die geskiedenis van onderstokke in suid-afrika (deel 2) · goeie weerstand teen uiterste koue...

5
Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 2) ANDREW TEUBES Voor-Groenberg Kwekerye Sleutelwoorde: Riparia, Rupestris, Berlandieri, Champinii, oorsprong, habitat, onderstokke. Hierdie is die tweede artikel in ’n reeks oor die geskiedenis van onderstokke in die Suid-Afrikaanse wyn-, tafel- en rosyntjiebedryf. Die fokus val op die oorsprong, natuurlike habitat, verspreiding en eienskappe van die Amerikaanse Vitis-spesies wat deur telers gebruik is om die kommersiële onderstokke wat vandag in Suid-Afrika en elders ter wêreld gebruik word, te ontwikkel. Die herkoms en die eienskappe wat deur elk aan die “kinders” oorgedra is, sal ook bespreek word. Oorsprong van die Amerikaanse Vitis-spesies (eien- skappe en geografiese verspreiding) wat vir die ontwikkeling van ons kommersiële onderstokke gebruik is Die kommersiële onderstokke Richter 99, Richter 110, Paulsen 1103, SO 4, Ruggeri 140 en 101-14 is almal kruisings van Vitis rupestris, Vitis riparia en Vitis Berlandieri. Hierdie Amerikaanse Vitis-spesies is in kruisings gebruik om as onderstokke te dien wat die Europese wyndruif-wingerde wat in die laaste kwart van die 19de eeu uitgewis is, moes vervang. Ramsey daarenteen is nie ’n kommersiële kruising nie, maar ’n natuurlike kruising van Vitis Champinii, wat ook inheems tot die VSA is. US 8-7 is ’n kruising tussen Richter 99 en Jacquez, en 143 B ’n kruising tussen Vitis vinifera cv. Aramon en Vitis riparia. Inligting oor die natuurlike habitat en aanpassing by die omgewing van inheemse Amerikaanse Vitis-spesies kan nuttig wees om die eienskappe te verstaan van die kommersieel ontwikkelde onderstokke wat daaruit geselekteer of gekweek is. Die kernbeginsels is dat: • Die eienskappe van druifspesies weerspieël hul inheemse omge wing, • Die kommersieel geproduseerde onderstokke of “kinders” sal eienskappe van die druiwespesies of “ouers” waaruit dit voort- spruit, weerspieël, dus • Kennis van die ouers sal ons help om die eienskappe van die kinders te verstaan, of ons kennis van Vitis rupestris, Vitis Berlan- dieri, Vitis riparia en Vitis Champinii kan ons help om die eien- skappe van ons kommersiële onderstokke Richter 99, Richter 110, 101-14, Ramsey, SO 4, Paulsen 1103 en Ruggeri 140 te verstaan. Elke onderstok bevat eienskappe van die ouer of die kombinasie van ouers. Wanneer meer as 130 jaar teruggekyk word, gaan alle eer aan die Europese wingerdkundiges wat bogenoemde Vitis-spesies vir hul teelpotensiaal uitgesoek het. Die meeste onderstokke wat vandag in wingerdbou regoor die wêreld gebruik word, word steeds deur die nageslag van hierdie Amerikaanse Vitis-spesies oorheers. Dit geld ook vir Suid-Afrika. Vitis riparia Vitis riparia geniet die wydste verspreiding van enige Amerikaanse druifspesie. Dit word in die Kanadese state Manitoba, Quebec en Ontario aangetref, regdeur die noordelike en noordoostelike dele van die VSA, so ver suid as Oklahoma, Arkansas en Tennessee, en so ver wes as Washington en Oregon, basies vanaf die Atlantiese kus tot by die Rotsgebergtes. Die verspreidingskaart in Figuur 1 toon duidelik dat die habitat noord van die droër, warmer state is. Die natuurlike habitat is langs die walle van waterstrome, in klowe, op die eilande van riviere, asook ander klam en nat plekke. Vitis riparia staan ook bekend as die “Rivierwal Druif” omdat dit naby riviere/waterstrome op diep, klam gronde met ’n goeie watervoorraad aangetref word. Die groeipatroon is rankerig en dit kan bome maklik oorgroei op soek na sonlig. Dit groei dikwels langs die pad, teen telefoonpale en heinings, en hang dikwels van bome en struike aan die rand van ’n woud. Die naam “riparia” beteken “rivierwal” en hoewel Vitis riparia inderdaad langs waterstrome en riviere groei, sal dit bykans enige plek groei, solank daar genoeg water is. Nog ’n eienskap van Vitis riparia is dat dit baie goeie weerstand teen uiterste koue toestande in die winter bied; dit kom as geen verrassing nie wanneer die verspreidingspatroon in die noord- ooste van die VSA en Kanada in ag geneem word. Sommige spesies kan tot minus 30°C verduur. Dit beteken dit het ’n kort vegetatiewe siklus, want om in die uiters koue winters van die noordooste van die VSA te kan oorleef, moet die hout vroeg rypgemaak word, voordat die koue intree. Dit is waarom alle kommersiële onderstokke met Vitis riparia-herkoms die druiwe vroeg rypmaak (101-14, SO 4). Die ooste van Noord-Amerika is geneig om ’n streek van oorvloe- dige somerreënval te wees. ’n Druifspesie soos Vitis riparia wat by so ’n omgewing aangepas is, benodig nie ’n diep wortelstelsel op soek na water nie. Vitis riparia is inheems tot streke waar filloksera teenwoor- dig is en die wortels is teen die insek bestand. Vitis riparia-spesies was as onderstok baie gewild weens die feit dat dit direk as onderstok gebruik kon word. Professor Alexis Millardet van die Universiteit van Bordeaux het dit reeds in 1874 as ’n potensiële “ouer” geïdentifiseer en verteenwoordigers in 187576 na die Missouri en Mississippi rivier-valleie gestuur om Vitis riparia-materiaal te versamel. Aanvank- lik is gedink dat enige Riparia-spesie ’n geskikte onderstok sou uit- maak, maar dit het gou geblyk dat dit nie die geval was nie. Die mees geskikte spesies moes eers behoorlik geselekteer word. Riparia Gloire de Montpellier is die bekendste van hierdie intraspesie seleksies en word vandag steeds in sekere dele van die wêreld as onderstok gebruik. Dit het soortgelyke grondsoorte as Jacquez in Suid-Afrika verkies en het dus nie ’n belangrike onderstok geword nie. Vitis vinifera-kultivars wat in Frankryk op Vitis riparia geënt is, het vroeg rypgeword, hoë suikers behaal en goeie opbrengste getoon. Die wingerdstokke was nie baie goed teen droogte bestand nie en het beperkte weerstand teen vry kalk (hoë pH) in die grond gebied. Dit het ook nie goed gevaar op sanderige grond nie, waarskynlik omdat dit droogte nie juis kon verduur nie met ’n gepaardgaande vlak wor- telstelsel. ’n Kort vegetatiewe siklus het tot vroeë blaarval in die herfs aanleiding gegee. Vitis riparia was verreweg die belangrikste Amerikaanse Vitis- spesies in terme van die bydrae wat dit tot die ontwikkeling van fil- loksera-bestande onderstokke gebied het. Weens uitstekende weer- stand teen filloksera, maklike voortplanting en die moontlikheid om direk as onderstok gebruik te word, het meer as 75% van hervestigde wingerde in Frankryk teen 1902 uit Vitis riparia-spesies bestaan.

Upload: others

Post on 27-Jul-2020

15 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 2) · goeie weerstand teen uiterste koue toestande in die winter bied; dit kom as geen verrassing nie wanneer die verspreidingspatroon

Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 2) andrew

teubesVoor-Groenberg

KwekeryeSleutelwoorde: Riparia, Rupestris, Berlandieri, Champinii, oorsprong, habitat, onderstokke.

Hierdie is die tweede artikel in ’n reeks oor die geskiedenis van onderstokke in die Suid-Afrikaanse wyn-, tafel- en rosyntjiebedryf. Die fokus val op die oorsprong, natuurlike habitat, verspreiding en eienskappe van die Amerikaanse Vitis-spesies wat deur telers gebruik is om die kommersiële onderstokke wat vandag in Suid-Afrika en elders ter wêreld gebruik word, te ontwikkel. Die herkoms en die eienskappe wat deur elk aan die “kinders” oorgedra is, sal ook bespreek word.

Oorsprong van die Amerikaanse Vitis-spesies (eien-skappe en geografiese verspreiding) wat vir die ontwikkeling van ons kommersiële onderstokke gebruik isDie kommersiële onderstokke Richter 99, Richter 110, Paulsen 1103, SO 4, Ruggeri 140 en 101-14 is almal kruisings van Vitis rupestris, Vitis riparia en Vitis Berlandieri. Hierdie Amerikaanse Vitis-spesies is in kruisings gebruik om as onderstokke te dien wat die Europese wyndruif-wingerde wat in die laaste kwart van die 19de eeu uitgewis is, moes vervang. Ramsey daarenteen is nie ’n kommersiële kruising nie, maar ’n natuurlike kruising van Vitis Champinii, wat ook inheems tot die VSA is. US 8-7 is ’n kruising tussen Richter 99 en Jacquez, en 143 B ’n kruising tussen Vitis vinifera cv. Aramon en Vitis riparia.

Inligting oor die natuurlike habitat en aanpassing by die omgewing van inheemse Amerikaanse Vitis-spesies kan nuttig wees om die eienskappe te verstaan van die kommersieel ontwikkelde onderstokke wat daaruit geselekteer of gekweek is. Die kernbeginsels is dat:• Dieeienskappevandruifspesiesweerspieëlhulinheemseomge­

wing,• Die kommersieel geproduseerde onderstokke of “kinders” sal

eienskappe van die druiwespesies of “ouers” waaruit dit voort-spruit, weerspieël, dus

• Kennis van die ouers sal ons help omdie eienskappe van diekinders te verstaan, of ons kennis van Vitis rupestris, Vitis Berlan­dieri, Vitis riparia en Vitis Champinii kan ons help om die eien-skappe van ons kommersiële onderstokke Richter 99, Richter 110, 101-14, Ramsey, SO 4, Paulsen 1103 en Ruggeri 140 te verstaan.Elke onderstok bevat eienskappe van die ouer of die kombinasie

van ouers. Wanneer meer as 130 jaar teruggekyk word, gaan alle eer aan die Europese wingerdkundiges wat bogenoemde Vitis-spesies vir hul teelpotensiaal uitgesoek het. Die meeste onderstokke wat vandag in wingerdbou regoor die wêreld gebruik word, word steeds deur die nageslag van hierdie Amerikaanse Vitis-spesies oorheers. Dit geld ook vir Suid-Afrika.

Vitis ripariaVitis riparia geniet die wydste verspreiding van enige Amerikaanse druifspesie.Ditword indieKanadese stateManitoba,Quebec enOntario aangetref, regdeur die noordelike en noordoostelike dele van die VSA, so ver suid as Oklahoma, Arkansas en Tennessee, en so ver wes as Washington en Oregon, basies vanaf die Atlantiese kus tot by

die Rotsgebergtes. Die verspreidingskaart in Figuur 1 toon duidelik dat die habitat noord van die droër, warmer state is. Die natuurlike habitat is langs die walle van waterstrome, in klowe, op die eilande van riviere, asook ander klam en nat plekke. Vitis riparia staan ook bekend as die “Rivierwal Druif” omdat dit naby riviere/waterstrome op diep, klam gronde met ’n goeie watervoorraad aangetref word. Die groeipatroon is rankerig en dit kan bome maklik oorgroei op soek na sonlig. Dit groei dikwels langs die pad, teen telefoonpale en heinings, en hang dikwels van bome en struike aan die rand van ’n woud. Die naam “riparia” beteken “rivierwal” en hoewel Vitis riparia inderdaad langs waterstrome en riviere groei, sal dit bykans enige plek groei, solank daar genoeg water is. Nog ’n eienskap van Vitis riparia is dat dit baie goeie weerstand teen uiterste koue toestande in die winter bied; dit kom as geen verrassing nie wanneer die verspreidingspatroon in die noord-oostevandieVSAenKanadainaggeneemword.Sommigespesieskan tot minus 30°C verduur. Dit beteken dit het ’n kort vegetatiewe siklus, want om in die uiters koue winters van die noordooste van die VSA te kan oorleef, moet die hout vroeg rypgemaak word, voordat die koue intree. Dit is waarom alle kommersiële onderstokke met Vitis riparia-herkoms die druiwe vroeg rypmaak (101-14, SO 4).

Die ooste van Noord-Amerika is geneig om ’n streek van oorvloe-dige somerreënval te wees. ’n Druifspesie soos Vitis riparia wat by so ’n omgewing aangepas is, benodig nie ’n diep wortelstelsel op soek na water nie. Vitis riparia is inheems tot streke waar filloksera teenwoor-dig is en die wortels is teen die insek bestand. Vitis riparia-spesies was as onderstok baie gewild weens die feit dat dit direk as onderstok gebruikkonword.ProfessorAlexisMillardetvandieUniversiteitvanBordeaux het dit reeds in 1874 as ’n potensiële “ouer” geïdentifiseer enverteenwoordigers in1875­76nadieMissouri­ enMississippi­ ri vier-valleie gestuur om Vitis riparia-materiaal te versamel. Aanvank-lik is gedink dat enige Riparia-spesie ’n geskikte onderstok sou uit-maak, maar dit het gou geblyk dat dit nie die geval was nie. Die mees geskikte spesies moes eers behoorlik geselekteer word. Riparia Gloire deMontpellierisdiebekendstevanhierdieintra­spesieseleksiesenword vandag steeds in sekere dele van die wêreld as onderstok gebruik. Dit het soortgelyke grondsoorte as Jacquez in Suid-Afrika verkies en het dus nie ’n belangrike onderstok geword nie.

Vitis vinifera-kultivars wat in Frankryk op Vitis riparia geënt is, het vroeg rypgeword, hoë suikers behaal en goeie opbrengste getoon. Die wingerdstokke was nie baie goed teen droogte bestand nie en het beperkte weerstand teen vry kalk (hoë pH) in die grond gebied. Dit het ook nie goed gevaar op sanderige grond nie, waarskynlik omdat dit droogte nie juis kon verduur nie met ’n gepaardgaande vlak wor-telstelsel.’nKortvegetatiewesiklushettotvroeëblaarvalindieherfsaanleiding gegee.

Vitis riparia was verreweg die belangrikste Amerikaanse Vitis-spesies in terme van die bydrae wat dit tot die ontwikkeling van fil-loksera-bestande onderstokke gebied het. Weens uitstekende weer-stand teen filloksera, maklike voortplanting en die moontlikheid om direk as onderstok gebruik te word, het meer as 75% van hervestigde wingerde in Frankryk teen 1902 uit Vitis riparia-spesies bestaan.

Page 2: Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 2) · goeie weerstand teen uiterste koue toestande in die winter bied; dit kom as geen verrassing nie wanneer die verspreidingspatroon

Vitis rupestrisVitis rupestris is na “Rupes” vernoem, wat Latyn is vir rots en na sy natuurlike habitat, rotsagtige spruitbeddings, verwys. Die wortels groei diep om die stok te anker, terwyl dit vir water soek namate die spruitbedding in die somer uitdroog. Dit groei grondlangs as ’n struik en moet eintlik as ’n “wingerdbos” bekend staan, aangesien dit nie soos Vitis riparia ’n rankerige groeiwyse het nie. Dit is inheems tot die sentrale deel van die Verenigde State, vanaf Texas, Oklahoma, ArkansasenMissouritotTennessee,Kentucky,OhioenWes­Virgi­nië. Die kaart in Figuur 2 toon die verspreiding van Vitis rupestris regdeur die VSA. Dit het op die grasvlaktes in goed-gedreineerde areas gegroei wat water tydens die reënseisoen versamel het. Die koms van beesboerdery in die mid-weste en suide het die spesie as gevolg van oorbeweiding byna uitgeroei, en dit word tans tot gruis-agtige rivierbeddings en sandbanke beperk waar dit diep wortelskiet in gronde met genoegsame dieptevog.

Soos Vitis riparia, is Vitis rupestris inheems aan ’n streek met fil-loksera en wanneer dit as ’n onderstok gebruik word, bied dit besker-ming teen die pes. Wanneer dit met Vitis vinifera-kultivars geënt is, verkies dit diep, goed-gedreineerde, klipperige, klam gronde in ’n warmer klimaat. Dit induseer matige groeikrag en het ’n lang vegeta-tiewe siklus wat tot vertraagde rypwording van die oes aanleiding kan gee. Dit het swak gevaar op vlak, droë, gekompakteerde gronde en was sensitief vir grondswamme wat met nat ondergronde geassosieer word. Dit het nie besonder goed gevaar op gronde wat vry kalk bevat nie.

Vitis rupestris kan ook direk as ’n onderstok gebruik word omdat beworteling en enting redelik maklik geskied. Net soos in die geval van Vitis riparia het talle spesies Vitis rupestris voorgekom; meer as 100 is geïdentifiseer en geëvalueer. Van die bekendstes is Rupestris duLot(ookbekendasRupestrisStGeorge),RupestrisMetallicaenRupestrisMartin.RupestrisduLothet’ngewildespesiegeraakvir

FIGUUR 1. Geografiese verspreiding van Vitis riparia in Kanada en die oostelike en noordoostelike dele van die Verenigde State.

FOTO 1. Natuurlike habitat van Vitis riparia langs rivierwalle, met bome wat in die soeke na sonlig gebruik word (bron: Mediterranean Genetic Code – Grapevine and Olive).

Page 3: Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 2) · goeie weerstand teen uiterste koue toestande in die winter bied; dit kom as geen verrassing nie wanneer die verspreidingspatroon

direkte gebruik as onderstok in Frankryk en die VSA, maar nie in Suid-Afrika nie. Dit induseer sterk groeikrag, maar lewer relatief matigeopbrengste(hoofsaaklikweensswakvrugset,veralopMuscatd’Alexandrie, wat ’n belangrike kultivar in SA was), bied swak weerstand teen droogte, natheid in die ondergrond en Phytophthora cinnamomi.RupestrisMartin(vernoemnadieeienaarvandieplaaswaaropditinMontpellier,Frankryk,geselekteeris)hetsterkgroei-krag en goeie aanpassing by swaar, droë gronde getoon. Dit is as ouerspesie vir die ontwikkeling van talle baie suksesvolle onder-stokke gebruik.

Vitis riparia en Vitis rupestris is belangrik in die teelgeskiedenis van onderstokke omdat dit seleksies verskaf het wat onmiddellik in wingerde gebruik kon word vir enting met Vitis vinifera-kultivars (Rupestris duLot enRipariaGloire deMontpellier).Geenbyko-

mende kruisings of seleksie van saailinge was nodig nie en dit was vanselfsprekend waardevol, gesien die tempo waarteen wingerde vervang moes word.

In teenstelling met die nie-Europese wynproduserende lande, soos die meeste van die Nuwe Wêreld, waar die kalkinhoud van gronde vir wingerdverbouing tipies laag is, het Europa baie kalkryke gronde. Aanvanklik was die onvermoë van die onderstokke om by hierdie kalkryke gronde aan te pas ’n ernstige probleem. Die kruisings van Vitis riparia en Vitis rupestris was nie goed aangepas by hierdie gronde nie en simptome van ystertekorte (kalk-geïnduseerde chlo-rose) het voorgekom. Om die aanpasbaarheid van die onderstokke by kalkryke gronde te verbeter, moes telers voortgaan om geskikte ouers te soek wat ’n bron van aanpasbaarheid by sodanige gronde sou bied. Dit is waar Vitis Berlandieri in die prentjie gekom het.

Vitis BerlandieriVitis Berlandieri is aanvanklik in 1880 deur professor Jules Planchon beskryf, en vernoem na die Switserse botanis, Jean-Louis Berlandier, wat die eerste was om dit in 1834 in Texas te versamel. Dit is ’n spesie wat natuurlik op die droë kalksteen heuwels van sentraal-TexasgroeienookopsoortgelykegrondeinNieu­Mexikoennoorde-likeMexiko voorkom.Die gronde in sentraal­Texas (tewete dieEdwards Plato) waar Vitis Berlandieri inheems voorkom, bestaan uit vlak bogronde wat deur kalksteen onderlê word. Dit is op hierdie vlak heuwelgronde wat Vitis Berlandieri groei.

Daar is selfs meer spesies binne Berlandieri as by Vitis riparia en Vitis rupestris. Dit is die gevolg van natuurlike variasies en aanpas-sings wat binne die spesies ontwikkel het om by die verskillende omgewings waar dit groei, aan te pas. Verskeie Berlandieri-spesies kom dus voor na gelang van die ligging. Spesies met klein blare is goed droogtebestand en groei op heuwels waar dit diep wortels be -nodig op soek na vog, terwyl dié met groter blare op rivierwalle groei waar dit ’n soortgelyke rankerige groeiwyse as Vitis riparia toon. Hier word stamme baie dik en die wingerd versprei oor die boom-toppe. Die droogtebestande klein-blaar spesies is vir teeldoeleindes

FIGUUR 2. Geografiese verspreiding van Vitis rupestris in die suidoostelike dele van die Verenigde State.

FOTO 2 & 3. Natuurlike struikagtige groeipatroon van Vitis rupestris wat op diep klipperige en klam gronde langs riviere groei (bron: The Miller Lab).

Page 4: Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 2) · goeie weerstand teen uiterste koue toestande in die winter bied; dit kom as geen verrassing nie wanneer die verspreidingspatroon

as Berlandieri-ouers gebruik. Drie spesies is belangrik, naamlik Vitis Berlandieri Rességuier nr. 1, Vitis Berlandieri Rességuier nr. 2 en Vitis Berlandieri Las Sorres, aangesien hulle die Berlandieri ouer-spesies geword het in kruisings met Vitis rupestris vir onderstokke soos Richter 99, Richter 110, Paulsen 1103 en Ruggeri 140.

Vitis Berlandieri staan ook as die “Herfsdruif” bekend omdat rypwording so laat geskied. Dit is ’n geil stok met ’n baie lang ve getatiewe siklus (4 weke langer as Vitis riparia). Dit is uiters ver-draagsaam ten opsigte van hoë kalkinhoud in grond. Daar is verskille van opinie wat betref die weerstand wat dit teen filloksera bied, aangesien sy natuurlike habitat vry van die insek is. Sommige ken-ners lys dit as slegs matig, terwyl ander dit as baie hoog beskryf,

soortgelyk aan Vitis riparia en Vitis rupestris (wat ookal die geval, Vitis Berlandieri-kruisings met Vitis rupestris en/of Vitis riparia-spesies bied uitstekende weerstand teen filloksera). Dit is nog nooit direk as ’n onderstok gebruik nie as gevolg van swak bewortelings-vermoë, maar dit het uitstekende entresultate met Vitis vinifera- spesies gelewer. Dit is in 1887 na Frankryk ingevoer vir onderstok teling, en met Vitis riparia en Vitis rupestris gekruis om onderstokke te produseer met goeie bewortelings- en entvermoë, en terselfdertyd weerstandbiedendheid teen filloksera, droogte en kalkryke gronde gebied het. Die groepe onderstokke wat deur die kruising van hier - die drie spesies gevorm is, is vandag nog van die belangrikste in win gerdbou.

FIGUUR 3. Geografiese verspreiding van Vitis Berlandieri in die suide van die Verenigde State.

FOTO 4. Die natuurlike habitat van Vitis Berlandieri is die droë kalkagtige heuwels van die Edwards Plato in Texas (bron: Universiteit van Wisconsin, La Crosse).

Page 5: Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 2) · goeie weerstand teen uiterste koue toestande in die winter bied; dit kom as geen verrassing nie wanneer die verspreidingspatroon

Vitis ChampiniiVitis Champinii is regdeur sentraal-Texas aangetref en word as ’n natuurlike kruising tussen Vitis candicans en Vitis rupestris beskou. Dit isinomtrent1900deurThomasMunsongeselekteer.Dithetredelikgeil in bykans enige grondsoort gegroei. Hierdie spesies is direk as ’n onderstok gebruik (waarvan Ramsey en Dog Ridge die bekendste is)

en het matige weerstand teen filloksera gebied, dog baie goeie weer-stand teen aalwurms. Ent en beworteling geskied met moeite, soos die meeste kwekers kan getuig. Vitis Champinii is ook as ouer saam met Vitis vinifera, Vitis riparia en Vitis rupestris gebruik om Freedom en Harmony te teel, onderstokke wat goeie weerstand teen sekere aalwurm spesies bied en meestal in die VSA gebruik word.

Vir verdere inligting kontak Andrew Teubes by [email protected].

FIGUUR 4. Geografiese verspreiding van Vitis Champinii in Texas.

Tabel 1 hieronder vergelyk die eienskappe van die Amerikaanse Vitis-spesies met Vitis vinifera-spesies, te wete entaffiniteit, gemak van beworteling, weerstand teen filloksera en kalk- en droogtebestand-heid van die teel/seleksieouer(s) van Vitis riparia, Vitis rupestris, Vitis Berlandieri en Vitis Champinii. Tabel 2 vergelyk dieselfde eien-skappe van die teelkombinasies en kommersiële onderstokke. Die genetiese eienskappe van die ouerkombinasies word duidelik in die onderstokke weerspieël. Die goeie affiniteit en maklike beworteling

van Vitis rupestris, tesame met die kalk- en droogtebestandheid van Vitis Berlandieri, het van die gewildste onderstokke wat vandag nog gebruik word, geskep (Richter 99, Richter 110, Paulsen 1103 en Rug-geri 140). SO 4 se eienskappe, naamlik hoë verdraagsaamheid van kalk, maklike beworteling en entversoenbaarheid, is eweneens deur die kombinasie van Vitis Berlandieri en Vitis riparia geskep. Ramsey as ’n seleksie van Vitis Champinii is steeds van die moeilikste onder-stokke om te ent en te wortel.

TABEL 1. Eienskappe van Amerikaanse Vitis-spesies.

eienskapamerikaanse spesies

V Riparia V rupestris V Berlandieri V Champinii

Affiniteit met V vinifera Goed Goed Goed Swak

Geredelike beworteling Goed Goed Swak Swak

Weerstand teen filloksera Goed Goed Goed Matig

Kalkbestandheid Swak Swak Goed Matig

Droogteweerstandbestandheid Swak Swak Goed Matig

TABEL 2. Eienskappe van kommersiële onderstokke wat van kruisings/seleksies van Amerikaanse Vitis-spesies gekweek is.

eienskap

Ouerkombinasie

V riparia x V rupestris V Berlandieri x V rupestris V Berlandieri x V riparia V Champinii

101-14 r 99, r 110, ru 140, P 1103 sO 4 ramsey

Affiniteit met V vinifera Goed Goed Goed Swak

Geredelike beworteling Goed Goed Goed Swak

Bestand teen filloksera Goed Goed Goed Matig

Kalkbestandheid Swak Goed Goed Matig

Droogteweerstandbiedendheid Swak Goed Swak Matig