gereformeerde kerk randburg · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit...

15
"Die Dankfees het vir my gewys wie die mense van die kerk is, waar die hart van die kerk lê." gees GENOOT . GEREFORMEERDE KERK RANDBURG NOVEMBER 2015 | VOLUME 17

Upload: others

Post on 23-Aug-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

"Die Dankfees het vir my gewys wie die mense van die kerk is, waar die hart van die kerk lê."

geesGENOOT.GEREFORMEERDE KERK RANDBURG

NOVEMBER 2015 | VOLUME 17

Page 2: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

Dit is wat ons dink van Dankfees 2015Die Wandrags het dit geestelik en liggaamlik voedend ervaar! – Jan en Cathy Wandrag

Dit was weereens 'n fees om te onthou! Ek het weer by die Dankiebly Kafee gehelp en dit was te lekker om al die medegelowiges en vriende/families te sien wat so heerlik met mekaar kuier rondom 'n eetdingetjie of iets te drinke. Wonderlik om van babas tot ons seniors so bymekaar te kan bring. Sondag se Nagmaal en die heerlike saam eet was ook besonders en gepas om so 'n naweek van genietinge te kon afsluit. – Antoinette van Wyk

Baie dankie dat ek en Dermalogica deel kon wees van hierdie wonderlike fees. Dit was goed georganiseerd en die atmosfeer was waarlik feestelik. Ek haal my hoed af vir almal wat dit so groot sukses gemaak het – veral die dames by die Franse Kafee wat hulle voete afgehardloop het om almal te bedien! Nogmaals dankie, en ek sien uit daarna om weer volgende jaar deel daarvan te wees! – Retha de Meyer

Wat ʼn wonderlike voorreg was dit nie vir my om vir die vierde agtereenvolgende jaar die voorreg te kon belewe om deel te wees van ons jaarlike Dankfees nie. Die entoesiasme en opgewondenheid van almal wat idees en planne gehad het om dit weereens ʼn groot belewenis te maak, was inspirerend. Selfs die personeel het met groot ywer alles in gereedheid gebring en tussen al die werk deur ook die naweek feestelik saam met die gemeente geniet. Ek sien uit na die volgende fees met nog meer vriende en kreatiewe idees. – Chris Hattingh (Koster)

Vir ons as Brown-gesin was die Dankfees weereens 'n positiewe ervaring. Dit was 'n voorreg om saam met my ma en dogter by die Dankiebly Kafee te kon werk. Die samesyn was spesiaal en die koeke was watertandlekker en pragtig versier. Saterdagaand se braai was 'n besondere braai- en kuiergeleentheid en die kinders het ook heerlik gebaljaar. Wat vir my persoonlik uitgestaan het, was die "Oulap se Rooi" stalletjie, waar geld ingesamel is vir Johannesburg-Suid

gemeente, asook Ds. Nico Botha se preek die Sondagoggend, waar ons die versekering gekry het dat die Here jou nooit los nie. Die Dankfees was 'n herinnering dat ons altyd en in alle omstandighede teenoor God kan dankbaar wees. – Susan en gesin

Die Dankfees was baie lekker en ons het dit baie geniet. – Gerrit Botha

Die Dankfees was vir my 'n openbaring. Die welwillendheid en kameraderie tussen almal was so aangenaam, maar wat my bietjie onkant gevang het, was die liefde en vriendelikheid wat ons as ouer mense van die jongmense en kinders ervaar het! Die kinders het sulke mooi maniere gehad en was so spontaan – dit is vir ons absoluut 'n plesier om saam met hulle te wees. – Hantie Venter

Soos almal weet is die pannekoekstalletjie die bedrywigste op alle kerkbyeenkomste. Ek het vinnig agtergekom dat die mense wat die pannekoeke gebak het, geweet het wat hulle doen en die dril geken het en al die toerusting

het. Ek het maar net die borde aangedra en houertjies volgemaak vir kaneelsuiker en ons almal het die flops so tussendeur geëet en vir hulle gegee wat wou proe. Die gelag en geselsies tussenin was vol pret. Skielik was daar ʼn lang ry en die kinders was honger, maar toe ons weer kyk, was die deeg amper klaar. Die mooi vra was in hulle oë vir net ʼn vinnige enetjie, maar ongelukkig kon ʼn paar druppels deeg nie ʼn hele pan volmaak nie. Die Dankfees het vir my gewys wie die mense van die kerk is, waar die hart van die kerk lê. By sy mense. Wanneer hulle saam dinge moet reël, is daar altyd ʼn gelag tussen-in, stories wat deur vloei tussen mense wat al 20 – 50 jaar in die gemeente is.Daar is ʼn fondasie van jare se weet wat om te doen en hande vat totdat die wa deur die drif is. Jonges het die wysheid van die oues wat al daar was agter hulle. Al is die tegnologie vreemd en vinnig weet beide waar hulle Krag vandaan kom om vorentoe te beweeg sodat daar plek is vir almal. – Lizelle Cloete

Ons familie dink die Dankfees was ʼn groot sukses! Die weer het

hierdie jaar baie mooi saamgespeel om dit baie aangenaam te maak. Die mense het almal heerlik saam gekuier en mekaar se stalletjies ondersteun. Die kos was uitstekend; volgende jaar kan hulle die pannekoek dalk meer maak! Patrick en Ina se kerrie was ʼn wenner, die gebakte sjokoladepoeding was dekadent en heerlik, so ook al die ander kosse. Mens kan ongelukkig net ʼn paar proe! Daar was ʼn baie goeie verskeidenheid van uitstallings en almal het moeite gedoen om hulle stalletjies mooi te maak. Ons kan gerus weer so maak volgende jaar. – Frans en Alida Joubert

Die Dankfees het my weer herinner aan die dae toe ons met afstigting van Melville na Linden (1950) en Linden na Randburg (1960) afgestig het en geld moes insamel om kerk te kan bou. Hierdie Dankfees het nie ten doel om geld in te samel nie, maar om God te dank vir al die seëninge en om onderlinge verhoudings te bou en te versterk. Dit is ook ʼn geleentheid om lidmate wat jy nog nooit ontmoet het nie, te leer ken. Wanneer lidmate mekaar ken, is dit baie makliker om mekaar

op verskeie maniere by te staan, te ondersteun en, indien nodig, te vermaan om so die liefde van Christus uit te straal. Dit laat ons weer besin oor die getrouheid van God en om te erken dat die Here vir sy Kerk en elke lidmaat individueel sorg. Wat ʼn fees!– Pieter en Stienie Koekemoer

Die Dankfees was voorwaar ʼn fees! Lekker gesels en smaaklik eet en rondhang op ʼn Saterdag is mos anders as die gebruiklike gestoei in inkopiesentrums en die vassteek in die verkeer. Dit was ook ʼn belewenis by Oulap se Rooi om te sien hoe die dierbare ougoed van eienaars verwissel om weer nuwe diens elders te gaan doen.Selfs diegene wat net na die koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die kunstig geborduurde tapisserieë.En dan was daar die mieliedorser wat die kleingoed kon laat draai en kners om ʼn mieliekop van sy pitte te stroop – miskien sommiges se eerste stap na die mieliebedryf? Dankie vir die wete dat die jaar wat verby is eintlik ʼn jaar van genade is wat bygevoeg is by ons seëninge. – Dries du Plessis

2 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 3

Page 3: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

Welkom, Verbondskinders...Dit is altyd ʼn groot vreugde om nuwe lidmate in ons geledere te verwelkom. Ons dooplidmate kry ʼn ekstra spesiale verwelkoming wanneer hulle die sakrament van die doop ontvang en die hele gemeente is dankbaar vir die groot groep waarmee ons geseën word.

Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop is van Oktober 2014 tot September 2015.

Alana Otto

1 Maa

rt 2015

1 Feb

2015

3 Mei

2015

4 Jan 20

15

5 April

2015

20 Sep

t 2015

9 Nov 20

14

28 Ju

nie 20

15

9 Aug 2015

26 O

kt 2014

14 Des

2014

30 Aug 2015

5 April

2015

28 Ju

nie 20

15

30 Aug 2015

5 Okt 2

014

3 Mei

2015

7 Des

2014

9 Nov 20

14

24 M

ei 20

15

24 M

ei 20

15

Amelia Ehlers Andries van der Wallt

Elaine van den Berg Emma Frauendorf Fernanda Wilken

Hendrik Horn Isla Sadler Jana Snyman

Janco Jordaan Jané van der Wel Jayden Horn

Johan Jordaan Lea-Lee van Tonder Mari-Louise Steyn

Mené Teichmann Mia Malan Mila Viljoen

Monique Steyn Ruben Kruger Ruben Nienaber

4 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 5

Page 4: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

{ Leer ken ons ouderlinge }Ons gemeente is verdeel in blokke: A-blok vir afgetredenes, B-blok vir lidmate wat nog werk, maar geen kinders meer tuis het nie, C-blok vir gesinne met kinders van skoolgaande ouderdom, G-blok vir gesinne met voorskoolse kinders, D-blok vir getroude pare sonder kinders en E-blok vir alleenlopendes. In elke blok is daar ouderlinge wat die predikant van die blok en die wyksleiers help en bystaan.Hierdie keer gaan ons vir Janko Kotze en Pieter van der Walt van die G-blok en Nico Welman van die C-blok beter leer ken. Dan het ons ook nog ouderlinge wat aan hoof staan van die diensgroeprade. Een van hierdie diensgroeprade is die Uitreikdiensgroepraad. Fanie van Biljon is die ouderling wat daar leiding gee en hy antwoord ook ʼn paar vrae.

Volle name: Janko Abraham Kotzé.Wat is jou beroep? Bedryfsielkundige.Is jy getroud? Kinders? Getroud met Marieta vir 13 vreugdevolle jare. Het twee seuns: Luan (amper 8) en Chris (amper 4).Wat is jou rol in die gemeente en hoe het jy daarin beland? Ek is ʼn blokouderling in die G-blok en ook die diensgroepsameroeper vir die mannebediening. Ek dink daar is ʼn fundamentele wanpersepsie van wat ʼn pa en man moet wees. Ek voel geroepe om mans en pa’s te bedien uit die Woord en toe te rus om te beweeg na God se verwagting van ʼn man en pa.Hoe lank is jy al in die gemeente? Sedert 1992.Waar kry jy inspirasie vir die werk wat jy verrig t.o.v. die amp as ouderling? Die Heilige Gees, medebroers, my vrou en seuns.Snaaksste gebeurtenis wat jy beleef het in die gemeente oor die jare? Ek het een Sondag kollekte opgeneem. Toe ek by Dr. Gert Breed kom, hou hy sy vuis op in die lug. Ek neem toe onskuldig aan hy wil vir my ʼn vuisstamp ‘fist bump’ gee. Toe gee ek hom ʼn vuisstamp – waarna ek besef sy kollekte was in sy vuis en hy het net sy hand gelig om dit in te gooi. Ek dink egter ek is die enigste persoon wat tot hede die dominee voor almal ʼn vuisstamp gegee het en dis seker iets wat ʼn vuisstamp regverdig!

Volle name: Pieter Willem van der Walt.Bynaam: My universiteitspelle noem my “Piet Skiet” en soms ook “Dok”. “Pieter” is reg!Wat is jou beroep? Ek werk vir die Altron groep van maatskappye en kyk na inligtingsintegrasie en volhoubaarheid (“sustainability”) – nie net omgewingsaspekte nie, maar ook ander areas wat die volhoubaarheid van ʼn organisasie beïnvloed – regoor die groep. Is jy getroud? Kinders? Ja, met Celeste, en kinders is Amelie (9) en Emile (6).Wat is jou rol in die gemeente en hoe het jy daarin beland? My rol is om as koördineerder op te tree vir die G-Blok lidmate en die wyksleiers te ondersteun in hulle interaksies met ons lidmate, saam met Sarel en Ds. Joop.

Volle name: Stephanus van Biljon.Bynaam: Fanie.Wat is jou beroep? Amalgamasie en verkrygingsregsgeleerde by Barclays Africa.Getroud? Kinders? Getroud met my wonderlike vrou Cornelia vir 32 jaar. Ons het twee wonderlike kinders. Die oudste is Sumari (26) en die jongste is Willem (23).Wat is jou rol in die gemeente en hoe het jy daarin beland? Allereers is my rol die van gelowige. Ek dien nou as ouderling met ʼn verantwoordelikheid vir die Uitreikdiensgroepe. Ek glo die Here roep jou met al jou gebreke om Hom en jou medegelowige broers en susters te dien. Hoe lank is jy al in die gemeente? Ek het belydenis afgelê in die

Goeie en mooi herinneringe van gebeurtenisse in die gemeente wat jy wil deel: Ek dink ons is voorwaar geseënd met ʼn baie progressiewe bediening wat aktief ingestel is om mense van alle ouderdomme effektief te bedien.Hoe ontspan jy? Lees, oefen, kyk TV.Gunstelinggereg: Pizza of Marieta se lasagne.Gunstelingdrankie: Coke Zero. As ek avontuurlustig voel, sal ek so knertsie brandewyn bygooi.Televisieprogram? Enige sport (behalwe seiljag en perderuitersport), MasterChef, Game of Thrones, Suits. Fliek: Gladiator.Akteur/Aktrise: Akteur(s) - Denzel Washington, Hugh Jackman, Leonardo diCaprio. Aktrise(s) – Meryl Streep, Téa Leoni.Boek/outeur: Outliers deur Malcolm Gladwell, The Wheel of Time-reeks deur Robert Jordan.Musiek: Enige hoofstroommusiek.Kunstenaar: One Republic.Troeteldiere: ʼn Staffordshire terriër, Rocky en ʼn spanjoel, Chloe.Vier mense wat jy sal nooi vir ete en hoekom: Apostel Paulus – naas Jesus Christus dink ek Paulus was een van die mees inspirerende mense wat die wêreld nog gesien het. Ek kan nie aan ʼn beter persoon dink om te raadpleeg oor hoe om vissers van mense te wees nie. Nelson Mandela – ek sal graag sy opinie oor die huidige politieke harwar in SA wil hoor en hoe hy dit sou aanspreek. En natuurlik om met hom te gesels oor sy vergewensgesindheid, ens. Edwin Moses – hy was vir 10 jaar lank onoorwonne in die 400 m hekkies (122 wedlope en 4 wêreldrekords). Ek sal graag wil verstaan wat ʼn persoon se ingesteldheid moet wees om vir so lank konstant op daardie vlak te

Hoe lank is jy al in die gemeente? Ons is al sedert 2000 in die gemeente.Waar kry jy inspirasie vir die werk wat jy verrig t.o.v. die amp as ouderling? Ons predikante se preke bied baie inspirasie; dis asof die preke direk op my as persoon gerig is, ten spyte daarvan dat jy in ʼn ouditorium vol ander medegelowiges sit. Die komplimentêre dagstukkies wat ons elke oggend kry is my eerste e-pos wat ek daagliks lees wanneer ek by die werk kom – en ek het dit al menigmaal ook vir my kollegas aangestuur.Goeie en mooi herinneringe van gebeurtenisse in die gemeente wat jy wil deel: Vandat ons in die gemeente ingestap het amper 15 jaar gelede, was daar vir ons nog net mooi herinneringe – ons het sommer van die begin af tuis gevoel; daar is altyd ʼn lekker “vibe” hier by die kerk en dit maak dat jy gemaklik voel om jou geloof te kan uitleef saam met ander medegelowiges – sonder skaamte – jy kan jouself wees. Ons het baie vriende gemaak hier by die kerk.Hoe ontspan jy? Ek ly aan groen

oorspronklike Randburg-gemeente. Daarna was ek in verskeie gemeentes gewees, onder meer Johannesburg-Wes, Brackenhurst, Alkantrant, Noordrand en vanaf 1994 weer in Randburg.Waar kry jy inspirasie vir die werk wat jy verrig t.o.v. die amp as ouderling? Die verskil wat mense in mekaar se lewens kan maak deur regtig om te gee en belang te stel.Goeie en mooi herinneringe van gebeurtenisse in die gemeente wat jy wil deel: Die wonderlike mense wat ons deur die jare ontmoet het, asook die liefde en ondersteuning wat ons by die gemeente ontvang het toe ons dit die nodigste gehad het.Hoe ontspan jy? In die natuur, kuier met my gesin, sport op TV, by die see, kuier met vriende.Gunstelinggereg: Paella.Gunstelingdrankie: ʼn Goeie glasie sauvignon blanc of ʼn merlot-versnit saam met ʼn ete.

presteer. Malcolm Gladwell – hy het ongelooflik baie navorsing gedoen oor onderwerpe wat my interesseer en kan uitstekende stories vertel.Wat sal jy vir hulle gee om te eet? Marieta se lasagne en peppermint crisp tert.Hoe spandeer jy jou vrye tyd? Speel saam met die seuns.Grootste vreugde: Om die voorreg te hê om vir Luan en Chris groot te maak, toe te rus en geleenthede vir hulle te skep wat hulle kan geniet en waar hulle kan groei en gebruik kan word as instrumente van die Here.

vingers – so tuinmaak is vir my ʼn lekker ontspanning en ek versamel skaars plante. Daarmee saam so bietjie amateur fotografie.Gunstelinggereg: Amper te veel om te noem – maar skaapboud en seekos sal bo aan wees – net nie gelyktydig nie.Gunsteling-drankie: Kaptein en Coke, en rooiwyn – ook nie gelyktydig nie.Televisieprogram? Ek hou van dokumentere programme, maar ʼn goeie ou spioenstorie sal ook doen.Fliek: Ek moet erken ek is maar ʼn Star Wars-aanhanger! Maar as jy kyk na my lys flieks op Facebook, is dit omtrent enige genre!Akteur/Aktrise: Sean Connery was altyd ʼn gunsteling gewees, maar ek maak rêrig nie ʼn groot ding oor akteurs of aktrises nie.Boek/outeur: Ek luister na oudio nie-fiksie boeke wanneer ek op die pad is en stel ʼn teiken van so 25 na 30 boeke per jaar. Daar is heelwat gunstelinge.

Televisieprogram? Blacklist.Fliek: Gladiator.Akteur/Aktrise: Meryl Streep en James Spader.Boek/outeur: Jack Higgens en Dalene Matthee.Musiek: Baie wyd – klassiek tot die 80’s. Kunstenaar: Neil Diamond is ʼn groot gunsteling.Troeteldiere: ʼn Hond.Vier mense wat jy sal nooi vir ete en hoekom: My beste vriende – want om vriende te hê en saam met hulle te kuier is ʼn groot seën.Wat sal jy vir hulle gee om te eet? Paella by die see of ʼn pot by die plaas.Hoe spandeer jy jou vrye tyd? In die natuur, kuier met my gesin, sport op TV, by die see, kuier met vriende, lees, houtwerk.Grootste vreugde: Om ʼn positiewe impak op ander se lewe te hê.

Janko Kotzé

Pieter van der Walt

Fanie van Biljon

Ek versamel ook botaniese boeke. Ek bly weg van selfhelpboeke af. Musiek: Belangstelling strek van klassiek, jazz, rock, pop, tot filmmusiek.Kunstenaar: Hans Zimmer, Karl Jenkins, Lucas Maree, Coldplay – te veel om te noem.Troeteldiere: Vier worshonde! Brolloks, Rommel, Remus en Lola.Vier mense wat jy sal nooi vir ete en hoekom: Ek sal graag my twee oupas wil nooi, hulle is albei oorlede toe ek nog baie klein was en het hulle nooit rêrig geken nie. Wat sal jy vir hulle gee om te eet? Skaapboud en kookkos soos my ouma dit gemaak het.Hoe spandeer jy jou vrye tyd? Tuinmaak, stap. Ek probeer soveel tyd moontlik saam met die kinders spandeer. En/of fotografie.Grootste vreugde: My gesin – en natuurlik om my geloof sonder enige vrees te kan beoefen.

6 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 7

Page 5: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

{ Leer ken ons ouderlinge }

Volle name: Noemnaam: Nico.Wat is jou beroep? Rekenmeester.Getroud? Kinders? Getroud met Elsabé en ons het vier kinders Hennie (28), Louis (26), Idalé (23), en Nico (20) en drie liewe skoonkinders: Anelme, getroud met Hennie, Jacques met Idalé en Helani wat met Louis in April 2016 my nuutste dogter word.Hoe lank is jy al in die gemeente? 13 jaar.Waar kry jy inspirasie vir die werk wat jy verrig t.o.v. die amp as blokouderling? Bybelstudie elke Maandagoggend en die Heilige Gees wat my lei.Snaaksste gebeurtenis wat jy beleef het in die gemeente oor die jare? Ek het saam met Dr. Gert gaan muurbal gespeel en ontdek ek het my laerskoolseun se rugbybroekie ingepak. Noodgedwonge het ek my daar ingewurm en begin speel. Ek moes kort-kort stop om asem te skep. Gert het hierdie rondte lag-lag gewen!Goeie en mooi herinneringe van gebeurtenisse in die gemeente wat jy wil deel: Dit is elke Sondagoggend ʼn plesier om kerk toe te gaan en meer van die Here te leer.Hoe ontspan jy? Deur die tuin nat te gooi en ek lees die Landbouweekblad en Finweek.Twee mense wat jy graag persoonlik sal wil ontmoet en hoekom: Jakobus in die Bybel om vir hom dankie te sê vir die praktiese wysheid en leiding wat ek daaruit put om in die sondige wêreld te kan volhard in die Christelike lewenswandel. Kleinkinders wat ek nog nie het nie met elkeen sy eie persoonlikheid.Hoe spandeer jy jou vrye tyd? Tennis, stap, vakansie en geniet die natuur.Grootste vreugde: Om vakansie saam my gesin te wees.

Nico Welman

Waar kry ons kinders hul geloofopvoeding?

Op 6 September is ʼn Ouerskapkonfe-rensie by die kerk gehou. Reg aan die begin het ʼn ouer duidelikheid gesoek oor die rede en doelwit van die konferensie. Dit is opreg aan ouers oorgedra dat die gevoel bestaan dat ouers hul verbondsbelofte om kinders in die leer van God op te voed aan die kerk abdikeer.Daar is ʼn werksdokument aan die ouers verskaf waarop aangedui kon word in watter mate ouers voel die kerk, skool, ouerhuis, maats en inter-net, boeke of sosiale media ʼn rol in Christen kinders se geloofopvoeding speel – spesifiek vir die kinders van die Gereformeerde kerk Randburg. Dit was natuurlik ʼn strikvraag, want die geleerdes onder die groep in kin-deropvoeding plaas die verantwoor-delikheid vierkantig op die ouers se skouers! (Jy kan waag om verder te lees, oorlaaide ouer!)Interessant genoeg het dit duidelik geblyk uit die werksdokument dat die verskillende groepe ouers almal tog ook die ouers as diegene uitgewys het wat die meeste geloofopvoeding behoort te doen en moontlik ook in ons Randburg-gemeente doen, daar-naas die kerk en dan die skool. Hierteenoor het kinders die ouers en die kerk se rol bykans gelyk aan mekaar gestel en het verrassend nie die rol van internet, boeke en sosiale media uitgewys as plekke waarna hulle toe gaan om hul geloofslewe te versterk nie. Hulle het selfs nie verwag om geloofopvoeding by hierdie plekke te kry nie. (Al het hulle die sms’e met dagstukkies vreeslik geniet!) Ons kinders sien ook nie die skool as ʼn plek waar daar so baie geloofopvoeding gebied word nie. Hulle wil daardie opvoeding by ouers en die kerk hê, en sou daarvan gehou het as vriende ʼn groter rol kon speel hierin, maar prakties klink dit nie asof vriende veel help met geloofopvoed-ing nie. Daar is toe ook geëvalueer op ʼn skaal van 1 tot 10 in hoe ʼn mate ouers voel al die genoemdes hul plig nakom.Ouers kon noem watter struikelblok-ke daar bestaan wat dit moeilik vir

hulle maak om hul doopbeloftes na te kom en dan ook aksieplanne voor te stel hoe hierdie struikelblokke moontlik oorkom kan word.Ouers voel hul struikeblokke is hoof-saaklik tyd. Almal in ʼn gesin is baie besig en ouers is net nie soveel in kontak met hul kinders soos voor-heen nie. Kinders het vroeër jare dik-wels in hul ouers se voetspore gevolg en het opleiding by hul ouers ont-vang. In erge gevalle is ouers net nie altyd daar met die opstaan en onder-weg en selfs as hul kinders gaan slaap nie. Daar is boonop die enkelouer en gesinne wat swaar kry en gebuk gaan onder allerlei uitdagings en ouers het self geestelike onderskraging nodig. Ouers voel soms onkundig oor hoe om TV-kanale, sosiale media en internettoegang te bestuur en wil graag kundiges uitnooi om opleiding aan te bied.Ouers voel soms dat hulle ook nie oor die nodige vaardighede beskik om kinders te begelei tot geloof in God nie. Hier is dit belangrik om te onthou dat elke kind sy eie mens is en elkeen anders dink. Ouers voel dat kinders op verskillende groeistadiums in die geloof is. Ook in hul gedrag. Dikwels verskil dit selfs van ander kinders van dieselfde ouderdom se volwas-senheid in die geloof. Kinders word vreeslik gedruk tot prestasie en ook in die kerk om volwasse op te tree, maar hier is eerder baie ware Christelike liefde maar ook gesonde dissipline en betrokkenheid nodig as voorbeeld vir die kind. Dit moet vir die kind geleer word hoe mens werklik vreugde kan put uit die Bybel se inhoud en hulle moet aangespoor word en gewys word hoe ‘cool’ dit is om die Bybel te ken. Dit sodat die kind werklik in ʼn verhouding met God kan staan waaraan hy of sy wil bly kleef wan-neer hy/sy op sy eie is of eendag as hy/sy ʼn volwassene is. Ouers is bereid om enige negatiewe voorbeelde in die kultuur of op tele-visie te gebruik as ʼn opvoedingge-leentheid vir hul kinders om geeste-like sake te bespreek en kinders te versterk in hul geloof. Maar ons is ook maar sondige mense wat nie alles

altyd perfek doen nie en daarom het ons ʼn gemeenskap nodig wat waar-lik omgee vir ons kinders en hulle help beskerm. Daarom vra ouers die geloofsgemeenskap om ouers daad-werklik in hul taak te ondersteun en hulleself dalk te probeer vergewis van ʼn spesifieke gesin se uitdagings en toepaslike ondersteuning aan ouers en kinders te verleen. Om eerder ʼn sagte woord vir ʼn kind te sê of hom/haar in liefde reg te help. Om respek vir die Bybel te toon en deur jou voorbeeld ook te lei. Want dit is ons ouers eens – dat ons voorbeeld om vanuit die woord leef, om na Hom te gryp in alles, moontlik die grootste indruk op ons kinders oor die geloof kan maak. As hulle dit nie by die ouer kry nie kry hulle dit meestal by die medekerkgangers! Ons kinders voel gemakliker om dit dan te oefen in die kerklike milieu.Daar was troos vir die besige ouers in Dr. Gert Breed se boodskap oor die onderwerp. Hy verduidelik dat God self sy saadjies plant en dat God deur die Heilige Gees verantwoordelikheid neem vir hierdie saadjies en hul groei. God doen dus self die opvoeding.Arbeiders is bitter nodig om te bly saai. God leer ons ook dat die gelo- wige ouers elke oomblik gebruik om sy kind Christelik op te voed; wan-neer hy opstaan, wanneer hy op pad is, as ʼn merk op die voorkop en op jou deurkosyn, op jou hand ens…God stuur ook vir Jesus na ons. Sy eie seun wat sy Vader se wil ten volle ken. Jesus stuur nie die kindertjies weg en sê hulle moet maar vir hulle ouers vra wat Hy sê nie. In sy plek stuur Hy uiteindelik die Heilige Gees en die Heilige Gees bou sy kerk. Dit beteken ook – soos Ds. Charl ver-duidelik – dat kinders ten volle deel is van Sy kerk. Hulle is dus ook ten volle blootgestel aan die geestelike oorlog wat woed teenoor gelowiges. Daar-om moet ook ons kinders die wapen-rusting van God aantrek. Waarheid as gordel om die heupe, die vryspraak van God as borsharnas, bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete,

geloof as skild in die hand waarmee ons die brandpyle van die bose sal kan afweer, verlossing as helm op die kop en die Woord van God as swaard in die hand. Daarmee saam moet ons almal voortdurend bid sodat ook ons kinders en leerkragte en ouers ver-sterk sal word in hul geestelike lewe.Ds. Charl sê ook tereg dat die kerk en kerklike aktiwiteite eenvoudig ʼn geestelike dimensie moet by hê. Dit kan nie net maar soos by die skool, werk of ander plekke gewoon sosiale geleenthede wees waar mense net lekker gesels nie. Ons moet betrokke wees bymekaar en moet mekaar en ons kinders ondersteun in ons Chris-tenskap. Opsommenderwys sê Charl dat kinderbediening dus die Drie-eni-ge God se bediening is, die ver-bondsbediening is, dat kinders ook met God se geopenbaarde waarheid moet werk, dat dit ʼn bediening aan die gesin is, dat die gemeente kinders moet bedien en die kinders dan ook gelei moet word om die gemeente te dien. Dat die oordra van ʼn deeglike en praktiese kennis van God deel van hierdie bediening moet wees.Onthou Sy juk is sag en Sy las is lig! Laat ons dan die waarskuwing aan die einde van Openbaring ernstig opneem en niks woorde van die By-bel weglaat en ook niks wat nie daar is toevoeg vir ons kinders nie. Ek het my laerskoolkinders ook die vorm laat invul om die werkswinkel bietjie korter te laat voel. Interessant genoeg het my seuns voorgestel dat hulle minder speletjies speel en meer uit die Skrif lees en skryf en meer Bybelversies geleer word! Eintlik ʼn baie Gereformeerde ding. Maar hulle het tog ook voorgestel dat die kerk en katkisasie so bietjie korter gemaak word – so met vyftien minute!ʼn Spesiale woord van dank aan die-gene wat die lekker lasagne, slaai en roomys met sjokoladesous, koffie en tee verskaf het – dit was heerlike ver-sterking! Ook aan Ds. Charl en die be-trokke diensgroep dat hulle van hul tyd opgeoffer het om so ʼn belangrike saak aan te spreek. Laastens maar nie die minste nie, dankie aan al die pap-

pas en mammas van groot en klein kindertjies en ook die kinders self wat die ouerskapkonferensie bygewoon het. Alhoewel die dag glad nie vir die grootmense lank gevoel het nie, weet ons dis anders vir die kleingoed.– Linda van der Merwe

Dit was ʼn baie goeie ondervin-ding om saam met ander ouers en grootouers mee te doen aan die Saalberaad waarop ons gefokus het op die verbondsopvoeding van ons kinders en kerkjeug. Ek meen dat sul-ke byeenkomste op ʼn deurlopende basis maar van tyd tot tyd gedoen kan word om ouers en grootouers be-trokke te hou en om op hoogte te bly van neigings en tendense wat opduik en ondersoek moet word.Die program was goed beplan. Ons het by die praktyk begin aan die hand van goedbeplande werksdokumente vir die Ouers. Die werksdokumente moes individueel voltooi word en daarna aan die tafel (ongeveer 6-7 deelnemers) met die ander deelne-mers bespreek word. Na die bespre-king moes die deelnemers tot ʼn kon-sensus kom oor die vrae wat onder meer statistiese gegewens ingesluit het oor die rol van die geloofopvoe- ding van kinders deur die skool, die kerk, die ouers, die maats en die media. Die gemiddeld van elke tafel is opgeskryf en sodoende kon daar tot ʼn redelik aanvaarbare skatting van die gevoel van al die deelnemers gekom het. Die deelnemers is daarna gevra om struikelblokke te bespreek wat ouers en grootouers kan verhin-der om hulle doopbelofte na te kom, en weereens is dit individueel beantwoord, daarna bespreek in groepsverband, toe deur middel van verslaggewing aan die hele groep. Sonder om nou die uitslag vooruit te loop, is van die vernaamste struikel-blokke wat geïdentifiseer is: gebrek aan tyd, te veel ander aktiwiteite, ouerlike onvermoë, onkunde, on-willigheid, onverantwoordelikheid, negatiewe gesindheid, swak kommu-nikasie, huislike wanorde en ander

8 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 9

Page 6: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

omstandighede, die invloed van die buitewêreld en post-moderne ten-dense, soos kinderregte, ens, ens.Ten slotte het Ds. Charl van Rooy ʼn vlugtige aanbieding gedoen van die sewe Skrifbeginsels van kinder- en jeugbediening wat die totale same-vatting gebied het van alle antwoorde waarna gesoek word wanneer daar oor verbondsopvoeding gepraat word.Die bevindinge is aangeteken en die “kommissie van die Kerkraad” sal met-tertyd die uitslag bekend maak.My persoonlike ervaring in terme van die Saalberaad, en ander sodanige by-eenkomste, is dat dit ʼn noodsaaklike tipe byeenkoms is wat die Kerkraad van tyd tot tyd moet reël. Dit is nodig dat ons as gelowiges byeenkom en na mekaar luister wanneer daar oor sake soos die verbondsopvoeding van ons kinders gepraat word. Die beraad is goed beplan en aangebied, met deeglike voorbereiding, werksdoku-mente, goedbeplande terugvoering, en ʼn heerlike ete; baie dankie aan Pierre Joubert en Willy Harris en ander komiteelede. Almal op die beraad het hartlik saamgewerk en ons kon by beduidende resultate kon uitkom ten opsigte van die insigte en optrede van die ouers wat geredelik hulle menings met almal gedeel het. Ek het die finale aanbieding van die beginsels van Kinder- en Jeugbediening as van onskatbare waarde beskou. Dit kan as riglyn deur die Kerkraad net so aan die ouers in die gemeente deurgegee word. Dit is tog jammer dat daar nie meer ouers en grootouers opgedaag het om die opbouende beraad by te woon nie.– Marina van Loggerenberg

Dit was heerlik om saam met ‘n klomp gelowige ouers te gesels. ‘n Mens raak so vasgevang in jou alledaagse bestaan en probeer maar net die beste vir jou kinders gee. Tog is daar geweldig baie uitdagings in kinders en ouers se lewens vandag. Sondag se praatjie het my net weer gewys dat ons almal maar dieselfde struikelblok-ke en vrese beleef. Met die saampraat, het daar ‘n klomp vars idees die lig gesien en ek bid dat ons die meeste van die idees kan deurvoer en vol-hou. Dit was voorwaar ‘n verreikende geleentheid. – Susan Brown

Waar kry ons kinders hul geloofopvoeding?

Ons Laerskool Kids-bediening het op 22 Januarie 2012 afgeskop – amper vier jaar gelede! Op daardie stadium was ek, Franine Ackroyd en Hanli van der Spoel die opstellers van die blaad-jies elke Sondag. Ons het ook in 2012 begin met die kwartaallikse Laerskool Kids-Eredienste. Later het Corli le Roux ook begin help en toe Franine en Hanli nie meer kon help nie, het Wouda du Plessis en Hannalie Minnie begin. Die afgelope jaar was dit ek, Corli, Wouda en Susan Brown.

Ek kan met eerlikheid sê dat, alhoewel dit groot werk is, om elke week die blaadjie op te stel (veral as die kreati-witeitsvlakke laag is), bly dit ‘n groot voorreg en is dit eintlik ‘n baie goeie voorbereiding vir Sondagoggend se preek. Ek dink die grootste uitdaging vir my is om sover moontlik te probeer om die hele spektrum van Graad 1 tot Graad 6/7 in ag te neem wanneer ek die blaadjie opstel. Glo my – dis nie so ‘n maklike taak nie!

Ons het ook heelwat geleer in die afge-lope vier jaar van wat werk en wat nie werk nie. Ons het ‘n paar keer terug- voer vanaf die ouers gevra en ook ver-gaderings met die predikante gehou om saam te dink oor hoe ons kan ver-beter. Julle sou hopelik gemerk het dat ons die afgelope jaar ook probeer om die antwoorde op die projektor-skerm te gooi om dit eerstens makliker vir die kinders te maak om die preek te volg (en nie net vooraf gou als te probeer invul en dan af te skakel sodra die pre-dikant begin preek nie). Tweedens kan die kinders (en hulle ouers) op hierdie

manier seker maak van die antwoorde.

Dit bly ons visie met hierdie bediening om vir ons kinders van kleins af (By-belklassie – later Laerskoolbediening) te laat voel dat hulle baie belangrik is in die koninkryk van die Here. Ons wil hulle laat deel voel van ons gemeente, deelneem aan die erediensgeleentheid sodat hulle die Here en sy Woord beter kan leer ken en hulle liefde vir Hom net groter en groter en groter kan word. Net soos met die Voorskoolsebediening, glo ons dat ons die opdrag van Deuter-nomium 11:19 moet uitleef om vir ons kinders van die Here en sy kerk te leer deur met hulle daaroor te praat “...as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” Ons het ʼn passie vir ons Here en vir ons kinders en weet uit sy Woord hoe belangrik kindertjies vir die Here Jesus is (Markus 10:14).

Ons hartewens is dat ons ouers in ‘n gewoonte kan kom om OF Sondag na kerk OF êrens vroeg in die week met huisgodsdiens, saam met die kinders deur die blaadjie sal gaan om seker te maak dat hulle iets uit die preek saam met hulle kan vat in die week in.

Ek tree einde van die jaar uit as same- roeper omdat ek meer by die CCCC (kerkplantgroep) se kinderbediening betrokke wil raak. Susan Brown neem die taak van sameroeper oor. In my en Corli (wat ook vir eers ophou) se plek-ke is ons dankbaar om Marieta Kotzé, Nadia Smuts en Ronel van Jaarsveld te verwelkom.

Bid asseblief voortdurend vir ons verskil-lende kinderbedienings.

Laerskool Kids-bediening bring die kinders na Hom deur Erna Dreyer

by Rev. TP Diphoko of Atteridgeville and Dr. Kwena Semenya of Diepsloot

Sisters do it for themselvesGood news! Great news! A good story to tell!The annual Randburg/Diepsloot Sisters’ conference was an extravaganza. Those who attended the conference indeed had a good story to tell back at home. The conference was attended by more than 200 members, excluding the GVV members in Diepsloot.The lessons by Prof. Moretsi; Rev. Sekhaulelo, Jokie Boshoff, Theodora Bulakeya, Dr. Nsuza, Ntombi Nsuza, Rev. T Dreyer; Professional artist Wise and Sbo for the musical entertainment, Rev. Diphoko, Rev. Baloyi; Rev. Molokwane, Rev. PM Modise; Rev. AM Modise, Rev. Mogale, Ingrid Harper were relevant and spot on. They had a finger on the pulse to provide wisdom to the attendees. Their morning devotions were properly prepared and passionately delivered. Rev. Joop and Pierre Joubert were also in attendance and we thank them for their presence. The Diepsloot believers’ hospitality was admirable. Everything was co-ordinated and added style to the event. The young ushers wore beautiful clothes and looked awesome.Mpho Dlamini and Esther Ngozo two pharmacists and members of Diepsloot provided medical care. The mothers and the youth in Diepsloot prepared more than enough delicious food and warm water was provided by the men in mornings. Special attention was given to the Mamorutis (reverends’ wives). They spent the night in a B&B and were even treated to full-body massages. One of the masseuses was helped financially by Randburg to pursue her study as a spa specialist. All attendees received a free hamper with a fan, writing pads, a pen and programme. Rev. Baloyi of Meadowlands preached from 2Corinthians 8:1-12. He said that the conference was one of a kind. Dr. Amos Sekhaulelo said that the conference was well organised and he made special mention of the hospitality and the leadership of Dr Semenya. Prof. Moretsi said: “This is the confirmation that we are the citizens of the kingdom of God.” Rev. Molokwane of Tembisa congratulated Diepsloot for their outstanding arrangements. Rev. Mogale of Mamelodi-West thanked God for the wonderful conference.The conference in Diepsloot will remain in the minds and on the lips of many of the participants. It all came together because our Lord Jesus Christ was always leading and preparing us through his Spirit so that His conference could be a success. We thank everyone who participated in the conference and we pray that God bless them in their lives. All the glory be to God who always make the impossible to be possible!

Reverends’wives

Diepsloot sisters

Kanyamazane sisters

Conference attendees

10 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 11

Page 7: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

Damestee

Manne-ontbyt

SeniorlidmaateteOns spoggerige Damestee is ‘n jaarlikse instelling by GKR. Getrou aan die formaat van vorige geleenthede, was hierdie weereens ‘n stylvolle geleentheid waar ons dames, by keurig gedekte tafels, net kon agteroorsit en geniet! Die fynste gebak is voorgesit en berei deur ‘n flukse klompie werkers van die Vrouediensgroep. Hiérdie is bedien op ‘n ‘troutafelkwaliteit versierde’ langtafel in die middel van die saal – prentjiemooi! Almal was verras en betower deur die pittige vertellings en voordrag van Esté Pienaar, direkteur Drama by Hoërskool Monument en ontvanger van verskeie toekennings. Tussendeur is haar vertellings aangevul deur die jong sanger Henry van Dyk, saam met wie sy gereeld iewers tussendeur op ‘n ‘Roadshow’ is. Hy het saam met Esté die dames geneem op ‘n ‘Musikale Reis deur die Wêreld”. Hoe lekker was dit nie om weer goeie oues soos Danny Boy e.a. te hoor nie. Tot vermaak van almal, het Henry vir Marieta Reyneke gekies om saam met hom op die maat van sy mooi sang, te wals. Dankie aan al die gewillige gasvroue, ons hulp-koster Johan Muller en ons werkers. Julle bydrae word opreg waardeer! Volgende jaar maak ons weer so!

– Die Vrouediensgroep

Op Saterdag 30 Mei is ‘n saal vol entoesiastiese manne toegespreek deur Brand Pretorius, bekende sakeman, voorheen leier in die motorhandel en ontvanger van verskeie toekennings. Heerlike eetgoed en kuier tot laat het hierdie suksesvolle oggend, aangebied deur die Vrouediensgroep, afgerond.

In 2011 het daar groot dinge gebeur in my hart toe ons gesin pas deel geword het van Rand-burg-gemeente. Ek was pas klaar met skool, het ‘n sg. “gap-jaar” geneem en het nie geweet wat ek met my lewe wil maak nie. Ek het my eie planne gehad, en hulle met groot moeite in werking probeer stel. Tog het geen een van hierdie planne

Ons Seniorlidmaatdiensgroep het in Julie, by wyse van afwisseling, ‘n heerlike potjiekosete vir ons seniors aangebied. Daar was potjies te kies en te keur, van pasta tot wildsvleis en alles tussenin! Lede van die diensgroep, en ‘n klompie lidmate, het aangebied om ons te help om potjies te kook. Die reaksie van ons seniors op die kos wat voorberei was, was wonderlik. Ons sal dalk die poging moet herhaal! Baie dankie aan almal wat so hartlik saamgewerk het. Hier is ʼn klompie foto’s wat die dag geneem is.

GKR en Diepsloot teologiese studente

Philip Hattingh, Francois Meiring, Johny Mofokeng, Hanno van Schaik en Pararayi Ndiwoneyi

Drie teologiese studente (Hanno van Schaik en Philip Hattingh vanuit GKR en Johny Mofokeng uit Diepsloot) deel hiermee ‘n paar gedagtes rondom hulle teologiese studies.

regtig geslaag nie. Alhoewel ek al vroeg in my hoër-skooljare bewus geword het daarvan dat die Here my roep om Sy Woord te verkondig – het ek geweier. Ek het altyd maar so gou moontlik die gedagte uit my hart probeer vee en aangehou met weg-hol. Nou, hoe dit verander het, is ‘n lang verhaal wat mens nie in een of twee sinne kan verduidelik nie,

maar hier is die kern daarvan. Terwyl die gawes daar was (alhoewel dit altyd nog baie moet ontwikkel), en terwyl die geleenthede daar was, moes daar eers ‘n soort liefde in my hart opvlam. Die Here het Randburggemeente en my ouerhuis gebruik om die evan-gelie op so ‘n tasbare manier vir my te wys, dat ek ‘n begeerte begin kry het om dit al hoe meer te leer ver-

12 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 13

Page 8: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

GKR en Diepsloot teologiese studente

staan, en ook om dit te deel. Dit was ‘n tyd van vinnige, groot verandering – by die E-blok se bybelstudies het ek gesien hoe die evangelie mense se harte in verwondering voor God laat staan. In die eredienste kon ek nie keer dat my hart diep geraak is deur die prediking nie. Ons Here het ook al die ander deure wat ek vir myself wou oopmaak, toegemaak, of toegehou. Uiteindelik het daar ‘n dag gekom wat ek nie anders kon as om te erken die Here roep my hiervoor nie, en terselfdertyd het ek groot vreugde daarin gehad. Dit is nou al my 4de jaar by die Teo- logiese Skool in Potch. Die afgelope 3 jaar het baie verhale en gebeure, maar een ding is seker – die Here bly besig met ‘n mens deur die moeilike en die maklike tye. Hy sorg dat die groei kom wat nodig is! Hoekom skryf ek hierdie? Randburggemeente speel ‘n integrale rol in my studies – dit is julle wat my grotendeels finansieel ondersteun. Maar dan ook in my groei – daar is so baie ondersteuning en vriendelikheid waarvoor ‘n mens maar net kan dankiesê! Miskien gebruik die Here hierdie beriggie om jou daarop te wys dat Hy jou roep vir meer as wat jy vir jouself beplan? As ‘n mens Sy beplanning sien, dan kan mens nie anders as om neer te buig nie, voor Hom wat so getrou is in Sy liefde!

– Hanno van Schaik

Ons is almal geroep om te dien, en wanneer ons dien kom ons eers agter hoe geseënd ons waarlik in hierdie lewe is. Dit is een van die vele waarhede wat ek geleer het tydens my teologie- studies in Potch. Daar besef mens ook dat dit ʼn moeilike pad is wat ons elkeen moet stap waar daar baie keer dinge gebeur wat ons nie verstaan nie, dinge wat jou versterk al is dit moeilik of maklik… jy doen sleg in ʼn vak of jy moet opstaan teen jou vriende of jy leer om lief te hê. Al hierdie dinge het oor my pad gekom die afgelope jare en die een ding wat ek geleer het deur dit alles is dat die Here waarlik goed is, Hy voorsien en Hy het ʼn wonderlike plan vir my lewe.Om geroep te word uit ʼn gemak-sone is nie altyd lekker nie, maar dis nodig. God het met my ʼn pad begin stap waar Hy my geleer het hoe ek Hom moet dien en ten volle afhank-lik moet wees van Hom. Ek moes leer om blindelings te volg en dat ek nie die argitek van my lewe is nie. ʼn Mens kom op ʼn punt waar jy jouself moet afvra of jy nie dalk net bloot ʼn Christen is by naam nie? Het ek waarlik ʼn diep persoonlike verhouding met Christus? Hierdie vraag het die afgelope paar jaar by my gebly. Soms raak mens so ingewikkel in die akademie en die mallemeule van die daaglikse lewe dat jy vergeet van die ware rede hoekom

First of all I would like to thank God for making my dreams come true by GKSA Randburg , putting their trust in me to further up my calling at NWU (Potchefstroom Campus).Here at Potch I am settled and the Faculty of Theology had welcomed me very well. I am doing well with my studies and I am quite familiar with the situation in the campus.

jy Teologie moes kom swot. Hoe-kom jy jou hele bestaan in jou ge-maksone moes los om aan te meld vir die Here se diens. Dan is dit baie keer krisisse of ʼn nuwe wonder “ont-dekking” in die Bybel wat jou lei om die genade en ware roeping weer te besef. In hierdie tye is vriende en familie ook juis belangrik wat alles met jou kan deel en jou ondersteun. Dit is dus belangrik vir my om altyd te onthou hoekom ek eerstens in Potch is, om te antwoord op God se roeping en Hom so te dien. Daar-om kan ek ook seker weet dat ek as verteenwoordiger van die Hoogste Gesag my studies moet en kan aanpak. ʼn Waardevolle les wat ek moes leer is dat God alles van my studies en versorging in Potch beplan het en dat ek slegs deur genade kan wees waar ek is.In die studies leer jy God, jouself en ander ken, nie net by naam nie maar op ʼn diep intieme vlak - soms wan-neer daar gestoei word en soms oor ʼn koppie koffie. Die belangrikste bly wel dat ons altyd op Hom vertrou en die gebede en vinnige kuiers van gemeentelede, vriende en familie is daarom altyd ʼn groot hulp en word altyd verwelkom. Daarom is elkeen altyd welkom in Potch en elke gebed en boodskap word waarlik waardeer. Want wanneer ons in God een is met mekaar, kan niks onder ons skeiding bring nie!

– Philip Hattingh

Though challenges in life never ends, I am learning and growing day by day and really thank God for it.Also Mr. Pararayi joined me here in February 2015 and we are enjoying the company at the campus every-day together. All in all I wish God to be with us until we finish our studies.

– Johny Mofokeng

MobieG is ʼn voorregdeur MobieG se vrywilligers

Wat ʼn ontsettende voorreg om by MobieG betrokke te kan wees! Dit is nou al langer as ʼn jaar dat ʼn groepie mense in ons gemeente op Sondagaande ʼn MobieG-sessie hanteer. Vir amper drie ure sit ons voor ons rekenaars en gesels met jongmense van dwarsoor ons land, partykeer selfs in ander dele van die wêreld. Dit is mense wat met behulp van MobieG se tegnologie met ons kan kontak maak op hulle selfone of rekenaars en ons gesels dan met mekaar deur middel van teksboodskappe. Elke Sondagaand is vol verrassings. Ons het geen idee met wie ons gaan gesels nie, ook nie waaroor nie. Dit is ʼn anonieme diens wat dit makliker maak vir die persoon aan die ander kant om sommer vinnig en op die man af te vra wat hulle wil vra. Ons gesels oor verhoudingsprobleme, swangerskappe, verslawings, pornografie, depressie, lae selfbeeld, selfmoord, woede, selfbesering, gesinsgeweld, aanrandings, verkragtings, HIV, mediese probleme, geloofsake, partykeer selfs huiswerk – basies enigiets waaraan jy kan dink wat ʼn probleem in ʼn tiener se wêreld kan wees. Ons tieners worstel met baie ernstige dinge in ʼn baie deurmekaar wêreld. ʼn Baie groot persentasie van tieners in ons land het bitter min of geen hulp en leiding van volwassenes nie. Ek glo dat die Here elkeen van ons se betrokkenheid by MobieG gebruik om ligdraers te wees in baie moedelose mense se lewens (meer as ʼn duisend mense gebruik elke maand MobieG se diens). Ons kan uitreik ver buite die grense van ons gemeente en gemeenskap om ook vir ander God se Hoop te bring. ʼn Voorreg, inderdaad.“Too often we underestimate the power of a touch, a smile, a kind word, a listening ear, an honest compliment, or the smallest act of caring, all of which have the potential to turn a life around.” – Leo Buscaglia– Marsia Simpson

I think MobieG is a wonderful service that helps people to open themselves to their problems and find hope with the support of other fellow humanbeings. This kind of work brings healing to our broken society affecting not just their lives but also the whole country. – Maria Dorland

Woorde, van êrens af, kom oor ons skerms met ʼn vraag waarmee iemand al lankal worstel. Sal iemand ooit verstaan of net daar wees om te help dra aan hierdie las wat so swaar geword het?Dit is partykeer heel onskuldig, maar ander kere ietwat onstellend. Dan moet ons gaan kyk waar dit

ʼn haakplekkie binne onsself vind as die woorde dalk bekend klink. Daar is darem tyd om te dink en ʼn bietjie raad by mekaar te vra as ons onseker voel oor ʼn antwoord en hoef nie alleen met die vrae of verwarring van die inkomende boodskappe te sit nie. Dit is ʼn leerproses waar ons gedurig ʼn trappie op moet klim, want waar die mense vandaan kom, kan ʼn mens net laat wonder. Genade, liefde, geduld en vertroue op die Here help ons om deur elke sessie te kom, want as dit nie vir die Heilige Gees was wat die regte woorde in ons hart kom lê het nie, dan sou ons nie ander kon help nie. Ons is nie altyd so ernstig nie en daar word ook baie gelag en grappies gemaak, want met ʼn ligte atmosfeer is dit soveel makliker om die negatiewe situasies van mense te hanteer en hulle te help om dinge vanuit ʼn ander oogpunt te sien.Voor die tyd, tussendeur en na die tyd vang ons gou op met mekaar se lewens soos wie doen wat en waar. Ons is belangrik vir mekaar en gee om, want as daar ʼn krisis is, dan staan die ander by om uit te help, al is dit nie daardie een se aand vir MobieG nie. Stephnie Crouse en Willem Wiid is soos ons ma en pa wat na alles omsien en seker maak alles loop reg en die ure insit wat ons nie van weet nie. Hulle visie vir MobieG word net groter en hulle passie daarvoor kan aan hulle toewyding gesien word.Om deel te wees van MobieG is om te voel soos ʼn hand wat uitgesteek word vir tieners en ander mense in die wêreld van tegnologie en chaos rondom hulle. Hulle kan daaraan vasgryp om uitgelig te word uit hulle situasie en weer op vaste grond geplaas word met nuwe hoop. – Lizelle Cloete

Die MobieG-span

14 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 15

Page 9: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

deur Elsabé Welman by Manqoba and Busi Mukoki

Manqoba and Busi Mukoki

– deel jou smart en raak lig

Om te rou is al reeds oneindig moeilik, maar om te voel jy doen dit alleen kan dit nog moeiliker maak. Dit is hoekom Griefshare daar is. Dit is ʼn vriendelike groep mense wat omgee en wie langs jou sal loop deur een van die lewe se moeilikste ervarings. Ons hoef nie alleen deur die rouproses te gaan nie. Dit is moeilik om aan te beweeg wanneer jy nog besig is met die hartseer en leegheid nadat ʼn geliefde sterf.Daarom is daar in 2014 besluit om met ʼn Griefshare ondersteunings-groep te begin. Daar word gebruik gemaak van ʼn program wat deur ChurchInitiative ontwikkel is. Ons is op die oomblik met ons tweede groep besig.Ds. Joop, wat baie betrokke en ondersteunend is by die Grief-share-sessies, en Ds. Charl, wat ook gehelp het met die evaluering van die materiaal, sê die volgende daaroor:

“Die Here het Griefshare op ons pad gebring om ook vir my verder te herstel van die hartseer en trauma weens die afsterwe van mense rondom my. Sommer vroeg in my kinderlewe het ek ʼn bababoetie verloor wat stilge-bore is. Tydens my dienspligjare was ek blootgestel aan die oorlog in Namibië en Angola. My moeder is sowat drie jaar gelede oorlede. Verder staan ons as predikante by vele medegelowiges se afsterwe. Met die Griefshare-program het die Here my verder stap vir stap ge-neem om perspektief te kry, saam met ander te huil en te glimlag. Uit die Woord van God is ons getroos. Die Here gebruik mede-gelowiges as broers en susters in Christus om mekaar aan te spoor, te bemoedig en net eenvoudig daar te wees vir mekaar. Griefshare is ʼn in-strument in die hand van die Heilige Gees en bied ware en diepe troos.

Ek dank ons Hemelse Vader hiervoor en ek sê uit my hart dankie aan elk-een wat deel is van die Griefshare- program. Mag die Here julle en ons verder seën.” – Ds. Joop

“Die Bybels gefundeerde en prak-tiese insig van Griefshare maak die kursus ʼn wonderlike instrument in die hand van die Trooster, die Hei-lige Gees” – Ds. Charl

Wat om te verwag wanneer jy by ons Griefshare-ondersteunings-groep aansluit: Jy sal ontdek dat daar ander is wat dieselfde soort gevoelens as jy het en wat ook soos jy seer en ver-lies ervaar en dat jy nie alleen is nie. Griefshare is ʼn warm omgee-omgewing wat ontwerp is om jou te help om jou seer te verwerk. Jou senuweeagtigheid om te gaan sal sommer gedurende die eerste sessie verdwyn. In die Griefshare-video’s sal jy nuttige wenke en praktiese inligting kry van top internasionale kundi- ges, wat ook geliefdes aan die dood afgestaan het. Dit sal jou help om te herstel van die pyn van hartseer en verlies. Jy sal, indien jy wil, die kans kry om oor jou ervaring te praat en jou storie te vertel. Daar is egter nooit druk om dit te doen as jy nie wil nie. Die ondersteuningsgroepsessies sluit ook tyd in om te gesels en te assosieer met dit wat in die video’s gesien word. Jy sal ‘n werkboek vir persoonlike studie ontvang om dit wat jy geleer het, neer te skryf. Die werkboek bied ook geleentheid vir verdere studie oor die rouproses en jou persoon-like hartseer. Die lede van Griefshare-groepe vertel gereeld dat hulle nuwe vriende maak met mense met wie hulle vereenselwig. Jy sal deel van die Griefshare-familie word.

Jy sal leer hoe om deur ʼn gesonde seisoen van rou te gaan in die oorgang na emosionele en geestelike heelheid. Baie noem dit die reis na vreugde. Jy sal hoop vir die toekoms ontdek. Terwyl dinge nou somber lyk, sal jy maniere om jou hoop te herstel ontdek en leer om jou lewe te herbou.

Persone wat reeds by een van ons Griefshare-groepe aangesluit het sê dat hulle die volgende ervaar: “Ek kan getuig dat my siel nie meer so beswaard is nie en dat ek weer my kop kan oplig en situasies in die oë kan kyk.” – Elzabe

“Griefshare het my geleer dat wat ek deurgaans beleef normaal is en dat ek nie so hard met myself hoef te wees nie.” – Madelein

“Griefshare gee jou geleentheid om in ʼn konstruktiewe, veilige omgewing jou denke en emosies te ondersoek en te leer hoe om daag-liks die verlies te hanteer.” – Nicolene

“Wens ek het die kursus vroeër gedoen.” – Marlize

“Dit help altyd om hande te vat met die mense wat die myle van rou agter hulle het, die trane gehuil het, nuwe maniere gevind het om te lewe en weer lag want hulle het hoop gevind.” – Lizelle

Ek en Chris Reynecke wat ons Griefshare-groepe fasiliteer gaan ook nie onaangeraak daardeur nie: “As medegelowiges in Christus het ons die wonderlike ervaring kon beleef van ondersteuning, die verstaan van ons seer en bowenal dat ons mekaar in liefde kan onder-skraag en bemoedig.” – Chris

“Dit is wonderlik om te beleef dat ons enigste troos net in en deur Christus te vind is!” – Elsabé

CCCC stands for Cross Culture City Church*

My wife and I were introduced to CCCC by a friend from the Reformed Church Randburg. We were welcomed warmly by the people of this church and despite their best efforts, at first we felt somewhat displaced in a new environment with new people who seemed to be an already close-knit bunch. In our home, many robust discussions were had between my wife and I on whether this was the right church for us and we ultimately decided to let God’s voice lead us. With getting to know our new family in Christ as well as the leadership’s vision of CCCC and what the church plant hopes to accomplish, we started to feel that this is exactly where God wanted us to be. It is not lost on us how enormous and ambitious the CCCC church plant dream is; but the faith and commitment of everyone involved convinced us to want to be part of this dream. Never before had we encountered a church that addressed the fears that we as South Africans have in our personal lives, which never seem appropriate to discuss in public let alone in church, and do so in an honest but sensitive manner. We have learnt much in the past year being part of this new church plant and we still have much to learn. One of the most important learning experiences was during the weekend getaway we attended at the end of August 2015; the purpose of which was to enable deeper engagement about issues affecting us Christians of different races, cultures and backgrounds. Our greatest take away from the weekend was learning to listen to others’ fears and frustrations and really hearing without the need to fix, justify or defend. We are still with CCCC and foresee a long future in the church because of the Christ centred platform to engage and interact with the Gospel and with each other in ways which are completely unique and honest to any church we have encountered before. CCCC is bold where others shy away and this is a result of a conscious and concerted effort by the leadership and the members. However, with that said, there lies ahead a steep road for us as a church, as we engage in difficult conversations of growth, sustainability and staying true to our mission as children of God. Our prayer to God is that He strengthens our bond with Him and each other, gives the leaders the insight and wis-dom to grow the church and in so doing spread the Gospel far and wide to all who need it.

*CCCC is a church plant initiative from the Reformed Church Randburg. We have services (in English) every Sunday afternoon at 4pm at the Reformed Church Randburg. We also have four Lifegroup meetings every week across Johannesburg. Please contact Rev. Thomas Dreyer if you would like more information at [email protected] or 083 658 1775.

16 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 17

Page 10: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

ʼn Nuwe afstandstudie inisiatief vir Teologie

deur Ettienne van Loggerenberg

DOCENDA (die Latyn vir “laat leer” – uitgespreek ‘dookenda’)

Gedurende die tweede helfte van 2012 was daar verskeie kontakbesoeke tussen afgevaardigdes van die GKSA en die Gereformeerde Kerk in Brasilië asook ander lande. Daar is met vreugde kennis geneem van die verstommende groei en kerkplanting van gereformeerde gemeentes in Brasilië. ʼn Kommissie van die GK Waterkloofrand het aandag gegee aan die vraag: “Wat sou die gemeente kan doen om meer effektief in diens van die Here te staan in die uitbreiding van sy koninkryk? Hoe kan ons instrumente wees in God se hand? Wat is die werkwyse in Brasilië en wat kan ons daaruit leer?”Na verloop van tyd het al hoe meer aspekte in plek geval – so het die vraag van Waterkloofrand uitgekring om te vra: “Wat sou die GKSA kan doen om meer effektief in diens van die Here se kerk te

staan?” Ondersoek is toe ingestel na die moontlikheid van die opleiding van predikante deur middel van die sogenaamde “witbordtegnologie” – dit is in samewerking met die Kuratore en die Senaat van die Teologiese Skool Potchefstroom (TSP) en die Fakulteit Teologie van die Noordwes Universiteit gedoen.

Die doelstellings van DOCENDA NPC kan omskryf word in die volgende drie hoof fokuspunte: Teologiese opleiding. Om verantwoordelikheid te neem vir die verkryging, vestiging en bestuur van befondsing vanuit die privaatsektor – nie noodwendig Gereformeerde lidmate nie maar mense en maatskappye wat die saak goedgesind is. Nuwe gemeentes. Om met behulp van ondersteuning en deur middel van goeie Skrifgefundeerde teologiese vorming en opleiding die morele verval in ons land en Suidelike Afrika te help teenwerk. In dié geval sal die ontstaan van nuwe

gemeentes waar afgestudeerde studente werksaam kan wees en waar die Woord Skrifgetrou verkondig kan word, bevorder word sodat die evangelie van Jesus Christus verder uitgedra kan word. Maatskaplike opheffing aan- en armoedeverlig-ting binne die gemeenskap. Om dit te help moontlik maak dat studente teologies sodanig opgelei en bemagtig sal word deur die nodige toerusting daartoe vanuit die Woord van God, dat hulle diensbaar sal wees in die uitoefening van hulle roeping in die samelewing.

Die vraag is dus: wat is die praktiese voertuig om bogenoemde te ondersteun? Die stigting van ʼn maatskappy(Docenda) is in 2014 gefinaliseer, die Direksie is aangewys, die maatskappy is geregistreer as nie-winsgewend en fasiliteer vanaf begin 2015 opleiding in samewerking met die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus. Docenda is nie ʼn opleidingsinstansie nie, slegs ʼn OopLeerSentrum fasiliteerder wat die fasilitering befonds in soverre as wat fondse beskikbaar is.

Kursusse, inhoud en duur van kursusDaar is twee kursusinhoude – een vir die BTh in Bybeltale wat deur studente geneem word wat GKSA predikante wil word, en die gewone BTh “Oop”-program wat deur enigeen (uit enige denominasie) geneem kan word. Dit is ʼn drie-jaar graadkursus wat oor vier jaar versprei word vir deeltydse Docenda-studente – die vier-jaar kursus word in oorleg met die Fakulteit Teologie vasgestel.

LesingsLesings begin gewoonlik gedurende die 1ste week van Februarie van elke jaar. Lesings word op Woensdae en Donderdae per witbord-tegnologie elektronies gebeeldsend; Afrikaanse lesings word terselfdertyd (intyds) in Engels vertaal en vice versa. Daar is studente wat op die gestelde tye direk/intyds op die uitsendings kan inskakel – daarvoor word ʼn sagtewareprogram gebruik wat aan die spesifieke OLS beskikbaar gestel word. Verder, omdat baie studente bedags in ʼn betrekking staan, word die uitsendings opgeneem, en die hele uitsending is dan twee dae later aflaaibaar van die Internet, en is dan dus volledig beskikbaar vir elke student op sy/haar eie rekenaar met die oog op selfstudie en fasilitering deur die fasiliteerder.

FasiliteringWanneer daar studente in ʼn bepaalde omgewing is en ʼn OLS daar ingerig word, sal ʼn fasiliteerder benoem word in oorleg met die plaaslike gemeente – dit sal iemand wees wat ten minste reeds oor ʼn BTh-graad of gelykwaardige kwalifikasie beskik. Dit hoef nie ʼn predikant te wees nie. Dit is verder wenslik, maar nie verpligtend nie, dat die fasiliteerder ondervinding van fasilitering sal hê. Die Fakulteit Teologie en die betrokke dosent sal die CV van sodanige moontlike fasiliteerder

nagaan voordat ʼn benoeming gemaak word. Die take en pligte van ʼn fasiliteerder is in ʼn uitvoerige dokument uiteengesit. Aanvaarde studente sal op Docenda se koste vir ʼn oriëntering na NWU geneem word om dosente te ontmoet en vir ʼn algemene akademiese oriëntering.Daar het drie OLS’e in 2015 begin:Randburg – Fasiliteerder: Dr. Marina van LoggerenbergSunnyside – Fasiliteerder: Rev. Malwande MdongaVenterstad – Fasiliteerder: Ds. Jan VenterDie moontlikheid van ander OLS’e elders word tans ondersoek.

Oprigting van ʼn OLS, toerusting en installeringWanneer voortgegaan word met die oprigting van ʼn OLS in ʼn bepaalde gebied sal Docenda kosteloos die toerusting voorsien en installeer en die fasiliteerder maandeliks betaal met die vereiste dat daar ten minste 3-5 studente sal wees.

KontakbesonderhedeAlgemene tel: 060 604-4543Spesifieke navrae: [email protected] (Hannes Steenekamp)Akademiese navrae: [email protected] (Dr. Etienne van Loggerenberg)

Dr. Marina van Loggerenberg, Fasiliteerder by Randburg met twee van haar studente

Barmhartigheidsdiensgroep op ʼn wipplankdeur Ida Mac Donnell

Wat doen ons?Elke Sondag se kollekte word bestuur en aangewend waar daar nood is, of om te help met opheffing.Daardie geld wat in die kollektesakkie gegooi word, maak ‘n groot verskil in ander se lewe – dit word aangewend om kos te koop, te help met behuising, oppasdienste, noodsaaklike mediese uitgawes, ens. Die hulp word ook nie beperk tot binne ons gemeente nie, maar word ook aangewend waar daar rampe is, byvoorbeeld die Harrismith-brande, vir die Zimbabwe-gemeente, Pomfret en Teologiese Studente is maar ‘n paar.

Hoe neem ons besluite?Sodra ‘n versoek by ons uitkom, stuur ons dit deur aan die ander lede in die groep. Soms is dit nodig om onmiddellik te help en ander kere word die saak eers deeglik ondersoek. Ons vra vrae om seker te maak dat die geld verantwoordelik aangewend word - ons bly rentmeesters van die Here. Indien dit nodig is, gaan

besoek ons self ook die persoon in nood.Die beste vergelyking waaraan ek kan dink is soos om op ‘n wipplank te ry - op en af en heen en weer. Soms sit jy aan die kant waar jou hart die besluit wil neem en ander kere gee jou kop weer die deurslag. Maar sodra jy self die probleem probeer oplos, besef jy die middel van die wipplank beweeg nie op en af nie - dit is die plek van wysheid - daar waar die Heilige Gees jou leiding gee.

En dankie!Ons gemeente is so geseën met lidmate wat bereid is om te help en ander wat mildelik bydra. En soos Paulus altyd gepas dankie sê – Ek dank die Here gedurig vir ...Dit is ‘n voorreg om te sien hoe God werk – deur die persoon wat gee en die een wat ontvang – niemand bly ooit dieselfde as Hy die wipplank reguleer nie.

Ds. Jan Venter, fasliteerder, by 3 van die Venterstad studente

18 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 19

Page 11: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

Vier Londenaars word gedoopdeur Ds. Kruger de Kock

Oor die afgelope paar jaar het ek heelwat geleenthede gehad om mense te doop – maar nog nooit vier volwassenes op dieselfde dag nie. Nog meer – om twee manne wat in die omgewing grootgeword het, ’n Indiese Kanadees en ’n Brit van buite Londen te kon doop was ’n wonderlike prentjie van wie Canada Water Church is – ʼn gemeente vir die plaaslike gemeenskap, wat mense van oor die hele Verenigde Koninkryk en die wêreld met die evangelie wil bereik.

Darren C se storie het in die Canada Water omgewing begin waar hy grootgeword het. Lisa, sy vrou, het eerste kerk toe gekom. Toe Darren uiteindelik gekom het, het hy meestal buite die deur gesit en wag tot die diens verby was. Na ’n paar maande het hy uiteindelik ’n diens bygewoon en dit vir amper ’n jaar bly doen. Maar toe, tydens een van dienste waar Ds. Thomas Dreyer gepreek het, het hy besluit om homself aan God toe te vertrou. Oor die afgelope twee jaar kon ons hom katkiseer en toerus om te verstaan wat dit is wat hy glo – soveel so dat hy onlangs gevra het om gedoop te word.

Ian P wat ook in die omgewing grootgeword het, het deur Darren C se ma van die kerk gehoor. Sy meisie was heel verras toe sy sien dat die predikant ook ’n Suid-Afrikaner is soos sy!

Pankaj S het grootgeword in ’n gesin van uitgesproke ateïste. Vanuit Kanada het hy na Indië verhuis om medies te gaan studeer waar ’n vriend elke dag ’n bybelsversie onder sy deur deurgestoot het. Om sy ateïsme te verdedig het Pankaj ’n Bybel gekry om met sy studentemaat te kon debatteer. Oor tyd het hy egter self meer en meer begin glo wat die Bybel oor God sê. Kort daarna het hy na Londen verhuis waar hy ’n meisie ontmoet het wat hom na Canada Water Church begin bring het. Oor die afgelope jare kon ons sien hoe sy geloof meer en meer sy eie geword het.

Jamie P het in ’n gelowige gesin grootgeword maar dit net nooit sy eie gemaak nie. As ’n student het hy ’n kamp vir Christen-studente bygewoon waar hy sy vrou ontmoet het. Esther het met hom die werklikheid van haar geloof gedeel en oor tyd het hy dit begin glo. Hy was al vir ’n hele paar jaar ’n gelowige toe hy uiteindelik gedoop is.

Ons dank die Here vir hierdie broers en hulle vrouens, meisies en vriende! Die Here het deur hulle almal gewerk om Darren, Ian, Pankaj en Jamie die vreugde van geloof in Jesus Christus te laat beleef.

DIE AFSKEID Die persoonlike ervaring van Ria Bosman met die afsterwe van hulle seun, Heyns, op 19.07.2015.

Die bevestiging deur 'n dokter dat daar 'n baba op pad is, is vir 'n ouerpaar altyd vreugdevolle nuus. Dadelik begin 'n mens wonder oor die geslag: gaan dit 'n seuntjie of 'n dogtertjie wees? Eintlik maak dit nie saak nie. Vir nege maande groei die nuwe baba – nie net in die baarmoeder nie, maar ook in jou hart en droom jy drome vir die nuwe aankomeling!

Deur 'n keisersnee word ons nuwe seuntjie in die wêreld gebring. Met presiese en fyn chirurgiese vaardigheid word sy naelstring, wat vir nege maande sy lewensaar was, afgebind, en word hy gereed gemaak om sy eie fisiese voortbestaan te begin. Dit is die realiteit: die baba is nie meer verbind aan die ma met die sigbare naelstring nie, maar wel met die onsigbare naelstring. Hoe oud 'n kind ook al mag word – daardie band is altyd daar!

Jy deel jou kind se vreugde, sy hartseer, sy drome en teleurstellings. Sonder wisseling van woorde kan jy sy gemoedstoestand bepaal en wil jy jou in sy plek beskikbaar stel om die lewe vir hom ligter te maak. Die lewe is egter nie so eenvoudig nie; daar is die vormingsproses wat hy self moet deurgaan en verwerk; 'n ouer kan dan maar net vir jou kind bid dat hy die regte rigting sal inslaan. Dit is wat ons vir ons seuntjie wat 47 jaar gelede met 'n keisersnee in die wêreld gebring is, gedoen het. Van kleuter, tot adolessent tot volwasse man het hy voor ons oë ontwikkel. Soms hoogtepunte en baie laagtes beleef, maar altyd het ons geweet waar om ons krag te kry om hom deur die eise van die lewe te dra.

Vir hom was dit ʼn groot terugslag toe sy maatskappy se werkskontrak twee jaar gelede in Afghanistan nie weer hernu is nie. Hier in Suid-Afrika het hy vir baie poste aansoek gedoen en telkens is hy weggewys omdat die omstandighede in ons land nie gunstig was vir jong blanke Afrikaner-mans nie. Ons kon sien dat hy geleidelik sy vertroue in die landsomstandighede begin verloor, maar boweal begin twyfel het in sy geloof. Vir my was dit 'n groot skok toe hy eendag vir my sê dat hy nie meer bid nie. Al antwoord wat ek hom kon gee, was dat ek hom nie kan verplig om te bid nie, maar

Pa en ek sal altyd vir hom bly bid want Jesaja 49:8 was ons anker: "So sê die

Here: Op 'n tyd wat Ek goeddink, sal ek jou gebede verhoor; op die dag wanneer Ek wil red, sal Ek jou help."

Ons kon sien dat hy sy vertroue in die lewe en homself begin verloor

en dat 'n moedeloosheid besit van hom begin neem. Sy gesondheid het hom ook begin las gee. 'n Pyn in sy regtersy het hom begin pla – nie ernstig nie, maar in so 'n mate dat hy nie lekker gevoel het nie. Uiteindelik het ons hom oorreed om dokter toe te gaan, waar daar met behulp van 'n sonar vasgestel is dat dit 'n abses op die kolon is. 'n Operasie word onmiddellik aanbeveel, maar as gevolg van die infeksie word hy eers behandel met antibiotika – wat weer sy eie newe-effekte op sy gestel gehad het.

In dieselfde tyd wat hy behandeling vir die infeksie kry, kry hy 'n werksaanbod uit Irak. 'n Senior pos met baie goeie werksvoordele. Nuwe hoop en lus vir die lewe en selfs gebedsverhoring word deel van sy lewe! Die operasie, besluit hy self, moet nou gedoen word sodat hy gesond kan wees om Irak toe te gaan.

Die operasie word Dinsdag, 14 Julie gedoen. Twintig sentimeter van die kolon word verwyder – op die oog af was die operasie ʼn sukses. Hy moet 'n streng dieet volg en alles gaan goed. Die Saterdag nadat Suid-Afrika teen Australië rugby gespeel en verloor het, stuur hy vir my ʼn sms: "SA kan vergeet van die Wêreldbeker." Die sms laat my goed voel, want ek kan sien hy is weer sy vurige self.

'n Uur later kry ek 'n oproep van ons jongste seun, Marius, dat Heyns hom geskakel het. Dit gaan nie goed met hom nie – ons moet hospitaal toe gaan. Inwendige bloeding het ontstaan en daar moet dringend 'n noodoperasie uitgevoer word – sodra hulle hom kan stabiliseer. Vier eenhede bloed word oorgetap, adrenalien word toegedien, maar sy toestand kan nie gestabiliseer word nie.

Die dokters in die hoësorg-eenheid hou ons op hoogte van sy toestand en dat dit kritiek is. Verslae hoor ons die nuus aan. Dit kan tog nie waar wees nie: hy is dan ons seun en ons het so baie vir hom gebid. My gedagtes is 'n mengsel van hartseer, hoop en wanhoop. Skielik onthou ek toe hy sy eerste tand gewissel het, wat hy kort daarna verloor het en hy toe droewig gehuil het omdat die tandemuis baie kwaad vir hom gaan wees. Nadat ons die hele huis deurgesoek het, kry ons die tand in sy hemp se sakkie. Dadelik is die trane opgedroog en is die tandemuis nie meer kwaad vir hom nie. Net jammer dat 'n ma se trane nie so gou opdroog nie!

Die spesialis kom lig ons in dat sy niere nie meer funksioneer nie, maar dat hulle nog alles in hulle vermoë

doen om dit te laat werk.

'n Stille gesprek het ek met die Here – nee, nie 'n gebed nie. Ek wil sommer net met Hom praat – nie omdat ek in opstand is teen Sy wilsbesluit nie, nee nooit! Ek is dalk net prakties. Here, as hier vandag 'n boom uit die boord gekap moet word, kan U nie dan maar soos die vrugteboer maak en kyk watter boom is oud en afgeleef met droë takke en 'n swak wortelstelsel en hom uitkap nie? Want ek is so 'n boom – my takke is droog, maar my kind se takke is dan nog soepel en sy wortelstelsel sterk en die potensiaal is daar om nog vrugbaar te kan wees! Hy het mos nou weer 'n doel in die lewe. Hy het so lank deel uitgemaak van SA se werkloosheid-statistiek. Daarom wil hy werk; hard werk om te vergoed en dankie te sê vir almal wat vir hom goed was toe hy swaargekry het. Daardie droom word hom nou ontneem. Hy het net met 'n bewerige hand op 'n stukkie papier kon skryf: “Ek is lief vir julle dankie vir als.” Met 'n dankbaarheid in sy hart teenoor almal wat vir hom goed was het hy geleidelik hom begin losmaak van sy aardsgebondenheid.

Rondom sy bed staan sy pa, ek, Jan en Marius – elkeen met sy eie gedagtes. Vir elkeen van ons is dit swaar om hom te sien ly. Elke asemteug kan mens sien is vir hom swaar. In my verwarde gedagtes sien ek hom druk in die skrum toe hy vir sy skool rugby gespeel het en hy so moes beur om die bal in die hande te kry! Nou beur hy nie vir die rugbybal nie, maar om lewensgewende suurstof in sy longe te kry om tog net vir 'n rukkie langer vas te hou aan die lewe waarvoor hy so lief was!

Die seer van my kind se lyding oorweldig my, maar wat nog seerder maak is die losskeur van die onsigbare naelstring! Met meedoënlose insig word dit vir jou 'n werklikheid – daar is niks wat hom meer aan jou verbind nie. Die onsigbare naelstring is besig om finaal geknip te word.

Vir ons vier rondom sy bed het alles skielik tot stilstand gekom. En dan sien jy die gordyn wat rondom die bed van die ander pasiënt toegetrek is. Jy hoor verpleegsters lag en gesels daar en jy kan nie verstaan dat daar mense is wat nog kan lag nie. Dan kom jy tot die besef dat jou seer nie die ritme van die lewe verander nie! Daar is net 'n gordynskeiding tussen vreugde en verdriet en aan weerskante van die dun gordyntjie ervaar mense Sy genade! Hulle wat lag en gesels is bly oor beterskap wat ingetree het! Ons vier aan die duskant van die gordyn wat pas afskeid geneem het van 'n geliefde, wie se harte stukkend is, weet nou met sekerheid dat Psalm 23:4 in Heyns se lewe waar geword het: “Selfs al gaan ek deur danker dieptes sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig.”

Ons wat agterbly, wie se harte stukkend is, moet aangaan met die lewe. Hoewel ons hartseer is, het ons mooi herinneringe van ons seun en broer. Die groot

20 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 21

Page 12: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

Jan-Piet en Ria Bosman

Soms is siekte nes skelms – hulle bekruip jou en vang jou onkant! Daar was geen teken van enige foute met jou lyf nie, en skielik is jy so siek dat jy in die hospitaal beland. Erger nog, jy is regtig ernstig siek aan iets wat nie ʼn naam het nie. Dis nogal sleg as iemand jou vra wat jou makeer terwyl jy in die hospitaal lê en jy kan nie eintlik sê nie!

Om so in die hospitaal te lê en te wag vir die operasie wat die volgende dag sal plaasvind en dan word dit op die nippertjie onbepaald uitgestel, is nogal senutergend. Veral omdat die dokter die oggend, nadat al die X-strale en skanderings die vorige middag gedoen is, agterkom die dinge in jou lyf het oornag verander! Waar hy verwag sy pasiënt moet in erge pyn wees en hy is nie, sal enige ou uitboul!

Die gewag strek naderhand oor ʼn week. Die bordjie teen die muur bokant die pasiënt se bed sê: NIL BY MOUTH. Die dae gaan stadig verby, behalwe besoektyd. Daar het so paar mense – meestal vriende uit die gemeente – kom inloer, maar as gevolg van die pasiënt se lae energievlakke kuier hulle nie lank nie. As ʼn ou vir die hele tyd voor die operasie en paar dae daarna niks mag eet nie, is enige aktiwiteit eintlik uitputtend. Selfs iets gewoon soos praat en luister.

Die waarde van betrokke wees in jou gemeentedeur Kobus, Marieta, Willem en ouma Foeta Reyneke

man met die klein hartjie! En dan kan ons nie anders as om saam met die Psalmdigter uit te roep nie: “Sing, Sing die God ter eer. Prys Sy grootheid, loof die Heer.”

Ons is dankbaar dat ons hom vir 47 jaar as seun en broer kon hê. Ons was lief vir hom- baie lief! Maar ons berus in Sy wil.

Jy het die aardse stryd op 'n vroeë leeftyd verloor, maar vroeg in jou lewe die ewige rus gevind!

Ons sal jou mis, Boet!

Jou ma

Ria Bosman

DIE AFSKEID Die teenoorgestelde was die geval met so baie mense wat op ander maniere kontak gemaak het! Selfoon boodskappe – getiktes en gepraates (is daar so woord?) – e-posse, telefoonoproepe en soveel mense wat by die kerk vir Marieta gevra het hoe dit gaan met die sieke! Sy het behoorlik gevoel soos ʼn sekretaresse. Lyste van name neergeskryf om vir die pasiënt die middag of die aand te vertel. Dit was oorweldigend om soveel belangstelling te ervaar!

In die hospitaal word daar meer geslaap in die dag as in die nag! Die feit dat mens in ʼn hospitaal beter word, bly vir my ʼn wonder! Bedags is daar meer algemene geluide en is ʼn gesels naby jou minder steurend as in die nag wanneer dit eintlik stil moet wees, maar daar kort-kort geluide is wat die stilte breek. Die ou oorkant jou hoes sleg of hy kan nie asem kry nie of hy roep kort-kort die “nurse”. Dan is jy wakker. En jy bly wakker.

Dis dan wanneer jou kop en jou hart met jou praat, en jy met die Here praat. ʼn Sieke weet nooit regtig hoe siek hy is nie, maar as ʼn ou in die hospitaal is, moet dit seker redelik ernstig wees. Veral as die dokters nie kan sê wat of waar die fout is nie en as jy voel soos jy voel – pap en flou en onseker – is dit nog meer rede vir die wonder oor jou eie toestand. Dan wonder jy oor baie dinge. Gaan ek hier uitkom, hoe lank moet jy nog so lê, daar is nog soveel dinge wat jy wil doen, plekke gaan besoek? Maar daar is een ding waaroor jy nie wonder nie, en dis die wete dat soveel mense met hulle gebede vir jou intree by die Here. Jy voel jy verdien dit nie, maar dis

al die goeie wense, die welwillendheid, maar veral die wete van die gebede, wat jou deur die donkerte van die nag dra wanneer die slaap weggeloop het. Dan wonder jy nie meer oor wat met jou kan of gaan gebeur nie, want jy weet jy is in Sy hande. Jy glo dat jy kan uitsien om die dinge te kan doen wat jy nog so graag wil doen! Dan kom die slaap weer terug!

Ons seun, Willem, het vir sy ma gesê hy het nie geweet ons ken soveel mense nie! Al wat ek, die pasiënt, kan sê is: “Dankie Here dat ons kan deel wees van so ʼn omgee-gemeente wat ons met soveel ondersteuning in ʼn moeilike tyd in ons lewens vasgehou het.” Aan die gemeente, baie dankie dat julle ons so in julle gebede gedra het.

My internskap – die begin van groter dinge

deur Jokie Boshoff

Waarmee het ek myself die afgelope tyd besiggehou? Die belangrikste, behalwe vir my studies en die CCCC kerkplant-kids, was my berading prakties en vandat ek daarmee begin het, het tyd net skielik ʼn ongelooflike spesiale kommoditeit geraak in my lewe. Die grootste rede hiervoor is maar omdat ek die heel tyd ʼn balans moet probeer handhaaf tussen die prakties, die studies en o, weë… die verslae wat ek moet skryf vir elke praktiese sessie. Ek is op die oomblik besig met berading by Rosebank Union Church se beradingsentrum, ek werk by ʼn skool in Braamfontein (John Orr) en ʼn organisasie in Pretoria (Tswane Leadership Foundation) en was onlangs betrokke by ʼn lekker groot projek in Pretoria, waar ons ongeveer 200 kinders se aanleg en belangstelling getoets het om hulle te help met vakkeuses. Dieselfde organisasie (Counselling @) deur wie ek by hierdie projek betrokke was, plaas ook beraders by ander instansies in Pretoria en ek hoop om veral deur hulle my prakties te kan klaarmaak tussen Desember en Maart 2016. As jy my sou vra of ek die berading geniet, gaan die antwoord amper wees soos om te probeer sê “dankie”. Ek weet nie hoe om te verduidelik presies hoe ek dit geniet nie. Die naaste wat ek

Asseserings by Hoërskool Nelmapius

dit kan probeer beskryf, is om weer op ʼn ompad te gaan, as ek mag…Ek het vanoggend in my Bybelstudie gekyk na die woorde in 1 Timoteus 6:16, wat God beskryf as die een wat in die “ontoeganklike lig” woon. Hierdie woorde het my laat wonder oor wat in my lewe vir my ʼn idee kan gee van hierdie “ontoeganklikheid”. Ek het gedink aan die tempel en dat daar in ander kulture plekke is waar mense glo dat hulle op “heilige grond” beweeg. Ek het vir myself probeer indink in hierdie ontoeganklikheid en probeer dink aan plekke waar ek so ʼn gevoel het van afsondering en heiligheid en dat dit ʼn eer en ʼn voorreg is om hier te kan wees. Partykeer voel ʼn mens ʼn bietjie so in groot, ou kerke of katedrale, of in ʼn besonderse natuurtoneel. Maar die plek wat ek vir myself kon indink, waar ek ʼn bietjie hiervan ervaar, was wanneer ek by mense sit in ʼn beradingsessie en die persoon bereid is om my te vertrou met dit wat in hulle lewens gebeur en ek toegelaat word om in hierdie plekke in te praat.Dit is ʼn voorreg om dit te mag beleef en net daarvoor kan ek al so baie dankie sê, nie net vir almal wat my ondersteun nie, maar meeste van alles vir die Here, dat Hy my toelaat om op hierdie pad te wees!

ʼn Dankbare, genadige terugblikdeur Elaine Henning

As ek die titel in oënskou neem, bedoel ek elke liewe woord. Ons almal weet wat genade beteken, maar ek het ʼn onbeskryflike hoeveelheid genade ontvang!

Vandat ek twee jaar gelede ʼn lewensveranderende breinoperasie gehad het, is niks meer dieselfde nie.

Die operasie is daarop gemik om pasiënte met onbehandelbare of moeilik behandelbare depressie se simptome te verlig. Ongelukkig, weens die aard van die siekte, kan dit nie genees word nie. Dit word DBS genoem, of Diep-Brein-Stimulasie. Elektriesgeleidende elektrodes word in jou brein ingeplant waarvandaan dit elektriese impulse van ʼn herlaaibare battery verkry wat onder die sleutelbeen ingeplant word en na die emosionele beheersentrum (Pituitêreklier) herlei word. Na ʼn ingewikkelde proses verlig dit uiteindelik

22 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 23

Page 13: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

die depressie. In my Afrikaans, sommer net ʼn mediese wonderwerk!

In die twee jaar na die operasie het my lewe letterlik handomkeer verander. Ek kon weer ʼn werk aanpak waarin ek vervulling en vreugde vind. Vreugde, wat my so lank ontwyk het!

Voor die operasie was ek vier jaar lank tuis, nadat ek uit my werk moes bedank omdat ek nie meer kognitief kon funksioneer nie. Ek het onmiddellik weer my studies hervat, wat ek tydelik gestaak het. Ek geniet nou weer elke oomblik daarvan en aanvaar die uitdaging met ope arms. Die lewe het weer sin en betekenis gekry waarna ek so lank gesoek het.

Daar was ook al snaakse oomblikke, wanneer ek by winkels ingaan wat toegerus is met elektriese skandeerders, wat sal afgaan en dit kos meestal mooi verduidelik om daaruit te kom! In die meeste gevalle verwys ek sommer daarna as ʼn pasaangeër. Die oorgrote meerderheid mense verstaan die konsep, sommige glad nie.

Ek sal nooit meer terugdink aan die verlede of hoe dit gevoel het om heeldag en aldag so depressief te wees dat jy nie weet of die son weer gaan opkom nie. Nóg later wens jy dit wil nie meer opkom nie. Die Here het my eerlikwaar styf vasgehou gedurende daardie tyd. Dit was ʼn skrikwekkende en vreesaanjaende ervaring, veral as jy agterkom die medici het nie meer antwoorde en veral raad nie.

My psigiater van tien jaar het later bes gegee en my meegedeel dat hy niks meer vir my kon doen nie. Dit nadat ek ook verwys was na ander spesialiste. Mens voel dan maar hoog in die nood en moedeloos.

Ek dink my behoud was dat ek nie ʼn persoon is wat daarvan hou om bejammer te word nie en het hard daarteen geveg het om nie myself te bejammer nie. Ek het dit beveg met ʼn ingeboude “hardegatgeit”. Wat na myns insiens gewerk het. My motto was altyd as mense die vraag gevra het hoekom ék nou depressie moes kry, het ek geantwoord met hoekom nou juis nie ek nie en het alles in my vermoë gedoen om myself te probeer help.

Ek is baie dankbaar dat daar wel welkome uitkoms is vir die siekte en dat dit my moes geval. Ek kon en kan die Here se hand duidelik in die proses sien.

Die Here het my uit Sy onverdiende genade gewys dat Hy help, op Sy tyd en Sy wyse, al moes dit ook deur ʼn operasie kom. Terugskouend weet ek nie of ek weer sommer die moed sal hê om so ʼn operasie aan te pak nie, maar die positiewe impak daarvan is vir die res van my lewe.

Die Here is so Genadig en Alwys, al moes ek 37 jaar lank wag vir uitkoms! Prys die Here!

ʼn Dankbare, genadige terugblik

Sestig jaar se sakke sout

Huibert en Helena Scwarzendahl het mekaar in Mei 1954 ontmoet by City Ruling waar Helena ʼn pos aanvaar het en waar Huibert gewerk het. Helena het in Randfontein gewoon en Huibert het daar vir haar gaan kuier al die pad van Reulatch in Johannesburg af.

Hulle het verloof geraak op 21 Augustus 1954. Helena het teruggetrek na Turffontein in Johannesburg waar sy in die NG Gemeente Turffontein was. Huibert was in die Gereformeerde kerk Johannesburg-Suid en ook ʼn aktiewe lid van die JV.

Voor die troue, het Helena in Januarie 1955 oorgeskakel na Huibert se gemeente. Hulle is ook daar op 16 April 1955 (op Huibert se verjaarsdag) in die huwelik bevestig deur Ds. Naas van der Walt.

Huibert was nog vir twee jaar aan die JV betrokke, daarna het hulle Mondeor toe getrek en het attes aangevra na Eikenhofgemeente. Ds. APC Duvenage was die prediker in die gemeente voor hy ʼn beroep ontvang het na Johannesburg-Wes toe.

Helena was baie betrokke by die Sustersvereniging. Huibert is bevestig as ouderling en skriba in die Eikenhofgemeente. Hulle was nege jaar in die gemeente en is ryklik geseën in hierdie tyd met drie dogters en ʼn seun.

Huibert het by EJ Kruger gewerk. Die maatskappy het getrek en hulle moes verhuis om nader aan Huibert se werk te wees om reiskostes te spaar. In April 1965 het hulle verhuis na Mayfair-Wes waar hulle nog ʼn dogter ryker geword het.

Op hierdie stadium was hulle in Johannesburg-Wes gemeente met Ds. Duvenage aan die stuur. Hul laaste prediker was Ds. Opperman. Huibert was nog steeds ouderling en Helena deel van die Sustersvereniging. Al vyf die kinders het ook in hierdie gemeente belydenis van geloof afgelê.

Huibert en Helena was vir twee jaar die kosterpaar van die gemeente.

Nadat Johannesburg-Wes ontbind het, gaan hulle oor na Johannesburg-Noord. Na twee jaar is Johannesburg-Noord ook ontbind en so land hulle in Randburggemeente – die afgelope ongeveer vyf jaar al.

Deur die genade van die Here is ons nog steeds in die huwelik verbind en daar vir mekaar.

deur Helena Schwarzendahl deur Alet du Plessis

Naasteliefde is... ʼn woonwa

Anna Swanepoel was maar ʼn kort rukkie hier lidmaat by ons - net so twee jaar - maar het ʼn werklike geestelike tuiste hier gevind. Sy was die laaste paar jaar van haar lewe as lidmaat “baie gelukkig” in ons gemeente.

Anna is vroeër vanjaar op die ouderdom van amper 78 jaar oorlede.

Ons het haar leer ken by die Handvaardigheidsdiensgroep toe sy kom help het met die naaldwerkklasse wat by die kerk op Donderdagmiddae aangebied word. Naaldwerk was ʼn groot liefde by haar – sy het selfs in haar woonwa ʼn plekkie gemaak vir haar naaldwerkmasjien.

Maar wag, kom ons begin die storie soos ek dit onthou, heel voor.

Ons het met die naaldwerklas se afsluiting aan die einde van 2013 soos gewoonlik ʼn geselligheid in die kerksaal vir die vrouens gegee. Anna was toe al ʼn hele paar maande deel van ons diensgroep.

Daardie middag bars daar ʼn hoëveldse donderstorm los met wind en hael soos ons maar min sien. Anna sit oorkant my aan die tafel en sê saggies maar baie benoud: “ek wonder wat word van my tentjie in die weer…” Ek het vraend na haar gekyk en gewonder wat sy bedoel. Later toe die geraas van die hael op die dak bedaar, vra ek haar wat sy bedoel met die tent waarvan sy praat.

Sy vertel toe dat sy by haar seun woon wat ʼn tuinwoonstel huur. Daar is nie ʼn kamer vir haar nie, en aangesien dit haar enigste heenkome was, het sy toestemming gekry om in die agterplaas vir haar ʼn tent op te slaan. Dit was haar kamer en sy het verder die woonstel se geriewe gebruik.

Sy het ons genooi en ons het gaan kyk na die tentjie, waar haar goed netjies uitgepak was en sy die omgewing vir haar aangenaam gemaak het – maar dit was nie ʼn plek vir ʼn dame van 76 om in te woon nie. Ons het met die hulp van Ds. Charl en die Barmhartigheidsdiensgroep koppe bymekaar gesit en besluit dat in hierdie geval ʼn woonwa die beste oplossing sal wees – en ons het begin soek na ʼn goeie tweedehandse woonwa. Eers baie internet advertensies, dan ry om te gaan kyk (soms op gehawendes afgekom), van die een plek na die ander – en toe kry ons ʼn woonwa (nie groot nie – net 2 beddens) wat nog in ʼn baie goeie toestand is, en die Barmhartigheidsdiensgroep koop dit vir ʼn billike prys by ʼn Christen-oom in Vereeniging.

Nadat die woonwa mooi skoongemaak en “opgedolly” is met elektriese liggies en gordyntjies, ʼn yskassie en mikrogolfoond (wat deur ʼn lidmaat geskenk is), het ons dit na Anna se woonplek toe gesleep en daar staan gemaak in die plek van die tentjie.

Anna was in die wolke. Dit was haar huis. Sy het haar goedjies daar uitgepak, haar naaldwerkmasjien op die tafeltjie staangemaak en ons genooi om te kom kyk. Sy was so trots op haar nuwe woonplek – haar “paleis” het sy dit genoem. Toe die winter later naderkom en die nagte baie koud word in die woonwa, het die Barmhartigheidsdiensgroep weer gehelp en is daar vir haar ʼn warm donskombers aangekoop. Sy het dikwels vertel hoe heerlik warm dit nou in die nag is.

In hierdie tyd het sy soveel hulp en liefde gekry by haar bure, Patrick en Ina Pillay. Sy het dikwels by hulle gekuier en oorgeslaap. Hulle het haar rondgery vir haar medisyne en hospitaalbesoeke en haar in alle opsigte gehelp en ondersteun. Hulle was vir haar baie kosbare vriende.

Anna het vir amper ʼn jaar in haar paleis gewoon. En toe besluit haar seun dat hy ʼn groter woon- en werkplek nodig het en ook vir sy ma beter huisvesting. Hy het ʼn huis naby Krugersdorp gehuur en Anna het geweet sy moes trek. Sy het baie gemengde gevoelens gehad oor die saak. Sy het gesê: dit sou lekker wees om haar eie kamer te hê… maar sy sou haar woonwa mis. Sy sou haar vriende mis en boweal sou sy die gemeente mis waarvoor sy so lief was. Sy het nie self vervoer gehad nie en sou net by geleentheid kon kuier. Sy het met ʼn seer hart weggegaan. Ek onthou nog hoe verwese sy daar gestaan het toe ons die dag voor hulle sou trek, die woonwa kom wegsleep het.

Maar Anna het aanhou terugkom. Sy het met haar seun gereël om haar af te laai op Sondae, of sy het sommer vir die week of die naweek by Patrick en Ina kom kuier en saam kerk toe gekom. Sy het ook dikwels nog Donderdae by die naaldwerkklas opgedaag. Ons het gesien dat haar gesondheid agteruitgaan. Sy het hartprobleme gehad en die kragte het al minder geword.

Toe is sy vanjaar in April stil in haar slaap oorlede. Sy is vanuit haar geliefde gemeente begrawe.

Ek dink haar paleis was vir haar die simbool van die liefde van God en van die gemeente.

24 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 25

Page 14: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop

Drie van ons lidmate skryf oor hulle blomme-stap-kyk (101 Eco-walk) in Namakwaland.

Ons gee die eerste tree, na God se tuin vol afwagting vir wat voor ons lê. Na een baie dapper stapdag in Skilpad tussen God se kunswerk, en saam 14 nuwe fabuleuse stap- vriendinne het ons “well done”!! die eerste 22 km gestof en gegruis. Ek gaan slaap met ʼn gebed in my hart: dankie Here vir hierdie euforie-gevoel diep binne my hart. Maar deur daardie nag jaag ʼn droom, of nee nagmerrie in ʼn ou spookdorp my rond in Kamieskroon, toe angs en vrees my in die donkernag oorval. Ek gooi toe maar die volgende dag ʼn draai in die ou kerktuin en daar sien ek die mooiste Kokerboom. Ek los die nagmerrie sommer net daar.

Dag drie se eerste skof van 9 km stap ek spesiaal vir my “Mami”, ek het verlang, gehuil, gelag, na haar stem gesoek in elke geel blom, toe ek hoor sy kom sê vir my, tree vir tree is sy in my hart en God is by my, die Here dra my met ʼn engel aan my sy en ek kan maar net weer kan dankie sê, Jesus U is so goed vir die klein my... Na byna 60 km se blommetjies kyk en baie eina-pyna’s is dit deur en deur die pyn en lyding werd en kos vir inbors en dryfkrag vir die psige. Die mooiste blommetjies in die Knersvlakte geverf deur die Groot Kunstenaar van mens.

Elke dag gee ons nog ʼn tree, elkeen van ons se tree vir tree na haar eie wenpaal met gemengde mening van hoop, liefde, genade en seën. Ek druk ʼn geel blommebos (wat se naam ek weer en weer vergeet) en stuur dit aan my “Mami” in haar hemelhuis. Een baie mooi vroeë môre sê ek: dankie Here vir nog ʼn dag, met so ʼn uitkyk oor berg en dal; wie kan dan

nie rus vir siel en gees vind nie? Waar water is en groen weivelde kom gee en bring Hy vrede. In die son se vel strale stap elke vrou flink deur die droë Knersvlakte om te sien, te kyk en ruik, te soek na haar eie vrede en rede vir elke tree wat sy gee.

Sien, hoor, voel wat ʼn voorreg en geen reg, dankie Here vir U groot genade so onbegryplik groot, kan ek ooit genoeg dankie sê? Nog ʼn blommetjie tree, dit hou net aan en aan en ek tel nie meer die treë en net voor ek wou opgee sien ek nog ʼn skepping. Die laaste dag gee ek tree vir tree met gemengde emosie; die einde van 101 is amper daar, maar ek voel net toe dit lekker raak, was dit dan nou klaar. Hierdie EEN sal ek nooit kan vergeet; dit is waar ek die groep stappers sal mis van agter en van voor in die “koor” so al singende. Waar ek die son kon gaan haal met ʼn blom in sig waar ek kon sing, hip-en-dans in my stap, vrede en vreugdes kon ervaar. Elkeen van my laaste treë gee ek vir my vriendin Lizette Fourie wat heel te vroeg moes gaan. Maat ek glo jy kon sien, my hoor sing op die Drakensberg Seunskoor se Shosholoza en Umakot met die musiek in die berge moet ek jou finaal groet “Sala KahleUmngane”.

Ek is trots op die klein my, elke vrou in hierdie groep was ʼn inspirasie ʼn wenner deur die oorwinning-tree wat ons saam gee. Die prys, ek weet ek kan, gaan weer en weer glo, hoop, vertrou op Hom wat krag kom gee. Ek sweef soos ʼn arend, ek vlieg hoog, my hele wese roep, soek, skree om terug te wees waar daar rus, stilte, vrede, vreugde, hoop, groei in groen liefde

en ander blom kleur en geure is. Ek het my nuwe volkome siel en gees in Nama van God gaan haal.

Dankie Here vir hierdie voorreg om in tree vir tree berusting te vind. Silence and going within I will find my answers. Amen.

– Wilma Bisschoff

Die Here het vir my nog altyd van Homself gewys in die natuur, maar hierdie vyf dae stap in Namakwaland (waar ek nog nooit voorheen was nie) het my opnuut aangespreek. Afgesien van die plate kleur van blomme wat hulle gesigte na die son hou, het die kleinste blommetjies, wat in die droë grond net ʼn enkele stingeltjie en miskien twee groen blaartjies, die mooiste helder blom na die son gedraai – asof dit die son wil bekoor. Wetenskaplik kan dit alles verklaar word, maar wat tot my gespreek het, was dat daardie blommetjie geleef en gegroei het, nie om ʼn groot plant te word nie, maar net sy heel mooiste blom te maak vir die Een deur wie dit ontstaan het. Die Knersvlakte met die wit kwartsklippies, wat lyk of dit soos mosaïek op die aarde gepak is, waar klein vetplantjies (bababoudjie of kreefogie) tussendeur groei – om ook sy blommetjie na die son te draai. Die klippe van die Sederberge – wat die eeue verteenwoordig – so statig en groot – soos geen aardse tuinier dit ooit kan pak nie, het my net met meer bewondering en liefde vervul, vir ons Goeie Groot Tuinier en Skepper!

– Lizette van Wyk

Mattheus 6: 28-29 “Let op hoe groei die veldlelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie. Maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie."

Dit was voorwaar ʼn voorreg om die Here se skepping van so naby te beleef. Die diversiteit in spesies het my opnuut weer laat besef hoe almagtig God is.

Die blomme van Namakwaland is ʼn natuurwonder wat slegs vir ʼn paar weke na die winterreënval pronk. Jy staar in verwondering en dink “wat kan dan nou mooier wees”, dan loop jy ʼn entjie verder en dink weer dieselfde van ʼn ander plaat blomme.

Namakwaland beslaan ʼn groter area as wat mens dink en die plantegroei verskil drasties van die een gebied na die ander. Ons het die 101 kilometer oor vyf dae afgelê en het elke dag iets anders gesien:

Dag 1: Springbok-area waar daar plate en plate oranje magrietjies voorkom.

Dag 2: Kamiesberg met sy granietkoppies, kokerbome, Euphorbia spesies en rotsformasies.

Dag 3: Knersvlakte met sy unieke vetplantjies en vygies.

Dag 4: Cederberge met fynbos: proteas, speldekussings, ens.

Dag 5: Clanwilliam-area. Ons sluit die dag en die toer af met ʼn besoek aan die blomme-uitstalling in die Clanwilliam NG kerk.

Wat ʼn ongelooflike ervaring!

– Lizelle Theron

Namakwaland deur D.J. Opperman

Op die groot saaidag van die heelalhet reeds 'n entjie duskant Wupperthaloor die kaal Noordweste'n sakkie van die Heer se bestesaad per ongeluk gelek, gelek en uitgeval.

Tree vir tree deur Namakwaland

Buffelspoort Gemeentekamp – Oktober 2015

Ons gesin geniet die gemeentekampe altyd vreeslik baie en die onlangse saamtrek by Buffelspoort was weereens ‘n wenner.

So ‘n naweek weg van die TV en dinge wat by die huis gedoen moet word, skep ideale gesinstyd. Nie net word daar saam geswem en gekuier nie, maar ons moet noodgedwonge saamwerk. Glo my, die tent op- en afslanery is omtrent vir jou ‘n spanbousessie!

Ons kuier egter nie net lekker as gesin saam nie maar leer ook ons mede-gemeentelede beter ken. So met die jare se saamkamp het ons goeie vriende gemaak en met elke kamp maak ons nuwe vriende.

As ‘nuwe’ gemeentelede wat so ses jaar terug aangesluit het by Randburg, was die gemeentekampe een van die kerk se aksies wat ons deel van die Randburg-familie gemaak het, so mag daar nog vele kampe wees, dit dien definitief die doel!

– Alita van der Walt

26 | NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 NOVEMBER 2015 | VOLUME 17 | 27

Page 15: GEREFORMEERDE KERK RANDBURG · koopware kom kyk het, kon soms nostalgies raak oor ʼn item uit vervloë dae, byvoorbeeld die ... Verwelkom asseblief ons nuutste lidmate wat gedoop