5 yr srtat and performance plan - western cape · 10 program 1: administrasie 11 10.1...

32
VYFJAAR STRATEGIESE- EN PRESTASIEPLAN 2005-2009

Upload: others

Post on 08-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

VYFJAAR STRATEGIESE-EN PRESTASIEPLAN

2005-2009

Page 2: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Kontakbesonderhede:

Hoof-Finansiële Beampte

Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning

Utilitas-gebou

Dorpstraat 1

Kaapstad

8001

Privaatsak X9086

Kaapstad

8001

Tel: 021-483 5128

Faks: 021-483 4551

e-pos: [email protected]

webtuiste: www.capegateway.gov.za/eadp

RP nommer 35/2005

ISBN nommer: 0-621-35584-4

In geval van enige verskil tussen die verskeie

vertalings van hierdie verslag sal die Engelse teks voorkeur geniet.

Fotos van verskeie bronne.

Ontwerp en uitleg: Wilfred Jewell Consultancy cc 021-762 8777

Drukwerk: Hansa Reproprint cc

Page 3: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

11

VOORWOORD

Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning het begin met 'n opwindende en vervrissende benadering wat sal bydra om hierdie Provinsie na 'n volhoubare toekoms te lei.

In ons strewe om ‘n ‘Tuiste vir Almal’ te skep, en die doelstellings van iKapa Elihlumayo na te kom, het ons nuwe beleidsprioriteite en strategiese doelwitte aan onsself gestel wat die riglyne vir die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning vir die volgende vyf jaar sal wees.

Ons het ons ten doel gestel om baanbreker-leierskap en vernuwende benadering tot volhoubare

omgewings- en geïntegreerde ontwikkelingsbestuur daar te stel. Hierdie doelwit sal 'n groot hupstoot kry deur die leidende rol wat hierdie Departement sal speel met die aanbied van die Wes-KaapseVolhoubare Ontwikkelingspitsberaad in Junie 2005, waarvan die resultaat 'n VolhoubareOntwikkelingsimplementeringsplan vir die Wes-Kaap, op die grondslag van die Johannesburg-Implementeringsplan sal wees. Die tweede kritiese stap om hierdie doel te verwesenlik, is die Geïntegreerde Wet-hervormingsproses wat omslagtigheid sal uitskakel deur omgewings-,beplannings- en erfeniswetgewing by Provinsiale wetgewing in te sluit. 'n Eerste wetsontwerp sal teen April 2005 gereed wees, en ons teiken is Maart 2006 vir die afhandeling van hierdie proses.

Die Departement het die strategiese doelwit gestel om die lewenskwaliteit van al ons mense te verbeter deur die daarstelling

van geïntegreerde en volhoubare menslike nedersettings. Diefinalisering van die Provinsiale Ruimtelike Raamwerk in Junie 2005, sal die sleutel-prestasie in die bereiking van hierdie ideaal wees, en om die ekonomiese, maatskaplike en ontwikkelings-potensiaal van die Wes-Kaap te ontsluit in ooreenstemming met iKapa Elihlumayo, ons strategie om te groei, die Kaap te deel en die visie van 'n ‘Tuistevir Almal’, te verwesenlik.

Die derde strategiese doelwit is om regverdige toegang tot, en die

volhoubare gebruik van ons natuurlike bronne te vergemaklik. Die Departement sal geleenthede vir groei binne die omgewingsektor aktief identifiseer en ontsluit, en verseker dat voorheen benadeelde

rand-gemeenskappe direk by hierdie geleenthede sal baat. Die uitbreiding van geleenthede in die Biodiversiteitsekonomie is 'n kritieke geleentheid om hierdie doel te verwesenlik.

Geen doelwitte sal egter bereik word as ons nie seker is dat ons die kapasiteit het om die programme te implementeer nie. ‘n Sleutel-prioriteit oor die volgende vyf jaar sal wees om hierdie kapasiteit te bou, binne die Departement, sowel as by ons voorsieningsagente, soos munisipaliteite en Cape Nature. Dit is ook van uiterste belang om kapasiteit te bou by arm en gemarginaliseerde gemeenskappe wat dikwels die slagoffers is van swak beplanning en omgewingsbesluite.

As die Uitvoerende Gesag van hierdie Departement, wil ek hierdie Vyfjaar Plan ten volle ondersteun en bevestig hiermee my verbintenis om leiding en ondersteuning te gee om die implementering van ons planne te verseker. Saam, en in vennootskap met ander, sal ons daarna streef om die doelwitte van volhoubare ontwikkeling; ekonomiese groei, omgewingsbewaring en maatskaplike gelykheid te bereik.

MINISTER TASNEEM ESSOPMinister van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 4: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

2

INHOUD

DEEL A: STRATEGIESE OORSIG 31 Oorsig van Strategiese Plan 32 Visie 43 Missie 44 Waardes 45 Ontleding van Sektoriese Situasie 4

5.1 Opsomming van Diensleweringsomgewing en Uitdagings 45.2 Opsomming van Organisatoriese Omgewing en Uitdagings 6

6 Wetgewing en ander Mandate 77 Breë Beleidsrigtings, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 88 Inligtingstelsels om Vordering te Monitor 99 Beskrywing van Strategiese Beplanningsproses 10

DEEL B: PROGRAM- EN SUBPROGRAMPLANNE 1110 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11

10.1 Situasie-ontleding 1110.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13

Strategiese Doelwit 1 13Strategiese Mikpunt 13

10.3 Ontleding van Beperkings en Maatreëls om dit te oorkom 1310.4 Beskrywing van Beplande Maatreëls t.o.v. Gehalteverbetering 1310.5 Befondsings-inligting 14

11 PROGRAM 2: OMGEWINGS-EN GRONDSBESTUUR 1411.1 Situasie-ontleding 1411.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 16

Strategiese Doelwit 1 16Strategiese Mikpunt 17Strategiese Doelwit 2 17Strategiese Mikpunt 17

11.3 Ontleding van Beperkings en Maatreëls om dit te oorkom 1711.4 Beskrywing van Beplande Maatreëls t.o.v. Gehalteverbetering 1911.5 Befondsings-inligting 19

12 PROGRAM 3: OMGEWINGS- EN GRONDBEPLANNING 2012.1 Situasie-ontleding 2012.2 Beleide, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 25

Strategiesie Doelwit 1 25Strategiese Mikpunt 25Strategiese Doelwit 2 25Strategiese Mikpunt 25Strategiese Doelwit 3 26Strategiese Mikpunt 26

12.3 Ontleding van Beperkings en Maatreëls om dit te oorkom 2612.4 Beskrywing van Beplande Maatreëls t.o.v. Gehalteverbetering 2712.5 Befondsings-inligting 28

DEEL C: AGTERGRONDINLIGTING 2913 Bylae 1: Analise van Diensleweringsomgewing 29

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 5: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

3

DEEL A: STRATEGIESE OORSIG

1. OORSIG VAN STRATEGIESE PLAN

Die strategiese - en prestasieplan reflekteer die strategiese beleidsprioriteite, doelwitte en mikpunte van die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning t.o.v. die ontwikkeling van die Wes-Kaap as 'n ‘Tuiste vir Almal’. Die strategiese- en prestasieplan:

� Is in die konteks van iKapa Elihlumayo, die Wes-Kaapse strategie om sy visie van 'n ‘Tuiste vir Almal’, te realiseer;

� Word sterk beïnvloed deur die Mediumtermyn Sektor Strategiese Implementeringsplan vir omgewingsbestuur en volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika;

� Ingelig deur die Nasionale Ruimtelike Ontwikkelingsperspektief, Munisipale-Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne (GOP's), en die Presidensiële Ontwikkelingsnodus; en

� Word gebaseer op geïntegreerde dienslewering, koöperatiewe bestuur en die Batho Pele-beginsels.

Die Departement sal in die loop van die volgende vyf jaar fokus op die volgende algemenestrategiese doelwitte en mikpunte:

� Om baanbreker-leierskap en vernuwende benadering tot volhoubare omgewingsbestuur en geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning daar te stel.

� Om die lewensgehalte van alle mense te verbeter deur die daarstelling van lewendige, geïntegreerde en volhoubare menslike nedersettings.

� Die fasilitering van regverdige toegang tot en volgehoue gebruik van ons natuurlike hulpbronne.

Hierdie strategiese doelwitte sal ondersteun word deur die volgende vyf strategiesemikpunte:

� Om 'n paradigma-skuif te bewerkstellig in die beplannings- en omgewingsbestuur vir die ontwikkeling van mens-gesentreerde stelsels, maatstawwe en prosesse.

� Om omgewingsintegriteit en progressiewe vervulling van omgewingsregte te verseker.

� Om ruimtelike beplanning te onderneem wat die volhoubare toekomstige ontwikkeling in die Provinsie sal bevorder en lei, en ruimtelike ongelykhede sal aanspreek.

� Om geïntegreerde en holistiese omgewings- en grondbestuur te voorsien om hernuwing in ons menslike nedersettings aan te wakker.

� Om ingrypingstrategieë te ontwikkel ten einde gelyke toegang tot en gebruik van onsnatuurlike hulpbronne te bewerkstellig.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 6: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

4

2. VISIE

'n Volhoubare ‘Tuiste vir Almal’, nou en vir altyd.

3. MISSIE

Om menslike welsyn te koester deur regverdige toegang tot natuurlike hulpbronne te bevorder, ekonomiese ontwikkeling te fasiliteer, die ruimtelike verlede te herstel en omgewings-integriteit te verseker, ten einde volhoubare ontwikkeling in die Wes-Kaap te bewerkstellig.

4. WAARDES

� Regverdigheid� Integriteit� Sorgsaamheid� Aanspreeklikheid� Respek� Konsekwentheid� Deursigtigheid� Inklusiwiteit� Verdraagsaamheid� Toeganklikheid

5. ONTLEDING VAN DIE SEKTORIESE SITUASIE

5.1 OPSOMMING VAN DIENSLEWERINGSOMGEWING EN UITDAGINGSDie diensgeoriënteerde omgewing word gekenmerk deur die volgende faktore en beperkinge te oorkom:

� Institusionele - en Ontwikkelingsparadigma� Leierskap ten opsigte van 'n Ontwikkelingsparadigma: Daar is 'n behoefte aan 'n

nuwe denkrigting ten opsigte van ontwikkelingsbeplanning en omgewingskwessies.Dit behoort tot innoverende oplossings te lei vir vele van die ruimtelike nalatenskappe van apartheidsbeplanning, bv. deur die integrasie van gefragmenteerde nedersettings en regverdige toegang tot grond.

� Parameters ten opsigte van geïntegreerde ontwikkeling: Tekortkominge word ervaar met betrekking tot vestigingspatrone (groeiende digtheid, stedelike uitgestrektheid, oorvol menslike nedersettings, ens.) en die vernietiging van die natuurlike omgewing en produktiewe landbougrond. Om die integrasie van menslike nedersettings te realiseer, is daar 'n behoefte om werk nader aan die die mense te bring en vir toekomstige ontwikkeling behoort die fokus nie net op ekonomiese tros-behuising te val nie. Daar is tans min debattering (in die plaaslike konteks) oor die vorm van integrasie van nedersettings. Die uitdaging vir die Departement is om beleide, strategieë en riglyne te ontwerp om hierdie tekortkominge aan te spreek ten einde volhoubare menslike nedersettings daar te stel. Daar is ook 'n tekort aan geskikte bekwaamheid binne die regering om hierdie kwessies op te los.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 7: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

5

� Die bevordering van koöperatiewe regeringsbestuur: Dít is 'n prysenswaardige doelwit van die regering, maar baie moeilik in die praktyk. Koöperatieweregeringsinisiatiewe sal die sukses van 'n ontwikkelingstaat moet verseker. Om hieraan uitvoering te gee, sal die Departement sy rol binne die vennootskappe moet identifiseer, inter-regerings-beleidsraamwerke en riglyne vir munisipaliteite oor ruimtelike beplanning, stelsels en beplanningsgereedskap moet ontwikkel. Daar is 'n wedersydse gebrek aan samewerking tussen provinsiale departemente en plaaslike regering. Daar is 'n behoefte aan nouer samewerking, geïntegreerde beleidmaking en dienslewering. Elke provinsiale departement behoort riglyne op te stel vir plaaslike regering-samewerking en ondersteuning.

� Grondbeskikbaarheid vir geïntegreerde menslike nedersettings: Die behoefte bestaan om pro-aktiewe maatreëls op te stel, soos die identifisering van grond vir toekomstige menslike nedersettings. Tans is daar 'n gebrek aan riglyne vir plaaslike regering om menslike nedersettings te integreer en seker te maak dat dit in hul Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne aangespreek word.

� Wetgewingsvereistes: Die gebrek aan geïntegreerde wetgewing om die erfenis van die verlede aan te spreek en geïntegreerde besluitneming te bevorder.

� Skuif van inset-gebaseerde na resultaat-gebaseerde begroting. Om die begroting op só 'n wyse te bestee dat die doelwit van geïntegreerde menslike nedersettings wat gelykheid, waardigheid en vooruitgang sal verseker, bereik sal word.

� Maatskaplik� Hierdie Provinsie het die hoogste Gini-koëffisiënt, d.i. die gaping tussen ryk en arm.

Die armes het verbeterde stedelike omgewings nodig om hul lewensomstandighede te verbeter. Die gevolg is 'n ernstige agteruitgang in die gesondheids-, opvoedings-en welvaartaanduidings vir hierdie gemeenskappe. In terme van regverdigheid, moet die gedrag en sienswyse van die meer welgesteldes, sowel as dié van almal binne die gemeenskap, verander om hierdie probleme op te los.

� Toegang tot die oorvloedige natuurlike bronne in hierdie Provinsie is beperk tot die welgesteldes. Eienaarskap-regte en ander maatreëls tot toegang sal oor die volgende vyf jaar 'n uitdaging bied.

� Daar word van amptenare verwag om hul pligte buite normale werksure te vervul en afgeleë terreine te besoek. Swak veiligheids- en sekuriteitsmaatreëls lei tot onderprestasie in die uitvoer van hul pligte.

� Polities� Die Provinsie is polities stabiel en verbind tot sy groei- en ontwikkelingstrategie,

iKapa Elihlumayo.

� Die Departement word in die gesig gestaar deur botsende belange (ryk/arm, swart/wit, stedelik/landelik, ens.).

� Daar is groot verwagting by gemarginaliseerde gemeenskappe vir spoedige voorsiening van basiese dienste.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 8: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

6

� Ekologies� Volhoubaarheid van omgewingsbronne en die resultate van beplanning is 'n

sleuteloorweging vir die toekoms van ekologiese integriteit.

� Daar is spanning tussen ontwikkelingsbehoeftes en omgewingsintegriteit. Ook is daar belangegroepe wat beide hierdie standpunte verteenwoordig. Kompeterendevereistes maak dit vir die Departement moeilik om 'n balans tussen ekonomiese groei, omgewingsbeskerming en maatskaplike integriteit te handhaaf.

� Oorbenutting van ons natuurlike hulpbronne, die uitwerking van klimaatsveranderings en die bevolkingsgroei, plaas 'n al hoe groter druk op natuurlike bronne. Die inherente fluktuasie van natuurlike bronne, vererger deur die invloed van klimaatsverandering en swak vereiste bestuur van bronne, vererger die herhaling en felheid van “rampe'.

� Die Provinsie beskik oor twee “biodiversity hotspots” wat van wêreldbetekenis is. Die Provinsie het 'n verpligting van wêreldbelang om oormatige agteruitgang van sy biodiversiteit te voorkom en sy natuurlike hulpbronne (insluitend eko-sisteme) op só 'n wyse te bestuur dat dit langtermyn volhoubaarheid sal verseker.

� Ekonomies� Die impak van oorbenuttingspatrone en agteruitgang van die natuurlike omgewing,

het ekonomiese agteruitgang tot gevolg en lei tot werksverlies.

� Die bevordering van die volhoubare gebruik van die Provinsie se natuurlike hulpbronne is 'n uitdaging vir hierdie Departement.

5.2 OPSOMMING VAN ORGANISATORIESE OMGEWING EN UITDAGINGSGedurende die 2003/04 finansiële jaar het die Departement 'n interne herstrukturerings-proses in werking gestel deur die Omgewings- en Ontwikkelingskomponente te integreer. 'n Nuwe organisatoriese struktuur is op 1 April 2004 geïmplementeer, met die uitbreiding van 30 nuwe poste terwyl 185 poste binne die lyn-komponente blootgestel is aan die volledige pos-evalueringsproses.

Die Departement word tans gekenmerk deur die volgende interne sleutel-uitdagings (na vore gebring tydens die strategiese beplanningsessie):� Die behoefte aan transformasie om intern 'n ‘Tuiste vir Almal’ te word: Die Departement

staar uitdagings in die gesig, soos regverdigheid ten opsigte van indiensneming; die noodsaaklikheid om regverdigheid in bestuursuitvoering op alle vlakke toe te pas; 'rangbeheptheid' te oorkom; 'n leergierige organisasie te kweek; lewendige spanne te bou en waarde te heg aan samewerking, en ontvanklik te wees vir vernuwende werkswyses. Die huidige kultuur binne die organisasie, bv. verhoudings tussen mense, sal 'n groter mate van openlikheid, verdraagsaamheid en respek verg in die proses om 'n tuiste vir almal te bou. Noudat die Departement sy strategiese doelwitte en mikpunte verfyn het, sal hy waar nodig, sy organisatoriese struktuur in lyn moet bring met die oog op beter dienslewering. Die rolle en verhouding van die ondersteuningstrukture en lynfunksionering moet hersien word. Programmatiese samehang en ooreenstemming is 'n sentrale kwessie in hierdie departement. Groter integrasie van die programme bly belangrik in die daarstelling van 'n geïntegreerde volhoubare ontwikkeling. Die onsekerheid en verskillende opvattings binne die organisasie as gevolg van organisatoriese herstrukturering, moet aangespreek word.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 9: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

7

� Benut verbonde politieke leierskap: Die senior bestuurspan dra die verantwoordelikheid om die nuwe provinsiale visie en strategiese rigting aan te pas na konkrete veranderde bestuursprogramme wat die nuwe paradigma sal bevorder.

� Visionêre bestuursleierskap: Om hierdie Departement in lyn te bring met die nuwe provinsiale paradigma, is daar 'n behoefte om weg te beweeg van 'n oorgereguleerde sienswyse en die vrees wat geassossieer word met verandering, en meer verantwoordelike risiko-nemers te word. Bestuur moet vertroue by die personeel kweek, om sodoende intern 'n tuiste vir almal te bou. Voldoende personeel sal senior bestuurders in staat stel om meer tyd aan strategiese kwessies te wy, en 'n middelbestuur te ontwikkel wat aan operasionele sake aandag gee. Groter samewerking met ander provinsiale departemente is noodsaaklik vir geïntegreerde beplanning en volhoubare ontwikkeling. Dit moet versterk word om aaneenlopende dienslewering te bevorder.

� Waardetoevoeging as 'n diensleweringsdepartement: Die Departement het 'n kritieke rol om te vervul ten einde volhoubare ontwikkeling te realiseer en ekonomiese groei te verseker en aan menslike behoeftes te voldoen, sonder om omgewingsintegriteit in te boet.

6. WETGEWING EN ANDER MANDATE

'n Lys van nasionale en provinsiale wetgewing wat 'n wettige mandaat aan die Departement gee, is aangeheg in Deel C.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 10: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

8

7. BREË BELEIDSRIGTINGS, PRIORITEITE EN STRATEGIESEDOELWITTE

Hierdie Departement verbind homself, in die gees van koöperatiewe regering en deur die ondersteuning van vennootskappe, tot die volgende stel van drie strategiese doelwitte en vyf strategiese mikpunte:

STRATEGIESE DOELWIT 1:Om baanbreker-leierskap en vernuwende benadering tot volhoubare omgewingsbestuur en geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning daar te stel.

STRATEGIESE MIKPUNT:� Om 'n paradigma-skuif te bewerkstellig in die beplannings- en omgewingsbestuur vir die

ontwikkeling van mens-gesentreerde stelsels, maatstawwe en prosesse.� Om omgewingsintegriteit en progressiewe vervulling van omgewingsregte te verseker.

STRATEGIESE DOELWIT 2:Om die lewensgehalte van alle mense te verbeter deur die daarstelling van lewendige, geïntegreerde en volhoubare menslike nedersettings.

STRATEGIESE MIKPUNT:� Om ruimtelike beplanning te onderneem wat die volhoubare toekomstige ontwikkeling in

die Provinsie sal bevorder en lei, en ruimtelike ongelykhede sal aanspreek.� Om geïntegreerde en holistiese omgewings- en grondbestuur te voorsien om hernuwing

in ons menslike nedersettings aan te wakker.

STRATEGIESE DOELWIT 3:Die fasilitering van regverdige toegang tot en volgehoue gebruik van ons natuurlike hulpbronne.

STRATEGIESE MIKPUNT:� Om ingrypingstrategieë te ontwikkel ten einde gelyke toegang tot en gebruik van ons

natuurlike hulpbronne te bewerkstellig.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 11: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

9

8. INLIGTINGSTELSELS OM VORDERING TE MONITOR

� FINANSIËLE INLIGTINGSTELSELSIn ooreenstemming met die beleidsbesluit van die Nasionale Tesourie, het hierdie Departement op 1 April 2004 suksesvol oorgeskakel van die Finansiële Bestuurstelsel (FBS) na die Basiese Rekeningkundige Stelsel (BRS). Die nuwe eenvormige Standaard-Rekeningtabel is ook op 1 April 2004 geïmplementeer. Die PERSAL-stelsel word gebruik om alle personeel- en salaris- verwante sake uit te voer. Maandelikse Finansiële en Algemene Vergaderings geskied onder voorsitterskap van die Departementshoof,waartydens alle program- en sub-programbestuurders rapporteer en die finansiële prestasie of onderprestasie van die departement evalueer.

� OPERASIONELE INLIGTINGSTELSELS� OMGEWINGSIMPAK-BESTUURSDATABASIS: Hierdie stelsel word gebruik om die

administratiewe inligting oor impak-evaluerings wat vir ontwikkeling in die Wes-Kaapnodig is, te registreer en te bestuur. Die stelsel sal uitgebrei word om bykomende funksionaliteit, insluitend verbinding met die Departementele Geografiese Inligtingstelsel en skakeling met die nuwe nasionale omgewingspermitstelsels, in te sluit.

� DEPARTEMENTEEL- GEÏNTEGREERDE BESTUURSINLIGTINGSTELSEL (DGBIS): Die Departement is besig met die ontwikkeling en daarstelling van 'n Departementeel-Geïntegreerde Bestuursinligtingstelsel (DGBIS), in lyn met soortgelyke inisiatiewe in ander provinsies, en in die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme.Die doel van die DGBIS, is om die verskillende inligtingstelsels binne die Departement te integreer, om sodoende werksvloei en dienslewering te verbeter.

� BESOEDELING-EN AFVALBEHEERINLIGTINGSTELSEL: Hierdie provinsiale stelsel sal so ontwerp word dat dit sal skakel met die inligtingstelsel van die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme en verbind sal wees met alle munisipaliteite in die Wes-Kaap. 'n Operasionele Besoedelings- en Afvalinligtingstelsel sal in 2005 ontwikkel word. Die sleutel-mylpale sal die opleiding van alle gebruikers en die ontplooiing van 'n web-gebaseerde stelsel insluit. Die voortdurende versameling, kontrolering en ontleding van besoedelings- en afvalinligting sal bydra tot geïntegreerde besoedelings- en afvalbestuur.

� STATISTIESE DATABASIS: Hierdie databasis word voortdurend bygewerk en bestaan uit opgawes van demografiese, sosiale en ekonomiese statistieke met betrekking tot die Wes-Kaap.

� GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSEL (GIS): Die Departementele Geografiese Inligtingstelsel bestaan uit meer as 100 ruimtelike datastelle wat 'n verskeidenheid kenmerke van die Wes-Kaap dek. Die datastelle word uit verskillende bronne verkry,in stand gehou en in verskeie digitale en kaartvorms aan departemente,munisipaliteite en konsultante, asook aan die publiek, versprei. Die Wes-KaapseNatuurbewaringsraad (WKNBR) se GIS word deur alle vlakke van bestuur as beplannings- en besluitnemingsinstrument gebruik om biodiversiteit en bewaring in die Wes-Kaap te bestuur. Die stelsel is aangepas om die gebruik daarvan binne die WKNBR te vergemaklik.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 12: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

10

9. BESKRYWING VAN DIE STRATEGIESE BEPLANNINGSPROSES

Elk van die drie programme binne die Departement het strategiese beplanningsessies gehouter voorbereiding van die departementele sessie. Die riglyne van beide die Nasionale en Provinsiale Tesourie is aangeneem.

'n Strategiese beplanningsessie is op 5 en 6 Augustus 2004 gehou om die Departement se Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan te formuleer. Die senior bestuur van die Departement en die Minister van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning het die sessie bygewoon en tot die formulering van die Strategiese Plan bygedra. 'n Onafhanklike bestuurskonsultant het die sessie gefasiliteer.

Die konsep Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan is op 26 Augustus 2004 aan die ProvinsialeTesourie voorgelê, en het die basis gevorm vir bespreking tydens die Medium Termyn Uitgawe Raamwerk-besprekings (MTUR) op 15 September 2004.

'n Werkswinkel is op 2 November 2004 gehou , om die Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplanverder te redigeer en die Jaarlikse Prestasieplan in lyn te bring.

'n Kabinet-Lekgotla is op 3 en 4 November 2004 gehou, om die strategiese rigting van die Provinsie aan te dui met betrekking tot bronne beskikbaar oor die daaropvolgende MTUR-periode.

Die tweede konsep Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan, en eerste konsep Jaarlikse Prestasieplan is op 8 Desember 2004 aan die Provinsiale Tesourie voorgelê.

Die finale Vyfjaar Strategiese- en Jaarlikse Prestasieplan sal op 31 Maart 2005 in die Wetgewer ter tafel gelê word.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 13: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

11

DEEL B: PROGRAM- EN SUBPROGRAMPLANNE

10. PROGRAM 1: ADMINISTRASIE

Die doel van die Program is om die oorhoofse bestuur van die Departement te behartig en 'n korporatiewe ondersteuningsdiens te lewer.

Die Program bestaan uit die volgende subprogramme:

� Kantoor van die Provinsiale Minister van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning; en

� Bestuur- en Ondersteuningsdienste

10.1 SITUASIE-ONTLEDINGHierdie program lewer 'n oorhoofse korporatiewe diens, wat die volgende insluit:� Menslike Hulpbronbestuur� Menslike Hulpbron-ontwikkeling� Arbeidsverhoudinge� Ondersteuningsdienste� Rekenkundigedienste� Begrotingsbestuur� Interne beheer� Voorsieningskettingbestuur� Kommunikasiedienste� Spesiale Programme

Gedurende 2003 - 2005 was hierdie Program verantwoordelik vir die departementele herstruktureringsproses, insluitend werkstudie-ondersoeke, werwing en keuring, en nuwe aanstellings. Oor die volgende vyf jaar sal hierdie Program 'n sleutel-dryfkrag wees in die ontwikkeling en implementering van 'n veranderde bestuursprogram.

Die proses van Departementalisasie wat op 1 Augustus 2002 ingestel is, het 'n addisionele werklas op die Program geplaas sonder dat bykomende personeel aangestel is. Die herstrukturering van die lynkomponente het 'n daaropvolgende ondersoek vereis na die vermoë van die korporatiewe diens om voldoende en doeltreffende diens aan sy nuwe lynfunksie-kliënte te lewer. 'n Omvattende ondersoek van die poste-struktuur en vestiging van die Korporatiewe Dienste-komponent, is begin gedurende die 2004/05 finansiële jaar en sal deur die Direktoraat Organisatoriese Ontwikkeling van die Departement van die Premierhanteer word.

Die herstrukturering van die lynfunksie-komponente het gelei tot die skep van nuwe poste. Die voorsiening van befondsing vir vakante poste het tot gevolg gehad dat 'n totaal van 287 poste beskikbaar was, wat uiteindelik gevul moes word. Hierdie poste is gevul in ooreenstemming met 'n werwingsplan. Hierdie werwingsplan het deel gevorm van 'n holistiese Menslike Hulpbron-plan wat menslike hulpbron-ontwikkelingsinisiatiewe ingesluit het om verhoogde menslike prestasie te verseker. 'n Ooreengekome Delegasiemodel sal die Diensstandaard-ooreenkomste verseker, in samewerking met die lynbeamptes.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 14: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

12

Om die beheer en kontrole oor die beweging van lêers binne die Departement te verbeter, is 'n elektroniese lêeropsporingsstelsel op 1 April 2004 in werking gestel. Die stelsel stel alle gebruikers in staat om die plasing van enige lêer op enige gegewe tydstip elektronies te bepaal en te monitor, om sodoende tydrowende soektogte per hand uit te skakel. Die uitdaging vorentoe sal wees om die huidige stelsel om te skakel in 'n dokument-bestuurstelselom só 'n stelsel te integreer met die Departementeel-geïntegreerde Bestuursinligtingstelsel (DGBIS). Die Departement het op 1 April 2004 oorgeskakel van die Finansiële Bestuurstelsel (FBS) na die Basiese Rekeningkundige Stelsel (BRS). Die uitdaging sal wees om ander gebruikers van die stelsel ten volle te laat oplei. Aangesien BRS 'n aanlyn-stelsel is, is dit soveel makliker om inligting te bekom, wat die finansiële bestuurstake vergemaklik.

'n Nuwe Standaardtabel van Rekeninge is deur die Nasionale Tesourie bekendgestel, wat op 1 April 2004 in werking gestel is en toepaslike opleiding van lynbeamptes behels het.

Die Rekenpligtigde Beampte se Stelsel en afvaardigings vir die voorsieningsketting-bestuur is gefinaliseer en op 1 Januarie 2004 in werking gestel. Die Voorsieningsketting-Bestuurseenheid is op dieselfde dag binne die Departement in werking gestel. Dit stel die Rekenpligtigde Beampte in staat om te sorg vir alle voorsieningsketting- bestuurskwessies, waarna die Provinsiale Tenderraad, wat op 31 Desember 2003 ontbind het, vroeër omgesien het.

Die Provinsiale Tesourie het die Provinsiale Ouditeringsdiens, wat steeds 'n gesentraliseerde funksie is, gedurende die 2003/04 finansiële jaar aan 'n Konsortium uitgekontrakteer. Daar word beoog om 'n mikro risiko-skatting gedurende die 2004/05 finansiële jaar binne die Departement te voltooi. Sodra die mikro risiko-skatting uitgevoer is, sal strategieë ontwikkel word om die hoë risiko-areas te verminder.

Om korporatiewe kommunikasie te bevorder en te verbeter, is 'n Kommunikasiebeleid enStrategie vir die Departement en die Kantoor van die Minister ontwikkel en in werking gestel. Een van die Departement se belangrikste kommunikasie-instrumente, by voorbeeld die nuusbrief, word gebruik om kommunikasie binne die werkerskorps te bevorder.

Die Kommunikasie Komponent het betrokke geraak by verskeie departementele promosie-projekte, wat tot 'n bewuswording van die Departement se kernfunksies gelei het. Die Kommunikasie Komponent illustreer sosiale verantwoordelikheid deur aktief betrokke te wees by gemeenskaps-gebaseerde projekte, en sodoende by te dra tot 'n 'Tuiste vir Almal'.

Die Kommunikasie Komponent is o.a. verantwoordelik vir die gereelde bywerking van die Departementele webtuiste. Hierdie kommunikasie-instrument verseker dat die werkerskorps, sowel as die publiek, op hoogte bly met departementele aktiwiteite.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 15: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

13

10.2 BELEIDSRIGTINGS, PRIORITEITE EN STRATEGIESE DOELWITTE

STRATEGIESE DOELWIT 1:Om baanbreker-leierskap en vernuwende benadering tot volhoubare omgewingsbestuur en geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning daar te stel.

STRATEGIESE MIKPUNT:� Om 'n paradigma-skuif te bewerkstellig in die beplannings- en omgewingsbestuur vir die

ontwikkeling van mens-gesentreerde stelsels, maatstawwe en prosesse.

KRITIESE MEETBARE DOELWITTE� Om 'n nuwe dinamiese bestuursbenadering te fasiliteer met die bereiking van verlangde

kulturele-, rasse-, geslags- en godsdienstige verdraagsaamheid, ter verbetering van dienslewering.

� Om op 'n omvattende, deelnemende wyse beleidsrigtings, prosesse en stelsels op 'n inklusiewe en deelnemende wyse daar te stel, met die oog op 'n bevoegde menslike hulpbron-, finansiële bestuurs- en ondersteuningsdienste-omgewing.

� Om 'n goed-ingeligte werkerskorps en publiek deur die bevordering van doelwitte, aktiwiteite en uitsette van die Departement te vestig.

10.3 ONTLEDING VAN BEPERKINGS EN MAATREËLS OM DIT TE OORKOMDie herstrukturering van die lynkomponente het die risiko meegebring dat die korporatiewe dienste-komponent nie in staat sal wees om voort te gaan met voldoende en effektiewe dienslewering nie. Die noodsaaklikheid daarvan om die bevoegdheid van die korporatiewe dienste te verseker is erken, en sal voorafgegaan word deur 'n diepgaande werkstudie-ondersoek. Intussen word die behoefte aan bevoegdheid aangespreek deur die aanstelling van personeel bykomend tot die goedgekeurde diensstaat. Die verwagte resultaat is die herskikking van strukture om die hergestruktureerde Programme te ondersteun.

Daar is geen risiko's verbonde aan die Program, wat sal verhoed dat die meetbare doelwitte en strategiese mikpunte van die Departement behaal word nie.

10.4 BESKRYWING VAN BEPLANDE MAATREËLS T.O.V. GEHALTEVERBETERINGOm 'n dinamiese bestuursbenadering te ondersteun wat die plan t.o.v. verbeterde dienslewering sal omvat, is die dienste van 'n verskaffer verkry om werkswinkels oor bestuursverandering aan te bied vir al die personeel binne die Departement. Die Korporatiewe Dienste stel dit in die vooruitsig dat mens-gesentreerde beleidsrigtings,-prosesse en -stelsels, gevolglik in konsultasie met die werkerskorps ingestel sal word, en dat diensvlak-ooreenkomste met lynfunksies gesluit sal word om dienslewering te verbeter.Korporatiewe Dienste sal 'n diensstandaard-ooreenkoms met lynfunksie aangaan om dienslewering te verbeter. Sodoende sal die prestasie van Korporatiewe Dienste met lynfunksies ge-evalueer word deur die standaarde wat deur die ooreenkoms gestel is.

'n Kundigheidsbestuur Strategiese Plan sal ontwerp word om die kwaliteit van dienslewering te verhoog. Dit sal die oordra van departementele kennis en verworwe kundigheid wat onontbeerlik geword het om bemagtiging en volhoubare ontwikkeling binne gemeenskappe te laat pos vat, oor grense van ras, kultuur, geslag en geloof moontlik maak en vergemaklik.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 16: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

14

Opleidingsmoontlikhede sal benut word soos aangebied deur die Kaapse Administratiewe Akademie. Verdere opleidingsgeleenthede sal onderneem word deur diensverskaffers. Hierdie opleidingsgeleenthede sal inskakel by die personeel se Individuele Opleidingsbeplanning.

Sover dit kommunikasie betref, is die doelwit die vorming van 'n gekombineerde Ministeriële en Departementele Kommunikasie-inisiatief. Dit wil sê, die Minister se Media-skakelpersoon(MSP) en die Departementele Kommunikasie Komponent sal saamwerk ten opsigte van verskeie projekte.

10.5 BEFONDSINGS-INLIGTINGAlle poste in hierdie Program word ten volle befonds, maar die werkstudie-ondersoek sal egter moontlik besluit op 'n toename in die hoeveelheid poste, wat dan volgens voorkeur binne die Program befonds sal moet word.

11. PROGRAM 2: OMGEWINGS- EN LANDBESTUUR

Die doel van die Program is om volhoubare ontwikkeling via geïntegreerde omgewings- en grondontwikkelingsbestuur te bevorder, met die doel om die Wes-Kaap 'n ‘Tuiste vir Almal’ te maak.

Die dienste verskaf deur hierdie Program ondersteun ten volle die beginsels, doelstellings en mikpunte gestel deur die Provinsiale Kabinet en ander provinsiale inisiatiewe en doelstellings wat geassosieer word met bv. armoedeverligting, werkskepping en die uitgebreide openbare werke-program.

Die Program Omgewing- en Grondbestuur bestaan uit die volgende subprogramme:

� Bestuur; en

� Geïntegreerde Omgewingsbestuur.

As gevolg van die hoeveelheid werk wat deur die Program gegenereer word, is dit in twee streke verdeel. 'n Verantwoordelikheidsbestuurder bestuur elke streek. Elke streek het presies dieselfde meetbare doelstellings, prestasie-aanwysers en doelwitte. Die volgende inligting, sal van toepassing wees op beide streke en sal dus nie apart beskryf word nie.

11.1 SITUASIE-ONTLEDINGDie bestuur van ontwikkeling op 'n omgewingsvolhoubare wyse is van kritieke belang. Die veranderende ekonomiese omgewing, groeiende aanvraag na toerisme-ontwikkeling,bevolkingsgroei, migrasie, behuisingsprojekte en verwante infrastruktuur en dienste, vereis dat duidelike en vernuwende riglyne en beleidsrigtings ontwikkel moet word om die Programin staat te stel om baanbreker leierskap te voorsien en alle kliënte te bemagtig.

Groter openbare bewustheid en belangstelling in die natuurlike en beboude omgewing,sowel as grondwetlike regte, het gelei tot die behoefte aan gevorderde omgewingsbestuur.Verder was daar die afgelope jare 'n aansienlike toename in die getal ontwikkelingsaansoeke (asook 'n toename in hul kompleksiteit). Dit sluit in aansoeke wat voorgelê is vir magtiging en

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 17: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

15

kommentaar, sowel as appèlle, aktiwiteite wat sonder magtiging voortgaan en ander oortredings en verbrekings van die “algemene sorgsaamheidsplig”- bepaling in die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet 107 van 1998). Dit plaas 'n groot verantwoordelikheid op die Program om leiding binne die regering te gee aan maatskaplike vennote en die korporatiewe sektor met betrekking tot ontwikkelingsake.

� Die afgelope jare het die gemeenskap toenemend bewus geword van hul omgewingsregte, sowel as die regsvereistes in verband met omgewings- en beplanningsbesluitneming, wat gelei het tot 'n toename in rapportering van omgewings- en beplanningsoortredings. Dit plaas groter verantwoordelikheid op die Program om te verseker dat alle aansoeke op 'n bevoegde en doeltreffend wyse, wat aan die minimum-vereistes van alle toepaslike wetgewing en algemene omgewingsbeheer voldoen, afgehandel word.

� Hierdie Program verskaf 'n Geïntegreerde Omgewings- en Grond-ontwikkelingsbestuursdiens aan 24 Plaaslike Munisipaliteite, 5 Distriksmunisipaliteite,1 Metropolitaanse Munisipaliteit en ander tersaaklike belanghebbendes. Dit is grondwetlik verplig om beplannings- en omgewingsbestuur in die gees van koöperatiewe bestuur te ondersteun, te monitor en te reguleer, en toenemende bewuswording van omgewingsregte op 'n volhoubare wyse te verseker. Ingevolge die Nasionale Grondwet het munisipaliteite die mandaat om munisipale beplanning uit te voer en die omgewingswet-hervormingsproses sal van munisipaliteite vereis om betrokke te wees by die omgewingsmagtigingsproses. Munisipaliteite ondervind egter beperkinge ten opsigte van finansiële hulpbronne, kapasiteit en kundigheid, wat die doeltreffende uitvoer van hul beplannings- en omgewingsbestuurspligte in die toekoms kan beperk.

� Die Wet op Omgewingsbewaring (WOB) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (WNOB) word deur sommige belanghebbendes gesien as verouderd en 'n struikelblok in die ontwikkelingsproses. Oor die jare het die Program gepoog om belanghebbendes in te lig, om te verseker dat nakoming van die wetgewing nie net beskou word as 'n bysaak nie, maar 'n geïntegreerde deel van die ontwikkelingsproses behoort te wees. Die Program streef na regverdige oorweging, in alle besluitneming, in ooreenstemming met die beginsels van alle toepaslike wetgewing. In terme van konflik-resolusie, word die meganismes wat in die WNOB beskikbaar is, gebruik, aangesien daar geen soortgelyke meganismes in die WOB is nie.

� Die afgelope jare het die Departement verskeie nuwe aansoeke vir die goedkeuring van aktiwiteite in terme van hierdie regulasies , asook oor beplanningswetgewing ontvang,waarvan die meeste binne bepaalde tydraamwerke afgehandel is. Daarbenewens is kommentaar gelewer op beplanningsaansoeke, Omgewingsbestuur-programverslae in terme van die Wet op Minerale en Petroleum Hulpbron-ontwikkeling, Wet 28 van 2002, en ander toepaslike wetgewing. Verder is verskeie aansoeke verwerk ten opsigte van die Veldvoertuig- (VV) regulasies (in terme van die WNOB). Ongeveer 85% van alle aansoeke ontvang ten opsigte van omgewingswetgewing is verwerk en afgehandel.

� Daar is 'n merkbare toename in ontwikkelingsdruk, veral aan die kusstreke met betekenisvolle biodiversiteit en unieke kus-habitatkenmerke. Omgewings- en beplanningsbeoordeling van projekte in veral hierdie gebiede, moet besonder deeglik wees en is dikwels baie netelig.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 18: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

16

� Verskeie nuwe beleide, riglyne, norme en standaarde van toepassing op omgewings- en beplanningsake is opgestel om rigting te gee aan besluitneming in die Provinsie. Dit sluit in beleid/riglyne oor golf-landgoede en polo-velde, windenergie-ontwikkeling, vulstasies, stadsgrense, oorde, toepassingsmonitering en gespesialiseerde omgewingsimpakstudie (visueel, erfenis, geohidrologies, ekonomies, biodiversiteit).

� Pogings om dienslewering te verbeter, het gelei tot 'n merkbare verbetering in reaksie- en afhandelingstye ten opsigte van omgewings- en beplanningsaansoeke. Dit is bereik deur die vlak van besluitnemingsverantwoordelikhede vas te stel, die aanstelling van kontrakwerkers en die instelling van reaksietye. 'n Aansienlike verbetering in die afhandeling van aansoeke is bereik.

Sleutel-uitdagings wat die Program in die huidige Strategiese Beplanningsperiode in die gesig staar, is:� WET-HERVORMINGSPROSES: Die doel is om 'n wet-hervormingsproses teen Maart 2006

te voltooi, om omgewings-, beplannings en erfeniswetgewing in een Provinsiale wet te integreer en te implementeer.

� VESTIGING EN VERSTERKING VAN VENNOOTSKAPPE: Die vestiging van vennootskappe en koöperatiewe ooreenkomste, wat daarop gemik is om munisipaliteite en ander maatskaplike vennote te bemagtig om hul verpligtinge in terme van alle relevante wetgewing na te kom en volhoubare ontwikkelingsuitdagings aan te spreek ten einde lewenskwaliteit te verbeter.

� KAPASITEITSBOU: Ontwikkel kapasiteit om die uitdagings verbonde aan die voorsiening van visionêre leierskap en leiding, die hoof te bied; en spreek kapasiteitsbou-behoeftes aan in terme van toepaslike Omgewings- en Beplanningswetgewing, beleide, riglyne en planne. Dit sluit in die ontwikkeling van nuwe norme, standaarde, riglyne en beleide, asook opvoedings- en bewustheidsprogramme om dienslewering te verbeter en volhoubare ontwikkeling te bevorder ter ondersteuning van die Departementele doelwitte.

� INTEGRASIE EN SAKEPROSES-VERBETERING: Die ontwikkeling van organisatoriese stelsels en prosedures om die integrasie van beplannings- en omgewingsfunksies te verseker, om sodoende die administratiewe prosesse te vereenvoudig, om reaksietyd en moniteringsnakoming verder te verbeter met betrekking tot omgewings- en beplanningswetgewing.

11.2 BELEIDE, PRIORITEITE EN STRATEGIESE DOELWITTEDie strategiese doelwitte en oogmerke van die Program onderskryf die doelwitte en mikpunte van die Provinsiale Kabinet en die doelwitte van iKapa Elihlumayo.

STRATEGIESE DOELWIT 1:Om baanbreker-leierskap en vernuwende benadering tot volhoubare omgewingsbestuur en geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning daar te stel.

STRATEGIESE MIKPUNT:� Om 'n paradigma-skuif te bewerkstellig in die beplannings- en omgewingsbestuur vir die

ontwikkeling van mens-gesentreerde stelsels, maatstawwe en prosesse.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 19: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

17

KRITIESE MEETBARE DOELWITTE� Om strategiese besluitneming te ondersteun en ingryping om beplanning en

omgewingsbestuur te verbeter.

� Om munisipaliteite en ander maatskaplike vennote te bemagtig om hul verpligtinge in terme van toepaslike omgewings- en beplanningswetgewing na te kom.

� Om 'n provinsiale wet-hervormingsproses te koördineer en die implementering van die geïntegreerde omgewings-, beplannings-, en erfeniswetgewing te fasiliteer.

� Om provinsiale beleide en riglyne ten opsigte van omgewings- en beplanningsaangeleenthede te inisieer en implementeer.

STRATEGIESE DOELWIT 2:Om die lewensgehalte van alle mense te verbeter deur die daarstelling van lewendige, geïntegreerde en volhoubare menslike nedersettings.

STRATEGIESE MIKPUNT:� Om geïntegreerde en holistiese omgewings- en grondbestuur te voorsien om hernuwing

in ons menslike nedersettings aan te wakker.

KRITIESE MEETBARE DOELWITTE� Om die effektiewe administrasie en monitering van grondgebruik en

omgewingsaanwending te verseker.

� Om geskikte vennootskappe te stig en in stand te hou om die beheer van omgewings-en grondgebruikbestuur te verbeter.

11.3 ONTLEDING VAN BEPERKINGS EN MAATREËLS OM DIT TE OORKOM� Om visionêre leierskap en leiding te verskaf, is dit noodsaaklik dat samewerking binne

die Departement en met ander maatskaplike vennote maksimaal uitgebrei word. Om die bogenoemde strategiese doelwitte en mikpunte te behaal, moet die noodsaaklike middele en kapasiteit (finansies, personeel, vaardighede, ens.) beskikbaar wees in die Program, sowel as by die ander maatskaplike vennote. Duidelikheid oor die rol en funksies van die verskillende regeringsfere met betrekking tot beplanning en die omgewing sal verseker dat koöperatiewe beheer realiseer.

� Die provinsiale wet-hervormingsproses wat sal uitloop op 'n nuwe wet, met integrasie van beplannings-, omgewings- en erfeniswetgewing, sal duidelikheid gee ten opsigte van die rolle en funksies van die Provinsie en munisipaliteite met betrekking tot beplanning en ontwikkeling.

� Die implementering van die wysigings op die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (WNOB), 1998 (Wet 107 van 1998) en nuwe Omgewingsimpakraamwerke (OIR) Regulasies, wat deel vorm van die nasionale omgewingswet-hervormingsproses, sal meganismes daarstel om die rolle en funksies van nasionale, provinsiale en munisipale owerhede ten opsigte van geïntegreerde omgewingsbestuur uit te klaar.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 20: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

18

� Die huidige oormaat omgewings- en beplanningswetgewing met al die prosesse en prosedures daaraan verbonde (bv. die verskillende aansoek-, appèl- en openbare deelnemingsprosesse), die botsende en onsamehangende aard daarvan en Hooggeregshof-uitsprake, bemoeilik die administrasie van aansoeke deur die Program.Dit verleng en frustreer die besluitnemingsproses. Die gevolg is verwarring en onnodige rompslomp wat negatief inwerk op die doelwitte van iKapa Elihlumayo.

� Die implementering van die WNOB-wysigingswet en verwante OIR-Regulasies, sal sekere van hierdie beperkinge aanspreek.

� Die provinsiale wet-hervormingsproses wat daarop gemik is om omgewingsbeplanning en erfenis-wetgewing te integreer, sal poog om groter duidelikheid oor rolle en funksies van die onderskeie regeringsfere en die vaartbelyning van besluitnemingsprosesse, te verseker.

� Die beperkte kapasiteit van munisipaliteite kan lei tot oningeligte besluitneming en ondoeltreffende implementering van beplannings- en omgewingswetgewing. Hierdie beperkings sal aangespreek word deur:

� Die voorsiening van progressiewe norme, standaarde, riglyne, beleid, ens. om omgewings- en beplanningspraktyke van munisipaliteite ten beste te bevorder.

� Die implementering van bemagtigingsprogramme om effektiewe omgewings- en beplanningsbeheer, norme, standaarde, riglyne, beleide, ens. te verseker.

� Die vorming van vennootskappe met munisipaliteite om doeltreffende omgewings- en beplanningsbestuur en besluitneming te vergemaklik.

� Die vertraging van prosesse wat innoverende projekte, bevorder en ten doel het om die doelwitte en mikpunte van die Program te bereik.

� Versterk verhoudings met munisipaliteite en ander maatskaplike vennote deur relevante riglyne te verskaf, samewerkingsooreenkomste aan te gaan, die oordrag van kennis te bevorder en kollektief instrumente en meganismes wat gesonde regering bevorder, te ontwikkel.

� Die risiko's verbonde daaraan om nie die voorafgaande doelwitte en mikpunte te bereik nie, is die volgende:

� Onbeheer de en onvolhoubare ontwikkeling wat die aftakeling en ondoeltreffende gebruik van die natuurlike en beboude omgewing tot gevolg sal hê, en negatief sal inwerk op die maatskaplike en ekonomiese raamwerk van die samelewing.

� Verlies aan vertroue en 'n tekort aan reëlingsekerheid binne die beplannings- en omgewingstelsel, lei tot ontwikkeling met 'n hoë konflikpotensiaal en 'n verlies aan beleggingsvertroue.

� Nie-nakoming en toepassing van wetgewing sal 'n toename in onwettige aktiwiteite en oortredings van die algemene sorgsaamheidsreël, tot gevolg hê.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 21: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

19

11.4 BESKRYWING VAN BEPLANDE MAATREËLS T.O.V. GEHALTEVERBETERING� Die implementering van 'n veranderingsbestuursprogram om personeel te rugsteun in

hul aanpassing by 'n veranderende omgewing, ten einde die beste praktyk te verseker.

� Die implementering van 'n doeltreffende personeelprestasie-bestuurstelsel wat in lyn is met die Departement se strategiese doelwitte en mikpunte.

� Deurlopende oorsig van wetsraamwerke en duidelik-omskrewe mandate en afvaardigings ten einde funksies en verantwoordelikhede doeltreffend na te kom.

� Verseker konsekwente besluitneming deur die implementering van administratiewe bestuurstelsels en maatreëls.

� Doeltreffende interne en eksterne kommunikasie.

� Die bevordering van koöperatiewe regering deur die gepaste maatreëls en meganismes.

11.5 BEFONDSINGS-INLIGTING� Personeel:� As gevolg van die onlangse herstrukturering van die Program het nuwe poste

ontstaan, wat gevul is in ooreenstemming met die gelykheidsplan van die Departement. Die ongelykhede in vergoeding en aansporing tussen die Provinsie,munisipaliteite en die private sektor, kniehalter egter die werwing en behoud van personeel.

� Die onervarenheid van die nuwe personeel moet aangespreek word deur middel van volgehoue en toereikende opleiding en programme wat vermoëns opbou.

� 'n Toereikende en doeltreffende aansporingskema (insluitende die ontwikkeling van 'n Kode van Vergoeding (KV) vir beroepsklasse wat dit nog nie het nie), om bekwame personeel te lok en te behou, behoort ondersoek te word.

� Die inlynstelling van vergoeding tussen munisipaliteite en ander regeringsfere, behoort aandag te kry. (Nasionale bevoegdheid).

� 'n Doeltreffende personeel- en ondersteuningsdiens.

� Toerusting:� Om te verseker dat 'n hoë vlak van doeltreffendheid gehandhaaf word, moet

personeel van toepaslike toerusting voorsien word ten einde hulle funksies suksesvol te vervul.

� Die voorsiening van voldoende kantoorakkommodasie vir personeel in die Program.� Handhaaf en verbeter kommunikasie-infrastruktuur en ondersteuningsdienste

(telekommunikasie; inligtingstegnologie).

� Stelsels:� 'n Doeltreffende geïntegreerde inligtingsbestuurstelsel (IBS), bv. 'n dokument-

bestuurstelsel en GIS, moet dringend ontwikkel word.� 'n Doeltreffende Registrasie is 'n voorvereiste vir die haal van die strategiese

doelwitte.

� Finansies:� Begrotingsbeperkinge kan die doeltreffende bereiking van hierdie Program se

strategiese doelwitte en mikpunte, kortwiek.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 22: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

20

12. PROGRAM 3: OMGEWINGS- EN GRONDBEPLANNING

Die oogmerk van die Program is om volhoubare ontwikkeling deur middel van geïntegreerde beplanning, besoedelings- en afvalbestuur, biodiversiteit en kusbestuur, en dwarsleggend omgewings- en beplanningskoördinasie, te verseker, ten einde die Wes-Kaap 'n ‘Tuiste vir Almal’ te maak.

Die Program word sterk gelei deur die beginsels, doelwitte en mikpunte van die Nasionale en die Provinsiale Kabinet se mandaat.

Die program bestaan uit die volgende sub-programme:

� Bestuur;� Beplanning, Biodiversiteitsbestuur en Kusbestuur;� Wes-Kaapse Natuurbewaringsraad;� Omgewingskommissaris;� Besoedelings- en Afvalbestuur; en � Funksionele Ondersteuning.

12.1 SITUASIE-ONTLEDING� VRAAG NA DIENSTE: Die vraag na die dienste van die Program spruit voort uit die

verpligting wat op die Staat rus om die omgewingsreg, soos uiteengesit in 'n reeks wette, beleide en strategieë, ten uit te voer.

Die Program hanteer die pro-aktiewe beplanning van grond ten gunste van ordelike en harmonieuse ontwikkeling van die Provinsie, geïntegreerde dwarsleggende bestuur,moniteringstelsels en maatreëls om koöperatiewe regering en volhoubare ontwikkeling te ondersteun. Die diverse vraag na dienste word deur die volgende gevorm:

� Provinsiale Beplanning in terme van die Nasionale Grondwet is 'n ekslusief-Provinsiale Bevoegdheid (Bylae 5 Deel A). Dit hou verband met ruimtelike beplanning. Biodiversiteitsbestuur, kusbestuur en besoedelings- en afvalbestuur,vorm gelyklopende grondwetlike bevoegdhede.

� Die Wet op Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) vereis dat ProvinsialeDepartemente die Geïntegreerde Ontwikkelingsplanne (GOP'e), insluitende die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerke (ROR'e), van munisipaliteite evalueer. Die geïntegreerde afvalbestuursplanne is een van vier sektorale planne wat met die GOP'e verbind is, wat oorsig deur hierdie program vereis. Bystand word aan munisipaliteite verleen met betrekking tot bogenoemde.

� Die Program is verantwoordelik vir een van die Huidige Strategieë wat deur die Regering van die Wes-Kaap geïdentifiseer is, naamlik die Provinsiale RuimtelikeOntwikkelingsraamwerk. Hierdie Raamwerk sal aan die regeringsdepartemente en munisipaliteite leiding gee ten opsigte van die toekomstige ruimtelike ontwikkeling in die Provinsie en dit sal omvattend aan regeringsdepartemente en munisipaliteite gekommunikeer en pro-aktief deur hulle geïmplementeer word.

� Die vraag na geïntegreerde menslike nedersettings vereis 'n nuwe beplannings-paradigma. Die ontwikkeling en implementering van nuwe beleid, riglyne en aansporings sal benodig word en die Program sal, deur onder andere die ProvinsialeRuimtelike Ontwikkelings-raamwerk, hierdie kwessies aanspreek.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 23: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

21

� Die Wetsontwerp op Lugkwaliteit sal 'n nuwe luggehaltebestuurstelsel vir Suid-Afrikainlei, wat 'n wetgewende mandaat aan ons Departement sal gee. Die toewys van funksies aan provinsies met betrekking tot luggehaltebestuur, sal 'n onmiddellike vraag skep na nuwe dienste, wat gelewer sal moet word op provinsiale vlak, wat 'n direkte invloed op hierdie Program sal hê. Die impak sal wees in die vorm van addisionele menslike hulpbronne kapasiteit, ten einde die addisionele verpligtinge na te kom.

� Die vraag na beter geformuleerde provinsiale beleid en wetgewende rigting, sal die wetshervorming wat met hierdie Program se verantwoordelikhede gepaard gaan, dryf.

� Die Program is in 'n posisie om die inwerkingstelling van die politieke imperatiewe van werkskepping en armoedeverligting (volhoubare lewensonderhoud), veral in afgeleë plattelandse gebiede, te ondersteun.

� Groei in die die toerismebedryf, bevolkingsgroei, migrasie, ekonomiese ontwikkeling en vraag na behuising, sowel as verhoogde druk op hulpbronne, vereis dat duidelike riglyne, beleide en ruimtelike planne ontwikkel en ingestel word.

� Die verantwoordelike gebruik van al ons hulpbronne vereis doeltreffende biodiversiteitsbestuur, kusbestuur en besoedelings- en afvalbestuur.

� Die vraag na geïntegreerde voorkomingstrategieë wat besoedelings- en afvalbestuur aanspreek, is kritiek tot die gelyke en volhoubare aanwending van ons natuurlike hulpbronne. Die Skoner Produksie program fokus op besighede en die bedryf se aanwending van ons natuurlike hulpbronne, ten einde hierdie vraag aan te spreek.Hierdie program ondersteun voorts die ontwikkelingsdoelwit van die Wes-KaapseGroei en Ontwikkelingstategie, deurdat dit geleenthede daarstel om ekonomiese potensiaal te ontsluit, terwyl dit omgewingsprestasie verbeter.

� Nakomingsmonitering en die toepassing van die programme se statutêre verpligtinge met betrekking tot die Wet op Omgewingsbewaring en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, staan integraal in die progressiewe realisering van die omgewingsreg. Die monitering van nakoming van en die toepassing van die tersake omgewingswetgewing, is van betekenis met betrekking daartoe dat daar verseker word dat die omgewingsreg wat in die Grondwet verskans is, uitdrukking kry.

� Die behoefte om die belanghebbendes van die Departement te bemagtig en die progressiewe realisering van omgewingsreg, vereis voorspraak, die opbou van vermoë en omgewingsopvoeding, en bewusmakingsaksies deur hierdie Program.

� Die voorsiening van ruimtelike inligting, omgewingsinligting en demografiese data dienste aan munisipaliteite en ander belanghebbendes.

� Daar is 'n behoefte aan die integrasie van die Johannesburgse Implementeringsplan se doelwitte en die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte in terme van Mediumtermyn Strategiese Raamwerk, tot 'n provinsiale implementeringstrategie.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 24: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

22

� Die koördinasie en bestuur van dwarsleggende verslae in terme van nasionale verpligtinge.

� Die behoefte aan vasgestelde prosedeure en meganismes vir koöperatiewe regering.

� BEOORDELING VAN BESTAANDE DIENSTE: Verbeterde samewerking met die Nasionale Regering het gelei tot 'n omgewing wat meer geleenthede verskaf vir die beplanning en bestuur van volhoubare ontwikkelingsinisiatiewe deur die Program.

Die bestaande diens word tans deur die volgende faktore beperk:� Die Departementele herstrukturering het aansienlik hoër vlakke van professionele

sinergie tussen die beplannings- en omgewingsprofessies binne die Departement tot gevolg gehad. 'n Doelbewuste inisiatief is tans aan die gang binne die Program, om vakatures te vul en dienslewering te verbeter, wat sal bydra om die visie van die Provinsie as 'n ‘Tuiste vir Almal’ te vervul. Die Program sal spesifiek aandag gee aan die vul van vakatures met persone met innoverende denke om die ervare persone wat tans in die program is, tot hulp te wees.

� Die tekort aan alternatiewe beroepsgeleenthede vir amptenare wat verkies om in die diens te bly as lynfunksie omgewings- en beplanningspesialiste, eerder as om by die bestuurskader aan te sluit, sal innoverende ingryping vereis.

� Die behoefte daaraan om meer vennootskappe te vorm en ons bestaande vennootskappe te versterk, is belangrik in die vrystel van die hulpbronne en die verryking van ons prosesse om die dienste te lewer wat die Program se strategiese doelwitte en mikpunte ondersteun. Nuwe vennootskappe en die versterking van bestaande vennootskappe, deur instrumente soos die Memoranda van Ooreenkomste (MVO's), sal bydra tot die skep van die vereiste foutlose diensleweringsmeganismes.

Sommige van die die sterk punte van die Program is geïdentifiseer as:� Die Program beweeg vorentoe binne 'n polities-bemagtigende en ontvanklike

omgewing, waar transformasie in belang van die bereiking van sy mediumtermyn strategiese doelwitte aangemoedig word;

� Die Program het 'n bemagtigende, onderling-ondersteunende en stabiele senior en middel bestuurspan;

� Die Program het 'n baie duidelik-omskrewe en bemagtigende beleid en wetgewende mandaat;

� 'n Multi-dissiplinêre span, met die saamgevoegde kundigheid van die beplannings-en omgewingsberoepsmense, is voordelig vir die Program;

� Die Program het toegang tot die gepaste toerusting hulpbronne;

� Die Program het baie sterk vennootskappe met ander regeringsorganisasies, Nie-Regeringsorganisasies en Gemeenskapsgebaseerde Organisasies;

� Die Suid-Afrikaanse, en in besonder die Wes-Kaapse, navorsingsgemeenskap is aan die voorpunt van biodiversiteits- en biostreeksbeplanning en implementering.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 25: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

23

'n Aantal geleenthede wat beskikbaar is vir die Program, is geïdentifiseer. Hulle is:� Die huidige vlaag van nuwe omgewingswetgewings en konsepwetgewings, sowel as

Nasionale Strategie en Aksieplanne, voorsien die Program van duidelike rigting. Die Konsepwetgewig op Interregeringsverhoudings beloof om in die toekoms koöperatiewe regering te verbeter;

� Die aantal vakatures in die Program bied die geleentheid om toepaslike persone in hierdie posisies aan te stel. Die situasie bied die geleenthede om ongelykhede ten opsigte van geslag en ras reg te stel;

� Die toenemende belangrikheid en groeiende globale bewustheid van omgewingstendense, veral in die konteks van volhoubare ontwikkeling, het 'n positiewe impak op grondslag 'n geheel, om die omgewingsprestasie van alle sektore te verbeter, wat 'n bemagtigende omgewing vir die Program daarstel;

� Die Program het toegang tot tegnologiese infrastrukture wat binne die ProvinsialeRegering beskikbaar is;

� Die bestaande bilaterale ooreenkomste, soos diè tussen die Provinsie en Beiere, Quebec, Shangdong, Bo-Oostenryk, Kalifornië en ander, voorsien die Program van geleenthede om kennis en inligting met organisasies en kenners uit hierdie vennootstate uit te ruil;

� Die rykdom en aanskoulikheid van die Provinsie se natuurlike hulpbronne en algemene kusomgewing leen dit tot die bystaan van die provinsiale regering se onontbeerlike in die aanspreek van die sleutel- verpligting t.o.v. werkskepping en armoedeverligting.

� KRITIESE UITDAGINGSDie grootste uitdagings vir die Program is die implementering van 'n nuwe paradigma met betrekking tot die regstel van die ongelykhede in menslike nedersettings en ruimtelike beplanning, om by te dra tot werkskepping en om armoedeverligting aan te spreek deur die regverdige toegang tot, en voulhoubare gebruik van, ons natuurlike hulpbronne.

Daar word van die Program vereis om die program vir die produksie van toepaslike uitsette, soos uiteengesit in die Mediumtermyn Omgewingsektorimplementeringsplan (MTOSIP) aangeneem deur die OmgewingsMINMEC, te ontwikkel en te bestuur. Die MTOSIP- uitsette spesifiek vir die verskillende sub-programme, is deel van die sleuteluitdagings van die subprogramme in die Jaarlikse Prestasieplanne. Die volgende uitsette het 'n wyer toepassing binne die Program:

� Die integrasie van die Wêreldberaad op Volhoubare Ontwikkeling (WBVO) se Johannesburgse Implementeringsplan (JIP), sowel as die doelwitte en beginselsvervat in die Nasionale Ruimtelike Ontwikkelingsperspektief (NROP), tot groeps- en departementele strategiese planne;

� Ondersteuning van interregeringstrukture wat verband hou met omgewingsbestuur,deur wetshervorming, koöperatiewe regering en dwarsleggende verslaglewering;

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 26: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

24

� Ondersteuning van die inisiatiewe en forums van plaaslike regerings;

� Program wat direk en indirek bydra tot werkskepping, deur die ondersteuning van nasionale en provinsiale inisiatiewe soos die Uitgebreide Openbare Werke-program en Projek Konsolideer;

� Verseker dat die Program vooruitgang toon in die realisering van die omgewingsreg, en demonstreer dit kwalitatief en kwantitatief;

� Opstel en uitvaardiging van provinsiale beleid, wetgewing, norme, standaarde en riglyne en kennisgewings in terme van nuwe provinsiale en nasionale raamwerkwetgewing wat ontwikkel is;

� Die implementering van nuwe funksies soos Luggehaltebestuur en die gelyktydige opbou van die vermoëns van munisipaliteite ten opsigte van hierdie funksie;

� Verseker volhoubare ruimtelike beplanning in die Provinsie;

� Verseker nakoming van en ooreenstemming met die PROR en ander Provinsialebeplanningsvoorskrifte;

� Omskakeling van toekomstige nasionale kosteverhalingstelsels na provinsiale regulerende prosedures;

� Ontwikkel en implementeer 'n provinsiale vermoënsbouprogram ten opsigte van Multilaterale Omgewingsooreenkoms (MOO) implementering;

� Verseker dat provinsiale departemente en streekkantore van nasionale departemente uitdrukking gee aan die Provinsiale Omgewingsimplementeringsplan se doelwitte en dat munisipaliteite se GOP'e daarmee in lyn is;

� Verseker die gerigtheid van lisensiërings-, permituitreikings- en magtigingsprosesse wat spruit uit die nuwe wetgewende raamwerke, om 'n geïntegreerde regulerende stelsel te skep;

� Fasiliteer die bou van provinsiale vermoëns, voorspraak en omgewingsopvoeding en bewusmakingsinisiatiewe om die ontwikkeling van volhoubare ontwikkelingsprogramme te fasiliteer en te ondersteun;

� Monitering en evaluering van die implementering van departementele beleid, planne en programme;

� Moniteer nakoming en toepassing van wetgewing t.o.v. die omgewing;

� Bevorder koöperatiewe regering met alle staatsorganisasies waarvan die wetgewende mandate oorvleuel met die kernfunksies van die Departement, of dit beïnvloed;

� Die ontwikkeling van geïntegreerde inligtingsbestuurstelsels om besluitneming,beleidsmaking en omgewings- en ruimtelike beplanning te ondersteun;

� Vul poste en beraam planne om personeel in alle poste binne die Program te behou, ten einde die nuutgestruktureerde Departement in werking te stel;

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 27: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

25

� Doeltreffende bydrae tot die Departementele omgewingsbeplanning en erfeniswethervormingsprogram, ten einde te verseker dat die provinsiale beplanning,biodiversiteit, kusbestuur en besoedeling- en afvalbestuur aspekte alles in die wetgewing opgeneem word.

12.2 BELEIDE, PRIORITEITE EN STRATEGIESE DOELWITTEDie doelwitte en prioriteite van die Program, soos hieronder gestel, bly getrou aan en onderskryf die provinsiale en nasionale beleid en riglyne en spesifiek die visie van die Wes-Kaapse Regering om 'n ‘Tuiste vir Almal’ te skep, en word gerugsteun deur die strategie van iKapa Elihlumayo, soos uiteengesit in die Provinsiale Groei en Ontwikkelingstrategie.

Die Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk voorsien 'n ruimtelike dimensie aan die beleid en strategieë van die Program en die subprogramme en is in ooreenstemming met die Nasionale Ruimtelike Ontwikkelingsperspektief. Dit neem voorts ook kennis van en is in ooreenstemming met die Nasionale Mediumtermyn Omgewingsektorplan.

STRATEGIESE DOELWIT 1:Om baanbreker-leierskap en vernuwende benadering tot volhoubare omgewingsbestuur en geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning daar te stel.

STRATEGIESE MIKPUNT:� Om 'n paradigma-skuif te bewerkstellig in die beplannings- en omgewingsbestuur vir die

ontwikkeling van mens-gesentreerde stelsels, maatstawwe en prosesse.� Om omgewingsintegriteit en progressiewe vervulling van omgewingsregte te verseker.

KRITIESE MEETBARE DOELWITTE� Om strategiese besluitneming en ingryping te ondersteun, ten einde beplanning en

omgewingsbestuur te versterk

� Om moniteringsmaatreëls, beleid en programme vir omgewingsbewaring te implementeer

STRATEGIESE DOELWIT 2:Om die lewensgehalte van alle mense te verbeter deur die daarstelling van lewendige, geïntegreerde en volhoubare menslike nedersettings.

STRATEGIESE MIKPUNT:

� Om ruimtelike beplanning te onderneem wat die volhoubare toekomstige ontwikkeling in die Provinsie sal bevorder en lei, en ruimtelike ongelykhede sal aanspreek.

� Om geïntegreerde en holistiese omgewings- en grondbestuur te voorsien om hernuwing in ons menslike nedersettings aan te wakker.

KRITIESE MEETBARE DOELWITTE:� Om die Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk te ontwikkel en ondersteuning en

riglyne vir die implementering daarvan te voorsien.

� Om programme wat gemik is op skoon, gesonde en verbeterde menslike nedersettings,te ontwikkel.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 28: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

26

STRATEGIESE DOELWIT 3:Die fasilitering van regverdige toegang tot en volgehoue gebruik van ons natuurlike hulpbronne.

STRATEGIESE MIKPUNT:� Om ingrypingstrategieë te ontwikkel ten einde gelyke toegang tot en gebruik van ons

natuurlike hulpbronne te bewerkstellig.

KRITIESE MEETBARE DOELWITTE:� Om geleenthede en potensiaal vir groei in die omgewingsektor te ontsluit

� Om geleenthede vir toegang tot ons natuurlike hulpbronne, spesifiek vir gemarginaliseerde gemeenskappe, te skep

� Om programme wat volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne bevorder, te ontwikkel en te implementeer

12.3 ONTLEDING VAN BEPERKINGS EN MAATREËLS OM DIT TE OORKOMDie primêre beperkings op die bereik van die program-doelwitte is:� Die traagheid van sommige munisipaliteite om omgewingsbestuur en volhoubare

ontwikkelingsbeginsels en -praktyk aan te neem en toe te pas ten einde die gehalte van die lewens van hulle inwoners te verbeter.

� Die impak van armoede en tekort aan werksgeleenthede in die Wes-Kaap.Ontwikkeling, wat werk en inkomste sal skep, is dikwels in konflik met die beginsel van volhoubare ontwikkeling en dit is 'n beduidende uitdaging om te verseker dat ontwikkeling so onderneem word dat dit nie die omgewing onnodig aftakel nie.

� Groot getalle amptenare wat die Program verlaat vir ander, beter-besoldigde posisies in ander regeringsdepartemente, munisipaliteite en die privaat-sektor.

� Gefragmenteerde omgewingswetgewing, grootliks te wyte daaraan dat die regsgeldige mandate toegewys is aan 'n aantal departemente en openbare entiteite binne al drie die regeringsfere.

� Onvoldoende Inligtingstegnologie- ondersteuning en 'n tekort aan geïntegreerde inligtingstelsels.

� Die onvoldoende toepassing van omgewingswetgewing deur die owerhede is 'n beduidende beperking op die bereik van die beplanning, omgewingsbestuur en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte en mikpunte van die Program.

� Swak-gedefinieerde rolle en verantwoordelikhede vir die verskillende regeringsfere.

� Die tekort aan betroubare data-stelle wat beskikbaar is vir beplanning op 'n toepaslik-uitvoerige vlak.

Maatreëls wat deur die program ingestel word om die bogenoemde beperkings die hoof te bied, sluit in:� Ontwikkel maatreëls om 'n nuwe paradigma met betrekking tot ruimtelike beplanning,

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 29: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

27

menslike nedersettings en benaderings tot die uitvoer van die funksies en verantwoordelikhede van die Program, te verseker;

� Wet-hervorming en die ontwikkeling van MOO'e om die rolle en verantwoordelikhede van die verskillende regeringsfere duidelik te maak;

� Verseker dat die provinsiale uitsette, soos vervat in die Mediumtermyn Omgewingsektor Implementeringsplan, uitdruklik in die werksaamhede van die Department ingesluit word;

� Identifiseer gemeenskapsgebaseerde projekte en implementeer hulle (onderhewig aan die beskikbaarheid van toepaslike oordragfondse);

� Werwing van personeel vir vakante poste so gou as moontlik;

� Ondersteun munisipaliteite in hul pro-aktiewe ruimtelike beplanning, ten einde duidelikheid te verseker oor waar ontwikkeling moet plaasvind, en watter areas bewaar moet word;

� Bepleiting en bewusmakingsprogramme om groter gemeenskapsbetrokkenheid en deelname te verseker;

� Ontwikkel geïntegreerde inligtingbestuurstelsels en akkurate datastelle.

12.4 BESKRYWING VAN BEPLANDE MAATREËLS T.O.V. GEHALTEVERBETERINGOrdelike, pro-aktiewe langtermynbeplanning is noodsaaklik om volhoubare ontwikkeling om 'n vreedsame samelewing te bevorder, geïntegreerde gemeenskappe, beter lewensruimtes en verbeterde lewensgehalte van al die burgers van die Provinsie te verseker.

Die Program sal werkskepping en armoedeverligtingsinisiatiewe ondersteun in 'n poging om te verseker dat die ‘Tuiste vir Almal’ binne 'n hoë gehalte omgewing bestaan, waar die omgewing volhoubaar bestuur word om aan die burgers van die Provinsie doeltreffende en doelmatige dienste te lewer.

Beplande gehalteverbeteringsmaatreëls vir die Program sluit in:� Deurlopende opleiding en ontwikkeling van personeelpotensiaal;

� Die skep van 'n korporatiewe omgewing en kultuur van behoort, omgee en ondersteuning, wat lojaliteit, produktiwiteit en dienslewering sal verhoog;

� Kapasiteitsbou - werkswinkels met gemeenskappe, amptenare en raadslede van munisipaliteite en ander belanghebbendes;

� Goed bestuurde vennootskappe met staatsorganisasies, insluitende munisipaliteite, sowel as omgewings- NRO's en GGO's, sodat omgewingsbestuurskwessies tot diep in die provinsiale gemeenskappe in kan strek.

� IT-ondersteuningsdienste aan munisipaliteite om te verseker dat betroubare inligting beskikbaar is vir beter besluitneming;

� Memoranda van Ooreenkoms met die belangrikste rolspelers, om funksies en dienslewering duidelik te maak.

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 30: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

28

12.5 BEFONDSINGS-INLIGTING� Personeel:� As gevolg van die onlangse herstrukturering van die Program het nuwe poste

ontstaan, wat gevul is in ooreenstemming met die billikheids van die Departement.Die ongelykhede in vergoeding en aansporing tussen die Provinsie, munisipaliteite en die private sektor, kniehalter egter die werwing en behoud van personeel.

� Die onervarenheid van die nuwe personeel moet aangespreek word deur middel van volgehoue en toereikende opleiding en programme wat vermoëns opbou.

� 'n Toereikende en doeltreffende aansporingskema (insluitende die ontwikkeling van 'n Kode van Vergoeding (KV) vir beroepsklasse wat dit nog nie het nie), om bekwame personeel te lok en te behou, behoort ondersoek te word.

� Die aanpassing van vergoeding tussen munisipaliteite en ander regeringsfere, behoort aandag te kry. (Nasionale bevoegdheid).

� 'n Doeltreffende personeel- en ondersteuningsdiens.

� Toerusting:� Om te verseker dat 'n hoë vlak van doeltreffendheid gehandhaaf word, moet

personeel van toepaslike toerusting voorsien word, ten einde hulle funksies suksesvol te vervul.

� Die voorsiening van voldoende kantoorakkommodasie vir personeel in die Program.� Handhaaf en verbeter kommunikasie-infrastruktuur en ondersteuningsdienste

(telekommunikasie; inligtingstegnologie).

� Stelsels:� 'n Doeltreffende geïntegreerde inligtingsbestuurstelsel (IBS), bv. 'n

dokumentbestuurstelsel en GIS, moet dringend ontwikkel word.� 'n Doeltreffende Registrasie is 'n voorvereiste vir die haal van die strategiese

doelwitte.

� Finansies:� Begrotingsbeperkinge kan die doeltreffende bereiking van hierdie Program se

strategiese doelwitte en mikpunte, kortwiek.

s

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 31: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

29

DEEL C: AGTERGRONDINLIGTING

13. BYLAE EEN: ANALISE VAN DIENSLEWERINGSOMGEWING

WETGEWING EN ANDER MANDATE

NASIONAALConstitution of the Republic of South Africa, 1996 Act No. 108 of 1996Seashore Act, 1935 Act No. 21 of 1935Workmen's Compensation Act, 1941 Act No. 30 of 1941Pension Funds Act, 1956 Act No. 24 of 1956Atmospheric Pollution Prevention Act, 1965 Act No. 45 of 1965Mountain Catchment Areas Act, 1970 Act No. 63 of 1970Sea Birds and Seals Protection Act, 1973 Act No. 46 of 1973Forest Act, 1984 Act No. 122 of 1984Environment Conservation Act, 1989 Act No. 73 of 1989Minerals Act, 1991 Act No. 50 of 1991Occupational Health and Safety Act, 1993 Act No. 85 of 1993Public Service Act, 1994 Proclamation No.103 of 1994Labour Relations Act, 1995 Act No. 66 of 1995Basic Conditions of Employment Act, 1997 Act No. 75 of 1997Division of Revenue Acts Act No.7 of 2003Employment Equity Act, 1998 Act No. 55 of 1998National Forests Act, 1998 Act No. 84 of 1998Skills Development Act, 1998 Act No. 97 of 1998National Environmental Management Act, 1998 Act No. 107 of 1998Public Finance Management Act, 1999 Act No. 1 of 1999Skills Development Levies Act, 1999 Act No. 9 of 1999Promotion of Access to Information Act, 2000 Act No. 2 of 2000Prescription Act, 1969 Act No. 68 of 1969Promotion of Administrative Justice Act, 2000 Act No. 3 of 2000National Archives of South Africa Act, 1996 Act No. 43 of 1996Disaster Management Act, 2002 Act No. 57 of 2002Hazardous Substances Act, 1973 Act No. 15 of 1973Mineral and Petroleum Resources Development Act, 2002 Act No. 28 of 2002Gas Act, 2001 Act No. 48 of 2001White Paper on Environmental Management Policy for Gazette 18894, Notice 749,

South Africa 15 May 1998White Paper on Integrated Pollution and Waste Management Gazette 20978, Notice 227,

for South Africa 17 March 2000White Paper for Sustainable Coastal Development In South Africa April 2000Removal of Restrictions Act, 1967 Act No. 84 of 1967Less Formal Township Establishment Act, 1991 Act No.113 of 1991Regulations in terms of Development of Black

Communities Act, 1984 Act No. 4 of 1984Physical Planning Act, 1991 Act No. 88 of 1967Development Facilitation Act, 1995 Act No. 67 of 1995Local Government: Municipal Systems Act, 2000 Act No. 32 of 2000Upgrading of Land Tenure Rights Act, 1991 Act No. 112 of 1991Extension of Security of Tenure Act, 1997 Act No. 62 of 1997Restitution of Land Rights Act, 1994 Act No. 22 of 1994Cape Outspans Act, 1937 Act No. 17 of 1937National Heritage Resources Act, 1999 Act No. 25 of 1999

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING

Page 32: 5 yr srtat and performance plan - Western Cape · 10 PROGRAM 1: ADMINISTRASIE 11 10.1 Situasie-ontleding 11 10.2 Beleid, Prioriteite en Strategiese Doelwitte 13 Strategiese Doelwit

30

Subdivision of Agricultural Land Act, 1970 Act No. 70 of 1970Tobacco Products Control Amendment Act, 1999 Act No. 12 of 1999National Water Act, 1998 Act No. 36 of 1998National Water Services Act, 1997 Act No. 108 of 1997Conservation of Agricultural Resources Act, 1983 Act No. 43 of 1983White Paper on the Conservation and Sustainable Use

of South Africa's Biological Diversity Gazette 18163 of May 1997The National Environmental Management: Biodiversity Bill, 2004 Act 10 of 2004The National Environmental Management: Biodiversity Bill: Gazette 26887, Commencement Proclamation Notice R. 47 of 2004The National Environmental Management: Protected Areas Act,

2003 Act 57 of 2003

(NB: It is expected that the act above (NEM: Protected Areas Act) will come into effect in the second half of 2005);

PROVINSIAALNoise Control Regulations Provincial Notice 627/ 1998Regulations promulgated in terms of the Environment

Conservation Act, 1989 R 1183 of 5 September 1997Western Cape Law on the Powers and Privileges of the Provincial

Legislature, 1995 Law No. 3 of 1995Provincial Development Council Law, 1996 Law No. 5 of 1996Constitution of the Western Cape, 1997 Act No. 1 of 1998Western Cape Land Administration Act, 1998 Act No. 6 of 1998Western Cape Nature Conservation Board Act, 1998 Act No. 15 of 1998Western Cape Planning and Development Act, 1999 Act No. 7 of 1999Western Cape Nature Conservation Laws Amendment Act, 2000 Act No. 3 of 2000

ORDONNANSIESLand Use Planning Ordinance, 1985 as amended Ordinance 15 of 1985Nature Conservation Ordinance, 1974 Ordinance 19 of 1974Problem Animal Control Ordinance, 1957 Ordinance 26 of 1957Municipal Ordinance, 1974 Ordinance 20 of 1974

Vyfjaar Strategiese- en Prestasieplan 2005 - 2009

WES-KAAPSE DEPARTEMENT VAN OMGEWINGSAKE EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING