breinkaart eboek hendrik bezuidenhout...

12
Breinkaart eBoek www.moti-web.com P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.

Upload: others

Post on 23-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

Breinkaart eBoek

Hendrik Bezuidenhout

2006.

Page 2: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P2/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

Inhoudsopgawe.

1 Inleiding....................................................................3

1.1 Verskillende benamings ........................................... 3

2 Wat is 'n Breinkaart? .................................................3

2.1 Agtergrond............................................................. 3

2.2 Voorbeeld............................................................... 5

3 Waarom Breinkaarte?................................................5

3.1 Visuele oorsig van materiaal ..................................... 5

3.2 Onthou beter .......................................................... 5

3.3 Hersien makliker ..................................................... 5

3.4 Gebruik albei kante van jou brein.............................. 6

4 Wat kan ek doen met breinkaarte?............................6

4.1 Opsommings en hersien werk ................................... 6

4.2 Notas afneem ......................................................... 6

4.3 Studie beplanning ................................................... 6

4.4 Notules van vergaderings......................................... 6

5 Hoe begin ek?............................................................7

5.1 Papier metode ........................................................ 7

5.2 Breinkaart Rigleine .................................................. 8

5.3 Rekenaar metode.................................................... 8

6 My eerste breinkaart .................................................9

7 Rekenaar programme..............................................11

7.1 Freemind ............................................................. 11

7.2 Mindmanager........................................................ 11

7.3 Inspiration ........................................................... 11

8 Hoe gaan ek verder?................................................11

8.1 Begin dit gebruik................................................... 11

8.2 Brein Fokus klanke ................................................ 11

Page 3: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P3/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

1 Inleiding Ek het hierdie boekie saamgestel om studente bekend te stel met die konsep van breinkaarte. Daar is ’n groot aantal studente wat nog nooit daarvan gehoor het nie. Toe ek onlangs by my seun se voorskool klassie was, het hy my ’n baie elementêre konsep kaart gewys oor die gebruik van suiwel. Ek maak ’n aanmerking dat dit vir my baie lyk na ’n breinkaart. Die maaitjies het my almal reg gehelp en daarop gewys dat dit ‘n “wit” kaart is en nie ‘”bruin”kaart nie. Ek moes lag en saamstem, want wit papier is darem nie bruin nie. Ek hoop na die lees van hierdie inligtingstuk of eBoek, sal die leser die verkil tussen ’n breinkaart en ’n bruin kaart kan onderskei.

1.1 Verskillende benamings

Sommige mense verwys na die breinkaarte ook as spnnekop diagramme of konsep diagramme. Hoe jy dit ook al ken, in hierdie boekie gaan ek daarna verwys as breinkaarte.

2 Wat is 'n Breinkaart?

2.1 Agtergrond

Breinkaarte (en soortgelyke begrippe) is al lank in gebruik vir die doeleindes van leer, dinkskrums, geheue hulpmiddels, visuele denke en probleemoplossing deur opvoeders, ingenieurs, sielkundiges en ander mense in die algemeen. Van die vroegste voorbeelde van breinkaarte is ontwikkel deur Porphyry van Tyros 'n uitstaande denker uit die 3de eeu toe hy die verskeie kategorieë van begrippe van Aristoteles grafies gevisualiseer het. Ramon Llull het ook die breinkaart tipe struktuur gebruik. Mense het beeldgesentreerde radiale grafiese organiseringstegnieke vir 'n baie lang tyd gebruik in vakgebiede soos ingenieurswese, sielkunde en opvoeding, die bekende skrywer en sielkundige Tony Buzan beweer egter dat hy oorspronklik die idee van breinkaarte ontwikkel het.

Page 4: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P4/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

Hy beweer dat die idee geïnspireer is deur die algemene beteknisleer in wetenskapsfiksie soos die van A. E. van Vogt en L. Ron Hubbard. Hy beweer dat tradisionele artikels op die leser staatmaak om van links na regs en van bo na onder te lees, terwyl wat in werklikheid gebeur is dat die brein die bladsy in 'n nie-linieêre wyse deurtas. Hy gebruik ook verder die gewilde aannames oor die serebrale hemisfere om die eksklusiewe gebruik van breinkaarte bo ander vorm van notas maak te bevorder. Die semantiese netwerk is meer onlangs ontwikkel as 'n teorie om die wyse waarop mense leer te modelleer en is verander na breinkaarte deur die rennaisance man Dr Allan Collins en die vermaarde navorser M. Ross Quillan gedurende die 190s. Dr Allan Collins kan vanweë sy toewyding en gepubliseerde navorsing oor leer, kreatiwiteit en grafiese denke waarskynlik eerder as die vader van die moderne breinkaart beskou word. Breinkaarte word nog gereeld in verskeie vorms gebruik en vir verskeie toepassings insluitend leer en onderwys, beplanning asook in ingenieurswese. Wanneer dit vergelyk word met begripskaarte wat voorheen in die 1960s ontwikkel is, is die struktuur van breinkaarte soortgelyk in soverre die breinkaart 'n vereenvoudigde radiale diagram is met slegs een sleutelwoord in die kern.

Page 5: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P5/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

2.2 Voorbeeld

3 Waarom Breinkaarte?

3.1 Visuele oorsig van materiaal

‘n Breinkaart help die gebruiker daarvan om ‘n groot hoeveelheid inligting op een slag te sien en ook die verwantskappe te herken wat ’n baie beter geheue retensie en die verstaan van die inligting bevorder.

3.2 Onthou beter

Ongeag van al die wetenskaplike navorsing om die gebruik van beelde en kleure te verduidelik in die proses van onthou, kan ek uit ondervinding sê dat gekluerde prentjies langer in my geheue bly as ’n rits feite geskryf in swart ink op ’n wit papier.

3.3 Hersien makliker

Page 6: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P6/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

Dit is baie makliker en vinniger om ‘n breinkaart waarmee jy goed bekend is met een oogopslag waar te neem as om deur ‘n aantal bladsye te lees om die feite weer te hersien.

3.4 Gebruik albei kante van jou brein

Die wetenskaplikes het bewys dat wanneer ’n mens feite lees op papier, jy slegs die logiese linkerbrein benut. Maar wanneer jy beelde of prente sien in kleur, werk jou regter kreatiewe brein saam met die linkerbrein om ’n geheel oorsig van die inligting te verwerk. Dit het tot gevolg dat inligting beter verstaan en onthou word.

4 Wat kan ek doen met breinkaarte?

4.1 Opsommings en hersien werk

Dit is moontlik die mees algemene toepassing onder leerders en studente. Dit is baie vinniger en makliker om hersiening te doen met ’n goed geformuleerde breinkaart as om deur hope bladsye te lees elke keer wanneer jy voorbrei vir ’n toets of eksamen.

4.2 Notas afneem

Gedurende klas of vergaderings kan ‘n mens baie doeltreffende notas afneem deur eenvoudig ’n breinkaart te teken met die kern gedagtes.

4.3 Studie beplanning

Wanneer ‘n student of leerder ‘n nuwe taak of werksopdrag kry, weet hulle nie altyd hoe of waar om te begin nie. Dit is die ideale toepassing om nou eers ’n breinkaart te teken en dan ’n geheelbeeld te kry van wat benodig word en beskikbaar is oor die onderwerp. Ek het hierdie dokument geskep deur gebruik te maak van ’n breinkaart en ’n rekenaar program, Mind Manager van Mindjet.

4.4 Notules van vergaderings

Dit is nogal moeilik om te konsentreer op wat gesê word en notas te neem gedurende ’n vergadering. Ek maak as ’n reël breinkaarte gedurende vergaderings om inligting vir myself vas te lê.

Page 7: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P7/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

5 Hoe begin ek? Ek gaan nou twee metodes beskryf om brein kaarte te skep.

5.1 Papier metode

Neem ‘n A4 wit papier en draai dit dwars (landskap). Indien jy ’n A3 papier het, is dit verkieslik aangesien jy heelwat meer inligting met een oog opslag kan inneem. Kry soveel kleur potlode of penne en merkpenne (highlighters) bymekaar as moontlik. Kies nou ’n onderwerp of probleem van jou keuse om ’n breinkaart van te maak. Maak soveel inligting en feite bymekaar as moontlik oor die onderwerp. Begin in die middel van die bladsy en teken ’n prentjie van die onderwerp in die kleur van jou keuse. Dit is beter om die prent in perspektief te teken en verkieslik in drie of meer kleure. Teken dit so ongeveer 6cm hoog en wyd. Die kleure en prent help met geheue retensie en ook om die aandag te trek. Maak die eerste vertakkings, naaste aan die middel prentjie dikker en heg dit aan die middel prentjie vas. Jy kan dit golwend maak. Skryf nou die hoof idees of hoofstuk name op die vertakkings. Enige vertakkings wat uit die hoofvertakkins vloei behoort dunner te wees. Skryf die belangrikste inligting naaste aan die dikker vertakkings. Gebruik beelde of prentjies waar moontlik. Waanner jy kleure gebruik, is dit die beste om jou eie kleur kode toe te pas, aangesien dit meer betekenis vir jou het. Gebruik byvoorbeelld rooi vir belangrike of hof punte / feite, en groen vir meer algemene inligting. Daar is niks fout mee om die breinkaart so mooi as moontlik te maak nie. Iets wat aangenaam op die oog is word makliker onthou! Moenie probeer om die hele feit op die vertakking te skryf nie. Gebruik sleutel woorde met net genoeg inligting om verstaanbaar te wees. Maak seker dat jy alle idees (jou eie of van ander) op die vertakkings vaslê. Nou kan jy dit redigeer en organiseer om

Page 8: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P8/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

meer sin te maak. Dit is ook die ideale tyd om meer beskrywende of addisionele inligtin by te voeg.

5.2 Breinkaart Rigleine

Hierdie rigleine is die fondasie van breinkaarte. Hoe meer jy daarvan volg, hoe beter.

• Begin in die middel van die bladsy met ’n prentjie. • Gebruik minstens 3 kleure. • Gebruik prente, simbole en perspektief deurgaans. • Kies sleutel woorde en gebruik hoofletters en

kleinletters in drukskrif. • Elke konsep moet op sy eie lyn gebruik word. • Verbind die lyne vanaf die middel. Die lyne naaste aan

die sentrale prent moet die dikste wees en dan dunner word soos dit verder gaan van die middel af.

• Maak die lyne dieselfde lengte as die woord of prentjie wat jy gebruik.

• Gebruik jou eie kleur kode. • Ontwikkel jou eie persoonlike styl. • Gebruik beklemtoning en assosiasies in jou kaart. • Hou die breinkaart eenvoudig en ge-orden deur dit in

numeriese volgorde, kloksgewys laat uitkring vanaf die sentrale tema in die middel.

5.3 Rekenaar metode

Dieselfde metode as hierbo kan gebruik word wanneer ‘n rekenaar aangewend word om breinkaarte mee te ontwikkel of vas te lê. Die voordele om ’n rekenaar te gebruik om breinkaarte mee te teken is as volg:

• Dit is baie vinnig met ’n goeie rekenaar program. • Woorde kan gebruik word vir die hoof vertakking en ’n

reeks sinne of paragrawe kan daaraan gekoppel word in die notas bladsy.

• Inligting kan so vinnig vasgele word soos wat jy kan tik.

• Veranderinge en redigering is vinnig en maklik.

Page 9: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P9/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

• Prentjies kan vinnig en maklik bygevoeg word deur die “clip art” of simbole van die program te gebruik.

• Kleure kan gebruik word om woorde en vertakkings te assosieer.

• As ’n gedeelte te groot word, kan dit as ’n kaart binne in ’n kaart gebruik word.

• Breinkaarte kan met epos of ander metodes gedeel word met ander persone.

• Rekenaar kaarte lyk professioneel. Baie mense gebruik beide metodes en pas dit aan soos die omstandighede vereis. Ek gebruik baie maal die papier metode om notules of notas gedurende vergaderings vas te lê. Die rekenaar metode werk veral goed wanneer ek werkswinkels fasiliteer en ’n data projektor gebruik. Al die deelnemers kan dan sien wat aangeteken word en dit dadelik korrigeer of nuwe idees byvoeg. Hier is die breinkaart wat ek gebruik het om my gedagtes te orden toe ek die eBoek begin het.

6 My eerste breinkaart

Page 10: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P10/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

Ek gaan ‘n voorbeeld doen op Mindmanager om ‘n eenvoudige breinkaart te demonstreer. Maak MindManager oop en die volgende skerm verskyn:

Hier is ’n voorbeeld van ’n paar aksies:

Tik die naam van jou onderwerp in die middelste naamhouer. Daarna kan jy “insert” tik om hooftakke aan te las soos nodig. Sub-takke word ook geskep deur “insert” te tik. Formatteer die takke soos jy daarvan hou deur regs te klik op die tak wat jy wil moi maak of verander. Gebruik kleur na willekeur.

Page 11: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P11/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

Geniet die program en onthou om kreatief te wees.

7 Rekenaar programme

7.1 Freemind

Freemind is ‘n gratis sagteware pakket wat afgelaai kan word van die Internet by http://sourceforge.net/projects/freemind/ Moenie dat die gratis gedeelte jou afskrik nie, dit is ’n uitstekende breinkaart pakket. Probeer dit gerus.

7.2 Mindmanager

Ek persoonlik gebruik MindManager van Mindjet en is baie tevrede met die pakket. ’n Gratis 30 dae proef weergawe kan afgelaai word by: http://www.visualthinking.co.za/Trial.htm

7.3 Inspiration

Studente en leerders kan ook gerus ‘n proef weergawe van Inspiration aflaai by: http://www.inspiration.com/home.cfm om nuwe idees te kry. Daar is ook ander pakkette beskikbaar wat verskeie grade van gemak of moeilik verteenwoordig. Kyk gerus by http://www.google.com vir nog opsies.

8 Hoe gaan ek verder?

8.1 Begin dit gebruik

Die beste manier van leer met breinkaarte is om dit te gebruik. Vind jou eie styl waarmee jy gemaklik voel, en pas dit dan toe. Hersien breinkaarte gereeld om die beste effek te verkry.

8.2 Brein Fokus klanke

Ek het ‘n MP3 geskep wat gratis afgelaai kan word op my web werf by: http://www.moti-web.com . Hierdie MP3 moet

Page 12: Breinkaart eBoek Hendrik Bezuidenhout 2006.cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/02/Breinkaart-eBoek.pdf · Breinkaart eBoek P1/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006 Breinkaart eBoek

Breinkaart eBoek www.moti-web.com P12/12 © Hendrik Bezuidenhout 2006

geluister word met oorfone om die beste resultate te kry. Dit werk met harmoniese frekwensies wat die breingolwe stimuleer om meer gefokus te wees terwyl jy studeer of net wil konsentreer. Besoek gerus my webwerf vir meer inligting. http://www.moti-web.com Jy kan my ook deur e-pos bereik: [email protected] Ek sal enige terugvoer oor die eBoek waardeer. Dankie dat jy dit gelees het. Ek vertrou dat jy waarde daaruit geput het.