hou vas wat julle het! in niksin niks in u lig weergalm sien ons die lig kinta en haar ma praat oor...

7
Vroueblad Die Gereformeerde OKTOBER 2015 Hou vas wat julle het! Die mooi in niks weergalm IN U LIG SIEN ONS DIE LIG Kinta en haar ma praat o Hervming www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

Upload: others

Post on 31-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hou vas wat julle het! in niksin niks IN U LIG weergalm SIEN ONS DIE LIG Kinta en haar ma praat oor Hervorming Oktober 2015 3 redakteursbrief Hou vas wat julle het Foto: Lydenburg

VrouebladDie GereformeerdeOKTOBER 2015

Hou vas wat julle het! Die mooi

in niks weergalmIN U LIG

SIEN ONS DIE LIG

Kinta en haar ma praat oor Hervorming

w w w . g k s a . o r g . z a / T y d s k r i f t e / v r o u e b l a d - i n t e k e n

Page 2: Hou vas wat julle het! in niksin niks IN U LIG weergalm SIEN ONS DIE LIG Kinta en haar ma praat oor Hervorming Oktober 2015 3 redakteursbrief Hou vas wat julle het Foto: Lydenburg

2 Oktober 2015

JAARGANG 70 NOMMER 5

GEREELD3 Redakteursbrief4 Lidmaatpraat 5 Ds. Sê my

IN DIEPTE6 Hou vas wat julle het!8 Ons sal eerder vir die waarheid van ons geloof sterf!

LEEFDINGE10 Hou vas met moed12 Teks & Vers: Blye boodskap weerklink13 Teks & Vers: Dagboek

Ander Publikasiesvan die Gksa:

�����������

�����������������(Laerskoolkinders)

������������� (tieners en jongmense)

Bied ook verrykende geestelike leesstof en kan bestel word by die Administratiewe Buro:

(018) 297 3986.

INHOUD

Teken vir jou ma,

jou dogter of

vriendin in op

ons blad

www.gksa.org.za

Redaksiekommissie:Cobie Steyn (redaktrise)Griet Swanepoel (assistent-redaktrise)Marlette van Rooyen (sekretaresse)��������������� �������Annelize Fourie���������� ������Annamie OdendaalPosadres:Die Redakteur: Die VrouebladPosbus 178, Lydenburg 1120Faks: Die Vroueblad 086 714 6157E-pos adres: Cobie Steyn, [email protected]

Internetadres: www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-intekenNavrae:Rekenings, adresveranderings, intekening, bladbouers:Me. Angie Mokobi: Tel (018) 297 3986, [email protected] en uitgewers: ������������������ ����������"Intekengeld:�� #$%'*�+"����*+;�";<""+�

�=�"�>?J��'$%K��%��*+��'?��*�+'?��N�$QUWKXX

���*+*��$%J?*�*�?J�*�*J?J�N�R100.00

���#$%'*�+"���?J��$%*��J"�DIE GEMEENTE, POSGELD ?J�*�+'?��N�$Z[Q�XX

���#$%'*�+"���\%$���*��''$K��%��*+��?J�*�+'?��N�$ZUX�XX

<?*$�?*��"$?*\*��*+��#"J";�Q�]'+?*�ZXQU��%��[X�]'J?*�ZXQ^�(Intekening word as voortgesit beskou solank dit nie gekanselleer word nie.)Drukkers: V&R Drukkers, Tel 012 333 2462, ISSN 0378 407 X

Redaksionele Inligting

Menings uitgespreek in artikels verteenwoordig nie noodwendig dié van die Redaksie nie. Die Redaksie behou hom die reg van plasing asook die redigering, verkorting, parafrasering of uitbreiding van bydraes voor.

6 10 2214 Boekeblad16 Bybelse berading18�� \��� `�������\��������qN Die mooi in niks weergalm20�� �������q��������N Hervorming22 In u lig sien ons die lig24�� ��q�����x>���{�N��%�������������$��������26 Gemeente-Mosaïek: Saamtrekstreke27 Gemeente-Mosaïek: Bybelstudie en Saamtrekwenke28 Resepteblad: Bietjie of baie Lasagne29 Lees in November 201529 Gemeentedagboek29 Intekenvorm 30 Hartskatte31 Lens op die Bybel32�� ����� ������%�����ZXQU

Oktober

VrouebladrrrrrrrroooooooooouuuuuuuuuueeeeeeeeeebbbbbbbblllDie GereformeerdeOKTOBER 2015

www.gksa.org.za/Tydskrifte/vroueblad-inteken

Hou vas wat julle het!

Die mooi in niks

weergalmIN U LIG SIEN ONS DIE LIG

Kinta en haar ma praat oor Hervorming

Page 3: Hou vas wat julle het! in niksin niks IN U LIG weergalm SIEN ONS DIE LIG Kinta en haar ma praat oor Hervorming Oktober 2015 3 redakteursbrief Hou vas wat julle het Foto: Lydenburg

3Oktober 2015

redakteursbrief

Hou vas wat julle het

Foto:����������� �����Lydenburg.

Ons is opFacebook:GereformeerdeVroueblad.Gaan Like ons!

ARTIKELS OF BRIEWE KAN GESTUUR WORD AAN DIE GEREFORMEERDE VROUEBLAD:E-pos: [email protected];Faksnommer 086 714 6157;SMS: 082 555 9586;Slakkepos: Posbus 178,Lydenburg 1120

“Dat jou krag gering is, weet Ek,maar jy eer my Woord as skat,en jy’t nie my Naam verloën wat die kennis vol omvat” (Skrifberyming 15-7: 2 –laaste 4 reëls).

Liewe Lesers, Voordat ek hierdie maand ernstig raak, moet ek julle eers net vertel van Griet se Vandisiefrikkadelle van Septembermaand. Dit is die lekkerste frikkadelle wat ek nóg geëet het. My skoonma het my geïnspireer om die resep uit te toets. Toe ek die afgelope Vrydag ‘n draai by haar maak in die ouetehuis, sien ek die Vroueblad lê oop by hierdie resep. En ek besef: Ma hunker weer na haar eie kosmaakdae. Daar en dan besluit ek dit sal ons vleisdis vir Sondag wees. Mense, en het ons gesmul! Met Ouma wat in kleur en geur vertel het van Griet se storietjie daarby: Van die moeë boere en die weerbarstige Brahmanbul. Onthou maar die resep as jy – hand in die hare – hierdie Desembervakansie vir baie mense moet kosgee. Jy sal nie spyt wees nie.

Oktobermaand wéét ‘n mens net: Die jaar is bykans op sy rug. Die matrieks is besig met hulle laaste skooleksamen, mense begin skarrel om jaareindfunksies en Kersmarkte te organiseer en almal van ons besef Kersfees is nie meer ver nie. Dit is ook die maand op die kerklike kalender wat ons die Reformasie herdenk. Ons dink terug aan Luther en Calvyn wat sterk opgetree het teen wanpraktyke in die kerk van destyds en die fokus op God en sy Woord alleen laat val het.

Ons fokus hierdie maand dan ook op die feit dat die Woord van die Here vir ons dié riglyn vir ons lewens is en dat ons moet vashou aan die Here en sy Woord. In Openbaring 3 word daar so mooi getuig oor die klein klompie gelowiges in Filadelfia: “Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en my nie verloën nie” (vers 8b). Van ons skrywers het hierdie maand diep gaan dink oor die praktiese betekenis van hierdie opdrag: Hoe moet ons vashou aan die Woord? (, p. 6-7); lees ook van die eerste twee martelare van die Reformasie wat nie ‘n aks afgewyk het daarvan om vas te hou aan die Woord nie (p. 8-9) en ons word aangespoor om moedig vas te hou aan die Woord in moeilike, hopelose tye (p. 10-11). Maar dan hoor ons ook in Teks & Vers en in Woordwys uit Wakkerstroom dat dit belangrik is om hierdie boodskap nie net vir ons self te hou nie, maar dit ook te laat weerklink die wêreld oor.

Hou vas aan Christus se boodskap, maar onthou: Laat dit ook weerklink.

Christusgroete, Cobie SteynNS: Al het ons nie meer ‘n brieweblad nie, is jy steeds welkom om vir ons ‘n SMS te stuur na 082 555 9586 (begin SMS met VB:)... of ’n brief te e-pos aan [email protected] of jou mening op ons Facebookblad te gaan lug of stuur jou brief per slakkepos na Posbus 178 Lydenburg 1120. Ons hoor graag wat leef in die harte van die lesers.

(Die redaksie vra vriendelik dat hierdie selfoonnommer en adresse nie vir administratiewe sake soos inskrywings of kansellasies gebruik sal word nie – skakel die verantwoordelike persone by die Administratiewe Buro in Potchefstroom: Sien die inligting op die skutblad.)

Page 4: Hou vas wat julle het! in niksin niks IN U LIG weergalm SIEN ONS DIE LIG Kinta en haar ma praat oor Hervorming Oktober 2015 3 redakteursbrief Hou vas wat julle het Foto: Lydenburg

ONS SAL EERDER VIR DIE WAARHEID VAN

ONS GELOOF STERF!Om vas te hou aan Christus se

boodskap van volhardingDEUR DS. PIETER KURPERSHOEK (GK MIDDELBURG, MPUMALANGA)

Dis net ná 12h00 ... 1 Julie 1523 ... in Brussels, België. Met ’n paar sinne kap Hendrik Vos en Johan van den Essen die laaste spyker in hul eie doodskiste. Hulle is

opgeroep om hul stelling terug te trek dat ’n priester nie die mag het om sonde te vergewe nie. Helder klink hul antwoord:

Ons sal niks terugtrek nie. Ons sal nie die Woord van God misken nie.Ons sal eerder vir die waarheid van ons geloof sterf.

Kort daarna word hulle aan die brand gesteek. Hulle sterf as die eerste twee martelaars van die Reformasie.

8 Oktober 2015

in diepte

ONS SAL EERDER VIR DIE WAARHEID VAN

ONS GELOOF STERF!Om vas te hou aan Christus se

boodskap van volharding

Page 5: Hou vas wat julle het! in niksin niks IN U LIG weergalm SIEN ONS DIE LIG Kinta en haar ma praat oor Hervorming Oktober 2015 3 redakteursbrief Hou vas wat julle het Foto: Lydenburg

9

in diepte

Oktober 2015

Met hulle optrede het hierdie twee manne die krag van ons Here Jesus se woorde in Openbaring 3:7-13 bevestig. Jesus praat in hierdie Skrifgedeelte met die gelowiges in Filadelfia, ’n groot militêre- en handelsentrum met ’n florerende wynbedryf.

Die Christene van Filadelfia

In dié stad is daar baie Jode woonagtig, baie manne en vroue wat daarop aanspraak maak dat hulle die Here se volk is. Maar al is hulle Jode en besny soos Jode, is hulle tog nie ware Jode nie (Rom. 2:28-29): Hulle erken nie dat Jesus die Christus is nie. Daarom noem

Jesus hulle lede van die sinagoge van die Satan (Op. 3:9).

Hierdie Jode maak die lewe vir die Christene in Filadelfia baie moeilik. Daar is slegs ’n klein Christen-gemeente in die stad, maar hulle kragte is maar – soos Jesus self sê – min, baie min (Op. 3:8). En al is die gemeentetjie klein, laat die Jode hulle nie met rus nie. Néé, die Jode sluit die Christene uit die sinagoge uit. Hulle kla die Christene by die Romeinse owerhede aan. Hulle sorg dat die Christene vervolg word. Ironies genoeg eerbiedig die Jode dus nie die naam van hul stad nie. Filadelfia beteken

broederliefde, maar wat die Christene moet deurleef is eerder broederhaat!

Filadelfia hou vas aan Christus se boodskap

Hoe reageer die Christene op hierdie vervolginge? Jesus self sê: Tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie (Op. 3:8). Die Christene bly aan Jesus vashou. Nooit ontken hulle dat Jesus vir hulle sondes aan die kruis gesterf het nie. Nooit ontken hulle dat hulle volgelinge van Jesus is nie. Al kry hulle swaar, al word hul lewe bedreig, elke keer weer bely hulle: Jesus is hul Here en hul God. Hulle bly glo, bly liefhê, bly volhard... al word hul lewe bedreig.

Jesus hou die gelowige vas in beproewing

Daarom gee Jesus hulle die heerlike belofte (Op. 3:10): Ek sal julle vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom. Die kerk van die Here gaan deur al die eeue heen beleef wat Jesus self gesê het (Joh. 16:33): In die wêreld dal julle dit moeilik hê. Maar in die vervolging, in die stryd om lewe en dood, sal die Here Jesus hulle self vashou en hulle in staat stel om gelowig te oorwin.

Twee manne wat vashou wat hulle het

Dit is die krag van hierdie belofte van ons Here wat ons so helder aan die werk sien in die gebeure op 1 Julie 1523 ... maar ook in die res van die Reformasie. Want Hendrik Vos en Johan van den Essen het vele kanse gehad om van die brandstapel weg te stap. Keer op keer het die ondervraer hulle opgeroep om hulle sogenaamd te bekeer. Maar elke keer het hulle net weer gesê:

Ons is bereid om vir die Naam van Jesus Christus en

vir die waarheid van die evangelie te sterf.En toe die vure aan die brand gesteek

word, roep hulle uit dat hulle as ketters verbrand word, maar as Christene sterf. Soos die vlamme aan hul liggame begin lek, sing hulle die Geloofsbelydenis, ons glo in één God. Soos die vlamme hoër

gaan, sing hulle die Te Deum laudamus, Ons loof u God. Wanneer hulle sterf, sing hulle Dit is die kruis waarna ons verlang het. Twee manne hou vas wat hulle het... hulle hou vas aan die Here Jesus ... ook wanneer hulle brandend sterf. Néé, die Here het húlle vasgehou in die tyd van swaarkry.

In reaksie hierop skryf Martin Luther onmiddellik ’n bemoedigende brief aan die gelowiges in die Nederlande. Hy prys die Here omdat hulle as gelowiges uiteindelik die geleentheid gekry het om nie net Christus te bely nie, maar ook gevangenskap te kan beleef en die krag van hul geloof te kan bewys deur hul getuienis met hul bloed te bevestig. Luther self is hartseer dat die Here hom nog nie waardig genoeg gesien het dat hy tot die dood toe kon getuig nie. Ook vir Luther is die vashou aan Jesus tot in die dood nié iets om van weg te skram nie, maar wél iets om na uit te sien!

In die jare wat volg het die Reformasie van die kerk van Christus voortgeduur. Duisende ander gelowiges het gesterf omdat hulle aan Jesus en sy Woord bly vashou het. Duisende gelowiges het die krag van Jesus se belofte beleef: Ek sal julle ook vashou in die tyd van beproewing…

Hou vas aan Jesus en sy Woord

En jy en ek ... Beleef ons ook hierdie krag van Jesus se belofte? Hou ons ook aan Jesus en sy Woord vas? Mag ons Here ons genadig wees!

Page 6: Hou vas wat julle het! in niksin niks IN U LIG weergalm SIEN ONS DIE LIG Kinta en haar ma praat oor Hervorming Oktober 2015 3 redakteursbrief Hou vas wat julle het Foto: Lydenburg

22 Oktober 2015

leefdinge

In U lig sien ons die lig

DEUR RIENETTE OSLER

Met die doop van ʼn kindjie beloof verbondsouers die volgende: Om hul kind na die beste van hul vermoë, in die leer van die Ou- en Nuwe Testament wat in die Artikels van die Christelike geloof saamgevat is en in die Christelike kerk geleer word, te onderrig en te laat onderrig.

Ouer: Versorger én opvoederOuers moet hul kinders liefhê en het ʼn roeping teenoor hulle kinders – wat maar net aan hulle geleen is – en dit is om hul doopbelofte na te kom deur versorging en opvoeding. Om hul kinders geestelik te versorg moet ouers:

bid vir die vergewing van hulle sondes (Job1:5);

(Luk. 15 : 20-24);

misluk en verder voorthelp (Luk. 15:11-24);

103:13: Jes. 40:11);

3:20);

Tess. 2:11).

Ouers moet dus hulle kinders so opvoed dat die kind in ʼn persoonlike verhouding met die Here sal staan, sodat die kind in staat sal wees om ’n gebalanseerde en selfstandige volwassene te wees. Daarom staan daar so mooi in Ps. 119:11: “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u Woord.”

“Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die

nag of duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons

waak en nugter wees” (1 Tess. 5:5-6).

Opvoeding en onderwys moet in die lig van die Skrif beoefen word. Die gesin

is die begin, die basis en die wortel van alle verskillende verhoudinge wat

bestaan en ontwikkel. Vanuit die huis ontwikkel die samelewing. ʼn Gesin

wat God saam nederig aanbid en daarna streef om God se wil te gehoorsaam

soos wat Hy dit in sy Woord openbaar, is soos ʼn ligtoring wat op ʼn ewige Rots

gebou is. Die Christen moet God en sy naaste positief dien: “Laat julle lig só

skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in

die hemele is verheerlik” (Matt. 5:16).

Page 7: Hou vas wat julle het! in niksin niks IN U LIG weergalm SIEN ONS DIE LIG Kinta en haar ma praat oor Hervorming Oktober 2015 3 redakteursbrief Hou vas wat julle het Foto: Lydenburg

23Oktober 2015

leefdinge

Leef Christus aan jou kind voor in die hantering van lydingKinders moet opgevoed word om nie net met God se wil rekening te hou nie, maar ook met God se beskikking. So sal hulle geleer word om die skokke en teleurstelling van die lewe sinvol te verwerk. Die ouers self moet voorloop in die hantering van skokke, teleurstellings, ontnugtering. As pa en ma sterk staan ten tye van beproewings en swaarkry en hulle absolute geloofsvertroue in die Here wat beskik en lei, uitspreek, sal daardie voorbeeld by die kinders vassteek.

Leef Christus aan jou kind voor in diensbaarheidDit moet ook by kinders ingeskerp word dat hulle vir God en hulle medemens moet dien met die gawes wat hulle van God ontvang het. Weereens kan die kind net daarmee identifiseer en dit navolg as die ouers self voorloop in diensbaarheid. So sal kinders ook leer om hulle medemens te respekteer. Dit kan alleen gebeur as ouers mekaar, hulle kinders en alle ander mense wat oor die gesin se pad kom, op ’n billike en regverdige manier behandel. Die gesindheid wat in Christus Jesus was moet ook in ons wees: Een in liefde, een van hart, een in strewe.

Die kind moet weet waar gesag vandaan komDie Heidelbergse Kategismus verduidelik dat die vyfde gebod “Eer jou vader en jou moeder” (Eks. 20:12) nie net van toepassing is op die gesin nie, maar ook vir elke verhouding van gesag en gehoorsaamheid in die menslike samelewing geld. Gesag is altyd ʼn geestelike mag wat aan iemand toegeken word. Geen individu kan uit homself gesag oor ander hê nie. Alle gesag kom van God af (vgl. Rom. 13: 1-7). God is die Heerser oor alles. Gesag berus nie net by ouers omdat hulle kinders verwek het nie; ʼn onderwyser staan nie maar voor ʼn klas omdat hy of sy deur die owerheid aangestel is om leerders te onderrig nie. Almal wat in gesagsposisies is, ontvang daardie gesag slegs uit genade van God af en daarom is elke gesagdraer verantwoording aan God verskuldig.

Leer jou kind: Sy ware identiteit kom van die Here afDie Christen moet homself ook liefhê. Dit word geïmpliseer as Christus sê dat ʼn mens jou naaste moet liefhê soos jouself (Matt. 22:39). Op grond van hierdie selfliefde moet ʼn mens jou eie lewe en besittings sien as gawes van God. Jy moet ook die talente en gawes wat die Here jou gegee het, so goed moontlik ontwikkel en gebruik.

Die groot probleem waarmee die mens egter te doen het, is dat

selfliefde so maklik kan ontaard in selfsug, wat beteken dat selfliefde, die liefde tot God en die liefde tot die naaste in mindere of meerdere mate oorheers en dit mag nie. Wie so selfsugtig is dat hy iets van hom of homself nie diensbaar aan God en sy medemens wil stel nie, waarsku Christus in Matt.16:25: “Wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry”, en Hy sê ook: “Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie (Luk. 11:35).

Daarom is dit noodsaaklik dat ouers die kind so sal begelei dat die kind sal weet dat sy ware identiteit en waarde óók van God af kom en dat die kind sy hele wese en identiteit moet inspan in diens van God.

Opvoeding – voortdurende toerustingKinders moet dus voortdurend toegerus word om hul lewenstaak, as geroepenes van God, op al die vlakke van die samelewing uit te leef. Ouers kan net daarin slaag indien hulleself vashou aan wat hulle het, naamlik die Woord van die Here wat ons hele lewe behoort te rig (vgl. Op. 3: 7-13). Paulus verduidelik dit so mooi aan Timoteus in 2 Tim. 3:16-17: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ʼn regte lewenswyse te kweek sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”

Opvoeding moet elke kind bring tot ʼn lewende, diepgewortelde geloofsverhouding met die Here. Ware geloofsopvoeding moet ʼn kind bring tot die brandende begeerte om God in alles wat hy of sy doen, te eer en te verheerlik.

Wanneer ouers en kinders vashou wat hulle het (naamlik die boodskap van God), skyn die ewige Lig deur hulle: “Want by U is die fontein van die lewe; in U Lig, sien ons die lig” (Ps. 36:10).