storage.googleapis.com · web viewpak ook meer gesonde peuselhappies in, soos vrugte, growwe...

11
Eerste keer koshuisbrakkie DIS SUPER DOEPER PRET!! Die koshuislewe is nie vir sissies nie. Ouers gaan gedeeltelik slaapagterstand lei, haal maar vinnig in. Onthou mamma en pappa, koshuistyd is groot pret en lekker speel-speel werk. Koshuislewe bring goeie herinneringe van saam met maats speel en stry. Mamma’s en pappa’s vertrou jou kind en huismoeder. Geen probleme is vir ‘n ouer en koshuismoeder te groot om te bespreek en hanteer nie. ‘n Glimlag vertel alles.

Upload: others

Post on 28-Dec-2019

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Eerste keer

koshuisbrakkie

DIS SUPER DOEPER PRET!!Die koshuislewe is nie vir sissies nie.

Ouers gaan gedeeltelik slaapagterstand lei,haal maar vinnig in.

Onthou mamma en pappa, koshuistyd is groot preten lekker speel-speel werk.

Koshuislewe bring goeie herinneringe van saammet maats speel en stry.

Mamma’s en pappa’s vertrou jou kind enhuismoeder.

Geen probleme is vir ‘n ouer en koshuismoeder tegroot om te bespreek en hanteer nie.

‘n Glimlag vertel alles.

Is my kind gereed?

Hoe jy dit makliker kan maakBegin so vroeg as moontlik met jou kind se voorbereiding:

Begin van kleins af om al die aspekte van jou kind se ontwikkeling hierbo testimuleer. Moedig haar aan deur haar selfsorgtakies te gee, dissipline en ‘n vasteroetine konsekwent toe te pas en haar pre-Primêre skool toe te stuur indien moontlik.

Laat haar toe om van jou as ouer te skei en haarselfas ‘n mens uit eie reg te beskou.

Verskaf liefdevolle geborgenheid in die gesin. Dit skep ‘n veilige basis van waar sy haar vlerke kan sprei en waarheen sy altyd kan terugkeer.

Moenie jou eie angs oor jou kind wat koshuis toe gaan, noem, waar sy dit kan hoor nie.Dit laat haar dink die koshuislewe is aaklig en en dat sy en haar ouers dit glad nie sal kan hanteer nie.

Wees self georganiseerd. As jy nie jou kind se klere, kos en ander benodighede betyds voorberei nie, kan sy beangs voel. Maak seker haar klere is gemerk.

Neem jou kind vooraf na die koshuis, sodat sy presies kan sien waar sy gaan bly.

Laat haar verstaan dat sy koshuis toe moet gaan weens julle omstandighede en nie omdat jy haar nie meer by die huis wil hê nie.

Hoe weet jy?‘n Voorvereiste is dat jou kind skoolgereed moet wees. Volgens Lieschen Lategan, ‘n Voorligtingsielkindige, behoort ‘n kind wat die ontwikkelingstake bemeester het wat by haar ontwikkelingsfase en ouderdom pas, makliker by ‘n verandering soos die koshuislewe aan te pas. Sy is emosioneel gereed vir die koshuis indien sy die volgende onder die knie het:

Sy het al ‘n goeie selfkonsep. Dit beteken sy ervaar haarself as iemand op haar eie en kan dus van haar ouers skei sonder om te angstig of skuldig daaroor te voel . Sy kan ook haar emosie in ‘n groot mate beheer.

Sy kan goed genoeg kommunikeer om verhoudings te bou , te sosialiseer en haar behoeftes uit te spreek.

Sy het reeds motorise vaardigehde bemeester soos om self te eet, aan te trek en met selfvertroue te hardloop, te klim en klouter , te verf en te teken.

Haar geslagsrolidentiteit is gevestig – dit help ook met sosialisering in die koshuis.

Verstandelike vaardighede soos basiese geheue en syfervaardighede neem al vorm aan. Dit help haar om haar te organiseer wat betref tyd en om self iets te onthou soos: “Ek moet ‘n prent soek en dan al my klere kamer toe neem as ek klaar gestort het”

Kinders wat nie ouer broers of suster het nie, sukkel soms ‘n bietjie meer om hul

plekkie tussen ander kinders te vind.Vroeë

blootstelling aan ander maats is uiteraad

belangrik sodat hulle kan leer om hulself te

handhaaf

Dié probleme gaan gewoonlik ná ‘n rukkie vanself verby. Jy kan jou kind help deur……..

‘n gesinsfoto in haar Bybel of kas vas te plak, waarna sy kan kyk as sy verlang;

‘n teddiebeer of geliefde pop saam koshuis toe te stuur om te help troos ( te veel speelgoed kan egter maklik wegraak);

‘n “noodtassie” in haar kas te sit soos ‘n skoendoos met papier en ou tydskrifte, as prente gesoek moet word, pypskoonmakers, rekkies, gom, gekleurde stukkies karton, wol, tou en roomysstokkies. ‘n Koshuiskind voel soms verlore as sy materiaal vir take skool toe moet vat;

duisend soentjies in haar hand te bêre wanneer julle afskeid neem. Sy kan enige tyd ‘n soentjie uithaal as sy op ‘n dag sou verlang;

te dikwels met jou kind oor die telefoon te praat nie – anders herinner jy haar net daaraan dat sy jy jou eintlik mis!;

dit met die aflaaislag baie duidelik te maak dat jy haar weer kom haal. Sê ook vir haar wanneer – en hou daarby; en

nie te lank te neem om van haar afskeid te neem nie.Gee ‘n soentjie en stywe drukkie en sê:

“Ek kom haal jou weer Vrydag. Dis nog net vyf slapies”

Julle huis moet ‘n veilige hawewees van waar sy haar vlerke kan sprei

en waarheen sy kan terugkeer

As die probleme groter isSommige kinders sukkel meer as ander om aan te pas. Die volgende tekens behoort jou te waarsku dat jou kind die lewe in die koshuis nie goed hanteer nie, en dat jy liefs moet hulp soek:

Skeidingsangs wat nie ná die aanvanklike aanpassing opklaar nie;

Regressie: Jou kind verloor vaardighede wat sy voorheen bemeester het en tree soms op soos ‘n jonger kind, soos om weer bed nat te maak of haar duim te begin suig;

Probleme by die skool soos swak konsentrasie (as dit nie aan ‘n leerprobleem toegeskryf kan word nie)

Sosiale onttrekking: Jou kind kan ook belangstelling verloor in aktiwiteite wat sy voorheen geniet het;

Prikkelbaarheid en agressie wat uitting vind in die uitdaging van die reëls oor dinge

soos slaaptyd en huiswerk;

Wat om die eerste twee

weke te verwag*

Jou kind weier om skool/koshuis toe te gaan.

*

Sy sukkel om van jou te skei wanneer jy moet ry.

*

Moegheid: Sy voel dalk totaal oorweldig deur al die stimulasie op intellektuele, emosionele, en sosiale vlak en raak dus fisies uitgeput.

*

Sy sukkel aanvanklik om maatjies te maak. Dit neem sommige kinders ‘n ruk om vriende te maak en sy kan kla dat sy nie ‘n maatjie het nie, dat die kinders haar nie wil laat saamspeel nie of dat hulle “ongeskik” met haar is .

Gedragsprobleme: ‘n Kind wat voorheen gebalanseerd was, raak skielik moeilik; Slaapsterunisse: Jou kind begin nagmerries kry of sukkel om aan die slaap te raak

of deur te slaap; Jou kind kan abnormal baie of min begin eet; en Sy kan fisiek siektesimptome soos hoofpyn of maagpyn kry waarvoor daar geen

mediese rede is nie.

Maak seker dat jou kind oor naweke goed rus

Hoe jy kan help

Pinehurst Meisieskoshuis

Jan van Riebeeckweg 186Oudtshoorn

Wees sensitief vir die behoeftes van ‘n kind met aanpassingsprobleme, sê Liechen Lategan, “Luister met aandag na haar “klagtes” en laat haar emosioneel ontlaai sonder om te oordeel en ontsteld te raak of onsimpatiek te wees”“Al is jy hoe ontsteld, moet jy nie beheer oor jou emosies verloor nie. Stel ‘n voorbeeld van die probleemoplossing. Sê meskien iets soos ‘Ek verstaan dat jy ‘n probleem het omdat niemand by die koshuis met jou wil speel nie. Kom ons dink wat ons daaraan kan doen.”Lategan sê skeidingsangs ontwikkel dikwels omdat ‘n kind bang is haar ouer kom iets oor en sy is dan nie daar om die ouer op te pas nie. “Verseker die kind dat jy gelukkig, tevrede en veilig is. Hou die afskeid en verwelkoming ná en voor naweke lig en vrolik. Neem die vrymoedigheid om die koshuisouers te vra om ondersteunend te wees”As regressie, slaapsteunisse en gedragsprobleme te lank duur, kan ‘n sielkundige help om die ongelukkigheid te ondersoek, aan julle as ouers leiding te verskaf en vir jou kind hanteringvaardighede te leer. Fisiese simptone moet deur ‘n dokter ondersoek word.“’n Goeie nagrus en gesonde voeding kan soms die verskil tussen hoop en wanhoop beteken. Laat jou kind oor naweke goed rus. Pak ook meer gesonde peuselhappies in, soos vrugte, growwe beskuit, neute, rosyne en sap in die plek van gaskoeldran, lekkers en koekies.“Laastens: Laat jou kind verstaan dat jy weet sy het die vermoë om aan te pas, maar dat jy altyd daar sal wees as haar steunpilaar.”

6625Tel: 044 272 6155

044 279 1755 jsch@t

elkomsa.net

LYS VAN BENODIGDHEDE VIR KOSHUIS

1. Beddegoed: Kussings, kussingslope, komberse, lakens, duvet, duvetoortreksel ens.

2. Breekware:Beker en glas vir tee, koffie en koeldrank(Die koshuis maak voorsiening vir ‘n ketel, sowel as ‘n mikrogolfoond).

3. Toerusting vir kamer:Slot met spaarsleutel vir klerekas.Opsioneel: Bedmatjie, bedliggie en versierings.Klein yskassie en waaier, een per kamer.Weens brandgevaar en hoë elektrisiteitskostes word GEEN verwarmers of elektriesekomberse toegelaat nie.

4. Algemene drag: Ontspanningsdrag soos deur ouers goedgekeur.Daar word van die dogters verwag om ten alle tye fatsoenlik gekleed te wees. Alle fietse moet voorsien word van sy eie slot.Elke dogter sal uitgereik word met ‘n sleutel vir haar kamer sowel as ‘n toegangskyfie wat haar toegang tot die koshuisterrein sal bied. “n Deposito van R100 is hiervoor betaalbaar.

5. Wasdiens:Die koshuis lewer ‘n wasdiens teen ‘n ekstra fooi van R480.00/kwartaal.Verseker dat alle kledingstukke duidelik gemerk is. Slegs wasgoed in ‘n wasgoedsak word aanvaar. Wasgoed moet vergesel wees van ‘n notaboekie waarin alle kledingstukke wat in die was gegooi word aangeteken word en met ontvangs van skoon wasgoed gekontroleer word

6. Toiletware:Toiletpapier, shampoo, seep, tandeborsel, tandepasta, deodorant ens. Handdoek

7. Noodhulp: Slegs parasetamol mag aan die leerders gegee word deur die huismoeder. Maak voorsiening vir ‘n volledige noodhulptassie vir u dogter met die nodige medikasie wat sy moontlik kan benodig: Hoofpynpille, koors-, verkoue-, naarheid-, maagkrampmiddels, pleisters, anti-allergiese middels asook oogdruppels.Vir verdere navrae skakel gerus die koshuismoeder.

WYSE VAN BETALING MANNER OF PAYMENTVolle bedrag met ingang van eerste kwartaal. (tjek / kontant / elektroniese betaling)

Full payment with start of first term (cheque / cash / electronic payment)

4 kwartaalikse paaimente betaalbaar op eerste dag van kwartaal (tjek / kontant / elektroniese betaling)

4 quarterly payments payable on the first day of term (cheque / cash / electronic payment) (cheque / cash / electronic payment)

10 maandelikse paaimente vanaf 15 Januarie 2014 soos per magtiging

10 monthly payments from 15 January 2014 as per authorization (debit order / stop order)

(debietorder / aftrekorder)

DEBIETORDERBETALINGDEBIT ORDER PAYMENT

Volgens die nuwe Kredietwet moet die debiteur die debietorder met sy/haar bank reël sodat die regte bedrag voor die einde van die maand oorbetaal word in die volgende rekening:

According to the new Credit Act the debtor is responsible for arranging the debit order with his/her bank so that the correct amount is paid over into the following account:

HOëRSKOOL OUDTSHOORN KOSHUISEFNB

OUDTSHOORN 21041462235905752

Koshuisgelde is VOORAF BETAALBAAR. Geen koshuisleerder sal toegelaat word sonder ‘n skriftelike reëling met die superintendent nie.Hostel boarding fees is PAYABLE IN ADVANCE. No hostel learner will be admitted unless a written agreement with the superintendent have been reached.

Onderteken te op hierdie dag vanSigned at __________________ on this ____________ day of _______________

Geteken (rekeninghouer)Signed (account holder) ______________________________________________________

Geteken (ouer/voog) DatumSigned (parent/guardian) _______________________________ Date _______________

KredietwetKoshuisbrief van Hoërskool Outshoorn Koshuise

Geagte Ouers