kilimanjaro ry en stap aug/sept ‘11 · met r10 op, en ek het iewers die foto vir een van die...

25
1 Kilimanjaro ry-en-stap Aug/Sept ‘11 Kort weergawe Die kort weergawe van die storie is: Klim in jou voertuig en doen dit. Hierdie was ‘n fantastiese ervaring. Daar gaan probleme wees as jy tuiskom, maar jy kan dit alles later uitsorteer. Ek het verkeerdelik lank hierteen geskop. Totale afstand van Centurion tot in Arusha – 5911 km, wat die retoer rit Ngorongoro toe insluit, gedoen in 13 dae. Totale afstand vir die retoerrit was +/- 11,600km. Gebruik meer tyd, en staan langer op mooi plekke, of besoek meer plekke. Tyd is altyd ‘n faktor, oorweeg dit dus om die toer in twee te deel met goeie vriende. Dit help ook met die “oppad huistoe” sindroom , elkeen van die groepe sien sy deel as ‘n volle avontuur. Die roete wat ek op gevolg het is: Dag 1: Centurion > Polokwane > Letaba Kamp Dag 2: Letaba > Massingir dam > Chonguene > Morrungulo Dag 3: Morrungulo > Rio Save > Inchope > Gorongosa Dag 4: Gorongosa > Inchope > Chimoio >Guro Dag 5: Guro > Tete > Zobue grenspos > Blantyre > Zomba Plateu, Malawi Dag 6: Zomba > Senga Bay Dag 7: Senga Bay > Nkatha Bay Dag 8: Nkatha Bay > Livingstonia > Mikoma Beach Lodge Day 9: Mikoma Beach Lodge > Old Farmhouse Inn, Tanzanië Dag 10: Old Farmhouse Inn > Mikumi National Park Dag 11: Mikumi > Moshi Dag 12: Moshi > Ngorongoro Conservation Area Dag 13: Ngorongoro > Arusha Totale koste vir die ry was +/- R30,000, wat kos, verblyf, diesel, tolhekke ens. insluit, asook ‘n paar goed wat ek lankal vir die “overland kit” moes koop, maar nou eers gedoen het, bv. ‘n ekstra spaarwiel. Baie van die kos en drank was oorbodig – mens kan goeie produkte langs die pad koop, en meeste van die blyplekke bied goeie, bekostigbare etes aan. Duurste deel van die toer is brandstof. Aankope wat glad nie nodig was nie – “Tyre levers”en ekstra “valves” – dit het sommer by die huis gebly Vir die stap het ek baie klere en peuselhappies gekoop wat oorbodig was –meer daarvan in daardie verslag Probleme op die toer was ‘n gebreekte sleepstang (kon chaos veroorsaak maar het gelukkig nie), persoonlike pyne en skete, 2 spoedboetes en 1 voetganger ongeluk. Miskien was ek gelukkig sover, maar daar was op geen van my toere sover groot probleme nie.

Upload: others

Post on 29-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

1

Kilimanjaro ry-en-stap Aug/Sept ‘11

Kort weergawe Die kort weergawe van die storie is: Klim in jou voertuig en doen dit. Hierdie was ‘n fantastiese

ervaring. Daar gaan probleme wees as jy tuiskom, maar jy kan dit alles later uitsorteer. Ek het

verkeerdelik lank hierteen geskop.

Totale afstand van Centurion tot in Arusha – 5911 km, wat die retoer rit Ngorongoro toe insluit,

gedoen in 13 dae. Totale afstand vir die retoerrit was +/- 11,600km. Gebruik meer tyd, en staan

langer op mooi plekke, of besoek meer plekke. Tyd is altyd ‘n faktor, oorweeg dit dus om die toer in

twee te deel met goeie vriende. Dit help ook met die “oppad huistoe” sindroom , elkeen van die

groepe sien sy deel as ‘n volle avontuur.

Die roete wat ek op gevolg het is:

Dag 1: Centurion > Polokwane > Letaba Kamp

Dag 2: Letaba > Massingir dam > Chonguene > Morrungulo

Dag 3: Morrungulo > Rio Save > Inchope > Gorongosa

Dag 4: Gorongosa > Inchope > Chimoio >Guro

Dag 5: Guro > Tete > Zobue grenspos > Blantyre > Zomba Plateu, Malawi

Dag 6: Zomba > Senga Bay

Dag 7: Senga Bay > Nkatha Bay

Dag 8: Nkatha Bay > Livingstonia > Mikoma Beach Lodge

Day 9: Mikoma Beach Lodge > Old Farmhouse Inn, Tanzanië

Dag 10: Old Farmhouse Inn > Mikumi National Park

Dag 11: Mikumi > Moshi

Dag 12: Moshi > Ngorongoro Conservation Area

Dag 13: Ngorongoro > Arusha

Totale koste vir die ry was +/- R30,000, wat kos, verblyf, diesel, tolhekke ens. insluit, asook ‘n paar

goed wat ek lankal vir die “overland kit” moes koop, maar nou eers gedoen het, bv. ‘n ekstra

spaarwiel. Baie van die kos en drank was oorbodig – mens kan goeie produkte langs die pad koop, en

meeste van die blyplekke bied goeie, bekostigbare etes aan. Duurste deel van die toer is brandstof.

Aankope wat glad nie nodig was nie –

“Tyre levers”en ekstra “valves” – dit het sommer by die huis gebly

Vir die stap het ek baie klere en peuselhappies gekoop wat oorbodig was –meer daarvan in

daardie verslag

Probleme op die toer was ‘n gebreekte sleepstang (kon chaos veroorsaak maar het gelukkig nie),

persoonlike pyne en skete, 2 spoedboetes en 1 voetganger ongeluk. Miskien was ek gelukkig sover,

maar daar was op geen van my toere sover groot probleme nie.

Page 2: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

2

Hierdie verslag is die ry-gedeelte van die toer, die stap is in ‘n aparte dokument vervat.

Page 3: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

3

Vooraf Om Kili te stap, was nog altyd iewers in my kop. ‘n Familielid, “oom” Koos Muller (hy sal baie

ongelukkig gewees het oor die “Oom”…) het voorheen dit gedoen, en hy was ‘n groot motivering.

Toe Dion Hodgen in Maart/April begin noem dat hy ‘n groep beplan vir Kili, het die saadjie net water

gekry. Ek wou ook graag meer van Suidelike Afrika wou sien as wat ‘n vliegtuig kon bied. Die

probleem was egter tyd. Ek kan nie die 5-6 weke wegbly om op te ry, stap (7 dae), en weer terug te

ry nie. Ek benodig iemand om een rigting te ry en die ander te vlieg….

Een middag tydens die TopGear vertoning in Johannesburg, noem ek die droom aan Marius en

Retha, baie goeie vriende. Op daardie stadium is die plan om maar soos almal op te vlieg vir die stap.

‘n Paar weke later bel Marius om te vra of ek ernstig is oor die ry, ons praat so bietjie, en die plan is

vas: Ons ry op Kilimanjaro toe en vlieg terug, Marius, Retha en die 2 seuns vlieg op en ry terug!

Skielik is daar baie beplanning om te doen: roete, verblyf, kos…. en dan is Kili se beplanning nog nie

in berekening gebring nie, laat staan nog die oefen!

Beplanning Die plan is dat ek en my Pa (wat al oorsee was, maar nog nooit in Afrika buite SA/Nam gery het nie)

op sal ry tot in Arusha met die Ford Ranger SuperCab. Marius, Retha, Justin (5 jr oud) en Graham (4 jr

oud) vlieg tot bo, en ry dan op hulle tyd terug. ‘n Enkele tent is duidelik nie genoeg vir verblyf nie;

pakplek in die bakkie ook nie. Genadiglik sien Marius en Retha (die Brelages) dit ook so, ek vra/bied

aan om hulle Explorer karavaan beskikbaar te stel. Dit maak onmiddellik verblyf baie makliker, en ek

stem met graagte in.

Ons“op” roete is as volg: Centurion > Fish Eagle Lodge (Massingir) > Morrungulo > Gorongosa >

Zomba Plateu (Malawi) > Senga (Malawi) > Ruaha (Tanzanië) > Dar es Salaam > Arusha.

Ons sal die “op” roete in 14 dae doen – net genoeg om op sekere plekke oor te staan en die beste te

sien, maar daar sal wel baie gery word in die beskikbare tyd. Tyd is bietjie kort, maar ek met die stap

ingesluit, gaan ek bietjie meer as 3 weke weg wees; ek kan nie langer as dit weg wees nie.

Die Brelages beplan om Tanzanië deur te ry, maar tyd inMalawi en spesifiek baie tyd in Mosambiek

deur te bring; hulle het meer tyd op die “terug” roete en sal dit ten volle benut.

Vervoer Ons reël deur Destination Africa Travel (DAT) vir vlugte terug; die Brelages reël vir vlugte op. Die

Ranger kry die volgende aanpassings:

65l Frontrunner long-range tenk, verskaf en ge-installeer deur Lazarus Motors se span in

Centurion

Ekstra 65ah battery in die neus; ekstra 102ah battery in die bak, bedien met ‘n Voltage

Sensitive Relay (VSR) verskaf deur Bud Morris en ge-installeer deur Lazarus motors

Centurion

Cole-Hersee prop vir die karavaan se batterystelsel, ge-installeer deur Lazarus Motors

Page 4: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

4

Carry-boy canopy

Ekstra (2e) spaarwiel en velling (rim), opgespoor deur 4x4community en junkmail.

Die karavaan word gediens en ten volle gepak – van “Sputnik” wasmasjien en porta-potty tot

blikkieskos, duvets en waaiers. Ons is gereed vir die ry!

Ook, vir die stap, kry ek baie goeie raad van ‘n span kundiges. Ek kry ook geskenkbewyse van ‘n baie

besorgde familie; die res van die stappers reël vir ons afslag en promosie-items van ‘n reeks bronne.

Ons ontvang selfs een aand ‘n motiverings-toespraak van Sean Wisedale, en leer almal baie van wat

vir ons voorlê…

Visums Ons kan deur DAT die visums kry, ek besluit ons het genoeg tyd om sommer self te gaan – in elk

geval, is die datums redelik “flexible”, dus wil ek so laat as moontlik die visums se datums vasmaak.

Ek betaal dus die R720 vir 2 visums handig die nodige dokumentasie in. Daar aangekom, is die prys

met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene;

ek verwag dat hulle my sal terugstuur om die betaling reg te maak en ‘n ander foto te kry, maar die

dame sê ek moet die R10 kontant gee en vra of dit reg is as sy sommer die paspoortfoto gebruik.

Alles dus onder beheer en ek is baie bly daar weg.

Volgende dag kry ek die paspoorte met 30-dae visums ingeplak. Interessant genoeg, soek hulle net

jou paspoort en ‘n ingevulde vorm – geen navraag (selfs op die vorm) vir medies, of bewyse van

waar jy gaan wees nie – soos in baie EU lande waardeur ek al is. Diens is ook vriendelik en

hulpvaardig.

23 Augustus Alles is beplan, gekoop en gereël. Die karavaan is verlede week reeds tot in Centurion gebring (van

Volksrust), meeste van my goed is in kratte verpak en gereed vir die oppak en reis; die Brelages het

die karavaan goed gepak met proviand vir die pad terug.

25 Augustus Pak en maak klaar, eers 2-uur in die bed, met die plan om vroeg weg te kom – moes dalk eerder

deurnag gepak en gery het.

26 Augustus: Centurion – Letaba kamp, Kruger Park Kom laat (9-uur) uit Centurion weg.Ek besluit om deur Polokwane te ry en moet noodgedwonge in

Polokwane stop vir admin, o.a. slotte en ‘n seël vir een Jerry kan. Kry nie een van die 2 nie, maar

neem die snaaksste foto toe ek verby ‘n pandjieswinkel stap.

Page 5: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

5

Gaan Kruger eers 15:00 binne en mis dus die Giriyondo grenspos, maar kry kampplek in Letaba. Sien

rooibokke en ‘n trop baie haastige olifante. As beloning hoor ek seekoeie en visarende met die

afpak. Aandete is vinnig –tjops en boneslaai. Die aand is daar ‘n verskietende ster, ‘n teken dat die

trip goed gaan afloop...!

Afstand (GPS) 540.7km Afstand (Odometer) 559.8km

Tyd gery 6:31 Tyd gestaan 2:22

Kostes

Tolhekke R 110.8 Diesel Phalaborwa R593.63

Kruger verblyf en ingang R569.3 Diesel Letaba R333.20

Brandstofverbruik is ‘n skokkende 5-6 km/l met die bakkie en wa – baie meer as wat ek verwag het!

27 Augustus: Letaba – Morrungulo Aangesien die grenspos eers 8-uur oopmaak, pak en rustig en maak gereed vir die dag. Haal die

grenspos teen 8:36 en begin die formaliteite – alles klaar in ongeveer 45 min. Die man aan die Moz

kant is bietjie ongelukkig met die 100l ekstra diesel wat ek saamry, maar besluit later dit is nie so erg

nie en laat my gaan.

In die Limpopo Nasionale Park sien ek ‘n trop skugter koedoes, ‘n paar rooibokke en baie tekens van

olifante maar niks meer nie. Grondpad is in ‘n heel skaflike toestand en al die hobbels is duidelik

gemerk – anders as wat vorige verslae aandui – en dit help baie. Hier en daar is dit bietjie sinkplaat,

maar niks meer as ‘n gemiddelde, af-en-toe onderhoude grondpad nie. Sien 2x Amarok’s apart van

mekaar op toer en 1x Cruiser van die Park.

By Massingir dam sien die wag my vinnig en vriendelik deur en ek seil aan. Net anderkant die wal

stop ek by die bank om geld te trek (ATM vat VISA, bank self is toe op die Saterdag) en maak gou die

kragkabel na die karavaan korter – iets wat my al ‘n rukkie pla.

Page 6: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

6

Die eerste deel van hierdie teerpad is lieflik – ek ry gemaklik 80-100 km/h. Dan begin die gedeelte

met padwerke – vir ongeveer 50 km is daar elke kort-kort ‘n deel padwerke en moet jy langsaan ry.

Die verbypaaie, en teerpaaie (waar hulle nog nie werk nie) is oor die algemeen goed, pas net op vir

die bruggies wat almal uitgery is – by een van hierdie is ek “airborne” – karavaan en al.

By Chokwe betaal ek die tolhek in Meticals. Nader aan die EN1 (vanaf Chibuto) is die teerpad weer in

goeie toestand.Ek kry ook by geen van die T4A-gemerkte punte polisie nie – dalk omdat dit Saterdag

is. By een klein dorpie is die enigste 40km/h bordjie – en dit is hier waar die manne in wit-en-swart

sit en wag. Ek bly by die spoedbeperking ek ry gemaklik deur.

Die EN1 is ‘n brijante teerpad –geen van die T4A slaggate en gevare bestaan meer nie. Ek word ook

net 1 keer afgetrek, terwyl die man op sy selfoon is, maak hy seker al die ligte op die karavaan werk;

en waai my aan. Dit is Saterdag-middag, en party van die dorpe is BAIE besig. Wil ook nie ‘n kans

waag nie en bly by die spoedbeperking deur elke dorp. Slegs in die besige plekke is polisiemanne

besig om die verkeer in toom te hou; die res van die pad is oop. Ek kry wragtie ‘n Yaris met NW-

nommerplate wat my verbyvat – nou wie het gese Mosambiek is net vir 4x4’s? Miskien is dit ‘n AVIS-

model….

By Maxixe is die son amper onder. Ek besluit om diesel in te gooi en eerder daar ‘n plek te soek om

te oornag. Besluit op Gua lodge, en wag dat die man klaar ingooi. Ek bied die VISA-kaart aan, en ek

besef net daar die nuwe PIN-kaart kan dalk moelikheid gee hierso. Dit is toe ook so, en ek betaal

maar die diesel met Rande.

Met die wegtrek kom ek agter die gekose verblyf se afdraai is agter my en besluit dit is makliker om

aan te hou as om met die karavaan te probeer omdraai, al is di tamper donker…..

Wou nog by die Steenbokskeerkring bordjie stop, maar die bord en T4A stem nie ooreen nie, ek mis

die geleentheid.

Morrungulo kamp Morrungulo strand

Gelukkig is die EN1 in top kondisie; so ook die bakkie se ligte. Die pad is besaai met mense en karre;

maar ek maak die 90km tot om Massinga betreklik maklik. Die grondpad Morrungulo is ook in

aanvaarbare toestand, hierdie +/- 12 km neem omtrent 30 min. Ek draai by die hek in; en die plek is

vervalle en verlate! Met die omdraai, kom ‘n wag aangestap en verduidelik ek is by die ou ontvangs –

ek word na die nuwe plek gelei en vriendelik ontvang by Morrongula Bay – 19:00 die aand. Met die

kampplek en kamp uitgesorteer, stap ek oor na die restaurant. Die Kalamari proe soos rubber en die

Page 7: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

7

skyfies is ietwat rou – maar in alle eerlikheid was ek die enigste – en ‘n baie laat – gas. Die yskoue

Laurentina maak egter op. Ek maak klaar en klim 9:30 in die bed.

Afstand (GPS) 689km Afstand (Odometer) 656.2km

Totale tyd vir die dag 11:56 (het nie totale apart neergeskryf nie)

Kostes

Aandete (Calamari en chips + 2 biere)

R130 Diesel Maxixe 88.59l @ MT4013/liter =MT3555 (R940)

Kamp R100 pppn

28 Augustus: Morrungulo – Gorongosa National Park Staan 6:30 op en begin oppak, ontbyt is Muesli. Pak paar goedjies reg, en is teen 9:00 reg om te ry.

Stop by ontvangs en groet, net om te sien die karavaan se krag kabel is deurgeskuur. Iewers met die

opry vanaf die strand, moes ek die kabel onder die disselboom gehaak het…

“Isolation tape”, en “duct-tape” net vir goeie versekering, maak die nood-operasie klaar. Ek besluit

sommer om die canopy se deur, wat nie lekker lyk nie, reg te maak. Op die knippie kort een bout wat

iewers verloor het, maar ek maak die hele ding vas en dit lyk of hierdie reparasie ook gaan hou.

10:00 vertrek ek uit Morrungulo. Fernando wat my help, wil graag ‘n R100-horlosie aan my afsmeer.

Na die hulp is ek dankbaar, en koop die R20-se-waarde maar. Met die transaksie agter die rug, moet

ons sommer ook gaan kyk na ‘n lodge wat te koop is, maar spring gelukkig hierdie een vry.

Die EN1 lyk steeds fantasties en ek maak redelik vordering. Omtrent 50 km verder is daar bietjie

slaggate, en die trokkie sny oor die pad om dit te mis. As ek gisteraand hierdie deel moes ry, was dit

chaos…

Gelukkig raak dit weer beter. Ek laai 3 Amerikaanse meisies op wat vir 2 jaar klas gee in Moz – hulle

werk vir die “Peace corps” en het vir ‘n vriend gaan kuier. Ons gesels lekker oor Moz, en hoe hulle

die land ervaar. By die Pambarra afrit, waar hulle afklim, ry ons in ‘n stuk ou pad in. Die pad is in

redelike toestand, al die slaggate is opgevul, maar daar is geen skouer nie – inteendeel, baie plekke

is die pad nouer soos die skouer weggevreet is. Die pad bly so sleg tot by die Rio Mar brug. Hierdie

brug is nou ‘n een-baan kruising van staal, bo-op die ou brug. Net voor die Rio Save brug, soek ek iets

om af te neem as verwysing. Ek maak die fout om net voor die tolhek ‘n bannier af te neem – die

wag by die tolhek is bietjie ongelukkig en wil sien of ek hom afgeneem het. Tevrede dat dit nie die

geval is nie, verander hy die tolhek fooi na MT100 – ek weet nou nog nie wat die regte fooi is nie.

Vanaf Rio do Mar is die pad weer 100%, maar met ‘n kleiner skouer as die nuwe deel suid. Die reis is

egter gemaklik – ek stoot aan teen ‘n gemaklike 100-110 km/h.

Brug Verkeer

Page 8: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

8

Ongeveer 30-40 km voor Muxungue, skrik ek my g@t af as mense voor my in die pad bly staan – van

ongeveer 500m tot jy by hulle kom, bly hy daar … met pynappels. Ek flits ligte en hy bly staan – en

stap dan net betyds rustig uit die pad. Dit gebeur gereeld van hier tot in Muxungue – van pynappels,

Cashew neute, hoenders tot tarentale word bemark. Net die charcoal-verkopers bly uit die pad uit.

Charcoal sal ek ook in elke land te koop sien – baie hartseer hoe die bos uitgeroei word hiervoor.

In moontlik die kleinste gehuggie van die lot word ek afgetrek vir spoed. Weer eens ‘n bewys –

moenie, omdat dit Sondag is en daar niemand langs die pad is nie – besluit om die spoedgrens te

ignoreer nie. Die fout kos my MT500, en die beampte vra nogal mooi dat ek versigtig verder ry.

Daar is baie trokke met massiewe stompe hout oppad Noord – waar kom die hout vandaan? Dan is

daar stapels spoelklippe langs die pad – nie langs gate of slote (vir gate opvul) nie, wat is die doel?

Die ry-ritme begin nou inskop – so 15 km voor Inchope speel UB40 se “I’ll be your baby tonight” op

die CD, en die hobbels in die pad hou omtrent mooi by die Reggae-ritme. Ek hou saam ritme en

geniet nou die toer – maak nie saak hoe erg die diesel-verbruik is nie!

Die verwagting is dat Inchope ietwat na ‘n dorp sal lyk, want dit is op die kruising van die N1 en N2.

Die fout is amper duur omdat ek met ‘n kaart wou probeer diesel ingooi – gelukkig is daar net aan

die ander kant van die kruising ‘n BP met diesel – hulle is bereid om Meticals en Dollar te vat vir

diesel, maar nie Rand of kaarte nie.

$1 = MT24. Ek maak vol vir MT 3530.

Van daar na Gorongosa is die pad besaai met slaggate. Besluit om agter ‘n trok te bly, en dit help

baie – hy wys baie mooi waar die gevare is. Vanaf die afdraai tot in Gorongosa kamp neem bietjie

meer as 1 uur vir die 29 km. Dit is ‘n sinkplaatpad, maar redelik aanvaarbaar. Chitengo kamp in

Gorongosa het vriendelike en hulpvaardige diens, ek is vinnig by die kampplek en reg vir die aand.

Verblyf, parkingang en ‘n “self-drive” vir 29 Aug kos R560.

Die kampplekke het krag – maar benodig die ronde 2-punt Protugese / EU proppe. Gelukkig is die

regte “adapter” ingepak, dus kan al die elektroniese speelgoed gelaai word.

Afstand (GPS) 640km Afstand (Odometer) 656km

Tyd gery 7:34 Tyd gestaan 2:21

Kostes

Diesel Inchope 94.75l @ MT3726/liter =MT3530 Betaal met $100 ($1:MT24) en die res in Meticals

Gorongosa kamp, ingang en “self drive” wildsrit

R560

Page 9: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

9

Gorongosa sononder

29 Augustus: Gorongosa National Park - Guro Staan +/- 7 uur op. Kry net ‘n koue stort, maar die stortkoppe is splinternuut – miskien is daar

volgende keer warm water. Dit is weer eens bewolk, en deur die oggend wildsrit is daar elke kort-

kort ‘n motreëntjie. Het gisteraand hiënas iewers in die park gehoor. Ry 8:20 in die park in vir die

“self-drive”, die paaie is goed en die wild redelik volop. Net binne die hek is ‘n paar Oorbietjies,

bietjie later ‘n massiewe Koedoebul en ook mooi Njalabul. Varke, waterbokke en ape is vervuil,

amper soos rooibokke in Kruger. Sien verder krokodille, rooihartbees, baie voëls, rooibokke en nog

Rio Gorongosa Gorongosa

Page 10: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

10

baie bosbokke en rietbokke. Wildsrit is 44km lank wat goed afloop, dit neem 2:30 min. Die

natuurskoon is iets anders – dele van die park is net koorsbome, terwyl ander dele net palms is. Net

dit maak ‘n besoek die moeite werd.

Waterbokke

Njala Koorsboom woud

Bosbok

Page 11: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

11

Gorongosa kamp het ook ‘n paar permanente tente, die hutte lyk goed versorg die die restaurant-

gedeelte lyk aanloklik, so ook die swembad. In die winkeltjie verkoop hulle T-hempde en DVD’s as

aandenkings; al die werkers sit met laptops voor hulle, dit lyk of daar goeie data lyne hier moet

wees. Vertrek 12:00 uit die kamp – Fernando bring nogal die MT110 se kleingeld wat gisteraand te

min was – ek het eintlik al daarvan vergeet.

Die pad uit tot by die teerpad neem weer ongeveer 1 uur – redelike grondpad waarop mens die

40km/h limiet kan haal, daar is nogal sinkplaat gedeeltes, maar niks wat “die enamel van jou tande

sal afskop nie”.

Besluit om terug te ry na Inchope, en van daar Chimoio > Tete. Ons het in 2005 hierdie pad gery en

dit was toe in goeie toestand – T4A waarsku egter van slaggate en stadig ry. Ek is egter nie lus om

deur Gorongosa town > Tete te ry nie, die mense in die kamp kyk my ook skeef aan as ek daarna vra.

Ek handhaaf 100km/h vir die meeste van die pad terug. Daar is wel ‘n “take-away” / restaurant en

ook klein curio sentrum langs die pad, nie op T4A gemerk nie. Mens sien hulle ook net as jy by dit

kom; dit is moelik om terug te draai en hulle te merk. Restaurant lyk goed, daar is ’n klompie

voertuie en ek sien mense op die stoep. Interessant is hierdie deel van die land vrot van die Frelimo

vlae, maar ek waag dit liewers nie om ‘n foto te neem nie.

In Inchope koop ek Páo, teen MT5/elk. Vat die pad tot in Chimoio, hier wil ek gou geld ruil, maar die

Standard Bank (wat geskuif het) is propvol. Buite ruil ek Rande vir Dollars teen R6.50:$1 en koop ‘n

Vodacom Mosambiek SIM kaart.

Hier is ook ‘n Shoprite, en verskeie winkels wat in meeste behoefters sal voorsien. Lyk na ‘n

belangrike dorp. Interessant hoe die straatmark verander van dorp na dorp – op die EN1 is dit

vrugte, groente en bokke – hier is dit minder, maar daar is baie vaardige houtwerkers hier – langs die

pad staan stoele, beddens en deure uitgestal. Verder aan in die rigting van Tete, is geweefde

mandjies en rietmatjies oral te sien.

Die Tete pad is in dieselfde tip-top kondisie wat ons in 2005 gesien het. Hou ‘n gemaklike 100 km/h

regdeur, behalwe deur die dorpies waar die 80 -> 60 -> 80 beperkings geld. Stop gou om te kyk hoe

lyk dit by Pousada kamp, soos op T4A aangedui. Hierdie kampplek is ‘n park teen die hoofpad, met ‘n

halwe muurtjie om die plek, ek dink die plaaslike bevolking sal jou mal maak. Daar is darem nog tyd

in die dag en ek stoot aan.

Pousada kampplek

Page 12: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

12

Ek kry die af/in draai vanaf Gorongosa by Comacha en besluit om gou te kyk hoe hierdie opsie sou

wees. Omtrent 10km in, is dit duidelik dat die pad baie langer sou vat. Dit is ‘n grondpad, in

dieselfde, tot swakker, toestand as die pad na Gorongosa Park. Daardie 29 km het ‘n uur gevat,

hierdie 130 sou hoeveel meer vat? Dit is dalk ‘n mooi roete, verby Gorongosa berg, sal maar

volgende keer kyk.

Tref Guro teen +/- 18.00, dit is al donker, en al is die pad goed, het die trokke allerhande verskonings

vir ligte. Stop voor die Pensao Oasis, die hekke is toe. Klim uit en begin rondkyk, onmiddellik begin

die straatverkopers die mense binnekant roep, heel vriendelik. Na maklik 20min maak kom die wag

van anderkant die straat af, sluit oop en ek parkeer binne. Dit moes in vroeër dae ‘n netjiese motel

gewees het; die swembad lyk netjies, die ou kafeteria is nou ‘n kerk of iets. Die mense praat net

Portugees en ons mis mekaar heeltemal; gelukkig kom ‘n man van die “Care for the children

Foundation” ook hier aan, hy verstaan Engels en vertaal. Daar is 2 tipes kamers beskikbaar – een met

‘n privaat stort en toilet (MT600), die ander daarsonder (MT350). Ek slaap sommer in die karavaan –

alles is daar – maar vir die voorreg is die prys MT600. Nogal rof vir slegs parkering, maar dit moet

maar doen. Koop sommer aandete by die mense – ¼ hoender en chips plus 1x2M bier. Totaal vir die

nag = MT760. Klim omtrent 21:00 in die bed met die geraas van trokke en ‘n disco iewers in die dorp,

maar dit raak later doodstil. Die trokke begin ook eers laat die volgende oggend roer. Hierdie is ‘n

goeie oornag-stop as die donker jou gaan vang.

Afstand (GPS) 419km Afstand (Odometer) 507.5km

Reistyd 10:34 Sluit wildsrit en staan in

Kostes

Verblyf en aandete MT 760 (verblyf MT600, hoender en 2x 2M = MT160)

Page 13: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

13

30 Augustus: Guro – Trout Farm Camp, Zomba Nature Reserve, Malawi Vertrek 8:15 uit Guro. By die Luenha rivier is ongemaklike hobbels voor en na die rivier wat sleg

aangedui word, gelukkig is daar ‘n skerp draai net voor die brug wat jou spoed verminder. Verder is

daar pragtige Kremetart-bome verder Noord, maar dit en die Cahorra Bassa kraglyn is omtrent al

wat van belang is op hierdie deel van die pad.

Gooi diesel in by Tete, en net na die Zambezi-brug roep ‘n beampte my terug. Stop en hy vra vir TIP

papiere om te stempel – blykbaar kan daar moeilikheid wees by grens daarsonder. Ruil in Tete geld

teen R1:MK25, kry ook verder aan dieselfde koers. By die grens is die nie-amptelike koers egter

R1:MK27. Tete is sy bekende, onbekoorlike self – baie besige stad en niks om te sien nie – sover ek

weet, in elk geval.

Reis deur Moz-Mal grenspos by Zobue. Totale kruising neem 1 uur, aan die Moz kant is daar geen

probleme nie. Kry ‘n groep Suid-Afrikaners wat terugkeer uit Malawi, hulle noem dat diesel

beskikbaar is in die Suide van die land, petrol is skaars. Malawi kant tref ek wragtag ‘n “runner” wat

MK500 kos. Die bliksem staan by die hek, netjies aangetrek met ‘n boek wat jy “moet” teken – sodra

jy dit doen is jy gevang vir sy diens en derdeparty-versekering. Hy help egter ‘n bietjie by die doeane-

kant – gewone mense staan maar in die tou terwyl die trokdrywers van die kant af hulle papiere

voor jou indruk – die runner het hier bietjie tyd gespaar.

Van die grens tot in Blantyre word ek 5 keer gestop by blokkades en deurgewaai. Stop by

Game/Shoprite sentrum in Blantyre, koop ‘n SIM kaart en kragprop vir Malawi/Tanzanië. Probeer by

die Ford garage stop sodat hulle na die haak kan kyk, maar daar is ‘n lang tou en geen diens nie –

besluit om maar Lilongwe of Mzuzu te probeer – dit sal blyk ‘n groot fout te wees. Die BBC verkondig

die chaos oor Julius Malema se verhoor elke 15 minute aan.

Ry deur Blantyre in namiddag verkeer, en slaan Zomba op die besigste tyd – dit is baie moeilik om te

ry tussen die hordes mense, fietse, taxi’s, bokke en dies meer. Moeilikste deel om te ry tot dusver.

Teen die Zomba plateu afdraai is dit basies donker en ek vat die kronkelpaadjie baie versigtig. Die

T4A pad na Trout Farm campsite lyk verlate – ek kan nie omdraai nie en hoop om maar onder ‘n plek

te soek om om te draai. Dan is daar ‘n kruising met die regte pad en dinge gaan beter. Kry die

kampplek en 2 Cruisers van NW en Noord-Kaap, oppad terug SA toe na ‘n toer deur Botswana –

Zambia – Malawi. Die kampplek lyk goed in die donker – tussen lang dennebome, hoogte bo

seespieël is 1418, volgens die GPS, verder af teen die berg is hulle besig om die hele plantasie uit te

sny.

Maak vuur maar besluit om sommer net ‘n aartappel-gereg te maak vir aandete. Dit is baie koud op

die plateu, kruip ongeveer 22:00 in.

Hierdie oornagpunt was ‘n vaste punt op my agenda van 2005 af, te danke (en ter nagedagtenis) aan

Anton Matthee.

Afstand (GPS) 480.5km Afstand (Odometer) Nie gemerk

Reistyd 13:13 Rytyd+stoppe vir diesel, grenspos en Blantyre

Kostes

1.5L water MT30

Tete diesel 95.46l @ MT4170/liter =MT3980.89 (R1137)

Page 14: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

14

Grenspos TIP = MK5000 (R200) Versekering = MK10,000 vir die bakkie en MK5,000 vir karavaan (R600)

Runner = MK 500 (R20, onnodig)

Malawi SIM kaart MK100 vir SIM, MK1600 vir 500mb data oor 30 dae, MK1000 vir oproepe @ MK113 / minuut internasionaal (R108)

Trout Farm campsite MK 600 vir die nag (R24) Warm water beskikbaar met donkie, maak vooraf seker donkie is aan

31 Augustus: Zomba – Cool Runnings, Senga Bay Wil graag vanoggend ‘n stap doen op die plateu maar ‘n MOERSE nekspasma trek my plat. Ek het

maklik 16 jaar laas so iets gevoel. Probeer 10-pax pille uit die Brelages se medi-kit – dit help nie.

Iemand het “spierverslappers” op die pakkie geskryf, in die voubiljet word dit aangedui vir “anxiety,

insomnia, seizures, alcohol withdrawal…. and muscle spasms”. Wel, dit het gemaak dat ek nog seer

het, maar nie omgee nie . (Dit het ook - gelukkig - niks gedoen aan my drang na Gin & Tonic

nie).Probeer vir so rukkie lê, 9-uur kom ek agter die pyn gaan nie weggaan nie, maar ek moet voort.

Pak een-hand op; sit ’n Transact-pleister op wat bietjie help en besluit my bene makeer niks – ek

gaan nog steeds stap. Die gids dui ‘n prys van MK1000 aan, by ontvangs soek hulle MK2000. Die gids

tree tussenbeide en die prys bly MK1000. Vanaf 11:30 doen ons ‘n lekker (onder omstandighede) 4-

ure stap deur die plantasie met pratige uitsig oor Zomba en in die rigting van Malawi meer, maar dit

is te mistig om te sien. Besoek Williams Falls, Emperor’s View en Queen’s View. Teen 15:00 is ons

terug in die kamp, ek vang ‘n vinnige stort en val 15:30 in die pad.

Williams Falls Zomba dorp

Forel dam

Denne plantasie

Page 15: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

15

Daar is 4 chalets gebou by die Trout Farm Campsite, maar iewers het die geld opgeraak en net een is

voltooi. Dit kan egter netjies wees as iemand weer die projek kan laat herleef.

Vertrek van daar vir Senga, en tussen die baie verkeer, kom ek weer eens donker (19:51) by Cool

Runnings aan. Op hierdie deel sien ek die snaaksste bord van die toer – “Pack-and-Go Coffins” maar

kan nie ‘n foto neem nie. By Cool Runnings eet ek ‘n goeie hoenderkerrie en drink ‘n paar Malawi-

Gin en Tonics om die pyn te verlig. Het ook intussen die Voltarens ontdek, tussen die 3 stelle

medikasie slaap ek so ‘n klein bietjie die nag.

Afstand (GPS) 269.8km Afstand (Odometer) Nie gemerk

Ry 3:46 Staan/stop 0:35

Kostes

Zomba staproete MK1000 (R40)

Cool Runnings kamp MK 800 (R32)

Cool Runnings aandete MK 1050 (R42)

1 September: Cool Runnings – Mayoka Village, Nkatha Bay Cool Runnings bied ‘n klerewas diens aan en ek maak gebruik daarvan om meer tyd op die meer te

kan hê. 5xstukke klere kos MK200 (R8)….

Net by die hek uit, stel Tony himself onmiddellik as gids voor, en vir $5 is daar ongevraagde

geselskap deur die “dorp”. Koop “scones” – nat boerbeskuit – vir MK20 en dit dien as ‘n aangename

ontbyt. Gedurende die besigtigingstoer stry ons oor die prys vir ‘n bootrit na Lizard Island

(aanvanklik $55), en kom ooreen op $30. Hier roep en voer Tony en sy makkers die visarende, wat

jou kans gee vir fantastiese foto’s. Klouter so bietjie rond op Lizard Island maar die nek-spasma pla

nog steeds en vat maar die pad terug vasteland toe.

Pak op en vertrek +/- 12:00 vir Mzuzu – ek wil nog by die Ford garage of miskien Kwikfit stop vir die

dag. Gooi diesel in by Salima – maar het nie genoeg Malawi Kwatcha om vol te maak nie.

Maak gou ‘n draai by Ngala Beach lodge – baie netjiese plek wat deur Suid-Afrikaners besit en

bestuur word, maar dit is te ver van die Tanz grens om te oornag. Mik vir Nkatha Bay en Mayoka

Chalet Chalet uitsig

Page 16: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

16

Lodge (deur Tony aanbeveel) – ek sal Mzuzu teen middag verkeer maak, en na Zomba se sirkus klink

dit nie na ‘n goeie idee nie.

Die pad Nkatha Bay toe gaan oor 2 stukkende brûe, verby swerms mense en deur verskeie

padblokkades. Mayoka is ‘n “backpacker lodge” aan die einde van ‘n relatief rowwe grondpad in

Nkatha Bay, en word ook deur Suid-Afrikaners van Durban besit en bestuur. Teen die tyd wat ek

uiteindelik daar aankom, is dit donker, en daar is GEEN manier om om te draai nie – volgende

oggend sou ons die karavaan afhaak en met die hand omdraai. Dus is daar geen ander opsie as om in

die backpackers oor te slaap nie – ‘n baie “earth, green and soul” tipe plek. Aandete en die Malawi

Gin is egter goed vir die nek-pyn. My kamermaat is ‘n baie interessante Spanjaard wat ook die

volgende dag saam op ry tot by Livingstonia.

Op hierdie stadium is Malawi nie meer die idilliese land wat ek onthou nie. Daar is meer mense as

sand in die land – en hulle is almal in die paaie. Dan is hier ook die meeste padblokkades nog. Mens

vergeet egter gou daarvan as jy jou bestemming bereik – byna enige plek teen die meer maak die

verkeer, pad en stoppe die moeite werd.

Afstand (GPS) 329km Afstand (Odometer) Nie gemerk

Reistyd 5:46 Sluit diesel en padblokkades in

Kostes

Diesel Salima 57.70l @ MK260/liter =MK 15,000 (R600)

Mayoka Village kamer MK 1600 (R64)

Mayoka Village aandete MK1100 (R44) en $27 vir drankies (deel met Spanjaard)

2 September: Mayoka Village – Mikoma Beach Lodge Wekker maak my 5.30 wakker en die Spanjaard herinner my gou-gou om op te staan. Die eerste

geluide wat ek uit kry is ‘n klomp kreune want die nek spasma is terug, alhoewel baie ligter.

Strompel af na die “dry compost” toilet, en daarna die buitestort, wat nogal netjies is en warm water

van die donkie kry.

Ons ry saam uit Nkatha Bay uit, en wonder weer eens oor die nut van die aanhoudende

padblokkades. Die Spanjaard vertel hoe – met die publieke vervoer – hulle telkens al 100+ uit die bus

moet klim, sodat die polisieman vir sekondes kan inkyk en tevrede sy kop knik. Dan is almal weer in,

Ilala Ferry Visarend vangs

Page 17: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

17

tasse, mense, bokke, die lot. Die rit van Lilongwe tot in Nkhatha het 11 ure geneem – met die bakkie

was ongeveer dieselfde afstand 5 ure.

In Mzuzu stop ons by die apteek om die Voltarens te probeer aanvul – die 2e apteek kan help. Ruil

Rande vir Kwatcha’s by die nuwe, groot NBS bank, maar kan by geen stasie diesel kry nie. ‘n Man

bied swartmark diesel aan teen MK600/liter, teenoor die ongeveer MK240-260 by die pompe, ons

besluit om maar aan te stoot want die 4 Jerry kanne is nog vol.

Ons kom sonder voorval in Mkondowe aan, en los die karavaan by die poskantoor. Van hier durf ons

die 15km na Livinstonia aan. Van die begin af is dit duidelik nie ‘n maklike pad nie – en neem net

meer as 1 uur om bo te kom. Die pad herinner baie aan Sani Pas, behalwe droër en meer bebos. Bo

aangekom verkyk ons ons aan die kerk (dit was die eerste sendingstasie in Malawi), hoër en

laerskole, tegniese college en hospitaal. Blykbaar (dis nou volgens oorlewering) was Livingstonia op

sy tyd die grootste hospitaal in Malawi (wel, toe ook seker die enigste). Dit is ongelooflik, gegewe

hoe moeilik die plek bereikbaar is – die ander roete in is blykbaar nog erger. Die College lyk

gehawend en daar is min toerusting en die 3 curio winkels samel geld in vir weeskinders en die

sending, maar die een admin-persoon met wie ek praat, is baie trots op hulle instelling en die werk

wat daar gedoen word. Dit is Vrydag en die skoliere is met vakansie, maar hy is steeds uitgevat in ‘n

netjiese pak, langmou-hemp, das en al – nuwe klere nogal. Klasse word in tipiese technikon formaat

aangebied – ten minste 18-jarige ouderdom en tipe hoërskool kwalifikasie as voorvereiste, sekere

hoeveelheid teorie word aangebied en dan praktiese ervaring iewers. Die plek se geskiedenis is

nogal interessant – daar is genoeg inligting op ander plekke beskikbaar om nie hier te herhaal nie.

As mens tyd het, is Livingstonia ‘n besoek werd. Die uitsig oor die meer is asemrowend en die

sendingstasie self is ‘n paar foto’s werd. Daar is ook 2 onafhanklike kampplekke teen die pas op –

ons het egter nie gestop om te kyk hoe dit lyk nie.

Livinstonia kerk

Boek advertensie

Ambulans in Mokondowe

Page 18: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

18

Die Spanjaard besluit om saam terug te ry, want alhoewel verblyf beskikbaar is, is vervoer op die

naweek nie. Ons draf berg-af en groet mekaar vriendelik.

Ek mik vir die grenspos en ry redelik gemaklik verder – dit is 14:30 en ek sal die grens maak, maar nie

Iringa (in Tanzanië) nie; hoop om blyplek langs die pad te kry (daar is nie, soos ek die volgende dag

sou uitvind). Die pad is steeds goed, soos die meeste van Malawi en ek ry gemaklik. Omtrent 15 km

voor Karonga, oor ‘n brug, klap iets sleg op die bakkie. Ek stop om te kyk en ‘n skok wag – die

toustang het gebreek. ‘n Vinnige ondersoek wys 2 van die 4 boute op die chassis is mors-af. Stadig

sukkel ek aan na Mikoma Beach Lodge – splinternuwe plek nog nie op T4A nie (het die plek gekies

want die bordjie dui aan dit is 1.5 km van die hoofpad, Malema Camp is 4). Daar los ek die karavaan

en Crosby, die eienaar verduidelik van ‘n bos-garage in Karonga waar hy altyd goeie diens kry- die

man se naam is Nigero by Kipeto Garage. Die volgende 2 ure gaan in die ondersoek en reparasie van

die toustang, die moere is in die chassis geskeur en die enigste raad is om die toustang te sweis.

Nigero vra MK1500 vir die hele storie – R60. Ek dink dit is min genoeg – Nigero is verbaas dat ek hom

nie afstry nie.

Terug in Mikoma gesels Crosby lekker – die man het al Dar toe gery en gee goeie raad, gesels oor

Malawi en SA se probleme en moontlikhede – baie aangename mens. Die lodge het ook potensiaal

om ‘n goeie plek te wees, hulle is besig met die laaste bouwerk. Kampplek word nou klaargemaak en

hy kwoteer ‘n prys van MK1,000 per nag, wat aanvaarbaar klink vir wat hulle bied. Maar teen MK

12,500 per kamer, is die chalet-opsie nie in hierdie Overlander se begroting nie. Toevallig is Crosby in

Livinstonia gebore, hy is baie trots op die plek en gaan gereeld terug. Blykbaar is dit toe ‘n goeie

basis vir opleiding in Malawi.

Crosby bied ‘n stort in een van die kamers aan – regtig netjies met LCD TV en aircon. Ek betaal MK

1000 om te kamp en MK 1500 vir die gebruik van die stort, maar doen dit met graagte gegewe die

omstandighede en, wel, hulle het baie gehelp. Kennedy is die vriendelike kroegman en help graag

met Gin en Tonics. Hy was in SA tot Xenophobia amper sy lewe gekos het – ek sou later uitvind hy en

Laséa het dalk saam gewerk by die Cape Grace hotel.

Gooi 2 jerrykanne se diesel in om tot in Tanzanië te kom.

Afstand (GPS) 325.4km Afstand (Odometer) Nie gemerk

Reistyd 7:13 Stop 4:50

Kostes

Nood-reparasies MK 1500 (R60)

Mikoma Lodge kamp MK 1000 en MK 1500 vir gebruik van die kamer se stort

3 September: Mikoma Beach Lodge – Old Farmhouse Camp, Tanzanië Met die vertrek vanaf Mikoma kom ek agter my notaboekie is weg. Nogal ‘n verlies, maar dit is maar

so. Die pad tot by die grens is steeds in goeie toestand en ek ry gemaklik, maar luister versigtig vir

duur klanke van die sleepstang af.

By die grens gaan die formaliteite goed – Malawi kant neem seker 20 minute. Aan die Tanzanië-kant

vat dinge langer – daar is ook maklik 6 mense wat alles in die kar wil deursoek – almal in siviele klere.

Kom later agter dat dit almal amptelike dieners is, en hulle gee graag raad oor wat om te doen – van

die pad-toestand tot om nie op swartmark geld te ruil by die grens nie – blykbaar baie polisie wat jou

Page 19: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

19

dophou. Die hele storie – van Malawi tot Tanzanie kant, neem op die ou end meer as 2.5 ure. Ek ruil

op die grens vir TZS1580:$1 (heel goed) en TZS1:MK7.7 (baie duur) teen die amptelike koerse.

Die eerste ding wat ek opmerk van Tanz, is minder mense, dan dat dit lyk of ‘n meer kommersiële

landbou hier posgevat het. Tee- en piesangplantasies staan lande vol, later is daar volwaardige

mielielande en bosboubedrywighede. Die paaie is ook in die algemeen in goeie toestand, slaggate

hier en daar, maar daar is oral reparasies aan die gang. Mbeya is ‘n baie besige dorp, ek stop hier vir

diesel, teen TZS2160/liter. Dit is Saterdag en ek wil die Shillings spaar so betaal met Dollars, teen ‘n

skokkende koers van TZS1300:$1. Oral is borde en kennisgewings met ‘n rooi kruis (lyk soos

spuitverf) doodgemaak – ek sal later uitvind die pad-agentskap merk private strukture naby die pad

so, om aan te dui dat hierdie stukture nie deur hulle onderhou word nie. Kry ‘n groep van 6-7

motorfietse wat saam toer in ‘n suidelike rigting, en ook een verlate ou op ‘n trapfiets, oorvol gelaai,

lyk of hy ook op ‘n toer suidwaarts is.

In een van die dorpies, ry ‘n ouerige man met sy fiets aan die regterkant van die pad. Ek blaas die

toeter, soos dit gewoonte is – hy kyk reguit na die bakkie en draai links, in die pad in. Ek stop net te

laat, en tik die man van sy fiets af. Verontwaardig spring hy op, en steek dadelik sy hand uit “some

money” kom dit dronkerig uit. Ek weier, hy het dan voor my ingery. Vies vat hy die fiets, wat niks

makeer nie, en stap uit die pad uit. Die skare wat hierdie saak getrek het, lag en skud hulle koppe vir

die dronk ou man. Dit kon baie sleg afgeloop het.

Mikpunt vir die dag is Ruaha park, maar na die lang grenspos is dit nie meer moontlik nie. Besluit om

te mik vir Baobab Conservancy camp, net toe ek by Old Farm Camping Site verbyry. Draai om en ry in

– die plek bestaan nog en is baie netjies, lyk of dit ‘n algemene plek is vir Overland trokke, maar die

atmosfeer is eerder rustig as een groot kuiers. Teen $5/nag is dit heel goedkoop; ek slaan kamp op

en maak vinnige aandete, en plant myself in die kroeg vir ‘n paar rustige koues. Old Farm het goeie

kampplekke, sonder krag, maar goeie toilette en warm storte, bedien deur ‘n donkie. Chalets is

beskikbaar, en hulle bedien ook etes – weet nie of mens vooraf hiervoor moet bespreek nie.

Afstand (GPS) 460.6km Afstand (Odometer) 302.7 vanaf vol tenk

Reistyd 6:41 Stop (hoofsaaklik grens)

3:26

Kostes

Diesel Mbeya TZS2160/liter @ TZS1300:$1. Gooi $200 in.

Grenspos TIP = $25 elk vir bakkie en karavaan, vir verblyf langer as 7 dae, anders

Old Farm kuierplek Old Farm fasiliteite

Page 20: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

20

$5 elk Versekering is TZS 50,000 vir die bakkie en TZS 40,000 vir karavaan Vodacom SIM is TZS2000, met ‘n ekstra TZS2000 vir lugtyd. Die kaart moet geaktiveer word by ‘n Vodacom-agent.

4 September: Old Farmhouse Camp – Mikumi Nasionale park Kom vandag eers agter Tanzanië is 1 uur voor SA-tyd, toe die GPS en bakkie se horlosie skielik verskil

. Vertrek uit Old Farm vir Mikumi Nasionale Park – die TanZam snelweg ry reg deur die park, en

volgens my gidsboekie grens die park aan Selous en is dit ‘n goeie plek vir wildkyk. Die pad soontoe is

in ‘n goeie toestand, maar vrot van die spoedhobbels. Stop gou in Iringa om die SIM kaart te aktiveer

en diesel in te gooi. Iringa dorp is ‘n entjie van die grootpad – teen ‘n bult op met aanhoudende

spoedhobbels. Die plek is besig en ‘n goeie basis vir meeste voorraad. Ek probeer steeds die Tanz

Shillings spaar en wil met Dollars vir diesel betaal, maar die koers wat hulle aanbied is te duur na my

sin. Besluit om maar aan te stoot – hoe nader mens aan die kus kom, hoe goedkoper word die diesel,

so as ek kan uithou tot Morogoro of Chalinze is dit beter. Stop uiteindelik by Mikumi dorp vir diesel

teen aanvaarbare tarief.

Ek sou graag meer wou stop in die Kitonga Gorge Pas, en die valley Baobab valley – die kremetart-

bome in die vallei staan soos ‘n plantasie, dit is regtig ‘n gesig om te sien en meer te waardeer.

Udzungwa Nasionale park het nie goeie verwysing in my boekie gehad nie, die kampplekke lyk ook

vêr van die pad af.

Ingang en kamp by die Mikumi park kos $40, ek besluit eers om maar terug by die Tan-Swiss lodge

net buite die park te slaap en dagfooie vir toegang te betaal. Verander toe van mening en besluit $40

gaan my nie doodmaak nie, dan is ek elkgeval in die park. Op die ou end, kos ingang vir die kar en

persoon, parkfooie en kampfooie to $90 – die dame het nie die volledige syfer gegee in die begin

nie, sorry…..

Dit is toe op die ou end elke $1 die moeite werd – ek het bietjie meer tyd om in die park te ry i.p.v.

terug jaag vir die hek; die kampplek is netjies en relatief wild (sonder enige heining vir beskerming);

hope wild om af te neem – perfek! Die prys sluit ‘n skoon kampplek in, met water en ‘n groot hoop

hout. Daar is ‘n rondawel vir etes, stort (koue water en geen stortkop) en ‘n Oosterse-styl toilet.

Page 21: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

21

Afstand (GPS) 341.3km Afstand (Odometer) Nie gemerk

Reistyd 6:58 Stop 3:16

Kostes

Mikumi National Park $90 vir ingang, voertuig en kamp

Diesel Mikumi 73.53l @ TZS2040/liter=TZS150,000 ($100 teen TZS1500:$1) Maak nie vol nie

Lugtyd TZS 10,000

Bottel Fanta TZS 500 (moet daar klaar drink en die bottel teruggee)

5 September: Mikumi Nasionale park - Moshi Volgende oggend gooi ek een Jerry kan wat bietjie lek in die bakkie en pak op vir die 2e laaste dag. ‘n

Massiewe bobbejaan kom verduidelik teen 10:00 ek moet aanskuif want hy wil rondsnuffel waar ek

was, rondom dieselfde tyd laat weet Marius-hulle dat hulle veilig in Moshi is, en ek maak planne om

daar te kom. Ontdek die notaboekie in die curios wat ek op Livinstonia gekoop het – baie bly

daaroor!

Die pad vanaf Mikumi > Morogoro > Chelinze > Segera > Korogwe > Mombo > Hedaru > Same >

Himo > Moshi is in baie goeie toestand, maar is vrot van die spoedhobbels, soos elke pad wat ek in

Tanz gery het. En nie sommer wat ons in SA gewoond is nie – as jy 1 van hierdie goed sleg vang, haak

jy die karavaan af en eindig die vakansie net daar. Daarmee saam, is die verkeer skrikwekkend. ‘n

Wit streep in die pad, dui slegs die middel van die pad aan. Trokke, busse, taxi’s en karre steek

mekaar op die onmoontlikste plekke verby, jy moet maar koes en stop om aan die lewe te bly. Daar

was ‘n paar noue uitkomste, veral teen die Kitonga Gorge pas waardeur ek gister is.

Die verskil in die natuur, plantegroei en landbou is duidelik soos mens die pad noord vat tussen

Segera en Himo. Landbou en sisal-plantasies gee mettertyd mee vir vee, en die veld is totaal

uitgetrap of uitgewei. Die alom teenwoordige charcoal verkope het sekerlik ook hulle deel gedoen.

Die Usambaras bergreeks langs die pad gee ook ‘n baie dramatiese effek, mens kan ‘n paar lekker

aande daar spandeer, indien daar tyd is, ek kon nie blyplek bevestig nie en wou nie die kans waag

nie. Vanaf Chelinze / Chalinze is die pad in ‘n duidelik slegter toestand, met slaggate plek-plek, maar

dit laat nog steeds ‘n goeie spoed toe. In een van die dorpies word ek reg onder die 80km bordjie

gestop vir 70 in ‘n 30 sone, vir ‘n boete van TZS20,000.

Dit lyk egter of Tanz se ekonomie merkbaar beter is as Malawi of Mosambiek – iemand hier maak

geld - paaie is beter onderhou en dit is die enigste land waar ek nie net groot Cruisers, Discovery’s en

Range Rovers sien nie, hulle is nogal volop ook.

Page 22: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

22

Bereik die Protea Hotel Machame in Moshi teen 19:18 die aand, en is reg vir ‘n paar lang G&T’s na

die pad. Marius, Retha, Graham en Justin wag my in by die hotel, ons groet hartlik en deel baie

stories oor ons onderskeie reise tot hier. Slaap in die hotel vir die aand, gereed om die volgende

oggend deur die ry Ngorongoro toe vir een aand se kamp.

Afstand (GPS) 674.8km Afstand (Odometer) Nie gemerk

Reistyd 9:12 Stop 0:53

Kostes

Protea Hotel verblyf $75 om die kamer te deel

Protea Hotel ontbyt $25?

6 September Moshi – Ngorongoro Conservation area Na ontbyt ry ons tot in Arusha en stop hier vir diesel en proviand by die Shoprite. Arusha is ‘n relatief

groot stad en die verkeer is dienooreenkomstig chaos. Ons knyp kort-kort oë toe in afwagting van ‘n

krap of stamp, maar raak die beknoptheid later gewoond. Wel, soort van. Langs die pad in Arusha is

kwekerye – baie plante staan in sakkies rond, met skynbaar niemand wat dit oppas nie, en dit word

definitief nie in die aand opgepak nie – nogal interessant.

Die teerpad Ngorongoro toe is in ‘n aanvaarbare toestand (met die nou reeds bekende moord-

hobbels) en ons stop 2 keer vir bene rek, voordat ons die Ngorongoro / Serengeti hek kry. Lake

Manyara is ‘n asemrowende gesig op die pad. By die park-ingang kry ons ‘n Engelsman wat vir die

laaste 2 jaar ‘n toergids is in die omgewing, hy gee bietjie raad en ons kry amper blyplek by 1 van

hulle kampe. Ons betaal egter op die ou end $500 vir 3 volwassenes en 1 kind (een is onder 4 en

betaal nie) vir ingang, voertuig, kamp, en 1 dag se ingang na die krater.

Verkeer in Arusha Oppad Ngorongoro toe

Pad Ngorongoro toe Warrelwinde oppad Ngorongoro toe

Page 23: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

23

Die pad van die ingang na Simba-A kamp is sonder twyfel die slegste van die hele toer. Nie net is die

pad sinkplaat getrap nie; die toeroperateurs en busse wat teen die pad afkom, ry die hele pad vol.

Dit is op die ou end beter / makliker om in 4L, derde / vierde teen die pad uit te ry. By Simba-A camp

kies ons ‘n mooi plekkie redelik weg van die toergroepe, en raak betrokke in ‘n bietjie van ‘n

argument met die oppasser, want geen wiele word op die kampplek toegelaat nie. Na ons aan hom

verduidelik die karavaan is ‘n tent, en die bakkie se batterye gee ekstra krag vir die karavaan, het ons

vrede.

Net om te besef die bakkie lek diesel – die pyp tussen die gewone en langafstand tenk het

deurgeskuur, en ‘n nood-operasie red die meeste van die 80L in die hoof tenk, maar ons het baie van

die 65L in die 2e tenk verloor. Hier kom ons ook agter die vrieskas werk nie meer nie, en al die vleis

is vrot….

Aandete bestaan dus uit potbrood en blik-worsies, nie juis die superbraai waarvoor mens in die

Ngorongoro wens nie! ‘n Olifant, hiëna, sebra’s en ‘n bosvark kom trek egter ons aandag af deur van

reg oorkant die pad uit die bosse te kom besoek aflê.

Afstand (GPS) 247.6km Afstand (Odometer) Nie gemerk

Reistyd 8:32 Totale reistyd

Kostes

Ngorongoro $500 vir 3 volwassenes en 1 kind – park ingang, kamp, voertuig en 1 dag in die krater

Diesel Trek TZS300,000 (R1300) by ATM en maak vol

7 September: Ngorongoro – Masai campsite, Arusha Maak ontbyt en vertrek na die krater, dit is koud en ‘n misreën hang oor die kamp. Die wag met wie

ons gister ‘n gesprekkie gehad het, bevestig dat ons nie sonder ‘n gids in die krater mag afsak nie –

ons moet wag vir een. Later, toe niemand uitkom nie, dien hy sommer as ons gids en ons boender

hom agter in die canopy – daar is reeds 5 mense voor in die SuperCab. Die pad van Simba-A kamp

tot by die krater se ingang is in net so ‘n slegte toestand, gelukkig kan ons dit sonder die karavaan

aanpak. By die hek gee Marius die permit in, en die wag kom maak nogal seker ons het wel ‘n gids.

Ons sak in die krater af en die weer verbeter merkbaar – ons sit selfs die aircon met tye aan. In die

krater is dit baie droog en al die paaie is poeier getrap. Daar is verskeie toeroperateurs in hulle

uniek-aangepaste Cruisers deur die park, ons probeer sover moontlik ander paaie ry om uit hulle stof

te bly. Ons gids doen goed – met sy hulp sien ons ‘n olifant en ‘n paar leeus wat ons andersins sou

Page 24: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

24

mis, verder kry ons nog baie leeus, elande, buffels, zebra’s, Hartebees, Grant’s Gazelle, wildebeeste,

olifante. Sien ook verskeie voëls, onder andere arende, kraanvoëls, gompoue en flaminke

By Ngorongoro kos alles geld – Masai’s bring hout teen TZS20,000 vir die bondel, hulle verkoop hulle

spiese en messe teen TZS80,000 en TZS40,000 elk, selfs om foto’s te neem kos geld. Onderhandeling

is egter standaard, en ons kry die hele lot teen afslag-pryse – TZS70,000 vir die spiese, TZS30,000 vir

die messe en TZS20,000 vir die fotos. Met ons vertrek moet die gids moet ook ‘n verdere $20

ontvang.

Van die krater vat ons die pad terug Arusha toe en oorweeg die Oasis Lodge, maar besluit daarteen

omdat ons nader aan die dorp wil wees, daar is ook nie ‘n swembad vir die seuns nie. Besoek die

Mount Meru hotel en ontmoet vir Megan – Mac Mc Laren se dogter. Megan help gou met

aanwysings na die Masai campsite, reël vir ys (wat ‘n luuksheid is hier) en iemand om na die yskas te

kyk. Ons kry ook aanwysings na plekke om aankope te maak. Dit alles maak ons verblyf in Arusha

baie gemaklik – dankie weer eens Megan!

Page 25: Kilimanjaro ry en stap Aug/Sept ‘11 · met R10 op, en ek het iewers die foto vir een van die paspoorte verloor. My moed sak in my skoene; ek verwag dat hulle my sal terugstuur om

25

Masaai campsite het krag (nogal SA punte ook) en water, maar ons sal later uitvind daar is ‘n ekstra

koste indien jy “swaar toerusting” soos yskaste gebruik – Tanz het gereeld kragonderbrekings.

8-9 September: Masaai campsite, Arusha Die Woensdag en Donderdag bly ons rustig in en rondom die kampplek. Gebruik die tyd om die tenk

se pypie reg te maak en die nodige aankope te doen vir die Brelages se terugrit. By die Ford-garage

ontmoet ons vir Johan – ‘n Suid-Afrikaner wat al 14 jaar hier bly, en hy bied sy nommer aan indien

Marius-hulle probleme kry oppad huistoe. Ford help met die pypie en sê ons hoef niks te betaal nie,

kan dalk net die tegnikus ‘n fooitjie gee as ons wil. Goeie diens! Terloops, in al 3 lande, is die nuwe

bakkies op die pad almal Ford of Toyota….

Ons kry vleis by ‘n baie netjiese Deli/superette in Njira, Arusha, nadat Meat King ons net voor

toemaaktyd van hom af soontoe verwys. Rump en Fillet kos TZS40-50 per kilo! Maak die bakkie vol

diesel teen TZS2083/liter, gebruik TZS200,000 wat ek by ATM kan trek. Verblyf by die Masai kamp is

$5 pppn vir die 3 volwassenes, plus ekstra $10 vir die kraggebruik. Kinders is gratis. Daar is storte

beskikbaar, met warm water vir ‘n sekere tyd van die dag.

Vrydag pak ons en Marius-hulle laai my by die Kibo Palace hotel af waar die res van die stap-groep

later die aand sou aankom. Hulle begin die terugrit ongeveer 10:00 die dag – later as verwag en kom

ook laat in Mgorogoro aan.

Ruil Dollars in die hotel vir TZS1550:$1, wat goed klink teen ander plekke, later in die dorp kry ek

TZS1600-TZS1620:$1 en ook die eerste plekke waar hulle Rande ruil, teen TZS200-230:R1. Ek loop

deur Arusha en word kort-kort lastig geval deur mense wat hulle produkte wil verkoop, maar voel

nêrens benoud of bedreig nie. Kom egter vinnig agter ons het goed gedoen in Ngorongoro – die

messe en spiese is hier baie duurder, en duidelik meer curio-kwaliteit. . Neem foto’s van die Tanz

Declaration Monument en die Clock Tower – in Arusha word bykans alles van die Clock Tower af

verduidelik. Ek vind ook later uit die Clock Towe is die middelpunt van Afrika tussen Kaapstad en

Kaïro. Dit is volgens oorlewering, ek sal graag wil weet of dit waar is.

Koop lekker Croissants en ‘n Fanta by ‘n bakkery (Denny’s) vir TZS3,200 en besoek so paar winkeltjies

vir tee, koffie ens (3xtee + 1xkoffie=TZS11,500), stap ook by die Land Rover, Toyota en Ford

handelaars in. Pryse vir voertuie wat van SA ingevoer word, is gemiddeld 60% goedkoper as in SA!!

Koop vonkelwyn vir een van die stappers wat op die berg sal verjaar (TZS5,000 elk vir klein

botteltjies) en eet aandete by die Greek Club, kort naby die hotel. TZS 12,000 vir ribbetjies en skyfies,

$3 vir ‘n Serengeti Lager.