klaskamer 10 › werkstukke › episode 80.pdf · die botsings is minder energiek (daar is minder...

3
Klaskamer10 - ©Kopiereg Voorbehou - Blikslim | Graad 12 FW | www.klaskamer10.co.za 1 KLASKAMER 10 GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE REAKSIETEMPO ‘n Vinnige recap oor die konsepte: Reaksietempo. Botsingsteorie. Maxwell-Botzmann verspreidingskurwes. Die ontbinding van N2O5(g) vind plaas volgens die onderstaande gebalanseerde reaksievergelyking: 2N 2 O 5 (g) 4NO 2 (g) + O 2 (g) Die onderstaande grafiek wys hoe die konsentrasie van N2O5(g) verander by 400 ºC [N 2 O 5 ]-teenoor-tydgrafiek 1. Bereken die reaksietempo waarteen die ontbindingsreaksie plaasvind tussen 2 en 4 minute (in mol dm -3 s -1 ). 2. Is die reaksietempo voor 2 minute HOËR of LAER as die reaksietempo tussen 2 en 4 minute? Skryf slegs HOËR of LAER en gebruik dan die botsingsteorie om jou antwoord te verduidelik. 3. Wat is die minimum tyd wat dit sal neem vir al die N2O5(g) om te ontbind? 0,5 0,25 0,8 2 4 Tyd (minute) Konsentrasie (moldm -3 )

Upload: others

Post on 03-Jul-2020

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: KLASKAMER 10 › Werkstukke › Episode 80.pdf · Die botsings is minder energiek (daar is minder deeltjies wat genoeg energie besit om die aktiveringsenergie te oorkom tydens botsings)

Klaskamer10 - ©Kopiereg Voorbehou - Blikslim | Graad 12 FW | www.klaskamer10.co.za 1

KLASKAMER 10 GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE

REAKSIETEMPO ‘n Vinnige recap oor die konsepte:

• Reaksietempo.

• Botsingsteorie.

• Maxwell-Botzmann verspreidingskurwes.

Die ontbinding van N2O5(g) vind plaas volgens die onderstaande gebalanseerde reaksievergelyking:

2N2O5(g) → 4NO2(g) + O2(g)

Die onderstaande grafiek wys hoe die konsentrasie van N2O5(g) verander by 400 ºC

[N2O5]-teenoor-tydgrafiek

1. Bereken die reaksietempo waarteen die ontbindingsreaksie plaasvind tussen 2 en 4 minute (in mol⸳dm-3⸳s-1).

2. Is die reaksietempo voor 2 minute HOËR of LAER as die reaksietempo tussen 2 en 4 minute? Skryf slegs

HOËR of LAER en gebruik dan die botsingsteorie om jou antwoord te verduidelik.

3. Wat is die minimum tyd wat dit sal neem vir al die N2O5(g) om te ontbind?

0,5

0,25

0,8

2 4 Tyd (minute)

Kon

sent

rasi

e (m

ol⸳d

m-3

)

Page 2: KLASKAMER 10 › Werkstukke › Episode 80.pdf · Die botsings is minder energiek (daar is minder deeltjies wat genoeg energie besit om die aktiveringsenergie te oorkom tydens botsings)

Klaskamer10 - ©Kopiereg Voorbehou - Blikslim | Graad 12 FW | www.klaskamer10.co.za 2

4. Die onderstaande Maxwell-Boltzmann verspreidingskurwes word getrek vir die oorspronklike reaksie (X) en ‘n

reaksie waar een van die toestande wat reaksietempo beïnvloed verander word (Y):

4.1 Wat is die toestand wat verander het?

4.2 Sal hierdie verandering veroorsaak dat die reaksietempo TOENEEM of AFNEEM? Skryf slegs

TOENEEM of AFNEEM en gebruik dan die botsingsteorie om jou antwoord te verduidelik.

Energie Aktiverings-

energie

Aan

tal d

eeltj

ies

X

Y

Page 3: KLASKAMER 10 › Werkstukke › Episode 80.pdf · Die botsings is minder energiek (daar is minder deeltjies wat genoeg energie besit om die aktiveringsenergie te oorkom tydens botsings)

Klaskamer10 - ©Kopiereg Voorbehou - Blikslim | Graad 12 FW | www.klaskamer10.co.za 3

GRAAD 12 FISIESE WETENSKAPPE (MEMORANDUM)

REAKSIETEMPO 1.

𝑟𝑒𝑎𝑘𝑠𝑖𝑒𝑡𝑒𝑚𝑝𝑜 = −∆[𝑁2𝑂5]

∆𝑡

= −(0,25) − (0,5)

(4 − 2) × 60

= 2,08 × 10−3 𝑚𝑜𝑙 ∙ 𝑑𝑚−3 ∙ 𝑠−1

2. HOËR

Die konsentrasie van N2O5 voor 2 minute is hoër as die konsentrasie tussen 2 en 4 minute.

Daar is meer deeltjies beskikbaar om te bots.

Die deeltjies bots meer gereeld (die botsingsfrekwensie is hoër).

Daar is meer effektiewe botsings elke sekonde en die reaksietempo is hoër.

3.

𝑟𝑒𝑎𝑘𝑠𝑖𝑒𝑡𝑒𝑚𝑝𝑜 = −∆[𝑁2𝑂5]

∆𝑡

2,08 × 10−3 = −(0) − (0,8)

∆𝑡

∆𝑡 = 384,62 𝑠

4.

4.1 Temperatuur word verlaag.

4.2 AFNEEM

Temperatuur is ‘n maatstaf van die gemiddelde kinetiese energie van die gasdeeltjies (T α EK).

By laer temperature beweeg die deeltjies stadiger.

Die deeltjies bots minder gereeld (die botsingsfrekwensie is laer).

Die botsings is minder energiek (daar is minder deeltjies wat genoeg energie besit om die aktiveringsenergie te

oorkom tydens botsings).

Daar is minder effektiewe botsings elke sekonde en die reaksietempo neem af.