junie 2015 i volume 16 eesgenoot - gkrandburg.org.za · verstaan van die skrif... en ek is bereid...

16
g ees GENOOT . NUUSBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK RANDBURG JUNIE 2015 I VOLUME 16

Upload: others

Post on 13-Oct-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

geesGENOOT.NUUSBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK RANDBURG

JUNIE 2015 I VOLUME 16

Geesgenoot2015.indd 1 6/4/15 4:41:17 PM

Page 2: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

2 I JUNIE 2015 I VOLUME 16

Deur Ds. Charl van Rooy

Bogenoemde ervaring is nie som-mer mens se eerste reaksie op ’n Sinode nie – veral nie vanuit die

gesigspunt van ’n vooruitsig gesien nie. Ek bedoel, die vooruitsig van ongeveer 10 dae se sit... en nogmaals sit..., en praat en luister en standpunte en “wyshede” oorweeg, van vroeg tot laat, en daarna in die laatnag nog kommissiewerk ook wat die Sinode die volgende dag moet adviseer, skep nie altyd die opwindendste verwagting nie! Ek het dit ook nie anders verwag hierdie keer nie.En tog was dit anders. Reeds met die

openingsoordenking deur ds. Fanie Coetzee van Potchefstroom die Bultge-meente uit Efesiërs 4:30 (En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie...), was dit asof daar ’n ander g(G)ees in die sinodesaal geheers het. Niks van ’n skerp (venynige) tong (wat ek al, tragies genoeg, beleef het tydens sinodesittings) waarmee ’n ander se stand-punte en teologiese insigte met skynbaar nog beter Skrifinsigte probeer weerlê is, nie. Niks van julle en ons nie – julle met julle Skrifkritiese omgang met die Bybel en ons Gereformeerdes nie; of julle met julle fundamentalistiese verstaan van die Bybel en ons wat die wetenskaplike

ver-klaringsreëls wil navolg, nie. Tydens Sinode 2015 was dit asof broers vir mekaar gesê het (dikwels sonder woorde): Ons is saam kerk van die Here. Ons soek saam na die waarheid in die Here se Woord om waarlik kerk te wees en kerk te bly. Ek aanvaar dat jy eerlik is met jou verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel.Wat ’n verrykende ervaring was dit nie om saam met mede-gereformeerdes in die diepte van die Skrif te grawe en opnuut die goud van die Evangelie vir die kerk van die 21ste eeu te myn nie. Dis mos wat ’n Sinode veronderstel is om te wees:

Algemene Sinode 2015 – ’n verrykende en verreikende ervaring!

Die Gereformeerde Kerk se algemene sinode. Daar was ongeveer 280 afgevaardigdes teenwoordig. Foto’s MARY-ANN PALMER, BEELD

Geesgenoot2015.indd 2 6/4/15 4:41:23 PM

Page 3: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

JUNIE 2015 I VOLUME 16 I 3

Deur Lizelle Theron

Rom. 11:33 “O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God”.

Hoog op elke Christen se behoef-telys is om ’n beter verhouding met ons Skepper te hê en om

meer kennis oor Hom te verkry. Selfs iemand wat nie glo nie, smag na “iets” wat sin aan sy of haar lewe gee. Die hoof dryfkrag agter die ontstaan van die Mediasentrum was om bybelstudie-groepe te ondersteun deur bybelstudie-gidse en ander materiaal beskikbaar te stel. Ons moes onsself afvra wat ons met die Mediasentrum wou bereik. Die Me-diasentrum stel homself ten doel om ’n geleentheid te skep vir gemeentelede om breër te dink, bybelstudiegroepe te ondersteun, asook om kwaliteit Christe-like vermaak (DVD’s, CD’s, ens.) te verskaf. Navorsing is gedoen om te verseker dat ’n stelsel gebruik gaan word wat op die lange duur volhoubaar gaan wees. Ons het besluit op ’n rekenaarprogram en ’n strepiekodestelsel. Die indeling van die bronne geskied met behulp van die in-ternasionale Dewey-stelsel, wat mens in staat stel om soektogte te doen en bronne,

skrywers, ens. maklik op te spoor.Die gemeente is uitgenooi om materiaal te skenk en meer as 1 500 items is so bekom. Dit was ’n magdom werk om die Mediasentrum die lig te laat sien, maar lidmate het hulle harte oopgemaak en vrywillig hulle tyd gegee om die gepaste program te kies, al die informasie van die bronne in die program in te voer, die rugkant- en strepieskodes te plak, die items te nommer, te sorteer en uitein-delik op die rakke te plaas. Vele hande, ligte werk! Dankie aan ieder en elk wat hiermee gehelp het.Aankope van onder andere fi ksieboeke en bybelstudiegidse (deur bekende skry-wers soos Fancine Rivers en Tim Keller), kinderstories, DVD’s, audio-boeke, ens. is intussen gemaak.’n Diensgroep is in die lewe geroep wat Sondagoggende tussen die twee eredien-ste en Sondagaande van 19:00 tot 19:30 diens doen vir die uitleen en inneem van bronne. Die droom is om genoeg diensgroeplede te hê sodat ons die Me-diasentrum se dienste ook in die week beskikbaar kan stel.Op die oomblik is daar reeds 1 632 bronne beskikbaar, met 50 geregistreerde lede en ses aktiewe Mediadiensgroep-lede. Ons glo dat hierdie diensgroep tot groot seën gaan wees vir ons gemeente.

Emile en Amelie van der Walt soek vir hulle boekies uit.

“Maar die boodskap

was onomwonde: ons wil gereformeerd wees, in murg en been, eietyds en relevant!

Mediasentrumsien die lig

meer koppe (insigte) wat saam in sy Woord delf na die wil van die Koning vir sy Kerk. Natuurlik beteken dit nie dat alles so klinkklaar duidelik geword het en dat almal so gemaklik saam(ge)stem (het) nie! Maar die boodskap was onom-wonde: ons wil gereformeerd wees, in murg en been, eietyds en relevant! Die vele verslae van die Deputate Ekume-nisiteit (bande met ander kerk), veral in die buiteland (VSA, Nederland, Brasilië, Afrika, Australië, Suid-Korea ens.) het dit oor en oor beklemtoon – die gereformeerde godsdiens is besig om te groei. Kom weg van jou klein-kerkie-sindroom in SA.Op ’n meer persoonlike vlak: dit was vir my heerlik om weer bande met ou studentevriende (kollegas) op te tel... en sommer te kuier rondom ’n braaivleis-vuur (een laat-laat aand)! Net om uit te vind dat ons nie regtig teenpole van me-kaar is ten opsigte van kerkwees (soos ons stilswyend vermoed het) nie. Ook die vroegoggend voorbiddingsgeleent-hede waartydens ons saam voor die voete van die Here Jesus om wysheid en leiding gebid het, was werklik ’n belewing van genade. (En moenie my en Pierre se gym-sessies vergeet waarna ek, anders as hy, natgesweet en uitasem uit Virgin Active gestrompel het nie!)Sake waaroor besluite geneem is, byvoorbeeld die Kerkgroei Deputate (vorige Omkeerstrategie Deputate), oprigting van vyf leersentra (Docenda) landswyd waar teologiese studente by wyse van smart-bord tegnologie kan “in-skakel” by die klasse wat deur profes-sore by die Teologiese Skool aangebied word, die goedkeuring van die Memo-randum van Ekumeniese verhouding met die NG Kerk, die uitbreiding van ons liedereskat vir die erediens en vele ander, het van Sinode 2015 nie net ‘n verrykende ervaring gemaak nie, maar ook ’n Sinode met verreikende betekenis vir Gereformeerd-kerkwees in Suid-Afrika.

Geesgenoot2015.indd 3 6/4/15 4:41:25 PM

Page 4: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

Gesellige foto’s van een van die geleenthede waar ons gemeente se senior lidmate saam kon kuier.

Seniorkuier

4 I JUNIE 2015 I VOLUME 16

Belydenisklas besin oor geloofspad

Ds. Joop van Schaik (agter) by die nege jongmense wat vanjaar se belydeniskamp bygewoon het.

Vanaf 4 tot 7 Januarie het ons belydenisklas die voorreg gehad om ons kamp by Mooifontein in

die Madikwe wildreservaat te hou. Van die kampgangers vertel van hul bele-wenisse:

Olivia MacDonnellOns het die kamp onder leiding van ds. Joop van Schaik en Janco Kotzé ten volle geniet. Dit was die perfekte geleentheid om mekaar, onsself en God beter te leer ken in die natuurskoon. Elke oggend het begin met ’n heer-like koppie koffie en beskuit in die bos tydens ons wildsrit en met ons terug-koms het ’n kosspan reggestaan om ons behoorlik gereed te maak vir die dag. Tydens ons ontspanning het ons langs die swembad in die son gebak en ons verkyk aan die wild wat by die watergat kom drink, of vlugbal en bordspeletjies gespeel.Ons was in drie spanne verdeel en het intiem nagedink oor ons hele geloofspad van voorskool Sondagklassie af, deur laerskool katkisasie, tot by ons hoërskool katkisasie. Die heimwee het hoog geloop toe ons oor al die gediggies en rympies gedink het van Sondagskool en hoe dit ontwikkel het tot ’n volwasse geloof.Ons dank God vir die seën oor ons kamp en besluit.

Janko, Marieta, Luan en Chris Kotzé Waar is ’n beter plek om ’n nuwe jaar

af te skop as in die wonder van God se natuur? Ons het die voorreg gehad om hierdie jaar so te begin deur die belydeniskamp by te woon. Wat dit ’n groter voorreg gemaak het, was die nege jongmense wat ons op die kamp beter kon leer ken.Ek het saam met Joop die jongmense se paadjie van geestelike groei gestap – van voorskool tot hoërskool. Van waar hulle geestelik gevoed is, tot waar hulle nou die nodige geestelike volwassenheid bereik het om self te kan besluit of hulle voor die gemeente belydenis van geloof wil aflê.Tussendeur die wildsritte en heerlike kos wat Marieta en Marietjie voorberei het, het ons die Vrug van die Gees in groot- en kleingroepformaat bespreek. Dit was wonderlik om te sien en beleef hoe die Here op ’n unieke manier in elkeen se lewe gewerk het en nog steeds besig is om te werk. Die hoogtepunt van die kamp was die laaste aktiwiteit waar elke kleingroep die geleentheid gehad het om ’n collage te ontwerp wat uitbeeld hoe hulle aan die einde van 2015 onthou wil word. Die geestelike volwassenheid van almal was duidelik sigbaar deur die karaktereien-skappe wat hulle wil toon en die herin-neringe wat hulle wil agterlaat.Ons het die kamp met ’n blymoedige hart verlaat in die wete dat met sulke jongmense aan die stuur, ons land ’n rooskleurige toekoms het.

Geesgenoot2015.indd 4 6/4/15 4:41:27 PM

Page 5: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

JUNIE 2015 I VOLUME 16 I 5

Andries Heystek

Volle name: Andries Stephanus HeystekBynaam: Ek het nie een nie, maar party kinders noem my “Groot Andries” omdat my seun se naam ook Andries is. Wat is jou beroep? Prokureur en regsadviseur – tans vir Abengoa Solar Power South Africa, ’n Spaanse en-ergiemaatskappy wat hard werk om elektrisiteit op te wek en aan Eskom te verkoop, sodat almal se televisies in die aand kan werk vir sepiekyk. Gesinslewe: Ek is getroud met Elsabe. Een seun, Andries jnr. of Klein Andries, eerste jaar student op Maties. Wat is jou rol in die gemeente en hoe het jy daarin beland? Een lidmaat wat ander lidmate moet dien. Blokouder-ling van vier C-wyke. Ek het eers diens gedoen as wyksleier saam met Elsabe en is toe verkies as blokouderling. Hoe lank is jy al in die gemeente? Vyf jaar, sedert die begin van 2010.Waar kry jy inspirasie vir die werk wat jy verrig ten opsigte van die amp as ouderling? Die Psalms en die Evangelie.Goeie en mooi herinneringe van gebeurtenisse in die gemeente wat jy wil deel: Al die interaksie met en besoeke van Ds. Charl (veral toe ons nuut in die gemeente was en deur ’n rooftog in ons huis erg getraumatiseer

is); selgroepbyeenkomste; gemeente se dankbaarheidsfeeste, spesiale eredienste met Kersfees en in die algemeen die liefde, verdraagsaamheid en vergewens-gesindheid wat ons beleef. Ons is ook dankbaar dat Andries junior ingeskakel het by die gemeente en kon belydenis afl ê. Hoe ontspan jy? Fietsry, motorfi etsry, vakansie ver van selfoontorings, soos in die Kalahari of Namibië. Gunsteling geregte: Beesbiltong, springmielies, avokadopeer met sout en peper op geroosterde brood, regte tuis-gemaakte saggekookte kerrie/bredies.Gunsteling drankie: Tuisgemaakte of sogenaamde “craft” bierTelevisieprogram? Top Gear, World’s Best Motorcycle Rides en sport.Fliek: Cinema ParadisoAkteur/Aktrise: My vrouBoek/outeur: Die BybelMusiek: Lewendige klavier, viool of simfoniekonsertKunstenaar: Stef Bos, Herman van VeenTroeteldiere: Boas en Fluffy (Labradors wat ons by Andries jnr. geërf het!)Vier mense wat jy sal nooi vir ete en hoekom: Dawid, Paulus, Leonardo da Vinci.Wat sal jy vir hulle gee om te eet? My gunsteling kerrie of lamsbredie.Hoe spandeer jy jou vrye tyd? Gaan ry bergfi ets of motorfi ets (BMW R1200 GS Adventure), kuier saam met familie en vriende rondom spesiale kos wat Elsabe en Agnes maak.Grootste vreugde: Pa-wees van An-dries jnr.

Johan Howell

Volle name: Jo-hannes Joachim HowellBynaam: JohanWat is jou beroep? PensioenarisGesinslewe: Getroud met Martha Ma-ria (gebore Steyn). Ons het vyf kinders en 14 kleinkinders.Wat is jou rol in die gemeente en hoe het jy daarin beland? Ek is ’n blok-ouderling en is deur gemeente verkies.Hoe lank is jy al in die gemeente? Sedert 1978.Hoe ontspan jy? Speel tennis, gaan na die gimnasium en lees.Gunsteling gereg: SkaapboudGunsteling drankie: Rooibostee Televisieprogram? Sport: rugby, krieket en tennis.Boek/outeur: Wye verskeidenheidMusiek: Klassieke musiek veral Beethoven en MozartKunstenaar: Joan SutherlandTroeteldiere: Ek is allergiesVier mense wat jy sal nooi vir ete en hoekom: Vriende wat oor geloofsake een is. Wat sal jy vir hulle gee om te eet? Braaivleis en slaai.Hoe spandeer jy jou vrye tyd? Wan-neer moontlik in die natuur.Grootste vreugde: As familie byme-kaar is en ons kan saam die Here dien.

Willie Vos Naam: Willie VosWat is jou beroep? Ek is die uitvoerende hoof van Waterfall Management Com-pany.Vertel van jou gesin? Ek is getroud met Ina en ons het twee dogters, Elrida (21), ’n derdejaarstudent op Tuks en Christine (18), in matriek in Helpmekaar Kollege.Hoe lank is jy al in die gemeente? Vier

jaar.Waar kry jy inspirasie vir die werk wat jy verrig as blokouderling? Die predikante se bereidwilligheid om nuwe goed te implementeer binne

die raamwerk van wat hulle toegelaat word. Hulle het hulp nodig.Goeie en mooi herinneringe van gebeurtenisse in die gemeente wat jy wil deel? Die kwaliteit van preke en

entoesiasme van mense wat by die kerk en sy bestuur betrokke is.Hoe ontspan jy? Min, maar kyk TV.Twee mense wat jy graag persoonlik sal wil ontmoet en waarom? Paulus, daar is ’n hele paar vrae wat ek vir hom sou wou vra, en so ook vir Warren Buffet. Hoe bestee jy jou vrye tyd? Ek is ’n rug-byskeidsregter en tans ook “TMO”, maar dit is vir my ook lekker om saam met my gesin op Bettiesbaai vakansie te hou.Grootste vreugde? Wanneer dit met my vrou en kinders goed gaan, veral as hulle hul eie doelwitte bereik.

Leer ken ’n paar diensgroep-ouderlinge

Elrida, Willie, Ina en Christine Vos.

Geesgenoot2015.indd 5 6/4/15 4:41:30 PM

Page 6: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

6 I JUNIE 2015 I VOLUME 16

’n Kerkkamp is ’nDeur Kobus Reyneke

Dit was 13 – 15 Februarie weer tyd vir ’n kerkkamp. Die pad na Aasvoëlkrans gaan gou verby

in die warm Vrydagnamiddag en voor jy jou kom kry, luier jou motor voor die hek van die kuier-oord. Ons word begroet deur ’n vriendelike hekwag en die geluid van die nou-al baie bekende gebrom van ’n kragop-wekker! Beurtkrag, voorspel ons! Begin nou jou kampnaweek so! Ons dink aan almal wat kom uitkamp met die klein babatjies, want daar was so hele paar. Daardie masjien se ge-raas was gelukkig nie as gevolg van beurtkrag nie, maar een of ander teg-niese probleem wat voor donker opgelos was. Die kampeerdery begin met die uitsorteer van die staanplekke. Daar is al ’n hele paar mense wat vroeg uit Randburg vertrek het en ons moet tussen hulle intrek. Ons huisie-op-wiele is gelukkig van die kleinste en ons kan onder die boom in die middel van die staanplek inkruip. Ons slaan ons slaapplek op en raak so in

die proses aan die kuier en gesels met die nuwe bure wat self nog aan die opslaan is. Dis lekker warm en voor jy kan sê “opgeslaan”, is almal sopnat van die sweet! Die antwoord daarvoor is om in een van die swembaddens te gaan afkoel.Almal se blyplekke is gou opgeslaan en die kuiers onder tente en op die gras begin. Die kinders geniet hulle gate uit! Vir hulle is dit ’n fees om uit soveel swemplekke te kan kies – grotes en kleintjies en warm of koud! Eers in die koue tot jou tande klap en dan weer in die warm tot jy moet gaan afkoel. Nie lank na die swemmery begin het nie, moet die skyfies en happies uitgehaal word. Water maak mens mos honger.Later die aand kuier groepies mense saam en omdat ons huise se mure nie juis dik is nie, is dit so heerlike rustige gedreun, met so nou en dan ’n vlaag van ska-

terlag, in die agter-grond. So raak die wat vroeg gaan inkruip het, lekker aan die slaap. Die wat eerste gaan slaap, staan

eerste op! Van vroeg af is die fietse bedrywig. Party is nog in die pajamas, ander sommer al in die swembroeke, reg vir die dag! Dis so geskarrel tot die hongermon-

Geesgenoot2015.indd 6 6/4/15 4:41:49 PM

Page 7: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

JUNIE 2015 I VOLUME 16 I 7

sters toeslaan en dan moet die ma’s en pa’s maar opstaan en iets aanmekaarslaan vir onbyt.Saterdag lyk dit heeldag of dit kan reën, maar die wolke beskerm ons gelukkig mooi teen die baie warm son. Dis warm genoeg vir die kinders om kort-kort in die swembaddens te baljaar. Selfs in die aand met die braaivleis hou die reën goed uit! So paar druppels val, maar nie genoeg om die Doppers se vure te blus nie.Ons maak ’n groot kring met ons stoele en tafels op die leë staanplekke en langsaan speel die kinders krieket of ry ver-woed rond op hulle fietse. Hulle is ander kinders op ’n kamp as by die huis – niks bang vir die donker nie. Oral sien mens net

ligstrepies rondhol of rondry, met die kleinste kinders agterna. Die manne maak die vuur en die vrouens dra slaaie en nagereg aan vir die vale. Een

ding is seker – nie-mand gaan vanaand

honger slaap nie. Ons kuier tot laataand en toe dit te

nat begin word van die effense reën, breek die groep op in klomp kleingroepies wat onder die kara-

vaantente verder kuier.Sondagoggend hou Thomas vir ons

kerk en die hele “gemeente” kom bymekaar onder die groot bome aan die kant van die park. Na die diens maak ons die klom-pie bymekaar om vir oulaas ’n

“familiefoto” te neem. Toe is dit inspring en

ontbyt maak. Die groter kinders gaan swem vir oulaas terwyl pa en ma die kamp oppak. So raak die kampterrein weer

leeg en stil soos een na die ander karavaan of sleepwa daar uitgesleep word, huis toe! Nou

is dit net die lekker herin-neringe van nog ’n heerlike

kerkkamp wat oorbly.’n Spesiale woordjie van dank aan die mense wat dit so lekker vir ons gereël het dat ons net kon betaal en aanmeld by die hek. Ons maak weer so!

gesellige affêre

Geesgenoot2015.indd 7 6/4/15 4:42:14 PM

Page 8: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

8 I JUNIE 2015 I VOLUME 16

Ewan se reisDeur Marietjie Griffioen

God berei my voor vir my gestremde kind

Kan ’n mens ooit op so iets voorbe-reid wees? As ek nou terugkyk op my lewe,

besef ek dat ek die Almagtige Skepper se guns ontvang sover as wat ek wandel op my lewenspad. Ek besef ook dat hy ’n mens baie mooi voorberei vir wat vir jou in die toekoms wag. Jer. 29:11: Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! Dan sal julle my aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.

Ek het lank gevat om swanger te raak en ek kon nie verstaan hoekom die Here nie vir my en Rowan ’n kindjie wou gee nie. Ek het ure omgebid en letterlik ’n kindjie van God afgesmeek. Ef. 6:18: Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Ewan was vir my ’n wonderwerk! Dit het gebeur toe ek dit die minste verwag het. Ek het besef dat God dinge op SY tyd laat gebeur en dat ’n mens moet besef waar-

oor die lewe regtig gaan en bietjie moet vergeet van mens se eie behoeftes. Fil. 1:9: Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoe-ling, sodat julle die dinge sal kan onder-skei waarop dit werklik aankom.God het my jare tevore al voorberei toe Hy gestremde mense oor my pad gebring het. Ek het saam met hulle gebly en moes geduld leer en ek moes leer dat “normaal” ’n relatiewe begrip is. ’n Mens kan besluit wat vir jou “normaal” is en wat vir jou “voorspoed/teenspoed” is.

Die diagnose – Pompe se siekteEwan is in September 2010 gebore. Toe hy een word en hy loop steeds nie, het ons ge-weet iets is nie reg nie. Ek het aanhoudend gebid dat daar asseblief net nie iets moet fout wees met my wonderkind nie. Ons het soveel drome vir hom! Maar ’n ma weet. Ek het ’n beklemming om my hart gehad en ek het gebid.Die maande het verbygestap. Ek raak toe swanger met ons tweede kindjie. Sy is gebore toe Ewan 19 maande oud was. As ek nou terugkyk, is sy ’n spesiale geskenk van Bo! Ons het nie nodig gehad om besluite te neem oor haar nie – sy is aan ons gegee voordat ons enigiets geweet het.

Pappa Rowan Griffioen blaas borrels vir Ingemari en Ewan.

Geesgenoot2015.indd 8 6/4/15 4:42:19 PM

Page 9: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

JUNIE 2015 I VOLUME 16 I 9

Sy is haar boetie se steunpilaar – nog ’n wonderwerk.Op 8 Junie 2012 is Ewan met SMA gediag-noseer (verkeerdelik). Die agt weke wat ons vir die uitslae gewag het, was van die moeilikste tye in Ewan se reis. In hierdie tyd weet jy ook nie wat om te bid nie. “Here, laat dit asseblief nie so wees nie”? “Here, maak ons sterk”? Hy het albei die gebede van my verhoor. My ma het die nuus baie sleg gevat en sy het hierdie vers na my toe gebring: Jes. 42:16: Ek laat die blindes loop op ’n pad wat hulle nie ken nie, Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is. Ek verander die donker voor hulle in lig en Ek maak die ongelyke plekke gelyk. Die Here het gedurende daardie tyd al belowe dat Hy saam met Ewan die pad sal stap.In September 2012 vind ons uit dat dit ’n verkeerde diagnose was en die dokter vat ’n skoot in die donker en sê ons moet vir Pompe se siekte toets. Die resultate was na twee weke beskikbaar en ons wonderkind is in Oktober 2012 met Pompe se siekte gediagnoseer. Ek het telkemale teruggegaan na Jes. 42:16 en op ’n dag, toe dinge bietjie te veel raak en ek voel of ek moed verloor, lees ek toe net ’n bietjie verder: Jes. 42:16: Dit is wat Ek gaan doen, Ek gaan daar nie van afsien nie. Hy sê vir ons: “Ek het belowe om saam met Ewan die pad te stap, en DIT is wat Ek gaan doen! Ek SAL NIE daarvan afsien nie!” Ons hou vandag steeds aan daardie belofte vas.Aan die einde van daardie maand (Oktober 2012) het ons met die infusies begin. Dit was moeilik. Die meng van die medisyne is ’n delikate proses en vat ongeveer ’n uur. Dan moet ons ’n drup vir Ewan op sit. Dit het al tot sewe keer gevat voordat ons een van sy are kon kry. Dit breek ’n ma se hart. Daarna begin die infusie. Dit begin stadig en die tempo skuif uurliks op. Dit vat ongeveer ses ure vir die medisyne om in sy lyfie in te loop. In die begin het ons dit in die hospitaal gedoen. Tans meng ons die medisyne vooraf by die huis, besoek ’n kliniek om die drup op te sit en sit dan die ses ure by ons huis – saamweestyd.Deur hierdie moeilike tyd kom die Here se belofte telkemale weer: • Jes. 45:2: Ek self sal voor jou uit gaan

en hoogtes gelyk maak.• Jes. 58:11: Die Here sal jou altyd deur

lei; selfs in dor streke sal Hy in jou be-hoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak.

• Fil. 4:19: En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy won-derbaarlike rykdom in Christus Jesus.

Die mense wat ons pad kruisDie Here se belofte kom baie sterk deur wanneer mens kyk na die mense wat Ewan se pad kruis. God sorg vir Ewan. Met mense wat nie goed is vir my kind nie, werk die verhoudings nie uit nie. Die wat hom opbou en ook saam met ons glo en vertrou, is die mense wat bly. Ek het agtergekom dat ons as ouers niks kan forseer nie. Ons moet vertrou en doen wat gedoen moet word – God laat dinge reg uitwerk. Daar was al mense wat vir my kom sê het dat hy nie sal loop nie en wat is ons planne dan? Die Here het my gerus gestel met hierdie verse wat op verskil-lende tye na my gekom het:

• Jes. 43:19: Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ’n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.

• Eseg. 12:28: So sê die Here my God: Niks van wat Ek gesê het, sal meer uit-gestel word nie. Wat Ek gesê het, sal nou gebeur, sê die Here my God.

Die pad vorentoe – Ewan se reisIn die begin was die medisyne een van die ergste dinge wat met ons kon gebeur. Veral omdat dit lewenslank sal moet plaasvind om te verseker dat Ewan nie agteruit gaan en verswak nie. Nou, drie jaar later wat ons ’n sisteem het en ons almal (Ewan self en klein sussie Ingemari) weet hoe dinge werk, is dit een van die dinge met die minste negatiewe effek. Ons sien dit as saamweestyd. Rom. 5:3: Ons verheug ons ook in die

swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.Daar was al moeilike tye; tye waar daar baie vrae was en waar mens voel: wat help dit om te bid? Dan hou ek aan Efesiërs 3:20 vas: Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe. Die Here doen oneindig meer as wat ek eers kan droom om te vra. Ewan raak mense se lewens aan en ons weet dit nie eers nie. Ek bid my eenvoudi-ge gebede en vra volgens my eie behoeftes maar ek weet, God het GROOT planne met Ewan se lewe. Ons hou vas dat Hy ons sal krag gee en sterk maak (almal in ons gesin) om te doen wat nodig is:• Fil. 4:13: Ek is tot alles in staat deur

Hom wat my krag gee.• Ef. 6:10: Soek julle krag in die Here en

in sy groot mag.• Kol. 1:11: Mag God deur sy wonderbare

krag julle alle sterkte gee om in alle om-standighede geduldig te volhard.

• Kol. 4:23: Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.

Ons sal aanhou glo dat, al gebeur dinge nie soos wat ons dink dit moet nie, al is dinge nie die gewone “normaal” nie en al voel ons nie ons het “voorspoed” nie, ons het hoop, na aanleiding van Hebreërs 11:1: Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.Numeri 6:24-26 is die seën wat God vir ons huis gegee het in April 2012 en ons hou vas aan Sy beskerming, Sy genade en ook Sy vrede – Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle red-ding verskyn en julle genadig wees; Die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!Dit is met groot dankbaarheid dat ons vir ieder en elkeen wil dankie sê wat vir ons as gesin, maar in besonder vir klein Ewan, in gebed opdra en ondersteun, finansieel, maar ook emosioneel. Ons waardeer dit opreg!• Pompe-siekte is een van die lisosomale

stoorsiektes. Dit beteken die pasiënt het nie genoeg van ’n betrokke, noodsaaklike ensiem nie. Dié ensiem is verantwoorde-lik vir die afbreek van glikogeen (wat voorkom in die skeletspiere, die hart en die asemhalingstelsel) in glukose. Met tyd bou die glikogeen op en die spiere verswak al hoe meer.

Geesgenoot2015.indd 9 6/4/15 4:42:22 PM

Page 10: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

10 I JUNIE 2015 I VOLUME 16

Laat kinders die kleure van die

reënboog vang...Deur Jokie Boshoff

Hoe verwerk kinders verlies? Dis waar dié program, Rainbows for all Children, wat nou ook by ons gemeente beslag kry, inpas.

Dr. Willie Strydom – uitvoerende hoof, Rainbows South Africa gee die agtergrond:

Kan jy die wonder van die eerste reën-boog wat jy gesien het onthou? Het jy die punt gesoek om die pot goud te kry, of hom gejaag om onderdeur te loop en te kyk of jy regtig in ’n seuntjie of dogter-tjie sou verander? In ’n kind se wêreld is ’n reënboog iets wat jy in feetjieland kry; in die gelowige se wêreld is dit ’n belofte van bewaring; in die harde wêreld is dit bloot die weerkaatsing van lig op water en soms is daardie ‘water’ die trane in jou oë. Rainbows for all Children gaan so bietjie oor al die bogenoemde.

Wanneer die harde werklikheid van verlies ons lewens op sy kop draai en alle gedagtes aan ’n sprokiesland aan fl arde ruk, sien ons nie altyd ’n reënboog deur ons trane of die belofte van ’n bewaring teen vloede nie. Ons sien donker, ons voel pyn en ons probeer sin maak. Ons praat met mekaar daaroor, ons deel ons vrese, hartseer en gevoel van verloren-heid en ons treur.Dink ons ooit vir ’n oomblik aan die kinders en tieners wat ook geraak word deur die verlies? Natuurlik doen ons. Ons soek troos in die wete dat ‘gelukkig is hulle nog klein en verstaan nie’... ‘hulle is die pyn gespaar, want hulle weet nie mooi wat aangaan nie’.... ‘ag as ek maar net kan aangaan met my lewe soos ’n kind, hulle is soos klein rubberballetjies, spring sommer gou weer terug’...Die werklikheid is egter dat kinders verlies net so intens ervaar soos vol-wassenes. Rainbows for all Children

se stigter, Suzy Yehl Marta het vier belangrike lesse geleer toe sy self deur ’n egskeiding met haar drie seuns moes werk, naamlik:• Volwassenes herken nege-uit-die-tien

keer nie die tekens wanneer ’n kind treur/rou nie.

• Kinders weet nie hoe om te treur nie en dit het soms verwoestende gevolge.

• Kinders kan nie onderskei tussen verlies as gevolg van dood, of as gevolg van egskeiding, verwerping of verwydering nie. Met ander woorde, egskeiding, of om van ouers geskei te wees en by ’n familielid te gaan woon, word net so intens ervaar asof die ouer(s) dood is.

• Kinders kan verlies verwerk en aangaan met hul lewens – mits hulle gehelp word.

Dit is waar Rainbows for all Children inkom. Hul programme help kinders van die ouderdom van drie jaar tot volwas-

Speel- speel

Die maatjies vertel in hul eie woorde wat hul gedink het van die afgelope Laerskool Kidz-kuier:

“Ek het gehou van die

speletjies en ek sal terugkom, want die kos was lekker. – Simoné Vos.

“Ek het van

alles gehou. – Christiaan, Gr 2.

Geesgenoot2015.indd 10 6/4/15 4:42:25 PM

Page 11: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

JUNIE 2015 I VOLUME 16 I 11

senes om verlies, van welke aard ook al, te verwerk en om aan te beweeg. Die nood in Suid-Afrika is groot. Statistieke toon dat slegs een uit elke drie kinders in ons land in ’n ouerhuis grootword by albei hul biologiese ouers. Egskeiding, dood, tronkstraf, werk ver van die huis af en vele meer dra by tot hierdie stand van sake. Elkeen van hierdie kinders het verlies gelykstaande aan ‘dood’ ervaar en elkeen moet deur ’n warboel van emosies werk – emosies wat hul nie verstaan of ken of kan verwoord nie. Daardie emosies word uitgeleef in gedrag, word dalk ontken en onderdruk net om jare later uit te bars in rebelse en onbeheerste gedrag wat hul geliefdes stomslaan.

Persoonlike ervaringIn 2014 het ek die voorreg gehad om by ons gemeente die Rainbows-program vir kinders wat verlies ervaar het, te imple-menteer.Aan die begin was dit nogal vir my ’n uitdaging. Ek het vrae gehad soos: Hoe praat jy met kinders wat hierdie tipe seer ervaar het? Wat sê jy en hoe lei jy ’n gesprek? Hoe keer jy dat die gesprekke kinders nie eerder seermaak as wat dit hulle help nie? Hierdie vrae het vinnig verdwyn toe ek eers met die kinders begin werk het. Die werksmateriaal wat deur Rain-bows for all children beskikbaar gestel

word, is baie prakties en ek het vinnig agtergekom dat my probleem eerder is om die kinders te laat OPHOU praat (en natuurlik by die tema te bly), eerder as dat hulle nie wil praat nie!Die program is baie oulik opgestel. Elke week word daar vir die kinders ’n kreatiewe gespreksgeleentheid gegee waar hulle oor dinge kan gesels soos emosies en identiteit, maar ook praktiese vrae soos “Wat as my ma/pa weer wil trou?” of “Hoe gemaak met stiefboeties en -sussies?”. Die program is so saamgestel dat dit die kinders ’n veilige plek gee om dinge te kan bespreek met maats wat deur dieselfde ervaring as hulle gaan en so ’n bietjie perspektief te bring op wat hulle ervaar.Vir my was die mooiste uitkoms die manier waarop die kinders met mekaar bande gebou het. Op die oog af dalk ietsie kleins, maar as ’n mens daaraan dink hoe hulle ervaring iets kan wees wat hulle maklik kan isoleer van ander mense, is hierdie ’n belangrike heel-word plekkie en ’n plek waar hulle kan leer dat hulle nie net mense nie, maar ook die Here steeds kan vertrou.Omdat ek self nogal ’n rukkie gevat het om aan die proses gewoond te raak, was een van die belangrikste mikpunte vir my dat ek graag die fasiliteerders wat hierdie jaar begin, wou help om makliker deel van die proses te word. Ons het daarom

verlede jaar en aan die begin van hierdie jaar deur die hele program gewerk, sodat almal mooi kon verstaan hoe al die les-sies by mekaar inskakel. Ons het ook elke keer wat ons bymekaar gekom het, een van die lessies op onsself van toepassing gemaak, soos wat ons dit met die kinders sou doen. Die doel hier-van was om die fasiliteerders ’n gevoel te gee van wat die kinders ervaar wanneer hulle deur die program werk, maar ’n lekker, onverwagse uitkoms van hierdie proses was dat ons as fasiliteerders self ook mooi bande met mekaar kon bou. Dit is iets wat my regtig opgewonde maak vir die toekoms van die program, want ek is oortuig daarvan dat hierdie saam opgewonde wees oor wat ons met die program wil doen, baie belangrik gaan wees – nie net vir die moontlikhede van wat die program vir die kinders in ons kerk nie kan beteken nie, maar ook as ’n manier om uit te reik na ons gemeenskap. Ek hoop dat hierdie net die begin is van mooi dinge wat die Here in ons gemeen-skap sal doen en ek wil vra dat julle saam met ons sal bid en opgewonde sal raak daaroor dat ons op hierdie manier die mooi van Sy liefde kan uitdra aan kinders wat deur ’n bitter seer en ’n verwarrende tyd in hulle lewens gaan. Dit is net as Hy hierdie paadjie saam met ons en hierdie kinders stap, wat die Rainbows-program ’n plek van hoop vir sal word.“

Ja, dit was lekker. Die roomys was lekker en die speletjies. – Zander de Meyer.

“Die

speliekie was lekker. – Leandré, Gr 2.

“Dit was

baie lekker. Van die spelekie. – Hein Backer.

Geesgenoot2015.indd 11 6/4/15 4:42:30 PM

Page 12: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

12 I JUNIE 2015 I VOLUME 16

Ds. Nico Botha en sy vrou, Rieks, vier van-jaar 50 jaar in die bediening. Hy vertel:

Ons was op 30 Januarie vanjaar 50 jaar getroud en op 27 Februarie was dit 50 jaar sedert ek die eerste

keer as predikant bevestig is. Dit was ’n vol en verrykende halfeeu waarvoor ons, saam met almal wat gehelp het om dit mooi te maak, die Here dank.

KennismakingAlhoewel ons albei toe al ’n paar jaar saam op die Puk was, het ons mekaar eers op 1 April 1961 by die Jongeliede Vereniging (JV)-kongres in Brits ontmoet. Rieks het ’n paar banke agter my in die kerkgebou gesit, maar sy sê sy het sommer so van agter af geweet! Soos die naweek gevorder het, het ons mekaar al hoe beter leer ken en, terug op Potchefstroom, het ek haar op 12 Mei oorreed om te “kys”, al wil ek predikant word (ons dink nog elke maand daaraan!). Nadat sy haar B.Com. voltooi het, het sy eers ’n ruk in Potch by Volkskas gewerk, maar is toe Pretoria toe na TrustBank se Interne Ouditafdeling – en die kys moes nog twee jaar hou, want teologiese stu-dente het destyds hulle beurse verloor as hulle trou.

30 Januarie 1965Ons het op 1 Januarie 1964 verloof geraak (middernag by die Uniegebou) en het later die jaar begin beplan vir die troue begin 1965 in die hoop dat daar wel betyds ’n beroep sal kom. Ook daarin het die Here heerlik voorsien met drie beroepe (Bethu-lie, Pretoria Waverley en Rustenburg-Noord). Ons is op 30 Januarie in die kerkgebou van Gereformeerde Kerk Pretoria getroud deur my destydse dominee in Potch, wyle ds. (later prof.) PW Buys, tydens ’n ere-diens op die Saterdag – soos die Sinode dit op daardie stadium vereis het. Die hotel in Heidelberg waar ons vir die eerste aand bespreek was, het ’n paar dae tevore afgebrand en alle besprekings is vernietig, toe moes ons skielik na ’n ander hotelletjie oorgeplaas word. Die volgende oggend 10:00 het ek in Har-rismith gepreek waar ons by ’n tannie van my tuisgegaan het en toe het die dominee sommer gereël het dat ek ook tydens die tweede diens sal preek! By Rondalia in Hibberdene het ons vir onsself gesorg, lekker tennis gespeel en geswem – en die Sondag het ek daar ook gepreek (ek wonder nog altyd op watter ouderdom leer ’n mens om “nee” te sê!).

27 Februarie 1965Ek het glo vandat ek so vier jaar oud was, gesê ek wil predikant word en moes toe in my st. 9 en 10 jare baie ernstig besin of dit sommer net kinderdrome was of ’n werk-like roeping van die Here. My ouers se finansiële posisie het studie eintlik onmoontlik laat lyk. Die feit dat my oudste broer na st. 8 begin werk het en dat Welkom-gemeente lenings aan my toege-staan het (en later die grootste gedeelte geskenk het), het dit prakties moontlik gemaak om Puk toe te gaan.Gedurende ons studentetyd het ons ds. (later prof.) Jaap Helberg deur die JV leer ken en hy het my in Rustenburg-Noord bevestig waar hy ook voorheen predikant was.Rustenburg-Noord was destyds ’n “arm” gemeente wat geld betref, maar in liefde en begrip en geloof was hulle skatryk. Die meeste lidmate (ongeveer 450 in 1965 en net meer as 600 in 1968) was in die dorp, die ander verby Boshoek uit tot anderkant Pilanesberg. In daardie droogtejare het baie plaasboere in die myne gewerk en huisbesoek is by die tye van hulle skofte aangepas, van voor ontbyt tot laataand. Die verskuiwing van die voorbereidingsdiens van Saterdag-middag na die vorige Sondag, die sing van

Jansie en Alet by oupa en ouma Nico en Rieks.Tiaan, Marijke, Chris en Anja en op Oupa se skoot Nico.

2 X 50 = ’n Halfeeu van

dankbaarheid

Geesgenoot2015.indd 12 6/4/15 4:42:34 PM

Page 13: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

JUNIE 2015 I VOLUME 16 I 13

Skrifberyminge, groter betrokkenheid by sending en oud-lidmate wat saam nagmaal wil gebruik, het spanning en stryd veroor-saak, maar die Here het moed gegee.Ons onthou die tannies wat vir Rieks leer lemoenkonfyt kook het, haar by die VLU en Vroue Federasie verwelkom het en saamgewerk het vir kompetisies by die Landbouskou, straatmarkte gereël het, spyseniering vir van troues tot ’n klassis saamtrek vir susters gesorg het, toe so iets nog nie deel van ons kerklike lewe was nie.

Verskeidenheid van bedieningeDie afgelope 50 jaar was ek amptelik aan net drie gemeentes verbonde, maar my werkterrein het nege keer verander:1965 – 68: Rustenburg-Noord;Van 17 Augustus 1968 af aanvanklik ’n derde van Randburggemeente en verder die Bruin gemeenskappe in Riverlea en Noordgesig;1976 – 84 volledig Riverlea en Noordgesig (insluitend die Evangelie aan Moslems);1985 – 90 Noordgesig as groeipunt (“kerk-planting”?!);1991 weer “witgeword” as predikant van Randburg (amptelik beroep);Augustus 2001: ’n deel van die gemeente saam met dr. Gert en sedert 2003 met die an-der dominees in die groter nuwe Randburg;Sedert Maart 2004 Midrand deeltyds saam met my deel in Randburg en, na my emeritering einde Februarie 2005, volledig by Midrand totdat hulle in Oktober 2010 in staat was om ’n predikant te beroep; enNou sedert November 2010 met groot vreugde in Johannesburg-Suid (waarskynlik die laaste stukkie van die pad).In al hierdie gemeentes het Rieks hartlik (en hard) saamgewerk met Bybelstudie, be-soeke, kleingroepe, susters, naaldwerkklasse,

saamtrekke, hulp aan behoeftiges ens.Terwyl ons by Riverlea-Noordgesig gedien het, het Randburg-Oos, na hulle afstigting, amptelik gevra dat ek hulle predikant word. Daarna was daar nog dertien keer ’n beroep wat ek na baie gebedsworsteling ook nie kon aanvaar nie: Heilbron, Johannesburg-Oos, Johannesburg-Sentraal (twee maal), Molteno, Gobabis, Potch-Noordbrug (send-ing), Durban, Pietermaritzburg, Strand, Witrivier, Marble Hall en Empangeni. Prof Koos van Rooy het ’n keer gesê ’n mens hou aan in die sending, deels uit roepingsbesef en deels uit koppigheid!

Ons dank saam die Here• Vir sy heerlike genadewerk in ons lewe:

Van ons kinderdae af deur al die jare tot vandag toe het ons die werk van sy Gees heerlik ervaar. Sy werk is regtig volkome! Hy het ons sy kinders gemaak deur Jesus ons Heiland, en Hy het ons geen oomblik gelos nie. Hy het ons deur baie gesond-heidskrisisse gedra en ons tog 50 jaar saam vir mekaar en in die bediening gespaar. Hy genees en Hy gee krag. Ons eer en dank Hom daarvoor.

• Vir ons ouers, vir ons twee dogters en hulle mans en die dierbare vyf klein-kinders, vir ons broers en susters en ander familie en vir al ons jarelange vriende.

• Vir die baie honderde kinders en jong-mense in die katkisasie en belydenisklasse, die JV en die Voortrekkers en die amper 200 paartjies met wie ek openhartige gesprekke oor die huwelik kon hê en wie se troues ons saam kon geniet.

• Vir die heerlike roeping om predikant te kan wees en al die geleenthede om sy Woord te kon verkondig aan sy gemeentes en ook aan afgedwaaldes, verslaafdes en losbandiges, jarelank aan gevangenes, aan Moslems en Hindoes en godloënaars, aan vooraanstaande leiers en aan arm eenvou-dige mense wat soek na iets wat betekenis aan die lewe gee. Ook vir die wonderlike geleenthede om dikwels deur die radio (en ’n paar keer selfs televisie) en deur rubrieke in die destydse “Transvaler”, deur “Die Bondsbode” van die JV, “My Volk” van Sinode Kleurlinge, Die Vroueblad en Die Kerkblad die Evangelie aan ’n groot onsigbare gehoor en leserskring te bring.

• Vir die Gereformeerde Kerke Rustenburg-Noord, Randburg (en Randburg-Oos), Riverlea-Noordgesig, Midrand en Johan-nesburg-Suid wat ons versorg het en ons die geleentheid gegee het om tot nou toe met die bediening voort te gaan en aan al die lidmate wat ons gedra en verdra het, by wie ons soveel kon ervaar van die gemeen-skap van die gelowiges, opregte liefde en onverdiende waardering, samewerking en inspirasie.

30 Januarie 1965.

Colleen shares her growth

My name is Colleen Mmateng Tswene. I am from Olievenhoutbocsh.

I came to the Reformed Church Diepsloot in 2013 on a Good Friday. I enjoyed the service and worshiping and decided to join this congregation. I said to myself that this is my spiritual home. Along the way I had personal prob-lems and I couldn’t attend the ser-vice for about two months. When I came back I decided to join El Roi service group. We meet two Sun-days in a month and I was elected as chairperson of the group. That helped me to grow spiritually as I have to prepare for our meetings by reading my Bible constantly in order for us to feed each other’s spirit with the word of God. I waited patiently for the Lord’s help. He listened to me and heard my cry. He pulled me out of dangerous pit; out of the deadly quicksand. He set me safely on a rock and made me secure (Psalm 40:1-2).

“I waited patiently

for the Lord’s help. He listened to me and heard my cry. He pulled me out of dangerous pit; out of the deadly quick-sand. He set me safely on a rock and made me secure

Geesgenoot2015.indd 13 6/4/15 4:42:36 PM

Page 14: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

14 I JUNIE 2015 I VOLUME 16

Deur Mari Harris

Een van ons lidmate maak elke dag, al sal sy dit nie self erken nie, ’n verskil in die wel en wee van ons land, omdat sy antwoorde vir besluitnemers vind deur middel van haar werk as grootbaas van die navorsingsgroep Ipsos. Maar dit kan sy slegs doen omdat sy weet wat ons is, is net genade.

My paspoort en ’n raam met gesinsfoto’s…Die opdrag was om iets per-

soonliks werk toe te bring wat beskryf wie en wat jy is. Die meeste mense het een ding gebring: ’n kussing, ’n brief, ’n boek, ’n ring en so aan. Een ding alleen was egter vir my te beperkend – my gesin anker my en hou my voete op die grond (daarom my foto’s) en my paspoort gee my vlerke – letterlik en fi guurlik!Party mense sal seker redeneer dat ek my Bybel moes saamvat – maar dit werk nie vir my nie, ek leef dit uit wat ek glo en léés my Bybel eerder as om daarmee onder my arm rond te loop.Hier waar ek nou is – kom ons sê maar êrens in die middel van my lewe, nie meer ’n vlegselkind nie en ook nog nie oud nie (die Franse beskryf die middel-jare so mooi as “uncertainage”, met ’n vonkel in die oog wanneer hulle dit sê), weet ek dat ek besonder geseënd is. My man, Willy, is seker die geduldigste mens in die hele wêreld, hy verloor nooit sy humeur nie. (Ek moet sê, ek wil ook

nie naby wees indien dit ooit gebeur nie!) Ek dink hy is ongeloofl ik. Hy het sy lewe lank nog vir Transnet gewerk en het al hulle “ups and downs”, dramas, skan-dale, die goeie en slegte tye meegemaak en oorleef. Hy het onlangs bevordering gekry en dit was vir my baie mooi dat al sy kollegas, wit en swart, saam met hom bly was. Die lys van mense wat vir hom wil werk is ook ellelank – hy is ’n regverdige “baas” wat altyd die goeie dinge in ander mense raaksien. Hy is al-tyd bereid om iemand nog ’n kans te gee.Hiermee skiet ek ver tekort: vir my is ’n ding reg of verkeerd en daar is geen middelpaadjie nie – ek doen nie grys nie en “miskien”, “sê nou net” of “wat as…” werk nie vir my nie – baie keer tot Willy en Tineke se frustrasie.Ek het een baie positiewe invloed op Willy gehad: voordat hy my geken het, het hy altyd saam met sy ouers in Durban gaan vakansie hou. Elke jaar. Dit het glad nie by my rustelose siel ingepas nie en ons het in die afgelope 28 jaar van ge-troud wees al oral in die wêreld rondge-rits en nog nooit weer in Durban gaan vakansie hou nie! Oor wildtuinvakansies stem ons 100% saam – ’n mens beleef die wonders van die skepping nêrens so intens as daar nie en ’n mens sien altyd iets nuut. Die laaste keer (in April) het ons ’n babaseekoeitjie gesien! Dit was nog rooibruin en kleiner as ’n boerboel – maar die ma se humeur was so sleg dat ons nie eens ’n foto as bewysstuk het nie.Ons is nie ouers wat die kindertjie agtergelaat en alleen naweek of vakansie

gehou het nie – ons het Tineke “ingepak” en sy moes maar saamreis, of dit wild-tuin toe of Washington toe was! Sy het sewe jaar nadat ons getroud is, opgedaag. Die grootste geskenk ooit uit die Here se hand. Dit was ’n uitdaging, maar ook ’n reusevoorreg om haar groot te maak.Sy het begin praat toe sy agt maande oud was – defi nitief uit moedeloosheid omdat haar ma nie babataal kon verstaan nie! Sedertdien was argumente nooit eenrigtingverkeer nie en haar “Maar Mamma….” gevolg deur ’n uiteensetting waarin jy jou kop bymekaar moet hou, is steeds legendaries. Die Here het egter geweet dat ek en Willy nooit alleen die mas sou opkom nie en het mildelik voorsien:• Irene Dykstra (baie mense in die GKR

sal haar onthou) was Tineke se dag-moeder en haar eindelose geduld en praktiese benadering was baie goed vir my kindjie.

• Oom Pieter en Tittie (Pieter en Stienie Koekemoer) was Tineke se instaan Ouma en Oupa – en Willy se “ander ma”.

• My ma en pa wat elke skoolvakansie na Tineke gekyk het – watter voorreg om altyd plaasvakansies te hê!

• Dr Schutte Venter – hy het Tineke se Hasie Kalbassie gedoop nadat hy haar eers daaroor gekatkiseer en deeglik ondervra het!

Tineke was seker so vier jaar oud toe ek haar een Sondag hoor praat tydens die Geloofsbelydenisafl egging in die erediens. Navrae wys toe dat sy dit reeds geruime tyd volledig ken – en kon verduidelik WAT sy sê! Geen wonder dus dat sy nou Latyn en Mesopotamië se geskiedenis sommer saam met derde jaar Medies kafdraf nie – en haar ouers steeds moet uithaal om by te bly!Wat werk betref, is daar waarskynlik iets soos ’n “glasplafon”, maar ek het nog nooit tyd gehad om my te veel daaraan te steur nie; ek kom uit ’n geslag vroue wat “kaalvoet oor die Drakensberge” sou trek; my oumagrootjie het drie mans oorleef en haar spannetjie kinders grootgemaak; my ma was een van net twee meisies in matriek (die twee top-presteerders); ek was die jongste in my matriekklas (en die dux-leerling) en ek was nog altyd daarvan oortuig dat dit wat tussen ’n mens se ore is, baie belangriker is as jou chromosoompatroon!Toe ek by die destydse Markinor begin werk het, het ek gedink dat dit vir ’n paar jaar sou wees – en my voorgeneem om te bedank die dag wat dit nie meer interessant is nie. Nou, 26 jaar later, is ek steeds hier – en ek hou steeds van wat ek

Genade,alles is enkel genade

Mari, Willy en Tineke Harris.

Geesgenoot2015.indd 14 6/4/15 4:42:38 PM

Page 15: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

doen. Die maatskappy se naam het wel verander na Ipsos en ons het ’n hoofkan-toor in Parys en kollegas dwarsoor die wêreld. Sulke dinge gebeur maar in die wêreld van “mergers and acquisitions”.Dit is egter nie net die werk wat my hier hou nie, maar veral die mense. My lesse-naar staan op ’n baie interessante plek – reg in die middel van die “execoffi ce”: Aan my regterkant is my kollega Nicole, so elegant soos net ’n Franse vrou kan wees! Sy is in Kameroen gebore en het in Frankryk grootgeword en is een van die wêreld se kenners oor advertensie-toetsing. Sy is ’n Protestant – en hoewel 1689 en die Edik van Nantes baie ver in die verlede lê, is dit vandag steeds mak-liker om in Frankryk ’n Rooms-Katoliek eerder as ’n Protestant te wees. Aan my linkerkant is Mamapudi. Sy het, soos ek, in Limpopo grootgeword en ek en sy giggel gereeld oor mense se gesigs-uitdrukkings as hulle besef dat haar Sepedi-naam “Moeder van die Bokke” beteken. Sy bring gereeld vir my nartjies of kwepers uit haar pa se tuin in die Jane Furse–nedersetting. Sy is Rooms-Katoliek en het alles feil vir haar ouers wat al redelik bejaard is. Ek weet sy stres oor haar gestremde broer – wat gaan van hom word wanneer haar ouers nie meer daar is nie? Nicole en Mamapudi maak hulle dogtertjies alleen groot. Oorkant my sit Rentia; ek ken haar al meer as twintig jaar en weet van die baie dwarsklappe wat die lewe haar al gegee het. Sy het ook haar twee kinders alleen grootgemaak en het meer “guts” as die meeste mense.Ons vier wroeg saam oor die loodswaaiers en juig saam oor welslae. Ons huil heerlik saam (veral saam met Nicole, vir wie haar verjaardag elke jaar ’n groot krisis is) en ons lag vir al die manewales wat mense aanvang. Ons is baie na aan mekaar en praat oor alles en nog wat, maar ek is die een wat gereeld die nuus aandra – dit is deel van my werk om koerant te lees en nuusweb-blaaie te raadpleeg!Ek is baie gelukkig omdat my afdeling nie tradisionele marknavorsing doen nie – dit word deur die ander vier afdelings binne Ipsos behartig. My afdeling fokus op ontwikkeling, die sosio-ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika en Afrika, politiek en verkiesings. Een van my kol-legas noem dit “Research with a Con-science” en dis waarskynlik na aan die waarheid. Omdat ons vir ’n kommersiële maatskappy werk, is dit noodsaaklik dat die maatskappy ’n wins toon, anders kan ons nie bestaan nie. Die meeste van die studies wat ons doen, word dus nooit gepubliseer nie, maar ons is ook gelukkig

dat daar wel data is wat ons kan bekend-maak – en sodoende mense kan inlig hoe ander soos hulle dink en voel.Dit verstom my baie keer dat daar baie mense is wat eerder nié wil weet nie – hulle sal jou vol selfvertroue vertel dat jy defi nitief die kat aan die stert beet het omdat hulle en hulle vriende glad nie voel soos dit wat jy oor die radio of tele-visie gesê het nie! Dit is ’n groot toets vir my geduld, veral as die beterweterige karakter uit KwaZulu-Natal bel en my dwarsdeur sy tirade “meisietjie” noem! ’n Sekere (berugte) politikus het my ook eenkeer op ’n televisieprogram ’n “girl” genoem! Ongelukkig vir hom het hy dit probeer uitmaak dat ek nie veel van plat-telandse Suid-Afrika weet nie, maar ek weet toe heelwat meer van Ungababa en DzingiDzingi as hy.

Die moeilikste onderhandeling was egter in 1994 toe een van die sogenaamde “street committees” een van ons onder-houdvoerders in Port Elizabeth ontvoer het. Hulle het gedreig om hom te skiet, maar hy kon hulle oortuig om my te bel – dwarsdeur ons gesprek het ek onder-handel en gebid dat alles moet uitwerk. Hulle het die arme man uiteindelik geblinddoek by die polisiekantoor gaan afl aai. Hierdie gesprek met ’n totaal re-delose persoon was baie erger vir my as die keer toe hulle my ’n ekstra geelkoors-inspuiting in Nairobi wou gee (hulle het nie!).Dit was ook ’n groot voorreg vir my om deel te wees van Suid-Afrika se demokratiseringsproses. Ek onthou goed toe ons in 1990 vir die eerste keer kon vra hoe mense oor sekere politieke leiers voel en vir watter party hulle sou stem indien daar ’n verkiesing sou wees. Die opwinding rondom daardie eerste persverklaring met hierdie inligting was voelbaar! Ek wonder hoeveel mense

hulle vandag kan indink dat hierdie inligting en vrae ’n mens in 1989 nog in die tronk kon laat beland? Verkiesings is defi nitief ’n baie opwindende tyd en ek het sedert 1994 nog aan elke nasionale en plaaslike verkiesing deel gehad. Ek was ook betrokke in verkiesingstudies in Kenia en in Nigerië. Dit was (en is nog steeds) ’n wonderlike voorreg. Ek vind dit baie opwindend om uit te vind hoe mense se koppe werk en om, partymaal, ’n verskil in hulle lewens te maak. Soms wil jou hart breek oor die onderwerpe waaroor jy móét praat – soos rassisme, xenofobie, verkragting, ongelykheid, mishandeling van vrouens en kinders, mense wat onmenslik optree teenoor kinders, diere en oumense. Dit beteken natuurlik dat ’n mens moet standpunt inneem – in my werk is daar nie veel plek vir draad sit nie, maar die belangrike ding is dat jy nooit kan toelaat dat jou eie vooroordele en gevoelens jou vrae of gevolgtrekkings beïnvloed nie. Jy is die boodskapper en moet weergee wat mense sê, voel en dink.Wat sê dit nou alles van my en my lid-maatskap van die GKR? Waarskynlik dat ek nooit in die prentjie van die tradisio-nele “suster” sal inpas nie. Ek het my lewe lank probleme gehad met Paulus, maar hoe meer ek van hom leer en lees en lees wat hy geskryf het, hoe meer begin ek verstaan. Dit was ’n ongeloofl ike ervaring vir my om op die Areopagus te sit en oor Athene uit te kyk en by die Bema in antieke Korinthe te staan waar hy gepreek het – hy het ook maar baie moeite gehad met mense wat half-half geluister het! Dit is vir my verkeerd dat die kerk een ding sê en ’n ander een doen: die sinode draal al jare lank daarmee om besluite te neem oor die posisie van die vrou in die kerk – tog doen ons wyksleiers eintlik die werk van ouderlinge en het ons vroulike ouder-linge in Diepsloot, net omdat daar nie mans is nie. Dit kom terug na die punt dat ek nie middelpaadjies verstaan nie!Toe ek verlede jaar ’n voorlegging by Ipsos moes gee oor “Climbing the Cor-porate Ladder”, het ek afgesluit met:Lastly, life is neither about “Veni,vidi, vici” (“I came, I saw, I conquered”, Julius Caesar, 46 BC) nor about “I came, I saw, I kicked ass” (Peter Venkman in Ghostbusters, 1984) but rather about “Veni, vidi, vixi” (Victor Hugo, 1843), which means:“I came, I saw, I lived”. Thus never get too busy making a liv-ing that you forget to make a LIFE and remember: LIFE isn’t about waiting for the storm to pass, it is about learning to dance in the rain.

Laat my nooit die grond verlaat nie. Laat my in U skadu bly.Gee dat elke aardse vreugde en vrees, eindelik nietig word vir my.Elke afdraaipaadjie ken ek. Elke keer het ek verdwaal.Elke keer het U my iewers kom haal, maak dit Heer die laaste maal.Elke dag is ‘n gedagte, elke kamer net gehuur.Elke aardse droom van rykdom en roem, net ‘n skadu teen die muur.Wat ek is, is net genade.Wat ek het, is net geleen.Eintlik smag ek na U waters van rus. Lei my Heer vanaand daarheen.Uit “Gebed” van Koos du Plessis

JUNIE 2015 I VOLUME 16 I 15

Geesgenoot2015.indd 15 6/4/15 4:42:38 PM

Page 16: JUNIE 2015 I VOLUME 16 eesGENOOT - gkrandburg.org.za · verstaan van die Skrif... en ek is bereid om te luister! Ongeag die sensitiwiteit van die saak op die tafel. Wat ’n verrykende

16 I JUNIE 2015 I VOLUME 16

Geesgenoot2015.indd 16 6/4/15 4:42:41 PM