Transcript
Page 1: SATERDAG 19 SEPTEMBER 2009 DieBurger| BL.17 FORUM · om met oneerbiedige haas op die erfenis en kultuur van die Khoi-san te trap. Die vlei kry juis sy ... – dit is die eerste dag

SATERDAG 19 SEPTEMBER 2009 Die Burger | BL. 17

Raad ignoreer wilvan gemeenskapDie Kaapse stadsraad ploeter met’n onbegryplike en onverstaan-bare haas voort met die beoogdeontwikkeling by Prinsesvlei.

In ’n mediaverklaring van 16Septemberwordonsverwysnase-kere verslae in verband met dieontwikkelingwatvoordieraadge-dien het. Die lees daarvan open-baar skokkende feite, soos dat netdrie mense of instansies ten gun-stevandieontwikkeling is, terwylhonderde kapsie maak.

Nogtans ignoreer die raad diewil van die mense. Ek het altyd ge-dink die raadslede is daar om diestandpuntevandiegemeenskaptestel en te verdedig.

Die verslag voor die raad duiook aan dat die ontwikkeling kul-turele en erfenisbronne gaan be-nadeel. Tog is die raad vasberadeom met oneerbiedige haas op dieerfenis en kultuur van die Khoi-san te trap. Die vlei kry juis synaamvandieKhoisan-prinseswatom en by in 1510 daar ontvoer is.

Waarom voortgaan met so ’nontwikkeling as die gemeenskapdit nie wil hê nie? Miskien moetdie raad vir ons sê watter belange

Gee regstelpogingsin SA tog ’n kansB.F. Smit se brief (DB, 16.09) vra ’nverduideliking van die koste vanpres. Jacob Zuma se klagtelyn.

Tweegoedvalop:Dievorigedagis berig dit neem lank om deur tekomopdie lyn,wat sekerlik impli-seer daar is nie genoeg mense omdit tebemannie.Dit is teverwagte– dit is die eerste dag wat die klag-telyn aktief is, en almal spring omdaarvangebruik temaak. (Dusbe-hoortdie tydomdeurtekomnieaskritiek gebruik te word nie.)

Die tweede opmerking is dat al-mal luidkeels kla oor verskeie as-

pekte van Suid-Afrika. Nou word’n geleentheid geskep om meer di-rek met ons land se topbestuur teskakel.Maardit isookniegoedge-noegnie.Nouklaonsdaaroorook.

Ja, daar is baie goed wat ver-keerd is in die land, maar probeertog net om ván die pogings om reg-stellings te maak, ’n kans te gee!

LEN STEENKAMPStellenbosch

Los skeptisismeoor Zuma se lynEk deel nie B.F. Smit of enigie-mand anders se skeptisisme oorpres. JacobZumaseklagtelynnie.

Die beginsel waarna gestreefmoet word, is doelmatigheid. Metanderwoorde,virelkesentwatdieregering bestee, moet hy ten min-steprobeerom’n sent terug tever-dien. Ek sê verdien – nie steel nie.

As die regering daarom R4 mil-joen (onthou dit is minder as viernuwe motors se geld) aan die lynbestee en R4 miljoen of meer se ge-steelde, gemorste of wanbestedegeld terugvind wat weer doelma-tig aangewend kan word, het onsklaar gelyk gebreek.

Ek is baie entoesiasties oor die

Onbeskoftheid opNuweland ontstelOor die algemeen word rugbyska-res wêreldwyd die boewery ge-spaar wat byvoorbeeld sommigesokkerwedstryde kenmerk.

Ek het in 1964 as negejarige myeerste rugbywedstryd op Nuwe-land bygewoon – die WP teenTransvaal met legendes soos Jan-nie Engelbrecht, John Gainsford,Doug Hopwood, asook Abie enAvril Malan. Dit was op die hoogsbeskaafde onderste galery van diehoofpawiljoen. Daarna het ’n fase

Lof vir diens vanKaapstadse polisieOp 16.09 verskyn ’n artikel wat dieKaapstadse polisie loof n.a.v. ’ndiefstal by ’n gastehuis waar dieIdols-aanbieder Liezel van derWesthuizen besteel is. Ek salgraag die volgende wil byvoeg:1)DieteenwoordigheidvanSAPD-patrollievoertuie is opvallend indie woonbuurte van Kaapstad.2) ’nPaarwekegelede is ’nverdag-te voertuig in ’n straat opgemerk.Die antwoord op die noodnommerwas vinnig en professioneel, inteenstelling met my laaste soort-gelyke kontak met die blitspatrol-lie omtrent tien jaar gelede, wattoe traag en onprofessioneel was.

Hopelik steun hynou weer BokkeOngeveer vier jaar gelede het dievolgende woorde van Albert Beu-kes van Kersbosstrand in Die Bur-ger verskyn: “Ek gee nie meer omof die Springbokke se naam na dieProteasveranderwordnie.Ekgeenie meer om of transformasie100% plaasvind nie. Ek gee niemeer om of skeidsregters kroeknie. Ek gee niks meer om vir niksnie . . . Anders gestel: Ek begraweSpringbokrugby en begin met nu-we belangstellings in die lewe –waarvan daar baie is.”

Mnr. Beukes, vier jaar geledehet ons saam met jou gevoel – ekhoop jyvoelnousoosonswat jubelsaammeteenvandiesuksesvolsteSpringbokspanne van alle tye.

HEIN VISAGIEKaapstad

hier gedien word?Die destydse Skiereiland-muni-

sipaliteit het al in 1997 ’n verslagontvangwaarinsterkaanbeveel isdatdieontwikkeling (deurdieself-de ontwikkelaar) nié ondersteunword nie, en dat die raad nie diegrond verkoop nie.

Dit laat ’nmenswonderwatnouverander het? Kapenaars moetwakker slaap. Hierdie malligheidis netnou voor jou deur.

PHILIP M. BAMGrassy Park

lyn en glo as die haakplek van dieimplementering van die aange-melde bekommernisse oorkomkanword, ons ’nwen-wen situasiesal hê.

Ek kan getuig die lyn werk. Mybekommernis is geregistreer enop skrif bevestig, anders as die an-der lyne waarna Smit verwys,waar jy bloot ’n verwysingsnom-mer kry. Ek glo dit verdien ’n bil-like kans. Zuma het in elk geval almeer in ’n paar maande gedoen assy voorganger in vyf jaar.

JACQUES D. VAN ZYLRoggebaai

op die skolierebankies gevolg.Min Saterdae is misgeloop. Laterwasditmeestal die staanplekvoordie hoofpawiljoen.

’n Mens het altyd opgesien nadie onderste galery waar oud-Bok-ke en WP-spelers met das en baad-jie gesit het. Ek het die kans gehadom’ndroomteverwesenliktoedieonderstegaleryin1992uitgebreiisen ek ’n seisoenkaartjie kon kry.

Stelselmatig kon ek opmerk hoedie gedrag en kultuur van die ouNuweland verander. Die skoliere-bankies is verwyder, staanplekkeis vervang met sitplekke.

Dieskareistoenemendingesuigin die hype van dawerende aan-kondigings, musiek, danspoppiesen kostuums. Alkohol het gevloei.

Die onderste galery het ook ’ngedaanteverwisseling ondergaan,onder meer deurdat veral diegenein die voorste rye opspring as ’nbelowende beweging na die hoekop ’n drie kan uitloop. Dit betekendat agterste toeskouers ook moetopstaan om te kan sien.

Tydens die onlangse toets teendie Wallabies het ek die vernede-ring ondergaan dat ’n bullebak,wataanalmal verkondigdathy in1964 sy eerste toets teen JohnThornett se Wallabies vanaf sit-

plek B122 gekyk het, my van agteraf geruk en uitgeskel het toe ekmoes opstaan om te kan sien. La-terindiewedstrydhetdieselfdelottwee oorsese besoekers langs myte beurt geval en ’n dame is afge-ruk en gekonfronteer.

Die onsmaaklikheid, aggressie,skeltaal en onbeskoftheid het al-mal om ons ontstel en geskok.

RUGBYLIEFHEBBERNuweland

3) In Februarie was die polisie be-trokke by die Laerskool Jan vanRiebeeck se skolesportoptog deurmiddel van ’n groep perderuitersen ’n vangwa. Dit was uiters posi-tiewe bemarking.

JACQUES PIENAARDuiwelspiek

FORUM

Voorverlede jaar het die VN seinterregeringspaneeloorkli-maatsverandering (IPCC) sy

vierde oorsig oor die stand van kli-maatsverandering uitgereik.

Daarin het die IPCC, wat voorstenavorsers betrek, onomwonde gesêklimaatsverandering is met ons enbring groot samelewingsrisiko’smee, en daar is ’n nege-uit-tien-kansdat die mensdom self vir die koershiervanverantwoordelik is.Diéoor-sig van honderde bladsye is aan in-tensieweportuurbeoordelingonder-werp. Dit, tesame met die veelbe-sproke Stern-verslag, hetklimaatsake hoog op die agenda vandie G8 en VN-instellings help kry.

Die IPCC het gesê kweekhuisgas-vrystellingsmoet teen2015hulhoog-ste vlakke bereik, waarna dit teen2050 met minstens die helfte besnoeimoetword(van1990-vlakke)endaar-nanógmeer.Dit salverhoeddat tem-perature gemiddeld meer as 2 °C tot2,4 °C styg vanaf voornywerheids-vlakke (volgens konserwatiewe be-rekenings).

Nuwe navorsing toon egter dat po-gings om vrystellings se effek tot ’n2 °C-styging te beperk rééds onaan-vaarbaar hoë risiko’s vir mens enekosisteme meebring. In Suider-Afrika en Suid-Oos-Asië kan sodani-ge styging byvoorbeeld graanpro-duksie met tot ’n vyfde laat krimp.

NUWE KENNISVroeër vanjaar het ’nnetwerk universiteite’n oorsig saamgestelvan wat hulle beskou asdie belangrikste navor-sing wat die lig gesienhet sedert die jongsteIPCC-oorsigte uitgereikis. Dit is gedoen omdatdie IPCC so vier of vyfjaar agter ismetwatwe-tenskaplikes reeds weeten in vakjoernale gepu-bliseer word.

Prof. Katherine Ri-chardson, ’n professorinbiologieseoseanogra-fie aan die Universiteitvan Kopenhagen, sê die erns van diésituasie noodsaak dat wetenskapli-kes nie meer die “boodskap” oor kli-maatsverandering aan die massa-mediakanoorlaatnie.Richardsonisvoorsittervandiewetenskaplikeko-mitee van dié universiteite.

Die alliansie sê die jongste voor-uitsigte strook met die IPCC se meespessimistiese scenario’s of is selfsmeer beroerd as wat die IPCC aange-dui het. Navorsers sê daar word on-derhandel oor ’n nuwe klimaatspakt

op grond van kennis wat reeds ver-ouderd is. “Die prentjie is so donkersoosof selfs ergeraswat gereken is,”meen Richardson.

Vanjaar se VN-onderhandelingshieroor is kritiek belangrik om be-tyds met oplossings vir dié globaleuitdaging – en die maatskaplike,ekologiese en ekonomiese risiko’sdaarvan – vorendag te kom. In Ko-

penhagenmoet reëlsvirkweekhuisgas-inkor-tings vir die tydperk ná2012 neergelê word.

Die meeste gerekendewetenskaplikes stemsaamoorhoeernstigdieklimaatsuitdaging is –diedebat isniemeeroorof dit gebeur nie, maaroorhoediemensdom, temidde van ’n rits onse-kerhede, gaan reageer.

NUWE WÊRELDVerskeie klimaatsindi-katore is reeds buite diepatrone van normaleveranderlikheid waar-

by die moderne samelewing en eko-nomie aangepas het, blyk uit oorsig-te hieroor. Dit sluit in die globale ge-middelde oppervlak-temperatuur,seevlakstygings, oseaantemperatu-re en die voorkoms van meer ekstre-me weerstoestande.

Diemeessigbaretekenshiervanisseker die koers waarteen die Noord-pool se see-ys die afgelope ruk weg-smelt (rekordsyfers is die laaste jareaangeteken).

Die klimaat word gereguleer deur

ingewikkelde prosesse waarin ener-gie in die oseane, oor land, in die at-mosfeer, ensomeer, uitgeruil word.Sonder die oseane, wat as ’n belang-rike koolstofbêreplek dien (dié ver-moë is aan die afneem) en boonopbaie hitte absorbeer, sou ons kli-maatsuitdaging nog groter wees.

Tansabsorbeerdieoseaneenplan-tegroei op land bykans 60% van diemensgemaakte vrystellings wat indie atmosfeer beland. Veranderingsin seetemperature en -toestande isvolgens Richardson ’n belangrikeaanduider van veranderings in dieglobale klimaat.

Die seevlakstygings versnel.Boonopstygvrystellingsvinnigeraswat voorsien is (wat verhitting mee-bring). Oseaantemperature styg vol-gens dié alliansie 50% vinniger aswat in IPCC-ontledings voorsien is,terwyl ysmassa afneem weens diekoers van wegsmelting (van ondermeer die Groenland-ys en Antarkti-ka se plaatys).

Daar is ook kommer oor die koersvan oseaanversuring. Dit vind plaaswanneer CO2 in die oseane oplos enindieproseschemieseveranderingsmeebring. Dit hou grootskaalse ge-volge vir kossekerheid, biodiversi-teit en die koraalriwwe in

DieIPCChetgesêseevlakkesaldiéeeu met tot 59 cm styg. Nou blyk ditdat ’n meter of meer se stygingmoontlik reeds onafwendbaar is,wat tesame met erge storms groot-skaalse verwoesting in laagliggendekusgebiede kan meebring. Klein ei-landstate soos Tuvalo kan soos At-lantisvanoudsdeurdieoseaan inge-

sluk word.In die digbewoonde deltas van die

Ganges-, die Mekong- en die Nylri-vierkan’nseevlakstygingvan’nme-ter23,5miljoenmenseraakendiebe-werkte landbougrond met minstens1,5 miljoen ha laat krimp.

Oor die Noordpool: Dramatiesewegsmelting van see-ys word dielaaste paar jaar gedokumenteer. Na-vorsers hou dié situasie met sorgdop, omdat die Noordpool as ’n soort“lugverkoelingstelsel” dien. En uitbewyse wat diep in die Antarktieseyskern versamel is, weet navorsersdie atmosferiese vlakke van kweek-huisgasse soos CO2 is tans die hoog-ste tot nog toe in 650 000 jaar (moont-lik die afgelope 20 miljoen jaar).

Wetenskaplikesmaandatkritieke“drempelpunte” oorgesteek kanword weens die effek van “terug-voermeganismes”, tensy ingrypingsvolg. Só verduidelik dr. Guy Midg-ley, klimaatskenner van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversi-teit-instituut. Navorsers voorsienonder meer die wegsmelt van dieNoordpool se somer-see-ys binne on-geveer ’ndekadeengrootskaalseme-taangasvrystellings weens toendra(ysgrond) wat smelt, berig die NewScientist. Daar is ook die risiko datdie moeson-seisoen kan verander enal dieHimalaja se ys smelt (waarvanmiljoene mense afhanklik is).

BESNOEI NOU, OF BETAAL LATERDie boodskap is duidelik: Kweek-huisgasvrystellings moet vinnig endiep besnoei word. Hoe swakker (ofvaer) lande se mikpunte van 2012 tot

2020 hieroor – die tydperk waaroornou onderhandel word – hoe groterdie risiko en hoe meer sal later be-snoei moet word (party ontledings sêdalkeenheleKioto-protokolper jaar).

As onderhandelaars inderdaadernstig is daaroor om met ’n toepasli-ke diplomatieke oplossing vorendagte kom – eietydse klimaatsverande-ring word beskou as die grootste om-gewingsuitdaging van ons tyd – salwetenskaplike getuienis ernstig be-jeën moet word.

OmdatCO2so ’n langlewensduurindieatmosfeerhet(gemiddeld50jaarofmeer)enomdatmitigasie(pogingsomkweekhuisgasvrystellings te beperk)nievirdievolgendetientotdertig jaarjuisdoeltreffendgaanweesnie, isaan-passings vir die veranderings watkom, nodig. Onafwendbare gevolgevan klimaatsverandering kan metgroot maatskaplike ontwrigting ge-paard gaan, voorsien mnr. Poul ErikLauridsen, van Care International.Projeksies lyk somber: Teen 2020 kanlandbouproduksie in Afrika wat di-rek van reënval afhanklik is byvoor-beeld plek-plek gehalveer word.

PASOP, PAS AANVolgens ramings kan klimaatsaan-passings moontlik twee tot drie keermeer kos as wat die VN tot dusver ge-reken het.

Hoe regerings nou op klimaatsuit-dagings reageer, is daarom ’n soort“Russiese roulette” met die vooruit-sigte van toekomstige generasies,meen Richardson. Ons is reeds ver-bind tot ’n 1,4 °C-styging hierdie eeuwat met aanpassings gepaard salmoet gaan. Die mensdom, glo Midg-ley, is besig met ’n “onherhaalbareeksperiment”: grootskaalse atmosfe-riese verhitting van die enigste pla-neet in ons sonnestelsel wat lewe soosons dit ken, onderhou.

Daar word voorsien dat temperatu-re dié eeu wêreldwyd gemiddeld met2 tot 5 °C gaan styg, met ’n 50%-kansdat gemiddelde temperature metmeer as 5 °C kan styg as kweekhuis-gasvrystellings verdriedubbel.

Wat die impak van klimaatsveran-derings betref, sê dr. Bob Scholes,WNNR-sisteem-ekoloog, mense inSuider-Afrika sal byvoorbeeld moetaanpas by ’n toekoms wat aansienlikdroër en warmer sal wees as nou (dieprentjie landwyd verskil). Dit sal on-der meer verdamping beïnvloed, wataanpassings in die landbousektor salnoodsaak.

Watbenodigword, is ’naanpassing-strategie wat ’n veiligheidsnet aanveralarmesbieden’nambisieuseoor-eenkoms wat wetenskaplike data ver-reken. Gebrekkige optrede is onver-skoonbaar, want toekomstige genera-sies sal nie byt aandieverskoningdatons nie vooraf-kennis tot ons beskik-king had om ’n ontvouende klimaats-krisis af te weer nie.

Bronne: Climate Change: GlobalRisks, Challenges & Decisions; The 2CTarget: Background on Impacts,Emission Pathways, Mitigation Op-tions and Costs; In Search of Shelter:MappingtheEffectsofClimateChangeon Human Migration and Displace-ment; IPCC.ch; IOP Conference Se-ries: Earth and Environmental Sci-ence; State of the World 2009;IIED.org.

Klimaat se toekoms reeds hier?Selfs sober we­tenskaplikes isbesorg oor diejongste navor­singsresultate oorklimaatsverande­

ring. Terwyl politici voetesleep om toepaslike oplos­sings vir hierdie enormeuitdaging te vind, stapel diegetuienis hieroor op, berigJORISNA BONTHUYS.

’’Die IPCC hetgesê seevlakkesal dié eeu mettot 59 cm styg.Nou blyk dit dat’n meter of meerse stygingmoontlik reedsonafwendbaaris.

Loop dieverdwaaldesin sirkels?

Jy dink altyd teenoor jouself: As ék verdwaal,sal ek nié in sirkels loop nie. Ek is seker eksal hard probeer om min of meer in ’n reguit

lyn van punt A na punt B te stap deur Hansie enGrietjie se vreemde bos as daar geen aanwysing isnie.

Tog probeer verdwaaldes herhaaldelik en kryhulle dit nie reg sonder duidelike verwysingspun-te soos die son, die maan of ’n toring nie.

Dit was egter nog altyd net ’n storie dat menseop ’n onbekende terrein in sirkels loop, wantnavorsers het dit nog nooit op die proef gestel nie.Maar wetenskaplikes van die Max Planck-insti-tuut in Duitsland het dit onlangs wel getoets – in’n woud in Duitsland en in die Saharawoestyn inTunisië, volgens die vakjoernaal Current Biology.

Om te sien presies hoe loop die 15 deelnemersaan die studie, is elkeen aan ’n GPS-toestelgekoppel. Hulle is gevra om so reguit soos hullekan in ’n bepaalde rigting te loop.

Ses mense het ure aaneen in die reuse-woud met’n plat oppervlak geloop – vier op ’n dag toe ditbewolk was en die son nie sigbaar was nie. Al vierhierdie mense het in sirkels geloop, en drie hethul eie paaie herhaaldelik gekruis sonder om ditagter te kom.

Die dag waarop die sonsigbaar was, het die andertwee ’n byna reguit lyngevolg, behalwe in die15 minute toe die sonverskuil was; toe hethulle ook in sirkelsgeloop.

Drie ander mense heture lank in die Saharageloop. Twee van hullehet die pad byster geraakwat hulle moes volg, maar hulle het nie in sirkelsgeloop nie, want dit was in die middel van die dag.

Die derde persoon het in die nag geloop; maartoe die maan agter wolke verskuil was, het hyverskeie skerp draaie geneem en teruggestap indie rigting van waar hy gekom het.

Daar is ook toetse gedoen met mense watgeblinddoek op ’n sportveld geloop het. Voorheenis gegis dat mense in sirkels sal loop na huldominante kant.

Dit was egter nie die geval nie – hulle het naalbei kante in sirkels geloop, waarvan sommigenet 20 m groot was.

Die sirkelpaaie is ook nie sistematies nie – danloop dieselfde persoon na links, dan na regs. Daaris nie ’n voorkeur om in een spesifieke rigting teloop nie, en dus is hierdie nie een van die redesvir die gedrag nie – ons neig nie na een kant nie.

Selfs toe die navorsers mense skoene gegee hetwat aan die een kant hoër was as aan die ander,het dit nie ’n invloed gehad nie.

Die navorsers meen die mense se onvermoë omop ’n reguit pad te bly, is die gevolg van sensorie-se “geraas” in die sensoriese motoriese sisteem.Sonder eksterne rigtingverwysings om die subjek-tiewe sensasie van “reguit vorentoe” te herkali-breer, veroorsaak die “geraas” dat mense insirkels loop.

Dit is die liggaam se mees gesofistikeerdeorgaan wat hierby betrokke is, naamlik die brein.As iemand geblinddoek is, moet die brein ’n padreguit vorentoe bepaal met baie beperkte inlig-ting, waaronder dit wat hy kry van die vestibulêresisteem oor balans en beweging van die spiere engewrigte.

Al hierdie seine wat gestuur word, bevat kleinfoute wat tot die geloop in ’n sirkel kan lei. ’nMens kry nou selfs meer respek vir diegene metsiggestremdhede wat enorme brein- en sensorieseaanpassings moet maak om oor die weg te kom.) Bronne: Current Biology; Science) Elsabé Brits is Die Burger se wetenskap­joernalis.

Grafika: MORNÉ SCHAAP

Top Related