drakensberger - welkom by sa stamboek- en ... delport 083 300 1131 [email protected] noord- en...

32
DRAKENSBERGER BEESTELERSGENOOTSKAP CATTLE BREEDERS’ SOCIETY Nuusbrief/Newsletter • Des/Dec 2016

Upload: lykiet

Post on 20-May-2018

249 views

Category:

Documents


6 download

TRANSCRIPT

Page 1: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

DRAKENSBERGERBEESTELERSGENOOTSKAP • CATTLE BREEDERS’ SOCIETY

Nuusbrief/Newsletter • Des/Dec 2016

Page 2: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Tel: 0828097941 – John Roos • Webblad: www.buffalovalley co.za • Epos: [email protected]

40 Veldgetoetste Stoet bulle • 40 Geregistreerde vroulike diere dragtig of met kalf • 20 Graad verseAANBOD:

BV UTMOST

Onder beskerming van die DBTG • Diere loop op strawwe rooiwater en galsiekte suurveld en is landwyd aangepas.

36ste Produksieveiling

Buffalo ValleyBuffalo ValleyBuffalo Valleyop 15 Augustus 2017

Ons wens u liefde en vrede toe oor die feestydperk. Dankie vir u ondersteuning gedurende 2016. Voorspoed vir 2017!

50 Jaar van doelgerigte

teling & bydrae tot verbetering van die

Drakensberger.

Page 3: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Die Raad van die Drakensberger Beestelersgenootskap aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige uitsprake in hierdie uitgawe nie.

INHOUDCONTENTS2016DRAKENSBERGER BEESTELERSGENOOTSKAP / CATTLE BREEEDERS SOCIETY

Oranje Print & Packaging 2016 (058 481 2105) 150383

Buffalo Valley advertensie 2Raadslede 4Voorwoord 5Boodskap vanaf die Vise-President 5Jaarverslag 2016 7Nasionale Veiling 11Drakensberger Veilings opgesom 2016 13Algehele uitverkopings 13Neumanbroers hou inligtingsdag 14Nampo 2016 15ABSA Boeredag: Rodora en Bonheim stal uit op uitnodiging 16Keurdersvergadering & Opknappingskursus 16Keurdersopleiding 2016 17Noord-Kaap Namibië Keuringstoer 2016 18MP Hoëveld keuringsverslag 20Gauteng/Rand Keuringstoer 21Veekunde studente van die Universiteit van Pretoria besoek Drakensberger-boere 22Jeugskou aktiwiteite gedurende 2016 23Legkaartstukke van volhoubare beesboerdery 24Vrystaat toer 26Vrystaat Drakensberg Studiegroep 27Die Kersiefees op die koek 28Stamboek stel bekend SABeefBulls.com 29Te Koop 29Uit die kantoor 29Hulde aan Mona Roux 30Memel Drakensberger Stoet Algehele Uitverkoping 30Veilings / Actions 2017 31Opleidingskursus / Training course 2017 32

3Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 4: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Henk Delport083 300 1131

[email protected] en Wes-Vrystaat

Jean van der Merwe082 719 7521

[email protected]

Louis Botha082 825 2431

[email protected]

Ere-PresidentJohn Roos

082 809 [email protected]

Rodney Neuman082 746 8142

[email protected] (SHDK)

Dr Johann Fourie082 772 7716

[email protected] en Noord-Kaap

Fanie van Dyk082 774 4952

[email protected] (Bloemfontein / Karoo

Pikkie Uys082 857 5022

[email protected]

5

2016Drakensberger-raadslede

PresidentMagiel Blom 082 459 9739

[email protected] Limpopo

Vise-presidentWillie Landman

083 257 8511 [email protected]

Noordwes (Oos) / Botswana

www.drakensbergers.co.za

051 410 0974

[email protected]

Raad

sled

e

Rodney Neuman082 746 8142

[email protected] Oos-Vrystaat (SHDK)

Dr Johann Fourie082 772 7716

[email protected] Noordwes en Noord-Kaap

Fanie van Dyk082 774 4952

[email protected] Suid-Vrystaat (Bloemfontein / Karoo)

Pikkie Uys082 857 5022

[email protected] Mpumalanga

Henk Delport083 300 1131

[email protected] en Wes-Vrystaat

Jean van der Merwe082 719 7521

[email protected]

Louis Botha082 825 2431

[email protected] KwaZulu-Natal

Ere-presidentJohn Roos

082 809 7941 [email protected]

Vise-PresidentWillie Landman

083 257 [email protected]

Noordwes (Oos)/Botswana

PresidentMagiel Blom082 459 9739

[email protected]

Raadslede

4 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 5: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

VOORWOORD2016

die afgelope jaar was vol uitdagings

veral ten opsigte van die knellende

droogte en gevolge daarvan. Talle

telers en kommersiële boere het

noodgedwonge getalle tot op

die been gesny want voer was

onbekombaar en uiters duur. Daar

is telers wat van hul diere oor groot

afstande verskuif na waar kos beskikbaar was. Die

verskuiwing sal verseker ook ‘n negatiewe invloed

op die reproduksie van hul diere hê. Tog, te

midde van al die negatiewe invloede, is van

oral rapporteer van baie goeie besettingsyfers

van drakensbergers.

‘n Groot gevolg van die droogte is dat twee

hoogsaangeskrewe kuddes uitverkoop het. Johan

en Petro Rautenbach het hul Jatro Drakensbergers

stoet op die plaas Blesbokfontein, Lindley op

23 Februarie 2016 op ‘n algehele uitverkoping

aangebied. ‘n Uiters suksevolle veiling volg

en belangstellendes het van verre gekom

vir die gesogte diere. Die Kleinzonderhout

Drakensberger stoet van Peet en Dorea J van

Vuuren van Bronkhorstspruit vind op 4 Mei

2016 plaas. Daar is lewendige belangstelling en

kopers doen goeie aankope. Hier is verskeie skou

kampioene en hul nageslag aangebied.

‘n Verdere nadelige gevolg vir die

Drakensberger Genootskap is die deregistrasie

van 3 gevestigde stoetkuddes. Reinier en

Gerhardu van Rensburg van Frankfort met hul

Reinburg stoet, Kobus en Vera Davel van Belfast

met hul Moeilikheid stoet en Jannie en Madelein

Jacobsz van Davel met hul Calela stoet. Dit het ‘n

baie negatiewe invloed op die genepoel van die

Drakensbergers.

Op ‘n positiewe noot het ons dan ook nuwe

telers bygekry. Derick Orsmond het reeds die

afgelope 3 jaar diere uit die Buffalo Valley stoet

bekom en ook grond in die Carolina distrik

aangekoop. Sy Infracor Drakensbergers (KKM

IR) is verder aangevul met uitstaande diere uit

die bogenoemde uitverkopings en bulle op

Klub veilings. Dr Christo Smith van Saldana

en Emmerentia Boerdery BK van Vrede (Abrie

Cronje) sluit ook aan met sy kudde naam

Trippel C Drakensberger stoet en KKM van

CCC, Ons verwelkom hierdie nuwe lede in die

Drakensberger familie.

Carl Watermeyer word bevorder tot senior

keurder en van Zyl Naude as junior keurder en hul

lewer reeds ‘n groot bydrae tot ons keuderkorps.

Piet de Villiers is ook reeds besig om ‘n opleidings

kursus te reël. Sien kontak besonderhede elders

in hierdie Nuusbrief.

Nuwe wetgewing maak dit byna ontmoontlik

om bulle se semen op die plaas te tap en te

verkoop aan mede telers. Nageslag van bulle

wat nie goedgekeur is vir KI nie, word met

aantekening op Logix Beef verwerp. Daar is

tans semen van net 1 bul AAD990042 by Taures

beskikbaar. Ons is tans besig om in samewerking

met SA Stamboek nuwe bulle te identifiseer.

Riglyne is reeds neergelê en ‘n groep van 18

bulle is aangewys. Hierdie lys sal nou verder mee

gewerk word.Op navorsingsvlak is daar ‘n paar na-graadse

studies aan die gang. Rulien Grobler, onder

leiding van dr Carina Visser en professor Esté van

Marle-Köster (Universiteit van Pretoria), is besig

met ‘n” poena-projek” en haarmonsters is by

verskeie telers geneem vir ontleding. Sy is tans

in Frankryk waar verdere navorsing gedoen word.

Derick Orsmond het hier ‘n groot bydrae gelewer

om hierdie studie suksesvol te laat doen.

Namens die Raad wens ek u ‘n Geseënde

feestyd toe en voorspoed vir 2017.

Magiel

5Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 6: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Ons het 2016 afgeskop met ’n rand wat slegs ses Amerikaanse sent kan koop, en die begin van ’n verkiesingsjaar waarin plaaslike regerings verkies word en politici gewilde uitsprake maak, slegs vir politieke gewin. As landbouers het ons die verantwoor-

delikheid om binne ’n uitdagende makro-omgewing kos te produseer vir miljoene mense. Die een wat die beste daarby aanpas, is die een wat die meeste sukses gaan behaal. Die gesegde “The only constant is change” was nog nooit so waar soos nou nie. Die veranderende omgewing waarbinne geproduseer moet word, vereis beplanning, innovasie en ’n buitengewone passie vir dit waarmee jy besig is. Vir die pessimis is die glas halfleeg, maar vir die optimis is dit halfvol!

Nuwe geleenthedeGelukkig hou die swak rand ingevoerde vleis se pryse hoog. Die olieprys is die laagste sedert 2003 en dit hou die brandstofprys binne beheer. Die grootste geleentheid lê daarin dat die gebruik van ons produk, hoë-proteïen beesvleis, teen ’n veel groter tempo as inflasie groei. Saai-boere beproef, met berekende risiko’s, nuwe tegnologie en kultivars en behaal groot sukses om hul opbrengste te maksimeer. Die saaibedryf lyk vandag aansienlik anders as ’n dekade gelede. Die hedendaagse saaiboer het baie ondernemingsgees en is voortdurend op die uitkyk vir nuwe potensiaal om te benut. Ons kan baie hieruit leer. Vir die veeboer is daar nog baie potensiaal om te ontgin en dit skep groot geleenthede. Om dit te benut, vereis nuwe denke, innovasie en die nodige waagmoed om berekende risiko’s te neem. Die soeke na optimale produksie teen die laagste moontlike totale insette is een van die belangrikste suksesfaktore. Genetiese potensiaal vir groot vooruitgang is tot die

ondernemende veeboer se beskikking. Hierdie genetiese potensiaal, wat met toewyding uitgesoek moet word, sal boverwagte resultate lewer.

Koningin van koeieEk ry by troppe swart beeste verby en sien die groot persentasie kalwers wat by die Drakensbergerkoeie loop. Die koei wat onder uitgelese boere bekendstaan as die koningin van koeie, het weer haar deel gedoen in van die mees uitdagende omstandighede denkbaar. Dis duidelik dat die diere goed aangepas en uiters vrugbaar is – alles wat nodig is om van die veld af te produseer. In Namibië is Gerhard Maritz se Drakensberger-speenkalwers deur Agra aangewys as die suidelike streek se wenner vir speenkalwers met die beste voerkraalpotensiaal. In die Vrystaat kan die 6+-telers nie voorbly om Drakensbergervleis aan ’n bekende kettingwinkelgroep se winkels in Bloemfontein te lewer nie.

Genetiese potensiaalDrakensberger-stoetveeveilings skop in April 2016 af met die nasionale Drakensberger-veiling. Hierdie veilings duur tot einde Oktober voort. Hoë gehalte beeste word sorg-vuldig geselekteer en aangebied op veilings van hoog-staande gehalte, onder die beskerming van die Drakens-berger Beestelersgenootskap. Diere met die genetiese potensiaal om buitengewone opbrengste te lewer, is op hierdie veilings beskikbaar. Die Drakensberger is welbe- kend en het reeds diep spore getrap in die veebedryf van Suider-Afrika. Die moderne Drakensberger beskik oor die genetiese potensiaal om in die toekoms op alle gebiede van die veebedryf bogemiddeld te presteer. Die Drakens-berger se toekoms is voorwaar BLINKSWART!

GroeteWillie Landman

Die jaar 2016 sal sekerlik baie lank onthou word weens die ernstigste droogte sedert rekordhouding begin het...

vise-presidentBOODSKAP VANAF DIE

6 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 7: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

JAARVERSLAG2 16

die kantoor funksioneer goed en is Ronande Wiese goed ingeburger in die Genootskap se geledere. Mnr Chris Els het afgetree en Mnr JC van den Berg is as Bestuurder by die Sekretariaat aangestel. Die finansiële dames, me Yvonne Binding en me Eleanor de Jager doen goeie werk vir ons.

Vier Raadsvergaderings is gehou in Volksrust, Bloemfontein en 2 in Parys, vyf Dagbestuursvergaderings as telekons. Verskeie sake is elektronies afgehandel.

Henk Delport stig ‘n “WhatsApp” groep vir die Raad en het kommunikasie vinniger by Raadslede uitgekom. Die Raadslede is aktief en betrokke in hul streke. Die Dagbestuur het baie ure vir die Genootskap gewerk en verdien om genoem te word, Willie Landman (Visie President), Rodney Neuman (Finansies) en dr Johann Fourie. Ronandé Wiese het baie goed presteer en het te midde van ‘n galblaas operasie nog steeds elke dag eposse en navrae hanteer al was sy op siekverlof.

Die Tegniese komitee onder leiding van dr Johann Fourie vergader in Pretoria by SA Stamboek se kantore. Dr Japie van der Westhuizen, dr Bobbie van der Westhuizen en dr Helena Theron namens Stamboek en dr Johann Fourie en Magiel

Blom namens die Raad en ook oom Eli van der Merwe en dr Frik Barnard. Sake wat aandag kry is: Katalogus inligting, sterre stelsel, teelwaarde indekse, “Sire summary”, testis omvang van jong getoetste bulle, aanteken van keuringspunt op Logix, Kommunikasie tussen die Raad en Stamboek, Stamboek verteenwoordiger op die Raad, riglyne vir KI bulle en die nominasie van moontlike KI bulle en riglyne vir Sentrale Groeitoetsstasies. Op navorsingsgebied vergader Dr Johann Fourie, Magiel Blom en Derick Orsmond in Bloemfontein met professor Esté van Marle-Köster en dr Carina Visser van die Universiteit van Pretoria oor moontlike na-graadse studies: Dubbelvel (Dermatosparaxis), dubbelbespiering, kleur variasies met wit bo die onderlyn en rooi asook marmering en testisomvang op jong bulle in groeitoetse. Ons vergader ook met Professor Frikkie Neser van Vrystaatse Universiteit en me Lené Pienaar van LNR waar haar studie oor die rassamestelling bespreek word.

Die Beef Genomics Programme (BGP) vergadering in Bloemfontein en is Magiel Blom, dr Johann Fourie, dr Liesel Foster, Henk Delport en Derick Orsmond teenwoordig. Die BGP is goed op dreef en is 274 ontledings vir die eerste jaar reeds gedoen en 140 monsters vir die tweede jaar is besig om ontleed te word. Ontledings wat vir na-graadse studies gedoen

2016 is die Jaar van Uitdagings en is die Drakensberger Genootskap ook nie gespaar nie. Groot druk op ons getalle is die gevolg van die erge droogte wat in groot dele van die land geheers het en verskeie telers moes noodgedwonge getalle gesny het.

Die jaar 2016 sal sekerlik baie lank onthou word weens die ernstigste droogte sedert rekordhouding begin het...

7Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 8: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

is, is ook opgeneem in die BGP. Ons benodig nog ongeveer 500 monsters gedurende vir volgende jaar. Die doelwit is om teen jaar drie (2017/18) 1 000 profiele beskikbaar te hê om ‘n Verwysingsraamwerk vir die Drakensbergers saam te stel. Suksesvolle deelname is slegs moontlik as ons telers deelneem en genoeg biologiese montsters beskikbaar stel.

Stamboek hou gedurende Februarie ‘n spesiale AJV rakende die hofstryd en skikkings voorstelle met die LNR. Magiel Blom, Willie Landman en Henk Delport woon die vergadering by. Stamboek se begrotingsvergadering in Junie word deur Willie Landman en Henk Delport bygewoon. SA Stamboek se Jaarvergadering word deur Willie Landman en Henk Delport bygewoon.

Nampo: Henk Delport en Pieter Esterhuizen het vooraf die stalletjie oorgeverf, herstelwerk gedoen en mooi gemaak. Dank aan veral Pieter vir sy harde werk en insette. Fanie van Dyk en Piet de Villiers is ouder gewoonte elke dag op hul pos en doen uitstekende bemarking. Ronande Wiese het ook by die span aangesluit en Noord-Wes se telers was gereeld daar. Gawie en Frik Roux voorsien die bul en koei met haar kalf vir binne en Black Hills Drakensberger kruiskalwers wat reeds afgerond is. Henk het oudergewoonte weer ‘n paar briljante idees gehad en het drasakke laat maak met ons logo op. Telers is die kans gegun om hul persoonlike logo’s op die sakke te laat druk om sodoende die koste te delg. Delram, Rouvus, Black Hills, Black Fox, Mambane, Hymgert en Byron Cumin is betrokke.

Bloemfontein skou: Die ras word in die Groeitoets klas deur GR130073 verteenwoordig en die Landbouweekblad koei is ook uit die Rouvus stal GR060606. Black Hills Drakensbergers is ‘n finalis in die kudde kompetisie met hul Platinum toekenning vir hulle kudde.

Die LNR het lede genooi om deel te neem aan hul toekennings tydens die Lenteskou in Pretoria. Jan Dhooge met sy D’Hofstee kudde is die Gauteng wenner en HN040080 van Neuman Broers is die Farmers Weekly koei vir 2016.

Uitstallings word gehou by Hartebeesfontein se skou deur dr Johann Fourie, Ermelo skou deur Petrus Taljaard, Cronje Boerdery se inligtingsdag deur Rodney Neuman en Pikkie Uys, Amersfoort Golfdag met Corné van der Merwe die organiseerder. Pikkie Uys stal ‘n Gryshoek bul uit en stap met die louere van die golfdag weg (jammer Pikkie dit was nie deel van die PGA reeks nie).

Inligtingsdae gehou: Fox in the Hills op Rooipoortjie naby Potchefstroom Willie Landman, Jean van der Merwe en Johann Fourie. Neuman Broers se dag op Newlands naby Vrede, Rouvus dag naby Ventersburg en 6+ Telers by Helderfontein Brandfort, Hekpoort Inligtingsdag Johan van Staden, Martin van Wyk. Kersiefees - Henk Delport. Jeugskou - Johan van Staden. Die Tukkie studente besoek Vrede gebied en Louis Botha en Rodney Neuman is ons ambassadeurs. Spesiale woord van dank aan dr Hannes Dreyer vir sy insette om ons blootstelling te gee. SA Stamboek hou ook ‘n reeks inligtingsdae in hul onderskeie

streke om die LogixBeef kudde toekennings te doen, Black Hills Drakensbergers van Willie Landman en Jean van der Merwe is die Noord Streek se wenner met hul Platinum toekenning. Edwin Schroeder ontvang Goud en is KwaZulu Natal se wenner. Goud word ook toegeken aan Gawie Roux, Fanie van Dyk en Magiel Blom. Silwer toekennings aan Nitique Drakensbergers, dr Johann Fourie, dr Liesel Foster, Carel Nel en Johan Rautenbach. Brons toekennings aan Buffalo Valley Farms, Van Zyl Naude, PWB Uys, dr Frik Barnard, oom Daan Bothma, Udo Beneke, Leonard Neuman, Neuman Broers, drs Jan en Frans Erasmus en Johan van Staden. Die Genootskap het tydens die dinee na die AJV op Parys Oorkondes oorhandig aan Carel Nel, Gawie Roux, Jan Dhooge, Reinier van Rensburg en Johannes Retief. Ander telers wat reeds oorkondes ontvang het is John Roos en Piet de Villiers.

Reklame: Me Alda Fourie is ons bemarkings ko-ordineerder. Onder haar leiding is ons nuwe logo finaliseer en tydens die dinee in Parys bekend gestel. Sy het ons pakkette met Veeplaas en Farmers Weekly bestuur en sodoende maksimum blootstelling gekry. Sy was ook die dryf agter die Bylaag wat in Maart/April 2016 in Veeplaas verskyn het. Radio onderhoude is ook gereël. Baniere is aan klubs en ‘n paar telers gegee om te gebruik tydens veilings en ander geleenthede.

Borge: Alda Fourie en Rodney Neuman was in beheer en ons borge van die jaar was: Molatek en OVK vir die Nasionale veiling.Voermol vir die dinee in ParysMSD vir die AJV.

Lede en getalle soos op 01/07/2016:Deelnemers 63Spesiale lede 8Vroulike diere reeds gekalf 4 071Verse bo 24 maande 1 553Verse 12 tot 24 maande 1 330Verse onder 24 maande 1 486Bulle bo 24 maande 942Bulle 12 tot 24 maande 884Bulle onder 12 maande 1 496Ouderdom Eerste kalwing 34 maandeGemiddelde TKP 422 dae

Wat bemoedigend is, is dat die getal laat geboortes die afgelope jaar drasties afgeneem het.

Lede wat die afgelope jaar bedank het is Johan Rautenbach, Peet J van Vuuren, Reinier van Rensburg, Marthinus Willemse en Kobus Davel en na 1 Julie 2016 ook Bospro Beef, Crous Boerdery Trust en oom Daan Bothma. Onaktiewe kuddes wat geskrap is, is J J Rautenbach, J van Loggerenberg, Blackstone Properties en J J Stevens. Nuwe lede wat aangesluit het is Dr Christo Smith, Infracor Drakensbergers van Derick Orsmond en Emmerenthia Boerdery BK van Abrie Cronje.

8 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 9: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

SA Stamboek se Jaarverslag soos op 31 Desember 2015:

2013   2014   2015  DRB Stamboek DRB Stamboek DRB Stamboek

Lede 81 2 358 75 2 077 75 2 041

Manlike diere 5 325 130 404 5 170 101 319 4 787 94 979

Vroulike diere 12 757 356 978 11 641 283 553 10 773 271 531

Manlike diere

geboortes aantal 2 086 53 402 1 881 48 270

geweeg aantal 1 628 40 035 1 565 38 258 1 125 29 419

massa 35,6kg 35,1kg 34,8kg 35,3kg 36,3kg 35,8kg

gespeen aantal 1 338 31 825 1 551 33 587 1 495 31 498

massa 232kg 232kg 214,6kg 224,3kg 213,5kg 222,4kg

12 maande aantal 763 6 200 777 6 093 703 5 496

massa 261kg 301kg 252,9kg 290,2kg 244,3kg 291kg

18 maande aantal 419 5 362 447 6 492 622 5 444

massa 362kg 421kg 366kg 398,2kg 353,4kg 406,5kg

Sentrale groeitoets 63 843 89 807 112 669

GDT 1 526gr 1 659gr 1 503gr 1 728gr 1 571gr 1 719gr

VOV 5,95 5,83 6,3 6,01 6,1 5,92

skrotum 320mm 328mm 334,3mm 339,6mm 334,6mm 338mm

Op plaas groeitoets 208 10 157 245 10 387 226 8 710

GDT 1 200gr 1 130gr 1 094gr 1 300gr 1 290gr 1 300gr

skrotum 332mm 327mm 336,4mm 338,6mm 332,4mm 343,4mm

Vroulike diere

geboortes aantal 2 011 47 487 1 764 47 024

geweeg aantal 1 691 38 597 1 583 37 604 1 065 28 380

massa 33,5kg 33kg 32,8kg 33,34kg 34kg 33,8kg

gespeen aantal 1 362 32 164 1 572 34 002 1 510 31 420

massa 214kg 217kg 197,5kg 209,1kg 198,1kg 207,8kg

12 maande aantal 1 144 19 643 1 099 19 779 1 169 17 968

massa 228kg 258kg 237,7kg 252,8kg 227,5kg 254kg

18 maande aantal 768 14 455 831 18 304 726 17 269

massa 313kg 334kg 317,7kg 328,2kg 310,3kg 327,8kg

OEK aantal 479 18 078 881 21 441 711 20 485

maande 32,8m 30m 33,7m 32,1m 34,2m 31,9m

TKP aantal 2 762 76 277 2 979 76 484 2 782 70 336

dae 419 dae 409 dae 424 dae 415 dae 424,9 dae 414,7 dae

Koei gewig geboorte 818 27 094 1 347 31 334 1 519 29 337

massa 466kg 491kg 471kg 492kg 479,8kg 492,9kg

Koei gewig speen 1 078 47 283 1 501 48 200 1 694 47 670

massa 497kg 496kg 494kg 496kg 495kg 497,7kg

Bulle Verse 1ste Aanvaar

Toere Gesien Gekeur % Gesien Gekeur % Gesien Gekeur %Mpumalanga 56 20 35.7 199 176 88.4 51 37 72.5

Gauteng 38 32 84.2 149 129 86.6 30 21 70

Vrystaat 16 11 68.8 211 185 87.7 41 37 90.2

KZ Natal 19 15 68.8 148 125 84.5 15 13 86.7

Brandfort 44 28 63.6 306 235 76.8 69 52 75.4

N-Kaap 84 39 46.4 76 66 86.8 0 0

Karoo 109 83 76.1 174 149 85.6 0 0

366 228 62.3 1263 1065 84.3 206 160 77.7

Die jaarlikse keurders opleiding skop af met ‘n vergadering in Volksrust waar verskeie gedagtes geopper word. Die aand kuier die raadslede en keurders heerlik saam. Die volgende dag is dit prakties op Gryshoek en dan volg die toere. Daar is vanjaar byna 15 000 kilometer afgelê op die toere.

9Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 10: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Spesiale Keurings

Bulle VerseTeler Gesien Goedgek. % Gesien Goedgek. %PWB Uys 39 25 64.1 107 85 79.4

Cumin Dr 15 9 60

D F du Toit 22 15 68.2

Black Hills 37 20 54.1

J Fourie 28 23 82.1

J Dhooge 2 2 100

Neuman Br 128 84 65.6

L J Botha 43 22 51.2

W Watermeyer 4 4 100

P Taljaard 1 1 100

F J Barnard 3 3 100

Theunissen 1 1 100

M J van Staden 29 14 48.3

G Roux 33 26 78.8

Delram 30 19 63.3

BV Farms 51 33 46.7

Totaal 463 298 64.4 110 88 80

Die volgende keurders tree as Beskermhere op:

Jatro 23 Februarie 2016 Willie Watermeyer & Jean van der Merwe

Nasionale veiling 22 April 2016 Pikkie Uys & Johann Fourie & Fanie van Dyk

Kleinzonderhout 4 Mei 2016 Jan Dhooge & Petrus Taljaard

Buffalo Valley 25 Mei 2016 Johan Uys & Piet de Villiers

Rouvus 28 Julie 2016 Jan Dhooge & Carl Watermeyer

Karoo DK 2 Augustus 2016 Carel Nel & van Zyl Naude

Neuman Broers 4 Augustus 2016 Willie Watermeyer & Udo Beneke

OTDK 6 September 2016 Piet de Villiers & Johan Uys

6+ Telers 8 September 2016 Willem Retief & Jan Crous

SHDK & VDK 15 September 2016 Petrus Taljaard & Jan Dhooge

NWDK 6 Oktober 2016 Fanie van Dyk & Carl Watermeyer

Liesel Foster het haar PHD voltooi met die effek wat verskillende leksamestellings op diere het. Ons hartlike geluk wense aan haar. Edwin Schroeder doen baie werk onder die opkommende boere in KwaZulu-Natal ook hier ons dankbetuiging. Piet de Villiers verdien ook vermelding vir die uitsonderlike werk vir die Drakensbergers en veral onder kommersiële boere. Medelye met die afsterwe van twee geliefdes in ons geledere naamlik Tant Fritz de Villiers (Piet de Villiers se moeder) en Mona Roux (eggenote van Gawie Roux).

My dank en waardering vir elke teler vir sy/haar opofferings vir ons Drakensbergers

10 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 11: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

tydens die Algemene Jaarver-gadering is ons toegespreek deur dr Helena Theron en dr. Bobbie van der Westhuizen. Hulle het ‘n geleentheid gekry om ons meer insig te gee oor die werking en gebruik

van teelwaardes en ek glo baie lede verstaan die konsep nou beter. Teelwaardes is hier om te bly en gaan ‘n al hoe meer belangriker hulpmiddel wees, in die toekoms, met betrekking tot die seleksie van stoetdiere. M.S.D. Animal Health, een van ons getroue borge is ook ‘n geleentheid gegun om die vergadering toe te spreek en daar is van hulle produkte aan ons bekend gestel.

Die aand voor die Nasionale Veiling het ons weer soos in die verlede ‘n onthaal in die vorm van ‘n dinee gehou. Tydens die dinee is ons nuwe “Logo” bekend gestel en het die saal dan

ook feestelik voorgekom met al die Drakensberger baniere en vlae. Die nuwe embleem gaan ‘n belangrike doel dien in die toekoms wanneer dit kom by die bemarking van ons ras.

Die geleentheid is dan ook gebruik om sertifikate te oorhandig. Dr J Fourie, mnre M Blom en L Botha het die oorhandiging gedoen.

Kriteria vir die toekenning van sertifikate:Die Drakensberger Beestelers-genootskap ag sy lede waardevol en is intens bewus van die bydrae wat elke teler maak ter uitbouing van die Drakensberger-genootskap, veral ook vir bydraes met betrekking tot die opgradering van die Drakensberger-beesras.

Die Genootskap wil graag erkenning aan telers gee vir jarelange en volgehoue werk om die Drakensberger-

– R

odne

y N

eum

an

Nasionaleveiling

Ons Jaarlikse Drakensberger Nasionale Veiling het weer vanjaar plaasgevind op Vrydag 22 April 2016 by die Afri-Dome te Parys. Vir die eerste keer is ‘n Algemene Jaarvergadering gehou die dag voor die veiling, direk na ‘n Raadsvergadering.

11Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 12: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

ras uit te bou en te bevorder, en vir dienswerk in belang van die Genootskap en sy lede.

Erkenning sal gegee word vir jarelange en volgehoue bydraes in belang van die Drakensberger. Die onderstaande kriteria sal, waar moontlik, hiervoor in ag geneem word:• Jarelange diens in die ampte van die Genootskap;• Jarelange diens as Keurder en/of Beoordelaar;• Betrokkenheid by Studiegroepe, Boeredae,

Inligtingsdae;• Aanbieding van Kursusse en Seminare;• Plasing van leidinggewende artikels in

Landboutydskrifte;• Uitsonderlike prestasie-data van ‘n kudde;• Menslike eienskappe soos lojaliteit (volgehoue geloof

in die ras) en integriteit (eerlikheid);• Ondersteuning van Raads-inisiatiewe;• Enige daadwerklike aksie om die Drakensberger-ras

en die Genootskap te bevorder.

Kleure wat gekoppel is aan jare diens en/of lidmaatskap, sal as basis dien vir die erkenning van meriete, naamlik:

BRONS: Word toegeken aan telers wat reeds 5 jaar lid is van die Genootskap en uitsonderlike bydrae(s) gemaak het tot voordeel van die ras, naamlik as: • raadslid of keurder;• betrokkenheid by ‘n Klub;• deelname aan veilings;• aanbieding van Inligtingsdae;• Positiwiteit t.o.v. die ras en betrokkenheid oor ‘n wye

gebied;• Doelgerigte teling en voldoening aan die

Produksiestandaarde;• Aktiewe deelname.

SILWER: Word toegeken aan telers wat reeds 10 jaar lid is van die Genootskap en uitsonderlike bydrae(s) gemaak het tot voordeel van die ras: Die kriteria soos uiteengesit onder “Brons” is mutatis mutandis van toepassing op Silwer-toekennings.

GOUD: Word toegeken aan telers wat reeds 20 jaar lid is van die Genootskap en uitsonderlike bydrae(s) gemaak het tot voordeel van die ras: Die kriteria soos uiteengesit onder “Brons” is mutatis mutandis van toepassing op Goud-toekennings.

PLATINUM: Word toegeken aan telers wat reeds 30 jaar lid is van die Genootskap en uitsonderlike bydrae(s) gemaak het tot voordeel van die ras: Die kriteria soos uiteengesit onder “Brons” is mutatis mutandis van toepassing op Platinum-toekennings.

OORKONDE: Erkenning word verleen aan ‘n persoon vir uitsonderlike bydrae(s) gelewer ter bevordering van die Drakensberger. Word ook toegeken aan Ere-Presidente. Die Oorkonde is die hoogste toekenning wat ‘n persoon kan ontvang.

Die volgende lede is genomineer en het sertifikate ontvang:

Oorkondes Carel Nel Johannes Retief Reinier van Rensburg Edwin Schroeder Gawie RouxJan Dhooge

Platinum Sertifikaat Rodney Neuman Magiel Blom

Goue Sertifikaat Eli van der MerweFanie van Dyk Johan Uys

Silwer Sertifikaat Johann FouriePikkie UysFrannie du ToitPetrus TaljaardGerhard MaritzJohan van StadenLiesl FosterWillie Watermeyer

Brons SertifikaatWillie LandmanJean van der MerweUdo BenekeHenk DelportCarl Watermeyer

Die dag van die veiling kan as ‘n reuse sukses beskou word. 52 Kopers registreer, en uit die 17 Bulle wat aangebied word, word 15 verkoop teen ‘n gemiddelde prys van R37 733.33. Die bul wat die hoogste prys behaal het, behoort aan mnr Freddie Wasserfall en is verkoop aan mnr Petrus Taljaard vir R57 000. Bulle van Mnr E.J.L van der Merwe en Black Hills behaal onderskeidelik pryse van R50 000.00 en word verkoop aan Drakensberger Investments (Dr Johann Schutte) asook Dirk en Kotie Lourens.

Die aanvraag na die vroulike diere was baie goed en rekord pryse word behaal met 100% verkope en 2 bulkalwers word vir R24 000.00 gemiddeld verkoop.

Die rekord prys van R53 000.00 word behaal deur ‘n koei van die Neuman Broers. Sy is gekoop deur dr Johann Schutte. Haar 7 maande oue kalf word deur Black Hills Stoet gekoop vir R13 000.00. ‘n Agt maande oue bulkalf van die Neuman Broers word vir R35 000.00 verkoop aan die Bezuidenhout van Brandfort. Dit is dan ook ‘n nuwe rekord.

CMW / OVK het die veiling aangebied en Mnr Deon Klopper was die afslaer. Ons sien uit na die volgende Nasionale Veiling wat gaan plaasvind op 28 April 2017 en doen ‘n beroep aan alle telers om die veiling te ondersteun.

Rodney Neuman

12 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 13: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Veilings opsomming 2016

BULLE KOEIE VERSE

Aan

bod

Verk

oop

Gem

Hoo

gste

Aan

bod

Verk

oop

Gem

Hoo

gste

Aan

bod

Verk

oop

Gem

Hoo

gste

Nasionale veiling 17 15 37 733,00 57 000,00 5 5 30 200,00 53 000,00 5 5 13 300,00 17 000,00 * 2 2 24 000,00 35 000,00 Buffalo Valley 36 16 29 844,00 45 000,00 46 10 12 850,00 15 000,00

Dundee 4 4 29 000,00 33 000,00 Rouvus 32 11 34 091,00 62 000,00 Karoo DK 17 8 17 750,00 30 000,00 OTV Ermelo 6 6 39 166,00 46 000,00 Neuman Broers 49 49 46 143,00 120 000,00 OTDK 20 20 31 200,00 44 000,00 2,00 2,00 10 500,00 11 000,00 2,00 2,00 8 750,00 9 500,00 6 Plus Groep 23 7 30 572,00 43 000,00 20 20 11 425,00 8 8 7 000,00 SHDK Vrede 39 27 32 593,00 70 000,00 RouxvilleNWDK Klerksdorp 27 21 28 905,00 45 000,00 1 1 20 000,00 20 000,00

272 186 34 933,00 630 000,00 74 38 14500 53 000,00 15 15 9 333,00 17 000,00

* 8 maande oue bulkalwers

veilings opgesom

johan en Petro Rautenbach van Lindley het hul Jatro Drakensberger Stoet op 23 Februarie 2016 op ‘n algehele uitverkoping aangebied. Kopers het van wyd en suid gekom om van hierdie gesogte genetika te bekom. Al die diere

op die veiling is verkoop. 35 Bulle, meestal net bo 18 maande, is vir R24 528 gemiddeld verkoop met die hoogste prys van R52 000. 11 Dragtige koeie behaal R10 818 gemiddeld en die 123 3-in-1’s verkoop teen R17 102 gemiddeld met ‘n hoogste prys van R25 000. Hier was veral baie belangstelling. 18 Dragtige verse verkoop teen R9 417 en 49 oop verse teen R7 095. Mike Killassy het as afslaer opgetree.

ALGEHELE UITVERKOPINGS

peet en Dorea van Vuuren van Bronkhorstspruit hou op 4 Mei 2016 hul uitverkoping. Peet was besonder emosioneel op die dag. Dit was immers sy trots en verskeie skoukampioene was uit sy stal. Die voortslepende droogte het sy tol geëis

en het tot hierdie besluit aanleiding gegee. Sewe Bulle word verkoop teen R26 786 gemiddeld met die hoogste prys van R40 000. ‘n Gemiddelde prys van R 13 271 (oor 70 koeie) word behaal met die hoogste prys van R 20 000. Nege en vyftig koeie (sonder kwalwers) teen R10 814. Nege en twintig verse tussen 12 en 18 maande teen R10 345 met die hoogste prys van R14 500 en 14 speen verse teen R5 500. Wessel Meyer en sy span van Vleissentraal Ermelo met Mike Killassy op die rostrum, het die veiling behartig.

13Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 14: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Die Neumanbroers van Vrede, bekende Drakensberger en Merinotelers, het onlangs ‘n uiters suksesvolle inligtingsdag aangebied waarop aspekte van teling en teelbeleid onder die loep gekom het. Sprekers tydens die geleentheid

was Barry Symons van Estcourt in KZN, Willie Landman, vise-president van Drakensberger SA, Pikkie Uys, Drakensbergerteler van Volksrust, Gert Smit, president van Merino SA en dr Hannes Dreyer van Veldbul en - Ram SA.

Die Neumans het vanjaar weer ‘n top aanbieding van beide Drakensbergers en Merinos op hulle jaarlikse veiling uitgestal en dit was veral die balans in die aanbieding wat opgeval het. Die Neumans is bekende ondersteuners van veldbul- en veldramtoetse, en vanjaar is daar geskiedenis gemaak deurdat data wat tydens die veldbultoets gegenereer is, deur SA Stamboek bygewerk is by die bulle se teelwaardes op Logix. Dit is veral Rodney Neuman wat hierdie inisiatief gedryf het om uiteindelik, nadat ‘n ooreenkoms tussen Veldbul en -ram SA en SA Stamboek ‘n paar jaar gelede onderteken is, die proses tot so ‘n mate te verfyn dat veldtoetsdata nou in Logix opgeneem kan word.

Volgens dr Hannes Dreyer, Besturende Direkteur van Veldbul en -ram Suid-Afrika, is dit uiters voordelig dat daar nou ‘n gesamentlike veilingskatalogus uitgegee kan word wat voornemende kopers baie beter leiding kan gee oor die eienskappe van ‘n betrokke dier.

Die sprekers tydens die inligtingsdag. Hier staan van links Pikkie Uys, dr Hannes Dreyer, Gert Smit, Leonard Neuman, Willie Landman, Rodney Neuman, dr. Theuns Laas (programbestuurder tydens die dag) en Barry Symons.

Neumanbroers hou inligtingsdag

Op 20 Augustus 2016 het die 6+ Drakensberger Telers hul jaarlikse INLIGTINGSDAG aangebied op die plaas Helderfontein Brandfort.

Vroegoggend het al die belang-stellendes opgedaag. Vrouens en kinders

kom ook saam, want hier word altyd gesellig saam gekuier.Manus Putter, voedingskundige en eienaar van Putter

Voere, kom gesels oor weidingsbestuur, voedingstekorte en veldbestuur tydens die droogtetydperk. Die inligting wat hy gee oor rysmierbeheer laat almal met nuwe planne van hoe hulle die probleem op hul eie plase gaan vasvat.

Johannes van Rooyen, Zoetis, vertel watter veesiektes ons moontlik kan verwag na die eerste reën geval het.

Fanie van Dyk bespreek ‘n bul en die eienskappe van ‘n stoetbul.

Carel Nel bekende teler en mede 6+ Telers lid vertel hoekom hy al 40 Jaar by die Drakensbergerras betrokke is.

Ons sluit die dag af met ‘n heerlike “steak” ete.Sien julle volgende jaar 19 Augustus 2017 op Helderfontein.

6+ Telers INLIGTINGSDAG 20 Augustus 2016

14 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 15: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Soos elke jaar was ons geliefde Drakensbergerbeesras weer goed verteenwoordig by Nampo en was dit weer vir my en nog lede ‘n voorreg om ons stalletjie te beman. Met ‘n stalletjie wat baie netjies vertoon het met blinkoog-entoesiastiese

verteenwoordigers en mooi beeste kon ons weer die gebruiklike 150 besoekers se name in ons besoekersboek inskryf.

Wat vanjaar opvallend was, is dat vele beesboere kom berig het dat die Drakens-bergers in die gebiede waar hulle boer die “punch” van die versengende droogte, die beste weerstaan het. Waar ander beesrasse gekwyn het en selfs verkoop moes word, het Drakensberger beeste sterk gebly.

Ons dank aan Gawie en Frik Roux vir hul bul, koei en kalf wat in ons binnestal baie goed vertoon het, al was hulle maar net 3 jaar oud. Dankie Willie Landman en Jean v.d. Merwe vir die pragtige kruiskalwers wat in die buitekraal besoekers se oë laat rek het en wat nie gedink het ‘n Drakensbergerbul op kruis Simmentaler Brahman en Nguni koeie sulke bespierde kalwers kon verwek nie.

Dankie aan Pieter Esterhuizen, Henk Delport en Jean v.d. Merwe wat jaarliks ons binnestal so mooi versorg en van al die logistieke voorsien. Julle hou ons op die voorgrond.

‘n Spesiale dank aan Fanie van Dyk en Ronandé Wiese. Julle was flukse verteenwoordigers van ons ras. Fanie jy doen jaarliks reuse werk vir ons by Nampo. Dankie vir jarelange positiewe bemarking van ons beesras. Ronandé jy het jou huis en kinders en die kantoor gelos om vir 3 dae te kom saamwerk en om te leer hoe die bemarking van ons ras plaasvind. Ons waardeer die opoffering baie en jy was ook ‘n steunpilaar soos wat jy ook vir ons op kantoor is by Stamboek.

Dankie ook aan elke lojale Drakensberger-stoet en kommersiële beesboer wie se entoesiasme vir ons ras en julle besoek aan ons stalletjie ‘n groot aansporing is om volgende jaar Drakensberger weer by 2017 se Nampo te laat blink.

GroetePiet de Villiers

(Baie dankie aan mnr Piet de Villiers vir sy bydrae en lojale ondersteuning tydens Nampo)

Nampo2016

15Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 16: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

KEURDERSVERGADERING

KEURDERS OPKNAPPINGSKURUS

8 FEBRUARIE

9 FEBRUARIE

Volksrust

Gryshoek, Wakkerstroom

Die hoof spreker van die dag was die befaamde Ernst Janovsky bekende landbou ekonoom van ABSA. Ernst se hoof boodskap vir die dag was dat die landbou sektor in die wereld gedurende die volgende 50 jaar net soveel kos sal moet produseer as in die

vorige 500 jaar.Om bogenoemde te vermag sal boere anders moet begin dink en doen, deur byvoorbeeld meer aandag te skenk aan tegnologie. Plant- en diere teling sal waarskynlik ook ‘n groter bydra lewer. Die doeltreffendheid van die graan sowel veebedrywe sal moet verbeter om aan die sterk groeiende vraag te voldoen. Om op ‘n konstante basis winsgwende vee te produseer, sal beeskuddes wat hoë reproduksietempo’s met lae insetkostes, voorrang geniet.

Dit strook met wyle Prof Cas Maree se skrywe in sy reeks oor vleisbeesrasse dat die Drakensberger die geneties volmaakte ras is.

Martin van Wyk van Rodora het die dag se transport hanteer en die hoë kwaliteit diere veilig op die plaas terug besorg. Rodora Kok 2 is ‘n maand later op die Nasionale veiling verkoop aan dr Johan Fourie (Black Fox).

Die Bonheim bulkalf wat saam met sy ma vertoon is, het ondertussen ‘n groeitoets op die plaas by die Black Hills stoet in Potchefstroom ondergaan en met keuring meld Rodney dat dit die beste voorkwart en kop is wat hy nog op ‘n Drakensberger teëgekom het. Onthou gerus die naam – Bonheim Sersant. Hier is iets besonders vir ons skoustring vanaf 2017.

Rodora en Bonheim beplan om hul uitstalling van uitstaande diere volgende jaar uit te brei na die Adoonsfees op Magaliesburg.

Rodora en Bonheim groete hier vanuit die oostelike gedeelte van Noordwes.

Rodora en Bonheim stal uit op uitnodiging

ABSA Boeredag Maart 2016 | Hekpoort (Gauteng

Kontak vir Ronandé Wiese by 051 4100974 / [email protected] om jou plek te bespreek.

16 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 17: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Sedert die onstaan van die Drakensberger Telersgenootskap is daar elke jaar ‘n keurdersvergadering en ‘n opleidingsdag gehou. 2016 was geensins anders nie en op 9 en 10 Februarie het ons keurders weer saamgetrek op Gryshoek wat die “geboorteplaas”

van die Drakensberger ras was. Vir meer as 10 jaar agtereenvolgend word hierdie kudde en Gryshoek se gasvryheid gebruik om ons keurders en telers op die pad van vooruitgang in die Ras te onderrig. Enkele weke voor hierdie opknappingsdag bied Piet de Villiers ‘n basiese kursus vir beginners aan, en indien hulle dit sou slaag, hulle welkom sou wees om deel te neem aan ons keurders se opleidingsdag. Die doel van hierdie twee dae is om ons keurders voor te berei en in te deel vir die keuringstoere vroeg in die jaar.

Die Keurdersvergadering is om seker te maak ons

keurders is almal op dieselfde standaard rakende alle administrasie, voorskrifte en vereistes wat met keuring gepaard gaan. Die praktiese opleiding het aanvullend ten doel om al ons keurders op dieselfde bladsy te kry rondom die Rasegtheid, en visuele voorkoms volgens die standaard van voortreflikheid tydens praktiese keuring.

Tydens vanjaar se keurdersopleding was daar weereens groot belangstelling en 32 keurders en raadslede het die dag bygewoon. Die entosiasme was aansteeklik en ek is seker elkeen kon nie wag om op sy/haar toer te gaan nie. Die praktiese reeling dat keurders elke jaar wissel met nuwe kombinasies dra verder by tot die uitbouïng van ons Drakensberger-familie.

Ons keurders is die ambassadeurs van die Drakensberger bees en hulle positiewe gesindheid is van uiterste belang.

Keurders- OPLEIDING 2016

17Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 18: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Sondag oggend 8 Mei 2016. Ons rendezvous is Orkney vanwaar ons vertrek op ‘n uiters opwindende dog leersame toer. Vier individue met weinig kennis van mekaar vasgevang in die spasie van ‘n dubbelkajuit bakkie vir die volgende vyf dae en 3000km om saam te ry. Die

opdrag: Om as keurders, mede Drakensberger telers se diere te keur. Die kenmekaarsessie, net buite Klerksdorp, het reeds die ys gebreek en voordat ons Tosca bereik, het almal geweet waar elkeen vandaan kom, wat elk se kwalifikasies is, toekomsdrome, familiebande en waarom die Drakensberger elkeen se keuse is.

Dr. Johann Fourie ontvang ons ‘n uur voor sononder op sy plaas Belvedere anderkant Tosca en getrou aan sy passie vir sy Drakensbergers, moet ons dadelik na ‘n pragtige jong bul, na aan sy hart, kyk. Dit bind ons almal saam met die onsigbare band van gemeenskaplike belang naamlik ons Drakensbergers. Dr. Johann ontpop later in Kokkedoor Johann wat ons bederf met Galjoen as voorgereg en dan die sagste Rump en Ribeye saam met ‘n vars brood wat hy self gebak het. En ‘n rooietjie uit die kenner se versameling. Wat ‘n fees. Dankie Johann.

Voor slaaptyd kry die Junior lede elk ‘n stukkie huiswerk net om seker te maak ons as keurders begin die eerste dag op dieselfde bladsy in die kraal. Vroeg Maandagoggend met ‘n ysigheid in die lug begin ons met Dok Johann se verse. Ons spandeer bietjie tyd en bespreek die eerste paar verse breedvoerig om ons oë in te stel en seker te maak ons KEUR die diere volgens die standaard van voortreflikheid van die ras en klas nie diere volgens persoonlike voorkeure nie. Elke vers word gepunt. Dieselfde prosedure word met die bulle gevolg deurdat enkeles bespreek word om sodoende die keurders op dieselfde standaard te vestig. Dit is altyd ‘n voorreg om in ‘n mede stoetteler se kraal te staan en met kwaliteit diere te werk. Dr. Johann Fourie is ‘n perfeksionis in die teater en sy strewe na die perfekte word ook weerspieël in die standaard van seleksie in sy kudde.

Ons groet op Belvedere en vat die pad suidwaarts verby Vryburg na Bloubosput naby Koopmansfontein waar Francois Weideman ons inwag. Ons word verrras met ‘n span puik bulletjies met besonderse bespiering en manlikheid. Ons het ook die geleentheid om ‘n dubbel bespierde bulletjie te sien en die nodige fotos word geneem. Francois se verse, so vyf kilos

NOORD-KAAP NAMIBIA KEURINGSTOER 2016

18 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 19: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

verder, is in dieselfde klas. Baie mooi vroulike diere met goeie breedte en vleiseienskappe.

Afstande noop ons om pad te vat na Upington. Ons vertrek die volgende oggend na ontbyt daarvandaan deur die eerste duineveld en verby hakskeenpan na Aroab en dan na Gerhard Maritz se plaas nog 70km verder. Opregte gasvryheid en ‘n koningsmaal begroet ons waarna ons reguit “skaapkraal” toe gaan om met keuring te begin. Ek glo nie mens kan enige ander bees in ‘n skaapkraal keur en die kraal los in dieselfde toestand as waarin mens dit gevind het nie. Gerhard Maritz doen reuse werk vir die Drakensberger in Namibië. Hy ken ‘n bees en hy is welbekend met sy beeste. Die belonging vir sy poging vergestalt in die hoë standaard en kwaliteit diere wat ons sien. Wat ‘n voorreg. Ons keurders wil elkeen van hierdie drie telers gelukwens met die standaard en kwaliteit van hulle Drakensbergers.

Ons keuringstelsel bewys weereens die ideale te wees. Kontak met en hulp aan alle telers word verleen. Leerder en junior keurders word opgelei en die “familie” bande binne die Genootskap se mense weer hernu. Dankie aan Jean, Frik en Monja. Hierdie toer was ‘n hoogtepunt in my lewe as keurder. Met die toewyding, lojaliteit en soeke na praktiese vaardigheid en kennis wat hierdie drie potensieële keurders aan die dag lê, weet ek die toekoms van keuring EN van die Drakensberger beesras is ‘n goeie hande.

19Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 20: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Maandag 14 Maart begin oom Fanie van Dyk en ek by Petus Taljaard te keur. Sy vroulike diere het besonders goeie bespiering. Ons gaan kyk na Petrus se jong bulle en net voordat ons nat reën maak ons klaar en val in die pad.

By TWK in Ermelo koop ons reënjasse en “gumboots”, gooi brandstof en ry tot by Buffalo Valley.

Daar aangekom kry ons ‘n hamburger van tannie Lee en begin dadelik na ete keur. ‘n Mooi string verse word gekeur en ons soek ook ‘n paar verse uit wat oom Johnny op die Nasionale Veiling wil aanbied. Nadat ons padaanwysings gekry het, ry ons in die rigting van Pelgrimsrust.

Agt uur daardie aand kom oom Eli ons teggemoet gery op die grondpad in die digte mis. Hy was bekommerd dat ons sou verdwaal en nooit by hom uitkom nie. Wat ‘n voorreg om so in die berge met die Winsbees te kan boer. Dries braai die wors, ek die steak en tannie Shirley en Ingrid sorg vir die groente. Oom Eli sorg dat die wynglase vol bly en ons kuier gesellig saam.

7 Uur die volgende oggend is ons in die kraal …… dit reën. Ons keur bulle en verse en toe ons klaar is moet al die papiere oorgeskryf word en toe hou dit natuurlik op reën. Na ‘n heerlike ontbyt kyk ons na oom Eli se bulle vir die Nasionale Veiling…..werklik mooi diere.

Nadat ons ‘n sak appels gekry het, ry ons terug Dullstroom se kant toe. Hier wag Graham Esterhuysen op

ons. Na keuring en ‘n koffie is ons weer oppad. Graham se Ford ken die pad, hy moet nog lughawe toe en vlieg by ons verby.

Mike Bracher is volgende op ons lys. By hom sien ons baie mooi verse. Van hulle het al kalwers langs hulle en almal se “happy lines” is duidelik sigbaar.

Toe ons by oom Magiel stop, sak daar ‘n bui reën uit en ons besluit toe om maar die volgende oggend na sy diere te kyk. Tannie Linda kook vir ons en oom Magiel moet diep in die kas grou na die bottel wyn wat hy weggesteek het, sodat sy kinders dit nie kry nie. Na ete kyk ons na ou joernale, uitknipsels en bylae’s van die Drakensberger wat oom Magiel oor die jare versamel het. Ons gesels en bewonder ons wonderlike ras tot laat daardie aand.

Woensdagoggend keur ons die verse en bulle en na ontbyt ry ons na Claude Bentley naby Charl Cilliers. By hulle keur ons eerste aanvaarding verse……’n aanwins vir hulle stoet asook vir die ras.

Ons ry tot by Petrus waar my bakkie staan en nou terug huis-toe…….Oom Fanie het nog ‘n lang pad tot in Brandfort, ek gelukkig net 180km.

So kom ‘n kort maar baie lekker toer tot ‘n einde. Geluk aan die telers met die goeie kwaliteit diere wat ons kon keur, hou so aan.

Winsbees groeteUdo Beneke

MP Hoëveldkeuringsverslag

20 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 21: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Ons trekleier oom Piet de Villiers van Standerton se wêreld, oom Johannes Retief, kommandant uit die Karoo, ons touleier oom Henk Delport van die Vrystaat en ek Werner Vermeulen uit die Kalahari, aangestel as skriba, het soos die trekkers van ouds van oor die hele land byeengekom.

Ons het te Potchefstroom aan huis van Willie Landman ons tog saam begin. Anders as die Trekkers wat by Blesberg bymekaargekom het en nie geweet het waarheen nie, was ons trek goed beplan en ons het geweet presies waar ons sal begin en eindig.

Vroegoggend begin ons keuringstog by Blackhills Drakensbergers. Ons maak korte mette met ‘n mooi span verse, voor ons versit na die bulle wat gepunt moet word vir die Nasionale Drakensberger veiling. Al wat ek kan sê vir die Blackhills manne is: Wel gedaan! Na die suksesvolle keuring, span ons weer ons osse (Henk Delport se Land Cruiser) in, en versit ons trek in die rigting van Krugersdorp na Rodora Drakensbergers. Daar aangekom word ons ontvang deur Martin van Wyk en gou-gou draf ons sy Nasionale veiling bulle kaf met goeie punte. Na die groot wapad ry ons deur die van Wyks se spoggerige mielies en ek was net soos die Trekkers in vervoering destyds toe hulle vir die eerste keer oor die land van Natal gekyk het.

Ons volgende stop is by die Van Stadens van Bonheim Drakensbergers. Met ons aankoms weet ek dat ons nou gaan werk. Die son is warm en die beeste baie. Ons keur pragtige diere en dit is duidelik hierdie mense weet waarheen hulle oppad is. Voor ons weer die pad aandurf, geniet ons eers ‘n lekseltjie koffie by Johan-hulle aan huis, gesels lekker en handel papierwerk af. Met ons vertrek daar, op pad na Byron Cumin, begin dit reën en ek dink nie ek oordryf as ek sê daardie agtermiddag reën meer as wat dit die afgelope 3 jaar in die Kalahari gereën het. Byron het ons gelukkig darem met reënjasse toegerus. Hy neem ons tot in sy kraal met ‘n wa (wildsbesigtigingsvoertuig) wat met ‘n bokseil oorgetrek is. Ek is bly dat ek al aan die begin van ons tog as skriba aangewys is, toe kon ek onder die seil bly om te skryf terwyl die ander manne die groot reën moedig trotseer. Daar was soveel modder in die kraal soos in Modderlaer aan die voet van die Drakensberg tydens die Groot Trek. Ek sê altyd as dit so baie reën in die Kalahari vat dit ten minste drie emmers sand totdat die mense weer tot verhaal kom. Hierdie was defnitief een van daardie dae. Nadat die verse afgehandel is, het die reën effens bedaar en moes ons toe Byron se mooi Nasionale veilingbulle gaan punt; groot menere met horings; vol opwinding

van die reën. Voor ons vertrek, moes ons net gou Byron se renosterbul keur, maar jammerlik is hy afgekeur oor sy hangkruis. Dit bly immers ‘n indrukwekkende dier.

Met ons laaste skof vir die dag was ons vier Trekkers al lekker moeg en sien uit om laer op te slaan naby die Jukskeirivier. Dit was darem nie baie ure te perd tot daar waar oom Frik Barnard ons ingewag het nie. Hy het ons gou gaan wys waar ons gaan uitspan vir die aand. Ons word net genoeg tyd gegun om onsself netjies te maak, want hy vat ons na ‘n plek waar die vure hoog brand en almal vrolik is.

Ons het heerlik gekuier en baie lekker geëet. Ons het die aand saam met oom Frik en Monja terdeë geniet.

Vroegoggend neem oom Frik ons na sy smaldeel om met keuring te begin. By Hills & Dales Drakensbergers se krale net duskant die Jukskei is dit vir my opvallend hoe netjies alles is. Nie ‘n osriem, skei of juk uit sy plek nie. Daar word die standaard gestel hoe duidelik ‘n swartbees vir keuring gemerk moet word. Indrukwekkend oom Frik, indrukwekkend! Ons draf gou deur oom Frik en Monja se beeste en die keuring verloop klopdisselboom.

Nou mik ons na Bronkhorstspruit om oom Jan Ehlers te besoek. Sommer gou na ons aankoms, begin ons met die keuring. Die man se diere verras my, want oom Jan se beeste lyk die een soos die ander. Hulle is so eenvormig dat dit lyk of hulle uit ‘n prentjieboek kom. Daardie verse van oom Jan het ‘n blywende indruk op ieder en elk van ons gemaak. Voor ons laaste en verste skof na die heuwels van Heidelberg, geniet ons heerlike versnapperinge en koffie.

Op die lang pad na oom Jan Dhooge kan ons lekker gesels en beraadslaag oor die tog wat se einde byna in sig is. Wat ‘n pragtige plek is die Heidelberg omgewing. Ek is in vervoering oor oom Jan Dhooge se pragtige plaas. Met die begin van die keuring trek oom Jan eers ons been oor ‘n bul wat hy sogenaamd wil gekeur hê en ons nie wil keur nie. Darem het ons die toets geslaag. D’hofstee stoet het ‘n mooi span swart beeste wat goed gevaar het tydens keuring.

Ons sluit die keuringstog daar af en ons vertrek weer na ons bymekaarkomplek van die vorige dag. Met my lang skof huistoe, dink ek aan wat se heerlike ondervinding die tog was en wie sou ooit kon dink dat enige iets wat aan die Rand gekoppel word, ‘n mens so aangenaam kan verras.

Dit was heerlik saam met oom Piet met sy ervaring en passie; oom Johannes met sy pragtige rustige geaardheid en kennis; oom Henk met sy geesdrif vir die Drakensberger en kennis oor die moderne “meet en weet” te deel. Ek sien uit om eendag weer saam met julle op toer te gaan.

Lank lewe die Drakensberger!Werner Vermeulen

GAUTENG/RAND KEURINGSTOER

21Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 22: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Die finale jaar Veekunde studente van die Universiteit van Pretoria het vanaf 3 tot 5 Oktober 2016 hul jaarlikse besoek in die Vrede distrik afgelê. Verskeie skaap- en beesboere is besoek as deel van hul

jaarlikse praktiese opleiding. Die 50 studente het tuisgegaan in die koshuis van Vrede Hoërskool. Die studente is vergesel deur twee senior dosente mnr. Roelf Coertze en dr. Hassan. Prof. Andy Herring van Texas A&M University van die VSA, sy vrou en kinders het ook die toer meegemaak.

Op Woensdag, 5 Oktober 2016 het hulle besoek afgelê op die plaas, Rosedale van Louis en Melisia Botha. Rodney Neuman en Louis Botha het die studente ingelig oor die Drakensberger Beesras. Prof. Andy Herring van Texas was baie beïndruk met die Drakensberger beesras. Wanneer hy terug is in die VSA, sal hy die moontlikheid ondersoek om embrio’s en semen uit te voer. Die standaard van voortreflikheid is deur Rodney Neuman aan die studente verduidelik en daarna het hulle die geleentheid gehad om dit prakties toe te pas. Elke student moes 3 bulle punt. Die studente wat die punting die naaste aan reg toegeken het, sou pryse wen. Die aktiwiteit was so gewild, dat selfs die dosente, asook die busbestuurder deelgeneem het. Geleentheid om vrae te vra oor die Drakensbergers is ook gegee.

Tydens middagete is die pryse uitgedeel en die opgewondenheid was groot, want almal wou ‘n prys hê met die Drakensberg-embleem op. ‘n Borgskap van die Drakensbergerbeestelersgenootskap is aan die groep oorhandig. Die klasverteenwoordiger van die Veekunde studente het namens die groep hulle dankbaarheid teenoor die Drakensberger Beestelersgenootskap uitgespreek vir die wonderlike geleentheid om meer te leer oor die ras en ook vir die finansiële bydrae om die toer moontlik te maak.

Na middagete is die studente op ‘n sleepwa gelaai om na die Drakensbergerbeeste in die veld te kyk. Voordele om met die ras te boer is tussendeur die rit aan hulle uitgewys. Hulle het ook die geleentheid gehad om “Tant Bet se Gat” te besoek. Laasgenoemde is ‘n oorhangende krans waar Tant Bet gedurende die Anglo-Boere Oorlog geskuil het. Die rit op die sleepwa in die veld tussen die swart beeste was volgens meeste studente een van die hoogtepunte. Laat middag het uitgeputte, maar baie tevrede studente op die bus geklim, elkeen met ‘n pakkie heerlike Drakensberger-biltong.

Veekunde studente van die Universiteit van Pretoria besoek Drakensberger-boere

22 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 23: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Veekunde studente van die Universiteit van Pretoria besoek Drakensberger-boere

Bonheim Drakensbergers het weereens die afgelope jaar drie bulle afgerig en voorberei vir

die Gautengse Jeugskou span. Die skou kalender was vol en ons skou op 5 verskillende skoue deur die jaar.

‘n Kind moet aan ‘n minimum van 2 streekskoue deelneem om in aanmerking te kom vir die Provinsiale span om sodoende sy/haar provinsie nasionaal te kan verteenwoordig.

In dieselfde tydsgleuf as die Drakensberger nasionale veiling in April skou ons kinders by die Lichtenburg skou. Ironies genoeg dat in hierdie besondere droë jaar reën dit op hierdie dag katte en honde in Lichtenburg – ons kinders kom koud, nat en verskeie siek by die huis.

Op 11 Mei (nog voor Nampo) skou ons by Bekker Hoërskool in Magaliesburg en voorsien die bulle vir die finale rondte van die Toyota afslaers kompetisie. Die dag word gemaak toe Johan van Staden (Snr) ook die podium betree en twee van die bulle as afslaer aan die publiek opveil. Hoe werk die kompetisie?

Die organiseerders van die kompetisie plaas skynkopers uit wat deur die afslaer raakgesien moet word. Vooraf

word gereel dat bulle sal verkoop vir R25-35 000 rand.

In totaal word 4 skynkopers uitgeplaas en die publiek het nie nodig om te bie.

Johan was die laaste afslaer vir die dag en lewer eers ‘n volledige oorsig aan die publiek oor die herkoms van die bul, Bonheim – Pikkie (14-101) wat uit die duurste vers in Drakensberger geskiedenis gebore is.

Daarna wys Bonheim se nuutgevonde aflaer sy staal en teen alle verwagtinge verkoop hy die bul Pikkie vir R80 000 aan die skynkoper wat hy self in die gehoor geplaas het.

Met die toeslaan van die bod kondig die nuwe Bonheim afslaer sy befaamde stelling vanaf die podium aan: “onthou boere, net soos jou bank, is ‘n bees beter in swart as in rooi.”

Op 30 Julie ry ons na Hoërskool Wagpos buite Brits vir die interprovinsiale skou. Die dag verloop sonder enige insidente of beserings en ons nuwe 2016 skoustring gedra hul uitstekend.

Op 1 September 2016 skou ons by die Jakaranda lenteskou, die bulle is die vorige dag Pretoria toe. Dit word ‘n baie lang dag en die groepskou klasse vind eers 17:30 plaas. Gauteng wen beide die Junior en Senior klasse by die groepskou, voorwaar ‘n besonderse

prestasie. Vir die eerste keer is daar ook ‘n Jeugskou klas die Saterdag oggend in die interras afdelings. Hier wen ons Drakensberger bul, Bonheim Yster (13-6) die klas wat deur Martin Seyffert beoordeel is. Yster vestig homself as ‘n Bonheim vlagskip in die skouring met sy besondere temperament en postuur.Skaars is ons ‘n maand terug by die huis of die bulle vertrek Saterdag 1 Oktober na Morgenzon vir die 17de Nasionale jeugskou

Die was en voorbereiding geskied in snerpende koue hier in Mpumalanga in die hart van Drakensberger wêreld by Morgenzon Landbouskool.

In die junior afdeling wen ons met die Drakensberger 3 van die eerste 6 plekke. Voorwaar ‘n gesig om te sien as een provinsie met blinkswart beeste die topgroep van ‘n klas vol staan.

Ons juniors stoom voort en wen Woensdagoggend die vleisbeeste groepsklas vir juniors. Net na die juniors vind die senior groepsklas plaas en ons wen ‘n derde plek. Dit is werklik ‘n voorreg vir ons kinders om met sulke top diere hul harte te kan uitskou.

Gauteng Jeugskou groeteBonheim

Jeugskou aktiwiteite gedurende 2016

LINKS: Manie van Staden en Bonheim Yster, die Interaswenner (Jeugskou) by Pretoria skou.TWEEDE VAN LINKS: Ons 4 kampioene: WJ Grobler, Lindre Grobler, Manie van Staden en Bonheim Yster.

23Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 24: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Die somerseisoen wat verby is en die winter wat voorlê, laat ons met baie vrae. Die pad vorentoe gaan goeie beplanning

verg. Meer as ooit vantevore is dit nodig dat ons ‘n wel deurdagte plan vir die toekoms het. Ons beeskuddes is tot op die been gesny, party plekke gaan ons van voor moet begin. Die kernkuddes wat op die plaas is, is die toekoms van SA se beesbedryf. Ons het nodig om oor die volgende te dink:

• Hoe lyk die legkaartstukke van volhoubare beesboerdery?

• Is my beeste aangepas vir die uitdagings wat die natuur aan hulle stel?

• Gee hulle my die beste kans om suksesvol te wees?

• Syfers, teelwaardes en fisiese voorkoms - hoe gebruik ek dit om meer akkurate besluite te maak?

Seleksie is die proses waarby ‘n vleisbeeskudde objektief (meting) en subjektief (voorkoms) in ‘n meer ekonomiese eenheid verander word.

WAARNA SOEK ONS IN ONS VLEISBEES TEELKOEIE?Teelkoeie van vleisbeeste is die fisiese kern van die beesvleisbedryf. Ons soek teelkoeie wat op die hoogste vlak ekonomies doeltreffend produseer wat reproduksie, moedervermoë, aanpasbaarheid en

‘n korrekte funksionele voorkoms betref.

Met insetkostes wat op alle vlakke aanhou styg sal die seleksieklem in die toekoms toenemend op die volgende gerig word:

• teelkoeie wat hoofsaaklik vanaf die natuurlike weidings produseer,

• teelkoeie wat medium raam is, en nie oormatig (droog) bespier nie,

• teelkoeie wat elke jaar ‘n gesonde fris kalf speen,

• teelkoeie wat gras meer doeltreffend verbruik. Die meting van voeromsetverhouding sal belangrik word,

• teelkoeie wat maklik kalf om verliese te vermy,

• teelkoeie wat minder sorg en medisyne benodig,

• teelkoeie wat ‘n hoë reproduksietempo handhaaf,

• teelkoeie wat goed aanpas in hulle omgewing,

• teelkoeie wat met minder lek klaarkom. Op Omatjenne proefplaas in Namibië is die lek-iname van verskillende rastipes bepaal. Die uitheemse rasse het sowat 300% meer lek as die inheemse rasse gebruik. Dit is ‘n ekonomies belangrike verskil.

Dit sal die nodige rekordverhouding en meting vereis om sulke genetika te identifiseer en te vermenigvuldig. Dit sal van die Stoetbedryf verwag word om die voortou te neem. Iemand het gesê: “Verskillend is nie altyd beter nie – maar beter is altyd verskillend” en “Al wat ons van die

toekoms weet is dat dit verskillend sal wees” en “Die toekoms behoort aan hulle wat nou reeds daarvoor beplan.” Dit is ‘n interessante en aangename uitdaging.

HOE WORD VERVANGINGSVERSE GESELEKTEER?Die seleksieproses gaan voort na die eerste dekseisoen. Elke fase is ‘n nuwe hekkie wat die vers oor moet kom. As sy met die eerste dekseisoen nie beset raak nie moet sy uitgeskot word. As sy gehou word raak sy oorgewig en sy hou aan op hitte kom maar word nie gepaar nie. As die verse beset raak word hulle eerste kalf geweeg en geïndeks. As sy ‘n onder 90 indeks speen word sy verwyder uit die kudde. Daarna moet die eerste kalf koei weer beset wees vir haar tweede kalf.

Indien hierdie prosedure gevolg word sal die beste koeie uit ‘n jaar se versgroep eers op 6 jaar ouderdom gevestig word. Met streng seleksie kan slegs 20-30% van die oorspron- klike 20 verse in die kudde oorbly.

Verse wat versigtig geselekteer word gaan deur ‘n reproduksie en kalfgrootmaak fase wat verdere druk op hulle plaas in die seleksieproses. Indien seleksie streng bly sal die ses jaar en ouer koeie uitstekende teelkoeie wees wat pragtige verse vir die kudde sal teel.

SELEKSIE EN BESTUUR VAN KUDDEBULLEDit is gesonde praktyk om bulle sorgvuldig vir beide stoet en

Hoe gaan ons suksesvol vorentoe na een van die strafste seisoene?deur D.J. Bosman, Pri. Sci. Nat. (Veekunde) KZN, 2 Julie, 2016

Legkaartstukke van VOLHOUBARE BEESBOERDERY

FOX IN THE HILLS INLIGTINGSDAG

24 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 25: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

kommersiële kuddes te selekteer. Die invloed van kuddebulle oor ‘n 15 jaar periode is 90% van die resultaat! Indien dit moontlik is om KI op ‘n gedeelte van die kudde te doen met semen van ‘n uitstekende bul is dit ‘n stewige stap vorentoe.

Indien dit moontlik is om diere te merk, geboortedatums aan te teken en indekse uit te werk is dit

‘n verdere goeie stap in die regte rigting. Ken elke bees in die kudde, wees oplettend, neem goeie besluite en die gevolge sal uiters bevredigend wees.

Die beginsels is deurgans toegelig deur praktiese besprekings in die kraal. Oom Schalla van Schalkwyk en dr. Johann Fourie het ín ‘n onderhoud met Willie Landman

sekere praktiese aspekte van groot kommersiele en stoet kuddes bespreek. Die dag is deur meer as 120 mense bygewoon. Kontak ons gerus vir die volledige notas van die dag ([email protected]).

Sien julle volgende jaar weer by die inligtingsdag, Saterdag 8 Julie 2017!

25Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 26: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

VRYSTAATtoer 2016

dit is en bly ‘n wonderlike voorreg om op ‘n keuringstoer te gaan, om Drakensbergers te evalueer en te keur. Om in die teler se kraal te staan

en opinies uit te spreek oor sy diere, is ‘n kuns en moet korrek hanteer word, daarom gaan junior keurders saam. Hulle het die geleentheid verdien deur te presteer in die keurderskursus en word dan genooi om aan te sluit by die keurderskorps.

Carel Hancke, die leerder, en Carl Watermeyer die junior is hierdie jaar op die vrystaattoer, met Jan Dhooge die senior keurder met die ondervinding wat deur baie jare opgebou is. Wat ‘n belewenis is dit nie om saam met Jan te toer nie, altyd konsekwent, eerlik, seker en reg vir die volgende dier. Vroulike diere moet vroulikheid uitstraal, vleis eienskappe is nie belangriker as definitiewe vroulikheid nie.

Die toer begin by JP Theunissen waar ons uitstekende diere sien. Al die diere word gekeur, manlik sowel as vroulik, met nommers wat onthou moet word. Die potensiële stoetbul word sommer nou al ‘gemerk’.

Deur na Hermaas Potgieter, waar reën die vorige dag die kraal verander het, die middagete is vars gebakte pannekoek, ’n heerlike verrassing.

Dries van der Walt is die laaste keurgroep vir die dag, die paaie is natterig en ons keur diere,

al die vroulike diere is eerste aanvaardings, met die skemer wat op ons toesak. Baie dankie vir julle flink diens in die kraal, dankie vir julle begrip.

By Rodney Neuman is die slaapplek vir die aand en Cory se gasvryheid en heerlike ete rond die dag pragtig af. Keuring die volgende oggend is ‘n plesier, netjiese krale, goed georganiseerde werkers en kwaliteit diere maak die keuring ‘n seepgladde geleentheid.

Sy vriend en buurman Louis Botha is volgende op die agenda, ons voorspelling oor moontlike reën is verkeerd maar ons keur nietemin weereens pragtige diere op hierdie plaas, waar daar soveel tradisie vasgevang is. Die Drakensberger wortels is diep gebêre hier, hier waar die diere in die nat tye, waarvan daar hierdie jaar min was, sekere kampe belet word. Die Drakensbergers wei hoog, teen die koppe uit tot bo, met die risiko van gly en beserings ‘n werklikheid.

Die geleentheid om saam met Jan Dhooge, Carel Hancke en Carl Watermeyer te toer en te keur is aan te beveel. Hiermee ‘n versoek om deel te word van die Drakensberger keurderspaneel, waar kennis is en soms met moeite uit senior burgers gemergel moet word. Soos keuring ’n kuns is, net so is daardie fyn besluitnemingsproses oor die dier voor jou, ‘n kuns.

GroeteJohann Fourie

26 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 27: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Vrystaat Drakensberger studiegroep het op Saterdag 6 Februarie 2016 sy jaarlikse byeenkoms op die plaas van Johan en Petro Rautenbach (Jatro Stoet) in die Lindley Distrik aangebied.

Lede en belangstellendes het op die plaas Blesbokfontein gearriveer, borrelend gevul met entoesiasme, geprikkel deur Piet

de Villiers se aansteeklike passie vir ons pragtige Drakensberger ras. Daar was 38 persone teenwoordig. Petro se heerlike verversings het almal welkom laat voel.

Piet verwelkom almal en Thys le Roux open met skriflesing en gebed.

Die vergadering is deur die volgende persone toegespreek:1) ‘n Plaaslike boer, De Wet Coetzee het gesê dat

boere kompeterend moet word om die beste te wees in wat hulle doen, sou hulle gemiddeld presteer in hulle boerdery, gaan hul mettertyd verdwyn. Jou plaas moet jy soos ‘n besigheid bestuur en dit sluit ook jou weidings in, want dit is die hulpbron waaruit ‘n veeboer sy winste genereer. ‘n Veeboer moet presisie-boerdery toepas en dit aanwend om beter te presteer;

2) David Whitfield van Voermol het op sy charismatiese manier almal ingelig oor hul 3-fase lekprogram wat veral in die heersende droogte van groot waarde sal wees. Voermol het ook die dag geborg;

3) M.C. Campher van GWK op Senekal het bevestig dat sy besigheid wel Drakensbergers aankoop vir voerkrale en dat baie van die negatiewe berigte oor die ras ongegrond is. Hy moedig boere aan om korrekte inentings te doen op speenkalwers;

4) Neels de Villiers, voorsitter van die Vrystaatse Rooivleisprodusente Organisasie, lig die gehoor in oor verwagte prystendense vir 2016. Hy wei ook

uit oor die groeiende BM (besmetlike misgeboorte) probleem wat landswyd, katastrofiese afmetings aanneem. Hy moedig lede aan om hul diere te behandel en voor aankoop, diere te laat toets. Hy verwys ook na veldgeproduseerde vleis, waarvan die gewildheid onder verbruikers toeneem;

5) Tobie Bosman praat oor strategiese belegging en finansiële beplanning;

6) ‘n Energie-gevulde debat oor veldbeesprestasietoetsing is deur die vader van Veldbees SA, Hannes Dreyer gelei, waaraan verskeie vooraanstaande stoettelers, sowel as kommersiele Drakensbergertelers deelneem.

Johan Rautenbach het ons sy pragtige stel bulle en die vroulike diere gewys wat op sy voornemende veiling aangebied sou word. Dit het almal beïndruk en veral vir Izak Hofmeyer van Veeplaas so geïnspireer dat hy ‘n pragtige artikel in Veeplaas gepubliseer het.

‘n Nuwe bestuur is gekies: Neville Hobbs - Voorsitter; Gawie Roux - Ondervoorsitter;Christiaan van Tonder - Sekretaris; Frik Roux - Penningmeester; Tobie Bosman - Addisionele lid.

By ons terugkeer het mieliestronkvure soos net ‘n Vrystater dit kan doen, ons verwelkom. Daar is lekker gebraai, gelag, nuwe vriendskapsbande gesmee en diep Drakensbergersake gepraat, voor almal weer huiswaarts gekeer het.

Neem asseblief kennis dat die volgende studiegroepbyeenkoms plaasvind op Saterdag 4 Februarie 2017. Die plek sal nog bekendgemaak word. Cipla Agrimed, borg van die dag, sal ‘n nuwe multivitamienemiddel vir beeste Complex + A&E bekendstel en ‘n inligtingsessie oor nuwe ontwikkeling by KI by beeste hanteer.

Vrystaat Drakensberger Studiegroep groeteNEVILLE HOBBSVOORSITTER

studiegroepVRYSTAAT DRAKENSBERG

27Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 28: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Weggesteek in die skadu’s van die panoramiese Imperani bergreeks, en met die majestiuese oewers van die Caledon rivier wat daardeur kruip, lê die blom van die Vrystaat: Ficksburg.

Hier is nie ‘n winkelsentrum nie, en as dit die gejaagte lewe van die stad is waarna jy smag, gaan jy lank soek. Maar, wat hierdie beskeie dorpie in grootte kort, maak dit op in houding en trots. En met rede…

Vir die afgelope 49 jaar vier die inwoners van die “Kersie Kapitaal” jaarliks die oes van een van die mees gesogte vrugte in die wereld. Ficksburg is bekend as die eerste plek in Suid Afrika wat ‘n suksesvolle kersie oes gehad het. Vanaf Oktober tot Desember word kersies gepluk en gebruik vir ‘n verskeidenheid watertand resepte, likeur, en ander lekkernye wat toeriste kan geniet. Dit is maklik om te verstaan dat die klein vruggies gevier word.

Vanaf die 17de tot die 19de November kom talle vreemdeling en plaaslike mense bymekaar om deel te neem in straatparades, om liries te raak saam met van die grootste nasionale musiek kunstenaars in Suid Afrika, en om die aande om te skoffel in die warm weer van Ficksburg.

Terwyl dit alles heel bekoorlik is, is dit die Delram MB Uitdaging wat almal se aandag trek. Geborg deur Delram Boerdery, Caltex, Pannar en Quadro Motors, bied die resies 6 verskillende roetes aan wat wissel van 2 to 60km. Die roetes hardloop al vir die afgelope 10 jaar deur –Delram Boerdery en offer ongelooflike natuur tonele aan wat ‘n mens net in die area kan beleef. Met uitdagende opdraandes, skrikwekkende afdraandes en natuurlike struikelblokke is dit een van die mees opwindenste bergfiets roetes in Suid Afrika.En dit alles te danke aan Henk wat sy grond “Sterkfontein” beskikbaar stel.

Almal is welkom om deel te neem, en daar is beslis iets vir die hele familie om te doen – van kleuters to professionele ryers. As jy ‘n passie het vir bergfiets ry, kan jy plekke beleef wat mens nie andersins sou kon sien nie.

“Die wedren bring baie nuwe mense, en aandag, na Ficksburg toe. Dit help ons werksgeleenthede skep vir plaaslike lede van ons gemeenskap, en gee ons ‘n kans om fondse in te samel vir ons eie fietsry klub. Daardeur ondersteun ons die jeug, en bevorder ons die sport in Suid Afrika,” sê Boet du Toit.

Boet het 20 jaar terug bevind dat daar ‘n geleentheid is vir ‘n MB wedren in die area. Nadat hy die eerste byeenkoms gereel het, het die nuus soos veldbrand versprei, en van daar het die bywoning net gegroei. Die paadjies is gebasseer op sy daaglikse oefen-roetes, en is van hoë, internasionale standaard.

“Dit is werklik waaroor bergfiets gaan, en enige iemand wat al hier gery het sal vir jou sê dit moet nie onderskat word nie,” se Boet, ‘n bergfiets entoesias.

Die Kersiefees op die koek

28 Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 29: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

Die Kersiefees op die koek

22 Augustus 2016

Die President: Mnr M BlomDrakensberger Beestelersgenootskap

Beste Mnr Blom

Stamboek is voortdurend besig om ons dienste en produkte uit te brei in belang van ons lede. Een nuwe opwindende produk is die daarstel van ‘n fasiliteit waardeur telers en ander rolspelers maklik toegang kan verkry tot die inligting van vleisbeeste wat by Logix aanteken. Die fasiliteit staan los van die omvattende

Logix Webblad wat ‘n wye reeks funksionaliteite bied, soos wat u van bewus is. Die nuwe diens word verskaf via ‘n interaktiewe Webblad, bekend as SABeefBulls.com.

Soos wat dit tans die geval is met die sogenaamde “Bloedhond-funksie” op Logix, sal gebruikers van die fasiliteit in staat wees om enige dier van ‘n ras te gaan soek op grond van vooraf opgestelde vereistes. Dit sal meestal geskoei wees op die betrokke gebruiker se doelwitte. Dit word in die nabye toekoms voorsien dat telers ook toegang sal hê tot hulle eie kudde se diere op ‘n kollektiewe basis (met ander woorde, bv al jou vroulike diere wat voldoen aan die soektog-vereistes). SABeefBulls is baie meer gebruikersvriendelik as Bloedhond, wat hy vervang en is ook blitsvinnig. Verder bied die nuwe fasiliteit ook volledige toegang tot al die stamboomgegewens met ‘n keuse van ‘n gekose eienskap waar die BLUP teelwaarde deur die stamboom gevolg kan word. Stambome kan so vêr soos 10 generasies gevolg word.

Die doel van die skrywe is in die eerste plek om u bewus te maak van SABeefBulls.com maar ook om aan te dui dat die gegewens van u ras in gesluit gaan word in die fasiliteit, soos dit ook tans met Bloedhond die geval is. Gebruikers sal dus diere op grond van hulle eie minimum-vereiste in die ras kan gaan soek met die oog daarop dat dit inpas by hulle behoeftes vir moontlike teeldiere in hulle eie kuddes. Dit staan natuurlik die eienaar vry om te besluit of hy of sy wel die dier tot die beskikking sal stel vir die betrokke persoon.

Planne vir die verdere uitbreiding van SABeefBulls.com sluit ook die koppeling van diere wat aangebied word op veilings en KI bulle in. Later word dit ook voorsien dat gebruikers optimale parings kan uitvoer op grond van die beperking van inteelt en om doelwitte te bereik, soortgelyk aan die dienste wat Stamboek tans vir die Suiwelbedryf bied deur middel van SADairyBulls.com.

Indien u en die telers van u ras meer te wete wil kom is u welkom om Drs Bobbie van der Westhuizen of Japie van der Westhuizen te kontak ([email protected] of [email protected]).

Aangesien toegang op dieselfde basis geskied as die Bloedhond funksie op Logix sal u ras dus ingesluit word op SABeefBulls.com, behalwe as u anders besluit. Laat weet asseblief dringend indien ons nie u ras hierby moet insluit nie.

Stamboek groete

DR PIERRE VAN ROOYENHOOFBESTUURDER

SABeefBulls.comStamboek stel bekend

uit die kantoord

it is nou ‘n jaar sedert ek in September 2015, by die Genootskap ingeskakel het, en ek moet sê ek verstaan nou beter wat dit beteken om aan die diepkant ingegooi te word! Die

afgelope 12 maande was beslis vol uitdagings, maar ek sou dit nie anders wou gehad het nie.

Die Drakensberger Genootskap is ‘n uitstekende instelling wat wonderlike werk doen, en ek is bevoorreg om hier betrokke te wees. Alle eer aan ons Raad – en ander lede van die groter Drakensberger familie – vir die talle prestasies waarop ek trots kan wees.

Dit beteken egter nie alles gaan voor die wind en ons het geen probleme nie. Ja, ons het talle komplekse en veeleisende uitdagings, maar ek dink ons maak goeie vordering. Ons reis van verandering is onvoltooid en onvolmaak, maar ek is vasberade in ons voorneme om vorentoe te beweeg ten spyte van die groot droogte en die omstandighede.

Baie dankie vir elke lid se getroue ondersteuning en vriendelikheid, dit word uit die diepte waardeer!

Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2017!

Ronandé Wiese

Semen van die beste Drakensbergerbul ooit, PD 8716

Vir eerste rekordprys van R50 000 verkoop. Bulkalf in 2015 vir

R239 000 verkoop. 144 Dosisse semen teen R100

per dosis te koop.

Moenie hierdie geleentheid mis nie. Teel uitstaande bulle

en vroulike diere.

Bel JIMMY by 074 437 4706

TEKOOP

29Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 30: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

MEMELGPS: S27º 43’ 21.8” O29º 17’ 37.5”

NAVRAE: Gerrit Theunissen 082 331 2038, Carel Davel 082 331 1811 AFSLAERS: Nico Langeveldt 082 331 2684, Frik Verster 082 652 2132

Vir volledige besonderhede en voorwaardes besoek gerus ons webtuiste: www.bkb.co.za

ALGEHELE UITVERKOPINGmnr. PR Botha se gedeelte van: MAMBANE Drakensberger stoet, Letelle Skape en

plaas Driedeel - te koop of te huurWOENSDAG, 1 FEBRUARIE 2017, 11:00 op die plaas ROSEDALE, distrik VREDE

Roete: Vanaf Vrede - Ry op die R34 Memel pad vir 26km. Draai regs op die S226 en ry vir 6km. Draai regs op die S1142 en ry vir 10km. Draai regs by plaas in. Vanaf Memel - Ry op die R34 Vrede pad vir 26km. Draai links op die S1142 en ry vir 10km. Draai regs by plaas in.Aandeel van MAMBANE Stoet:76 x Koeie - besig om te kalf16 x Koeie by bul geloop22 x Oop koeie

Kommersiële Drakensbergers174 x Koeie - besig om te kalf30 x Verse by bulle geloop27 x Oop verse - 15 / 16 mnde

Letelle Skape787 x Ooie - 4 tand tot volbek - lam Maart - 2 mnde wol161 x Ooie - 2 tand - lam Maart160 x Ooi lammers• Ooie dragtig van Merino ramme• 18.2 Mikron op wol op skeersel-

gemiddeldEiendom: TE KOOP OF TE HUURLigging: Plaas DRIEDEEL distrik Harrismith Groote: 356ha waarvan: 40ha = droë lande 316ha = natuurlike weiding gesny in 5 kampe Water in elke kamp Baie hoë drakragWater: 1 x Toegeruste boorgat 1 x Sement damVerbeterings: Veehanterings geriewe + laaibank

Graag wil ons dankie se aan ons Hemelse Vader wat vir ons so kosbare vrou vir pa Gawie en Ma en ouma gegee het.

Ma Mona was altyd reg om te help en te dien. Gedurende keurings was niks ooit vir haar te veel moeite nie. En dan praat ons nie eens van al die bederf gedurende ons jaarlikse produksieveilings nie. Mona het nog die geboorte-kennisgewing boeke ingevul ek dink nie ons generasie besef hoeveel ure en papiere was vol geskryf nie. Ons wil sommer vir Mona dankie se vir haar deel in Rouvus-Drakensbers se sukses, haar plek is leeg,

maar ons vertroos ons in God se woord wat sê ons is in ‘n tydelike tentwoning.

Dankie vir elkeen van julle se oproepe en ondersteuning, ons wardeer elke oproep en omgee.

Sommer so gedagte aan elkeen, praat met mekaar solank jy kan praat en geniet mekaar in Jesus Christus want ons weet nie wanneer die laaste gesprek plaasgevind het nie.

Frik

Hulde aan Mona roux

Page 31: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

1 FEBRUARIE Mambane Algehele Uitverkoping (P.R Botha)

Plaas Driedeel, Vrede Gerrit Theunissen 0823312038

28 APRIL Drakensberger Nasionale Veiling

Afri-Dome / Parys Ronandé Wiese 0514100974 [email protected]

05 JULIE Alleras Veiling Dundee Edwin Schroeder 0824576710 [email protected]

18 JULIE Rouvus Produksieveiling

Ventersburg Frik Roux 0834551264 [email protected]

26 JULIE OTDK / Ermelo Alleras Veiling

Ermelo Petrus Taljaard 0824934137 [email protected]

01 AUGUST Karoo Drakensberger Klub

Middelburg Kaap Johannes Retief 0823851821 [email protected]

03 AUGUST Neuman Broers Veiling

Vrede Rodney Neuman 0827468142 [email protected]

04 AUGUST Kuruman Veiling Kuruman Johann Fourie 0827727716 [email protected]

15 AUGUST Buffalo Valley Produksieveiling

Carolina John Roos 0828097941 [email protected]

24 AUGUST Suidelike Hoëveld Klubveiling

Vrede Louis Botha 0828252431 [email protected]

07 SEPTEMBER 6+ Drakensberger Telers Veiling

Bultfontein Fanie van Dyk 0827744952 [email protected]

14 SEPTEMBER Vryburg Interras Veiling

Vryburg Johann Fourie 0827727716 [email protected]

04 OKTOBER Rouxville Alleras Veiling

Rouxville Freddie Wasserfall 0825564452 [email protected]

5 OKTOBER NWDK Drakensberger Klub

Plaas Jakkalsfontein / Klerksdorp

Jean van der Merwe

0827197521 [email protected]

16 NOVEMBER Vryburg Interras Veiling

Johann Fourie 0827727716 [email protected]

DATUM GEBEURTENIS

1 FEBRUARIE 2017 Vrystaat Drakensberger Studiegroep byeenkoms

8 FEBRUARIE 2017 Keurdersvergadering

9 FEBRUARIE 2017 Keurders Opknappingskursus

16DE – 19DE MEI 2017 Nampo

08 JULIE 2017 Fox in the Hills Inligtingsdag

19 JULIE 2017 Neuman Broers Inligtingsdag

19 AUGUSTUS 2017 6+ Inligtingsdag

31 AUGUSTUS 2017 Rouvus Groeitoets Inligtingsdag

VeilingsAUCTIONS& BELANGRIKE DATUMS/IMPORTANT DATES

2017

31Drakensberger Newsletter/Nuusbrief

Page 32: DRAKENSBERGER - Welkom by SA Stamboek- en ... Delport 083 300 1131 cattle@delram.co.za Noord- en Wes-Vrystaat Jean van der Merwe 082 719 7521 jean@blackhills.co.za Gauteng Louis Botha

trainingcourseVleisbees junior keurderskursus Datum: 17 en 18 Januarie 2017

Koste: R350/persoon (Middag etes en opleidings-materiaal ingesluit, akkommodasie uitgesluit)

Program:17 Januarie 11:00 – 13:00 - Administrasie van Vleisbeeste - Standaard van voortre� ikheid - Afkeur en diskriminasie teorie

17 Januarie 13:00 – 14:00 - Middagete

17 Januarie 14:00 – 17:00 - Praktiese demonstrasie in die kraal

18 Januarie 9:00 – 11:00 - Teorie eksamen

18 Januarie11:30 – 12:00 - Praktiese keuring opknapping

18 Januarie12:00 – 13:30 - Praktiese keuring eksaminering

18 Januarie 13:30 – - Middagete en verdaging Vir alle navrae en bespreking kontak asb. vir Ronandé Wiese by [email protected] of Tel: 051 4100974.

REKENING BESONDERHEDE:

Drakensberger Beestelersgenootskap van SAStandard Bank Rekening nommer: 030 994 020Takkode: 051001Verwysing: Naam en VanStuur bewys van betaling na [email protected]

Beef cattle junior inspector’s course Date: 17 and 18 January 2017

Cost: R350/person (Lunch and training material included, accommodation excluded)

Programme:17 January 11:00 – 13:00 - Administration of beef cattle - Standard of Excellence - Disapproval and discrimination theory

17 January 13:00 – 14:00 - Lunch

17 January 14:00 – 17:00 - Practical demonstration in the kraal

18 January 9:00 – 11:00 - Theory examination

18 January11:30 – 12:00 - Practical inspection refreshment

18 January12:00 – 13:30 - Practical appraisal examination

18 January 13:30 – - Lunch and adjourment For all enquiries, please contact Ronandé Wiese at [email protected] or Tel: 051 4100974.

ACCOUNT DETAILS:

Drakensberger Cattlebreeders Association of SAStandard Bank Account number: 030 994 020Branch code: 051001Reference: Name and surnameSend your proof of payment to [email protected]

Opleidingskursus