volksbladsaterdag18september2010 www ...boekhouding en koe-verte.dieinstruksies is duidelik en...

1
VOLKSBLAD SATERDAG 18 SEPTEMBER 2010 ) WWW.VOLKSBLAD.COM BOEKE 7 STORIELYN REDAKTEUR: ADÉLE DEMPERS [email protected] 051-404-7694 Dié bundel sal elke poësieliefhebber om verskillende redes na aan die hart kom staan en elke akademikus om verskillende redes twee maal laat dink. – Johann P. Boshoff oor Wat die water onthou Judy – van hartseer tot groot vreugde JUDY VAN TONDER se boek Thank God my parents died – a memoir of hope het vroeër vanjaar in Amerika verskyn. Dit is die verhaal van haar getraumatiseerde jeug en hartseer-dae in Ons Kinderhuis in Bloemfontein, maar ook van hoe sy genees is en haar lewe van, soos ’n resensent dit gestel het, “victim to victor” verander het. Adéle Dempers het tydens haar besoek aan Bloemfontein met Judy gesels. SY het altyd geweet daar moet iets beters wees. Saans, wanneer sy hartseer in haar bed in Ons Kinder- huis gelê het, het sy haar verbeel die vier hoeke van haar kussing is die gesin wat sy eendag gaan hê, dat sy met haar kop in hul koesterende skoot gelê het. Judy van Tonder glo dit is hierdie hoop en haar inherente kreatiwi- teit wat haar gehelp het om te breek uit die omstandighede waarin sy grootgeword het. Sy is in 1957 gebore, die middelste van drie kinders. Albei haar ouers was alkoho- liste. Toe sy ses jaar oud was, het mev. Alexan- der, ’n kollega van haar ma, haar genooi om vir die Kersvakansie by haar te kom kuier. Haar ma het ingestem mits Judy Kersdag by haar gesin kon bestee. Judy het by mev. Alexander kennis ge- maak met Rosa, die be- diende, en Auntie Rose. Hierdie twee vroue was baie goed vir haar en Rosa was die eerste van verskeie swart vroue wat sy met liefde onthou. Auntie Rose het haar die eerste keer in haar lewe versorg laat voel en Rosa het haar met die heerlikste kos be- derf – groenboontjies, sneeuwit ka- pokaartappels, sagte skaaptjops en Marmite-broodjies – trooskos wat Judy vandag nog voorsit. Toe mev. Alexander Judy op Kersdag huis toe neem, was haar ma sterk onder die invloed van drank. ’n Rusie het tussen mev. Alexander en haar ma ontstaan. Mev. Alexander het Judy in die mo- tor geboender. Judy se ma het haar uit die motor probeer sleep terwyl almal ’n groot kabaal opgeskop het. Dit was die begin van swaar jare vir Judy. Haar ouers het mev. Alex- ander van ontvoering aangekla en sy en Judy het rondgeswerf. Judy was in verskeie skole en in die kos- huis. Die skole was dan Afrikaans, dan Engels. Sy het die heeltyd ge- voel sy is anders, abnormaal, ter- wyl haar grootste begeerte was om net soos die ander te wees. Judy vermoed die rede vir die baie verhuisings was omdat hulle voor die gereg gevlug het. Hoewel mev. Alexander haar goed versorg het, was sy baie streng en het Judy aangerand wanneer sy foute be- gaan het. Dit het die sensitiewe kind baie ontstel en ontwrig. Eindelik moes Judy teruggaan na haar ouers, maar kort voor lank is sy en haar broers in Ons Kinder- huis opgeneem. Judy beskryf die jare daar as lou- ter hel. Daar kleef ’n stigma aan kinderhuiskinders wat vir haar, wat so graag normaal wou wees, erg was. Sy beskryf die getraliede vensters, die onstuimige vakansies by haar ouers of gasouers, die ewi- ge honger. Sy het egter vroeg ont- dek sy kan goed hardloop en het haar hierin uitgeleef. Dit het vir haar oomblikke van erkenning en ’n gevoel van behoort gegee. Tog het daar uit die trauma ook iets goeds gekom. In die skool (Dr. Viljoen) het die stads- en kinder- huiskinders nooit gemeng nie. Daar was egter een uitsondering – die Lindes. Mariana het haar oor Judy ontferm. Sy het Judy geleer “jy is in die kinderhuis, maar die kinderhuis is nie in jou nie”. Die Lindes was ’n groot gesin en Judy vertel hoe gekoester sy gevoel het omdat sy geweet het in die Lin- de-huis het altyd vir haar ’n bord kos in die louoond gewag. ’n Jaar gelede het een van die Lin- de-broers, Jurie, haar deur die in- ternet opgespoor. Die vriendskap is hervat en dis juis by die Lindes waar Judy in Bloemfontein kuier. Die Lindes het bly hoop dat iets goeds met haar sou gebeur. En die lewe het vir Judy goed verloop. Sy woon vandag in Ame- rika, in haar droom- huis wat hulle laat bou het. Sy het haar man, Keith, ontmoet toe sy 17 was en hulle is al ja- re gelukkig getroud. Sy het twee kinders, soos in haar kinder- fantasie, en is stralend trots op hulle. Sy het ’n doelbewus- te besluit geneem om nie die foute van haar ouers te herhaal nie. Sy sê genesing het be- gin toe sy op 18 jaar Pretoria toe is om by die SAL om werk aansoek te doen. Dit sou vir haar haar toekoms oopsluit en dit hét. Op die trein het sy ook besef wat haar ouers aan hulle gedoen het, was nie reg nie. Sy het besef haar ouers was heeltemal onbevoeg vir ouerskap. Sy sê in die grootmaak van haar kinders het sy doelbewus die teenoorgestelde gedoen. Sy is Afrikaans, maar is met ’n Engels- man getroud en het haar kinders Engels grootgemaak, want dit is an- ders as haar ouers. Haar Afrikaan- se kant was alles wat sleg en nega- tief was, maar selfs hiermee het sy vrede gemaak en is nou trots daar- op dat sy Afrikaans is. Sy het ’n pastorale sielkundige gaan spreek. Hy het haar geleer sy sal nooit vry wees as sy nie almal wat haar seergemaak het, vergewe nie. Daarna het haar genesingspro- ses begin. Vandag is daar groter openheid oor kindermishandeling en -moles- tering. Ondanks die groter bewust- heid meen Judy die probleem het nie opgehou nie. Hoewel hulle weet hulle kan hulp kry, steek kinders hul pyn slimmer weg. Judy het in Maart die eerste keer weer Ons Kinderhuis besoek. Dit was vir haar baie traumaties. Sy vertel toe hulle by die hek inry, het hulle twee kinders gesien. Hulle het stilgehou om pad te vra. “Is julle kinderhuiskinders?” het Judy gevra. “Nee, tannie,” het hulle geant- woord. Net soos sy destyds sou gesê het. Maar vandag lag sy hard en lekker, sê Judy, sy is gelukkig ) Thank God my parents died is by Exclusive Books of www.ama- zon.com beskikbaar. JUDY VAN TONDER FOTO: MARADINE WHITEHORN Menslike staaltjies oor sporthelde boei SNAKES IN THE GAR- DEN OF EDEN deur Norman Canale. Uit- gegee deur Don Nel- son. Sagteband. Prys onbekend. NORMAN CANALE was een van die beste sportskrywers van sy tyd. En hierdie boek van hom handel oor die bykans ’n halfeeu wat hy gereeld vir Suid-Afrikaanse – en oorsese – koerante en tydskrifte verslag ge- doen het oor ’n wye verskeidenheid sportsoorte. Hy ge- sels onderhoudend en met gesag oor die meeste van die sportbyeenkomste wat hy bygewoon het. Dit was eintlik as beriggewer oor groot boksgevegte dat hy bekend- heid verwerf het. Hy was ’n ver- troueling van die bekendste boks- promotors en die meeste van die groot vegters. Dit was ook as ver- troueling van die boksfamilie dat hy by sy hoofde in die pekel beland het. Die titel van die boek vertel dat ’n groot deel daarvan gewy word aan daardie deel van sy loopbaan. Dit is ’n persoonlike vertelling en aanvanklik het jy die indruk gekry dat hy te veel ruimte daaraan be- stee het. Vir baie mense, wat nie die hoofspelers so goed ken soos die uwe nie, kan dit eentonig klink. Maar lees verby die gedeeltes en dan kom jy daar waar Canale gesels oor die grootstes van sport met wie hy te doen gekry het. Mense oor wie hy artikels geskryf het. Dan kyk jy na die skrywers van sportboeke in jou biblioteek, Danie Craven, John Feinstein, Steve de Villiers, Bub Booyens, AC Parker, Reg Seet en baie ander, en jy wonder of hierdie een nie dalk die beste boek nog oor sport en sy mense is nie. Veral staaltjies oor die ou stryd- rosse wat vir die meeste mense on- bekend is, is boeiend en menslik. Hier is een daarvan: Billy Miske was ’n swaargewig wat kort ná 1900 teen die beste ge- veg het. Hy het onder meer teen die grote Jack Dempsey verloor nadat hy in die 12de ronde uitgeslaan is. Toe doen hy Bright se siekte op. Dit tas on- der meer jou niere aan. Daar was geen kuur vir die siekte nie en die dok- ters het gesê hy kan nog vyf jaar lewe mits hy boks los. Hy het nie en het ál swakker ge- word. Hy was siek, maar het aangehou oe- fen. Weens die mediese koste het sy vrou en drie kinders swaar gekry. Al werk wat Billy kon doen, was boks. Kort voor Kersfees in 1923 het hy sy promotor oorreed om nog een geveg vir hom te reël. Dit was teen Tommy Gibbons, een van die rofste vegters nog. ’n Paar dae voor die geveg het Miske ’n te- rugslag ondervind en die promotor wou die geveg stopsit. “As ek môreoggend om die blok kan stap, sal ek baklei,” het Billy gesê. Hy het en in die geveg is hy teen die einde van die tweede ronde so erg gestraf dat hulle die hand- doek wou ingooi. Billy het geweier. Op wankelende bene het hy uit- gestap toe die derde ronde begin en Gibbons met ’n allemintige hou ge- tref en hom uitgeslaan. Hy kon Kersfees saam met sy gesin vier met derduisende rande aan prys- geld in sy sak. Oujaarsdag het hy sy promotor gebel en gevra hy moet hom hospi- taal toe neem. Kort voordat die klokke die nuwe jaar ingelui het, is hy dood. Hy was net 29 jaar oud. . Canale kies ook sy beste sport- manne van alle tye. Hulle is: Rug- by: Hennie Muller; krieket: Grae- me Pollock en Barry Richards tweede; Gholf: Gary Player en Bob- by Locke; Atletiek: Paul Nash, Springbok-naelloper; Boks: Brian Mitchell en Viccie Toweel, Suid- Afrika se eerste wêreldkampioen; Tennis: Eric Sturgess, wat die ge- mengde dubbelspel op Wimbledon twee keer gewen het. – Joe Venter Wen pragtige handwerkboeke BREISTORIES MET OU- LIKE KARAKTERS VIR ALMAL deur Laura Long. Metz Press. Sag- teband. R169,95. DIE volkleurfoto’s van hierdie kostelike ge- breide speelgoed laat jou van kwaai naaldwerk- juffrouens vergeet en maak jou lus om die breipenne en wol nader te trek. By elke speel- ding se “hoofstuk” is daar ’n kort storietjie, die patroon, beno- digdhede, wenke vir afwerking en ’n aan- duiding van die moei- likheidsgraad van die patroon. Agterin is ook patroonplate. NAALWERKINSPI- RASIE deur Karen Adendorff en Tootjie Niemand. Lapa. Sagte- band. R164,95. Handgemaak en uniek is die nuwe modeneiging. Met die idees en patrone in Naaldwerkinspirasie kan jy jou huis in ’n ont- werperstuiste omskep met die maklike en bekostigba- re naaldwerkprojekte. Die samestellers bied vyf projekte vir elke vertrek in die huis en wys hoe hierdie projekte in die onder- skeie vertrekke gekombineer kan word. Duidelike stap-vir-stap-aan- duidings en kleurfoto’s word by elke produk gegee. CREATIVE 3 - SCRAP- BOOK PIECING deur Marina du Plessis. Struik. Sagteband. R170. Plakboekmakers sal hulle verlus- tig in Marina du Plessis se derde boek oor plakboeke. Sy is internasio- naal bekend vir haar unieke driedimensionele figuurteg- nieke. Die boek bied meer as 40 temas elk met ’n volkleur- foto van die resultaat en patrone vir figure, ra- me, letters, titels, dag- boekhouding en koe- verte. Die instruksies is duidelik en mak- lik om te verstaan. Gevorderde en be- ginner-plakboek- makers sal die boek nuttig vind. ) Drie lesers kan elkeen een van hierdie boeke wen. Dit is geluks- pryse, daar is geen vraag nie. SMS jou besonder- hede na 41849 (tik die boek van jou keuse bv. “Wen Brei”, “Wen Naald” of “Wen Scrap”, jou naam en posadres). SMS’e kos R2. Die kompetisie sluit vandag om 00:00. ) Verlede week se wen- ners van Steeds Mathys met die komplimente van Exclusive Books is K. Crouse van Bloemfontein, C. Smith van Oranjeville en C. Oosthui- zen van Kroonstad. Ek soek dié boek MEV. GERDA VAN ASWEGEN is op soek na die boek Spyskaart vir elke seisoen deur Anette Human. Kontak haar by 082-417-9766 as jy haar kan help om hierdie boek in die hande te kry. Lesers wat op soek is na ’n boek kan die besonderhede aan Volks- blad stuur vir gratis plasing. Volks- blad aanvaar egter nie verantwoor- delikheid vir die transaksie nie, dit is uitsluitlik tussen die betrokke partye. Stuur die inligting oor die boek en jou naam en kontakbesonderhe- de na [email protected], ’n faks na 051-430-6949 (vir aandag Adéle Dempers) of ’n brief na Die Boekeredakteur, Posbus 267, Bloemfontein 9300. Piet Steyn teken boeke PIET STEYN, skrywer van die gewilde Snoeiskêr en Bottelnek, is op Saterdag 25 September van 10:00 tot 15:00 in Exclusive Books, Mimo- sa Mall, Bloemfontein, om sy nuwe boek, Tou, te teken. Hy is ’n afgetre- de Vrystaatse skoolhoof en word die tweede Deon Meyer genoem. Program by biblioteek DIE Fichardtpark-biblioteek in Bloemfontein bied in die Septem- ber-skoolvakansie ’n vakansiepro- gram vir kinders aan. Die program is: 28 September: Kom kuier saam met die dinosourusse van die Nasi- onale Museum. Dit is gratis. 29 September: Poppekasverto- ning met Jomaré Botha. Koste: R10 per persoon. 30 September: Wees kreatief, speel speletjies en verf gesigte. Dit is gratis. Bespreking is noodsaaklik. Bel Rose van Zyl by 051-522-8884. Bundel sal lesers na aan die hart lê Boei reeds van die titel af WAT DIE WATER ONTHOU deur Louis Esterhuizen. Protea Boek- huis. R130. LIEFHEBBERS van die digkuns lees gedigte vir die lekkerte, nie om enige ander rede nie. As hulle dan boonop geboei raak deur temas en verstegniese dinge soos klankkom- posisie, struktuur, motiefsirkulasie en beelding, is dit maar slegs ’n bo- nus. Wat die water onthou, Louis Ester- huizen se agtste digbundel, is presies net dit: pure leesplesier én andersins boeiend. Reeds die titel boei jou, want wát is dit dan wat kwansuis deur water onthou word? En jy kyk behoorlik na die voorblad en sien die bundel se Rorschach-agtige waterverfspatsel- voorbladillustrasie waarin jy net kan sien wat jy wil sien. Lees gerus 3 skoling (bl. 40) in die wonderbaarli- ke siklus die geduld van water waar- in die geliefde die maak van akwarel- le aan die sprekende “ek” verduide- lik, kyk veral na die volgende versparagraaf: “en jy sien meteens / die druppeltjie bruin tussen / al die groen –”. Jy blaai verder. Dié illustrasie is gedoen deur Mar- lise Joubert, kunstenaar, multigen- reskrywer en Esterhuizen se vrou. Dan lees jy Esterhuizen se romantie- se opdrag op die volgende bladsy: “Vir Marlise – nog steeds & altyd”. Jy blaai om . . . en die antwoord op wát die water dan tóg onthou, spring plotseling uit die inhoudsopgawe in titel ná titel op. Die water onthou “dat daar altyd ’n begin is” enso- voorts. Dié leeservaring is asof jy ’n selfstandige “gedig” lees. En jy besef: Hier kom ’n ding! Toe begin ek elke gedig lees met die aanvangsgedagte “die water ont- hou: . . . ”, want só wil elke gedig in hierdie bundel klaarblyklik gelees word. Dit het my glad nie verbaas nie dat die verwagting geskep deur die titel, voorbladillustrasie, opdrag en inhoudsopgawe telkens bevredig word in die opeenvolgende, afgeron- de verse van hierdie beleë digter- skap. Wat ’n vreugde! En water “onthou” na bewering baie dinge as ’n mens op die internet rondsnuffel. Kyk gerus na http:// www.life-enthusiast.com/twilight/ research_water_memory.htm. Getrou aan digters van sy geslag slaag Esterhuizen om die bundel dig te weef met deurlopende beelde en motiewe (soos te wagte, dié van “wa- ter” en van “onthou”), asook gedigte wat op mekaar inspeel. Verstaan my mooi – en dis nie om enige leser hiervan of myself te beïn- druk nie – ek het my huiswerk ge- doen met internetsoektogte. Ek gaan veral akkoord met Marius Crous van die Nelson Mandela- Metropolitaan- se Universiteit se goeie, gewoon fei- telik-neutrale opsommende oorsig oor Esterhuizen se dig-oeuvre: ”Die deurlopende temas in Louis Esterhuizen se werk word in hierdie bundel voortgesit: die herinnering aan die jeug, die digterskap en kom- mentaar op die skeppingsproses, die intertekstuele gesprek met ander digters ( . . . ) en die liefde. ( . . . )”. Crous meld ook die (verstegniese) gestrooptheid van die verse – “kaal- voetgedigte”, om Antjie Krog se woord te gebruik. Juis dit maak die lees van die gedigte gemaklik. Sterk, want naas die liefde promi- nent aan die einde, is die (nuwe) om- gang met die onontwykbare dood as tema in veral die twee eindsiklusse, Posisies op ’n bord en Duskant die uit- loop, asook in die slotgedig, Melopee. Maar reeds vroeër maak ons met dié tema kennis, vervleg met die liefdes- tema in 4 oop en bloot (bl. 41), wat soos volg eindig: “ingesmelt soos dit in ’n gedig / die geval is – met die lief- de / en ook met die dood. Terug na Melopee en die bundel se slotreëls. Dié woord kom uit die Frans, mélopée, wat na ’n klaaglied of ook eentonige dreunsang verwys. Net soos die bundel, eindig die lewe vir die sprekende “ek” boonop met ’n aandagstreep (–), dit wil sê nog ’n “wat?”, maar dié keer sonder ant- woord – ’n eentonige klaaglied, dalk. Die roeier hou gewoon op met roei: “alles, alles, om gedwee spane / neer te lê en buite sig te verdwyn / met die water / as enigste verloop –”. Met die laaste twee reëls word nog ’n sterk nuwe tema in die bundel be- vestig. Vir die spreker eindig feitlik alles, die lewe ook, op ’n (uitsiglose? futiele?) niks . . . met net die water wat onverstoord voortbestaan. Lees ook die slot van “dat die tyd iets is wat smelt” (bl. 36): “swaartekrag: die ding // wat ons voorlopig vas wil hou, / dan gesigloos laat gaan”. Vir elke leser sal daar gewis unie- ke blywende indrukke en gunstelin- ge wees – reëls, idees en dalk hele ge- digte of siklusse. My gunsteling is “dat daar holtes is” (bl. 35), met die diepsinnige slot- woorde: “ten laaste, want eintlik is die lewe / net holtes wat gevul word van begin // tot einde, altyd af- draand / na antwoorde waarop die vrae / nog nie versin is nie”. En met al my verwysings na die sluiting van gedigte staan Esterhui- zen se vermoë om ’n gedig stilisties by wyse van spreke deur te laat vloei na ’n onafwendbare slot toe uit. Dit is een van die sterkste verstegniese kenmerke van die bundel. Dié bundel sal elke poësieliefheb- ber om verskillende redes na aan die hart kom staan en elke akademikus om verskillende redes twee maal laat dink. Geniet die lees. Geniet die die- per delf. – Johann P. Boshoff, skry- wer en vryskutresensent Woordveertjies in die hoed vir Bfn-skrywers VIER Bloemfonteinse skry- wers is verlede Vrydagaand op Stellenbosch met ATKV- Woordveertjies vereer. Hulle is Gilbert Gibson, Irma Jou- bert, Jaco Jacobs en Fanie Vil- joen. Gibson het die Prys vir Poë- sie vir sy bundel Oogensiklope- die (Tafelberg-uitgewers) ont- vang. Volgens die beoorde- laars is dit ’n unieke, deurwrogte en deurgekompo- neerde bydrae in Afrikaans wat ’n mens nie sou wou mis- loop nie. Anderkant Pontenilo (Tafel- berg) van Irma Joubert het die Prys vir Liefdesroman gewen. Die beoordelaars het dit lof toegeswaai as “ ’n deeglik na- gevorste, veelsydige en dig- verweefde verhaal”. Bloemfontein se bekende kinder- en jeugboekskrywers Fanie Viljoen en Jaco Jacobs het ook hul stem dik gemaak in die ATKV se Kinderboe- keerbewyse. In hierdie afdeling stem kinders self vir hul gunste- ling-boek. Viljoen het in die Selfleeskatego- rie, gr. 1 tot gr. 3, die Woordveertjie gekry vir Slym en die beker van ge- luk (Lapa). hy het ook vir die boek die prys as illustreerder verower. Jacobs se gewilde Middernagfees (Lapa) het in die Selfleeskategorie, gr. 6 tot gr. 7, die Woordveertjie ge- wen. JACO JACOBS GILBERT GIBSON IRMA JOUBERT FANIE VILJOEN

Upload: others

Post on 10-Feb-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: VOLKSBLADSATERDAG18SEPTEMBER2010 WWW ...boekhouding en koe-verte.Dieinstruksies is duidelik en mak-lik om te verstaan. Gevorderde en be-ginner-plakboek-makers sal die boek nuttig vind.)Drie

VOLKSBLAD SATERDAG 18 SEPTEMBER 2010 ) WWW.VOLKSBLAD.COM BOEKE 7

STORIELYNREDAKTEUR: ADÉLE DEMPERS [email protected] 051-404-7694

Dié bundel sal elke poësieliefhebber om verskillende redes na aan diehart kom staan en elke akademikus om verskillende redes twee maallaat dink.– Johann P. Boshoff oor Wat die water onthou

Judy – van hartseertot groot vreugdeJUDY VAN TONDER se boek Thank Godmy parents died – a memoir of hopehet vroeër vanjaar in Amerika verskyn. Ditis die verhaal van haar getraumatiseerdejeug en hartseer-dae in Ons Kinderhuis inBloemfontein, maar ook van hoe sy geneesis en haar lewe van, soos ’n resensent ditgestel het, “victim to victor” verander het.Adéle Dempers het tydens haar besoekaan Bloemfontein met Judy gesels.

SY het altyd geweet daar moetiets beters wees. Saans, wanneer syhartseer in haar bed in Ons Kinder-huis gelê het, het sy haar verbeeldie vier hoeke van haar kussing isdie gesinwat sy eendaggaanhê, datsy met haar kop in hul koesterendeskoot gelê het.

JudyvanTonderglodit ishierdiehoop en haar inherente kreatiwi-teit wat haar gehelp het om te breekuit die omstandighede waarin sygrootgeword het.

Sy is in 1957 gebore, diemiddelstevan drie kinders. Albeihaar ouers was alkoho-liste. Toe sy ses jaar oudwas, het mev. Alexan-der, ’n kollega van haarma, haar genooi om virdie Kersvakansie byhaar te kom kuier.Haar ma het ingestemmits Judy Kersdag byhaar gesin kon bestee.

Judy het by mev.Alexander kennis ge-maak met Rosa, die be-diende, en Auntie Rose.Hierdie twee vroue wasbaie goed vir haar enRosa was die eerste vanverskeie swart vrouewat sy met liefde onthou. AuntieRose het haar die eerste keer inhaar lewe versorg laat voel en Rosahet haar met die heerlikste kos be-derf – groenboontjies, sneeuwit ka-pokaartappels, sagte skaaptjops enMarmite-broodjies – trooskos watJudy vandag nog voorsit.

Toe mev. Alexander Judy opKersdag huis toe neem, was haarma sterk onder die invloed vandrank. ’n Rusie het tussen mev.Alexander en haar ma ontstaan.Mev. Alexander het Judy in die mo-tor geboender. Judy se ma het haaruit die motor probeer sleep terwylalmal ’n groot kabaal opgeskop het.

Dit was die begin van swaar jarevir Judy. Haar ouers het mev. Alex-ander van ontvoering aangekla ensy en Judy het rondgeswerf. Judywas in verskeie skole en in die kos-huis. Die skole was dan Afrikaans,dan Engels. Sy het die heeltyd ge-voel sy is anders, abnormaal, ter-wyl haar grootste begeerte was omnet soos die ander te wees.

Judy vermoed die rede vir diebaie verhuisings was omdat hullevoor die gereg gevlug het. Hoewelmev. Alexander haar goed versorghet, was sy baie streng en het Judyaangerand wanneer sy foute be-gaan het. Dit het die sensitiewekind baie ontstel en ontwrig.

Eindelik moes Judy teruggaanna haar ouers, maar kort voor lankis sy en haar broers in Ons Kinder-huis opgeneem.

Judy beskryf die jare daar as lou-ter hel. Daar kleef ’n stigma aankinderhuiskinders wat vir haar,wat so graag normaal wou wees,erg was. Sy beskryf die getraliedevensters, die onstuimige vakansiesby haar ouers of gasouers, die ewi-ge honger. Sy het egter vroeg ont-

dek sy kan goed hardloop en hethaar hierin uitgeleef. Dit het virhaar oomblikke van erkenning en’n gevoel van behoort gegee.

Tog het daar uit die trauma ookiets goeds gekom. In die skool (Dr.Viljoen) het die stads- en kinder-huiskinders nooit gemeng nie.Daar was egter een uitsondering –die Lindes. Mariana het haar oorJudy ontferm. Sy het Judy geleer“jy is in die kinderhuis, maar diekinderhuis is nie in jou nie”.

Die Lindes was ’n groot gesin enJudy vertel hoe gekoester sy gevoelhet omdat sy geweet het in die Lin-de-huis het altyd vir haar ’n bordkos in die louoond gewag.

’nJaargeledehet eenvandieLin-de-broers, Jurie, haar deur die in-ternet opgespoor.Die vriendskap ishervat en dis juis by die Lindeswaar Judy in Bloemfontein kuier.Die Lindes het bly hoop dat ietsgoeds met haar sou gebeur.

En die lewe het virJudy goed verloop. Sywoon vandag in Ame-rika, in haar droom-huiswathulle laatbouhet. Sy het haar man,Keith, ontmoet toe sy17 was en hulle is al ja-re gelukkig getroud.Sy het twee kinders,soos in haar kinder-fantasie, en is stralendtrots op hulle.

Sy het ’n doelbewus-te besluit geneem omnie die foute van haarouers te herhaal nie.Sy sê genesing het be-gin toe sy op 18 jaar

Pretoria toe is om by die SAL omwerk aansoek te doen. Dit sou virhaar haar toekoms oopsluit en dithét.

Op die trein het sy ook besef wathaar ouers aan hulle gedoen het,was nie reg nie. Sy het besef haarouers was heeltemal onbevoeg virouerskap. Sy sê in die grootmaakvan haar kinders het sy doelbewusdie teenoorgestelde gedoen. Sy isAfrikaans, maar is met ’n Engels-man getroud en het haar kindersEngels grootgemaak, want dit is an-ders as haar ouers. Haar Afrikaan-se kant was alles wat sleg en nega-tief was, maar selfs hiermee het syvrede gemaak en is nou trots daar-op dat sy Afrikaans is.

Sy het ’n pastorale sielkundigegaan spreek. Hy het haar geleer sysal nooit vry wees as sy nie almalwat haar seergemaak het, vergewenie. Daarna het haar genesingspro-ses begin.

Vandag is daar groter openheidoor kindermishandeling en -moles-tering. Ondanks die groter bewust-heid meen Judy die probleem hetnie opgehou nie. Hoewel hulle weethulle kan hulp kry, steek kindershul pyn slimmer weg.

Judy het in Maart die eerste keerweer Ons Kinderhuis besoek. Ditwas vir haar baie traumaties. Syvertel toe hulle by die hek inry, hethulle twee kinders gesien. Hullehet stilgehou om pad te vra.

“Is julle kinderhuiskinders?” hetJudy gevra.

“Nee, tannie,” het hulle geant-woord. Net soos sy destyds sou gesêhet. Maar vandag lag sy hard enlekker, sê Judy, sy is gelukkig) Thank God my parents died is byExclusive Books of www.ama-zon.com beskikbaar.

JUDY VAN TONDER FOTO: MARADINE WHITEHORN

Menslike staaltjiesoor sporthelde boeiSNAKES IN THE GAR­DEN OF EDEN deurNorman Canale. Uit­gegee deur Don Nel­son. Sagteband. Prysonbekend.

NORMAN CANALEwas een van die bestesportskrywers van sytyd. En hierdie boekvan hom handel oordie bykans ’n halfeeuwat hy gereeld virSuid-Afrikaanse – enoorsese – koerante entydskrifte verslag ge-doen het oor ’n wyeverskeidenheidsportsoorte. Hy ge-sels onderhoudend enmet gesag oor diemeeste van die sportbyeenkomstewat hy bygewoon het.

Dit was eintlik as beriggewer oorgroot boksgevegte dat hy bekend-heid verwerf het. Hy was ’n ver-troueling van die bekendste boks-promotors en die meeste van diegroot vegters. Dit was ook as ver-troueling van die boksfamilie dathy by sy hoofde in die pekel belandhet. Die titel van die boek vertel dat’n groot deel daarvan gewy wordaan daardie deel van sy loopbaan.

Dit is ’n persoonlike vertelling enaanvanklik het jy die indruk gekrydat hy te veel ruimte daaraan be-stee het. Vir baie mense, wat nie diehoofspelers so goed ken soos dieuwe nie, kan dit eentonig klink.

Maar lees verby die gedeeltes endan kom jy daar waar Canale geselsoor die grootstes van sport met wiehy te doen gekry het. Mense oor wiehy artikels geskryf het. Dan kyk jyna die skrywers van sportboeke injou biblioteek, Danie Craven, JohnFeinstein, Steve de Villiers, BubBooyens, AC Parker, Reg Seet enbaie ander, en jy wonder of hierdieeen nie dalk die beste boek nog oorsport en sy mense is nie.

Veral staaltjies oor die ou stryd-rosse wat vir die meeste mense on-bekend is, is boeiend en menslik.

Hier is een daarvan:Billy Miske was ’n swaargewig

wat kort ná 1900 teen die beste ge-veg het. Hy het onder meer teen diegrote Jack Dempsey verloor nadathy in die 12de ronde uitgeslaan is.

Toe doen hyBright se siekteop. Dit tas on-der meer jouniere aan. Daarwas geen kuurvir die siektenie en die dok-ters het gesê hykan nog vyfjaar lewe mitshy boks los. Hyhet nie en het álswakker ge-word. Hy wassiek, maar hetaangehou oe-fen. Weens diemediese kostehet sy vrou en

drie kindersswaar gekry. Al werk wat Billy kondoen, was boks. Kort voor Kersfeesin 1923 het hy sy promotor oorreedom nog een geveg vir hom te reël.Dit was teen Tommy Gibbons, eenvan die rofste vegters nog. ’n Paardae voor die geveg het Miske ’n te-rugslag ondervind en die promotorwou die geveg stopsit.

“As ek môreoggend om die blokkan stap, sal ek baklei,” het Billygesê. Hy het en in die geveg is hyteen die einde van die tweede rondeso erg gestraf dat hulle die hand-doek wou ingooi. Billy het geweier.

Op wankelende bene het hy uit-gestap toe die derde ronde begin enGibbons met ’n allemintige hou ge-tref en hom uitgeslaan. Hy konKersfees saam met sy gesin viermet derduisende rande aan prys-geld in sy sak.

Oujaarsdag het hy sy promotorgebel en gevra hy moet hom hospi-taal toe neem.

Kort voordat die klokke die nuwejaar ingelui het, is hy dood. Hy wasnet 29 jaar oud.. Canale kies ook sy beste sport-manne van alle tye. Hulle is: Rug-by: Hennie Muller; krieket: Grae-me Pollock en Barry Richardstweede; Gholf: Gary Player en Bob-by Locke; Atletiek: Paul Nash,Springbok-naelloper; Boks: BrianMitchell en Viccie Toweel, Suid-Afrika se eerste wêreldkampioen;Tennis: Eric Sturgess, wat die ge-mengde dubbelspel op Wimbledontwee keer gewen het. – Joe Venter

Wen pragtige handwerkboekeBREISTORIES MET OU­LIKE KARAKTERS VIRALMAL deur LauraLong. Metz Press. Sag­teband. R169,95.

DIE volkleurfoto’svan hierdie kostelike ge-breide speelgoed laat jouvan kwaai naaldwerk-juffrouens vergeet enmaak jou lus om diebreipenne en wol naderte trek. By elke speel-ding se “hoofstuk” isdaar ’n kort storietjie,die patroon, beno-digdhede, wenke virafwerking en ’n aan-duiding van die moei-likheidsgraad van diepatroon. Agterin isook patroonplate.

NAALWERKINSPI­RASIE deur KarenAdendorff en TootjieNiemand. Lapa. Sagte­band. R164,95.

Handgemaak en uniekis dienuwemodeneiging.Met die idees en patronein Naaldwerkinspirasiekan jy jou huis in ’n ont-werperstuiste omskep metdie maklike en bekostigba-re naaldwerkprojekte.

Die samestellers bied vyf projektevir elke vertrek in die huis en wyshoe hierdie projekte in die onder-skeie vertrekke gekombineer kanword. Duidelike stap-vir-stap-aan-duidings en kleurfoto’s word by elke

produk gegee.CREATIVE 3 ­ SCRAP­

BOOK PIECING deur Marina duPlessis. Struik. Sagteband. R170.

Plakboekmakers sal hulle verlus-tig in Marina du Plessis se derde

boek oor plakboeke. Sy is internasio-naal bekend vir haar unieke

driedimensionele figuurteg-nieke.

Die boek bied meer as 40temas elk met ’n volkleur-foto van die resultaat enpatrone vir figure, ra-me, letters, titels, dag-boekhouding en koe-verte. Die instruksiesis duidelik en mak-lik om te verstaan.Gevorderde en be-ginner-plakboek-makers sal dieboek nuttigvind.) Drie lesers

kan elkeen eenvan hierdie boekewen. Dit is geluks-pryse, daar is geenvraag nie.

SMS jou besonder-hede na 41849 (tik dieboek van jou keusebv. “Wen Brei”, “WenNaald” of “WenScrap”, jou naam enposadres).

SMS’e kos R2. Diekompetisie sluit vandagom 00:00.) Verlede week se wen-ners van Steeds Mathysmet die komplimente van

Exclusive Books is K.Crouse van Bloemfontein, C.

Smith van Oranjeville en C. Oosthui-zen van Kroonstad.

Ek soek dié boekMEV. GERDA VAN ASWEGEN

is op soek na die boek Spyskaart virelke seisoen deur Anette Human.

Kontak haar by 082-417-9766 as jyhaar kan help om hierdie boek indie hande te kry.

Lesers wat op soek is na ’n boekkan die besonderhede aan Volks-blad stuurvir gratis plasing. Volks-blad aanvaar egter nie verantwoor-delikheid vir die transaksie nie, ditis uitsluitlik tussen die betrokkepartye.

Stuur die inligting oor die boeken jou naam en kontakbesonderhe-de na [email protected],’n faks na 051-430-6949 (vir aandagAdéle Dempers) of ’n brief na DieBoekeredakteur, Posbus 267,Bloemfontein 9300.

Piet Steyn teken boekePIET STEYN, skrywer van die

gewilde Snoeiskêr en Bottelnek, isop Saterdag 25 September van 10:00tot 15:00 in Exclusive Books, Mimo-sa Mall, Bloemfontein, om sy nuweboek, Tou, te teken. Hy is ’n afgetre-de Vrystaatse skoolhoof en worddie tweede Deon Meyer genoem.

Program by biblioteekDIE Fichardtpark-biblioteek in

Bloemfontein bied in die Septem-ber-skoolvakansie ’n vakansiepro-gram vir kinders aan.

Die program is:28 September: Kom kuier saam

met die dinosourusse van die Nasi-onale Museum. Dit is gratis.

29 September: Poppekasverto-ning met Jomaré Botha. Koste: R10per persoon.

30 September: Wees kreatief,speel speletjies en verf gesigte. Ditis gratis.

Bespreking is noodsaaklik. BelRose van Zyl by 051-522-8884.

Bundel sal lesersna aan die hart lêBoei reeds van die titel afWAT DIE WATER ONTHOU deurLouis Esterhuizen. Protea Boek­huis. R130.

LIEFHEBBERS van die digkunslees gedigte vir die lekkerte, nie omenige ander rede nie. As hulle danboonop geboei raak deur temas enverstegniese dinge soos klankkom-posisie, struktuur, motiefsirkulasieen beelding, is dit maar slegs ’n bo-nus.

Wat die water onthou, Louis Ester-huizen se agtste digbundel, is presiesnet dit: pure leesplesier én andersinsboeiend.

Reeds die titel boei jou, want wátis dit dan wat kwansuis deur wateronthou word? En jy kyk behoorlik nadie voorblad en sien die bundel seRorschach-agtige waterverfspatsel-voorbladillustrasie waarin jy netkan sien wat jy wil sien. Lees gerus3 skoling (bl. 40) in die wonderbaarli-ke siklus die geduld van water waar-in die geliefde die maak van akwarel-le aan die sprekende “ek” verduide-lik, kyk veral na die volgendeversparagraaf: “en jy sien meteens /die druppeltjie bruin tussen / al diegroen –”.

Jy blaai verder.Dié illustrasie is gedoen deur Mar-

lise Joubert, kunstenaar, multigen-reskrywer en Esterhuizen se vrou.Dan lees jy Esterhuizen se romantie-se opdrag op die volgende bladsy:“Vir Marlise – nog steeds & altyd”.

Jy blaai om . . . en die antwoord opwát die water dan tóg onthou, springplotseling uit die inhoudsopgawe intitel ná titel op. Die water onthou“dat daar altyd ’n begin is” enso-voorts. Dié leeservaring is asof jy ’nselfstandige “gedig” lees. En jy besef:Hier kom ’n ding!

Toebegin ekelkegedig leesmetdieaanvangsgedagte “die water ont-hou: . . . ”, want só wil elke gedig inhierdie bundel klaarblyklik geleesword. Dit het my glad nie verbaas niedat die verwagting geskep deur dietitel, voorbladillustrasie, opdrag eninhoudsopgawe telkens bevredigword in die opeenvolgende, afgeron-de verse van hierdie beleë digter-skap. Wat ’n vreugde!

En water “onthou” na beweringbaie dinge as ’n mens op die internetrondsnuffel. Kyk gerus na http://www.life-enthusiast.com/twilight/research_water_memory.htm.

Getrou aan digters van sy geslagslaag Esterhuizen om die bundel digte weef met deurlopende beelde enmotiewe (soos te wagte, dié van “wa-ter” en van “onthou”), asook gedigtewat op mekaar inspeel.

Verstaan my mooi – en dis nie omenige leser hiervan of myself te beïn-druk nie – ek het my huiswerk ge-doen met internetsoektogte. Ek gaanveral akkoord met Marius Crous vandie Nelson Mandela- Metropolitaan-se Universiteit se goeie, gewoon fei-telik-neutrale opsommende oorsigoor Esterhuizen se dig-oeuvre:

”Die deurlopende temas in LouisEsterhuizen se werk word in hierdiebundel voortgesit: die herinneringaan die jeug, die digterskap en kom-mentaar op die skeppingsproses, dieintertekstuele gesprek met ander

digters ( . . . ) en die liefde. ( . . . )”.Crous meld ook die (verstegniese)

gestrooptheid van die verse – “kaal-voetgedigte”, om Antjie Krog sewoord te gebruik. Juis dit maak dielees van die gedigte gemaklik.

Sterk, want naas die liefde promi-nent aan die einde, is die (nuwe) om-gang met die onontwykbare dood astema in veral die twee eindsiklusse,Posisies op ’n bord en Duskant die uit-loop, asook in die slotgedig, Melopee.Maar reeds vroeër maak ons met diétema kennis, vervleg met die liefdes-tema in 4 oop en bloot (bl. 41), watsoos volg eindig: “ingesmelt soos ditin ’n gedig / die geval is – met die lief-de / en ook met die dood.

Terug na Melopee en die bundel seslotreëls. Dié woord kom uit dieFrans, mélopée, wat na ’n klaagliedof ook eentonige dreunsang verwys.Net soos die bundel, eindig die lewevir die sprekende “ek” boonop met’n aandagstreep (–), dit wil sê nog ’n“wat?”, maar dié keer sonder ant-woord – ’n eentonige klaaglied, dalk.Die roeier hou gewoon op met roei:“alles, alles, om gedwee spane / neerte lê en buite sig te verdwyn / metdie water / as enigste verloop –”.

Met die laaste twee reëls word nog’n sterk nuwe tema in die bundel be-

vestig. Vir die spreker eindig feitlikalles, die lewe ook, op ’n (uitsiglose?futiele?) niks . . . met net die waterwat onverstoord voortbestaan. Leesook die slot van “dat die tyd iets iswat smelt” (bl. 36): “swaartekrag: dieding // wat ons voorlopig vas wilhou, / dan gesigloos laat gaan”.

Vir elke leser sal daar gewis unie-ke blywende indrukke en gunstelin-ge wees – reëls, idees en dalk hele ge-digte of siklusse.

My gunsteling is “dat daar holtesis” (bl. 35), met die diepsinnige slot-woorde: “ten laaste, want eintlik isdie lewe / net holtes wat gevul wordvan begin // tot einde, altyd af-draand / na antwoorde waarop dievrae / nog nie versin is nie”.

En met al my verwysings na diesluiting van gedigte staan Esterhui-zen se vermoë om ’n gedig stilistiesby wyse van spreke deur te laat vloeina ’n onafwendbare slot toe uit. Ditis een van die sterkste verstegniesekenmerke van die bundel.

Dié bundel sal elke poësieliefheb-ber om verskillende redes na aan diehart kom staan en elke akademikusomverskillende redes tweemaal laatdink. Geniet die lees. Geniet die die-per delf. – Johann P. Boshoff, skry­wer en vryskutresensent

Woordveertjies in diehoed vir Bfn-skrywersVIER Bloemfonteinse skry-wers is verlede Vrydagaandop Stellenbosch met ATKV-Woordveertjies vereer. Hulleis Gilbert Gibson, Irma Jou-bert, Jaco Jacobs en Fanie Vil-joen.

Gibson het die Prys vir Poë-sie vir sy bundel Oogensiklope-die (Tafelberg-uitgewers) ont-vang. Volgens die beoorde-laars is dit ’n unieke,deurwrogte en deurgekompo-neerde bydrae in Afrikaanswat ’n mens nie sou wou mis-loop nie.

Anderkant Pontenilo (Tafel-berg) van Irma Joubert het diePrys vir Liefdesroman gewen.Die beoordelaars het dit loftoegeswaai as “ ’n deeglik na-gevorste, veelsydige en dig-verweefde verhaal”.

Bloemfontein se bekendekinder- en jeugboekskrywersFanie Viljoen en Jaco Jacobshet ook hul stem dik gemaakin die ATKV se Kinderboe-keerbewyse. In hierdie afdelingstem kinders self vir hul gunste-ling-boek.

Viljoen het in die Selfleeskatego-rie, gr. 1 tot gr. 3, die Woordveertjiegekry vir Slym en die beker van ge-

luk (Lapa). hy het ook vir die boekdie prys as illustreerder verower.

Jacobs se gewilde Middernagfees(Lapa) het in die Selfleeskategorie,gr. 6 tot gr. 7, die Woordveertjie ge-wen.

JACO JACOBSGILBERTGIBSON

IRMA JOUBERT FANIE VILJOEN