-
Ons ontmoet die voorsitter van Potchefstroom Amateur Radio Klub van Nader
Wat besluit die manne op die AJV van September 2014.
1.) `n Mondvol dinge gebeur. Die klub groei en
die ledegeld bly dieselfde. Wat `n lekker ge-
dagte.
2.) Daar is twee trofees wat eienaars moet kry
en voorstelle word gevra. (Wat van een vir die
person wat die beste resultate behaal op sy
RAE—En die ander een vir die mees aktiefste
lid op die radio?)
3.) Die klub werk daaraan om hulle beeld na
die gemeenskap uit te neem.
4.) `n Webblad vir die klub word in die lewe
geroep sodat ander amateurs die werksaam-
hede van PARK kan sien. Daarvoor kry PARK
nou `n Webmaster.—Sterkte Niel.
5.) Vir die eerste keer kry PARK ook `n QSL
manager en nou kan lede hulle roepsein binne
in hierdie klub in werk. Kom ons kyk of PARK
die eerste klub gaan word wat `n “Work all ZS”
sertifikaat kan verdien.
6.) Die LV`s van die lede beplan weer `n fees-
like jaareind funksie. So kry julle datums reg
en moet dit nie misloop nie.
7.) `n Nuwe bestuur is gekies en hulle elders
geplaas.
8.) Ledegeld bly dieselfde (R110) vir die jaar.
OK Chris verduidlik hoe hy dit saamstel en dat
ons nogsteeds `n goedkoop stokperdjie
bedryf.
9.) Uitstappie na Overvaal moet beplan word.
Potchefstroom Amateur Radio Klub
(PARK)
Wat skryf mens oor so `n merkwaardige mens.
Ou kêrel Steph is `n man met `n baie unieke
passie. Het jy hom al ooit gehoor kla? Het hy
jou al ooit sleg behandel? En so kan ons baie
vrae oor hom vra, maar daar is weinig wat sal
kan sê hy is nie altyd dieselfde nie. Ou kêrel
Steph is al vir baie jare `n Radio Amateur met
die roepsein ZS6AOK (Arme ou Kêrel). So vir
die humor. Steph is woonagtig in Stilfontein
waarvandaan hy sy stasie bedryf. Die wat al
daai roepsein gewerk het sal saamstem en sê
dis `n stasie met opregte seine en suiwer uit-
sette. Steph is ook vir baie jare betrokke by die
opleiding van nuwe amateurs en reis op `n
gereelde basis vanaf Stilfontein na
Potchefstroom om hierdie klasse te kom aan-
bied. En glo my hy weet waarvan hy praat. O ja
iets moet ek byvoeg! Steph laat nie met hom
sukkel of Sy stokperdjie te na kom nie. Hy is
meer as bereid om jou dadelik te laat verstaan
jy is nou op `n gebied waar jy nie moet wees
nie.
Steph is getroud met Annatjie wat ook `n ama-
teur is ZS6BYG (Beautiful Young Girl). Hierdie
twee mense trap diep spore in hierdie stok-
perdjie en staan nooit terug vir enige aange-
leenthede van hierdie stokperdjie nie. Sou jy
`n Antenna wou bou of net wou uitvind hoe
een werk of lyk kan jy maar gerus met Steph
skakel hy sal jou verduidelik. Wonder soms
waar bêre `n mens al daardie kennis.
Skakel aan julle radio`s en luister rond, sou jy
die roepsein ZS6AOK hoor rapporteer dadelik
vir `n gesprekkie wat jy lank sal onthou.
Dankie Oom Steph.
Voorsitter:
Steph Terblanche
ZS6AOK
018 484 2423
082 773 5297
Sekretaris:
Johan Genis ZS6JJG
072 231 8924
Penningmeester:
Chris Viljoen
ZS6BYQ
018 297 1753
082 857 8641 ZS6AOK
Potch Radio Klub Desember 2014 Volume 1
Binne hierdie bylaag:
Ontmoet die voor-
sitter.
1
Planne vanaf die
AJV
2
Nuwe Bestuur 3
Foto Ou kërel
Schempie
Foto Ou kërel Joe
Foto van AJV
-
Voorsitter:
Steph Terblanche (ZS6AOK)
Ondervoorsitter:
Bill van der Walt (ZS6WDV)
Sekretaris:
Johan Genis (ZS6JJG)
Penningmeester:
Chris Viljoen (ZS6BYQ)
Webmaster:
Niel Bierman (ZS6NEB)
QSL Manager:
J an van Wyk (ZS6FJB)
Nuwe Verkose Bestuur (2014—2015)
Fotos:
IETS ANDERS:
swembad se skepnet en
siedaar, `n omgekeerde V in
volle werking.
Die klub gebruik hulle talente
en sorg dat Jan gereeld na
klub bulletins kan luister en so
bly hy in voeling met wat in die
klub aangaan. Gebruik jou
radio, dit maak nie saak waar
jy is nie, dis hoekom daar
amateurs is. Hulle wil jou hoor
en dink net hoe lekker klink
daai DX vanuit jou woonwa
met `n 5/9 seinsterkte. Voor-
waar `n stokperdjie om te
geniet. So paar fotos om die
omstandighede op Lydenburg
te wys.
Met jou radio lisensie in jou
hand en `n paar planne geniet
jy jou stokperdjie al te lekker.
Jan (ZS6FJB) is `n jaar gelede
vir werk verplaas Lydenburg
toe. Sy QTH is Potchefstroom
en wou glad nie geld in Lyden-
burg spandeer op verblyf nie.
Hy en sy LV Amanda durf toe
die taak aan en gaan Lyden-
burg toe met hulle karavaan.
So maak Jan `n antenna en
gebruik die selfde aluminium
pyp wat jy gebruik vir jou
Bladsy 2 Potchefstroom Amateur Radio Klub
Caption describing picture or
graphic.
-
1.) Steph Terblanche ZS6AOK 14.) Gert Meyer ZS6GHM
2.)Johan Bamberger ZS6LVG 15.) Nelie Meyer ZU6SPM
3.) Andrè Geldenhuis ZR6GAA 16.) Henk Langenhoven ZS6PHM
4.) Gawie Diedericks ZS6GWD 17.) Neil Bierman ZS6NEB
5.) Kobus du Toit ZS6KDT 18.) Eunice Bierman ZS6MEB
6.) Henry Jordaan ZS6BPQ 19.)
7.) Flip van Niekerk ZS6PCV
8.) Annatjie Terblanche ZS6BYG
9.) Bill van der Walt ZS6WDV
10.) Chris Viljoen ZS6BYQ
11.) Johan Genis ZS6JJG
12.) Jan van Wyk ZS6FJB
13.) Juan Coetzer ZS6IF
Hier kan ons iets insit om te ruil of te koop. Kontak my indien jy enige iets hier wou plaas.
Jan van Wyk.
Kantoor ure: 011 201 5496
Selfoon: 071 676 8679
Werks e-pos: [email protected]
Prvate e-pos:
Klublede Lys.
Iets om te ruil of te verkoop.
Hoe en waar kry jy ZS6POT
Hierdie klub roepsein vind jy op Dinsdae aande ongeveer 18:00 op die frekwensie
145.737.5. Dis waar die klub se weeklikse bulletin uitgesaai word. Die bulletin gaan ook
soms as die toestande dit toelaat uit met herleiding op die 40Meter band in die omgewing
van 7.140.0 —7.145.0 op dieselfde tyd.
Sou jy vanaf Johannesburg na Potchefstroom reis kan jy ± vanaf die Fochville Carletonville 4
rigting stop op 2 meter luister. Vanaf Kroonstad so ± 10 Km voor Viljoenskroon kan jy luis-
ter. Vanaf Ventersdorp so 2 Km voor Ventersdorp kan jy luister en dan vanaf Klerksdorp so
± 1 Km buite Klerksdorp kan jy luister. Alles hang natuurlik af van jou antenna op die voer-
tuig en ook die krag uitset op die radio. Daar is manne wat al baie verder gerapporteer het,
maar in die algemeen is dit die plek. Sou jy deur die dorp ry wees verseker dat amateurs
altyd daar is en wel luister. Roep maar en kry iemand om jou besig te hou terwyl jy deur
beweeg.
Volume 1
Caption describing
picture or graphic.
Bladsy 3
-
Terwyl ons na die hede kyk, moet ons ook so bietjie na ons verlede kyk. Hierdie spasie kan maar dop gehou word om so
bietjie van PARK se geskiedenis te leer.
Met hierdie uitgawe kyk ons na twee van ons oudstryders.
Gert Schempers (ZS6AOE) Oom Schempie soos die meeste van ons hom geken het. Hy was vir baie jare deel van PARK
en ook een van die stigters lede. OK Schempie was vir jare betrokke by die sein eenheid van die weermag en het `n on-
gelooflike klomp kennis gehad van Radios, Instemmers, Kapasitors, Antennas en sommer nog alles verbonde met radios.
Menigte amateurs sal jou vra hoe dit met hom gaan en of jy hom ken. Ok Schempie het na baie jare verhuis vanaf
Potchefstroom na Christiaana waar hy nou naby sy kinders bly. Ons kan nie wag om weer daardie stem op die lug te hoor
nie, en sou ons dalk `n paar manne moet bymekaar maak om te gaan help om antennas op te sit dan sal ons so maak.
Ons salueer `n groot man en verskriklike inteliggente mens. Luister uit vir die roepsein ZS6AOE en antwoord dadelik so-
dat jy kan sê jy het met hom gepraat.
Joe Mayer (ZS6ANW) Oom Joe is iemand met `n baie ryk geskiedenis en voorwaarlike ongelooflike talent. OK Joe was ook
een van die stigters lede van PARK en `n besondere mens met die geheue van `n olifant. OK Joe was `n geoloog op sy
jonger jare en sy algemene kennis was finominaal. Jy kon met hom oor enige iets praat en hy kon saam praat. As ama-
teur was hy ook vreeslik bedrewe met gelykgolf uitsending (Morse kode). Met digitale uitsending was hy ook baie bedry-
wig en wou altyd iemand help om sy passies vir die stokperdjie te help uitbrei. As gevog van OK Joe se werk het hy op `n
vroee ouderdom in `n asbes myn gewerk en vandaar die asbestose in sy longe. Dit het OK Joe stelselmatig begin afbreek
en hy was die laaste tyd in Potchefstroom baie siek. Sy kinders het besluit om hom Pretoria toe te vat waar hulle dan
sommer ook `n ogie oor hom kan hou. Sou enige iemand weer die voorreg hê om die stasie ZS6ANW te werk dan moet jy
dit met beide arms aangryp. Vir die van ons wat hom wel gewerk het en hom in ons gedagtes hou koester asseblief die
groot nalatenskap van PARK wat hy vir ons gelos het.
Ons groet julle ou GROTES en sal julle altyd koester
*Bladsy 2 foto van Schempie ZS6AOE *Bladsy 3 foto van Joe ZS6ANW
Die verlede
AJV - 27/09/2014