€¦  · web viewdie woord wat ons seker die heel meeste hoor vandat ons kan verstaan, is werk!...

9
Beste Kuns leerders en Ouers Julle het reeds twee weke voor die skool gesluit het jul tweede PAT opdrag en asesseringsprogram ontvang.Ouers het ook reeds hiervoor geteken.Ek het wel vir julle gesê om maar die lêer en kunswerk te voltooi vir wanneer die skool weer gaan begin, aangesien julle nou lekker tyd gaan hê om aan jul kuns te werk en ook omdat julle dalk toegegooi gaan wees met ekstra klasse en baie huiswerk.Ons het ook nog ń PAT 3 om te doen. So ek stuur net weer die Opdrag en Asesseringsprogram vir riglyne. Ek twyfel glad nie aan julle vermoëns, vaardigheid en “commitment” nie, en ek is vreeslik opgewonde om julle werk te sien. As jy nie ń Canvas het nie, onthou, papier en teken is ook Kuns.Of, verf op ń ou tas of tafeltjie of asblik of skinkbord, maak dit sommer deel van die “Werk” tema.Jy kan enige grootte werk, dit hoef nie altyd A1 te wees nie.Besluit jy wat jy kan hanteer en doen dit goed. Ek kan nou nie sê gaan groot of gaan huis toe nie, so dis nou net : Bly by die huis en gaan groot! Geniet jou Kuns.Dis ń geskenk en gawe van God. Ouers, laat jou kind jou betrek en vat ń les of twee van hulle, maak iets moois.U kan sommer die einde van die jaar u werk saam met u kind se werk uitstal, om hierdie tyd te onthou van samesyn en saamdoen. Ek stuur Maandag die inleiding van Hoofstuk 6 Klaar gepraat! Laat ons gaan Kuns! Juf.Dup xxx HOËRSKOOL BRANDWAG VISUELE KUNS GR.12 Kwartaal 2 - PAT 2 2020

Upload: others

Post on 30-Apr-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Beste Kuns leerders en Ouers

Julle het reeds twee weke voor die skool gesluit het jul tweede PAT opdrag en asesseringsprogram ontvang.Ouers het ook reeds hiervoor geteken.Ek het wel vir julle gesê om maar die lêer en kunswerk te voltooi vir wanneer die skool weer gaan begin, aangesien julle nou lekker tyd gaan hê om aan jul kuns te werk en ook omdat julle dalk toegegooi gaan wees met ekstra klasse en baie huiswerk.Ons het ook nog ń PAT 3 om te doen. So ek stuur net weer die Opdrag en Asesseringsprogram vir riglyne.

Ek twyfel glad nie aan julle vermoëns, vaardigheid en “commitment” nie, en ek is vreeslik opgewonde om julle werk te sien.

As jy nie ń Canvas het nie, onthou, papier en teken is ook Kuns.Of, verf op ń ou tas of tafeltjie of asblik of skinkbord, maak dit sommer deel van die “Werk” tema.Jy kan enige grootte werk, dit hoef nie altyd A1 te wees nie.Besluit jy wat jy kan hanteer en doen dit goed.

Ek kan nou nie sê gaan groot of gaan huis toe nie, so dis nou net : Bly by die huis en gaan groot!

Geniet jou Kuns.Dis ń geskenk en gawe van God.

Ouers, laat jou kind jou betrek en vat ń les of twee van hulle, maak iets moois.U kan sommer die einde van die jaar u werk saam met u kind se werk uitstal, om hierdie tyd te onthou van samesyn en saamdoen.

Ek stuur Maandag die inleiding van Hoofstuk 6

Klaar gepraat! Laat ons gaan Kuns!

Juf.Dup xxx

HOËRSKOOL BRANDWAGVISUELE KUNS GR.12

Kwartaal 2 - PAT 22020

TEMA : WERK, WERK, WERK!OPDRAG:

Die woord wat ons seker die heel meeste hoor vandat ons kan verstaan, is werk!“Ek het werk om te doen”“ Mamma/Pappa moet gaan werk”Dit woord word negatief gekonoteer met: “Ek kan nie, want ek moet werk”

Werk word geassosieer met iets wat jou tyd steel, jou gesinstyd beperk, iets wat maak dat die lewe net by jou verbygaan, totdat jy aftree en dan doodgaan.Almal wil weet watse werk wil jy eendag doen.Het jy al werk gekry?Die bybel sê in Genesis 3:19 “In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien, tot jy terugkeer na die aarde.

In Spreuke 6:6-8 :

“Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom.Hy het nie 'n leier nie, nie

'n opsigter of 'n regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer ,versamel hy sy

voedsel in die oestyd.

Hoekom moet mens altyd werk? Hou dit nooit op nie?

Uitgangspunte:

Finansiële aspekte, oorlewingLeefstyl en statusDoel (Purpose)Sou jy werklik gelukkiger gewees het as jy nie hoef te werk nie?Kan jy werk en gelukkig wees?Wat klassifiseer JY as werk? (Take ook werk?)

Volgens die Harvard “World happiness report” , het die volgende feite uit hul navorsing gekom:Om by die werkende wêreld aan te sluit is 'n onmiskenbare werklikheid van volwassenheid. Die meeste mense moet werk kry. Maar ongelukkig is daar berig dat tot 70% van die werkers nie eintlik tevrede is met hul loopbaankeuses nie. Baie mense werk elke dag tien of tien werksdae, wat die meeste van hul wakker ure in beslag neem, en waarvoor? Daar is selfs getoon dat salarisverhogings mense net gelukkiger maak tot 'n punt van ongeveer $ 80.000 - waarna daar 'verminderde voordele verbonde is aan die verhoging van u inkomste'.Verwante: Waarom meditasie die volgende groot produktiwiteitsinstrument is?Maar dit het ons laat dink ... omdat ons so geprogrammeer is om tradisionele werk te doen, kan dit ons ongelukkiger maak as ons nie werk nie? Volgens 'n stuk in 2017 in die Harvard Business Review, wat verwys na die 'World Happiness Report' en die Gallup World Poll, rapporteer 'individue wat werkloos is, ook ongeveer 30 persent meer negatiewe emosionele ervarings in hul daaglikse lewens.' Hulle merk op dat hoewel die geldelike veiligheid van indiensneming belangrik is vir emosionele welstand, daar ander sielkundige aspekte van indiensneming is wat bydra tot geluk, insluitend sosiale status, verhoudings, struktuur en doelwitstelling. Mense is sosiale wesens in ons kern, en ons vertrou op verhoudings met ander om ons daaglikse

lewens uit te leef, en daarom is dit sinvol dat daar belangrike aspekte van werk is wat finansiële aspekte oorskry.

Volgens hierdie logika moet ons werkomgewing redelik belangrik wees. Maar wat maak mense eintlik tevrede by die werk? Een sleutelfaktor is die manier waarop bestuurders hul werknemers aanspreek en met hulle omgaan. Navorsing het getoon dat die gedrag van die spanleier van kardinale belang is, en val in vyf belangrike dele: - Om mense emosioneel te ondersteun- Om mense se werk op 'n positiewe manier te monitor- Om mense te erken vir goeie prestasies- Respek vir die span se opinies en- Om saam te werk.

Outonomie is ook die sleutel. Individue wil weet dat hulle waardeer word en dat hul opinies gerespekteer word. Studies het getoon dat “mense wat verraai of geen erkenning kry by die werk nie, ervaar dit as 'n neurale impuls, net so kragtig en pynlik soos 'n klap teen die kop." Boonop werk die menslike brein beter as 'n individu gelukkig is, wat lei tot 'n toename van 12% in produktiwiteit - dit is die moeite werd om te verseker dat werknemers gebalanseerd en gesond leef.

Dus, waar val self-indiensneming of vryskut in hierdie bespreking? Daar word verwag dat vryskutters teen 2020 43% van die arbeidsmag sal uitmaak, so dit is 'n belangrike rol in die indiensneming-legkaart. In 'n stuk van Inc Magazine is berig dat 70% van die selfstandige persone wat ondervra is, beweer dat hulle gelukkig is met hul werk, terwyl slegs 48% voltydse werknemers beweer dat hulle gelukkig is. Verder het 94% van die vryskutters gesê dat hulle glo dat hul werk 'n belangrike bydrae tot die wêreld lewer, terwyl slegs 76% van die voltydse werkers so voel.

Jy gaan jou kunswerk beplan en doen, om te wys wat jou opinie oor werk is.Dit kan die beeld wees van werk, die proses daarvan, die uitkoms/vrugte wat jy pluk, die satisfaksie of die negatiewe kant.Jou styl en tegniek, moet jou gevoelens en uitgangspunt verteenwoordig, asook die MATERIALE en TEGNIEKE wat jy kan gebruik.

Die volgende kunswerke verteenwoordig almal WERK:

Gr.12 Visuele Kuns Kwartaal 2ASSESSERINGSPROGRAM : PAT 2 – 2020

WEEK 8 K1 04/03-06/03 Inleiding en bespreking van nuwe tema, Breinkaarte en denkwyse, Inleiding hoofstuk 5

WEEK 9 K1 09/03-13/03 Moontlike idees en uitgangspunte word verder uitgebrei.Ideesketse en komposisie sketse word gefinaliseer.Hoofstuk 5

WEEK 10 K1 16/03-19/03 Verskeie idees/komposisies word met mediums, asook verskeie tegnieke van mediums gekombineer.Hierdie eksperimentering moet gedoen word met die oog op die beste keuse vir finale kunswerk.Die volgende moet

geinkorporeer word oor die volgende tydperk.

Droë mediums:- Houtskool- Pastel- Bruinpapier en Contè Nat mediums:- Jik & Ink - Waterverf- AkrielSketse en tegnieke:- Krabbeltegniek- Kruisarseringstegniek- Gedetailleerde tonale sketse met potlood- Gedetailleerde tonale sketse met pen- Gedetailleerde skets met kleurpotlood-Wit op swartHoofstuk 5 voltooi

VAKANSIE 23/03-27/03 Gebruik jou bronboek as ń “secret diary”. Speel elke dag met jou idees, kommentaar, gevoelens in jou boek.enige idees of uitgangspunte kan mee geeksperimenteer word met mediums/tegnieke en/of kombinasies.Moenie dieselfde komposisie herhaal nie!

WEEK 1 31/03-03/04 Rasionaal en navorsing/inspirasie van kunstenaars moet voltooi word. Finale idees en verwysingsmateriaal moet beskikbaar wees Verskeidenheid van tekentegnieke en tekenmediums soos genoem, moet nou toegepas word.Inleiding tot Hoofstuk 6

WEEK 2 06/04-10/04 Voltooing van alle sketse.A3 Kleurpotlood van finale idee is verpligtend.beplan medium, grootte en toepassing vir kunswerk.Hoofstuk 6

WEEK 3 13/04-17/04 Eerste twee lae van kunswerk.Hoofstuk 6 voltooi

WEEK 4 20/04-24/04 Werk aan kunswerk.Begin Hoofstuk 7

WEEK 5 27/04-0105 Kunswerk voltooi.Inleiding tot nuwe tema. Breinkaarte en bespreking van idees, PAT 3.Hoofstuk 7 voltooi.

WEEK 6 04/05-08/05 Bronboek word op ń daaglikse basis as ń dagboek gebruik.Eksperimentering met komposisies, mediums en

tegnieke word gedoen

WEEK 7 11/05 – 15/05 Verdere eksperimentering met mediums en tegnieke.Finale idees word nou gefinaliseer, asook finale rasionaal, kunstenaars en collage.

WEEK 8 18/05 – 22/05 EKSAMEN.Sketse en tekeninge met verskeie mediums en tegnieke is ongelooflik belangrik.Finale komposisies moet gedurende eksamen en vakansie met hierdie tegnieke voltooi word, as dagboek inskrywings.gebruik dit as ń geleentheid om van jou bekommernisse te vergeet, klein hoeveelhede op ń slag, eerder as om dit te sien as nog WERK!

WEEK 9 25/05-29/05 EKSAMEN

WEEK 10 01/06-05/06 EKSAMEN

WEEK 11 08/06-12/06 EKSAMEN