the copyright act of 1978 (as amended) prohibits …...dié hospitaal vier in 2017 sy 25ste jaar van...

1
The copyright act of 1978 (as amended) prohibits the reproduction of this copy IN ANY FORMAT, (See Clause 5 Terms and Conditions) without prior permission of the original publisher. Publication EIKESTADNUUS Page 3 Date Thurs 13 Apr 2017 Stellenbosch Roice Die oorspronkli nbosch wat in 1992 sy deure oopgemaak het. A4 * al ee Di‘é ontwerpflis be'l'fivloed deur die behoefte aan vólhoubare en eko-vriendelike fasiliteite. Nuwe Mediclinic Stellenbosch open in 2019 Mediclinic Suider-Afrika het vandag planne aangekondig om die huidige Mediclinic Stellenbosch te skuif na 'n meer prominente perseel langs die R44 in Stellenbosch. Sedert die hospitaal in 1992 sy deure geopen het, het dit gegroei van 'n hospitaal met 58 beddens en 3 teaters tot 'n wêreldklas-fasiliteit met 102 beddens, 5 teaters en 'n besige 24-uur noodeenheid. Dié hospitaal vier in 2017 sy 25ste jaar van pasiëntesorg. Operasionele uitvoerende hoof, Willie Kruger, beklemtoon dat die behoefte aan 'n nuwe hospitaal ontstaan het as gevolg van die sterk vraag na plaaslike fasiliteite. "Aangesien die huidige perseel van Mediclinic Stellenbosch nie genoegsaam uitgebrei kon word om met die behoefte aan sorg tred te hou nie, is die besluit geneem om 'n nuwe gebou op 'n alternatiewe perseel te bou waar die hospitaal 'n beter diens aan die gemeenskap kan lewer. "Addisionele kapasiteit word ingebou om vir verdere groei in die toekoms voorsiening te maak en te verseker dat ons pasiënte nog lank in die toekoms toegang sal hê tot die beste beskikbare sorg." Beryl Davidse werk al vandat Mediclinic Stellenbosch 25 jaar gelede sy deure oopgemaak het by dié hospitaal. Sy het eers by die huishouding-afdeling gewerk. Danksy studies wat deur dié maatskappy moontlik gemaak is, is sy nou tweede in bevel van die hospitaal se intensiewe sorgeenheid. "Wie sou gedink het dat 25 jaar so vinnig verby kan gaan? Dit voel soos gister wat ek by die voordeur as 'n algemene werker ingeloop het, gereed om by Stellenbosch se eerste en splinternuwe Senior professionele verpleegster Beryl Davidse privaathospitaal aan te sluit," vertel sy. "Dit was uitdagende, maar tog opwindende tye gewees. Ek het begin studeer deur die hospitaal en op die oomblik is ek die senior professionele verpleegster by die intensiewe sorgeenheid. Met die nuwe hospitaal se bou, het ek seker nog 25 jaar om na uit te sien." Die nuwe hospitaal, geleë op die hoek van Strandrylaan (R44) en Elsie du Toit- rylaan in Stellenbosch, behou sy oorspronklike naam en sal 'n verskeidenheid gespesialiseerde eenhede vir pasiënt-gesentreerde sorg, asook 'n multidissiplinére span spesialiste en 'n noodsentrum insluit. Die moderne gebou gaan ook 'n daghospitaal hê, bekend as Mediclinic Stellenbosch Day Clinic, waar pasiënte met beplande, nie-nood chirurgiese prosedures op die dag van die prosedure opgeneem en ontslaan sal word. Die ontwerp van die nuwe hospitaal is sterk beïnvloed deur die nodigheid om volhoubare en eko-vriendelike fasiliteite te skep. Dit sal ontwerpelemente insluit wat op natuurlike lig in pasiëntkamers, besoekareas en dokters se spreekkamers fokus. Verskeie ander groen en omgewingselemente sal ingebring word om die hospitaal se koolstofvoetspoor te verminder. Die huidige gebou, in Die Boord op Stellenbosch, sal omskep word in 'n ortopediese eenheid en sal bekend staan as Mediclinic Winelands Orthopaedic Hospital. Dit sal verskeie ortopediese en rumatologiese spesialiste huisves met die doel om 'n sentrum van uitnemende diens vir die Wynland-gemeenskap te skep en ook te verseker dat alle ortopediese dissiplines by dié fasiliteit gedek word. 'n Tweede daghospitaal - die Mediclinic Winelands Day Clinic - het reeds 'n lisensie en sal vir verskeie kort-verblyf ortopediese prosedures voorsiening maak. Kobus Jonck, infrastruktuur- hoofbestuurder van Mediclinic Suider- So sal die nuwe hospitaal, geleë op die hoek van Strandrylaan (R44) en Elsie du Toit-rylaan in Stellenbosch, lyk as dit voltooi is. Die projek sal ongeveer 20 maande neem om te voltooi en Mediclinic Stellenbosch sal in 2019 sy nuwe deure open. Afrika, verduidelik die tydraamwerk vir die nuwe hospitaal: "Ons tenderproses het vroeg in Maart 2017 gesluit. Sekere regulatoriese prosesse moet afgehandel word en ons sal teen Mei 2017 gereed wees om met bouwerk te begin. Die projek sal ongeveer 20 maande neem om te voltooi en Mediclinic Stellenbosch sal in 2019 sy nuwe deure open." Die nuwe hospitaal sal deur Atterbury Properties in oorleg met Mediclinic Suider-Afrika ontwikkel word.

Upload: others

Post on 19-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: The copyright act of 1978 (as amended) prohibits …...Dié hospitaal vier in 2017 sy 25ste jaar van pasiëntesorg. Operasionele uitvoerende hoof, Willie Kruger, beklemtoon dat die

The copyright act of 1978 (as amended) prohibits the reproduction of this copy IN ANY FORMAT, (See Clause 5 Terms and Conditions) without prior permission of the original publisher.

Publication

EIKESTADNUUS

Page

3

Date

Thurs 13 Apr 2017

Stellenbosch

Roice

Die oorspronkli nbosch wat in 1992 sy deure oopgemaak het.A4 * al eeDi‘é ontwerpflis be'l'fivloed deur die behoefte aan vólhoubare en eko-vriendelike fasiliteite.

Nuwe Mediclinic Stellenbosch open in 2019Mediclinic Suider-Afrika het vandagplanne aangekondig om die huidigeMediclinic Stellenbosch te skuif na 'nmeer prominente perseel langs die R44in Stellenbosch.

Sedert die hospitaal in 1992 sy deuregeopen het, het dit gegroei van 'nhospitaal met 58 beddens en 3 teaters tot'n wêreldklas-fasiliteit met 102 beddens, 5teaters en 'n besige 24-uur noodeenheid.

Dié hospitaal vier in 2017 sy 25ste jaarvan pasiëntesorg. Operasioneleuitvoerende hoof, Willie Kruger,beklemtoon dat die behoefte aan 'n nuwehospitaal ontstaan het as gevolg van diesterk vraag na plaaslikefasiliteite.

"Aangesien die huidigeperseel van MediclinicStellenbosch nie genoegsaamuitgebrei kon word om met diebehoefte aan sorg tred te hounie, is die besluit geneem om'n nuwe gebou op 'nalternatiewe perseel te bouwaar die hospitaal 'n beterdiens aan die gemeenskap kanlewer.

"Addisionele kapasiteit wordingebou om vir verdere groeiin die toekoms voorsiening temaak en te verseker dat onspasiënte nog lank in dietoekoms toegang sal hê tot diebeste beskikbare sorg."

Beryl Davidse werk al vandatMediclinic Stellenbosch 25 jaar gelede sydeure oopgemaak het by dié hospitaal. Syhet eers by die huishouding-afdelinggewerk. Danksy studies wat deur diémaatskappy moontlik gemaak is, is synou tweede in bevel van die hospitaal seintensiewe sorgeenheid.

"Wie sou gedink het dat 25 jaar sovinnig verby kan gaan? Dit voel soosgister wat ek by die voordeur as 'nalgemene werker ingeloop het, gereed omby Stellenbosch se eerste en splinternuwe

Senior professioneleverpleegster Beryl Davidse

privaathospitaal aante sluit," vertel sy.

"Dit wasuitdagende, maar togopwindende tyegewees. Ek het beginstudeer deur diehospitaal en op dieoomblik is ek diesenior professioneleverpleegster by dieintensiewesorgeenheid. Met dienuwe hospitaal sebou, het ek seker nog

25 jaar om na uit te sien."Die nuwe hospitaal, geleë op die hoek

van Strandrylaan (R44) en Elsie du Toit-rylaan in Stellenbosch, behou syoorspronklike naam en sal 'nverskeidenheid gespesialiseerde eenhedevir pasiënt-gesentreerde sorg, asook 'nmultidissiplinére span spesialiste en 'nnoodsentrum insluit.

Die moderne gebou gaan ook 'ndaghospitaal hê, bekend as MediclinicStellenbosch Day Clinic, waar pasiëntemet beplande, nie-nood chirurgieseprosedures op die dag van die prosedure

opgeneem en ontslaan sal word.Die ontwerp van die nuwe hospitaal is

sterk beïnvloed deur die nodigheid omvolhoubare en eko-vriendelike fasiliteitete skep. Dit sal ontwerpelemente insluitwat op natuurlike lig in pasiëntkamers,besoekareas en dokters se spreekkamersfokus. Verskeie ander groen enomgewingselemente sal ingebring wordom die hospitaal se koolstofvoetspoor teverminder.

Die huidige gebou, in Die Boord opStellenbosch, sal omskep word in 'nortopediese eenheid en sal bekend staanas Mediclinic Winelands OrthopaedicHospital.

Dit sal verskeie ortopediese enrumatologiese spesialiste huisves met diedoel om 'n sentrum van uitnemendediens vir die Wynland-gemeenskap teskep en ook te verseker dat alleortopediese dissiplines by dié fasiliteitgedek word.

'n Tweede daghospitaal - die MediclinicWinelands Day Clinic - het reeds 'nlisensie en sal vir verskeie kort-verblyfortopediese prosedures voorsiening maak.

Kobus Jonck, infrastruktuur-hoofbestuurder van Mediclinic Suider-

So sal die nuwe hospitaal, geleë op die hoek van Strandrylaan (R44) en Elsie du Toit-rylaan in Stellenbosch, lyk as dit voltooi is.

Die projek salongeveer 20maande neem omte voltooi enMediclinicStellenbosch sal in2019 sy nuwe deureopen.

Afrika, verduidelik die tydraamwerk virdie nuwe hospitaal:

"Ons tenderproses het vroeg in Maart2017 gesluit. Sekere regulatoriese prosessemoet afgehandel word en ons sal teen Mei2017 gereed wees om met bouwerk tebegin. Die projek sal ongeveer 20 maandeneem om te voltooi en MediclinicStellenbosch sal in 2019 sy nuwe deureopen."

Die nuwe hospitaal sal deur AtterburyProperties in oorleg met MediclinicSuider-Afrika ontwikkel word.