die onegalige verhitting van die atmosfeer...dit is kouer naby die pole, want: die sonstrale moet...

19
Die onegalige verhitting van die atmosfeer

Upload: others

Post on 07-Apr-2020

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Die onegalige verhitting

van die atmosfeer

InsolasieRadiasie

Die inkomende sonstraling is meestal hoë-energie-,

kortgolfstraling wat die aardoppervlak verhit.

Die inkomende sonenergie wat die aardoppervlak bereik,

word insolasie genoem.

Dit bereik nie die aardoppervlak eweredig nie.

Die verhitte aarde straal laer-, langgolfstraling-, infrarooi-

energie terug die atmosfeer in.

Dit verhit die atmosfeer bekend as aardradiasie.

Hierdie hitte gaan uiteindelik verlore in die ruimte.

Omdat die aarde bolvormig is, verskil die hoeveelheid

hitte wat die aardoppervlak bereik met die afstand

vanaf die ewenaar.

Naby die ewenaar bereik die sonstrale die aarde byna

loodreg op die oppervlak.

By die pole is die oppervlak weggebuig van die

inkomende sonstrale.

Dit is kouer naby die pole, want:

die sonstrale moet deur 'n dikker atmosferiese laag

gaan en

meer inkomende energie gaan verlore as gevolg van

absorpsie, verstrooiing en weerkaatsing voordat dit

die oppervlak bereik.

die inkomende stralingsenergie word oor 'n groter

oppervlakte versprei,

die hoek is baie kleiner as by die ewenaar,

blink, wit ys/sneeu weerkaats meet inkomende energie

terug die ruimte in by die pole.

BREEDTEGRAADLIGGING:

Die son se strale gaan by die ewenaar deur ‘n kleiner volume

lug (A) as by C nader aan die pole. By C is meer verstrooiing en weerkaatsing.

Minder stralingsenergie is dus by die pole beskikbaar vir

absorpsie as by die ewenaar.

BREEDTEGRAADLIGGING:

Die aardoppervlakte by A is meer gekonsentreer teenoor die groter

verspreide oppervlakte by C.

Dus meer stralingsenergie per oppervalkteeenheid sal plaas vind by A

teenoor die pole se groot oppervlakte.

BREEDTEGRAADLIGGING:

Die son se strale val reghoekig op die aarde by A, terwyl dit skuins by C

val en nie so intens is nie.

Ons kan dus sê dat hoe verder ‘n mens van die ewenaar is, hoe meer

atmosfeer en aarde deur dieselfde hoeveelheid energie verhit moet

word en hoe koeler of kouer word dit.

BREEDTEGRAADLIGGING:

Die son se strale gaan by die ewenaar deur ‘n kleiner volume lug (A) as

by C nader aan die pole. By C is meer verstrooiing en weerkaatsing.

Minder stralingsenergie is dus by die pole beskikbaar vir absorpsie as

by die ewenaar.

Die aardoppervlakte by A is meer gekonsentreer teenoor die groter

verspreide oppervlakte by C.

Dus meer stralingsenergie per oppervalkteeenheid sal plaas vind by A

teenoor die pole se groot oppervlakte.

Die son se strale val reghoekig op die aarde by A, terwyl dit skuins by C

val en nie so intens is nie.

Ons kan dus sê dat hoe verder ‘n mens van die ewenaar is, hoe meer

atmosfeer en aarde deur dieselfde hoeveelheid energie verhit moet

word en hoe koeler of kouer word dit.

Die gesamentlike resultaat is dat daar naby die pole

minder insolasie geabsorbeer word, en meer energie gaan

verlore (aardradiasie) deur die uitstraling van hitte.

Die teenoorgestelde gebeur naby die ewenaar, waar die

sonstrale die aarde teen 'n groter hoek tref.

Die trope (23,5° N tot 23,5° S) ontvang meer insolasie en

meer hitte word geabsorbeer.

Dit veroorsaak meer geabsorbeerde sonenergie by die

trope, en minder geabsorbeerde sonenergie by die pole.

Tog word die trope / ewenaar nie voortdurend al hoe warmer en die pole voortdurend kouer nie.

Daar moet dus 'n energiebalans

wees.

Om hierdie balans te behou, beweeg

hitte vanaf die trope na die pole.

SKETS toon die aarde-atmosfeer

energiebalans.

Die blou lyn regs toon die jaarlikse

gemiddelde insolasie.

Die rooi lyn toon die jaarlikse

gemiddelde hitteverlies

(aardradiasie) die ruimte in.

Die SKETS wys vir ons dat:

By die trope is die hoek van inkomende sonstrale

groter. Die dagligure is dwarsdeur die jaar byna

dieselfde. Meer energie word verkry as verloor;

dus is daar 'n energie-oorskot.

By die pole is die hoek van inkomende sonstrale

klein; dus is daar min sonverwarming. Meer hitte

word teruggekaats die ruimte in. Die dagligure

verander met die seisoene. Meer energie word

verloor as verkry; dus is daar 'n energietekort.

Naby 37° noord en suid van die ewenaar is daar

'n balans tussen energie verkry en energie

verloor.

Hierdie verskille in energiewins en energieverlies

beteken daar is 'n energiewanbalans in die

stralingsbegroting by die pole en die trope.

Die atmosfeer en oseane beweeg oorskot hitte-

energie by die trope na die pole.

Dit handhaaf die aarde se totale energiebalans.