Transcript
Page 1: DieBurger Uitdagings virfliekvolop · ouderdomme te speel.” ... GrandArena,GrandWestcasino *** Vir R325 kan jy ’n KFC-bucket, tweepakkiesslaptjips,sesbrood-rolletjies, ’n bakkie

14Die BurgerVrydag2 November 2012 Kuns & Vermaak

Die Britse vervaardigerswat die rolprentregte vir

Marlene van Niekerk seAgaat bekom het, beoog om

op Wes­Kaapse plekke soosBarrydale, Montagu, die Tradouws­pas en Stellenbosch te verfilm.

Patrick Holzen, een van dievervaardigers, sê hy het sesmaande gelede op ’n verken­ningstog gegaan om moontlikeplekke vir verfilming te identifi­seer.

“Ek het op ongelooflike plaseen landskappe afgekom. Om in

die Tradouwspas te skiet, sal syuitdagings bied.”

Volgens Holzen hoop hulleom in September volgende jaarmet verfilming te begin sodathulle die laaste weke van diewinter voor die lente en somerkan gebruik.

Volgens Holzen dien MichielHeyns se Engelse vertaling vanAgaat as die bronteks vir diedraaiboek. Die titel van die rol­prent sal Agaat bly.

“Ons weet presies wie ons indie hoofrolle – spesifiek dié van

Milla en Jak– sien en hetreeds dieproses beginom opwin­ding by hulagente enbestuurders te skep.

“Ons is ook van plan omSuid­Afrikaanse aktrises te kryom Agaat op verskillendeouderdomme te speel.”

Hulle hoop om die rolprent in2014 uit te reik.– Rudolf Stehle

Laetitia Pople

KAAPSTAD. – Die wêreldeindig mos op 21 Desember van-jaar, skerts die Kaapse kunste-

naar Frank van Ree-nen. Vandaar die ti-

tel Happy Endingvir sy tweede

solotentoon-stelling in die

Salon 91-gale-ry in Kaapstad .

Dis sy 12de solo-uitstalling as heel-tydse kunstenaar.

“Daarom hoopek regtig al-mal is nou ge-

lukkig met die eindtye in sig!”Van Reenen is bekend om sy

bedrieglike, speelse kuns. Diebeelde van oënskynlik oulikefigure het soms ’n subtiele,donker ondertoon, en skadu-wees wat nie altyd strook metdie beelde se “speelgoed”-voor-koms nie. Van die werke is inaanloklike “onskuldige” room-yskleure en hunker nostalgiesterug na die vyftigerjare.

Hy werk met hoëglans-emaljeop hars, olie op doek en anima-sie. Die skaal van sy werkwissel van klein tot reusagtig.

“Ek was nogal nuuskierig, soek het omtrent ál die mediumsondersoek.”

Hy put inspirasie uit popu-lêre kultuur, anime, die lewe indie voorstede en alledaagselewe in Suid-Afrika. As kind hethy grootgeword met die tyd-skrif Mad en ander strokies-verhale wat hy steeds as ’ngroot invloed uitwys. As kindhet hy nie altyd die woordeverstaan nie en sommer sy eiestories opgemaak. Sketse in syBybelstudie-tekenboek as kind,sonder hy as sy eerste pogingstot kunsskepping uit.

’n Enorme beeld van sy “ska-duwee”, die Franse bulhondTruman, is ook te sien.

“Dit is twee meter by 170 cmhoog en 88 cm diep, en Truman

slaap, soos gewoonlik.”Truman is na Truman Capote

genoem nadat Frank en syvrou, die kunstenaar Tra-cy Lynch, die rolprentCapote gesien het.

Van Reenen sewerke is in plaasli-ke en internasiona-le versamelings op-geneem.) Salon 91 se besoektye isDinsdae tot Vrydae van10:00 tot 18:00 enSaterdae van 10:00 tot14:00. Skakel0 082 679 3906.) Dié beelde heetThe Rain Catchers.

Rockers van formaat trek eers-komende Maandag saam op dieverhoog van die Barnyard-teaterin Bellville.

Saam met Mel Botes is PietBotha, Valiant Swart, AlbertFrost en Nathan Smith deel vandie konsert Riders from the Storm.

As spesiale gaste tree Francoisvan Coke van Fokofpolisiekar enles bes Terence Reis van TheStraits, voorheen Dire Straits,ook op.

Volgens Botes kry die vyf kern-lede altyd ’n sesde kitaarspeler inom nog meer luister aan die op-trede te gee. Musikante wat alsaam met hulle opgetree het, isMauritz Lotz, Jan Blohm, Dozi,Robin Auld en die Dennis-broersvan die groep Akkedis.

Botes is besonders opgewondeoor Reis se optrede. Hierdie ak-teur en musikant het in verskeierolprente en televisiereekse op-getree. Hy het ’n rukkie lank syloopbaan as akteur onderbreek enEngeland toe gegaan. Daar het hydie groep Waterhorse begin.

Alan Clark van Dire Straits hethom hoor speel en hom gevra omdie legendariese Mark Knopfler tevervang, wat toe pas die groepverlaat het.

’n Paar maande later het hysaam met die groep, nou bekendas The Straits, sy debuut in dieRoyal Albert Hall gemaak en kortdaarna wêreldwyd begin toer.

Hulle werk nou aan ’n nuwealbum en Reis skryf verskeie lied-jies daarvoor. – Mariana Malan

) Kaartjies kos R165. Bespreek plekby 0 021 914 8898 of willowbrid­[email protected].

Rudolf Stehle

Marlene van Niekerkbeskou dit as ’n voorregdat haar roman Agaat

binnekort verfilm gaan word.Die rolprentregte is onlangs

deur die Britse vervaardigersPatrick Holzen, Mark R. Harris enDebbie Vandermeulen bekom.

Kasi Lemmons skryf die draai-boek en behartig die regie.

Van Niekerk het die vervaar-digers ontmoet en sy beskryfhulle as “aangename en profes-sionele mense. Ek verneem diedraaiboekskrywer is baie goed enervare. Ons het ’n vriendelikegesprek gehad.”

Tog het sy gemengde gevoelensomdat rolprente ’n ander mediumas literatuur is.

“Dit gebeur gewoonlik dat ’nstuk van die storie onttrek worduit die geheel sodat die rolprent in’n suksesvolle lokettreffer om-skep kan word.

“Die gehalte en tekstuur vandie skryfwerk word meestal ooknie vertaal in die rolprentweer-gawe nie. ’n Mens moet jou maardaarmee versoen.”

Hoewel Van Niekerk dievoltooide draaiboek onder oë salkry, het sy geen insae in die skryfof verfilming daarvan nie enverkies dit só.

“Ek beskou dit as iemand

anders se projek. Dis die rolprent-span se eie insigte en keuses watdie eindproduk bepaal.”

Sy meen ook die rolprent moetop sy eie verdienste beoordeelword.

Van Niekerk sê die draaiboek-skrywer het met die verfilmingvan Triomf die einde van die ro-man heeltemal verander sodat dit’n slot gehad het wat volgens homdie kyker sou bevredig. “Waar ’nmens byvoorbeeld met die verta-ling van ’n gedig die totale effek ofaura in die doeltaal probeer be-hou, dink ek nie dit is altydmoontlik in ’n intermediale (teks-na-beeld) projek met ’n uitgespro-ke kommersiële inslag nie.”

Van Niekerk vermoed die vier-voudige stem van die hoof-karakter en die achronologiesetydstruktuur kan dalk problemeveroorsaak vir die rolprent-makers. “Ek weet nie hoe hulledie vertelperspektief en diestruktuur van die terugflitse gaanhanteer nie.”

Dr. Christell Stander, ’n navor-singsgenoot verbonde aan dieUniversiteit Stellenbosch sedepartement Afrikaans enNederlands, is baie opgewondedat die boek verfilm gaan word,maar meen dit gaan ’n grootuitdaging wees.

“Agaat het soveel vlakke endiepte wat werk omdat dit deelvan ’n uitgerekte leesprosesvorm. Daar is aspekte watverfilmbaar is, terwyl daarnoodwendig aan diepte ingeboetsal moet word.”

Sy meen die groot uitdaginggaan wees om dit in ’n fliek in tepas wat nie die gemiddeldeaandagspan gaan oorskry nie.

“My brein flits tussen Broke-back Mountain – omdat dit ’n kort-verhaal is wat as vollengte-prentverfilm is – en Fanny and Alex-ander, omdat ek dink Agaat vieruur sal verdien.

“Daar is ’n sterk genoeg narra-tiewe lyn om verfilming moontlikte maak. Die seleksieproses gaanbaie interessant wees.”

‘AGAAT’

Uitdagingsvir fliek volop‘Diepte gaan ingeboet word’

Patrick Holzen

Astley en Carlisle troef só KFCRick AstleyGrand Arena, GrandWest­casino***

Vir R325 kan jy ’n KFC-bucket,twee pakkies slaptjips, ses brood-rolletjies, ’n bakkie aartappel-slaai en drie blikkies koeldrankkoop.

Of jy kan jou R325 vat en vir jou’n kaartjie koop na die 80’sRewind Festival en dit vier uurlank uitkap op die musiek vanses (vergete?) kunstenaars wat indie tagtigerjare gewild was.

Maak jy die somme, werk ditsowat R54,16 per kunstenaar uit –net mooi die prys van ’n Street-wise 5 by KFC.

Wel, wel, wel om net na Belin-da Carlisle se boesem en wikke-lende lyf te kyk, is al meer asR54,16 werd. En selfs al sing sy“Heaven is a Place on Earth” alin haar slaap, gaan ek maar die

Kolonel se Streetwise 5 ’n misgee.

Belinda was jou vitamiene virdie aand. Selfs die een mannetjiemet die amperse Kojak-kop(snaaks, dit het nogal gelyk soos’n reünie van die amper-bleskop-pe) wat elke 20 minute kroeg toegepiekel het vir ’n bier, het sydorstigheid maar ingehou toe

Belinda lostrek. Sy het haar stemlaat bulder soos ’n ou Goodwood-se biker wat van die een verkeers-lig na ’n ander jaag. En het sy nievet gegee nie! Maar dan, netsodra sy jou opgepomp het, het syhaar Kawasaki-stem ingeruil vir’n Rolls-Royce. Sy kán en magmaar “Circles in the Sand” sing.Weer: ’n Streetwise 5 kom daremnet nie naby ’Lindatjie nie.

As Carlisle vitamiene was, wasRick Astley soos daardie ekstra-sterk peri-perisous van Nando’swat jou verhemelte skroei en jouliggaam in skok laat gaan.Lekker . . . en aan die brand.

Astley het weggespring met“Together Forever” en daarnawas hy eenvoudig soos die WP indie Curriebeker-eindstryd: geenkeer aan hom nie.

Hy het rolmale opgesit met“Strongman” en “Whenever youneed somebody” en toe gaan

druk met “My arms keep missingyou”. En vir die laaste vervyf-skop van die aand het hy dieKaapse vlae laat wapper met“Never gonna give you up”!

Daai yskoue Castle wat hysommer bottelbek op die verhoogweggeslaan het, was wel-verdiend.

Nog steeds lus vir ’n Streetwise5? Stoffies maar verby my. Ekkies enige dag, enige plek vir ouRick, al het hy eergisteraand sejeans en baadjie aangehad!

Naskrif: ABC is nou al ’nbietjie oor die muur. Soos dieGoeie Boek sal sê: Daar is ’n tydom te kom en daar is ’n tyd om tegaan. ABC se tyd om te gaan, hetaangebreek. Hulle probeer hard,maar daar is geen ratsheid meerin hul musiek nie.

Johann Maarman

Rick Astley hou konsert. Foto: MI­CHAEL HAMMOND

Terence Reis

Reis speel met voorste SA rockers

Frank van Reenen en sy Franse bulhond, Truman, wat ook op die agtergrond as kunswerk pronk. Foto: NASIEF MANIE

Speelse beelde in Kaap te sien

Roman gaan in Wes­Kaap verfilm word

Top Related