die sa akademie vir wetenskap en kuns nuusbrief...4 | sa akademie vir wetenskap en kuns voorwoord...

37
NUUSBRIEF Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Inhoudsopgawe: Uit die Akademiekantoor ........5 Noordelike Bekroningsplegtigheid ............8 Nuus van oral oor .................... 11 Ons lede onthou ...................... 24 Boekbekendstellings.............. 26 Navorsingspublikasies ........... 32 Ledesake ..................................... 33 Persberigte................................. 37 Jaargang 56, Nommer 2 Augustus 2018 www.akademie.co.za Redakteur: Dionē Prinsloo Medewerker: Irma Eloff Taalversorging: Tom McLachlan Uitleg gedoen deur: Sunet Nesbit ISSN: 00394807 Voorblad: Prof. Christo van Rensburg

Upload: others

Post on 06-Feb-2020

15 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

NUUSBRIEFDie SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Inhoudsopgawe:

Uit die Akademiekantoor ........5

NoordelikeBekroningsplegtigheid ............8

Nuus van oral oor ....................11

Ons lede onthou ......................24

Boekbekendstellings ..............26

Navorsingspublikasies ...........32

Ledesake .....................................33

Persberigte .................................37

Jaargang 56,Nommer 2Augustus 2018

www.akademie.co.za

Redakteur: Dionē Prinsloo

Medewerker: Irma Eloff

Taalversorging: Tom McLachlan

Uitleg gedoen deur: Sunet Nesbit

ISSN: 00394807

Voorblad:Prof. Christo van Rensburg

Page 2: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

2 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Foto: Voor v.l.n.r.: Proff. S.M. Beukes, R.C. Wolfaardt-Gräbe, dr. D. Prinsloo (HUB), proff. I. Eloff (Voorsitter), O.B.W. Greeff (Ondervoorsitter), proff. A.E. Feinauer en J.A.A. Engelbrecht.Agter v.l.n.r.: Dr. L.E. Brink (Koördineerder: Projekte), proff. J.N. Eloff, H.P. van Coller, dr. S. Mostert, prof. I.J. van der Walt, dr. P.A.B. Carstens, mnr. P.R. Botha en prof. E.H. van Coller. Inlas v.l.n.r.: Proff. L. van Huyssteen en F. Pretorius.

Akademieraad 2017 - 2020

Fakulteit Kuns en GeesteswetenskappeProf. S.M. Beukes, JohannesburgProf. I. Eloff, Pretoria (Voorsitter)Prof. A.E. Feinauer, StellenboschProf. F. Pretorius, PretoriaProf. H.P. van Coller, BloemfonteinProf. E.H. van Coller, Grahamstad

Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie:Dr. P.A.B. Carstens, PretoriaProf. J.A.A. Engelbrecht, Port ElizabethProf. O.B.W. Greeff, Pretoria (Ondervoorsitter)Dr. S. Mostert, StellenboschProf. I.J. van der Walt, PotchefstroomProf. L. van Huyssteen, Stellenbosch

Ex officio-Raadslede:Mnr. P.R. Botha, Pretoria (Voorsitter: Oudit- en Risikobestuurkomitee)Prof. J.N. Eloff, Pretoria (Redakteur: SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie)Prof. R.C. Wolfaardt-Gräbe (Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe)

Page 3: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 3

Geagte Akademielede

Die belangrike rol van die wetenskap en die kunste in die samelewing is onmiskenbaar. Die wetenskap bied oplossings vir die uitdagings van die tyd op pragmatiese en ook op filosofiese vlak. Die kunste skep nuwe sienswyses en oomblikke waarin ons kan stilstaan en nadink oor die wêreld om ons. Wetenskap en kuns verbeter die gehalte van ons reaksies op groot uitdagings, of behoort dit te doen.

Wetenskaplike kennis en ook die metodes wat wetenskaplikes volg, beïnvloed die wyse waarop ons oor onsself, oor die omgewing en oor andere dink. Ons kan ons kwalik ʼn wêreld indink sonder die wetenskaplike vooruitgang wat bewerkstellig is deur uitvindings soos antibiotika, verkoeling, horlosies, pasteurisasie, elektrisiteit, kameras, papier, vervoermiddels, inentings of die internet. In die afgelope dekade het die hergebruik van ruimtetuie en navorsing

Voorwoord

oor stamselle waaruit organe gekweek kan word, die grense van ons kennis dramaties verskuif.

Sedert die sogenaamde Verligting, wat gedurende die 18de eeu in Europa posgevat het, het die idees van vryheid, vooruitgang, verdraagsaamheid en rasionele denke wetenskaplike vooruitgang ondersteun. Die Latynse spreekwoord “sapere aude”, oftewel “waag om te weet”, wat toe die tydsgees vasgevang het, word ook soms vertaal as “waag om wys te wees” of “waag om vir jouself te dink”. Hierdie wetenskaplike revolusie is gekenmerk deur die stigting van akademies vir wetenskap in verskeie lande, gedrukte boeke en filosofiese kafees en idees wat die wêreld verander het.

Die missie van die SAAWK is die bevordering van die wetenskap, die tegnologie en die literatuur in Afrikaans en van die kunste.

Waarom spesifiek in Afrikaans? sou u vra.

In ʼn artikel wat deur die Nasionale Instituut vir Gesondheid (NIH) in die VSA gepubliseer is, wys David Druben en Douglas Kellogg daarop dat alhoewel Engels tans die dominante wetenskapstaal is, slegs 5% van die wêreldbevolking Engels as moedertaal het. Hulle wys op die belang van die nuanses wat vasgevang word wanneer navorsers in hulle moedertaal werk.

Dit gaan oor totale kennisbasisse wat binne taalgroepe leef – wysheid en kundigheid wat vir dekades en selfs eeue reeds van geslag tot geslag oorgedra word. Verskillende tale vang konsepte in woorde vas wat nie altyd presies vertaal kan word nie. Terloops, dit is interessant dat Galileo Galilei

Page 4: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Voorwoord (vervolg)

self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal van die tyd, vertaal is. Wetenskap vind baat by taaldiversiteit.

Wat staan ons dan vandag te doen, veral wanneer die uitdagings van nie net wetenskapsbeoefening nie, maar ook wetenskapsbeoefening in Afrikaans, so wanhopig lyk?

Ek haal graag ʼn voormalige Fakulteitsraadslid van die SAAWK, Audrey Blignault, aan wat in 1976 in “Die wil teen wanhoop” skryf oor die berekende moorde van daardie tyd, die aanvaarding van korrupsie in regerings van die wêreld, die verwoesting en die normloosheid in die samelewing waarvan mens in die koerante lees. Dan skryf sy: “Om wanhoop te erken beteken egter nie dat oorwinning deur wanhoop erken word nie.”

Daar is vandag uitnemende taalherlewingsinisiatiewe oor die hele wêreld – by taalgroepe waarin sprekers slegs in duisende, of selfs honderde, gevind word. Afrikaans, op sy beurt, is ʼn hoogs diverse taal met meer as 7 miljoen moedertaalsprekers; sommige skattings plaas die totale aantal sprekers tussen 15 en 23 miljoen. Dit is ʼn taal wat ten volle as ʼn wetenskapstaal ontwikkel het, maar ons het op die oomblik rede tot kommer weens die antagonistiese benadering tot Afrikaans by Suid-Afrikaanse universiteite.

Van die Akademie se kant af moet ons dus werk om toe te sien dat die wetenskap, tegnologie en kunste in Afrikaans steeds gedy. Wetenskaplikes en kunstenaars benodig steun vanuit die samelewing. Soms is hierdie steun finansieel van aard, soos blyk uit die steun vir meer as 200

doktorale en meestersgraadstudente in ʼn wye verskeidenheid vakgebiede wat tans deel is van ons beursskema en uitnemende studies in Afrikaans doen.

Maar meer dikwels is die belangrikste vorm van steun wat gebied kan word, dat daar ag geslaan word op die werk wat gedoen word.

By ons jaarlikse bekronings gee ons erkenning aan die merkwaardige werk van wetenskaplikes en kunstenaars in Suid-Afrika. Ons samelewing en die vlietende oorheersende idees van die dag beïnvloed die wetenskap en die kunste; die wetenskap en kunste beïnvloed egter ook die samelewing – miskien met meer standvastige gevolge. Die wetenskaplikes en kunstenaars wat bekroon word, se werk wys hierdie invloed. Hulle werk nie vir pryse nie, maar vir die liefde van ʼn vakgebied.

Audrey Blignault skryf in Nogtans sal ek jubel: “Die ellende van die wêreld is ʼn werklikheid wat niemand kan ontken of ontvlug nie. Maar die wete van die ellende en die ervaring van die lyding, kan ʼn mens nooit blind maak vir die geheimenis, die wonder en die eindelose moontlikhede van die lewe nie.”

By die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns fokus ons graag op hierdie eindelose moontlikhede.

Met vriendelike Akademiegroete

Prof. Irma EloffVoorsitter van die Akademieraad

Page 5: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 5

Uit die Akademiekantoor

Beurseprojek: Die SA Akademie stel jaarliks miljoene rande beskikbaar vir beurse aan nagraadse studente in enige vakdissipline aan enige universiteit in Suid-Afrika wat hul verhandeling of proefskrif in Afrikaans skryf. Met hierdie inisiatief dra studente by tot die uitbreiding van Afrikaans as vaktaal. Aansoeke sluit elke jaar einde Augustus.Die Akademie het tans 96 beursaansoeke ontvang, ten spyte van die druk vanaf universiteitsinstellings om die navorsing in Engels te doen.

Navorsingsprojek:Die Akademie bied ook finansiële steun vir Afrikaanse navorsing wat tot ʼn publikasie in Afrikaans lei en vir Afrikaanse akademiese publikasies op sigself. Aansoeke word deurlopend geëvalueer en daar is geen sluitingsdatum nie.

Wiskunde- en Wetenskap-in-Aksie 2018:Die jaarlikse Wiskunde- en Wetenskap-in-Aksie het op onderskeidelik Maandag 6 Augustus en Dinsdag 7 Augustus plaasgevind. Die aksies word steeds as ʼn leergeleentheid beskou en skole kon alle belangstellende leerders in graad 6 en 7 vir albei die aksies inskryf. Altesaam 285 skole en 4 048 leerders het deelgeneem. Albei vraestelle het uit 40 meerkeusevrae bestaan. “Oop” vrae, wat addisioneel beantwoord moes word, is ingesluit om tussen die uitblinkers te onderskei. Die Pretdae word vanjaar op onderskeidelik 8 en 15 September en 13 en 20 Oktober by die verskillende universiteite aangebied. Didaktiese terugvoering sal gegee word aan die skole wat deelgeneem het. Prof. Marthie van der Walt en me. Ingrid Esterhuizen (eksaminatore) ontleed die antwoorde van leerders met die oog op terugvoering. Onderwysers word aangemoedig om die inhoud van die vraestelle in hulle onderrig te benut.

Page 6: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

6 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Poort-Skryfkompetisie

Poort-Skryfkompetisie en Skrywerslypskool:

Voor v.l.n.r.: Karmen Wiid, Dominique de Jager, Liesel Horn en Marizyl Marais2de ry: Karla Bredenhand3de ry v.l.n.r.: Misha Nel, Imcke van Vuuren, prof. Heilna du Plooy en Janke MostertAgter v.l.n.r.: Tania Coetzee, Jonathan Birch, prof. Hennie van Coller, dr. Anthea van Jaarsveld en Louise Goethals

Die POORT-Skryfkompetisie 2018 is afgehandel en die paneel keurders – proff. Thys Human en Bernard Odendaal en drr. Tom Gouws en Daniel Hugo – het die nasionale wenners in poësie en prosa aangewys. Hierdie eer het Jonathan Mark Birch (poësie) van die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria, en Imcke van Vuuren (prosa) van die Hoërskool Merensky, Tzaneen, te beurt geval. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns is baie trots op die besondere prestasie van dié twee leerders.

Jonathan Mark Birch speel in sy gedig “nat en net na vier” ʼn gesofistikeerde spel met die tyd en met subtiele maar betekenisvolle teenstellings.

Imcke van Vuuren se “Blou” is ʼn skets wat van klaarblyklike literêre aanvoeling én literêre leeservaring getuig.

Die keurders het voorts ook hul voorkeurlys van die top-10 presteerders in beide genres opgestel. Die top-5 in elke genre is toe deur die SA Akademie na die POORT-Skrywerslypskool van 9 tot 11 Julie 2018 genooi. Dr. Anthea van Jaarsveld van die Departement Drama en Teaterkuns, Universiteit van die Vrystaat, het die organisasie van die Slypskool behartig.

Prof. Heilna du Plooy het vanjaar se Slypskool aangebied, en prof. Hennie van Coller en dr. Anthea van Jaarsveld het die beoordeling gedoen. Ná ʼn goed beplande program van onderrig en persoonlike onderhoude met elke jong skrywer moes hierdie kandidate elk ook ʼn nuwe skryfstuk met die tema ʼn Ander Wêreld in die genre van hul keuse vir evaluering inlewer.

Die sukses van hierdie slypskool lê in die spesifieke formaat daarvan. Die een-tot-een-sessies met skrywers, waartydens die deelnemers hulle skryfwerk met ʼn skrywer bespreek, was weer ʼn bevestiging van die waarde van aspirantskrywers se direkte kontak met skrywers en digters in die bedryf. Die interaktiewe sessies waartydens die deelnemers kans gekry het om kritiek oor mekaar se werk te lewer en om ook eie werk uit ʼn ander se oogpunt te kan sien, was baie persoonlik, maar tog uiters waardevol. Die gehalte van die nuwe inskrywings wat vir beoordeling ná afloop van die slypskool deur die kandidate ingelewer is, getuig van knap skryfwerk en sinvolle insette tydens die slypskool.

Prof. Heilna du Plooy het die deelnemers op ʼn inspirerende en sensitiewe wyse aan die

skryfkuns blootgestel.Die wenner van vanjaar se slypskoolwedstryd is Misha Nel. In die tweede plek was Karmen Wiid en in die derde plek Liesel Horn.

Page 7: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 7

Naamdraers van Jesus- Pieter Bringle

SAUK 1936-1995- Wynand Harmse

Augustinus - ʼn Studie oor Die Etiek van ʼn Kerkvader uit Afrika - J.H. van Wyk

Navrae i.v.m. befondsing van publikasies, beurse en navorsing kan gerig word deur ʼn e-pos te stuur aan Melanie Rens by [email protected], of besoek gerus die Akademie se webwerf by www.akademie.co.za vir meer inligting.

Van die boeke wat deur die Akademie befonds is:

Nota:Video-opnames van die Akademie se geleenthede: Al die skakels is beskikbaar op die Akademie se webwerf - www.akademie.co.za.

Nuwe video’s sedert die vorige nuusbrief is:www.youtube.com/watch?v=pbJwAr7IwL4https://www.youtube.com watch?v=8d1CgWSm19khttps://www.youtube.com/watch?v=J3KlKwjzPu8

Page 8: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

8 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Noordelike Bekroningsplegtigheid

Bekroningsplegtigheid: 18 Julie te Pretoria

Sangitems is gelewer deur Jefferson Nyamata (tenoor) met begeleiding deur prof. Wessel van Wyk (klavier)

Bekroondes

Agter (v.l.n.r): Lauren M. Robson, John Newton Johnson, Jonathan Mark Birch, prof. Tiaan Brink, Pieter J. Mathews, Schalk C. Nolte, prof. Christo van Rensburg, Leon van Nierop, dr. Cilliers van den Berg en Fanie NaudéVoor (v.l.n.r.): Imcke van Vuuren, prof. Irma Eloff (Voorsitter, SA Akademie), Hannatjie van der Wat, prof. Ina Joubert en dr. Dionē Prinsloo (HUB, SA Akademie)

Page 9: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 9

Jonathan Mark BirchPoortprys vir Poësie

Prof. Irma Eloff en Imcke van VuurenPoortprys vir Prosa

Lauren M. RobsonJunior Kaptein Scott-gedenkmedalje

Prof. Irma Eloff, dr. Cilliers van den Berg en prof. Jacques van der ElstEsther Greeffprys vir die beste artikel in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Fanie NaudéEugène Maraisprys vir Prosa

Page 10: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

10 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Vader John Newton JohnsonErepenning van die SA Akademie

Pieter J. Mathews - Erepenning vir Visuele Kunste (Argitektuur)

Leon van Nierop - Spesiale Erepenning van die SA Akademie

Prof. Irma Eloff, Schalk C. Nolte en prof. Jannie Rossouw Christo Wiesemedalje vir Opkomende Entrepreneur

Prof. Ina JoubertErepenning vir Wetenskaplike Vakbevordering

Prof. Irma Eloff, Hannatjie van der Wat en prof. John BothaErepenning van die SA Akademie

Prof. Irma Eloff, prof. Tiaan Brink en prof. Linda Brand FARMOVS-prys vir Farmakologie en Geneesmiddelontwikkeling

Prof. Christo van RensburgC.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap

Bekroondes (vervolg)

Page 11: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 11

Nuus van oral oor

Vanwaar kom “poenankies” dan, Gehasi?“Sê nou jy glo jy is dom, vet en lelik, dan sal jy nie ver in’ie lewe kom’ie, al dink anner mense ok jy’s vreeslik poenankies.”

Só preek Zita vir haar sustertjie in Anzil Kulsen se 2006-debuutroman.

Poenankies beteken ‘oulik’ of ‘fraai’, ʼn lekker alternatief vir die slengwoord cute. Dis ʼn ou bekende woord in die suideliker en westeliker vorme van Afrikaans, maar het eintlik eers onlangs meer bekendheid in die res van die land begin geniet. In die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls word poenankies vir die eerste keer as Standaardafrikaans erken.

As jy ʼn oningewyde poenankies-gebruiker soos ekke is, is dit belangrik dat jy van ʼn paar taalkundige aspekte van die woord kennis neem.1. Fonologie: Die klemtoon in die woord is op die

eerste lettergreep. Jy spreek dit POE-nang-kies uit, en nie *poe-NANG-kies of *poe-nang-KIES nie.

2. Morfosintaksis: Die woord is in sy wese ʼn byvoeglike naamwoord wat ná die werkwoord in ʼn sin staan (predikatief ), maar nooit vóór die naamwoord nie (attributief ). Jy sê dus Die olifantjie is poenankies, en nie *Die poenankies(e) olifantjie nie.

3. Morfosintaksis: Die HAT beweer dat jy poenankies ook as bywoord kan gebruik (sê nou maar iets soos Die kindertjie loop alte poenankies vir woorde), maar ek kry nêrens dié bywoordelike gebruik in korpusse nie. Bly dus liewers by X is poenankies – dan is jy veilig.

4. Morfologies: As byvoeglike naamwoord moet poenankies eintlik ook trappe van vergelyking kan neem. Maar nee, ek kry ook geen bewyse in korpusse vir *poenankieser en *poenankiesste, of *meer poenankies en *mees poenankiese nie. Die waarskynlik rede sal flussies blyk.

5. Sintakties: Ofskoon ʼn mens sinne van die soort X is poenankies kry, is die patroon eintlik altyd iets soos X is so /tog te / alte / vreeslik / lekker / poenankies. Geen wonder poenankies is sku vir trappe van vergelyking nie, want sy buurwoorde dui alreeds op ʼn soort affektiewe intensivering.

Maar vanwaar poenankies, Gehasi?

Geen etimologiewoordeboek sprak ʼn sprook oor die herkoms van die woord nie. Ek vra en snuffel rond, en uiteindelik kom die bekende skrywer en historikus Dan Sleigh tot my redding met ʼn aanneemlike verklaring.

In Indonesies verwys die woord pinang (ook pineung, pining of penang in van die ander omliggende tale) na ʼn soort kouding wat al eeue lank in daardie geweste gebruik word. Dit bestaan uit die neut van die arekapalm (Areca catechu) wat met gebluste kalk gemeng word en dan in ʼn blaar van die betelpeperplant (Piper betle; ook bekend as betel, siri of sirih) toegedraai word. Die gebluste kalk (meestal afkomstig van koraal of skulpe) is noodsaaklik om die arekoline (ook geskrywe rekolien of arekalien – een van die chemiese bestanddele in die arekapalmsaad) te hidroliseer in arekaïne (ook arekaïdien, arekaïen of metielguvasien – ʼn alkaloïde (ook alkaloïed) wat ʼn sterk onderdrukker vir die heropname van gamma-aminobottersuur is).

Om die chemiese brouseltjie enigsins mondelings aanneemlik te kry, word dit dikwels gemeng met naeltjies, heuning, gemaalde neute, vrugte, soethout, pruimtabak, en so meer.

Gerhard van Huyssteen, Beeld Vrydag 31 Augustus 2018

Page 12: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

12 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die pinang (in Afrikaans betelpruim en in Engels paan) is dan so groot soos ʼn druiwekorrel wat jy as ʼn soort opkikker kou: verfrissend, energiegewend en hongerstillend, maar veral ook effens verdowend (en dus potensieel verslawend). As jy betelpruim kou, kleur dit jou speeksel bloedrooi en, met langdurige gebruik, ook jou tande. En met rooi speeksel en tand is dit natuurlik ʼn hink-stap-sprong na een van die potensiële newe-effekte van betelpruim, naamlik tandvleiskanker.

Nou, in 1710 kom Jan van Riebeeck se kleindogter Johanna Maria uit die Ooste in die Kaap aan. Dit smaak ons sy was lief vir betelpruim, want sy skryf in ʼn brief aan haar pa, Abraham van Riebeeck (wat toe nog in Batavia woon), dat sy “een pinanckie wel wense soude te mogen hebben, tot vervrissing van de mont” (D.B. Bosman (red.:), Briewe van Johanna Maria van Riebeeck en ander Riebeeckiana, Amsterdam,1952, p.77).

Die woord pinanckie wat sy gebruik is waarskynlik die verkleiningsvorm van pinang, en selfs die gemiddelste van astrofisici sou kon uitwerk dat ons maklik deur klankverandering van pinanckie na poenankie kon vorder.

Maar ons ken in Afrikaans nie poenankie nie – slegs poenankies. Waar kom daai -s dan vandaan? Wel, hy is myns insiens eintlik deel van die -ies-agtervoegsel wat ons ook kry in saggies, stilletjies, mooitjies, liefies, ensovoorts, maar ek is oop vir oortuiging dat dit andersins gewoon ʼn meervouds-s sou kon wees, soos in koninkies, torinkies en dorinkies.

ʼn Belangrike skakel in dié etimologiese uitleg, is Dan Sleigh se teorie dat die woord pinang uitgebreid toegepas moes gewees het op enigiets wat lekker, aangenaam, troostend, gerusstellend en welgevallig is. Só gesien, kan ons maklik verklaar dat die woord deur betekenisverbleking naderhand slegs verwys na iets wat oulik en fraai is, soos ons dit vandag ken.

Maar vir hierdie deel van die teorie – dat pinang of pinankie na enigiets lekkers of aangenaams kon verwys – kort ons nog konkrete bewyse. As jy dalk iewers iets opspoor wat ons kan help om die raaisel finaal op te los, laat hoor gerus van jou.

Vanwaar kom “poenankies” dan, Gehasi? (vervolg)

“Ons stede is op die rand van ineenstorting ... sommige munisipaliteite moet van die afgrond van finansiële ondergang gered word.” Só het die minister van finansies, Nhlanhla Nene, onlangs gesê.

Munisipaliteite se skuld het in die jongste tyd met 40% tot R13,57 miljard toegeneem. Dié finansiële verknorsing lei verder tot gebrekkige dienslewering, met gepaardgaande protesaksies wat aan anargie grens. Onervare en onbekwame plaaslike besture, waarin korrupsie soms hoogty vier, is eenvoudig nie in staat om die vinnige toestroming na stedelike gebiede te hanteer nie.

Ervare en bekwame persone is weens kaderontplooiing vervang, en wanbestuur en korrupsie word klaarblyklik deur die vingers gesien. Dit het daartoe gelei dat die infrastruktuur verkrummel en sanitasie ʼn bedreiging vir mens en dier geword het. Suid-Afrika se stede en dorpe het derhalwe van die grootste slagoffers van die ANC-regering geword.

Flip Smit

Die verstedeliking van armoede - Flip Smit

Page 13: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 13

Die verstedeliking van armoede (vervolg)

Volgens Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het 55% van die swart bevolking in 2015 onder die broodlyn geleef. Die werkloosheidsyfer is bykans 27% en onder die jeug so hoog soos 50%. In die voormalige tuislande leef 40% van maandelikse welsynstoelaes en net sowat 30% het werk. Ongeveer 65% van die huishoudings het minder as ʼn halwe hektaar grond waarop ʼn bestaan kromrug in die Afrika-son gemaak moet word. Dit is veral dié arm mense wat sonder kennis van stedelike leefwyses stadwaarts migreer. Migrante uit Afrika is ook arm en werkloos. Daar kan dus tereg na die verstedeliking van armoede verwys word.

ʼn Erflating geskoei op grond van rasTerwyl verstedeliking normaalweg ʼn vrywillige ekonomiese en maatskaplike verskynsel is, is dit in Suid-Afrika gerig deur instromingsbeheer, trekarbeid, die Groepsgebiedewet, pendelary en die illusie van tydelikheid.Die ANC-regering het in 1994 stede en dorpe geërf waarin volksgroepe bykans eeue lank op grond van ras geskei is, wat ná 1948 deur apartheidswetgewing in sement gegiet is. Boonop het swart en bruin mense tot in die 1980’s feitlik geen deelname aan en kennis van plaaslike bestuur gehad nie. Daar was ook groot agterstande ten opsigte van behuising en dienste.

Hoewel in die hande van ervare en bekwame wit persone, was die infrastruktuur oor die algemeen goed. Die verskaffing van meer as drie miljoen gratis huise en van dienste aan miljoene mense sedert 1994 is lofwaardig.

Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) wys egter daarop “dat behuisingsvoorsiening onwetend beslag aan die apartheidsgeografie gegee het”. Huise van eentonige vuurhoutjieboksontwerp is meestal toegevoeg aan bestaande woongebiede wat ver van werkgeleenthede oor verlate vlaktes strek.

Die beloftes dat alle informele nedersettings of plakkergebiede teen 2014 opgeruim sou word, het in die niet verdwyn. Trouens, sedert 1991 het informele nedersettings van 1,9 miljoen tot die huidige 2,2 miljoen toegeneem. Ongeveer 7 miljoen mense woon in plakkergebiede. Waglyste vir huise het langer geword en steedswagtendes se frustrasie het nou in woede oorgekook, terwyl baie dorpe en stede soms vir lang tye sonder water is. Ná die Marikana-episode is die polisie huiwerig om op te tree. Die abdikasie van

die polisie was duidelik sigbaar by die sokkergeweld in Durban. Politieke leiers se veroordeling van die geweld is maar dun.

Werkers spandeer tot 40% van hulle inkomste en vyf of meer uur per dag om te pendel. Die verwydering van onwettige grondbesetters en die afbreek van plakkerhutte dra ook tot die woede by.Alhoewel die versperring van paaie, brandstigting en plundery veroordeel word, spruit dit uit die frustrasie van mense wat al jare lank op die beloofde huisvesting, water en elektrisiteit wag.Barney Mthombothi (Sunday Times, 29 April 2018) skryf dat mense begin glo dat demokrasie “ʼn mislukte eksperiment” is. Hulle het hulle tot alternatiewe kanale gewend om hulle stemme te laat hoor.

Is dit die voorskou van totale anargie?Burgerlike ongehoorsaamheid oor onvervulde beloftes en verwagtinge roep onwillekeurig die volgende op: Rewolusies ontstaan dikwels as gevolg van stygende verwagtings. Die wêreldbekende prof. Samuel Huntington het gesê dat ʼn rewolusie nie noodwendig suksesvol hoef te wees om doeltreffend te wees nie. Die studenteproteste het trouens onder meer gratis hoër onderwys afgedwing.

Enkele waarhede van verstedelikingKundiges wys op die volgende waarhede:• Stedelike gebiede is die pasaangeërs vir

verandering. Stedelike gebiede dra meer as 80% van Suid-Afrika se ekonomie by.

• Stedelike gebiede is ʼn spieëlbeeld van die gemeenskappe wat hulle gebou het en in stand hou.

• Soos die stede is, so is die nasie.• Stedelike gebiede en die verskaffing van dienste sal

nie beter wees as wat die inwoners self kan bou en in stand hou nie.

Botsende ideologiese en ekonomiese kragteDie botsende kragte van ideologiese verwagtinge om beheer in die hande van wit mense te hou en die ekonomiese kragte van afhanklikheid van swart arbeid loop soos ʼn goue draad deur die geskiedenis van verstedeliking. Eers met die afskaffing van instromingsbeheer in 1986 het ekonomiese kragte finaal oor ideologiese verwagtinge geseëvier.

Page 14: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

14 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die verstedeliking van armoede (vervolg)

Gebiedskeiding tussen wit en swart strek oor eeue. Reeds in 1655, drie jaar ná die landing van Jan van Riebeeck, het die koloniste die Khoi-Khoin gevra om “bietjie verder weg te gaan”. Amandelbome is toe aangeplant om as heining te dien.

In 1778 is die Visrivier as ʼn “limietscheiding” tussen wit en swart vasgestel wat met geweld afgedwing sou word. Maar die trekboere het, veral ná die afskaffing van slawerny, arbeiders nodig gehad. Die skeiding op die platteland is deur die vestiging van lokasies na dorpe oorgedra. Die eerste lokasie is reeds in 1830 by Uitenhage gevestig. Die vraag na dokwerkers by die Kaapse hawe het in 1890 tot die oprigting van ʼn kampong gelei, maar ná die uitbreking van pes is dit na Ndabeni, vier kilometer ver, verskuif.

Prof. David Welsh wys daarop dat Suid-Afrika teen 1870 oorwegend ʼn landbouland was met slegs 20 dorpe waarin daar meer as 1 000 inwoners was – hoofsaaklik deur buitelanders gebou. Vir Afrikaners was daar sowat 50 klein nedersettings, hoofsaaklik deur die NG Kerk gestig, wat in hulle godsdienstige en handelsbehoeftes voorsien het.

Die ontdekking van diamante in 1867 en goud in 1886 het stede soos Kimberley en Johannesburg soos paddastoele laat verrys. Griekwaland-Wes het ná die ontdekking van diamante in 1871 ʼn Britse kolonie geword en is later by die Kaapprovinsie ingelyf. Die Britse koloniale regering het egter, soos elders in Afrika, nie geglo dat verstedeliking “die regte pad vir die swart man” is nie. Swart mense het trouens suid van die Sahara geen groot stede gebou en ʼn stedelike kultuur gevestig nie. Edgar Brookes het in sy resensie oor David Welsh se boek geskryf dat apartheid nóg ʼn Afrikaanse nóg ʼn Nasionale Party-ontdekking is, maar in die Engelssprekende Natal ontstaan het en dikwels deur die Koloniale Kantoor (in Londen) goedgekeur is.

ʼn Kampong- en trekarbeidstelsel is gevestig om beheer oor swart trekarbeiders te behou en permanente vestiging te verhinder. Die stelsel, met sy baie nadelige gevolge, is na ander gebiede oorgedra en sou vir baie jare verstedeliking vertraag.

Ná Uniewording in 1910 is die beheer oor stedelike swart mense in die hande van plaaslike owerhede gelaat. Deelname aan plaaslike bestuur is eers in 1981 toegestaan, maar dit was te min te laat. Swart mense

het die verkiesing van swart raadslede op groot skaal geboikot.

Ná die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) het ongeskoolde, verarmde Afrikaners gestroom na stedelike gebiede, wat hulle as die vesting van mynmagnate, Engelse en Jode – en derhalwe “die vyand” – beskou het. Dit was dus ook, soos by swart mense, die verstedeliking van armoede.Die hunkering na die platteland was egter brandend en leiers het die wekroep “Terug na die platteland” gebruik, maar net soos by swart mense was die stroom onomkeerbaar en in 1938 het dr. D.F. Malan uitgeroep: “... julle Bloedrivier lê in die stede”. Die Afrikaners het egter eers in die 1960’s Suid-Afrikaners geword en op groot skaal tot die ekonomie toegetree. Welvaart het geboortekoerse laat daal en die kerktoring het geleidelik in die agtergrond verdwyn.

Die oorkonsentrasie in metropoleStede en dorpe huisves 40 miljoen mense, of 70% van Suid-Afrika se 57 miljoen inwoners.

ʼn Opvallende kenmerk is die samedromming in agt metropole, wat 39% van die bevolking huisves en ongeveer 60% van die ekonomie bydra. Hierdie metropole is Tshwane, Johannesburg, Ekurhuleni (Oos-Rand), eThekwini (Durban), Mangaung (Bloemfontein), Buffalo City (Oos-Londen), Nelson Mandela (Port Elizabeth) en Kaapstad.

Gauteng en die Wes-Kaap sal in die toekoms die grootste getal migrante moet huisves. StatsSA raam dat 1 miljoen mense in die volgende vyf jaar uit veral Limpopo, Noordwes en Mpumalanga na Gauteng sal migreer en 300 000 uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap. In dieselfde tydperk sal 500 000 buitelanders uit Afrika na Gauteng en 100 000 na die Wes-Kaap stroom. Voeg natuurlike aanwas by en die getalle word enorm.

Die Afrika-unie staan vrye migrasie oor landsgrense voor. Pres. Cyril Ramaphosa onderskryf dit. Dit kan verdere toestroming na stedelike gebiede veroorsaak – en xenofobie aanblaas omdat “buitelanders ons werk steel”.

Die droogte en die aflegging van werkers by myne gee nuwe momentum aan verstedeliking. Baie plattelandse dorpe se infrastruktuur stort in duie. Werkloosheid neem toe en groot getalle mense is slegs van die

Page 15: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 15

Die verstedeliking van armoede (vervolg)

maandelikse welsynstoelaes afhanklik. Wit mense vind die lewe toenemend moeilik omdat misdaad toeneem, maar hulle kan kwalik skuif omdat hulle kapitaal vasgevang is in huise waarvoor daar nie ʼn mark is nie.

Die toekomsIn die lig van die voorafgaande is die volgende waarskynlik:• Die vinnige verstedelikingsproses sal voortduur en

kan selfs verdere momentum verkry.• Informele nedersettings of plakkergebiede sal

toeneem, en waglyste vir huise sal nog langer en die frustrasie van mense nog groter word

• Onwettige grondbesetting sal voortduur – aangeblaas in die aanloop tot die verkiesing in 2019.

• Die feodale stelsel, waarvolgens arbeiders geslagte lank op plase werk maar as armlastiges sterf, kan nie vir ewig bly voortduur nie.

• Die voorsiening van gratis huisvesting is nie volhoubaar nie. Dit skep ʼn kultuur van afhanklikheid en ʼn klimaat van dienste wat ook gratis voorsien moet word. Boonop is dit deurspek met korrupsie.

• ʼn Verskuiwing van denke by die regering van behuisingvoorsiener na behuisingfasiliteerder is noodsaaklik. Die verstedelikingstrategie van die NOP sal nie van die grond af kom nie omdat plaaslike besture nóg die kundigheid nóg die fondse het om dit te implementeer.

• Die bemagtiging van mense om self in hulle behuisingsbehoeftes te voorsien, kan deur ʼn erf-en-diensskema en deur die verlening van titelaktes momentum kry en ʼn inspuiting vir die ekonomie

beteken. Dié beleidsrigting is suksesvol in baie lande. Waarom volhard die regering met gratis huisvesting, wat ʼn uitsondering in die wêreld is?

• Oop ruimtes in en om stedelike gebiede sal geteiken word om huisvesting, en veral hoëdigtheidsbehuising, aan werkers nader aan hulle werkplekke te voorsien.

• Dit is onwaarskynlik dat stede en dorpe in die toekoms steeds volgens Westerse boustyle en standaarde gebou sal kan word. Daar is ʼn sterk denkskool in die wêreld wat ʼn drastiese hersiening bepleit.

• Demografies gesien, sal werkloosheid eerder toeneem as afneem. Afgesien van die enorme agterstande, tree ongeveer 1 miljoen jong mense jaarliks tot die arbeidsmark toe. Tegnologiese ontwikkeling lei boonop tot meganisasie omdat loonverhogings nie met hoër produktiwiteit tred hou nie.

Reeds voor Uniewording in 1910 het genl. Jan Smuts – met verwysing na die swart bevolking en hulle verstedeliking – gesê dat hy dié “ondraaglike las van die sfinks-probleem na die breër skouers en sterker breins van die toekoms verskuif”.

Ná meer as 100 jaar wag Suid-Afrikaners steeds op die breër skouers en sterker breins om oplossings te vind!

Prof. Flip Smit doen navorsing oor demografiese patrone.

Gentse Zuid-Afrika leerstoel

Prof. Wannie Carstens (links), dr. Daniël Hugo (regs)

Nieuwsbrief Leerstoel Zuid-Afrika en het Gents centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika berig as volg (vry verkort en vertaal):

Prof. Wannie Carstens, een van die mede-oprigters van die Gentse leerstoel “Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatskappij” en buitengewone hoogleraar (emeritus) van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus), het die aanstelling aanvaar om vir die periode Oktober tot Desember 2018 gasdosent by die Universiteit van Gent in België op te tree.

Page 16: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

16 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Gentse Zuid-Afrika leerstoel (vervolg)

Hiermee volg hy in die voetspore van prof. Hein Willemse van die Universiteit van Pretoria wat die eerste bekleër van die pos was. Prof. Carstens sal lesings aanbied op die gebied van Afrikaanse taalkunde en taalverwerwing op voorgraadse vlak en ook ses lesings gee oor die Afrikaanse taalkunde in die nuut ingestelde meestersgraad in die opleiding: “Taal en literature van Suid-Afrika”. Naas die taalkundige komponent is daar ook ʼn ruim aanbod op die gebied van Afrikaanse letterkunde.

Binne die kader van die leerstoel is die digter, kritikus en vertaler, dr. Daniel Hugo, uitgenooi om as “vertaler in residentie” van 1 Oktober tot 30 November aan die Universiteit van Gent lesings te gee oor die vertaling van tekste van Nederlandse outeurs in Afrikaans. Hy sal ook gaslesings aanbied vir albei dele: “Afrikaans: taal en letterkunde”, sowel as “Tale en literature van Suid-Afrika”. In Desember reis Daniel Hugo na die vertalershuis in Amsterdam.

Lid van die SA Akademie aangestel in UNESCO-leerstoel

ʼn Lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, prof. Jako Olivier, van die Noordwes-Universiteit (NWU), is onlangs as bekleër van die UNESCO-leerstoel vir multimodale leer en oop opvoedkundige hulpbronne (OOH) aangewys. Die instelling van hierdie leerstoel aan die Noordwes-Universiteit (NWU) is onlangs deur UNESCO goedgekeur. Daar is tans wêreldwyd 737 UNESCO-leerstoele, waarvan slegs 10 in Suid-Afrika is.Die bevordering van multimodale en selfgerigte leer is as belangrike aspekte van die NWU se onderrig-en-leerstrategie geïdentifiseer. Dit maak deel uit van die Universiteit se verbintenis tot toeganklike en toepaslike hoëkwaliteitonderrig en -leer om studente se sukses in en ervaring van die kurrikulum te verbeter.

Die navorsing vir hierdie leerstoel sal fokus op multimodale leer (ʼn mengsel van persoonlike en e-leermodaliteite) en op die multigeletterdhede wat vereis word vir kultureel toepaslike en doeltreffende leer in ʼn omgewing wat bevorderlik is vir selfgerigte leer en OOH (ewekniebeoordeelde gedeelde aanlyn hulpbronne wat materiaal, boeke, video’s, lesse en selfs volle kursusse insluit). Die rol van meertaligheid in die multimodale onderrigkonteks is dus ook van belang.Die doel van die navorsingsleerstoel is (1) om netwerke in verband met OOH en multimodale leer in Suider-Afrika te bou; (2) om kapasiteit by die NWU en in Suider-Afrika te bou; (3) om akademiese kundigheid onder die personeel te ontwikkel ten opsigte van multimodale leer en hulle in die skepping en gebruik van OOH op te lei; en (4) om navorsing oor OOH en multimodale leer te doen.

Prof. Jako Olivier, Noordwes-Universiteit (NWU)

Page 17: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 17

Lid van die SA Akademie aangestel in UNESCO-leerstoel (vervolg)

Die NWU speel reeds ʼn leidende rol in die bevordering van multimodale leer en navorsing oor OOH in die streek en internasionaal. Die instelling is ʼn lid van die nasionale vereniging vir afstandsleer en aanlyn leer in Suid-Afrika (NADEOSA), die Commonwealth of Learning, die netwerk van die Universiteit vir oop opvoedkundige hulpbronne (OERu) en Apereo. Die NWU het in November 2013 as ankervennoot by die OOH-netwerk aangesluit. Die instelling van die UNESCO-leerstoel is op 14 September 2016 deur die NWU se Institusionele Komitee vir Navorsing en Innovasie aanbeveel.

ʼn Pos is daarna geadverteer en prof. Jako Olivier is op 1 September 2017 in hierdie pos aangestel, en die Universiteit het daarna ʼn aanbeveling by UNESCO gemaak. Die NWU se Senaat het in Maart 2018 ʼn OOH-verklaring goedgekeur wat die Universiteit verbind tot die bevordering, implementering, skepping, hergebruik, hersiening, heraanpassing, herverdeling en behoud van oop opvoedkundige hulpbronne binne ʼn ooplisensieraamwerk.

Die formele aansoek om die leerstoel is aan die einde van April 2018 by UNESCO gedoen. Die aansoek is ook deur prof. Wayne Mackintosh (direkteur van die OOH-stigting; UNESCO-/ICDE-leerstoel in OOH) van die Otago Polytechnic, Nieu-Seeland, prof. Rory McGreal (UNESCO-/COL-/ICDE-leerstoel in OOH van die Athabasca-Universiteit, Kanada), die Suid-Afrikaanse Nasionale Kommissie vir UNESCO, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Afstandsonderrig (SAIDE) en ʼn paar universiteite in die SAOG-streek onderskryf. Die NWU is op 7 Augustus deur UNESCO (Parys) ingelig dat

die Universiteit se aansoek suksesvol was. Die NWU is voorts ook vir die gehalte van die projekaansoek geloof. ʼn Ooreenkoms om die goedkeuring van die leerstoel te finaliseer, sal spoedig deur die NWU en UNESCO onderteken word.

Die leerstoel sal deur prof. Olivier, professor in multimodale leer in die Fakulteit Opvoedkunde, beklee word. Sy navorsing is tans in die navorsingsfokusarea vir Selfgerigte Leer gebaseer en konsentreer op multimodale multigeletterdhede en selfgerigte leer asook OOH ter ondersteuning van multimodale leer. Die leerstoel sal nou saamwerk met die NWU se Eenheid vir Oop Afstandsleer (EOAL), die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL), die navorsingsentiteite TELIT en SGL, en die NWU-Biblioteek.

Ander bevestigde nasionale medewerkers sluit in navorsers van die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Kaapstad, UNISA, die Rhodes-Universiteit, die Universiteit van die Witwatersrand, en die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. Internasionale vennote sluit in navorsers van die Botswana Oop Universiteit, die Oop Universiteit van Mauritius, die Nasionale Universiteit van Lesotho, die Eduardo Mondlane-Universiteit in Mosambiek, die Universiteit van Swaziland en die Afrika Virtuele Universiteit.

Verdere inligting kan van Jako Olivier per e-pos by [email protected] aangevra word.

Page 18: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

18 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademia betree die geesteswetenskappe

Op Vrydag 31 Augustus 2018 het Akademia sy eerste geesteswetenskaplike kwalifikasie bekendgestel. Die geleentheid is bygewoon deur akademici van oor die hele Suid-Afrika. Dit was ʼn feestelike geleentheid.

Prof. Danie Goosen het as gasspreker opgetree en die gehoor gewys op die uiters belangrike plek wat die geesteswetenskappe inneem. Vir Akademia was dit van kardinale belang om ʼn geesteswetenskaplike kwalifikasie by te voeg by sy bestaande aanbod in die ekonomiese wetenskappe.

Die BSocSci-graad in politiek, filosofie en ekonomie, wat in Engels as PPE (politics, philosophy, economy) bekendstaan, het ʼn internasionaal erkende handelsmerk geword en word ook deur verskeie ander universiteite in Suid-Afrika aangebied. Die graad bied vir studente verskeie beroepsmoontlikhede en heelwat buigsaamheid. Die PFE se beroepsmoontlikhede sluit in analis, joernalis, ekonoom, politieke analis en vele meer. Iemand wat ʼn PFE studeer, kan ná afloop van sy of haar studie verder spesialiseer in die filosofie, politiek of ekonomie.

Die rede hoekom dit moeilik is om al die beroepsmoontlikhede te noem, is dat dit graad studente toerus met oordraagbare vaardighede wat in verskeie beroepe aangewend kan word. Studente sal besonder goed toegerus word om wyd te lees, logies te dink en verstaanbaar te skryf. Studente wat ʼn meer geïntegreerde opleiding het, word ook toegerus om kreatief en innoverend te dink binne ʼn werksomgewing wat voortdurend aan die verander is.

Deur met verskeie idees in die geskiedenis (filosofie) kennis te maak, deur die verskillende politieke kragte in Suid-Afrika en wêreldwyd beter te verstaan, en deur op hoogte te kom van verskillende ekonomiese teorieë kan die student wat hierdie kwalifikasie voltooi, ʼn meer afgeronde mens word wat die wêreld waarin hy of sy leef, beter verstaan en wat beter op die uitdagings wat dit aan hom of haar stel, kan reageer.

Die vestiging van ʼn geesteswetenskaplike lyn maak deel uit van Akademia se toekomsplanne om uit te brei na meer studierigtings. Akademia is besig om vyf dekane aan te stel vir die geesteswetenskappe, die natuurwetenskappe, die opvoedkunde, die ingenieurswese en die ekonomiese wetenskappe met die gedagte om binne elk van hierdie breë

studierigtings nog verdere kwalifikasies by te voeg. Kortom, die toetrede van Akademia tot die geesteswetenskappe is ʼn klein, maar belangrike tree in Akademia se strewe om ʼn volwaardige universiteit te word.

In die Suid-Afrikaanse konteks is dit inderdaad van besondere waarde dat Akademia hierdie betrokke kwalifikasie kan aanbied. Vir studente wat ʼn groter belangstelling het in die groot vrae van die lewe (filosofie) of dalk die wêreld buite die werksplek beter wil verstaan (politiek), terwyl hul steeds die besigheidswêreld wil verstaan (ekonomie), is hierdie kwalifikasie dalk net die regte een.

Al die kennis wat studente in hierdie kwalifikasie opdoen, word in hul derde jaar in ʼn unieke vak saamgesnoer, naamlik Kernintegrasie. So leer studente insien dat die filosofie, die politiek en die ekonomie eintlik op ʼn baie interessante wyse met mekaar vervleg is. Studente wat hierdie kwalifikasie voltooi, stap weg met ʼn breë kennis van die wêreld waarin hulle leef, maar is ook reg om die uitdagings van die sakewêreld vierkantig in die oë te kyk.

Besoek gerus Akademia se webblad vir meer besonderhede oor die graad.

Belangstellende studente kan kontak maak met [email protected]. Hy is ʼn dosent by Akademia en ook ʼn lid van die SA Akademie.

Page 19: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 19

Vergadering saam met Ministers te Taung

Prof. Ewert Kleynhans rapporteer soos volg:

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns is deur ʼn voormalige raadslid van die Akademie, prof. Ewert Kleynhans en sy vrou, verteenwoordig by ʼn byeenkoms by Taung op Vrydag 22 Junie 2018: Die “Community and Stakeholder Engagement for Craft and Visual Art meeting”.

Prof. Kleynhans berig as volg: Die dag het begin met ʼn vergadering saam met die adjunk-minister van Kuns en Kultuur, me. Makhotso Magdeline Sotyu, die adjunk-minister van Staatsveiligheid, me. Ella Molekane, die direkteur-generaal van Kuns en Kultuur, mnr. Vusimusi Mkhize, die Noordwes LUR vir Kuns, Kultuur en Tradisionele sake, hul departementshoof (HOD), die hoof van Jeugaangeleenthede, die hoof van Erfenis, hoof van Biblioteke en Argiewe, die burgermeester van die groter Taung-stadsraad, mnr. Kgosi Mathlabane, president van CCIFSA en ander hoogwaardigheidsbekleërs.

Die minister het daarop gewys dat die Departement van Kuns en Kultuur gewoonlik onderbestee aan hul begroting en dan nog baie fondse oor het. Hulle wil graag ook die heel armste mense in die gemeenskap en veral in die landelike gebiede help en van hul projekte befonds. Omdat mense gewoonlik nie weet hoe om vir die fondse aansoek te doen nie, kom die regering nou self na die gemeenskappe.

Die Hoërskool Walter Letsie in Manthe is besoek waar die leerders deur minister Sotyu aangemoedig is om so lank as moontlik op skool te bly, om die kunste te beoefen en hul erfenis op te pas en ook op te skrywe. Daar is toe skooldrag en sanitêre doekies aan die leerders oorhandig. Die leerlinge het saam met die polisie ʼn vlaghysingseremonie waargeneem en die volkslied gesing, waarna die minister van Staatveiligheid hulle toegespreek het en boekies oor ons nasionale simbole en patriotisme onder die leerders versprei het.Tydens die laaste deel van die dag is die gemeenskapsentrum in Manthe besoek, waar die gehoor met musiek en tradisionele danse vermaak is en elke lid van die afvaardiging die gemeenskap toegespreek het rakende kuns, kultuur, erfenis en staatsveiligheid. Die adjunkminister van Staatsveiligheid het ook aan die gemeenskap talle wenke gegee oor moontlike loopbane in Staatsveiligheid en ook hoe om hulself te beveilig.

Die dag was vir almal besonder verrykend en goeie gesindhede en netwerke is opgebou.

Die vergadering het prof. en mev. Kleynhans op die hande gedra en soos baie belangrike gaste behandel.

Page 20: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

20 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Afrikaanse Taalraad vergader

Algemene jaarvergadering van die Afrikaanse Taalraad – 10 jaar oud

Die Afrikaanse Taalraad (ATR) se algemene jaarvergadering is op Saterdag 25 Augustus in die Paarl gehou. In die eerste tien jaar het die ATR toenemend klem geplaas op inklusiwiteit en relevansie.Dr. Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die ATR, rapporteer: “Die ATR het die afgelope tien jaar sterk voorbrand vir Afrikaans oor alle (en verbeelde) grense heen gemaak en ʼn reputasie gevestig as ʼn organisasie wat doelgerig uitreik na al die sprekers van die taal en die variëteit wat hulle praat.”

Japie Gouws, die voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, beskou die ATR as die mees verteenwoordigende Afrikaanse taalorganisasie wat ras, geslag, geografie en die variëteite van die taal betref, “maar ons wil nog beter vaar en ons sal ons diversiteit en die uiteenlopende spektrum van idees wat reeds in die ATR uitgebou word, in die loop van die jaar aansienlik uitbrei.”

Die ATR voer ʼn werwingsveldtog wat veral kunstefeeste en gemeenskapsorganisasies se betrokkenheid by die organisasie wil vergroot.

Fatima Allie, ondervoorsitter van die ATR, meen: “Dis belangrik dat baie meer stemme van voetsoolvlak af in debatte oor taal gehoor word, veral dié van die jeug, want sonder die jeug het Afrikaans nie ʼn toekoms nie.”Die ATR bevorder moedertaalonderrig op gemeenskapsvlak deur jeugberade en studenteorganisasies by universiteite en kolleges. Aandag word gegee aan ʼn inisiatief om meertaligheid en moedertaalonderrig in vennootskap met die ander inheemse tale van die land te bevorder.

Die waarde van moedertaalonderrig vir mense in veral arm en gemarginaliseerde gemeenskappe word onderskat en ontvang tans onvoldoende erkenning. ʼn Mens kry soms die gevoel dat Afrikaans en ander inheemse tale van die land aktief bevorder moet word as hulpbronne vir die ontwikkeling van arm en gemarginaliseerde gemeenskappe, volgens dr. Steenkamp.

Japie Gouws, voorsitter van die ATR, en Astrid de Vos, uitvoerende hoof van die Dagbreektrust

David Jantjies (bestuurder van die ATR en SAOOT se Moedertaalprojek), Ezra Plaatjies (KSUT-student en deeltydse ATR-jeugfasiliteerder) en Samuel Minnaar (US-student en deeltydse ATR-jeugfasiliteerder) het ook die ATR se jaarvergadering bygewoon

Page 21: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 21

Wat sê die wetenskap in Nederland

... oor kuns?

Gedurende die lentemaand Mei en die somermaand Junie 2018 gebeur ʼn paar indrukwekkende dinge in die wêreld van kuns wat deur die wetenskap onderskryf word of wat aanduidings gee dat die kunsgeskiedenis, soos wat dit tans weergegee word, nie altyd honderd persent korrek is nie. Hier onder volg ʼn oorsig in gedateerde kolpara-grawe oor die nuutste ontwikkelinge, grille en geite in die kunswêreld.

• 9 Mei: Die opening van die Kanal Centre Pompidou in Brussel word aangekondig deur Anouk van Kampen in die NRC-Handelsblad. Alhoewel dit net ʼn voorsmaak is van wat die museum vanaf 2019 sal aanbied – bekende internasionale kunstenaars, ʼn “gastronomiese ontmoetingsplek” en ʼn danssaal – trek die opening die eerste naweek 22 000 besoekers. Alles sal onder dak gebring word in die ou Citroëngarage van Brussel. Dié indrukwekkende gebou uit die 1930’s is al jare lank gesluit. Nou kry dit nuwe lewe deur samewerking met die Parys Centre Pompidou. Dit is nie die eerste keer dat beleggers van hierdie moderne kunsmuseum na bestemmings buite Parys uitreik nie. In 2010 is die Centre Pompidou-Metz geopen. Nie alle Brusselaars was gelukkig met dié ontwikkeling nie. Dit sou te veel kos. Sommige inwoners het gevrees dat die Franse Brussel sal “koloniseer”. In die nag voor die opening is protesboodskappe voor die ingang geplaas: “Ons stad is nie te koop nie.” Wat die volgende dag die meeste indruk gemaak het, was die gebou.

• 15 Mei: ʼn Onbekende werk van Rembrandt (1606–1669) is vir die eerste keer in 150 jaar ontdek. Die kunshistorikus Jan Six vertel aan Danielle Pinedo en Arjen Ribbers van die NRC dat dit gaan om ʼn skildery van ʼn onbekende jong man uit ongeveer 1634. Six het in sy uitgebreide kunshistoriese navorsing Ernst van de Wetering, voormalige leier van die Rembrandt Research Project (RRP), en vyftien internasionale kurators en kunshistorici betrek. Hulle onderskryf almal sy bevinding: dié skildery kom uit Rembrandt se hand – nie van een van sy leerlinge nie. Enkele geheime lê opgesluit in die jong man se kantkraag: Portret van een jonge man lyk soos die huweliksportret Marten en Oopje (1634). Die Franse kantkraag van Marten was vir ʼn kort tyd mode in

Carina van der Walt

1634. Rembrandt was besonder goed met die skilder van kant. Die grondverf, pigment, penseeluitvoering en komposisie wys alles in Rembrandt se rigting.

Six word tans as die Sherlock Holmes van die kunswêreld beskou. In die boek Rembrandt’s Portret van een jonge man dokumenteer Six sy ontdekking.

• 24 Mei: By gebrek aan die Elfstedetog, wat op natuurlike ys geskaats word en wat nou al vir meer as ʼn dekade nie in Nederland kon plaasvind nie, het die provinsie Friesland met iets nuuts vorendag gekom: ʼn improvisasie. Leeuwarden is Friesland se hoofstad en die kulturele hoofstad van Europa vir 2018. Die reisgids Lonely Planet het Friesland in die topdrie van Europese bestemmings opgeneem. In ooreenstemming daarmee het die kunsprojek 11Fountains met internasionaal bekende kunstenaars tot stand gekom as ʼn soort “culturele Elfstedentocht”, skryf Sake Elzinga in die NRC. Die fonteine moet kunsliefhebbers en toeriste trek. Minister Van Engelshoven, van Onderwys, Kultuur en Wetenskap, noem die fonteine “nieuwe bakens van een veranderende leefomgeving.” Die oorsprong van die 11Fountains-projek lê vyf jaar in die verlede. Dit was ʼn idee van die kunshistorikus Anna Tilroe. Die stede waarin fonteinwerke uitgevoer is, is Leeuwarden, Harlingen (met ʼn walvis in die hawe), Bolsward (ʼn vlermuis wat water spu), Workum (twee vreeslik lelike leeus, volgens die inwoners), Hindeloopen (twee voëltjies wat strale spuit), IJlist, Franeker, Sneek, Sloten, Dokkum en Stavoren (ʼn

Page 22: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

22 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Wat sê die wetenskap in Nederland (vervolg)

karnavaleske kabeljoukop) – om maar net die dierebeelde te noem. In Leeuwarden staan Love van die Spaanse kunstenaar Jaume Plensa. Dit is twee wit kinderkoppe – elk van twee meter hoog. Tilroe reageer in die koerant op “haar” projek: “Het is uniek dat de 11 Friese steden nu ook door kunstwerken met elkaar verbonden zijn. Dit is nieuw cultureel erfgoed.”

• 24 Mei: Die Stedelike Museum in Amsterdam se tussentydse direkteur is Jan Willem Sieburgh. Hy het sowel die artistieke direkteur Beatrix Ruf as die saaklike direkteur Karin van Gilst vervang. Teenoor Daan van Lent en Arjen Ribbers van die NRC erken Sieburgh dat die Stedelike Museum nog nooit tevore so deursigtig was oor etiese dilemmas en bestuursprobleme nie. Ná drie jaar se syfers in die rooi kan die Stedelike Museum weer asemhaal. Tans word werkswinkels aangebied “om het ethische kompas van de medewerkers van het museum” fyner te ontwikkel. Dit kom ná die opspraakwekkende vertrek van Ruf weens kwessies soos ʼn skyn van belangeverstrengeling, haperende bestuur en gebrekkige kommunikasie wat oor haar kop gehang het. Sowel Van Gilst as Ruf het bedank.

• 7 Junie: Weerligstrale het dikwels minder vertakkings op skilderye as in die werklikheid, skryf Bruno van Wayenburg in die Wetenskapsbylae van die NRC. Hoe goed kan ʼn skilder iets skilder wat net vir ʼn fraksie van ʼn sekonde sigbaar is? Uit ontledings van natuurskilderye blyk dit “nogal goed” te wees, ten spyte daarvan dat ʼn elektriese lading van 50 000 grade Celsius met ʼn donderende klap vrygelaat word. Die aantal vertakkings is onderskat, ook deur bekende skilders soos William Turner (1775–1851). In die tydskrif Proceedings of the Royal Society A vergelyk Mark Stromp, Gábor Horváth en nog vier natuurkundiges van die Eötvös Lorand-Universiteit in Boedapest 100 geskilderde weerligstrale met 400 foto’s van weerligstrale. Die begin- en inslagpunte van weerligstrale stem dikwels ooreen op skilderye en foto’s, maar die aantal vertakkings verskyn te vinnig vir die menslike oog om waar te neem.

• 14 Junie: Fountain (1917) van Marcel Duchamp word as een van die invloedrykste kunswerke van die twintigste eeu beskou; dit dui die beginpunt van konsepsionele kuns en Duchamp as oervader van

die moderne kuns aan. Orals op die internet word sy “readymades” van 1913 af geroem. Die probleem is dat al hoe meer stemme opgaan dat die urinoir genaamd Fountain in werklikheid nooit Duchamp sʼn was nie. Volgens Sandra Smallenburg in die NRC leer kunsstudente wêreldwyd dat die handtekening “R. Mutt” daarop ʼn skuilnaam vir Duchamp is. Die bewyse teen hom stapel egter al drie dekades lank op. Die ware skepper van Fountain is waarskynlik die Duitse Dada-digteres Elsa von Freitag-Loringhoven. Haar en Duchamp se paaie het in New York gekruis. Hulle was goeie vriende. In die kunstydskrif See All This betrek die Nederlandse kunsjoernalis Theo Paijmans vier prominente kunskenners in sy betoog: Irene Gammel, professor in Letterkunde aan die Universiteit van Toronto, die kunshistorikus Glyn Thompson, die kunskritikus Julian Spalding en die kultuurhistorikus John Higgs. Al vier is dit met mekaar eens. Duchamp het nooit die beskuldigings ontken of erken nie. ʼn Onthullende brief aan sy suster duik in 1982 op as onderdeel van sy nalatenskap aan die Smithsonian Institute in Washington. Alles word steeds ontken, want “He is too big to fail”, skryf Paijmans.

• 16 Junie: Ná die aanstelling van Sieburgh by die Stedelike Museum in November 2017 het ʼn deel van die kunspubliek met die petisie “Roep Ruf Terug” daarop aangedring dat sy terugkeer. Nog later (in Mei) het private skenkers die druk verhoog deur per brief te laat weet dat hulle toekomstige skenkings sal afhang van wat met Ruf gebeur. Wat die kruks van die konflik is, draai volgens die stadsraad van Amsterdam om haar noue bande met Michael Ringier, ʼn Switserse sakeman. Hy het vir haar ʼn bonus van een miljoen Switserse frank betaal vir haar advies met sy aankope, wat intussen miljoene méér werd geword het. Hierdie bonus het sy aan die Stedelike Museum verswyg. Sy het ook nie vermeld nie dat terwyl sy al by die Stedelik werksaam was, sy steeds bestuurder was by die J.R.P. Ringier Kunstverlag – ʼn onbesoldigde betrekking. Navorsers van die Amsterdamse stadsraad was emeritusprofessor S.E. Eisma (Bank- en Effektereg) en oudregter J.A.J. Peeters. Hulle moes die bande tussen Ruf, Ringier en die Stedelik naspeur. Dat sy nie haar bonus gemeld het nie, was ʼn groot blaps van Ruf. Daarmee het Ruf die reëls van die Governance Code Cultuur, die Museumstatute

Page 23: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 23

Wat sê die wetenskap in Nederland (vervolg)

en die Direksiereglemente oortree. Hoewel sy wil terugkeer na haar ou pos in die museum, bevraagteken Daan van Lent en Arjen Ribbens die moontlikheid in die NRC.

• 19 Junie: Liesbeth Helmus, kurator van die Stedelike Museum Utrecht, het iets reggekry wat almal gedink het onmoontlik is. Vir sy verslag daaroor in die NRC pas Arjen Ribbers die Nederlandse spreekwoord “nee het jy, ja kan jy kry” aan tot “Nee heb je, Caravaggio kun je krijgen”. Dit gaan oor die bruikleen van Die graflegging (ongeveer 1602) van die Italiaanse skilder Caravaggio, wat die eiendom van die Vatikaanse Museums is. Die graflegging is ʼn altaarstuk van 3 m x 2 m en staan bekend as die “Mona Lisa van die Vatikaanse Museums”. Helmuts het vir haar plan ondersteuning gekry van kardinaal Eijk, die aartsbiskop van Utrecht, wat ʼn aanbevelingsbrief geskryf het. Die verantwoordelike kurator van die Vatikaanse Museums het eers

afstandelik gereageer, totdat hy gesien het hoe die skildery vertoon sal word: tussen ʼn skildery uit 1618 van Dick van Baburen en ʼn skildery uit 1638 van Nicolas Tournier. Laasgenoemde twee skilderye handel oor dieselfde Bybelse toneel. Utrecht, Caravaggio en Europa loop tot 24 Maart 2019.

• 20 Junie: Die restourasiespan van De aanbidding van het Lam Gods in Gent het volgens Anouk van Kampen (korrespondent van die NRC in België) bekendgemaak dat die dier nou weer twee ore in plaas van vier het. Deur oorskildering het die lam op die Middeleeuse paneel ʼn ekstra paar ore gekry. Die oë en die snoet het ook verander en vaer geword. Dit is nou weer herstel tot die oorspronklike staat en staan in die Museum van Skone Kunste, maar is nog nie terug in die Sint Baafskatedraal, waar dit gewoonlik staan nie.

Carina van der Walt – Tilburg, Nederland

Page 24: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

24 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Ons lede onthou!

As jong seun was my eerste “ontmoeting” met Totius toe ek van sy gedigte gelees het, en in matriek in 1950 het ons onderwyser in Afrikaans graag sy gedigte voorgelees. Hy vertel toe ook dat Totius die eerste persoon was wat die SA Akademie se Hertzogprys vir poësie ontvang het (in 1916) vir sy digbundel Trekkerswee en verder dat sy bundel By die Monument in 1918 verskyn het.

Min het ek kon raai dat ek in 1951, toe ek op Potchefstroom begin studeer het, persoonlik met die digter kennis sou maak! Ek het vir sy kleindogter Hanlie du Toit gaan kuier en toe ek aanklop, maak niemand anders nie as Totius self die deur oop en nooi my vriendelik binne! Toe hy verneem dat ek van Colesberg kom, vertel hy dat verskeie van sy studente by die Teologiese Skool ook uit daardie Karoowêreld kom. Dit was my tweede ontmoeting.

My derde “ontmoeting” was nogal ʼn historiese gebeurtenis toe die destydse PU vir CHO sy eerste eredoktorsgraad aan Totius toegeken het. Ek besit ʼn waardevolle foto wat by hierdie geleentheid geneem is.My vierde “ontmoeting” was op 16 Augustus 1952, toe ek bevoorreg was om sy laaste preek te kon bywoon by geleentheid van die ingebruikneming van die gebou van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Noord. Hy het nie ʼn sterk stem gehad nie en sy uitspraak van s-klanke was nogal opvallend. Dit was ʼn voorreg om

te kon hoor hoe die digter enkele verse van sy eie Psalmberyming voorlees.

My vyfde “ontmoeting” was in 1953, toe ons studente tydens ʼn toneeltoer die berig van Totius se dood op 1 Julie ontvang het. Sy kleindogter was ook ʼn lid van die groep en moes inderhaas die trein verlaat vir haar oupa se begrafnis op Potchefstroom.

My sesde “ontmoeting” was toe prof. T.T. Cloete Totius se digbundel Trekkerswee met ons behandel het. Cloete se proefskrif, “Trekkerswee en Joernaal van Jorik”, is in 1953 gepubliseer. Dat twee digters soos Totius en D.J. Opperman so met mekaar kon praat, was vir ons ʼn openbaring. En die raakpunte van ʼn lang “ou” gedig met ʼn eweneens lang maar moderne gedig was vir ons iets besonders.

My sewende “ontmoeting” was in 1969, toe ek as toerleier saam met ʼn groepie Transvaalse topleerlinge op ʼn sogenaamde “Letterkundetoer,” georganiseer deur die Transvaalse Onderwysdepartement, die kamer in die Paarl besoek het waar Totius in 1877 gebore is.

My volgende “ontmoeting” was toe ek studente tydens die Totius-Eeufeesjaar in 1977 vergesel het na Totius se graf in die Potchefstroomse begraafplaas. Hier is ook twee van sy Passieblomme-kinders begrawe. Die studente het die pragtige Pierneefskets van ʼn winterwilg

op die grafsteen interessant gevind. Potch se wilgerbome was natuurlik ʼn geliefde tema in Totius se werk.

My negende “ontmoeting” was op 21 Februarie 1977 by geleentheid van die onthulling van Jo Roos se standbeeld van Totius deur die destydse eerste minister, John Vorster, tydens die Totius-Eeufees. As gevolg van omstandighede is hierdie beeld drie keer verskuif! Dit het eindelik sy finale staanplek in die voorportaal van die Gereformeerde Kerke se Sinodesaal op Potchefstroom gekry.

ʼn Interessante verdere “ontmoeting” was toe Totius se seun, prof. Fanus du Toit, ʼn waardevolle geskenk aan my gegee het: ʼn handgeskrewe lesing in die mooi handskrif van Totius met die opskrif “Die leer aangaande Christus”.

In 1977 was ek die sekretaris van die Totius-feeskomitee wat verantwoordelik was vir die publikasie van Totius se Versamelde Werke (11 dele). Die komiteelede kon ook elkeen ʼn replikabeeldjie van Jo Roos se Totiusstandbeeld bekom.

My laaste “ontmoeting” was die kennismaking met die 1977-Totius-feespublikasies deur bekende literatore, en ten slotte in 1993 met die biografie deur dr. VE d’Assonville “Dit is Totius”.

Dr. I.L. Jansen (Natie) van Vuuren - Modimolle

“Ontmoetings” met Totius – dr. Natie van Vuuren vertel...

Page 25: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 25

Hartlike Uitnodiging om nominasies:

Die Jan H. Maraisprys: Oproep om Nominasies

Doel van die Prys: Erkenning vir ʼn uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Instellings as ontvangers: Die Prys is in beginsel vir natuurlike persone bedoel, maar die keurkomitee mag ook besluit om dit aan ʼn instelling of vereniging wat besonder verdienstelik is om Afrikaans as wetenskapstaal te bevorder, toe te ken.

Prysgeld: Die prysgeld beloop R500 000 en ʼn beeldjie, Helpende Hand, deur Coert Steynberg. Die prysgeld mag in ʼn bepaalde jaar tussen meerdere pryswenners, soos deur die keurkomitee bepaal, verdeel word.

Oorhandiging: Jaarliks op 30 Mei (of so na as moontlik aan dié datum) te Stellenbosch.

Nie-toekenning: Dit staan die keurkomitee vry om in ʼn bepaalde jaar geen toekenning te maak nie.

Aanwending van prysgeld: Na goeddunke van die ontvanger.

• Die voorstel moet duidelik motiveer waarom die bepaalde kandidaat/instansie vir die Prys voorgestel word. Daar moet ook duidelik aangetoon word watter uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans gelewer is.

• Die nominasie moet deur ʼn voorsteller en twee sekondante onderteken wees.

• Die grootste mate van vertroulikheid moet gehandhaaf word. Onder geen omstandighede mag die kandidaat bewus wees dat hy/sy vir die Prys genomineer word nie.

• Die volle name van die kandidaat, asook van die voorsteller en sekondante, landlyn- en selfoonnommers, adresse, e-posadresse moet verskaf word.

• Die voorstel moet gesteun word deur die nuutste curriculum vitae en publikasielys van die kandidaat, indien van toepassing.

• By die toekenning van die Prys is die keurkomitee se besluit finaal. In die geval van ʼn nominasie wat nie suksesvol was nie, sal geen korrespondensie of gesprekke na die toekenning gevoer word nie – nie met voorstellers nie en ook nie met kandidate nie.

Nominasies sluit op Woensdag 31 Januarie 2019. Bekendmaking van die prys: Einde Maart 2019

Skriftelike nominasies vergesel van ʼn volledige CV moet per gewone of e-pos of per koerier gerig word aan: Die Hoof Uitvoerende Beampte, Privaat sak X11, Arcadia, Pretoria 0007.

Elektroniese nominasies moet gestuur word na e-posadres: [email protected].

Fisiese adres vir aflewering per hand of per koerier: Ziervogelstraat 574, Arcadia, Pretoria, 0083

Navrae kan gerig word aan die Hoof Uitvoerende Beampte dr. Dionē Prinsloo: Tel. 086 133 3786 (kantoorure); Sel: 082 464 6953; E-pos: [email protected] of [email protected].

Page 26: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

26 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Boekbekendstellings

Nuwe vakwoordeboek: Explanatory Dictionary of Politics / Verklarende Politieke Woordeboek, Juta, 2018

Bekendstelling

Die Explanatory Dictionary of Politics / Verklarende Politieke Woordeboek (EDP/VPW) is op 10 Mei 2018 by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns tydens die Kollokwium: Politieke Wetenskap bekendgestel. Die vakkundige span wat aan die vakwoordeboek gewerk het is: prof. Albert Venter (emeritus, Universiteit van Johannesburg), prof. Louis du Plessis (Universiteit van Stellenbosch) en prof. Susan Botha (Universiteit van Suid-Afrika) en hulle is deur die terminoloog cum

terminograaf, dr. Mariëtta Alberts (navorsingsgenoot, Noordwes-Universiteit), bygestaan. Die vakwoordeboek is deur Juta uitgegee. Tydens die bekendstellingsgeleentheid was al die samestellers, behalwe prof. Louis du Plessis, teenwoordig en elkeen het tydens ʼn kort toesprakie spesifieke aspekte genoem wat die waarde van die vakwoordeboek toegelig het. Juta is verteenwoordig deur mnr. Edmund Beerwinkel, me. Marlinee Chetty en mnr. Stefan Kruger.

Agter staande: prof. Albert Venter (UJ); prof. Louis du Plessis (US)Sittend voor: prof. Susan Botha (Unisa); wyle brig. genl. Pierre le Clus (Direkteur: CEPTSA) en me. Judi de Beer (Nasionale Taaldiens, Departement van Kuns en Kultuur)

Dr. Mariëtta Alberts

Page 27: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 27

Boekbekendstellings (vervolg)

Toekennings

Die EDP/VPW is op 31 Augustus 2018 met die ATKV se Woordwystoekenning bekroon. Die Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut (SAVI) het ook pas aangekondig dat die vakwoordeboek die SAVI-woordeboekprys op 29 September 2018 in Johannesburg sal ontvang.

Prof. Louis du Plessis het namens die span die ATKV se bekroningsfunksie op Vrydagaand 31 Augustus 2018 in die HB Thom-teater, Universiteit van Stellenbosch, bygewoon. Mnr. Kallie Pauw het Juta verteenwoordig. Prof. Du Plessis het die beeldjie – in die vorm van ʼn mens wie se arms opreik en in vere oorgaan – ontvang. Mnr. Pauw het ʼn geraamde sertifikaat namens die uitgewer ontvang.

Elkeen het ʼn beurt gekry om ontvangs te erken en ʼn dankwoord te spreek. Van die samestellers se

kant af is benadruk watter voorreg dit is om namens die eindredaksie so ʼn gesogte prys te ontvang. Die rol van wyle brig. Genl. Pierre le Clus, die voormalige direkteur van die toenmalige Sentrum vir Politieke en Verwante Terminologie in Suider-Afrikaanse Tale (CEPTSA), en aan wie die vakwoordeboek opgedra is, is beklemtoon. Daar is ook verwys na die feit dat verskeie ander redaksielede deur die jare definisies help ontwikkel het. Die terme wat ter illustrasie aangehaal is, waarmee die redaksielede (akademici en terminoloë) deur al die jare geworstel het, en waarvoor die definisies uit uiteenlopende velde kom, was onder meer “kiesstelsel”, “beginsels van oorlogvoering”, “politieke siklus” en “kwotastelsel”. Hierdie terme se definisies maak deel uit van 2620 ander definisies. Prof. Du Plessis het aangedui dat dit vir die samestellers ʼn voorreg is dat Juta

die EDP/VPW so keurig in swart en maroen gedruk en uitgegee het en in besonder dat die ATKV woordeboeke bekroon, spesifiek die EDP/VPW bekroon het, en soveel doen vir meertaligheid in die algemeen en vir Afrikaans in die besonder.

Mnr. Kallie Pauw van Juta, wat ʼn groot rol gespeel het in die finale redigering en proeflees van die vakwoordeboek, het met hoë lof na die EDP/VPW verwys en verskeie Engelse terme uitgelig met interessante, selfs humoristiese, Afrikaanse vertalings, soos byvoorbeeld “floumakoupresident”, “bakhandstaat” en “politieke vernietvretery”.

Die beoordelaars van die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse was dr. Willem Botha, prof. Rufus Gouws en prof. Ernst Kotzé. Onder die verskillende fasette van die EDP/VPW wat die beoordelaars geprys het, is dat dit ʼn dringende behoefte vul aan vakwoordeboeke, spesifiek noudat Afrikaans op tersiêre vlak onder druk verkeer; dat dit leksikografies vernuwend is aangesien dit vertalend sowel as verklarend is; dat die uitleg gekenmerk word deur gebruikersvriendelike leesbaarheid; dat die EDP/VPW ʼn mark bedien wat saamgestel is uit onder andere vakspesialiste en taalpraktisyns, rubriek- en toespraakskrywers, politieke kommentators en joernaliste by tydskrifte, radio en TV, wat die werk almal baie nuttig sal vind; en in die besonder dat die werk sulke treffende definisies aanbied.

Page 28: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

28 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Boekbekendstellings (vervolg)

Vaktaalontwikkeling in Afrikaans

Hierdie vakwoordeboek beklemtoon die feit dat vaktaalontwikkeling noodsaaklik is vir vakgerigte kommunikasie wat spruit uit nuwe navorsing en ontwikkeling in verskeie subterreine van die politiek. Die terminologie van hierdie besondere vakgebied is gedokumenteer en kan as vakwoordeboek versprei word om inligtingoordrag en kennisverwerwing moontlik te maak. Terme wat in vakwoordeboeke gedokumenteer en aan die vakgemeenskap beskikbaar gestel word, dra by tot gestandaardiseerde vakkommunikasie. Die definisies in Engels en Afrikaans help met inligtingontsluiting en die vakkundiges wat aan die projek gewerk het, moet gelukgewens word met hul keurige taalgebruik in albei tale. Die Explanatory Dictionary of Politics / Verklarende Politieke Woordeboek is dus ʼn welkome byvoeging tot veral die Afrikaanse terminologieskat.

Verskeie nuutskeppings in Afrikaans het die lig gesien soos o.a. “boendoehof” (kangaroo court), “geboortegolf” (baby boom); “roomvraat” of “geiljan” (fat cat), “geboorteval” (baby bust); “koningmaker” (kingmaker1) (koning/koningin van eie keuse aan te stel); teenoor “koningsalwer” (kingmaker2) (invloed en mag gebruik om ʼn persoon van eie keuse tot gesagsposisie te verkies); “Boelieboet” (Big Brother).

Ander terme wat eintlik selfverklarend behoort te wees, maar waarmee daar tydens redaksievergaderings gestoei is, is “Asiatiese Tiere” (Asian Tigers), “Britse imperialisme” (British imperialism), “bufferstaat” (buffer state), “seerowery” (piracy) en “bemagtiging” (empowerment).

Bedankings:

Dit was ʼn voorreg om saam met hierdie span vakkundiges te werk wat ʼn reuse bydrae tot vaktaalontwikkeling in sowel die bron- as die doeltaal gemaak het.

Juta moet ook bedank word vir hul geduld toe daar selfs op die finale bladsyproewe steeds wysigings aangebring is. Die volgende werknemers van Juta verdien spesiale vermelding: mnre Edmund Beerwinkel, Wayne Staples, Kallie Pauw, Stefan Kruger, mee. Marlinee Chetty, Deirdre du Preez, Tasneem Davids en Ingrid Hartog.

Die Akademiespan wat die bekendstelling wat die EDP/VPW hanteer het, dr. Dionē Prinsloo, dr. Linda Brink en mev. Melanie Rens word hartlik daarvoor bedank.

Die ATKV en SAVI word bedank vir die toekennings aan die vakwoordeboek en vir hulle aandeel aan die bevordering van die Suid-Afrikaanse tale.

Mariëtta Alberts7 September 2018

Page 29: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 29

Boekbekendstellings (vervolg)

Kaalvoetkjint van Keimoes

ʼn Doodgewone gesprek met ʼn vreemdeling oor haar kinderjare in die Noord-Kaapse dorpie Keimoes, sou Annicy Brussel (47) ʼn tandartsassistent van Johannesburg, nooit kon laat dink dat sy op 40 ʼn boek sou skryf wat haar lewe sou verander nie.

Carl (Tienie) Theunissen, navorser en regisseur, het dié interessante tandartsassistent toevallig in ʼn tandarts se spreekkamer ontmoet. Vyf jaar later oorhandig Brussel haar boek oor haar grootwordjare aan haar moeder in die Gatvol-plakkerskamp in Bloemfontein.

Toe ʼn emosionele Brussel op Maandag 6 Augustus die boek, Kaalvoetkjint van Keimoes, aan haar ma, Sherene Brussel (71), oorhandig, het sy gesê, “Vir ons was dit net om skool klaar te maak en om vir Mamma en Dedda te help. Ek kon hulle trots maak met dinge wat ek graag wou doen vir hulle in my pa se afwesigheid. Ek lewe nog steeds vir my ma en ek sal vir haar lewe tot die dag dat sy nie meer daar is nie, want alles kom terug – ek ploeg terug in wat hulle in my gesaai het.”

Volgens ʼn resensie geskryf deur prof. Christo van Rensburg, is hierdie ʼn heerlike ongekunstelde verhaal. “Die verhaal van meer as haar reis. Nie net na die groot stad toe nie. Die groot reis van volwasse word en van aanpas, van riethuis tot steenhuis, en van paaie waarop haar voete nou anders loop omdat die ou weë ook verander het. Die reis na die vervloë tyd is ook haar binnereis. Sy bevestig weer die bande met die ankers van haar kleintyd, waar Ma en Antie en Dedda meer word as net woorde, en saam met haar geloof, ankers bly. Waar onthou bewaar word, spookbeelde werklikheid kan wees. Waar kontraste nie keuses afdwing nie, maar insig skep.”

Die publikasie van die boek het met die welkome betrokkenheid van die FAK moontlik geword. Johan Jansen van Vuuren, projekbestuurder van die FAK, beskryf Brussel se boek as ʼn storie wat lesers op ʼn nederige reis neem. “Die wonderlike verhaal van Brussel neem lesers op ʼn lewensveranderende reis. Van geloof, na kerk op Sondae, van skoolbanke van Maandae tot Vrydae, tot partytjies op Saterdae waar daar lekker geskoffel is.”

Kaalvoetkjint is ʼn reis in die verlede, van ʼn Afrikaanse vrou na haar wêreld van gister. Die skryf-gogga het Brussel behoorlik gebyt en sy is tans besig met haar tweede boek.

Bloemfontein Courant, Augustus 2018 (Pierce van Heerden)

Van links Sherene Brussel, Johan Jansen van Vuuren (projekbestuurder van die FAK), Marthinus (Tienie) Brussel, Annicy Brussel, Carl (Tienie) Theunissen (draaiboekskrywer, regisseur en joernalis) en Seugnet van Zyl, (kommunikasiebeampte van die FAK). Foto: Pierce van Heerden

Sherene Brussel (71) troos haar dogter Annicy Brussels omdat sy haar trane nie kon terughou terwyl sy haar storie vertel nie. Foto: Pierce van Heerden

Firefly Publications (Pty) LtdISBN: 978-0-620-79724-5

Page 30: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

30 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Boekbekendstellings (vervolg)

Bekendstelling van die Naamdraers van Jesus

Die boekbekendstelling van Naamdraers van Jesus: Wellington se Donkies het op 18 April op Stilbaai plaasgevind.

Sendelinge, alumni en hul families het die geleentheid bygewoon.

Reeds dekades lank word die sendingstudente van Wellington die Donkies van Wellington genoem – en is dit ʼn erenaam.

Die ontstaan van die naam Donkie vir ʼn sendingstudent aan die destydse Wellingtonse Sendinginstituut kom uit die beginjare van die Boeren Zending School. By die opening van die skool in 1903 het prof. John Murray onder meer van die studente gesê dat hulle “zich aanbieden zullen om den naam van Christus te dragen voor de heidenen in ververwijderde deelen van Afrika”. Toe die Wellingtonse sendingstudente daarna aan ʼn naam begin dink, het dr. Andrew Murray met die naam “Donkie” vorendag gekom na aanleiding van Jesus se intog in Jerusalem op die rug van ʼn donkie.

Talle alumni van die Wellingtonse Sendinginstituut, die Donkies, het die bekendstelling van die boek gevier. Dit was voorwaar ʼn besondere en emosionele geleentheid toe die publikasie van bykans 600 bladsye aan die samesteller, dr. Pieter Bingle, oorhandig is. Naamdraers van Jesus vertel die verhaal van die 567 Donkies wat in die loop van 85 jaar aan die Sendinginstituut gestudeer het. Hulle het die naam van Christus en die evangelie met ongeëwenaarde ywer oor grense heen gedra.

Die Donkies word al hoe minder en ouer. Op Stilbaai was dit sigbaar, maar die passie om Donkie te wees is onmiskenbaar nog daar. Die Donkies se verhale is van die mooiste verhale in die kerk.

Prys: R350 Bestel die publikasie by 021 873 6964 of e-pos [email protected]

CLF se redakteur, Danny Fourie saam met dr. Pieter Bingle, samesteller van die publikasie

Tydens die bekendstelling van Naamdraers van Jesus – Wellington se donkies te Stilbaai

Page 31: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 31

Boekbekendstellings (vervolg)

Publikasies deur Akademielede

Legendes uit die Verre Ooste – Soos oorvertel deur Jan Picard

Uitgewer: Dr J PicardISBN: 978-1-928434-75-7Prys: R180

Broederskap – Eeufeesgeskiedenis van die Afrikaner-Broederbond en Afrikanerbond 5 Junie 1918-2018Outeur: O.J.O. Ferreira, Redakteur: Prof. P.F. Theron

Uitgewer: Die AfrikanerbondISBN: 978-1-928434-90-0Prys: R380

Page 32: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

32 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Navorsingspublikasies deur lede

Wessels, A.:• K. du Pisani (hoofred.), Jan

Smuts; van boerseun tot wêreldverhoog (Pretoria: Protea Boekhuis, 2017), nl.:• “Kabinetsminister en

bevelvoerder: Smuts se militêre bydrae tydens die Eerste Wêreldoorlog” (pp. 163-184).

• “Veldmaarskalk: Smuts en die Tweede Wêreldoorlog” (pp. 185-202).

• Havenga S. en Wessels, A. 2017. “Die geldgeskiedenis van die Vrystaat, 1854-1902, met spesiale verwysing na die numismatiese versameling van die Nasionale Museum, Bloemfontein”, New Contree 78, pp. 75-96.

• Botes, M. en Wessels, A. 2017. “’Blazen en snorken’: verkeersweë en vervoer in Bloemfontein in die laat-negentiende eeu”, Indago 33, pp. 23-48.

• Wessels, A. 2017. The war for southern Africa that continues to fascinate and haunt us”, Historia 62(1), pp. 73-91.

• Wessels, A. 2017. “Half a century of South African ‘Border War’ literature: a historiographical exploration”, Journal for Contemporary History/Joernaal vir Eietydse Geskiedenis 42(2), pp. 24-47.

Rossouw, J.J.:• Rossouw, J. 2016. “Private

shareholding: An analysis of an eclectic group of central banks”. SA Journal of Economic and Management Sciences, Vol 19, No 1, April.

• Rossouw, J. 2016. “A case study on farm labour substitution in South Africa” South African Journal of Labour Relations, Vol 40, No 1, June.

• Van Zyl A. en Rossouw J. 2016. “Die Afrikaanse Taalmuseum en –monument in die Paarl: 40 jaar later”. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Vol 56, No 2-1, Junie.

• Rossouw, J, Joubert, F. en Breytenbach, A. 2016. “Suid-Afrika se fiskale keuses gemodeleer: Afgrond of plato?” Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Vol 56 No 2-2, June.

• Rossouw, J. and Breytenbach, A. 2016. “Fiscal constraints determine South Africa’s social agenda.” New Agenda: South African Journal for Social and Economic Policy Second Quarter 2016; Issue 62.

• Rossouw, J., Bhoola, F., Joubert, F. and Like, B. 2016. “On the accuracy of private sector macroeconomic forecasts of the South African economy.” Studies in Economics and Econometrics (SEE) Vol 40, No 2.

• Rossouw, J. and Rossouw, C. 2017. “Forcing the few: Issues from the South African Reserve Bank’s legal action against its delinquent shareholders.” SA Business Review, Vol 21, 2017.

• Rossouw, J. and Rossouw, C. 2017. “Averting South Africa’s looming fiscal cliff.” New Agenda: South African Journal for Social and Economic Policy, First Quarter 2017; Issue 65.

• Rossouw, J., Bhoola, F. and Naik, N. 2017. “Credit rating Agencies.” New Agenda: South African

Journal for Social and Economic Policy, Third Quarter 2017; Issue 66.

• Vermeulen, C., Joubert, F., Bosch, A. and Rossouw, J. 2017. “From the business cycle to the output cycle: Predicting South African economic activity”. Studies in Economics and Econometrics (SEE) Vol 41, No 2.

• Rossouw, J., Bosch, A. and Padayachee, V. 2017. “Towards a formal link between inflation perceptions and inflation expectations in South Africa.” African Review of Economics and Finance Vol, No 2.

• Rossouw, J. 2018. “Politics and policies: Determinants of South Africa’s monetary policy problems in the 1980s.” Economic History of Developing Regions, Vol 33, 2018.

• Marais, M. and Rossouw, J. 2018. “The Phillips Curve revisited: Implications of an urban legend for economics teaching in South Africa.” SA Business Review, Vol 22, 2017.

Lede word uitgenooi om publikasiegegewens

deurlopend aan die Akademiekantoor vir

insluiting in die Nuusbrief te stuur.

Page 33: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 33

Ledesake

Nuwe ledeFakulteit Kuns en Geesteswetenskappe:

• Dr. L. Bosman, Stellenbosch

• Dr. M.M.C. Haupt, Pretoria

• Prof. D. Kotzé, Pretoria

In memoriam – lede• Mnr. T.A. Bosua, Pretoria• Prof. Herman Crause• Prof. J.G. Kesting,

Somerset-Oos• Prof. F.N. Lion-Cachet,

Hartenbos• Prof. S.H. Lombard, Pretoria• Dr. Rian Prins• Prof. J.C. Steenekamp,

Lydenburg• Prof. M.C.J. van Rensburg,

Klerksdorp• Prof. M. Wiechers, Pretoria

Ons eer hul nagedagtenis.

Hulde aan ...

Opgestel deur prof. Hans du Plessis: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Suid-Afrikaanse akademie en die Afrikaanse akademie moes met die onverwagse heengaan van prof. Christo van Rensburg, op Maandag, 13 Augustus 2018, een van sy voortreflikste akademici en navorsers groet. Sy vrugbare werk oor ses dekades bly egter beskikbaar in ʼn indrukwekkende lys publikasies in die vorm van boeke en artikels in nasionale en internasionale tydskrifte. Dit sluit publikasies oor die teoretiese taalkunde in, maar Van Rensburg sal veral onthou word vir sy studie van Afrikaanse variëteite waaraan hy sedert die vroeë jare sestig gewerk het. Een van die hoogtepunte hiervan is die omvattende RGN-verslag oor die Afrikaans van die Griekwas in die tagtigerjare.

Hy was tot laat die middag van sy skielike dood nog intensief besig met belangrike navorsing oor Afrikaans. Hy was onder andere met die afronding van die Engelse vertaling van sy opspraakwekkende So kry ons Afrikaans besig. Die verwerking hiervan, onder die titel Van Afrikaans gepraat, is in Engels vertaal as Finding Afrikaans. Die Afrikaanse en die Engelse boeke verskyn binnekort.

Hierdie navorsing oor Afrikaans sluit kreatiewe en oorspronklik navorsing in oor die ontstaan van Afrikaans as aanleerdersvariëteit tot so ver terug as 1595, die jaar waarin die eerste Afrikaanse woorde in die mond van Khoi-sprekers opgeteken is. Die invloed van Khoi en die Oosterse tale word met verwysing na geloofwaardige voorbeelde in hierdie publikasie bespreek. Die slotsom van die navorsing kom daarop neer dat Afrikaans nie spontaan volgens taalwette uit Nederlands ontwikkel nie, maar dat Afrikaans die produk is van ʼn aanleerdersvariëteit wat al voor die koms van Van Riebeeck neerslag begin vind het in die verleerstaal tussen Khoi en Europeër.

Christo van Rensburg was egter ook besig met die werk aan die finale manuskrip oor die geskiedenis van die Taalkommissie van die SA Akademie, getiteld Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar. Hierdie werk, wat ook eersdaags verskyn, volg die geskiedenis van die Taalkommissie tussen 1917 en 2017. Die belang van hierdie nuwe navorsing is hoofsaaklik daarin geleë dat dit ʼn vars blik lewer op die gedwonge Vernederlandsing van Afrikaans oor die eerste drie dekades ná Uniewording, soos wat dit weerspieël word in die verskillende uitgawes van die Afrikaanse woordelys en spelreëls. In hierdie werk wys Van Rensburg op die uiters interessante parallelle tussen die ontwikkeling van die Afrikaanse spelreëls en die verloop van die Suid-Afrikaanse, maar veral Afrikanerpolitiek.Christo van Rensburg se nagelate navorsing bied ʼn nuwe en kreatiewe interpretasie van die geskiedenis van Afrikaans oor die vier eeue tussen 1600 en 2000. Dit getuig van die werk van ʼn onvervangbare navorser en akademikus. Die SA Akademie groet met hartseer, maar ook met groot waardering, ʼn groot akademikus.

Prof. Christo van Rensburg †

Page 34: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

34 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Ledesake (vervolg)

Woorde van ʼn kollega en vriend

Prof. Marinus Wiechers †Foto: Coert Wiechers

Andreas van Wyk skryf in LitNet:Marinus Wiechers was ʼn besonderse mens, ʼn Renaissance-mens: akademiese regsgeleerde, kunstenaar, musiekliefhebber, kollega, vriend, vader, iemand wat ons nie sal vergeet nie. Hy was een van sewe seuns, ʼn Pretorianer gebore en getoë: Afrikaans Hoër Seunskool en Tukkies se Regsfakulteit. Ek het hom leer ken toe ons albei jong regsdosente was: hy in Pretoria aan Unisa en ek in Stellenbosch. Maar daar was ook ʼn jare lange persoonlike band wat teruggegaan het tot die 1920’s toe sy skoonpa, die beeldhouer Coert Steynberg, en my eie pa, AH du P (Preetjie) van Wyk, koshuiskamermaats by Hoogenhout Hoër in Bethal op die Hoëveld was. As akademikus in Unisa se Regsfakulteit sal Marinus veral onthou word vir sy baanbrekerswerk op die gebied van die administratiefreg.

Reeds sy doktorale proefskrif van 1965 by die Universiteit van Pretoria oor “Die sistematiek van die administratiefreg” het nuwe weë ingeslaan. Vir ʼn ongeordende en kasuïstiese vakgebied, gebaseer op Engelse regspraak, het hy met behulp van die goed-ontwikkelde Duitse en Franse reg ʼn regsraamwerk geskep wat ook buite ons grense

erken word. Dit is ʼn raamwerk wat veral in sy magnum opus van 1973 (Administratiefreg by Butterworth; in 1985 ook in Engels gepubliseer) beslag gekry het. Dit gaan om ʼn vakgebied wat sentraal tot ons regstaat is, sedert 1994 elke dag in belang toeneem, en die lewens van miljoene mense raak, ook al weet hulle dit nie. Dit behels Afrikaanse terminologie wat sal oorleef en ook in die toekoms die basis van besluitneming en gesprek sal vorm, selfs in ons huidige Engels-oorheerste regsomgewing. Marinus se ander akademiese fokus was die staatsreg.

Sy omvangrykste publikasie hieroor was die 3de uitgawe in 1981 van Johan Verloren van Themaat se standaardwerk van 1956 (Staatsreg). Vele artikels oor die onderwerp, soms akademies, soms meer populêr van aard, het oor die jare uit sy pen verskyn. Hy het sy taak as voorligter van en voordenker vir Suid-Afrika se mense ernstig opgeneem.

Marinus Wiechers het ook die unieke kans gehad om as staatsregkenner by die skep van nuwe staatsreg betrokke te raak, iets wat nie vele geleerdes beskore is nie. In die 1980’s en 1990’s het die langverwagte omwenteling in die samelewing- en staatstrukture van Suidelike Afrika plaasgevind, gelukkig grotendeels op vreedsame wyse.

In 1975 het die bal in Suidwes-Afrika met die Turnhalleberaad in Windhoek begin rol. In laat 1989, vroeë 1990 het die Grondwetgewende Vergadering onder die toesig van die Verenigde Nasies ʼn grondwet vir Namibië opgestel; een vandie drie kundige regsadviseurs was Marinus Wiechers. Ook by Suid-Afrika se Kodesa-proses van Oktober 1991 tot vroeg 1993 was Marinus intensief betrokke, maar effens meer agter die skerms. Ook by Unisa het die winde van verandering begin

waai. As deel van die oorgangsproses is Marinus Wiechers in 1994 as rektor van die instelling aangewys, ʼn moeilike posisie wat hy tot 1997 beklee het. Hy was nie ʼn natuurlike administrateur nie en dit was stormagtige tye by ons land se oudste universitêre instelling.

Toe hy die leisels in 1997 aan oud-Matie Tony Melck oorhandig het, was hy geestelik en ook liggaamlik uitgeput. Gelukkig het die erkenning nie uitgebly nie. In 1998 verskyn daar byvoorbeeld by Butterworths ʼn bundel ter ere van hom met die gepaste titel Suprema lex: Essays in honour of Marinus Wiechers.

Hy het ook nog betrokke gebly by regskwessies, soos die arbitrasie oor die Richtersveld onder leiding van regter Antonie Geldenhuys in 2005. Na sy uittrede by Unisa kon sy vele ander belangstellings werklik aandag begin kry. Ook sy persoonlike lewe het verander. Hy het begin musieklesse neem. Sy tekentalent is nie net meer aangewend om humoristiese sketse in regsboeke te maak nie, maar het as werklike skilderkuns begin uiting vind.

Hy het ook al hoe prominenter geword as ʼn Afrikaanse “openbare intellektuele” in ʼn tyd toe ons Afrikaanssprekende mense se stemme in die openbare debat baie stil geraak het. Ten dele is dit omdat daar soveel geraas in die huidige openbare ruimte is, maar ook omdat segmente van die diverse Suid-Afrikaanse bevolking hulle gemarginaliseer voel en daarom verkies om hulle ietwat skuil te hou.

Die ironie is dat Marinus juis ʼn groot rol gespeel het om ʼn raamwerk te skep waarbinne al hierdie groepe se stemme luid en duidelik gehoor kan word. Sy eie stem het van toenemende kommer getuig, veral oor die ondergrawing van taal- en kultuurregte: terwyl

Page 35: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 35

Ledesake (vervolg)

die oorgangsgrondwet van 1993 gevestigde taalregte uitdruklik verskans het, het dié beskerming stil-stil uit die finale teks van 1996 verdwyn.

Die magte van universiteite en skole om hulle eie taalbeleide te bepaal is onduidelik, en van waarborge vir die behoorlike finansiering van instansies soos die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad is daar ook nie sprake nie. Dieselfde geld vir die openbare beskermer, nog ʼn sogenaamde Hoofstuk 9-instelling.

Maar oor Marinus se entoesiasme vir en toewyding aan Suid-Afrika en al sy mense kon niemand twyfel nie. In die voorstel vir die toekenning van die Jan H Marais-prys aan Marinus.

in 2018 is juis daardie aspek van sy akademiese werk oor vele jare beklemtoon: “Sy geloofwaardige en grondige voorspraak deur die jare vir ʼn legitieme demokratiese staatsbestel bied ʼn groot deel van die verklaring waarom Marinus Wiechers en sy

werk wye erkenning bly geniet.” Die toekenning van hierdie prys aan ʼn brose Marinus op 25 April vanjaar was ʼn gepaste laaste huldeblyk aan hom.

Die Marais-prys vir ʼn buitengewone bydrae tot Afrikaans as akademiese taal is drie jaar gelede op 30 Mei 2015 bekendgestel in Jan Marais se historiese woning op Coetzenburg langs die Eersterivier in Stellenbosch.

Die geleentheid was die honderdjarige herdenking van die sterfdag van ʼn merkwaardige man wat ʼn passie vir sy taal en die sprekers daarvan gehad het. Gebore as die jongste seun van ʼn eenvoudige boerefamilie het hy en sy broers deur sweet en toewyding op die Kimberleyse diamantvelde hulle fortuin gemaak in mededinging met formidabele kapitaliste soos Rhodes en Barnato. Terug in Stellenbosch het hy sy geld en talente aangewend om die belange van sy mense op vele terreine te bevorder in die moeilike tye na die Anglo-Boereoorlog en tydens

Dr. Tom Gouws †

die Rebellie. Marais se monumente is nog orals te sien: Si monumentum requiris, circumspice ...: Nasionale Pers, die Universiteit Stellenbosch, en Het Jan Marais Nationale Fonds wat saam met Naspers en die US die prys borg. Marinus Wiechers se bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal op die gebied van veral die administratiefreg is van kernbelang en sal dit bly.

Om weer eens die voorstellers aan te haal: “Marinus Wiechers se aansien strek verder as Afrikaans; maar Afrikaans het Marinus Wiechers sy aansien gegee.” Marinus se geaardheid en optrede het vir hom as mens sy aansien gegee: ʼn sagte, vriendelike gravitas en altyd belangstellend in ander mense, maar ruim van siening en vol passie vir geregtigheid in sy land.

“Stil, broers, daar gaan ʼn man verby.” (Jan F.E. Celliers)

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns betreur die dood van dr. Tom Gouws, vooraanstaande letterkundige wat in sy huis in Pretoria vermoor is. Dr. Gouws was besig om ʼn belangrike bydrae oor die digter Breyten Breytenbach vir ʼn publikasie van die Akademie te skryf.

Tom Gouws was ʼn briljante student aan die destydse PU vir CHO, tans die NWU, waar hy later ook sy eerste akademiese pos in die Departement Afrikaans en Nederlands beklee het. Hy was later ook verbonde aan die Universiteit van Pretoria en die destydse Universiteit van Boputhatswana in Mafeking. Sy oorlye is ʼn groot slag vir sy gesin, maar ook die literêre wêreld verloor ʼn sleutelfiguur.

Dr. Gouws het nie net naam gemaak as akademikus nie, maar was ook skeppende kunstenaar. Hy het as digter met die bundel Diaspora gedebuteer. Nog digbundels het gevolg asook ʼn drama. Tom Gouws was ʼn meningsvormer in literêre kringe en is benewens digter en dramaturg ook die skrywer van talle akademiese artikels en resensies in wetenskaplike tydskrifte en in koerante. Hy het ʼn hoofrol gespeel in die ontdekking van jeugdige literêre talent met sy beoordeling van die Akademie se jaarlikse Poortkompetisie vir skoliere en studente.

Page 36: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

36 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Ledesake (vervolg)

Prof. S.H. Lombard †

Prof. Samuel Hendrik Lombard is op 2 Junie 2018 in die ouderdom van bykans 91 jaar in Pretoria oorlede.

Hy is op 28 Julie 1927 in die distrik Tulbagh gebore waar hy in 1944 aan die Hoërskool Tulbagh in die eersteklas matrikuleer. Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal vervolgens die grade BSc (Landbou), MSc (Landbou) (met lof ) en na ʼn kort dienstydperk in die Departement Landbou as suiwelbeampte in die Oos- en Wes-Kaap, ʼn PhD in 1955 aan die Universiteit van Illinois in die VSA.

Hierna aanvaar hy diens as suiwelnavorser by die Suiwel-navorsingsinstituut aan die Universiteit van Pretoria en word in 1957 aangestel as senior lektor en hoof van die Departement Suiwelbereiding. In 1959 is hy bevorder tot professor en hoof in dieselfde departement. Onder sy leiding is dié departement in 1980 uitgebrei om ook die hele voedselveld te omvat en is die naam verander na die Departement Voedselwetenskap.

Gedurende sy loopbaan was hy outeur en of mede-outeur van tientalle wetenskaplike navorsingsartikels op suiwel- en voedselwetenskaplike gebied. Benewens verskeie besoeke aan oorsese lande verteenwoordig hy Suid-Afrika op twee Algemene Jaarvergaderings en Kongresse van

die Internasionale Suiwelfederasie. Hy dien op verskeie Advieskomitees, soos dié van die Nasionale Voedselnavorsingsinstituut van die WNNR, die SABS, die Departemente van Gesondheid, Landbou, ensomeer. As volle lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, dien hy ook tussen 1967 en 1969 op die Fakulteitsraad Natuurwetenskap en Tegniek.

Prof. Lombard het ʼn sleutelrol gespeel in die stigting en uitbouing van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Suiweltegnologie wat tot vandag toe steeds ʼn bydrae lewer op die gebied van die suiweltegnologie. Hy is in 1983 paslik deur die SA Vereniging vir Suiweltegnologie vereer met ʼn merietetoekenning ter erkenning van hoogstaande diens gelewer aan die SA Suiwelbedryf.

Prof. Lombard het op 31 Julie 1992 die tuig neergelê maar nog steeds aktief byeenkomste van vakverenigings bygewoon. Samuel Lombard het die mense met wie hy in aanraking gekom het, en wat saam met hom gewerk het, deur die kwaliteit van sy werk, voorbeeld en integriteit verryk en geïnspireer. Sy grootste bydrae was die uitnemende hoë akademiese gehalte opleiding van studente in die suiwel- en breër voedselvelde.

By sy intreerede as professor en hoof van die Departement Suiwelbereiding op 30 Oktober 1959 het hy afgesluit met die woorde “Dit sal nietemin my strewe gedurende my ampstermyn aan die Universiteit van Pretoria bly om die vak wat ek aangestel is om te doseer, na die beste van my vermoë te doen” ....Dit het prof. Samuel Hendrik Lombard met oorgawe en met al sy talente gedoen!

Prof. Lombard het vir 35 jaar diep spore getrap in veral die hoë opleiding van suiwel- en voedselwetenskaplikes in Suid-Afrika.

Dr. Rian Prins †

Dr. J.M.G. (Rian) Prins, jarelange Akademielid, is op 22 Augustus oorlede. Hy het as predikant verskeie gemeentes (o.a. Edam in Nederland en Groote Kerk in Kaapstad) bedien en daarna 21 jaar lank Praktiese Teologie aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch gedoseer.

Deur sy loopbaan het hy in die kerk en gemeenskap se leierskorps gedien en was betrokke by verskillende kommissies en beheerrade. Hy was ook inwonende hoof van die manskoshuis Majuba.

Hy het wyd gepubliseer oor sy studieveld. Sy mees onlangse werk, getitel Geloof wat Grondvat, is deur Lux Verbi gepubliseer.

Page 37: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns NUUSBRIEF...4 | SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Voorwoord (vervolg)self eers in sy eie taal geskryf het, waarna sy werk dan in Latyn, die wetenskapstaal

Nuusbrief - Augustus 2018 | 37

Persberigte

Die volgende inligting is deur die SA Akademie se knipseldiens en van Akademielede ontvang. Indien lede weet van enige publikasies waar oor sake van die Akademie berig word, faks dit asseblief aan Nellie - 012 001 8787:

Twee professore vereer vir bydrae tot Afrikaans – proff Christo vanRensburg en Marinus Wiechers Beeld, 31 Mei 2018Twee professore vereer vir bydrae tot Afrikaans – proff Christo vanRensburg en Marinus Wiechers Die Burger, 31 Mei 2018Red SA se onderwys só Beeld, 2 Junie 2018‘Huidiglik’ ʼn doring in die vlees, maar ... prof. Gerhard van Huyssteen Beeld, 8 Junie 2018As ʼn museum vou ... Beeld, 14 Junie 2018Die Voortrekkermonument vier erfenis van 80 jaar Beeld, 29 Junie 2018Deur ons mense se oë – dr. Danny Titus Beeld, 5 Julie 2018App vir Afrikaanse onderwysers beskikbaar Maroelamedia, 9 Julie 2018Totsiens, kosbare kultuur – Ian Pretorius, Stigting Simon van der Stel Beeld, 13 Julie 2018Fluit-fluit, so baie taalstories loop finaal uit - Jana Luther Beeld, 13 Julie 2018Vermoorde skrywer se wyshede leef voort – Tom Gouws Beeld, 1 Augustus 2018Taalkolos, nie taalbul – prof. Christo van Rensburg Beeld, 15 Augustus 2018SA Akademie-advertensie – beurse Beeld, 15 Augustus 2018SA Akademie-advertensie – beurse Beeld, 20 Augustus 2018Oorlog se woede, weemoed – Christiaan Olwagen Beeld, 24 Augustus 2018Gʼn geld om verval van Strijdomhuis te keer Beeld, 25 Augustus 2018Akademie se nuwe gebou Beeld, 25 Augustus 2018Pionier wyd geëer vir sy diepe insig Beeld, 3 September 2018Wiechers het op vele terreine in land help bou Beeld, 4 September 2018Pieter-Dirk Uys betower jonges Beeld, 6 September 2018

Die Akademie se bedrywighede het ook dikwels die afgelope tyd in LitNet, MaroelaMedia, TV-nuus, kykNET, Dagbreek-onderhoude, Radio Pretoria en radiobulletins gefigureer.