potentia' by cicero-'n woordondersoek'potentia' by cicero-'n woordondersoek...

10
'POTENTIA' BY CICERO- 'N WOORDONDERSOEK (vervolg*) deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria) 'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia in Cicero se rede- voeringe, waar dit 38 keer voorkom, bet tot die volgende bevindinge gelei: 1. potentia word in hierdie deel van sy oeuvre nooit aan nie-menslike wesens toegeskryf nie; 2. by die vraag hoeveel persone telkens as die besitters daarvan voorgestel word, moet ons onderskei: (a) die gevalle waar die begrip ,absoluut' of ,onbepaald' gebesig word, d.w.s. sonder die uitdruklike vermelding van die besitter(s); hier dui die verband meestal op 'n enkele of hoogstens op 'n klein aantal besitters van die mag; in geen enkele geval is daar 'n aanduiding van 'n getalsterke groep nie; (b) die gevalle waar die besitters wei aangedui word: hier kom groepe wei voor, maar nooit talryke groepe nie, veel minder nog 'n geval van die staat se ,militarisch-aussenpolitische Macht' (Drexler). Dit word oorwegend ('n twintigtal keer) van 'n individu en sowat nege keer van 'n paar of drietal gebruik; 3. die magis (uitdruklik of by implikasie) meestal onafhanklik; uitsonderinge is die gevalle van Sulla se vrygelatene Chrysogonus en Caesar se hand- langers Vatinius en Clodius; 4. slegs eenmaal bet die woord 'n enigsins duidelik vleiende konnotasie (blykens die aanwesigheid van woorde eiusdem generis); 5. in sowat vier gevalle is die woord gunstig gekleurd of ook maar neutraal van aard; daarenteen 6. is die gevalle van 'n haatlike bybetekenis in getal sterk oorheersend; die woord se normale konnotasie is ongunstig of selfs onmiskenbaar invi- dieus; 7. hierdie invidia word deur 'n verskeidenheid stylmiddele by die leser gewek, soos afkeurende adjektiewe of adverbia, die byhaal van ander mags- begrippe met onaangename assosiasies volgens di e beginsel dat potentia dante mid de van hierdie sinonieme noscitur a sociis; * Die eerste deel van hierdie studie het verskyn in A Class. XVI (1973) bl. 33-50. 49

Upload: others

Post on 07-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK'POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK (vervolg*) deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria) 'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia

·. ~ . .

'POTENTIA' BY CICERO- 'N WOORDONDERSOEK

(vervolg*)

deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria)

'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia in Cicero se rede­voeringe, waar dit 38 keer voorkom, bet tot die volgende bevindinge gelei:

1. potentia word in hierdie deel van sy oeuvre nooit aan nie-menslike wesens toegeskryf nie;

2. by die vraag hoeveel persone telkens as die besitters daarvan voorgestel word, moet ons onderskei:

(a) die gevalle waar die begrip ,absoluut' of ,onbepaald' gebesig word, d.w.s. sonder die uitdruklike vermelding van die besitter(s); hier dui die verband meestal op 'n enkele of hoogstens op 'n klein aantal besitters van die mag; in geen enkele geval is daar 'n aanduiding van 'n getalsterke groep nie;

(b) die gevalle waar die besitters wei aangedui word: hier kom groepe wei voor, maar nooit talryke groepe nie, veel minder nog 'n geval van die staat se ,militarisch-aussenpolitische Macht' (Drexler). Dit word oorwegend ('n twintigtal keer) van 'n individu en sowat nege keer van 'n paar of drietal gebruik;

3. die magis (uitdruklik of by implikasie) meestal onafhanklik; uitsonderinge is die gevalle van Sulla se vrygelatene Chrysogonus en Caesar se hand­langers Vatinius en Clodius;

4. slegs eenmaal bet die woord 'n enigsins duidelik vleiende konnotasie (blykens die aanwesigheid van woorde eiusdem generis);

5. in sowat vier gevalle is die woord gunstig gekleurd of ook maar neutraal van aard; daarenteen

6. is die gevalle van 'n haatlike bybetekenis in getal sterk oorheersend; die woord se normale konnotasie is ongunstig of selfs onmiskenbaar invi­dieus;

7. hierdie invidia word deur 'n verskeidenheid stylmiddele by die leser gewek, soos afkeurende adjektiewe of adverbia, die byhaal van ander mags­begrippe met onaangename assosiasies volgens die beginsel dat potentia dante mid de van hierdie sinonieme noscitur a sociis;

* Die eerste deel van hierdie studie het verskyn in A Class. XVI (1973) bl. 33-50.

49

Page 2: POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK'POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK (vervolg*) deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria) 'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia

• ' o ,I ~

. L. •

.. : .... •;. .I

8. die woord word soms van ander magsbegrippe onderskei wat Of minder invidieus is (soos gratia of auctoritas) of nog krasser (soos dominatio of regnum);

9. potentia het hier deurgaans die betekenis van de facto-mag, m.a.w. dis nerens 'n sinoniem van potestas in die juridiese sin nie.

Laastens wil dit voorkom asof die ,oorheersende magsposisie', ,invloed' of ,mag' meestal van 'n politieke aard is.

* * *

Die vraag is of dieselfde konklusies ook die gebruik van die woord in die ander genres van Cicero se werk geld, d.w.s. in die briewe en in die filosofiese werke (want in die retoriese werke kom die woord hoegenaamd nie voor nie).

B. DIE BRIEWE

In die korrespondensie gebruik Cicero self dertien keer die woord potentia. 48

Die antwoorde op ons nege vrae kan bondig wees daar ons in hoofsaak met die bevindinge kan volstaan en die gevalle nie almal hoefte individualiseer nie.

1. Op die eerste vraag is die antwoord weer eens dat potentia slegs aan mense toegeskryf word.

2. Die enigste talryke groep wat bier as ,besitter' van potentia voorkom, is die senaat, t.w. in 'n brief van April 59 aan Atticus :49 Die driemanskap deel die lakens uit. Caesar tree op asof sy kollega Bibulus nie bestaan nie - dit is die bekende konsulskap van Julius en Caesar. 50 Die politieke wiel het gedraai (orbis hie in republica est conversus), se Cicero, en voeg by: ,Video iam quo invidia transeat et ubi sit habitatura'. Weldra sal daar na sy regeringstyd (nl. van die jaar 63) terug verlang word. ,Want indien die mag van die senaat ( destyds) ongewild was, hoedanig reken jy dat dit nou sal wees waar dit nie na die voile oorgedra is nie, maar na drie on beheersde manne?- Etenim, si fuit invidiosa senatus potentia, cum ea non ad populum, sed ad tres homines

48. Die bewysplase vir die 13 gevalle staan in voetnote 49 en 51-54. Van die korrespon­dente gebruik Lentulus die woord een keer (mits die emendasie van patientia tot potentia by fam. 12.15.4 aanvaar word: alii alia). By Brutus kom dit drie keer voor in twee briewe waarvan die· egtheid (sender genoegsame grand volgens Syme, R. Revol. p. 184 n. 5) deur sommige in twyfel getrek word: Br. 1.16.7 en 1.17.4 en 7. By Plancus een maal (fam. 10.24.2).

49. Att. 2.9.2. 50. Suet. Div. lui. 20.2: non Caesare et Bibulo, sed Julio et Caesare consulibus actum.

50

Page 3: POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK'POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK (vervolg*) deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria) 'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia

I

immoderatos redacta sit, quid iam censes fore?' Hierdie brief is van die jaar voordat Cicero deur die toedoen van Clodius verban is. Dis egter duidelik dat die redenaar skimpe en aantygings moes aanhoor as sou hy die samesweer­ders ,onwettig' tereg laat stel het. Die gebruik van die uitdrukking ,iuvidiosa senatus potentia' dien as 'n verontskuldiging deur daaraan te herinner dat hy met die teregstelling in opdrag van die senaat gehandel het.

Die woord word twee keer uitdruklik van die eerste driemanskap gebruik, 51

en in die pas aangehaalde passasie lui dit dat ea, nl. die potentia wat eers by die senaat was, na hulle oorgedra is. Origens is die draers 'n verskeidenheid enke­linge, o.a. die twee protagoniste op die vooraand van die burgeroorlog: 52 ,De sua potentia dimicant homines hoc tempore periculo civitatis.' Verder Pom­peius en Caesar afsonderlik, Vestorius die bankier, en, mi die moord op die diktator, ook M. Antonius. 53 In dieselfde brief waar die senatus potentia vermeld word, staan die uitdrukking senatoria potentia, maar met die beteke­nis ,my invloed in die Senaat': ,Non enim poterimus ulla esse invidia, spoliati opibus et ilia senatoria potentia.' 54

3. In die derde plek is daar slegs een duidelike geval van afhanklike mag; dit is waar Cicero by L. Munatius Plancus pleit dat hy sy invloed by Caesar moet laat geld sodat Capito 'n erfenis van 'n bloedverwant kan verkry: ,rogo ... ut hanc rem suscipias; meam putes esse; enitare, contendas, efficias, ut mea commendatione, tuo studio, Caesaris beneficio, hereditatem . . . Capito obtineat. Omnia quae potui in hac tua gratia ac potentia a te impetrare, si petiissem, ultro te ad me detulisse putabo, si hanc rem impetravero'. 55 Hier bewys die verband dat dit gaan om ,gratia ac potentia apud Caesarem'.

Die mag is byna altyd van 'n militere enjof politieke aard met die moontlike uitsondering van Vestorius se geval wat na dit skyn grappig bedoel is en op sy finansiele mag slaan.

4. Vierdens, die vraag of die woord met 'n vleiende nuanse voorkom: in die brief aan Lentulus in 54 gerig, wat sy politieke apologia bevat, 56 verwys Cicero na die tydperk net mi Luca, ,toe die vooraanstaande figuur in die staat Cn. Pompeius was, iemand wat hierdie mag en roem verwerfhet d.m. v. die aller­grootste dienste jeens die staat en die skitterendste krygsdade ... - Cum autem

51. Fam. 1.7.10 (56 v. Chr.) en 1.8.4 (55 v. Chr.). 52. Att. 7.3.4 (Des. 50 v.Chr.). 53. Att. 1.19.4 (Pornpeius onder verdenking; 60 v.Chr.); fam. 1.9.11 (Pornpeius se

potentia et gloria; 54 v.Chr.); fam. 5.18.2 (Pornpeius; 52 v.Chr.); Att. 6.2.10 (Vestorius; Mei 50 v.Chr.); Att. 7.4.3 (Caesar; Des. 50 v.Chr.); fam. 13.29.5 (Plancus; 47 of 46 v.Chr.); fam. 6.1.6 (Caesar se potentia (burgerlik) teenoor sy rnilitere victoria gestel; 46 v.Chr.); Brut. 1.10.3 (M. Antonius; 43 v.Chr.).

54. Att. 2.9.1. 55. Fam. 13.29.5. 56. Fam. 1.9.11.

51

Page 4: POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK'POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK (vervolg*) deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria) 'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia

in re p. Cn. Pompeius princeps esset, vir is, qui hanc potentiam et gloriam maximis in rempublicam meritis praestantissimisque rebus gestis esset consecutus ... '. Die samevoeging van potentia en gloria verleen 'n gunstige kleur aan e.g. Hier ressorteer ook die pas aangehaalde geval van L. Munatius Plancus.

5. In een of twee gevalle is dit onduidelik of die woord ,neutraal' gebruik word, bv. waar Cicero na Caesar verwys57 as ilium, quoi etiam inimici alterum consulatum, fortuna summam potentiam dederit'; miskien moet die verwysing na sy eie invloed in die senaat as ,ilia senatoria potentia' ook bier tuisgebring word.

6. Daarteenoor staan daar 'n agtal gevalle wat duidelik invidieus is, 58 waarvan miskien die twee duidelikstes die volgende is:

(a) Cicero doen aan Lentulus verslag oor die politieke situasie in Julie 56:59

,Daar beers die allerheftigste onenigheid, maar 'n ongelyke stryd; want dit wil my voorkom asof die party (d.w.s. die driemanskap) wat met middele, wapens en invloed (potentia) die meeste vermag, dit a.g.v. die dwaasheid en slapheid van bulle teenparty (die Optimates) tog sover gebring het dat hulle nou ook t.o.v. prestige die oorhand verkry het.'

(b) Cicero skryfaan Brutus oor die situasie in43 en verwys sterk afkeurend na M. Antonius se magstrewe :60 ,Ek kan my nie by enige geleentheid 'n lojaler senaat of groep magistrate herinner nie; want nog nooit het dit by die strewe na 'n buitengewone amp vir 'n magtige personasie - of Hewer vir 'n allermagtigste een, daar die mag tans op fisieke mag en wapengeweld berus - gebeur dat geen enkele volkstribuun, geen bekleer van 'n ander amp, geen privaatburger as pleitbesorger vir so 'n strewe na vore getree het nie.' Die verband is selfverduidelikend.

7. Die middele tot invidia blyk reeds nit bostaande, veral in die sinsnede ,quando quidem potentia iam in vi posita est et armis.' Elders: ,fuit invidiosa senatus potentia' (Att. 2.9.2) en ,De sua potentia dimicant homines hoc tempore periculo civitatis' (Att. 7.3.4), wat tog klaarblyklik in die oe van 'n lojale Romein 'nfacinus impium moet wees.

8. Onder die agtste hoof kan ons terugverwys na die sitaat uit die brief aan Lentulus (fam. 1.7.10) waar die driemanskap benewens die feit dat hulle

57. Att. 7.4.3. (50 v.Chr.); miskien ook Att. 2.9.1 (April 59). 58. Att. 2.9.2: Brut. 1.10.3; fam. 1.8.4; 5.18.2; 6.1.6; Att. 1.19.4; 7.3.4; fam. 1.7.10. 59. Fam. 1.7.10. 60. Brut. 1.10.3.

52

Page 5: POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK'POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK (vervolg*) deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria) 'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia

~: .

··'

opibus armis potentia valent (almal invidieuse begrippe) daarenbowe in prestige of aansien (auctoritate) hulle teen party in die skadu stel.

Elders61 word 'n nie-militere potentia in 'n gunstige lig teenoor die militere heerskappy van 'n diktator gestel. Cicero skryf in 46 v.C. aan Torquatus e.a.: ,(Indien ons maar die raad van Servius Sulpicius gevolg het), togati potius potentiam eius quam armati victoriam subissemus.'

9. Die laaste vraag is of die potentia altyd suiwer de facto is of ook wel de iure­mag beteken. In die 13 passassies onder beskouing is daar altyd 'n de facto­element aanwesig, ook wanneer die besitter magtig geword het deur 'n amp met sy de iure-bevoegdhede te beklee; dit geld ook die geval van senatus potentia omdat dit invidiosa is in die oe van diegene wat oortuig is dat die senaat sy

· · bevoegdhede te buite gegaan het.

C. DIE FILOSOFIESE WERKE

In hierdie derde genre kom potentia 'n sewentiental kere voor - eenmaal elk in die De Legibus en die Tusculanae Disputationes; driemaal in die Laelius; viermaal in die De Republica en agt keer in die De O.fficiis.62 Ook hier vertoon die patroon groot ooreenkoms met die voorafgaande:

1. Weer word die begrip van geen nie-menslike wese gebruik nie.

2. Dit word weer eens hoofsaaklik aan individue toegeskryf: drie keer uitdruk­lik, 63 en nege keer ,distributief' ;64 tog val dit op dat dit relatief meer dikwels, t.w. vyf keer,65 van aansienlike groepe aangewend word, veral van die oli­gargie onder verskillende benaminge: principes (2 keer), nobiles en senatus; die treffendste is egter waar dit van Rome se wereldmag gebruik word (aan­haling later).

3. Wat die derde hoofbetref, is daar geen onmiskenbare geval van afhanklike mag nie. In nege gevalle is die mag ondubbelsinnig onafhanklik, waaronder die pasgemelde groepe, asook Alexander d. Gr. en Pompeius; in die orige agt gevalle66 is die gebruik weliswaar algemeen, soos in De Off. 1.86: ,die ernstige en dapper burger en 'n waardige Ieier sal al hierdie (politieke beroeringe)

61. Fam. 6.1.6 (mense intercal. 46 v.Chr.). 62. Rep. 1.6.8; 2.10 (slot); 2.56; 2.59. Off. 1.9; 1.26; 1.70 ; 1.86; 2.24; 3.36; 3.39; 3.82.

Leg. 3.34. Tusc. 3.21. Lael. 20; 59; 63. 63. Off. 3.39 (algemeen). Tusc. 3.21 (Alexander d. Gr.). Lael. 59 (algemeen). 64. ,Distributief': Off. 1.9; 1.26; 1.70; 1.86; 2.24; 3.36; 3.82. Lael. 20; 63. 65. Van groepe: Rep. 1.68 (principum); 2.10 (Rome se wereldrnag); 2.56 (nobilium);

2.59 (senatus). Leg. 3.34 (principum). 66. Off. 1.9; 1.70; 1.86; 2.24; 3.36; 3.39. Lael. 20; 63.

53

Page 6: POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK'POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK (vervolg*) deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria) 'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia

vermy en verafsku, en sal hom heelhartig aan sy vaderland wy, en nie 'n mags­posisie of die middele daartoe nastrewe nie (neque opes aut potentiam consecta­bitur ), maar telkens val onafhanklike mag eerder te veronderstel.

4. Vierdens verskyn daar twee keer 'n duidelike vleiende konnotasie:

(a) in De Republica 2.10: Romulus se wyse keuse van 'n standplaas vir sy stad op die oewer van 'n standhoudende en gelykmatige rivier word aangeprys; hy moes klaarblyklik voorsien het dat dit nog eenmaal die setel vir die grootste mag op aarde sou verskaf, , want nagenoeg geen stad in enige (ander) deel van lta!ii:S geleiS sou hierdie magtige wereldryk met groter gemak kon gehandhaaf het nie (nam bane rerum tantam potentiam non ferme facilius ulla in parte Italiae posita urbs tenere potuisset)'.

(b) In De Officiis 2.24 lui dit dat dit die opperste dwaasheid is om in 'n vry staat 'n skrikbewind uit te oefen; daar volg die raadgewing: ,Laat vrees verban word, Iaat daar aan die liefde vasgehou word - laat ons hierdie gedragslyn aan ons hart druk wat die omvattende aantrekkingskrag het, maar ook die kragtigste meewerk nie alleen tot beveiliging nie maar ook tot invloed en mag (Quod igitur latissimum patet neque ad incolumitatem solum, sed etiam ad opes etpotentiam valet plurimum, id amplectamur, ut metus absit, caritas retineatur)': bier verseker caritas dus die verwerwing van opes en potentia.

5. Vyfdens kom 'n min of meer neutrale konnotasie 'n vyftal kere voor:67

waar daar bv. na Alexander d. Gr. verwys word as ,hominem summa potentia summaque fortuna' maar wat nie weet hoe om die gawes aan te wend nie.

Ondubbelsinnig neutraal en objektief is De Officiis 1.70 waar Cicero na aanleiding van die rustige, onbesorgde lewe, onafhanklik en vry van gebrek, opmerk: ,En daarom, aangesien die mense met 'n drang na mag (potentiae cupidi) hierdie strewe gemeen het met die pasgenoemde voorstanders van rus, meen die een groep dat bulle hulle doel kan verwesenlik indien bulle oor middele beskik, en die ander indien hulle genoee neem met die bietjie wat bulle besit. En hierin val nog die een stand punt nog die ander geheel en al te versmaai'. Daarop weeg hy die voor- en nadele van albei teen mekaar op.

6. Sesdens kom die invidieuse skakering soms lig afkeurend voor, 68 soos waar potentia in Laelius 20 onder 'n viertal begeerlikhede genoem word wat soms bo die vriendskap gestel word; maar meer dikwels is die invidia veel sterker,69

'n agtal kere; in De Officiis 3.36 verskyn daar 'n lang lys gruwele (qui bus nihil

67. Rep. 2.56. Off. 1.9; 1.70. Tusc. 3.21 (Alexander). Lael. 20. 68. Rep. 2.59. Lael. 20; 63. 69. Rep. 1.68 (ontstaan van tirannie). Off. 1.26; 1.86; 3.36; 3.39 (Gyges se ring); 3.82

(Pompeius se strewe napotentia d.m.v. Caesar). Leg. 3.34. Lael. 59.

54

Page 7: POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK'POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK (vervolg*) deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria) 'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia

nee taetrius nee foedius exeogitari potest); bulle is die gevolg van die dwaling as sou die utile strydig met en verkieslik bo die honestum lean wees: ,hine opum nimiarum, potentiae non ferendae, postremo etiam in liberis eivitatibus regnandi existunt cupiditates' -in 'n stygende lyn van laakbaarheid.

7. Hierdie Iaaste passasie bied tegelyk ook vir ons sewende hoof (nl. die middele tot invidia) die indrukwekkendste lys invidiosa waar die aanwending van eiusdem generis-woorde 'n hoogtepunt bereik. Daar is verder uitdrukkinge soos ,ex nimia potentia principum oritur interitus principum' (De Rep. 1.68), die siniese spreuk i.v.m. die vriendskap wat Bias in die mond gele word, is kenmerkend ,impuri euiusdam' (Laelius 39). De Officiis 1.26 handel oor die euwels van grenselose ambisie: ,Declaravit id modo temeritas C. Caesaris, qui omnia iura divina et humana pervertit propter eum, quem sibi ipse opinionis error finxerat, principatum' (waar die slotwoord sinoniem met potentia is). ,En (lui dit dan) die ergerlike in hierdie hele aangeleentheid is dat ditjuis in die grootste geeste en die skitterendste geniee is dat honoris, imperii, potentiae, gloriae cupiditates die meeste aangetref word.' Die hele atmosfeer is bier van invidia deurdrenk. 70 By De Legibus 3.34 gaan dit om 'n vroeer vrye volk, maar nou oppressus dominatu ac potentia principum, 'n frase wat met haatlikheid gelaai is.

8. Agtstens, die teenstellinge of antonieme: De Officiis 1.70, waar die sug na politieke ambisie teenoor otium staan, is reeds genoem. Uit 3.82 blyk dit dat die ware en die eerbare die prys is wat vir potentia betaal moet word: ,Qui omnia recta et honesta neglegunt, dum modo potentiam consequantur, nonne idem faciunt quod is ( =Pompeius) qui etiam soeerum voluit habere eum ( =Caesarem), cui us ipse audacia pot ens esset ?' 71

9. Oordielaaste vraag, t.w. ofdiemagsuiwerdefacto of de iureis of'nmengsel, is daar nie altyd uitsluitselnie: in die meerderheid gevalle gaan dit nie spesifiek om heersers of magistratus nie: dan het ons vermoedelik de facto-mag of invloed.

* * *

In hoeverre verskil die antwoorde op die nege vrae t.a.v. hierdie twee genres van ons bevindinge i.v.m. die gebruik in die redevoeringe?

70. Ander gevalle van middele tot invidia: Rep. 1.68 (gebruik van paradoks). Off. 1.86 (,iets om te vermy: potentia en opes'); 3.39 (Gyges se ring: ongeoorloofde beweegredes); 3.82 (,audacia soceri i.e. Caesaris', en die hele verband). Laelius 63 (contemnenda).

71. 'n Lys begeerlikhede (bo vriendskap gestel): Lael. 20. Vgl. ook die lys magsbegrippe in Lael. 63.

55

Page 8: POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK'POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK (vervolg*) deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria) 'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia

1. Op die eerste vraag bly die antwoord in albei gevalle onveranderd: aile besitters is menslike wesens.

2. Aangaande die aantal besitters bly dit waar dat dit byna altyd Of individue Of klein groepies is, maar daar kom tog in 'n paar gevalle aansienlike groepe by soos die senaat (in die briewe en in die filosofiese werke, een maal elk), asook van die adel (3 keer) en selfs van Rome se wereldheer­skappy.

3. I.v.m. die vraag na die afhanklikheid of die onafhanklikheid daarvan: weer eens is afhanklike mag die hoe uitsondering.

4. In albei genres kom potentia met 'n vleiende nuanse voor, maar slegs in uitsonderlike gevalle, waarvan die treffendste ,hierdie magtige wereldryk' (hanc rerum tantam potentiam) is.

5. Met 'n neutrale of objektiewe konnotasie kom die woord (vera! in die filosofiese werke) meer dikwels voor as in die redevoerioge.

6-9. T.a.v. die invidia of haatlikheid val daar weinig verskil in die patroon op te merk: ook in hierdie twee genres is dit oorheersend. Die self de val daar i.v.m. die orige punte te se sodat die patroon van ons bevindinge eintlik nie ingrypend deur die ondersoek na die briewe en filosofiese werke gewysig word nie.

ENGLISH SUMMARY OF CONCLUSION

In this sequel the same nine questions as formulated in AC!ass XVI (1973) p. 49 have been considered as regards the use of potentia in other works of Cicero. It appears 17 times in the correspondence: 13 times used by himself and four times by his correspondents; 17 times in the philosophical works also, and in the rhetorical works not at all.

In how far do our findings differ from those arrived at in the case of the speeches?

1. To the first question the answers remain the same for both, the letters and the philosophical works; potentia is attributed to human beings only.

2. Again this power is usually attributed to individuals or small groups; yet a few cases of more numerous groups occur: of the Senate (once in each genre), three times of the nobility, and once even of Rome's world power.

56

Page 9: POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK'POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK (vervolg*) deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria) 'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia

3. As regards dependent or independent power, the latter is very much the rule once again.

4. In both genres potentia occurs with a :flattering connotation but only by way of exception; the most striking case is that of "this mighty world power" (hanc rerum tan tam potentiam; De Republica 2.1 0).

5. Especially in the philosophical works cases of a neutral or objective connotation are somewhat commoner than in the speeches.

6-9. As regards invidia there is little difference in the pattern: in these two genres also it is predominant. The same applies to the other points; by and large the inquiry into the letters and philosophical works has

· hardly affected our findings in the case of the speeches.

57

Page 10: POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK'POTENTIA' BY CICERO-'N WOORDONDERSOEK (vervolg*) deur H. L. Gonin (Universiteit van Pretoria) 'n Ondersoek na die aanwending van die woord potentia