harpagophytum procumbens - kyffhauser · 2017-05-02 · e: devils claw, hook plant, spider plant,...

3
Harpagophytum procumbens E: Devil’s claw, hook plant, spider plant, grapple thorn/plant D: Teufelskralle, Trampelklette A: duiwelsklou, rankklou, rankdoring H: omukono otjihangatene (bogrondse gedeelte) en otjihangatene (ondergrondse gedeelte) So sien ons hulle in die veld in die somer met dikwels ou klouvrugte tussen die ranke Oor hierdie plant is al baie geskryf; sy medisinale waarde is goed bekend by ons inheemse bevolking sowel as die westerse wêreld en in die Verre Ooste. As gevolg van die groot belangstelling deur die farmaseutiese ondernemings wêreldwyd in hierdie plant, is dit so erg geoes, dat sy voortbestaan bedreig was. Streng oesmaatreëls is deur RSA, Namibië en Botswana ingestel. Buitendien het grootskaalse bedrog plaasgevind, waar opgesnyde wortelsstukke van ander plante (Arcanthosycios naudiniamus of gemsbokkomkommer, ‘n Kedrostis-spesie en Elephantorrhiza of elandwortel) by die duiwelskloustukke gemeng is….alles net, omdat daar skielik ‘n kans vir baie lede van die inheemse bevolkingsgroepe opgeduik het om ‘n bietjie geldjies te verdien. Skematiese voorstelling van Harpagophytum in Museum te Sekondêre wortels Swakopmund, waar ‘n baie goeie uitstalling oor hierdie plant en die verwerking daarvan is

Upload: others

Post on 18-Jun-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Harpagophytum procumbens - Kyffhauser · 2017-05-02 · E: Devils claw, hook plant, spider plant, grapple thorn/plant D: Teufelskralle, Trampelklette A: duiwelsklou, rankklou, rankdoring

Harpagophytum procumbens

E: Devil’s claw, hook plant, spider plant, grapple thorn/plant D: Teufelskralle, Trampelklette

A: duiwelsklou, rankklou, rankdoring

H: omukono otjihangatene (bogrondse gedeelte) en otjihangatene (ondergrondse gedeelte)

So sien ons hulle in die veld in die somer met dikwels ou klouvrugte tussen die ranke

Oor hierdie plant is al baie geskryf; sy medisinale waarde is goed bekend by ons inheemse bevolking sowel as die westerse wêreld en in die Verre Ooste. As gevolg van die groot belangstelling deur die farmaseutiese ondernemings wêreldwyd in hierdie plant, is dit so erg geoes, dat sy voortbestaan bedreig was. Streng oesmaatreëls is deur RSA, Namibië en Botswana ingestel. Buitendien het grootskaalse bedrog plaasgevind, waar opgesnyde wortelsstukke van ander plante (Arcanthosycios naudiniamus of gemsbokkomkommer, ‘n Kedrostis-spesie en Elephantorrhiza of elandwortel) by die duiwelskloustukke gemeng is….alles net, omdat daar skielik ‘n kans vir baie lede van die inheemse bevolkingsgroepe opgeduik het om ‘n bietjie geldjies te verdien.

Skematiese voorstelling van Harpagophytum in Museum te Sekondêre wortels Swakopmund, waar ‘n baie goeie uitstalling oor hierdie plant en die verwerking daarvan is

Page 2: Harpagophytum procumbens - Kyffhauser · 2017-05-02 · E: Devils claw, hook plant, spider plant, grapple thorn/plant D: Teufelskralle, Trampelklette A: duiwelsklou, rankklou, rankdoring

Die Harpagophytum procumbens (en H.zeyheri) kom in die sanderige dele van die Kalaharibekken in Botswana, Namibië en Suidafrika voor, waar die reënval bo 150 mm jaarliks is. Interessant is die feit, dat die benaming van hierdie plant in die Ovaherero-taal twee benaminge het, ene vir die bogrondse gedeelte, nl.omukone otjihangatene en een vir die ondergrondse gedeelte, nl. otjihangatene ., soos aangedui op die skematiese voorstelling van die volledige plant. Hieruit word duidelik, dat die grootste gedeelte van die hele plant ondergronds sit, en hoe meer bolwortels geoes word, hoe kleiner word die oorlewingskans in droë tye (Boesmans vat nooit meer as die helfte vir eie gebruik nie).

Die plantdele met medisinale waarde is slegs die sekondêre wortels,wat uit die dik hoofwortel groei. Vir die plant dien hulle as opgaarplek of spens vir “kos” in droë tye. Hierdie bolvormige wortels proe baie bitter, die hoofwortel nie soseer nie. Vir medisinale gebruik word die sekondêre wortels uitgehaal (net ‘n gedeelte daarvan), in dun skywe gesny es gedroog. So word hulle ook verpak en uitgevoer. Inheemse medisynmanne vergruis die droë wortels gewoonlik tot poeier.In westerse apteke koop ons die middel as pilletjies, kapsules of tee.

Medisinale gebruike (inheems-tradisioneel): verteringsprobleme,vuilsiek (Syphillis),tering, ander longsiektes, wond- en velbehandeling (selfs velkanker), as algemene aansterktonikum by moegheid en agteruitgang van algemene fisiese toestand Van die inheemse medisynemanne’-vrouens het beweer, dat die “witman die omuti altyd te sterk maak”.

Med. Gebruike westerse farmasie: rumatiek-verwante kwale, arteriosklerose, maagwerk ,diabetes, lewer-,galblaas- en nierkwale, senuweepyne; dit werk ook anti-

inflammatories en pynstillend.

Ander gebruike: Boesmans in Botswana was die naastes van ‘n sterfgeval in die familie met ‘n aftreksel van die wortels om verdere tragedie af te weer. Boesmans in Boesmanland daarenteen drink ‘n tonikum van die wortels vir algemene gesondheid.

Die “kloue”, d.w.s. die vruggie is baie dekoratief van aard en word dikwels saam met hout- of uitgestopte diertjies van lap, houtstukkies, volstruiseierdopstukke, gedroogde sade en krale verwerk in beweegbare hangers wat van die plafon in ‘n kamers afhang (Mobile).

By boere sorg die “beeskloue” dikwels vir onmin, omdat beeste op die droë vrugte trap en die hoewe beseer of selfs kruppel word. Of hulle kry dit met gras in die bek in en die klou sit in die kiewe vas of blokkeer die kos in die spyskanaal tot die dier van honger vrek. Selfs die bogrondse ranke kan probleme veroorsaak as beeste dit saam met die gras afbyt en vreet. Die ranke is baie veselagtig, moeilik verteerbaar en kan bolle in die maag vorm, wat dan op die ou einde as ‘n obstruksie voor die ingang na die volgende verteringstasie lê en dit verstop.

Page 3: Harpagophytum procumbens - Kyffhauser · 2017-05-02 · E: Devils claw, hook plant, spider plant, grapple thorn/plant D: Teufelskralle, Trampelklette A: duiwelsklou, rankklou, rankdoring

Duiwelskloue in die Omaheke se “arms” is baie korter as diegene in die Kalaharisand; die vrugte blyk ook baie groter, maar baie brosser daar te wees as hier in die Omaheke.

Nog ‘n eienaardigheid het ek hier in die Omaheke opgemerk: daar is plante met die tipiese magentakleurige blomme , en dan is daar, selfs tussenin, plante met roomkleurige blomme. Soos by die rooi blomme is die binnekant van die buisgedeelte ook geel. Hierdie kleurvariasie blyk oorerflik te wees. Ek persoonlik sluit kleurverandering as gevolg van een of ander tekort in hierdie geval uit.

Inligtingsbronne:

Ecology and Utilisation of Harpagophytum procumbens in Southern Africa (Berit Hachfeld 2003)Population Dynamics and Sustainable Harvesting of the Medicinal Plant Harpagophytum procumbens in Namibia (Marianne Strohbach, Dave Cole 2007) Oor die Plantegroei van Suidwes-Afrika (G.Boss, M.Greef 1937)……….People’s Plants (Ben-Erik van Wyk, Nigel Gericke)……….Wildflowers of the Central Highlands of Namibia (Coleen Mannheimer) Wild flowers, Waterplants and Grasses of the Okavango Delta and Kalahari (Veronica Roodt) Gemsbok Bean & Kalahari Truffle (Arno Leffers) Gift-, Heil- und Essbare Pflanzen in Namibia (Eberhard von Koenen Algemenebenaming en enkele gebruike van die meer bekende Inheemse Plante van SWA (PJ le Roux)

Teks en fotos: Anka Eichhoff April 2017