Laerskool Bloemfontein
Goeie waardes maak ons ’n Wenskool. Webblad: lsbfn.com Besoek ons op facebook: Laerskool Bloemfontein
NUUSBRIEF 9 2020/03/05
Uit die kantoor Beste Ouers, Elke week skryf ek aan u. Terwyl ek so skryf wonder ek hoeveel van ons ouers doen werklik die moeite om die nuusbrief te lees. Vir wie is die nuusbrief belangrik en vir wie nie?? Ek skryf oor probleme by die skool, skoolgeld wat nie inkom nie of oor die prestasies van ons kinders. Gewoonlik gaan my stukkie oor iets wat die afgelope week gebeur het.
Die afgelope paar weke het dit rof gegaan in die kantoor en daarom het ek dit goed gedink om vandag vir u te vertel wat doen ‘n skoolhoof die heeldag in sy kantoor. ‘n Groot deel van die dag gaan oor administratiewe sake. Gewoonlik ‘n spul e-posse om deur te gaan. Nie almal sinvol nie, maar ek moet hulle deurlees. Ek en tannie Annatjie gaan deur die finansies wat insluit bus-, middagstudie-, skoolgeld en beursvorms. Die grootste deel van die dag gaan verder om met ouers te skakel oor kinders wat nie huiswerk doen nie, of kinders wat nie skool toe kom nie, of kinders wat met mekaar verskil het oor een of ander iets.
Elke persoon wat in die kantoor inkom wil dadelik ‘n antwoord hê. Soms het ek nie eers van so ‘n insident geweet nie . Dus het ek nie al die inligting voor my nie. U kan dus nie van my verwag om ‘n antwoord te gee, voordat ek nie beide kante van ‘n saak gehoor het nie. Dit gaan dus gebeur dat u hier by die skool aankom en dat u nie altyd die antwoord gaan kry wat u wil hê nie. Onthou dat ek ook net ‘n gewone mens soos u is en ek maak ook foute. Verder moet ek probeer om na die groter prentjie te kyk. Ek moet na die skool as ‘n geheel kyk en dan besluite neem wat vir die hele skool van belang sal wees.
Dissipline is by alle skole ‘n groot kopseer. Ons probeer ons bes om dit toe te pas op ‘n redelike en verantwoordelike manier. Met ‘n skool van 900 leerders is dit nie altyd maklik nie. My dag is daagliks redelik vol en daarom is dit nie vir my moontlik om elke ouer dadelik te sien nie. As u ‘n afspraak maak is dit makliker om die dag te bestuur. Ons hou dan daardie tydgleuf vir u oop sodat ons ‘n redelike gesprek kan voer sonder iemand wat dan die kantoor instorm.
Sterkte aan al ons leerders met die toetsreeks wat reeds vandag begin. Aan ons leerders wat aan sport en toernooie deelneem – sterkte en gaan maak ons Bloemies trots!
Groete Gerdus.
Ouers moet asb. nie leerders in sporttyd kom
haal nie. ‘n Onderwyser moet dan ‘n hele groep alleen laat om die klas te gaan oopsluit
vir die betrokke leerder se tas. Dit veroorsaak groot moeilikheid. Indien ouers vroegtydig reël, kan die kind by die kantoor
wag met sy tas. Hoop u verstaan!
Indien u in 2020 wil gebruik maak van die toesigklas, kan u toelatingsvorms by tannie Annatjie kry.
Hulle sê om kinders , maar veral tieners groot te maak is soos om jellie teen ‘n muur te probeer vasslaan – dit het beslis sy eie uitdagings!! Grense en dissipline is iets waaroor tieners nie altyd opgewonde voel nie. Sommiges dink hul ouers weet niks en is outyds. Spreuke 29:17 “As jy jou kind met dissipline opvoed, sal jy nie bekommernis oor hom hoef te hê nie – jy sal vreugde hê.” So is die teendeel ook waar – as jy jou kind sonder dissipline grootmaak, sal jy baie bekommernis hê en baie trane stort. Daar word soms “gespot” dat die elfde gebod is: “Ouers, julle moet jul kinders gehoorsaam.” Ons leef in ‘n tyd van gehoorsame ouers met streng kinders wat graag die septer wil swaai, bederf is en party keer op grootmense se gevoelens speel. Tye het verseker verander, maar een ding staan al die pad vas – kinders van alle ouderdomme het nogsteeds hul ouers se leiding nodig, ten spyte daarvan dat hulle optrede en houding van tyd tot tyd die teenoorgestelde spreek. Kinders soek grense. Dit laat hulle beter met die lewe regkom as hulle weet daar is grense. Dit is soos ‘n sweefarties in die sirkus wat weet daar is ‘n vangnet onder wat hulle sal vang as hulle dalk sou val. Dieselfde met dissipline en grense – dis die vangnet onder ons. Dit laat die kinders veilig voel. Grense sê – my ouers het my lief. Spreuke 13: 24 “As ‘n mens jou kind nie straf nie, het jy hom nie werklik lief nie. Daarom sal iemand wat sy kind liefhet, betyds dissipline toepas.” Die doel van dissipline is nie om ons kinders te probeer beheer nie, maar juis om hulle te begelei om die persoon te word wat die Here bedoel het hulle moet wees. Mag die Here ons help om tegelyk vir ons kinders ankers EN vlerke te gee!!
Indien daar enige gebedsversoeke is, stuur gerus ‘n sms of whatsapp na 064 602 9227.
OUERKOMITEE T.E.A.M.
Together Everyone Achieve More
DOEL VAN OUERKOMITEE Fondsinsamelings regdeur die jaar ten
bate van die skool om verbeterings aan te bring waar ookal dit nodig gevind word,
sodat ons beter fasiliteite en geleenthede vir ons kinders kan bied.
Rugby- en Netbaltoernooi 18,19,20 MAART 2020
Is daar ouers wat ons behulpsaam kan wees met BORGE vir die TOERNOOI asb?? Die toernooi word jaarliks aangebied en dit is ons skool se grootste fondsinsamelingsprojek. Daar word gemik vir ongeveer 800 leerders. Pakkies gaan opgemaak word vir elkeen en daarin kan letterlik enigiets geplaas word, soos byvoorbeeld: waterbottels, pette, klein sjokoladetjies, skryfbehoeftes, energiestafies, lekkergoed, “stickers, lipice, starterpacks”, ballonne, magnete ens.
Bestanddele soos suiker, meel, koffie, tamatiesous en “chutney” word benodig. Indien u enige ander skenkings het, kan u die artikels na juffrou Carin Jordaan stuur. Donasies is ook meer as welkom. Indien u ‘n brief benodig insake borge, kontak juf. Carin direk by 084 441 7615. BAIE DANKIE VIR DIE SKENKINGS SO VER. ONS WAARDEER DIT OPREG!!
VOLGENDE VERGADERING,
MAANDAG, 9 MAART OM 17:30, PERSONEELKAMER
DAGBOEK AANTEKENING 30 JULIE 2020
MANNE-AAND, met Wicus van der Merwe aanboord, kaartjies is binnekort beskikbaar vir die wat belangstel om tafels te koop @
R350 per persoon.
GED
GEDAGTE VAN DIE WEEK Geesdrif is die suurdeeg wat jou hoop laat rys na die sterre. Daarmee kan jy enigiets bereik. Kom ons kyk vandag
met sagter oë na mekaar en wees meer verdraagsaam met mekaar,
soos ons ook wil hê ander moet met ons wees. Ons kinders het liefde, sekuriteit en dissipline nodig. Elke mens moet ‘n droom, ‘n visie en ‘n
doel in die lewe hê … WAT IS JOUNE?
O N S I S N W A A R D E G E D R E W E S K O O L
BUSGELD Busgeld moet vooruitbetaal
word vir die maand wat volg. Busgeld word nie by
buskondukteurs betaal nie.
BUSGELD IS R430 PER MAAND VIR 11
MAANDE Daar is nie beurse vir busgeld nie, vereffen asb. u rekening voor of op
die 7de van elke maand. U kind gaan nie opgelaai
word indien daar agterstallige busgelde verskuldig is nie.
BAIE BELANGRIK Indien u u kind laat by die skool
kom aflaai moet u asseblief u kind self by die kantoor kom inteken.
By Lee-Ann is daar ‘n boek waarin u u kind se naam en van, u
telefoonnommer en die rede moet skryf hoekom u kind laat is. (Verslaap is nie ‘n rede nie.) Hierdie inligting word op ‘n maandelikse basis aan die
department deurgegee.
ATLETIEK Die volgende atlete gaan op 14 Maart aan die Atletiek
Kampioenskappe deelneem. Shulene Coenraad 1 200 m
Mia-Leigh Engelbrecht Hoogspring
Leah Maarman Hoogspring, 100m en verspring
Karla Heydenrich 1 500m stap Nikita Ferreira 1 500m stap Danyel Osch Hoogspring Faghan Elias Hoogspring
Jarryd Lubbe Gewigstoot Baie sterkte!!!
Abigail Adams het aan die LSEN-Atletiek gaan deelneem.
Sy wen drie goue medaljes in Hoogspring, verspring en 100m.
Jy maak ons so trots!!
LEERDERRAAD SE GEDAGTE Dis okay…
om foute te maak, om nie elke dag perfek te
wees nie, om ook “af” dae te hê, om te doen wat die beste
is vir jou,
om net jouself te wees!!
VCSV Teksvers van die maand
Psalm 121:1 Ek slaan my oë op na die berge. Waar
sal my hulp vandaan kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde
gemaak het.
HOKKIE
Abigail Adams en Alley-Ché Smith het aan die Suid-Vrystaat hokkie proewe gaan deelneem. Hulle is
gekies vir die Suid-Vrystaat 0/13A-hokkiespan. Bakgat meisies!!
Dit wil gedoen wees!!
SO-MAATS IS … Opsoek na wol, breinaalde, afvallappies, draad, enigiets waarmee ons SO-maats
handwerk mee kan doen. U kan die artikels na juf. Tharina toe stuur asb.
VOORTREKKERS 10 Maart 12:30 – 13:30 Jagkaartjies beskikbaar by juf. Stephnie. Kaartjies kos R30 per kaartjie of R150 per boekie. Gelukstrekkings vind in Mei plaas. Een tot drie blesbokke kan gewen word. Volgende Dinsdag gaan elke voortrekker ‘n “cup cake”versier. Die versiersuiker en “cup cakes” word voorsien aan elke kind. Elke leerder bring asb. net ietsie soos bv. smarties, jellytots ens. om julle “cup cake” verder te versier.
Daar sal slegs skaakoefening vir die junior ligaspan en die voornemende senior ligaspelers Donderdag, 5 Maart 2020, wees. Oefening vir die res gaan weer in die tweede kwartaal voort. Daagwedstryde word
dan afgehandel om die span saam te stel. Alle ligaspelers MOET teenwoordig wees.
Die junior span is: Wernich van Niekerk (kaptein), Coenraad van Rooyen, Jayden van der Merwe, Lucas Meiring, Rudi Vermeulen, Martin
Mdhluli. Baie geluk aan hierdie klein maatjies wat groot
skuiwe maak op ‘n skaakbord!!
Ons 0/9 A-Rugbyspan het verlede naweek 2 wedstryde gespeel tydens die rugbytoernooi by Willem Postma. Ons Bloemie-bulletjies het al twee hulle wedstryde gewen. Julle is ysters!! Mooi so manne.
Jannie het soggens kaalvoet skool toe gestap. Skoene was nou maar eenmaal nie vir hom nie. Sy ouma het kom kuier en sy vertel hom dat sy ook altyd kaalvoet moes skool toe stap. Om haar voete sterker te maak het sy dit gereeld in soutwater gedoop. “Wragtig” sê Jannie en verdwyn soos ‘n speld. Sy ouma kry hom waar hy met sy boude in ‘n bak soutwater sit. “En nou?” Wil sy ouma weet. “My pa moet vanaand my Wiskundetoets teken!”
DANCE DOMINATIONS Dansklasse by Laerskool Bloemfontein op
Donderdae 13:45 in skoolsaal. Kom probeer gerus een of twee klasse. Verskeidenheid klasse beskikbaar by
studio te Lorrainestraat 52, Bayswater. Kontak Senicia 082 300 2296
Bel/WhatsApp E-pos: [email protected]
Facebook: dancedominationseniciadutoit
Guardova Do you need reliable Security Guards?
We supply reliable and truthworthy security guards for all your needs.
We supply guards for: Events, Retail, Industrial
Feel free to contact us for an obligation free quote.
Office Hours: Monday – Friday: 8:00 – 16:00
Contact: Adriana – 061 585 6392
VCSV AVONTUURKAMP
Waar: Retiefkampterrein Wie: Gr. 4 – 7
Datum: 20 - 23 Maart Koste: R640
Sluitingsdatum: 13 Maart 2020 Inskrywingsvorm met geld na Juf.
Klopper asb.
Kennisgewings Donderdag, 5 Maart Skool kom 13:50 uit vir Gr. 1 – 7 Skaak begin net na skool tot 15:00 Aandliga Rugby 0/11 by Willem Postma Toetsreeks begin vir gr. 7 leerders (Engels)
Vrydag, 6 Maart Wêreldbiddag tydens skool Toetsreeks vir gr. 7 leerders (SW) LET WEL Skool kom 12:30 uit vir Gr. 1 – 7
Maandag, 9 Maart Juf. Mienet verjaar!! Skool kom 12:30 uit vir Gr. 1 – 7 Rekenaars sluit af.(Net na skool tot 13:30)
Dinsdag, 10 Maart Juf. Nadia verjaar!! Toetsreeks vir gr. 4 - 7 leerders Skool kom 12:30 uit vir Gr. 1 – 7 Voortrekkers sluit af net na skool tot 13:30. Kuns sluit af net na skool tot 13:30 vir gr. 1 – 3.
Woensdag, 11 Maart Toetsreeks vir gr. 4 - 7 leerders Skool kom 12:30 uit vir Gr. 1 – 7 Kuns net na skool tot 13:30 – gr. 4 - 7 Aandliga Rugby 0/13 by Willem Postma
Donderdag, 12 Maart Toetsreeks vir gr. 4 - 7 leerders Skool kom 12:30 uit vir Gr. 1 – 7 Aandliga Rugby 0/11 by Willem Postma Skaak sluit af vir kwartaal een.
Vrydag, 13 Maart Skool kom 12:30 uit vir Gr. 1 – 7 Mini-Netbal Toernooi by Laerskool Bloemfontein vir 0/7A, 0/7B, 0/8A, 0/8B, 0/8C, 0/9A, 0/9B en 0/9C. Netbalspelers het briewe ontvang.
Saterdag, 14 Maart Vrystaat Atletiek Kampioenskappe – Bloemfontein
respek eer l ikheid lojal i tei t
ui tnemendheid