my storie,

64
my storie, voordat dit onder die sand verdwyn

Upload: khangminh22

Post on 07-May-2023

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

my storie, voordat dit onder die sand verdwyn

Die Instituut vir Geregtigheid en Versoening is verbind tot die bev-ordering van volhoubare versoening, regmatige transformasie en demokratiese nasiebou in Suid-Afrika en ander Afrikalande.

Die Instituut poog om dialoog en maatskaplike transformasie aan te help, deur middel van navorsing, analise, gemeenskapswerk, be-geesterde openbare debatvoering en ontmoetings op voetsoolvlak, probeer die Instituut ‘n klimaat skep waar mense van verdeelde ge-meenskappe bereid is om ‘n gemeenskaplike, geïntegreerde nasie te help bou.Die Instituut is toegespits op die herstel van vrede op elke vlak van die samelewing, ondermeer om deur ou grense te help afbreek en nuwe sosiale paradigmas daar te stel.

ISBN 978-1-920219-61-1

Hatfieldstraat 105Tuine

Kaapstad8001

Ontwerp deur EPIC PRINT | Tokai

Gedruk deur…………..

Hierdie publikasie word opgedra aan die senior inwoners van Villiers-dorp wie tyd gemaak het om hulle lewenservarings en-insigte te deel. Hulle bereidwilligheid getuig van die besef dat elkeen ‘n bydrae kan maak, hoe gering ookal, tot plaaslike geskiedskrywing van Villiersdorp. Ons begrip en waardering van die verlede word verryk en verruim deur die verskillende stemme oor grense heen.

ERKENNING

INHOUD

Oorsig van die projekElizabeth ‘Lizzie’ Titus

Jaftha RuytersJulia HartnickJoseph Jacobs

Ingrid ConradiePeter Doll

Florina Johnson

OORSIG VAN DIE PROJEK

VILLIERSDORP: My Storie, voor dit onder die sand verdwyn.

‘n Bydrae tot plaaslike geskiedenis

Met die aanbied van die 2010 Wêreldbeker Sokkertoernooi was een van die vereistes, die nalatenskap van die sokkertoernooi. Sedertdien het ‘Legacy Projects’ groot aanklank gevind in die algemene diskoerse. Die idee van nalatenskap het ook heelwat stukrag verkry deur die Verenigde Nasies (VN) se verklaring van Mandela-dag op 18 Julie ter viering van die nalatenskap en toegewyde diens soos verpersoonlik deur Madiba.

Die gedokumenteerde dorpsgeskiedenisse en as’t ware hul nalatenskap, in die algemeen in ons land, is meerendeels ‘n weergawe van die vestiging en ontwikkeling van die Ned-er-duits Gereformeerde Kerk (NGK), en hoofsaaklik gefokus op die wit / blanke bevolking se wel en weë. Ander inwoners word genoem met betrekking tot welsyn en sendingaksies.

Die post-apartheid Suid-Afrika het baie uitdagings, een daarvan wat direk verband hou met die bevordering van versoening en bevordering van gemeenskaplike samehorigheid (social cohesion) is die demokratisering van die plaaslike/dorpsgeskiedenisse. Die ant-woorde op die vraag, “wat is die geskiedenis van gebiede / dorpe / streke” kan nie sondermeer beantwoord word deur slegs die raadpleeg van die bestaande bronne nie. Ten einde ‘n meer omvattende antwoord te verskaf, is dit nodig dat nuwe bronne ontgin en toeganklik gemaak word. En een van daardie bronne is, mondelinge geskiedenis, die belewenisse van mense, hulle eie lewenservarings en perspektiewe.

Die dokumentering van die lewenservarings van geselekteerde senior inwoners van Dor-ingbaai, Clanwilliam en Villiersdorp, vorm deel van die Instituut vir Versoening en Gereg-tigheid (IJR) se Building an Inclusive Society (BIS) 2012-2016 program. Die drie projekte is

op die inisiatief van die projekleier van die Schools’Oral History projek asook die plaaslike gemeenskapsheler / community healer begin en bestuur. Ongelukkig het die Villiersdorp gemeeenskapsheler halfpad van werk verander en gevolglik is die voltooiing van die projek vertraag.

In die geval van Doringbaai asook Clanwilliam is die senior inwoners lede van die senior-burgersklub op hulle onderskeie dorpe. Party van hulle is ook aktiewe deelnemers aan die Golden Games wat jaarliks plaasvind onder die vaandel van die Departement van Sport en Ontspanning.

Die dokumenteringsproses is begin deur eerstens ‘n paar groepsbesprekings te hou ten einde ‘n oorsig te verkry van die groepe se lewenservarings, kennis oor die dorpsontwik-kelinge asook om belangrike gebeure te identifiseer.

Daarna is daar besluit om met sekere lede van die onderskeie groepe onderhoude te voer wat met video en stemopnemers opgeneem was. Die kriteria was onder andere, beskik-baarheid asook bereidwilligheid, gesondheidstoestand en natuurlik dat hulle ten minste vir ‘n geruime tyd inwoners van die onderskeie dorpe moes wees. Die onderhoude was meestal tuis gevoer waar die projekdeelnemers gewoon het, maar die groepsbesprekings het in ander lokale plaasgevind.

Die titel, in die geval van Doringbaai, omdat die langs die see geleë is, is ‘My Storie, voor dit in die see en onder die sand verdwyn’. In die geval van Clanwilliam en Villiersdorp, ‘My Storie, voor dit onder die sand verdwyn’ is na aanleiding van ’n stelling wat atta Dina Don gemaak het oor haar versugting enersyds om by haar voorouers aan te sluit, maar ook dat haar lewensverhaal en die van ander op ‘n manier vasgelê moet word voordat daar geen spoor van hulle oor sal wees nie.

Hierdie publikasie is ‘n poging om die nalatenskap van ‘n seksie van die inwoners van Doringbaai, Clanwilliam en Villiersdorp vas te vang en sodoende ‘n stem te gee aan dorps-geskiedenisse wat histories nie na waarde geag was nie.

Die geredigeerde teks in hierdie publikasie is grotendeels gebaseer op die onderhoude wat gedurende die projek met die deelnemers, as individue en in groepsverband, gevoer is en opgeneem is deur middel van ‘n stemopnemer, asook video opnemer.

NASKRIF:

Oom ‘Appie’ April en sy eggenote ‘Settie’, was besonderse entoesiastiese en toegewyde lede van die Clanwilliam Mondelinge Geskiedenisprojek, het heengegaan kort na mekaar in 2014 en 2015. Ons sal ons herinneringe van hulle koester.

Elizabeth Titus

ELIZABETH TITUSNooiensvan, Swartz, 69 jaar oud

Van die plaas na VilliersdorpEk was 11 toe ons op Villiersdorp kom en ek was in standerd 2 (graad 4), en dit was Septembermaand daai jaar en van daar af is ek in Villiersdorp. Daai tyd het ons op ‘n plaas gewoon, Dagbreek, wat nou Chiltren’s Farm is en ons was twee huis gesinne wat op die plaas gewerk het. Daai tyd moes jy gewerk het en die boer het geglo dat net my pa regte werk kan doen, hy wil nie ander mense hê nie, even planttyd moes ons kinders help, hy wou nie ander mense op sy plaas hê nie. En toe het hy die plaas verkoop en ons het ‘n paar maande daar gewoon want ons het nie ‘n plek in Villiersdorp gehad nie. Maar later het ons in Bergstraat gaan woon. Toe bou hy vir ons ‘n huisie, die huise staan nou nog op die punt van Unielaan en toe trek ons Villiersdorp toe agter die baas aan. (Dit was in) die bo-dorp, en daai tyd was daar nie so baie huise in die bokant nie, dit was alles tuingrond wat toe aan Hannes Mulk behoort het, die baas met wie ons gekom het. Dit het amper so gelyk soos op ‘n plaas, want dit was groot grond en ons moes dit maar bewerk.

Skool op VilliersdorpDie eerste oggend toe ons moet skool toe stap, dit was ‘n baie koud, ek het ‘n swart jas aangehad. ‘n Seun het van die skool gekom en vir ons gevra of ons skool toe gaan. Hy was Sid du Plessis, sy ma was daai tyd onderwyseres by die skool. Dit was die eerste persoon met wie ons letterlik gepraat het. En omdat ons hier bo by Unielaan gewoon het, het ons nie baie met mense gemeng nie. Dit was werk, soggens van half-vyf tot saans ses- of agt-uur sommige keer. So dit was net Sondae wat ons by ander kinders uitgekom het. Sid die eerste een met wie ons gepraat het, en sy suster, Tillie, wat my ouderdom is , was ons eerste vriende. Hulle het onder in Hanstraat gewoon in die dorp. Daai tyd was die Anglikaanse Kerk, ons kerk hier, net een keer in die maand wanneer die rektor van Caledon afgekom het. (Gevolglik) het ons elke Sondag na die NG Kerk toegegaan. En dan het ek, Tillie, Sidney en Juffrou Maree maar saam kerk toe gestap.

Die skool was aan die begin nie so maklik aanvaarbaar nie, want ons kom toe van ‘n Engelse skool uit, en hulle is nou ‘n NG Kerk skool en die werk het heelte-

maal verskil en omdat dit September maand was, was dit nou moeilik om aan te pas. Ek onthou toe ek daar aankom toe lees hulle van ‘n Engelse boekie Alibaba and the forty thieves, dit sal ek nooit vergeet nie. Dit was vir my baie moeilik, ek kon nie daai woorde lees nie. Hier was ‘n meisie wat ook op Graymead ge-woon, en ons het by Dagbreek gewoon en ons was nogal bly dat sy nou in die klas is, maar sy het gemaak as of sy my nie sien nie, en ‘n ander meisie, Valerie Fredericks, het my onder haar vlerk geneem.

Elke dag was maar ‘n swaar dag vir ons. Ons het so te sê op ‘n plaas gewoon, naby die skool. Ons moes soggens gaan werk, en ons moes (onsself) afstof as ons skool toe hardloop het. En daai tyd was die dopstelsel nog in en my pa het gedrink. Gelukkig het die Here my ma weerhou van dit, en hy het meer wyn gekry wat hy geld gekry en ons wat 10 kinders en op daai tyd was net my oudste broer op hoërskool. Dan het my ma altyd vir ons in ‘n koffie blikkie mieliemeel pap gebring tot by die klas (gedurende) pouse en ons het daar in die bossies gesit en eet, of ‘n blikkie sop sodat ons net kan gevul wees. My ma was ‘n vreeslike streng vrou. Haar oupa was ‘n Duitser en daai Duitse bloed was baie sterk in haar. Daai tyd het elke kind mos sy werk gehad, en as my ouer suster soggens vir haar koffie bring, en die koffie is nie sterk genoeg nie, dan skiet sy jou sommer met daai koffie. Ek was die een wat die pee-pot moes uit gooi en hom uitwas, en as sy later by daai pot kom en dit was nie skoon genoeg nie, dan kom sy tot binne-in die klas en haal vir jou uit met pee-pot en al in die hand en jy moet hom was en die kinders kan vir jou lag en kyk. Daai was my ma, Klara Arendse, toe was sy Swartz getroud, en toe daarna Williams getroud.

Veral op die plaas dan moes ons soggens gaan vrugte pluk, as dit uie tyd is moet hulle geplant word. By die saai was ons nie betrokke nie, maar dan moet die uie gewei word en dan opgetrek word, en dan moet hy geplant word en dan word hy weer gewei en dan word hy opgetrek en dan in hope gedra en dan vord hy gevleg of afgeknip. So uie pluk was ‘n hele proses en dan die vrugtebome. Ons moes vrugte pluk en in sakke of bokse sit en dan gaan ons nou skooltoe en vanmiddag 12 uur moet ons terug gaan huistoe en dan moet ons weer saam met ons pa gaan inval. Ons het nooit na tweede pouse skool op die plaas gehad nie en dan as eksamen begin, het my ma ons gesê, “onthou jy staan nie op ‘n ander plek as eerste nie”. En ons moes dit doen.

Toe ons hierna-toe trek, was ons bly ons gaan dorp toe en toe ons hier kom en ons vind dit is nie dorp nie, dis mos so te sê plaas, want dit is so groot stuk grond wat ons moes bewerk het. En dit was ook daai selfde tipe werk wat ons moes doen. Soggens as pappa gaan werk, ons moet saam met hom gaan werk. Ons kan nie eers koffie drink of so nie, die nôi maak vir ons koffie en gee vir ons ‘n groot sny brood sodat ons betyds is om saam met pappa in te val en dan gaan ons so half agt huistoe, en ons moet net gryp en deur die water loop sodat die Meester kon sien ons voete is nat en dan middag moet ons weer kom werk. En even toe ek hoërskool toe gaan. Toe gaan ek mos Caledon toe, ons was verplig om Caledon toe te gaan anders kry ons nie ‘n lening nie. ‘n Lening by die staat en jy moes dit terug betaal. Toe as ek teruggekom het daai Vrydag, dan ry ons met die trein tot in Elgin-stasie, en dan met die spoorwegbus gery tot in Villiersdorp. Dan moes ek my koffertjie neersit, dit was so blik ding wat Pappa maar saamgekap het en dan moet ek eers gaan werk en vanaand as ons ophou, kan ek my ouers en my sustertjies behoorlik groet. (Dit het voortgeduur) vir my hele hoërskoolloopbaan en toe was ons uitgesit uit die dorp uit. Toe het dit bietjie beter gegaan, want hulle het nie daai hele houvas op ons gehad nie.

Verskuiwing uit die bo-dorpKyk ons het bo-op die punt van Unielaan gewoon en later is ‘n deel van die pad ontwikkel sodat die dokter, wat hier was daaityd, het redelik naby ons gewoon. (Hy) was trots en altyd gesê dat sy buurmense nooit baklei het nie. Dan het daar mense onder in Prins Albertstraat gewoon, ek weet nie of u weet waar die ou NG Kerk was nie. Op die punt van Voortrekkerstraat en Prins Albertstraat, en daar het mense gewoon. En hier waar die fabriek is, Philco, daar het kleurlinge gewoon, dit was Kalkbaai genoem en dan onder in die dorp, daar het mense gewoon, daai stuk was genoem Dennelaan. En rond in die dorp het ook mense. Toe het hulle mos gebou, een deel wat ons Nuwedorp noem. Maar eers was die mense wat in die dorp gewoon het, uitgehaal. Byvoorbeeld, die skoolhoof het net agter die kerk gewoon en dis heeltemaal in die sentrale dorp, en daai mense moes eers uit die dorp uit. Toe het hulle Kalkbaai en Dennelaan gevat, ek onthou nie nou watter een was eerste nie.

(Ons kerk), die Anglikaanse kerk staan waar hy hier staan, hy staan baie lank ja. Al die jare en dit was ook ‘n probleem vir die boere. Eendag het een van die munisipale boere vir my gesê, ek gaan dit sê dat hulle my hoor, “ Vat jou fokken

kerk en sit die op jou skouer en dra hom op na julle buurt toe”.

Die VGK, dis onder as jy van Riebeeckstraat afgaan, op die hoek van Riebeeck-straat en Prins Albertstraat, dis redelik onder in die dorp. Daai gebou staan nog daar, maar daar is nou waar die Engelssprekende mense nou daar kerkhou. Daar was ‘n biblioteek of iets, maar die kerk nou noem hulle Unity Church.

Toe ons verwyder was na Nuwedorp toe, ek het daaityd kollege-toe gegaan, hoërskool het ek nog hier bo gewoon en toe ek kollege toe, was so daai was 1961. Ons het nie rêrig geweet eintlik wat gaan aan nie. Ons moes net trek na ‘n nuwe huistoe. So vir ons was dit nie ‘n vreeslikheid nie. (Die aanpassing in die nuwe woonbuurt) was redelik goed vir ons wat nog jonk was, want ons kon rond-loop en gesels, want nou is jy mos tussen ander kleurlinge.

In Worcester, op Söhnge OnderwyskollegeDaai twee jaar op Worcester was redelikke alright jare, dis meer ‘n kwessie van jy moet leer. Daai tyd was ons 120 meisie kinders was in ‘n klas, geen seuns nie, net die onderwysers wat daar was. Maar dit was lekker jare gewees.

Daai tyd was daar nou nie kos huise nie, ons het privaat loseer almal van ons, ek het in Mylnestraat gebly by die Sekoe’s, die man en die vrou is albei oorlede.

Ek was ‘n vreeslikke stout ding! Ek het nie rond geloop nie, ek het net kerk toe ge-gaan. Ons was verplig om een keer NG kerk toe te gaan omdat daai kollege is maar onder dit. So jy was verplig om te gaan. Dan ek het een keer in die maand seker maar Engelse kerk toe gegaan, daai tyd kon ons, en dan het ek saam met die mense na hulle kerk toe gegaan, want hulle was Nuwe Apostolies. Maar ek het maar saam met hulle gegaan.

Ek dink die skoolhoof het ‘n indruk op my gemaak, hy was meneer Groenewaldt, nee hy was die hoërskool hoof, meneer Kleintjies, was kollege-hoof. Die onder-wysers was daaityd, hulle het jou geken en jy het hulle geken. Daar was net een onderwyser wat ek nie vreeslik van gehou nie, hy het ons kuns gegee, hy was ‘n bietjie uit die hand uit.

Ons het pak gekry al was ons 17/18 jaar oud. En daar was ‘n onderwyseres, sy

het vir ons liggamsopvoeding en gesondheidsleer gegee daaityd. Nou Septem-bermaand as jy nou voorberei en dan sê sy miskien, “ok julle vier sit nou hier en julle werk vir julle liggaamsopvoedingles uit’. As sy nou kom na 10 of 20 minute en die les is nie volgens wat haar geoed genoeg nie, dan het sy vir jou of pak gegee of op ‘n stoeltjie (buite) laat staan. Die kollege is langs Greystraat en Grey-straat was daaityd soos die hoofstraat. Dan het sy jou buitekant die kollege laat staan op ‘n stoeletjie en sommige kere was jy nog besig om Liggaamsopvoeding (LO) te doen en ons het in ons panties LO gedoen, so jy moet maar staan op daai hoë barstoeltjiie en dit was hoe dit daaityd gewees het. Maar ons het dit aan-vaar, ons het nie geboycott of gaan kla of wat nie. Ons het gedink dit was reg.Die leuse van Söhnge daai tyd was “Mik Hoog” en ons het bygesit, ‘val laag’. Hahaha!

Kyk daar was ‘n juffrou Katie Afrika, sy het my vreeslik dop gehou. Maar gelukkig kon sy niks van my sê nie. Dan het sy altyd in die klas gekom veral as sy iets gehoor het van een van die meisies, dan het sy nou die een daar uitgeskel. Sy was vreeslik. En ek dink sy het vir ons drie vakke gegee met die gevolg het ons baie met haar te doen gehad. En dan het sy altyd gesê, “Swarts is die een wat so goeters doen”. Eendag toe sê sy ook so toe die kinders geraas en gefluit en tekere gegaan en ons is net meisiekinders, en sy het in die klas ingekom en sy het daar begin praat en toe sê sy, “Swarts, dis jy wat van effe geraas het”, en hoe meer ek sê juffrou dit was nie ek nie, maar sy het nie geweet ek staan net agter haar nie, en toe sy nog weer sê, toe praat ek sommer kort agter haar en toe skrik sy nogal. En sy het altyd gesê dis ek wat al die goed begin, miskien het ek. Hahaha!

En hier by September het jy voorbereide mondeling gehad en meneer Afrika, hy was die Afrikaans eonderwyser, so nou gaan jy spesiale Afrikaanse klasse toe en party dae spesiale Engelse klasse toe, Meneer van Rooyen het vir ons Engels gegee en hy was ‘n vreeslike streng man. Maar ek het gehou van hom. Hy was streng maar hy was goed vir jou. Nou begin hulle van A af en elke middag naskool vat hulle so paar en dié middag, en ek het nooit van Engels gehou nie, weet ek OK iewers gaan ek nou inval, want hulle is by die “S” en daar is nie so baie “S”e nie. Besluit ek, ek gaan nie mondeling doen nie. Kom wat wil, ek gaan nou iets uitwerk. Toe sê hulle ek kan kladpapier vat en dit eet, dan trek dit jou bloed en dan gaan jy flou. En ek het so gedoen. Ek het toe ‘n stuk kladpapier

onder in my skoen gesit en en kladpapier geëet en ons het so upstairs gesit en later toe voel ek my kop draai nou al. En toe ek so afval, sê een van die meisies, “Sir here is somebody fainting at the back”. Toe val ek. Toe gaan sit hulle my in ‘n klein kamertjie en hulle gee vir my brood en hulle sê vir my hulle weet ek is net honger, want ons kry nie baie kos nie. ‘n Ander meisie van Botrivier wat by my sit en kyk dat ek ‘n klein stukkie brood eet en ‘n klein bietjie water drink en ek was nie honger nie, ons het so gou daai brood opgeëet want ons was nou nie by die huis nie. En die volgende dag, ons het nie geboycott nie, ons het maar die volgende dag besluit ons, ek dink ons was vier, ons gaan verkeerde klere aantrek, want dan stuur hulle jou mos huistoe. Die een trek nou ‘n gekleurde onderrok aan, die ander ‘n tie aan, die ander trek nie haar jacket aan nie en so, en toe stuur hulle vir ons huistoe en toe bly ons daai volgende dag by die huis.

Atletiek was altyd in my bloed. En daai tyd was ek ‘n loseerder by die Horne’s, my ma het hulle geken. Hy was ‘n skoenmaker, Danie Horn. En toe het ek by sy ma en pa loseer onder daar in Hartwiglaan Esselen Park. So dan moet ek van daar opstap skool toe. Smiddae het ons geoefen en daaityd kon ek hard praat as ek lus is vir hard praat en toe moes ek die kreet opsê by die atletiek. Daar was ‘n ander meisie, sy was al tweede jaar, en sy was nogal jaloers dat ek die kreet opsê en dat ek eerste jaar was. Toe gedurende die pouse toe gaan ek huistoe, ek het ver gebly en toe ek daar buite die huis kom, moes ek self stukkie brood maak, (met die gevolg) toe ek weer by Söhnge-kollege kom, toe het die atletiek al klaar begin en sy het toe kans gekry om die kreet op te sê en ek was bitter teleurgesteld, kwaad vir myself en die hele wêreld.

Ek begin my onderwysloopbaanJy weet nie dadelik of jy geslaag het of nie. Jy hoor maar eers hier in die Desem-ber-Januarie vakansie, of jy dit nou gemaak het. Maar jy begin nou (om ‘n on-derwyspos) aansoek doe. Ek en Bernie Davids, hulle het in Kroonstraat gewoon, het aansoek gedoen na Lambertbaai toe en natuurlik hier rond, maar dit was die enigste skool wat ons twee aanvaar het, in Lambertbaai. Daai tyd toe kamp die mense elke Desember-vakansie en ons is toe in Hawston en kry ons die tyding dat ons wel geslaag het en ons kry die tyding dat ons in Lambertsbaai aangeneem is. En hier was ‘n meneer Maart en hy het vir ma gesê, “Aunty Swarts, jy stuur nie vir Elizabeth af na Lambertsbaai toe nie. Daai is ‘n vissersdorp en as die vissermanne van die see afkom dan gryp hulle al die jongmeisies en jy is nooit

gevrywaar nie”. En aunty Swarts het gesorg dat Elizabeth nie hier afgegaan het nie, met gevolg nou het ek nie betrekking nie. Toe die skool aangaan toe is ek nog by die huis, toe het Lambertsbaai se hoof my gebel ek moet kom en later het hulle vir so ‘n week aanmekaar gebel en hulle het my gedreig en toe het Bernie tot my redding gekom en sê die Vera Ferus is ook sonder betrekking en sy is toe hier af Lambertsbaai toe. Een glo my, hulle het altwee met ‘n kind opgekom. En toe het die hoof buitekant Villiersdorp, Môreson Primêr, hy was ‘n Neethling, hy was ook van Worcester, het toe siek geword. Die hoof het siek geword en hulle weet ek is by die huis en toe my gevra of ek nie wou uithelp nie en ek is toe soontoe. Ek het toe daar vir drie jaar skool gehou.

Toe kom ek Villiersdorp toe. Toe het ek hier ‘n tydelike betrekking gehad en ek het veel rond getravel eers. Ek het onder in Winkelaars skool vir drie maande gehou, dis anderkant Prins Albert Hamlet daar so 50km in die berge op. Dis ‘n vreeslike agterlikke plaas. Die baas van die plaas doen alles daar. As jy nou kraam help hy, hy doen alles. Ek was daar drie maande toe daai tyd het hulle die skooltjie daar gebou en ek was toe die eerste een daar. Toe sê hy, hy is spyt dat hy die skool gebou het, want hy soek nie sulke mense op sy plaas nie, want die Inspek-teur moes nou kom en Prins Albert se predikant was altyd daar, daai tipe mense en hy het gesê nee.

Dit was nogal redelik moeilik vir ‘n dame om ‘n vaste betrekking te kry. Teslaars-dal, daar was ek ook in ‘n tydelike pos. So jy moet nou maar vat waar jy ‘n posisie kry en dan moet jy gaan en dan weer verder soek. Even as jy lank by jou skool was, as ek toe later weer terug gekom het Villiersdorp toe, was ons mos tydelik aangestel. So te sê lewenslank, jy bly tydelik. Daai tyd was jy minder betaal geword as die mans onderwysers, want jy was ‘n vrou en ek was onder 4 departmente so elke keer wanneer ‘n department gechange het, begin jy as dag een so asof jy net uit die kollege gekom het. As jy kraam, moet jy af-sign en jy moet van dag een begin waneer jy terug kom, al kom jy terug na die selfde skool toe. Ek moes vir twee van my kinders bedank, want ek gaan nou met kraam-verlof, net met die derde een het ek kraam-verlof gekry. As jy trou, moes jy bedank, jy is ‘n ander mens, jy is nie meer Swarts nie, jy is nou Titus. Nou kan u self weet hoe affekteer dit jou loopbaan en jou geld. Ek het al hoeveel jaar skool gehou toe kry ek eers ‘n award vir 20 jaar, toe hou ek al 30 jaar skool. So elke keer was ek gesny. Ons was minder betaal as die mans, maar ons het baie meer gewerk

as die mans gedoen. Even die Inspekteurs het gesê hulle kan staat-maak op die vrouens, dis net waneer hulle gaan met kraam-verlof waneer hulle uit die skool uit bly. Die mans gaan nooit met kraam-verlof maar hulle is nooit op die skool nie, veral op ‘n Maandag!

Ek het 34 ½ jaar skool gehou en as ek met die dae tel wat ek uit die skool gebly het, was die een hand se vingers te veel, behalwe die dae wat ek moes afgesign het. Ek het nooit lang verlof gevat nie. Ek het nooit siekteverlof gevat nie. Ek was een keer so siek, ek het ‘n masjien opgetel, en my rug seergemaak en ek kon nie heeltemaal loop nie, vir 14 dae. ‘n Ander onderwyser het my by die huis kom haal en skool toe gery en sommer later huistoe gevat. So het ek nooit verlof gevat nie. Ons het baie inspeksies gekry daai tyd. Jou werk moes net reg gewees het. Ek kan onthou ons het daai tyd middagskof en oggendskof gehad omdat die skool te klein was. Ek het middagskof gehad. Maar jy begin eintlik in die oggend, so as jy middagskof het, verloor jy ‘n bietjie, jy begin soggens en jy begin met handwerk, jy begin so 10 uur met jou middagskof wat eintlik mos maar twee-uur die middag moes begin het. Jy moet die praktiese goed in die voorkant doen. En dan as jou klas begin dan begin jy met jou klas. En dan hou jy skool tot half 6 toe. Ek het vir 15 jaar aanmekaar middagskof gehad want niemand wou middagskof gehad het nie. (Ek en die skoolhoof) het begin uitruil, een jaarh-jy en een jaar ek.

En die inspeksies was nog al ‘n stresvolle ding. Ek kan onthou, ek kan nie rêrig sing nie, ek is nie nootvas nie, ek het nie musiek in my nie, dit het my een broer en een suster weer. Dan het ek my kindertjies liedjies geleer en die goed gedoen wat ek kon doen, maar nou met inspeksie moet jy ‘n regte ding doen. Dan vra ek een jaar vir een van die onderwyseresse, sy was baie goed met musiek, werk vir my iets uit en sy werk vir my mooi die les uit en alles. Toe kom die inspekteur, en ek het begin en ek doen die hand-gebare, Rae me doe me. (Hy bars los) “Juffrou wat maak jy!” Voor die klas, nou weet jy in watter toestand is ek nou en nou moet die kindertjies nog sing! Later toe die les verby was, het ek in die kantoor gaan huil. Ek was seergemaak, ek het my beste gedoen. Maak elk geval, ek was nie ‘n musiek mens nie, ek het nie musiek gevat op hoërskool nie. In standerd 7 (graad 9) moes jy nou ‘n bietjie sang doen, maar dit was nie eintlik musiek nie, vir kuns en musiek het ek nie kans gesien nie.

Toe ek begin skoolhou, het ek ‘n standerd 2 klas (graad 4) gehad. Daai tyd het jy die hele klas gehad vir die hele dag. Jy moes alle vakke onderrig, so ek het nie ‘n keuse gahad nie, ek moes kuns gegee het en ek moes musiek gegee het. Toe ek die dag begin het op Môreson Primêr, toe begin ek met ‘n klas van 105 kinders. Ek was die eerste dame daar by die skool, so ek moes nou naaldwerk begin, uit die grond uit, ek moes netbal begin, vir die kinders leer, die suster in beheer by die kliniek vandag, sy was by my in die klas, sy was standerd 1 (graad 3) daai tyd. Sy sê nou nog, ek het haar gemaak netbal speel al wou sy dit nie doen nie. Die hoof het net vir my gesê, “Juffrou, jy kom skool-hou, so jy moet skool-hou. Jy moet doen wat gedoen moet word. Moenie van my verwag dat ek by jou kom sit en kyk wat jy doen nie, ek het my klas en jy het jou klas, so jy gaan aan. As jy probleme het dan vra jy”, so het ek begin, so ek moes maar net gecope het.

Die verhouding met die wit inwooners hier op Villiersdorp oor die jare, hoe het jy die eervaar?Daai tyd was hulle nog baas en jy was klaas, minder as klaas. Jy moet sê nôi en jy moet sê baas en jy mag nie aan hulle raak nie, en daai tipe goed, even in die kerk, daai tyd was ons nou bruin en wit in die kerk. En al sal jy langs hulle sit, dan skuif hulle weg al moet hulle dwars teen die muur skuiwe. Ek het een dag vir hulle gesê, weet julle is nou bang om langs ons te sit, maar die vrou wat vir julle in die kombuis werk is vuiler as ek. En wie sê vir julle sy was haar hande as sy vir julle kos maak, en was julle en trek julle kinders aan met daai vuil hande, maar julle wil nie sit langs ons wat skoon gewas is nie. Even nou is dit nog nou nie heeltemaal reg nie, daar is die wat jou aanvaar as mens, maar daar is baie wat jou nie aanvaar nie. Even by ons in die kerk ook. Maar miskien verbeter dit.

Weet nie of daar rêrig mense is wat besig is om (brûe tussen kleurgroepe te bou nie), ok ons wat nou hier by mekaar is, ons probeer seker mekaar verstaan, maar die ander wil nou nog baas wees, daai tipe goed. Toe ons hierdie saal gebou het, glo my, hulle wou nie hê ons moet die kerksaal bou nie, kyk die kerk het daar gestaan, ons het nie ‘n toilet gehad of ‘n hande wasbak nie, niks in die kerk nie. En as ons besoekers kry, veral as die Biskop kom, en daai, moes ons hulle laat afgaan na die garage vir die toilet, toe het ons besluit ons wil nou ‘n saaltjie bou met ‘n toilet. Toe kry ons (boumateriaal van ‘n skool wat gesloop sou word) want ons het gesê as ons kan daai goed kry, kan ons nou ‘n saal opsit. Die predikant het konneksies gehad met hulle, maar ons predikant woon mos in Botrivier. Daai

aand wat ons daai goed aflaai en die lorrie hier staan en ons laai die goed af, toe kom ‘n vrou, sy woon hier agter, maar sy woon nie nou meer hier nie. “Wie het vir julle gesê julle kan goed hier aflaai, julle raas!” Toe sê ons, dis nog dag, julle kan nie nou al slaap nie. “Ja maar julle raas, waar is julle predikant, want julle is nou op die kerkgrond. Toe sê ons die predikant staan bo-op die lorrie. Hy gee die goed aan en ek vat die goed en gee dit aan na my broer. Sy gaan aan oor die predikant wat nie by is nie en wat nie weet nie. Nie kort na lank nie, hier kom die polisiewa. ´En ja, julle kan nie so raas nie, en ons het klagtes gekry” en wat ook al. Ons sê, dan moet julle ons kom arresteer. Toe praat die predikant van bo-af, “ja, meneer, ek is die predikant”. Nou hy was redelik donker van kleur en hy het sulke gladde hare gehad soos ek, toe weet hulle nou nie dis die predikant nie. En daai vrou was so skaam, sy het agteruit geloop en die polisie het in die vangwa geklim en gegaan.

Ek het in die kerk die ander dag gesê, hier is so baie goed wat seer gemaak het, vir al my seer gemaak het, dat wanneer ek vir julle sien, dan sien ek nog altyd witmense. Toe sê hulle, “jy moet nou aanvaar”, maar weet jy, dis nie so maklik om te aanvaar nie. Toe sê hulle ons kan nie daai boumateriaal gebruik nie, hier kan nie geplak word nie, ons moet (‘n regte saal oprig). Ons het nie daai geld gehad nie, dis hoekom ons so klein saaltjie, wat eindelik twee klaskamers is, wou bou. Toe ons hier begin het, het hulle gesê, ek moet na al die mense toe gaan hier rondom die kerk en ek moet hulle toestemming vra. En die munisipaliteit het gesê ek moet gaan en ek het dit gedoen en almal van hulle het ja gesê. Eendag toe is ek by die skool, toe kom ‘n Engelsman na my en vra toe of ek by die Anglikaanse Kerk is en ek neem hom soontoe, want toe sê hy maar hy woon toe nog nie hier nie, die huis staan toe leeg, maar hulle het ‘n petisie opgetrek, want hulle het uitgevind dat hy nou hier kom woon, maar hulle het nie geweet dat hy is ‘n Anglikaan nie. En toe kom waarsku hy vir my en toe het ek weer munisipaliteitskantoor toe gegaan en baie gepraat en dat ons op die einde die saal kon bou in 1993.

Hier langs aan daai hele stuk grond daar was proteas, baie mooie proteas. Dan kom ek eendag hier dan is hier ‘n vrou wat proteas pluk, ‘n blanke vrou. Ek vra vir haar wat doen jy. Sy sê ek pluk mos proteas, en ek sê maar dis mos ons kerk se eiendom, jy moet mos vra as jy proteas wil pluk. Daar pluk sy bosse en maak sy

kranse en verkoop dit ten duurste. Toe sê ek nee mevrou. Sy sê toe, “Ja maar dis maar net ‘n hotnot kerk”. Toe sê ek ja dis ‘n hotnot kerk, maar as jy nie vir my wil vra of sê nie, gaan onder in Voortrekkerstraat, daar woon ‘n blanke man Victor Els, sy vel is wit soos joune, dan sê jy ten minste vir hom, want hy behoort ook aan die kerk, dat jy proteas gaan pluk, of vra vir hom. “Ja kom dat ek jou betaal”, toe sê ek, dit gaan nie oor betaal nie, dit gaan oor etiket. Daai houding het hulle gehad teenoor ons.

(Die Anglikaanse kerk) is lank voor my hier gestig. (Die kergebou) het afgebrand in 1933, toe is ons hier en maar toe is ek nog nie gebore nie. Toe het hulle hom weer opgebou. Toe het hy nou weer afgebrand in 2007, dit het dus twee keer afgebrand.

Wat daai voorste jaar gebeur het, sal ek nie kan sê nie, ons weet nie rêrig hoe hy nou afgebrand het het nie. Die koshuis kinders, die blankes, die Engelse kinders, die skool het mos ‘n baie goeie naam gehad, maar ek weet nie nou nie, kinders van Amerika, Engeland, van oorsee het hier kom skool gaan by De Villiers Graaff, en dan het hulle nou by ons kerk gegaan. Die Community Church was nou nog nie daar nie. Hulle het begin snaakse goed doen en toe het ons uitgevind, maar daai tyd mag ons nie die deure gesluit het nie, die kerk moes oopstaan, want die mense wat verby kom wat wil bid, moes kon inkom en bid. En dan kom hulle (die koshuis kinders) en doen wat hulle wil. Toe sluit ons die kerk en sit die sleutel onder die matjie. Maar hulle het dit later uitgevind. Later het ons die sleutel onder een van die blankes, wat daai tyd ook daar was, onder sy deurmatjie gaan sit, maar hulle het dit ook later uitgevind en toe het ons besluit, ons maak die deure toe.

Vader (Austin Jackson) was ook hier. Hy het eintlik na die predikant wat hier was gekom. Toe ons die kerk gebou het, was vader Charles Williams hier en hy was vyf jaar hier. En hy het aangevra om die saal klaar te kry en hy is hier weg. En toe het vader Jackson gekom. Na hom, het ons vir twee jaar tydelike predikante soos vader Phillips, en daarna het ons vir vader George van Schalkwyk gekry en hy het hier afgetree by ons. En na vader van Schalkwyk het ons vader David Titus gehad, hy het verlede jaar afgetree hier by ons en nou op die oomblik het ons nie ‘n predikant nie. Ek is nou die hoof van die gemeente.

Jaftha Ruyters

JAFTHA RUYTERS

Vernie February (die akademikus) is my kleinneef. (Ons het wit welgestelde fam-ilie in Ceres), maar ons oupa-grootjie het n verkeerde pad geloop, hy’t ‘n bruin vrou gevat. Hy (Vernie) was besig met ‘n grondeis daar in die Koue Bokkeveld. My ouma is ‘n Du Toit van my ma se kant, my ma het Ruyters getrou, hy was ‘n donkerkleurige man. Soos ek sê, my susters was weer lig van kleur.

My ma is nou 88, sy’s ‘n bietjie hardhorend, sy’t vir ons baie goed vertel maar ons het dit nooit gedokumenteer nie. Sy‘t vertel hoe hulle groot geword het, van die Koue Bokkeveld hoe die witmense rof was. My oupa het ‘n plaas gehad, hy het die papiere vir ‘n Duitser gegee, hulle het te voet geloop daar uit die Koue Bokkeveld uit na die magistraat op Ceres, maar dit het niks gehelp nie.

My begin-’74 gematrikuleerEk is oorspronklik van die Koue Bokkeveld, gebore op die van der Merwe se plaas, Boplaas. Pa-hulle het daar in die Koue Bokkeveld rondgetrek van plaas tot plaas. Toe ek van my bestaan bewus word, toe bly ons op ‘n plaas met die naam Die Erf, dit was een van die plase van die Cohen broers. Ek het begin skoolgaan by ‘n skool met die naam van Roggevlei Primêr, die skoolhoof daar was Edward Haas van Worcester. Ek en Trevor, sy seun, was saam in sub A (graad 1) gewees in 1963, daai tyd by St Andrews, Ceres.

In Julie 1969 trek na die bosboustasie Nuwe Berg naby Villiersdorp. Pa Piet Ruy-ters en Ma Sara Swarts, hulle het daai tyd gesê hulle wil ons laat leer. Op daai stadium was daar nie eers ‘n skool naby nie, my oudste broer Hendrik Ruyters het op ‘n stadium in Ceres gebly Hendrik Ruyters om skool te gaan, op daai stadium was my twee ouer susters alreeds uit die skool uit en as bediendes gewerk om die huis aan die gang te hou. Die kinders was maar so klein-klein al uitverhuur, die geld was sommer daai tyd direk aan die ouers betaal, toe sê my pa nee, hy voel hy wil nader aan ‘n dorp kom , so in 1968 trek ons Villiersdorp toe.

My pa het so ‘n kort tydjie by die munisipaliteit gewerk, toe het ons in die dorp gebly, maar daarna het ons net buitekant die dorp, op ‘n plaas Boradyn gaan bly, dit het aan ‘n meneer Le Roux behoort.

Villiersdorp is ‘n wyn, uie en graan verbouingsstreek, toe was die damme van vandag nog nie hier nie. Die plaaseienaar, Kobus Le Roux, hy het ook tot bekering gekom en daai tyd was die dopstelsel een van die vorms van betalings. Toe hy sy hart vir die Here gee, het dit by hom gekom dat hy’t gesê het daai is een van die dinge wat die bruinmense vernietig en agterhou. Hy’t onmiddellik opgehou met die dopstelsel. Hy was die pionier van (verbouing van) vrugte in die omgewing. Daar was destyds ‘n groot artikel in die Sondagkoerant, Die Dagbreek oor hom wat ‘n heeltemal ander koers ingeslaan het in sy lewe, daai was ’68 /69. Hy het ook later mense wat hy in diens geneem het gekeur, jy moes ‘n nie-drinker wees. Op sy plaas het ons Sondagskool gegaan, kerkdienste is gehou, ons as kinders het daar kennis met die evangelie gemaak. Tot vandag toe , het daai plaas Boradyn (daai godsdienstige karakter), dit was wonderbaarlik om te sien hoedat mense se sienswyses verander het.

HoërskoolloopbaanOns het hier in Viliersdorp skoolgegaan tot standerd ses (graad 8), daai tyd by Kosie De Wet (Primêre Skool). Op daardie stadium was Emil Weder, Esselenpark, Schoonspruit, Swartberg en Bergrivier was die enigste Sekondêre skole (vir bruin leerders. Ons is toe Genadendal (Emil Weder SS) toe, eers my broers is Gena-dendal toe, toe’s ek later ook Genadendal toe.

OnderwysloopbaanEk en my jongste broer het onderwysers geword. My oudste broer het ook amper ‘n onderwyser geword, maar toe hy druip, het hy die kollege verlaat. Ons was almal by Hewat Onderwyskollege gewees. (Een van die plaaskinders het) selfs ‘n doktorsgraad in teologie (behaal), hy’s Albertus Titus. Snaaks, ons almal het op die plaas gewerk, selfs jy as kind. Albertus het die voorreg gehad om die ter aardebestelling van meneer Le Roux te doen, hy het ‘n ryke stukkie geskiedenis gehad, dit was soos mens maar kan sê, midde in die apartheidsera.

Een aand het die meneer Le Roux vir hom gesê, jy gaan saam met my en na die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) en nog in die voorste bank gesit, die ander mense het maar net gekyk.

My pa het op daai stadium ses rand per week verdien, een rand twintig ‘n dag, maar hulle het die voorreg gehad om tuin te maak en diere soos varke aan te

hou, beeste, dis vandaar dat die voorliefde (vir landbou) vir my gekom het, tot vandag is ek nie sonder diere nie. Dit het vir hulle instaat gestel (om besittings te bekom), daai tye kon hulle vir hulle voertuie koop, my pa het van ’69 af vir hom ‘n bakkie gekoop en tot sy afsterwe het hy nog altyd ‘n bakkie gehad en hy’t vir ons laat leer.

Ek het klaargemaak as onderwyser, en later ‘n landbou diploma gedoen.Ek het gevoel om huistoe te kom om hier ‘n bydrae te maak. Finansieël het ek nogal ‘n groot prys betaal, want ek het ‘n jaar skoolgehou as ‘n gewone onder-wyser. Toe ek een oggend by die skool kom, wag die inspekteur en die dominee vir my daar. (Hulle het my aangesê om my goed te pak by die skool, dit was Feb-ruarie 1978 en hulle het ‘n hoof van ‘n plaasskooltjie, Moria Primêr, gedemoveer. Hier’s ‘n onderwyser van 21 wat nou hoof raak, hulle het vir my gesê hulle sal na al die hoofde toe gaan in die omgewing, daar was vyf plaasskole, dit was ’n kerkskooltjie. Hulle het vir die ander hoofde gesê hulle moet my ondersteun as ek enigiets wil weet. Jy weet daai tyd moes jy agt jaar diens het om permanent aangestel te word, so ek het tydelik skoolgehou en het nie pensioenbydrae ge-maak nie. Elke jaar Septembermaand, dan sê dominee vir my, “Meester jy is my man hierso, ek jou net weer benoem vir volgende jaar”. En so het hy my elke jaar benoem totdat ek gekwalifiseer het vir permanente aanstelling, so’t ek daar vir 10 jaar skoolgehou en toe vorm daai skool deel van die Bissetsdrift Primêreskool.

Toe ons oorgaan na die nuwe bestel, ek het maar drie jaar onderwysopleiding gehad, toe moes ons vir verdere studies gaan. Ek sê toe vir my vrou, nou gaan ek my ander ideal verwesenlik. Ek wou baie graag na matriek landbou doen. Ek kan onthou ek het destyds vir KWV ‘n brief geskryf, en ek weet in ’92 het Elsenburg sy deure oopgemaak, landboukollege Kromme Rhee. Ek was die oudste student en die enigste anderskleurige, maar toe ons ons twee-jaar lange diploma kry, was ek een van 61 studente wat diplomas ontvang het. Ek moes kompeteer met 18/19-jarige manne, maar jeug kan nie ervaring klop nie. Dit was baie lekker jare. Dis ook ‘n stukkie geskeidenis, een van my mede student was Pieter De Villers wat nou die Springbok afrigter is , ons het saam in een klas gesit.

In ’94 was ons by NAMPO (Nasionale Mielie Produsente-Organisasie) se mielie uitstalling daar in Bothaville, daai was AWB wêreld, (daar) loop die manne khaki broek, khaki hemp, met sy skietding langs sy sy. As ons soggens daar stort op die

kampeerterrein, sê een, ‘jong het jy gesien, hier stort ‘n ou hotnot saam met ons’ net om die ou ooms te tart, hulle het gemaak asof ek nie deel van hulle is nie, dit was een van die hoogtepunte.

Ek was eendag in ‘n gesprek met ‘n jong blanke man, ‘n mede-student, toe vra hy hoekom kan hulle plaasmense / anderskleuriges nie soos ek wees nie. Hy sê toe as hy die volgende jaar die plaas oorneem, gaan hy al die plaaswerkers wegja. Ek sê vir hom toe, man jy’t nou die ideale geleentheid , jy het ‘n girl/vrou, ‘n kar, jy kan televisie kyk, jy kan die girl uitneem Jy moet onthou daai mense werk hard, nes jy, hulle het ook emosies, hulle het ook probleme. Ek sê, daai man verdien so min geld , hy moet vir hom ‘n blik skomfaan maak, en hy wil ook uiting gee (aan sy emosies), hy’t nie televisie nie, hy’t nie kar nie, al ding is, hy drink ‘n dop, hy’t nie eers genoeg geld om wyn te koop nie, (daarom) maak hy skomfaan en vat sy kitaar en loop, en daar waar hy kom, baklei hy sommer, dis deel van daai man se manier om ontslae te raak van sy frustrasies. Ek sê vir hom, jy’t nou die ideale geleentheid om daai mense op te hef.

Verhuis na Villiersdorp Ek was veertien jaar oud, ek is nou net so duskant die 60, toe ons hierheen verhuis het. Ek het ook darem redelik gesien hoe, nie net die dorp verander het, maar ook die omgewing, die sosiale ontwikkelingsvlak van ons mense het baie verbeter. Die plaaslewe het verbeter. Toe die water hier kom, ons gebruik nie baie water van die Theewaterskloof nie, dit gee meer water aan die Vyeboom omgewing asook Swellendam, Caledon en behalwe die stad, maar dit het gemaak dat die boere vrugte aanplant en toe hulle beter inkomste genereer, toe kon hulle beter (betaal).

Ek dink ons dorp was verlede jaar in die spervuur met die plaasonrus, maar ek dink dat dit baie meer op emosie (gebaseer was), ek meen ek is goed vertroud met baie plase, met baie van ons werkgewers hier. Hier’s van ons mense wat onder baie, baie goeie toestande leef en werk op die plase, ek meen baie is nie so gelukkig nie of baie werk in minder goeie omstandighede.

Julia Hartnick sorteer uie in uiestoor

JULIA HARTNICK nooiensvan Uren

Ek dink ek is gebore in 1940 in Unielaan, Villiersdorp. My ma hulle het ook op ‘n plaas Doringrivier gewoon en ek is nie heeltemal seker presies waar ek gebore was nie.

Ouers, Johanna Uren en my pa ken ek glad nie, hy’s dood toe ek nog baie jonk was, al wat ek nog het, is ‘n portret van hom. Sy eerste naam was Mark.

Toe ek my verstand kry, het ons in Victoriastraat in die dorp tussen blankes gebly. Die blanke kerk was daar en die koshuis, ek sal maar sê dis waar die arm blanke plaaskinders loseer het, in dieselfde straat het ons gebly.

Ek het daar tot twaalfjarige ouderdom daar gewoon. Ons het baie die blanke kinders geterg, maar ons het baie pak gekry, dan kla die kinders by hulle ouers en dan kom die ouers na die (skool)hoof toe en dan word ons gepiets.

In diesefdle straat was daar ‘n plekkie met die naam Kalkbaai, nou daar was ta-amlike mense so ons het altyd daar gaan speel tussen die maatjies, dis nou waar die Philco koöperasie vandag is, daar het baie bruinmense gebly.

[Speletjies wat ons gespeel het] Jan Blou, bok-bok, aanmaakertjie, vrot eier, soos nou sê kinders ken mos nie dit nie, ek het die meeste gehou van Jan Blou, jy word eintlik aangemaak, jy trek sulke hokke, dan staan jy in die middel van die hok en dan gooi iemand ‘n bal na jou en as jy raakgegooi word, dan is jy uit. Dit was my gunsteling speletjie.

Ek het net gegaan tot standard ses (graad 8) by Kosie De Wet Laerskool. Dit was nogal lekker daar op skool, ons het baie goed gekry, nie soos nou se kinders nie, wintertye kry ons melk, sop, en jy kry toebroodjies en somertyd kry on weer vrugte, druiwe en so-aan.

Van ons huis af was dit ‘n hele entjie van Victoriastraat skooltoe, ons het baie die blanke kinders gehênner langs die pad.

Meneer Adams het ‘n groot indruk op my gemaak in sy klas in standards 5 en 6 (graad 7 en 8), hy was streng gewees, en daar was meneer Lionel Fourie hy het vir ons sanggegee en ek dink meneer Lionel was van die Kaap.

Daar by die koöperasie was ‘n plek waar ons gewerk het met appels, dit word in ronde ringe gesny, dan word dit drooggemaak en dan verpak hulle dit, en dan was daar droë vrugte gewees, ons het gewerk met droë perskes, pere, rosyne en appels, ons het dit sorteer, nou daarvan het ek baie gehou, ek het daar begin werk vandat ek uit die skool gegaan het.

Daai tyd het ons maar baie min verdien, maar jy moet nog jou share ook gee vir die ma, ek het ook ‘n winkelrekening gehad waar ek van daai stukkie geld vir my klere gekoop het by Mrs Martin se klerewinkel. Daar was nie kleremaakster nie. My favourite kleure was rooi en wit, Excelsior rugbyklub se kleure en my outjie, Johannes, (het in die span gespeel). (Party Saterdae) het ek saam, Bredasdorp, Napier ensovoorts toe gegaan om (hom te sien speel). [Ek het ook by die uiestoor gewerk] Uie kom op ‘n belt, jy moet dit sorteer, daar moet nie een vrot ui wees nie (anders) word die hele pellet afgekeur. Gunter was die man se naam, die baas, meneer Gunter het self die foto’s geneem, hy het die foto’s verniet vir ons gegee, ek dink ek was omtrent 40 jaar oud. Die mansmense het sakkies toegemaak en (dit opmekaar gestapel). Ek het om en by vier jaar daar gewerk, daarna toe gaan ek Philco koöperasie, by Philco was dit n bietjie kouerig, hulle het handskoene gegee. Ek skat ek het so drie jaar daar gewerk, daarna is ek na Vyeboom koöperasie, (gerwerk by die ) sortering van appels, was bietjie moeilik (om met) daai appels (te werk, want) dit het uit die cold storage gekom, Ek het sowat (nege maaande)daar gewerk. Vyeboom koöperasie het die meeste betaal.

Julia Hartnick

Joseph Jacobs en van sy mede Oudtshoorn Onderwyskollege studente

Joseph Jacobs en sy gesin

JOSEPH JACOBS

Gebore in Le Seuerstraat Worcester, ek was ‘n enkelouer kind, dit het my vroeg-dag laat besef dat dit wat jy in die lewe wil bekom, sal jy hard voor moet werk. Ek het gesien veral in die somertye, dou voor dag verlaat my moeder die huis en gaan werk daar by Langeberg Koöperasie, miskien sal jy haar vanaand sien of miskien aan die einde van die week. Dit was op daardie stadium dat die Lange-berg begin het met die inmaakprosesse, omrede as die sagtevrugte te pap raak, gaan dit vir can en nie vir jam soos wat ons sou sê, dit het my ook genoodsaak om vakansietye in die fabriek te gaan werk.

Daai jare moes ons, ons eie skoolboeke koop, nuut by die skool of tweehands van ‘n maat koop. Daar was ander kinders ook in ons huis gewees.

Esselenpark Sekondêre Skool in Worcester Ek wil net hierdie staaltjie vertel van my matriekafskeid, vandag is dit limousines, dis pakkke klere wat gehuur word, toe ek in matriek was, het ons ook ‘n afskeid gehad. Ek moes by my groot vriend Charlie Davids, ‘Chuncky Charlie’, omdat hulle meer gegoed was, ‘n pak klere leen om die matrekafskeid by te woon. Ons moes stap, daar was nie karre nie, daar ook nie ‘n saal nie, In die demonstra-siekamer, daar was die speeches gehou deur mnr Arendse (die skoolhoof) en na die speeches het ons na die klaskamer langsaan gegaan, daar was ons getrak-teer, en daarna was dit weer elke bobbejaan na sy krans, want die volgende dag was dit weer skool.

In my matriekjaar het ek aansoek gedoen na Oudtshoorn Onderwyskollege toe, ek was gelukkig om in te kom en is toe soontoe. Ek moes maar net op God vertrou, want ek het geweet daar’s nie geld by die huis nie om ekstra goed te kry nie. Ek was toe Oudtshoorn toe vir twee jaar en daar bekwaam met Primêre Onderwys sertifikaat en het begin onderwys op Touwsrivier. Daar het ook my vrou ontmoet, maar na twee jaar besef ek dat ek nog ‘n jaar verder sal moet studeer, want ek wou graag ‘n diploma hê. Ons was meestal genoodsaak om kolleges by te woon, want geld vir universiteit was daar nie destyds nie. In ’74 terug na Oudt-shoorn vir my derde jaar en kwalifiseer my in houtwerk en keer terug Touwrivier toe en daar het ek in die houtwerkamer gewerk.

My onderwysloopbaanEendag kom my kringbestuurder, ons het destyds nog gepraat van die houtwer-kinspekteur, toe kom hy by my en sê, “Meneer ek wil eerlik met jou wees”, en vir hom is ek ewig dankbaar ofskoon hy ‘n blanke man was, wat my kon gedruk het of daar gehou het, hy het my waardevolle advies gegee, hy was meneer Monk. Hy’t vir my gesê, “Meneer, as jy hier in die houtwerkkamer blysit, sal jy nooit eendag bevordering kry nie, jy moet aansoek vir bevordering en jy sal jou nog in die akademie moet bekwaam. Ek het dit ter harte geneem en in 1980 toe kry ek die geleentheid om aansoek te doen Villiersdorp toe, ek het hier gekom om by Kosie De Wet Primêre skool te onderwys, vandag word die skoolgebou gebruik as die ABET- sentrum (vir volwasse onderrig).

In 1980 toe kom ek in ‘n bevorderingsposisie as departementshoof, daaiselfde jaar 1980, word ek sommer in die diepkant ingegooi, want my mentor, meneer Engel, die prinsipaal, gaan studeer toe aan UWK. Ek kom van posvlak 1 af, ek moes waarneem sonder ondervinding, wel dit het my goed gedoen, ek het baie dingetjies geleer, was maar meestal op my eie aangewese. Die naweek as me-neer Engel uit die stad kom, dan het ek by hom ‘n draai gaan maak, hy bly twee huise van my af.

Op ‘n stadium besluit ek toe dat ek gaan my in die akademie verder bekwaam. In 1982 is ek weer terug na Söhnge Opleidingskollege (Worcester), en voltooi toe ‘n diploma in die akademie, op daardie stadium het ek alreeds bevordering gekry, toe is ek alreeds adjunk-prinsipaal.

In daardie stadium het die skool geweldig uitgebrei en die baie leerders het onder uit Transkei uitgekom saam met hulle ouers wie hier in Villiersdorp kom werk het. Nou aan die begin het die ouers alleen gekom en hulle het eers hierbo in die hostel gewoon by die Villiersdorp Koöperasie waar baie van die trekarbeiders gewerk het.

Ons het nou begin met die nuwe bedeling in Suid-Afrika en mense het ingestroom. Mettertyd het ons ook maar politieke woelinge op die dorp gehad. Waar gaan die mense gehuisves word, hoe gaan die dorp maak (met die toestroming van mense), want daar was nooit eintlik in die verlede voorsiening gemaak nie. Tot op hede sukkel hulle nog altyd met behuising omdat daar te min grond is. Die skool

het ook met ‘n probleem gesit, te veel kinders en te min klaskamers. Die groot probleem met die kinders was die taal / kommunikasie met die kinders. ‘n Outjie kom daar onder uit Lusikisiki, Transkei uit, hy is nie Afrikaans magtig nie, jy as onderwyser is nie Xhosa magtig nie.

In ’93 besluit my mentor hy lê die tuig neer en toe’s dat ek moes oorneem as prin-sipaal. Waarlikwaar ek weet nie wat het my besiel nie, want ek dink dit was die hot tydperk in ons geskiedenis in Suid-Afrika.

Ek het ‘n leemte in Villiersdorp waargeneem, hier word geen geskiedenis opgete-ken nie, die skole doen dit nie, die kerke doen dit nie. Ek het maar net gehoor meneer Kosie de Wet was ‘n sendeling in Villiersdorp, hy’t besluit om vir ons Kleurlinge te laat proe hoe smaak onderwys. Ek het ‘n bietjie navorsing gedoen en daar in die kantoor het ek op ou registers en toelatingsregisters afgekom. Op ‘n toelatingsregister was geskrywe dat die eerste prinsipaal mevrou Susie Mars was, op daardie stadium was hier in Villiersdorp ‘n plaaslike koerantjie wat weekliks uitgekom het en ek het hulle genader en gesê dat ek sien niks oor hierdie skool se geskiedenis nie. Ek het belowe dat ek sal kyk wat ‘n mens in daai registers kon kry en gevolglik het ek weekliks vir die koerantjie ‘n rubriek geskryf so vir ongeveer twee maande.

Ek het klaargemaak met die skool in 2004, toe ek daar weg is, was die leerlingtal 1200, toe ek hier gekom het, was ons maar 400.

Toe ek hier gekom het, het ons ‘n baie problematiese stelsel gehad, dubbelskof klasse, te veel kinders, te min lokale. Nou kry jy die oggendskof wat begin 8-uur en dan 11h45-12 begin die ander graad1 en 2 leerders.

Godsdiens, weet julle hoeveel kerke is daar hier in die klein plekkie, dit help nie op die einde van die dag nie, geen een van daai kerke is kapitaalkragtig nie om ‘n ordentlike struktuur op te rig nie waar godsdiens beoefen kan word nie, en natuurlik as ek en my mede broer in die kerk net aan mekaar skuur, dan breek ek weg. (Iemand) het net nou die dag gesê ons het byna 90 kerke in die klein plekkie. Dan is daar deesdae ook ‘n tekort aan grond waar mense begrawe kan word, daar is nou wel n plekkie bokant die Villiersdorp Koöperasie, maar dit is hel om daar n gaatjie gekap te kry.

Sport, ek het in 1980 in die spervuur in hierdie klein plekkie gekom. Die blankes se oë was gefokus op jou, jy’s vreemd vir hulle, hulle weet nie watse moves jy kan maak nie, dit was daardie era van SARU en Federasie, die dorpspan was Federasie en die plaasspan was SARU. Eendag ontmoet ek ‘n blanke man in die dorp, en hy sê vir my, “weet jy ek het jou al goed deurgekyk, maar jy’s nie die man wat ons (gedink het jy is nie), jy weet in die klein dorpies, mense wat in po-sisies is, hulle voel bedreigd teenoor ‘n inkommer”. Toe sê hy vir my, “meneer ek het gehoor jy is so ‘n groot opstoker, maar ek het dit nog nooit agtergekom nie”. Hy sê, “hoekom het jy nie op die dorp kom speel nie, maar jy kom speel op die plaas, SARU is anti-government, en jy kom speel vir hulle?”

Die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) se Ou Tolbasaar, dit was so ‘n reuse sukses in die gemeente. Ons het plus minus 30-40 busse uit die stad uit geakkom-modeer. Die basaar was op ‘n stadium gehou onder in die dorp, by die ou tol en die basaar het lateraand die naam gekry van die Ou Tol basaar, dit was ‘n baie lekker basaar, want die mense was in die natuur vrygelaat, behalwe die verkope het ons natuurlik ook vriendskappe gesmee daardeur. Die basaar vind gewoonlik plaas gedurende of die laaste naweek in Maart of die eerte naweek in April. Verlede jaar het ons nie basaar gehad nie, want ons weet die ekonomie druk. Die Ou Tol is vanaf Villiersdorp in die rigting van Grabouw, en net voor die brug draai ‘n mens regs en dan net voordat jy die pas begin klim is daar ‘n stroompie water en uitspanplek, maar dis nou omhein en nou kan dit nie meer gebruik word nie. Dis nou deel van n wildreservaat.

Daar is natuurlik dinge wat aandag moet kry, maar soos ek sê, hier is werk, maar mense het begin kieskeurig word, want geen mens wil natuurlik min salaris verdien nie. Betko is die grootste verskaffers van werk, maar hier gaan ook werknemers soggens uit na Vyeboom Koöperasie toe, dis oppad na Grabouw toe.

Ingrid Conradie

INGRID CONRADIE Gebore in 1958 in Villiersdorp in Proteastraat.

Ma Gertruida, gebore Jonkers, en pa was Cecil Thomas, hulle was maar van hier. My ma het ook by die pakstoor gewerk en my pa het al die jare by die slaghuis gewerk, daarom datons so groot vleiseters is. Hy het by Bolandslagtery gewerk. Dit was in die hoofstraat.

Toe ek my verstand gekry het, was daar net twee rye huise, Disa en Proteastraat se huise, anders was dit net bossies. Die meeste van die grootouers het maar meestal uit die dorp uit opgetrek. Ons speelplek as kinders was oorkant Prote-astraat tussen die bossies en bome. Ons het speletjies soos Jan-Blou gespeel. My pa-hulle het altyd saam met ons dit gespeel. Dis groot bane wat jy trek sulke vier reghoekige blokke en dan moes jy verby jou teenstanders hardloop net op die lyne sonder dat hulle jou aanraak. Grootmense en kinders het saam Jan-Blou gespeel net soos alabasters. Met daai groot ghoene, daaityd het hulle met hul vingers geskiet anders as wat ons met ons duime geskiet het.Ek was meestal tussen die seuns, want ek was al meisiekind onder die seuns, al meisiekind met my ma se drie seuns. Ek was die jongste. Ek het op die dorp skoolgegaan tot standerd ses (graad 8) by Kosie de Wet en toe’s ek Genadendal (Emil Weder SS) toe, daar het ek buite loseer. Die mense by wie ons loseer het, was baie streng gewees, Saterdaemiddae kon ons net bioskoop toe gegaan het en Sondae moes ons saam kerktoe gegaan het, want die oom was die koster gewees. Meneer Balie was die skoolhoof by Emil Wed-er. Ek en Christopher Koenani het baie kattekwaad aangevang soos die kinders se satchels vas aanmekaar gebind en wanneer klasse geruil moes word, moet hulle buite sukkel om die satchels los van mekaar te maak en gevolglik sou hulle laat vir die volgende klas wees en het dan pakgekry. Ek het skool klaargemaak 1974/75 en daarna was ek net so drie jaar by die huis en toe trou ek met Arie-jan Conradie van Robertson in 1977. Hy het hier skoolgehou.

Ek het toe begin werk by die uieverpakkers. Gedurende skoolvakansies het ons het altyd daar gaan werk. En my ma het ook daar gewerk. Daaityd was dit nogal moeilik gewees, want daaityd het jy nie rêrig lus gehad vir werk nie, Jy’t nognie

Crèche kleuters aan huis van Ingrid Conradie

daai verantwoordelikheidsin gehad vir werk nie, jy gaan maar net omdat jy niks anders het om te doen nie. Ek het maar net ‘n bietjie langer as ‘n jaar daar gew-erk.

Vaardigheidsklasse in lapverfIn 2002/3 was ek gevra om hier by ABET-sentrum vaardigheidsklasse in lapverf aan te bied. My meisiekind het vir ons geleer en later toe sy elders werk gekry het, toe is ek al so konfyt daarin, het hulle my gevra om te help met die klasse. Ek het omtrent die lapverwerk so agt / tien jaar gelede begin. Ek hou daarvan want wanneer jy daarmee besig is, laat dit jou heeltemal ontspanne voel.

Ons koop patrone en dan druk ons dit af, daarna beginne paint ons. Ek het dit interessant gevind om mense lapverfwerk te leer. Miskien omdat dit meestal groot-mense soos ant Blom-hulle gewees het. Hulle was so geïnspireerd met die werk en hulle het dit sommer gou onder die knie gekry. Dit bevorder ook entrepreneurskap onder hulle. My dogter is ‘n ambulansbestuurder.

My ma-hulle het eers in ‘n drie-vertrek huis gewoon, maar toe ons kinders te veel geraak het, het die munisipaliteit vir hulle ‘n vier-vertrek met twee slaapkamers gegee. Ons het so nou en dan destyds Worcester toe gegaan, gewoonlik op ‘n Saterdag, met die spoorwegbus om inkopies te doen, want die goed was ‘n bietjie goedkoper daar. Ek was baie bang vir Worcester tot vandag toe nog.

Naskool het ek nog gereeld Genadendal toegegaan, my pa se ma woon daar. Maar ons wou nooit daar by haar gebly het nie, want mens moet te veel werk. Aanmekaar houthaal en water haal, daar was mos nie krane in die huis nie. Saans moes jy maar jou kommetjie water onder jou bed sit, want dan is dit sog-gens nie so koud nie. Ons moes buite water uit ‘n sloot kry.

Wat die verhoudings met witmense op Villiersdorp betref, die eienaar van die uiestoor, Petrus Gunter, was gelukkig nie ‘n rassis nie. Ek sal regtig nie daai man vergeet nie, hy was ‘n baie goeie man gewees. Want as jy Vrydae klaar (gewerk het) sal hy jou ‘n pocket uie gee of ander goed en as dit warm dae is, bring daai man kratte vol koeldrank wat yskoud is.

Ek het twee seuns (31 en 26) en een dogter (36).

PETER DOLL

I was born in the Eastern Cape. My father was a medical doctor and at the age of ten we moved to Cape Town and grew up in the southern suburbs. I came from a background that was very liberal my father who was a general practitioner in Queenstown and an Irishman mister Casey was fluent in Xhosa. He lived in the location with his six black wives, in the 1950s it was still accepted. Paddy and I got married in ’73 and when I was courting her, she came down to Viliersdorp, one of the labourers got stabbed about eight o’ clock at night. The local doctor was in the main street we came into this town and there was not a soul in the town it was dead, because eight o’ clock there was a curfew in town, this was ’73, no black or brown person was allowed after eight in the town.

I always wanted to farm from the age of ten wanted to farm. My father had a friend who farmed in this area and sent me here at the age of 14 to get that stupid idea out of my head. My father said that there was no future in farming, I came back every holiday thereafter to the farm. I did my army training for a year and ended up at Stellenbosch University and studied B.Sc (Agric.) for four years. Thereafter i farmed in the United States (US) for a year and then came back and farmed in Elgin for 18 months and in 1972 moved to Villiersdorp, so we have been here for 41 years.

(My recollection about that first visit to my father’s friend here in Villiersdorp), it was a fantastic experience. He was a hard task master, in those days we did not have the labour laws we have today, so as a 14 year old I could work. I did everything from driving a tractor to putting up fences to building pump houses, and it was actually a great experience. I was a labourer and was paid. I had my sandwiches with the labourers, it was a good experience, I was not put off farming.

(What attracted me to farming was my grandfather he) was an attorney and (when) he retired and bought a farm in Tarkastad and we as youngsters went every second weekend to visit my grandfather. The idea of playing with the ‘klonkies’, chasing rabbits, riding horse was a great idea , so I think that was my initial at-traction; and coming to this part of the world I was excited coming into the open

air, being creative, producing something, so I have no regrets.

(During the year in the US) we worked for the government mainly, it was a good experience and made me more keen to be back home. And , it was different, the labour situation there was very different, one does a lot of work with Mexicans, migrant labour, similar to here, I was 22 years old young, no ties in life, so it was easy.

Look, the agricultural practices have changed dramatically in the last 42 years, (for example, then) we could make a lot of money producing two tons, now you have to produce 60 tons to make money. Production has gone up, tonneages, quality, size, so the whole technology has changed but the basic fundamentals haven’t changed, pruning, picking. I think it (the commercial agricultural sector) has adapted quite well to the changed (political environment). Fruit farming is very labour intensive, when we first started farming here in 1972 we used to travel at least three times to the Transkei to collect migrantworkers and take them back and they lived in hostels that have virtually disappeared, with all the social pluses and negatives. So what has happended, you get people coming from the black ex homelands or tribal lands coming to the town’s squatter camps, waiting for a job, sometimes a job comes, sometimes it doesn’t. I think a lot of the problems in De Doorns last year was from frustrated unemployed people who couldn’t get work for various reasons. We saw this huge change from migrant labour to a more liberal labour relationship but the town has not developed from a social point of view (or) from an infrastructure point of view to absorb these labourers. Grabouw is probably the worst example thereof and Caledon is probably the best where they have made plans to absorb a lot of these people. I’m of the opinion that the change that came from migrant labour to contract labour, labour brokers became important. They do their own people more harm than anything else. A lot of us have now moved away from labour brokers to where we will rather hire our own casual labour, train our own supervisor to look after them. Labour brokers, they are out to make as much money as possible.

One of the problems (in towns) is to find someone who can talk on behalf of the community. We met a chap, pastor T, who had one of the charismatic churches and he said to us the biggest problem is communication, there’s a huge mistrust

between the labour and employers. It works both ways, the labour must trust the employers and the employers must trust the labour. Unless you get the communica-tion going, being on the same page, you are never going to solve this problem. Iif you want to look at a community that has been successful at doing this you must come with me to Khayelitsha and see what Harare looks like today.

So about six of us went with pastor T into Kahayelitsha and it was a real eye opener to me. We spent an hour and a half at the radio station which has over a million listeners. The news is written by the people themselves, they say they try and give a positive slant to the news. Everybody in Khayelitsha listens to this radio station. We went to the library which has 100 000 members. They have computer classes for all the children. She says of the 100 000 members they lose less than 0.1% books per year. We went to Rosie’s orphanage where there are 220 kids in the orphanage, it has its own bakery, she has about 1 000 children in school and that she supports. We went to Harare, Khayelitsha, which they said there was a murder every night in Harare. They have put up a lot of factory shops up, they taught the people how to weld, how to do their own things, it was a real eye opener, (those initiatives) gave one hope for this country. We afterwards went to Nyanga, (a place) with just as many problems, but there wasn’t this Khayelitsha spirit, community spirit.

Thomas Jansen I know well, Pieter de Wet , I know the community, I don’t spend enough time with them, I’m very happy to talk with them, very happy to be in their houses, so I don’t make enough effort to communicate and I think they don’t make enough effort to communicate. There’s huge mistrust, suspicions. Now in Elgin they have created a forum to try and meet every two weeks, the community leaders with the white farmers, I don’t blame the farmers and try and just improve communication, if I understand what you are doing, why you are doing what you are doing, but if I don’t understand, don’t know , I’m going to be very suspicious. It’s easier said than done, unless both communities put out their hands and reach out to each other, to get closer to each other. There’s always somethings which (could) come out of the bad, and the labour disturbance, what we did see, there was more communication with the labourers than ever before, we started talking, so we started communicating then ever before. We need each other very badly we need a cohesive, vibrant community that works together.

I’m always willing to talk, willing to share, I probably would never write my mem-oires or my book. I write a monthly newsletter that has two aspects to it, the one is how I see agriculture today where it is and the next is the more technical, should you be spraying this, I am amazed how popular it is, that I probably will continue doing. What we have done in the industry and I was involved, we have a set of 30 training videos for emerging farmers if you go to the web www.saorchard.com it is not perfect, but is a good start in the direction aimed at emerging farmers we try to keep it simple we got a good response, we did it all in English the Department of Education is paying the developer now to translate it into Afrikaans and Xhosa, because they have seen the merit of it.

I was very fortunate, this chap John Findlay, who was my mentor, he was a tough task master but he was a really good mentor. He taught me how to do all these things. He loved telling about all the stupid things that happened on the farm. The one story he loved telling was when we were throwing a concrete floor and it got to six o’ clock at night and the concrete mixer konked out and I couldn’t get it to start again. I told him I couldn’t get the thing to start and I would sort it out in the morning. Next morning the concrete was set in the concrete mixer. I went to John Findlay and told him that I needed some labour to get the concrete out of the drum. He said, “no, it will be much better if you do it yourself, you take the concrete out yourself, because if you do it, I know that you will never let it happen again”.

I also got a bulldozer stuck once. I went to John saying that I needed a big bull-dozer to pull me out, he said, “no, come with me so that I can see how you can get out, here’s a spade go dig yourself out”, and [“when John got to 70 you gave him a present of a big spade”, Mrs Doll added] I ended up being his boss when I became the managing director of Graymead farms. We went through five years knocking heads but we remained friends.

I’ve been too long on my own. Building a team, (you can learn a lot about this) if you read a really good book by a chap, Jim Collins, From Good to Great, and Jim says you get a bus, you put the right people on that bus you don’t decide beforehand where that bus is going, who’s the driver is going to be, you first get the right people on the bus, then you put them in the right seat, then you decide

who’s gonna be the driver and then you decide where you’re going, because once you got the right team you can go anywhere and what he did he took 20 of the most successful companies in America and said what made them go from good to great and he analysed them. He came up with this bus theory. (He also promoted the view of) internal promotions, that you had to be somebody who understood how the company worked, it’s ethos and he wrote a follow up book, How the mighty fell and why some survived.

Florina Johnson

FLORINA JOHNSON

Ek het eintlik op Robertson grootgeword.

Ouers Caroline George en Salmon George, ons het verhuis na Villiersdorp. Hy was ‘n slagter by die slaghuis in die hoofstraat. Ingrid Conradie se pa, oom Cecil, was my pa se neef.

Skoolgegaan op Dagbreek Primêr, Robertson en daarna na Langeberg Middel-bare skool, Robertson en toe na Esselenpark op Worcester waar ek gematrikuleer het in 1974. Daarna is my ma-hulle Grabouw toe, want die werkgewer wou hê my pa moes by sy slaghuis daar werk. Ons het in die Gaatjie, in die ou Pineview gewoon. My ma-hulle het in ’64 Villiersdorp toe gekom in ’75 het ek Villiersdorp toe gekom.

Naskool het ek gaan werk, ek het begin werk by die viskafee van meneer Van Wyk, in die hoofstraat. Ons het in die ou Dennelaan net oorkant die begrafplaas gewoon. Daar was twee rye huise. Ander mense wie daar gewoon het was Lena Platjies, Japie Brett, Maggie, Theunissen. Dit was baie lekker, ons kon saans buite speel, kon wasgoed buitekant hang en ons kon met oop vensters en deure slaap.

Vir omtrent ‘n jaar by die Viskafee gewerk. Daarna het ek by die dokterspreek-kamer begin werk by dokter Roux vir sewe jaar. Daarna het as ‘n paralegal by die Advieskantoor gewerk. Die advieskantoor was by dokter Myburg se ou spreek-kamer in die hoofstraat. Dit het in 1995 begin en ek het daar begin in 1996. Die advieskantoor was eintlik my lewe. Want toe ons optrek van Dennelaan na Nuwe Dorp, na Sonjalaan 36 en die advieskantoor het daar begin in my ma se huis so die liefde vir advieskantoor en die gemeenskapswerk het eintlik in my ma se huis begin.

Ek was in standerd ses (graad 8) toe moes ons daarvandaan trek, ons Dennelan-ers het daarin trek, daar was vier rye huise, ek het gevoel ons word uit ‘n gemak-sone gehaal, na ‘n onbekende terrein, ons was gewoond ons kon oor-en-weer kuier, ek kan sê ons moes ons bedags toegesluit het, want ons was te bang vir die onbekende. Daar was baie meer mense, en dit was onveilig daai tyd want mense

het van buite ingekom en mense was geweldadig. Mense het met bottelkoppe gesteek tot vrouens het dit gedoen. Daaronder kon ons in die pad speel want daar was nie vervoer wat op-en-af gery het, maar hier moes ons nou pasop vir die karre, daar onder was een kind almal se kind, een ma is almal se ma, hier kom ons nou in ‘n vreemde omgewing in en dit was bietjie vir ons as kinders, die grootmense het ook seker iets gevoel maar nie so erg soos ons nie, want ons het nou beperk gevoel. Daaityd toe ons in Buitekanstraat intrek, toe moes ons huishuur betaal en as jou huishuur agterraak en of jy nou nie kos het nie of die kinders klein is al is jy in die werk, as jou ma se huishuur agter is en die munisipaliteit kom om en die huis is nie betaal nie, dan word die kinders uitgesit en die deur word toegesluit. So het dit gekom op ‘n stadium, dat die man wat my ma gehad het, het ‘n ander vrou gevat, my ma was op daai stadium sonder werk en ons huis is die dag toegesluit. En toe moes ons by ander mense gaan bly en van daar af het my ma ‘n werk gekry by mevrou van der Heever. Hulle het ‘n materiaal winkel gehad en hulle het ‘n plaas gehad. Toe het dit weer so gekom dat iemand se huis in Watsoniastraat toegesluit word sommer uitgesmyt word, toe het ons die huisie in Watsoniastraat gekry. En toe het ‘n mens daai soorte wraak en jy wil iets doen om ‘n verandering te maak in jou gemeenskap maar jy kan niks doen nie en die advieskantoor was ‘n breekpunt om iets vir ons gemeenskappe in die dorp te doen.

Die polisie het eendag ‘n seun wat in Dennelaan gebore was, wou arresteer. My ma het hom gehuisves en daar het ons sommer die polisie laat rondstaan en so van daai dag af was (ons huis) die hawe vir die gemeenskap, want hulle het ge-sien ons het opgestaan vir ons regte en opgestaan vir iemand anders se kind. So het die advieskantoor daar by ma se huis begin. Ek het die opleiding as paralegal by die Lawyers for Human Rights gekry. Die uitsettings op die plase, die onregver-dighede, mense wat vir jare op plase bly dan kry hulle ‘n werk besering en dan word daai doktersgeld van die mense afgetrek, twee/drie jaar daarna kom daai ou besering weer op en dan sê die werkgewer net sorry, jy sal moet gaan, want ek sal moet iemand kry wat kan werk, want jy kan nie meer werk nie. En ek het gesê daar’s soveel wette en dinge wat plek moet inneem, maar dit neem net nie plek in nie op die regte plekke nie, want ons ken die wette, ek is die wette geleer, maar die wette is nie van toepassing op daai mense wat dit rêrig nodig het nie.

Ek werk nou nog arbeidsake want ek nou vir drie jaar vir BAWSI gewerk en ek het vir unions gewerk, en ons kantoor het toegegaan (as gevolg van) geldelike probleme. Die mees ongemaklikste sake wat ek nou hanteer is die van ons arme oumense, hulle moet in plakkerskampe kom plak, hulle moet nou by kinders kom bly in die dorpe dis hoekom ek nie kan ophou om die mense te help nie, want daai gevoel wat ek gekry het toe ons van Dennelaan uitgestoot was, maar toe het ek darem nog ouers gehad na my omgesien het. Maar die oumense, wat ‘n magtelose gevoel moet dit nie wees nie, ek is nou met drie sake van oumense besig, een bly daar bo, die mense het ‘n bietjie geld uitgekry nou word die huise of wendyhuise ten duurste aan die arme mense verkoop nou moet hulle nog plek soek om die wendy houses neer te sit, twee vertrek, maar die anderkant is nog altyd ‘n stuk hok en sy kom uit n ses/sewe vertrek huis uit.

(Wat die verhouding tussen witmense en ander op die dorp betref) weet ek nie of daar ‘n verbetering is nie en of daar regtig pogings aangewend word om dit te verander nie. Ek het nog nie gesien witmense kom hier wanneer daar miskien ‘n publieke vakansiedag is en probeer uitvind wat maak die mense hier, of ek het nognie gehoor hulle nooi ons mense oor kom kyk wat gaan hier aan nie en ek dink vandat die klompe goeters ingekom het van die optogte wat die mense het daar bietjie wrywing tussen die mense gekom , nou is hulle nog verder van me-kaar verwyder daar is die wat verstaan en wat weet dis verkeerd en wat besef dis verkeerd en wat saamstem dis verkeerd en daar is ook die wat weet dis verkeerd en nie wil erken nie.

Die probleem sê hulle is iemand in die kleurlinggebied wat die probleme inge-bring het, maar ek kan met oortuiging sê, dis iemamnd wat mense ingebring het wat probleem veroorsaak nou nie , dis werkgewers wat lorriesvol mense en busse vol mense en taxi’s vol mense van onder af ingebring het om te kom werk, goed-koop arbeid. En wanneer die seisoen klaar is, iemand het dit nie vir my vertel nie, ek moes vir mense uit my huis uit kos neem kantoor toe tot die volgende oggend toe dat die mense net kan iets het om te eet voordat hulle op die bus of taxi te gaan om na hulle huise toe te gaan as die seisoen klaar is. Ek het eendag gesien ‘n jong seun van 18 jaar was by die trekarbeiders daai klong het gehuil, toe sê ek vir hom, “Boeta ek het nie geld nie”, toe sê hy “antie help ons dat ons net tot op Worcester kan kom, dis nou al Vrydagmiddag oor drie”. Ek moes toe geld gaan leen en iemand vra om die die mense tot op Worcester te neem, want hulle

het nou bietjie geld maar nie genoeg om hier ‘n ding te huur om Worcester toe te gaan nie. Jy weet as daai mense gaan haal word, vir ‘n maand of twee maande werk daai mense verniet, hulle het niks inkomste nie want hulle word gaan haal daar. Hulle kry mos nou die werksklere wat nie veronderstel is om afgetrek te word nie, maar wat wel afgetrek word, dan kry hulle die ou sponsie, spons matrassie, dit word afgetrek en kos want baie van hulle kom hier dan het hulle nie kos nie, want die plaaswinkels vra sommer R30 ‘n pak vuurhoutjies, so daai eerste 8 weke dan is daar nie geld nie en vervoer (om hulle) daarvandaan hiernatoe te bring, word afgetrek.

Ek dink nie huille (plaaslike werkers) het ‘n probleem met kleurling / swartmense wat afkom nie maar op die oomblik het hulle ‘n probleem met die Zimbabwe se mense wat inkom wat bereid is om vir next to nothing te werk, daai mense lyk my soek net vir ‘n dak oor die kop.

Jy moet onthou toe daai (Ooskaapse ) trekarbeiders African mense hier kom, was daar kompongs op die plase en die mense het daar gebly en hulle kon nie hulle vrouens saambring nie, maar vandag kom daai mense plase toe, hulle bly nie meer op die kompongs nie hulle stoot die mense hierin, plakkerskamp toe.

Die grootse uitdaging vir Villiersdorp is om werk te skep vir die mense en vir die jeug in ‘n program te kry waar hulle opgelei word op iets te word in die lewe. As hulle vir die kinders kan opleiding gee by die huis in die dorp en vir die kinders ‘n fooitjie betaal vir die werk wat hulle verrig, ek dink dit sal ‘n baie goeie ding wees, dit sal werkskepping wees en die kinders sal leer om iets vir hulle self te doen.

(Wat leiersfigure in die gemeenskap betref), in die ou dae was dit meestal die kerke pastore, priesters, onderwysers, maar vandag lyk dit vir my dis politieke figure, nie politieke figure wat in die parlement sit nie, maar politieke figure wat politieke partye verteenwoordig wat opstaan om ‘n verskil te maak. Ek dink nie dis gesond vir ‘n gemeenskap nie, ek dink nie dis gesond dat iemand iets wil bereik deur ‘n sekere aksie mense se respek te win nie. Mense moet vir jou respek hê as hulle jou sien aankom, dit moet nie ‘n bang gevoel wees nie (van) as ek dit nie dit of dat doen nie, gaan dit of dat gebeur nie, jy moet heeltemal vry kan voel en kan wees om respek te het of om respek by iemand te kry.

Baie van daai mense is al dood, vandag gaan dit oor wat ek kan kry, dit gaan nie daaroor dat ek gee omdat ek ‘n verskil kan maak nie, vandag is dit as ek nie iets daaruit kan kry nie, dan moet dit bly, en dit gaan so ek moet iemand ken, wat iemand ken. Ek kom tussen baie mense, kringe en groepe en ek het al baie goed gesien, het het nou weer in ‘n council van stakeholders wat ‘n link is tussen die munisipaliteit en die department is, ek is alweer kriewelrig want die beginsel waarop ek groot gemaak is en waarop ek iets vir die gemeenskap iets doen en die beginsel waarop die ouens daar dinge doen, ons clash al klaar.

Ek het sommer so baie wense vir ons dorp, ek weet nie of dit in my lewenstyd sal realiser nie, die kinder wat hier buite raas en praat, hulle het nêrens in die middag om heen te gaan nie, die meisiekind wat nou hier gestaan het, sy’s 26 sy is nou ‘n assistant by die laerskool, sy sit met sertifikate van kantooradminstrasie, sertifikate van Mediaworx, sy’s ‘n kranige atleet, netbalspeelster.

Ek soek programme wat die kinders kan besig hou, (binnekort is dit weer) vakan-sie en dit gaan nou weer ‘n hoofpyn wees vir die ouers, want die ouers sit in die werk. Ek het ‘n dogter hier wat casual by Pepstores sy kom hier dan het hulle kinders gevang wat lekkers gesteel het en die ouers is in die werk. Hier’s in Go-niwepark alleen het hulle nou die dag gesê 38 smokkelhuise wat tik, dagga en buttons verkoop, ek weet nie hoeveel is hier tussen ons nie en dis meisiekinders, jonk, twaalf veertien wat daar uitkom, as daai kinders iets het waarnatoe hulle kan gaan of iets wat hulle kan besig hou dan dink ek nie daai kinders sal daar gaan sit nie want hulle sal nie tyd het om daar te sit nie en wat word nou van daai meisiekinders? En seunskinders wat daaruit kom?

Ek sê vir u hier loop ambagsmanne in die straat rond wat nie werk het nie. Hier kom projekte in die dorp in dan weet die mense nie daarvan nie en dan is daar mense wat op daai werke is wat nie die kwalifikasies het nie, want ek ken ie-mand wat iemand ken, wat iemand ken , so êrens sal iemand ‘n lyn moet trek en dit moet ‘n duidelike lyn wees, maar soos ek sê, iemand moet die inligting deurgee , kyk as die inligting deurgegee is en die mense vat dan nie notisie van die inligting nie en hulle maak niks van die inligting nie dan wil hulle mos so wees dan wil hulle mos nie verandering hê nie maar as die inligitng nie by die mense uitkom nie of by die regte mense uitkom nie, hoe maak ons dan nou? Ons dorp gaan dood.

Ek is aktief in die New Apostolic gemeente – ons is nou op die oomblik besig met musieklesse vir die kinders op Donderdae. Daar ‘n broer wat vir die kinders opleiding gee en op Saterdae word daar blokfluit lesse vir die breë gemeenskap gee, viool lesse, en ons het al sover gegaan om vir die mense te sê julle is welkom om in ons kore te kom sing, want ek sien hoeka so uit na vanaand se koor-oe-feninge want ons het die 15de Desember ons opsiener se aftrede. En ek werk met die ou mense, ek verkoop braai so elke tweede week as geldinsameling, ons was al op die eiland waar Madiba was , ons het in Mike’s Kitchen geëet, ek het al n bussie opgemaak om die president in die Paarl te gaan sien, partykeer op ‘n Sondag bedien ek sommer ‘n middagete vir die oumense en dan vat ek die jeug om die oumense te bedien.

Ezanda Swartz

EZANDA SWARTZ

Ek is op 15 Mei 1964 gebore.

As kind was dit nie so maklik om op te groei in Villiersdorp nie, ek kom uit ‘n gesin van sewe kinders, my ma het ons alleen grootgemaak. My ma was ‘n baster vrou en sy was was ‘n bediende en dus was ons nie raakgesien nie. Maar deur haar sterk karakter het sy ons aangewakker dat daai soort behandeling nie ons moes onderkry nie. Ons het skool begin by Kosie De Wet Primêre Skool in standerd ses (gr. 8) tot in 1981 toe gaan ons Caledon toe. Die omstandighede van ons was sodanig dat as jy op hoërskool was, moes jy ‘n jaar skoolgegaan het en dan weer ‘n jaar gaan werk het sodat jy jou eie skoolgeld asook losiesgeld kon betaal, met die gevolg dat wanneer jy 21 jaar oud geword het, was jy dan in matriek (gr. 12).

Van 14 jaar oud was jy klaar in die mark om te werk, as jy uit die skool gekom het, was die lorries klaar daar om die kinders op te tel om te gaan werk, uie pluk, tamaties pluk, so jy het eintlik hard gewerk as ‘n kind. (Dit was) om te help met die gesin (help onderhou). Ek wil nie eintlik oor my gesinslewe praat nie, want dit was nie ‘n mooi gesinslewe nie, maar ons was van die bevoorregte kinders alhowel was my pa nie daar nie.

Maar ek het darem in ‘85 en ‘86 op UWK onderwys geswot en toe gaan ek Söhnge Onderwyskollege (Worcester) toe, maar intussen het ek ingeskryf vir me-diese tegnoloog studies by Tygerberg hospitaal. Maar ek kon nie my eksamens voltooi, want op daardie stadium was anderskleuriges nie toegelaat as mediese tegnoloë – ek wou nie onderwyser word nie. Op 25 jaar het ek my eerste werk gekry, ek wou nooit winkelwerk doen nie, ek het eerder plaaswerk gedoen.

Van 17-jarige ouderdom het ek al buitekant op die jaart in ‘n buitekamer van my ma-hulle gewoon en wanneer ek iets nodig gehad het, het my ouer boetie of sussie gevra. Ek het ‘n harde pad gestap in my grootword jare.

In 1990 is ek Namibië toe. Ek het my rugsak gepak, een van daai leer rugsakke, daar was nie eers veel in nie. My oudste sussie het daai tyd alreeds in Windhoek gewerk, maar ek het al ses maande in Windhoek gebly, (voordat) ek eers kontak met haar (gemaak) het. Ek het daar by die backpackers gebly en ek het my eie voete in ‘n vreemde land gevind. In die eerste week na my aankoms, het ek ‘n gewerk gekry by ‘n dry cleaners en na twee weke sien ek ‘n advertensie van Telkom wat ‘n pos geadverteer het vir ‘n vlootbestuurder. Ek het die pos gekry en daar gewerk vir ‘n jaar en daarna het ek ‘n werk in die hospitaal gekry, en het begin by bloedoortapping. Daarna is ek na verpleging en uiteindelike het ek by die tegnologiese span uitgekom, gedurende daai tyd was ek eenkeer by die huis, huis was nie meer Suid-Afrika nie.

Daarna het ek 2 jaar opleiding in verpleging by die Universiteit van Namibië gedoen, my stafverplegingskursus.

Na my ma se dood in 1998 het ek teruggekom (na Suid-Afrika). Een van die mees sigbare veranderings op Viliersdorp was die verwydering van aparte in-gange vir verskillende rassegroepe, daar was nou net een deur as ingang; die behuisingsprojekte, die eerste fase was die Culumborgfase en die regering se RDP behuisingsfase, die Culumborg boufase het ook ‘n crèche in Goniwepark ingesluit.

Ek het grootgeword in Bokmakierie en later het ons verhuis na Nuwedorp in Buitekantstraat. Volgens my ma-hulle het bruinmense aanvanklik in die onderdorp gewoon waar Van Riebeeck-, Graaf- en Upingtonstrate vandag is. Voor die ontwikkeling van Nuwedorp, was daar die woongebiede soos Likkewaandorp en Bokmakierie. Ek was ‘n swerwer, skool gegaan by Kosie de Wet, Swartberg in Caledon.

Die bioskoop was onder in die dorp waar die Volkskas eers gewees het, ons bru-inmense het bo gesit en die blankes het onder gesit, ons het ook by die skoolsaal bioskoop gegaan.

My ma het dit by ons ingeskerp dat ons hoef nie terruggestaan het vir enige persoon omdat sy ‘n bediende was nie, gevolglik het nie een van ons ‘n mind-erwardigheidskompleks gehad nie. Ons is tot vandag verskriklik trots, somtyds

is dit tot ons ondergang, somtyds is dit tot ons voortuitgang. Ons het respek vir grootmense gehad.

Wat sportaktiwiteite betref, ek het netbal gespeel en bietjie gehardloop, ek het later opgehou hardloop maar het tot vyf jaar gelede netbal gespeel.

Wat my gemeeskapsaktiwiteite vandag betref, doen ek HiV/AIDS support group, women abuse support group. Dan is ek ook ‘n gemeenskapsgesondheidswerker, en die meeste van die gemeenskapswerk is volunteerwerk, maar ek geniet dit.

My drome vir Viliersdorp – dat die kinders hulle skoolloopbane moet voltooi en nie dropouts word nie, sodat hulle iets anders kan wees wat hulle ma’s is. Ons het vier “universiteite” hierso, Villersdorp Koöperasie, Betko, Arbeidsvreugd en ons het die plaawerkers en ek kan nie sien dat ons kinders gaan doen dieselfde wat jou ma gedoen het nie, ek wil hê hulle almal moet ge-educate word , dan sal hulle beter kan lewe en beter na hulleself kyk en na hulle families kan kyk. En political wise, sal ek vir jou sê, rassisme sal nooit uit ons gaan nie, voordat ons dit self uit ons uithaal nie. My droom is ook vir hulle (die jongemense) om weg te beweeg van daai visie ‘ek kan nie’ of ‘ek kan dit nie maak nie’.

Ek het in Buitekantstraat opgegroei en die visie van daai kinders was anders, ons het in ‘n groep bymekaar gekom en vir mekaar gesê, ons gaan nooit bediendes wees nie, en uit daai groep uit, ons was tien, en agt van ons het dit gemaak. Die eerste was ‘n outjie wat uit daai straat UWK toe gegaan het, Darrel Botha. My oudste sussie, Emmarentia, wat ‘n verpleeg suster geraak het, ‘n ander meisie, Rochelle Faro, sy het ook ‘n suster geraak, sy bly nou in Holland, sy was ook ‘n plaaskind gewees en die boys was oorlog toe in die Staandemag. Devon hy’t ‘n bouer geword, in ons straat was daar een miljoenêr en sy kinders het onderwysers geraak.