49509 12fiff | 0flfl4395ll 0 49 · 2018-11-27 · 49509 12fiff | 0flfl4395ll 0 53 evelyn ferreira,...

5
49 LENTE 2018 | TaaLgENooT

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 49509 12fiff | 0flfl4395LL 0 49 · 2018-11-27 · 49509 12fiff | 0flfl4395LL 0 53 Evelyn Ferreira, wat betrokke is by die waardering en bevordering van die FAK-sangbundel as Afrikaanse

49 LENTE 2018 | TaaLgENooT

Page 2: 49509 12fiff | 0flfl4395LL 0 49 · 2018-11-27 · 49509 12fiff | 0flfl4395LL 0 53 Evelyn Ferreira, wat betrokke is by die waardering en bevordering van die FAK-sangbundel as Afrikaanse

50 TaalgenooT | lenTe 2018

PROTESMUSIEK

Page 3: 49509 12fiff | 0flfl4395LL 0 49 · 2018-11-27 · 49509 12fiff | 0flfl4395LL 0 53 Evelyn Ferreira, wat betrokke is by die waardering en bevordering van die FAK-sangbundel as Afrikaanse

51 LENTE 2018 | TaaLgENooT

DIE REGTE KLANK EN UITDAGENDE LIRIEKE KAN ’N GROOTSE BEWEGING AAN DIE GANG SIT EN VEEL MEER AS GEWEERSKOTE VERMAG ...

As musiek sy vuis bal

Page 4: 49509 12fiff | 0flfl4395LL 0 49 · 2018-11-27 · 49509 12fiff | 0flfl4395LL 0 53 Evelyn Ferreira, wat betrokke is by die waardering en bevordering van die FAK-sangbundel as Afrikaanse

52 TaalgenooT | lenTe 2018

PROTESMUSIEK

D ie “revolusie” in Suid-Afrika het in die tagtigs spoed gevang. Dit was ’n tyd gekenmerk deur landwye protes en verset teen die

apartheidsregering. Klippe is gegooi, letterlik én figuurlik. Skole is afgebrand, mense is in die strate ge-necklace en ’n noodtoestand is verklaar.

In daardie donkerte het musiek vir dié sonder ’n stem begin praat. Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band, Koos Kombuis en Bernoldus Niemand was aan die voorpunt van die Voëlvrybeweging: Afrikaanse protesmusiek oor apartheid, Afrikanernasionalisme en die status quo. Hulle het in April 1989 in die klub Countdown in Breëstraat, Johannesburg, begin en op ’n landwye toer vertrek wat nagenoeg 85 000 konsertgangers gelok het.

Musiek as protesVoëlvry staan uit in die Afrikaanse protesmusiekgeskiedenis, maar protesmusiek is geensins ’n moderne verskynsel nie. Daar is voorbeelde uit die Peasants’ Revolt van 1381 in Engeland en die Amerikaanse Vryheidsoorlog in die 1770’s. Maar dit was die ontstaan van rockmusiek in die 1950’s en ’n internasionale verset teen die Viëtnam-oorlog wat protesmusiek byna ’n genre op sy eie gemaak het.

Elvis se musiek klink vir moderne ore dalk na niksseggende dansliedjies, maar in 1956 skryf Rolling Stone die liedjie “Hound Dog” is “a declaration of independence from one generation to its cold, rigid elders”. Kort op sy hakke bied The Beatles se vrolike saamsingdeuntjies die deur tot ’n nuwe kulturele identiteit vir jongmense oor die wêreld heen. Later het die eks-Beatle John Lennon met sy solotreffer “Imagine” luisteraars gevra om saam teen oorlog en ongeregtigheid te staan.

Ander musikante het nie doekies omgedraai nie. Bob Dylan se “Blowin in the Wind” (“... how many years can some people exist / before they’re allowed to be free?”) het die temalied van die Amerikaanse burgerregtebeweging in die sestigs en sewentigs geword, en Johnny Cash se “Man in Black”, met sy eie uitrustings ter illustrasie, het in die sewentigs hárd oor armoede en oorlog (“I wear the black for the poor and the beaten down / livin’ in the hopeless, hungry side of town”) gepraat. Rock het ’n voertuig vir protes geword en is dit vandag steeds – met punk as sy jonger boetie.

Maar dis nie net protesoptrede wat verandering teweeg bring nie. “Imagine” was dalk ’n proteslied, sê Anja Pollard, musiekterapeut en -kenner van Pretoria, maar dit het ook hoop gebied. “Musiek kan sosiale toestande vorm of reflekteer en speel ’n prominente rol in die fasilitering van maatskaplike verandering,” voeg sy by. “Dit kommunikeer sonder die beperking van woorde; dit het die besonderse vermoë om onmiddellike en intense emosies by mense op te wek; en dit dra by tot die ontwikkeling van individuele, groep- en nasionale identiteite.”

Of protesmusiek noodwendig nuwe bewegings veroorsaak en of dit eerder die massa is wat ’n temalied vir

bestaande bewegings kies, is debatteerbaar, maar musiek se invloed kan nie onderskat word nie. “Nuwe bewegings kan geweldig baie baat vind by musiek, wat die identiteit en intensie van die beweging kan vasvang,” sê Anja. “Verandering kan nie in isolasie gebeur nie en musiek bied ’n manier om mense bewus te maak van kwessies, eenheid te bewerkstellig, alternatiewe visies van die toekoms te skets en aksie te inspireer.”

Magiese musiekHoe is dit dat ’n refrein meer kan doen om die massa op te sweep as honderde protesaksies? Kyk maar na Childish Gambino (oftewel die akteur/sanger Danny Glover) se onlangse “This is America”, ’n proteslied oor onder meer vuurwapenmisdaad, wat met meer as 350 miljoen trefslae op YouTube spog sedert dit in Mei uitgereik is. Daarteenoor het die March for Our Lives-protesaksie vir strenger wapenbeheer, wat in Maart op 800 plekke oor die VSA heen gehou is en volgens Newsweek een van die grootste protesaksies in die Amerikaanse geskiedenis was, net sowat twee miljoen mense gelok.

“Glover raak aan onderwerpe soos vuurwapenbesit, geweld en rassediskriminasie. Dis ’n weerspieëling van brandpunte in die hedendaagse Amerikaanse samelewing, maar die opslae wat dit wêreldwyd gemaak het, dui daarop dat dit globale probleme hanteer,” sê Anja.

Ja, daar is dié wat bloot die melodie of ritme van die liedjie geniet of nuuskierig was, maar die honderde artikels wat al daaroor geskryf is (The New Yorker het dit ’n “powerful rally cry” genoem) bewys dat dit ’n verreikende invloed het. Net só het die Engelse sanger Peter Gabriel in 1980 ’n internasionale gehoor van die aktivis Steve Biko se dood in aanhouding bewus gemaak met sy lied “Biko” – die eerste anti-apartheidproteslied buite Suid-Afrika.

Anja verduidelik: “Musiek het ’n uitwerking op die primitiewe motivering-, beloning- en emosionele sentra in die brein. ’n Protesaksie kry gewoonlik eers momentum wanneer die skare saam begin dreun of sing, want musiek versterk, mobiliseer, verenig en inspireer die groep om sy boodskap hard en duidelik uit te dra.”

Boonop kom kunstenaars daarmee weg om baie meer te sê as openbare figure, of om dít te sê wat Jan Alleman te bang is om uit die mou te laat. “Dis omdat kunstenaars die rol van die argetipiese hofnar in ons moderne samelewing vervul. Die koning kan kies om daarna te luister of dit te ignoreer,” sê sy.

Helaas, selfs die kunste is ook nie altyd veilig nie. In 1963 is Vuyisile Mini weens politieke misdaad gearresteer nadat hy die lied “Ndodemnyama we Verwoerd” (“Oppas, Verwoerd”) geskryf het. Hy het volgens getuies dié lied gesing terwyl hy na die galg begelei is. Meer onlangs, in 2012, is twee lede van die Russiese aktivis-punkgroep Pussy Riot tot twee jaar tronkstraf gevonnis weens vandalisme ná ’n optrede in ’n kerk waarin hulle pres. Wladimir Poetin gekritiseer het.

Page 5: 49509 12fiff | 0flfl4395LL 0 49 · 2018-11-27 · 49509 12fiff | 0flfl4395LL 0 53 Evelyn Ferreira, wat betrokke is by die waardering en bevordering van die FAK-sangbundel as Afrikaanse

53 LENTE 2018 | TaaLgENooT

Evelyn Ferreira, wat betrokke is by die waardering en bevordering van die FAK-sangbundel as Afrikaanse kultuurerfenis, sê dr. Frits Kok, voormalige besturende direkteur van die ATKV, se stelling oor die teater meer as 25 jaar gelede is ook op musiek van toepassing: “Dit vermaak nie net nie, dit ontmasker; dit voed nie net op nie, dit breek soms af. Dit kommunikeer deur middel van woord en handeling en bou só op ’n besondere wyse aan ’n volk se kultuur.”

“Musiek vermaak mense,” sê Evelyn, “en dís wat die kunstenaar – bedoeld of onbedoeld – toegang gee tot die luisteraar se denkwyse en ’n kragtige invloed daarop kan uitoefen. Noem dit ’n achilleshiel. Kunstenaars het die potensiaal om kultuurveranderingsagente te wees”.

Maar, voeg hy by, smaak verskil en die luisteraar (nes Anja se koning) het die volste reg om nié daardeur geraak te word nie. “Wie sê ’n wildvreemde musikant het die reg om sy mening aan enigeen op te dwing? En wie sê dis enigsins die kunstenaar se bedoeling? Mense kan luister waarna hulle wil en daarop reageer soos hulle wil. En dis waar die knoop lê: wat vir een ‘ontmaskering’ is, is vir die ander dalk ‘krap waar dit nie jeuk nie’. Daarom sal ’n genre soos die sogenaamde protesmusiek altyd kontroversieel wees.”

Nuwe protesmateriaalVoëlvry is dalk vir Afrikaanssprekendes die bekendste musiekprotesbeweging, maar dit is geensins die uitsondering nie. Reeds in 1956 het Strike Vilakazi “Meadowlands” geskryf in reaksie op Sophiatown se 60 000 inwoners, wat gewelddadig na die gelyknamige township verplaas is, en dit het ’n vroeë simbool van die anti-apartheidsbeweging geword. Die sangeres Miriam Makeba was nog ’n prominente anti-apartheidsaktivis terwyl sy van 1960 vir 31 jaar in ballingskap geleef het. En Hugh Masekela het “Soweto Blues” ná die Soweto-opstande in 1976 geskryf.

Afrikaanse musiek het vóór Voëlvry ’n gedaanteverwisseling ondergaan in die “musiek-en-

liriekbeweging” van die laat sewentigs wat ’n reaksie op die vertaling van oorsese musiek was. “Die doel van die beweging was om gehaltemusiek in Afrikaans te skep met lirieke waarvoor Afrikaanssprekendes nie skaam hoef te wees nie,” vertel Evelyn. “Anton Goosen was die eerste kunstenaar om dit te doen en ander, soos Jannie du Toit en Laurika Rauch, het kort daarna gevolg.”

Dit het die weg vir alternatiewe kunstenaars soos Kerkorrel en die Voëlvrybeweging gebaan. Gehore was honger vir nuwe Afrikaanse musiek en gereed vir verandering. “ ’n Nasionale kultuurskuif was tóé onvermydelik en die Voëlvrybeweging het hom beywer om die Afrikanerjeug daaroor in te lig en voor te berei vir die nodige veranderinge wat moes plaasvind,” sê Anja.

Hierdie struggle is nog lank nie verby nie. Meer as twee dekades ná Voëlvry geniet Afrikaanse protesmusiek opnuut aandag. Musikante sing deesdae oor misdaad, armoede en korrupsie, om maar ’n paar temas te noem.

Fokofpolisiekar sing in “Brand Suid-Afrika” oor die Afrikaner se “landmyne van skuldgevoelens in ’n eenman-konsentrasiekamp” ná apartheid. In “Reconciliation Day” verklaar Kombuis “ons strate is vol bloed, elke dag ’n begrafnisstoet, hulle steel al ons goed”.

Abel Kraamsaal kla oor die gevolge van “BEE”, Glaskas se “Geagte meneer die President” drup van sarkasme en Van Coke Kartel verander die lirieke van Carike Keuzenkamp se trotse “Dis ’n land” na “Dis ’n land van korrupsie en goddank”.

Op die keersy is daar die “De la Rey”-fenomeen. Dis na aanleiding van Bok van Blerk se gelyknamige lied, wat sommige laat voel of nasionalisme nie wil gaan lê nie en vir ander weer ’n identiteitsleemte vul. Steve Hofmeyr wat keer op keer Die Stem by sy konserte sing is nog ’n voorbeeld. “Baie Afrikaners is steeds op soek na grond onder hul voete; ’n sin van waardigheid en behoort onder die beskerming van goeie leiers,” sê Anja. “Enersyds moet ’n mens onthou dat ’n nuwe kultuur en nasionale identiteit nie oornag gebeur nie en dat ons musiek benodig wat ons land se mense se stories vertel, maar andersyds versterk dit verdeling onder mense om terug te gryp na ‘die goeie ou dae’.

“Nes musiek mense kan hoop gee, laat dans en feesvier, hulle opbou en verander, het dit die vermoë om te verdeel, te vervreem en af te breek. Propaganda, intimidasie, dreigemente, diskriminasie en geweld kry dikwels ’n baie effektiewe vastrapplek in musiek – met ondenkbare gevolge.”

Dalk het Bittereinder in “Ware verhaal” die beste raad: “Sê tog die musiek beteken nog iets – as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix? Ek soek al vir jare na die ware verhaal, die ritmes in ons bloed wat ons lewens bepaal.”

DEUR DELIA DU TOITILLUSTRASIE: CHRIS VALENTINE

’n Protesaksie kry gewoonlik eers momentum wanneer die skare saam begin dreun of sing, want musiek versterk, mobiliseer, verenig en inspireer die groep om hul boodskap hard en duidelik oor te dra.

53 LENTE 2018 | TaaLgENooT