nasionale sertifikate (beroeps-) certificates nqf level 2... · 2016. 9. 26. · 9 instrumente en...

25
NASIONALE SERTIFIKATE (BEROEPS-) ASSESSERINGSRIGLYNE AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Vlak 2 IMPLEMENTERING: JANUARIE 2013

Upload: others

Post on 30-Jan-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • NASIONALE SERTIFIKATE (BEROEPS-)

    ASSESSERINGSRIGLYNE

    AFRIKAANS

    EERSTE ADDISIONELE TAAL

    Vlak 2

    IMPLEMENTERING: JANUARIE 2013

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 1 van 24

    17_03_2014

    INHOUD

    AFDELING A: DOEL VAN DIE VAKASSESSERINGSRIGLYNE...................................................... 2

    AFDELING B: ASSESSERING IN DIE NASIONALE SERTIFIKATE (BEROEPS-).......................... 2

    1 Assesseringsbeginsels en -doelwitte ..................................................................................... 2

    2 Assesseringsraamwerk ........................................................................................................... 4

    2.1 Interne deurlopende assessering (IDASS) ........................................................................... 4

    2.2 Eksterne summatiewe assessering (ESASS) ....................................................................... 4

    3 Moderering van assessering ................................................................................................... 4

    3.1 Interne moderering ............................................................................................................... 4

    3.2 Eksterne moderering ............................................................................................................ 4

    4 Geldigheidsperiode van interne deurlopende assessering (IDASS) ..................................... 4

    5 Vereistes vir assessors ............................................................................................................ 4

    6 Tipes assessering .................................................................................................................... 5

    6.1 Basislynassessering ............................................................................................................. 5

    6.2 Diagnostiese assessering .................................................................................................... 5

    6.3 Formatiewe assessering ...................................................................................................... 5

    6.4 Summatiewe assessering .................................................................................................... 5

    7 Beplanning van assessering ................................................................................................... 5

    7.1 Insameling van bewyse ........................................................................................................ 5

    7.2 Optekening ........................................................................................................................... 5

    7.3 Verslagdoening .................................................................................................................... 5

    8 Assesseringsmetodes .............................................................................................................. 5

    9 Instrumente en middele vir die insameling van bewyse ........................................................ 6

    10 Middele vir die assessering van studentprestasie ................................................................. 6

    11 Keuse en/of ontwerp van optekening- en verslagdoeningstelsels ....................................... 7

    12 Bevoegdheidsbeskrywings ...................................................................................................... 7

    13 Strategieë vir die insameling van bewyse .............................................................................. 7

    13.1 Waarnemingsvelle .............................................................................................................. 7

    13.2 Kontrolelyste....................................................................................................................... 7

    AFDELING C: ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT VLAK 2.......................................................... 8

    1 Assesseringskedule en -vereistes .......................................................................................... 9

    2 Optekening en verslagdoening.................................................................................................11

    3 Interne assessering van uitkomste in Afrikaans EAT Vlak 2.................................................12

    4 Eksterne assessering in Afrikaans EAT Vlak 2.......................................................................20

    AANHANGSEL A: VOORBEELDE VAN INLIGTINGSBLADSYE EN VOORAF OPGESTELDE FORMATE VIR INSLUITING IN EKSAMENVRAESTELLE..................................................................................................23

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 2 van 24

    17_03_2014

    AFDELING A: DOEL VAN DIE VAKASSESSERINGSRIGLYNE

    Hierdie dokument bied riglyne aan die lektor om 'n samehangende, geïntegreerde assesseringstelsel vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) in die Nasionale Sertifikate (Beroeps-) te ontwikkel. Dit moet saamgelees word met die Nasionale beleid rakende Verdere Onderwys- en Opleidingsprogramme: Goedkeuring van die dokumente, beleid vir die Nasionale Sertifikate (Beroeps-) op Vlak 2 tot 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR).

    Hierdie dokument verduidelik die vereistes vir interne en eksterne vakassessering. Die lektor moet hierdie dokument saam met die Vakriglyne: Afrikaans EAT Vlak 2 vir vakvoorbereiding en -aanbieding gebruik. Lektore moet 'n verskeidenheid hulpbronne gebruik en 'n reeks assesseringsvaardighede toepas wanneer assesseringstake opgestel, nagesien en opgeteken word.

    AFDELING B: ASSESSERING IN DIE NASIONALE SERTIFIKATE (BEROEPS-)

    1 ASSESSERINGSBEGINSELS EN -DOELWITTE

    Assessering in die Nasionale Sertifikate (Beroeps-) het die NKR-doelwitte as grondslag. Hierdie doelwitte behels:

    Die daarstelling van 'n geïntegreerde nasionale raamwerk vir leerprestasies.

    Die fasilitering van toegang tot en progressie in onderwys, opleiding en loopbane.

    Die verbetering van die gehalte van onderwys en opleiding.

    Die regstelling van onregverdige diskriminasie en die wanbalanse van die verlede, en daardeur die versnelling van indiensnemingsgeleenthede.

    'n Bydrae tot die holistiese ontwikkeling van die student deur aandaggewing aan:

    o sosiale aanpassing en verantwoordelikheid;

    o morele verantwoordbaarheid en etiese werkoriëntasie;

    o ekonomiese deelname; en

    o nasiebou.

    Die beginsels waarop hierdie doelwitte berus, is soos volg:

    • Integrasie

    Om 'n eenvormige benadering te volg tot onderwys en opleiding, wat mensehulpbronne sal versterk en die vermoë van die nasie sal ontwikkel.

    • Toepaslikheid

    Om dinamies op nasionale ontwikkelingsbehoeftes te reageer.

    • Geloofwaardigheid

    Om die bevoegdhede en vaardighede wat verkry is, die nasionale en internasionale waarde wat toegevoeg is en die kwalfikasie wat verwerf is, te erken.

    • Samehangendheid

    Om binne 'n konsekwente raamwerk van beginsels en sertifisering te werk.

    • Buigsaamheid

    Om voorsiening te maak vir kreatiwiteit en vindingrykheid in die bereiking van Leeruitkomste, om verskillende leerstyle te akkommodeer en 'n reeks assesseringsmetodes, -instrumente en -tegnieke te gebruik.

    • Deelname

    Om belanghebbendes in staat te stel om deel te neem aan standaardstelling en die koördinering van die prestasies wat vir die kwalifikasie vereis word.

    • Toegang

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 3 van 24

    17_03_2014

    Om leerhindernisse op verskillende vlakke te hanteer en studente se vordering te fasiliteer.

    • Progressie

    Om te verseker dat die kwalifikasieraamwerk individue toelaat om deur middel van verskillende, gepaste kombinasies van die komponente van die leweringstelsel van een vlak van die nasionale kwalifikasie na die volgende te beweeg.

    • Oordraagbaarheid

    Om studente in staat te stel om krediete wat in 'n kwalifikasie verkry is van een leerinstelling en/of werkgewer na

    'n ander leerinstelling en/of werkgewer oor te dra.

    • Artikulasie

    Om by die suksesvolle voltooiing van geakkrediteerde voorvereistes voorsiening te maak vir vertikale en horisontale mobiliteit in die onderwysstelsel.

    • Erkenning van voorafleer

    Om krediete vir 'n leereenheid toe te ken ná assessering of as die student oor die bevoegdhede beskik wat in die uitkomsstelling gespesifiseer word.

    • Geldigheid van assesserings

    Om te verseker dat assessering 'n wye omvang van vaardighede, kennis, waardes en houdings dek wat nodig is om toegepaste bevoegdheid te demonstreer. Dit word bereik deur:-

    o die uitkoms wat geassesseer moet word, duidelik te stel;

    o gepaste of geskikte bewyse te kies;

    o die bewyse met 'n versoenbare of gepaste assesseringsmetode te belyn; en

    o 'n assesseringsinstrument(e) te kies en te skep.

    Onderwerpe moet eers individueel en daarna kumulatief saam met ander onderwerpe geassesseer word. 'n

    Finale summatiewe interne assessering moet vóór die eksterne assessering plaasvind.

    • Betroubaarheid

    Om te verseker dat assesseringspraktyke konsekwent is sodat dieselfde resultaat of oordeel bereik word indien die assessering in dieselfde konteks herhaal word. Dit verg konsekwentheid in die interpretasie van bewyse en daarom is sorgvuldige monitering van assessering kernbelangrik.

    Vir 'n interne punt moet die kumulatiewe en summatiewe assesserings groter gewig dra as die eenonderwerptoetse. Daar moet in elke termyn minstens een gestandaardiseerde of normtoets plaasvind. Alle gestandaardiseerde of normtoetse moet deur 'n vakspesialis gemodereer word.

    • Billikheid en deursigtigheid

    Om te verifieer dat geen assesseringsproses en/of -metode enige student belemmer of onbillik bevoordeel nie.

    Die volgende kan onbillikheid in assessering uitmaak:

    o Ongelyke geleenthede, hulpbronne of onderrig- en leerbenaderings.

    o Partydigheid gebaseer op etnisiteit, ras, geslag, ouderdom, gestremdheid of sosiale klas.

    o Gebrek aan duidelikheid rakende die Leeruitkoms wat geassesseer word.

    o Vergelyking van studente se werk met dié van ander, op grond van leerstyl en taal.

    In die assessering van Afrikaans EAT moet in ag geneem word dat die metode of proses groter gewig dra as

    die finale antwoord.

    • Praktiese uitvoerbaarheid en koste-effektiwiteit

    Om assesseringstake en/of -praktyke in 'n uitkomsgebaseerde onderwys- en opleidingstelsel te integreer ten einde koste- en tydbesparende assessering na te streef.

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 4 van 24

    17_03_2014

    2 ASSESSERINGSRAAMWERK

    Die assesseringstruktuur vir die Nasionale Sertifikate (Beroeps)-kwalifikasie is soos volg:

    2.1 Interne deurlopende assessering (IDASS)

    Vaardighede, kennis, waardes en houdings word regdeur die jaar geassesseer aan die hand van assesseringsinstrumente soos projekte, toetse, werkopdragte, ondersoeke, rolspel en gevallestudies. Alle bewyse van die interne deurlopende assessering (IDASS) word in 'n Portefeulje van Bewyse (PvB) gehou en moet geredelik beskikbaar wees vir monitering-, moderering- en verifiëringsdoeleindes. Die moderering en gehalteversekering van hierdie komponent geskied intern en ekstern.

    2.2 Eksterne summatiewe assessering (ESASS)

    Die eksterne summatiewe assessering behels TWEE vraestelle wat opgestel word om aan die vereistes van die Vak- en Leeruitkomste te voldoen. Dit word ooreenkomstig die toepaslike assesseringsbeleide en -vereistes geadministreer.

    Die eksterne summatiewe assesserings word jaarliks tussen Oktober en Desember uitgevoer, met voorsiening vir aanvullende eksamens.

    3 MODERERING VAN ASSESSERING

    3.1 Interne moderering

    Assessering moet gemodereer word volgens die Verdere Onderwys- en Opleidingskollege (VOO-kollege) se beleid vir interne moderering. Interne kollegemoderering is 'n deurlopende proses. Die moderator se betrokkenheid begin by die beplanning van assesseringsmetodes en -instrumente en word gevolg deur voortgesette samewerking met en steun aan die assessors. Interne moderering skep 'n gedeelde begrip van Assesseringstandaarde en hou dit oor die beroepsprogramme heen in stand.

    3.2 Eksterne moderering

    Eksterne moderering word ooreenkomstig die standaarde, beleide en vereistes van die toepaslike gehalteversekeringsliggame (tans die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid [Sako] en Umalusi) uitgevoer. Die eksterne moderator:-

    moniteer en evalueer die standaarde van alle summatiewe assesserings;

    hou standaarde in stand deur toepaslike invloed en beheer oor assessors uit te oefen;

    verseker dat behoorlike prosedures gevolg word;

    verseker dat summatiewe geïntegreerde assesserings korrek geadministreer word;

    gaan 'n minimum monster van tien tot vyf-en-twintig persent (10%-25%) van die summatiewe assesserings

    na;

    gee skriftelik terugvoering aan die toepaslike gehalteversekeringsliggaam; en

    modereer, in geval van 'n dispuut, tussen 'n assessor en 'n student.

    Die beleid rakende inklusiewe onderwys vereis dat assesseringsprosedures vir studente met leerhindernisse aangepas en ondersteun word om hulle in staat te stel om hul maksimum potensiaal te bereik.

    4 GELDIGHEIDSPERIODE VAN INTERNE DEURLOPENDE ASSESSERING (IDASS)

    Die geldigheidsperiode van die punt verwerf in interne deurlopende assessering word bepaal deur die Nasionale beleid rakende die afneem, administrasie en bestuur van assessering in die Nasionale Sertifikate (Beroeps-). Die interne deurlopende assessering (IDASS) moet weer ingedien word met elke eksameninskrywing ten opsigte waarvan dit 'n komponent vorm.

    5 VEREISTES VIR ASSESSORS

    Assessors moet vakspesialiste en 'n bevoegde assessor wees.

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 5 van 24

    17_03_2014

    6 TIPES ASSESSERING

    Assessering bevoordeel die student en die lektor. Dit lig studente in oor hul vordering en help lektore om op die verskillende stadia van die leerproses ingeligte besluite te neem. Verskillende tipes assessering kan gebruik word na gelang van die spesifieke doelwit.

    6.1 Basislynassessering

    Basislynassessering word aan die begin van 'n vlak of leerervaring gedoen om die kennis, vaardighede, waardes en houdings te bepaal wat studente na die klaskamer bring. Hierdie kennis help lektore met die beplanning van leerprogramme en -aktiwiteite.

    6.2 Diagnostiese assessering

    Hierdie tipe assessering diagnoseer die aard en oorsake van leerhindernisse wat deur spesifieke studente ervaar word. Dit word opgevolg met leiding, toepaslike steun en intervensiestrategiëe. Hierdie tipe assessering is nuttig vir die verwysing van studente wat spesialishulp benodig.

    6.3 Formatiewe assessering

    Hierdie assessering moniteer en ondersteun onderrig en leer. Dit stel vas wat studente se sterk en swak punte is en bied terugvoering op vordering. Dit bepaal of 'n student gereed is vir summatiewe assessering.

    6.4 Summatiewe assessering

    Hierdie tipe assessering gee 'n oorsig van 'n student se vordering op 'n gegewe tydstip. Dit bepaal of die student genoegsaam bevoeg is om na die volgende vlak te vorder.

    7 BEPLANNING VAN ASSESSERING

    Die assesseringsplan dek drie hoofprosesse:

    7.1 Insameling van bewyse

    Die assesseringsplan dui aan watter Vakuitkomste en Assesseringstandaarde geassesseer word, watter assesseringsmetode of -aktiwiteit gebruik gaan word en wanneer hierdie assessering uitgevoer word.

    7.2 Optekening

    Optekening het betrekking op die assesseringsinstrumente of -middele waarmee die assessering vasgelê of opgeteken word. Gepaste assesseringsinstrumente moet dus ontwikkel of aangepas word.

    7.3 Verslagdoening

    Al die bewyse word in 'n verslag bymekaar geplaas met die oog op besluitneming vir die vak.

    8 ASSESSERINGSMETODES

    Assesseringsmetodes het betrekking op die persone wat die assessering uitvoer en sluit lektor-assessering, selfassessering, portuurassessering en groepsassessering in.

    LEKTOR-ASSESSERING Die lektor assesseer studentprestasie aan die hand van gegewe kriteria in verskillende kontekste, soos individuele werk, groepwerk, ens.

    SELFASSESSERING Studente assesseer hul eie prestasie aan die hand van gegewe kriteria

    in verskillende kontekste, soos individuele werk, groepwerk, ens.

    PORTUURASSESSERING Studente assesseer 'n ander student of groep studente se prestasie aan die hand van gegewe kriteria in verskillende kontekste, soos individuele werk, groepwerk, ens.

    GROEPSASSESSERING Studente assesseer die individuele prestasie van ander studente binne 'n groep of die algehele prestasie van 'n groep studente aan die hand van gegewe kriteria.

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 6 van 24

    17_03_2014

    9 INSTRUMENTE EN MIDDELE VIR DIE INSAMELING VAN BEWYSE

    Alle bewyse wat vir die doeleindes van interne deurlopende assessering (IDASS) versamel word, word in die student se Portefeulje van Bewyse (PvB) gehou of opgeteken.

    Die onderstaande tabel bied 'n opsomming van 'n verskeidenheid van metodes en instrumente vir die insameling van bewyse. 'n Bepaalde metode en instrument word gekies om studente genoegsame geleentheid te bied om te demonstreer dat die Vakuitkoms bereik is. Dit is slegs moontlik as die gekose metodes en instrumente geskik is vir die teikengroep en die spesifieke Vakuitkoms wat geassesseer word.

    METODES VIR DIE INSAMELING VAN BEWYSE

    Waarneminggebaseer

    (Minder gestruktureer)

    Taakgebaseer

    (Gestruktureer)

    Toetsgebaseer

    (Meer gestruktureer)

    Assesserings-

    instrumente

    • Waarneming

    • Klasvrae

    • Besprekings deur lektor,

    student, ouer

    • Werkopdragte of take

    • Projekte

    • Ondersoeke of navorsing

    • Gevallestudies

    • Praktiese oefeninge

    • Demonstrasies

    • Rolspel

    • Onderhoude

    • Eksamens

    • Klastoetse

    • Praktiese eksamens

    • Mondelinge toetse

    • Oopboektoetse

    Assesseringsmiddele • Waarnemingsvelle

    • Lektor se notas

    • Kommentaar

    • Kontrolelyste

    • Beoordelingskale

    • Nasienskemas

    • Punte (bv. %) • Beoordelingskale (1-7)

    Bewyse • Toespitsing op individuele studente

    • Subjektiewe bewyse gebaseer op lektor se waarnemings en indrukke

    • Oop middel: Studente lewer dieselfde bewyse maar op verskillende maniere.

    • Oop einde: Studente gebruik dieselfde proses om verskillende resultate te bereik.

    • Studente beantwoord dieselfde vrae op dieselfde wyse binne dieselfde tydsbestek.

    10 MIDDELE VIR DIE ASSESSERING VAN STUDENTPRESTASIE

    Beoordelingskale is nasienstelsels waar 'n kode (soos 1 tot 7) of 'n punt (soos 5/10 of 50%) in besonderhede omskryf word. Die besonderhede is net so belangrik soos die gekodeerde punt. Tradisionele nasien, assessering en evaluering het meestal beoordelingskale sonder besonderhede gebruik, soos reg of verkeerd, swak of goed, ens.

    Taaklyste en kontrolelyste wys vir die student wat gedoen moet word. Dit bestaan uit kort stellings wat die verwagte prestasie in 'n bepaalde taak beskryf. Die stellings op die kontrolelys kan afgemerk word wanneer die student die kriterium toereikend behaal het. Kontrolelyste en taaklyste is baie nuttig vir assesseringsaktiwiteite binne portuur- of groepverband.

    'n Nasienskema of rubriek is 'n hiërargie (gegradeerde vlakke) van kriteria met teikenstandaarde wat die minimum vlak van aanvaarbare prestasie vir elke kriterium beskryf. Dit is 'n andersoortige manier van assessering en kan nie met toetse vergelyk word nie. Elke kriterium wat in die nasienskema beskryf word, word afsonderlik geassesseer. Daar word hoofsaaklik twee tipes nasienskemas of rubrieke gebruik, te wete holistiese en analitiese nasienskemas.

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 7 van 24

    17_03_2014

    11 KEUSE EN/OF ONTWERP VAN OPTEKENING- EN VERSLAGDOENINGSTELSELS

    Die keuse en/of ontwerp van optekening- en verslagdoeningstelsels hang af van die doel van die optekening en verslagdoening van studentprestasie. Waarom bepaalde inligting opgeteken word en hoe dit opgeteken word bepaal watter instrument gebruik sal word.

    Rekenaargebaseerde stelsels, byvoorbeeld sigblaaie, is koste- en tydbesparend. Die optekeningstelsel moet gebruikersvriendelik wees en inligting moet maklik bekom en onttrek kan word.

    12 BEVOEGDHEIDSBESKRYWINGS

    Alle assessering moet punte toeken om spesifieke assesseringstake te evalueer. Die punte moet egter toegeken word aan die hand van nasienriglyne (memoranda/nasienskemas/kontrolelyste) en moet nie slegs 'n totaal van regmerkies vir korrekte antwoorde wees nie. Nasienskemas is beskrywers van bevoegdheidsvlakke vir die vaardighede, kennis, waardes en houdings wat 'n student moet demonstreer om elke vlak van die beoordelingskaal te bereik.

    Wanneer lektore of assessors 'n assesseringstaak of -vraag voorberei, moet hulle verseker dat die taak of vraag op 'n aspek van 'n Vakuitkoms betrekking het. Die toepaslike Assesseringstandaard moet gebruik word om die nasienskema vir die assessering van die taak of vraag te ontwerp. Die beskrywings moet die minimum prestasievlak vir elke kategorie op die beoordelingskaal duidelik aantoon.

    13 STRATEGIEË VIR DIE INSAMELING VAN BEWYSE

    'n Aantal verskillende assesseringsinstrumente kan vir die insameling en optekening van bewyse gebruik word. Voorbeelde van instrumente wat (aangepas en) in die klaskamer gebruik kan word, sluit in:-

    13.1 Waarnemingsvelle

    Die lektor neem waar hoe studente in groepsverband werk. Aan die einde van elke projek word die waarnemings in 'n opsommingstabel opgeteken. Die lektor kan 'n waarnemingsvel ontwerp om studente se interaktiewe en probleemoplossingsvaardighede, houdings teenoor groepwerk en deelname aan groepaktiwiteite waar te neem.

    13.2 Kontrolelyste

    Kontrolelyste moet duidelike kategorieë hê om te verseker dat die doelwitte doeltreffend bereik word. Die kategorieë moet beskryf hoe en aan die hand van watter kriteria die aktiwiteite geëvalueer word. Ruimte vir kommentaar is noodsaaklik.

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 8 van 24

    17_03_2014

    AFDELING C

    ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT

    VLAK 2

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 9 van 24

    17_03_2014

    AFDELING C: ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT

    1 ASSESSERINGSKEDULE EN -VEREISTES

    Interne en eksterne assesserings word uitgevoer en die resultate van beide assesserings dra by tot die finale punt van 'n student in die vak.

    Die interne deurlopende assessering (IDASS)-punt bepaal 25 persent en die eksterne eksamenpunt 75 persent van die finale punt. 'n Student het 'n minimum finale punt van 40 persent nodig om die vak te slaag.

    Interne assessering

    Lektore moet 'n omvattende assesseringsplan/-skedule saamstel van formele assesserings wat gedurende die jaar in die vak onderneem moet word (bv. datum, assesseringstaak of -aktiwiteit, boordelingskaal/punte toegeken, assessor, moderator).

    Formele assesserings word dan volgens die plan/skedule uitgevoer deur die gepaste assesseringsinstrumente en -middele vir elke assesseringstaak (bv. toetse, werkopdragte, praktiese take/projekte en memorandum, nasienskema, kontrolelys) te gebruik.

    Die punte wat toegeken word vir beide die praktiese en skriftelike formele assesseringstake wat gedurende die interne deurlopende assessering (IDASS) uitgevoer word, word gehou en opgeteken in die Portefeulje van Bewyse (PvB) wat aan interne en eksterne moderering onderworpe is.

    'n Jaarpunt uit 100 word bereken op grond van die IDASS-punte wat in die PvB vervat is en word aan die einde van die jaar voor of op die keerdatum aan die Departement voorgelê.

    Die volgende interne assesseringseenhede RIG die assessering van Afrikaans EAT Vlak 2.

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 10 van 24

    17_03_2014

    IDASS-TAKE VIR AFRIKAANS EAT VLAK 2

    Taak Tyd-

    raamwerk Assesserings-

    aktiwiteit Omvang van assessering

    Voorgestelde punte-

    toekenning

    % bydrae tot die

    jaarpunt

    1 Termyn 1 Formele toets

    Begrip en visuele voorstelling EN/OF

    kontekstuele vrae oor taal- en

    grammatikastrukture EN/OF

    kommunikasieteorie

    (Lengte van leesteks word bepaal deur lengte

    van teks wat opgesom moet word 200-300

    woorde)

    (Visuele voorstelling: 200 woorde, wat tot 60-

    70 woorde verminder moet word)

    Minstens

    50 punte 10%

    2 Termyn 1

    Mondelinge aanbieding en luistertoets

    Voorbereide hardop lees EN/OF rolspel

    EN/OF gee van aanwysings en instruksies EN

    luisterbegrip

    (2-3 minute)

    Minstens

    20 punte 5%

    3 Termyn 2

    Funksionele skryfwerk (Korter intermediêre en langer funksionele tekste)

    Korter en intermediêre funksionele tekste:

    Visuele voorstellings EN/OF klein- en

    sieradvertensies EN/OF plakkaat of

    kennisgewing EN/OF uitnodiging per e-pos

    EN/OF skriftelike prosedure EN/OF skriftelike

    beskrywing

    (80-100 woorde) (5%)

    Langer funksionele tekste:

    Klagbrief EN/OF navraagbrief EN/OF

    antwoord EN/OF blog EN/OF

    navorsingsverslag

    (120-150 woorde) (10%)

    15%

    4 Termyn 2 Mondelinge aanbieding

    Voorbereide vak-verwante toespraak, met

    gebruikmaking van visuele, klank- en

    oudiovisuele hulpmiddels (2-3 minute)

    Minstens

    20 punte 5%

    5 Termyn 2 OF Termyn 3

    Formele toets

    Begrip en visuele voorstelling EN/OF

    kontekstuele vrae oor taal- en

    grammatikastrukture EN/OF

    kommunikasieteorie

    (Lengte van leesteks word bepaal deur lengte

    van teks wat opgesom moet word 200-300

    woorde)

    (Visuele voorstelling: 200 woorde, wat tot

    woorde verminder moet word tot 60-70

    woorde)

    Minstens

    50 punte 10%

    6 Termyn 3 Werkopdrag Letterkunde-opdrag: Kortverhaal Minstens

    50-80 punte 25%

    7

    Termyn 2 OF Termyn 3

    Interne eksamen* Vraestel 1 Interne eksamen* Vraestel 2

    Vakuitkomste tot op datum voltooi

    30% (Vraestel 1 = 15%) (Vraestel 2 = 15%)

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 11 van 24

    17_03_2014

    TOTAAL 100%

    2 OPTEKENING EN VERSLAGDOENING

    Afrikaans EAT word aan die hand van sewe bevoegdheidsvlakke geassesseer. Elke vlak word in die tabel hieronder verduidelik.

    Prestasieskaal vir die basiskomponent

    Die assesseringsplan/-skedule moet in die lektor se Portefeulje van Assessering (PvA) vir elke vak opgeteken word. Die Lektor se Portefeulje van Assessering moet minstens die volgende insluit:

    Inligting oor die lektor

    Inhoudsopgawe

    Vakriglyne en Assesseringsriglyne

    Jaarplanne/werkskemas/tydskedules

    'n Formele assesseringskedule

    Instrument/e (toetse, werkopdragte, prakties) en middele (memorandum, nasienskema, kontrolelys) vir elke assesseringstaak

    'n Voltooide puntestaat vir assesseringstake

    Die kollege moet hierdie dokumente standaardiseer.

    Die student se Portefeulje van Bewyse (PvB) moet minstens die volgende insluit:

    Inligting oor/identifikasie van die student

    Inhoudsopgawe of -blad (vir toeganklikheid)

    'n Rekord/opsomming van resultate wat al die punte aandui wat per assessering vir die vak behaal

    is

    Bewyse van gemodereerde assesseringstake en terugvoering ooreenkomstig die

    assesseringskedule

    Waar take nie as bewyse in die PvB gehou kan word nie, moet die presiese plasing daarvan

    opgeteken word. Dit moet geredelik beskikbaar wees vir modereringsdoeleindes.

    BEOORDELINGSKODE BEOORDELING PUNTE (%)

    7 Uitnemend 80–100

    6 Meriete 70–79

    5 Substansieel 60–69

    4 Bevredigend 50–59

    3 Gemiddeld 40–49

    2 Elementêr 30–39

    1 Nie bereik nie 0–29

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 12 van 24

    17_03_2014

    3 INTERNE ASSESSERING VAN UITKOMSTE IN AFRIKAANS EAT VLAK 2

    Onderwerp 1: Luister en praat

    VAKUITKOMS

    1.1 Luister in sosiale en akademiese kontekste vir 'n verskeidenheid van doeleindes

    ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

    1.1.1 Voorspellings word gemaak op grond van

    vrae deur die lektor

    1.1.2 Betekenis word afgelei en woordeskat deur

    luister uitgebrei

    1.1.3 Notas en diktaat word afgeneem

    1.1.4 Notas word hersien

    1.1.5 Opsommings word gemaak deur visuele

    voorstellings te gebruik

    1.1.6 Instruksies word uitgevoer en aanwysings

    gevolg

    1.1.7 Vrae word beantwoord as 'n aanduiding

    van luisterreaksie

    1.1.8 Luisterstrategieë word gebruik vir 'n

    verskeidenheid van sosiale en akademiese

    doeleindes

    1.1.9 Terugvoering word gebruik om prestasie te

    verbeter

    Studente demonstreer die vermoë om:

    Vóór luister

    1.1.1 voorspellings te maak op grond van vrae

    deur die lektor

    Tydens luister

    1.1.2 vir spesifieke inligting te luister

    1.1.3 te luister om betekenis af te lei en

    woordeskat uit te brei

    1.1.4 notas, ook diktaat, af te neem

    1.1.5 met waardering te luister

    Ná luister

    1.1.6 notas te hersien

    1.1.7 opsommings te maak deur visuele

    voorstellings te gebruik

    1.1.8 instruksies uit te voer en aanwysings te

    volg

    1.1.9 op die teks te reageer deur vrae te

    beantwoord

    Terugvoering

    1.1.10 terugvoering te gebruik om hul

    luisterprestasie te verbeter.

    ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

    Voorgestelde vorme van assessering:

    Luisterbegrip (2-3 minute); afneem van notas en opsommings

    Assesseringsmiddele:

    Memoranda; nasienskemas; kontrolelyste

    Omvang (luistertekste): Naslaan- en inligtingtekste en kreatiewe tekste (kortverhaalvoorlesings)

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 13 van 24

    17_03_2014

    VAKUITKOMS

    1.2 Praat akkuraat en korrek in sosiale en akademiese kontekste vir 'n verskeidenheid van doeleindes en gehore

    ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

    1.2.1 Praatstrategieë (verbaal en nieverbaal)

    word gebruik vir 'n verskeidenheid van

    mondelinge kommunikasie

    1.2.2 Verskillende vorme van mondelinge

    kommunikasie word vir sosiale en

    akademiese doeleindes gebruik

    1.2.3 Taal word akkuraat en korrek gebruik

    wanneer gepraat word

    1.2.4 'n Kontrolelys word gebruik om eie

    praatprestasie te beoordeel en om

    terugvoering aan ander te gee

    Studente demonstreer die vermoë om:

    Vóór praat

    1.2.1 idees en inligting te beplan, na te vors en te

    organiseer

    1.2.2 praataktiwiteite te oefen

    Tydens praat

    1.2.3 sinne logies en koherent te formuleer

    1.2.4 toepaslike vrae vir sosiale en akademiese

    doeleindes te formuleer

    1.2.5 toepaslik op vrae te reageer

    1.2.6 aan groepbesprekings deel te neem

    1.2.7 aanwysings, instruksies en demonstrasies

    te gee

    1.2.8 'n voorbereide gedeelte hardop te lees

    1.2.9 'n toespraak voor te berei en te lewer met

    gebruikmaking van visuele hulpmiddels, ook

    prente, voorwerpe, musiek en beweging

    1.2.10 nieverbale kommunikasie doeltreffend te

    gebruik

    1.2.11 taal grammatikaal korrek te gebruik

    1.2.12 hul waardering en genot uit te spreek met

    betrekking tot die volgende aspekte van

    kreatiewe tekste: agtergrond, skryftegnieke,

    stilistiese middele, temas, karakters en

    intrige

    Terugvoering

    1.2.13 opbouende terugvoering aan ander

    sprekers te gee

    1.2.14 oor eie prestasie na te dink deur basiese

    selfassesseringskriteria te gebruik om eie

    prestasie te verbeter

    ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

    Voorgestelde vorme van assessering:

    Voorbereide toespraak (2-3 minute); voorbereide hardop lees (1-2 minute)

    Assesseringsmiddele:

    Kontrolelyste; nasienskemas

    Omvang (mondelinge tekste): Voorbereide toespraak (aanbied van navorsing) en die gee van demonstrasies; voorbereide hardop lees; bespreking, gesprekvoering of dialoog in sosiale en akademiese kontekste; asook die gee van aanwysings en instruksies

    Omvang (nieverbale kommunikasie): Liggaamstaal, d.i. gebare en gesigsuitdrukkings, houdings en oogkontak; stemtoon en toonhoogte; volume, tempo en ritme; en stemprojeksie

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 14 van 24

    17_03_2014

    Onderwerp 2: Lees en kyk

    VAKUITKOMS

    2.1 Lees om betekenis te bepaal en op die bedoelde boodskap te reageer

    ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

    2.1.1 Leesstrategieë word gebruik vir inligting,

    begrip en genot

    2.1.2 Skriftelike tekste word verstaan en beskryf

    ten einde betekenis, waardes en houdings

    te identifiseer

    2.1.3 Strukture en hoofkenmerke van tekste word

    ondersoek om te toon hoe dit betekenis

    vorm

    2.1.4 Begrip word getoon deur vrae akkuraat te

    beantwoord

    2.1.5 Inligting word opgesom

    2.1.6 Tekstipes word gereproduseer

    2.1.7 Bekende kreatiewe tekste word geëvalueer

    en ontleed ingevolge agtergrond, stilistiese

    middele, tema, karakters en intrige

    Studente demonstreer die vermoë om:

    Vóór lees

    2.1.1 tekste te blaailees om 'n oorsig van die teks

    te kry

    2.1.2 tekste te vluglees om spesifieke inligting te

    vind

    2.1.3 voorspellings te maak op grond van vrae

    deur die lektor

    2.1.4 tekste te herlees om inligting te bevestig

    Tydens lees

    2.1.5 tekste op 'n woordvlak te verstaan deur drie

    strategieë te identifiseer en te gebruik om

    betekenis te bepaal: konteks;

    woordeboekvaardighede;

    woordaanvalsvaardighede soos wortels,

    voorvoegsels en agtervoegsels

    2.1.6 tekste te verstaan deur die volgende te

    identifiseer en te verduidelik: sinspeling

    (allusie); idiome en spreekwoorde;

    denotasie en konnotasie; oorsprong van

    woorde; woorde wat algemeen verwar word;

    afkortings en akronieme

    2.1.7 elemente van kreatiewe tekste (kortverhale)

    te lees, ontleed en te evalueer

    2.1.8 toepaslike inligting en besonderhede in die

    teks te vind

    2.1.9 vir eie genot besig te wees met uitgebreide

    lees

    Ná lees

    2.1.10 begrip te toon deur vrae akkuraat te

    beantwoord

    2.1.11 tekste op te som deur visuele voorstellings te

    gebruik

    2.1.12 sommige tekstipes in hulle skryfwerk te

    reproduseer

    Terugvoering

    2.1.13 op terugvoering te reageer deur op eie

    prestasie te verbeter

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 15 van 24

    17_03_2014

    ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

    Voorgestelde vorme van assessering:

    Nagesiende werkopdrag – kreatiewe teks (kortverhaal): Begripstoetse (200-300 woorde); puntvormopsommings (200 woorde, wat tot 60-70 woorde verminder moet word)

    Assesseringsmiddele:

    Memoranda; kontrolelyste; nasienskemas

    Omvang (leestekste): Kreatiewe tekste (kortverhale); formele briewe (navraagbrief en klagbrief en antwoorde daarop); inligting- en naslaantekste (soos pamflette en brosjures); klein- en sieradvertensies; plakkate en kennisgewings oor gebeure of uitnodigings daarna; sosialemediatekste op blogs, Facebook en Twitter; asook selfoonboodskappe (SMS'e) en e-pos Omvang (kortverhale): Aanhangsel E Omvang (kortverhaalelemente): Agtergrond, stilistiese middele (vergelyking, metafoor, personifikasie en ironie), temas, karakters en intrige

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 16 van 24

    17_03_2014

    VAKUITKOMS

    2.2 Lees/kyk na en assesseer visuele en nieverbale vorme van kommunikasie ten einde betekenis te bepaal en op die bedoelde boodskap te reageer

    ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

    2.2.1 Daar word na visuele tekste gekyk en die

    betekenis, boodskap en doel daarvan word

    verduidelik

    2.2.2 Daar word na nieverbale vorme van

    kommunikasie gekyk om die betekenis,

    boodskap en doel te bepaal

    2.2.3 Begrip word getoon deur vrae oor die teks

    en nieverbale vorme van kommunikasie te

    beantwoord

    2.2.4 Visuele tekste word gereproduseer

    2.2.5 Uitvoerige terugvoering word in

    daaropvolgende werk opgeneem om op

    prestasie te verbeter

    Studente demonstreer die vermoë om:

    Kyk

    2.2.1 na visuele tekste te kyk om die betekenis,

    boodskap en doel daarvan af te lei, met

    aandaggewing aan onderskeidende

    kenmerke soos formaat, uitleg, grootte en

    gebruik van kleur

    2.2.2 na nieverbale vorme van kommunikasie te

    kyk om die betekenis, boodskap en doel

    daarvan te bepaal

    Ná kyk

    2.2.3 vrae oor die teks en die nieverbale vorme

    van kommunikasie te beantwoord

    2.2.4 visuele tekste te reproduseer

    Terugvoering

    2.2.5 uitvoerige terugvoering in hulle werk op te

    neem om op hul prestasie te verbeter

    ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

    Voorgestelde vorme van assessering:

    Toetse; reproduksie van tekstipes

    Assesseringsmiddele:

    Memoranda; kontrolelyste; nasienskemas

    Omvang (visuele tekste): Visuele voorstellings; skedules; liggaamstaal en gebare; tekens, gebaretaal en

    simbole; strokiesprente; pamflette en brosjures; klein- en sieradvertensies; plakkate en kennisgewings oor

    gebeure, of uitnodigings daarna; sakebriewe; sosialemediatekste op blogs, Facebook en Twitter;

    selfoonboodskappe (SMS'e) en e-pos

    Omvang (visuele voorstellings): Breinkaarte, tydlyne, tabelle, vloeidiagramme, boomdiagramme,

    spinnerakke, hiërargiese strukture (bv. organogramme) en strokiesprente

    Omvang (nieverbale vorme van kommunikasie): Liggaamstaal, gebare, tekens, gebaretaal* en simbole

    *Gebaretaal word nie geassesseer nie

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 17 van 24

    17_03_2014

    Onderwerp 3: Skryf en aanbied

    VAKUITKOMS

    3.1 Skryf en bied aan vir 'n gespesifiseerde verskeidenheid van doeleindes en teikengroepe deur taalstrukture, grammatikakonvensies en formate te gebruik wat geskik is vir sosiale en akademiese kontekste

    ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

    3.1.1 Skryftake word beplan vir sosiale en

    akademiese doeleindes, teikengroepe en

    kontekste

    3.1.2 Skryfstrategieë en -tegnieke word op eerste

    konsepte toegepas

    3.1.3 Taalstrukture en -konvensies word gebruik

    om tekste te skep en te skryf wat toepaslik

    en logies, asook stilisties en grammatikaal

    korrek is

    3.1.4 Terugvoering ontvang van ander word

    gebruik om skriftelike tekste na te gaan en

    aan te pas

    3.1.5 Eie skryfwerk word nagesien en

    geproeflees om finale tekste vir aanbieding

    te produseer

    3.1.6 Die finale teks word aangebied deur

    konvensies en formate te gebruik wat deur

    die konteks vereis word

    Studente demonstreer die vermoë om:

    Vóór skryf

    3.1.1 'n skryftaak te beplan (dinkskrum,

    breinkaarte, ens.) en inligting

    ooreenkomstig die struktuur en kenmerke

    van die vereiste tekstipe te organiseer

    Skryf

    3.1.2 'n eerste konsep te skryf

    3.1.3 'n gepaste styl en struktuur te gebruik

    3.1.4 die korrekte grammatika, interpunksie,

    spelling, sinstruktuur en paragraafindeling

    te gebruik

    3.1.5 kort stukke te skryf in antwoord op

    eksamenopdragwoorde

    Ná skryf

    3.1.6 'n finale konsep van hulle skryfwerk te

    redigeer en te proeflees

    3.1.7 'n finale konsep aan te bied deur die

    konvensies en formate te gebruik wat deur

    die konteks vereis word

    Terugvoering

    3.1.8 terugvoering wat tydens die skryfproses

    ontvang is in daaropvolgende konsepte op

    te neem om hulle te verbeter

    ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

    Voorgestelde vorme van assessering:

    Navorsingsverslag: 120-150 woorde (ook 'n bewustheid van plagiaat en die korrekte gebruik van

    bronverwysings)

    Lang funksionele skryfwerk (navraagbrief of klagbrief en gepaste antwoorde; blogskryfwerk): 120-150

    woorde

    Kort funksionele skryfwerk (uitnodiging via e-pos; skriftelike prosedure en beskrywing): 80-100 woorde

    Tekste met visuele elemente (visuele voorstellings; klein- en sieradvertensies; plakkaat en kennisgewing;

    strokiesprente – invoeging van dialoog): 80-100 woorde

    Assesseringsmiddele:

    Kontrolelyste; nasienskemas

    Omvang (skriftelike tekste): Beskrywing met visuele voorstelling, of die aanbied van inligting in visuele

    voorstelling; prosedureskryfwerk; klein- en sieradvertensies; plakkaat; formele briewe (klagbrief en antwoord

    daarop, navraagbrief en antwoord daarop); navorsingsverslag; sosialemediaskryfwerk (blogs, Facebook-

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 18 van 24

    17_03_2014

    plasing of -advertensie, twiet op Twitter); selfoonboodskap (SMS) en e-pos; asook plakkaat of kennisgewing

    oor sosiale gebeurtenis (vir advertensie- of uitnodigingdoeleindes) of ander vorm van uitnodiging

    Omvang (visuele beskrywings): Breinkaarte, tydlyne, tabelle, vloeidiagramme, boomdiagramme,

    spinnerakke, hiërargiese strukture (bv. organogramme) en strokiesprente

    Omvang (eksamenopdragwoorde): Ontleed; lewer kommentaar op; vergelyk; stel teenoor; lewer kritiek op;

    omskryf; beskryf; bepaal; gee 'n diagrammatiese voorstelling; bespreek; beoordeel/evalueer; illustreer;

    vertolk; motiveer; noem/maak 'n lys; motiveer; beskryf in breë trekke; bewys; bring… in verband met/doen

    verslag oor; hersien/beoordeel; toon of dui aan; verklaar of noem; bewys, bevestig of staaf; gee 'n

    opsomming van; skets, ontwerp, teken, bespeur, gaan na

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 19 van 24

    17_03_2014

    Onderwerp 4: Taal en kommunikasie in praktyk

    VAKUITKOMS

    4.1 Bestudeer verskeie teorieë om die doeltreffendheid van kommunikasie in sosiale en

    akademiese omgewings te verbeter

    ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

    4.1.1 Die beginsels van doeltreffende

    kommunikasie word aan die hand van

    voorbeelde verduidelik en beskryf

    4.1.2 Die kommunikasieproses word visueel

    voorgestel deur middel van 'n vloeidiagram

    4.1.3 Die elemente van kommunikasie word aan

    die hand van voorbeelde verduidelik

    4.1.4 Die hindernisse vir kommunikasie word

    geïdentifiseer en die maniere waarop dit

    oorkom kan word, verduidelik

    4.1.5 Kommunikasiekategorieë en -kanale word

    aan die hand van voorbeelde verduidelik

    Studente demonstreer die vermoë om:

    4.1.1 die beginsels van doeltreffende

    kommunikasie te verken en te verduidelik

    4.1.2 die elemente van doeltreffende

    kommunikasie aan die hand van 'n model of

    proses (bv. 'n vloeidiagram) te beskryf en te

    verduidelik

    4.1.3 die hindernisse vir doeltreffende

    kommunikasie en die maniere om dit uit te

    skakel of te oorkom, te identifiseer en te

    verduidelik

    4.1.4 die verskillende kommunikasiekategorieë en

    -kanale te verduidelik en te verken

    ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

    Voorgestelde vorme van assessering:

    Teorietoets

    Assesseringsmiddele:

    Memorandum

    Omvang: Beginsels van doeltreffende kommunikasie; die elemente, kategorieë en kanale van kommunikasie; asook hindernisse vir kommunikasie

    Omvang (kategorieë): Intrapersoonlike kommunikasie; interpersoonlike kommunikasie; massakommunikasie

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 20 van 24

    17_03_2014

    VAKUITKOMS

    4.2 Bestudeer 'n verskeidenheid van taalstrukture en grammatikakonvensies en pas hulle

    korrek toe binne sosiale en akademiese omgewings

    ASSESSERINGSTANDAARDE LEERUITKOMSTE

    4.2.1 'n Verskeidenheid van taalstrukture en

    grammatikakonvensies van Afrikaans word

    korrek geïdentifiseer en in sosiale en

    akademiese kontekste aangewend

    Studente demonstreer die vermoë om:

    4.2.1 'n verskeidenheid van taalstrukture en

    grammatikakonvensies akkuraat te

    identifiseer en in sosiale en akademiese

    kontekste aan te wend

    ASSESSERINGSTAKE OF -AKTIWITEITE

    Voorgestelde vorme van assessering:

    Taalvrae ingesluit in toetse oor ander onderwerpe (bv. begrip). Assesseer die akkurate gebruik van taalstrukture en grammatikakonvensies in mondelinge en skriftelike take.

    Omvang: Rededele/woordsoorte (selfstandige naamwoorde, lidwoorde, voornaamwoorde, byvoeglike

    naamwoorde, bywoorde, voorsetsels, voegwoorde, werkwoorde en hulpwerkwoorde); eenvoudige,

    saamgestelde en komplekse sinne; ontkenningsvorme; woordorde; werkwoordooreenstemming; punktuasie

    en spelling; een woord vir 'n frase; woordeskatuitbreiding; sinonieme en antonieme; homonieme en

    homofone; sleng en jargon

    4 EKSTERNE ASSESSERING IN AFRIKAANS EAT VLAK 2

    Benewens die interne assessering word 'n nasionale eksamen ook jaarliks in Oktober of November afgeneem by wyse van twee eksamenvraestelle van 2 uur elk wat ekstern opgestel word. Die nasionale eksamen is onderworpe aan eksterne moderering deur Umalusi of 'n gepaste Onderwys en Opleiding Gehalteversekeringsliggaam wat ingevolge artikel 28(2) van die Wet op Gehalteversekering vir Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, 2001 (Wet No. 58 van 2001), deur die Umalusiraad aangestel word.

    Die Vlak 2-vraestelle word soos volg gestruktureer:

    Die volgende puntverspreiding tussen Vraestel 1 en 2 word vir die opstel van die nasionale eksamenvraestelle voorgestel:

    VRAESTEL BESKRYWING PUNTE

    1 Onderwerp 2: Lees en kyk

    Onderwerp 4: Taal en kommunikasie in praktyk

    140

    2 Onderwerp 3: Skryf en aanbied 60

    TOTAAL VIR EKSAMEN 200

    VLAK 2

    KENNIS EN BEGRIP TOEPASSING ONTLEDING, SINTESE

    EN EVALUERING TOTAAL

    60% 30% 10% 100

    EKSAMEN 120 punte 60 punte 20 punte 200

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 21 van 24

    17_03_2014

    VOORGESTELDE FORMAAT VIR ELK VAN DIE EKSAMENVRAESTELLE

    Vraestel 1 (2 uur)

    VRAESTEL 1 BESKRYWING PUNTE KENNIS EN

    BEGRIP

    ONTLEDING, SINTESE EN

    EVALUERING TYD

    Lees

    A: Begrip

    Lengte van leesteks word bepaal

    deur lengte van teks wat

    opgesom moet word tot +/- 200-

    300 woorde

    30 25 5

    2 ure

    B: Visuele voorstelling

    (Opsomming)

    200 woorde, verminder tot 60-70

    10 10

    Kyk

    C: Kyk

    Visuele voorstellings; skedules;

    liggaamstaal en gebare; tekens,

    gebaretaal en simbole;

    strokiesprente; pamflette en

    brosjures; klein- en

    sieradvertensies; plakkate en

    kennisgewings oor gebeure of

    uitnodigings daarna;

    sosialemediatekste op blogs,

    Facebook en Twitter;

    selfoonboodskappe (SMS'e) en e-

    pos

    30 25 5

    Taal en kommunikasie in praktyk

    D: Taal in praktyk (ook

    taalversorging)

    Taalstrukture word binne konteks

    geassesseer deur 'n

    verskeidenheid van tekste te

    gebruik

    40 40

    E: Kommunikasie in praktyk

    Beginsels van doeltreffende kommunikasie; die elemente, kategorieë en kanale van kommunikasie; asook hindernisse vir kommunikasie

    30 30

    TOTAAL 140 120 20

    Vir Eksamenvraestel 1 word studente nie toegelaat om enige hulpbronne te gebruik nie. In die geval van

    tekste wat tegniese terme of jargon bevat, moet 'n woordelys verskaf word.

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 22 van 24

    17_03_2014

    Vraestel 2 (2 uur)

    Daar word aanbeveel dat studente in elke afdeling drie opsies kry, waarvan een gekies moet word.

    VRAESTEL 2 BESKRYWING PUNTE TOEPASSING TYD

    Skryf en aanbied

    A: Langer funksionele tekste:

    Klagbrief EN/OF navraagbrief

    EN/OF antwoord EN/OF blog

    EN/OF navorsingsverslag

    (120-150 woorde)

    30 30

    2 uur

    B: Korter en intermediêre

    funksionele skryfwerk

    Uitnodiging per e-pos EN/OF

    skriftelike prosedure EN/OF

    skriftelike beskrywing

    (80-100 woorde)

    20 20

    C: Visueel

    Visuele voorstellings EN/OF klein-

    en sieradvertensies EN/OF

    plakkaat of kennisgewing EN/OF

    strokiesprente (invoeging van

    dialoog)

    30-50 woorde

    10 10

    TOTAAL 60 60

    Vir Eksamenvraestel 2 word studente nie toegelaat om enige hulpbronne te gebruik nie. Hierdie vraestel

    moet 'n inligtingsblad insluit wat die formaat wat vir die stukke skryfwerk vereis word in besonderhede

    uiteensit (bv. die uitleg van 'n verslag), ANDERSINS moet die vooraf opgestelde formate aan die studente

    verskaf word. Voorbeelde word in Aanhangsel A verskaf.

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 23 van 24

    17_03_2014

    AANHANGSEL A: VOORBEELDE VAN INLIGTINGSBLADSYE EN VOORAF OPGESTELDE FORMATE

    VIR INSLUITING IN EKSAMENVRAESTELLE

  • Afrikaans EAT (Vlak 2) Finale Assesseringsriglyne (Januarie 2013) Nasionale Sertifikate (Beroeps-)

    Departement van Hoër Onderwys en Opleiding Bladsy 24 van 24

    17_03_2014

    AANHANGSEL A: VOORBEELDE VAN VOORAF OPGESTELDE FORMATE

    VOORBEELD VAN 'N INLIGTINGSBLAD VIR 'N FORMELE BRIEF

    SENDER SE ADRES

    DORP/STAD IN HOOFLETTERS

    POSKODE

    X X X X X X X

    DATUM OF

    DATUM

    X X X X X X X

    ONTVANGER SE ADRES

    DORP/STAD IN HOOFLETTERS

    POSKODE

    X X X X X X X

    AANHEF

    X X X X X X X

    INHOUDSOPSKRIF IN HOOFLETTERS

    X X X X X X X

    INLEIDING

    X X X X X X X

    LIGGAAM

    X X X X X X X

    SLOT

    X X X X X X X

    GROET

    HANDTEKENING

    NAAM IN HOOFLETTERS