Voorlegging- en eksamineringsproses vir doktorale proefskrifte
Nagraadse-eksamineringskantoor (NEK)
Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe
Mei 2020
Voorlegging van doktorale proefskrif
• In die eerste semester van hul finale jaar moet studente ’n Voorneme van
Inhandiging vorm voltooi en dit teen die sluitingsdatum elektronies by
die NEK (en hul promotor) indien.
• Eksaminatore word dan deur die promotor(s) benoem.
• Altesaam drie eksaminatore: 1 x interne eksaminator van US; 1 x eksterne
eksaminator van ’n ander Suid-Afrikaanse universiteit of
navorsingsinstelling; en 1 x eksterne internasionale eksaminator
• Eksaminatore moet deur die Komitee vir Hoër Grade en Navorsing,
Fakulteitsraad en Senaat goedgekeur word.
• Die name van eksaminatore is vertroulik.
• Sodra die student en promotor(s) tevrede is dat die proefskrif gereed is
vir ekaminering, moet die student die proefskrif volgens voorskrif
formateer.2
Formatering van doktorale proefskrif
• Die Universiteit verskaf ’n proefskriftemplaat vir alle doktorale
voorleggings.
• Besonderhede kan in die Universiteit se Algemene Jaarboek (deel 1)
gevind word
• Formateringsvereistes
• Tikwerk
• Reëlspasiëring
• Lettergrootte, en
• Kantlyne
• Verpligte inligting: US verskaf die bewoording vir die eerste vier
bladsye, onder meer die verklaring en kopiereg, ens.
http://library.sun.ac.za/af-za/Help/Pages/online-thesis-submission.aspx3
Redigering van doktorale proefskrif
• Daar word van studente vereis om noukeurig aandag aan die
voorkoms van hulle werk te gee, onder andere formatering.
• Daar word vereis dat alle proefskrifte vir taalgebruik geredigeer
word voor dit by die NEK ingedien word.
• Studente moet hulle verwysings noukeurig nagaan.
• US het ’n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor plagiaat.
• Onkunde oor verwysingsregulasies word nie as verskoning
aanvaar nie.
• Die plagiaatbeleid kan op die Afdeling Navorsingsontwikkeling
se bladsy op die US-webwerf gevind word.
https://www.sun.ac.za/afrikaans/research-innovation/Research-
Development/policies-guidelines
4
Eksaminering van doktorale proefskrif
Kandidate moet die volgende dokumente in ’n ZIP-lêer per e-pos by
die NEK indien. Hulle moet hul naam en studentenommer as
lêernaam gebruik:
1. ’n PDF- en Word-weergawe van die volledige en saamgestelde werk;
2. ’n Afskrif van die Turnitin-opsomming se verslagbladsy wat die
ooreenkomstelling aandui;
3. Inligting oor etiese klaring;
1. ’n Afskrif van die goedkeuring van die Navorsingsetiekkomitee (NEK)
indien etiese klaring vereis is OF
2. ’n afskrif van die vrystellingsbrief wat deur die Navorsingsetiekkomitee
(NEK) uitgereik is indien etiese klaring nie vereis is nie
4. Die verklaring deur die promotor dat hy/sy die Turnitin-verslag nagegaan
het en saamstem dat die werk vir eksaminering voorgelê mag word
5
Eksaminering van doktorale proefskrif
• Die voorlegging van die proefskrif en ondersteunende dokumentasie vir
eksaminering vind elektronies per e-pos aan die NEK plaas.
• Geen proefskrif sal vir eksaminering gestuur word indien al 4
dokumente nie deur die NEK in die vereiste ZIP-vouerformaat ontvang
word nie.
• Die NEK sal die proefskrif dan vir die eksaminatore stuur.
• Eksaminatore het 6 weke om die proefskrif te eksamineer en hulle
verslae in te dien.
• Die NEK sal die doktorale kandidaat ongeveer 4 weke ná voorlegging
kontak om ’n datum vir die mondelinge eksamen vas te maak.
• Die datum wat vir die mondelinge eksamen verskaf word, kan nie deur
die doktorale kandidaat verander word nie.
6
Eksaminering van doktorale proefskrif
Die mondelinge eksamen bestaan uit: student, promotor(s), drie
eksaminatore en ’n nie-eksaminerende voorsitter.
• Eksaminatore bespreek eerstens hulle verslae onder mekaar.
• Tweedens word student ingeroep en eksaminatore vra vrae.
• Derdens word student verskoon en eksaminatore beraadslaag.
• Vierdens word student teruggeroep en Voorsitter gee die aanbeveling.
Belangrik: Hoewel promotor(s) tydens die mondelinge eksamen ten alle tye
teenwoordig is, is hulle slegs waarnemer(s) en neem hulle nie aan die
bespreking of besluitneming deel nie.
7
Algemene kriteria vir doktorale proefskrif
1. Voldoende afbakening en konseptualisering van die navorsingsveld en
navorsingsonderwerp
2. Voldoende begrip van en beheer oor die relevante navorsingsmetode.
3. Vertroudheid met die relevante literatuur
4. Duidelike en sistematiese aanbieding van die materiaal en logiese
uiteensetting van die argument
5. Behoorlike dokumentering en ondersteuning van die resultate van
onafhanklike navorsing
6. Aanvaarbare taalkundige en stilistiese aanbieding
7. Bydrae wat die proefskrif tot kennis in die veld daarvan maak
(relevansie)
8. Geskiktheid van die volledige proefskrif, of dele daarvan, vir publikasie
8
Aanbeveling vir doktorsgraad
Moontlike aanbevelings ná mondelinge eksamen
i. Die graad word aan die kandidaat toegeken.
ii. Die graad mag aan die kandidaat toegeken met dien verstande dat die
hersiening, in ooreenstemming met die aanbevelings van die eksaminatore, tot
bevrediging van die promotor gedoen word (die eksaminatore ontvang dus nie
weer die proefskrif nie).
iii. Die graad mag aan die kandidaat toegeken word, met dien verstande dat
hersiening van die materiaal tot bevrediging van die eksaminatore gedoen
word, soos ooreengekom deur die eksamineringspaneel (die eksaminatore
moet dus die hersiening goedkeur).
iv. Die graad mag nie in die huidige vorm aan die proefskrif toegeken word nie;
die kandidaat moet die proefskrif wysig en weer voorlê.
v. Die graad mag nie aan die kandidaat toegeken word nie, en die werk mag nie
weer vir eksaminering voorgelê word nie.
9
Finalisering van doktorsgraad
• Sodra die aanbeveling gemaak is, sal studente die geleentheid hê om
veranderinge aan te bring soos deur die eksaminatore voorgestel.
• Sodra die veranderinge tot bevrediging van die promotor(s) of eksaminatore
voltooi is, word daar van studente vereis om ’n finale afskrif elektronies in te
dien.
• Moet in samewerking met die promotor(s) op die Universiteitsiblioteek se
webwerf ingedien word.
• Nadat die elektroniese voorlegging goedgekeur is, kan ’n gedrukte kopie van die
proefskrif op die student se onkoste by SUN Media gedruk en gebind word.
• Studente is verplig om die promotor(s), sowel as die eksaminatore, indien
hulle dit versoek, van ’n gedrukte en gebonde afdruk te voorsien.
STUDENT MAG NOU GRADUEER!
10
Belangrike datums en keerdatums
Desember 2020-gradeplegtigheid
• Kennisgewing van voorneme om in te dien = 11 Maart 2020
• Dien proefskrif en ondersteunende dokumente in = 11 Augustus 2020
• Mondelinge eksamen = 21 – 30 September 2020
• Elektroniese indiening (SUNScholar) = 2 Desember 2020
Maart/April 2021-gradeplegtigheid
• Kennisgewing van voorneme om in te dien = 20 Mei 2020
• Dien proefskrif en ondersteunende dokumente in = 12 Oktober 2020
• Mondelinge eksamen = 23 November – 4 Desember 2020
• Elektroniese indiening (SUNScholar) = sal bevestig word (Februarie 2021)
Desember 2021-gradeplegtigheid
• Kennisgewing van voorneme om in te dien = 25 Augustus 2020
• Dien proefskrif en ondersteunende dokumente in = 1 Maart 2021
• Mondelinge eksamen = sal bevestig word (voorlopig 12 – 23 April 2021)
• Elektroniese indiening (SUNScholar) = sal bevestig word11
Kontakinligting
NAGRAADSE-EKSAMINERINGSKANTOOR
Kantoor 483, vierde verdieping
Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou
Me Nicky Steenstra