vleissentraal sa stamboeksastudbook.co.za/images/photos/uitgawe44_2016_pg10-17.pdfvleissentraal sa...

8

Upload: others

Post on 17-Jun-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Vleissentraal SA Stamboeksastudbook.co.za/images/photos/Uitgawe44_2016_pg10-17.pdfVleissentraal SA Stamboek. Elite 2016 Stoetteler van die Jaar: Vleisbees. BONSMARA Eienaars: David
Page 2: Vleissentraal SA Stamboeksastudbook.co.za/images/photos/Uitgawe44_2016_pg10-17.pdfVleissentraal SA Stamboek. Elite 2016 Stoetteler van die Jaar: Vleisbees. BONSMARA Eienaars: David

11Issue 44 ▪ April 2016

Vleissentraal SA Stamboek Elite 2016 Stoetteler van die Jaar: Vleisbees

BONSMARAEienaars: David Cock en Ingemar Heurlin, Tempevale BonsmarasKontakbesonderhede: Epos [email protected] / sel 082 345 7667

Die Tempevale Bonsmarastoet van David Cock en Ingemar Heurlin word op drie plase in die Lady Grey-, Aliwal-Noord- en Queenstown-omgewing bestuur. Hier selekteer hulle streng vir mediumraam, veldaangepaste diere.

Ongeveer 350 stoetkoeie sal na verwagting in 2016 kalf, hoewel die droogte ’n groot invloed daarop sal hê. “Ons glo daaraan om die gras as natuurlike hulpbron te benut en ons vereiste is dat ons diere heeltemal daarvoor aangepas moet wees.”David Cock en Ingemar Heurlin.

TULIEienaars: Russell en Ed ClarkKontakbesonderhede: Epos [email protected] / sel 082 573 0223

Russell Clarke en sy seun, Ed, bedryf albei Tuli en Hereford-stoeterye in vennoot-skap in die Dordrecht-omgewing van die Oos-Kaap.

In hul soeke na ’n inheemse ras wat die Hereford kon komplementeer in ’n kruisteelprogram, het hulle op die Tuli besluit op grond van sy eienskappe van poenskop, vrugbaarheid, lae onderhoud en goeie groeivermoë. Met die twee stoeterye aan weerskante, bedryf hulle ook ’n kruisteelprogram met uiters bevredigende resultate.Russell en Ed Clark met klein Mike.

BONSMARAEienaars: Eduard en Elmarie Roux, Pietleria BonsmarasKontakbesonderhede: Epos [email protected] / sel 082 332 6030

Die Pietleria Bonsmarastoetery is naby Viljoenskroon in die Noord-Vrystaat geleë. Die stoet vorm deel van die Mielieboere Bonsmaragroep. Saam met die Bonsmarastoet plant Eduard ook mielies en sonneblom.

Dit is ’n gevestigde kudde wat oor jare deur Eduard se oorlede pa opgebou is, en wat oor tyd uitstaande genetika aan die bedryf beskikbaar gestel het deur onder andere van die bekendste KI-bulle wat die kudde opgelewer het.

Elmarie en Eduard Roux.

Page 3: Vleissentraal SA Stamboeksastudbook.co.za/images/photos/Uitgawe44_2016_pg10-17.pdfVleissentraal SA Stamboek. Elite 2016 Stoetteler van die Jaar: Vleisbees. BONSMARA Eienaars: David

BEEFMASTEREienaar: Pieter van Deventer, VAN-DEV BeefmastersKontakbesonderhede: Epos [email protected] / tel 018 632 6061

Die VAN-DEV Beefmasterstoet van Pieter van Deventer is gebou op koeie met uitstaande genetiese potensiaal en bewese eienskappe soos vrugbaarheid, goeie melkproduksie en langslewendheid. Hy boer op Klipfontein, Coligny, met sowat 130 koeie en verse. Die verse word by die bul gesit as hulle 14 maande oud is.

’n Teelbeleid dat hy geen passasiers in sy kudde duld nie, pas hy streng toe, wat saam met uitstekende genetiese teelmateriaal tot welslae lei. Hy benut hulpbronne deurdag en omsigtig. Sy stoetery was al sewe keer ’n LNR-finalis in Noordwes en een keer die wenner.

Pieter van Deventer.

BORANEienaar: FP Lamprecht, Bloodline BoraneKontakbesonderhede: Epos [email protected] / sel 082 396 9071

Zippo Lamprecht en sy pa, Adriaan, boer saam in die Dewetsdorp/Smithfield-gebied. Hulle Boran-stoet, Bloodline Borane, het verseker dat hulle dié jaar aangewys is as een van die finaliste in die Elite Vleisbees Stoetteler van die Jaar-kompetisie. Die stoet was ook 2016 se algehele Vrystaat Elite-wenner. Hulle boer ook met kommersiële Borane en Zippo bestuur ’n veldbulklub.

Zippo boer al sedert 2004 met die Boran-ras. Die boerdery se top-resultate kan toegeskryf word aan streng seleksie vir vroegrypheid, vrugbaarheid, groei en melk. Die stoet bestaan uit 309 diere en het in 2014 die eerste Elite-Platinum Borankoei-toekenning vir die ras ontvang.Zippo Lamprecht.

12

Page 4: Vleissentraal SA Stamboeksastudbook.co.za/images/photos/Uitgawe44_2016_pg10-17.pdfVleissentraal SA Stamboek. Elite 2016 Stoetteler van die Jaar: Vleisbees. BONSMARA Eienaars: David

Vleissentraal SA Stamboek Elite 2016 Stoetteler van die Jaar: Melkbees

13

Owners: Jan and Arno Schoonwinkel, Kluitjieskraal Jerseys, Western CapeContact details: Email [email protected] / Cell 072 587 6867

Jan and Arno Schoonwinkel of Kluitjieskraal Jerseys run a mixed enterprise on approximately 3 500ha of land 12km west of Swellendam. They were crowned the Jersey SA national model herd in 2015 and are the 2015 Western Cape Elite Dairy Farmer of the year. They also wore the national crown in 2014 and 2013.

Their average production over the last 12 months, was milk 8 461 litres, butterfat: 5,02, protein 3,77, SCC 139 000, and inter-calving period 364 days. They milk 600 cows in a herringbone parlour using the Alpro system, a sorting gate, a scale to weigh the cows each day, automatic take-offs, individual cow-feeding in the parlour of 300g/litre, blood conductivity metres to help recognise mastitis, activity metres to assist with heat detection and record-keeping. Bull calves are raised and sold as breeding bulls.

Jan Schoonwinkel and his oldest son, Arno.

Dr Kobus Hendriks en sy vrou, Rika, van Inovula. (Foto: Landbouweekblad)

Eienaars: Dr Kobus Hendriks, Inovula (Edms.) Bpk. Kontakbesonderhede: Epos [email protected] / Sel 083 688 8370

Die bekroonde Inovula in die Heilbron-omgewing, is ‘n gevestigde boerdery wat al byna drie dekades lank bestaan. Tans word 520 koeie gemelk. Melkproduksie word beraam op 13 032kg melk met 455kg bottervet (3,49%) en 408kg proteïen (3,13%). Die gemiddelde tussenkalfperiode (TKP) is tans 417 dae per laktasie van 305 dae.

“Geneties konsentreer ons op produksie-eienskappe soos melk, bottervet en proteïene wat 40% bydra tot die indeks. Die ander 60% verteenwoordig gesondheidseienskappe soos produktiewe lewe, dogtervrugbaarheid, somatiese seltelling, goeie bene en uiers, en ‘n effens kleiner raamwerk,” vertel die eienaar, dr Kobus Hendriks.

Die kudde het verskeie toekennings ontvang vir genetiese vordering en prestasies en het ook in 2014 die rekordprys van R200 000 behaal vir die Holstein Bul Superstar uit die beroemde Monica-familie.

Van links is Vlok Blanckenberg, Lian Bester, Boy Blanckenberg, Corné Willemse, Phillip Blanckenberg en Koos Blanckenberg.

Eienaars: Philip Blanckenberg, KlipheuwelKontakbesonderhede: Epos [email protected] / Sel 082 331 5109

Die Blanckenberg-melkkudde is ’n bekende kudde in die Wes-Kaap en het ’n geskiedenis wat reeds in 1947 begin het toe oupa Koos Blanckenberg begin melk het. Vandag word die boerdery by Klipheuwel deur ‘n familiespan bestuur, waarvan pa Boy en die twee broers, Vlok en Koos, die buite-fasette beheer, terwyl die derde broer, Philip, die melkery bestuur tesame met twee bestuurders, Corné Willemse en Lian Bester.

Daar is tans 920 koeie in melk en al die lakterende koeie word onderdak gehuisves. “Ons gebruik tans hoofsaaklik Amerikaanse genetika en selekteer streng vir goeie kloue en bene, goeie produksie, goeie uiers en dan die gesondheidseienskappe wat ‘n koei se langslewendheid beïnvloed,” sê Philip.

Page 5: Vleissentraal SA Stamboeksastudbook.co.za/images/photos/Uitgawe44_2016_pg10-17.pdfVleissentraal SA Stamboek. Elite 2016 Stoetteler van die Jaar: Vleisbees. BONSMARA Eienaars: David

Hannes Pretorius en Jacques Moll.

Eienaars: Jacques Moll en Hannes Pretorius, MD Foundation (Edms) BpkKontakbesonderhede: Epos [email protected] / Sel 082 564 9840

MD Foundation is ’n voormalige wenner van die SA Stamboek Elite Suiwelstoetkudde van die Jaar en is ook in 2014 aangewys as die Vrystaat-wenner in die Elite Suiwelboer van die Jaar-kompetisie. MD Foundation bestaan uit ’n groep boere in die Ficksburg-omgewing wat hulle landbou-hulpbronne gepoel het. Jacques Moll en Hannes Pretorius is vir die suiwelafdeling van MD Foundation verantwoordelik.

Die melkery bestaan uit sowat 1 200 koeie in melk, waarvan 400 Jerseys en die res Holsteins is. Die koeie is op ’n totaal gemengde rantsoen en produksie vir die Jersey-kudde is gemiddeld 27 liter per dag en vir die Holsteins 37 liter per dag. Die melkery word bedryf vanaf ’n sentrale melkstal wat uit ’n 50-punt visgraatstelsel bestaan.

Seymour Currie.

Owners: Seymore Currie, Joyce’s Dairy FarmsContact details: Email [email protected] / Cell 083 327 9186

Joyce’s Dairy Farms is a family business run on 4 500ha in the Swartland on the Cape West Coast. The enterprise consists of dairy, beef, wheat and dryland grazing branches. Greenfeed and wheat is sown on 1 200ha of which 10 000 tons is used for silage. Their mission is to produce high volumes of high quality milk.

The dairy enterprise consists of top registered Holstein cows that are milked three times per day. Thee herd boasts a milk production figure of 13 181kg per lactation across 305 days. Artificial insemination, embryo flushing and in vitro fertilisation are used to improve the genetic breeding values of the herd. The Holsteins are fed a total mixed ration.

The Bluegums family trio. From the left is Grant, Clive and Brett Puttergill.

Owners: Grant Puttergill, Bluegums FarmContact details: Email [email protected] / Cell 083 651 8775

Bluegums Farm, situated in Thornhill in the Eastern Cape, some 25km west of Port Elizabeth, has been in the Puttergill family since 1932. It is now run by brothers Grant and Brett.

In 1954 dairy was introduced as a secondary business with vegetables being the main focus of the farm. Initially only a few Jerseys and Frieslands were milked by hand. In 1988 American Holstein semen was introduced into the herd. Production increased to 7 500 litres per lactation. American sires were also introduced and had a major impact on the herd, producing bigger framed cows with strength and dairyness.

The herd’s average inter-calving period (ICP) is 417 days and the daily average production per cow for the whole herd is 28 litres.

14

Page 6: Vleissentraal SA Stamboeksastudbook.co.za/images/photos/Uitgawe44_2016_pg10-17.pdfVleissentraal SA Stamboek. Elite 2016 Stoetteler van die Jaar: Vleisbees. BONSMARA Eienaars: David

15

WHAT'S UP?

Issue 44 ▪ April - June 2016

Die melkdiere van CE Walker & Seun

Eienaars: CE Walker & Seun, OuplaasKontakbesonderhede: Epos [email protected] / Sel 082 821 4802

John Walker van Ouplaas in Greyton, boer al etlike jare met Jerseys omdat hulle goed aangepas is by die omgewing se hoë somertemperature. Aangeplante weidings vorm ‘n groot deel van die voedingsregime op Ouplaas en die Jerseys se vermoë om lang afstande te stap is derhalwe ideaal vir die omgewing.

Daar is talle kaasfabrieke in die Greyton-omgewing met ‘n groot aanvraag vir melk wat hoog is in vastestowwe soos deur die Jerseys geproduseer. Die 1 350 koeie in die kudde produseer daagliks sowat 28 000 liter melk. Hulle word twee keer per dag gemelk. Prestasie-aantekening is ‘n kern-aspek van die voedingsbestuurprogram op Ouplaas en stel hulle in staat om beter besluite te neem rondom bulseleksie en die identifisering van uitskotkoeie. Die Walkers beplan om vorentoe meer klem te lê op bulkeuses wat die kudde verder sal verbeter.

Japie Nel.

Eienaar: Japie Nel, Hernanja Jersey-stoetKontakbesonderhede: Epos [email protected] / Sel 083 378 8636

Japie Nel, eienaar van die Hernanja Jersey-stoet in die Schweizer-Reneke-omgewing, het 19 jaar gelede met sy melkboerdery begin en vandag melk hy sowat 700 koeie. In 2002 het hy met paringsprogramme op sy koeie begin en hy koop net saad van uitgesoekte bulle in Suid-Afrika asook strooitjies uit Denemarke, Kanada en die VSA.

Met die hulp van sy plaasbestuurder, Fanus Swanepoel, en sy vennoot, Paul Viljoen, melk hulle drie keer per dag. Vir Japie lê die geheim van suksesvolle melkboerdery in die bestuur daarvan. “Wanneer jou voeding en bestuur reg is, sal jou koeie produseer en reproduseer,” sê hy. Hoewel hy baie positief is oor die toekoms van die melkbedryf in Suid-Afrika en in Afrika, is hy ook bekommerd oor TGR-kuddes wat tans onder baie druk is as gevolg van hoë voerpryse.

Page 7: Vleissentraal SA Stamboeksastudbook.co.za/images/photos/Uitgawe44_2016_pg10-17.pdfVleissentraal SA Stamboek. Elite 2016 Stoetteler van die Jaar: Vleisbees. BONSMARA Eienaars: David

Vleissentraal SA Stamboek Elite 2016 Stoetteler van die Jaar: Kleinvee

16

MeatmasterOwners: Clynton and Dora Collett, Mario and Angelique du Preez, Collett FarmingContact details: Email [email protected] / Tel 082 463 5936

Collett Farming CC is run by Clynton and Dora Collett, and Mario and Angelique du Preez. The farm, La Rochelle, is situated on the southern side of the Gariep Dam, between Bethulie and Venterstad. They have achieved outstanding results with their Meatmaster stud, comprising 400 breeding ewes.

“Focusing on the commercial sheep farmer by breeding a sheep with low input costs and diligently selecting in balance for direct growth, maternal growth and number of lambs weaned on an easy-care sheep to help them (the commercial breeder) achieve maximum profitability, is why we run the Meatmaster stud,” they said.

Mario and Angelique du Preez. Clynton and Dora Collett.

DorperEienaar: Adél van der Merwe, Plusline DorpersKontakbesonderhede: Epos [email protected], sel 082 781 1676

Toe Adél van der Merwe twaalf jaar gelede besluit sy trou met Roux, 'n boer van Burgersdorp, het sy haar loopbaan in menslike hulpbronne in Bloemfontein opgegee. Met haar pensioengeld het sy ’n klompie Dorperskape gekoop en ’n stukkie grond by haar man begin huur.

“Omdat ek wetenskaplik wou selekteer en BLUP-syfers daarvoor nodig het, het ek ’n stoet geregistreer. Omdat ek ook ’n beperking ten opsigte van

beskikbare grond het, moet ek daarop konsentreer om in gehalte te verbeter en nie in getalle nie. Daarom fokus ek sterk op vrugbaarheid sodat ek meer lammers op dieselfde grond kan speen. Tog glo ek in balans, en selekteer ek streng vir aanpasbaarheid in die veld.”

Haar ooie lam elke nege maande en sy bedryf vier lamseisoene, met 20 ooie in elke groep.

Adél van der Merwe.

DormerEienaars: Karin en Manie Wessels, Mamre DormersKontakbesonderhede: Epos [email protected] / Sel 082 284 7470

Dr Karin Wessels en haar man, Manie, van die plaas Mamre in die Frankfort-distrik bedryf hulle Dormerstoet van 300 ooie ultra-intensief streng volgens ’n projekplan. Hulle selekteer vir vrugbaarheid volgens ’n kleurkode. ’n Platinum-ooi gee agt of nege lammers in ’n tweejaarsiklus, ’n goue ooi ses tot sewe lammers en ’n silwer ooi vyf lammers. As ’n ooi minder as vyf lammers gee, word sy uitgeskot.

Die ooie is hoofsaaklik op ‘n volvoerrantsoen en is só gesinkroniseerd dat daar elke maand ’n groep van ongeveer 30 lam.Manie en Karin Wessels.

Page 8: Vleissentraal SA Stamboeksastudbook.co.za/images/photos/Uitgawe44_2016_pg10-17.pdfVleissentraal SA Stamboek. Elite 2016 Stoetteler van die Jaar: Vleisbees. BONSMARA Eienaars: David

Dormer Eienaar: Scheepers Lamprecht, Rooihek Dormers Kontakbesonderhede: Epos [email protected] / Sel: 082 807 3152

Die Rooihek Dormerkudde van Scheepers Lamprecht in die Amersfoot-omgewing in Mpumalanga het in 1995 ontstaan. Die kudde bestaan tans uit sowat 250 diere. “Rooihek Domers se diere word intensief geboer en ons pas streng seleksiedruk toe,” sê Scheepers. Potensiële vervangingsdiere word deurlopend gemonitor vir foute voordat op ongeveer twaalf maande ouderdom besluit word of die dier goed genoeg is om in die kudde opgeneem te word.

Scheepers is ook ’n voerkonsultant en bedryf ’n spesialis voermaatskappy op Amersfoort. Die formulering van doeltreffende voeraanvullings is dus belangrik vir sy Dormer-stoetteling. Rooihek Dormers het al verskeie kampioenramme en -ooie opgelewer. Scheepers en sy vrou, Alta, is albei Dormer-keurders.

BoerbokRas: BoerbokEienaar: Albert van Zyl, Soetdorings BoerbokstoetKontakbesonderhede: Sel 076 489 4949

Albert van Zyl, eienaar van die bekende Soetdorings Boerbokstoet, boer saam met sy vrou, Henriëtte, in die Hoopstad-omgewing. Henriëtte is ook ’n hondeteler en hulle het vroeër jare met Ayrshires geboer, maar later die melkkoeie verkoop.

Nadat hy goeie navorsing gedoen het, het hy besef dat sy plaas, met die baie randjies en bossieveld, ideaal is vir boerbokke. Hy het in 1998 sy eerste boerbokstoet geregistreer. Omdat boerbokke ‘n vinnige omset lewer, beteken dit ’n beter kontantvloei op die plaas en die mark vir speenlammers is uitsonderlik goed.

Die sukses van sy stoet lê daarin dat sy ramme baie aanpasbaar is. Boerbokke is bekend daarvoor dat hulle moeilik in ’n vreemde omgewing aanpas, maar hy maak sy ramme hard groot sodat hulle hulself kan handhaaf.

Scheepers Lamprecht.

Albert van Zyl.