nieu bethesda 2 maart 2010 publication1.pdf · ooruil (bubo africanus) en die nonnetjie-uil (tyto...

20
UITGAWE 2 PRYS: R10.00 Kontakbesonderhede: Contact details: Posbus 23 PO Box 23 Nieu-Bethesda Nieu Bethesda 6286 6286 E-MAIL: [email protected] Nieu Bethesda Vloedwaters bruis in en om Bethesda Sporadiese buie en storms het in die eerste twee maande van die jaar gesorg dat Nieu-Bethesda besonder groen bly. Inwoners op inkopie- uitstappies na Graaff-Reinet en Middelburg moes ook by verskeie geleent- hede by driwwe wag vir die vloedwaters om af te loop voordat hulle kon deurkom huistoe. ‗n Motor het by die drif naby Ganora van die laagwaterbruggie afgespoel en die insittendes, Isador Horn, Sahid Jacobus en Jerome Scott het ter nouer nood ontkom toe Sahid daarin geslaag het om een van die agterste motordeure oop te skop. Hy het Jerome uit die motor gesleep en hulle het die bestuurder, Isador, geroep om ook agter uit te klim. Hy het ontsnap net voordat die motortjie verder deur die rivier meegesleur is. JP Steynberg, of Rooibaard ,soos hulle hom noem, het die drie druipnat en bedremmeld langs die bruisende rivier gekry en Bethesda toe gebring. NEWS FROM THE NIEU BETHESDA RATEPAYERS ASSOCIATION At a meeting of the members of the Associa- tion on 17 February 2010 the management committee informed members about a num- ber of issues affecting town residents. This included important news about the assess- ment rates issue, the Nieu Bethesda Bulk Water Supply Scheme,the proposed exten- sions to the sewage works, and some other important matters. The full written report will be forwarded to any member of the association on request. Please contact Charles Graham at [email protected] or Peet van Heerden at [email protected] if you wish to obtain a copy. Members who don‘t have email facilities can contact Charles at 049 8411 644 or Peet at 049 8411 401 to make other arrangements. Regarding the assessment rates for the current year, the meeting took the following decision: Members must now pay their rates accounts. Make sure that the account you pay reflects the 60% discount. The municipality has implemented this dis- count on their accounts system, so your most recent account should reflect the correct amount owing. To avoid interest charges please pay the full amount owing before 30 June 2010. March 2010 You should attach a copy of the letter, drafted by the committee, to your payment. Copies were handed out at the meeting but can also be obtained from Peet or Charles at the addresses / tel.no‘s indicated above.

Upload: danghanh

Post on 19-Aug-2019

213 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

UITGAWE 2 PRYS: R10.00

Kontakbesonderhede: Contact details:

Posbus 23 PO Box 23

Nieu-Bethesda Nieu Bethesda

6286 6286

E-MAIL: [email protected]

Nieu Bethesda

Vloedwaters bruis in en om Bethesda Sporadiese buie en storms het in die eerste twee maande van die jaar

gesorg dat Nieu-Bethesda besonder groen bly. Inwoners op inkopie-

uitstappies na Graaff-Reinet en Middelburg moes ook by verskeie geleent-

hede by driwwe wag vir die vloedwaters om af te loop voordat hulle kon

deurkom huistoe.

‗n Motor het by die drif naby Ganora van die laagwaterbruggie afgespoel

en die insittendes, Isador Horn, Sahid Jacobus en Jerome Scott het ter

nouer nood ontkom toe Sahid daarin geslaag het om een van die agterste

motordeure oop te skop. Hy het Jerome uit die motor gesleep en hulle het

die bestuurder, Isador, geroep om ook agter uit te klim. Hy het ontsnap net

voordat die motortjie verder deur die rivier meegesleur is. JP Steynberg, of

Rooibaard ,soos hulle hom noem, het die drie druipnat en bedremmeld

langs die bruisende rivier gekry en Bethesda toe gebring.

NEWS FROM THE NIEU BETHESDA

RATEPAYERS ASSOCIATION

At a meeting of the members of the Associa-

tion on 17 February 2010 the management

committee informed members about a num-

ber of issues affecting town residents. This

included important news about the assess-

ment rates issue, the Nieu Bethesda Bulk

Water Supply Scheme,the proposed exten-

sions to the sewage works, and some other

important matters.

The full written report will be forwarded to any member of the association on request. Please contact Charles Graham at [email protected] or Peet van Heerden at [email protected] if you wish to obtain a copy. Members who don‘t have email facilities can contact Charles at 049 8411 644 or Peet at 049 8411 401 to make other arrangements. Regarding the assessment rates for the

current year, the meeting took the following

decision:

Members must now pay their rates

accounts. Make sure that the account

you pay reflects the 60% discount. The

municipality has implemented this dis-

count on their accounts system, so

your most recent account should reflect

the correct amount owing. To avoid

interest charges please pay the full

amount owing before 30 June 2010.

March 2010

You should attach a copy of the

letter, drafted by the committee, to

your payment. Copies were

handed out at the meeting but can

also be obtained from Peet or

Charles at the addresses / tel.no‘s

indicated above.

2

Van die Redaksie

Met hierdie tweede uitgawe van

ons dorp se koerantjie is daar

weer eens soveel interessante

bydraes wat instroom dat mens

nie weet waar om te vat en waar

om te los nie. Dit is ‗n groot lek-

kerte om die artikels uit te

sorteer. Dis jammer dat daar

weer ‗n paar is wat nie plek kry

nie, maar ons hou hulle oor vir

volgende keer!

To all the contributers I want to

say: Your contributions make

this newspaper. Thank you.

Without you the paper cannot go

on.

By now we have established a

group of dedicated contributors

who have specific contributions

to make.

And of course, Peet and I enjoy

writing some of the articles our-

selves!

We hope you enjoy this edition

and find it informative. We

would like to hear from you, so

don‘t mumble, write a letter!

To our cartoonist, a special

thanks! Actually, I can‘t see

how we can have an edition

without David Langmead‘s witty

comment on our little commu-

nity— Once again, he has given

us a tongue-in-cheek comment

on three of his favourite charac-

ters in town. David, you are

tops!

Aan almal wat bygedra het,

hetsy in artikels of in die briewe-

kolom, baie dankie!

__________________________

BREINVOORKEURE

Elke mens ontwikkel vanaf geboorte ʼn spesifieke kombinasie van Breinvoorkeure. Dit sluit ʼn persoon se sterkpunte in en verduidelik die verskille tussen mense – hoekom mense bv. optree op sekere wyses, hoekom nie almal van dieselfde dinge hou nie en hoekom sekere mense uitblink met sekere aktiwiteite en ander mense weer presteer in ander.

BREINPROFIEL

ʼn Breinprofiel identifiseer ʼn persoon se Breinvoorkeure en lei tot groter self-kennis,

selfbegrip en verhoogde selfvertroue.

VIR GR 7-12 LEERDERS : IS ENIGE HIERVAN OP

JOU VAN TOEPASSING ?

Is daar vakke op skool

wat jy nie geniet nie?

Vaar jy swak en druip jy van jou toetse en eksamens?

Het jy min selfvertroue

en is jy ongelukkig op skool?

Is jy onseker oor watter vakke jy vir Graad 10-12 moet kies?

Weet jy nie watter kursus of beroep jy na skool moet volg nie?

Kontak

Amey Crouse by 082 678 7229 •

[email protected] of

Yvonne du Plessis by sel : 084 589 2220 • faks : 086 664 6951 • e-pos :

[email protected]

C U M L A U D E

B RE I N PROFIELE

Alleeneienaar : Dr Yvonne du Plessis

[BA SOD Stell D Ed UPE (NMMU)]

ARCHITECTURAL

PLANS

DRAWN UP

CHARLES WILLIAMSON

(P.Arch.T)

Cell: 073 171 4211

3

Die afgelope jaar of twee be-merk die inwoners van Nieu-Bethesda 'n afname in die getal uile van dié klein Karoo- dorpie, bekend vir Helen Martins se Uil-huis. Die Uilhuis kry ongeveer 15 000 besoekers per jaar en alles in die afgeleë dorpie draai om die Uilhuis, wat die mid-delpunt vorm van die meeste toeriste se rede is om die dorp te besoek. Heel ironies is daar relatief min uilbeelde in en om die Uilhuis. Van die sowat 600 beelde van kamele, donkies, skape en herders in die Uilhuis is daar slegs sowat ‗n dosyn uilbeelde.

Daar is hoofsaaklik twee spe-sies uile wat in Nieu-Bethesda voorkom. Dit is die Gevlekte ooruil (Bubo Africanus) en die Nonnetjie-uil (Tyto Alba)

Daar is bewerings gemaak dat die Hadeda Ibis (Brostychia hagedash) die uiltjies doodmaak en die neste ooreem. Volgens Dr. Gerhard Verdoorn van die Griffon Poison Information Cen-tre, is dit egter nie die geval nie. Hy sê

―Ter verdediging van die had-edas wil ek sê dat dié voëls uit-ers nuttig vir mense en boere veral is, omdat hulle groot-skaalse impakte op plaag in-sekte het. Ek kan beswaarlik glo dat hulle uilskuikens sal doodpik maar as ‗n nesplek bekikbaar raak sal hulle wel so ‗n plek ge-bruik.‖

Verdoorn het verder gesê dat die geweldige ontploffing van die hadeda bevolking te wyte is aan beter boerderypraktyke, soos habitatbeskerming en ver-mindering van die gebruik van skadelike gifstowwe.

Boere en ander mense is baie meer bewus van die gevare van hierdie stowwe wat tot groot

nadeel van die natuur lei.

Peet van Heerden, voorsitter van die raad van direkteure van die Uilhuis, het die skoolkinders by Lettie de Klerk Laerskool in Nieu-Bethesda begin betrek by hul uilprojek. Hy het 'n kort lesing oor uile gegee en hulle gewys hoe lyk die pellets wat die uile uitspoeg wat die hare, kopbeen en bene van hulle prooi bevat. Die kinders is ook gevra om uil-rusplekke te soek in die dorpie. Alhoewel die kinders baie opgewonde oor die projek was, het hulle baie min van diè fantastiese voëls ge-weet. Die kinders wat maar min vermaak in die dorpie het, het toe met baie groot belangstelling en ywerigheid die dorp ingevaar op soek na uil pellets en rus-plekke. 'n Week later het die voormalige skoolhoof, mev Linda Terblanche rapporteer dat hulle wel 'n paar rusplekke op-gespoor het. Na 'n paar vals alarms, is daar vier rusplekke positief uitgeken. Die uil-rusplekke dra nou die kinders wat dit opgespoor het, se name. Hulle doen gereeld verslag aan van Heerden oor die stand van die uile. Die projek is nou deel van die kinders se kurrikulum. Hopelik gaan ons ‗n paar take vir hierdie kinders kry wat hulle tot nuwe hoogtes kan stimuleer.

Een van die uilskuikens het ‗n rukkie gelede uit ‗n nes geval en is deur ‗n motor raakgery. Sy regtervlerk is gebreek en hy het ook een been beseer. Leandi Weitz, ‗n inwoner van Nieu Be-thesda, het die uiltjie na Dr McFarlane, ‗n veearts op Graaff-Reinet, geneem. Hy het die vlerk gespalk. Die uiltjie herstel goed en hopelik is dit binnekort weer gesond.

Om die hadeda probleem hok te slaan het die Uilhuis-stigting

uilsneskaste laat maak deur Mnr. Ernie Basset, 'n afgetrede bankier, wat houtwerk doen in Nieu-Bethesda. Die kaste word in solders, bome en geskikte plekke geplaas. Hierdie nes-kaste is meer vriendelik vir uile as vir hadedas. Daar word met die projek beoog om uile te lok en beskerm sodat hulle weer volop in die dorp sal wees. Die beskikbare kosvoorraad beheer egter die getalle van alle voëls, insluitend uile. As daar genoeg muise en ander klein diertjies in die gebied is, sal hulle beslis aanteel. Planne vir die uilnes-kaste is verkrygbaar op die internet by webruimtes soos http://mdc.mo.gov/nathis/woodwork/ww9/ en http://www.owls.org/Information/nestbox.htm

Die Uilhuis-stigting wil die publiek betrek om te help om uilneskaste uit te plaas. Persone wat belangstel kan teen R400 per kas, 'n kas borg wat hul naam sal dra en ook terugvoer-ing kry van uile wat die nes be-set. Nie net sal hulle ‗n groot bydrae lewer vir die mense van Nieu-Bethesda nie ,maar ook vir bewaring van een van ons om-gewing se kosbaarste inwoners – die uile wat snags werk om klein ongediertes te beheer.

Vir verdere inligting skakel Peet van Heerden by 082 579 1039 of [email protected]

Wat het geword van Nieu-Bethesda se Uile? Peet van Heerden

4

A Can of Words / Briewekolom Geagte Redaktrise,

I.s. KAPAAISLANDER

Baie geluk met die eerste maar pragtige uitgawe van Kapaaislander. Wel, indien dit nie vir Helen Martins was nie, sou daar nie soveel talentvollemense in Kapaais kom vestig het nie.

Die eer kom egter nie net aan haar toe nie. Bethesda se mense is gasvry. Kom ons noem ons boeregemeenskap as voorbeeld. Hulle maak naweke die Civic Centre die middelpunt van gasvryheid. Sonder dit sou daar seker nie soveel nuwe intrekkers hulle kom vestig het nie.

PINE KRITZINGER

(Brief verkort, lees ook die

artikel wat hierby

aanskakel. Red.

(Die ‗Civic Centre‘, soos Pine dit noem, word bedryf deur die Sport en Sociale Klub en Saterdagaande word daar op gereelde basis gebraai en gekuier na die dag se tennis en rolbal.)

________________________

Dear Tutti Graham, Editor, Kapaaislander during De-cember 2009 I visited Nieu Bethesda for the first time.

What a magical experience. Back in impersonal Gauteng my photographer friend Hele-nus gave me a copy of the first edition of Kapaaislander. Congratulations! Keep it up. I submit a message in Afri-kaans:

NIEU BETHESDA BE-GRAAFPLAAS Die oggend van 30 Desem-ber 2009 om 05:00 staan ek manalleen by Koos Malgas se graf wyl Nieu Bethesda nog slaap.

Dáár wonder ek toe hoekom is dié begraafplaas so onnet, die draad plek-plek slap en so in die oog, van veral die kinders. Die Camdeboo Munisipaliteit wat laas jaar as die beste munisipaliteit in die land aangewys is kan tog se-kerlik iets daaraan doen. Ek wonder toe verder wat is die verklaring waarom die sosiaal-politieke ervaring van die Kleurling in sy eie vader-land so klaarblyklik anders is as dié van 'n byvoorbeeld halfgeskoolde Hongaarse immigrant. Het dit nie tyd ge-word vir 'n nuwe groot anders-maak? Tyd vir my Kleurling volksgenote om ook eise te stel vir 'n beter lewe, vir hulself. Ek vertrou Burge-meester Japhta lees hierdie briefie.

Pretoria greetings

Koos Botha

_______________________

Geagte Redakteur

Ek verstaan die Camdeboo Munisipaliteit het baie geld om uit te gee, en dat ‗n groot bedrag vir Bethesda ge-oormerk is.

Wat ek nie kan verstaan nie, is die voeteslepery met die regmaak van die bruggie oor die Gatsrivier na die anderkant waar die Bierbrouery en die Boekkooi Gallery is!

Die bruggie is onrybaar vir ‗n gewone motor, moet toeriste nou maar daar omdraai?

Daar word net van tyd tot tyd ‗n paar hope sand ingery om die slaggate te verdoesel.

Die wind waai dit sommer nog dieselfde dag weg.

Al wat nodig is is ‗n paar sakke sement om dit permanent te herstel!

Agge nee, dis darem regtig swak!

Ontevrede

_______________________

Beste Kapaais,

Hoe komies is dit tog: die Polisiehoof in n sekere klein ou gehuggie in die Karoo, ag dit sy plig om die Eetplekkies te waarsku dat hul nie mag Gemmerbier verkoop nie….

Die rede? Hulle het n drank-lisensie nodig ! (and, dear reader, this is not a joke!)

So, maybe this little town shall become known for it`s locals drinking like fish, the way they are consuming the locally made Ginger – Dop ? Helen Martins eat your heart out!

Just hope the Kerkraad doesn`t hear about all this drinking..

Anon…eish..

(Ja, ek moet erken, ek is self gek oor Bethesda se gemmer-bier! Ek dink Jan Publiek drink dit heeltemal te vinnig uit om ‘n dranklisensie te reg-verdig. Daar’s nie juis kans vir gis nie. Red.)

__________________________

.

5

GIVE US ONE DAY AND GET 250 MILLION YEARS!

Experience true Karoo hospitality on GANORA, a working sheep farm. Just 7km from Nieu-Bethesda.

Guided tours on the farm to:

Anglo Boer War engravings, Bushman paintings & Engravings Woolshed A private fossil & artefact museum Fossil walk with sunset drinks

Enjoy a walk to learn more about the medicinal plants on the farm. Tours need to be booked in advance.

Comfortable 3 Star accommodation which is AA highly recommended.

Contact: Hester Steynberg Email: [email protected] www.ganora.co.za

Tel: +27 49 841 1302 Cell: 082 698 0029

'Klein Geluk" Guest House / Gastehuis

This quaint old Karoo cottage, built pre-1877 in the

'Brakdak' tradition, nestles at the foot of the mountain in

picturesque Nieu Bethesda. Sleeps 4, cotton sheets, pet

friendly,

self-catering.

Hierdie unieke Karoo kothuis, gebou pre-1877 in die

'Brakdak' tradisie, op die wesbank van Nieu Bethesda lê

aan die voet van die Kompasberg. Tot 4 mense,

troeteldiere welkom, katoen linne.

Huldah van Wyk ~ 082 330 3751 / 049 8411 638

The Village Inn

Restaurant and Tea Garden

Meals and Snacks, Gifts, Info, Accommodation

Haines Ceramics Gallery as well as 2nd hand books, paintings and other

gifts.

Open: 8 a.m. to 3 p. m.

Evenings for dinner when previously arranged

Idil 0797533818

eatery / deli / gallery

menu: coffee / milktart / scones

toasted sarmies /

homemade hamburgers & pies

bobotie / lamb bredie /

snack platters / schnitzel /

jams / sweets / cold drinks /

hand knitted items / gifts

tea & lunch

@ the post office

nieu bethesda

6

Laerskool Lettie de Klerk se

nuwe hoof. Tutti Graham

Voor sy Nieu-Bethesda toe gekom het, was

Barbara Vaaltyn skoolhoof op Kendrew.

Hierdie raakvat-mens wat nou die leisels

oorgeneem het by Lettie de Klerk, woon op

Graaff-Reinet, maar in die week loseer sy op

Nieu-Bethesda. Sy is oorspronklik van

Oudshoorn.

Sy is getroud en het twee dogters, die een

dertien en die ander drie jaar oud.

Barbara Vaaltyn is ‗n mens wat staan vir wat

reg is. Sy sê sy is nie beter as enige ander

mens nie, sy glo net ‗n mens moet probeer

om alles op die regte manier te doen.

Ons beste wense, Barbara. Ons sien al

klaar hoe die dinge regkom. Die nuutge-

verfde skool sien mens eerste raak.

Bethesda se dinge 2

(Vervolg van vorige uitgawe)

Peet van Heerden

Oom Freddie is een van die transportryers wat die mate-riaal vir die bou van die kerk aangery het. Hy vererg hom vir die donkies en slaan die donkie oor die kop met ‘n ding wat hy in sy hande het en net daar vrek die arme donkie.

Toe Oom Freddie al bejaard was het hy ‘n hondjie gehad waaroor hy erg besorg was. Een dag skiet een van die kinders die hondjie dood met ‘n .22. Oom Freddie was so erg getraumatiseerd en bedroef dat hy kort daarna oorlede is.

Oom Roelf Weiers het die ga-rage oorkant die Poskantoor bedryf. Dit was ‘n baie groot gebou met ‘n baie raserige swart enjin wat in die eerste kamer links geloop het. Die en-jin het met ‘n belt ‘n lang dryfas aangedryf wat die hele lengte van die gebou hoog teen die muur vas was. Hierdie dryfas het ‘n klomp groter en kleiner pullies gehad wat weer op hul beurt die draaibank, boor, slyp-

masjien, blaasbalk en al die an-der masjiene wat hy nodig ge-had aangedryf het. Hy het ‘n platband heen en weer geskuif met ‘n hefboom of sommer ‘n stok gebruik om die nodige masjien aan te skakel.

Hy het ook ‘n petrolpomp voor die deur gehad. Dit was nog daardie soort pompe wat twee eengelling bottels links en regs gehad het. Die motoris sê dan hoeveel petrol hy wil hê dan stel jy ‘n klein teller hefboompie voor die pomp en dan pomp jy eers die een bottel vol met die hand, en terwyl jy die een in die motor laat loop pomp jy die ander een vol. Soos elke gelling verkoop word skuif die hefboompie terug na nul om aan te dui hoeveel gelling jy al gekoop het. Dit was maar ‘n tydsame bedryf wat Oom Boytjie Barendse vir ‘n hele klompie jaar gedoen het.

Die tweede motorhek, buite Bethesda, op pad Doornberg toe het vir jare nie ‘n hek aange-had nie. Of altans die hek was nooit toe nie. Boet van Heerden se Fargo bakkie het ook nie ‘n “Bulbar” gehad nie. Een oggend stop Boet voor die Bethesda

Trading Co met sy bakkie. Die hek het eensklaps ‘n Bulbar ge-word want iemand het die hek toe gemaak en Boet het ‘n biet-jie vinnig die afdraentjie Be-thesda toe gekom!

Op ‘n keer kom ‘n Perdekar De Toren se berg af, raak buite be-heer en stort van die ou pad af. Die ou pas was baie steiler as die hedendaagse een. Net voor die wa omval gooi ‘n ma haar eenjarige kleintjie van die wa af in ‘n groot bos wat langs die pad staan. 40 jaar later stap daar ‘n man in Oom Stirling Retief se winkel in. Die man vertel toe vir Oom Stirling dat hy die baba was wat die ongeluk oorleef het.

Oom Charlwood Pienaar kom een aand huistoe nadat hy lek-ker gekuier het in die dorp. Hy vertel met groot vermaak van hoe hy in die kamer kom en die kamer erg voor hom swaai. Hy hou homself steady teen die deurkoesyn en toe die bed met tant Susie op, die derde keer voor hom verby flits duik hy. En hy duik toe vir Tant Susie bo van die bed af!

7

NEWS OF THE KAPAAIS-

LANDERTJIES

The Bethesda children have once again done us proud - as was evi-dent at the various schools' prizegivings at the end of last year. Grace aced Matric in her calm way - receiving 3 distinctions and a University Exemption. Renier also did exceptionally well, receiving the matric Afrikaans prize and the PB Norton prize awarded to the House Prefect who has led by example, having succeeded academically and having made an appreciable extra-mural contribution to school life. His matric exemption and excellent re-sults granted him a place at Stellen-bosch.

At the middle school prizegiving, the following were recognized:

Kate for Diligence and Maths; Jes-sica for Art, Maths and dili-gence; Lynn received an academic achievement award and an Art Prize; Emma for Diligence, Drama and Art; Christine came 2nd in class and was under 15 Victrix Lu-dorum. Jessica made the EP under

14 Tennis team.

At Union High Gabriel came 2nd in grade 11, Amber made the EP Midlands Tennis team; Antoinette received prizes for Biology, Geogra-phy, Bilingualism and Dili-gence. James received the Ac-countancy prize for his grade and came second in his class at Kings-wood. Troy received an English

merit award at Gill.

Union Prep gave out the following prizes at final assembly:

Bowen received an academic achievement award for grade 1; Kelly received an academic achievement award; Rebecca was awarded academic achievement for grade 3, most promising pianist, cross-country award and the "Rebecca Kingwill Memorial Trophy" for the child who demonstrates

pleasing social skills.

We are extremely proud of Lynn Alleman who has been chosen as the grade 7 exchange student to travel to Salisbury in England next term. Lynn is a true child of Nieu-Bethesda and her beautiful nature has resulted in her having the honour of being an ambassador for Union, the Karoo and South Af-rica. Congratulations Lynn - we are

so proud of you! We also welcome Charlotte from Salisbury who has adapted well to Union and Nieu-

Bethesda.

In the triathlon event at Un-ion Bethesda featured promi-nently. The Cilliers Team (Andre, Michelle and Kye) came second in the family section with the Haines Team (Martin, Emma and Gabby) coming third! In the mini-triathlon - Peter and Noa's team came 2nd in the Grade 3&4 group with Rebecca and Kelly's team coming 3rd. Bo-wen's team came 2nd in the grade 1 & 2 triathlon - well done to all of

you!

Hannah has settled in wonderfully at Max Kroon house and at "Big School" . It is always heartwarming to see the Bethesda kids, big and small, short and tall, from ages 1 to 17, all playing together at the club on Saturdays. The empathy and understanding that develops as a result of this "lateral" getting to-gether is evident in the fact that we simply have outstanding youngsters in our village! Well done to all of you!

This photo of Kye and Hannah was taken at the 2008 Christmas party. Have they grown or have they grown?

Monkey sees, momkey does.

Die speletjies wat kinders speel

het oor die eeue heen die dinge

en situasies versinnebeeld

waarmee hulle omring was, en

so is dit vandag nog. Wie ont-

hou nog die klei-osse? Net so

onskuldig speel twee kinders in

Gauteng vrolik ‘ n boewe-

speletjie. Dit is immers wat

hulle elke dag sien, hoor en

waarvan die nuus vol is. Hulle

ouers praat oor die misdaad wat

in die buurt plaasvind, iemand in

die straat is aangehou met ‘ n

vuurwapen; Dit is baiekeer die

onderwerp van geselskap met

maats op skool.

Hoe gelukkig is ons kinders hier

in ons klein dorpie. Omring deur

‘ n pastorale omgewing, word

hulle gedagtewereld gevul en

hulle vrye tyd bestee aan veel

meer opbouende dinge!

OWL HOUSE ADMIN.

OFFICE behind Owl

House

Sells:

Bottled water, fruit juice,

sodas, chocolates, crisps.

Open every day 09h00—17h00

8

Dit gons by die laerskool in

Pienaarsig! Met die aanstelling

van die nuwe skoolhoof, Mev.

Barbara Vaaltyn, het die Lettie

de Klerk Laerskool ‗n nuwe

ontwaking ondergaan. Mev.

Vaaltyn het gou vasgestel dat

daar groot werk te doen is by

die skool, waar ‗n paar dinge

die afgelope klompie jare lelik

skeefgeloop het.

Eerstens het sy die hulp

ingeroep van ouers, asook in-

woners van Pienaarsig en Nieu

Bethesda en distrik om dinge

by die skool te help regruk.

Met ‗n skenking van die Athol

Fugard Feeskommitee het

Mev. Phillida Kingwill en haar

helpers die skoolgeboue

ligblou geverf.

Mnr. Willie Olivier en sy help-

ers het die ou, stukkende wa-

tertenk verwyder en ‗n nuwe

tenk wat deur ‗n weldoener

geskenk is, opgesit. Nou is

daar water by die skool. Mens

kan beswaarlik dink dat die

kinders vir ‗n jaar of meer son-

der lopende water by die skool

moes klaarkom! Munisipale

water is ook aangelê na die

skool toe. Binnekort sal die

konneksie sorg vir lopende

water by ‗n kraan of twee op

die skoolgronde.

Die kinders se kleedkamers

het reeds groot werk geverg

om dit bruikbaar te kry, maar

daar is nog werk wat voorlê.

Die boekhoustelsel van die

skool was in chaos, en die

nuwe skoolhoof het vasgestel

dat daar in die loop van 2009

‗n groot bedrag geld by die

skool weggeraak het. Onder-

soek word nou gedoen om die

skuldiges vas te trek.

Verder het Mev. Vaaltyn en die

Beheerraad van die skool ‗n

beroep gedoen op vrywilligers

om te kom help by die skool

totdat die tekort aan onderwy-

sers aangespreek is en nuwe

aanstellings gedoen is deur die

Onderwysdepartement. Intus-

sen het mnr. Dusty Kenyon en

mnr. Willie Olivier die groot

taak aangepak om elke dag te

help met die onderrig van die

kinders. Mnr. Minnaar van

Graaff-Reinet hou ook op die

oomblik gratis skool terwyl hy

wag om te hoor of hy ‗n aan-

stelling gekry het.

Marjanna de Jongh gaan intus-

sen voort met die baie goeie

werk wat sy al geruime tyd by

die skool doen. Sy leer naam-

lik vir die kinders alles van tuin-

maak, die ontkieming van sade

en versorging van plante asook

hoe om ‗n groentetuin sukses-

vol te bedryf. Die pragtige

groentetuin op die skoolgronde

wat groente lewer vir die skool-

voedingskema getuig van haar

sukses met die projek.

Louise Schaapveld lees week-

liks stories aan die kinders

voor, ‗n projek waarmee sy ook

al ‗n paar jaar besig is.

Vrywilligers het ook ingespring

en help tans twee keer ‗n week

met remedIërende lees by

graad vier tot sewe. Die lees-

vaardigheid van baie kinders is

‗n probleem wat dringend

aangespreek moet word.

Van die ouers en jongmense

van Pienaarsig hou elke dag

na skool toesig by die graad

sewes sodat hulle hul huiswerk

by die skool kan voltooi.

n Mens moet noem dat daar

altyd by ‗n skool onderwysers

en ouers is wat ten spyte van

chaos hulle deel bly doen, en

dit was ook die geval met die

Lettie de Klerk skool in die af-

gelope paar jaar.

Skenkings en vryillige werk

maak reeds ‗n groot verskil by

die skool. Wilna Meiring het

skottels, seep en handdoekies

geskenk vir al die klasse. Die

beeldhouer Frans Boekkooi het

aangebied om eenkeer ‗n week

kunsklasse te gee om kuns-

talent te help ontdek en ontwik-

kel.

Phillida Kingwill het dit op haar

geneem om die leesprogram te

organiseer. Sy is ook

raadgeefster aan die skool en

pak gedurig nuwe projekte

aan.

Daar is steeds ‗n nood aan

vrywilligers om die agterstand

te help inhaal. Net ‗n uur of

twee per week kan ‗n baie

groot verskil maak aan die le-

wens van ons kinders in

Pienaarsig! Jy kan ook hoop

bring deur jou bydrae!

Mev. Vaaltyn:0797056688

Phillida Kingwill:0498411351

Nuwe hoop vir die kinders by die Lettie de Klerk Laerskool.

Die nuutgeverfde skoolgebou lyk

sommer spoggerig!

9

Family Life

Bethesda Mom

A friend phoned me one

Monday night from the ‗real

world‘ and was astonished

when I told her that life was

hectic and that I‘d had pre-

cious little time to even pick

up the phone for a chat. ―But

you live in NIEU-

BETHESDA!‖ she moaned,

―and you have TWO children

in hostel! What on earth do

you do with your time?!‖

For a moment I was lost for

words. Simply couldn‘t think

of anything to justify my ex-

hausted state. So I took a

deep breath and thought of

the 24hours that had been…

Sunday night was a mad rush

of packing the kids up for the

befinning of the hostel term.

Last minute labeling of every

possession from sharpeners

to duvet covers always

makes me grumpy. We‘d

been on holiday until that

evening, so having no food in

the house, I‘d had to make a

‗quick‘ loaf of bread for sup-

per and sent one of the kids

into the garden to pick some

spinach (iron is VERY good

for the immune system!!!)

Realizing that we hadn‘t yet

sold a single bloody fundrais-

ing raffle ticket (X2 kids, don‘t

forget‖, I sent off other said

child into the dusk to glean

R2‘s off unsuspecting villa-

gers. 16 cheques had to be

made out by husband to pay

variety of bills ranging from

piano lessons to pigfood.

(Very crafty on my part to re-

member that it was allpay the

next day, so the queues at

each bank in town would be

around the block!)

The big bus-like car was

packed to the hilt to ensure a

quick getaway the next morn-

ing. Just tog bags and tuck

remained in the hallway for

last minute additions. Little

uniforms lay at the ready at

the base of each bed….

Sleep ensued. At 2h30 a

massive thunderstorm hit.

Our 120-year-old roof is flat

(Karoo style, you know, very

charming.)

So….when the rain drives

from the north, it tends to

force its way in under the cor-

rugations. Did I mention

we’d been extending the

house and hadn’t yet put

the gutter back?

Running into the dark lounge

(Eskom disappears here at

the first raindrop – modems

die when the first lightning

strikes) we noticed what

seemed to be a waterfall – on

the Inside of the French

doors! Husband instructed

me to join him in the lawn

where we manhandled the

iron gutter up onto the roof in

the sheets of rain and

kabooshes of lightning – to

prevent our mid walls from

melting. As I watched my

man with a gutter pointing

skywards, silhouetted against

the flashes, thoughts that we

hadn‘t updated the will

crossed my mind!

The alarm screeched at

4h30. School starts at 7h15

(that‘s am.) and the tarring of

some of the road meant that

we had to go the long way

round – having to leave much

earlier than usual. The chil-

dren were like rag dolls. They

flopped around as I dressed

them, shoved yoghurt down

their throats, their bodies still

programmed to holiday wak-

ing hours. As I picked up the

tog bags, a massive Red Ro-

man galloped out from under-

neath one. It HAD to be

killed before it found its way

onto our sleeping three-year-

old sho still can‘t go into his

bedroom alone since once

waking with one on his face!

It takes time, effort, psychic

powers and much cleaning

agent to kill a Red Roman….

The first day of term involved

unpacking and settling two

little lives, then doing an un-

believeable amount of busi-

ness, buying a new mo-

dem……

Arriving home at 15h00 I col-

lapsed into a heap, proclaim-

ing that my day had made

Armageddon look tame.

―You exaggerate so!‖ he

remarked, unperturbed.

10

Reseptehoekie

Nelda Pienaar

Pampoen-en-koejawelgebak

Bestanddele:

1,5 kg botterskorsie in blokkies gesny – 2 cm by 2cm

410g koejawels – groot blik - in kwarte gesny

6-8 heel naeltjies

Kaneel

Sout

200ml sagte bruinsuiker

125ml gouestroop

50ml lemoenkwas onverdun – Oros

37,5 vlapoeier

125ml water

Metode:

Plaas die helfte van die pampoen in ‘n gesmeerde oondvaste bak.

Sit ‘n naeltjie hier en daar. Stooi kaneel mildelik oor. Voeg ‘n

knippie sout by.

Verdeel die gedreineerde koejawels in die helfte en plaas bo-op

pampoen.

Herhaal vir die tweede laag. Strooi bruinsuiker oor. Meng koejaw-

elstroop, lemoenkwas en gouestroop en gooi oor. Bak sowat 1

uur by 180 C tot sag.

Meng vlapoeier en water, gooi oor en roer deur. Bak tot sous

verdik. Die gereg is nie te droog nie, dit het ‘n lekker sousie.

Die pampoen kan ook vervang word met patats. Sit nou agteroor

en sien hoedat die gaste hulle lippe aflek!

_____________________________________________

Rina en Stirling in gelukkige dae toe hy nog met ons was.

Rina Retief

deur Yvonne du Plessis

Rina Retief was ʼn nooi Van der Walt en woon al haar lewe lank op Nieu-Bethesda. ʼn Volle 77 jaar ! Sy is ʼn Bethesda-mens in hart en siel en sy het haar merk gemaak en haar medemens gedien soos min ander. Sy is ʼn opgeleide verpleegster, was ʼn wonderlike vrou vir haar man, is ʼn liefdevolle ma vir haar kinders en ouma vir haar kleinkinders, ʼn goeie suster, dogter, skoondogter, en vriendin Sy was sieketrooster en steunpilaar vir almal wat siek en in die nood was.

Rina was die 4de van 6 kinders. Haar pa was Izak Dawid (―Oom Wallie‖) van der Walt en haar ma was Catherina van der Walt. Oom Wallie was in sy jonger dae ʼn bestuurder op die plaas ―Diepkloof‖, noord van Nieu-Bethesda.

Ek onthou nog hoe die Van der Walts in die 1950‘s as ʼn bejaarde egpaar in ʼn huis in Maartinstraat gewoon het. Dit was reg langs die huidige ―Die Waenhuis Pub & Grub”. Oom Wallie het in ʼn buitekamer in die agterplaas gewerk. Dit staan vandag bekend as die ―Fugard Room‖. Hy kon toor met leer. Hy het saals en tooms reggemaak, hy het skoene pragtig versool, hy het lyfbande gemaak. As ek vandag daar verbyry dan dink ek met heimwee terug aan die dae toe ek en my ma by daardie deur ingeloop het om my swart ―patent leather‖ skoene te gaan haal wat Oom Wallie vir my reggemaak het.

Stirling Pienaar vertel hoe hy onthou dat Oom Wallie snags die telefoonsentrale beman het. As die dagpersoneel klaargewerk het, is die lyn deurgesit na sy huis. Suzette Pienaar onthou weer dat sy vrou ook in die bibioteek gewerk het. Rina vertel hoe haar pa eendag so op sy stoep gesit het en vir Roelf Weyers om die draai sien kom het vanaf sy garage (waar Sidney vandag bly) op pad huis toe in Maartinstraat (waar die “Ibis” eens was). Roelf was blykbaar geneig om sy voete te sleep en Oom Wallie het lekker gelag toe hy sê : ―Loop maar so sleepvoet – een van die dae moet ek weer jou skoene versool‖

Rina se ma, Catherina, het ʼn fynbesnede gesig gehad en was ʼn lang, regop vrou. Sy het altyd haar hare ―op‖ gedra – saamgevat in ʼn losserige bolla. Haar hande was flink en sy het die mooiste, gehekelde ―doilies‖ gemaak. Regoor die Van der Walts het hul dogter en skoonseun gewoon – Rina en Stirling Retief. Dit moes vir hulle baie lekker gewees het om hul dogter so naby te hê.

Rina is gebore en getoë op Nieu-Bethesda. Sy was eers op Nieu-Bethesda op laerskool en is toe na die Hoër Volkskool op Graaff-Reinet. Sy sê sy het van altyd af geweet sy wil ʼn verpleegster word en na skool is sy na Vereeniging vir haar 3 ½ jaar opleiding in verpleging. Na sy haar opleiding voltooi het, het sy vir 6 maande op Nieu-Bethesda kom werk. Suster Cookie van der Merwe en Suster Alice Meyer het toe die kliniek beman. Suster Cookie se huis was vandag se ―Nieu-Zebra‖ en Suster Alice het gebly in die eerste huis op linkerkant, oorkant die rivier.

Die kliniek was in daardie tyd geleë aan die agterkant van die huidige ―Art Centre‖, daar waar die amfiteater is.

11

Omdat Suster Cookie met 6 maande verlof sou gaan, het die jong gekwalifiseerde Rina vir haar ingestaan. Saam met Suster Alice het sy toe heelwat kraamervaring opgedoen wat baie handig was, want sy was op pad terug na Krugersdorp vir haar kraamopleiding. Dit is in hierdie tyd op Nieu-Bethesda dat sy en die lang, aantreklike jong man van oorkant die straat, Stirling Retief, mekaar beter leer ken en verlief geraak het. In haar slaapkamer teen haar muur hang vandag nog ʼn foto van ʼn jong bruin-oog Rina in haar verpleegsters-uniform wat sy vir haar ―boyfriend‖, Stirling gestuur het !

Rina het haar kraamopleiding voltooi en vir twee maande daarna het sy in die Middellandse Hospitaal op Graaff-Reinet gaan werk – en toe trou sy en Stirling Retief op 5 Maart 1955. Hulle het eers vir ʼn ruk lank saam met Frans en Gertie (Stirling se ouers) in die huis ―Tevrede‖ langs die "Bethesda Trading Company" gewoon, en toe trek die ouer Retief egpaar uit om by Tant Miemie Retief (Frans se ma) te gaan woon. Vandag word daardie huis ―Mukti‖ genoem. Stirling en Rina bly toe agter in ―Tevrede‖. Van ―Tevrede‖ gepraat - Tannie Rina spot wanneer sy sê dat sy nie weet of sy altyd so ―tevrede‖ was nie!

Stirling en Rina het 4 kinders gehad – Francois (die oudste), die twee dogters, Petra en Gerda en die jongste, Izak (wat na Rina se pa Izak Dawid vernoem is). Haar kinders is vir haar baie, baie kosbaar, sê Rina. Sy kan haar nie haar lewe indink sonder hulle nie. Later wou Stirling en Rina graag meer son hê in ―Tevrede‖ (want die winkel is dan knus aan die son- en noordekant van die huis gebou!) en toe Francois nog klein was, het hulle die groot sonkamer agter aangebou.

Hulle het later ook die erf en gebou net agter die huis gekoop. Dit het aan Jannie van der Merwe behoort. Dit is net langs die Uilhuis. Dit is blykbaar die heel oudste huis op die dorp – selfs ouer as Bruce Lakie se huis wat die eerste plaasopstal van die plaas, "Uitkyk" was. Eers het hulle die gebou gebruik vir ekstra slaapplek vir wanneer die uitgebreide familie kom kuier het.

Maar nadat die winkel en die groot huis in 2005 (of was dit nou 2006 ?) aan Wilna Meiring verkoop is - (skielik twyfel Rina oor die presiese datum en Francois sê toe sy hom daaroor bel, dat sy darem nou te vinnig op hom afkom) - het hulle die agterste deel omskep in ʼn 3-slaapkamer aftree-huis. Hier het hulle saam gewoon tot Stirling se dood in Sept. 2009 - net weke voor sy 80ste verjaardag. Hy wou baie graag 80 haal, sê Rina. Maar dit was nie vir hom beskore nie. Hul paaie het na 54 jaar van getroude lewe, geskei.

Maar om terug te kom na haar lewenstaak op Nieu-Bethesda – in 1968 het Rina saam met Suster Cookie en Suster Alice begin werk. Sy was die ―5/8 ste‖ verpleegster (ʼn deeltydse pos?) en in 1970 is sy permanent aangestel. Nadat die twee ouer susters afgetree het, het Rina Retief en Suzette Pienaar die kliniek beman en na die dorpie se gesondheid omgesien. Rina vertel dat daar in daardie dae baie goeie mediese versorging vir die mense van Bethesda was – die distriksgeneesheer het een maal per week uitgekom om na die siekes om te sien. Daar het selfs nou en dan ʼn tandarts gekom as daar genoeg tande was wat probleme gegee het ! Daar was 24 uur per dag ʼn suster op roep, kraamgevalle is hanteer en noodgevalle is na Graaff-Reinet gestuur per ambulans. Maandae was dit die voorgeboortelike kliniek, Dinsdae het die dokter van Graaff-Reinet af gekom, Woensdae was ―baba-dag‖ en het al die ma‘s hul babas kom weeg en raad gekry oor voeding en versorging, Donderdae was dit maar net ʼn gewone dag waar siekes gesien is en Vrydae was die dag vir die TB pasiënte. Ek onthou nog goed hoe ons skoolkinders in die 1950‘s ons polio-inentings daar gekry het. Met siekte in die familie, het Suster Rina altyd die vermoë gehad om ʼn mens gerus te stel en het sy die gevoel oorgedra dat alles sal regkom. Professioneel, rustig en kalm. In 1996 moes sy ongelukkig die tuig by die kliniek neergelê – as gevolg van ʼn ernstige siekte. Sy is al deur soveel diepe waters met haar gesondheid, maar ʼn mens hoor haar nooit kla nie.

Al die jare was die ―Bethesda Trading Company‖ ʼn baken en die hart van die dorp. Die winkel was ʼn integrale deel van Rina se lewe. Frans Retief (Stirling se pa) het die winkel en die huis langsaan in 1947 van Piet van der Merwe gekoop, wat dit weer by Andries Erlank gekoop het. Stirling het dus in die winkel gewerk vanaf 1947 totdat dit in 2005 / 2006 verkoop is. Die winkel was meer as net ʼn winkel. Dit was ook ʼn gesellige kuierplek. Bill en Tony Hartzenberg (van die huis ―1006‖ in Maartinstraat en vandag die admin. gebou van die Uilhuis) was dikwels daar. Oom Jamie (Frans se paraplegiese broer) het rustig in die sonnetjie in sy rolstoel gesit en aan sy sigarethouer gesuig. Gertie, Frans en Stirling was aan die werk agter die toonbank. ʼn Kat het lui op die

vensterbank gelê. Van ―Tevrede‖ se kant af is tee ingedra. Sharwood Pienaar (ouer broer van Rendo) het ook ʼn draai kom gooi as hy niks gehad het om te doen nie – en so het almal weer al die nuutste en sappige brokkies nuus van die dorp gehoor!

Die jare het aangestap en Rina Retief is vandag ouer. Sy bly in haar aftreehuis en haar foto‘s herhinner haar aan haar geliefdes. Haar tuin is vol blomme – die kosmos en die rose groei geil. Sy sien vir ou Spitskop deur haar noordevenster en haar oë blink nog steeds oor die mooi dinge in die lewe. Haar kinders en kleinkinders kom kuier dikwels en vul haar hart. Haar huis staan nog steeds oop vir die mense van Nieu-Bethesda. Haar soort is dun gesaai.

Ons sê baie, baie dankie Rina Retief, vir al die jare van liefde, versorging en diens teenoor ons, die mense van Nieu-Bethesda.

New Species

Identified

A new species has been

identified on the farm

Doornberg by the famous

Professor Martin Haines

who resides in the area.

The species has been

named the Doornberg

Common Brown

Elongated Aardvark.

12

Owl House Gratitude

Alf James

Helen Martin ’ s quest, it seems, was to be embraced

by light,

especially in the pitch of a lonely Karoo night.

If not by her beloved sun, moon ‘ n stars then by can-

dles in mirrors

and coloured glass that glitters.

I wonder was it to escape the darkness felt,

she lit singular flames, hoping the blackness would

melt?

But, dancing fires reflected in glass,

like all that ’ s material, wane and pass.

I wonder if Helen learned of the eternal light within

that shines away all that ’ s darkness ’ kin;

the pain, vain-traumas, regrets and sorrows

related to the false attachments of yesterdays and

tomorrows.

Sure she must have, sure she did, I am.

It ’ s expressed there for posterity in Koos Malgas ’

sculptures

and words of Omar Khayyam:

the light and dark, love and conflict, joy and pain -

life ’ s duality –

a rich experience, but worthless expression

except as an extension

of the Divine-Wholeness of reality.

Ends.

Emma Haines (A student at Union High)

As I walk the streets of this isolated, lonely but peaceful place I feel the air sweep through my hair as though I‘m in a dream that cannot be com-pared. There is much to say about this town as well as the ghostly old lady who haunts the village with her spirit. She is the lady who brings the peo-ple to this town because of her greatest creation that was only appreciated after her death. Nothing much has changed in that spooky, creepy un-known place that she lived in 35 years ago. That mysterious space was her world of mystical crea-tions and of unknown sorts that she believed in …….

The man who helped her create such a place must have understood where she was going with her creation and that‘s why he helped her create such a unique place. There are many rooms in-side this amazing house. One, unknown to the people who visit there today, The Lion’s Den . One of the lost, deep stories that has never really been explained. A black dark room with glass on the walls , no light and no life but many sad sto-ries, say people.

Her yard which is known as the camel yard, is very different to anything else seen before. Her creation outside the house features different ways of making and creating things like using glass bot-tles . These were used to make such beautiful garments with light to shine through them. The blazing hot sun of the Karoo captured the many amazing features in her heart.

She died such a painful death. She was so harsh on herself, she hurt herself. It was this great crea-tion which lead to such pain and agony. When she could no longer see it, she couldn‘t bear it any longer and so she put herself out of her misery. She took her own life. Just one drop and she was gone. However, she remains in the town of Nieu –Bethesda until this day. Her spirit will never die in this beautiful, peaceful town, I call home.

13

BLAAUWATER RAILWAYS

Experience the fascination of the

Lootsberg Pass

From a railway trolley

The

Nieu Bethesda

Arts Festival Association

presents

Fugard Festival 2010

Afrikaans and

English plays by

Fugard and others,

music, discussion

groups and much

more.

Join us and

experience theatre,

music

and Karoo

hospitality at

its best.

For more informa-

tion contact Idil at:

0797533818

www.fugardfestival.co.za

COOKING & FOOD

DEMONSTRATION CLASSES

By Qualified Professional Chef

Have a Day Outing and Enjoy a

Laid Back Lunch After a Demonstration Class

With a Glass of wine on Peaceful Farm

Surroundings

or

Learn How to Cook Your Favorite Dishes

in the Comfort of Your Own Home

Next Class

'Dough Around the World'

27 March @ 10:00

Fairfield Farm, Middelburg

Contact : Karen McEwan

[email protected]

082 397 8698 / 043 842 1415

Excursion time: approx. 2 hours

By prior arrangement only

Group size: 2-8 persons

For more info

Contact Charles/Justin

049841 1350 082573 0827

[email protected]

14

‘N WONDERLIKE GEHEIME

KUIERPLEK - DIE KRIE-

BOSSKERM

Tutti Graham

Op ‘n Karooplaas in die omgewing,

kilometers van die naaste plaasopstal

af, het ‘n ondernemende boer ‘n won-

derlike kuierplekkie ontwerp en met die

ontwikkelling daarvan begin. Kriebos

is reeds aangeplant om mettertyd ‘n

skuiling teen die wind te vorm. Daar is

die moontlikheid dat hy mettertyd die

plek by geleentheid aan die publiek sal

oopstel en moontlik een of twee keer

‘jaar ‘n eksklusiewe braaifees daar sal

aanbied.

Die handvol gelukkiges wat tot dusver

die geleenheid gehad het om ‘n paar

verruklike ure deur te bring op die

besonderse plekkie, kan nie uitgepraat

raak daaroor nie. In die oop veld, met

asemrowende uitsigte na elke windrig-

ting, dring die Karoostilte jou siel

binne.

Met die hemelruim soos ‘n swart flu-

weelkoepel bokant jou kop is dit op ‘n

helder nag asof jy jou hand kan uit-

steek en vir jou ‘n ster kan pluk uit die

miljoene blink liggies wat bokant jou

hang.

Met pittige geselskap en ‘n vrolike

gelag word dit ‘n onvergeetlike bele-

wenis.

The dying art of letter writing Hanna van Heerden

When last did any of you, reading this, write a ―proper‖ letter – by hand, with pen/ink on real paper? And went to the trouble of posting it?

It seems that the electronic media

has taken over the pleasure to re-

ceive and write a letter. E-mails,

faxes, blogs and a short messaging

system has made it so easy to

communicate, that no onewants to

go to the trouble of looking for paper

and pen (what did the kids/husband/

wife do with my pens??) to write

that important letter. And then you

still have to look for an envelope,

buy a stamp and get somewhere to

post it – just too much trouble! OK,

the electronic media is a quick and

easy way of communicating and

most of us use it every day, but is it

personal? I doubt it.

Researchers say that without letters and letter writing, lots of information will be lost as e-mails and other electronic forms of messages are more easily lost or destroyed, than the collections of paper letters that authors have traditionally relied on. (John Swaine – telegraph.co.uk)

I started a few years ago to write down the history of the van Heerden family at Doornberg, and I had mostly to rely on written letters and

documents that were fortunately left behind and looked after, by five generations of van Heerdens. I found handwritten Deeds of sales, Last wills and testaments and also a lot of personal letters that told the story of years ago on the farm and of family members living elsewhere. Among the letters was one hand-written by CJ Langenhoven, one written from Parliament by the then Prime minister JBM Hertzog and lots and lots of personal letters. Peet‘s dad, Boet van Heerden, used to type a letter every Sunday and send a copy to his mom (Peet‘s grandmother), sister and all the kids that were away at boarding school. These letters were after his death, copied and bound by Peet‘s sister Lizette and has become a diary of what happened on the farm over many years.

One of the letters I found which is quite endearing to me, was one written by Peet‘s great-grandfather, Petrus, to his son‘s fiancée, soon to become bride, Hilda Eckhardt. Here is the letter:

My dear Hilda,

The predicted happy event, and the now close relationship which we occupy, was unfolded to me by Petrus a few days ago. Time – man’s enemy- prevented the per-formance of my already parental duty, and even now I find busi-ness calling me away.

However, Hilda, I wish to assure you that my apparent non-chalant behavior is only another form of showing my approval of the union. I first of all had to al-low my excitement to subside, otherwise all kinds of rash prom-ises might have been the result.

Now, I am very anxious to meet you and want to ask you to try and make an appointment with me within the next two days, as I intend leaving again on Friday, say to lunch together or for an evening’s outing. I am at your disposal. I desire to have a nice little talk with you – I trust it can be arranged.

Meanwhile, very sincerely yours.

Petrus van Heerden

Can I see Peet ever writing a letter like this to his future daughter in law? No ways, it will probably be a sms say-ing:

Hi ?? gr8 news cnt w8 to c u. lunch friday? tlk w u ltr luv peet

15

Donkey on my Stoep!

Inwoners van Nieu-Bethesda is

dit eens dat, hoewel hulle ten

gunste is van diertjies soos

ganse en hoenders wat bydra

tot die landelike atmosfeer van

die dorp, die problem met

loslopende diere wat skade aan-

rig aan tuine, dringend

aangespreek moet word.

Sekere eienaars van beeste,

donkies, perde en bokke hou

moedswillig vol om die diere

snags, en selfs bedags, in die

strate te laat rondloop en help

selfs af en toe diere in goedver-

sorgde tuine in deur ‗n hek oop

te maak wat nie gesluit is nie.

Die Camdeboo Stadsraad,

verteenwoordig deur mnr Jafta

en mnr Phillip Oliphant, het dit

duidelik gestel dat loslopende

diere wat ‗n oorlas word, sum-

mier geskut sal word en na

Graaff-Reinet geneem sal word

waar die eienaars ‗n groot boete

sal moet betaal om hulle diere

op te eis.

Mnr Jafta het verduidelik dat,

net soos die eienaar van ‗n mo-

tor sy voertuig moet laat diens

en brandstof ingooi en dit erens

moet hou, so moet eienaars van

diere hulle ook versorg.

Baie van die perde en donkies

word gebruik vir vervoer. Die

eienaars moet egter kan bewys

dat hulle ‗n kampie het waar die

dier snags staan as dit nie in die

meent loop nie. Hulle moet ook

sorg dat die diere voldoende

voer of weiding het.

Die reel geld ook vir honde.

Onversorgde en rondlopende

honde sal geskut word. Fami-

lies mag nie meer as drie honde

besit sonder skriftelike toestem-

ming van die munisipaliteit nie.

Die opkomdnde kleinboere het

ook genoem dat die groot deel

van die meent wat hulle huur,

nie gebruik mag word vir perde

en ander diere wat nie aan die

Kleinboere-vereniging behoort

nie.

Daar sal streng opgetree word.

Die na-ure telefoonnommer van

mnr. Phillip Oliphant kan

geskakel word as rondloper–

diere ‗n oorlas in tuine word,

veral snags.

Die polisie staan ook die munisi-

paliteit by wanneer daar nie

munisipale werkers beskikbaar

is nie.

Hierdie rooibruin beeste met ‗n

kenmerkende brandmerk is drie

agtereenvolgende dae uit Bruno

Reolon se tuin gejaag terwyl hy

met vakansie was. Die kruietuin

vir die Pizzeria is heeltemal deur

die diere verwoes. Die munisi-

paliteit is reeds bewus daarvan

dat DIE diere probleme veroor-

saak.

Hulle het dit duidelik gestel dat

‗n eienaar van diere wat grond

huur vir weiding, self verant-

woordelik is daarvoor om te sorg

dat die drade in ‗n goeie

toestand is sodat diere nie uit

hulle kamp kan wegloop en

tuine verniel nie.

Inwoners van Pienaarsig en Be-

thesdadorp is dit eens dat daar

nou streng opgetree moet word.

Soos een deftige vrou uit Pi-

enaarsig opgemerk het:

―As ek elke oggend hondemis

op my grasperk wil optel, sal ek

my eie hond aanskaf!‖

Mnr Phillip Oliphant se na-ure

nommer is: 072 109 7139

Mnr Mienies se nommer is:

072 518 4644

16

KAPAAISLANDER

Pine Kritzinger

Wat die naam betref:

Ek beperk my tot slegs die volgende moontlikhede:

1. Kapaailand - ou naam vir Griekwaland Wes;

2. Vrede en volkome rustigheid;

3. Onderwyser van Graaff Reinet

No.2: Moontlikheid skakel ek dadelik uit. Daar was te veel tweespalt en onmin – waterlei-beurte, Kerkraad teen Munisipaliteit ens.

No.3: Ek is redelik seker dat dit „n ―sy― was in die persoon van Aunt Gerda Du Toit van Graaff Reinet. Stirling Pienaar se ma Isa en sy ,was die kinders van Oom Scalk Du Toit. Hy het nog ander seuns en dogters gehad maar ek gaan net vertel van Aunt Gerda en ook Koot du Toit. (Laasgenoemde het later ‗n beroep as Predikant na Pretoria aanvaar. Aunt Gerda het op Prieska skool gehou, Sy was jare daar en ‗n mooi oujongnooi voordat sy met ‗n boer van daardie geweste getrou het en haar daar permanent gevestig het.

Prieska, sover ek weet, het deel uitgemaak van Kapaailand wat later na Griekwaland-Wes herdoop is.

Dit is donkiewêreld. In Upington pryk ‗n standbeeld van ‗n donkie en tot vandag is die donkie-kar die Mercedez – Benz van daardie kontrei.

Nou hoe kom ek nou by Bethesda

uit? Stirling se ma was met oom Arnold getroud en hulle het op De Toorn gewoon. Uit hierdie besonder gelukkige familie is sewe kinders gebore en hulle moes een of ander tyd skool toe in Bethesda. Hoe nou gemaak? Wel, hulle ry daagliks donkies op die plaas so kry dan ‗n kar en dan kan hulle mos self skool toe ry.

Ek weet want ek het baie by hulle gebly en was baie stout. Die oudstes het dus met die donkiekar begin skool toe gaan. Dit was Barnie, Schalk, Arnold, Stirling en suster Rita.

Aunt Gerda het gereeld kom kuier en ook vir haar Predikant broer in Pretoria.

Ek en Arnold is na skool na Pretoria. Hy het by oom Koot gebly. Ons het gereeld vir mekaar gekuier en hy het altyd vir my gevra : En wat hoor jy van Kapaaisland?. Of hoe gaan die nog in Kapaais? Dit was baie jare gelede.

So Prieska, donkiekarre en donkies kon dalk die oorsprong van die naam gewees het.

Ten slotte, Aunt Gerda sou nooit neerhalend na Nieu Bethesda kinders verwys het nie en die Pienaars was in elk geval toe-al welgesteld.

Nota: In daardie jare het ons niks anders as ―Auntie‖ geken nie en sou ook na ―Aunt‖ Helen verwys.

SPIRITUAL CORNER

Lisa Watermeyer

1 Cor. 13: 1-8

What if I could speak all lan-

guages of humans and of an-

gels? If I did not love others, I

would be nothing more than a

noisy gong or a clanging cym-

bal. What if I could prophesy

and understand all secrets and

all knowledge? And what if I

had faith that moved moun-

tains? I would be nothing,

unless I loved others. What if I

gave away all that I owned and

let myself be buried alive? I

would gain nothing unless I

loved others. Love is kind and

patient, never jealous, boastful,

proud, or rude. Love isn’t selfish

or quick tempered. It doesn’t

keep a record of wrongs that

others do . Love rejoices in the

truth, but not in evil. Love is al-

ways supportive, loyal, hopeful

and trusting. Love never fails!

Kapaais se eie ‘Chef on Wheels’

Toe Dr Ian du Plessis en sy vrou

Yvonne onlangs vir hulle Be-

thesda-vriende totsiens gewaai

het, het hulle geglimlag oor die

uitroepe van “Kom gou terug!”

„n Fratsongeluk het egter gesorg

dat Ian en Yvonne gou weer

hulle vriende na Klein Ganora

kon nooi. Ian het naamlik mis-

getrap toe hy met „n trap op is, en

hy het sy enkel sleg gebreek.

Sy dae as skeepsdokter is vir eers

uitgestel totdat die enkel behoor-

lik herstel het. Intussen probeer

Ian so besig as moontlik bly deur

een van sy stokperdjies te beoe-

fen. Die disse wat hy optower is

onvergeetlik. En Yvonne sit

haar smuldisse langs syne neer

om vriende te bederf! Nog een

meer rede om hulle te mis tot

hulle weer kom!

17

Tussen Ma en Dogter

Elbe van Heerden Verslaggewer

Eikestadnuus Stellenbosch

Ek het meeste van my lewe in ‗n koshuis spandeer. Ek was van Sub A af, toe ek grootskool toe was, in die Hok gewees.

Dit was vreeslik lekker. Dis soortvan om elke aand ‘n pajama-party te hê en al jou maatjies was daar.

Daar was agt van ons in Sub A in die koshuis, drie seuns en vyf meisies. Ek is onlangs genooi na een van die girls se troue toe. Meeste van die ander is al getroud. Net die een girl het heeltemal onder die radar ingegaan. Die ouens bly oraloor die land. Nou die dag in die een vasgeloop. Verder hou ons maar kontak op Facebook.

Ek onthou nog presies my eerste dag van skool. Of eerder die kos-huis-deel. My ma het nog pouse vir my toebroodjies gebring en vir my gesê sy het iets vir

my gelos in my kamer.

Nou die ―kamer‖ waarin ek myself bevind het was nogal groot. Eintlik was dit meer ‗n saal. Al die Sub A‘s, Sub B‘s en St 1‘s het daar geslaap. So om en by twintig van ons. Die saal was bo die studiekamer (probleem) en die vloere was van hout (groter probleem!). Ons het elke aand raasgekry oor ons soos olifante rondgehardloop het!

Die koshuiskatels was sulke ou staalbedjies. Dit was baie maklik om hulle rond te skuif op daai gladde houtvloer.

Die Sub A‘s kom altyd ‗n bietjie vroeër uit die skool uit. Dan het ons buite in die modder gespeel tot die ander kinders oor die rugbyveld gestroom het na die Hok toe. Dan het die etensklok gelui en ons het almal in ‗n ry gaan staan om te eet.

Maar dis nie wat ek onthou van daardie eerste dag nie. Ek onthou dat ons almal uit die skool gekom het, nuwe skoolklere nog vars en skooltas nog vol nuwe kryte. Ek kon

nie wag om te sien wat my ma vir my gelos het nie, so ons al vyf het saam gehardloop oor die rugbyveld, in by die stegie, op met die trappe en af in die gang. Eerste regs en dan links in by die saal.

My bed was reg oorkant die deur en ek het met ‗n verskriklike geraas oor die houtvloer genael. Reguit op my bed gespring dat hy eintlik skuins skuif, tot teen die persoon langsaan se bed.

―‘n Apie!‖

Dit was die begin van my ma se tradisie. Sy het met elke groot skuif wat ek gemaak het, hoërskool, uni-versiteit, vir my ‗n teddie gegee. Dis nogal cool, want ons is vier kinders en dis net mý en haar ding.

Ek het hulle almal nog, maar my pienk apie met sy ope arms waarop staan ―I love you‖ het ‗n ereplek in my kamer. Hy‘s perfek. Sy oop arms hou jou vas as jy alleen voel. En as ek hom so vasdruk onthou ek my ma en daardie eerste dag van skool.

The Raptor Creek Hiking Trail to open Soon

The most spectacular raptor of the

Karoo is the BLACK EAGLE

(AQUILA VERRAUXII) the monarch

of these mountains, cliffs and the air

as these magnificent creatures

hunt. Few people realize that right

here on the RAPTOR CREEK

TRAIL a daily duel takes place.

Combatants are the magnificent

Black Eagle and the little Dassie or

Rock Hyrax, the main food source

of the Black Eagle .

However, along Black Eagle Alley

the raptor has to dive at speeds in

excess of 200 kph or seize its prey

through stealth alone. The Dassie

figured out its limits and their feed-

ing range does not often exceed

15m, a dash l asting no more than

three seconds must be made

across Dassie Death Road—

otherwise!

Charles Williamson

‘Toe val Lig’, nie

‘toevallig’ nie

EK en my ma het nie baie goed oor die weg gekom toe ek’n tiener was nie. Sy het sulke sêgoed gehad wat enige tienermeisie sou opwerk.

As ek geskree het: “Dis nie fair nie!” het sy altyd rustig geantwoord: “Die lewe is nie fair nie!”

Dis nie eintlik wat ek op daardie sta-dium wou hoor nie!

Noudat ek terugkyk, weet ek dat die lewe regtig nie altyd regverdig is nie, maar dis haar ander sê-ding wat my altyd sal bybly.

As enigiets toevallig gebeur het, sou sy sê daar is nie ’n ding soos toeval nie. “As jy toevallig opdeel in sy dele, staan daar: toe val Lig.” En Lig het geval. My

ma is ’n stoere kerkmens. In ons

klein NG gemeente het óf sy óf my pa altyd in die kerkraad gedien. Dit het selfs gebeur dat hulle op dieselfde tyd op

“diens” was. Dan moes ons vier kinders alleen in die kerkbank sit, vierde ry van voor, en sou sy ons elke nou en dan van ver af aangegluur as ons kriewelrig begin raak het.

Dis ook in haar Christen-wandel waar sy dié stukkie wysheid geleer het. In Psalm 27:1 staan daar: “Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?”

Dit gebeur soms in almal se lewens dat hulle nie weet watter pad om volgende te kies nie. Die ou gesegde van die regte deure wat oopgaan is nie iets waaraan my ma glo nie. Niks gebeur sommer net per toeval nie.

Sy het my geleer die regte ding gebeur op die regte tyd. Jy ontmoet die regte mense en die regte geleenthede kom na jou toe. Jy hoef nie bang te wees vir die toekoms nie, selfs al lyk dinge asof dit inmekaar begin tuimel. Sy glo vas dat Lig sal val waar dit moet.

As ’n tienermeisie wou ek gehad het dinge moet uitwerk soos ék dit wil hê. In Jakobus 4:13-14 staan daar: “Kom nou, julle wat sê: ‘Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.’ Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie!”

Dit het my lank geneem om te aanvaar dat dinge nie altyd gaan uitwerk soos ek dit wil hê nie, en ek weet my ma was eintlik reg.

Niks gebeur “toevallig” nie.

18

Conservation Corner /

Bewaringshoekkie

Maryke Stern

White stork / Witooievaar

(Ciconia ciconia)

The white stork, that is a

common summer visitor in

the Nieu Bethesda and

Graaff Reinet area this time

of year, occurs in grasslands,

vleis, cultivated lands and

pastures.

Die Witooievaars is groot

voëls wat 1m hoog word met

‗n vlerkspan van tot 2 meter.

Hul is heeltemal wit van kleur

behalwe vir die swart vlerk

vere en rooi bek en bene.

Witooievaars voed hoof-

saaklik op paddas, groot

insekte maar ook jong

voeltjies, akkedisse en

knaagdiere.

Most White Storks live in

Europe but spend the North-

ern winter in Africa south of

the Sahara and there are

spectacular migrations along

2 routes at either end of the

Mediterranean. Those that

use the Straits of Gibraltar

route tend to come from west

of the French- German bor-

der and winter in West Africa,

while the others use the

Bosporus route and tend to

winter in Southern Africa.

In Suid Afrika neem ge-

talle van hierdie pragtige

voels af as gevolg van

vergiftiging deur gif wat

gebruik word om

sprinkane te vergiftig

asook van vasvlieg in

kragdrade.

Die witooievaar is die nasion-

ale voël van Lithuania. Die

Lithuanianers en Pole glo dat

hierdie ooievaars geluk bring

aan die familie op wie se

eiendom hulle nesmaak.

The White Stork has a repu-

tation for being a lucky bird.

The myth about storks bring-

ing babies probably arose

because they arrived back in

Europe from their migrations

to Africa on fairly predictable

dates and almost exactly 9

months after the previous

mid-summer!

The white stork is also the

local Nieu Bethesda

Cricket team’s logo!

19

ROEDEAN GIRLS SCHOOL CHOIR TOUR

TO THE EASTERN CAPE

(Port Elizabeth,Nieu Bethesda, Oudshoorn and Knysna)

Free recital in Nieu Bethesda on Thursday evening 29 April

VENUE TO BE ANNOUNCED

ROEDEAN CHOIR

This all girls school choir is from Johannes-

burg. This choir will be accompanied by the Choral Director, Mr Ralf Schmitt.

The Roedean Choir was established in 1903

and was aimed at providing girls the oppor-tunity to perform sacred and secular works

at various services, functions and activities. Today, the choir performs at numerous fes-

tivals and concerts, as well as the annual

Carol Service, Valedictory Service, Speech Day and Heritage Day.

Some highlights that have been enjoyed:-

The choir have performed in plays, operet-

tas, musicals and even operas; such a Pi-rates of Penzance, Hansel and Gretel, Oliver, Joseph, The Dragons, Fiesta Latina and Mrs Jones.

The choir has also recorded numerous

secular and sacred albums and hosted suc-cessful performances in the Johannesburg

City Hall and St. Mary’s Cathedral. This

choir has also proudly represented the school in local and national Eisteddfods.

During both World Wars, Roedean School Choir often performed to the battle weary

soldiers and their officers and many local

and foreign dignitaries. Later, some of these included General Jan Smuts, Dr Chris

Barnard, Mrs Adelaide Thambo, Archbishop Desmond Tutu and the former President,

Nelson Mandela and his wife, Graca.

The Roedean Choir has always been at the

forefront of the development of indigenous

South African music, and in the 1930’s, the choir hosted Mr Mark Rhadebe and his

Bantu Octet from Fort Hare University in

the old Transkei. This was a pioneering

move at a time where cross cultural music education was severely frowned upon.

This tradition and the values it embodies remains the cornerstone of the choir’s

ethos.

The choir’s community spirit culminated in

them embarking on a successful tour of It-aly in December 2006. This was no ordi-

nary tour, as the Roedean community raised funds for previously disadvantaged,

but immensely talented children from

Soweto to accompany the Roedean Choir on their Italian Adventure. Not only did

this provide the choristers and the instru-mentalists from Soweto the opportunity to

tour abroad, it also afforded the girls of

Roedean an invaluable opportunity to share their talents with other young choristers

for the common purpose of creating a beautiful homogeneous South African cho-

ral sound.

In 2008 this choir toured to the U.S.A.

singing in cities in the eastern part of the U.S.A. The highlight of this very successful

tour culminated in the choir performing at the New Orleans Jazz Festival.

Well Nieu Bethesda, here’s your chance to

enjoy a performance by this extremely talented choir! How special are we to be

spoiled so by artists from time to time!___

Farewell to Lorraine Reolon who is leaving Nieu

Bethesda to live in Cape Town. We hope

you ’ l l be very happy, Lorraine.

Thank you for all you did for Bethesda ’ s kids,

first by running a pre-school and also by making

all kinds of apparatus for the Lettie de Klerk

school to assist the volunteers with the reading

programme.

Do come and visit us often. Your friends will

miss you dearly!

20

Members of the community have requested a column where they can write to Mr Arthur Knott– Craig, municipal councillor for our

ward. Here it is:

DEAR UNCLE ARTHUR

Nieu Bethesda residents are perplexed by the system of rates and taxes where they must pay the same cent in the rand as Graaff-Reinet residents.

After all, Graaff-Reinet residents have running water provided by the municipality. Only two streets in Nieu Bethesda can boast such luxury.

Residents of Graaff-Reinet also have a sewage system. In our little village it‘s every man for himself. We have provided (and maintain) our own french drains at our own cost.

Garden refuse litter our

sidewalks very often, as the clearing up along the streets seem to be a slow process. In Pienaar Street and along our beautiful Gats river, plastic bags lie scattered.

But what gets us, REALLY gets us most of all is the weir accross the river opposite the Owl House which is so potholed that you need a 4x4 to cross it.

Our municipal supervisor, Phillip Oliphant, regularly sends out teams to fill the pottholes with earth but either wind or water takes the filling away almost immediately.

What is the cost of a few bags of cement? A lot of the tourist trade turn away and don‘t visit the Boekkooi Gallery and the Deli accross the river because of the dangerous potholes. Residents have to take a detour to the edge of town to avoid the crossing. It needs to be fixed. Is it really too much

to ask ? Grumpy

WAAROM DRA SOMMIGE VROUE DIE

GELD EN LAAT NIE TOE DAT HUL

WEDERHELF KONTANTGELD DRA

NIE?

Om te keer die man geld uitgee op

iets wat hy tuis verniet kon gekry

het.

Please send in photo’s and

a few lines about your

pets for our upcoming arti-

cle about Bethesda’s best

friends.

Of skakel die Redaksie om

‘n foto of twee te kom

neem, en ‘n paar lyne te

skryf oor jou beste vriend/

vriendin.