die US vir 2009 met ’n volle

53% toeneem. Indien die US nie daar-

in slaag om ’n 10%-besparing in elek-

trisiteitsverbruik in 2009 te bewerk-

stellig nie, kan boetes van tot

R18-miljoen gehef word,” het prof

Leopoldt van Huyssteen, Uitvoerende

Direkteur: Bedryf en Finansies, gesê.

Daar is egter ook verskeie ander

faktore wat ’n negatiewe uitwerking

op die 2009-begroting kan hê.

Die standpunt in regeringskringe

dat tersiêre-studiegeld gereguleer

moet word om bekostigbaarheid te

verseker, kan implikasies vir die US

se inkomstebegroting hê.

Personeelvergoeding, veral met

betrekking tot mededingende vergoe-

ding om bestaande kundigheid te be-

hou én nuwe kundiges hierheen te lok,

is ook as ’n potensiële risiko uitge-

wys.

Die toename in die vergoedings-

rekening as ’n persentasie van die to-

tale uitgawes, en die uitbetaling van

bonusse wat van die US se jaarlikse

surplus afhang, is ook moontlike

risiko’s.

In 2008 was daar ’n R4,1 miljoen

tekort aan geld vir werwingsbeurse,

maar danksy ’n besluit deur die Rek-

tor se Bestuurspan (RBS) in Augustus

vanjaar, sal dié tekort aanstaande jaar

– wat R11,2 miljoen sou beloop – uit

die begrote nie-deurlopende surplus

vir 2009 gedek word. Ondanks hierdie

stap, bly voldoende werwingsbeurse

’n uitdaging vir die US, veral om die

deurdrakoste vir ’n volle studie-

tydperk te verseker.

Een van die hefboomprojekte van

die RBS is tans op die bestemde rege-

ringstoekenning van die Departement

van Onderwys (DvO) vir die ver-

betering van infrastruktuur en doel-

treffendheid op kampusse gerig, juis

omdat die stygende instandhoudings-

koste van die Universiteit se akade-

miese fasiliteite groot risiko’s inhou.

’n Taakspan onder leiding van die

Viserektor: Onderrig, prof Magda

Fourie, berei tans voorstelle vir die

RBS voor wat op die versoening van

die Universiteit se langtermyn-

kapitaalbehoeftes en die behoeftes van

die Oorhoofse Strategiese Plan, met

die DvO se spesifieke finansierings-

kategorieë, gegrond is. Die bestuurs-

oogmerk is om die maksimum hef-

boomeffek vir die tydperk 2010/2011

en 2011/2012 te verkry.

“Die stygende inflasiekoers sál ’n

uitwerking op die volhoubaarheid van

die US-begroting hê indien die sty-

ging op dieselfde grondslag as in die

huidige jaar voortduur,” het prof Van

Huyssteen gewaarsku.

(van bl. 1)

Die vergoedingsrekening maak 41%

uit van die totale gekonsolideerde

begroting, en die 12%-verhoging in

die Universiteit se vergoedingsreke-

ning vir 2009 is hierby ingesluit.

“’n Verdere bedrag van sowat

R8-miljoen is in die begroting voor-

sien om die proses van vergoedings-

regstellings wat vanjaar afgeskop het,

voort te sit,” verduidelik prof Leo-

poldt van Huyssteen, die Uitvoerende

Direkteur: Bedryf en Finansies.

Studentegeld is hoofsaaklik weens

die hoër as verwagte 2008-inflasie

met 11% aangepas, teenoor byvoor-

beeld die Universiteit van Kaapstad se

14%. Die US se inwoningsgeld styg

met 13% weens veral elektrisiteits-

tariefverhogings en voedselinflasie.

Die Studenteraad het die Rektor se

Bestuurspan (RBS) tydens die begro-

tingsproses versoek om aan onder-

steuningsbeurse vir behoeftige stu-

dente wat die ergste deur die verhoog-

de studentegelde en verwante prys-

stygings geraak sal word, aandag te

skenk. ’n Beduidende bedrag is daar-

om in die 2009-begroting vir beurse

beskikbaar gestel. Die beskikbare geld

vir werwingsbeurse styg aanstaande

jaar met 26,63% vanaf 2008 se R47,2

miljoen tot R59,7 miljoen in 2009.

Die voorgestelde begroting het ’n

gunstige reaksie by die Universiteits-

raad ontlok, wat die bestuur met die

duidelike en verstaanbare uiteen-

setting van die voorlegging gekom-

plimenteer het. Prof Van Huyssteen

meen die finansiële beplanning en die

flink begrotingsproses was ’n span-

poging waarin veral mnr Manie

Lombard, Hoofdirekteur: Finansies,

en me Helette Pieterse, Adjunkdirek-

teur: Finansiële Beplanning en Bate-

bestuur, saam met ’n span bekwame

personeel van die Afdeling: Finansies

’n belangrike rol gespeel het. “Die be-

groting is die finansiële manifestasie

van goeie beplanning en die vlak van

begrotingsvolwassenheid wat ons op

kampus bereik het,” het hy gesê.

Teen die agtergrond van die

Strategiese Raamwerk (2000), Visie

2012 en die OSP, het die bestuur ’n

aantal strategiese prioriteite uitgewys.

In aansluiting hierby is, met 2015 as

teikendatum, ’n aantal rigtinggewende

vertrekpunte in die 2009–2011-

begrotingsbeplanning gebruik:

� Halveer die aantal studente wat die

Universiteit Stellenbosch (US)

sonder ’n graad verlaat.

� Verhoog die deelnamesyfer van

swart studente beduidend, van die

huidige 27% tot 40%.

� Verhoog die slaagsyfer tot 82%.

� Verhoog die swartpersoneelprofiel

beduidend.

� Verhoog die aantal magister- en

doktorsgrade beduidend.

� Verminder personeelafwesigheid

weens siekte met 25%.

� Verseker dat ten minste 30% van

alle studente aan leierskapont-

wikkelingsprogramme deelneem.

� Vestig nagraadse vennootskappe

met vyf ander Afrika-universiteite.

� Verhoog besteding aan kern-

funksies.

� Verseker dat alle swart matrikulante

(met vrystelling) van Wes-Kaapse

staatskole sonder enige finansiële

bydrae deur die matrikulante

toegang tot die Universiteit kry,

mits hulle van 2010 tot 2015 vir

hertoelating in aanmerking kom.

Vroeër vanjaar het die Raad op

versoek van prof Botman die OSP, en

daarmee saam die herposisionering

van die Universiteit op grond van die

Strategiese Raamwerk via die OSP,

goedgekeur. Dit behels onder meer dat

prof Botman geld uit verskeie bronne

as hefboomfinansiering kan aanwend

om bykomende finansiering vir die

OSP-projekte te werf.

Die OSP-projekte word om vyf

temas gebou:

�Uitwissing van pandemiese armoede

� Bevordering van fisiese en psigiese

menswaardigheid

� Bevordering van vrede en sekuriteit

� Bevordering van demokrasie

�Omgewingsvolhoubaarheid

Ná wye raadpleging op kampus, is

altesaam 28 voorstelle vir moontlike

OSP-projekte uit die onderskeie US-

omgewings ontvang, sowel as ’n om-

vattende plan vir die uitbreiding en

opknapping van die US se fasiliteite.

Hierdie voorstelle is deur ’n multi-

dissiplinêre span afgehandel, en word

op 20 November deur die Strategiese-

fondskomitee oorweeg. (Hierdie ver-

gadering vind plaas nadat Kampus-

nuus na die drukkers gestuur is, en dus

kan ons nie oor die uitkoms van die

vergadering berig nie. Hou egter die

elektroniese media vir meer inligting

hieroor dop.)

“Daar bestaan ongetwyfeld Univer-

siteitswye entoesiasme oor die OSP –

soos duidelik uit die getal én gehalte

van die voorstelle wat ingedien is,

blyk. Wat belangrik is, is dat die voor-

stelle op die akademiese kundigheid

en vermoë van die Universiteit ge-

grond is. Verder moet die voorstelle

nie net volhoubaar binne die begroting

bestuur kan word nie, maar dit moet

ook deur die uitbreiding van inkomste

uit al drie geldstrome die ruimte in die

begroting vergroot. Die bestuur beoog

om ons akademiese uitnemendheid ’n

meer bepaalde fokus te gee deur onder

andere ’n groot kapitaalplan in

werking te stel. Die US moet in ’n

veranderende wêreld relevant bly en ’n

sinvolle bydrae tot veral die same-

lewing in Suid-Afrika en Afrika

maak,” het prof Botman gesê.

Begroting vir 2009

Hier is die feite

Strategiese prioriteite

Grootste risiko’s vir 2009

Oorhoofse Strategiese Plan dui rigting aan In sy voorlegging aan die Raad oor die 2009-begroting, het prof Russel Botman, Rektor van die

Universiteit Stellenbosch (US), aangedui dat die Oorhoofse Strategiese Plan (OSP) saam met die

Strategiese Raamwerk vir die Eeuwisseling en Daarna, en Visie 2012 die pad vorentoe sal aandui as

die hoofstukragte agter die US se geïntegreerde finansiëlebeplannings- en begrotingsproses. Maar

wat is die OSP, en hoe sal dit die strategiese doelwitte van die US beïnvloed?

Come celebrate summer!

VERTICAL SUNBED

( TAN CAN )

10 Sessions for R250 -00

and get 2 sessions free

�Annerika Cloete�

Neelsie Centre Shop GO 7b

Tel: 021 887 3169

Cell: 082 378 3566

�Business Hours�

Monday – Friday: 8h30 – 17h00

Saturday: 9h00 – 13h00

WE WOULD HEREBY

LIKE TO CONVEY OUR

APPERCIATION TO ALL OUR

CLIENTS FROM ALL THE

DIFFERENT DEPARTMENTS FOR

YOUR CONTINUED AND LOYAL

SUPPORT THROUGHOUT 2008.

MAY YOU HAVE A JOYOUS

FESTIVE SEASON AND

PROSPEROUS NEW YEAR.

Go to www.sun.ac.za/budget2009 for the English version of all the articles on the

University’s 2009 budget

Page 7: Raad steun strategie en 2009-begrotingom die vrystelling van slawe op 1 Desember 1838 te herdenk. Die verrigtinge maak deel uit van die Trammakassi-slaweherdenkingsfees wat vanaf 29

K A M P U S N U U S K U N S T E / A R T S 7

“Any critic will tell you that Judith

Mason, the artist, isn’t someone whom

you can comfortably fit into a category.

It’s also been pointed out that she

speaks through her art to the emotional

and philosophical consequences of

violence and suffering and uses a self-

created language of images based on

mythological, archaeological and

fantastical tools to tell her story,”

explains Dr De Waal.

According to Dr De Waal, some of

Mason’s most impressive work will be

on display for the very first time at the

Sasol Art Museum from 15 January to

28 March. This exhibition is a rare

opportunity to see some of Mason’s

most thought-provoking art pieces, as

this is the only place in the country –

apart from Johannesburg – where the

exhibition will run. The exhibition was

compiled by the Standard Bank Gallery

in Johannesburg in celebration of

Mason’s 70th birthday on 10 October.

The curator is Wilhelm van Rensburg.

Stellenbosch University contributed

financially to the Mason exhibition.

“‘Judith Mason: A prospect of

icons’” will be officially opened on

14 January 2009 during a special

function where the artist will be the

guest speaker. The exhibition itself will

take up the entire top floor of the art

museum,” Dr De Waal says.

The exhibition consists of more

than 50 paintings, 20 books and

sketches – and Mason’s latest work, a

huge installation of Walking with and

away from Dante. This work is based

on the Italian Dante Alighieri’s epic

poem The Divine Comedy (written in

the early 1300s), which deals with

Dante’s fictitious journey through the

underworld during the period from

Good Friday to Easter Sunday. Along

the way, he meets a number of

creatures that symbolise the three sins

that Dante has often committed in his

life. He is rescued from these creatures

by a guide named Virgil and led

through the inferno (hell) and

purgatory by this same guide. Later,

his earthly lover, Beatrice, leads him

into paradise (heaven). In Walking with

and away from Dante Mason uses two

six-metre panels to depict this journey

through hell, purgatory and heaven as

shown in a contemporary setting.

An educational programme consis-

ting of guided tours of and lectures on

the exhibition and the Dante project will

also be offered during the exhibition

period.

According to a review by Mary

Corrigall of the Sunday Independent,

“Mason’s art pulls back the curtain on

the horrors of contemporary life that we

bury beneath the layers of civility and

indifference”.

The truth is that, despite the harsh-

ness of some of the images in her work,

Mason will leave you thinking about

your role in the greater scheme of

things long after you have left the art

museum.

For further details, contact Dr Lydia

de Waal at 021 808 3690 or Ulrich

Wolff at 021 808 3029.

NORMS AND INSTITUTIONAL DESIGN: SOCIAL SECURITY IN NORWAY AND SOUTH AFRICA

Marius Olivier and Stein Kuhnle (eds)

South Africa has inherited a social-security system characterised by a patchwork of fragmented institutions. There is no coherent

social-security approach; little synergy is reflected in the construction, establishment,

functioning and purpose of or cooperation between these social-security schemes. The

system is both racially skewed and oriented towards formal employment – in particular as

far as social-insurance schemes and retirement provision are concerned.

Norms and institutional design discusses the critical elements and criteria necessary in an

institutional framework to ensure the provision of efficient and effective social security in

South Africa. What are the norms and standards that should inform the formation and (re)-

design of principal institutional arrangements for social-security provisioning and service

delivery? Why should certain standards be chosen rather than others? Why and how are

certain norms/standards/institutions justified rather than others? To what extent can see-

mingly successful arrangements in other regions/countries of the world be applicable in the

South African – and Southern African Development Community – context? And what are the

likely social, political and economic effects of the various models of institutional arrange-

ments? What lessons can be drawn from the variety of historical and recent experiences of

European countries and from the experiences of Scandinavia, Norway in particular?

Although the Scandinavian/Norwegian experience cannot be repeated elsewhere, there may

be general lessons to be learned from political solutions chosen and from experiences with

various kinds of social policies and institutions.

PLAYING THE WATER DANCE:

A guide to conducting and reporting interdisciplinary research

in water resources management

Lewis Jonker and Emmanuel

Manzungu (eds)

Playing the water dance

serves as a timely and useful

tool for the new postgraduate

student, mid-career acade-

mic, skilled practitioner and

seasoned consultant alike. In

addition, its general nature,

compact size and jargon-free

style of writing give it appeal

right across disciplines and

areas of interest. It is a wel-

come addition to the metho-

dologies of social science

and the field of integrated

water-resources management

in particular.

BOEKE / BOOKS

Judith Mason’s thought-provoking art a must-see!

Shocking – but painfully honest! That’s how you could describe the artwork of South African

artist Judith Mason. Through her work, Mason confronts a range of issues, from violence to

human frailty, poverty and homelessness. Mason, in a sense, puts the beauty and the horror of

our humanity on display and begs us to question our role, both negative and positive, through

her images. Kampusnuus spoke to Dr Lydia de Waal, Director of the University Museum, to

find out more about this exciting and rare exhibition of Mason’s work.

These titles are available from African SUN MeDIA Pty (Ltd.)

� www.africansunmedia.co.za � www.sun-e-shop.co.za � [email protected] ℡ (021) 808 2401 � (021) 808 2626

Prof Mercy Oduyoye of Ghana, widely

recognised as the ‘mother’ of African

women’s theology, recently visited the

University’s Theology Faculty.

“Staff and students alike experienced

her visit as a true blessing!” said Ms

Marlene Mahokoto, a postgraduate

student in the Faculty who spent some

time with Mama Mercy during her

visit.

Prof Oduyoye, founder of the Circle

of Concerned African Women Theo-

logians, was in South Africa for a

‘celebratory conference’ in honour of

Prof Denise Ackermann, another

renowned African woman theologian

and professor extraordinary of the

Theology Faculty at this University.

The conference was held by the

Circle’s Cape Town Chapter, the

Ecumenical Foundation of Southern

Africa, the University of the Western

Cape and Stellenbosch University

(SU).

“Prof Oduyoye’s surprise visit was

a tremendous opportunity to spend

time with this remarkable woman,”

said Ms Mahokoto. “We came to know

Mama Mercy through the articles that

we read during our theological studies.

It became quite evident that the voices

of women were very important to her.

She became the voice of many African

women and women around the world,

someone who could voice their

concerns, their struggles and their

unique experiences.”

“We are experiencing tremendous

change on different levels of South

Africa society and it is against this

backdrop that I believe that Mama

Mercy’s visit to Stellenbosch was quite

inspiring. She made us aware, once

again, that we should never be deaf to

the cries of the weak and the

oppressed,” she added.

Prof Oduyoye started her career as a

secondary-school teacher and writer. At

the same time, she studied religion in

Ghana and later at the University of

Cambridge, where she became very

involved in international ecumenism.

She lectured at the University of

Ibadan, Nigeria, for many years, also

teaching at the Harvard Divinity School

and the Union Theological Seminary in

New York and served on various

international ecumenical organisations.

She established herself as a prolific

academic writer and social critic of

influence, with a specific focus on

women, culture and religion.

Prof Oduyoye interrupted her teach-

ing career to take up the position of

Deputy General Secretary of the World

Council of Churches in 1987 but, since

1994, has taught at the Trinity Theolo-

gical Seminary in Accra in her home

country. Her involvement at the Semi-

nary has secured a specialised focus on

theological education for women.

While visiting Stellenbosch, Prof

Oduyoye lectured and met with the

Rector, Prof Russel Botman, and with

staff and students at the Theology

Faculty.

Besoek ‘An eloquent

picture gallery’ Gustav Fritsch, ’n 25-jarige Duitse

mediese dokter en antropoloog, het

tussen 1863 en 1865 op ’n weten-

skaplike ontdekkingstog in Suider-

Afrika die inheemse bevolking bestu-

deer, en sy ontdekkings in die destyds

betreklik nuwe medium van foto-

grafie vasgelê. Deur hierdie werk het

hy ’n buitengewoon geloofwaardige

portretgalery van bekende sowel as

onbekende persone uit Suider-Afrika

geskep. Dié foto’s is tot 28 November

in die uitstalling An eloquent picture

gallery by die Sasol Kunsmuseum in

Ryneveldstraat 52 te sien.

Die kurator van die uitstalling is

prof Keith Dietrich van die Depar-

tement Visuele Kunste aan die

Universiteit Stellenbosch. Prof

Dietrich het die foto’s in Duitse

argiewe opgespoor en gereproduseer,

en dit word nou vir die eerste keer

as ’n eenheid uitgestal. “Die foto’s

kan met reg as deel van ons algemene

kultuurerfenis beskou word,”

sê hy.

Prof Dietrich sal ook om 13:00 op

26 November ’n rondleiding aanbied.

Toegang kos R5 per persoon.

Die boek An Eloquent Picture

Gallery, geredigeer deur prof Dietrich

en Andrew Bank, is by die Sasol

Kunsmuseum te koop.

Die museum tye is Maandae 10:00

tot 16:30, en 09:00 tot 16:30 van

Dinsdae tot Saterdae. Vir navrae,

skakel gerus 021 808 3693/5.

Mickie, (Gona) Khoikhoi, Harrismith,

Orange Free State, 1854

Gaseitsiwe, chief of the Ngwaketse,

Kanye, Bechuanaland, 1865

‘Mama Mercy’ visits Theology Faculty

Prof Mercy

Oduyoye, better

known as Mama

Mercy, met up

with the Dean of

the Theology

Faculty, Prof Elna

Mouton (left),

and a post-

graduate student

in the Faculty, Ms

Marlene Maho-

koto (right)

Judith Mason's Leopard of Delight (1965)

Page 8: Raad steun strategie en 2009-begrotingom die vrystelling van slawe op 1 Desember 1838 te herdenk. Die verrigtinge maak deel uit van die Trammakassi-slaweherdenkingsfees wat vanaf 29

8 N U U S / N E W S K A M P U S N U U S

Die volgende uitgawe van Kampusnuus verskyn op 26 Februarie 2009

Redakteur: Lynne Rippenaar

Bladontwerp: Heloïse Davis

Drukwerk: SunPrint

Advertensies: Conita Henry,

tel: (021) 808 4632, e-pos: [email protected]

Redaksionele bydraes aan: Die Redakteur, Admin B-gebou,

tel: (021) 808 4851, faks: (021) 808 3800, e-pos: [email protected]

WIE

, W

AT

EN

WA

AR

?

WAT WY DONATEURSBORD IN

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) Trust

het onlangs ’n donateursbord ingewy waarop die anker-

donateurs van die WAT verskyn. Op dié foto is dr

Willem Botha, Trustee van die WAT Trust, en Hoof-

redakteur van die WAT, saam met mnr Koos Rossouw,

Direkteur van Stonehage Financial Services, wat die

Stonehage Charitable Trust verteenwoordig het. Die

ander ankerdonateurs is Absa Bank, die Afrikanerbond, die

Dagbreek Trust, GT en A Ferreira, dr DWR en mev A

Hertzog, dr en mev E De la H Hertzog, Het Jan Marais

Nationale Fonds, die LW Hiemstra Trust, mnr en mev DM

Hoogenhout, Markus Jooste, die Dr Marie Luttig Trust, die

Meaker-gesin, Remgro Beperk, die Rupert-gesinstigtings,

Sanlam, Sappi Beperk, Sasol, die Nederlandse uitgewer

Sdu, die N Steyn Trust, die Universiteit van Pretoria, die

Universiteit Stellenbosch, die Universiteit van die Vrystaat,

en Venfin Beperk.

DESMOND TUTU LEI DANKSEGGINGSDIENS

BY KINDERHOSPITAAL

Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu, die beskermheer van die Tygerberg

Kinderhospitaal, het op 6 November die hospitaal se jaarlikse dankseggings-

diens by Tygerberg gelei. Prof Wynand van der Merwe, Dekaan van die

Fakulteit Gesondheidswetenskappe (links), prof Russel Botman, Rektor van die

US, en sy vrou Beryl (tweede van links), en Aartsbiskop Desmond Tutu het

ook die nuut gerestoureerde neonatale kangaroesorgeenheid besoek.

AUSTRIAN AUTHOR RANSMAYR VISITS SU

Well-known Austrian author Christoph Ransmayr recently visited Stellenbosch University

(SU). Ransmayr – who has a string of awards to his name – gained international recog-

nition for his novel Die letzte Welt (‘The last world’). While at SU, Ransmayr read from

his latest novel, Der fliegende Berg (‘The flying mountain’). The reading (in German) – co-

hosted by the Austrian Consulate General, the Department of Modern Foreign Languages

and the International Office – was the last of three successful readings in South Africa. As

students and visitors from local communities reacted positively to these events, the

German Section of SU intends to host more such visits from German-speaking authors.

On the photo, from left, are Dr Rolf Annas, German Section, Modern Foreign Languages

Department; Prof Arnold van Zyl, Vice-Rector: Research; Ms Ingrid Köhn-Dursy, Austrian

Consul General; and author Christoph Ransmayr. (Anton Jordaan, SSFD)

PROF KOBUS MÜLLER

LEWER SY PROFESSORALE

INTREEREDE

Prof Kobus Müller (middel) van die

Skool vir Openbare Bestuur en

Beplanning het onlangs sy intreerede

getiteld, Beyond the limits: organisational

innovation in collaborative environmental

governance – the South African expe-

rience, in die Jannaschsaal van die Kon-

servatorium gehou. Saam met hom is

prof Arnold van Zyl, Viserektor:

Navorsing (voor) en prof Johann de

Villiers, Dekaan: Fakulteit Ekonomiese

en Bestuurswetenskappe. (Liezl Scholtz)

PROF MLYNEK VISITS SU TO LEARN ABOUT RESEARCH IN SA

Prof Jürgen Mlynek, physicist and President of the Helmholtz Association in Germany,

recently visited South Africa to investigate the country’s research situation and potential

strategic, long-term cooperation between institutes affiliated to the Helmholtz Association

and South African partners. He also visited Stellenbosch University (SU), where he was

hosted by Prof Arnold van Zyl, Vice-Rector: Research. During his stay, Prof Mlynek visited

the Centre of Invasion Biology, the Centre for Renewable and Sustainable Energy Studies,

the Stellenbosch Institute for Advanced Study, the Department of Physics and the Des-

mond Tutu Tuberculosis field station in Khayelitsha. The Helmholtz Association is the

largest research organisation in Germany, running 15 of Germany’s biggest research

centres and installations. On the photo, from left, are Prof Heinrich Schwoerer, SARChI

Professor at SU; Prof Mlynek and Prof Van Zyl. (Hennie Rudman, SSFD)

Toe Edward Jacobs in 1964 op 17 as

bode by die Universiteit Stellenbosch

(US) se Departement Insekkunde be-

gin werk het, was een van sy eerste

pligte om sywurms en ander insekte

op tamatieplante vir verdere navor-

singsdoeleindes te vang. Min het hy

geweet dat dié taak die begin van ’n

leeftyd se diens aan die US – 44 jaar

om presies te wees – sou wees.

Edward het in 1970 na die destyds

pas gestigte Departement Rekenaar-

wetenskap verskuif, waar hy vanjaar

op 61 uit sy pos as eerste assistent

tree. Sy uiters pligsgetroue en nou-

gesette werkswyse sal ongetwyfeld

gemis word.

Hy beplan om ná sy aftrede sy

vrugteverspreidingsonderneming

verder uit te brei.

Oor die jare het Edward ’n hand

vol US-rektors sien kom en gaan. Hy

het onder meer die verskuiwing van

die Departement Rekenaarwetenskap

van die Van der Sterrgebou na die

Ingenieurswesegeboue, en die omvor-

ming van die Departement tot ’n afde-

ling van die Departement Wiskundige

Wetenskappe meegemaak.

Edward se aanstelling het boonop ’n

familietradisie van US-indiensneming

vir die Jacobs-familie begin. Saam met

vier van sy broers spog hulle onderling

met sowat 165 jaar diens.

Edward se oorlede broer, Willie,

het 27 jaar lank by die Welgevallen-

proefplaas gewerk. Henry staan al 34

jaar lank in diens van die Departement

Rekeningkunde, Errol 33 jaar by die

US-drukkeryafdeling, terwyl Brian

reeds 27 jaar aan die Departement

Wiskundige Wetenskappe: Afdeling

Wiskunde verbonde is.

Die nuutste toevoeging is Edward

se dogter, Brigitte Cyster, wat as ad-

ministratiewe beampte by die Departe-

ment Antieke Studie werk. Gemeet

aan haar ooms en pa se werksge-

skiedenis, staan haar loopbaan van

11 jaar nog maar in sy kinderskoene.

"My pa, John, was ’n kuiper by

Gilbeys, en het byna 55 jaar lank vir

hulle gewerk, tot die dag van sy

dood," vertel Edward. "Jy kan maar sê

dis ’n Jacobs-tradisie om nie van een

werksplek na ’n ander te dwaal nie!"

– ENGELA DUVENAGE

Edward Jacobs (middel) het pas ná 44 jaar diens aan die US afgetree. Saam met

hom is van links sy broer, Brian; sy dogter, Brigitte Cyster; en broer, Errol,

wat almal ook jare lange US-werknemers is. Edward se ander broer, Henry,

was met siekverlof toe die foto geneem is (Engela Duvenage)

Do you have old computers and

monitors that have been written off?

What about some old batteries that are

lying around? If you answered yes to

any of the above, the University’s IT

Division has just the solution to help

you get rid of electronic waste

(e-waste). Kampusnuus spoke to Mr

Ralph Pina to find out more about IT’s

new e-waste initiative and how it will

help the campus to become just a bit

more environmentally friendly.

According to Mr Pina, Director IT:

eBusiness, the IT Division has recently

introduced a temporary e-waste depot

on campus where e-waste will be

aggregated for free pick-up and disposal

by contractors who specialise in the

refurbishment, reuse and safe disposal

of e-waste.

“The procedure is really simple.

First you ensure that the items that you

want to dispose of have been properly

written off and dealt with in line with

the University’s policy – obtainable

from the Finance Division – on the

handling of redundant assets.

“Then you email [email protected]

or call the IT helpline on 021 808 4367

to ask for the items to be removed.

“IT then picks up the items free of

charge and arranges for their safe dis-

posal with the contractors, who also

provide their services free of charge but

don’t pay for the items,” Mr Pina ex-

plains.

Currently, the University purchases,

on average, 500 new computers a year.

This implies that the annual e-waste

stream is of a similar size. In fact, at

any time, about 8 000 PCs exist on

campus, with up to 5 000 more in

student residences.

The IT Division’s card-systems

section alone disposes of 300 to 400

lead acid batteries a year.

But what exactly is e-waste? Accor-

ding to Mr Pina, the e-Waste Associa-

tion of South Africa defines e-waste (or

WEEE: waste electronic and electric

equipment) as old, discarded appliances

that use electricity and have reached the

end of their life span. These include

computers and consumer electronics

that have been disposed of by their ori-

ginal users. They also include batteries.

“E-waste is of concern largely due to

the toxicity of some of the substances –

such as lead, mercury and cadmium –

which are harmful to human health and

ecosystems if not disposed of properly.

The unsustainably rapid turnover of

discarded electronics and computer

technology is another reason for the

need to recycle – or, even better, reuse –

e-waste,” says Mr Pina.

Once e-waste has been removed by

the contractors, the items are separated

into those that can be refurbished, re-

cycled or safely disposed of.

The refurbishment of appliances

and computers creates much-needed

jobs, as people have to be trained to do

this kind of work. Refurbished items

can also be reused in needy schools

and communities.

For more information on e-waste,

visit www.ewasa.org

Edward begin familietradisie by US

IT goes green with e-waste initiative