die doringtak 47

16
965 FAMILIE- VERBONDENHEID n Mens kan jou afvra wat 'n familiebond of – vereniging nou eintlik is - of behoort te wees - en wat die rede vir die bestaan daarvan kan wees. Sulke groeperinge word normaalweg gevorm deur mense wat 'n gemeen- skaplike voorvader of van het. Hulle sluit by mekaar aan vir 'n verskeiden- heid van redes wat insluit die uitruil van genealogiese inligting, die deel van vars nuus oor familielede, die hou van reünies en die bevordering van familietrots. Hoewel ons volk veral in die jongste tyd weer 'n fase van hervestiging van landsburgers elders in die wêreld beleef, vir redes wat herinner aan die redes vir die geskiedkundige vestiging van Hollanders en Duitsers in die Kaap – soos Johan Jost Steinberg in 1748 uit Duitsland – konsentreer die Steynberg/Steenberg/Steinberg Bond hoofsaaklik op familielede wat nog in Suid-Afrika (of dan Suidelike Afrika) woon. Soos in die geval van die volksplanting aan die Kaap, en ook die aankoms van die latere Franse Hugenote en Britse Setlaars, is daar vandag en sal daar altyd redes wees waarom talle mense hulle vaderland verlaat om in nuwe wêrelddele hulle heil of voorspoed te gaan vind. Ons het om redes van hierdie aard 'n groeiende getal lede – wat hulle in die buiteland, die Amerika’s, Aus-tralië, Nu Zee-land, die Britse eilande en selfs verskillende plekke in die Midde-Ooste en die Verre Ooste tydelik en ook soms permanent gevestig het, wat nog d.m.v. die Johan Jost Die Doringtak Nr. 47 September 2009 Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND Posbus 3501, Pietersburg 0700 Tel: (015) 263 6674 083 377 7402 Faks (015) 263 6674 E-pos: [email protected] Bank: J J Steinberg Bond, ABSA Spaarrekening 38065851803 Tak 632005 Waar Vrouedag ge- durende Augustus gedenk en gevier is, plaas ons as artikeleinde-vullers ‘n klompie toepaslike aan- halings. 966 betekenisvol is vir die familie. Dis ook lekker om tyd deur te bring met mense wat jou belangstellings deel, mense weer te sien wat jy lank laas gesien het of ook om nuwe familielede te ontmoet. Navorsing met be-trekking tot voor- vaders was voor-heen 'n eensame taak – soos Lieselore Steynberg wel deeglik kan getuig. Sy het meer as 33 jaar daaraan gewy om die inhoud van ons pragtige geslagregister Steynberg/ Steenberg/ Steinberg : Een Familie na te vors. Met die ongelooflike vordering in die elektroniese media het die genealogie deesdae 'n baie gemakliker gesament-like poging geword wat hele families en verskillende geslagte kan betrek. Dit maak dit moontlik vir elke familielid om 'n daadwerklike bydrae te maak. Dit is nou moontlik vir 10, 100, of selfs 1000 mense om mee te werk en inligting by te dra tot dieselfde stamboom. Dit word meer as droë genealogie en name en datums. Dit gaan oor jou familie se geskiedenis, wie hulle was, wat hulle gedoen het, selfs hoe hulle gelyk het. Deur saam te werk om verhale en foto’s, sketse en skilderye toe te voeg tot die name en datums wat reeds vasgestel is, kan voorvaders meer word as blote name op papier – kan hulle letterlik lewe kry as regte mense met gesigte en persoonlikhede. Die mees doeltreffende manier om hierdie inligting te bewaar en te kan besigtig, is deur 'n meewerkende webblad – wat 'n eenvoudige manier sal wees om meer lede te betrek om 'n aktiewe rol te speel in die familie- Familebond kontak met hulle Suid- Afrikaanse wortels behou. Sekere familieverenigings strewe daarna om inligting van alle mense met daardie familienaam wêreldwyd in te win en by te hou, terwyl ander – soos die JJ Steinberg Bond - hoofsaaklik bestaan uit 'n relatiewe klein familiegroep in 'n spesifieke geografiese gebied. Sommige groepe doen groot moeite met familie-navorsing, terwyl andere meer konsentreer op familie reünies en huidige en nuwe familienuus. Dis sekerlik nie nodig om by 'n familievereniging aan te sluit om iets oor jou familiegeskiedenis te wete te kom nie, maar dit kan nie kwaad doen nie en mag dalk dinge baie vergemaklik. Daar is 'n paar redes daarvoor. Soos die Johan Jost Steinberg Familie -bond, hou baie sulke verenigings rekord van hulle stamboom en 'n geslagregister waar jy meer oor jou familie kan leer deur aan te sluit. Die meeste verenigings publiseer 'n nuusbrief van een of ander aard, of dit nou eenmaal 'n jaar, 'n kwartaal of 'n maand is, wat inligting bevat oor afstamming, sketse en foto’s, interessante nuusbrokkies, aankondigings van onlangse geboortes, sterftes en huwelike, naderende reünies en byeenkomste en ook navrae. Om eenmaal per jaar of elke paar jaar met familielede byeen te kom kan 'n hupstoot gee aan die opdatering van die familiegeskiedenis. Dit gee ook aan diegene vir wie dit belangrik is, goeie geleenthede om navorsing te doen, inligting met andere te deel en ook om plekke te besoek wat histories

Upload: johann-steynberg

Post on 25-Mar-2016

320 views

Category:

Documents


9 download

DESCRIPTION

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

TRANSCRIPT

Page 1: Die Doringtak 47

965

FAMILIE-VERBONDENHEID

‘n Mens kan jou afvra wat 'n familiebond of –vereniging nou eintlik is - of behoort te wees - en wat die rede vir die bestaan

daarvan kan wees. Sulke groeperinge word normaalweg gevorm deur mense wat 'n gemeen-skaplike voorvader of van het. Hulle sluit by mekaar aan vir 'n verskeiden-heid van redes wat insluit die uitruil van genealogiese inligting, die deel van vars nuus oor familielede, die hou van reünies en die bevordering van familietrots.

Hoewel ons volk veral in die jongste tyd weer 'n fase van hervestiging van landsburgers elders in die wêreld beleef, vir redes wat herinner aan die redes vir die geskiedkundige vestiging van Hollanders en Duitsers in die Kaap – soos Johan Jost Steinberg in 1748 uit Duitsland – konsentreer die Steynberg/Steenberg/Steinberg Bond hoofsaaklik op familielede wat nog in Suid-Afrika (of dan Suidelike Afrika) woon. Soos in die geval van die volksplanting aan die Kaap, en ook die aankoms van die latere Franse Hugenote en Britse Setlaars, is daar vandag en sal daar altyd redes wees waarom talle mense hulle vaderland verlaat om in nuwe wêrelddele hulle heil of voorspoed te gaan vind. Ons het om redes van hierdie aard 'n groeiende getal lede – wat hulle in die buiteland, die Amerika’s, Aus-tralië, Nu Zee-land, die Britse eilande en selfs verskillende plekke in die Midde-Ooste en die Verre Ooste tydelik en ook soms permanent gevestig het, wat nog d.m.v. die Johan Jost

Die Doringtak Nr. 47 September 2009 Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

Posbus 3501, Pietersburg 0700 Tel: (015) 263 6674 083 377 7402 Faks (015) 263 6674 E-pos: [email protected]

Bank: J J Steinberg Bond, ABSA Spaarrekening 38065851803 Tak 632005

Waar Vrouedag ge-durende Augustus gedenk en gevier is, plaas ons as artikeleinde-vullers ‘n klompie toepaslike aan-halings.

966

betekenisvol is vir die familie. Dis ook lekker om tyd deur te bring met mense wat jou belangstellings deel, mense weer te sien wat jy lank laas gesien het of ook om nuwe familielede te ontmoet.

Navorsing met be-trekking tot voor-vaders was voor-heen 'n eensame taak – soos Lieselore Steynberg wel

deeglik kan getuig. Sy het meer as 33 jaar daaraan gewy

om die inhoud van ons pragtige geslagregister Steynberg/Steenberg/

Steinberg : Een Familie na te vors. Met die ongelooflike

vordering in die elektroniese media het die

genealogie deesdae 'n baie gemakliker gesament-like poging geword wat hele families en verskillende geslagte kan betrek. Dit maak dit moontlik vir elke familielid om 'n daadwerklike bydrae te maak. Dit is nou moontlik vir 10, 100, of selfs 1000 mense om mee te werk en inligting by te dra tot dieselfde stamboom. Dit word meer as droë genealogie en name en datums. Dit gaan oor jou familie se geskiedenis, wie hulle was, wat hulle gedoen het, selfs hoe hulle gelyk het. Deur saam te werk om verhale en foto’s, sketse en skilderye toe te voeg tot die name en datums wat reeds vasgestel is, kan voorvaders meer word as blote name op papier – kan hulle letterlik lewe kry as regte mense met gesigte en persoonlikhede. Die mees doeltreffende manier om hierdie inligting te bewaar en te kan besigtig, is deur 'n meewerkende webblad – wat 'n eenvoudige manier sal wees om meer lede te betrek om 'n aktiewe rol te speel in die familie-

Familebond kontak met hulle Suid-Afrikaanse wortels behou. Sekere familieverenigings strewe daarna om inligting van alle mense met daardie familienaam wêreldwyd in te win en by te hou, terwyl ander – soos die JJ Steinberg Bond - hoofsaaklik bestaan uit 'n relatiewe klein familiegroep in 'n spesifieke geografiese gebied. Sommige groepe doen groot moeite met familie-navorsing, terwyl andere meer konsentreer op familie reünies en huidige en nuwe familienuus. Dis sekerlik nie nodig om by 'n familievereniging aan te sluit om iets oor jou familiegeskiedenis te wete te kom nie, maar dit kan nie kwaad doen nie en mag dalk dinge baie vergemaklik. Daar is 'n paar redes daarvoor. Soos die Johan Jost Steinberg Familie

-bond, hou baie sulke verenigings rekord van hulle stamboom en 'n geslagregister waar jy meer oor jou familie kan leer deur aan te sluit.

Die meeste verenigings publiseer 'n nuusbrief van een of ander aard, of dit nou eenmaal 'n jaar, 'n kwartaal of 'n maand is, wat inligting bevat oor afstamming, sketse en foto’s, interessante nuusbrokkies, aankondigings van onlangse geboortes, sterftes en huwelike, naderende reünies en byeenkomste en ook navrae.

Om eenmaal per jaar of elke paar jaar met familielede byeen te kom kan 'n hupstoot gee aan die opdatering van die familiegeskiedenis. Dit gee ook aan diegene vir wie dit belangrik is, goeie geleenthede om navorsing te doen, inligting met andere te deel en ook om plekke te besoek wat histories

Page 2: Die Doringtak 47

967

vereniging. So kan inligting baie doeltreffend en vinnig met alle ander lede gedeel word. Ons sal baie vinniger en vollediger vordering kan maak met die opspoor en aanteken van alle vertakkinge van die stamboom wanneer sulke groot getalle mense aktief betrokke raak. Dis opwindend om ons voorgeslagte te leer ken as individue wat ongelooflike lewens gelei het – en nou kan meer lede saam bou aan so 'n biblioteek van inligting waarin almal kan deel. As ons 'n besliste identiteit aan voorvaders kan toeken en verstaan hoe hulle deel was van historiese eras soos die Groot Trek, die Anglo- Boereoorlog, die Rebellie, en ander baanbrekerspogings, migrasies en immi-grasies om 'n nuwe lewe in Suid-Afrika te skep, sal die jonger geslag hopelik tot die genealogie aangetrek word en hulle laat belangstel in die mense wat voor hulle daar was. Dis 'n opwindende idee om ons familie-geskiedenis op 'n inter-aktiewe webblad te plaas waar alle bloed-verwante gemaklike toegang daartoe kan hê en meer kan begin belangstel. Dit sal lekker wees as meer lede aktief betrokke kan raak en meer oor hulle voorfamilie te wete kan kom en so meer kan begin belangstel. In die Doringtak is al voorheen bespiegel oor die moontlikheid en wenslikheid om ons familiegeskiedenis op 'n interaktiewe en koöperatiewe webblad te plaas sodat baie meer van ons jonger familielede dit kan sien en begin belangstel. Hoe heerlik sou dit wees om groter getalle betrokke te kry. Om meer oor hulle voorvaders as

werklike mense te wete te kom, sal dit meer interessant maak vir hulle. Intekenaars op so 'n webblad sal dan genealogiese inligting, foto’s, stories, nuwe inligting en veel meer met mekaar kan deel. Elke voorvader kan dan 'n eie bladsy hê met persoonlike inligting soos belangrike datums, foto’s en ook 'n persoonlike tyd-lyn. Genealogie-navorsing is die afgelope jare gemoderniseer met die ontwikkel-ing van familiegeskiedenis rekenaar-sagteware. Enigeen met 'n rekenaar en internet-toegang kan dan gemaklik meehelp om sy eie gesin se nuwe inligting op te dateer en ook meer volledige beskikbare inligting oor vorige geslagte by te bring. Die Steynberg/Steenberg/Steinberg-familie se nuusbrief, Die Doringtak,

word al geruime tyd op Facebook geplaas waar dit deur alle belangstellendes gelees kan word. Professor Leonie Viljoen (neé Steynberg - b7.c6.d.e6.f1.g2) het onlangs op André Steynberg van London se Facebook-groep ‘n uitnodiging geplaas

aan veral die jonger familie-mense om nader te kom en in te skakel. Die antwoord was ongelukkig 'n oorverdowende stilte. Sal diegene wat hier lees, asseblief kom met idees, versoeke en planne om die weg vorentoe vir die Familiebond en sy nuusbrief te beplan en bepaal! Lees asseblief en voltooi die opdaterings– en menings-peilingsvorm wat hiermee saamgaan en stuur dit sonder versuim vir ons terug.

___________________

968

Groot-Marico se omgewing kom vestig het en op ‘n boeremeisie verlief geraak het. Snow het as klerk begin werk by VICOR, Vanderbijlpark. Hy het deeltyds aan die Universiteit van Potchefstroom die MBA graad behaal en het eindelik afgetree as finansiële direkteur van Dorbyl S.A. Haar jonger suster, Naomi Susanna Lemmer (geb. Steenberg op 25 Junie 1930 - b11.c6.d1.e2.f1.g2.) is net ‘n maand tevore op 25/04/2008 in dieselfde hospitaal oorlede aan inwendige bloeding. Naomi se eggenoot John Eric Peter Lemmer is reeds in 1995 oorlede. David Steenberg (b11.c11.d4.e3.f6. g2.) geb. 4/2/44 is op 31 Januarie 2009 oorlede. David het op 27 April 2008 ‘n hart-omleidingsoperasie ondergaan in die Bayview Hospitaal, Mosselbaai en het baie goed herstel. Hy het egter probleme met sy longe ondervind wat uiteindelik tot longkanker ontwikkel het. Hierna was sy lyding van korte duur. Hy is op 26 Januarie in die hospitaal opgeneem en is vyf dae later oorlede. David was 26 jaar en vier maande getroud met Carole; sy mis hom baie en is dankbaar vir die goeie en gelukkige jare wat hulle saam kon wees. David se dogter Tracey is getroud met Pieter van Zyl, het ‘n vyfjarige seuntjie, Hunter, en ‘n driejarige dogtertjie, Eden. Tracey en Pieter boer by Bloemhof. David se dogter Cindy is getroud met Mark Stewart. Hulle woon in Johannesburg en het ‘n seuntjie, Liam, wat op 23 Julie 2009 gebore is. Carole se seun Etienne is getroud met Stephanie. Hulle woon in Boksburg en het ‘n tweejarige dogtertjie, Karla. Haar dogter Ruve en haar man,

Erica Jong, skryfster: Almal het talente. Wat raar is is die moed om die talent te volg tot

in daardie donker plekke waarheen dit lei. ____________________________

In Memoriam Koert Nicolaas Steynberg (b7.c6.d3. e5.f2.g2.) is op Vry-dag 26 Junie in sy woning Noord van Warmbad oorlede. Hy is by die Familie-byeenkoms in September 2008 by Kleinfontein as

ondervoorsitter van die Bond verkies. Koert was ‘n baie meelewende en positiewe Familie-bondlid wat alle

familiebyeenkomste vir baie jare bygewoon het. Kort na sy verkiesing is hy met pankreaskanker gediagnoseer en het hy geleidelik agteruitgegaan. Hy laat sy eggenote, Rina (geb. Coetzee), en sy enigste seun, Johannes van Eeden Steynberg na.

Henrietta Magrietha du Preez (geb. Steenberg op 25 Januarie 1926 - b11.c6.d1.e2.f1.g1.) is op 28 Mei 2008 in die Vanderbijlparkse hospitaal oor-lede aan inwendige bloeding. Haar

eggenoot Johannes Snow du Preez is op 25/11/2004 aan ‘n hartaanval oorlede. Hy het die naam Snow te danke aan sy Skotse oupa wat hom in

Page 3: Die Doringtak 47

969

Hanno, woon in George. Hulle dogtertjie Anule, is nou drie en hulle verwag haar boetie, Hanre, op 22 September 2009. Carole woon tans by Ruve en Hanno in George. Hulle is baie goed vir haar en wil nie graag dat sy alleen moet woon nie. Die tyd moet maar leer. Sy wil nie oorhaastige besluite neem nie. Stephanus Lodewyk (“Faan”) Stein-berg (b11.c7.d2.e2.f1.g1.) is op 10 Maart 2009 oorlede, vyf weke voor sy sewentigste verjaardag. Hy het aan die Linden Hoërskool gematrikuleer en later as rekenmeester gewerk by die destydse Suid-Afrika Spoorweë & Hawens. Faan, was een van drie broers en het een suster gehad. Hy is op 31 Desember 1960 getroud met Johanna Gertruida “Miet” Brits. Dit gaan nog goed met Miet en sy woon in Fontainebleau, Randburg. Uit hulle huwelik is twee dogters, Hanlie en Estie en ‘n seun, Willem, gebore. Estie (Hester Catherine) is in 1988 oorlede. Faan het vroeg afgetree en was vir 29 jaar koster by die Gereformeerde Kerk in Randburg. Sy jongste broer, Willem Frederik, woon in Nylstroom. Faan het kanker in sy rugwerwels ontwikkel wat vinnig versprei het. Sy dogter Hanlie laat weet dat daar by Faan geen angs of vrees was nie. Hy is stil en statig heen. Hulle mis hom baie maar weet dat hy veilig by sy Here is. Willem Hendrick Steenberg b11.c2.d10. e4.f7. is oorlede op 11 Augustus 2009, en is begrawe uit die Morester AGS gemeente, Norkem Park. Willie het op 16 jaar in die poskantoor te Jeppestraat Johannesburg begin werk vanwaar hy later oorgeplaas is na Kempton Park. Na 49 jaar diens het hy op ouderdom 65 afgetree. Willie

was baie aktief op kerklike gebied en veral die Sondagskool. Tot op die laaste voor hy sy heup gebreek het, het hy nog gemeentelede en siekes in hospitale besoek, en het hy Sondae as deurwagter by sy kerk opgetree.. Willie was getroud met Isabella Magrietha Maria Johanna Steenberg, geb. Pretorius wat reeds op 26 Augustus 2004 oorlede is en uit dieselfde kerk begrawe is. Tannie Hannie Steynberg (geb. Broekman, (weduwee van wyle Coert Lourens Erasmus Steynberg - b11. c1.d2.e2.f3.g6. - oorlede op 3 Oktober 2007) is oorlede op 2 September 2009 en is op 9 September begrawe in die familiebegraafplaas te Hennopsrivier. Sy het sedert Oom Coert se afsterwe in die Sederhof Aftreeoord in Pretoria gewoon. Maria Margaretha Elizabeth “Marietjie” Roets dogter van Maria Magaritha Elizabeth Steinberg - (b11.c7.d4.e1.f4. wat getroud was met Barend Christoffel Vorster) hou nog die band met die Steynberg-familie stewig in stand, bly in verbinding met die JJ Steinberg Familiebond en woon gereeld familiebyeenkomste by. Op die familiefront berig sy dat haar broer Matthys Jacobus Vorster onlangs baie ernstig siek was, maar dat dit nou weer met hom baie beter gaan. Haar broer Sarel Casper Vorster is in Mei 2008 oorlede. Haar skoonsuster, Magda Vorster, eggenote van Paulus Philippus Vorster, is oorlede in Maart 2009. Sy vertel trots dat sy drie jaar gelede reeds oumagrootjie geword het van Charissa du Toit - geb.28/06/2006 - dogter van Jana Susan Roets (nou du Toit) dogter van Marietjie se seun Tjaart Johannes Roets.

970

geleerde deskundige sou doen. ‘n Ander deskundige getuie mag nog wetenskaplik ‘n fout begaan, maar ‘n Boesman lees die tekens met die kennis wat hy uit sy uitmuntende veldkennis verwerf het soos ‘n geleerde leser ‘n boek sal lees en die

inhoud daarvan verstaan. Jy moet verstaan dat hierdie getuie die spore gevolg het van die plaas waar die beeste gesteel is tot by die verblyfplek van die beskuldigde. Nie net het die getuie

die kenmerkende gebreklike spoor van Horrelvoet gevolg soos hy die twee beeste aan-gejaag het nie, maar hy het ook oortuigend die spore van die gesteelde beeste positief geïdentifiseer. Daarbenewens het hy sy getuienis met kinderlike onbevangenheid afgelê aangaande feite wat hy uit sy omvangryke veldkennis en ervaring waargeneem het. Van hierdie vermoë is sy bestaan afhanklik.” Einde van die argument. Dié man was ‘n onbetwiste deskundige en sy getuienis was afdoende!

___________________ Nadezhda Mandelstam, Russiese skryf-

___________________ Susan B. Anthony, Feminis: Dit was ons, die mense; nie ons, die wit manlike burgers nie: ook nie ons, die manlike burgers nie, maar ons, die hele gemeenskap, wat die Unie tot stand

gebring het. ____________________________

Deskundigheid

Ons getroue korrespondent, Victor Emmanuel (Vic) Steenberg, (b11. c6.d1.e2.f1.g3.) vroeër polisie-offisier te Jeppe Polisiestasie, vertel dat omstreeks 1963 sekere Kaptein Kriek die Assistent Distrikskommisaris van Polisie in Otjiwarongo was. Een van sy pligte was om die polisiestasies in sy distrik te besoek. Met ‘n besoek aan die stasie te Grootfontein, het hy op gebruiklike wyse die landdros aldaar besoek. Juis

op daardie stadium was daar ‘n hofsaak aan die gang waar ‘n Boesman (San) bekend as Horrelvoet aangekla was van

veediefstal - ‘n Eerste Bylae oortreding. Die getuienis teen hom het berus suiwer op feitelike deskundige getuie-nis wat deur ‘n enkele Boes-mangetuie afgelê is. Kaptein Kriek was ‘n bietjie skep-ties oor Horrelvoet se skuldigbevin-ding aangesien die gesteelde vee nie in die beskuldigde se besit gevind is nie. Hy het nie die getuie as ‘n deskundige beskou nie omdat hy geen tersiêre of ander opleiding as deskundige ontvang het nie. Toe die hof verdaag het en hy en die landdros saam tee gedrink het, het hy die landdros daaroor uitgevra. Die landdros se antwoord was, “Kaptein, ek is in Suidwes gebore en ek heg meer waarde aan die getuienis van hierdie Boesman op die gebied van identifisering van spore as wat ek aan die getuienis van enige ander

Hoba meteoriet naby Grootfontein

Page 4: Die Doringtak 47

971

ster: Ek het besluit om te skree. Stilte is die werklike misdaad teen die

mensdom. ____________________________

UIT DIE POSSAK

Tannie Lacia Steynberg van Huis Pam Brink, Strand, (geb. Van der Walt, weduwee van wyle Johannes Joost Steynberg - b11.c10.d7.e10.f2.) skryf ‘n lekker geselsbrief. Sy het op 22 Mei 2009 die geseënde ouderdom van 87 jaar bereik. Hoewel haar oë haar ‘n bietjie las gee, hou sy haar nog besig om enkele rokkies te maak en sy lees nog boeke wat op oudio-bande geplaas is, Die Doringtak lees sy so stukkie vir stukkie - met genot. Interessant, sy stuur vir ons ‘n tjekkie vir ledegeld, maar haal eers die draadkrammetjie waarmee dit aan die brief geheg was af - want dit laat skelms glo die briewe oopskeur om te sien of daar nie iets waardevol in is nie! Tannie Stefina Josina (Fienie)

Meiring (geb. Steynberg - b11.c10.d5. e6.f5) se twee kleinkinders, Stefani en Albert van der Merwe, verbly haar hart

met besondere prestasies. Albei was verlede jaar goue medalje-

wenners in die Suid-Afrikaanse

Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste

en was ook na Amerika waar hulle met hulle

sangtalent aan die wêreldkampioenskappe deelgeneem het en ook daar met verskeie goue, silwer en brons medaljes weggestap het. Albert, toe 7 jaar oud, het die trofee in die ope afdeling as “World Champion” ingepalm. By vanjaar se SA’s het Stefani aan veertien items

deelgeneem en Albert aan vyf, waarin hulle as volg gevaar het: Stefani nou elf jaar oud, lewer agt sang-items en verdien vier goue medaljes, drie silwer en een brons. In die afdeling Instrumentaal, Klawer-bord neem sy twee silwer en een brons huis toe. In die afdeling Drama, ontvang sy twee goud en een brons. Sy is ook die algehele wenner in die Junior Afdeling vir Dogters. Vir sy vyf sang-items verwerf Albert, nou sewe jaar oud, vier goue medaljes en een brons. Hy is ook die algehele wenner in die Junior-Afdeling vir Seuns. Voorwaar kinders om op trots te wees. Arnolda van Zyl (neé Van den Heever - kleindogter van Oupa Dirk Steynberg - b7.c6.d3.e6.) skryf dat haar man weer perdfris is na twee knie-vervangings en dat hy alweer kon gaan jag. Sy self ervaar nog heelwat pyn in haar heup waar agtien maande terug ‘n stukkie been verwyder is om ‘n rugwerwel mee te herstel. Haar niggie, C. S. (Nonna) van Vuuren het baie teësinnig haar groot huis in Waterkloofrif, Pretoria, op aandrang van haar kinders verlaat. Sy het eers na ‘n netjiese woonstel in Kingswood, nie ver van haar ou huis af nie, verhuis. Dit was egter gou duidelik dat haar gesondheid vinnig agter-uitgaan en sy is nou in ‘n verswaktesorg-

eenheid opgeneem. Nonna was bekend as ‘n voorslagvrou wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie. Haar man was op ‘n stadium Direkteur-Generaal van die Departement van

Volkswelsyn en later tot sy aftrede Kommissaris van die Staatsdienskommissie. Arnolda onthou hoe haar moeder staaltjies vertel het van kinders se wedervaringe in die plaasskooltjie op

972

gaan. Hy het ons ‘n tyd gelede ingelig dat hy sy eie besigheid begin het met die naam WMH Ingenieurswerke. Die Doringtak se nuuskierige redakteur wou weet waar die naam vandaan kom. Dit blyk toe dat dit bestaan uit Werner en sy vrou Mabeth se voorletters en dan ook die van hulle kinders, Maelene en Henco.

Werner het sy loopbaan begin in die lugmag en vir 12 jaar in die pas- en draai afdeling gewerk. Daarna het hy vir 10 jaar as ‘n skof-voorman gewerk in ‘n fabriek wat polistireen-verpakking maak. Op 18 Julie 2006 het hy begin beplan om sy eie besigheid te begin en hy werk nou al sedert 1 April 2008 van sy huis af. Die skof-te werk het te

veel druk op die gesin plaas en Werner wou meer balans hê in sy werk en ook in sy gesinslewe. Vir hom is sy werk sy passie en dit verskaf hom net plesier. Afgesien van toevallige werk wat inkom, het hy het tans vier groot vaste kliënte vir wie hy kleiner onderdele maak. Dit hou hom goed besig. Sy dag begin deesdae so teen 6:30 wanneer hy eers vir Mabeth help om vir Henco en Maelene gereed en by die skool te kry. Meestal werk hy tot saans ongeveer 18:30 op die masjiene. Dan probeer hulle saans saam eet as ‘n gesin. Die kinders gaan teen 20:30 bed toe, waarna hy dan sy besigheid se kantoorwerk doen. Tans werk hy baie hard want hy is tegelyk die skoonmaker, aankoper, ontvangsklerk en masjien-operateur. Hy glo elkeen wat sy eie klein besigheid bedryf, sal presies weet waarvan hy praat. Sy fokus bly altyd daarop dat in alles wat hy nou aanpak daar balans moet wees. Mabeth werk nou ook baie nader aan die

haar oupa Dirk se plaas. Afrikaans praat was verbode en die straf daarvoor was “donkie dra”: wat beteken het hy moes ‘n plakkaat voor sy bors dra met die woorde “I am a donkey,” daarop, of soms moes so ‘n “oortreder” twee karton donkie-ore langs sy kop dra. Daar is smaaklik vertel van twee nefies wat saam op ‘n enkelbedjie in ‘n plaasskoolkoshuis moes slaap. Toe die een voel hy gaan afval, sê hy glo vir die ander outjie: “Lay soun, lay soun,” wat skynbaar “Lê soontoe” moes beteken. Van hierdie uit-drukkings word later familiebesit wat jare later nog gebruik word. ‘n Ander woord wat inslag gevind het, was die woord “tjollie”. Die kinders het dié woord gebruik om “kielie” te beteken. ‘n Klompie kinders speel op ‘n slag luidrugtig by die skool, totdat enetjie later luid uitroep: “Don’t tjollie me, don’t tjollie me, I shall pep!” Arnolda se niggie se 25-jarige kleinseun, Grant, en ‘n vriend was besig om aartappelskyfies te maak toe die pot olie op die stoof aan die brand slaan. Bang dat dit die huis kon laat aan die brand raak, gryp Grant die pot met kokende olie en hardloop daarmee buitentoe. Ongelukkig gly en val hy en die vlammende olie stort oor sy arms en gesig. Hy was by die skryf hiervan nog in intensiewe sorg na twee operasies. Hy word onder verdowing gehou weens die erge pyn wat hy moet verduur. Die familie bid vir sy volle herstel. Werner Diederick Steenberg (b11.c8.d5.e7.f2.g11.h1) van Belville skryf dat dit met hulle nog steeds goed

Page 5: Die Doringtak 47

973

huis as voorheen. Sy het tevore by verskeie mediese fondse gewerk, maar sy is nou gelukkig om ongeveer twee kilometer van die huis af by ‘n apteek in die admin afdeling te werk. Dit is duidelik dat sy baie gelukkiger en rustiger is by die apteek. Henco (11 jaar) is nou in graad 5 by

Bellville-Noord Laerskool en Maelene (6 jaar) is nou in graad R in dieselfde skool wat omtrent 1km van hulle huis af is.

___________________ Dianne Feinstein, politician:

[on women's role in government] Toughness doesn't have to come in a

pinstripe suit. ____________________________

KOERT MET 'n “K”

Elders in hierdie uitgawe verskyn die sterfte-beriggie van Koert Nicolaas Steynberg (b7.c6.d3.e5.f2.g2.) jongste seun van Johannes van Eeden Steynberg en Johanna Susanna Steynberg (geb. Labuschagne). Koert het in die Noord-Transvaal grootgeword en sy skoolloopbaan begin aan die Ivydale Laerskool in Pietersburg. Sy ouers verhuis later na Potgietersrus waar hy sy hoërskoolloopbaan in 1958 voltooi. Daarna verwerf hy die nodige diploma en begin sy loopbaan as tegnikus in diens van die Poskantoor. In 1960 loseer hy in die Clovelly Privaat Hotel in Stasiestraat, Pretoria, waar hy sy toekomstige eggenote, Rina Coetzee ontmoet. Rina het op daardie stadium gewerk as tikster by die destydse Departement van Bantoe-Onderwys in

Scheidingstraat, skuins-oor die Pretoria stasie. Tot hulle albei se verbasing vind Ron en Rina in ‘n gesprek kort na Koert se afsterwe uit dat hulle in dieselfde jaar

albei in die eksamenafdeling van die betrokke departement in Scheiding-gebou gewerk het, sy as tikster en hy as klerk. Hoewel hulle mekaar nie destyds geken

het nie, kan hulle dieselfde mense onthou wat ook in daardie tyd daar gewerk het. Koert was ‘n stewige vaskop-stut rugbyspeler wat vir die Oostelikes Klub in Pretoria se 1ste span gespeel het en ook vir Noord-Transvaal se onder 21 span. Koert het tot sy 36ste jaar rugby gespeel. Hy was sekretaris van die Marble Hall Rugbyklub, sekretaris van Marble Hall se Sakekamer en ook diaken in die Hervormde Kerk vanaf 1967 tot 1988. Op 17 Februarie 1962 is hy en Rina getroud en uit die huwelik is twee kinders, Johannes van Eeden Steynberg op 29 Desember 1965, en Alida Elizabeth op 20 Desember 1966, gebore. Op 18 April 1980 sterf Alida in ‘n skoolbus-ongeluk op die Zonkolol-pad op pad na die Erasmus Hoërskool in Bronkhorstspruit. Na twee rugoperasies in 1980 en 1992 onderskeidelik, tree Koert op mediese gronde af. In 1983 koop hy en Rina ‘n gedeelte van die plaas Buisfontein wat hulle herdoop het as “Klippekou” op die Nyl Zyn Oog pad waar hulle vir vyf jaar in ‘n woonwa gewoon het terwyl hulle gespaar het en boumateriaal gekoop het vir hulle beoogde huis op ‘n skilderagtige koppie. In Augustus 1996 betrek hulle die voltooide huis met ‘n prag-uitsig oor die Bosveld. Tussen 1996 en 2006 ondergaan Koert verskeie heup– en rugoperasies, waarvan die laaste septies geraak het en sy liggaam ernstig vergiftig het. Drie maande later was hy weer tuis, maar hy

974

__________________

TWO YEARS LATER In Die Doringtak No. 43 we reported the passing away of Anton Wouter Steynberg of Jansenville (b11.c1.d1. e6.f6. g4. h1.) on 18 May 2007. We are happy to say that Anton’s mo-hair business was taken over by his able and industrious daughter-in-law,

Vanessa, wife of Anton’s only son, Morné. Anton Steynberg was also the Manag-er of the South Afri-can Mohair Grower’s Association and was involved in the mo-hair industry for 25 years. With her father-in-law’s sudden pass-ing, Vanessa had to learn about mohair overnight. Fortunate-

ly all the helpful people in the mohair industry are giving her greatly needed assistance and she is still learning every day. Her late father-in-law started off with one mohair shop in Jansenville and today they have five outlets, namely The Homestead in Graaff-Reinet, Daniel’s Cheetah Breeding Farm Art & Crafts on the R75 about 40km from Uitenhage, Ritbourne B&B, World of

Wool in Walmer Main Road, Port Elizabeth and her very own mohair shop Mohair Mystique in Jeffrey’s Bay. She operates by buying all necessary mohair from mo-

hair manufacturers and then supplies her outlets so that the average person can buy unique Eastern Cape mohair products like blankets, socks, table runners, carpets, yarns and handmade

was daarna nooit weer volkome gesond nie. In September 2008 by ‘n familie-byeenkoms te Kleinfontein naby Pretoria word Koert verkies as Onder-Voorsitter van die JJ Steinberg Familie-bond. Sedert November 2008 sukkel hy met hewige pyne in die buik en na vele doktersbesoeke word ‘n kwaadaardige vergroeisel in sy pankreas gediag-noseer en word sy lewensverwagting op tussen drie en ses maande geskat. Koert het twintig bestralings en een chemoterapie behandeling gekry, waarna hy besluit het om die behandelings te staak aangesien dit hom te siek gemaak het en geen merkbare ver-betering gebring het nie. Rina het hom liefderyk tuis versorg tot hy vroegoggend op 26 Junie sag heen-gegaan het na 47 jaar van gelukkige ge-troude lewe. Rina is agtergelaat met haar seun Johan, sy vroutjie Elize en drie pragtige klein-kinders: die musikale René wat pragtig sing; Alda die ballerina; en Ulrich die krieketspeler en sy pa se beesboer. Koert was die enigste Steynberg wat hierdie naam met ‘n “K” gespel het. Hy het al die familiebyeenkomste vanaf die stigting van die Familiebond in 1983 tot hede bygewoon. In die bestuur van die Familiebond sal hierdie vlytige, minsame en hulp-vaardige man ‘n groot leemte laat.

____________________ Anne Frank, writer

In spite of everything I still be-lieve that people are really good at heart. I simply can't build up my hopes on a foundation con-sisting of confusion, misery and

death.

Koert en Rina

Page 6: Die Doringtak 47

975

garments for ladies, men, children and a baby range locally. However, their biggest buyers are tourists and they are proud to know that their mohair products are used internationally. One can order online from their web-site – www.steynbergmohair.co.za – and they will deliver worldwide. Her goal is to employ local ladies and men to make handmade garments and to supply outlets country-wide as well as overseas and in so doing reducing the unemployment rate in the impover-ished Eastern Cape. She needs the help of family, friends and the general

public so that they can take pride in having created unique Eastern Cape mohair prod-ucts. She currently employs eight la-dies that produce

the loveliest handmade mohair gar-ments like jerseys, tops, ponchos, gloves, scarves, beanies and many more. They proudly say that they can make anything you like in any shape, size and colour. Vanessa is always open to new ideas and new outlets. She thanks everybody for the wonder-ful love and support which has ena-bled her to achieve what they have done so far. She modestly states that she is still learning and still needs co-operation and support. She likes to believe that if her late fa-ther-in-law could look down on their efforts and the direction they are heading, he would be sat-isfied and proud, as mo-hair was his great pas-sion. And that is where Steyn-

berg Mohair comes from and who they are.

_________________________________________________________

Eleanor Roosevelt, activist: You gain strength, courage and confidence by every experi-ence in which you really stop to look fear in the face. You

are able to say to your-self, “I lived through this horror. I can take the next thing that comes along.” You must do the thing

you think you cannot do. ____________________________

UIT DIE MOND VAN DIE SUIGELING

Dit bly interessant hoe kindersêgoed in gesinne en families se woordeskat opgeneem word en jarelank gebruik word, tot verwarring van andere wat nie die agtergrond ken nie. Elders in hierdie nuusbrief vertel Arnolda van Zyl van die woord “tjollie” en die uitdrukking “lay soun” wat in hulle familie goed verstaan word en wat buitestaanders mag verstom.

Ron en Issie eet nou een aand by hulle seun Henry en sy vroutjie Nadia. Die twee kleindogters, Isabella (4), en Mia (2) klets lustig saam. Op ‘n stadium vertel Isabella hoe hulle dié middag ‘n mede-woonstelbewoner se motor moes help stoot, want die kar “hik’ net as hy moet ry. Daardie “hik” het duidelik die potensiaal om ‘n gebruiklike woord te word in die gesin. Ron en Issie se seun

976

van die Familiebond en ook gevra is om die taak van Redakteur van Die Doringtak oor te neem by Lieselore Steynberg wat dit die vorige 20 jaar behartig het. Om iemand soos Lieselore se plek vol te staan, wil gedoen wees. Min het ek besef watter reusetaak ek op my skouers geneem het. Ek het toe reeds vir ‘n

klompie jare redelik nou met Lieselore saam-gewerk. Sy het my ‘n keer of wat vertel dat dit nie altyd maklik is om same-werking van die uitgebreide familie te kry vir die reël van byeenkomste en dergelike kwessies nie. Net so was dit ‘n nimmereindigende stryd om nuus vir Die Doringtak te bekom. Met tipiese Steynberg-voortvarendheid het ek geglo dat sy dalk maar ‘n bietjie oordryf. Die helfte is my egter nie vertel nie! Ek hou daarvan om per slakkepas-brief of e-pos met mense kontak te hou, want ek is maar ‘n bietjie kopsku vir ‘n telefoon, hoofsaaklik omdat ek werk op tye wanneer ordentlike mense slaap. Hier waar ek nou sit en skryf, is dit byvoorbeeld kwart oor vier in die môre - nie ‘n goeie tyd om jou gemiddelde familielid te bel nie! Ek onthou hier in die sestigerjare het ek as rou voorsittertjie van ‘n Nasio-nale Party-tak op Potgietersrus ‘n Afdelingsbestuursvergadering van die party te Groblersdal moes bywoon. Soos dit maar gaan, loop ‘n mens daar altyd ou bekendes van oraloor raak. So sit ek toe by my Oom Ulrich Steynberg van Cullinan - later van die

Johann het kwaai gebrghy toe hy begin praat het. Ron het die manier om soms so in die ry onderlangs met ander onbedagsame motor-iste te gesels as hulle hom vies maak. In hulle familie word die woord “trut” al jare lank algemeen gebruik vir ‘n

sukkelaar, ‘n lamsak of ‘n nikswerd vent. Op ‘n dag ry Ron in die dorp met die vierjarige klein

Johann langs hom. Ron vind dit toe nodig om na ‘n swak bestuurder op onvleiende wyse as ‘n “trut” te verwys, eintlik in ‘n gesprek met homself, min wetende dat klein Johann elke woord hoor en soos ‘n spons absorbeer. ‘n Minuut of wat later sê klein Johann met stralende ogies: “Pa, daai ‘trghut’ rghy nou agtergh ons!” Net daar ondergaan die woord “trut” ‘n gedaanteverwisseling en almal in die gesin gebruik dit tot vandag toe as “trghut”. Kleinseun Duan (4) kuier onlangs ‘n naweek by Oupa Ron en Ouma Issie. Hy trek hom Saterdagoggend ewe trots self aan. Toe Issie hom wil help om sy onderbroekie aan te trek, sê hy: “Toemaar Ouma, ‘n mens moet net kyk waar sit die briefie (die etiket binne-in die broekie), dan sal jy hom nie verkeerd-om aantrek nie!” Nou weet Oupa ook!

________________________

TERUGBLIK EN BESINNING

As ek wat Ron is terugkyk, dan ont-hou ek dat ek oor die Paasnaweek in 2003 by die Familie-byeenkoms in Graaff Reinet verkies is as sekretaris

Page 7: Die Doringtak 47

977

Paarl - en sy swaer Oom Machiel Behrens. Dit was ‘n lekker vergadering met glanspersoonlikhede soos die hoogs-gevatte wyle Minister van Landbou, Hendrik Schoeman van Marble Hall en wyle Fanie Schoeman

van Levubu, destyds Minis-ter van Waterwese. Daar was LV’s en LPR-e en Party-strydrosse met dekades en leeftye van diens en betrokkenheid by die Party. Die lug het geknetter van kwinkslae en spitsvondighede, maar ook van groot erns met die sake op die agenda. Op daardie stadium was Min. Dirk Uys die Minister van Landbou en hy het kort tevore sekere baie ongewilde besluite oor die mielieprys aan-gekondig. Toe Minister Hendrik aan die woord kom, vertel hy met sy kenmerkende ge-brghyde erre van ‘n vergadering wat hy iewers in Wes-Transvaal moes bywoon. Op ‘n stadium staan daar toe ‘n waardige oom op, duidelik ‘n ontstoke mielieboer, wat sê hy wil ‘n mosie indien. Die voorsitter keer en ver-duidelik dat dit nie nou die tyd vir mosies is nie, maar die oom dring hardnekkig daarop aan. Naderhand trek Min. Schoeman, wat ook op die verhoog sit, die voorsitter aan sy baadjie en fluister vir hom dat hy die oom maar moet laat begaan, want anders sou hulle nooit klaarkry nie. “Nou goed, Oom,” sê die voorsitter, “laat ons dan maar Oom se mosie hoor.” “Ek wil ‘n mosie van wantroue in Dingaan instel!” sê die oom. Die vergadering sit stomgeslaan en die voorsitter vra wat op aarde die

oom teen wyle Dingaan kon hê en hoe dit nou vandag ter sake kon wees. Die oom hou egter vol: “Ek stel hiermee ‘n mosie van wantroue in teen Dingaan ... Hy het die verkeerde Uys doodgeslaan!” Die gehoor het gedreun van die lag. Ek was maar nuwerig in hierdie milieu en sit my nog so en vergaap en ver-kneukel aan alles wat aangaan, toe kom daar ‘n kinkel in die kabel. Die Afdelingsbestuur-sekretaris, ‘n kêrel van Nylstroom, het ‘n pro-bleem gehad en kon nie langer die taak verrig nie. Daar moes ‘n plaasvervanger vir hom gevind word. Ek sit nog die verrig-tinge met groot verstom-ming en gadeslaan en wonder hoekom die meer gesoute manne nou skielik so kop onderstebo sit en met niemand oogkontak maak nie, en allermins met die voorsitter van die vergadering, ons LV, Mnr Fanie Herman van Warmbad. Toe staan my liewe Oom Ulrich ewe luiters hier langs my op en, nogal sonder om te hakkel, stel hy my voor vir die amp. En jou wrintie, Oom Machiel spring ook op en sekondeer die voorstel. Toe verstaan ek eers hoekom almal so opsy is! Niemand wil die werk hê nie! Daar kom toe nie nog nominasies vir die pos nie; en nie een van die manne wat weet wat die pos behels, sien daarvoor kans nie en tot niemand se verbasing nie, behalwe my eie, word ek onbestrede tot die amp verkies. Toe ek ‘n bietjie tot verhaal kom, staan ek ewe beskeie op en aanvaar die eer wat my aangedoen is met nederigheid, maar op een voorwaarde: ek sal hierdie reusetaak na die beste van my vermoë verrig, maar die tyd wat ek

978

oor die bietjie meer as vyf jaar wat verby is, dan sien ek dat ek 514 briewe aan die familie geskryf het, op papier en elkeen in ‘n koevert gepos met ‘n seël daarop. Die doel was om kontak te vestig en te behou want ek het nie Lieselore se kennis of ervaring van die familie gehad nie en ek het maar min van hulle ooit persoonlik ontmoet. Ek het besef dat ek op ander maniere moes in voeling bly as ek familielede wou aanspoor om my van inligting vir die nuusbrief te voorsien. Daarbenewens het ek ook aan die 130 stuks lede hier plaaslik en in die buiteland wat e-pos adresse gebruik, ongeveer eenmaal elke tweede maand

briewe per e-pos gestuur waarin ek sommer bietjie gesels om kontak te behou en eintlik met die verwagting dat hulle sou saamgesels en my van ‘n bietjie familienuus, staaltjies of ervarings sou voorsien. Van ‘n hele klomp van die ge-adresseerdes het ek kostelike terugvoer ontvang waarvoor ek groot dank en waardering het. Dikwels het ek sò op die spoor

gekom van interessante inligting wat ek kon opvolg. Van al hierdie briewe was ongelukkig minder as 10% ooit beantwoord. By byeenkomste en informele kuiers het ek met lede gesels en talle het onderneem om my meer van hulle interessante aktiwitieite en onder-vindinge te laat hoor. Meermale het ek kennis ontvang van spesifieke weder-varinge van lede wat ek dan opgevolg het om meer volledige of akkurate inligting te kry. Vele beloftes is gemaak, waarvan die meerderheid

daarvoor opsy sit, is tussen half-vyf en sesuur in die oggend. Al die ander afgevaardigdes moes kennis neem dat as ek dit nodig vind om hulle te bel, dit in daardie vroeg-oggend uur en ‘n half sou wees! Dit het gedawer soos die manne lag, terwyl hulle dink dis nogal ‘n gevatte kêrel-tjie, hierdie nuwe sekre-tarissie van hulle. Min het hulle geweet ek is doodernstig en talle van hulle het vir die aantal jare wat ek die pos beklee het, suurderig en half deur die slaap nog voor sonop met my op die foon moes gesels - en nie een kon kla nie want dit was my voorwaarde. Miskien was ek maar ‘n bietjie moedswillig ... Maar ek dwaal af. Ek praat eintlik oor my verkiesing as Redakteur van Die Doringtak. Ek het dit nie daardie dag besef nie, maar dis ook ‘n pos wat niemand wil hê nie. Daarom was ek weer onbestrede verkies ... en wrintiewaar weer op ‘n voorstel van daardie einste Oom Ulrich van my! Ek was nie teësinnig nie want dis ‘n tipe van werkie wat ek geniet. Ek was egter nie voorbereid op die omvang daarvan nie. Ook nie op die poging wat dit sou verg om materiaal vir die inhoud bymekaar te kry nie. Woordeboekverklarings vir die woord redakteur is dit eens dat hy ‘n persoon is wat die werk van andere vir publikasie voorberei, wat die sake van ‘n publikasie bestuur, soms skryf hy ook ‘n hoofartikel. Hy is beslis nie ‘n verslaggewer nie. As ek so terugkyk na die rekords van my korrespondensie met die familie

Page 8: Die Doringtak 47

979

vergete gebly het. Die stigters van die Familiebond het duidelik die behoefte gehad om die familiebande te verstewig en die lede

se drang te bevredig om te behoort en om kennis van hulle afkoms en ‘n gevoel van trots daarop te koester en bewaar. Almal wat aangesluit het en

betrokke geraak het, het dit skynbaar om redes soos hierdie gedoen. Die Bond se ledegeld is steeds belaglik laag: R20 per enkel lid of egpaar per jaar (R15 vir pen-soenarisse). Ons sal binnekort gedwing word om die ledegeld ietwat te verhoog. Ons gebruik nie ‘n stelsel van kontrole of aanmaning nie. Ons werk maar op die ere-stelsel. Eenmaal per jaar publiseer ons in Die Doringtak ‘n vriendelike herinnering aan lede om hulle ledegeldjie nie te vergeet nie. Geen lid se lidmaatskap of intekening op die nuusbrief is nog ooit beëindig weens nie-betaling van die ledegeld nie. Gelukkig is daar nog altyd mense wat saam met hulle ledegeld, uit waardering of dank, of moontlik begrip vir ons situasie, ‘n ekstra bedraggie as donasie saamstuur. Dit kompenseer darem vir die lae tariewe en ook vir diegene wat vergeet of nalaat om te betaal. Elke keer wanneer Die Doringtak gepos word, kom daar ‘n klompie koeverte terug gemerk “Onbekend”, “Vertrek”, “Bus gesluit”, of “Terug na Sender”. In die begin het ek sulke name in die volgende Doringtak gepubliseer met die versoek dat lede wat dié lede ken, hulle nuwe adresse sal vasstel en vir ons stuur. Dit het egter bitter min reaksie opgelewer.

Deesdae word sulke lede se name van die adreslys verwyder. So ook waar ons kennis kry van die afsterwe van ‘n lid wat nie ‘n eggenote nalaat nie. Waar ‘n lid se weduwee nog lewe, word Die Doringtak steeds vir haar gestuur. In enkele gevalle is ons deur geadres-seerdes versoek om die brief nie langer vir hulle te stuur nie en sulke versoeke word eerbiedig. Tans het ons nog 414 lede op ons lys (van die heelwat meer as 500 vyf jaar gelede.) Van hulle het net 50 (nie 50% nie - 50 in getal!) gereageer op ons versoek in uitgawe 46 om asseblief nie van die lede-geldjie te vergeet nie. Dit is hartseer as jy as redak-teur eers ‘n jaar of meer nadat ‘n jarelange getroue lid oorlede is, langs ‘n omweg daarvan te hore kom. Sy of haar huisgenote of gesinslede het nie eers gedink daaraan om die Familie-bond te laat weet nie. Dit is ook maar koud en onpersoonlik om net die naam en sterfdatum van ‘n oorlede lid te publiseer. Daar is soveel familielede met eenderse name dat ander lede meestal nie eers sal weet wie die oorledene was nie. Daarom nader ek gewoonlik een of twee naasbestaandes per foon of per brief om net ‘n paar meer persoonlike besonderhede oor die persoon, sy gesinslede en agtergrond te bekom. Dan vind ek dit hartseer as sulke besonderhede, dikwels ten spyte van

‘n belofte of twee, nooit by my uitkom nie. Soms vertraag ek die voltooiing en versending van

Die Doringtak in afwagting van sulke beloofde bydraes wat dan nie opdaag nie. Dan was die

vertraging eintlik onnodig. ‘n Mens begin naderhand

wonder of jy nie dalk die heel

980

kandidaat wat nie regtig ge-noeg feite het nie en nou maar die bie-tjie inligting wat hy wel het moet uitrek en aandik om die verwagte lengte van die antwoord te haal? Om hieroor helderheid te kry, word ‘n meningspeilingsvormpie ingesluit. Voltooi dit asseblief en pos dit vir ons terug. Die bestuur wil en kan nie sonder raadpleging namens ons lede gewigtige besluite neem nie. Neem asseblief deel en laat jou wense bekend word. As ons jou vormpie nie terug ontvang nie, sal ons dit as ‘n aanduiding moet beskou dat jy nie verder belangstel om lid te wees of Die Doringtak te ontvang nie.

___________________

Anne Frank, skryfster: Hoe wonderlik is dit nie dat niemand ‘n enkele oomb-lik hoef te wag voor hy begin om die

wêreld te verbeter nie.

EK SÊ MAAR NET ...

Francoise Steynberg (b11.c10.d4.e2.f2.g1.h2.) het teen die einde van verlede jaar vir ons geskryf dat sy Taiwan na ses jaar gaan verlaat om terug te keer Suid-Afrika toe. Sy is nou weer joernalis in Namibië en met haar toestemming gebruik ons hier een onlangse aflewering van haar weeklikse rubriek “Ek sê maar net” wat in die koerant Die Repub-likein verskyn.

“Dankbaar dat ons dít gespaar gebly

het …”

GESËEND en dankbaar voel ek toe ek verlede naweek die

ergste tifoon in 50 jaar in Taiwan misloop. Tifoon “Morakot”, wat smarag in Thai beteken, het 2000 mm reën in twee dae gebring. Maar tifone is nie prag-juwele nie, nie mooi om te aanskou of

laaste ou is wat nog vir die Blou Bulle skree nie!

Bestaan daar nog ‘n behoefte of ‘n waardering vir die instandhouding van die Familiebond en sy nuusbrief? Het dit nog enige sin om daarmee voort te gaan, of is ons besig om te-vergeefs kunsmatige asemhaling toe te pas en aarvoeding toe te dien om ‘n sterwende liggaam aan die lewe te hou? Moet ons nie dalk die masjiene af-skakel en die liggaam sy finale rus gun nie? Julle sekretaris en redakteur is hoegenaamd nie moeg om die werk te doen nie. Inteendeel - dis vir hom loutere plesier. Hy wil dit egter nie in mense se kele afdwing nie. Hy wil nie nodig hê om tot vervelens toe mense te moet teister en versondig om stories en berigte oor die familie se wel en weë uit hulle te kry nie. Kan dit wees dat daar in ‘n kwartaal of meer geen kinders in die familie gebore is nie, dat geen huwelike plaasgevind het of enige ander interessante ervarings beleef is nie? Die blyke van waardering wat gereeld van enkele lede ontvang word, is kosbaar, maar is dit genoeg? Is daar regtig nog genoeg belang-stelling en entoesiasme om die pro-duksie van Die Doringtak te regverdig? Is dit nodig dat Die Do-ringtak se re-dakteur moet skryf soos ‘n eksamen-

Page 9: Die Doringtak 47

981

te beleef nie. So ook nie aardbewings nie. Vir ‘n woestynkind wat elke somer bid vir reën, is 1000 mm reën in een dag ‘n ongelooflike, onverstaanbare ervaring. Daar bid jy dat dit moet ophou reën, want jy ken nie soveel water nie, veral nie sulke gevaarlike stormwaters nie.

Die gevoel van die aarde wat onder jou beweeg en jou doodnugter dronk op jou voete laat voel, is ook ‘n aardigheid vir ons wat dit nie gewoond

is nie. En nes jy dink die aardbewing is verby, dan begin die na-skokke. Die dag wat ek net met my handdoek om my lyf uit die badkamer kom en my krismisboom na my sien aangedans kom, het ek instinktief geweet ek moet uit. Maar ek het gevries bly staan – van vrees. Die keer wat die gebou op en af beweeg en ek die angs in my studente se oë gesien het, het ek geweet ons moet nou uithardloop. Dis snaaks dat jy aan niks anders dink as oorlewing nie. Ek het telkemale uitgehardloop met niks nie, geen kosbare besittings of geld of enige materiële dinge nie. Daar het ek besef hoe kosbaar die lewe is en hoe vinnig jou lewe binne sekondes kan verander. Met Morakot was my hart saam met al

my wonderlike Taiwannese en ander vriende daar wat dit moes oorleef. Ek was bekommerd oor hul veiligheid en het met elke skokkende nuusbrokkie ‘n gebed opgestuur. Ek kry my

vriende in suidelike Taiwan jammer wat al dae sonder lopende water is. Die ergste wat ek met ‘n tifoon ervaar het, was toe my huis twee maal

oorstroom het. Die water het van my daktuin by die trappe van my drieverdieping-huis afge-stroom. Ek het die hele nag met ‘n besem water by die voordeur uitgevee. Al wat ‘n handdoek, tafeldoek en lap is later

deurdrenk soos ek die deure en vensters probeer toestop. Maar dit hou nie op nie, die water stroom en stroom in. Jy kan nie uit nie, want die storm-winde is te erg. Jy kan dalk deur ‘n vlieënde dakplaat onthoof word. As jy nie genoeg kos in jou huis het nie, moet jy maar honger ly. Jy kan dit nie met jou bromponie in ‘n straat waag nie, want die strate het in riviere verander. Voor ‘n tifoon moes jy die nodige voorbereidings tref: Koop genoeg kerse, flitsbatterye, bottels water en kitsnoedels. Morakot skok my met sy groot dodetal en aantal vermiste mense. My hart mis ‘n slag as ek sien daar is ‘n hele dorpie in die berge deur ‘n modderstorting begrawe. ‘n Helikopter wat hulle moes red, het neergestort. Foto- en videomateriaal wys ‘n eiland wat in puin gedompel is met verspoelde paaie, huise en brûe wat in duie gestort het, ‘n hotel op die wal van ‘n rivier wat byna grasieus wegsak in die woeste waters. Dan onthou ek weer hoekom ek so lief vir die Taiwannese is, hoekom ek met

982

Net voor hy egter met ‘n onheilige glans in die oog sy rooi pen nadertrek, besluit hy genadiglik om net eers seker te maak of daar nie dalk regtig ‘n Tainan bestaan nie. Wikipedia, die gratis ensiklopedie op die internet, red hom toe daarvan om ‘n gek van hom te maak deur sy onkunde te demonstreer. Daar leer hy toe die volgende: Tainan Stad (in tradisionele Sjinees: 臺南臺南臺南臺南/台南台南台南台南; of in vereenvoudigde Sjinees: 台南台南台南台南; is die vierde grootste stad in Taiwan (na Taipei, Haohsiung, en Taichung. Teen die einde van 2010 sal die stad en die naburige Tainan

distrik saamsmelt om 'n enkele munisipaliteit te vorm. Tainan was gestig as die hoofstad van Taiwan in 1661 en het dit gebly tot 1887 tydens die Qing Dinastie. Eintlik was Taiwan ("Tayoan" of "Tayouan") die ou naam van die stad Tainan en het dit eers later die naam van die hele eiland geword. Die stad is beroemd vir sy talryke historiese geboue en relikwieë. Min is bekend oor Tainan voor die dae van die Hollandse heerskappy, behalwe dat dit 'n nedersetting was van Han

Sjinese immigrante in die 14de en 15de eeue en dit was bekend as Tayoan. Die Hollanders het in 1624 'n handelspos gevestig by die hedendaagse Anping en het dit gebruik as 'n basis vir operasie vir 'n verskeidenheid van sakebedrywig-hede wat hulle in die gebied onderneem het. Die buitepos het egter onder beleg gekom van 'n vloot

so ‘n swaar hart daar weggegaan het. Hulle is die hulpvaardigste mense en ook “survivors”, nes ons Namibiërs. Ek staan verstom hoe vinnig hulle na ‘n natuurramp opstaan, herstel en weer opbou. Twee van my Taiwannese vriende, Sean Lin en Joyce Hu, het dadelik ingespring en pakkies noodvoorraad vir rampgeteisterdes begin insamel. Joyce en Sean sit self al dae sonder water in hul woonstelle in Tainan, maar hulle skroom nie om ‘n helpende hand uit te reik nie. Die Tzi Chi-stigting van die Boeddhis-meesteres, Tzi Chi, Taiwan se eie Moeder Theresa, was dadelik gereed met noodvoorrade. Sy is ‘n formidabele vrou met ‘n kaal-geskeerde kop en ‘n oranje jurk wat mooi sag praat. Ek vergeet nie dat ons eie Namibiërs vroeër vanjaar vloede moes trotseer nie. Ek is bly ek hoef nie nog ‘n tifoon of aardbewing te beleef nie. Ek bid maar liewer vir reën. ______________________

Maya Angelou, poet,

educator It is this belief in a power larger than myself and

other than myself, which allows me to venture into the unknown and even

the unknowable. _____________________

REDAKSIONELE ONKUNDE

Toe Ron, bekend as taal-pyn-in-die-dinges, die naam Tainan in Francoise se interessante berig hierbo lees, toe glo hy dat hy haar op ‘n spelfout betrap het, en dat sy eintlik Taiwan moes geskryf het.

Die Taipei 101, een van die hoogste geboue op aarde, geïnspireer deur Taiwan se inheemse bamboesplant.

Page 10: Die Doringtak 47

983

van Ming Dinastie oorgeblewenes onder aanvoering van Koxinga, wat sy eie koninkryk op Taiwan gestig het en die stad herdoop het tot Tungtu (in tradisionele Sjinees: 東都; wat letterlik “Oostelike Hoofstad” beteken) nadat die Hollanders gekapituleer het en

van die eiland onttrek het. In 1684 het die Qing Dinastie Taiwan verower en die Taiwan-fu (Taiwannese Regering) gevestig as die eerste amptelike plaaslike regering in Taiwan.

William Campbell het die stad in die 1870’s so beskryf:

“As to Taiwan-fu itself, I may say that the brick wall which surrounds it is about fifteen feet in thickness, twenty-five in height, and some five miles in circumference. Lofty watchtowers are built over the four main gateways, and large spaces within the city are given to the principal temples and yamens—or quarters occupied by the civil and military mandarins. There is much need in Taiwan-fu for the carrying out of a City Improvement Scheme. Pleasant walks, no doubt, there are, and some of the shops have an appearance which is decidedly attractive; but, as a rule, the streets are

narrow, winding, ill-paved, and odorous.” Taiwan-fu was in 1885 herbenoem tot Tainan-fu, toe Taiwan as 'n provinsie gevestig is. Omdat dit tevore die hoofstad was van Taiwan, was Tainan ook Fu-

cheng genoem (tradisionele Sjinees: 府城;

wat letterlik beteken "Regering-stad"). Tainan het ook gedien as hoofstad van die Republiek van Formosa nadat die Sjinese Taipei bloedloos oorgeneem het. Tainan het glo meer Boeddhiste en Taoiste tempels as enige ander stad in Taiwan. Tainan se komplekse geskiedenis van “comebacks”, herdefinisies en hernuwings het die stad se populêre bynaam "Stad van die Feniks," geïnspireer. So, nou is Ron en sy lesers minder onkundig oor ten minste een klein deeltjie van die Ooste.

_______________________

Anne Frank, writer Anne Frank: The

Diary of a Young Girl Parents can only give good advice or

put them [children] on the right paths, but the final forming of a person's char-

acter lies in their own hands.

______________________ ANOTHER INTERESTING

STEYNBERG

Some time ago Die Doringtak reported some details about our very interesting relative, Peter John Steynberg (b7.c6.d12.e2.f1.g2.) who lives in San Luis Obispo (which, incidentally, means St. Louis, the Bishop) in the USA. This is a city in California, located roughly midway between San Francisco and Los Angeles on the Central Coast.

We learnt then that Peter J. Steyn-berg, hailing from Grahamstown, South Africa, and an accomplished artist himself, started the Steynberg Gallery in this town in 1999.

Under Peter’s imaginative manage-ment the Gallery, Tea and Coffee House has become a hub of widely divergent activity. It evolved over the years, not only to include fine art shows, but all things cultural. Events

Tainan se Confuciaanse Tempel

984

longer when cooked outside, but users say the decrease in fossil fuels and costs is worth it. We all knew years ago of course that it helped to save the environ-ment, but now we know a lot more about what the burning of fossil

fuels does to the environment. Solar cookers can reach about 300 degrees. The Steynberg Gallery offers free clas-ses to any group at any time. I, Ron, purely out of curiosity, bought a solar cooker at an auction several years ago. It is a black plastic contain-er with a slightly slanted clear plastic lid and lined on the inside with thick shiny tinfoil. Although a bit on the slow side, it works beautifully. It effortlessly bakes a perfect “pot-brood” in a small-ish black cast-iron pot. If you go dam- or river-fishing, you just place your pre-prepared stew ingredi-ents in the black pot, place it in the solar cooker in direct sunlight outside, facing North (perhaps on the roof or bonnet of your car) - in our Southern Hemisphere - and by lunchtime your delicious stew is ready. I expected that these energy-saving devices would soon be in general use in our sunny, impoverished country, largely denuded of trees through the constant quest for firewood for cooking purposes. Strangely, it has not happened.

__________________

Ayn Rand, Skryfster Die kleinste minderheid op aarde is die individu. Hulle wat ‘n individu se regte misken, kan nie daarop aanspraak dat hulle verdedigers van minderhede is

nie. ________________

Sewe Winters

include live music, poetry reading, open mic, (live shows where audi-ence members may perform at the microphone), soiree's, lectures, tea tasting, wedding receptions and Pecha Kucha Nights (where creative people talk about creative things - each presenter being al-lowed 20 images, each shown for 20 seconds, - giving approximate-ly 6 to 7 minutes of fame before the next presenter is up. This keeps presentations concise, the interest lev-el up, and gives more people the chance to show.)

Interestingly, this summer saw some of the hottest temperatures ever rec-orded during the month of August in San Luis Obispo. The San Luis Obispo County Regional Airport reached 111º Fahrenheit (just below 44º C) at about noon on Satur-day 29th August. The highest temperature ever record-ed in San Luis Obispo was 113º F (45º C) in June 2008. To put this in perspective compared to South Africa, temperatures in the Up-ington area frequently reach the mid-40’s Celsius, with an all-time high of 51.7º C (125.06º F) registered in that region in 1948. It is little wonder that these days some San Luis Obispo residents are leaving meal-times to Mother Nature. We have all heard of solar power, but what about solar cooking? The Steynberg Gallery taught free so-

lar cooking classes on May 24, 2009 - and is doing so regularly since then. Several solar ovens were also on display. One was made of recycled Coke bot-tles, another was home-

made, using cardboard and tin foil. Some items take about 30 minutes

Steynberg Gallery

Page 11: Die Doringtak 47

985

- deur Frik Steenberg

Winde doedel deur die geute

ween droewig oor tye láng vergete

Klae eentonig

siklonies en morbied

hul treurmaar ode van

verdriet

����

O koud is die wind—

vaal die gras

en ek staar my blind

teen my gisters vas

as ek weer onthou

van sewe winters sonder jou...

����

________________

Virginia Woolf, skryfster

Elkeen het sy verlede in hom opgesluit soos die blaaie van ‘n boek wat net hy uit die kop uit ken en sy

vriende kan net die titel lees. _____________________

OOR RAND EN SENT

Die Bestuur waak steeds teen styging van die ledegeld. Dis in 25 jaar net een-maal verhoog - en dit amper 15 gelede. Ledegelde is einde Januarie jaarliks betaalbaar. Hoewel ons gereeld jaarliks

‘n beroep op lede doen om dit nie te vergeet nie, word dit tog maklik vergeet en talle lede laat na om die bedraggie te betaal. Dit is steeds R20 per jaar per enkel lid

of egpaar en R15 per pensioenaris-lid of egpaar. Terwyl ‘n groterwordende persentasie van ons lede die status van senior burgers bereik en gevolglik minder betaal, word vir hierdie kwynende inkomste nie

gekompenseer deur getalle jonger mense wat aansluit en die hoër ledegeld betaal nie. Ons beleef dus geruime tyd al ons eie private resessie

in die familie. Jy sal weet of jy reeds vanjaar se ledegeld betaal het. As dit jou dalk ontgaan het, stuur sommer dadelik jou tjek of poswissel aan die: JJ Steinberg Bond

Posbus 3501 PIETERSBURG, 0700 Of, as dit jou beter pas, deponeer jou geld direk in die Bond se rekening in:

J J Steinberg Bond ABSA Spaarrekening

Rek. No. 38065851803 Tak 632005

(Pos of faks dan asb. jou betalings-bewys na die adres of faksnommer bo-aan hierdie nuusbrief. Indien jy elektronies inbetaal, e-pos die

bewys aan: [email protected] Skryf ook asseblief in elke geval jou volle voorletters, van en posadres daarby. Anders weet

Beautiful pot-bread

986

BIETJIE MEER

AGTERGROND Ons dink graag terug aan die doen en late en wel en weë van ons stamvader, Johan Jost Steinberg, wat as jong man, na ‘n seereis van vier maande in die lente van 1748 Suid-Afrikaanse bodem betree het. Hy was afkomstig uit Niederaula, ‘n klein dorpe in die provinsie Hesse, Duitsland. Hy was as smid opgelei - ‘n ambag wat in die familie algemeen voor-gekom het - destyds ‘n betalende beroep. Hy het dadelik in diens van die Kompanjie getree as “Smid, Geel-gieter, Cooper– en Blikslager”. Hy het driemaal wewe-naar geword - en toe hy in 1773 vir die vierde maal in die huwelik getree het, het hy reeds een seun (b3.) en vier dogters gehad. Jost se vierde huwelik was met die, Aletta “Aaltjie” Catharina Verrein, ‘n jong weduwee. Aaltjie se ouers is oorlede toe sy net ses jaar oud was. Toe haar grootvader, Jacobus van der Heyde, oorlede is, was haar ouers reeds oorlede en is sy in die distribusierekening van sy boedel genoem as erfgenaam. Op 1 Mei 1763 het sy as jong meisie van vyftien jaar in die huwelik getree met Joachim Ernst Wepener van Anklam, pagter van die wyn– en brandewynlisensie van Rondebosch, en later eienaar van die plaas Molenvliet. Wepener is waarskynlik in

ons nie altyd wie se geld ons ontvang het nie. Die bedraggie betrokke is so klein dat jy gerus sommer vir ‘n jaar vooruit ook kan betaal. Ons maak staat op jou samewerking. 'n Opdateringsvorm word ingesluit. As jy oor jou geslagsregisterverwysing beskik, skryf dit asseblief daarop. Dit spaar vir ons heelwat kosbare tyd. Dit is vir ons uiters belangrik dat jy die vorm volledig voltooi en vir ons stuur. Die vorm lyk hierdie keer anders as tevore, want dit is tegelyk ‘n menings-peilingsvraelys wat ons gaan help om sekere besluite te neem wat die toekoms van ons Familiebond sal bepaal. Lees asseblief ook “TERUGBLIK EN

BESINNING” op bladsy 977, en maak seker dat jou vorm sonder versuim aan ons gepos word.

___________________

Janis Joplin, Amerikaanse sangeres: Don’t compro-

mise yourself. You are all you’ve got.

____________________________

JOHAN JOST : ‘N

“O koud is die wind”

Page 12: Die Doringtak 47

987

1772 oorlede. (Molenvliet is die spog-landgoed waar die ontvangers van die ATKV Woordveertjies vir 2009 luisterryk en feestelik aangewys is op 11/09/09) Toe Aaltjie met Jost getroud is, was drie van haar kinders van Wepener reeds oorlede en het sy nog twee van sy kinders gehad waarvan die jongste seuntjie skaars ‘n maand oud was. Jost was toe die vader van twee dogters, die een reeds getroud, en die tienjarige seun, Johannes. In die geslagregister van hierdie familie in Suid-Afrika, was Johan Jost Steinberg dus die stamvader, oftewel (a.) Sy kinders was almal b1., b2., b3., ens. In die register verskyn elke kind se naam in numeriese volgorde, maar die seuns se name word onderstreep, want die familie se van word deur hulle kinders voortgedra, terwyl die dogters se vanne verander wanneer hulle trou en die van dan nie verder aan hulle kinders oorgedra kan word nie. Omdat Jost se twee dogters dus nie die Steynberg/Steen-berg/Steinberg van kon voort-dra nie, en sy oudste seun, Johannes, (b3.) nooit ‘n seun gehad het nie, maar wel agt dogters, het Johannes se nageslag dus uit die

familieregister weggeval in die derde (c1., c2.,) en verdere geslagte. Van JJS se 10 verdere kinders, was Petrus Johannes Steynberg (b7.), en Willem Frederik Steinberg

(b11.) , gebore kort na sy vader se geboorte, die enigste seuns wat ook seuns voortgebring het en al die latere Steynbergs, Steenbergs, en Steinbergs (asook ‘n klein getal wat later verdere afwykende spellings van die van op verskillende maniere aangeneem het - bv. Steijnberg, Steynbergh, Steynsburg) d.w.s. alle verdere nageslagte van JJS het

afgestam van òf b7. òf b11. Dit is dus uit JJS se vierde huwelik wat alle latere Steynbergs, Steenbergs, en Steinbergs afstam en met hierdie huwelik het die stamboom van ons familie in Suid-Afrika begin. Maar, kom ons kyk hoe Johannes Steenberg (b3.) se lewe verder

verloop het. Hy het sekerlik smedewerk by sy vader geleer. Op sestienjarige leeftyd het hy ook by die Burgery aangesluit om “alle tumulte, oproer ende hostaliteyt

van dese Caapse Hottentoos en struyk-rowers” te voorkom. Na sy vader se dood het hy na Swellendam verhuis waar hy met ‘n dogter uit die distrik, Geertruy Grobbelaar, getroud is. Sy was ‘n kleindogter van die hout-kapper en boerekneg Johan Grobbelaar van Tanger-münde ('n dorp in die distrik van Stendal in die noord-oostelike deel van Sakse-Anhalt, Duitsland. Die dorpie lê aan die Elberivier in die Altmark omgewing. Sakse-Anhalt is een van die sestien federale state waaruit die Federale Republiek van Duitsland vandag bestaan. Johannes was ‘n veelsydige en voorspoedige boer wat op verskillende leningplase met perde, skape en beeste geboer het. Hy het ook wingerd geplant, wyn gemaak en brandewyn gestook. Die Hollands Oos-Indiese Kompanjie het daarop aangedring dat graan gesaai word, en Johannes het ook elke jaar vier tot vyf sak hawer of gars gesaai en goeie oeste gemaak.

988

van hulle se huwelike ‘n bietjie inligting. Geertruida Christine (b3.c3.) het met Jacob Cloete getrou - 'n afstammeling van die Jacob Cloete wat in 1652 na die Kaap gekom het en een van die eerste vryburgers was wat van die HOIK grond langs die Liesbeekrivier in Rondebosch ontvang het. Johanna Wilhelmina (b3.c7.) was getroud met G.G. Van Deventer en was onder die eerste families wat oor die Gariep (Oranje) getrek het. In die volgende Doringtak sal ons ‘n bietjie kyk na die lotgevalle JJS se volgende seun, Pieter, (b7.)

___________________

Moeder Theresa, sosiale aktivis: Ek weet dat God nooit vir my iets sal gee wat ek nie kan hanteer nie. Ek wens net hy het my nie so baie vertrou nie.

____________________________

KUIER UIT DIE PAARL Tannie Bettie Steynberg, weduwee van wyle Oom Willem Frederik Ulrich Steynberg (b7.c6.d6.e6.f6.) vroeër van die ou familieplaas Sybrandskraal naby Cullinan en later van die Paarl, het nou ‘n slag weer in die ou Transvaal kom kuier. Sy het met die passasiersbus van die Paarl af gery tot in Pretoria waar Helgard en Elize van Wyk, onder-skeidelik skoonseun en dogter van wyle Tant Anna Susanna Malan (geb. Steynberg - b7.c6.d6.e6.f4.), haar by die busterminus ingewag het en na

Weens ‘n brand in Swellendam se landdroskantoor het talle dokumente verlore geraak. Johannes word eers weer in 1805 in Tulbagh se opgaafrolle vermeld waar hy op die plaas Tabbertskraal geboer het. In 1807 het hy op Rietvallei in die Koup begin met 4000 wingerdstokke, wat hy later tot 6000 vermeerder het. Hierdie twee plase het hy tot sy dood bewerk. Ander plase wat hy ook by tye in lening gehad het, was Buffelsrivier in die Swartberge, en Geelboksfontein en Zoetfontein in die Kleine Rogge-veld. Rietvallei in die Kleine Swart-berge was die woonplaas. Soos gebruiklik onder wyn– en saai-boere, het hy ook sy opstalle langs lopende water en onder eikebome gebou. Johannes het ‘n smidswinkel gehad, waarskynlik met sy vader se gereedskap, ‘n stokery met trapbalies, brandewynketel en kuipe. Daar was perde met saals en tooms, die molwa en al die toebehore, ploeë, ens. Dit is dus seker dat hy ‘n groot aantal geboue op sy werf gehad het en dalk nog ‘n huisie vir ‘n getroude dogter en haar gesin, silo’s, “Chaff” huise en hoenderhokke - ‘n indrukwekkende boerdery. ‘n Mens wonder waar hy sy kennis van boerdery gekry het, aangesien hy in die smidswinkel langs die strand van Tafelbaai grootgeword het. Na sy vrou se dood het Johannes op Vetvallei by Worcester wingerdstokke geplant. Een jaar na sy vrou se dood is Johannes op Rietfontein oorlede. In sy testament het hy sy gedoopte slawe se verkoopprys aan die kerk en die armes bemaak. Daar bestaan ‘n volledige inventaris. Sy agt dogters was almal gesond en getroud, maar ons het net oor twee

Page 13: Die Doringtak 47

989

hulle huis in Villieria, Pretoria geneem het. Hiervandaan het Helgard-hulle haar gehelp om by verskeie van haar en Oom Ulrich se ou vriende en destydse bure te gaan kuier. Helgard en Elize het ge-reël dat drie van die ses Malan-kinders, van die klein-kinders en agterklein-kinders en ook neef Ron Steynberg en sy vrou Issie, Ron se suster Leonie, geb. Steynberg - b7.c6.d6.e6.f1.g2., en haar man Dawid Viljoen op Sondag 23 Augustus by hulle huis bymekaarkom om ‘n slag heerlik tyd saam met Tant Bettie en die familie deur te bring. Elize se oudste suster, Louisa Catharina “Louise” Murray, wat in die Kaap woon, kon nie daar wees nie. Hulle oudste broer, Willem Frederik “Frikkie” Malan van Welverdiend (naby Carle-tonville), kon weens kerkverpligtinge ook nie Sondag daar wees nie, en hy het daarom die vorige dag (Saterdag) ‘n draai in Pretoria gemaak om vir Tant Bettie te sien. Hulle broer Petrus Johannes Dirkse “Piet” Malan is in 1983 in ‘n motorongeluk oorlede. Sondag het Issie en Ron vroeg vanaf Polokwane na Pretoria toe gery om ook lekker met Tant Bettie en die familie onder Elize en Helgard se heerlike ruim kuier-afdak te kuier. Twee van Helgard-hulle se drie kinders, Eksteen van Wyk en Louise Dingelstad en haar dogtertjie Mia (haar man Dalton was weens siekte verhinder om daar te wees) was daar. Johanna Helena Susanna “Helene” van der Merwe, weduwee, Tant Anna se derde oudste dogter en dié se dogter Anneke het saam gekuier, asook Annette, Tant Anna se jongste dogter en haar eggenoot Jan van Zyl met twee van hulle drie dogters (Joline Nel en Jorita van Zyl) en een van twee seuns (Wilhelm Calitz), asook skoondogter (Karien Calitz), skoonseun (Jacques Nel), twee klein-dogters

(Lunette Calitz en Keane Nel) en klein-seun (Jason van Zyl). Laatmiddag se kant het Ron en Issie vir Tant Bettie na Pietersburg geneem waar sy tot Donderdag lekker gekuier het. Donderdagoggend het Leonie en manlief Dawid na Pietersburg gery en ‘n gesellige brunch saam met Ron, Issie en Tant Bettie geniet. Daarvandaan is Tant Bettie saam met die Viljoens terug tot naby Pretoria, waar vriende van die ou Malan familieplaas Brandbach (naby Cullinan) - waar Tant Anna en Oom Willie Malan ‘n leeftyd gewoon het tot kort na Oom Willie se

afsterwe - haar kom haal het om ‘n paar dae by hulle te kuier. Sy het daar genoeglike oomblikke met ou vriende en bure deurgebring en het selfs Saterdag die troue van ‘n voormalige buurvrou bygewoon.

Daarna is sy na Eldoraigne, Centurion, waar haar susterskind, Willie Scott woon. Die volgende bestemming was Leeupoort naby Thabazimbi vir ‘n paar dae se kuier saam met die drie Scott broers voor die vlug vanaf Lanseria lughawe terug Paarl toe.

____________________

Joyce Carol Oates, writer

It is only through disruptions and con-fusion that we grow, jarred out of our-

Tannie Bettie en wyle Oom Ulrich

990

geslaap, waar die wind amper hulle tent weggewaai het. Dit het hulle laat besluit dat ‘n tent op Sutherland (Elriza praat van ‘Sidderland’) nie ‘n goeie idee sou wees nie - veral aangesien die weer-mense van sneeu gepraat het. Dus het hulle by ‘n gawe gaste-kamer ingeboek – die eerste aand gaan sterre kyk, die volgende dag die SALT besoek, die pragtige ou

kerk (van d i e s e l f d e argitek as Graaff Reinet se kerk ) asook die Van Wyk Louw m u s e u m

besoek. Dit het begin regtig koud en nat word en daardie nag het dit ge-sneeu! Wat ‘n skouspel ! Nadat hulle die oggend nog in die sneeu deur die dorp gaan stap het, het hulle daardie aand Sitrusdal se Baths bereik, ‘n heerlike warmbron met water teen 43º C op ‘n sitrusplaas in die skilderagtige Olifantsriviervallei, en daar het hulle lekker in die warm water geswem. Toe ry hulle deur die Sandveld en besigtig blomme via Paleisheuwel, Redelinghuys, Aurora en slaan op Tietiesbaai se strand, daar waar wyle Pieter Pieterse en die Ingelsman se woonwa destyds gestaan het, hulle tentjie op.

selves by the collision of someone else's private world with our own.

____________________

OP ONTHOU SE PAD

Elriza Pienaar, moeder van Sarien Gerritje Hibbert (geb. Steynberg (b11.c5.d1.e7.f1.g4.h2) en Wilhelm Frederik Steynberg (h2.) het lank ‘n droom gehad om haar 60ste ver jaarsdag in Namakwaland te gaan vier en al die kinders en k le ink inders s a a m t e neem. Hulle het voorheen vir 6 jaar op O’kiep gewoon en het almal ‘n liefde vir daardie wêreld. Sy wou ook graag Elriza jnr. wat in 2000 op ouderdom 19 in die motorongeluk oorlede is, se as daar gaan strooi. Maar, soos die Bybel sê “die een het ‘n bees gekoop en die ander een het ‘n vrou getrou” – en die geleentheid het weg gebly. Toe het sy en manlief nou maar die pad gevat. Haar eerste mikpunt was Sutherland – veral aan-gesien die SALT (South African Large Telescope, Suther-land se sterre-wag) een van haar kliënte is. Hulle het toe nie die eerste dag tot daar gevorder nie - en het een nag by die Karoo Nasionale Park

Tannie Bettie, Issie en Leonie

Page 14: Die Doringtak 47

991

Sy het as kind saam met haar pa se familie daarheen gegaan en sy wou nog altyd weer n slag daar kamp – die

weer was heerlik met omtrent geen wind nie. Daarvandaan is hulle na Aurora vir die naweek – by manlief se

familie gekuier en te veel geëet. ‘n Pragtige, rustige klein dorpie waar sy met alle geweld ‘n erf wou koop! Die Sondag het hulle nie ver gevorder nie – by Verlorenvlei ge-kamp daar by Vensterklip, die beste kampeerplek wat hulle raakgeloop het op die hele toer. Hulle het net nie genoeg tyd of kennis gehad om al die voëls te waardeer nie. Die volgende dag het hulle by familie op Lambertsbaai aan-gegaan, ou vrinne op Strandfontein besoek en daarvandaan deur Vanrhynsdorp en berg-op na Nieu-woudtville, net om te vind die woonwapark is vol! In dieselfde straat vind hulle toe die oulikste ou kliphuisie wat ook ‘n oornagplek is – en ai, waar vat dìt hulle toe terug na hulle kinder-jare! Kompleet met Jewel stoof, panelyte tafel en stoele, badkamer wat so reg uit die kombuis uit loop, ens, ens. Daar het hulle tog te heerlik geslaap; die volgende oggend die mooiste blomme daar rond gekyk en verder by die waterval gestop en al die windpompe, as-ook die baie interes-sante museum op Loeriesfontein gaan kyk. Sy het so 35 jaar gelede daar gewoon waar haar eerste man vir Yskor op

die Sishen/Saldanha projek gewerk het en hulle seun Wilhelm is daar gebore! T o e d a a r v a n d a a n m e t d i e K l i p r a n d p a d Springbok toe – met massas mooi pers vygies orals langs die pad; by vriende op Springbok oornag en die volgende oggend was dit bewolk en koel, maar dit het haar gepas want sy kon by sommige ou kennisse ‘n draai maak. Ai, almal daar word ook maar ouer, net soos ons almal, het sy opgemerk. Sy het die ge-leentheid gebruik om wel Elriza Jnr. se assies te gaan strooi in die veld agter die huisie waar hulle gewoon het, daar waar sy tussen die klippe en blomme gespeel het.

Daarvandaan was die reis via Kleinzee na Port Nolloth waar hulle die aand by ‘n baie i n t e r e s s a n t e s e e k o s -restaurant, Anita’s Tavern, gaan eet het. Daar het hulle by die munisipale kampterrein oornag – net jammer die chalets is maar baie

verwaarloos en alles kort baie aandag. Die volgende dag – dit was op haar 60ste verjaarsdag – het hulle so ‘n draai deur die Richtersveld gery, via Lekkersing en Kubus – oor ‘n vreeslike skurwe, klipperige

grondpad – na Oranjemund waar hulle by familie oornag het. Wat ‘n pragtige plek met alles wat die mense nodig het! Die gemsbokke wei sommer op die grasperke langs die straat! Die volgende dag moes hulle weer die pad vat, weer via

Sneeu in “Sidderland”

Op Tietiesbaai se strand

992

wanneer daar niks is nie, voordat mens die blommeprag in Augustus/September kan waardeer. Die mense daar rond sê mos – toe God daardie deel geskape het, het Hy net klippe en blomsaadjies oorgehad! Wel – dis die storie van die Pienaars se Weskus toer! Tot anderdag.

_________________

Dr. Joyce Brothers, American psy-chologist Love comes when ma-nipulation stops; when you think more about the other person than about his or her reac-

tions to you. When you dare to reveal yourself fully. When you dare

to be vulnerable.

_____________________ PASSIE EN DINAMIEK

Ané Steinberg, voorheen 'n Huishoudkunde onderwyseres, is 'n hoogs kreatiewe persoon wat aanhoudend met nuwe idees vorendag kom. In 1989 het sy en manlief Nico, (b11.c7.d2.e4.f6.g4.) wat uit 'n industriële ingenieurs-

agtergrond kom, die plaas Florence (naby Chrissiesmeer in Mpumalanga) met bitter min kapitaal bekom. Terwyl Nico die boerdery-uitdagings aangepak het, het Ané sake vanuit 'n ander hoek benader. In 1990 het sy begin

Springbok en daarvandaan oor Pofadder en toe by Augrabies gekamp. Die waterval is nog steeds indrukwekkend. Daar was ook ‘n swetter-joel baba-dassies en die snaaksste groen-bont akkedisse wat op mens afstorm as jy ‘n stukkie kos laat val! Die tweedelaaste skof was vanaf Augrabies tot op Barberspan – ‘n lang, vervelige stuk pad! Die kampeerplek net langs die hotel was ook teleurstellend en die duurste van al die plekke. Daar moet seker ‘n ander plek gewees het, maar hulle kon dit nie kry nie en daar was g’n mens op diens nie. Na 4900km was hulle Sondagmiddag tuis. Toe was dit net die groot afpak en wasgoed skoon kry. Die blomme was orals baie mooi, maar die heel beste bly nog as mens uitklim en van naderby sien wat regtig alles rondom jou voete is. Sowat 10 km duskant Pofadder het hulle stilgehou om ‘n rooi aalwynblom af te neem – dit was al wat hulle van die pad af kon sien – en toe vind hulle daar ‘n stuk of 10 ander soorte goedjies wat elkeen ‘n blommetjie of wat aan het! Sommige sommer sulke swarterige, droë bossies – met die kleinste, fynste rooi blommetjies aan! Amazing! Mens staan steeds verwonderd voor die wonde r v an d i e Skepping en voel klein as jy die sterrestelsels bekyk en die wonder van blommetjies wat uit niks uit so tussen klippe groei. Sy sal ook altyd vir almal sê – julle moet eers vir N a m a k w a l a n d i n Februarie gaan kyk,

Lambertsbaai

Windpompe by Loeriesfontein se museum

Page 15: Die Doringtak 47

993

om die ou plaashuis te restoureer, onbewus daarvan dat sy tien jaar later dit sou omskep in 'n gastehuis. Sy het 'n ou sandsteengebou in Chrissiesmeer gekoop vir R1000. Dit was die bouval van die ou Simmer en Jack-winkel op die Carolina pad. Swanger met haar jongste kind, het sy en 'n klompie plaasarbeiders ses weke geneem om die ou gebou af te breek en die sandsteenblokke per trekker en sleepwa plaas toe te vervoer. Hulle het die argitek Johan Jordaan gekry om te help met die bouplanne. Dit was die beste belegging wat hulle ooit gemaak het. Gastehuise was destyds nog nie populêr nie en hulle het glad nie soiets oorweeg nie. Al wat Ané wou hê was 'n pragtige groot plaashuis vir die gesin en hulle het op 'n kontantbasis daaraan begin bou. Om 'n geskikte klipmesselaar te vind wanneer hy benodig word, was nie aldag maklik nie. Dit het vyf jaar geneem om die huis te voltooi, en toe het hulle eers daar ingetrek, in 1995. Toe haar kinders begin skool toe gaan het Ané al die lammers uit haar voerkraal verkoop en gewonder wat sy volgende kon doen. Gastehuise het begin populêr word en sy was oortuig dat daar 'n toekoms in toerisme was. Dit het alles begin met baie passie, entoesiasme en 'n sakkie sement. Met die hulp en advies van Mpumalanga Toerisme-Vereniging en Professor Leon Hugo van die Depar-tement van Eco-Toerisme aan die Universiteit van Pretoria, het sy haar gastehuis geopen in Oktober 1997. Dieselfde jaar het sy die Matotolandse Eco-Toerisme-Vereniging in Chrissiesmeer begin. (Lees meer oor hierdie op-en-wakker vereniging by

www.chrissiesmeer.co.za.) Sy het talle mense in Chrissiesmeer geïnspireer om toerisme-gedrewe besighede te begin, en in 1999 het sy die Mpumalanga Sakevrou-van-die-Jaar toekenning ontvang. Die Doringtak het al in 'n vorige uitgawe berig oor hoe Nico en Ané nie teruggedeins het vir ‘n geleentheid om spyseniering te doen vir 7000 mense nie, hoe hulle hierdie uitdaging met groot sukses aangepak en voltooi het. Sodoende het Ané haar in nog 'n nuwe vertakking van die besigheid bevind. Hulle spesialiseer eerstens in Potjiekos waar klante kan kies tussen beesvleis met tamatie en balsem-kruid; skaap met appelkoos en roosmaryn; hoender met kerrie en gemmer; en wildsvleis met appel en

timie – almal bedien met 'n keuse tussen rys of mieliepap. (Blikskottel, ek wat Ron is het my nou skoon honger geskryf!) Naas die potjiekos kan klante

ook kerrie en rys kry; of braaivleis – biefstuk, tjops en wors, bedien met bykosse; of Sjinese braai; of hamburgers. Hulle voorsien nie alleen die hoogste

Die son sak by Barberspan

994

“Met plesier Pa,” antwoord die seun, “wat moet ek doen?” “Eerstens,” sê sy pa, “wil ek hê jy moet jou gemiddelde skoolpunte van 'n C na 'n B opstoot. Dan wil ek graag hê jy moet jou Bybel meer gereeld lees. Derdens, wil ek hê jy moet jou hare laat kort sny. Doen hierdie drie dinge vir my, dan praat ons weer oor die gebruik van die motor.” Die seun dink 'n bietjie oor die saak, besluit dis aanvaarbaar, en hulle kom so ooreen. Na ongeveer ses weke sê sy pa,

“My seun, ek sien jou punte het mooi gestyg en ek sien ook dat jy nou elke dag gereeld jou Bybel lees. Ek is egter 'n bietjie teleurgesteld om te sien dat jou hare nog nie kort is nie.” “Weet Pa,” antwoord die seun, “ek het al baie daaroor nagedink. In my bestudering van die Bybel het ek gemerk dat Simson ook lang hare gehad het, Johannes die Doper se hare was lank, Moses het sy hare

kwaliteit smaaklike kos nie, maar skep ook 'n feestelike atmosfeer met hulle ikoniese swart driepootpotte waarin alles voorberei word. Met hulle 50 opgeleide personeel staan hulle reg vir 'n maksimum van 3000 en 'n minimum van 500 mense. 'n Mens wonder waarmee hierdie wawyd-wakker familielede nog vorendag sal kom.

____________________

Helen Hayes, Amerikaanse aktrise

Rus en jy roes. _________________

OOREENKOMS Die tienerseun het so pas sy rybewys gekry en hy vra vir sy pa om 'n bietjie te gesels oor die gebruik van sy pa se motor. Sy pa gaan sit en kyk hom vas in die oë. “Kom ons maak 'n ooreenkoms,” sê hy. “As jy drie dinge vir my sal doen, kan ons gesels oor die gebruik van die kar.”

Nico & Ané

Page 16: Die Doringtak 47

995

lank gedra … en daar is sterk getuienis dat Jesus self ook lang hare gehad het … “ Hy glimlag, en wag vir sy pa se reaksie. “Dis baie waar,” sê sy pa. “Dan het jy seker ook gemerk dat hulle almal te voet gereis het waarheen hulle ookal gegaan het?” _____________________

Dis dan al vir nou. Dis dan al vir nou. Dis dan al vir nou. Dis dan al vir nou. ---- met ‘n spesiale met ‘n spesiale met ‘n spesiale met ‘n spesiale woordjie van dank aan woordjie van dank aan woordjie van dank aan woordjie van dank aan die ‘Bokke ... die ‘Bokke ... die ‘Bokke ... die ‘Bokke ... en al ons ander en al ons ander en al ons ander en al ons ander

pragtige pragtige pragtige pragtige presteerders. presteerders. presteerders. presteerders. Seënwense vir Seënwense vir Seënwense vir Seënwense vir die res van die die res van die die res van die die res van die jaar. Moenie jaar. Moenie jaar. Moenie jaar. Moenie vergeet om te vergeet om te vergeet om te vergeet om te skryf, eskryf, eskryf, eskryf, e----pos, pos, pos, pos, faks of bel nie. Ek het faks of bel nie. Ek het faks of bel nie. Ek het faks of bel nie. Ek het julle bydraes, kritiek, julle bydraes, kritiek, julle bydraes, kritiek, julle bydraes, kritiek, wenke en steun nodig.wenke en steun nodig.wenke en steun nodig.wenke en steun nodig.

Ron Ron Ron Ron

Ané en een van haar spanne

996