voorwoord - amaniyah.co.zaamaniyah.co.za/wp-content/uploads/2015/04/pages... · - ontbossing,...
TRANSCRIPT
a
VOORWOORD
Hierdie boek is saamgestel vir alleaspirant wetenskaplikes
en onnies jonk van gees!!!
Die NKABV-eksamen riglyne is gevolg.Dit is ontwerp om leerlinge te help om lewenswetenskappe
te verstaan en hulle eie te maak !
Aan al my kritiese kollega’s:Moet nie dat die eenvoud u flous nie.
Geen akademiese standaard het in die slag gebly nie!!
Saamgestel deur: J Grober
Uitgegee deur:
Tel: 074 278 8623 / 084 808 9606 Faks: 086 596 1071 Epos: [email protected]
Waarskuwing!!!
Daar bestaan kopiereg op hierdie publikasie. In terme van die Suid-Afrikaanse kopiewet sal enige persoon wat hierdie publikasie of enige deel daarvan kopieer of afskrifte maak hulle skuldig maak aan ‘n boete of trokstraf.
INHOUDSOPGAWE
KWARTAAL 1
DIVERSITEIT, VERANDERING EN KONTINUÌTEIT
1. BIODIVERSITEIT EN KLASSIFIKASIE VAN MIKRO-ORGANISMES
1.1 Mikro-organismes - Virusse 1- Protista 9- Bakterieë 13- Immuniteit 18- Fungi 29- Biotegnologie - maak van bier 35
1.2 Biodiversiteit van plante- Briofiete 37- Pteridofiete 49- Gimnosperme 55- Angiosperme 62
1.3 Biodiversiteit in die diereryk- Klassifikasie en filums 72- Porifera 78- Cnidaria 80- Platyhelminthes 84- Annelida 87- Arthropoda 90- Rol van invertebrata in landbou en ekosisteme 93- Chordata 94
KWARTAAL 2
LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE
1. ENERGIE-OMSETTING OM LEWE TE KAN ONDERHOU
1.1 Fotosintese - Faktore noodsaaklik vir fotosintese 102- Die dorsiventrale blaar 103- Die chemie van fotosintese 105- Die belangrikheid van fotosintese 107
- Fotosintese eksperimente 108
1.2 Voeding by soogdiere - Herbivore, karnivore en omnivore 117- Bou van die menslike spysverteringstelsel 117- Homeostatiese beheer van bloedsuiker 124- Fisiese en chemiese vertering 125- Aanvullings tot die dieet, alkohol en dwelms 129
1.3 Selrespirasie - Aërobiese respirasie en Anaërobiese respirasie 139- Die chemie van selrespirasie 141- Selrespirasie eksperimente 144
KWARTAAL 3
LEWENSPROSESSE IN PLANTE EN DIERE VERVOLG
2. GASWISSELING 2.1 Gaswisseling by organismes
- By plante en diere 150- Vereistes vir effektiewe gaswisseling 151
2.2 Die menslike asemhalingstelsel - Die menslike longe en luggange 152- Gaswisseling in die longe en weefsel 156- Respiratoriese siektes 158
3. UITSKEIDING BY DIE MENS
3.1 Ekskresie by verskillende organe- Longe, niere, lewer, vel en spysverteringstelsel 165
3.2 Die menslike urienstelsel - Samestelling van uriene 166- Die werking van die nefron 170- Homeostatiese beheer van water en soute 171- Siektetoestande in die nier 183
OMGEWINGSTUDIES
1. BEVOLKINGSEKOLOGIE / BEVOLKINGSDINAMIKA
1.1 Definisies - Bevolkings, nisse, biomassa, parameters 186
1.2 Bevolkingsgrootte - Faktore wat bevolkingsgrootte beïnvloed 186- Bevolkings groeivorme 190
1.3 Interaksie in die omgewing- Kompetisie, spesialisasie en predasie 192
1.4 Bepaling van bevolkingsgrootte 198
1.5 Simbioses - Kommensalisme, mutualisme en parasitisme 205
1.6 Sosiale organisasie- Sosiale gedrag, polimorfisme 209
1.7 Ekologiese suksessie- Primêre en sekondêre suksessie 213
1.8 Menslike bevolking- Bevolkingsgroei, Ouderdom en geslag 215
KWARTAAL 4
OMGEWINGSTUDIES VERVOLG
2. DIE MENS SE IMPAK OP DIE OMGEWING
2.1 Die atmosfeer en klimaatsverandering - Koolstofdioksied vrystelling 217- Ekologiese en koolstof voetspoor 217- Ontbossing, Kweekhuiseffek 218- Metaangasvrystelling, osoonlaag 220
2.2 Water- Beskikbaarheid van water, damme 222- Vleilande en swak boerdery 223- Uitheemse plantasies, boorgate, vermorsing van water 224- Waterkwaliteit, Effek van myne, Waterbesoedeling 225
2.3 Voedselsekuriteit - Swak boerdery, plaagbeheer 228- Gronderosie en bemestingstowwe, indringerplante 230- Genetiese manipulasie, impak op geenpoele 231- Vermorsing 232
2.4 Verlies aan biodiversiteit- Habitatvernietiging, Wildstropery, Inheemse kennis 233
2.5 Verwerking van soliede afval- Beheer van stortingsterreine 238- Hersirkulering 239- Metaangas, kernafval 239
GRAFIEKE WAT JY REEDS MOES BEMEESTER
I
A. DIE LYNGRAFIEK
1. Voorsien altyd jou grafiek van ‘n OPSKRIF en ‘n SLEUTEL met bv. kleure, veralas meer as een grafiek op dieselfde assestelsel aangedui word
2. Die asse moet die korrekte skaalindeling (bv. 2,4,6,8 of 3,6,9,12 ens.) hê en met ‘nnulwaarde begin
3. Die X-as word die ONAFHANKLIKE VERANDERLIKE genoem en is waardes watnie deur eksterne faktore beïnvloed word nie bv. maande, tyd van die dag, jaartalleens.
4. Die Y-as word die AFHANKLIKE VERANDERLIKE omdat die waardes bepaalword deur eksterne faktore (gevind op die X-as)
5. Die opskrifte van die asse met hul eenhede moet altyd aangedui word6. Die punte op die grafiek moet duidelik aangedui word volgens die X- en Y-waardes
X-as (Temperatuur in °C) 20 30 35 40 45 50
Y-as (Reaksietempo in mg/min) 2 3,5 4,5 5,5 5,5 1,2
Reaksietempovan ‘n ensiem(mg/min)
Temperatuur (°C)B. SIRKELGRAFIEKE
1. Die volle sirkel verteenwoordig 100% of 360°2. Al die segmente saam sal dus 100% of 360° opmaak
Om die grade van die sirkel te bereken: 10
10% = ------- X 360 = 36° 100 20
20% = ------- X 360 = 72° 100 3535% = ------- X 360 = 126°
100
II
C. HISTOGRAMME
1. Groepe data word langs mekaar geïllustreer om hulle met mekaar te kan vergelyk2. ‘n Reeks van data word dus langs mekaar aangetoon3. Die kolomme raak aan mekaar en is ewe breed4. Die asse asook eenhede van die asse moet soos die lyngrafiek s’n benader word
Aantal Sterftes
Ouderdom by afsterwe (jare)
D. KOLOMGRAFIEKE / BALKGRAFIEKE
1. Die kolomgrafiek lyk amper soos die histogram, maar daar is spasies tussen diekolomme
2. Elke kolom/balk stel basies iets anders voor en geen reeks word gevorm nie
BIODIVERSITEITMIKRO-ORGANISMES
VIRUSSE
DIVERSITEIT, VERANDERING ENKONTINUïTEIT
1
1. Mikro-organismes is geweldige klein organismes wat nie met die blote oog waargeneemkan word nie.
2. Die mikro-organismes dra by tot ekosisteme se biodiversiteit, aangesien miljoene van hulleaangetref word, en omdat hulle belangrike skakels in voedselkettings is
3. Mikro-organismes speel daagliks ‘n rol in - siektes bv. tering, vigs, cholera, malaria ens.- voedselproduksie bv. gis in broodbak, maak van wyn kaas ens.- verrotting van voedsel deur swamme en bakterieë- rioolsuiwering deur bakterieë
4. Dit sluit in - virusse wat wissel tussen 0,01 um tot 0,1 um ( 1 um = 0,001 mm)- bakterieë wat wissel tussen 0,1 um tot 5 um - protista - eensellige diertjies soos Amoeba asook diè wat siektes bv. Malaria veroorsaak - fungi - die swamme soos broodmuf en sampioene
INLEIDING :
1. Virusse kan leterlik beskou word as “dooie goed” wat skielik lewendig word sodra hullebinne selle van ander organismes (plante en diere ) beland!
2. Hulle is almal, sonder uitsondering, parasities op ander organismes waar hulle siektesveroorsaak.
3. In 1918 sterf 20 miljoen mense aan die groot griepepidemie wat - meer is as gedurende die Eerste Wêreldoorlog !!
4. Virusse besit net een lewensfunksie, en dit is VOORTPLANTING !! - Alle ander metaboliese aktiwiteite is dus afwesig !5. Virusse word passief deur lug, water, aanraking, liggaamsvloeistowwe ens. vervoer
DIE BOU VAN VIRUSSE
1. Hulle is besonder klein - slegs sigbaar onder baie hoë vergroting met elektronmikroskope2. Hulle is asellulêr aangesien geen ware selkern, ribosome of mitochondria voorkom nie3. Die liggaam bestaan uit - ‘n kapsied / proteïenomhulsel saamgestel uit kapsomere wat - ‘n nukleïensuur omsluit4. Die nukleïensuur is - RNA by virusse wat op plantselle leef en - DNA / RNA by virusse wat op dierselle leef5. Hul vorm kan wissel van staafvormig tot sferies (rond)
2
Die griepvirus Die tabakmosaïekvirus
Tipiese bou van ‘n diervirus
‘n Kubiese vratvirus
Die bou van ‘n bakteriofaag = ‘n virus wat bakterieë aanval!
Onder die elektronmikroskoop
3 VOORTPLANTING / REPLISERING VAN VIRUSSE
1. Virusse kan slegs voortplant binne lewende plant- of dierselle2. Die virus heg aan die sel vas en spuit sy nukleïensuur tot binne die sel3. Die proteïenomhulsel bly buite die sel agter4. Binne die sel neem die DNA / RNA die gasheersel se DNA / RNA oor5. Dit verander met ander woorde die chromosome van die sel = mutasie !!6. Nou beheer die virus-DNS die sel en de sel word nou ingespan om nuwe virusse te
vervaardig8. Sodra die sel uitgeput en vol nuwe virusse is, bars die sel oop en die nuwe virusse kom
vry. Die nuwe virusse val nou ander selle aan
Replisering van bakteriofaag virusse
Virus heg aan gasheersel
Nuwe virusse vrygestel Bakterie
DNS word ingeforseer -beheer nou gasheer DNS
Gasheer sel volnuwe virusse Gasheersel bou nou nuwe virusse op
BIOLOGIESE BELANGRIKHEID VAN VIRUSSE
Virusse veroorsaak siektes by plante, diere en die mens
BY PLANTE
1. Abnormaliteite by plante veroorsaak geweldige ekonomiese verliese2. Die tabakmosaïekvirus by tabakblare veroorsaak CHLOROSE by die blare
- Die blare is geel aangesien geen chlorofil gevorm kan word nie- Hierdie tabakblare is nutteloos vir die boer
4VERSPREIDING VAN VIRUSSE
1. Saam met - voedsel en drinkwater - kontak = hoes, nies, seksuele kontak - vektore (draers) soos muskiete, bosluise, vlooie en plantluise - Tot op hede word die Vigs-virus nog nie deur muskiete oorgedra nie!
- (Dankie tog!)2. As ‘n persoon in kontak kom met die virus, bou hy immuniteit teen die virus op deur
- teenliggaampies te vervaardig wat die virus sal herken en vernietig - Dit is hoekom babas met entstowwe teen siektes geënt kan word - Die entstof bevat verswakte/dooie virusse.
- Die baba word letterlik die siekte gegee sodat hy sy teenliggaampies teen dit kan vorm 3. Plante word spesiaal geteël om hulle teen sekere virusse bestand te maak
SIEKTES VEROORSAAK DEUR VIRUSSE
SIEKTE OORSAKE EN SIMPTOME BEHANDELING1.
Hondsdolheid
Veroorsaak deurdie Rabdovirus
Die dier word besmet deur ‘n bytvan ‘n dol (siek) dier. Die speekselvan die dol dier is vol virusse.Die virus val die sentralesenuweestelsel en dan anderorgane aan Die besmette dier vertoon mak met skuim om die bek, en ontwikkel ‘nvrees vir water = hydrophobiaHallusinasies en verwarring komvoor by die mens wat ‘n aaklikgedood sterf
Louis Pasteur ontwikkel ‘n entstof teen hondsdolheid Troeteldiere word elke ses maande geïmmuniseer.
Immunisasie = spuit verswaktevirusse in sodat die liggaamteenliggaampies teen die siektekan opbou. Dit beskerm diepersoon in die toekoms teen diesiekte.
2.Vigs
Veroorsaak deurdie MIV-virus
‘n Sferiese retrovirus
Vigs = Verworwe immuniteits gebrek sindroomVirus word oorgedra vanaf ‘nmoeder na haar baba, deur bloeden seksuele omgang Die virus val die immuniteitstelselaan deur die T-selle te verminderwat die liggaam teen infeksiesbeskerm. Die persoon sterf aanopportunistiese siektes soos teringen longontsteking
Anti-retrovirale middelsGeen behandeling is moontlik in‘n gevorderde toestand nie.Voorkoming is hier die enigsteoplossing!(Sien later!)
3.Griep en verkoue
Word verkry deur direkte kontakmet virusse in die lug, aanrakingvan besmette hande na nies,neusblaas, hoes ens. !!
Drink baie water en rus Slegs die simptome wordbehandel. Immunisasie is moontlik
4.Duitse masels /
Rubella
Veroorsaak abnormale babas by swanger vroue in die eerste viermaande van swangerskap, wat ‘naborsie regverdig
Immunisasie is moontlik virswanger dames. Dogters moet dit aansteek om ‘nnatuurlike immuniteit op te bou
EFFEK EN BESTUUR VAN VIGS IN SUID-AFRIKA
5
A. DIE FASES VAN BESMETTING MET DIE MIV-VIRUS
1. Primêre MIV-infeksie- Die virus migreer na die limfknope en baie nuwe MIV-virusse word geproduseer
2. Sero-omkering- Die produksie van teenliggaampies teen die MIV-virus vind plaas- Griepagtige simptome, veluitslag en opgeswelde limfkliere- Uitbreek van sweetaanvalle in die nag = nagsweet- Daar word positief vir die MIV-teenliggaampies getoets- Die persoon is nou MIV-positief sonder enige siektesimptome - Die stadium kan tussen ‘n paar weke en 13 jaar duur!!
3. Opportinistiese infeksies kom nou tevoorskyn - Ander vigs-verwante siektes soos virus-, bakterie- en swamsiektes kom nou voor- Gewigsverlies vind plaas- ‘n Afname in T-selle vind plaas
4. Vigs-verwante siektes vererger - Organe word aangeval en gewigsverlies vererger- Diarree, koors en swakheid kom voor- Die persoon sterf aan opportinistiese siektes soos longontsteking, terings ens.
B. VIGS STATISTIEKE / SYFERS
HOEKOM IS VIGSSTATISTIEKE DIKWELS ONAKKURAAT?
1. Baie gevalle word nie aangemeld nie, net sekere mense word getoets2. Baie mense weet nie hulle is MIV-positief nie en verkeer in die vensterperiode3. Baie mense wat getoets is kon ge-emigreer het of reeds gesterf het4. Daar word foute gemaak in die saamstel van die statistieke 5. Statistieke is dikwels reeds verouderd
C. FAKTORE WAT VIGSSYFERS LAAT AFNEEM
1. Meer kondome is vrylik beskikbaar2. Suksesvolle opleidingsprogramme of bewustheid van MIV-verspreiding bestaan3. Persone is meer getrou aan hul seksuele maats4. Onthouding (geen seks) begin mode word5. Meer mense sterf aan VIGS en is nie meer deel van die statistieke nie6. Minder moeders dra die virus na hul kinders oor
D. FAKTORE WAT VIGSSYFERS LAAT TOENEEM
1. Toename aan losbandigheid - mense raak seksueel aktief op baie jong ouderdomme2. Ontrouheid - meer as een seksuele maat3. Onigeligtheid - mense glo nie dat die MIV-virus hulle kan dood maak nie4. Mense in afgeleë gebiede - Mense het nie toegang tot kondome en klinieke nie5. Opleidingsprograme en bewusmaking van MIV-verspreiding is onvoldoende
AKTIWITEIT
6
MOET DIE REGERING ALLE PERSONE TOETS EN HUL MIV-STATUS BEKEND GEMAAK?
A. VOORDELE DAARAAN VERBONDE
1. Bewusmaking van ‘n persoon se HIV-status kan sy seksuele maat in staat stel omhomself te beskerm
2. Beplanning deur die regering en ander instansies vir mediese versorging kan gedoenword. Begrotings kan ook vroegtydig gedoen word
3. Besmette persone kan gehelp word om verdere infeksies te voorkom4. Paartjies sal meer getrou aan mekaar wees5. Meer akkurate statistieke sal beskikbaar wees
B. NADELE DAARAAN VERBONDE
1. ‘n Individu se reg tot sy eie privaatheid word geskend 2. Inligting kan misbruik word en werkgewers kan diskrimineer teen HIV-positiewe werkers3. Diskriminasie en verstoting deur vriende en kollegas kan voor kom4. Selfmoord kan toeneem onder HIV-positiewe mense 5. Die kostes vir toetsing van die hele bevolking is baie hoog
VIRUSSE
1. Hoekom is dit verbode om vleis soos biltong asook vars vrugte en groente deur die doeaneop ‘n lughawe te neem as jy bv. ‘n land verlaat / binnegaan ?________________________________________________________________________
2. Dink jy dat dit eendag moontlik gaan wees vir vigs om deur muskiete oorgedra te word ?
________________________________________________________________________
3. Sal ‘n virus wat parasiteer op plante, ook mense aanval ? __________________________
4. Hoekom moet jy hande was as jy klaar jou neus geblaas het? ______________________
________________________________________________________________________
5. Waar kom die sêding “Bless you !!” vandaan as iemand nies? (Internet!!)
________________________________________________________________________
6. Hoe word virusse binne
a) diere ___________________________b) plante vervoer ? _______________________
7. Wat verstaan jy onder “mutasies” ? Kan dit dalk ‘n moontlike verklaring wees hoekom jy
jaarliks griep kan kry ? _____________________________________________________
________________________________________________________________________
7
8. Bestudeer die volgende inligting aangaande vigs soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Gesondheids Departement en beantwoord die vrae wat volg.
Tabel 1 : Die persentasie HIV-positiewe vroue wat voorgeboorte klinieke in Suid-Afrika besoek het
Ouderdom 1999 2000 2001 2002 2003 2004< 20 16,5 16,1 15,4 14,8 15,8 16,1
20 – 24 25,6 29,1 28,4 29,1 30,3 30,825 – 29 26,4 30,6 31,4 34,5 35,4 38,530 – 34 21,7 23,3 25,6 29,5 30,9 34,435 – 39 16,2 15,8 19,3 19,8 23,4 24,540 – 44 19,5 23,1 26,2 26,4 25,8 17,5
Tabel 2 : Die aantal HIV-positiewe persone wat by klinieke in Suid-Afrika getoets is
Groep 2001 2002 2003 2004Vroue 2,5 miljoen 2,95 miljoen 3,1 miljoen 3,3 miljoenMans 2,2 miljoen 2,3 miljoen 2,4 miljoen 2,8 miljoenBabas 106 109 91 271 96 228 104 963
TOTAAL 4.7 miljoen 5,3 miljoen 5.6 miljoen 6,29 miljoen
Grafiek 1: Die persentasie HIV-positiewe persone wat by klinieke in Suid-Afrikagetoets is :
8.1 Waar word die hoogste persentasie HIV-positiewe mense aangetref?
GROEP ANTWOORD MOONTLIKE VERKLARINGOuderdom
Geslag
8
8.2 Waar word die laagste persentasie HIV-positiewe mense aangetref ?
GROEP ANTWOORD MOONTLIKE VERKLARINGOuderdom
Geslag
8.3 Hoekom neem die voorkoms van VIGS af in die hoër ouderdomsgroepe ?
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
8.4 Wat is volgens jou die beste oplossing in Suid-Afrika om VIGS te bekamp ?
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
8.5 Bespreek die stelling : “Kondome moet vrylik in skole se badkamers beskikbaar
gestel word ” __________________________________________________
_____________________________________________________________
8.6 Hoe word VIGS na babas oorgedra ?
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
8.7 Dink jy dat antiretrovirale middele vrylik vir almal beskikbaar gestel moet word?
Gee ‘n rede vir jou antwoord
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
8.8 In 2004 was 60 miljoen mense in die wêreld HIV-positief. Watter persentasie
van hierdie getal was in Suid-Afrika aangetref ? Wys alle bewerkings !
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
8.9 Op borde langs die pad word die volgende slagspreuk gebruik. “If you love me,protect me! Use a condom!” Ontwerp jou eie slagspreuk om mense van diegevare van vigs bewus te maak.
PROTISTA
9
1. Die Protista bevat organismes wat gekenmerk word aan hul eukariotiesesamestelling, aangesien hulle ware selkerne en selorganelle binne ‘n selmembraanbesit
2. Die eenvoudigste voorbeeld is die Amoeba wat binne skoon varswaterpoeletjies in die modderige bodem aangetref word
3. Ander voorbeelde is groen alge soos Spirogyra en Euglena wat kan fotosinteer enook in varswaterpoeletjies aangetref word. Euglena besit flagellum waarmee hulleswem! (‘n Plantaardige dier of ‘n dieragtige plant??)
Spirogyra Euglena
4. Die protista kan siektes veroorsaak soos bv: - Plasmodium wat deur die Anopheles muskiet oorgedra word en Malaria veroorsaak- Trypanosoma wat deur die Tsetsevlieg oorgedra word en slaapsiekte veroorsaak
5. Die muskiet en die Tsetsevlieg tree as vektore op (dra die parasiet oor) 6. Slaapsiekte word gekenmerk aan ‘n hoë koors, anemie (bloedarmoede),
slaperigheid en later die dood
MALARIA 10
1. Malaria is ‘n tropiese siekte wat in 90 lande voorkom, - wat veroorsaak word deur ‘n groep eensellige, parasitiese organismes(protista) wat leef op rooibloedliggaampies van reptiele en soogdiere
2. Daar word vier malaria spesies wat op die mens parasiteer gevind nl.- Plasmodium falciparum, P. ovale, P. vivax en P. malariae
3. P. falciparum is die gevaarlikste asook die mees algemeenste in Afrika4. Plasmodium word deur die wyfie Anopheles muskiet oorgedra wat as vektor
optree5. Malaria laat meer as een miljoen mense wêreldwyd sterf, met 90% in Afrika 6. Malaria is verantwoordelik vir een uit elke vier sterftes onder kinders7. Die chemiese stof Chloroquine is die veiligste om teen Malaria te gebruik, maar
verloor reeds sy effektiwiteit teen die parasiet
DIE LEWENSSIKLUS VAN PLASMODIUM
Twee stadiums word binne die mens aangetref nl. in die lewer en in die eritrosiete / rooibloedliggaampies
A. Die lewerstadium
1. Die mens word geïnfekteer deur sporosoïete wat - in die wyfie Anopheles muskiet se speeksel teenwoordig is
2. Die sporosoïete migreer na die mens se lewer3. Elke sporosoiet produseer tot 40 000 merosoïete d.m.v mitose
- wat in die bloedstroom vrygestel word
B. Die bloedstadium
4. Rooibloedliggaampies word deur merosoïete aangeval = Eritrositiese fase 5. Die vernietiging van rooibloedliggaampies veroorsaak anemie by die persoon
- wat moeg en afgemat voel6. Eritrosiete wat oopbars en merosoïete vrylaat veroorsaak
- ‘n hoë koors van tot 40°C by die besmette persoon asook griepsimptome7. Malaria kan gewoonlik slegs gedurende hierdie stadium in die bloed
waargeneem word8. Hierdie merosoïete kan weer ander lewerselle en rooibloedliggaampies aanval9. Die niere, lewer en milt word oorlaai met gifstowwe
- wat die dood kan veroorsaak10. Sommige merosoïete vorm manlike en vroulike gametosiete 11. Gametosiete word saam met bloed deur ‘n Anopheles muskiet ingeneem
- wat die besmette persoon byt12. Die gametosiete vorm gamete binne die muskiet se maag13. Manlike gamete bevrug vroulike gamete en
- vorm sigote wat die maagwand binnedring 14. Die sigoot ondergaan meiose en
- vorm ‘n oösist binne die maagwand van die muskiet15. Die oösist vorm baie sporosoïete wat na die
- speekselkliere van die muskiet migreer15. Sodoende kan die muskiet weer die volgende persoon infekteer (besmet)16. Die parasiet affekteer geensins die muskiet nie17. Tot 2 miljoen P. falciparum parasiete kan in ‘n persoon aangetref word
- en 40% v/d eritrosiete vernietig voordat die dood intree
11
DIE LEWENSSIKLUS VAN PLASMODIUM (MALARIA PARASIET)A. IN DIE MENS
Muskiet 2 word nou besmet
Muskiet 1 - Siklus begin hier
B. IN DIE MUSKIET
AKTIWITEIT
12
MALARIA
Bestudeer die volgende inligting aangaande Malaria en beantwoord die vrae wat volg
1. Malaria word bestry deur die volgende maniere :- die gebruik van dwelms soos chloroquine wat malaria voorkom- die bespuiting van watermassas waar muskiete uitbroei met insekdoders- die gebruik van muskietnette oor beddens- die gebruik van insekdoders in huise- die dreinering / drooglegging van watermassas waar muskiete uitbroei- die gebruik van visse wat muskietlarwes vreet - die ontwikkeling van ‘n natuurlike immuniteit by mense wat gereeld besmetword
2. Die grafiek van die voorkoms van malaria in ‘n informele nedersetting in Suid-Afrika vanaf 1989 tot 2004 soos verskaf deur die mediese navorsingsraad vanSuid-Afrika:
1. Watter manier van bestreiding is volgens jou die skadelikste vir die omgewing?
Verduidelik jou antwoord _________________________________________
2. Watter manier van bestreiding is die omgewingvriendelikste ? Verklaar jou
antwoord ______________________________________________________
______________________________________________________________
3. Hoekom is die besmetting onder vroue volgens die grafiek soveel meer as by
mans? ________________________________________________________
4. Wat kon moontlik die geweldige hoë besmetting tussen 1998 en 2000
veroorsaak het? Hou in gedagte waar muskiete uitbroei !!
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
5. Dink jy dat iemand wat met vigs besmet is, enigsins meer vatbaar vir malaria
sou wees? Gee redes vir jou antwoord _____________________________
_____________________________________________________________
BAKTERIEË
13
INLEIDING
1. Voordat antibiotikums uitgevind is deur Alexander Fleming in 1929 - het die mensdom gebukkend gegaan onder baie bakteriese siektes
2. Voor die uitvindsel van antibiotikums, het duisende soldate aan infeksie in hul wondebeswyk
3. Alexander Fleming het die eerste sowel as die tweede wêreldoorlog beleef. Syantibiotikums kon egter eers gedurende die tweede wêreldoorlog gebruik word omduisende lewens te red
Ietsinteressant
Louis Pasteur het as negejarige beleef hoe die inwoners van sy dorpie in dieSuide van Frankryk deur ‘n dol hond aangeval word. Hy het hom as jong manbekwaam as ‘n mikrobioloog. Hy het met sy eksperimente waardevolle werkgedoen op virusse sowel as bakterieë. Doen navorsingswerk op internet ens. om uit te vind vir watter uitvindsels hyalles verantwoordelik was
PASTEURISASIE
1. Louis Pasteur is die vader van pasteurisasie wat nog steeds gebruik word - om ons melk langer vars te hou
2. Sy eerste probeerslag was op wyn wat hy gekook het en toe verseël het om- te bewys dat die bakterieë wat dit laat gis, vanuit die omringende omgewing gekom het
3. Melk wat gepasteuriseer word, word vir 15 sekondes tot by 72°C verhoog en - dan dadelik weer afgekoel
4. Hierdie proses dood al die bakterieë in die melk
DIE BOU VAN ‘N BAKTERIESEL
1. Bakterieë is eensellige organismes wat kolonies vorm2. Hulle besit die basiese bou van ‘n sel met - ‘n selwand wat bestaan uit sellulose = polisakkaried - ‘n slymskede / kapsel wat die selwand omring en die sel teen uitdroging beskerm - ‘n selmembraan / plasmalemma wat selektief deurlaatbaar is - korrelagtige protoplasma vol vakuole en opgeloste stowwe3. GEEN kern - net chromatienkorrels wat bestaan uit DNS word aangetref
- wat die sel prokarioties maak 4. Voedselkorrels dryf in die protoplasma rond5. 1 tot meer flagellums help met voortbeweging6. Haaragtige strukture / pili kom op die buite oppervlakte van die sel voor
- wat help om die bakterium vas te heg aan sy gasheer- bv. ingewandsbakterieë (E.coli) heg aan die kolon van die mens m.b.v pili
14
DIE BOU VAN ‘N BAKTERIESEL
Flagellum
SlymlaagMitochondrionSelwandSelmembraan
Chromatienmateriaal
Sitoplasma
Vakuool
Voedselkorrels
5. Bakterieë kom in verskillende vorme voor:
A. Kokkus / sferies
Monokokkus
Diplokokkusbv. longontsteking
Streptokokkusbv. keelseer,voedselvergiftiging en longontstekingStafilokokkusbv. pitswere enlongontsteking
B. Basillus / staafvormig
Monobasillus bv. tering
Diplobasillus
Geflagelleerdebasillus
C. Spirillums /spiraalvormig
bv. Sifilis
15VOORTPLANTING BY BAKTERIEË
1. Knopvorming : ‘n Nuwe bakteriesel groei uit die moedersel uit2. Spoorvorming : Die slymomhulsel vorm ‘n weerstandbiedende doppie wat help met
oorlewing tydens ongunstige toestande3. Segmentasie : Die bakterie breek in stukkies wat elkeen individueel verder oorleef4. Konjugasie : Twee bakterieselle ruil genetiese materiaal (DNA) uit om beter te kan oorleef
- hul gebruik hul pili om tydelik aan mekaar te heg5. Tweedeling / Mitose : Dit is die mees algemene en vinnigste metode van voortplanting. Dit
is hoekom bakteriese siektes en infeksies so vinnig kan versprei!
Tweedeling / mitose by ‘n bakteriesel
Twee identiese dogterselle ontstaan
Moedersel verdeel mitoties
DIE EKOLOGIESE ROL VAN BAKTERIEË
A. NUTTIGE BAKTERIEË
A1. In voedsel:
1. Anaërobiese bakterieë (benodig geen suurstof) breek suiker tydens fermentasie / gisting aftot alkohol en koolstofdioksied
2. Hierdie proses word gebruik by die maak van wyn, medisyne en ander alkoholiese drankesoos mampoer en gemmerbier!
3. Nuttige bakterieë word ook gebruik in die maak van yoghurt, karringmelk en kaas
A2. As ontbinders / saprofiete:
1. Dooie organismes moet ontbind word om weer deel te word van die ekostelsel2. Vesels word in die dikderm van die mens verteer (eintlik ontbind!) deur miljoene bakterieë3. Bakterieë help met die vertering van plantmateriaal by herbivore4. Die E.coli bakterie in die mens se dikderm help met die vervaardiging van vitamiene K
- wat noodsaaklik is vir die maak van heparien wat bloedstolling in die bloedvate verhoed- Hierdie simbiose (saamleef) kan gesien word as mutualisme, - aangesien beide organismes voordeel uit die verhouding verkry
16A3. In die stikstofsiklus:
1. Knoppiesbakterieë op die wortels van peulplante (boontjies, sojabone en ertjies)- bind stikstof uit die atmosfeer wat die plant kan gebruik - om aminosure vir proteïene op te bou
2. Hierdie plante is weer ‘n bron van stikstof vir die mens vir die opbou van aminosure - om proteïene in die liggaam op te bou - bv. ensieme, hormone, protoplasma van selle ens.
3. Nitrifiserings en denitrifiseringsbakterieë speel ‘n rol om nitrate en ammoniak (van urine en mis) - weer om te skakel na vrye stikstof in die atmosfeer (In graad 10 bestudeer!)
B. SKADELIKE BAKTERIEË
B1.In die voedselbedryf:
1. Bakterieë wat in ou kos begin voorkom, kan ernstige siektes veroorsaak2. Die bakterieë laat letterlik die kos ontbind3. Dit kan dikwels voedselvergiftiging veroorsaak wat die dood kan veroorsaak
B2. Patogeniese bakterieë wat siektes veroorsaak
Sien die tabel op die volgende bladsy!