ministry of education junior primary phase arts … · sake rakend globalisering omdat bepaalde...

40
Republic of Namibia MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE FOR IMPLEMENTATION 2015 ARTS SYLLABUS GRADES 1 - 3 AFRIKAANS VERSION

Upload: others

Post on 26-May-2020

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

Republic of Namibia

MINISTRY OF EDUCATION

JUNIOR PRIMARY PHASE

FOR IMPLEMENTATION 2015

ARTS SYLLABUS

GRADES 1 - 3

AFRIKAANS VERSION

Page 2: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

NIED-leerplan: Kuns Junior Primêre Fase 2014

Ministerie van Onderwys National Institute for Educational Development (NIED) Privaatsak 2034 Okahandja Namibië © Kopiereg NIED, Ministerie van Onderwys, 2014 Kuns-leerplan Grade 1 - 3 ISBN 978-99945-2-054-1 Gedruk deur NIED Webtuiste: http://www.nied.edu.na Publikasiedatum: 2014

Page 3: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

INHOUD

1. Inleiding 1

2. Beredenering 1

3. Doelstellings 1

4. Insluitende Onderwys 2

7 Leerstandaarde 5

8. Omvang en volgorde – Pre-primêr tot graad 3 5

9. Leerinhoud 14

10. Evaluering 31

10.1 Evalueringsdoelwitte 31

10.2 Soorte evaluering 31

10.3 Graadbeskrywings 32

10.4 Omskrywing van riglyne vir Deurlopende Evaluering 32

10.4.1 Informele Deurlopende Evaluering 32 10.4.2 Formele Deurlopende Evaluering 33

11. Woordelys 34

Page 4: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

1 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

1. Inleiding

Hierdie leerplan sit die voorgenome leer en evaluering vir Kuns (Afrikaanse weergawe) in grade 1 tot 3 van die Junior Primêre Fase uiteen. As ’n vak lê Kuns binne die estetiese terrein van leer in die leerplan, maar het tematiese skakels met ander vakke oor die kurrikulum heen.

Die doelstellings, leerdoelwitte en vaardighede wat mekaar tussen vakke oorvleuel, is deel van noodsaaklike leer binne die totale leerplan. In ideale omstandighede sal hierdie vak 2 periodes per week (vir grade 1 en 2) en 3 periodes per week (vir graad 3) nodig hê.

NIED het ingestem tot ’n vaste leerplan-hersieningsiklus. Na verwagting sal die implementering van die volgende hersiening van die Junior Primêre Fase in 2021 plaasvind.

2. Beredenering

Kuns bevorder die gebalanseerde groei, sosialisering en ontwikkeling van die kreatiewe vermoëns van 'n leerder. Die vakgebied is ’n manier waarop die proses van ontwaking, stimulering en vasvang van die leerder se verbeelding en selfuitdrukking plaasvind. Binne hierdie vakgebied ondersoek leerders hulle innerlike self en hulle omgewing en maak ontdekkings rakende kommunikasie deur middel van kunsmedia. Die doel van die Kunsleerplan vir die Junior Primêre Fase is om die basiese begrippe van die Kunste aan leerders bekend te stel, en hulle daardeur te leer om vrae te vra en te eksperimenteer, om oplettend en kreatief te wees, en om vaardighede, kennis en houdings in ander fasette van die kurrikulum te versterk. Die leerplan verskaf ’n omvattende, ervaring-gebaseerde Kuns-kurrikulum vir alle leerders.

Die besondere kenmerke van Kuns in hierdie fase word vasgelê in die wete dat Kuns ’n vak is wat meer op ontwikkeling ingestel is as op uitbreiding/toename, en dat, namate die leerder ontwikkel, die manier waarop hy oor kuns dink en praat, meer verfyn sal raak. Daarom, al is dit moeilik (en onwenslik) om rigiede vordering/vooruitgang voor te skryf, is daar kunsvaardighede, kennis en houdings waaraan leerders blootgestel moet word op elke graadvlak van die Junior Primêre Fase. Die formele onderrig hiervan, alhoewel dit belangrik is, moet egter nie geskied ten koste van selfuitdrukking en kreatiwiteit nie. Op hierdie vlak is dit uiters belangrik om die leerders se belangstelling in selfuitdrukking deur die Kunste in stand te hou en te ontwikkel. Leerders moet alle kunsvorme saam bestudeer ten einde vas te stel waarin hulle belangstel en aanleg toon. .

3. Doelstellings

Die doelstellings van die Kunste is om –

die leerders in staat te stel om by te dra tot die ontwikkeling van kultuur in Namibië

interkulturele begrip op ’n wyer vlak te bevorder

kulturele bewustheid en waardering te bevorder

leerders se verbeelding en kreatiwiteit te stimuleer

selfuitdrukking, selfvertroue en kommunikasie met ander aan te moedig

selfdissipline, verantwoordelikheid en samewerking te kweek

inleidend te wees tot die ontwikkeling van die gebruik van die Kunste as ’n manier om uitdrukking te gee

vaardighede in probleemoplossing te verbeter.

Page 5: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

2 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

4. Insluitende Onderwys

Insluitende Onderwys is elke leerder se reg. Dit bevorder deelname aan of toegang tot die volle spektrum van opvoedkundige programme en dienste wat deur die opvoedkundige stelsel in hoofstroomskole beskikbaar gestel word. Die gedagte is om steun en erkenning te gee aan die uiteenlopendheid wat onder ALLE leerders aangetref word en om ALLE struikelblokke tot leer uit die weg te ruim.

Basiese Onderwys skep ’n parate gemeenskap, soos in die vooruitsig gestel in Visie 2030, deur insluiting te bevorder. Leerders met leerstruikelblokke en ander eiesoortige behoeftes sal ingesluit word in ’n hoofstroomskool, en hulle behoeftes sal aandag kry deur verskillende onderrigmetodes te gebruik en waar nodig spesifieke leermateriaal te verskaf. Voorsiening sal gemaak word vir leerders wat so ernstig gestrem is dat hulle geen voordeel sal trek uit bywoning van insluitende skole nie. Dit sal volgens die behoeftes geskied met behulp van leer-ondersteuningseenhede, hulpeenhede of hulpskole totdat hulle ’n punt bereik waarop hulle in ’n insluitende skool opgeneem kan word, indien moontlik. Die leerplan, onderrigmetodes en materiaal word aangepas vir leerders in hierdie skole.

Die leerder-gesentreerde benadering tot onderwys is by uitstek geskik vir leerders met spesiale leerbehoeftes, omdat dit bou op wat leerders reeds weet en kan doen, en hulle dan help om nuwe kennis en vaardighede aan te leer. Die leerplanraamwerk vir Insluitende Onderwys spesifiseer die vaardighede wat leerders met spesiale leerbehoeftes behoort te kan bemeester. Individuele Leerondersteuningsplanne (ILOP) moet daargestel word om die individuele leerproses vir leerders met spesiale leerbehoeftes te rig en te evalueer.

Meer riglyne oor hoe om vir leer en onderrig in ’n insluitende klaskamer te beplan is saamgevat in die leerplanraamwerk vir Insluitende Onderwys (2012). Hierdie riglyne sal help om ALLE leerders toe te rus met die kennis, vaardighede en benaderings wat tot sukses sal lei in ’n wêreld wat toenemend ingewikkeld raak, vinnig verander en oor ’n magdom van inligting en kommunikasietegnologie beskik.

Die Junior Primêre Fase bied gelyke geleenthede vir seuns en meisies, en maak dit vir almal moontlik om op gelyke vlak deel te neem. Onderwysers moet leerders eenders sien en behandel, en alle leermateriaal moet op albei geslagte van toepassing wees.

Geslagkwessies is nie net 'n saak wat deur kunsuitdrukking benader moet word nie, maar ook deur die wyse waarop die werk georganiseer word. Seuns en meisies neem die wêreld om hulle op verskillende wyses waar en reageer verskillend daarop. Deur saam te werk in die kunste kan hulle dus verrykend op mekaar inwerk wat begrip en selfuitdrukking betref.

5. Skakels met ander vakke en interkurrikulêre sake

Interkurrikulêre kwessies sluit in Omgewingsleer, MIV en VIGS, Bevolkingsopleiding, Opleiding vir Mensregte en Demokrasie (OMRD), Inligting en Kommunikasietegnologie (IKT) en Padveiligheid. Hierdie vakke is bygevoeg by die formele leerplan omdat dit alles gekoppel is aan bepaalde risiko's en uitdagings binne ons Namibiese gemeenskap. Al ons leerders moet verstaan –

wat die aard van hierdie risiko's en uitdagings is

wat die uitwerking daarvan op ons gemeenskap is

Page 6: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

3 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

hoe dit in die plaaslike opset hanteer kan word

Die grootste risiko's en uitdagings is uitgewys as –

omgee vir en die bestuur van ons natuurlike hulpbronne

die gevolge van MIV en Vigs

gesondheidsprobleme wat verband hou met besoedeling, swak sanitasie en afval

sosiale onsekerheid as gevolg van ongelykheid en bestuur wat regte en verantwoordelikhede ignoreer

swak nakoming van padveiligheidsmaatreëls

sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te

sluit, sal sodanige sake meer klem kry in daardie spesifieke leerplanne. Hierdie leerplan bevat meer voorbeelde van ander skakels met interkurrikulêre kwessies; hieronder word net een voorbeeld van elke interkurrikulêre kwessie gegee:

Omgewings-bewustheid

MIV en Vigs Bevolkings-opleiding

OMRD (EHRD)

IKT (ICT) Padveiligheid

Graad 1 Visuele kuns –Prentvaardig-hede: Kyk na die besonderhede in 'n blaar en gebruik dit om 'n prentjie van 'n blaar te teken

Graad 3 Musiek: Maak 'n eenvoudige liedjie op oor die versorging van siek mense

Graad 2 Drama: Mimiek 'n storie oor die gewone dagtake van die inwoners van 'n nedersetting

Graad 3 Drama: Skep 'n situasie waar 'n leerder "nee" sê vir ongewenste aanraking deur 'n ander persoon

Grade 1-3 Musiek: Neem eie musiek-stukke op en gebruik dit in ’n konsert

Graad 2 Visuele kuns: Maak handpoppe; hou ’n vertoning en wys die regte manier om ’n woelige straat oor te steek

6. Benadering tot onderrig en leer

Die benadering tot onderrig en leer is gebaseer op die paradigma van leerder-gesentreerde onderrig (LGO) soos uiteengesit in ministeriële beleidsdokumente en die LGO se konsepraamwerk. Hierdie benadering verseker optimale leerkwaliteit as die beginsels toegepas word. Daarbenewens bly die tematiese/geïntegreerde benadering die fokuspunt van Junior Primêre onderrig en leer.

Die doel is om leer met begrip te ontwikkel, en daarmee saam die kennis, bevoegdhede en benaderingswyses wat kan bydra tot die ontwikkeling van die gemeenskap. Elke leerder bring ’n magdom van kennis en sosiale ervarings saam skool toe, dinge waartoe die familie, die gemeenskap en wisselwerking met die omgewing bygedra het. Leer in die skool moet die leerder se vooraf kennis en ervarings insluit, daarop voortbou, dit uitbrei en uitdagings daaraan stel.

Leerders leer op hulle beste wanneer hulle aktief betrokke is by die leerproses deur intensiewe deelname, bydraes en skeppende werk. Elke leerder is ’n individu met sy/haar eie behoeftes,

Page 7: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

4 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

leertempo, ervarings en vaardighede. Die onderwyser moet vir hierdie behoeftes van die leerder voorsiening kan maak en leerervarings daarvolgens kan aanpas. Leerstrategieë moet mekaar afwissel, maar buigsaam wees binne goed gestruktureerde lesaanbiedings.

Met betrekking tot die leerdoelstellings en vaardighede wat bereik moet word, moet die onderwyser besluit wanneer dit die beste is om kunsvaardighede breedvoerig te onderrig, wanneer dit gepas is om leerders inligting vir hulleself te laat ontdek of na te vors, wanneer hulle verruiming of verryking nodig het, of wanneer bepaalde vordering in vaardighede of inligting nodig is.

Om gedurende kunsaktiwiteite in groepe, in pare, alleen of as ’n klas te werk moet die aanbieding georganiseer en doelgerig wees. Namate die leerders se persoonlike, sosiale en kommunikatiewe vaardighede ontwikkel, kan hulle stadigaan meer verantwoordelikheid kry om self hulle werk en dié van ander onder die onderwyser se leiding te beplan en te evalueer. Daar is baie geleenthede om kuns en ander vakterreine te integreer. Byvoorbeeld, leerders kan hulle kennis van wiskunde gebruik om twee- en drie-dimensionele prente en modelle te skep.

Onderwysers kan uit ’n wye verskeidenheid aktiwiteite kies en kan meer aktiwiteite by die inhoud voeg indien nodig. Uit die baie verskillende aktiwiteite wat gegee word, kan onderwysers dié kies wat die beste by die ontwikkeling van die leerders pas, en wat hulle reken hulle kan self fasiliteer, maar hulle moet al die vaardighede dek. Binne elk van die vier terreine en onderwerpe moet hulle met makliker aktiwiteite in graad 1 begin en dan elke jaar stelselmatig aan beweeg na meer ingewikkelde aktiwiteite. Kuns kan aangebied word as een dubbelperiode per week vir grade 1 en 2, en ’n dubbel- en enkelperiode vir graad 3. Behalwe waar spesifieke vaardighede direk aangeleer moet word (bv. liedjies), kan die aanbieding normaalweg in drie fases geskied: fase een, waar die leerders eers bespreek wat gedoen moet word en hoe; fase twee waar leerders skeppend te werk gaan (visueel, drama, dans, musiek); en fase drie waar elke groep voor die klas optree of waar kunswerke uitgestal word en reaksie en terugvoering deur die klas gegee word. Projekte waarby die kunste soos poppeteater, dans of drama met maskers en eenvoudige kostuums gebruik word, moet aangemoedig word. Dit moet ook in gedagte gehou word dat Kuns nie tot die onderrigperiode beperk hoef te word nie; dit kan by baie van die ander vakterreine ook ingesluit en gebruik word.

Die Kunste leen hulleself tot optredes van leerders voor ouers en gemeenskappe. Dit moet ’n natuurlike verlengstuk wees van die leerders se optredes voor mekaar in die klaskamer, en geen druk moet op hulle uitgeoefen word om op te tree nie. Die Kunste bied ook baie geleenthede om lede van die gemeenskap wat bekend is vir hulle vaardighede te besoek of uit te nooi na die skool om leerders so in aanraking te bring met kunstenaars.

Hierdie leerplan dien as ’n riglyn vir Namibiese skole met die vlak van opleiding in spesifieke vakterreine, beskikbaarheid van leer- en onderrigmateriaal, en leerders se agtergrond en skoolomgewings as basis. Die proses van opleiding deur die kunste moet beklemtoon word, nie noodwendig die kunsprodukte wat gemaak word nie. Onderwysers moet kennis neem dat die vaardighede in die leerplan vervat nie hulle of die skool se inisiatief aan bande lê nie, en dat hulle oor daardie grense heen kan beweeg.

Page 8: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

5 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

7. Leerstandaarde

Wanneer hulle met graad 1 in die Junior Primêre Fase begin, behoort alle leerders sosiaal, emosioneel, kognitief en fisiek gereed te wees om met formele onderrig te begin. Die eerste vyf weke in graad 1 behoort gewy te word aan skoolgereedheidsaktiwiteite.

Wanneer hulle graad 3 Kuns in die Junior Primêre Fase voltooi het, moet leerders oor die volgende vaardighede beskik:

Visuele kuns Leerders begin hulle eie waarnemings en verbeelding gebruik om ’n verskeidenheid kunsmateriaal, -prosesse en -tegnieke te gebruik om visuele kunswerke te skep terwyl hulle fynmotoriese vaardighede ook voortdurend ontwikkel. Musiek Leerders neem deel aan sang- en bewegingaktiwiteite, en gebruik hulle liggame en slaginstrumente wanneer hulle dit doen. Hulle begin in twee stemme sing, en ken elemente van musiek uit soos duur (lank/kort), maatslag, ritme, tempo (vinnig/stadig), toonhoogte (hoog/laag), dinamiek (sag/hard) en vorm (dieselfde wysie/’n ander wysie). Drama Leerders maak bekende stories op en dramatiseer dit saam met eenvoudig geskrewe tekste, deur hulle verbeelding, gepaste taal, stem, beweging en ruimte te gebruik. Hulle pas drama-beginsels toe soos die vertolking van ’n karakter en die dramatiese storiestruktuur van ’n begin, ’n middel en ’n einde. Dans Leerders tree op in uitgewerkte en geïmproviseerde danse in ’n groep, deur elemente van liggaamsbewustheid, vlakke, kragte, vloei en tyd te gebruik. Deelname Leerders demonstreer persoonlike kuns- en sosiale vaardighede soos om gedagtes te wissel en onafhanklik te werk. Hulle gebruik veilige kunsmaatreëls, en pas reëls en gewoontes toe soos om materiaal te herwin en toerusting op te pas. Waardering Leerders gesels oor hulle eie kennis deur te verwys na die doeltreffendheid van tegnieke en moontlike maniere om daarop te verbeter. Hulle lewer ook positiewe en bemoedigende kommentaar oor ander leerders se werk en sê hoe dit verbeter kan word.

8. Omvang en volgorde – Pre-primêr tot graad 3

Ten einde toename van vaardighede, kennis en ingesteldhede deur die Junior Primêre Fase te weerspieël geld die volgende omvang en volgorde van Pre-primêr tot graad 3. . Die leerinhoud vir Pre-primêr is egter nie ingesluit in hierdie dokument nie, en kan in die Pre-primêre leerplan nageslaan word.

Page 9: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

6 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

PRE-PRIMÊR

GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

Gebruik veilige prosedures soos om beskermende klere te dra wanneer geverf word

Gebruik veilige prosedures soos om hulp te vra

Gebruik veilige prosedures soos om werkoppervlakke te beskerm

Gebruik veilige prosedures soos om op verantwoordelike wyse na toerusting om te sien

Demonstreer kuns-gewoontes soos om die gombottel se deksel terug te sit

Demonstreer kuns-gewoontes, soos om verfkwaste te was

Demonstreer kuns-gewoontes soos om belangstelling te toon terwyl ander optree

Demonstreer kuns-gewoontes soos om kunsmateriaal te herwin

TEMA: SKEP

VISUELE KUNS – LYN, PATROON, KLEUR, VORM, TEKSTUUR EN RUIMTE

Gebruik verskillende soorte lyne om 'n buitelyn van 'n voorwerp te trek en om uitdrukkings te wys soos woede

Gebruik verskillende soorte lyne om vorms te teken wat voorwerpe verteenwoordig, en om uitdrukkings te wys soos dun strepies wat ligte reën voorstel

Demonstreer soorte lyne om rande aan te dui, en uitdrukkings soos gekartelde lyne wat die see voorstel

Demonstreer verskillende soorte lyne om rande aan te dui, en uitdrukkings soos gekrulde lyne om die wind voor te stel

Herhaal patrone om prentjies te maak

Herhaal patrone om prentjies te maak

Gebruik herhaling van vorms om prentjies te maak

Gebruik herhaling van patrone uit die omgewing om prentjies te maak

Demonstreer hoe om met kleure te eksperimenteer

Verander kleure deur ander kleure by te voeg

Meng twee primêre kleure om ’n sekondêre kleur te kry

Meng verskillende hoeveelhede primêre kleure om ’n verskeidenheid sekondêre kleure te kry

Skep geskatte algemene 2D meetkundige vorms

Skep gewone 2D meetkundige vorms en patrone, en simboliese vorms soos harte en sterre

Skep gewone 2D meetkundige vorms en patrone, en simboliese vorms soos padtekens

Skep gewone 2D meetkundige vorms en patrone, en simboliese vorms soos die son op die Namibiese vlag

Skep nie-meetkundige vorms soos handafdrukke

Skep nie-meetkundige vorms met behulp van vervaardigde en natuurlike voorwerpe

Skep nie-meetkundige vorms met behulp van vervaardigde en natuurlike voorwerpe

Skep nie-meetkundige vorms met behulp van vervaardigde en natuurlike voorwerpe

Skep teksture met behulp van modelleerklei, papier en verskillende soorte gereedskap

Skep teksture met behulp van voorwerpe uit die omgewing

Skep teksture met behulp van voorwerpe uit die omgewing

Skep teksture wat soos werklike voorwerpe lyk

Page 10: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

7 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

Skep spasies tussen vorms en gebruik hulle

Skep spasies tussen vorms en gebruik spasie om diepte te wys

VISUELE KUNS – MODELLERING EN KONSTRUKSIE

Maak eenvoudige 3D beelde met behulp van herwonne materiaal en materiaal uit die omgewing

Maak 3D strukture met behulp van weef-, skeur-, knip-, vou- en plakvaardighede

Maak 3D strukture met behulp van verskeie vaardighede en herwonne materiaal

Maak 3D strukture met behulp van verskeie vaardighede en herwonne materiaal

Maak ’n randpatroon met rygwerk

Maak ’n randpatroon met rygwerk

Werk klein stekies op materiaal om ’n patroon te vorm

Werk verskeie eenvoudige steke op materiaal om ’n patroon te vorm

Demonstreer die vaardighede van vorm, sny, uitrol, saamvoeg en afdrukke met behulp van klei/speeldeeg

Demonstreer die vaardighede van vorm, sny, uitrol, saamvoeg en afdrukke om kleikrale en -juwele te maak

Maak modelle van diere/mense, met inagneming van vorm, detail en tekstuur

Maak modelle van diere/mense, met inagneming van vorm, detail, tekstuur, kenmerke en kleredrag

VISUELE KUNS – PRENTE

Gebruik herinneringe, geheue en verbeelding as ’n bron van inspirasie vir teken

Gebruik herinneringe, geheue en verbeelding as ’n bron van inspirasie vir teken

Gebruik herinneringe, geheue en verbeelding as ’n bron van inspirasie vir teken

Gebruik herinneringe, geheue en verbeelding as ’n bron van inspirasie vir teken

Gebruik detail in die wêreld om prente te skep

Gebruik detail in die wêreld om prente te skep

Teken prentjies om waarnemings aan te teken

Teken prentjies om waarnemings aan te teken

Skep prentjies met behulp van verskillende diktes verf, ’n selfportret collage en eenvoudige afdrukke met vingers en hande

Skep prentjies met behulp van deursigtige laag kleur oor ’n olie-pastel tekening, collages om prente te maak, en eenvoudige afdrukke uit die omgewing

Skep prente deur dun verf deurmekaar te laat vloei, gebruik collages om ’n landskap te maak, en maak afdrukke met groente

Skep stilleweprente met behulp van dik en dun verf, collages en kolligrafiese afdrukke

MUSIEK – SANG (DUUR, MAATSLAG, RITME, TOONHOOGTE, TEMPO, DINAMIEK, VORM EN HARMONIE)

Begin met die herkenning van klank en stilte (duur), en gebruik die stem om hoë/lae klanke te maak (toonhoogte) en harde/sagte klanke (dinamiek)

Herken lang en kort klanke (duur) en gebruik die stem om baie hoë/baie lae klanke te maak (toonhoogte) en baie harde/baie sagte klanke (dinamiek)

Herken lang en kort klanke (duur), en sing liedjies op hoë en lae toonhoogtes; sing harder en sagter (dinamiek)

Herken lang en kort klanke (duur), en sing liedjies met hoë en lae toonhoogtes en harde en sagte dele (dinamiek)

Page 11: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

8 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

PRE-PRIMÊR

GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

Eggo (herhaal) ’n baie eenvoudige melodiese patroon (vorm)

Improviseer ’n melodie deur ’n eenvoudige onvoltooide melodiese patroon te voltooi (vorm)

Improviseer ’n melodie deur ’n eenvoudige onvoltooide melodiese patroon te voltooi (vorm)

Improviseer ’n melodie deur ’n eenvoudige onvoltooide melodiese patroon te voltooi (vorm)

Sing bekende liedjies vinnig en stadig (tempo)

Sing bekende liedjies baie vinnig en baie stadig (tempo)

Sing liedjies en gaan geleidelik harder en sagter (tempo), en waar ’n inleiding gegee word (vorm)

Sing liedjies met vinnige en stadige dele (tempo) en waar dele van die liedjie herhaal word (vorm)

Sing liedjies, tradisionele/volks- liedjies en liedjiespeletjies in die moedertaal, sing eenstemmig

Sing liedjies en liedjiespeletjies in die moedertaal, ander Namibiese tale en Engels, sing tweestemmig

Sing liedjies in die moedertaal, ander Namibiese tale, sing tweestemmig

Sing moeiliker liedjies in ’n gedirigeerde groep, sing tweestemmig in die moedertaal, ander Namibiese tale, Engels en tale van ander lande

Sing die nasionale volkslied

Sing die nasionale volkslied uit die kop

Sing die Afrika Unie Lied

Page 12: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

9 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

MUSIEK – SLAGWERK (DUUR, MAATSLAG, RITME, TOONHOOGTE, TEMPO, DINAMIEK EN VORM)

Begin met die herkenning van klank en stilte (duur), maak hoë/lae klanke (toonhoogte) en harde en sagte klanke (dinamiek)

Herken lang en kort klanke (duur), maak hoë/lae klanke (toonhoogte) en harde en sagte klanke (dinamiek)

Herken lang en kort klanke (duur), maak hoë/lae klanke (toonhoogte) en harder en sagter klanke (dinamiek)

Herken lang en kort klanke (duur), maak hoë/lae klanke (toonhoogte) en harder en sagter klanke (dinamiek)

Begin met die demonstrasie van "maatslag" en "ritme"

Demonstreer "maatslag" en "ritme"

Demonstreer die verskil tussen "maatslag" en "ritme"

Demonstreer die verskil tussen "maatslag" en "ritme"

Eggo ’n eenvoudige ritmiese patroon (vorm)

Voltooi ’n eenvoudige onvoltooide ritmiese patroon (vorm)

Skep ’n inleiding tot ’n liedjie (vorm)

Skep ’n ritmiese patroon om ’n liedjie mee te begin en te eindig en gebruik dit tussen versies (vorm)

Hou tyd met liggaamsdele op maat van musiek (tempo)

Hou tyd met liggaamsdele op maat van musiek (tempo)

Speel instrumente en gaan stelselmatig vinniger/stadiger (tempo)

Speel instrumente en gaan stelselmatig vinniger/stadiger (tempo)

Begin met die begeleiding van liedjies deur gebruik te maak van eenvoudige herhalende patrone (ostinato)

Begelei liedjies deur gebruik te maak van eenvoudige herhalende patrone (ostinato)

Begelei liedjies deur gebruik te maak van eenvoudige herhalende patrone (ostinato) en gebruik ’n paar musikale elemente, bv. maatslag, ritme en dinamiek

Begelei liedjies deur gebruik te maak van meer ingewikkelde herhalende en veranderende patrone (ostinato), en gebruik musiekelemente, bv. tempo, toonhoogte, dinamiek en vorm

Page 13: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

10 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

DRAMA – UITDRUKKING DEUR MIDDEL VAN MIMIEK

TEMA: SAMEWERKING

PRE-PRIMÊR

GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

SAMEWERKING, RESPEK EN GEBRUIK VAN VEILIGE PROSEDURES EN REËLS

Demonstreer persoonlike kuns- en sosiale vaardighede soos om beurte te maak, na ander te luister en met ander te deel

Demonstreer persoonlike kuns- en sosiale vaardighede soos om na ander te luister en bedagsaam en behulpsaam te wees

Demonstreer persoonlike kuns- en sosiale vaardighede soos om te deel, en regverdig, bedagsaam en behulpsaam te wees

Demonstreer persoonlike kuns- en sosiale vaardighede soos om regverdig te wees, groepbesluite te neem en onafhanklik te werk

Page 14: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

11 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

PRE-PRIMÊR

GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

Begin met die demonstrasie van liggaamsbewustheid, kontrole oor beweging, buigsaamheid, ruimtelike bewustheid, gebare en gesigsuitdrukking

Demonstreer liggaamsbewustheid, kontrole oor beweging, buigsaamheid, ruimtelike bewustheid, gebare en gesigsuitdrukking

Demonstreer liggaamsbewustheid, kontrole oor beweging, buigsaamheid, ruimtelike bewustheid, gebare en gesigsuitdrukking

Demonstreer liggaamsbewustheid, kontrole oor beweging, buigsaamheid, ruimtelike bewustheid, oordrewe gebare en gesigsuitdrukking

Mimeer iemand anders se daaglikse gewoontes

Mimeer die bewegings van diere

Mimeer mense se beroepe

Mimeer abstrakte idees

DRAMA – ROLSPEL

Improviseer ’n eenvoudige situasie deur gebruik te maak van ’n handpop

Improviseer ’n eenvoudige situasie deur gebruik te maak van ’n handpop

Beplan en voer ’n situasie op deur gebruik te maak van handpoppe

Beplan en voer ’n situasie op deur gebruik te maak van handpoppe

Speel die rol van karakters in verskillende situasies

Speel die rol van karakters in verskillende situasies

Speel die rol van karakters in verskillende situasies

Speel die rol van karakters in verskillende situasies

DRAMA – DIE STRUKTUUR VAN ’N DRAMA (STORIE)

Plaas mondeling die gebeure in bekende stories in volgorde

Las by die stories aan

Skep ’n eenvoudige situasie

Skep ’n eenvoudige situasie

Skep die begin en einde vir ’n drama (storie)

Skep die begin en einde vir ’n drama (storie)

Skep ’n begin, ’n middel en ’n einde (’n gelukkige of ’n treurige ontknoping) vir ’n drama (storie)

DRAMA – AANBIEDING

Begin met ’n demonstrasie van die gebruik van ruimte, rekwisiete en eenvoudige dramategnieke, en wees bewus van die gehoor

Demonstreer hoe om ruimte, rekwisiete en eenvoudige dramategnieke te gebruik, en wees bewus van die gehoor

Demonstreer hoe om ruimte, rekwisiete en eenvoudige dramategnieke te gebruik, en wees bewus van die gehoor

Demonstreer hoe om ruimte, rekwisiete en eenvoudige dramategnieke te gebruik, en wees bewus van die gehoor

Voer dramas op voor ’n ander klas en voor ouers

Voer dramas op voor ’n ander klas en voor ouers

Voer dramas op voor ’n ander klas en voor ouers en die hele skool

Voer dramas op voor groter gehore soos die gemeenskap/streek

Page 15: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

12 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

DANS – ELEMENTE VAN LIGGAAMSBEWUSTHEID, VLAKKE, KRAGTE, VLOEI EN TYD

Beweeg vrylik op maat van musiek deur gebruik te maak van verskillende liggaamsdele en vlakke (laag/hoog)

Beweeg vrylik op maat van musiek deur gebruik te maak van verskillende liggaamsdele en vlakke (laag/middel/hoog)

Beweeg vrylik op maat van musiek deur gebruik te maak van verskillende liggaamsdele en vlakke (laag/middel/hoog)

Beweeg vrylik op maat van musiek deur gebruik te maak van verskillende liggaamsdele en vlakke (laag/middel/hoog)

Page 16: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

13 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

PRE-PRIMÊR GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

Begin met 'n demonstrasie van liggaamsbewustheid met behulp van vloeiende en teenstellende bewegings, skielike en volgehoue bewegings, balans en koördinasie

Demonstreer liggaamsbewustheid met behulp van vloeiende en teenstellende bewegings, skielike en volgehoue bewegings, balans en koördinasie

Demonstreer liggaamsbewustheid met behulp van ’n kombinasie van vloeiende en volgehoue bewegings, teenstellende bewegings, balans en koördinasie

Demonstreer liggaamsbewustheid met behulp van ’n kombinasie van vloeiende en volgehoue bewegings, teenstellende bewegings, balans en koördinasie

Beweeg in verskillende rigtings met verandering van kragte en vloeiendheid

Beweeg in verskillende rigtings met verandering van kragte en vloeiendheid

Beweeg in ’n opeenvolging van rigtings en bewegings, en verander kragte en vloeiendheid

Beweeg in ’n opeenvolging van rigtings en bewegings, en verander kragte en vloeiendheid

Behou ’n vaste, ritmiese tempo tydens beweging (tyd)

Gebruik verskillende tempo's en ritmes tydens beweging (tyd)

Kombineer verskillende tempo's en ritmes tydens beweging (tyd)

Kombineer verskillende tempo's en ritmes tydens beweging (tyd)

DANS – AANBIEDING

Begin om bewustheid van die gehoor en ruimte te kweek en oefen eenvoudige tegnieke soos binnekom en uitgaan

Kweek ’n bewustheid van die gehoor en ruimte en oefen eenvoudige tegnieke soos binnekom en uitgaan

Kweek ’n bewustheid van die gehoor, ruimte en eenvoudige tegnieke soos om sekere handelinge te oefen

Kweek ’n bewustheid van die gehoor, ruimte en eenvoudige tegnieke soos om moeilike dele van die dans te oefen

Voer tradisionele, geïmproviseerde en afgerigte danse voor ander klasse en voor ouers op

Voer toenemend moeilike tradisionele, geïmproviseerde en afgerigte danse voor ander klasse en voor ouers op

Voer toenemend moeilike tradisionele, geïmproviseerde en afgerigte danse voor ander klasse, voor ouers en voor die hele skool op

Voer toenemend moeilike tradisionele, geïmproviseerde en afgerigte danse voor groter gehore op soos die gemeenskap/streek

TEMA: EVALUERING

EVALUERING EN REFLEKSIE OP EIE EN ANDER SE KUNS

Beskryf of teken prentjies om gevoelens en waarnemings uit te druk oor eie kuns en die kuns van ander

Beskryf en verduidelik gevoelens en waarnemings oor eie kuns en die kuns van ander

Beskryf, verduidelik en maak gevolgtrekkings oor eie kuns en die kuns van ander

Beskryf eie kuns en dié van ander deur kenmerke te verduidelik met behulp van spesifieke terminologie, persoonlike voorkeure, beskrywing van gevoel en deur menings te gee

Page 17: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

14 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

9. Leerinhoud

Graad 1-leerders moet in die eerste termyn vir minstens vyf weke blootgestel word aan gereedheidsaktiwiteite voordat formele leer begin. Verwys na die dokument A School Readiness/Preparatory Programme (5 weeks), uitgegee deur (NIED 2011)

TEMA: DEELNAME

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

Samewerking, respek, veilige prosedures en gewoontes

Leerdoelwit Leerders werk saam in 'n groep, respekteer ander se behoeftes en gebruik veilige prosedures en gewoontes

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

demonstreer persoonlike en sosiale vaardighede deur visuele kuns, musiek, drama en dans

demonstreer sosiale vaardighede, bv. maak beurte, luister na ander, wees bedagsaam en werk saam met ander

gebruik veilige prosedures, bv. vra hulp en kyk as die onderwyser demonstreer, strek/warm op voor dansroetines

demonstreer gewoontes, bv. was verfkwaste voor ’n ander

kleur gebruik word; sit stil terwyl ander optree

demonstreer persoonlike en sosiale vaardighede deur visuele kuns, musiek, drama en dans

demonstreer sosiale vaardighede, bv. deel rolle, luister en bespreek alle idees, wees bedagsaam, wees regverdig en werk saam met ander

gebruik veilige prosedures, bv. gebruik kwaste oordeelkundig, beskerm werkoppervlakke, strek/warm op voor dansroetines

demonstreer gewoontes, bv. laat nat werk droog word voor dit gebêre/uitgestal word; stel belang wanneer ander optree

demonstreer persoonlike en sosiale vaardighede deur visuele kuns, musiek, drama en dans

demonstreer sosiale vaardighede, bv. deel rolle, luister en bespreek alle idees, wees regverdig, neem groepbesluite en werk selfstandig

gebruik veilige prosedures, bv. versorg toerusting op ’n verantwoordelike wyse, strek/warm op voor dansroetines

demonstreer gewoontes, bv. herwin kunsmateriaal om verkwisting te voorkom; stel belang wanneer ander optree

Page 18: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

15 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

TEMA: SKEP

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

VISUELE KUNS Lyn. patroon, kleur, vorm, tekstuur en ruimte

Leerdoelwit Leerders demonstreer die gebruik van lyn, patroon, kleur, vorm, tekstuur en ruimte

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

demonstreer die gebruik van lyne:

- dik, dun, reguit, gekeepte, aaneenlopende of gebroke lyne

- om die buitelyn van ’n vorm te

trek wat ’n voorwerp voorstel, bv. "Dit is my hond."

- om iets uit te druk, bv. dun

lyntjies om ligte reën voor te stel

herhaal patrone om ’n prentjie te maak, bv. herhaalde sigsaglyne

verander kleure deur ander kleure by te voeg, bv. ’n mengsel van geel en rooi maak oranje

- kleure kan gegroepeer word

in families, bv. rooi is "warm", groen is "koel"

demonstreer die gebruik van lyne:

- dik, dun, reguit, gekeepte, aaneenlopende of gebroke lyne

- om ’n rand aan te dui, bv. "Ek

het reguit lyne gebruik vir die dak van die huis."

- - om iets uit te druk, bv. - gekartelde lyne om die - deinende see voor te stel

gebruik herhaling van vorms, bv. herhaal ’n reeks meetkundige vorms

meng twee primêre kleure om ’n sekondêre kleur te maak, bv. rooi en geel (oranje), rooi en blou (pers), geel en blou (groen)

- kleure kan gegroepeer word in families, bv. hoeveel verskillende soorte groen kan jy sien?

demonstreer die gebruik van lyne:

- dik, dun, reguit, gekeepte, aaneenlopende of gebroke lyne

- om ’n rand aan te dui, bv. "Ek

het gekeepte lyne gebruik vir die leeu se maanhare."

- om iets uit te druk, bv. gekrulde

lyne om die uitwerking van die wind voor te stel

gebruik herhaling van patrone wat in die omgewing voorkom, bv. kopieer die patrone op skulpe

meng verskillende hoeveelhede primêre kleure om ’n verskeidenheid sekondêre kleure te kry

- kleure kan gegroepeer word in

families, bv. hoeveel blou voorwerpe is daar in die klaskamer?

Page 19: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

16 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

skep 2D meetkundige vorms en patrone en simboliese vorms, bv. sirkels, vierkante, reghoeke en driehoeke, hartvorms en sterre

skep nie-meetkundige vorms met behulp van vervaardigde en natuurlike voorwerpe, bv. blaarafdrukke

skep teksture met behulp van voorwerpe uit die omgewing, bv. klippe, vere, blare, bas

skep 2D meetkundige vorms en patrone en simboliese vorms, bv. sirkels, vierkante, reghoeke en driehoeke, padtekens

skep nie-meetkundige vorms met behulp van vervaardigde en natuurlike voorwerpe, bv. aartappelafdrukke

skep teksture met behulp van voorwerpe uit die omgewing, bv. nat, droë, glibberige, growwe, koue, gladde, skerp oppervlakke

skep ruimtes: - tussen vorms, bv. sirkels wat

met mekaar verbind word skep diamantvormige spasies tussenin

- om diepte in ’n prentjie te wys, bv, ’n huis met berge in die agtergrond

skep 2D meetkundige vorms en patrone en simboliese vorms, bv. sirkels, vierkante, reghoeke, driehoeke en ovale, die son op die Namibiese vlag

skep nie-meetkundige vorms met behulp van vervaardigde en natuurlike voorwerpe

skep teksture wat soos werklike voorwerpe lyk, bv. maak merke wat soos ’n kat se hare lyk

skep ruimtes: - tussen vorms, bv. daar is

spasies tussen voorwerpe in ’n prentjie en agtergrondspasie

- om diepte in ’n prentjie te wys, bv. voorwerpe verder weg is kleiner en soms hoër (vlak)

Page 20: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

17 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

VISUELE KUNS Modellering en konstruksie

Leerdoelwit Leerders demonstreer modelleer- en konstruksievaardighede

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

maak 3D strukture deur gebruik te maak van vaardighede soos weef, skeur, knip, vou en plak, bv. tafelmatjies, sokkiepoppe en maskers

- gebruik kennis van algemene 3D vorms

maak 3D strukture deur gebruik te maak van ’n verskeidenheid vaardighede en herwonne materiaal, bv. kaartjies en geskenke

- gebruik kennis van algemene 3D vorms

maak 3D strukture deur gebruik te maak van ’n verskeidenheid vaardighede en herwonne materiaal, bv. bewertjies, kleibeeldjies en feestelike versierings

- gebruik kennis van algemene 3D vorms

maak ’n randpatroon deur te ryg, bv. skoenveters, wol, tou, ens.

vorm, knip, rol uit, verbind en maak afdrukke

- maak krale en juwele met behulp van rivierklei/speeldeeg en eenvoudige gereedskap om te sny

werk groot steke op materiaal om ’n patroon te maak

maak modelle van diere en mense met inagneming van vorm, detail en tekstuur

- gebruik rivierklei/speeldeeg, draad, dun tou, wol, ens.

werk ’n verskeidenheid eenvoudige steke op materiaal om ’n ontwerp te vorm

maak modelle van diere en mense met inagneming van vorm, detail, tekstuur, kenmerke en klere

- gebruik rivierklei/speeldeeg, draad, dun tou, wol, ens.

Page 21: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

18 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

VISUELE KUNS Prente

Leerdoelwit Leerders demonstreer tekenvaardighede

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

gebruik herroep, geheue en verbeelding as ’n bron van inspirasie om te teken, bv. skep ’n prentjie van iets wat hulle graag doen

gebruik detail uit die natuur, bv. kyk na lyne, vorms, patrone en kleure van blare voor hulle dit teken

gebruik herroep, geheue en verbeelding as ’n bron van inspirasie om te teken, bv. bespreek en teken iets wat gedurende die vakansie gebeur het

teken om waarnemings vas te lê, bv. gedurende ’n natuurlike omgewing (wetenskap) klas, laat hulle na ’n blom kyk voor hulle dit teken

gebruik herroep, geheue en verbeelding as ’n bron van inspirasie om te teken, bv. bespreek gebeurtenisse in ’n storie en skep ’n prentjie

teken om waarnemings vas te lê, bv. gebruik ’n spieël om na gelaatstrekke te kyk voor hulle ’n selfportret teken

skep prentjies: - gebruik ’n deursigtige laag kleur oor ’n

waskryttekening, bv. my gesin - skep ’n collage met behulp van ’n

verskeidenheid natuurlike en vervaardigde materiaal om prentjies te maak, bv. karton, wol, materiaal, gom, stokkies, krale, linte

- skep eenvoudige afdrukke deur gebruik te maak van die omgewing, bv. blare, blomme, geld

gebruik gemengde media, bv. kombineer waskryt en verf om ’n prent te skep

- eksperimenteer met verskillende materiale en prosesse, bv. verf met kwasse, vingers, stokkies, vere wat in verf gedoop is, krap, drup, ens.

skep prentjies: - laat dun verf deurmekaar vloei,

bv. ’n skoelapper - skep ’n collage met behulp van

’n verskeidenheid natuurlike en vervaardigde materiaal om ’n landskap te maak, bv. sand, blare, sade, houtskaafsels, dun tou, gom

- skep eenvoudige afdrukke met groente, bv. aartappels

gebruik gemengde media, bv. kombineer verskillende materiale en tegnieke met behulp van oorvleuelende patrone en vorms

- eksperimenteer met verskillende materiale en prosesse, bv. wend verf aan op verskillende voorwerpe soos aartappels om afdrukke te maak; skep prente met waskryt op gekleurde papier

skep stilleweprente: - gebruik dik en dun verf - skep ’n collage met behulp van ’n

verskeidenheid natuurlike en vervaardigde materiaal om ’n prent oor ’n tema of idee te maak

- skep afdrukke deur patrone uit spons te sny en kolligrafieë te maak (plak items soos stukkies tou op karton); maak ’n "vryfie" deur ’n vel papier op ’n blaar te plaas en oor die papier te vryf met ’n potlood/waskryt

gebruik gemengde media, bv. kombineer verskillende materiale en tegnieke deur gebruik te maak van verskillende teksture en skakerings

- eksperimenteer met verskillende materiale en prosesse, bv. wend verf op waspapier aan om ’n batik te maak; gebruik kleurstof op materiaal; skep prente met waskryt op gekleurde papier

Page 22: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

19 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

MUSIEK Sing (duur, maatslag, ritme, toonhoogte, tempo, dinamiek, vorm en harmonie)

Leerdoelwit Leerders demonstreer ’n repertoire van liedjies met behulp van die elemente van musiek (duur, maatslag, ritme, toonhoogte, tempo, dinamiek, vorm en harmonie)

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

gee geleentheid om – - lang en kort klanke te herken tydens die

sing van liedjies (duur) - die stem te gebruik om baie hoë/baie lae

klanke te maak (toonhoogte) - die stem te gebruik om baie harde/baie

sagte klanke te maak. Sing bekende liedjies baie hard en baie sag (dinamiek)

improviseer ’n melodie deur ’n eenvoudige onvoltooide melodiese patroon wat die onderwyser sing, klaar te maak (vorm), bv. Onderwyser sing ’n vraag op ’n bekende wysie: "Hoe gaan dit vandag met jou?" Die leerder antwoord deur die wysie klaar te maak: "Dit gaan baie goed, dankie."

sing bekende liedjies baie vinnig en baie stadig (tempo)

gee geleentheid om – - lang en kort klanke te herken

(duur) - liedjies op hoë en lae

toonhoogtes te sing - liedjies te sing wat geleidelik

harder en sagter raak (dinamiek) improviseer ’n melodie deur ’n eenvoudige onvoltooide melodiese patroon wat die onderwyser sing, klaar te maak (vorm), bv. Onderwyser sing ’n vraag op ’n bekende wysie"Hoe gaan dit vandag met jou?" Die leerder antwoord deur die wysie klaar te maak: "Dit gaan baie goed, dankie."

sing liedjies – wat stelselmatig vinniger/stadiger gaan (tempo) waar ’n inleiding gegee word (vorm)

gee geleentheid om – - lang en kort klanke te herken (duur) - liedjies op hoë en lae toonhoogtes

te sing - liedjies te sing wat harde en sagte

dele bevat (dinamiek)

improviseer ’n melodie deur ’n eenvoudige onvoltooide melodiese patroon wat die onderwyser sing, klaar te maak (vorm), bv. Die onderwyser sing: "Wat is jou gunsteling kos?" Die leerder antwoord deur die wysie klaar te maak: "Ek hou baie van roomys."

sing liedjies – wat vinnige en stadige dele bevat (tempo) waar dele van die liedjie herhaal word (vorm), bv. ’n refrein

Page 23: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

20 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

sing liedjies en speel singspeletjies in die moedertaal, ander Namibiese tale en Engels

- sing liedjies met twee eenvoudige dele

(harmonie)

sing die nasionale volkslied

sing liedjies en speel singspeletjies in die moedertaal, ander Namibiese tale en Engels

- sing liedjies met twee

eenvoudige dele (harmonie)

sing die nasionale volkslied uit die kop

sing moeiliker liedjies in ’n afgerigte groep in die moedertaal, ander Namibiese tale, Engels en tale van buurlande

sing liedjies met twee eenvoudige dele (harmonie)

sing die Afrika Unie Lied

MUSIEK Perkussie (duur, maatslag, ritme, toonhoogte, tempo, dinamiek en vorm)

Leerdoelwit Leerders demonstreer slagwerkvaardighede met behulp van die elemente van musiek (duur, maatslag, ritme, toonhoogte, tempo, dinamiek en vorm)

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

gee geleentheid om slagwerk te gebruik om –

- lang en kort klanke te herken (duur) - hoë/lae klanke te maak (toonhoogte) - te eksperimenteer met sagte en harde

klanke (dinamiek) - te eksperimenteer met verskillende

natuurlike materiale/slaginstrumente om verskillende klanke te ontdek, bv. blaas, skud, slaan, vryf en tokkel

gee geleentheid om slagwerk te gebruik om –

- lang en kort klanke te herken (duur)

- hoë/lae klanke te maak (toonhoogte)

- stelselmatig harder en sagter te gaan tydens speel (dinamiek)

- te eksperimenteer met verskillende natuurlike materiale/slaginstrumente om verskillende klanke te ontdek, bv. om eers met die vingers en dan met die hande op ’n drom te speel

gee geleentheid om slagwerk te gebruik om –

- lang en kort klanke te herken (duur) - hoë/lae klanke te maak

(toonhoogte) - stelselmatig harder en sagter te

gaan tydens speel (dinamiek) te eksperimenteer met verskillende natuurlike materiale/slaginstrumente om verskillende klanke te ontdek, bv. om te tik teen bottels wat tot verskillende vlakke met water gevul is

Page 24: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

21 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

- demonstreer "maatslag" en "ritme"

maak gepaste bewegings make met die liggaam of eenvoudige slaginstrumente

- voltooi ’n eenvoudige onvoltooide

ritmiese patroon (vraag/antwoord) met ’n speletjie tussen die leerder en die onderwyser (vorm)

hou tyd met die liggaam, bv. loop in die kamer rond op maat van opgeneemde musiek/sang (maatslag/tempo)

- speel eenvoudige herhalende patrone saam met liedjies (ostinato)

- hou tyd met die liggaam (klap, slaan),

versamelde items (kalbasse, saadpeule) en instrumente (stokkies, dromme, skudders)

- demonstreer die verskil tussen "maatslag" en "ritme" (liggaam)

gebruik perkussie (klap) of eenvoudige slaginstrumente (stokkies)

- skep ’n inleiding vir ’n liedjie met

behulp van slagwerk (vorm)

speel op instrumente en gaan stelselmatig vinniger/stadiger (tempo)

- speel eenvoudige herhalende

patrone saam met liedjies (ostinato) met behulp van ’n paar elemente van musiek, bv. maatslag, ritme en dinamiek

- hou tyd met die liggaam (klap, slaan), versamelde items (kalbasse, saadpeule) en instrumente (stokkies, dromme, skudders)

- demonstreer die verskil tussen "maatslag" en "ritme"

gebruik perkussie met die liggaam (klap) of eenvoudige slaginstrumente (stokkies)

- skep ’n ritmiese patroon met behulp

van slagwerk om ’n liedjie te begin en te eindig en tussen verse te gebruik (vorm)

speel op instrumente en gaan stelselmatig vinniger/stadiger (tempo)

- speel meer ingewikkelde

herhalende en veranderende patrone (ostinato) saam met liedjies met behulp van die elemente van musiek, bv. tempo, toonhoogte, dinamiek en vorm

- hou tyd met die liggaam (klap,

slaan), versamelde items (kalbasse, saadpeule) en instrumente (stokkies, dromme, skudders) xilofone , snare)

Page 25: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

22 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

DRAMA Uitdrukking deur middel van mimiek

Leerdoelwit Leerders demonstreer fisieke uitdrukking deur middel van mimiek

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

demonstreer liggaamsbewustheid, buigsaamheid en kontrole, bv. marsjeer met alternatiewe hand en voet na vore, spring, huppel

demonstreer ruimtelike bewustheid, bv. volg ’n voorgeskrewe pad van een punt na ’n ander

demonstreer gebare, bewegings en gesigsuitdrukkings, bv. wys gelukkige, treurige, kwaai gesigte

mimeer aksies van diere, bv. bewegings, gewoontes

demonstreer liggaamsbewustheid, buigsaamheid en kontrole, bv. speel maak-soos-ek met verskillende aksies

demonstreer ruimtelike bewustheid, bv. beweeg vrylik in ’n ruimte sonder om aan iemand te raak

gebruik gebare en gesigsuitdrukkings, bv. in pare wat na mekaar kyk trek een gesigte en die ander na-aap dit

mimeer mense se beroepe, bv. onderwyser, dokter

demonstreer liggaamsbewustheid, buigsaamheid en kontrole, bv. voer aksies in stadige beweging uit

demonstreer ruimtelike bewustheid, bv. beweeg op verskillende maniere van een punt na ’n ander

oordryf algemene gebare, bv. waai, skud hande, frons

mimeer abstrakte idees, bv. wind, vuur, ’n storm, kalmte

Page 26: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

23 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

DRAMA Rolspel

Leerdoelwit Leerders demonstreer hoe om 'n rolspel te beplan en op te voer

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

improviseer ’n eenvoudige situasie met behulp van ’n handpop, bv. die handpop vertel sy eie storie (sy naam, waar hy woon, sy gunsteling kos)

beplan ’n situasie en voer dit op met behulp van handpoppe, bv. ’n eenvoudige gesprek tussen twee handpoppe oor hulle dag by die skool

beplan ’n situasie en voer dit op met behulp van handpoppe, bv. ’n eenvoudige gesprek tussen twee handpoppe oor hulle dag by die skool

speel karakters in verskillende situasies, bv. onderwyser/leerder; vriende/vyande; ma/kind

- vertolk 'n rol met 'n kenmerkende stem

en bewegings, bv. sit ’n polisieman se hoed op en "wees" daardie persoon

- eksperimenteer met stem, bv. verander die volume, toonhoogte en tempo (tempo)

speel karakters in verskillende situasies, bv. onderwyser/leerder; vriende/vyande; ma/kind

- vertolk 'n rol met 'n kenmerkende stem en bewegings, bv. neem ’n graaf en word iemand wat dit gebruik

- eksperimenteer met stemtegnieke, bv. oordryf volume en toonhoogte sodat die stem agter in die klaskamer gehoor kan word

speel karakters in verskillende situasies, bv. onderwyser/leerder; vriende/vyande; ma/kind

- vertolk 'n rol met 'n kenmerkende

stem en bewegings, bv. "wees" ’n nuusleser by die NBC

- eksperimenteer met stemtegnieke,

bv. oordryf volume en toonhoogte sodat die stem agter in die klaskamer gehoor kan word

Page 27: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

24 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

DRAMA Struktuur van 'n drama

Leerdoelwit Leerders demonstreer bewustheid van hoe ’n die storie (storielyn) die struktuur (storie) van ’n drama beïnvloed

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

las aan by stories, bv. een leerder gee ’n sin en sê: "en dan"; die volgende leerder las ’n sin aan en gaan dan so aan

skep ’n begin en ’n eenvoudige einde vir ’n storie, bv. toe word ons wakker; toe gaan ons huis toe; die einde

wat vooraf en daarna gebeur het

skep ’n begin en ’n einde vir ’n storie

skep ’n eenvoudige situasie, bv. besluit op ’n situasie en gaan na hoe elke rol tot die aksie bydra

skep ’n begin, ’n middel en ’n einde (’n gelukkige of ’n treurige ontknoping) vir ’n storie

DRAMA Aanbieding

Leerdoelwit Leerders voer ’n mimiek, rolspel, drama of poppespel op met karakterisering en struktuur

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Page 28: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

25 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

DANS Elemente van liggaams-bewustheid, vlakke, krag,vloei en tyd

Leerdoelwit Leerders demonstreer afgerigte en geïmproviseerde dansvaardighede met behulp van die elemente van liggaamsbewustheid, vlakke, krag, vloei en tyd

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

beweeg vrylik op maat van musiek met verskillende liggaamsdele (liggaamsbewustheid) en vlakke, bv. swem deur die see op die bodem/oppervlak van die oseaan

demonstreer liggaamsbewustheid deur middel van –

- vloeiende/ononderbroke bewegings, bv. huppel en galop

- skielike/volgehoue bewegings, bv. breë en smal vorms

- teenstellende bewegings, bv. swaai twee

arms saam of apart

- balanseer op een been terwyl vlakke verander word, bv. hoë posisie, dan lae posisie

- koördineer hand/voet, bv.

teenoorgestelde hand na voet om te huppel en te galop

beweeg vrylik op maat van musiek met verskillende liggaamsdele (liggaamsbewustheid) en vlakke, bv. beweeg soos die wind hoog in die lug/middel/op grondvlak

demonstreer liggaamsbewustheid deur middel van –

- ’n kombinasie van vloeiende en volgehoue bewegings, bv. huppel en maak dan ’n wye vorms

- teenstellende bewegings, bv.

strek arms uit na die plafon en vou hulle om die liggaam

- balanseer en gebruik verskillende liggaamsdele as basis

- koördineer arms en voete, bv.

loop met simmetriese armpatrone

beweeg vrylik op maat van musiek met verskillende liggaamsdele (liggaamsbewustheid) en vlakke, bv. rol op ’n lae vlak, loop op die tone op ’n hoë vlak en keer terug na ’n lae vlak

demonstreer liggaamsbewustheid deur middel van –

- ’n kombinasie van vloeiende en volgehoue bewegings, bv. huppel in ’n sirkel en strek dan hoog op na die lug

- teenstellende bewegings, bv. sit

die regterhand op die linkerknie en omgekeerd

- balanseer en gebruik verskillende liggaamsdele as basis

- koördineer arms en voete, bv. loop

met simmetriese armpatrone en verander van rigting

Page 29: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

26 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

loop in verskillende rigtings en verander krag en vloeiendheid, bv. beweeg sywaarts en diagonaal, stop skielik en verander van rigting

gebruik verskillende tempo's vir bewegings (tyd) , bv. stadiger of vinniger

- beweeg ritmies op maat van musiek

(huppel, loop, hardloop, spring), klap die maatslag

- demonstreer beweging met behulp van

mondelinge opdragte van die onderwyser, bv. hardloop vir agt tellings, staan stil vir agt tellings

- volg die onderwyser se opdrag om te

begin beweeg, bv. gereed ... gaan

loop en gebruik ’n opeenvolging van rigtings en bewegings, verander krag en vloeiendheid, bv. hardloop sywaarts, huppel in ’n sirkel en galop vorentoe

kombineer verskillende tempo's vir beweging (tyd), bv. vinnige dan stadige bewegings wat geleidelik vinniger word

- beweeg ritmies op maat van musiek, wissel beweging en stilstand, bv. loop vir twee tellings, vries vir twee tellings

- demonstreer opeenvolging van

bewegings met verskillende aksies en tellings, bv. hardloop vir vier tellings, vries vir vier tellings, hardloop vir agt tellings, vries vir agt tellings

- volg die onderwyser se opdrag

om te begin beweeg, bv. 1, 2, 3, gaan

loop en gebruik ’n opeenvolging van rigtings en bewegings, verander krag en vloeiendheid, bv. kyk vorentoe en strek na die lug, kyk agtertoe en hurk, kyk diagonaal en spring op

kombineer verskillende tempo's vir beweging (tyd), bv. vinnige dan stadige bewegings wat geleidelik vinniger word

- beweeg ritmies op maat van

musiek en wissel bewegings, bv. loop vorentoe vir vier tellings, skop met die regterbeen vir vier tellings, loop agteruit vir vier tellings en swaai die arms, skop met die linkerbeen vir vier tellings

- demonstreer opeenvolging van

bewegings met verskillende aksies en tellings, bv. hardloop vir vier tellings, vries vir vier tellings, huppel vir agt tellings, strek na die lug vir vier tellings, vries vir agt

- volg die onderwyser se opdrag om te begin beweeg, bv. 1, 2, 3, gaan

Page 30: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

27 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

DANS Kort bewegings en dansopeenvolgings

Leerdoelwit Leerders voer kort bewegings en dansopeenvolgings uit op maat van musiek

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

demonstreer oefentegnieke, bv. binnekom en uitgaan

- wys hoe om ruimte te gebruik, bv.

beweeg binne eie ruimte tydens vertonings

- wys bewustheid van die gehoor, bv. buig

aan die einde van ’n vertoning

voer toenemend moeilike, uitdagende, tradisionele, geïmproviseerde en afgerigte danse uit voor ander klasse en ouers:

- danse geleer by klasmaats, ’n kenner uit die gemeenskap of van ’n elektroniese bron

- hou die onderwyser dop vir aanwysings - gebruik eenvoudige kostuums om die

dans te ondersteun - ontwikkel ritmiese vaardighede tydens

die dans - gebruik tradisionele drag

demonstreer oefentegnieke, bv. oefen aksies wat dit makliker sal maak om hulle te onthou

- wys hoe om ruimte te gebruik, bv. beweeg binne eie ruimte tydens vertonings

- wys bewustheid van die gehoor, bv. buig aan die einde van ’n vertoning

voer toenemend moeilike, uitdagende, tradisionele, geïmproviseerde en afgerigte danse uit voor ander klasse en ouers en die hele skool:

- danse geleer by klasmaats, ’n kenner uit die gemeenskap of van ’n elektroniese bron

- met of sonder die onderwyser se aanwysings

- gebruik eenvoudige kostuums om die dans te ondersteun

- ontwikkel ritmiese vaardighede tydens die dans

- gebruik tradisionele drag

demonstreer oefentegnieke, bv. werk deur dele van die dans wat meer oefening nodig het

- wys hoe om ruimte te gebruik, bv. beweeg na ander plekke en formasies binne die groep

- wys bewustheid van die gehoor, bv.

buig aan die einde van ’n vertoning

voer toenemend moeilike, uitdagende, tradisionele, geïmproviseerde en afgerigte danse uit voor groter gehore soos die gemeenskap, die streek:

- danse geleer by klasmaats, ’n kenner uit die gemeenskap of van ’n elektroniese bron

- met of sonder die onderwyser se aanwysings

- gebruik eenvoudige kostuums om die dans te ondersteun

- ontwikkel ritmiese vaardighede tydens die dans

- gebruik tradisionele drag

Page 31: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

28 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

TEMA: WAARDERING

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

Evaluering en refleksie

Leerdoelwit Leerders evalueer en reflekteer oor eie kuns deur op verskillende maniere te reageer op vrae van die onderwyser

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

beskryf en verduidelik gevoelens en waarnemings oor eie kuns:

- beskryf kenmerke van visuele

kuns en spesifieke media, bv. "Dit is ’n prentjie van my gesin. Ek het vetkryt en verf gebruik."

- beskryf musikale ervarings

deur idees oor te vertel, te onthou en met ander te deel, bv. "Ek het daarvan gehou om stokkies op mekaar te slaan. Dit was pret om al vinniger te speel."

- beskryf en vertel/gesels oor

aktiwiteite wat verband hou met drama, bv. "Ek het die wolf se rol gespeel. My stem het so geklink ..."

beskryf, verduidelik en maak gevolgtrekkings oor eie kuns:

- beskryf kenmerke van visuele

kuns en spesifieke tegnieke, bv. "Dit is ’n prentjie van ons huis. ek het die voëltjies klein geteken omdat hulle ver is."

- beskryf musikale ervarings deur

oor te vertel en te onthou en gevolgtrekkings te maak, bv. "Ek was gelukkig toe ek by die konsert gesing het. Almal het hande geklap, so ek dink hulle het van die liedjie gehou."

- Beskryf en vertel/gesels oor ’n

toneelstuk en boodskappe, bv. "Ons toneel was oor ’n meisie wat geld gesteel het. Op die ou end is sy gevang. ’n Mens moenie steel nie."

beskryf eie kuns deur kenmerke te verduidelik, spesifieke terminologie te gebruik, uitwerking te beskryf en opinies uit te spreek:

- beskryf kenmerke van visuele kuns en evalueer tegnieke, bv. "Dit is ’n prent wat met tou gemaak is. Dit was ’n groot gemors, so volgende keer sal ek nie so baie tou gebruik nie."

- beskryf musikale ervarings deur spesifieke terminologie te gebruik, persoonlike voorkeure te gee en kenmerke te beskryf, bv. "Ek dink die opvoering was te kort. Ons moes die koorgedeelte twee keer gesing het."

- Beskryf drama-gebeure en die uitwerking daarvan, bv. "Ons poppespel was oor hoe om die skool skoon te hou. Ek dink almal gaan nou die skool skoon hou."

Page 32: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

29 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

- beskryf en vertel/gesels oor beweging- en danservarings, bv. "Ek het eers ’n hoë beweging en toe ’n lae beweging gemaak. So ..."

- beskryf beweging- en danservarings en spesifieke tegnieke, bv. "Ons het stadig begin en al vinniger en vinniger gedans tot ons neergeval het."

- beskryf beweging- en danservarings deur te verduidelik en opinies uit te spreek, bv. "Ons het in ’n kring begin dans, maar dit het nie gewerk nie, toe verander ons dit en dans in ’n ry."

Evaluering en refleksie

Leerdoelwit Leerders evalueer en reflekteer oor ander se kuns deur op verskillende maniere te reageer op vrae van die onderwyser

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

Vaardighede Leerders moet die volgende kan doen:

beskryf en verduidelik eie gevoelens en waarnemings oor ander se kuns:

- kyk na werke van plaaslike kunstenaars, uitvoerende kunstenaars en vakmanne

- lewer positiewe kommentaar oor spesifieke elemente van visuele kuns, bv. "Al die kleure in die prent lyk soos ’n

reënboog." - beskryf musikale ervarings

deur te gesels/onthou en dit met ander te deel, bv. "Ek het nie van die stadige dele gehou nie, maar die vinnige dele was lekker."

beskryf, verduidelik en maak gevolgtrekkings oor ander se kuns:

- kyk na werke van plaaslike kunstenaars, uitvoerende kunstenaars en vakmanne

- lewer positiewe kommentaar oor spesifieke elemente van visuele kuns, bv. "Ek hou van die gevoel van die leeu se maanhare. Dit lyk regtig soos ’n leeu."

- beskryf musikale ervarings deur te gesels/onthou en gevolgtrekkings te maak, bv. "Almal het geglimlag, daarom dink ek dit was vir hulle lekker om die liedjie te sing."

beskryf ander se kuns deur kenmerke te verduidelik, spesifieke terminologie te gebruik, persoonlike voorkeure uit te spreek, uitwerking te beskryf en eie opinies te gee:

- kyk na werke van plaaslike kunstenaars, uitvoerende kunstenaars en vakmanne

- lewer positiewe kommentaar oor spesifieke elemente van visuele kuns, bv. "Die eerste ding wat ek gesien het was die groot rooi driehoek in die middel van die prent. Ek kon na niks anders kyk nie. Ek dink dit is wat hy (die kunstenaar) wou gehad het ek moet doen."

- beskryf musikale ervarings deur spesifieke terminologie te gebruik, persoonlike voorkeure uit te spreek en kenmerke te verduidelik, bv. Dit was vir my mooi toe hulle sagter en sagter

Page 33: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

30 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

ONDERWERP GRAAD 1 GRAAD 2 GRAAD 3

- sien ’n verband tussen die drama en eie ervarings, bv. besluit of die situasie in die werklike lewe sou kon plaasvind

- dra gevoelens oor die drama oor, bv. maak ’n piktogram om die gewildste karakter uit te wys

- beskryf en vertel/gesels oor beweging- en danservarings, bv. "Ek het eers ’n hoë beweging en toe ’n lae beweging gemaak. So ..."

- sien ’n verband tussen die drama en eie ervarings, bv. identifiseer die hooftema en dink aan ander voorbeelde uit eie lewens

- dra gevoelens oor die drama oor, bv. noem twee dinge waarvan hulle gehou het en stel een ding voor wat verbeter kan word

- beskryf beweging- en danservarings en spesifieke tegnieke, bv. "Ons het stadig begin en al vinniger en vinniger gedans tot ons neergeval het."

gesing het en toe weer hard aan die einde. Dit is wat ons moet doen as ons weer sing.

- sien ’n verband tussen die drama en eie ervarings, bv. dink na oor hoekom ons van party karakters hou en nie van ander nie

- dra gevoelens oor die drama oor, bv. fokus op die effektiwiteit van die drama, die verhaalstruktuur, en die gebruik van stem en aksie

- beskryf beweging- en danservarings deur te verduidelik en eie opinies te gee, bv. "Ons het in ’n kring begin dans, maar dit het nie gewerk nie, toe verander ons dit en dans in ’n ry."

Page 34: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

31 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

10. Evaluering

Ten einde die volle omvang en vlakke van vaardighede te bepaal is ’n verskeidenheid deurlopende evaluering-siuasies in die Junior Primêre fase nodig om ’n totale beeld van die leerder se vordering en bemeestering te gee. Deurlopende Evaluering (DE) moet duidelik, eenvoudig en hanteerbaar wees, en stewig geanker in leerdergerigte beginsels en praktyke. Die vaardighede in die sillabus lê die begrip en bekwaamhede neer wat ’n leerder moet bereik en wat geëvalueer moet word. Die doelwit is egter dat die die sillabus leer-gedrewe moet wees, eerder as evaluering-gedrewe. 10.1 Evalueringsdoelwitte Die doel van DE is om betroubare en toepaslike inligting oor die leerder se bemeestering van die vaardighede te bekom. Hierdie inligting moet gebruik word om terugvoering aan leerders te gee oor hulle sterk en swak punte; waar hulle goed doen en waar en hoe hulle behoort te verbeter. Ouers moet gereeld deur middel van ’n formele skoolrapport op hoogte gebring word van hulle kinders se vordering. Hulle moet aangemoedig word om hulle kinders se prestasies te beloon en hulle opvoeding te ondersteun. Deurlopende evaluering help onderwysers ook om hulle onderrig te verbeter en vir die leerders ’n beter leerervaring te gee. Die fokus moet wees op evaluering vir leer eerder as evaluering van leer. Ons evalueer om ’n betroubare beeld te kry van elke leerder se bemeestering van die vaardighede ten einde verdere onderrig/leer te verbeter, leerondersteuning te gee en onderrigstelsels te evalueer.

10.2 Soorte evaluering Informele evalueringsmetodes: Die onderwyser moet vasstel hoe goed elke leerder die vaardighede wat in die Eerste Taal (Afrikaans) sillabus uiteengesit word, bemeester het, en daarvolgens die leerder se vordering bepaal. In ’n groot mate kan dit op ’n informele wyse geskied deur waarneming van elke leerder se vordering in leer- en praktiese situasies terwyl hulle ondersoek, verskynsels en data interpreteer, kennis toepas, kommunikeer, standpunt inneem, sowel as in hulle deelname in die algemeen. ’n Wye reeks informele evalueringsprosedures moet gebruik word, bv. praktiese take, waarnemingstegnieke, informele vraagstelling, bespreking en evaluering deur klasmaats. Evaluering moet op die basiese vaardighede konsentreer en moet verband hou met die doelwitte vir elke onderwerp. Dit kan individuele, paar- of groepaktiwiteite insluit. Die deelname en betrokkenheid van leerders by groepwerk moet ook in ag geneem word. Met elke stap van die leerproses moet die onderwyser seker maak dat die leerders al die basiese vaardighede bemeester.

Formele evalueringsmetodes: Dit behels evalueringstake soos vasvra, kort toetse, mondelinge toetse en werkblaaie. Werkblaaie is baie nuttig en kan óf op die skryfbord óf op papier aangebied word. Dit is baie belangrik dat onderwysers hulle werk organiseer en beplan om leerders te evalueer en punte toe te ken en punte word dan verwerk uit tien (10). Die gebruik van formele geskrewe en mondelinge toetse kan net ’n beperkte omvang van vaardighede toets, en moet dus nie baie tyd in beslag neem nie. Kort toetse kan gedurende die Afrikaans Eerstetaalperiode afgehandel word en moet beskou word as ’n gewone taalaktiwiteit.

Page 35: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

32 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

10.3 Graadbeskrywings Die leerder se vlak van bemeestering in verhouding tot die vaardighede in die Eerste Taal (Afrikaans) sillabus word in letterwaardes aangedui. Dit is noodsaaklik dat die letterwaardes wat toegeken word, die leerder se werklike vlak van bemeestering weerspieël in verhouding tot die vaardighede. In grade 1 tot 3 hou letterwaardes verband met ‘n persentasie. Die verhouding tussen die waardes wat toegeken word en die vaardighede word hieronder aangedui.

Graad % Vaardigheidsbeskrywings

A 80%+ Bemeester vaardighede uitstekend. Die leerder vaar uitmuntend in al die afdelings van die vaardigheid.

B 70-79% Bemeester vaardighede baie goed. Die leerder se prestasie lê beduidend bo die gemiddelde vereistes en die leerder is baie knap op die meeste vlakke van vaardigheid.

C 60-69% Bemeester vaardighede goed. Die leerder het die vaardighede bevredigend bemeester in vreemde situasies en kontekste.

D 50-59%

Bemeester vaardighede bevredigend. Die leerder se vaardighede stem ooreen met die gemiddelde vereistes. Die leerder kan dalk in sommige afdelings ondersteuning nodig hê.

E 40-49%

Bemeester die minimum aantal vaardighede om as vaardig beskou te word. Die leerder het dalk nie al die vaardighede bemeester nie, maar sy/haar bemeestering is genoeg om bo die vaardigheidsvlak te wees. Die leerder hetop feitlik alle vlakke leerondersteuning nodig.

U 0-39%

Ongegradeer.Die leerder was nie in staat om ’n minimum vlak van vaardigheid te bereik nie, selfs met aansienlike hulp van die onderwyser. Die leerder het leerondersteuning baie nodig.

10.4 Omskrywing van riglyne vir Deurlopende Evaluering (Besonderhede is beskikbaar in die Junior Primary National Policy Guide) Evaluering moet deel uitmaak van die lesbeplanning, en daar moet duidelike evalueringstandaarde wees. Tydens lesse en terwyl leerders besig is met normale klasaktiwiteite is die onderwyser besig met formele en informele deurlopende evaluering vir al die verskillende vaardighede in al die vakke. In die Junior Primêre fase staan evaluering in noue verband met die kriteria. Dit beteken dat, as punte of letterwaardes toegeken word, dit noodsaaklik is dat hulle die leerder se bemeesteringsvlak in verhouding tot die vaardighede weerspieël.

10.4.1 Informele Deurlopende Evaluering

Informele Deurlopende Evaluering word gedoen deur noukeurige en geskrewe aantekeninge (sien voorbeeld 10.4.3). Dit beteken dat die onderwyser waarnemings oor bemeestering of probleme op die klaslys aanteken, terwyl die leerders met lesaktiwiteite besig is. Hierdie aantekeninge of opmerkings help dan weer met toekomstige lesbeplanning, vereistes vir leerondersteuning en die toekenning van punte vir Formele Deurlopende Evaluering. Dit is nie nodig om ’n opmerking of nota vir elke vaardigheid te maak nie – ’n merkie is al wat

Page 36: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

33 NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

nodig is om te wys dat ’n leerder die bepaade vaardigheid bemeester het. Geskrewe bewys is egter nodig as ’n leerder sukkel en meer hulp nodig het.

10.4.2 Formele Deurlopende Evaluering

Formele Deurlopende Evaluering word gewoonlik gedoen ná afhandeling van ’n tema of as ’n bepaalde begrip geëvalueer moet word voordat ’n nuwe begrip aangepak word. Hiervoor kan verskeie kort skriftelike of mondelinge toetse of vasvrageleenthede oor die termyn versprei word waarvoor die onderwyser dan punte toeken. Gedurende die termyn moet onderwysers rekord hou van die punte wat toegeken is vir Deurlopende evaluering op die Formele Deurlopende Evaluering klaslys. Hierdie evaluering vind plaas gedurende normale klasaktiwiteite. Dit beteken dat daar GEEN “toetsweek” of “toetsrooster” in die Junior Primêre fase (Gr. 1-3) is waar leerlinge moet leer vir toetse nie. Aan die einde van die termyn word die punte vir elke vak bymekaar getel in die “Totaal” kolom. Die “gemiddeld” word bereken deur die “Totaal” te deel deur die hoeveelheid evaluerings wat gedoen is. Die desimale breuke word afgerond volgens die wiskundige reël, bv. 3.2 = 3. Die gemiddelde punt word oorgedra na die Formele Deurlopende Evaluering Rekordvorm in onderskeie kolomme. Die onderwyser tel die kolomme bymekaar om die totaal te kry en bereken dan die persentasie. Die persentasie word verwerk na letterwaardes soos aangedui in 10.3.

(Besonderhede oor rekordhouding is beskikbaar in die Junior Primêre Deurlopende Evaluering Rekordvorm)

Page 37: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

34 NIED-leerplan: Kuns Junior Primêre Fase 2014

11. Woordelys

NB Die betekenisse wat hier gegee word, is van toepassing op die woord binne die konteks van hierdie leerplan en nie noodwendig op enige ander konteks nie.

Afdruk maak 'n patroon, ontwerp of merk op 'n oppervlak deur 'n voorwerp daarop te druk Afgerigte groep 'n groep sangers/akteurs wat deur 'n onderwyser of leerder afgerig word Choreografie ontwerp/vorm/plan van 'n dans Collage 'n prent wat gemaak word deur stukkies lap, papier, foto's en ander materiaal op 'n oppervlak te plak Drie-dimensionele (3D) struktuur 'n voorwerp met hoogte, breedte en diepte soos enige voorwerp in die regte wêreld Estetiese van die kunste: dit wat mooi, bevredigend en/of gepas is Gemengde media in visuele kuns verwys dit na 'n kunswerk wat verskillende media kombineer, bv. verf, waskryt en potlode Globalisering wêreldwye integrasie en ontwikkeling as gevolg van verbeterde tegnologie en kommunikasie; dit lei soms tot die verlies van kulturele identiteit Hoofstroomskole skole wat hoofsaaklik bedoel is vir leerders wat nie spesiale opvoedingsbehoeftes het nie. Enige skool wat nie ’n spesiale skool is nie Inkrementele vak 'n vak waarin vaardighede en kennis stelselmatig vermeerder Insluiting om alle partye in te sluit Integrering ’n kombinasie van dele of voorwerpe wat goed saamwerk Interkurrikulêr die deel van verskille tussen verskillende kulture Kollagrafie 'n basiese metode van prentvorming waar 'n plank gebruik word waarop materiale geplak word om 'n opgehewe oppervlak met

Page 38: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

35 NIED-leerplan: Kuns Junior Primêre Fase 2014

verskeie teksture te vorm. Dit is 'n baie kreatiewe en eksperimentele vorm van prente maak en 'n verskeidenheid materiale kan gebruik word, bv. karton, gare, lap, blare, maskeerband, tou en vele meer Leerstandaarde geskrewe voorskrifte van wat leerders moet weet en moet kan doen op grond van hulle onderrig ná ’n bepaalde tyd, bv. aan die einde van Junior Primêr. Dit word ook "inhoudstandaarde" genoem. Leerstandaarde beskryf wat onderwysers vir leerders moet leer en wat leerders moet leer. Ostinato 'n kort melodie of ritme wat herhaal word

Persepsie 'n bewustheid van iets deur die sintuie of begrip Repertoire al die liedjies of musiek wat 'n persoon kan uitvoere Rigied ferm, streng, onveranderbaar Ritmiese patroon 'n musiekpatroon met 'n vaste ritme Rondo 'n musikale komposisie waar twee of meer stemme presies dieselfde melodie sing (en onbepaald daarmee aanhou) maar elke stem begin op 'n ander tyd sodat verskillende dele van die melodie saamval in die verskillende stemme maar tog harmonies by mekaar inpas. Row, row, row your boat is 'n voorbeeld van 'n rondo Ruimtelike bewustheid die vermoë om bewus te wees van jouself in ruimte. Bewustheid van ruimtelike verhoudings is die vermoë om twee of meer voorwerpe in verhouding tot mekaar en tot jouself te sien Skoolgereedheid/Voorbereidingsprogram ’n program ontwerp vir graad 1 Namibiese leerders omdat baie leerders nie skoolgereedheid bereik voordat hulle skool toe gaan nie. Dit is ontwerp om leerders te help om die begrippe en bekwaamhede baas te raak wat nodig is vir meer formele leer Slagwerk die voortbring van klanke deur op iets te slaan Tematiese skakels verbindings met soorgelyke idees of onderwerpe in ander vakgebiede Twee-dimensionele (2D) struktuur 'n vorm met net twee dimensies (soos breedte en hoogte) en geen dikte nie

Vaardighede meetbare bekwaamhede wat as noodsaaklik beskou word om ’n taak uit te voer of ’n standaard te bereik

Page 39: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

36 NIED-leerplan: Kuns Junior Primêre Fase 2014

Vaslegging deeglik in die gedagte of die geheue vaslê Veilige prosedures maniere om goed te doen sonder om jouself of ander te beseer, bv. om water wat op die vloer geval het, op te droog tydens die kunsperiode Verskeidenheid etniese verskeidenheid sowel as sosio-ekonomiese en geslagsverskeidenheid binne 'n groep, gemeenskap of instelling

Page 40: MINISTRY OF EDUCATION JUNIOR PRIMARY PHASE ARTS … · sake rakend globalisering Omdat bepaalde vakke hulleself meer daartoe leen om spesifieke interkurrikulêre sake in te sluit,

NIED Syllabus: Arts Junior Primary Phase 2014

The National Institute for Educational Development Privaatsak 2034 Okahandja NAMIBIË Telefoon: +64 62 509000 Faks: + 64 62 509033 E-pos: [email protected] Webtuiste: http://www.nied.edu.na © NIED 2014