maart 2005 uitgawe - puk.ac.za · stroom-kampus bygewoon. tagtig referate is by die kongres met die...

8
KAMPUS NUUS Personeelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit Maart 2005 - Uitgawe 2 W W Waar aar aar aar aarde de de de dew w wandeling andeling andeling andeling andeling Studente en personeel het op 3 Maart nog gewys dat hulle bereid is om vir hulle waardes op te staan. Die opkoms was vanjaar egter kleiner as verlede jaar. Dr. Michael Moll, gewilde aanbieder van Top Billing, het ’n inspirerende boodskap in die amfiteater gelewer voordat die wandeling die roete na die Sedgars Park-krieketstadion gevolg het. Mnre. Russell Cagnacci en Chris Havenga van die Consumer Goods Council of South Africa het Moll se optrede geborg. Die studentedekaan, prof. Hendré Reyneke, sê dit is vir hom positief dat studente nog by hulle waardes hou en bereid is om daarby te staan. “Ek sou daarvan gehou het as meer studente daaraan wou deelneem. “Dit is natuurlik belangriker dat studente nie net hulle waardes tydens ’n wandeling uitleef nie, maar ook bereid is om reg deur die jaar daarby te hou en hul waardes sterker sal uitleef,” het Reynecke gesê. Die voorsitter van prinsipiële leiding van die studenteraad, Roelf Laurens, sê die verloop van die gebeure was uiters suksesvol. "Die uitdaging vir ons Pukke is egter nou om te bly by dit waarvoor ons gestap het en om soos Michael gesê het "not just being alive, but really living". Roelf sê hy sien uit na volgende jaar se wandeling en verwag dat studente elke jaar meer en meer betrokke sal raak. Studente en personeel tydens die onlangse Waardewandeling. Hier tussen 'n klompie studente is Vincent Eastes van bemarking en kommunikasie saam met die motoveringspreker, Michael Moll, en agter hulle Roelf Laurens, voorsitter van prinsipiële leiding, en mnr. Russell Cagnacci van die Consumer Goods Council of SA, wat Moll se uitgawes geborg het.

Upload: others

Post on 16-Feb-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Maart 2005 uitgawe - puk.ac.za · stroom-kampus bygewoon. Tagtig referate is by die kongres met die tema, Voorwaardes vir effektiewe onderwys, gelewer. Proff. Charles Webber van die

KAMPUSNUUSPersoneelblad vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Maart 2005 - Uitgawe 2

WWWWWaaraaraaraaraardededededewwwwwandelingandelingandelingandelingandelingStudente en personeel het op 3 Maart nog gewys dathulle bereid is om vir hulle waardes op te staan.

Die opkoms was vanjaar egter kleiner as verledejaar. Dr. Michael Moll, gewilde aanbieder van TopBilling, het ’n inspirerende boodskap in die amfiteatergelewer voordat die wandeling die roete na dieSedgars Park-krieketstadion gevolg het.

Mnre. Russell Cagnacci en Chris Havenga van die

Consumer Goods Council of South Africa het Mollse optrede geborg.

Die studentedekaan, prof. Hendré Reyneke, sê ditis vir hom positief dat studente nog by hulle waardeshou en bereid is om daarby te staan. “Ek sou daarvangehou het as meer studente daaraan wou deelneem.

“Dit is natuurlik belangriker dat studente nie nethulle waardes tydens ’n wandeling uitleef nie, maar

ook bereid is om reg deur die jaar daarby te hou enhul waardes sterker sal uitleef,” het Reynecke gesê.

Die voorsitter van prinsipiële leiding van diestudenteraad, Roelf Laurens, sê die verloop van diegebeure was uiters suksesvol. "Die uitdaging vir onsPukke is egter nou om te bly by dit waarvoor onsgestap het en om soos Michael gesê het "not just beingalive, but really living".

Roelf sê hy sien uit na volgende jaar se wandelingen verwag dat studente elke jaar meer enmeer betrokke sal raak.

Studente en personeel tydens die onlangse Waardewandeling. Hier tussen 'n klompie studenteis Vincent Eastes van bemarking en kommunikasie saam met die motoveringspreker, MichaelMoll, en agter hulle Roelf Laurens, voorsitter van prinsipiële leiding, en mnr. Russell Cagnaccivan die Consumer Goods Council of SA, wat Moll se uitgawes geborg het.

Page 2: Maart 2005 uitgawe - puk.ac.za · stroom-kampus bygewoon. Tagtig referate is by die kongres met die tema, Voorwaardes vir effektiewe onderwys, gelewer. Proff. Charles Webber van die

Kampusnuus 2

PUK-SpieëlFakulteit opvoedingswetenskappe

• Sowat 160 akademici en onderwysers van Suid-Afrika en die buiteland het die jaarlikse OVSA-kongres van 12 tot 14 Januarie by die Potchef-stroom-kampus bygewoon. Tagtig referate is by diekongres met die tema, Voorwaardes vir effektieweonderwys, gelewer. Proff. Charles Webber van dieuniversiteit van Calgary, Kanada en Sue Hasseler vandie Calvin College in Michigan, VSA, was diehoofsprekers. ’n Unieke simposium met die tema,"Waar wêrelde ontmoet – van die effektiewe opleidingvan onderwysers na die uitdagings vir effektieweskole", was deel van die kongres en plaaslikeskoolhoofde het hieraan deelgeneem. Die kombinasievan hoofde van histories bevoordeelde en historiesbenadeelde skole in SA, tesame met internasionaleperspektiewe oor leierskap in skole en sosialegeregtigheid het gesorg vir lewendige bespreking.

• Die jaarlikse J Chris Coetzee-gedenklesing is opDonderdag 17 Februarie gehou. Prof. JL van derWalt, vorige dekaan van die fakulteit opvoedingswe-tenskappe was die gasspreker en die titel van sy voor-drag was, Ses dekades opvoedingsfilosofie sedertChris Coetzee: waar staan ons vandag? Prof. KobusMentz was die organiseerder van dié lesing.

• ’n Artikelslypskool is van 21 tot 24 Februarie bydie fakulteit aangebied. Prof. Izak Oosthuizen het dieslypskool beheer.

• Dr. Susan Nieuwoudt van die skool vir onderwy-sersopleiding (natuurgerigte skoolvakke) is as lid van’n ministeriële taakspan aangestel om die vlak vanwiskunde-geletterdheid vas te stel. Die taakspan sewerksaamhede het reeds in Desember ’n aanvanggeneem. Die verslag is in Februarie aan die ministerse kantoor oorhandig.

• Prof. Izak Oosthuizen het onlangs ’n NRFkategorie C3-toekenning op grond van die vestiging,bydrae tot en uitbouing sedert 1985 van onderwysregaan ’n veelheid van tersiêre inrigtings ontvang.Oosthuizen is verbonde aan die skool vir opvoedkundeen opleiding.

• ’n Groot eer het mnr. Riaan van den Berg te beurt

geval deurdat die bestuur van die NWU hom genaderhet om die oorkondes van die drie kampusrektore teontwerp. Riaan is verbonde aan die skool vironderwysersopleiding (mensgerigte skoolvakke).

Skool vir entrepreneurskap, bemarking en toerisme

Carina Uys en Adrinet Snyman van die Instituut virtoerisme en vryetydstudies het van 6 tot 11 Februariedie derde IIPT African Conference on Peace throughtourism, in Lusaka, Zambië bygewoon. Referate watgelewer is, was onderskeidelik Evaluating the effi-cacy of a government funded SME-programme intourism in the RSA, asook Targeting the right mar-ket for SA National Parks. Die instituut het die ideevan ’n African Tourism Chapter die lig laat sien wataspekte soos navorsing en onderrig sal aanspreek. Dithet baie belangstelling by kongresgangers gewek.

Skool vir ekonomie, risikobestuur en internasionalehandel

Die skool het op 11 Februarie ‘n nagraadsewerkswinkel vir honneursstudente, M- en PhD-studente van oral oor gehou. Prof. Wim Naudé het‘n lesing oor wat wetenskap en navorsing is,aangebied. Die verskillende navorsingsmetodes, -fases en -temas is ook bespreek. Me. Erika Rood, dievakkundige (ekonomie) spesialis van die FerdinandPostma-biblioteek, het die verskillende dienste van

die biblioteek literatuursoektogte verduidelik. Mnr.Waldo Krugell het ‘n oorsig oor die nagraadse pro-gramme van SERI gegee.

Fakulteit ingenieursweseGerbrand Breed het ’n medalje as die beste

voorgraadse ingenieurstudent van ECSA (Engineer-ing Council of SA) tydens die Maart-gradeplegtigheidontvang. Gerbrand het sy B.Ing (elektriese enelektroniese ingenieurswese) cum laude verwerf. Hywas verlede jaar een van die top ses finalejaarstu-dente in die fakulteit.

• Prof. Frank Berry van die Open University,Engeland was vanaf 17 tot 22 Januarie 2005 opbesoek by prof. Frans Waanders van die skool virchemiese en mineraalingenieusrwese. Berry is dievoorsitter van die internasionale raad op die toe-passings van die Mössbauer-effek en het ‘n lesing oorsy navorsing in die skool gelewer. Berry het ook Sasolbesoek en ’n gesamentlike werksooreenkoms tussendie NWU, Sasol en die Open University is geor-ganiseer. Hy het ook die ander twee sentra in dieland waar Mössbauerwerk gedoen word, besoek. Hieris hy en sy vrou, Gill, in die Vredefort-koepel tydenshulle besoek.

Gedurende die oriënteringsweek wat vanjaar vir die SBO(skoolgebaseerde onderwysersopleiding)-studenteaangebied is, het oupa (prof.) Dewey de Wet onder anderevir sy kleindogter, Talitha Buys, meer van studiemetodesgeleer. Talitha hou skool in Knysna en is vir die nagraadseonderwyssertifikaat op die afkampus-leerderskapmodel bydie PUK ingeskryf. Sy is reeds die vierde geslag Puk. Haarouers, grootouers en oupa-grootjie was almal Pukke.

Dit gebeur nie aldag dat oupa virkleinkind klasgee nie!

Verskeie mense met altesame 1 850 jare diens bydie PUK het hul langdienstoekennings tydens dieinhuldiging van prof. Annette Combrink op 11Februarie ontvang.

Twaalf personeellede het hul toekenning virdertig jaar diens ontvang, hulle is:

Mnr. Mothupi John Bopalomo by die skool virchemie en biochemie.

Me. Alta Cilliers, sekretaresse by die hoofdirek-teur bedryfsdienste.

Prof. Corrie du Toit by die skool vir chemie enbiochemie.

Mej. Mariana Lourens by die Ferdinand Postma-biblioteek.

Mej. Rebecca Luka by die Dampad-eetsaal.Mej. Elizabeth Menyatso by die Oosterhof-

eetsaal.Me. Dirkie Nell by die skool vir musiek.Me. Truida Olivier by die skool vir musiek.Mnr. Reuben Moenedi Phakedi, dienswerker by

die rektorswoning.

Dr. Adrie Roux by die departement maatskaplikewerk.

Prof. Tjaart Steyn by rekenaarwetenskap eninligtingstelsels.

Prof. Jan Swanepoel, direkteur van onderrig bydie fakulteit regte.

Die 22 personeellede wat hul 25 jaar toekenningontvang het, is:

Mev. Hettie Baxter Prof. Banie BoneschansMnr. Willem de Klerk Prof. Jan FourieMnr. André Geldenhuis Prof. Johann KirstenDr. Hester Krüger Mev. Caroline LeburuDr. Maides Malan Mnr. André MaraisMej. Jane Paarde Prof. Anita PienaarProf. Gerrit Pienaar Mnr. Peet RykeProf. Leonie Stander Mnr. Mias SteynMnr. Andrew Thaole Mnr. Ernest van NiekerkProf. Herrie van Rooy Dr. Herman van WykMej. Kitty Willemse Mej. Lena XabaNog 36 personeellede het hul 15 jaar toekenning

ontvang en veertig hul tien jaar dienstoekenning.

Altesame 1 850 jare diens

Page 3: Maart 2005 uitgawe - puk.ac.za · stroom-kampus bygewoon. Tagtig referate is by die kongres met die tema, Voorwaardes vir effektiewe onderwys, gelewer. Proff. Charles Webber van die

Kampusnuus 3

Armoede, onsekerheid oor waar die volgende bordkos vandaan gaan kom en Vigs is van die grootstesosiale probleme in Suid-Afrika. Uit navorsing watdie PUK gedoen het, is bevind dat mense wat op plasewoon en werk besonder kwesbaar is wat gesondheid,inkomste, onderrig en voeding aanbetref.

Hierdie studie staan bekend as die Thusa-studie(transition, health and urbinasation in South Africa).

Uit dié studie het die Flagh-program (farm labourand general health) gevolg wat in 2001 as ’ningrypingstudie op twee plase van stapel gestuur is.

Die PUK glo in die spreekwoord, Motho ke mothoka batho (mens is ‘n mens deur sy medemens), endaarom het die navorsingsfokusarea voorkomende enterapeutiese intervensies by die fakulteit gesond-heidswetenskappe begin met gemeenskapsprojekteonder plaasgemeenskappe rondom Potchef-stroom.Twee van die projekte in die Rysmierbult-omgewing is ’n vaardigheidsontwikkelingsprojek vanvroue op plase om tot armoedeverligting by te dra(Holding Hands) en die projek om groentetuine byplaasskole te vestig. Verder is daar ook navorsing oorhuishoudelike voedselsekuriteit, lewensonderhoud enVigs onder plaaswerkers.

Flagh het gegroei in ’n multi-dissiplinêre, multi-sektorale program waarby verskeie dissiplines van diePUK by betrokke is. Die program het ook ’n interna-sionale kleur gekry met nie-winsgewende organi-sasies van Europa wat sy aan sy met Suid-Afrikaanseorganisasies en onder meer die departement vanonderwys in Noordwes werk.

Navorsers en nagraadse studente wat met die pro-gram help is van Suid-Afrika, Duitsland, Botswana enLesotho.

Die Holding Hands-projek verskaf vaardigheidsont-wikkeling aan sowat tien vroue met die maak vanboeksakke en skouersakke. Die sakke van stewigedenimmateriaal word van die hand gesit om ’ninkomste te genereer.

Die leier van die vaardigheidsontwikkelingsprojek,Liezel van Niekerk, sê die vroue kan tot R1 200 permaand daarmee verdien.

Liezel sê hulle het aanvanklik met sestien vroue by’n sentrum op die plaas van mnr. Deon Oosthuizenen sy vrou, Christa, begin werk. Die groep het latertot vyf gekrimp, maar hulle werk tans met tien vroue.Die aard van die vroue se werk op die plase het diegrootste invloed op die getalle.

Hulle het met tuinvoorskote begin wat aanvanklikby Eb’s Blommewinkeltjie bemark is. By die Ferdinand

PrPrPrPrProjekte bring vojekte bring vojekte bring vojekte bring vojekte bring verererererligting inligting inligting inligting inligting inplaasgplaasgplaasgplaasgplaasgemeenskaemeenskaemeenskaemeenskaemeenskappeppeppeppeppe

Postma biblioteek het hulle later ’n kontrak gekry omgroot boeksakke vir studente te maak. Dié produkhet egter groot aftrek onder PUK-personeel gehadwat dit vir inkopiesakke gebruik.

Hulle mark het later ook na Johannesburg uitgebreiwat deur vriende en familie gevestig is. Die produkteword vir R40 en R50 verkoop.

“Ons kan sowat twintig boeksakke per week maakdeur net twee dae per week te werk. Ons het die vrouevolgens hulle vermoë gekeur en het ’n goeie vervaar-digingslyn geskep waar sommige knip, ander masjien-werk doen en van die vroue ook borduurwerk doen.

“My volgende plan is om met meer kreatiewemediums soos materiaalverf op tafelmatjies te be-gin.”

Liezel is ook baie opgewonde oor die skool vir talewat ’n soortgelyke boekprojek soos wat onlangs inPromosa gedoen is, te begin. In die boekprojek kanmense hulle ervaringe op papier kry en op die manier

hulle hartseeren moeilikeomstandighe-de verwerk.

Liezel sê hul-le het veral ‘ngroot behoefte

aan magisterstudente wat ook Setswana magtig is.As daar lesers is wat weet van iemand wat kwa-lifiseer daarvoor of wil uitvind oor die projek of pro-dukte kan hulle haar by 082-322-6044 skakel of virDorcas by 083-983-0132.

Meer inligting oor die Flagh-projekte kan by dr.Stefanie Lemke by (018) 299-2461 verkry word.

Een van die plaasvroue besig metmasjienwerk.

Die skool-kindershelp graagmet diewerk indiegroente-tuine.

Die voor-skote enskouer-sakke watdie vroumaak.

Die vroue word geleer om te verf.

Page 4: Maart 2005 uitgawe - puk.ac.za · stroom-kampus bygewoon. Tagtig referate is by die kongres met die tema, Voorwaardes vir effektiewe onderwys, gelewer. Proff. Charles Webber van die

Kampusnuus 4

Van die rektor se tafelBegin Maart - die stand van sake op die kampus

Net ‘n vinnige opmerking om almal se harte bly temaak – die plastiekmonstrositeite in die daktuin isverwyder, en word met werklike plante vervang.Ons beplan ook om die Boesmangravures wat vroeërvoor die Biblioteek vasgemessel was, en wat nou alvir ‘n paar jaar geberg word, deel van die uitstallingin die daktuin te maak, sodat dit toeganklik is virmense wat dit graag wil sien.

Die visioneringsproses vorder fluks en ons is opskedule. Kollegas word daarop gewys dat enige insettevia hulle afdelings ingedien kan word maar ook direkaan my indien julle iets dringends op die hart het.Dieselfde geld vir die universiteitslied – kommentaarword nog ingewag oor die melodieë en die woorde.

Die volgende volumes van die PUK-geskiedenis istans by die pers en word op 17 Maart tydens diePUK-forum bekendgestel. Die tweede weergawe vanSages en Legendes ... en ander lekker stories (deurprof. Piet van der Schyff) bevat heelwat materiaalwat begin by die vyftigerjare en strek tot in dienegentigerjare, en die opvolg van Wonderdaad!, metdie titel In U Lig – vanaf selfstandigwording tot

samesmelting, 1951-2004 (geskryf deur ‘n spanonder die redakteurskap van prof. Elize van Eeden)is ‘n omvattende kyk na die PUK in die tweede helftevan die 20ste eeu. Die afhandeling van hierdiemassiewe projek word gesien as ‘n belangrikemylpaal, aangesien die boekstawing van ons geskie-denis, veral in ‘n oorgangstyd soos nou, van kardinalebelang is.

Ons is aan die einde van die eerste sarsie grade-plegtighede vir die jaar – die afgelope twee weke het13 gradeplegtighede gesien. Dit was ‘n besonderegeleentheid om te ervaar – soos altyd is die bywoningby die plegtighede uitstekend, wat vir my tekenendis daarvan dat studente graag persoonlik hulle gradein ontvangs wil neem omdat die verkryging daarvanso belangrik is.

Voorlopige inligting oor navorsing op die kampus isook baie bemoedigend. Waar ons verlede jaar 63NRF-gegradeerdes gehad het, is die syfer op na 72,en is ‘n verdere 20 aansoeke aan die einde vanFebruarie 2005 ingedien. As ons hierdie soort getallekan handhaaf sal ons navorsingsprofiel dramaties

sterker word. Navorsingstoekennings vanaf die NRFen Thuthuka vir die jaar beloop R9 miljoen –vergeleke met R6,5 miljoen in 2004 en R5,1 miljoenin 2003.

‘n Laaste woordjie oor die instelling as geheel. Daaris heelwat in die pers berig oor die toestande op andersamesmeltende kampusse – met ‘n donderende stilteoor die Noordwes-Universiteit. Dit is natuurlik so datgoeie nuus nie verkoop nie, en die nuus is goed.Tydens die opening van die Mafikeng-kampus het diestudenteraad in die openbaar daarna verwys dat hullenie by die hekke aan die demonstreer is nie, maar inhulle klaskamers is – en tydens die waardewandelinghet lede van die SASCO-bestuur saamgestap. Ietspositiefs broei beslis by die nuwe universiteit.

Laat my gerus weet hoe julle voel oor die taalme-dium van hierdie rubriek. Ek wil nie graag alles intwee tale skryf nie, want dan is die beskikbare ruimtete gou op. Terselfdertyd wil ek nie kollegas wat nieAfrikaans magtig is uitsluit nie. ‘n Oplossing salmoontlik maar wees om paragrawe in Engels enAfrikaans af te wissel. Kommentaar na rktalc, asb.

Die nuwe wapenwet is in 2000 goedgekeur en hetmiddel 2004 in werking getree.

Dit behels dat alle wapeneienaars wat tussen 1Januarie en 31 Maart verjaar, vanjaar hul vuurwa-penlisensies moet laat hernu.

Vir die res lyk die spertyd soos volg:1 April tot 30 Junie in 2006,1 Julie tot 30 September in 2007 en1 Oktober tot 31 Desember in 2008.PUK-Welstand het ‘n wapenkomitee geskep om

behulpsaam tewees met diekies van ‘n op-leidingsverskaf-fer in die ver-band. Ná ver-skeie voorleg-gings aange-hoor is, is be-

sluit om van SA Jagters- en Wildbewaringsvereniginggebruik te maak. U is steeds welkom om van enigediensverskaffer gebruik te maak, maar PUK-Welstand sal behulpsaam wees met die koördineringen organisering van opleiding verskaf deur boge-noemde geakkrediteerde opleidingsverskaffer.

Vervolgens het PUK-Welstand twee inligtingsessiesgereël wat deur SA Jagters- en Wildbewaringsvere-niging op die kampus gehou sal word op:

17 Maart, 14:00-16:00 in die Multimedialokaal,Gebou F20.

Daar is ook reeds drie datums vasgemaak viropleiding: 16 en 23 April en 21 Mei. Meer inligtinghieroor tydens die inligtingsessies.

U kan ook ons webtuiste vir meer inligting besoek:http://www.puk.ac.za/wellness/info.html kliek opWette, Wapenwet.

Wapenwet

‘n Nuwe ‘venster’ het vir RoaldEiselen, junior navorser ver-bonde aan CTexT oopgegaantoe hy onlangs vir ‘n internskapby die “International ProofingTools Team” van Microsoft inIerland gekeur is. Roald is ver-bonde aan die sentrum vir teks-tegnologie, ’n navorsing- en ont-wikkelingsentrum van die na-vorsingsfokusarea: tale en lite-ratuur in die Suid-Afrikaansekonteks.

Hierdie groep is verantwoor-delik vir die aankoop en ontwik-keling van spel- en grammatika-toetsers, asook ander elektro-niese skryfhulpmiddels vir dieMiddel-Oosterse, Europese enAfrikatale.

Roald sal verantwoordelikwees vir die evaluering van diespeltoetsers en ook 'n metodeontwikkel om die evalueringvan speltoetsers van die verskil-lende tale te standaardiseer. Hysal ook daar aan sy meestersgraad oor diestandaardisering van speltoetser-evaluering onderleiding van prof. Gerhard van Huyssteen (hoof vanCTexT) en een van die persone by Microsoft werk.

Roald was as honneursstudent in Afrikaans en Ne-derlands by die Afrikaanse speltoetserprojek betrokkeen was later ook deel van die span wat die isiXhosa,isiZulu, Sesotho sa Leboa en Setswana speltoetsersvir Microsoft ontwikkel het.

CTexT se verhouding met Microsoft, asook Roaldse rol as rekenaarlinguis in dié ontwikkelingsprojek,het letterlik die ‘venster’ Ierland toe oopgemaak.

CTexT was tot dusver betrokke by die volgende

ontwikkelingsprojekte: Die Afrikaanse Speltoetser2.1 en Woordafbreker. Ontwikkeling van speltoetsersvir isiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa, Setswana enAfrikaans. Bestuur van lokaliseringprojekte insamewerking met eksterne vertalers vir die vertalingsvan die gebruikerskoppelvlak (“interface”) van Win-dows XP en Office 2003 in Afrikaans asook Win-dows XP in Setswana en isiZulu. Multimediataalverwerwingprogramme vir Setswana(“Tsenang!”) en isiZulu (“Ngenani!”).

Tans word daar by CTexT ook aan die uitbreidingvan die taalverwerwingsprogramme na ander tale,asook aan 'n Afrikaanse Tesourus gewerk.

'V'V'V'V'Venster' open vir Renster' open vir Renster' open vir Renster' open vir Renster' open vir Roaldoaldoaldoaldoald

Roald Eiselen (voor) en prof. Gerhard van Huyssteen vandie sentrum vir tekstegnologie.

Page 5: Maart 2005 uitgawe - puk.ac.za · stroom-kampus bygewoon. Tagtig referate is by die kongres met die tema, Voorwaardes vir effektiewe onderwys, gelewer. Proff. Charles Webber van die

Kampusnuus 5

“Ek dink dis nou al te vroeg om te worry”, “Baievreemd en ‘n gesukkel in die begin”, “Dis oraait”, “Ekdink die nuwe BBS is uitstekend en gebruikersvrien-delik”, “Ek hou van die nuwe formaat en funksiona-liteit”, “Ek vind die BBS stukke beter”.

Dit is van die kommentaar wat personeel oor dienuwe BBS of intranet van die universiteit gehad het.

In ’n meningsopname wat onder personeel gedoenis, het 164 mense gestem, waarvan 54% (89) gesêhet hulle hou van die nuwe baadjie van die BBS, 36%(60) het gesê hulle hou glad nie daarvan nie en 9%(15) het gesê dis om’t ewe. Ten spyte van die minstemme in die opname het personeel al meer as 1030 keer daarna gekyk (views).

Nagenoeg 1 443 personeellede is reeds op die BBSgeregistreer en meer as 832 artikels is ook al op die

In nog ’n opname het 75 mense gestem oorhoeveel tyd hulle op die BBS spandeer.Die uitslag is as volg (Di. 7 Maart): 5 – 10 min - 66% (50)10 – 30 min - 32% (24)30 – 60 min - 1% (1)

PPPPPererererersoneel sê oor nsoneel sê oor nsoneel sê oor nsoneel sê oor nsoneel sê oor nuwuwuwuwuwe BBSe BBSe BBSe BBSe BBSintranet geplaas.

Een van die aspekte van die nuwe BBS waarbygebruikers byval vind is die gesprekforum onder “Sêjou sê”. Van dié gesprekke is al bykans drie bladsyelank.

Oor die onderwerp, A question about prayer atofficial university functions, is daar al 45 antwoorde(replies) oor ontvang en het personeel ’n rekord 5 069keer daarna gekyk.

Nog ’n onderwerp wat groot reaksie uitlok is dievraag, Is Apartheid’s demise to blame for all SA’ssocial ills?”. Sewentien antwoorde is ontvang en is1 168 keer na gekyk.

Dit blyk asof diegene wat daarteen gekant is en ditas gebruikersonvriendelik beskou, dalk nog net nieaan die verandering gewoond is nie. Soos EugeneCoetzee dit gestel het, “wees versigtig om nie dit watjy persoonlik aan gewoond is, met gebruikersvrien-delikheid te verwar nie”.

Dit blyk egter of die grootste hoeveelheid personeelvan dié nuwe baadjie hou en voel dat “sodra almalweet van hom, en dit kan gebruik, hulle vertroud salraak en hopelik daarvan hou”.

Volgens Karien Brits het ITB en die departementbemarking en kommunikasie verlede jaar andermoontlikhede vir BBS ondersoek. Groupwise kon niemeer die BBS-verkeer hanteer nie en dit was ook nieontwerp om ‘n gespreksforum of BBS te huisves nie.

As gevolg daarvan en ook in pas met die neiging indie IT-wêreld om meer van webgebaseerde toepas-sings gebruik te maak, is daar besluit om die OpenSource produk, phpbb, vir ‘n webgebaseerde BBS aante pas.

Die groot voordeel van die nuwe BBS is dieinteraktiewe aard daarvan. ‘n Mens kan nou direk opander se boodskappe antwoord (reply). Die BBS in dieGroupwise-omgewing was in hierdie opsig baiestaties. Ander pluspunte is die meningspeilings (opin-ion polls) waarmee die meningsopname oor dié BBSook gedoen is en die sogenaamde “smilies” vir diegevoelens wat hoog loop op “Sê jou sê”.

Open Source - dit is programmatuur of eintlikbronkode (source code) wat gratis beskikbaar gestelword en waaraan programmeerders regoor diewêreld kan werk. Hulle stel op hulle beurt hulbronkode en programme ook vrylik aan die res vandie wêreld beskikbaar.

Kampusnuus het navraag ontvang oor die kwessie vanprestasie- of merietebonusse en die volgende vrae naprof. Chris van der Watt geneem:

Hoe werk prestasie/merietebonusse?Om in aanmerking te kom vir ’n bonus moes ’n

personeellid:1. Volledig voldoen het aan die uitsetvereistes vir

al die kritiese prestasie areas (KPA’s) in die posbe-skrywing en/of taakooreenkoms.

2. ’n Uitsonderlike bydrae gelewer het tot een ofmeer van die volgende:

2.1 ’n aantoonbare verbetering van kliëntediens-vlak

2.2 ’n aantoonbare verbetering in die effektiwiteitvan die werkomgewing se besigheidsprosesse

2.3 die besonder effektiewe uitvoering van ’n adhoc opdrag of projek

2.4 ’n aantoonbare bydrae tot die vermeerderingvan inkomste/vermindering van uitgawe vir dieuniversiteit of betrokke afdeling, dog met behoud vankwaliteit en kliëntediensvlak.

Die kliëntediensvlak, besigheidsprosesse ens. verskilvan afdeling tot afdeling.

Wanneer geskied die toekenning van bonusse?Dit word deurlopend gedoen.Wie moet dit doen?Die personeellid se bestuurshoof.Is die proses regdeur die verskillende afdelings of

fakulteite dieselfde?Dieselfde riglyne en kriteria geld, soos van toepas-

sing gemaak in ’n spesifieke werkomgewing.Is dit ’n geslote proses? Mag mens weet wie kry

bonusse en hoeveel dit is?Alle vorme van vergoeding, ook bonusse, is vertroulik.Hoe werk bevordering?Dit geld slegs vir akademiese personeel en word

volgens spesifieke prosedures met spesifieke kriteriagedoen in die vorm van ’n normprofiel per fakulteit aandie hand waarvan dekane en fakulteitsbesture moont-like bevorderings oorweeg.

PersoneelsakePrestasie/merietebonusse

Prof. Fika Janse van Rensburg van die Teologiese Skool bied elke Sondagaand die program, “Die Bybel in onslewe”, op versoek van Radio Sonder Grense aan. Die ander lede op die paneel is prof. Pieter Venter van dieUniversiteit van Pretoria en dr. Marius Nel van die AGS in Krugersdorp. Die program word elke Sondagaand om18:30 uitgesaai. Op 20 Maart praat die paneel oor slawerny as samelewingsverskynsel in die Bybelse tyd, op 27Maart het hulle ’n regstreekse program oor die groot verlossingsgebeure wat ons vandag gedenk aan en op 3April handel die program oor vrae wat luisteraars gerig het. Hier is die paneel saam met dr. Flip Loods van CNW-Radio, die klankman, Jacques, prof. Pieter Venter, dr. Marius Nel en prof. Fika.

’n Paar vriende wat saam eerstejaars in 1951 was, het die PUK-kampus onlangs besoek. Van links is Billy Bosch,skakelbeampte vir die Bond van oud-Pukke wat hulle op ’n toer van die kampus geneem het, mnr. Kobus Pienaar(het BA studeer), sy vrou Rolene (1954 eerstejaar wat huishoudkunde studeer het), mnr. Pieter Pretorius (het BPEd studeer), sy vrou Susan (1954 eerstejaar by Pote), Nic van den Heever (het BA studeer), sy vrou Divina, (1954by Pote), Frans Gräbe (het BP Ed studeer) en Theo Cloete, direkteur van bemarking en kommunikasie.

Prof. Fika praat oor 'Die Bybel in ons lewe'

Vriende en oudstudente van 1951 kuier saam

Page 6: Maart 2005 uitgawe - puk.ac.za · stroom-kampus bygewoon. Tagtig referate is by die kongres met die tema, Voorwaardes vir effektiewe onderwys, gelewer. Proff. Charles Webber van die

Kampusnuus 6

Taalwenk

Dis weer daardie tyd van die jaar dat dienste op BBSaangebied word vir die versorging van die taalgebruikin verhandelings en proefskrifte.

Diegene wat professioneel in die taalpraktisynsbedryfwerk, is besorg daaroor dat personeel en studente watvan hierdie ‘dienste’ gebruik maak, nie waarde vir hullegeld kry nie. Hoekom nie? Omdat die meerderheid vanhierdie persone nie die nodige ervaring en agtergrondhet om die werk behoorlik te doen nie en dan dikwelsook nog meer vra as die geldende tarief in dietaalpraktisynsbedryf.

Onlangs het iemand by ons kerk my gevra of ek nieweet van ’n student wat ‘gou ’n stukkie vir my kanvertaal nie?’. Ek kan dit werklik nie waag om sommernet so ’n student se naam te noem wat dit kan doennie – dis onverantwoordelik van my as taalpraktisyn omwillens en wetens die naam van iemand deur te gee watduidelik nog nie die ervaring het om behoorliketeksversorging of vertaling te doen nie.

Opgeleide en geakkrediteerde taalpraktisyns (geak-krediteer by die SA Vertalersinstituut as vertaler, tolk,teksversorger) weet wat dit behels om taalwerk te doenen kan dit ook met die nodige vaardigheid en profes-sionaliteit doen. Nader eerder Johan Blaauw (hoof: taal-praktyk op die PUK-kampus) om ’n verwysing ter geena iemand wat opgelei en bevoeg is om die betrokkeskryfproduk die afronding te gee wat dit verdien. An-dersins gaan jy die produk kry waarvoor jy betaal – on-afgerond met die moontlikheid dat dit oorgedoen moetword en jy dan wéér moet betaal...

WAMC

Gebruik kundiges om joutaal te versorg!

Die skool vir fisiologie, voeding en verbruikerswe-tenskappe van die PUK is opdrag gegee om in sa-mewerking met nege ander universiteite navorsingte doen om vas te stel of die verrykingsprogram vanstapelvoedsel alle gebiede in Suid-Afrika bereik.

Prof. Salomé Kruger, voedingkundige, sê dievoedselstatus van stapelvoedsel soos mieliemeel enbrood is tans weer onder die vergrootglas. Dieresultate van die navorsingsprojek sal belangrikeinligting oor die gesondheid van vroue en kinders inSuid-Afrika verskaf.

Die Noordwes-span het hulle navorsing in ondermeer klein plattelandse dorpies soos Mmamebe,Bojating, Molelema, Buxton en Tladistad gedoen.

Nege van die agtien studie-areas was in stamge-biede en daar moes eers toestemming van die stam-hoof of ‘kgosi’ verkry word alvorens die opnames ge-doen is. Twee studie-areas was op plase en die resin informele en formele stedelike gebiede, waaronderook ‘n gedeelte van Potchefstroom was. Die studiegaan steeds voort en behoort eersdaags afgehandelte wees.

Kruger sê ’n opvolgstudie sal oor vyf jaar gedoenword.

Die regering het verlede jaar die verryking van sta-pelvoedsel verpligtend gemaak weens wydverspreidearmoede en onkunde onder mense oor wat goeievoeding behels. Die voedselindustrie is volgens wetverplig om mieliemeel en broodmeel met vitamieneen minerale te verryk omdat drie uit elke vierhuishoudings in die land onseker is of hulle in dietoekoms genoeg voedsel sal hê om te eet.

Die vyf mees algemene voedselsoorte in huishou-dings is mieliemeel, suiker, tee, melk en bruinbrood.

Die besluit om stapelvoedsel te verryk is baseer op

bevindings van ’nvorige landwyestudie toe daargevind is dat dieinname van ener-gie, kalsium, ys-ter, sink, sele-nium, vitamien A,D, C en E, ribofla-vien, niasien, vita-mien B6 en folien-suur minder as67% van die aan-bevole hoeveel-heid was in helftevan die kinderswat by die navor-sing betrek was,sê Kruger.

Die departe-ment gesondheidhet nou opdraggegee dat die si-tuasie weer eva-lueer moet word.Met die navorsingvan die nege uni-versiteite wilvoedselkundiges vasstel of die verrykingsprogram allegebiede van die land bereik.

Die studie staan onder leiding van prof. DemetreLabadarios van die Universiteit van Stellenbosch enin Noordwes word dit onder leiding van Krugergedoen, met sr. Chrissie Lessing van die PUK asprovinsiale koördineerder.

Deur bloedmonsters te toets kan die hoeveelhedevan vitamiene, yster en sink in bloed ’n aanduidinggee van hoe goed vroue en kinders gevoed is in hierdievroeë stadium van die verrykingsprogram. Jong vroueen kinders is kwesbare groepe met relatief groterbehoefte aan vitamiene en yster.

Kruger sê tydens die studie is bloedmonstersgeneem om die vitamien A, foliensuur, yster ensinkstatus van kinders tussen een en nege jaar ouden vroue tussen 16 en 35 jaar oud te bepaal. Uit elkehuishouding is ’n klein hoeveelheid mieliemeel, sout

en water geneem. Die vitamien A-inhoud vanmieliemeel is getoets en water en sout word virjodiumkonsentrasie getoets.

Vraelyste is gebruik om die kennis van vroue oorvitamien en minerale te bepaal, asook hulle houdingteenoor voedselverryking.

Die voedselsekerheidstatus van gesinne is getoetsen vroue en kinders geweeg om die groei van kindersen gewig van vroue te bepaal.

Prof. Annamarie Kruger, me. Carla Fourie en dr.Machteld van Lieshout was ook by die studiebetrokke. Nagraadse studente, Christelle de Witt,Izette van der Watt, Lisa Davis, sowel as driederdejaar voedingstudente, France Nortje, LeoneMulle en Madeleen Smit, het saam met opgeleideTswana-sprekende veldwerkers deur Noordwesgereis om die agtien ewekansig gekose studie-areaste besoek.

PukkPukkPukkPukkPukke help in ve help in ve help in ve help in ve help in voedselnaoedselnaoedselnaoedselnaoedselnavvvvvorororororsingsingsingsingsing

Christelle de Witt en sr. Chrissie Lessing van die PUK saam met kindersná bloedmonsters in Itsoseng naby Lichtenburg geneem is.

Die opname van Le nozze de Figaro van Mozart,waarin die bekende tenoor, Kobie van Rensburg, ‘noud-Puk en ook buitengewone professor aan dieskool vir musiek twee rolle sing, het onlangs nog ’ntoekenning ontvang.

Die opname is pas met ’n Grammy-toekenning asbeste opera-opname vereer. Dit het verlede jaarook die Gramophone se opname van die jaargewen, wat soortgelyk aan ‘n Oscar in diefilmbedryf is.

Dié opname het ook nog agt ander toekenningsingepalm.

Kampusnuus het hom op ‘n stasie in ’n bitterkoue Wenen (-6°C) opgespoor kort voor hy weerna München in Duitsland sou vertrek.

Kobie woon die afgelope tien jaar in Wenen waarhy sy liefde vir musiek uit die agtiende eeu uitleef.

Hy het sy sangloopbaan onder die leiding vanprof. Werner Nel begin en verskeie kompetisies,waaronder die 1994 Pretoria International SingingCompetition was. Hy het daarna sy studies onderHanno Blaschke in Wenen voortgesit.

Kobie het ’n ellelange lys van rolle wat hy inuitvoerings in München, Berlyn, Lissabon, Genèveen talle ander teaters gesing het.

Hy het ook in Mei 2000 sy solo CD, Handel’sBeard, uitgereik.

Kobie sê hy reis baie rond en vertrek eersdaagsweer op ’n toer na Duitsland en Frankryk.

“Mense dink dit is lekker om so baie te toer,maar dit raak later soos enige ander werk. Ek siensoveel uit na ’n vakansie en ’n ruskans. Ek is nogbaie gelukkig in my werk, maar verlang ook maarna Suid-Afrika.”

Kobie sê hy probeer ten minste om een keer perjaar sy geboorteland te besoek. Dit is gedurendedié besoeke dat hy nog klas by die PUK gee.

• Mnr. Chris Windell onthou Kobie uit systudentedae en vertel dat hy aan een van dieeerste kampustalentfeeste deelgeneem het. Hyhet ons destyds vermaak met sang van WillieNelson en Elvis.

Hieroor het Kobie net gelag en gesê dit wasdarem baie jare gelede.

Kobie van Rensburg sing Grammy los

Page 7: Maart 2005 uitgawe - puk.ac.za · stroom-kampus bygewoon. Tagtig referate is by die kongres met die tema, Voorwaardes vir effektiewe onderwys, gelewer. Proff. Charles Webber van die

Kampusnuus 7

Sy vriendelike gesig en spierwit tande is die eersteding wat jou opval as hy met ’n uitgestrekte hand najou toe aangestap kom.

Peter Okeno, ’n Keniaan, is so talentvol met syAfrika-tromme dat hy verlede jaar al ’n verhoog metAnton Goosen tydens Aardklop gedeel het.

Peter is ’n musiekstudent wat so deur Potchefstroominspireer is tydens sy dae as uitruilstudent by die PUK,dat hy besluit het om sy BA-graad te kom voltooi.

Hy was die eerste keer in 2002 vir ses maande asuitruilstudent in Potchefstroom waar hy lesse gegeeen konserte met sy tromme gehou het. Hy is egterterug om sy diplomakursus by die Daystar Universiteitin Nairobi te voltooi. Hy het verlede jaar teruggekeervir sy BA-graad in musiek en “society”.

Peter het intussen al saam met die Serenaders vandie PUK na Duitsland getoer en het sy eie groep,Ngoma Afrika, met agt lede gestig wat eersdaagshulle eie CD gaan uitreik.

Peter sê met blink oë hy het groot planne vir sy toe-koms. Hy sal baie graag musieksentrums met ateljees,’n musiekskool vir orkeste en kore, asook ’n eie teaterin Kenia, Uganda en Tanzanië tot stand wil bring.

Peter sê hy verlang baie na sy gesin in Kenia, maardit is veral sy tweejarige dogtertjie se stem oor die foonwat sy hartsnare roer. Hy moet eers genoeg geld metoptredes maak voordat hy weer huis toe kan gaan.

Die talentvolle Keniaanse tromspeler, Peter Okeno(voor), by twee van sy dosente, Dunisani Chabalala,nuwe lektor in Afrika-musiek en jazz, en prof. JacoKruger, ook van Afrika-musiek.

Die Amerikaanse egpaar, me. Debby en haar man, prof.Charles Russo, wat verlede jaar ’n eredoktersgraad vandie universiteit ontvang het, het onlangs die PUK besoek.Charles Thembile Ntsizi het as gasheer opgetree enPotchefstroom en van die PUK se gemeenskapsprojekteaan Debby bekendgestel. Hulle het onder andere besoekafgelê by die stadsraad, Tshwaraganang-sentrum virfisiese gestremdes, Boiki Tlhapi-gemeenskapskliniek,Central Primary School, Boitshoko Secondary School,die Thakaneng-straatkinderprojek en Ikageng. Voor sitDebby en agter staan Charles Thembile Ntsizi enMartiens Masiea (van die departement bemarking enkommunikasie). Sy het na afloop van die besoek geldaan die Ikateleng-projek geskenk.

Verskeie skole het die Chemie-opedag op die PUK-kampus bygewoon. Die direkteur van dieskool vir chemie en biochemie, prof. Kobus Pienaar, het die leerders en onderwysers ‘n kortoorsig oor die toekoms in chemie gegee voordat die leerders op ‘n kampustoer geneem is enonderwysers verskillende laboratoriums besoek het. Dr. Gerhard Lochmann (links) het reke-naarprogramme aan onderwysers verduidelik. Voor sit me. Millie de Beer van Hoër Volkskool,mnr. Gerhard Britz van Hoërskool Bothaville, me. Gretha Joubert van Ferdinand Postma,Charene Zietsman van die Rooiskool in Kroonstad en Tersia Prinsloo van Ferdinand Postma.

Opleiding van veral nagraadse far-masie-studente aan die PUK-kampushet ‘n verdere hupstoot gekry met dieamptelike ingebruikneming van ‘nanalitiese tegnologie-laboratorium.

Die laboratorium van etlike miljoenerande is ‘n groot aanwins vir nagraadsestudente wat hulle navorsingsresultateop ‘n baie betroubare metode ondertoesig van bekwame personeel wilontleed.

Die fasiliteit verseker dat die resul-tate wat die studente kry, betroubaaris wat die kwaliteit van navorsing ookhierdeur verseker.

Die laboratorium, met ‘n vervang-ingswaarde van sowat R15 miljoen, ismoontlik gemaak deurdat die vak-groepe en subprogramme binne dieskool vir farmasie en die navorsings-fokusarea geneesmiddelnavorsing en –ontwikkeling alle gespesialiseerde

analitiese toerusting na een fasiliteitverskuif het.

“Die skuif bring mee dat alle toerus-ting behoorlik onderhou kan word endat die verbruikbare items wat benodigword om die toerusting operasioneel tehou, beter gekontroleer kan word.Onnodige duplisering van duur appara-tuur word ook so voorkom,” het prof.Jeanetta du Plessis, direkteur van dienavorsingsfokusarea gesê.

Die langtermyn doelwit van dielaboratorium wat deur me. AnitaWessels bestuur word, is om as ‘n ISO17025 laboratorium geakrediteer teword en om hul dienste so uit te breidat alle analitiese navorsingsbehoeftesbinne die fokusarea op een punt han-teer word.

Dr. Jan du Preez is verantwoordelikvir die operasionele bedryf van dielaboratorium.

Dr. Jan du Preez, proff. Jaenetta du Plessis, Annette Combrink, rektor van diePUK-kampus en me. Anita Wessels tydens die amptelike ingebruikneming vandie analitiese laboratorium.

Opleiding van aptekers kry hupstoot

PPPPPeter slaan wêreter slaan wêreter slaan wêreter slaan wêreter slaan wêreld aaneld aaneld aaneld aaneld aanbrand met trommebrand met trommebrand met trommebrand met trommebrand met tromme

Gebeure17 Maart: PUK-forum. 17:00. Senaat-saal, Joon van Rooy-gebou. Tema isTransformasie – ’n kritiese perspektief.Skakel Linda Styger met navrae byx1786.

15 April: Nataniël en sy volle orkes.19:30. Sanlam-ouditorium. Kaartjies kosR80 per persoon. Bespreek by Alta by082-345-2703.

25 April tot 4 Mei: Twintigste PUK-

filmfees. Sanlam-ouditorium. Hou BBSdop vir filmtye en kaartjieverkope.2 Mei: PUK-Opedag. 08:30. HennieBingle-studentesentrum.

7 Mei: Kursus oor seksualiteit deurproff. Wentzel Coetzer (traumaken-ner) en George Lotter (pastoraleberader). Saal van die GereformeerdeKerk Potchefstroom-Suid (Kruger/Kortstraat). R250. Bespreek by me.Sonette Coetzer by 082-577-8810.

Page 8: Maart 2005 uitgawe - puk.ac.za · stroom-kampus bygewoon. Tagtig referate is by die kongres met die tema, Voorwaardes vir effektiewe onderwys, gelewer. Proff. Charles Webber van die

Kampusnuus 8

PROFIEL

Redakteur: Kiewiet Scheppel • e-pos: [email protected] • Tel: (018) 299-2761 • Sel: 083-274-8931Kampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus/kampusnuus

Gebore: Delareyville in NoordwesSkool: Potchefstroom GimnasiumUniversiteit: PU vir CHO behaal BA, honneurs BA, MAcum laude en D Litt.Loopbaan: Hy is in 1973 junior lektor in spraakleer endrama by die PUK, ’n jaar later lektor in die vakgebieden in 1990 senior lektor in spraak en toneel. Van 1992tot 2000 is hy senior lektor in die dept. kommunika-siekunde. Sedert 2002 is hy medeprofessor en neem viragtien maande in 1996 as departementshoof vankommunikasie waar. Van 1998 tot 2001 is hy vakvoor-sitter van kommunikasiestudies en beklee sedert 2003die pos as direkteur van die skool vir kommunikasie-studies.Sedert 1992 is hy ook betrokke by opleiding vanteologiese studente en sedert 2000 doseer hy kommu-nikasie aan ingenieurs in gesproke en geskrewekommunikasie.Prof. Schutte het al verskeie artikels gepubliseer enreferate gelewer. Hy het ook ’n handboek oor debatte-ring en redevoering geskryf.

PrPrPrPrProfofofofof..... P P P P Paul Scaul Scaul Scaul Scaul Schutte - die orhutte - die orhutte - die orhutte - die orhutte - die oraaaaatortortortortorDit is gou duidelik dat Paul (tog net nie professor nie)baie sterk oor regverdigheid en eerlikheid voel. Mensemoet ook eerder reguit met hom wees en hom nieprobeer mislei nie. “Sê dan liewer vir my jy kan nie’n ding doen nie, as om voor my te sit en dinge tebelowe wat nooit gedoen gaan word nie.”

Wat is die grootste uitdaging vir jou by dié skool?Dat ek vir die personeel, waar enigsins moontlik,

die geleenthede en werksruimte sal skep om hullevolle potensiaal te bereik. Nie alleen met onderrig nie,maar ook met navorsing.

Waar lê jou grootste liefde in jou vakgebied?Dit lê veral in spraak- en interpersoonlike kommu-

nikasie. Die dinamika van kommunikasie tussen tweemense interesseer my. Dit is ook so belangrik om goedin die openbaar te kan praat.

Jy was al by talle aanbiedings, optredes enuitstallings betrokke. Watter een lê jou die naaste aandie hart?

Optredes was deel van my “eerste lewe” en hierhet die dramatisering van die twee vertaaldeprosawerke, Charlotte se web en Die klein prinsie,met hulle talle lewenswaarhede, my die naaste aandie hart gelê. Deesdae doen ek meer beoordeling: vanredenaars en debattering tot kunswedstryde. Dit isvir my ontsettend belangrik dat beoordeling regver-dig, kundig en billik moet geskied.

Jy is tans betrokke by ’n navorsingsprojek virSANPAD oor die implementering van Vigs-pro-

gramme in Noordwes. Wat is van die moeilikste brûewat julle moes oorkom?

Die navorsing ondersoek die organisasie- enkommunikasiekultuur van die Vigsrade om uiteindelikvoorstelle aan die provinsiale regering te maak. Daaris struikelblokke soos om onderhoude met betrok-kenes gereël te kry en om deelnemers van vier ver-skillende universiteite te laat saamwerk. Daar kleefnog ’n enorme stigma aan vigs. Die ontkenning hiervanby baie mense is ’n groot probleem, want iets watoënskynlik “nie bestaan nie” kan nie aangespreekword nie. Die gebrek aan waardes in die gemeenskapis ook ’n probleem en ek voel daar moet ’n herlewingvan alle waardes kom, nie net op seksuele terrein nie.Armoede speel ook ’n groot rol, hoewel dit nie diedirekte oorsaak daarvan is nie.

Dit is ’n uitdaging om die gemeenskap op grondvlakbetrokke te kry sodat ons die proses kan omswaai omeerder die probleem van binne af eerder as van bo afaan te spreek. Die Vigs-probleem moet meer holistiesbeskou word. Blote inligting alleen gaan nie help nie,daar is te veel ander faktore wat ook ’n rol speel.

Wat het die grootste indruk op jou gelaat tydensjou oorsese besoeke?

Wat my tref is dat die kollegas en die studente vandie Nederlandse universiteite so betrokke en “com-mitted” is om ’n bydrae tot die Vigs-projek te lewer.Hier is nou vier studente wat uit hul eie gekom hetom sportaktiwiteite by die Tshepong-Vigs-sentrum

aan te bied. Hulle doel is om virjongmense gesonde afleiding tebied en dit alles op eie onkoste.

Wat is die lekkerste deel van jouwerk?

Dit is regtig my persoonlikekontak met personeel en om tehelp om probleme op te los. Ek hetdeesdae minder kontak met stu-dente en ek mis dit baie.

Wat is die belangrikste “iets” watjy by studente wil laat vir hulle omop hulle lewenspad saam te neem?

Vir my is die belangrikste om askommunikeerder jou integriteit engeloofwaardigheid te behou. Men-se moenie voorgee wat hulle nie isnie. Die beroep benodig mense opwie hulle kan peiltrek.

Hoe ken mense jou?Dit moet jy vir hulle vra, want

mens het mos maar ‘n blinde kolvir jou eie foute en gebreke, maarmense ken my verskillend opverskillende terreine: Ek is Paul diedosent, die vertolker, die beoor-delaar en ook Paul die kwilter.

En jou gesin?As onprakties (hoewel ek al die

kombuismure geteël het), ietwatongeduldig en haastig van geaard-heid, maar hopelik iemand wat ’nobjektiewe mening kon gee ashulle raad nodig gehad het.

Hoe ontspan jy?

Daar is drie dinge, om oefeninge te doen (om mycholesterol en bloeddruk in toom te hou) - so drie keerper week, om na operamusiek te luister en om mystokperdjie, kwiltwerk, te beoefen. Daarvoor het ekongelukkig nie meer veel tyd oor nie.

Wat sal jy nooit weer oor wil doen nie?(Hy dink lank). Om ’n derde keer van loopbaan te

moet verander. Ek moes my van voor af in kommu-nikasiestudies ingrawe en ek sien nie kans om ditloopbaangewys weer te doen nie.

Hoe hanteer jy stres?Die oefening help, en natuurlik my sporadiese

stokperdjie. Dit help my om met onmiddellike stresook die groter prentjie raak te sien en die oorsaakvan die stres in perspektief te sien. Wanneer dieprobleem kleiner lyk, is dit goed om daaroor te praat.Ek kan my soms dinge nogal aantrek.

Wat is jou passies in die lewe?Om ’n geloofwaardige en betroubare kommuni-

keerder te wees. Om ’n gelukkige en selfverge-noegde mens te wees – om positief te wees.

Waarsonder kan jy nie?My geloof. Dit is al wat my staande gehou het in

moeilike omstandighede.Hoe sal jy wil hê moet mense jou onthou?As ’n informele mens, maar iemand wat met

integriteit opgetree het. Dat mense nooit bang wasvir my nie en vrymoedigheid gehad het om sake metmy te bespreek.

Waarvoor sal jy beslis nee sê?Om by omkopery en bedrog betrokke te raak.Waar sou jy wil aftree?In my huis in Potch, by my familie, gesin en vriende.

Hier in my eie huis met al my geriewe om my.Wat laat jou nekhare rys?Ongeregverdigde beskuldigings. Teenoor myself en

ander.Wat lê jou na aan die hart?My vrou, kinders en familie.