geskiedenisonderwerp: …...graad 9 sosiale wetenskappe voorbeeld-vrae 1 november 2010...
TRANSCRIPT
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 1
GESKIEDENISONDERWERP: MENSEREGTEKWESSIES GEDURENDE EN NA DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG HOE IS MENSEREGTE VOOR EN GEDURENDE DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG IN DUITSLAND GESKEND? MOONTLIKE BRONGEBASEERDE VRAE (BRONNE IN ADDENDUM, V. 1 INGESLUIT) 1.1 Bestudeer Bron A. Wat verstaan jy onder die volgende konsepte:
1.1.1 Sterilisasie 1X2 (2) 1.1.2 Aries 1X2 (2) 1.1.3 Identifiseer die groep mense wat deur die Wet op Sterilisasie geteiken is. 2X1 (2) 1.1.4 Waarom het die Nazi‟s slegs diegene tussen die ouderdomme van 20 en 40 jaar gesteriliseer? 2X2 (4)
1.2 Bestudeer Bron B
1.2.1 Omskryf die konsep: propaganda 1X2 (2) 1.2.2 Waarom dink jy het die Nazi‟s propaganda as ‟n terreurtaktiek gebruik? 3X1 (3)
1.3 Verwys na Bron C en D
1.3.1 Hoe het die Dawidstêr die Jode se vryheid van beweging beperk? 2X2 (4) 1.3.2 Gebruik Bron C en D en jou eie kennis en verduidelik hoe die Duitse
samelewing Jode wat die kenteken gedra het, behandel het. 3X2 (6)
1.4 Bestudeer Bron E 1.4.1 Waarom dink jy het die Verenigde Nasies die Universele Verklaring van Menseregte aangeneem? 1X1 (1)
1.4.2 Vergelyk Bronne D en E. Wat is die verskillende menings oor menseregte wat in die twee weergawes uitgebeeld word? 2X2 (4)
[30 Punte] MOONTLIKE UITGEBREIDE SKRYFWERKVRAAG 1.5 Gebruik al die bronne en jou eie kennis om te verduidelik hoe die Nazi‟s die menseregte van Jode geskend het. [20 Punte]
TOTAAL: 50
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 2
NASIENRIGLYNE VRAAG 1:
1.1 Verduidelik historiese konsepte
1.1.1 Metode/operasie wat dit onmoontlik maak om ‟n nageslag te produseer (1X2=2)
1.1.2 Duitse heersersras / blou oë, blonde hare (1X2=2)
1.1.3 Analiseer inligting uit die bron
Geestelik en fisies gestremd (2X1=2)
1.1.4 Evalueer die inligting uit die bron
Tydraamwerk wanneer meeste mense vrugbaar was
Meeste mense het daardie tyd van hul lewens kinders gehad (2X2=4)
1.2.1 Verduidelik historiese konsepte
Propaganda was die instrument wat deur die Nazi‟s gebruik is om vrees, oordrewenheid en leuens te saai sodat mense hulle kon ondersteun (1X2=2)
1.2.2 Analiseer inligting uit die bron
Om mense te vertel hoe om te dink
Om mense se gedagtes te beheer
Om mense aan te moedig om saam te werk om die vyand te verslaan
Enige toepaslike antwoorde (3x1=3)
1.3.1 Analiseer inligting uit bronne
Kon baie maklik uitgeken word
Kon gevang en vervolg word (2X2=4)
1.3.2 Analiseer inligting uit die bron
Jode is deur die samelewing vermy
Toegang tot skole geweier
Toegang tot winkels en besighede geweier
Moontlikheid om na die konsentrasiekampe geneem te word
Baie het verdwyn (3X2=6)
1.4.1 Analiseer inligting uit die bron
Om alle mense te beskerm teen enige moontlike skending van menseregte (1X1=1)
1.4.2 Vergelyking van bronne
Bron D – dui skending van menseregte aan
Hulle is geforseer om kentekens te dra sodat die Nazi‟s hulle maklik kon identifiseer
Bron E – skets sekere van die menseregte waarop ‟n individu geregtig is in teenstelling met die skending van menseregte in bron D
Enige toepaslike antwoord (4X1=4)
[30 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 3
1.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK
OORSIG Leerders moet verduidelik hoe menseregte voor en gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Duitsland geskend is.
HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hul antwoord insluit: INLEIDING: Die leerder moet in sy inleiding na die vraag verwys UITBREIDING: Verwys na die volgende aspekte:
Daar is teen Jode gediskrimineer
Jode is as minderwaardig beskou
Jode is aan vernederende rastoetse blootgestel
Geen demokrasie nie
Alle politieke partye was verban, behalwe die Nazi Party
Geen vakbonde toegelaat nie
Geen stakings toegelaat nie
Opposisie nie toegelaat nie
Jode is in konsentrasiekampe geplaas
Jode mag nie eiendom besit het nie
Jode mag nie professionele poste beklee het nie, bv. onderwysers, verpleegsters
Jode het Duitse burgerskap verloor
AFSLUITING: Argument word saamgevat. Moet geen nuwe inligting verskaf nie. [20 Punte]
TOTAAL: 50 Punte
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 4
GESKIEDENISONDERWERP: APARTHEID IN SUID-AFRIKA HOE HET DIE VRYLATING VAN NELSON MANDELA SPORT EN POLITIEK IN SUID-AFRIKA IN DIE 1990s BEÏNVLOED? MOONTLIKE BRONGEBASEERDE VRAE (BRONNE IN ADDENDUM, V. 2 INGESLUIT) 2.1 Verwys na Bron A en Bron B. Wat verstaan jy onder die volgende konsepte:
2.1.1 Apartheid (1x2) (2) 2.1.2 Demokrasie (1x2) (2) 2.1.3 Waarom dink jy was dit nodig vir die regering om samesprekings te hou met die leiers wat vrede gesoek het? (1X2) (2) 2.1.4 Watter inligting gee Bron A ons oor die negatiewe gevolge van Apartheid? (3X1) (3) 2.1.5 Verduidelik die ANC se behoefte om die militêre vleuel, Umkonto we Sizwe te stig. Verwys na Bron B. Verskaf redes vir jou antwoord. (3X1) (3)
2.2 Verwys na Bron C
2.2.1 Wat leer die rolprent „Invictus‟ ons oor sport? (1x2) (2) 2.2.2 Hoe betroubaar is hierdie bron om aan te toon hoe sport deur politiek beïnvloed is? Ondersteun jou antwoord deur ‟n voorbeeld uit die bron te gee. (1x3) (3)
2.3 Verwys na Bron D en Bron E.
2.3.1 Beskryf die effek wat onderwys op sport in Suid-Afrika gehad het (1x2) (2) 2.3.2 Verwys na Bron D. Hoe nuttig is die hoofopskrif in Bron D om Nelson Mandela se rol in die verandering van Suid-Afrika te beskryf? (2x1) (2) 2.3.3 Watter inligting voorsien Bron E ons oor Suid-Afrika se verbanning uit die Internasionale Olimpiese Komitee? (1x3) (3)
2.4 Vergelyk Bronne D en E. Op watter manier ondersteun hierdie twee weergawes mekaar oor die invloed van politiek op sport? (3x2) (6) [30 Punte]
2.5 MOONTLIKE UITGEBREIDE SKRYFWERKVRAE
2.5.1 Verduidelik hoe die vrylating van Nelson Mandela die verandering in
politiek en sport in Suid-Afrika beïnvloed het. 20 Punte
OF
2.5.1 Gebruik die bronne en jou kennis om aan te dui hoe sport gebruik is om die rasseverdeling in Suid-Afrika te genees. [20 Punte]
TOTAAL: 50
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 5
NASIENRIGLYNE
VRAAG 2
2.1. Verduidelik historiese konsepte 2.1.1 Apartheid – ‟n regeringsbeleid van afsonderlike ontwikkeling/segregasie/ diskriminasie gegrond op velkleur (1X2=2)
2.1.2 Demokrasie – ‟n regering verkies deur die mense vir die mense (1x2=2)
2.1.3 Analiseer inligting en data
Die tyd vir geweld was verby
Elkeen was „polities‟ vry (1x2=2) 2.1.4 Maak ‟n afleiding oor inligting uit ‟n bron
Gebroke gesinslewe
Miljoene dakloos en werkloos
Ekonomie stort in duie
Enige ander toepaslike antwoord (3x1=3) 2.1.5 Evalueer die nuttigheid van die bron
Baie nuttig
Om hulleself teen apartheid-geweld te verdedig
Die bron dui aan waarom dit nodig was om gewapende geweld te gebruik (3X1=3)
2.2.1 Analiseer inligting
Dit is ‟n bewys van die mag van sport om te genees (1x2=2)
2.2.2 Evalueer die betroubaarheid van die bron
Baie betroubaar
Mandela het besef dat die boikot teen Suid-Afrikaanse sport tot sy vrylating bygedra het
Hy het ook geweet van die opofferings wat spelers in daardie jare gemaak het (3x1=3)
2.3.1 Verkry inligting uit bron
Die opskorting van sport is weer na die Soweto-opstand ingestel. (1x2=2)
2.3.2 Evalueer die nuttigheid van die bron
Baie nuttig
Nelson Mandela, in gevangenis vir 27 jaar, het die pad vir demokrasie en die reënboognasie gebaan (2x1=2)
2.3.3 Analiseer die magsverhoudinge
Suid-Afrika se skorsing uit internasionale sport as gevolg van die Apartheid-beleide
Enige ander toepaslike antwoord (1x3=3)
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 6
2.4 Maak ’n afleiding met verwysing na bronne
Bron D – Die vrylating van Nelson Mandela het tot Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale sport gelei
Die reënboognasie het tot stand gekom
Bron E – Die beperkings wat apartheid op sport en spelerdeelname geplaas het
Dit het gelei tot isolasie, boikot, en skorsing uit internasionale sport (3X2=6)
[30 Punte]
2.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK
2.5.1 OORSIG Kandidate moet verduidelik hoe sport politieke verandering in Suid-Afrika beïnvloed het. Die volgende aspekte moet by hulle antwoord ingesluit wees:
INLEIDING: Kandidate moet fokus op die rol van sport wat gelei het tot De Klerk se toespraak op 2 Februarie 1990, en die daaropvolgende vrylating van Mandela uit die gevangenis.
UITBREIDING:
Die apartheid-stelsel
Die gevolge daarvan vir swart én wit mense
Die redes vir die verbanning van Suid-Afrika uit die Internasionale Olimpiese Komitee in 1970
Die rol van die nie-blanke Suid-Afrikaanse Raad oor Sport (SACOS)
Die rol van die Suid-Afrikaanse Nie-rassige Komitee (SAN-ROC)
De Klerk se toespraak
Die 1995 Rugby Wêreldbeker
AFSLUITING: Kandidate moet die argument saamvat deur te wys hoe die rol van sport in Suid-Afrika tot politieke verandering bygedra het.
20 Punte 2.5.2 OORSIG
Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoord insluit:
INLEIDING: Kandidate moet fokus op hoe sport gebruik is om rasseverdeling in Suid-Afrika te genees.
UITBREIDING:
Die apartheid-stelsel
Die gevolge daarvan vir swart én wit mense
Die redes vir die skorsing van Suid-Afrika uit die Internasionale Olimpiese Komitee in 1970
Die rol van die nie-blanke Suid-Afrikaanse Raad oor Sport (SACOS)
Die rol van die Suid-Afrikaanse Nie-Rassige Komitee (SAN-ROC)
De Klerk se toespraak
Die vrylating van Mandela
Die 1995 Rugby Wêreldbeker
AFSLUITING: Kandidate moet die argument saamvat deur te wys hoe die rol van sport in Suid-Afrika bygedra het om die wonde van apartheid te genees en die nasie te verenig.
20 Punte
Totaal: 50 Punte
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 7
GESKIEDENISONDERWERP: BURGERREGTEBEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA HOE HET SWART AMERIKANERS RASSEDISKRIMINASIE EN SEGREGASIE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA UITGEDAAG? MOONTLIKE BRONGEBASEERDE VRAE (BRONNE IN ADDENDUM, V. 3 INGESLUIT) 3.1 Verwys na Bron A. Wat verstaan jy onder die volgende konsepte?
3.1.1 Rassediskriminasie 1x2 (2) 3.1.2 Boikot 1x2 (2) 3.1.3 Watter rol het Rosa Parks in 1955 in Montgomery gespeel? 2x1 (2) 3.1.4 Verduidelik hoe die bus-boikot segregasie in die VSA uitgedaag het? 1x2 (2) 3.1.5 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat Jesse Jackson bedoel het met die woorde: „Sy het bly sit sodat ons almal kon opstaan, en die mure van segregasie het ineengestort. 2x2 (4)
3.2 Bestudeer Bron B
3.2.1 Hoe nuttig is hierdie bron om te verduidelik hoe die polisie swart Amerikaners behandel het? 2X2 (4)
3.2.2 Waarom dink jy was dit moeilik vir hulle om te wag vir vryheid? 1x3 (3)
3.3 Verwys na Bron C
3.3.1 Wat was die betogers se eise? 3x1 (3)
3.4 Bestudeer Bron D
3.4.1 Hoe betroubaar is hierdie bron om Martin Luther se droom vir die Amerikaanse nasie weer te gee? Gee ‟n rede vir jou antwoord. 2x1 (2) 3.4.2 Wat was sy droom vir slawe en slawe-eienaars? 2x1 (2) 3.4.3 Vergelyk Bronne A en D. Hoe ondersteun die twee weergawes wat in die bronne uiteengesit word, mekaar? 2x2 (4)
[30 Punte] 3.5 MOONTLIKE UITGEBREIDE SKRYFWERKVRAAG
3.5.1 Verduidelik hoe swart Amerikaners rassediskriminasie en segregasie in die Verenigde State van Amerika uitgedaag het. [20 Punte]
TOTAAL: 50
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 8
NASIENRIGLYNE VRAAG 3: HOE HET SWART AMERIKANERS RASSEDISKRIMINASIE EN SEGREGASIE
IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA UITGEDAAG? 3.1 Verwys na Bron A – Verduidelik historiese konsepte, LU2
3.1.1 Vooroordeel teenoor een ras gegrond op velkleur (1X2 =2) 3.1.2 Om weg te bly van of weier om die produk/vervoer te gebruik (1X2 =2) 3.1.3 Analiseer inligting en data
Sy het geweier om haar sitplek vir ‟n wit persoon op te gee
Haar weiering het die bus-boikot in Montgomery begin
Sy het almal geïnspireer om vir hulle regte op te staan
Enige twee antwoorde (2x1 =2)
3.1.4 Analiseer inligting en data
Dit het tot regsaksies gelei
Hooggeregshofbevel
Het tot desegregasie op busse gelei
Enige EEN antwoord (1x2 =2)
3.1.5 Verduidelik die magsverhoudinge
Rosa Parks het bly sit en die regering uitgedaag namens almal wat verdruk was
Sy het die wette van segregasie openlik uitgedaag
Sy was moeg daarvan om die wette van verdrukking na te kom
Enige twee antwoorde (2x2 =4)
3.2.1 Evalueer die bron vir nuttigheid
Baie nuttig
Gevloek
Geskop
Doodgemaak
Enige TWEE antwoorde (2x2 =4)
3.2.2 Evalueer die bron vir nuttigheid
Hulle het in armoede gelewe
Verneder deur wittes / tekens slegs vir nie-blankes
Brutaliteit van polisie
Enige ander toepaslike antwoord (1x3 =3)
3.3.1 Verkry toepaslike inligting uit die bron
Werk vir almal
Stemreg vir almal
Desegregasie in skole
Enige ander toepaslike antwoord (3x1 =3)
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 9
3.4.1 Evalueer die betroubaarheid van die bron
Baie betroubaar
Alle mense sal vry en gelyk wees (2x1 =2)
3.4.2 Verkry toepaslike inligting uit die bron
Om te sit en praat en na mekaar te luister
Wedersydse respek vir mekaar
Enige ander toepaslike antwoord (2x1= 2)
3.4.3 Vergelyking van bronne
Bron A – Wys hoe Rosa Parks vir haar regte opgekom het
Sy was moeg daarvan om as tweedeklas behandel te word
Sy het geglo sy het dieselfde regte as wit mense
Bron D – Martin Luther het gedroom dat alle mense vry en gelyk moet wees
Alle mense sou gelyke geleenthede hê, ongeag hul velkleur (2x2 =4) [30 Punte] 3.5
INLEIDING: Die leerder moet in sy inleiding na die vraag verwys. UITBREIDING:
Verwys na die segregasiewette
Reaksies van die mense
Reaksies van die polisie
Montgomery bus-boikot
Washington optog
Desegregasie in skole
Martin Luther se “ek het ‟n droom” toespraak
Enige ander toepaslike antwoorde
AFSLUITING: Argument word saamgevat. Geen nuwe inligting moet ingesluit word nie. [20 Punte]
TOTAAL: 50 Punte
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 10
SOSIALE WETENSKAPPE (AARDRYKSKUNDE) WOORDELYS (SEKERE VAN HIERDIE WOORDE MAG OP DIE KAARTE VERSKYN)
AFRIKAANS ENGELS
Inryteater Drive-in theatre
Landingstrook Landing strip
Voor Furrow
Gholfbaan Golf course
Ashoop Ash heap
Gevangenis Prison
Graf Grave
Kanaal Canal
Kraal Kraal
Kerkhof / begraafplaas Cemetery
Motorrenbaan Motor race track
Skietbaan Rifle range
Steenmakery Quarry
Veldblom- / Natuurreservaat
Wild flower reserve
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 11
SOSIALE WETENSKAPPE (AARDRYKSKUNDE)
ONDERWERP: KAARTWERK (VERPLIGTEND) MOONTLIKE VRAE Vraag 1.1 Die volgende vrae is op die 1:50 000 topografiese kaart, Kimberley 2824 DB (IN DIE 2006 GTA GEBRUIK), gegrond. Verskeie moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae voorsien. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter in die spasie langsaan die vraagnommer neer. Kaartwerk
1.1.1 Die skaal van die topografiese kaart is A. 1:50 000 B. 1:100 000 C. 1:10 000 D. 1:500 000
1.1.2 Die soort skaal van hierdie ortofotokaart is ‟n ....... skaal A. lyn B. woord C. verhouding D. nie een van bogenoemde nie
1.1.3 Die kontoer-interval van die ortofotokaart is ....
A. 20 m B. 5 m C. 2 m D. 50 m
1.1.4 Die presiese ligging (koördinaat) van die trigonometriese stasie 349 in blok K16 is ...
A. 28º 42' 40" S, 24º 45' 40" O B. 28º 42' 40" O, 24º 45' 40" S C. 28º 43' 40 "O, 24º 46' 40" S D. 28º 40' 45" S, 24º 40' 45" O
1.1.5 Die kaartgebied is gewoonlik ‟n droë gebied want ....
A. baie standhoudende riviere B. baie nie-standhoudende riviere C. daar is slegs ‟n paar riviere D. dit is naby die Weskus
1.1.6 Kimberley is in ............. Provinsie geleë.
A. Gauteng B. KwaZulu Natal C. Vrystaat D. Noord-Kaap 6 x 1 (6)
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 12
1.2 BEREKENINGE:
1.2.1 Bereken die area van blok N 13 op die topografiese kaart. Wys alle berekeninge. (5) 1.2.2 Bereken die reglynige afstand van die treinspoor vanaf die Fieldsview- stasie tot Mid-stasie (4)
1.2.3 Wat is die peil vanaf die polisiestasie in die stadsentrum-oos by Vergenoeg (K 14) tot die punthoogte 1151 by Vlakfontein (I 10)? (2)
1.2.4 Bestudeer die kontoerlyne langs die pad vanaf Kimberley in Vlakfontein se rigting. Styg of daal die pad in Vlakfontein se rigting? (1) 1.2.5 Gee die rigting vanaf De Beers Myn (blok M 17) na:
a. renbaan (blok L21) b. gholfbaan (blok J17) (2)
1.3 Is hierdie stelling waar of vals? Die topografiese kaart se skaal is groter as die ortofotokaart se skaal. (1) 1.4 Gee die ruitverwysing (koördinate) vir die volgende driehoeksbaken:
370 1169, 8 in blok K (2)
1.5. Wat is die hoogte van die skool in blok J14? (2) 1.6 Bepaal die primêre ekonomiese aktiwiteit sigbaar in blok M 17. (2) 1.7 Gee ‟n moontlike rede waarom hierdie aktiwiteit in die middel van die stad is. (2) 1.8 Verduidelik die omgewingsimpak van die myn op die mense en die stad. (2) 1.9 Identifiseer die natuurlike hulpbron in die noordwestelike hoek van die kaart. Is dit ‟n (myn / rivier / bron) (1) 1.10 Verduidelik hoe mense hierdie hulpbron tot hul voordeel gebruik het. (Watter bewys daarvan verskyn op die kaart?) (4) 1.11 Verduidelik hoe natuurlike hulpbronne volhoubaarheid in verskillende areas op die kaart bevorder het. (2) 1.12 Identifiseer ‟n punt en ‟n poligoon in blok M 9. (2) [40 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 13
NASIENRIGLYNE Vraag 1 1.1.1 A 1.1.2 C 1.1.3 B 1.1.4 A 1.1.5 B 1.1.6 D (6x1= 6) 1.2.1 1: 50 000 Area =: L x B = 0,5 km L = 3,7 cm x 0,5 km = 1,85 km B = 3,2 cm x 0,5 km = 1,6 km = 1,85 km x 1,6 km = 2,96 km² (5) 1.2.2 Afstand x skaal
100 000 = 20,5 cm x 50 000
100 000 = 20,5 x 0.5 = 10,25 km (4)
1.2.3 300 ˚ (2) 1.2.4 loop na onder – omtreklyne verminder (1) 1.2.5 a. noord-oos of oos-noord-oos
b. noord 2x1= (2) 1.3. Waar (1) 1.4.1 28º 42' 15" S , 24º 40' 45" O (2) 1.5 1180 m (2) 1.6 mynwese (2) 1.7 Die myn was eerste daar. Stad het om dit ontwikkel. (2) 1.8 Besoedeling, lug en geraassteurnis . Myne kan ‟n effek op geboue hê – krake en vibrasies. enige 2 (2) 1.9 Rivier (1) 1.10 Besproeiing (damme en vore) , beboude grond, boorde en wingerde ,
kommersiële boerdery. enige 2 (4) 1.11 Kommersiële boerdery – skep poste Grondstowwe word in produkte omskep (fabrieke) Mark geskep Paaie na stede ontwikkel
Besproeiingstelsels (2) 1.12 Punt: Opgaardam of plaashuise Veelhoek: Dam (2x1=2) TOTAAL: 40 Punte
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 14
ONDERWERP: ONTWIKKELINGSAANGELEENTHEDE MOONTLIKE VRAE 2.1 Pas die woord in kolom A by die definisie in kolom B. Skryf slegs die nommer van kolom A en die ooreenkomstige letter van kolom B neer.
Kolom A Kolom B Definisie
2.1.1 Geïndustrialiseer A Die manipulasie van ‟n organisme se gene
2.1.2 Kapitalis B Die groei en ontwikkeling van vervaardigingsaktiwiteite
2.1.3 Demokraties C Gesondheid en geluk van mense
2.1.4 Statistiek D Bepaal deur die hoeveelheid weelde en stoflike geriewe
wat aan mense beskikbaar is
2.1.5 Aanwysers E Hou die natuurlike omgewing in stand
F Die ekonomie word beheer deur private mense wat vir wins werk
G Inligting weergegee in die vorm van syfers
H Items of dinge wat inligting verskaf
I Nasies met baie vervaardigingsbedrywe
J Alle burgers word gelyk behandel en mag stem
2.2 Bestudeer onderstaande tabel en beantwoord die vrae.
Land
BNI
(Bruto Nasionale Inkomste) per kapita ($)
Vlak van ondervoeding
Vlak van geletterdheid
(% van bevolking)
Toegang tot veilige water
China 960 5-20% 70% 75-90%
DRK 680 35%+ 50% 45-60%
VSA 35 400 0-5% 90% 90%+
2.2.1 Verduidelik die term BNI (3) 2.2.2 Watter land het die hoogste BNI per kapita? (1) 2.2.3 Watter land het die laagste vlak van geletterdheid? (1) 2.2.4 Watter land het die beste toegang tot water? (1) 2.2.5 Watter land het die hoogste vlak van ondervoeding? (1) 2.2.6 In watter sektor van die ekonomie sou meeste van die mense in die DRK aktief wees? Sou dit primêr, sekondêr of tersiêr wees? Gee ‟n rede vir jou antwoord. (1+2=3) 2.2.7 Watter persentasie van China se bevolking ontvang genoeg voedsel? (2) 2.2.8 Verduidelik hoe industrialisasie tot die ekonomiese ontwikkeling van die DRK sal bydra. (3) [20 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 15
NASIENRIGLYNE 2.1
2.1.1 I 2.1.2 F 2.1.3 J 2.1.4 G 2.1.5 H (5)
2.2
2.2.1 Bruto Nasionale Inkomste (BNI) behels die totale waarde wat in ‟n land vervaardig word, tesame met die inkomste wat van ander lande ontvang word
(rente en dividende), minus soortgelyke betalings aan ander lande (3) 2.2.2 VSA (1) 2.2.3 DRK (1) 2.2.4 VSA (1) 2.2.5 DRK (1) 2.2.6 primêr – verkoop grondstowwe aan geïndustrialiseerde lande (3) 2.2.7 80% (2) 2.2.8 Grondstowwe word in produkte omskep - produkte word verkoop en land verdien geld; of fabrieke wat ‟n wins toon word belas en stel meer mense in diens; of werkende mense verdien salarisse/lone en kan meer produkte bekostig (3)
[20 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 16
ONDERWERP: VOLHOUBARE GEBRUIK VAN HULPBRONNE
2.3 Bestudeer die uittreksel van ‟n gevallestudie en beantwoord die vrae
Gevallestudie: ’n Landelike gevallestudie
Mnr Phiri Maseko lewe sy hele lewe lank op ‟n 3-hektaar plasie in die Rundu gemeenskapsgebied naby Zvishavane in Zimbabwe.
Hoe Phiri Maseko die droogte geklop het deur water te oes! ‟n Les uit Zimbabwe Die Rundu gemeenskapsgebied naby Zvishavane in Zimbabwe, waar mnr Maseko woon, is ‟n droë gebied wat dikwels droogtes ondervind. Elke druppel reënwater is waardevol op sy klein bestaansplaas. Wanneer die reën geval het, was dit dikwels swaar buie. Reënwater het vinnig vanaf die kaal granietrots by die heuwel afgespoel tot op sy plaas, en sy grond saam weggespoel. In ‟n droë jaar het sy gewasse verwelk en doodgegaan. Sy familie het honger gely. Phiri Maseko het besef dat die tradisionele boerderymetodes wat hy geleer het, verander moes word. Hy het begin om ‟n paar lae klipmure oor die helling te bou. Hierdie mure het die reënwater vasgekeer, die water het in die grond afgesak en die ondergrondse voorraad aangevul. Die mure het ook grassade
vasgekeer wat grasstroke geword het en gekeer het dat die grond wegspoel.
Figuur 3.29 Mnr Phiri Maseko het klipmure Figuur 3.30 Mnr Phiri Maseko se plaas
om die granietkoepel bo sy plaas gebou
Die mure het baie van die water na ‟n opgaardam gelei wat mnr Maseko aan die voet van die heuwel gebou en met klippe gevul het. Die water in die opgaardam sypel stadig deur die grond en bereik die wortels van die
gewasse en vrugtebome verder af op die vlakte. Deur water aan die bokant van die helling te „oes‟, hervul mnr Maseko die voorraad grondwater op sy plaas.
(Bron: Sosiale Wetenskappe Vandag Graad 9, Earl J et al, 2006)
2.3.1 Watter twee natuurlike hulpbronne is belangrik vir mnr Phiri Maseko? (2) 2.3.2 Hierdie natuurlike hulpbronne is hernubaar. Verduidelik die term hernubaar. (2)
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 17
2.3.3 Gebruik inligting in die eerste paragraaf om mnr Phiri Maseko se probleme met water te identifiseer. (2)
2.3.4 Mnr Phiri Maseko se familie het in ‟n droë jaar hongersnood ondervind. Waarom? (2) 2.3.5 Beskryf die eerste maatreël wat mnr Phiri Maseko op daardie tydstip ingestel het. (2) 2.3.6 Om watter redes is die klipmuur gebou? (5) 2.3.7 Waarvoor word ‟n opgaardam gebruik? (2) 2.3.8 Is mnr Phiri Maseko se plaas nou volhoubaar? Gee ‟n rede vir jou antwoord. (1+2 =3)
[20 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 18
NASIENRIGLYNE 2.3
2.3.1 Water en grond (2) 2.3.2 Ja ‟n Hulpbron wat homself binne ‟n mens se lewenstyd kan aanvul (2) 2.3.3 Swaar buie het die grond weggespoel Geen water tydens droogtes (2) 2.3.4 Toe dit droog was, het die gewasse verwelk en doodgegaan (2) 2.3.5 Hy het lae klipmure oor die helling gebou (2) 2.3.6 Hierdie mure het reënwater vasgekeer en toegelaat dat dit in die grond afsak en ondergrondse water aanvul , mure het grassade vasgekeer wat grasstroke geword het en gekeer het dat die grond wegspoel (5) 2.3.7 Voorsien ondergrondse water aan plantwortels , stoor water vir gebruik in tye wanneer daar geen reën is nie (2) 2.3.8 Ja. Hy het water en grond om sy gewasse te kweek - die water verseker dat die grond vrugbaar is; muur voorkom dat vrugbare bogrond weggespoel word en plante of gewasse gaan nie in droë tye dood nie.
(2)
[20 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 19
ONDERWERP: SOSIALE EN OMGEWINGSKONFLIKTE IN SUID-AFRIKA MOONTLIKE VRAE 2.4 Bestudeer die woorde in onderstaande tekskassie en beantwoord die vrae.
Beperkte hulpbronne; xenofobie; diskriminasie; mag; seksisme; ongelykheid; hebsug; vrees
2.4.1 Verduidelik enige drie van bogenoemde bronne van konflik. (3x2) 2.4.2 Die volgende sal probleme wees wat gedurende die 2010 Sokker Wêreldbeker
ondervind word.
(Aangepas uit Fokus Aardrykskunde Graad 12, Dilley et al 2006)
2.4.2 (a) Identifiseer die konfliksituasie in A en B geïllustreer. (2) (b) Voorsien moontlike oplossings vir elke konflik in die sketse hierbo. (4) 2.4.3
C D
2.4.3 (a) Verduidelik die geslagsongelykheid wat in illustrasie C sigbaar is. (2)
(b) Bestudeer die grafiek in diagram D. Verduidelik waarom dit as ‟n voorbeeld van geslagsongelykheid beskou word. (2) (c) Stel maatreëls voor wat toegepas kan word om geslagsongelykheid in die werkplek te verbeter. (4)
[20 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 20
NASIENRIGLYNE 2.4
2.4.1 Verduidelik enige drie van bogenoemde bronne van konflik. Beperkte hulpbronne – hulpbronne wat uitgeput kan raak omdat daar slegs ‟n beperkte hoeveelheid daarvan beskikbaar is, bv. water Xenofobie – die haat en vrees vir vreemdelinge diep of onsinnige afkeer in of vrees vir mense van ander lande Diskriminasie – om mense onregverdig te oordeel as gevolg van hul ras, geslag, ens. Mag – die een geslag/ras/bevolking probeer ‟n ander aan hom/hulle onderwerp Seksisme – om mense onregverdig te oordeel as gevolg van hul geslag (manlik/vroulik) Ongelykheid – ‟n onbillike situasie waar een groep/land meer geld, geleenthede of mag as ander het Hebsug – die ongesonde begeerte om meer te hê as wat mens nodig het Vrees – kommer dat iets sleg gaan gebeur (3x2=6)
2.4.2
2.4.2 (a) A - Opeenhoping; B – Beperkte openbare vervoer (2)
(b) Moontlike oplossings:
A – Voorsien meer openbare vervoer ; voorsien meer paaie ; maak paaie wyer; saamryklubs om aantal voertuie te verminder B – Voorsien meer openbare vervoer; vermeerder werksgeleenthede – met beter lone kan mense hulle eie vervoer bekostig; beter beplanning van openbare vervoer – verskillende maniere of voertuie (aanvaar enige redelike antwoord) (4)
2.4.3
2.4.3 (a) Die seun mag onderrig ontvang terwyl die meisie huiswerk moet doen (2)
(b) Vrouens maak ‟n groter deel van die bevolking uit, maar slegs ‟n klein proporsie is in bestuur of besigheid betrokke (2) (c) Regstellende aksie in indiensnemingsbeleide Onderrig meer vrouens
Laat meer vrouens toe om die formele werkplek te betree Meer vrouens moet opleiding/onderrig in bestuur ontvang (Aanvaar enige redelike antwoord) (4)
[20 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 21
ONDERWERP: ONTWIKKELINGSKWESSIES MOONTLIKE VRAE 3.1 Bestudeer onderstaande figure en beantwoord die vrae wat volg.
(Bron: Sosiale Wetenskappe Vandag Graad 9, Earl J et al, 2006)
3.1.1 Wat is die koringopbrengs kilogram per hektaar vir ‟n ontwikkelende land gemiddelde soos in figuur 2.12 aangedui? (2) 3.1.2 Wat is die koringopbrengs kilogram per hektaar vir ‟n ontwikkelde land gemiddelde soos in figuur 2.12 aangedui? (2) 3.1.3 Wat is die koringopbrengs kilogram per hektaar vir die groot koringprodusente? (2) 3.1.4 Verduidelik wat die term “groen rewolusie” beteken. (4) 3.1.5 Bestudeer figuur 2.13 versigtig en beskryf die neiging van die graanopbrengs-
grafiek vanaf 1965 tot 1980. (2) 3.1.6 Gebruik data in die figuur 2.13 om die neiging wat jy in vraag 3.1.4 beskryf het, te verduidelik. (2) 3.1.7 Is die grafiek in figuur 2.13 ‟n aanduiding van die positiewe effekte van die groen rewolusie? Motiveer asseblief jou antwoord. (2) 3.1.8 Het die boere van minder ontwikkelde lande ook die groen rewolusie as positief ervaar? Gee asseblief twee redes vir jou antwoord. (2x2=4) [20 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 22
NASIENRIGLYNE 3.2
3.1.1 1 460 (2) 3.1.2 5 100 (2) 3.1.3 9 500 (2) 3.1.4 Wetenskaplikes het boere gehelp deur hibriede te ontwikkel om groter oeste op te lewer. Hulle het ook plaagdoders en kunsmis ontwikkel wat help om produksie te vermeerder. (4) 3.1.5 Styg skerp; stadige styging tot 75 en dan skerp styging tot 80 (2) 3.1.6 Styging in opbrengs is direk gekoppel aan die styging in die gebruik van kunsmis (2) 3.1.7 Positief – die neiging dui die positiewe effekte van kunsmis op die opbrengs van koring aan. (2) 3.1.8 Nee – Hulle het geld nodig gehad om plaagdoders en kunsmis te koop Hibriedsade is slegs geredelik beskikbaar in meer ekonomies ontwikkelde lande (2x2=4) [20 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 23
ONDERWERP: VOLHOUBARE GEBRUIK VAN HULPBRONNE MOONTLIKE VRAE 3.2 Koolstofvoetspoor: Bestudeer die figure hieronder en beantwoord die vrae.
(Bron: Sosiale Wetenskappe Vandag Graad 9, Earl J et al, 2006)
‟n Koolstofvoetspoor is die mate waartoe menslike aktiwiteite die omgewing beïnvloed deur die hoeveelheid kweekhuisgasse wat geproduseer word. Dit word in eenhede van koolsuurgas (CO2) gemeet. Opwekking van 1 kW/h elektrisiteit stel 1 kg CO2 vry.
3.2.1 Noem twee verskillende bronne in bogenoemde figure wat kweekhuisgasse vrystel. (2)
3.2.2 Verwys na die grafiek. Watter neiging beeld die grafiek uit? (2)
3.2.3 Voertuie produseer 17% van die kweekhuisgasse in die wêreld; mense en diere produseer slegs 56%. Verduidelik twee menslike aktiwiteite wat
grotendeels tot die vrystelling van kweekhuisgasse bydra (CO2). (2x2=4)
3.2.4 In die skool se gange is daar 20 langlewe-gloeilampe wat elk 11 watt per uur gebruik. Leerders is die rede waarom die ligte in die gange bedags vir ongeveer 8 ure brand. Bereken die hoeveelheid elektrisiteit wat gedurende ‟n week gebruik word. Gebruik die formule: Aantal gloeilampe x watt x ure ÷ 1000 = ....kW/h (4)
3.2.5 Verduidelik twee maatreëls wat jy kan toepas om jou koolstofvoetspoor te verminder. (2x2=4)
3.2.6 Suid-Afrika is ‟n droë land en water is skaars. Noem twee maniere waarop water in stedelike gebiede bespaar kan word. (2x2=4)
[20 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 24
NASIENRIGLYNE 3.2 Koolstofvoetspoor
3.2.1 Voertuie; verbranding; vliegtuie; vervaardiging; opwekking van elektrisiteit; fabrieke (enige twee) (2) 3.2.2 Die neiging op die grafiek toon ‟n merkbare verhoging in die CO2 vlakke sedert 1960. (2) 3.2.3 Opwekking van elektrisiteit; vervaardiging van goedere; verbranding van brandstof vir kookdoeleindes ; mense wat uitasem (enige twee) (2x2=4) 3.2.4 Aantal gloeilampe x watt x ure ÷1000 = ....kW/h 20 x 11w x 8 x 7(5) ÷ 1000 = 14,8kw/h (8.8) (4) 3.2.5 Skakel ligte af ; hergebruik ; bestuur ‟n hibried-voertuig ; bespaar water ; beskerm plante (2x2=4) 3.2.6 Maak alle krane toe; plaas ‟n baksteen in die toilet; gebruik ‟n emmer om die motor te was; stort eerder as bad; herstel alle lekkasies; maak kraan toe wanneer jy tande borsel; gebruik elektrisiteit spaarsaam (2x2=4)
[20 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 25
ONDERWERP: SOSIALE EN OMGEWINGSKONFLIKTE IN SUID-AFRIKA MOONTLIKE VRAE 3.3 Verwys na onderstaande diagram, wat die invloed van mense op die omgewing uitbeeld,
en beantwoord die vrae wat volg.
(Bron: Fokus op Aardrykskunde – Graad 11 Eksamenbank, 2008)
3.3.1 Beskryf kortliks DRIE verskillende maniere in die diagram waarop mense die omgewing negatief beïnvloed. (3X2=6) 3.3.2 Beskryf DRIE gevolge vir mense wat in stede woon as gevolg van mynbou, ontbossing en besproeiing. (3x2=6) 3.3.3 Verskaf TWEE moontlike oplossings om die gevolge wat jy in 3.3.3 hierbo genoem het, te oorkom of verminder. (2x2=6) 3.3.4 Hoe dra verstedeliking by tot oorbeweiding en ontbossing? (2x2=6) [20 Punte]
Graad 9 Sosiale Wetenskappe Voorbeeld-Vrae November 2010 26
NASIENRIGLYNE 3.3
3.3.1 Dagmynbou / klipgroefwerk ontbossing gronduitputting oorbeweiding besproeiing (3X2=6)
3.3.2 Mynbou – mynhope - lelik; stof; klipgroefwerk - erosie
Ontbossing – minder suurstof; minder boumateriaal Besproeiing – mag lei tot minder water ; waterbeperkings (3x2=6)
3.3.3 Rehabiliteer die myngebiede deur met natuurlike plantegroei te herplant; plant meer bome; beperk boere se watergebruik
(aanvaar enige ander realistiese antwoord) (2x2=6) 3.3.4 Stadsgebied vergroot - minder grond beskikbaar vir beweiding; Meer en meer hout word as boumateriaal gebruik en meer bome word verwyder om ruimte vir stedelike gebiede te maak (2x2=6)
[20 Punte]