hond perdfris na rit in bakkie-enjin...beantwoord in „n volsin. [2] 1.4 dui aan of die volgende...
TRANSCRIPT
PUNTE: 70 TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
AFRIKAANS HUISTAAL
VRAESTEL EEN
JUNIE 2011
GRAAD 11
VOORBEELDEKSAMENVRAESTEL
2
INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings:
Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling B: Opsomming (10) Afdeling C: Taal (30)
2. Beantwoord ALLE vrae. 3. Begin elke vraag op „n skoon bladsy. 4. Skryf die nommer van die vraag boaan die bladsy neer. 5. Laat „n reël oop tussen die onderafdelings van vrae. 6. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae op die vraestel. 7. Gee besondere aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar.
3
AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: BEGRIPSTOETS Lees onderstaande tekste en beantwoord dan die vrae
Blitsdiëte help nie in stryd teen oerinstinkte 1. As jy die media dophou, lyk dit of vetsug en die mens se strewe na ‟n slanke
liggaamsvorm belangriker as selfs die bestryding van aardverwarming is. 2. Owerhede is veral bekommerd omdat kinders wat min sport beoefen en baie tyd voor
die televisie deurbring, reeds vroeg tekens van vetsug toon. 3. Tensy ‟n mens ly aan ‟n spesifieke siektetoestand wat gewigsverlies teenwerk, is die
antwoord voor die hand liggend. Om gewig te verloor moet jy minder eet en meer oefening doen. Veral belangrik is om jou koolhidraat-, suiker- en vetinname te verlaag, of om laasgenoemde twee uit te skakel. Simplisties gesien: as jy kan beheer wat by jou mond ingaan, beheer jy jou gewig.
4. Tog is dit moeilik om aan so ‟n voor die hand liggende oplossing gehoor te gee. Ons
moderne omgewing moet gedeeltelik die skuld hiervoor kry. 5. Dit raak al hoe makliker om oorgewig te wees, aangesien ons verfynde kos in suiker en
vet versuip. Geraffineerde suiker is die een produk wat die mens glad nie nodig het nie, aangesien ons heeltemal genoeg suiker uit natuurlike produkte soos vrugte kan kry.
6. ‟n Baie interessante vraag is eintlik hoekom ons ons so maklik laat verlei en dan met ‟n
gewigsprobleem sit. In die natuur sien ‟n mens nooit werklik oorgewig diere nie. Dat sommige diere voor oorwintering massa aansit of selfs op sekere tye van die jaar blinkvet lyk, is ‟n natuurlike verskynsel en nie vergelykbaar met ons situasie nie. Die antwoord lê waarskynlik daarin dat diere in die natuur deurgaans ‟n aktiewe leefwyse volg en dat hulle nie voortdurend onbeperkte toegang tot hoë-energie-voedsel het nie.
7. Mense wat oor jare heen onsuksesvol probeer gewig afskud, wonder seker dikwels
hoekom dit so moeilik is en waarom die vetjies so maklik terugkeer. 8. Daar is sterk aanduidings dat ons voorliefde vir vetterigheid en soetgoed uit die oertyd
dateer en dat ons eintlik teen ons natuurlike instinkte stry as ons ‟n dieet volg. 9. In die Steentydperk het dit sin gemaak om hoë-energie-voedsel soos soet vrugte en
vetterige vleis, wanneer dit beskikbaar was, in oorvloed te eet. Wanneer prooi wat deur ‟n jagter platgetrek is of seisoenale vrugte op die spyskaart was, het dit sin gemaak om soveel moontlik te verorber. Dit het dus ‟n oorlewingstaktiek geword om by geleentheid in die oorvloed te deel omdat jy dikwels nie seker was waar die volgende maal vandaan gaan kom nie.
10. Veral Westerlinge leef vandag in omstandighede waarin hierdie toestande nie meer
geld nie, maar ons word klaarblyklik nog deur ons oerinstinkte gedryf. Ons eet egter nie meer hoofsaaklik wildsvleis met ‟n lae vetinhoud nie en verkies ook meerendeels ‟n stuk soet appeltert in plaas van ‟n vars appel. Saam hiermee is ons baie minder aktief as ons oer-voorsate.
4
11. Dit lyk dus asof die oorsaak van ons onnatuurlike eetgewoontes en gepaardgaande
gewigsprobleme gedeeltelik die gevolg is van Steentydperk-eetgewoontes in ‟n wêreld wat tans uit sy nate bars met hoë-energie-kossoorte.
12. Ons liggaam is nog gerat volgens die oertyd, terwyl ons wêreld in vet en suiker swem.
Boonop spoor die samelewing ons van kleins af aan om hierdie produkte te gebruik. 13. Gelukkig is ons ook met ‟n komplekse brein toegerus, sodat ons oor ons doen en late
kan dink, beplan en besluit. 14. Die ideale gewig wat ‟n mens wil bereik, is nie gesetel in blitsdiëte wat tydelik verligting
bring nie, maar in ‟n wilsbesluit om, jou oerinstinkte ten spyt, die res van jou lewe ‟n gesonde dieet te volg.
15. So ‟n besluit word maklik geneem, maar moeilik gehandhaaf. 16. Diegene wat dit egter kan regkry, is verseker van ten minste beter gesondheid, beter
lewenskwaliteit en heel waarskynlik ‟n langer lewe. [Uit: Wetenskap vandag, Die Burger, 27 April 2007]
1.1 Watter twee sake word in paragraaf 1 teenoor mekaar gestel?
„n Volsin is nie nodig nie [2] 1.2 Watter faktore in die moderne omgewing veroorsaak dat dit makliker is om
oorgewig te raak? „n Volsin is nie nodig nie. [2]
1.3 Waarom sien „n mens volgens die skrywer nie oorgewig diere in die natuur nie? Beantwoord in „n volsin. [2]
1.4 Dui aan of die volgende stelling „n feit of „n mening is. Motiveer jou antwoord. Stelling:
Daar is sterk aanduidings dat ons voorliefde vir vetterigheid en soetgoed uit die oertyd dateer. [2]
1.5 Verklaar “seisoenale vrugte” in paragraaf 9. [1]
1.6 1.6 Waarna verwys “hierdie toestande” in paragraaf 10? „n Volsin is nie nodig nie. [2]
1.7 Haal „n woord uit die paragraaf 10 tot 11 aan wat volgens die skrywer „n
moontlike verklaring is vir die moderne mens se gesukkel met oorgewig. [1] 1.8 Wat is volgens paragrawe 14 en 15 die enigste werkbare oplossing vir
gewigsprobleme? Beantwoord in „n volsin. [2] 1.9 Verduidelik die doel van die leesstuk in een volsin. [1] EN
5
1.10 Oor watter aktuele probleem handel die spotprent? [1]
1.11 Wat is die funksie van die verwysing na die koerantberig links bo in die spotprent? [1]
1.12 Die muisie in die spotprent sê: “ Met die baie geëetery, grawe „n mens jou eie graf.” Watter konnotasie het “grawe „n mens jou eie graf” in die spotprent? [1]
1.13 Watter afleiding kan die leser uit die spotprent oor “Pa” maak? [1] 1.14 Wat is die funksie van die klippe in die voorgrond van die spotprent? [1] EN
6
1. Die mees vitterige kenners kan nou ook maar glimlag. Die opmerklik ruim Yaris 2. Sedan pas jou lewenstyl soos 'n handskoen. Die elegante buitevoorkoms saam 3. met die treffende, moderne binneruim laat die Yaris stylvol uitstaan. En of jy nou 4. stop-en-ry stadsritte of die breë langpad geniet, lewer die 1.3-liter enjin oorgenoeg 5. krag en uitmuntende brandstofdoeltreffendheid. En met oorvloedige 6. veiligheidskenmerke, plus ons standaard 4-jaar/60 000km ToyotaCare Diensplan, 7. behoort die Yaris Sedan in elkeen se smaak te val.
. Vir meer inligting, besoek gerus www.toyota.co.za of skakel 0800 139111.
1.15 Watter produk word geadverteer? Wees spesifiek in jou antwoord. [1] 1.16 Kyk na die foto en lees die eerste sin in die gedeelte onderaan.
Na wie verwys “felste kritici” en “vitterige kenners? [1] 1.17 Vir watter soort mense is die produk waarskynlik bedoel?
Skryf „n woord/frase uit die advertensie neer om jou antwoord te motiveer. [2]
Stel selfs die felste kritici tevrede.
NEEM LEIDING TOYOTA
7
1.18 Verduidelik kortliks waarom die seuntjie juis in die advertensie moet wees. [1] 1.19 Watter twee eienskappe van die Yaris Sedan, soos in die advertensie
aangedui, maak dit „n goeie gesinsmotor? [2] 1.20 Waarom word die woord TOYOTA onderaan die advertensie in vetdruk
geplaas? [1] 1.21 Op watter twee maniere kan die leser met die maatskappy kontak maak? [2] TOTAAL AFDELING A: [30] AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees onderstaande stuk en voer daarna die opdrag uit.
Groeiende probleem van kindervetsug kan voorkom word 1. „n Mens lees gereeld mediaberigte oor jong kinders wat erg oorgewig is. Hoe gebeur
dit dat sulke kinders vetsugtig word en wat kan ouers doen om hul oorgewig kinders by te staan?
2. Volgens me. Linda Schoeman, ‟n sielkundige van Durbanville, gaan vetsug by kinders gewoonlik gepaard met emosionele probleme en kan die toestand dikwels bly voortbestaan tot in volwassenheid. Selfs indien die betrokke kind gewig verloor, kan hy of sy as volwassene steeds ly aan ‟n verwronge liggaamsbeeld.
3. Verskeie faktore kan veroorsaak dat kinders oorgewig word, sê Schoeman. Dis egter
selde te wyte aan mediese oorsake, maar eerder aan ongesonde eetgewoontes wat in die kind se ouerhuis gehandhaaf word.
4. “Ouers wat gedurig op kitsdiëte gaan, stel ook nie ‟n goeie voorbeeld nie, en dit kan obsessiewe gedragspatrone rondom kos en die eet daarvan inbring. Dit skep spanning oor ‟n doodgewone roetine,” het sy bygevoeg.
5. Sy voeg ook by dat nog iets waarteen ouers behoort te waak, is kinders wat hulle na kos wend om ontsteltenis te verwerk. Dié gedrag kan voortduur tot in die volwasse jare. Om voor die TV te eet, is ook nie raadsaam nie, aangesien die inname van kos “meganies” word, en dit maklik is om te veel (of te min) te eet.
6. Smith beaam dit en sê dat meer water gedrink moet word en minder suiker en verfynde
kosse geëet moet word. Kinders kan ook kleiner, gereelde maaltye eet drie tot vier keer per dag. Hulle behoort twee tot vier vrugte per dag te eet, asook twee of drie verskillende groente.
7. Benewens die ouers se invloed, sê Smith, kan skole ook ‟n rol speel in ‟n gesonde
leefstyl by kinders deur gesonde snoepiekos beskikbaar te stel, deelname aan sport aan te moedig en praatjies oor gesonde eetgewoontes aan te bied.
8
8. Maar hoe gemaak indien kinders weier om hul eetgewoontes aan te pas? Schoeman raai aan dat ouers verduidelik hoe die liggaam werk en hoe dit baie harder moet werk as daar ekstra gewig rondgedra word.
9. Indien kinders steeds ongehoorsaam is, kan voordele soos selfoongebruik, rekenaartyd of TV-kyktyd weggeneem word. Die kind kan ook vir ‟n toepaslike tyd uit sy sosiale kring weggeneem word.
[Uit: Son, 28 Maart 2007]
Opdragte: 2.1 Ongesonde eetgewoontes in die ouerhuis kan daartoe lei dat kinders vetsugtig
raak. Som uit die teks die ongesonde eetgewoontes op in DRIE (3) afsonderlike volsinne wat gesamentlik nie meer as 30 woorde bevat nie. [3]
2.2. Gee in VIER (4) afsonderlike sinne „n opsomming van die wenke wat toegepas
kan word om kinders „n gesonde leefstyl aan te leer. Die vier sinne mag gesamentlik nie meer as 60 woorde bevat nie. [4]
TOTAAL AFDELING B: 10
9
AFDELING C: TAAL VRAAG 3 Lees onderstaande tekste en beantwoord die vrae.
Hond perdfris na rit in bakkie-enjin
1. PRETORIA. - 'n Jack Russell het 'n nagmerrierit oorleef toe sy vir 230 km teen 'n spoed van 120 km/h in 'n viertrekbakkie se enjin vasgesit het.
2. Behalwe dat Bella vol ghries, baie dors en verskrik was, was sy ongedeerd. Sy het selfs 'n uur later 'n rot gevang om te wys sy het volkome van haar (trauma) ervaring herstel.
3. Mev. Nel sê: "Net toe hulle by die Wimpy in Sabie wou wegry, het die bestuurder van
die Wimpy my man gestop en gesê daar is 'n hond onder die bakkie. My man se maag het 'n (woesste/woeste) draai gemaak, want hy het nie geweet wat om te verwag nie."
4. Volgens Nel het haar man onder die bakkie geloer en 'n stert en tong gesien uithang.
5. Terwyl haar man die plaat afgeskroef het, was hy naar van skok aangesien hy die vorige week in 'n tydskrif gelees het hoe jy kos in die enjin kan gaarmaak terwyl jy ry.
6. "By nadere ondersoek blyk dit toe dis Bella, een van my skoonma se vele Jack Russells."
7. Die Nel-gesin vermoed Bella het agter 'n rot, wat onder die plaat ingekruip het, aangehardloop.
8. "Sy is 'n verwoede jagter en gister moes my man die dorp platry op soek na Bella. Ons neem haar môre terug Tzaneen toe."
9. Dié keer sal Bella binne-in die bakkie ry. [Verwerk uit: Die Burger, 26 April 2007]
3.1 Verklaar nagmerrierit in paragraaf 1. (1) 3.2 Waarvoor staan die afkorting km/h in paragraaf 1? (1) 3.3 Wat beteken die premorfeem on- in ongedeerd (paragraaf 2)? (1) 3.4 Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord vir (trauma) in paragraaf 2. (1) 3.5 Kies die korrekte spelwyse uit dié tussen hakies in paragraaf 3: (woesste/woeste) (1) 3.6 Wat is die verskuilde/geïmpliseerde betekenis van die onderstreepte woorde in paragraaf 5? (1)
10
3.7 “Bella het agter „n rot, wat onder die plaat ingekruip het, aangehardloop.” 3.7.1 Skryf die hoofsin neer. (1) 3.7.2 Skryf die byvoeglike bysin neer. (1) 3.8 Skryf in die INDIREKTE REDE: Mev. Nel sê: “Ons neem haar môre terug Tzaneen toe.” (2)
EN
Staan saam teen honger
1. Belemmerde groei, verstandelike gestremdheid, ontwikkelingsprobleme, leerprobleme dit is maar net 'n paar van die gevolge van honger vir miljoene kinders in die land. Om honger uit te wis, vra 'n groot, volgehoue veldtog deur alle sektore van die samelewing.
2. Dit het Tiger Brands aangespoor om Staan Saam Teen Honger te stig. Staan Saam
Teen Honger (Unite Against Hunger) is 'n onafhanklike organisasie sonder winsbejag wat alle Suid-Afrikaners, nieregeringsorganisasies en besighede saamsnoer.
3. Staan Saam Teen Honger is een van die (bekend) veldtogte in die land wat nasionale
voedselveiligheid aanspreek en het talle (vennoot) in die verwesenliking van hul doelstellings wat almal wees en weerlose kinders kos gee en na hulle omsien.
4. Die Staan Saam Teen Honger/SAAMKUIER-veldtog wil almal aanmoedig om deel te
neem aan hul geldinsamelingsveldtog vir 2006. Talle bekende Suid-Afrikarners het reeds hul steun aan die veldtog (3.13). Besoek www.uniteagainsthunger.co.za om vas te stel hoe jy ook „n bydrae kan lewer.
[Uit: Saamkuier]
3.9 Gee die meervoud van vennoot (paragraaf 3). (1) 3.10 Verklaar sonder winsbejag in paragraaf 2. (1) 3.11 Gee die korrekte afkorting vir nieregeringsorganisasies. (1) 3.12 Gee die oortreffende trap van bekend (paragraaf 3) (1) 3.13 Skryf die ontbrekende werkwoord neer om die uitdrukking in paragraaf 4 te voltooi: Talle bekende Suid-Afrikaners het reeds hul steun aan die veldtog …. (1) 3.14 „n Leesteken ontbreek tussen die woorde leerprobleme en dit in
paragraaf 1. Skryf die twee woorde neer met die korrekte leesteken daartussen. (1)
EN
11
Dennis die Duiwel
3.15 Wat is die denotasie van „”Mooi hou” in gholf? (1) 3.16 Watter konnotasie heg Dennis aan “Mooi hou”? (1)
EN
Nooi Wayne Rooney vir ’n koppie tee 1. Londen. – Die energie wat die Engelse sokkerster Wayne Rooney tydens ‟n wedstryd opwek, is glo genoeg om ‟n huis se ligte vir anderhalfuur te laat brand. 2. ‟n Studie deur dr. David James van die Sheffield Hallam-universiteit se sportwetenskapsentrum, wys Rooney wek sowat 6 700 kilojoules energie per wedstryd op – gelykstaande aan 1,86 kilowatt elektrisiteit per uur. Dis genoeg om ‟n huis se ligte vir 90 min. te laat brand of om ‟n televisie vir ses en ‟n half uur aan die gang te hou, sê James. Daar kan 16 koppies tee met al dié energie gemaak word. – Reuters [Aangepas uit: Beeld, 30 November 2006]
3.17 Skryf in die ontkennende vorm:
Het jy al met Wayne Rooney tee gedrink? (1)
3.18 Skryf die afkorting dr. (paragraaf 2) voluit. (1) 3.19 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies:
Wayne Rooney is „n (energie) sokkerspeler. (1) 3.20 Gebruik opwek in „n sin waarvan die betekenis nie met energie te doen het nie. (1)
EN
Mooi hou, Pa! Het Pa gesien hoe hoog spat die water?
12
[Bron onbekend]
3.21 Gee een woord vir: die mense wat saam met jou in ‘n voertuig reis (1) 3.22 Gee die meervoudsvorm van uitsig (reël 3) . (1) 3.23 Vorm „n gepaste byvoeglike naamwoord van die woord skilder (reël 3) (1) 3.24 Gee een woord vir (sonder dat „n mens dit sien) (reël 6). (1) 3.25 In reël 10 word die woord hoe deur skuinsdruk beklemtoon.
Skryf nou die woord hoe met die korrekte klemtekens neer. (1)
3.26 Gee die korrekte teenwoordige deelwoordvorm van die woord tussen hakies: Alle (reis) mense weet hoe belangrik geselskap is. (1)
3.27 In reël 12 ontbreek twee kommas. Skryf die reël oor en voeg die
kommas op die korrekte plekke in. (1)
3.28 Gebruik die sleutelwoord tussen hakies om die idioom neer te skryf wat beteken: om iemand te hinder. (Sleutelwoord: ry) (1)
TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL VRAESTEL: 70
Ons stel bekend: die nuwe VW Bus Exclusiv.
1. Stel jou voor, „n rit van die Kaap na die Kalahari.
2. Vir die swerwers, „n reis met natuurskoon in oorvloed, met die hele 3. spektrum van pragtige (uitsig) en (skilder) landskappe wat Suider-Afrika 4. bied. 5. Daar is egter ook lang ente waar al die bossies taamlik eenders lyk. En 6. die natuurtonele skuif die een na die ander (sonder dat „n mens dit sien) 7. verby.
8. Gelukkig is daar nou die nuwe VW Bus Exclusiv. 9. „n Bus wat ontwerp is vir reis. „n Ryding wat jou nie net by 10. jou bestemming bring nie, maar ook „n verskil maak aan hoe jy daar kom.
11. In gemak. Weelde. En met sitplekke geplaas sodat mense kan kuier. 12. Want soos alle ervare reisigers weet is die interessanste dinge soms 13. binne, nie buite jou motor nie.
14. Soos vriende en familie.