nasionale senior sertifikaat graad 12 · eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van...

28
PUNTE: 300 Hierdie memorandum bestaan uit 28 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief EKONOMIE FEBRUARIE/MAART 2009 MEMORANDUM NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Upload: others

Post on 18-Aug-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

PUNTE: 300

Hierdie memorandum bestaan uit 28 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

EKONOMIE

FEBRUARIE/MAART 2009

MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

Page 2: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 2 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

PUNTE: 300 TYD: 180 MINUTE

AFDELING A: VERPLIGTEND

VRAAG 1: 50 PUNTE – 25 MINUTE

Onderwerp van hierdie vraag: KORTVRAE

Leeruitkomste gedek: LU1 – LU4 (AS1 – AS4)

AFDELING B: BEANTWOORD ENIGE DRIE VRAE UIT HIERDIE AFDELING.

VRAAG 2: 50 PUNTE – 25 MINUTE

Onderwerp van hierdie vraag: MAKRO-EKONOMIE

Leeruitkoms gedek: LU1 (AS1 – AS4)

VRAAG 3: 50 PUNTE – 25 MINUTE

Onderwerp van hierdie vraag: MIKRO-EKONOMIE

Leeruitkoms gedek: LU2 (AS1 – AS3)

VRAAG 4: 50 PUNTE – 25 MINUTE

Onderwerp van hierdie vraag: EKONOMIESE STREWES

Leeruitkoms gedek: LU3 (AS1 – AS4)

VRAAG 5: 50 PUNTE – 25 MINUTE

Onderwerp van hierdie vraag: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

Leeruitkoms gedek: LU4 (AS1 – AS4)

VRAAG 6: 50 PUNTE – 25 MINUTE

Onderwerp van hierdie vraag: MAKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

Leeruitkomste gedek: LU1 (AS1 – AS4) LU4 (AS2)

AFDELING C: BEANTWOORD ENIGE TWEE VRAE UIT HIERDIE AFDELING.

VRAAG 7: 50 PUNTE – 40 MINUTE

Onderwerp van hierdie vraag: MAKRO-EKONOMIE

Leeruitkoms gedek: LU1 (AS1)

VRAAG 8: 50 PUNTE – 40 MINUTE

Onderwerp van hierdie vraag: MIKRO-EKONOMIE

Leeruitkoms gedek: LU2 (AS1 + AS3)

VRAAG 9: 50 PUNTE – 40 MINUTE

Onderwerp van hierdie vraag: EKONOMIESE STREWES

Leeruitkoms gedek: LU3 (AS3)

VRAAG 10: 50 PUNTE – 40 MINUTE

Onderwerp van hierdie vraag: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

Leeruitkoms gedek: LU4 (AS1)

Page 3: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 3 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskillende opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. 1.1.1

1.1.2 1.1.3 1.1.4 1.1.5 1.1.6 1.1.7 1.1.8 1.1.9 1.1.10 1.1.11 1.1.12

B vry swewende A parastatale C saamvallende A GI = GVK of MR = AVC A Mededingingskommisie C advertensies B storting A beskerming B Kritieke Infrastruktuurprogram C bevoordeel debiteure C onbeheerde besoedeling B inheemse (12 x 2)

(24) 1.2 Kies uit die lys die woord wat die stelling die beste beskryf. 1.2.1

1.2.2 1.2.3 1.2.4 1.2.5

Reële/vloei Oligopolie Uitvoerbevordering Kweekhuiseffek Ongereguleerde mark (5 x 2)

(10) 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B om by 'n item in KOLOM A te pas. 1.3.1

1.3.2 1.3.3 1.3.4 1.3.5 1.3.6 1.3.7 1.3.8

D F I J A H B G (8 x 2)

(16)

TOTAAL AFDELING A:

50

Page 4: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 4 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B Beantwoord enige DRIE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: LU1 MAKRO-EKONOMIE, AS1 – AS4 2.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. 2.1.1 Saamryer 2.1.2 Beperkende 2.1.3 Publieke 2.1.4 Appresiasie (4 x 2) (8) 2.2 Noem enige DRIE voordele van privatisering:

• Verbeter die doeltreffendheid van besighede • Verbreed die belastingbasis • Lok buitelandse investering • Verminder druk op die owerheidsbegroting • Bevorder SEB / meer kan deel in die ekonomie • Verskaf addisionele fondse om projekte te finansier (Enige 3 x 2) (6)

2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Dit is 'n rekord van 'n land se handel en finansiële transaksies met

die res van die wêreld oor 'n gegewe periode of rekord van al die transaksies verwant aan goedere, dienste en geld oor internasionale grense.

(3)

2.3.2 • Kapitaaloordragrekening

• Reserwerekening (Enige 1 x 2)

(2) 2.3.3 Portefeuljebelegging (2) 2.3.4 Omrede dit 'n sleutel/baie belangrike uitvoerproduk is, en baie

buitelandse valuta verdien. (3) 2.3.5 Goedere uitvoere + Gouduitvoere – Goedere invoere

(R 399 030 m + R 35 470 m) - R 476 545 m = - R 42 045 (5) 2.3.6 • Vermindering in goud en ander buitelandse reserwes.

• Toename in laste verwant aan reserwes / leen geld om tekort te verminder.

Plaas druk op die fanansiele rekening deurdat 'n netto invloei van geld vereis word. (Enige 1 x 3) (3)

2.3.7 • Depresieer 'n land se geldeenheid.

• Afname in makrovraag. (Toename in rentekoerse. toename in belasting, vermindering in owerheidsbesteding, toename in invoertarriewe)

• STR vanaf die IMF (Enige 1 x 2) (2)

Page 5: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 5 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.4 Trek die grafiek oor. Dui die nuwe verbruiksfunksie en die nuwe ewewig

na 'n toename van R20 miljoen in investering aan en beskryf die vermenigvuldigereffek van die toename van R20 miljoen in investering op die ekonomie.

Besteding C = 30 + 0.5Y 60 E1 C = 10 + 0.5 Y 50 40 30 20 E 10 0 20 40 60 80 Inkomste (Maks 6 punte)

'n Vermeerdering in investering van R20 miljoen, en 'n mpc van 0,5 sal die

ewewig laat verskuif van E na E1 (R20 miljoen – R60 miljoen). As die vermenigvuldiger-effek gelyk aan 2 is , sal die verandering in inkomste gelyk wees aan 2 x R20 miljoen = R40 miljoen. (Maks 4 punte) Die vermenigvuldiger beskryf die situasie waar 'n verandering in die totale besteding 'n nie proporsionele verandering in die vlak van totale inkomste veroorsaak. Die vermenigvuldiger begin by onbenutte hulpbronne in die ekonomie. bv. 'n toename in investering, soos konstruksie van paaie gee aanleiding tot meer werksgeleenthede. Die nuwe werkers sal nou 'n inkomste hê waarmee hulle goedere aankoop. Dit stimuleer die vraag na goedere en dienste wat sal lei tot 'n verdere styging in produksie en in die vlakke van indiensname. Die grootte van die aanvanklike verandering in die inkomste sal afhang van die mvg (marginaleverbruiksgeneigdheid) (Maks 6 punte)

(16)[50]

Page 6: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 6 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: LU2 MIKRO EKONOMIE, AS1 - AS3 3.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. 3.1.1 Mark 3.1.2 Onvolmaakte 3.1.3 Laer 3.1.4 Implisiete (8) 3.2 Noem enige DRIE oorsake vir die ongelyke verspreiding van inkome en

welvaart. • Vryemarksisteem/kapitalisme • Diskriminasie (ras, geslag) • Onderwysgeleenthede/Vaardighede/Gelyke toegang tot market. • Aanvanklike verspreiding van inkomste. • Gesondheid en onbevoegdheid Enige (3 x 2) (6)

3.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord dan die vrae wat

volg.

3.3.1

'n Marksituasie waar daar minstens een van die voorwaardes vir volmaakte konkurensie nie bestaan nie.

(3)

3.3.2 Korttermyn (3) 3.3.3 Die posisie van MK/MC en GI/MR waar MK=MR (3) 3.3.4 R, a, b, C (3)

3.3.5 • In 'n volmaakte mark sal, GI = MI = P. • 'n Monopolie word gekonfronteer met 'n normale markvraag

kurwe wat van links bo na regs onder daal. D = GI • Enige punt op die monopolis se vraagkurwe (V) is 'n aanduiding

van die hoeveelheid van die produk wat verkoop kan word en die prys waarteen dit verkoop kan word.

• Die MI kurwe loop ender die vraagkurwe met uitsondering van die eerste eenheid.

• TI neem toe teen 'n afnemende koers tot by 'n sekere punt, waarna dit dan begin afneem.

• MI is altyd laer as GI. • Die persentasie toename in hoeveelheid is is groter as die

persentasie afname in die prys by al die punte, daarom sal die MI altyd laer wees as die GI. (Enige 3 x 2)

(6) 3.3.6 Sal tot by ewewigspunt k daal (2)

Page 7: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 7 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 Bespreek meriete- en nie-merietegoedere as redes vir markmislukking.

Merietegoedere: 1. Goedere wat baie wenslik vir die algemene welvaart van 'n land se

inwoners is, word dikwels nie baie hoog deur die mark aangeslaan nie. 2. Indien die mense dan markpryse daarvoor moet betaal sal relatief min

daarvan verbruik word en die mark misluk. 3. Bv. gesondheidsorg, onderwys, radio en TV uitsenders,

vaardigheidsopleiding,veiligheid, en sitplekgordels van motors. 4. Dit is 'n spesiale vorm van private goedere, omrede min mense vir

onderwys sal betaal indien hulle die totale koste moet dra. 5. Die rede vir die ondervoorsiening van meriete-goedere is dat die mark

slegs privaatkostes en voordele in aanmerking neem, en nie die sosiale kostes en voordele nie. (Enige 4 x 2)

Nie-merietegoedere: 1. Die gebruik van nie-meriete goedere het 'n sosiaal nadelige effek. 2. Regerings neem dikwels stappe om die verbruik hiervan te ontmoedig of selfs te verbied 3. Waar die mark bereid is om nie-meriete goedere te verskaf lei dit

dikwels tot 'n oorskot. 4. Bv. Verslawende dwelms, tabak, alkohol en dobbel. 5. Hierdie items word baie hoog belas om die gebruik daarvan te

verminder of te verban. 6. Verbruikers mag onbewus wees van die ware koste van die gebruik van die items, as gevolg van hul negatiewe eksternaliteit word nie-meriete goedere as sleg vir die mens beskou en behoort die mense minder daarvan te gebruik. (Enige 4 x 2)

(16) [50]

Page 8: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 8 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4: LU3 EKONOMIESE STREWES, AS1 – AS4 4.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. 4.1.1 Ad valorem 4.1.2 Ontwikkeling 4.1.3 Korridor 4.1.4 Ekonomiese (4 x 2) (8) 4.2 Noem enige DRIE voordele van invoervervanging.

• Styging in indiensname • Groter verskeidenheid van produklte word geproduseer / diversifikasie /

breër industriële basis. • Invoere verminder / positiewe effek op die betalingsbalans • Industriële ontwikkeling word aangemoedig • Maklik om te implementeer deur die gebruik van tarriewe en kwotas. (Enige 3 x 2)

(6)

4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 4.3.1 Dienste

Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. (4)

4.3.2 Verbruikersprysindeks (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom gebruik hulle meer elektrisiteit vir

ventilasie, verkoeling en pomp aktiwiteite as steenkoolmyne. (3)

4.3.4 Gebrek aan strukturele veranderings wat nodig is om volhoubaar te

produseer. OF Stygende produksiekoste. (3)

4.3.5 Hulle is die grootste verbruikers van elektrisiteit. (3) 4.3.6 Afname in ekomiese groei as gevolg van die onderbrekings in

produksie. 'n Afname in die uitvoere van bv.goud sal lei tot 'n tekort op die lopenderekening van die betalingsbalans.

(4)

Page 9: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 9 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.4 Bespreek Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe (ROI) deur die begrip,

sleuteldoelwitte, voorbeelde en armoedeverligting as deel van die owerheid se beleid om ekonomiese aktiwiteite in spesifieke gebiede te stimuleer, te beklemtoon.

1. Begrip: ROI verwys na nasionale owerheids inisiatiewe wat daarop

gemik is om die inherente, onderbenutte ekonomiese ontwikkelingspotensiaal van spesifieke ruimtelike gebiede in SA te ontsluit. / streeks ontwikkelingsinisiatiewe in SA om infrastruktuur en investerings in besighede na afgeleë / onderontwikkelde gebiede toe te lok. (Maks 2)

2. Behels strategiese inisiatiewe deur die regering, waarvan die sleutel

doelwitte die volgende is : • Stimuleer ekonomiese aktiwiteite in geslekteerde gebiede in SA. • Genereer ekonomiese groei en bevorder volhoubare

nywerheidsontwikkeling. • Skep langtermyn werksgeleenthede in gebiede met hoë vlakke van

armoede en werkloosheid. • Ontwikkel infrastruktuur projekte in sekere areas en finansier dit deur

lenings en privaatsektor investering. • Ontwikkel die inherente ekonomiese potensiaal van sekere

gebiede. • Verseker spoedige beplanning en lewering • Herstrukturering van die apartheid-era ekonomie. • Maksimeer die verskeidenheid van tipes privaatsektor investering • Ontgin SA se onderbenutte gebiede en ekonomiese voordele vir 'n

uitvoergeorienteerde groei. • Vestiging van Publiek Privaat Venootskappe. (PPV) (Maks 3 x 2)

3. Voorbeelde: • Maputo Ontwikkelingskorridor • Lubombo Korridor • Richards Bay ROI • KwaZulu-natal • Wildekus ROI • Fish River ROI • Weskus Beleggingsinisiatiewe • Platinum ROI • Phalaborwa ROI • Kus tot kus Korridor (Maks 2 x 2)

4. Bevorder volhoubare industriele ontwikkeling in gebiede waar armoede en werkloosheid die grootste is.die ROI fokus op: • Hoë-vlak ondersteuning in gebiede waar sosio-ekonomiese toestande

gekonsentreerde owerheids ondersteuning vereis. • Waar inherente ekonomiese potensiaal bestaan (2 x 2)

(16)

[50]

Page 10: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 10 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 5: LU4 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES, AS1 – AS4 5.1 Kies die korrekte antwoord: 5.1.1 Maandeliks 5.1.2 Eksterne 5.1.3 Voedsel 5.1.4 Wêreld Handelsorganisasie (8) 5.2 Noem enige DRIE omgewingsvriendelike energiebronne.

• Water • Wind • Son • Biomassa (Enige 3 x 2) (6)

5.3 Bestudeer die volgende inligting en beantwoord die vrae wat volg. 5.3.1 Inflasie neem toe en die owerheid wil inmeng om dit te

verminder. (3)

5.3.2 Persoon A – Tito Mboweni / President van die Reserwebank (2) 5.3.3 Beperkende Monetêre Beleid. (3). 5.3.4 Ongunstige (verswakkende) wisselkoers (3) 5.3.5 StatistiekSA (3) 5.3.6 Positiewve effek – hoër pryse lei tot 'n verhoging in inkomste=

belasting Inkomstebelasting neem toe omrede lone en salarisse styg. (Enige 1 x 3) Negatiewe effek – 'n verlaging in produktiwiteit lei tot groter werkloosheid wat lei tot kleiner inkomste uit inkomstebelasting vir die staat. (Enige 1 x 3)

(6)

Page 11: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 11 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.4 Bespreek enige VIER redes waarom toerisme vir Suid-Afrika van

ekonomiese belang is. • Ekonomiese groei die bydrae is direk en indirek met 'n styging in

die BBP. • Werkskepping SA toerisme is 'n groot werkgewer van arbeid per

rand van sektor inkomste, met 'n beraamde 1,2 miljoen mense sal teen 2010 op 'n direkte en indirekte wyse indiens van toerisme staan.

• Buitelandse valuta besteding deur toerisme beteken inkomste vir die huishouding, deur die salarisse en lone wat hul verdien deur toerisme.

• Ontwikkeling van infrastruktuur en megastrukture die staat spandeer groot bedrae van geld op infrastruktuur ontwikkeling in hul poging om die volume van toerisme te vergroot.

• Armoede verligting deur volhoubare werksgeleenthede vir arm gemeenskappe in bv. wandelroetes, rotskuns, ablusie fasiliteite

(Enige 4 x 4)

(16) [50]

Page 12: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 12 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 6: LU1 – AS4 EN LU2 – AS2, MAKRO-EKONOMIE & KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES

6.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. 6.1.1 Produksie 6.1.2 Eksternaliteite 6.1.3 Provinsiaal 6.1.4 Direkte (4 x 2) (8) 6.2 Noem enige DRIE kenmerke van 'n monopolie.

• Slegs EEN verkoper in die mark • Hindernisse verspêr toetrede / word teen toegang beskerm • Word beskou as 'n prys-bepaler/maker • Kan ekonomiesewins maak oor die langtermyn • Word met normale markvraagkurwe gekonfronteer • Besluit self op produksievlakke • Blootgestel aan markkragte • Kom voor substitute te staan • Geniet gunstige omstandighede • Kan verbruikers uitbuit (Enige 3 x 2)

(6) 6.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 6.3.1 'n Tegniek om numeriese waardes te bereken en die totale sosiale

koste en totale sosiale voordele wat met 'n ekonomiese projek geassosieer word, te evalueer.

OF Dit is 'n standard metode wat gebruik word om die sosiale voordeel en koste van alternatiewe projekte of beleggings met mekaar te vergelyk.

(3)

Page 13: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 13 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.3.2

(8)

KOSTEVOORDEELANALISE Koste (R-000) 2 000

1 800

1 600

1 400

1 200

1 000

800

600

400

200

0 A B C D Alternatiewe

- Ekonomiese koste - Ekonomiese voordeel

Puntetoekenning vir grafiek: • Opskrif = 1 punte • Byskrifte op asse = 1 punte • Korrekte skaal = 2 punte • Staafgrafiek = 2 punte • Byskrifte op grafiek = 2 punte

6.3.3 OKVA = Huidige waarde of ekonomiese voordeel

Huidige waarde of ekonomiese voordeel = _500 000_ 1 000 000 = 0.5 OKVB = 2 000 000 1 500 000 = 1.33 Alternatief B (5)

6.3.4 • In die privaatsektor is dit nodig om 'n vergelyking te tref tussen

die verwagte privaatkoste-en voordeel oor die geskatte tydsverloop van die nuwe projek.

• In die openbaresektor is dit nodig om 'n vergelyking te tref tussen die verwagte sosialekoste-en voordeel oor die geskatte tydsverloop van die nuwe projek. (4)

Page 14: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 14 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.4 Verduidelik enige VIER aanbodfaktore wat internasionale handel

veroorsaak.

1. Natuurlike hulpbronne – is nie eweredig oor die oppervlakte van

die aarde versprei nie, daarom kan handel met lande plaasvind wat 'n gebrek aan sekere natuurbronne het. Bv. Suid Afrika is ryk aan natuurlike hulpbronne soos, goud, platinum, diamante ens.

2. Klimaat – Die meeste gewasse kan net verbou word onder sekere

klimaatstoestande en sekere grondtipes. bv. Brazilië is die grootste produsent van koffie in die wêreld.

3. Menslike hulpbronne – is nie orals dieselfde nie

Sommige individue het beter vermoëns en is beter toegerus vir sekere take as ander.

Sekere lande het oor die jare 'n sekere vaardigheid ontwikkel in die produksie van sekere produk, daarom sal daardie vaardighede ingevoer word. 4. Tegnologie / Kapitaal – is nie altyd ewe maklik in alle lande beskikbaar nie. Ontwikkelde lande geniet gewoonlik die voordeel bo onderontwikkelde land As gevolg van gebrek aan kapitaal lande is nie instaat om al die produkte te produseer wat hul wou nie / Onderontwikkelde lande voer kapitaal in vanaf ontwikkelde land.

5. Massaproduksie / spesialisasie – As gevolg van spesialisasie

lande neem die voordeel van ekonomie van skaal en kan hulle produseer teen laer eenheidskoste.

6. Koste verskille / geleentheidskoste – Goedere en dienste kan

teen laer eenheidskoste in een land geproduseer word in vergelyking met die koste van produksie in ander lande. Die wet van vergelykende/komperatiewe voordeel sê dat lande dit voordelig vind wanneer hulle verskillende koste verhoudings het.

Lande neig om te handel wanneer dit voorkom dat die koste verbonde aan handel minder is as die voordeel wat verkry kan

word. (Enige 4 x 4)

(16)[50]

TOTAAL AFDELING B: 150

Page 15: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 15 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. I. Opstelantwoorde moet 'n inleiding, inhoud en slot insluit:

• Vir die inleiding en slot sal 5 punte toegeken word. • Verder sal 5 punte toegeken word vir die interpretasie van die onderwerp. • 'n Maksimum van 40 punte sal vir die inhoud toegeken word.

II. Ander lang antwoorde:

• Vir die aanbieding van feite (kognitiewe konteks) sal 5 punte toegeken word. • Verder sal 5 punte toegeken word vir die interpretasie van die onderwerp. • 'n Maksimum van 40 punte sal vir die inhoud toegeken word.

VRAAG 7 (LU 1 MAKRO-EKONOMIE, AS2) Skryf 'n opstel deur kortliks die samestelling en eienskappe van sakesiklusse te ontleed. Verduidelik hoe owerhede sekere beleide kan gebruik om sakesiklusse te effen.

[50] INLEIDING Sakesiklusse verwys na aaneenlopende periodes van uitbreiding en inkrimping van ekonomiese aktiwiteite. (Maks. 3 punte) INHOUD

SAKESIKLUS

Vlak van Ekonomiese F Aktiwiteit G Tendens B E C A D 0 Tyd (in jare)

Punte toegeken vir grafiek: • Opskrif = 1 punt • Benoeming van asse = 2 punte • Tendens = 1 punt • Vorm van siklus = 1 punt

Page 16: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 16 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Bespreking van Grafiek: LW: Moenie krediet gee vir die opskrif indien reeds bepunt in diagram nie.

1. Periode van Resessie (BC) • Gedurende 'n resessie, gaan werksgeleenthede verlore en daar is 'n gevoel van

pessimisme • Indiensnamevlakke daal, en daar is 'n afname in ekonomiese aktiwiteit, terwyl die

ekonomie afplat (Maks. 5 punte) 2. Periode van Depressie (CD) • Gedurende 'n depressie is daar 'n tekort aan geldaanbod wat lei tot verdere

afname in besteding • Daar is 'n negatiewe impak op investeringsbesteding • As ekonomiese aktiwiteit op sy laagste is, sal 'n trog bereik word by punt D • Daar is mededinging vir werksgeleenthede en die koste van produksie daal • Dit moedig internasionale handel aan en lei tot 'n herstel (Maks. 5 punte) 3. Periode van Herstel (DE) • Gedurende 'n herstel, sal produksie styg en meer werksgeleenthede geskep word

• Besigheidsvertroue styg en daar is styging in besteding deur firmas • Daar is toenemende ekonomiese aktiwiteit en die land betree 'n periode van

voorspoed (Maks. 5 punte)

4. Periode van Uitbreiding (AB/EF) • Gedurende 'n periode van uitbreiding is daar 'n groot graad van optimisme

Indiensname vlakke styg, salarisse + lone styg en besteding neem toe • 'n Piek word bereik by punt B/F • 'n Groter bedrag geld is in sirkulasie en dit lei tot 'n inflasionêre situasie (Maks. 5 punte)

5. Neiging

• Amplitude van siklusse meet a.g.v. afwykings van omvattende indeks vanaf neigingslyn – intensiteit van op- en afswaaie in ekonomiese bedrywigheid

• Die tendenslyn wat stelselmatig styg verteenwoordig die gemiddelde effek op die ekonomie oor tyd

• Positiewe helling: toon dat BBP styg oor tyd as 'n gemiddelde (Maks. 5 punte)

Page 17: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 17 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6. Lengte van sakesiklus

• Dit word gemeet van piek tot piek en van trog tot trog • Bv. dis die aantal jare wat dit 'n ekonomie neem om van een piek na die

volgende te beweeg • In bostaande diagram is die lengte van die siklus van B na F • Langer siklusse vertoon sterker en korter siklusse swakker

(Maks. 5 punte)

7. Amplitude van 'n konjunktuursiklus

• Die amplitude verwys na die vertikale verskil tussen 'n trog (D) en die volgende piek (B) van 'n siklus

• Hoe groter die amplitude hoe meer intensief die veranderinge • Bv. Gedurende 'n opswaai sal werkloosheid afneem van 20% na 10 % (bv. 50 % afname) (Maks. 5 punte)

(Maks. 25 punte) BELEIDE GEBRUIK DEUR DIE OWERHEID OM SAKESIKLUSSE TE EFFEN

Die nuwe ekonomiese paradigma lei daartoe dat die staat die monetêre- en

fiskale beleide gebruik om die sakesiklusse te effen Fiskale beleid Dit is suksesvol gebruik om 'n verswakte ekonomie te stimuleer Bv. verminder belastings of verhoog owerheidsbesteding Deur belasting te verminder, het huishoudings meer verbruikbare inkome wat

verbruiksbesteding en ekonomiese aktiwiteit stimuleer Toenemende owerheidsbesteding lei tot 'n verdere inspuiting in die ekonomiese

kringloop wat ekonomiese aktiwiteit stimuleer Monetêre beleid Dit kan meer effektief gebruik word om oorhoofse ekonomie af te plat en het

ernstige inflasionêre druk Bv. Verminder geldaanbod or verhoog rentekoerse Dit sal lei tot daling in totale besteding en die vlak van ekonomiese aktiwiteit sal

afneem (Maks. 10 punte)

Page 18: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 18 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

SLOT By tye is dit moeilik om te weet wanneer om beleide te implementeer omdat ons nie oor 'n volmaakte kennis oor die funksionering van die ekonomie beskik nie Dit neem tyd om te implementeer en sodra dit geïmplementeer is, neem dit tyd om 'n uitwerking op die ekonomie te toon Teen daardie tyd is dit dalk nie meer nodig om die beleid te implimenteer nie omdat die ekonomie gedraai het bv. van trog na herstelfase Sakesiklus is langtermyn neigings en kan tussen 3 – 5 jaar, of selfs 10 jaar duur Enige ander relevante feit. (Maks. 2 punte)

[45]

Gebruik die volgende rubriek in kombinasie met die bogenoemde om die bespreking te assesseer:

PUNTE INTERPRETASIE VAN ONDERWERP

1 Kandidaat toon 'n mate van begrip oor die onderwerp maar laat belangrike aspekte van die onderwerp uit.

3 Kandidaat interpreteer onderwerp korrek, maar verbind nie die feite met die onderwerp nie.

5 Kandidaat interpreteer die onderwerp korrek en verbind feite met die onderwerp.

[5] [50]

Page 19: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 19 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 8 (LU2 MIKRO-EKONOMIE, AS1) Verduidelik met die hulp van grafieke hoe kort- en langtermynewewig realiseer vir die individuele produsent onder toestande van volmaakte mededinging. Maak van die volgende opskrifte in jou verduideliking gebruik: markaanbod en -vraag, normale wins, ekonomiese wins en verlies.

LET WEL: Grafieke wat by die antwoord ingesluit moet wees is die volgende:

• Markvraag- en Aanbod en Produsente-vraag • Normale wins/profyt • Ekonomiese wins • Verlies

[50]

Aanname: Volmaakte mededinging is 'n markstruktuur met 'n groot aantal deelnemers wie almal prysnemers is; daar is geen toe- of uittrede hindernis oor die langtermyn nie; alle inligting is beskikbaar aan beide kopers en verkopers en 'n homogene produk word verkoop. Die individuele besigheid in die mark: 1. In 'n volmaak mededingende mark word die markprys bepaal deur die interaksie

tussen markvraag en markaanbod (sien Fig. 1) 2. Die punt van interaksie bepaal die markprys P1. 3. Die besigheid kan ook enige hoeveelheid produkte op die mark plaas en verkoop

teen die huidige markprys. 4. Die vraagkurwe na die produk van 'n volmaakte mededinger is 'n horisontale

kurwe, teen die markprys. 5. Vir elke eenheid wat die volmaakte mededingende besigheid verkoop, ontvang

hy dieselfde prys (markprys). 6. Die gemiddelde inkome wat die besigheid ontvang is daarom gelyk aan die

markprys en die horisontale vraagkurwe verteenwoordig die gemiddelde inkomstekurwe (AR / GI)

7. Bykomend, sal die inkome van enige addisionele eenheid wat die besigheid verkoop, m.a.w. die marginale inkome gelyk wees aan die markprys P1 , en die horisontale vraagkurwe verteenwoordig die marginale inkomekurwe (MR/MI)

8. Onder toestande van volmaakte kompetisie: Prys = AR = MR. (Maks. 4 punte)

Prys D S Prys AR P1 P1 MR 0 Q1 0 Q1 Q2 Q3 Fig. 1 Hoeveelheid Hoeveelheid

Puntetoekenning vir grafiek: • Benoeming van asse = 1 punt • Vorm van kurwes = 1 punt • Ewewig = 1 punt • Aanduiding van prys/hoeveelheid = 1 punt TOTALE PUNTE TOEGEKEN: 4

Page 20: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 20 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

KORT- EN LANGTERMYN-EWEWIG/ WINS EN VERLIES 1. 'n Besigheid se produksiebedrywighede kan grafies voorgestel word deur die

korttermyn koste kurwes – 'n stel van kostekurwes wat die spesifieke aanleg grootte voorstel

2. Buiten dat korttermyn marginale kostekurwe (SMC) is korttermyn gemiddelde kostekurwe (SAC) bygevoeg om die besigheidsaanleg te verteenwoordig – sien Fig. 2

3. Die besigheid maksimeer wins teen 'n vlak van produksie wat bepaal is deur die punt van korttermyn marginale kostekurwe (SMC) gelyk is aan die marginale inkomstekurwe (MR)

4. By die winsmaksimeringspunt sal die marginale koste presies gelyk wees aan die marginale inkome (SMC = MR) wat beteken dat die besigheid sy produksie uitbrei tot by die punt waar produksiekoste per eenheid presies gelyk is aan die inkome wat dit verdien

5. Hierdie is diep unt waar wins gemaksimeer is; ook bekend as die ewewigspunt van die besigheid

6. Belangrik om te noem dat die punt van snyding van SMC = MR, en die wins maksimering sal lê op die stygende deel van die SMC-kurwe. Punt van interaksie sal ook voorkom op dalende deel van SMC-kurwe, maar dan is dit 'n punt waar verliese gemaak word.

Prys EKONOMIESE WINS SMC SAC k e1 AR P1 MR S R 0 Q1 Hoeveelheid Fig. 2

Puntetoekenning vir grafiek: • Opskrif = 1 punt • Benoeming van asse = 1 punt • Vorm van kurwes = 2 punte • Ewewig = 1 punt • Aandui van prys/hoeveelheid = 1 punt TOTALE PUNTE TOEGEKEN VIR GRAFIEK = 6 PUNTE

7. Daar is verskeie wins or verlies moontlikhede vir die volmaak kompeterende

besigheid oor die korttermyn 8. Of die besigheid 'n wins of verlies maak, hang af van die ligging van die korttermyn

gemiddelde kostekurwe (SAC) in verhouding tot die markprys as die besigheid in ewewig is

9. Die SAC kurwe verteenwoordig die gemiddelde totale koste oor die korttermyn 10. Om die besigheid se wins of verlies te bereken, moet die totale koste van produksie

afgetrek word van die totale inkome

Page 21: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 21 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Normale wins SMC Koste/inkome SAC e1 AR P1 MR 0 Q1 Hoeveelheid Fig. 3

Puntetoekenning vir grafiek: • Opskrif = 1 punt • Benoeming van asse = 1 punt • Vorm van kurwes = 2 punte • Ewewig = 1 punt • Aandui van prys/hoeveelheid = 1 punt

11. Normale wins: is die minimum verdienste vereis om te keer dat die entrepreneur

die produksietak verlaat en sy produksiefaktore elders aanwend 12. In Fig. 3 is die besigheid se winsmaksimeringspunt e1 waar korttermyn marginale

koste gelyk is aan marginale inkome, maar in hierdie geval word slegs normale wins gemaak

13. Ekonomiese wins: in Fig. 2 die minimumpunt van die korttermyn gemiddelde kostekurwe (SAC) laer as die markprys P2

14. Die besigheid is in ewewig by punt e1 waar MR = SMC en die besigheid sal daarom hoeveelheid Q1 produseer teen prys P1

15. Totale inkome min Totale koste = ekonomiese wins P1 e1 R S

Prys Verlies SAC SMC AVC L M AR P3

MR

0 Q3 Hoeveelheid Fig. 4

Puntetoekenning vir grafiek: • Opskrif = 1 punt • Benoeming van asse = 1 punt • Vorm van kurwes = 2 punte • Ewewig = 1 punt • Aanduiding van prys/hoeveelheid = 1 punt

Page 22: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 22 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

16. Verliese: in Fig. 4 is die minimumpunt van die korttermyn gemiddelde kostekurwe (SAC) hoër as die markprys P3 17. Die besigheid is weereens in ewewig by punt e3 waar MR = SMC18. As totale koste die totale income oorskrei, sal 'n verlies gemaak word by e3 wat aangedui word deur area P3 M L e3 (Maks 12 punte)

Gebruik die volgende rubriek in kombinasie met die bogenoemde om die bespreking te assesseer:

PUNTE INTERPRETASIE VAN ONDERWERP

1 Kandidaat toon 'n mate van begrip oor die onderwerp maar laat belangrike aspekte van die onderwerp uit.

3 Kandidaat interpreteer onderwerp korrek, maar verbind nie die feite met die onderwerp nie.

5 Kandidaat interpreteer die onderwerp korrek en verbind feite met die onderwerp.

(5) [50]

Page 23: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 23 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 9: LU3 EKONOMIESE STREWES, AS1 Evalueer Suid-Afrika se ontwikkelingsbeleid in terme van intenasionale standaarde, beklemtoon die Noord/Suid verdeling.

[50]

• Na aanleiding van die VN klassifikasie, val SA in die medium menslike

ontwikkelingsgroep van lande en word 119de uit 177 lande geplaas. • Ontwikkeling is 'n multi-dimensionele proses en die verskillende soorte beleid bepaal

verskillende dimensies. (maks 2 punte) Die volgende beleide word geëvalueer in terme van internasionale standaarde:

Puntetoekenning: • 1 punt vir die noem van feit ( ) • 2 punte vir kennis / beskrywing ( ) • 2 punte vir evaluering ( )

1. Makro-ekonomiese beleid

• Suksesvolle implementering van makro-ekonomiese beleid in belang van ryk en arm. • Per capita BBP neem toe van -1.6 % in 1998 tot 3.5 % in 2005 • Illustreer die toename in die lewenstandaard van die SA bevolking as geheel • Vraag en aanbodkant en ander beleide was daarom suksesvol. • Herverdeling beïnvloed deur die belastingstelsel, kontantvoordele,

voordele in natura, behuising en dienste. (Enige beskrywing X 2 punte) • Evaluering van beleid

2. Mikro-ekonomiese beleid • As gevolg van 'n styging in die werkloosheidskoers, mag die persepsie dalk bestaan

dat die arbeidsmark misluk het binne die grense wat deur die billike indiensneming en SEB gestel het.

• Indiensneming in die informele en formele sektor het toegeneem met 32% (3,6% per jaar) wat hoër was as die gemiddelde groeikoers van 3,2%.

• Werkloosheidskoers het skerp gestyg as gevolg van die konsolidasie van tuislande en migrasie.

• Die persepsie van arbeidsmarkmislukking was dus nie korrek nie. • Evaluering van beleid

o Bv. Die hoë werkloosheidkoers in 2005 is ongeveer dubbel die koers van 12% wat as maatstaf dien vir die nywerheidslande.

3. Sosiale/maatskaplike beleid

• Bv. Maatskaplike welsynstoelae, voordele in natura, dienste, primêre gesondheidsorg en onderwys is voorbeelde van owerheidsinmenging om armoede te beveg.

• Evaluering van beleid o Bv. Omtrent 34% van SA se bevolking is arm in terme van die internasionale

maatstaf vir armoedegrens-inkome van $2 per dag.

4. Regstelling • Internasionale organisasies soos die VN, beklemtoon die bemagtiging van die

inheemse bevolking in ontwikkelende lande. • In SA is regstellende maatreëls belangrik vanweë die ras-diskriminerende beleide van

die verlede. • SA regering het beide die bemagtigings- en regstellende-aksie wetgewing goedgekeur

en 'n verskeidenheid ander maatreëls geïmplimenteer om regstelling af te dwing. • Evaluering van regstelling

Page 24: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 24 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5. Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)

• “BBBEE Act No. 53 of 2003” voorsien die regsbasis vir die transformasie van die SA ekonomie, sodat die getal swart mense wat die land se ekonomie besit, bestuur en beheer aansienlik kan toeneem en ongelykhed tov inkome aansienlik kan verminder.

• Die spoed en omvang van bemagtiging en transformasie word itv handveste/ooreenkomste tussen die regering en nywerhede ooreengekom.

• DHN het 'n telkaart gepubliseer wat gebruik word om die vordering op die gebied van bemagtiging en transformasie te meet.

• Elemente waarop die telkaart fokus sluit in: aandelebesit, bestuur en beheer, billike indiensneming, voorkeuraankope, ontwikkeling van ondernemings, maatskaplike verantwoordelikheid.

• Evaluasie van SEB.

6. Grondherverdeling en restitusie • Die regering poog om teen die jaar 2014, 30% van alle landbougrond oor te dra aan

vorig benadeelde individue en groepe. • Evaluasie van herverdeling

7. Regstellende aksie • Regstellende aksie word beskryf in die Wet op Gelyke indiensneming,no 55 van 1998

en is van toepassing op werkgewers met 50 en meer werknemers of wie se jaarlikse omset meer is as die gestipuleerde perk van R2 miljoen in landbou en R10 miljoen in die vervaardigingsbedrywe.

• Die werksmag sal die land se demografie en geslag verhouding reflekteer. • Dit vereis ook 'n proporsionele indiensname van gestremde persone. • Evaluasie van regstellende aksie. (maks 30 punte)

Noord/Suid-verdeling

• Verwys na lande in die Noordelike (ontwikkelde) en Suidelike (ontwikkelende) halfronde van die wêreld. (Def: maks 1 punt)

1. Ongelyke lewenstandaard word deur die VN se Menslike Ontwikkelings Indeks volgens DRIE indikatore beskryf: • Per capita inkome ongeveer 87% van die wêreld se totale inkomste word deur 15%

van die totale bevolking geproduseer en lewe in die ekonomies ontwikkelde streke van die wêreld (Noorde) Die oorblywende 85% van die wêreldbevolking lewe op slegs een vyfde van die totale inkome. (Suide)

• Lewensverwagting In ontwikkelende lande,voer die grootste gedeelte van die bevolking 'n stryd teen probleme soos wanvoeding, siektes en swak gesondheid.

bv. Die lewensverwagting is in die ontwikkelende lande 48 jaar teenoor 75 jaar in die ontwikkelde lande. HIV/VIGS versprei ook vinniger. • Onderwys lae lewenstandaard hou verband met relatiewe lae vlakke van

onderwys. uitgedruk as volwasse geletterdheidkoers MOL'e se geletterdheidskoers was in 2005 slegs 46% terwyl dit in dieselfde tydperk in SA 86% was.

• Primêre nywerhede – selfvoorsienende ekonomieë in die ontwikkelende lande in die Suide.

2. Ongelykhede in Globalisering – Die Noorde sien dit as vooruitgang – Suide sien dit egter in 'n negatiewe lig om die volgende redes.

• Armoede groeiende gaping tussen ryk en arm (Afrika) die aantal arm mense styg met 100miljoen sedert 1987 ($1 per dag) Sedert 1994 het die getal arm mense egter slegs in Afrika toegeneem.

• Groei Lande wat daarin geslaag het om eerlike regerings aan te stel en wie inflasie laag kon hou en begrotings laat klop het, kon nie daarin slaag om DVI te lok nie. opkomende markte met finansiële onstabiliteit het wel finansiële steun ontvang.- multinasionale organisasies weet nie hoe om hierdie finansiële krisisse te hanteer nie.

Page 25: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 25 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Handel ryk lande subsidieer die produksie van landbouprodukte, en maak dit moeilik

vir ontwikkelende lande om te kompeteer. maar dring daarop aan dat ontwikkelende lande tarriewe moet verwyder op geproduseerde goedere- Afrika voel daardeur gemarginaliseerd.

3. Omgewing – Dreigende krisisse in streeks- en wëreldomgewings as gevolg van aktiwiteite in die Noorde en Suide:

• Noordelike lande: massaverbruik – verbrand massa hoeveelhede van olie en steenkool – beskadiging van osoonlaag ontwikkelende lande in Afrika word meer geaffekteer as lande in die Noorde. Kyoto Protokol vereis dat lande hul kweekhuisgasse verminder. omgewingsuitdagings soos lugbesoedeling, geraasbesoedeling en giftige afvalstowwe.

• Suidelike lande: fokus op landbou, grond toestande, voldoende reënval, die gesondheid van gewasse is krities. Degradering en verlies van grond, water en plantegroei is die belangrikste omgewingsprobleme. Hulle onvermoë om genoeg kos te produseer is die grootste oorsaak van hongersnood en wanvoeding. (maks. 14 punte)

PUNTE INTERPRETASIE VAN ONDERWERP

1 Kandidaat toon mate van begrip van onderwerp maar laat belangrike aspekte van onderwerp uit.

3 Kandidaat interpreteer onderwerp korrek, maar verbind nie die feite met die onderwerp nie.

5 Kandidaat interpreteer onderwerp korrek en verbind feite met onderwerp.

(5) [50]

Page 26: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 26 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 10: LU4 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES, AS3 'Die omgewing is onder druk omdat die mens se eise groter is as dit wat die natuur oor die langtermyn op 'n volhoubare basis kan voorsien.' Ontleed die stand van die omgewing en beklemtoon die beleidsmaatreëls wat deur die owerheid gebruik word om volhoubaarheid te verseker.

[50]

• Die omgewing is onder druk a.g.v. 'n stygende bevolkingsyfer te danke aan hoë geboortesyfers in ontwikkelende lande

• Buitensporige verbruik in ontwikkelde lande is 30% hoër as die hoeveelheid wat die natuur kan voorsien op 'n volhoubare basis

• Menslike aktiwiteite veroorsaak vraag na natuurlike omgewing tweërlei: deur insette (voorsiening van hulpbronne) en uitsette (produksie van afval).

• Omgewingsvolhoubaarheid impliseer die kapasiteit van die omgewing om te oorleef wat ekonomiese aktiwiteit betref

• Doelwitte om sosiale doeltreffendheid te bereik m.b.t. omgewingsvolhou-baarheid

• Somtyds is daar owerheidsinmenging omdat die gewenste uitslae nie verkry is nie, en neem die owerheid direkte beheer

(Maks. 10 - minimum van 2 punte word toegeken vir owerheidsbeleidmaatreëls)

Besoedeling • Wanneer mense op regstreekse of onregstreekse manier afvalstowwe in

omgewing stort • Produksie en verbruik van goedere en dienste lei tot ongewenste afval • Besoedeling ontstaan wanneer die uitvloei van afval weens menslike

bedrywighede die natuur se vermoë oorskry om dit te verwerk • Tegnologie en die beheer van besoedeling het skoner invloed op omgewing in

vergelyking met ouer tegnologie • (bv.) elektrisiteit geproduseer uit steenkool en fossielbrandstowwe • Beleide sluit toekenning van eiendomsregte in – mense gee om vir dit wat

aan hulle behoort en probeer om dit vir so lank moontlik voordelig as moontlik te gebruik As eiendomsreg uitgebrei word na gemeenskaplike goedere soos skoon lug, sal diegene wat onder besoedeling ly, eise instel teen besoedelaars vir hul reg om te besoedel Die beginsel dat benadeeldes die besoedelaars betaal om minder te besoedel word egter dikwels deur regerings toegepas (bv.) in terme van die Kyoto Protokol, het ontwikkelde lande onderneem om ontwikkelde lande geldelik by te staan omdat ontwikkelende lande minder besoedeling veroorsaak Sodoende betaal ontwikkelde lande vir hul reg om te besoedel

• Bemarkbare permitte elke besigheid ontvang 'n lisensie (permit) om 'n deel van die chemiese afval te produseer in ontwikkelde lande kan die besigheid wat hierdie lisensies, permitte of krediete besit, dit verhandel in 'n permitmark

• Beheer en kontrole (BEK) maatreëls laat vasstel van maksimum toelaatbare

vlakke van (bv.) gasse (koolstofdioksied), of hulpbron gebruik (tonne vis) of minimum aanvaarbare vlakke van omgewingskwaliteit (in plantasies) toe

Page 27: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 27 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

(Maks. 10 - minimum van 2 punte word toegeken vir owerheidsbeleidmaatreëls) Beskerming

• Menslike aktiwiteite beïnvloed omgewing, nie alleenlik omdat hulle besoedeling veroorsaak nie, maar omdat hulle die omgewing oorgebruik

• Beskerming word gebruik vir botaniese tuine, nasionale parke, museums en enige plek van historiese belang

• Heffing vir gebruik van omgewing die owerheid hef fooi op verbruikers en produsente vir afval (solied, vloeistof, gas) wat hulle produseer en stort in die omgewing Die beste uitkoms word verkry as hierdie koste proporsioneel tot die afval geproduseer is

• Onderwys speel 'n groot rol in verbetering van menslike kapasiteit om die omgewins te bestuur Drukgroepe soos die Groen Party en Vriende van die Aarde het nywerhede gedwing en bestuur aangemoedig om betrokke te raak by omgewingsverantwoordelikheid in al hul besigheidsbesluitneming

(Maks. 10 - minimum van 2 punte word toegeken vir owerheidsbeleidmaatreëls)

Bewaring

• Beteken om iets ongeskonde te hou • Sekere hulpbronne is nie-hernubaar nie, maar indien verlore, onvervangbaar

• (bv.) ekologiese sisteme, erfenisgebiede • Owerheid kan inmeng om omgewingsbates behoue te laat bly deur subsidies,

beheermaatreëls, of deur sekere bates te koop of te konfiskeer • Vrywillige ooreenkomste eerder as om wette en regulasies af te dwing, kan

die regering betrokke raak by vrywillige ooreenkomste met besighede vir hul aandeel in besoedeling

(Maks. 10 - minimum van 2 punte word toegeken vir owerheidsbeleidmaatreëls)

Eksternaliteite

• Is die koste en voordele wat nie by marktransaksies ingesluit is nie – kan positief of negatief wees

• Negatiewe eksternaliteite soos lug en waterbesoedeling kan oorvoorsien word in die mark

• As van besighede verwag word om bepaalde bedrag geld te bestee aan toerusting waardeur besoedeling verminder kan word, kan sulke besteding positiese eksternaliteite vir andere inhou

• Die staat het dus belangrike ekonomiese verpligting teenoor omgewing om ondoeltreffendhede wat uit eksternaliteite ontstaan, reg te stel

• Omgewingsbelastings 'n betaling vir gebruik van omgewing kan vervang word met belasting op produkte wat geproduseer (of gebruik) word en wat eksterne omgewingskoste meebring Dit staan bekend as groenbelasting Om sosiale doeltreffende uitset te bereik, moet belasting gelyk wees aan marginale eksterne koste

• Omgewingsubsidies 'n alternatief is om subsidies te verskaf vir aktiwiteite wat omgewingskade beperk Die koste om die nadelige effekte vir omgewing te verminder, of uit te skakel, word uit belastings verhaal bv. Loodvrye petrol en moedig hersirkulering van afval soos bottels, kannetjies en karton aan

(Maks. 10 - minimum van 2 punte word toegeken vir owerheidsbeleidmaatreëls)

Page 28: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · Eskom voorsien 'n diens deur die verskaffing van elektrisiteit. 99 (4) 4.3.2 Verbruikersprysindeks 99 9 (3) 4.3.3 Goudmyne is dieper, daarom

Ekonomie 28 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou

PUNTE INTERPRETASIE VAN ONDERWERP

1 Kandidaat toon mate van begrip van onderwerp maar laat belangrike aspekte van onderwerp uit. (1 – 15)

3 Kandidaat interpreteer onderwerp korrek, maar verbind nie die feite met die onderwerp nie. (16 – 30)

5 Kandidaat interpreteer onderwerp korrek en verbind feite met onderwerp. (31 – 45)

(10)

[50]

TOTAAL AFDELING C: 100

GROOTTOTAAL: 300