newthru30

47
NEW THRU 30 NUUTdeur30dae 22Feb-21Mrt #NGKAS HANDLEIDING

Upload: werner-schroeder

Post on 28-Mar-2016

221 views

Category:

Documents


5 download

DESCRIPTION

Lees deur die NT in 30 dae

TRANSCRIPT

Page 1: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

#NGKAS

H A N D L E I D I N G

Page 2: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Inleiding

Oor die loop van die volgende 30 dae of so, het jy die geleentheid om deur die hele Nuwe Testament te lees. Weet verseker dit gaan nie maklik wees nie, maar die voordeel hiervan maak die opoffering die moeite werd.

Hierdie leesrooster is so saamgestel om kronologies deur die NT te werk. Dit beteken dat jy die boeke van die NT gaan lees in die algemene volgorde waarin dit geskryf is, jy sal ook bly wees om te sien dat daar in elke week twee rusdae ingebou is waarin jy kan asemhaal (of inhaal).

Hou hierdie handleiding byderhand gedurende hierdie ongelooflike reis. Ons het vir elke week ’n “gedagte vir die week” ingebou om jou deur die week se leeswerk te begelei, daar is ook vir elke dag anker-tekste.

Behalwe die leesrooster wat jy op jou eie stoom aanpak, is daar ook vier kontak-geleenthede (Ruach bediening) by die Kerk, waartydens ons elke week se gedeelte kan bespreek. Hierdie geleenthede vind op die volgende datums

plaas:� 23 Feb. 18:00-19:00� 2 Mrt. 18:00-19:00� 9 Mrt. 18:00-19:00� 13 Mrt. 18:00-19:00

Page 3: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Hierdie 30dae reis deur die NT gaan ’n baie verrykende belewenis wees vir die wat toegewyd hieraan deelneem.

Studie Hulp

Week1 (22-28 Februarie 2010)

Gedagte vir hierdie week: In Matt. 16:13 lees ons, “Wie, sê die mense is die seun van die mens?” en in Matt. 16:15 lees ons, “Wie sê julle (die dissip-els) is ek?”. Een van die primêre vrae wat deur die getuienis in die evange-lies beantwoord word, is dit: Wie is Jesus? Soos jy hierdie week lees, onthou dat alles daarheen wys dat Hy Christus is.

Anker-TeksteDag1 – Matt.11:4-6Dag2 – Matt.27:37-40Dag3 – Matt.28:18-20Dag4 – Hand.2:42-47Dag5 – Hand.11:25-26

Page 4: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Week2 (1-7 Maart 2010)

Gedagte vir hierdie week: Hierdie week gaan jy die tweede evangelie (Markus) asook ’n paar van die NT briewe lees. Hou in gedagte dat elke brief aan ’n ander gehoor geskryf was en dat elkeen ook ’n ander boods-kap wou oorlewer. So is Jakobus bv. geskryf aan Joodse gelowiges wat te vêr gegaan het in die afskeep en ignorering van die Wet, terwyl Galasiërs geskryf was aan heidense bekeerlinge wat vertel is dat hulle ook hulleself aan die Joodse wette moet onderwerp. Beide hierdie briewe het ’n baie sterk boodskap en is steeds waar vir ons vandag.

Anker-Tekste Dag1 – Mark.8:34-35 Dag2 – Jak.2:14-17 Dag3 – 1Kor.8:9 Dag4 – 2Kor.8:10-12 Dag5 – Rom.8:1-4

Studie Hulp

Page 5: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Studie Hulp

Week3 (8-14 Maart 2010)

Gedagte vir hierdie week: In Lukas 7:50 lees ons, “Jou geloof het jou gered”. Die evangelies getuig van die “nuwe weg”, van geloof eerder as werke. Elke ander geloof in die wêreld vereis dat mens by god guns moet verdien. Die Christelike geloof is anders: Jesus het ons lief en sluit ons in sy familie in deur Sy genade alleen – dit is werklik goeie nuus! Hierdie tema word sterk deur die Lukas evangelie beklemtoon, maar hou dit in gedagte soos jy hierdie week ook ander briewe lees. Die hele Bybel staan as getuienis van Christus.

Anker-Tekste Dag1 – Luk.7:50 Dag2 – Luk.15:23-24 Dag3 – Fillipense3:10-14 Dag4 – Heb.11:1 Dag5 – 1Tim.6:12

Page 6: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Week4 (15-21 Maart 2010)

Gedagte vir hierdie week: Wanneer ons die Woord van die Here bestudeer word ons soms vasgevang daarin om te probeer raaklees wat ons moet doen of om antwoorde vir ons vrae te kry. Gebruik hierdie week om te fokus op wat die Skrif te sê het oor God. Johannes getuig van Jesus as die regerende Koning met mag en gesag en Openbaring beklemtoon dat Jesus die begin en die einde van alle dinge is.

Anker-Tekste Dag1 – Joh.3:16-17 Dag2 – Joh.10:18 Dag3 – Judas24-25 Dag4 – Op.1:1 Dag5 – Op.22:12-13

Studie Hulp

Page 7: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21MrtLeesrooster

Week1 (22-28 Februarie 2010)Maandag 22 Feb. Matt. 1:1 - Matt. 12:50Dinsdag 23 Feb. Matt. 13:1 - Matt. 23:39Woensdag 24 Feb. Matt. 24:1 - Matt. 28:20 Hand. 1:1 - Hand. 4:37Donderdag 25 Feb. Hand. 5:1 - Hand. 15:41Vrydag 26 Feb. Hand. 16:1 - Hand. 28:31Saterdag 27 Feb. Rus dag Sondag 28 Feb. Rus dag

Week2 (1-7 Maart 2010)Maandag 1 Mrt. Mark. 1:1 - Mark. 11:33Dinsdag 2 Mrt. Mark. 12:1 - Mark. 16:20 Jak. - Gal.Woensdag 3 Mrt. 1Tess. - 2Tess. 1Kor. 1:1 - 1Kor. 11:34Donderdag 4 Mrt. 1Kor. 12:1 - 2Kor. 13:14Vrydag 5 Mrt. RomeineSaterdag 6 Mrt. Rus dag Sondag 7 Mrt. Rus dag

Page 8: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21MrtLeesrooster

Week3 (8-14 Maart 2010)Maandag 8 Mrt. Luk. 1:1 - Luk. 9:26Dinsdag 9 Mrt. Luk. 10:1 - Luk. 20:47Woensdag 10 Mrt. Luk. 21:1 - Luk. 24:53 Efesiërs - FilipenseDonderdag 11 Mrt. Kol. - Heb.Vrydag 12 Mrt. Filemon - 1 Pet. 2 Pet. - 1 TitusSaterdag 13 Mrt. Rus dag Sondag 14 Mrt. Rus dag

Week4 (15-21 Maart 2010)Maandag 15 Mrt. Joh. 1:1 - Joh. 10:42Dinsdag 16 Mrt. Joh. 11:1 - Joh. 21:25Woensdag 17 Mrt. 2Tim. - 1Joh. 2Joh. - 3Joh. JudasDonderdag 18 Mrt. Op. 1:1 - Op. 11:19Vrydag 19 Mrt. Op.12:1 - Op. 22:21Saterdag 20 Mrt. Rus dag Sondag 21 Mrt. Rus dag

Page 9: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

Matteus:DOEL: Om te bewys dat Jesus die Messias, die ewige Koning isSKRYWER: Matteus (Levi)GEADRESSEERDES: Hoofsaaklik die JodeONTSTAANSTYD:Moontlik ná 70 nCPLASING: Indien die skrywer die apostel Matteus is, dan was hy vroeër ’n tollenaar (Joodse belastin-gagent). Dié Evangelie verbind die Ou en Nuwe Testamente omdat dit soveel klem lê op die vervulling van die profesieë.KERNVERS: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry” (Matt 5:17).BELANGRIKE KARAKTERS: Jesus, Maria, Josef, Johannes die Doper, die dissipels, die geestelike leiers, Kajafas, Pilatus, Maria Magdalena

Page 10: NewThru30

BELANGRIKE PLEKKE IN MATTEUS:Betlehem, Jerusalem, Kapernaum, Galilea, JudeaVERDERE OPMERKINGS: Matteus gebruik dikwels Messiaanse taal, bv “Seun van Dawid” en Ou-Testamentiese verwysings (53 aanhalings en 76 ander verwysings). Die Evangelie is nie in die vorm van ’n chrono-logiese verhaal nie, maar eerder ’n gesistematiseerde weergawe van Jesus se bediening waarin Hy as Messias voorgestel word

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

HandelingeDOEL: Om verslag te lewer van die geboorte en groei van die Christelike kerk ten spyte van teenstand en verwerpingSKRYWER:LukasGEADRESSEERDE: TeofilusONTSTAANSTYD: Ná 70 nC

Page 11: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

PLASING: Die boek Handelinge is die skakel tussen Christus se aardse bediening en sy bediening uit die hemel in die lewe van die kerk; tussen die Evangelies en die briewe wat daarna volg.KERNVERS: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getu-ies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld” (Hand 1:8).BELANGRIKE KARAKTERS: Petrus, Johannes, Jakobus, Stefanus, Filippus, Paulus, Barnabas, Kornelius, Jakobus (die broer van Jesus), Timoteus, Lidia, Silas, Titus, Apollos, Agabus, Ananias, Feliks, Festus, Agrippa, LukasBELANGRIKE PLEKKE: Jerusalem, Samaria, Lidda, Joppe, Antiogië in Sirië, Siprus, Antiogië in Pisidië, Ikonium, Listra, Derbe, Filippi, Tessalonisense, Berea, Atene, Korinte, Efese, Sesarea, Malta, RomeVERDERE OPMERKINGS: Die boek Handelinge volg op die Evangelie volgens Lukas. Die stomp, byna onvoltooide einde van die boek laat die vermoede ontstaan dat Lukas ’n derde boek wou skryf en die verhaal daardeur wou voortsit.

Page 12: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

MarkusDOEL: Om Jesus te proklameer as die Seun van GodSKRYWER:Johannes Markus. Hy was nié een van die twaalf dissipels nie, maar hy het Paulus op sy eerste sendingreis vergesel (Hand 13:13). Moontlik het Johannes Markus baie noue kontak met die dissipels gehad omdat hulle dikwels in sy ma se huis in Jerusalem byme-kaar gekom het. GEADRESSEERDES:Die Christene in Rome ONTSTAANSTYD: Tussen 55 en 65 nC PLASING: Die Romeinse Ryk het onder verskillende keisers hoogbloei beleef wat tot uiting gekom het in ’n gemeenskaplike taal onder die inwoners, en uitstekende vervoer- en kommuni-kasiestelsels, wat die verspreiding van die boodskap van Jesus aangehelp het.KERNVERSE: “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie” (1:15). “Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense” (10:45).

Page 13: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

BELANGRIKE KARAKTERS IN MARKUS:Jesus, die twaalf dissipels, Pilatus, die Joodse godsdienstige leiers BELANGRIKE PLEKKE: Kapernaum, Nasaret, Sesarea-Filippi, Jerigo, Betanië, die Olyfberg, Jerusalem, GolgotaVERDERE OPMERKINGS: Markus se Evangelie was waarskynlik die eerste wat as ’n skriftelike geheel verskyn het. Al die verse wat in Markus voorkom, met die uitsondering van net 31, word in geheel of gedeeltelik deur die ander drie Evangelies gebruik.

JakobusDOEL: Om die gelowiges tot volharding onder beproewing en tot die praktiese uitlewing van hulle geloof aan te moedig.SKRYWER: Waarskynlik die Jakobus wat Jesus se broer was, en wat later in die gemeente in Jerusalem gedien het.GEADRESSEERDES: Eerste geslag Christene (waarskynlik meestal Joodse Christene) wat oral verspreid geraak het en buite Palestina gemeentes gevorm het.

Page 14: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

ONTSTAANSTYD VAN JAKOBUS: Óf kort voor Jakobus se dood in 62 nC, óf in ongeveer 49 nC, voor die apostelvergadering in JerusalemPLASING: Baie gelowiges moes uit Jerusalem vlug, en het hulle op verkeie plekke in die buiteland gaan vestig. Jakobus bemoedig hulle om onder beproewing te volhard, en om hulle geloof prakties uit te leef.KERNVERSE: “Julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard” (1:2–3). “’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood” (2:26).VERDERE OPMERKINGS: Die brief is in ’n styl geskryf wat baie Griekse filosowe destyds gebruik het, naamlik in ’n dialoogvorm tussen die afsender en ’n denkbeeldige persoon. Die brief maak dus gebruik van ’n vraag en antwoord-metode, soos wat Paulus ook dikwels gedoen het.

Page 15: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

GalasiersDOEL: Om die Judaïstiese dwaling dat gelowiges die Joodse wette en gebruike moes nakom voor-dat hulle gered kon word, te weerlê en om praktiese riglyne te gee vir die nuwe lewe deur die Gees.SKRYWER: PaulusGEADRESSEERDES: Die gemeentes in GalasiëONTSTAANSTYD: Tussen 50-55 nC. Een moontlikheid is 50-52 nC uit Korinte aan die einde van Paulus se tweede sendingreis, en die ander is 55 nC ook uit Korinte.PLASING: Die kerk was in hierdie tyd besig om op baie plekke sy identiteit as ’n nie-Joodse beweg-ing te vestig. Dit het groot weerstand van die Judaïseerders ontlok, want hulle het daarop gestaan dat dit noodsaaklik is om die Joodse wette en gebruike na te kom om gered te word. Aan die ander kant was daar verwarring by die gelowiges oor wat die Christelike vryheid in praktyk inhou.

Page 16: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

1TessalonisenseDOEL:Om dankbaarheid te betuig oor hoe goed dit met die gelowiges in Tessalonika gaan, om on-duidelikhede uit die weg te ruim, en om hulle op te roep om te lewe soos God wil hêSKRYWER:PaulusGEADRESSEERDES:Die gemeente van die TessalonisenseONTSTAANSTYD:Ongeveer 50 nC uit KorintePLASING:Paulus skryf hierdie brief waarskynlik nie lank nadat hy sy bediening van enkele weke moes beëindig en hulle moes vlug nie. Alhoewel dit goed gegaan het met die gelowiges in Tessalonika, was daar fasette van die leer wat hulle nog nie verstaan het nie. Hulle het ook nie die praktiese implikasies van hulle geloof volledig besef nie.KERNVERS:“Julle het van ons geleer hoe God wil hê julle moet lewe. Julle doen dit ook, maar in die Naam van die Here Jesus versoek ons julle dringend: Lê julle nog meer daarop toe” (4:1).

Page 17: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

BELANGRIKE KARAKTERS IN 1TESSALONISENSE:Paulus, Timoteus, SilasBELANGRIKE PLEKKE:TessalonikaVERDERE OPMERKINGS:1 Tessalonisense word gewoonlik saam met 2 Tessalonisense beskou as Paulus se vroegste briewe. Dit word ook sy eskatologiese briewe genoem, in onderskeid van sy hoofbriewe (Romeine, 1 en 2 Korintiërs en Galasiërs), sy gevangenskapsbriewe (Efesiërs, Filippense, Kolossense en Filemon) en sy pastorale briewe (1 en 2 Timoteus en Titus).

2TessalonisenseDOEL: Om perspektief te gee op die terugkeer van Jesus ChristusSKRYWER: PaulusGEADRESSEERDES: Die gemeente van die TessalonisenseONTSTAANSTYD: Ongeveer 50 nC uit Korinte, waarskynlik kort na 1 Tessalonisense

Page 18: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

PLASING VAN 2TESSALONISENSE: Baie lidmate in die gemeente was verward oor die terugkeer van Christus. Baie het opge-hou werk, omdat hulle verwag het dat Christus enige oomblik kon kom. Dit lyk verder asof hulle dit wat Paulus in sy eerste brief oor die terugkeer geskryf het, verkeerd ver-staan het. Paulus skryf die brief om te verduidelik watter belangrike gebeurtenis nog moet plaasvind voordat Christus terugkeer.KERNVERSE: “Wat betref die wederkoms van ons Here Jesus Christus en ons hereniging met Hom, het ek ’n ernstige versoek aan julle: Moenie so gou verward raak of van stryk gebring word as iemand vir julle sou sê die dag van die Here is al hier nie” (2:1–2).BELANGRIKE KARAKTERS: Paulus, Timoteus, SilasVERDERE OPMERKINGS: 2 Tessalonisense word gewoon-lik saam met 1 Tessalonisense beskou as Paulus se vroegste briewe. Dit word ook sy eskatologiese briewe genoem, in onderskeid van sy hoofbriewe (Romeine, 1 en 2 Korintiërs en Galasiërs), sy gevangenskaps-briewe (Efesiërs, Filippense, Kolossense en Filemon) en sy pastorale briewe (1 en 2 Timoteus en Titus).

Page 19: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

1KorintiersDOEL:Om probleme in die gemeente van Korinte te identifiseer en raad te gee, en om die gelow-iges daarop te wys hoe om Christus en die naaste lief te hê te midde van ’n bedorwe samelewing.SKRYWER:PaulusGEADRESSEERDES:Die gemeente in KorinteONTSTAANSTYD:Omstreeks 55 nC, tydens Paulus se derde sendingreis. Die brief is waarskynlik kort voor sy vertrek uit Efese geskryf, nadat hy ongeveer drie jaar daar gewoon en gewerk het.PLASING:Korinte was ’n groot kosmopolitiese hawestad. As handelsentrum was dit ook die belangrikste stad in Agaje. Die stad is egter gekenmerk deur onsedelikheid en afgodediens. Die gemeente van Korinte het hoofsaaklik uit nie-Joodse lidmate bestaan. Paulus het die gemeente tydens sy tweede sendingreis gestig, ongeveer in 51 of 52 nC.

Page 20: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

KERNVERS:“Ek doen ’n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging” (1:10). BELANGRIKE KARAKTERS:Paulus, Timoteus, Chloë se huishouding, Stefanas, Fortunatus en AgaïkusVERDERE OPMERKINGS:Dié brief word gekenmerk deur eerlikheid en openhartigheid ten opsigte van die gemeente se probleme.

2KorintiersDOEL:Paulus skryf die brief om sy eie geloofwaardigheid te bevestig, sy gesag as apostel te verdedig en die argumente van die vals leraars te weerlê. Dit gaan dus oor die evange-lieverkondiging, die deel in mekaar se lief en leed en ’n evangeliese lewenspraktyk.SKRYWER:PaulusGEADRESSEERDES:Die gemeente in KorinteONTSTAANSTYD:Omstreeks 55-57 nC, uit Masedonië

Page 21: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

PLASING VAN 2KORINTIERS:Paulus het reeds ten minste drie vorige briewe aan die Korintiërs geskryf, waarvan twee deur die eeue heen verlore geraak het. In 1 Korintiërs (die tweede van dié drie briewe), het hy die gelowiges skerp aangespreek met die doel om hulle te leer en verkeerde dinge reg te stel. Die meeste van die gelowiges het sy brief in die regte gesindheid aanvaar en daarop gereageer, maar ander het sy gesag en motiewe bevraagteken.KERNVERS:“Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ’n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!” (5:20).BELANGRIKE KARAKTERS:Paulus, Timoteus, Titus, valse leraarsBELANGRIKE PLEKKE:Korinte, JerusalemVERDERE OPMERKINGS:Dié brief het persoonlike momente en het ook kenmerke van ’n outobiografie van Paulus.

Page 22: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

RomeineDOEL: Om voorbrand te maak vir Paulus se voorgenome besoek aan Rome op sy deurreis na Spanje (15:24), deur onder andere ’n voorlegging te voorsien van die evangelieSKRYWER: PaulusGEADRESSEERDES: Die Christene in Rome, waarvan die meeste waarskynlik vroeër nie die Joodse godsdiens aangehang het nieONTSTAANSTYD: Waarskynlik tydens die winter van 55-56 nC, uit KorintePLASING: Paulus bevind hom in Korinte tydens sy derde sendingreis (Hand 18:23–20:38), en volgens Romeine 15:25 is hy op die punt om die geldelike hulp wat hy vir die arm Christene in Judea by verskillende gemeentes gekollek-teer het, in Jerusalem te gaan aflewer. Hy glo dat sy werk in die Oos-Romeinse Ryk afgehan-del is (15:23). Hy wil in die wes-te gaan werk, en het spesifiek Spanje in die oog (15:24).KERNVERSE: “Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ’n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.

Page 23: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

In die evangelie kom juis tot open-baring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo” (1:16–17).BELANGRIKE KARAKTERS: Paulus, FebeBELANGRIKE PLEK: RomeVERDERE OPMERKINGS:Romeine staan saam met 1 en 2 Korintiërs en Galasiërs bekend as sy hoofbriewe. Daar is opvallen-de ooreenkomste tussen Galasiërs en Romeine.

LukasDOEL:Om God se heilsplan uit te beeld soos geopenbaar in JesusSKRYWER: Lukas was ’n geleerde man en word dikwels geïdentifiseer met die mediese dokter wat saam met Paulus was (Kol 4:14). Hy was ’n Christen uit die heiden-dom. Hy is ook die skrywer van Handelinge, en dié twee boeke vorm eintlik ’n eenheid.GEADRESSEERDES:Teofilus (“die een wat God liefgehad het”) en alle menseONTSTAANSTYD: Omstreeks 70 nC

Page 24: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

PLASING VAN LUKAS: Die boek is moontlik in Sesarea, Rome of Antiogië geskryf.KERNVERSE: “Die Gees van die Here is op My omdat Hy my gesalf het om die evangelie aan armes te verkon-dig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vry-heid uit te stuur, om die genade-jaar van die Here aan te kondig.” “Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul” (4:18, 21).BELANGRIKE KARAKTERS:Jesus, Elisabet, Sagaria, Johannes die Doper, Maria, Petrus en die ander elf apostels, ander dissipels, Herodes die Grote, Pilatus, Maria MagdalenaBELANGRIKE PLEKKE: Betlehem, Nasaret, Kapernaum, Galilea, Judea, Jerusalem.VERDERE OPMERKINGS:Hierdie is die mees omvattende Evangelie. Hy gee ook ’n beson-dere plek aan die vrou, kinders en ander sosiaal veragtes in sy boek. Groot dele van Lukas 9:51–18:34 kom nie in enige van die ander Evangelies voor nie.

Page 25: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

EfesiërsDOEL:Om die gelowiges se geloof te versterk deur hulle te wys op die eenheid van die kerk en hoe hulle die eenheid in die praktyk van elke dag se lewe moet uitleef.SKRYWER:PaulusGEADRESSEERDES:Die brief is waarskynlik ’n omsendbrief aan die gelowiges in die hele Klein-Asië, waar-onder ook die gelowiges in Efese.ONTSTAANSTYD:Tussen 56 en 62 nCPLASING:Die verwysing na Efese in 1:1 is nie in die vroegste tekste vervat nie. Uit die brief self is dit ook duidelik dat Paulus dit nie aan ’n spesifieke gemeente rig nie, want die brief is baie onpersoonlik. Uit 1:15 blyk dit ook dat hy onlangs gehoor het van hulle bekering, en hy is onseker oor wat hulle presies weet (3:2; 4:20). Die brief is dus waarskynlik ’n omsendbrief wat hy saam met Tigikus gestuur het om die gelowiges in die hele Klein-Asië te bemoedig en te versterk, sonder om aan spesifieke probleme aandag te gee.

Page 26: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

KERNVERSE VAN EFESIERS:“Aan Christus het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul” (1:22–23).BELANGRIKE KARAKTERS:Paulus, TigikusVERDERE OPMERKINGS:Die kerk word in hierdie brief met verskeie beelde beskryf: lig-gaam, met Christus as hoof; tem-pel van God; en bruid met Chris-tus as bruidegom. Hierdie brief en die brief aan die Kolossense toon groot ooreenkomste, en is waarskynlik min of meer dieselfde tyd geskryf.

FilippenseDOEL:Om die Filippense te bedank vir die materiële hulpverlening wat hy van hulle ontvang het, en ook om hulle te bemoedig en te versterk deur hulle daaraan te herinner dat ware vreugde net van Jesus Christus af kom.SKRYWER:PaulusGEADRESSEERDES:Aan die gelowiges in FilippiONTSTAANSTYD:Omstreeks 60-61 nC. Die brief is waarskynlik uit die tronk in Rome geskryf.

Page 27: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

PLASING VAN FILIPPENSE:Die gemeente in Filippi het tydens Paulus se tweede sendingreis tot stand gekom (Hand 16:11–40). Dit was die eerste gemeente in Europa. Die gemeente het Epafroditos gestuur om hulle bydrae tot Paulus se lewensonderhoud vir hom te vat (4:18), na waar hy in Rome in die tronk was. Hierdie is sy bedankingsbrief, waarin hy hulle ook wil bemoedig.KERNVERS:“Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!” (4:4).BELANGRIKE KARAKTERS:Paulus, Timoteus, Epafoditos, Euodia en SintigeVERDERE OPMERKINGS:Hierdie brief maak deel uit van Paulus se sogenaamde gevangenskapsbriewe. Die ander drie is Efesiërs, Kolossense en Filemon.

Page 28: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

KolossenseDOEL: Om bestaande of potensiële dwalinge in die gemeente te bekamp en die gelowiges daaraan te herinner dat hulle in Christus alles het wat hulle nodig hetSKRYWER: PaulusGEADRESSEERDES: Aan die gelowiges in Kolosse, ’n stad in Klein-Asië, en aan alle gelowiges oral op aardeONTSTAANSTYD: Tussen 56 en 61 nC, terwyl Paulus in Sesarea of Rome in die gevangenis wasPLASING: Paulus het die gemeente van Kolosse nog nie tevore besoek nie. Epafras en ander gelow-iges wat tydens Paulus se sendingreise tot bekering gekom het, was blykbaar verant-woordelik vir die stigting van die gemeente. Hulle was egter bedreig deur dwalings wat die Christelike geloof wou vermeng met nie-Christelike godsdienstige beskouings. Daardeur is die volstrekte heerskappy van Christus bedreig deur mense wat dit wou aanvul met allerlei asketiese praktyke, godsdienstige handelinge en populêre filosofieë. Daarteenoor wou Paulus dit beklemtoon dat Christus vir hulle genoeg was.

Page 29: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

KERNVERSE:“In Hom is die volle wese van God beliggaam, en in die verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is die hoof bo elke mag en gesag” (2:9–10)BELANGRIKE KARAKTERS: Paulus, Timoteus, Epafras, Tigikus, Onesimus, Aristargos, Markus, LukasBELANGRIKE PLEKKE: Kolosse, Laodisea (4:15, 16)

HebreersDOEL:Om gelowiges wat besig is om in die geloofstryd uit te sak, op te roep om in die geloof te volhardSKRYWER:OnbekendGEADRESSEERDES:Tweede geslag Christene (2:3) wat geestelike onvolwassenheid en ’n verflouing in hulle geloof openbaarONTSTAANSTYD:Die datum kan nie met sekerheid vasgestel word nie, maar die geskrewe preek het reeds teen 96 nC bestaan.

Page 30: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

FilemonDOEL:Om Filemon te oorreed om sy slaaf Onesimus, wat weggeloop het, te vergewe, en om hom as ’n broer in Christus te ontvangSKRYWER:PaulusGEADRESSEERDE:Filemon, ’n leidende figuur in die gemeente in Kolosse, en eienaar van die slaaf OnesimusONTSTAANSTYD:Tussen 56 en 62 nC, terwyl Paulus in Sesarea of Rome in die gevangenis wasPLASING:Slawerny het in die destydse samelewing algemeen bestaan, en dit is uit die brief duidelik dat Christene daaraan meeggedoen het. Paulus het nooit eksplisiet teen slawerny geskryf nie. Hy het egter slawerny ’n nekslag toegedien deur die eienaar van die slaaf te vra om sy slaaf as ’n broer in Christus te ontvang.KERNVERSE:“Miskien was hy ’n kort tydjie van jou af weg sodat jy hom vir altyd sou terugkry, nou nie langer net as ’n slaaf nie, maar meer as ’n slaaf: as ’n geliefde broer” (v 15–16)BELANGRIKE KARAKTERS:Paulus, Filemon, Onesimus

Page 31: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

VERDERE OPMERKINGS RAKENDE FILEMON:Hierdie brief maak deel uit van Paulus se sogenaamde vier gevangenskapsbriewe, naamlik Efesiërs, Kolossense, Filemon en Filippense. Dit is waarskynlik min of meer dieselfde tyd geskryf as Efesiërs en Kolossense. Die Filemon-brief is eintlik ’n aanbevelingsbrief, wat amper dieselfde werk destyds gedoen het as wat ’n getuigskrif vandag doen.

1PetrusDOEL: Om Christene wat deur die samelewing veronreg word, te bemoedig en riglyne te gee om op ’n Christelike wyse op daardie veronregting te reageerSKRYWER: PetrusGEADRESSEERDES: Gelowiges in Klein-AsiëONTSTAANSTYD:Waarskynlik omstreeks 65 nCPLASING: Die gelowiges aan wie hierdie omsendbrief gestuur word, is nie burgers van die gebiede waar hulle woon nie. Hulle het baie swaar gehad vanweë hulle uitlanderskap en hulle Christelike geloof. Hierdie swaarkry kan dalk verband hou met die vervolgings gedurende die tyd van Nero (ongeveer 62-64 nC).

Page 32: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

Dit is egter meer waarskynlik dat daar nog nie werklike fisiese vervolging was nie, maar dat hulle slegs geestelike vervolging, in die vorm van sosiale druk en diskriminasie, gely het.KERNVERSE: “. . . die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus” (1:7); en: “Die wat ly omdat God dit wil, moet hulle lewe toevertrou aan die getroue Skepper, en aanhou goed doen” (4:19).BELANGRIKE KARAKTERS: Petrus, Silvanus en MarkusBELANGRIKE GEBIEDE: Die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië, asook dalk Rome (vgl 5:13: “Babilon”)VERDERE OPMERKINGS: In die riglyne vir gedrag in bepaalde samelewingsverbande word telkens op die rol van die ondergeskikte in die betrokke verhouding gefokus.

Page 33: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

2PetrusDOEL: Om Christene te waarsku teen vals leraars, te herinner aan die ware oorgelewerde geloof en te bemoedig om daarin te groeiSKRYWER:Petrus self, of dalk een van sy dissipels wat namens hom skryfGEADRESSEERDES:’n Spesifieke groep gelowiges, maar hulle woonplek(ke) word nie genoem nieONTSTAANSTYD:Waarskynlik omstreeks 67 nCPLASING:Dit is nie uit die brief duidelik presies aan wie die brief geskryf is nie. In die lig van 1:16 is dit meer waarskynlik dat die skrywer spesifieke lesers met wie hy vroeër al kontak gehad het, op die oog het. Hierdie gelowiges loop gevaar om deur vals leraars van hulle standvastigheid beroof te word en tot verkeerde leefwyse verlei te word.KERNVERSE:“Julle moet julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. As julle hierdie dinge doen, sal julle nooit struikel nie” (1:10).BELANGRIKE KARAKTERS:Petrus

Page 34: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

VERDERE OPMERKINGS RAKENDE 2PETRUS:Reeds by die vroeë kerk was daar nie sekerheid of Petrus die brief geskryf het, en of dit deel van die Nuwe Testament moet wees nie. In latere jare het iemand soos Calvyn op grond van die taal en styl van die brief gesê dat nie Petrus nie, maar waarskynlik een van sy volgelinge die brief geskryf het. Dit is verder opmerklik dat daar besondere ooreenkomste tussen 2 Petrus (veral hoofstuk 2) en Judas is. Hierdie boek is eintlik nie ’n brief in die ware sin van die woord nie. In sekere opsigte lyk dit na ’n preek.

1TimoteusDOEL: Om Timoteus te bemoedig en te onderrigSKRYWER: PaulusGEADRESSEERDE: TimoteusONTSTAANSTYD: Ongeveer 61-64, waarskynlik vanuit Griekeland of MasedoniëPLASING: Timoteus was een van Paulus se getrouste metgeselle. Nadat Paulus en Timoteus ’n tyd-lank saam in Efese gewerk het, het Paulus hom as voltydse bedienaar van die Woord daar gelaat toe hy na Masedonië vertrek het. Na ’n tyd het Paulus verneem dat daar mense is wat valse leerstellings versprei,

Page 35: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

en hy skryf die brief om Timoteus te vra om nog langer in Efese te bly en die dwaalle-raars te stuit (1:3). Paulus was bang dat hy Efese nie gou weer sou kon besoek nie (15), en daarom gee hy ook algemene bedieningsriglyne vir Timoteus.KERNVERSE: “Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huis-gesin van God, dit is die gemeente van die lewende God” (3:15). “Wees jy vir die gelowiges ’n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid” (4:12).BELANGRIKE KARAKTERS: Paulus, TimoteusVERDERE OPMERKINGS:Die briewe 1 Timoteus, 2 Timoteus en Titus vorm ’n afsonderlike groep van Paulus se briewe: die herderlike (of: pastorale) briewe, aangesien hulle gerig is aan Timoteus en Titus, die herders van twee gemeentes. Daar is baie geleerdes wat oordeel dat dit nie Paulus is wat hierdie briewe geskryf het nie, maar iemand uit ’n latere tydperk wat dit in die naam van Paulus doen.

Page 36: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

TitusDOEL: Om Titus met die oog op sy bediening op die eiland Kreta te bemoedig en te onderrig.SKRYWER: PaulusGEADRESSEERDE: TitusONTSTAANSTYD: In ongeveer 61-62, waarskynlik uit Griekeland of Masedonië.PLASING: Volgens die brief is Titus deur Paulus op die eiland Kreta agtergelaat nadat die twee vir ’n tyd saam daar gewerk het. Titus moes aandag gee aan die gemeente-organisasie, en die brief bevat verskillende bedieningsopdragte in hierdie verband.KERNVERS:“Ek het jou op Kreta agtergelaat met die bedoeling dat jy die dinge wat nog gereël moes word, in orde moet bring … soos ek dit aan jou opgedra het” (1:5).BELANGRIKE KARAKTERS:Paulus, TitusBELANGRIKE PLEKKE: Kreta, Nikopolis

Page 37: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

VERDERE OPMERKINGS OOR TITUS: Die brief Titus vorm saam met 1 Timoteus en 2 Timoteus ’n afsonderlike groep van Paulus se briewe en staan bekend as die herderlike (of: pastorale) briewe, aangesien die briewe gerig is aan Timoteus en Titus, die herders van gelowiges in onderskeidelik Efese en op die eiland Kreta. Daar is baie geleerdes wat op grond van die ontwikkelde gemeente-organisasie wat uit die briewe blyk, asook die taalgebruik in die briewe, oordeel dat nie Paulus die briewe geskryf het nie, maar iemand uit ’n latere tydperk wat dit in die naam van Paulus doen.

JohannesDOEL: Om te getuig dat Jesus die Christus is, die Seun van God en dat elkeen wat in Hom glo, in sy Naam die ewige lewe kan hê.SKRYWER: Johannes, die lieflingdissipel, die seun van Sebedeus. Dit kan wees dat van sy volgelinge na sy dood sy oorlewerings versamel, verwerk en op skrif gestel het.GEADRESSEERDES: Gelowiges wat Jesus as Messias bely het en in hulle geloof versterk moes word.ONTSTAANSTYD: Ongeveer 90 nC

Page 38: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

PLASING VAN DIE JOHANNES EVANGELIE: Geskryf na die verwoesting van Jerusalem in 70 nC, en na die breuk tussen kerk en sina-goge (ongeveer 85-90 nC).KERNVERSE: “Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die ewige lewe kan hê” (20:30–31).BELANGRIKE KARAKTERS: Jesus, Johannes die Doper, die lieflingdissipel, die dissipels, Maria, Marta, Lasarus, Nikode-mus, Jesus se moeder, Pilatus, Maria Magdalena en TomasBELANGRIKE PLEKKE: Die Johannese vertelling konsentreer veral op Jerusalem en Judea, met sporadiese insi-dente in Samaria en Galilea.VERDERE OPMERKINGS: Jesus se afskeidsgesprekke met sy dissipels in die bovertrek is uniek aan dié Evangelie (hfst 13-17). Sowat negentig persent van die dinge wat hier opgeteken is, kom slegs in hierdie Evangelie voor.

Page 39: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

2TimoteusDOEL: Om Timoteus vir die laaste keer met die oog op sy bediening te bemoedig en te onderrigSKRYWER: PaulusGEADRESSEERDE: TimoteusONTSTAANSTYD: Ongeveer 64 nC, waarskynlik vanuit die gevangenis in Rome PLASING: Paulus is eensaam in die gevan-genis en die brief is waarskynlik sy laaste geskrif wat ons het. Hy gee opdragte aan Timoteus, wat in Efese bedieningswerk doen. Hy skryf ook oor die verdorwen-heid in die laaste dae, en oor sy persoonlike moeilike situasie.KERNVERS: “Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ’n arbeider wat die goedkeur-ing van God wegdra, ’n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig” (2:15).BELANGRIKE KARAKTERS:Paulus, Timoteus, Lukas, Markus en ander

Page 40: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

VERDERE OPMERKINGS RAKENDE 2TIMOTEUS: Die brief 2 Timoteus vorm saam met 1 Timoteus en Titus ’n afsonderlike groep van Paulus se briewe en staan bekend as die herderlike (of pastorale) briewe, aangesien dié briewe gerig is aan Timoteus en Titus, die herders van onderskeidelik die gelowiges in Efese en die op die eiland Kreta. Daar is baie geleerdes wat op grond van die ontwik-kelde gemeente-organisasie wat uit die briewe blyk en die taal van die briewe oordeel dat nie Paulus hierdie briewe geskryf het nie, maar iemand uit ’n latere tydperk wat dit in die naam van Paulus doen.

1JohannesDOEL: Om Christene in hulle geloof te versterk en vals leerstellings te weerlêSKRYWER: Waarskynlik Johannes, die apostel en skrywer van die vierde EvangelieGEADRESSEERDES: 1 Johannes het geen opskrif gehad nie en was ook nie aan ’n spesifieke gemeente gerig nie. Dit was ’n pastorale brief wat aan ’n hele paar nie-Joodse gemeentes gerig was. ONTSTAANSTYD: Waarskynlik tussen 90-95 nC, vanaf Efese, in Klein-Asië

Page 41: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

PLASING VAN 1JOHANNES: Die Christelike waarhede volgens die Johannes-Evangelie is deur die Johannese gemeente(s) in Klein-Asië misverstaan en verkeerd geïnterpreteer. Daarom moes die regte perspektiewe oor die persoon van Christus en etiese leefstyl reggestel word.KERNVERS:“Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo” (5:13).BELANGRIKE KARAKTERS: Johannes, Jesus en Johannese gemeente in Klein-AsiëVERDERE OPMERKINGS: 1 Johannes is sprekend van die patroon dat die gelowige moet lééf wat hy/sy glo. Teorie moet waar word in die alledaagse praktyk. Daarom lees ons in hierdie brief van liefde, kindskap, gemeenskap en die ewige lewe. 1 Johannes stem in heelparty opsigte met die Johannes-Evangelie ooreen. Johannes gebruik eenvoudige woorde en kort sinne en hy maak ook graag gebruik van skerp kontraste: lig en donker, waar en vals, God en Satan, lewe en dood, liefde en haat.

Page 42: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

2JohannesDOEL:Om die wesenlike belangrikheid van liefde en waarheid, twee grondliggende beginsels van die Christelike lewe, te beklemtoon en die lesers teen vals leraars te waarskuSKRYWER:Waarskynlik Johannes die apostel, die skrywer van die vierde EvangelieGEADRESSEERDES:Aan “die uitverkore vrou en aan haar kinders”. Die brief is waarskynlik nie aan ’n per-soon gerig nie, maar aan ’n plaaslike gemeente in die omgewing van Efese, in Klein-Asië.ONTSTAANSTYD:Omstreeks dieselfde tyd as 1 Johannes, dit wil sê omstreeks 90-95 nC. Die brief is waar-skynlik uit Efese geskryf.PLASING:Dit wil voorkom asof “die uitverkore vrou en haar kinders”, dit is die gemeente, bemoedig en gewaarsku moet word teen dwaalleraars en dwaalleringe. Die dwaalleraars het nog nie die gemeente binnegedring nie, daarom die vroegtydige waarskuwing vanaf die moederge-meente (onstaanplek van 1 Johannes) aan die ander gemeente (2 Johannes).KERNVERS: “En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe. Soos julle van die begin af gehoor het, is dit sy gebod dat julle in die liefde moet lewe” (v 6).BELANGRIKE KARAKTERS: Johannes, en die gemeente, figuurlik voorgestel as “die uitverkore vrou en haar kinders”

Page 43: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

3JohannesDOEL:Om waardering te betuig vir gasvryheid teenoor evangelie-dienaarsSKRYWER: Waarskynlik Johannes die apostel, wat ook die vierde Evangelie geskryf hetGEADRESSEERDES:Aan Gaius, ’n toonaangewende Christen in een van die kleiner gemeentes ONTSTAANSTYD: Omstreeks 90-95 nC, uit EfesePLASING:Die verkondigers van die evangelie het van dorp tot dorp gereis en nuwe gemeentes help vestig. Hulle was dus afhanklik van die gasvryheid van mede-gelowiges. Gaius was een van dié wat hulle gasvry ontvang het.KERNVERS:“Liewe Gaius, jy handel reg in wat jy vir jou medegelowiges doen, en dit nog terwyl jy hulle nie eens geken het nie” (v 5).BELANGRIKE KARAKTERS:Johannes, Gaius, Diotrefes, Demetrius

Page 44: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

JudasDOEL:Om Christene te waarsku teen dwaalleer, en op te roep om vas te staan in geloof, hoop en liefdeSKRYWER:Waarskynlik óf Judas, broer van Jakobus en Jesus, óf Judas Barsabbas, wat aan Paulus en Barnabas hulp verleen het (Hand 15:22)GEADRESSEERDES:’n Spesifieke groep gelowiges, maar hulle woonplek(ke) word nie genoem nieONTSTAANSTYD:Waarskynlik omstreeks 55-65 nCPLASING:Dit is nie duidelik wie die gelo-wiges is aan wie die brief geskryf is nie. Dit kon ’n om-sendbrief aan gelowiges in die algemeen gewees het, maar dit is meer waarskynlik dat die skrywer lesers met wie hy al kontak gehad het, op die oog het. Hierdie gelo-wiges loop gevaar om deur vals leraars van hulle standvastigheid beroof te word en tot ver-keerde leefwyse verlei te word.KERNVERS:“Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe, en hulle verwerp ons enigste meester en Here, Jesus Christus” (v 4)BELANGRIKE KARAKTERS:Judas

Page 45: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

VERDERE OPMERKINGS OOR JUDAS:Daar is besondere ooreenkomste tussen Judas en 2 Petrus (veral hoofstuk 2). Judas was waar-skynlik eerste geskrywe. Judas is, soos 2 Petrus, eintlik nie ’n brief in die ware sin van die woord nie en lyk na ’n preek. Dit kom ook ooreen met Joodse kom-mentare: die skrywer haal iets uit die Ou Testament of ’n ander boek aan, en pas dan daardie aanhal-ing toe op die vals leraars.

OpenbaringDOEL: Om gelowiges te bemoedig en te vermaanSKRYWER: JohannesGEADRESSEERDES: Die sewe gemeentes in Asië en alle gelowiges van alle tyeONTSTAANSTYD: Omstreeks 95 nC, vanaf die eiland PatmosPLASING:Die meeste teoloë is van mening dat die sewe gemeentes van Klein-Asië aan wie Johannes skryf, ’n krisis beleef het onder die vervolging wat veral gedurende die tyd van keiser Domitianus (90-95 nC) plaasgevind het. Dit wil juis voorkom asof die Romeinse owerheid Johannes na die eiland Patmos aan die kus van Klein-Asië verban het. Daar het die ver-heerlikte Christus Homself geopenbaar. Die Christene was in ekonomiese, politieke en kul-turele noutes omdat hulle uit die sinagoges geban is.

Page 46: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Geskiedenis & NB! gegewens

KERNVERS VAN OPENBARING: “Geseënd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby” (1:3).BELANGRIKE KARAKTERS: Johannes, Jesus, die engel as bemiddelaar en die voorgangers in elke gemeenteBELANGRIKE PLEKKE: Patmos, die sewe gemeentes in Klein-Asië, die nuwe JerusalemVERDERE OPMERKINGS: Openbaring is in “apokaliptiese” vorm geskryf, dus in die literatuurvorm waarin simboliek en retoriek gebruik word om ’n boodskap van hoop aan mense wat onder vervolging gebuk moes gaan, oor te dra.

Die “Geskiedenis & NB! gegewens” info is verkry vanuit die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling) - Van Wil Vosloo, a. V. R. F. J. (1997, c1993). CUM

Page 47: NewThru30

NEW THRU 30N U U T d e u r 3 0 d a e

22Feb-21Mrt

Slotnota:Baie geluk, jy het deur die NT gelees in 30 (baie kort) dae. Ek glo dat dit ook vir jou ‘n lewensveranderende ervaring was. Onthou om nie nou op te hou met lees nie - die Woord van God is lewend en ryk aan skatte wat jy nog kan ontdek!

Die NewThru30 program is ontwikkel deur Elevation Church in die VSA en aangepas deur Ds. Werner Schroeder vir gebruik in Alberton-Suid gemeente.

#NGKAS