bb 7 febr 2016gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die nuutste fonds...

6
7 Februarie 2016 7 Februarie 2016 NUUSFLITS: 7-11 Febr: Week van Gebed & Lydenstyd begin 13 Febr: Passion Wêreldtoer & Betesda Kos- en Kunsmark 14 Febr: Doopherinnering & Valentynsdag Opelug- lofprysing 16 & 17 Febr: Veritas Bybelskool begin 23 Febr: Nuwe medewerker verwelkoming 26 Febr: Belydenisnaweek 28 Febr: Nagmaal #elkEEN T-hemp: Bestellings het gesluit. BETALINGS MOET NOU DRINGEND GESKIED. Slegs met bewys van betaling kan t-hemde finaal bestel en uitge- deel word. Ons Ds. Teyo Smit is 4 Febru- arie vroegoggend oorlede in 'n fratsongeluk terwyl hy rustig sy geliefde daaglikse swem in Stilbaai se see geniet het. Vir ons hier was Teyo ’n groot boom, letterlik en figuurlik. Hy het sy nommer 14 skoene goed volgestaan en diep spore in mense se harte getrap vir 20 jaar in die Durbanville ge- meenskap. ’n Gebore leier wat ook daarvoor bekend was dat sy Evangeliese spore ver UITREIK. Dit was dan ook vir hom be- langrik dat ons almal UITREIK na ons naaste, die gemeen- skap, veral die CSV, JEUG, VGK kerk en Afrika. Hy het die Uitreikbediening in Bergsig goed gevestig en altyd ’n hart vir sendelinge en projekte gehad waarby die gemeen- skap kan baatvind. Teyo was ’n opregte fami- lieman. Marguerite en Teyo was vir 41 jaar getroud. Hy is pa van vier kinders: Louise Hattingh, Helène Smit, Marguerite Potgieter en Theodor Smit. Hy was ook ’n oupa van vier. Teyo was baie aktief en avon- tuurlustig en het gereeld deur Afrika getoer met sy Isuzu bakkie. As sportliefhebber het hy veral staproetes geniet. Hy was ’n groot rugby en krieket geesdriftige en het self die Comrades marathon voltooi. Hy het die kuns goed verstaan om rondom die braaivleisvure verhoudings te smee wat in mense se geestelike lewe im- pak gemaak het. Almal onthou sy gasvryheid, met ’n hart en pastoriedeur wat immer oop was. Ons wil graag as gelowige gemeenskap ons medelye betuig aan sy vrou Marguerite en familie wat deur 'n baie swaar tyd gaan. As vriende van hom en as Bergsig ge- meenskap gaan ons hom geweldig mis. Ons gebede gaan uit na almal naby aan hom. Sy ligdraers treur saam. Begrafnisdiens: Dins., 9 Febr. om 10:00 te NG-Kerk Stilbaai NGK Durbanville-Bergsig gedenkdiens 12 Febr. om 10:00 o.l.v. Ds. Philip Scholtz Bergsig Boodskap Lydenstyd Tot wedersiens Ds. Teyo Smit LYDENSTYD (Hand. 26:3) Lydenstyd is ‘n seisoen van 46 dae waarin die kerk met vreugde, erns en pyn die versoenende sterwe van Jesus verkondig, deur sy lyding in herinnering te roep en daarop te reageer in voorbereiding op die Paasfees. Ons vier God se ingryping in die geskiedenis van die mens, waardeur Hy sy liefde en genade sigbaar gemaak het (Joh 3:16). Ons behou eensgesindheid met Christene oor al die eeue heen en daardeur bevestig ons dat God se liefde en genade van die vroegste tye af tot nou toe steeds in gelowiges se lewens sigbaar is. Wanneer vier ons Lydenstyd? Daar is sewe Lydensweke (Sondae) voor Paasfees. Ons begin dit tel op die Sondag voor Aswoensdag die jaar op 10 Feb Vandag in die diens sien ons hoe Abraham as legkaartstuk in God se groot legkaart die prentjie help voltooi. Uit Genesis 13 & 15 help Ds. Mizelle ons verstaan hoe daardie verhaal, Lydenstyd en ons #elkEEN se storie die prent voltooi. 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Deuroffer: Geopende Deure 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius 19:00 Aanddiens Ds. Johan Els 14 Februarie 2016, 2de Lydensweek Die offer is ter ondersteuning van sendelinge in Mosambiek spesifiek die Milange omgewing. Bergsig het ’n jarelange verbintenis met die Milange projek. Week van Gebed 7 - 11 Februarie Ons stel gebedstasies op waar lidmate vanaf 05:30 tot 07:00 en 18:00 tot 20:00 op enige van die dae kan kom stilraak voor God by die kerk. Die stasies gaan oor God, jouself, sondes en vergifnis, wandel in die Woord, Bergsig, die land en die wêreld. Jy hoef dus nie elke aand van die week by te woon soos in die verlede nie. Kies die datum en tyd wat jou die beste pas en kom raak rustig aan die begin van 2016. Dit is ’n goeie tyd om uit die gejaag van die begin van die jaar te beweeg vir ’n rukkie. 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo Deuroffer: Milange 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius 19:00 Aanddiens Arno Mattheus 7 Februarie 2016, DOOP, 1ste Lydensweek, Week van Gebed

Upload: others

Post on 16-Jan-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BB 7 Febr 2016gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die nuutste fonds op te raap. UITREIKPROJEKTE Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag

7 Februarie 2016 7 Februarie 2016

NUUSFLITS:

• 7-11 Febr: Week van Gebed & Lydenstyd begin

• 13 Febr: Passion Wêreldtoer & Betesda Kos- en Kunsmark

• 14 Febr: Doopherinnering & Valentynsdag Opelug- lofprysing

• 16 & 17 Febr: Veritas Bybelskool begin

• 23 Febr: Nuwe medewerker verwelkoming

• 26 Febr: Belydenisnaweek

• 28 Febr: Nagmaal

#elkEEN T-hemp: Bestellings het gesluit.

BETALINGS MOET NOU DRINGEND

GESKIED.

Slegs met bewys van betaling kan t-hemde finaal bestel en uitge-

deel word.

Ons Ds. Teyo Smit is 4 Febru-arie vroegoggend oorlede in 'n fratsongeluk terwyl hy rustig sy geliefde daaglikse swem in Stilbaai se see geniet het. Vir ons hier was Teyo ’n groot boom, letterlik en figuurlik. Hy het sy nommer 14 skoene goed volgestaan en diep spore in mense se harte getrap vir 20 jaar in die Durbanville ge-meenskap. ’n Gebore leier wat ook daarvoor bekend was dat sy Evangeliese spore ver UITREIK. Dit was dan ook vir hom be-langrik dat ons almal UITREIK na ons naaste, die gemeen-skap, veral die CSV, JEUG, VGK kerk en Afrika. Hy het die Uitreikbediening in Bergsig goed gevestig en altyd ’n hart vir sendelinge en projekte gehad waarby die gemeen-skap kan baatvind. Teyo was ’n opregte fami-lieman. Marguerite en Teyo was vir 41 jaar getroud. Hy is pa van vier kinders:

Louise Hattingh, Helène Smit, Marguerite Potgieter en Theodor Smit. Hy was ook ’n oupa van vier. Teyo was baie aktief en avon-tuurlustig en het gereeld deur Afrika getoer met sy Isuzu bakkie. As sportliefhebber het hy veral staproetes geniet. Hy was ’n groot rugby en krieket geesdriftige en het self die Comrades marathon voltooi. Hy het die kuns goed verstaan om rondom die braaivleisvure verhoudings te smee wat in mense se geestelike lewe im-pak gemaak het. Almal onthou sy gasvryheid, met ’n hart en pastoriedeur wat immer oop was.

Ons wil graag as gelowige gemeenskap ons medelye betuig aan sy vrou Marguerite en familie wat deur 'n baie swaar tyd gaan. As vriende van hom en as Bergsig ge-meenskap gaan ons hom geweldig mis. Ons gebede gaan uit na almal naby aan hom. Sy ligdraers treur saam. Begrafnisdiens: Dins., 9 Febr. om 10:00 te NG-Kerk Stilbaai NGK Durbanville-Bergsig gedenkdiens 12 Febr. om 10:00 o.l.v. Ds. Philip Scholtz

Bergsig Boodskap

Lydenstyd

Tot wedersiens Ds. Teyo Smit

LYDENSTYD (Hand. 26:3)

Lydenstyd is ‘n seisoen van 46 dae waarin die kerk met vreugde, erns en pyn die versoenende sterwe van Jesus verkondig, deur sy lyding in herinnering te roep en daarop te reageer in voorbereiding op die Paasfees.

Ons vier God se ingryping in die geskiedenis van die mens, waardeur Hy sy

liefde en genade sigbaar gemaak het (Joh 3:16). Ons behou eensgesindheid met Christene oor al die eeue heen en daardeur bevestig ons dat God se liefde en genade van die vroegste tye af tot nou toe steeds in gelowiges se lewens sigbaar is.

Wanneer vier ons Lydenstyd? Daar is sewe Lydensweke (Sondae) voor Paasfees. Ons begin dit tel

op die Sondag voor Aswoensdag die jaar op 10 Feb

Vandag in die diens sien ons hoe Abraham as legkaartstuk in God se groot legkaart die prentjie help voltooi. Uit Genesis 13 & 15 help Ds. Mizelle ons verstaan hoe daardie verhaal, Lydenstyd en ons #elkEEN se storie die prent voltooi.

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz

Deuroffer: Geopende Deure

10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz

GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius

19:00 Aanddiens Ds. Johan Els

14 Februarie 2016, 2de Lydensweek

Die offer is ter ondersteuning van sendelinge in Mosambiek spesifiek die Milange omgewing. Bergsig het ’n jarelange verbintenis met die Milange projek.

Week van Gebed 7 - 11 Februarie

Ons stel gebedstasies op waar lidmate vanaf 05:30 tot 07:00 en 18:00 tot 20:00 op enige van die dae kan

kom stilraak voor God by die kerk.

Die stasies gaan oor God, jouself, sondes en vergifnis, wandel in die Woord, Bergsig, die land en die wêreld.

Jy hoef dus nie elke aand van die week by te woon soos in die verlede nie. Kies die datum en tyd wat jou die beste pas en

kom raak rustig aan die begin van 2016.

Dit is ’n goeie tyd om uit die gejaag van die begin van die jaar

te beweeg vir ’n rukkie.

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo

Deuroffer: Milange

10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo

GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius

19:00 Aanddiens Arno Mattheus

7 Februarie 2016, DOOP, 1ste Lydensweek, Week van Gebed

Page 2: BB 7 Febr 2016gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die nuutste fonds op te raap. UITREIKPROJEKTE Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag

Bergsigprojekte oor grense

BENODIG U ’n HUISHULP/TUINMAN? Ons doen “screening” in samewerking met MES by die sopkombuis. Ons volg die verwysings op en maak seker

daar is geen oortredings nie.

Ons kan u van hulp wees teen ’n mininale donasie. Men-se met ander werke kan my ook kontak.

Vir meer inligting bel Niel Kotze by 076 400 8392 of

e-pos: [email protected]

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy

betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Bergsigprojekte op ons voorstoep

André en Marina van Fron-tida besoek Bergsig in Maart en April.

André en Marina (ons Fronti-da sendelingegpaar in Thai-

land) land op 29 Februarie in

Suid-Afrika en vlieg 2 Mei

terug.

Hulle woon op 6 Maart die eredienste by, indien ge-

meentelede wil kom groet.

Hulle is dan ook gereed om

afsprake na te kom by

omgeegroepe ens.

Kontak asb vir Marina by +66 ( 0 ) 94 980 2311 op

Whatsapp om ’n besoek-

datum te reël, of e-pos haar

by: [email protected]

Akkommodasie en ’n motor

is reeds gereël vir daardie

periode, en ons sê hartlik

dankie vir die betrokke per-sone wat dit gulhartig aange-

bied het. Mag God julle ryklik

seën vir dit wat julle in die

Koninkryk saai.

Waarvoor moet ons vir hulle

bid?

* André sukkel op die oomblik

met erge urienweginfeksie. Ge-lukkig is daar nie nierstene nie,

maar hy ervaar erge pyn by sy

niere. Ons bid vir genesing en

verligting van pyn.

* Alhoewel dit “winter” is, is die nagtemperature steeds onge-

veer 26 grade, dus is die

Oliviers redelik uitgeput en

sonder energie op die oomblik.

Ons vra voorbidding vir hulle vir hernude krag en energie.

* Die Baht het ’n nuwe

laagtepunt bereik van 2.03 teen-

oor die Rand. Kom ons vra die

Here om ook sy Hand oor die

geldeenhede te hou, en Marina en André genadig te wees wat

dit betref.

* André en Marina het dringend

’n “blaaskans” nodig voordat hulle SA toe kom. Ons bid dat

die Here dit vir hulle sal moontlik maak, dat hulle op ’n won-

derbaarlike manier ’n “af tydjie”

sal kan geniet voordat hulle SA

toe vlieg.

Durbanville Kliniek: Ons benodig BAAAIE broodsmeerders vir die Durban-ville-Kliniekprojek. Bel Louise Venter by 083 457 5595

BETESDA BOEKRAK

Die Betesdaprojek vir gestremdes verkoop goeie tweedehandse boeke en DVD’s.

Ons gaan binnekort die Betesda Boekrak bekendstel waar gemeentelede hulself kan help en boeke of DVD’s teen goeie pryse kan aankoop. Hoe meer

gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die nuutste fonds op te raap.

UITREIKPROJEKTE

Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag wil inskakel by bestaande projekte, skakel die uitreike-

kantoor deur die loop van die week.

Ons soek dringend kleingroepe, of enige individue wat betrokke wil raak by ons Hulp en Hoopprojek (vir straat-

mense in samewerking met Mes)

Ons kort ook vrywilligers by die House of Grace-projek.

Betesda Kos-en-Kunsmark Die Betesda Uitreikprojek hou op Saterdag 13 Februarie die eerste Kos-en-Kunsmark van 2016 by Bergsig se Kerksentrum in Boland-weg, Vierlanden, Durbanville van 8:30 - 14:00. Die Betesda projek ondersteun gestremde volwassenes en kinders in die gemeenskap en finansier Perdepret, ’n terapeutiese aktiwiteit met perde. Organisasies in ons ge-meenskap wat ondersteun word is die Durbanville Kinderhuis, Masonic House in Uitzicht vir persone met kwadruplegie en Yarden Children’s Enrichment Centre in Vierlanden. Pannekoek, worsrolle, koeksisters, beskuit, pasteie en ander koekigheid word te koop aangebied. Kom geniet die eetgoed saam met ’n koppie koffie of tee. Oorspronklike hand en kunswerk, tweedehandse boeke, DVD’s en CD’s word ook te koop aangebied. Boek sken-kings word dringend benodig. Vir meer inligting mbt die mark skakel Hans Human by 082 549 0518.

Attie van Wyk Laerskool Ons is besig met ’n “fleece-kombersie” projek. As daar

iemand is wat ons kan help met die skenk van klein

“fleece” kombersies (1.25m x 1.25m)

sal ons dit baie waardeer.

Skenkings kan nog tot 15 Mei by die kerk afgelwer word.

Ons het ook vier GROOT plastiekkratte met wiele nodig vir die stoor van die “fleece kombersies” in

elke klaskamer.

Dankie dat ons julle kan vra, Bergsig-maters!

Page 3: BB 7 Febr 2016gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die nuutste fonds op te raap. UITREIKPROJEKTE Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap B ladsy 3 Bergs ig Boodskap

Voorbidding

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te

word of e-pos na: [email protected]

KNIELTYD: 7 Februarie

Doopherinnering

Liewe vriende, ons wil graag van tyd tot tyd vir belydende lidmate die geleentheid gee om aan die geestelike waarde van hul doop herin-ner te word.

Die Doop bly die sakrament wat vir ons vertel dat God ons eerste liefgehad het. Dis op grond van hierdie eerste liefde van God dat ons vir Hom kan liefhê en vir Hom kan en wil leef. Die Doop vertel ook dat ons uit ge-nade gered is, sonder enige verdienste en daarom leef ons uit dankbaarheid vir ons Verlosser.

Op ons dankbaarheidsreis saam met God deur hierdie lewe, is daar bakens van geestelike verdieping wat dikwels aan ʼn spesifieke roeping gekoppel kan word.

Dit is hierdie geestelike verdiepingsgeleenthede en roeping wat direk herlei kan word na die feit dat ons gedoop is. Sondag 14 Fe-bruarie is die eerste geleent-heid vir so ʼn herinnering.

Indien jy ʼn geestelike erva-ring of roeping van God met die gemeente wil deel deur deel te neem aan ʼn doopherinneringsgeleent-heid, kontak asb. die kerk-kantoor.

Die prediker van dié be-trokke Sondag sal met jou/julle ʼn afspraak maak vir Dinsdag 9 Februarie om 19:00 by die kerk, waar-tydens die hele deelname aan die doopherinne-ringsgeleentheid verduidelik sal word.

Philip Scholtz

NAAM ADRES REDE BID VIR

Marguerite Smit en kinders Stilbaai Teyo oorlede Troos en bemoediging

Alna vd Merwe en kinders Eikendalstraat 8, 021 975 4221 Man en pa oorlede Troos en bemoediging

George Kruger Crestview 9, 083 743 5086 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Alouette Kühn De Keurlaan 37, 021 975 3511 Kanker Herstel en bemoediging

Pieter Swart Blanc de Noir 29, 082 863 1826 Aangerand Herstel en bemoediging

Mercia van der Merwe Huis Aristea Broer oorlede Troos en bemoediging

Rinie Visser en gesin Palomino 14, 021 976 6078 Moeder oorlede Troos en bemoediging

Johan van der Vyver Altydbosslot 4, 021 975 7729 Vrou oorlede Troos en bemoediging

Etienne vd Vyver en gesin Altydbosslot 4, 021 976 7154 Moeder oorlede Troos en bemoediging

Leon en Karin Theron Wanderersslot 9, 072 326 5900 Motorongeluk + operasie Vinnige herstel

Pierre Cloete (seuntjie) Crownsingel 2, 021 976 0055 Negatiewe diagnose Bemoediging

Francois van Wyngaardt Andre (pa) 082 465 4957 Goeie nuus is dat

Francois sy polse kan

beweeg. Baie dankbaar.

Dankie vir al die gebede

Alida Nel La Gratitude 25, 082 554 9904 Voortdurende pyn Verligting van pyn

Tania de Villiers (Amerika) Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging

Maan Lötter Joosfontein Plaas, 083 658 7956 Kry tans bestraling Herstel en bemoediging

Rhalene Uys Murraystraat 62, 021 979 2415 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Hennie en Cora Kotze Terrace Du Ville 14, 021 976 0562 Gesondheidsprobleme Herstel en bemoediging

Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 082 371 2542 Kanker Herstel en bemoediging

Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Kanker terug Volkome herstel

Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

Hester Hayes 082 528 8599 Mediese behandeling Troos en bemoediging

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

Page 4: BB 7 Febr 2016gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die nuutste fonds op te raap. UITREIKPROJEKTE Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag

Www.bergsigdv.co.za

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap B ladsy 4 Bergs ig Boodskap

Program vir die week:

Dit is al algemeen bekend dat Graanendal

in Durbanville (wat binne Bergsig se ge-

meentegrense lê) binne die volgende 5 jaar 20 000 nuwe huise gaan bykry.

Die ander goeie nuus is dat Bergsig reeds

’n erf van 5000m2 by die ontwikkelaar

(gratis) gekry het om ’n nuwe gemeente te

plant.

Om ons as gemeente voor te berei vir die kerkplanting wil ons graag ’n taakspan va-

nuit die gemeente oplei en saamstel om oor

hierdie planting te begin dink, bid en droom.

Vir die opleiding in kerkplanting is ons BAIE

opgewonde om die jaar ’n internasionale kerkplantingskursus aan te bied oor vier

naweke (22 – 23 April, 10 – 11 Junie; 19 –

20 Aug en 28 – 29 Okt).

Die kursus is afkomstig vanaf Fresh Ex-

pressions uit Engeland (www.freshexpressions.org.uk) en word die

MSM kursus (Missions Shaped Ministry)

genoem. Pastore en lidmate van verskillen-

de denominasies gaan ook hierdie kursus by ons kom bywoon.

Die koste wat ’n sertifikaat van Engeland

insluit is R2 750 pp. Daar sal egter beurse

vanaf die sinode beskikbaar wees vir NG

Kerk lidmate wat dit wil bywoon.

Kontak Ds Johan Els vir meer inligting [email protected]. Sien ook meer

by:

www.freshexpressions.co.za vir die inter-

nasionale konferensie wat 16 – 18 Februar-

ie in Kaapstad aangebied word.

Hierdie is weereens ’n wonderlike geleent-heid waar ons leer om op ’n vars / NUWE

manier kan kerkwees.

BERGSIGVROUE

8-10 April VROUEKAMP

Plek: Mizpah Grabouw

Koste: R700pp (R350 deposito)

Tref afbetalingreëlings met Karin Bosman 082 921 9794.

Vrouens wat by die bediening wil

inskakel bel Heidi Botes by

083 399 2013.

Hoop vir Kinders SA EE3 Fasiliteerder, toerusting en akkreditasie NG DURBANVILLE-BERGSIG Dit gaan strek oor 2 naweke. Vrydag 12 Februarie – Saterdag 13 Februarie & Vrydag 19 Febru-arie – Saterdag 20 Februarie. Die prakties en toets volg Sondag 21 Februarie tydens die 10:00 diens. Enige iemand van 12 jaar en op is welkom om die kursus te doen. Inskrywingsfooi R350 Die inskrywing sluit opleiding, handleiding en etes in.

Bergsig het geestelike boeke aangekoop wat

te koop is.

Daar is ook boeke wat op uitleenbasis beskikbaar is.

Laastens is daar ook titels oor verskeie

onderwerpe wat op bestelling beskikbaar

sal wees.

Kontakpersoon: Juanita Fourie kleingroepe@

bergsigdv.co.za

Daar is 20 EK GLO boeke

@ R100 stuk te koop by die kerk. Die oorspronklike prys

is R149.99 by CUM boeke.

Die boek dek kwartaal 2 - 4

se veldtog preekreekse.

Juanita Fourie sal in die

binnehof wees indien jy voor-

af jou boek wil aankoop.

Ons het al R618 679-00 ingesamel. Help ons asb. om die mikpunt te bereik.

Durbanville-Bergsig eer God vir sy voorsiening en as die Een wat alles onderhou in die Skep-ping.

Koeverte en ander in-betalings is steeds welkom tot Febr. 2016 vir die Ko-ninkrykbestuursveldtog.

Gebruik ook Zapper of Snapscan vir jou

bydrae.

Elke 100 verteen

woordig R

100 000

Koninkrykbestuursveldtog

Kerkwees

Page 5: BB 7 Febr 2016gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die nuutste fonds op te raap. UITREIKPROJEKTE Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag

Ons is BAIE opge-wonde dat die Veritas Bybelskool (www.veritascollege.org) van dié jaar af by ons aangebied gaan word.

Die hooffokus van Veri-tas is om lidmate toe te rus met die basiese vaardigheid om die By-bel verantwoordelik te kan lees, van toepas-sing te maak vandag en bedieningsvaardighede te leer. Jy kan verwag om geweldig te groei in jou verhouding met Je-sus omdat jy God se stem baie duideliker leer onderskei vanuit die Woord.

Module 1 word die jaar by Bergsig aangebied elke Dinsdagoggend vanaf 16 Febr. om 9:00 deur Ds. Johan Els. Dit word herhaal op Woensdagaande vanaf

17 Febr. om 19:00 en word deur Eshter Goos-en aangebied.

Die kursus strek tot Ok-tober. (Hou kalender dop vir aftye oor langnaweke en vakansies).

Die koste vir die hele jaar is R375 per deelnemer.

Kontak Ds. Johan Els vir verdere navrae by

[email protected]

Inligtingspamflet by deure beskikbaar.

Leer jou Bybel kenLeer jou Bybel ken

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

Tee vir Thailand

A-Koord verkoop weer vanaf Febr. koffie, tee en ’n eet-dingetjie in

die binnehof na afloop van beide oggenddienste.

Die wins van die verkope is ten bate van die uitreik tydens Junie/Julie vanjaar na Thailand.

Tee R5 Koffie R10

Doughnuts R2/R5 Kom kyk gerus weekliks wat die koek van die dag

is!

As jy sou wou kom help, kom gesels gerus met Oswald of Heidi ...

Ons het jou hande nodig.

PLAASFEES: KLEINGROEPE MAAK POTTE

Ons potte gaan as volg werk:

1. Groepe kan alleen werk of saamspan met nog ’n groep

2. ’n Nr 3 pot kan minstens 10 mense kos gee. Laat weet vir hoeveel mense julle kan kos maak in jul groep

3. Slegs hoenderpotte word gemaak

4. Hoender en groente word deur die Kleingroep se lede geskenk en aanmekaar geslaan (rys word deur die kerk verskaf,

5. Die geure van die hoenderpot is julle eie inisiatief

6. Kleingroepe bring hul eie gasbranders om die potte te maak en op te warm

7. Die doelwit is om so ’n 1 000 mense kos te gee

8. Bestanddele kan ook geskenk indien jy nie self ’n pot kan maak nie.

Ons sal sorg vir een betaalpunt waar bakkies met rys beskikbaar gaan wees en die mense kan dan tussen die groepe rondbeweeg om hul bakkies vol te maak. Elke groep sal ’n bordjie hê om aan te dui watter soort hoenderpot hulle beskikbaar het.

Daar is ook ’n prys op die spel vir die beste pot met die meeste gees! Dink lekker kreatief rondom die opmaak van julle stalletjie wat aansluit by die Plaasfeestema.

Indien daar groep ’n wat betrokke wil wees, maar nie kans sien vir potmaak nie, kan julle my ook laat weet. Ons het hande nodig by die betaalpunt en opskep van die afvalpotte.

PLAASFEES INTERNE STALLETJIES

Ons herinner julle weer

om die bydraelyste in te

vul en so gou moontlik terug stuur na

[email protected], by

deure in te handig of na

die kerkkantoor te bring.

Ons soek asb. baie GEWILLIGE HANDE om

vir ons afvalle te help kook

en te vries. Die afval word

verskaf.

Bergsig bedien die ge-meenskap gasvry op die

dag van die Plaasfees en

ons kan dit nie sonder ons

eie gemeente se inset doen nie.

Julle is die sleutel tot die

sukses van die dag. Ons

meet ons sukses meestal

deur die interaksie wat ons het met die gemeen-

skap en natuurlik die ge-

meente se betrokkenheid

en bydraes veral by die

interne stalletjies. Die grootste gedeelte van die

Plaasfees se wins kom uit

die interne stalletjies. Dit is

hier waar ons skouer aan die wiel moet sit.

Kry jou maters bymekaar

en kom help ons. As jy nie

kan help nie, lewer asb. ’n

bydrae. Ons is opge-wonde oor elkeen wat vir

die Plaasfees in geheel

bid en dit toevertrou aan

die Here. Bid asb. dat dit tot Sy eer sal wees en dat

ons met ons gasvryheid

die publiek se harte sal

raak en verhoudings sal bou.

Bid dat God se Genade

oor die dag sal rus. Die

plaasfees is ’n vreugde

wat ons met baie deel.

Ons nooi jou om deel hiervan te

wees en so ook

lekker by die

gemeente in te

skakel.

Die glowKIDZ juniorjeug bediening leef hul nuwe identiteit en tema

in volle vaart uit. Om hul lig verder te laat skyn is t-hemde met die

bediening se identiteit beskikbaar om aan te koop. Jou kind kan saam gloei in ’n t-hemp teen R70 en die volwassenes wat wil

saam gloei kan een aankoop teen R100.

Bestellings & betalingsbewys by Bea: [email protected]

Page 6: BB 7 Febr 2016gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou kans om die nuutste fonds op te raap. UITREIKPROJEKTE Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

Ons vra dat #elkEEN deel word van die projek. Ons het Ons vra dat #elkEEN deel word van die projek. Ons het reeds iemand gekry om die waterbottels na die water-reeds iemand gekry om die waterbottels na die water-

punte te vervoer. Bring bottels water (gekoop of punte te vervoer. Bring bottels water (gekoop of kraan) en help om ’n verskil te maak aan die kraan) en help om ’n verskil te maak aan die

noodgeteisterde droogtegebiede.noodgeteisterde droogtegebiede.

Bel Bea met navrae: 082 924 1151Bel Bea met navrae: 082 924 1151

André en Annamarie Thiart is

vandag met besoek aan Dur-

banville-Bergsig. Hulle is jare lank sendelinge in Mosambiek

en kuier vir ’n kort rukkie in

Suid-Afrika. Gesels gerus

vandag met hulle in die

binnehof oor hul ervarings in Mosambiek.

Wat vir ons uitstaan oor hul

bediening is dat hul in ’n Mos-

lem-area werk en omdat die

Moslems baie skepties is oor Christenskap volg die

sendelingpaar die roete om

verhoudings te bou. André ge-

bruik sy bakkie as aan-

knopingspunt en help die ge-

meenskap met die vervoer van hulle goedere. Op die manier

bou hy ’n verhouding en ver-

trouensband. Dan gaan die

deur oop om dieper te begin

praat oor Christenskap. An-namarie help weer die gemeen-

skap met mediese behandeling

waar nodig en gebruik hoof-

saaklik natuurlike medikasie wat in daardie area hoofkeur

geniet. Sien gerus ’n vide-

ogreep oor hul bedrywighede

op die web by die skakel

MEDIA/VIDEO’S.

Bydraelyste ook beskikbaar op die webblad by

die skakel GEBEURE/Durbanville Plaasfees

André en Annamarie Thiart Mosambiek Sending

Indien jy belangstel om na Bergsig se preke te gaan luister gebruik die toepassing (app.) wat op selfone,

tablette en rekenaars beskikbaar is.

Via Bergsig se webblad is dit ook beskikbaar - klik op Media / Preke.