die doringtak 42

12
821 REDAKSIONEEL Ons vertrou dat almal veilig en uitgerus is na die vakansiemaand en wens elke familielid ‘n baie geseënde en voorspoedige 2008 toe. Mag hierdie jaar een wees waarin ons familiebande hegter en hartliker sal word as ooit tevore en dat ons toenemend ‘n familietrots en samehorigheidsgevoel sal ervaar. Laat ons opgewonde wees om as familielede ‘n waardige en regmatige plek in die samelewing in te neem en dat elkeen sy deel sal doen om dit waar te maak. Die Doringtak en die Bestuur van die Familiebond sal steeds poog om julle op hoogte te hou met die rol wat ons familie in die samelewing en in mekaar se lewens vervul. Familielede, ook aangetroudes, word aangemoedig om hulle insette via Die Doringtak te lewer. Stuur gerus bydraes, voorstelle en kommentaar per gewone pos, e-pos of faks aan bogemelde posbus, faks- of e-pos adres. Alle Familie-nuus is altyd welkom. By voorbaat dank. Contributions by English speaking relatives are equally welcome. Die Bestuur onderneem om die belange van die Familiebond so goed as moontlik te dien. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings van medewerkers nie en die redakteur behou hom die reg voor om alle artikels en briewe te verkort en redaksioneel te versorg. Nuus oor enige familielede van waar ookal is altyd welkom. Ons hoor ook graag van familie uit die buiteland. Groete van familielid tot familielid. Amper ‘n kwarteeu Die eerste Doringtak het verskyn in April 1984. Hier is die eerste berig (bladsy 1) wat daarin verskyn het: Die Doringtak Nr. 42 Januarie 2008 Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND Posbus 3501, Pietersburg 0700 ( (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 295 7016 E-pos: [email protected] 822 korrespondensie. Graag sal ons sien dat daar ‘n groeiende terugvoering ontwikkel.” Geskryf deur: Ulrich Steynberg (b7.c6.d3.e9.f3.) eerste voorsitter van die Johan Jost Steinberg Familiebond. ‘n Interessante kenmerk is dat die bladsynommers van die nuusbrief van daardie tyd af deurlopend op mekaar gevolg het. LEWENSVERWAGTING VAN 'n FAMILIENUUSBRIEF Wyle Ds Hendrik Steenberg (Vise- voorsitter van die JJS Familiebond en getroue medewerker van Die Doringtak), het by ‘n paar geleenthede gesê dat familie-organisasies en nuusbriewe van hierdie aard ‘n beperkte leeftyd het en dat hulle volgens sy waarneming en navrae selde langer as 20 jaar bestaan. Dit het my as redakteur aan die dink gesit. Ons bestaan nou reeds byna 25 jaar en alles het daarop gedui dat ons hierdie verwagting verkeerd sou bewys. Ons het 25 jaar gelede begin as gevolg van die onskatbaar waardevolle insette en dryfkrag van Lieselore Steynberg, die skryfster van die kosbare geslagsregister EEN FAMILIE, wat vandag feitlik ‘n versamelaarsitem geword het. Daar is nog enkele eksemplare beskikbaar en belangstellendes kan met my (Ron) skakel om een te bekom. Ons het weggetrek met ‘n adreslys van 580 gesinne waarmee kontak gehou was. Vandag het ons 386 persone of gesinne aan wie Die Doringtak uitgestuur word, d.w.s. 33% minder as waarmee ons begin het. Ons familiebondlidmaatskap en intekengeld op Die Doringtak is tans R20 per eksemplaar (R15 vir pensioenarisse). Betaling hiervan is Tydens die familiefees gehou op Graaff Reinet, 30 September tot 2 Oktober 1983, is die Johan Jost Steinberg familiebond gestig. Hier is die eerste nuusbrief van hierdie bond. Die bestuur meen om twee of meer eksemplare jaarliks uit te gee. Mag ons koerantjie met voorspoed geseën wees. INLEIDING Is dit mannemoed, onverskrokkenheid of maar net avontuurlus? Wat laat ‘n jong man van 24 jaar oud sy familie en vaderland die rug toekeer en na die onbekende woeste uitvaar? Ons stamvader Johan Jost Steinberg was hierdie jong man wat vreemd en alleen, in 1748 by die Kaap aan wal gestap het. Ek wil nie graag herhaal wat reeds in die Familie-stamregister aangeteken is nie, maar daar is tog ‘n paar interessanthede vir die ongelukkiges wat nie in besit is van hierdie pragwerk nie. Ons stamvader was geseën met elf kinders, naamlik vyf seuns en ses dogters.. Ons sou vandag ‘n baie groter familie gewees het as dit nie was dat net twee van sy seuns, naamlik b7. en b11. die stamnaam kon voortsit nie. Volgens opsporing is uit b7. en sy nakomelinge, (in 1984, by verskyning van Die Doringtak No. 1 natuurlik) 215 seuns en 176 dogters gebore, waarvan vandag nog 123 mans en 121 vroue lewe. Hierby is nie die dogters wat getrou het se kinders bygetel nie want hulle dra nie meer die stamnaam nie. Vandag is daar in ons familie verskillende spelmaniere van ons naam, en elkeen, in sy eie reg, snobisties of nie, glo dat hy nie aan die ander verwant is nie. Ons beoog en ons hoofdoel met die Nuusbrief is om hierdie gevoel stadig maar seker uit die weg te werk en beter familiebetrekkinge en familiesamehorigheid te bevorder. Ons kan en sal dit bereik, maar dan moet elkeen van ons sy bietjie bydra. Ons posadreslys staan op 580 families aan wie gereeld omsendbriewe gestuur word. Met ander woorde - eenrigting

Upload: johann-steynberg

Post on 08-Mar-2016

287 views

Category:

Documents


7 download

DESCRIPTION

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

TRANSCRIPT

Page 1: Die Doringtak 42

821

REDAKSIONEEL

Ons vertrou dat almal veilig en uitgerus is na die vakansiemaand en wens elke familielid ‘n baie geseënde en voorspoedige 2008 toe. Mag hierdie jaar een wees waarin ons familiebande hegter en hartliker sal word as ooit tevore en dat ons toenemend ‘n familietrots en samehorigheidsgevoel sal ervaar. Laat ons opgewonde wees om as familielede ‘n waardige en regmatige plek in die samelewing in te neem en dat elkeen sy deel sal doen om dit waar te maak. Die Doringtak en die Bestuur van die Familiebond sal steeds poog om julle op hoogte te hou met die rol wat ons

familie in die samelewing en in mekaar se lewens vervul. Familielede, ook aangetroudes, word aangemoedig om hulle insette via Die Doringtak te lewer. Stuur gerus bydraes, voorstelle en kommentaar per gewone pos, e-pos of faks aan bogemelde posbus, faks- of e-pos adres. Alle Familie-nuus is altyd welkom. By voorbaat dank. Contributions by English speaking relatives are equally welcome. Die Bestuur onderneem om die belange van die Familiebond so goed as moontlik te dien. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die menings van medewerkers nie en die redakteur behou hom die reg voor om alle artikels en briewe te verkort en redaksioneel te versorg. Nuus oor enige familielede van waar ookal is altyd welkom. Ons hoor ook graag van familie uit die buiteland. Groete van familielid tot familielid.

Amper ‘n kwarteeu

Die eerste Doringtak het verskyn in April 1984. Hier is die eerste berig (bladsy 1) wat daarin verskyn het:

Die Doringtak Nr. 42 Januarie 2008

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND Posbus 3501, Pietersburg 0700 ( (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 295 7016

E-pos: [email protected]

822

korrespondensie. Graag sal ons sien dat daar ‘n groeiende terugvoering ontwikkel.”

Geskryf deur: Ulrich Steynberg (b7.c6.d3.e9.f3.) eerste voorsitter van die Johan Jost

Steinberg Familiebond.

‘n Interessante kenmerk is dat die bladsynommers van die nuusbrief van daardie tyd af deurlopend op mekaar gevolg het. LEWENSVERWAGTING VAN 'n FAMILIENUUSBRIEF

Wyle Ds Hendrik Steenberg (Vise-voorsitter van die JJS Familiebond en getroue medewerker van Die Doringtak), het by ‘n paar geleenthede gesê dat familie-organisasies en nuusbriewe van hierdie aard ‘n beperkte leeftyd het en dat hulle volgens sy waarneming en navrae selde langer as 20 jaar bestaan. Dit het my as redakteur aan die dink gesit. Ons bestaan nou reeds byna 25 jaar en alles het daarop gedui dat ons hierdie verwagting verkeerd sou bewys. Ons het 25 jaar gelede begin as gevolg van die onskatbaar waardevolle insette en dryfkrag van Lieselore Steynberg, die skryfster van die kosbare geslagsregister EEN FAMILIE, wat vandag feitlik ‘n versamelaarsitem geword het. Daar is nog enkele eksemplare beskikbaar en belangstellendes kan met my (Ron) skakel om een te bekom. Ons het weggetrek met ‘n adreslys van 580 gesinne waarmee kontak gehou was. Vandag het ons 386 persone of gesinne aan wie Die Doringtak uitgestuur word, d.w.s. 33% minder as waarmee ons begin het. Ons familiebondlidmaatskap en intekengeld op Die Doringtak is tans R20 per eksemplaar (R15 vir pensioenarisse). Betaling hiervan is

“Tydens die familiefees gehou op Graaff Reinet, 30 September tot 2 Oktober 1983, is die Johan Jost Steinberg familiebond gestig. Hier is die eerste nuusbrief van hierdie bond. Die bestuur meen om twee of meer eksemplare jaarliks uit te gee. Mag ons koerantjie met voorspoed geseën wees.

INLEIDING

Is dit mannemoed, onverskrokkenheid of maar net avontuurlus? Wat laat ‘n jong man van 24 jaar oud sy familie en vaderland die rug toekeer en na die onbekende woeste uitvaar? Ons stamvader Johan Jost Steinberg was hierdie jong man wat vreemd en alleen, in 1748 by die Kaap aan wal gestap het. Ek wil nie graag herhaal wat reeds in die Familie-stamregister aangeteken is nie, maar daar is tog ‘n paar interessanthede vir die ongelukkiges wat nie in besit is van hierdie pragwerk nie. Ons stamvader was geseën met elf kinders, naamlik vyf seuns en ses dogters.. Ons sou vandag ‘n baie groter familie gewees het as dit nie was dat net twee van sy seuns, naamlik b7. en b11. die stamnaam kon voortsit nie. Volgens opsporing is uit b7. en sy nakomelinge, (in 1984, by verskyning van Die Doringtak No. 1 natuurlik) 215 seuns en 176 dogters gebore, waarvan vandag nog 123 mans en 121 vroue lewe. Hierby is nie die dogters wat getrou het se kinders bygetel nie want hulle dra nie meer die stamnaam nie. Vandag is daar in ons familie verskillende spelmaniere van ons naam, en elkeen, in sy eie reg, snobisties of nie, glo dat hy nie aan die ander verwant is nie. Ons beoog en ons hoofdoel met die Nuusbrief is om hierdie gevoel stadig maar seker uit die weg te werk en beter familiebetrekkinge en familiesamehorigheid te bevorder. Ons kan en sal dit bereik, maar dan moet elkeen van ons sy bietjie bydra. Ons posadreslys staan op 580 families aan wie gereeld omsendbriewe gestuur word. Met ander woorde - eenrigting

Page 2: Die Doringtak 42

823

heeltemal vrywillig en niemand se lidmaatskap of lewering van Die Doringtak word beëindig weens wanbetaling nie. Tot 2003 was Die Doringtak gratis gedruk deur Michael Zinn Steynberg (b11.c1.d4.e11.f3.g1.)van Kaapstad se kommersiële drukkery. Daarsonder sou die voortbestaan daarvan nie moontlik gewees het nie. Tydens ‘n familiesaamtrek in April 2003 te Graaff Reinet het Lieselore die tuig neergelê en Ron in haar plek die sekretaris van die Familiebond en redakteur van Die Doringtak geword. Lieselore is tans die lewenslange ere-president van die Familiebond. Omdat Ron in Pietersburg woon en werk en skakeling met Michael Zinn Steynberg in Kaapstad lomp en onprakties sou wees, is besluit dat die nuusbrief voortaan gratis op Ron se kantoor se druktoerusting geproduseer sou word. Die gehalte is sekerlik nie vergelykbaar met dié van kommersiële drukkerye nie, maar die bond betaal net vir die papier, koeverte en posgeld. Ons doel bly kommunikasie met die familie en nie ‘n duur prestige-blaadjie nie. Die koste om dit by ‘n gewone drukkery te laat doen sou ‘n groot verhoging in koste meegebring het wat waarskynlik die einde vir die Bond en sy nuusbrief sou beteken. Dit net terloops oor die agtergrond en die opset soos dit tans daar uitsien. ‘n Mens moet egter ‘n bietjie besin oor die toekoms. Generasiegapings is werklike verskynsels wat nie weg te redeneer is nie. Die Doringtak in sy huidige gedaante voorsien nog in die behoeftes van diegene wat teen 1983/4 se koers die behoefte daaraan gevoel het. Almal van hulle het intussen 25 jaar ouer geword en ‘n hele aantal het ons reeds ontval.

Min jonger familielede wat sedertdien volwassenheid bereik het, het as lede aangesluit. Dit begin moeilik raak om uit die familie nuus te ontvang en met familie-huwelike, -sterftes en -geboortes tred te hou. Ons staan in die jaar waar sekerlik ‘n kwarteeu-viering of ‘n fees van pas sal wees. Is daar nog belangstelling (en die krag) daarvoor? So ‘n geleentheid sou ook ideaal wees om ‘n nuwer, jonger, meer dinamiese bestuur te kies. Sal lede nie asseblief hieroor dink en vir my skryf wat hulle dink nie? Bespreek dit met julle kinders en kleinkinders en kom met kommentaar of voorstelle. Die Familiebond en sy nuusbrief is ‘n unieke besitting van almal van ons en dit sal werklik hartseer wees om dit te sien doodloop. Min families besit so ‘n skat. Die huidige redakteur sal sekerlik nie vir ewig kan voortgaan nie (hoewel hy nie daarvoor sou omgee nie.)

__________________________________

BUMPER STICKER

Coincidence is when God

chooses to be anonymous.

__________________________________

LEDEGELD

Die Bestuur waak steeds teen styging van die intekengeld. Dis in 25 jaar net eenmaal verhoog - en dit 10 gelede. Ledegelde is einde Januarie jaarliks betaalbaar. Ons doen ‘n beroep op lede om dit nie te vergeet nie en sommer dadelik aandag daaraan te gee: JJ Steinberg Bond Posbus 3501 PIETERSBURG 0700

824

oud, in haar bed in een kamer, moes tuis bly. Haar broers, Hendrik (4) en Matthys (6) en Tant Bont-Hannie se seuntjie van 5 moes tuis bly om die twee kleintjies op te pas. Hulle mag nie uit die erf uit nie en geen hek mag oopgemaak word nie. ‘n Huishulp moes kyk dat alles presies so verloop. Toe die seuntjies hulle moeders sien terugkom, vergeet hulle die streng instruksies en daar trek hulle, hul moeders tegemoet. Klein Elsie besluit sy gaan saam, en daar waggel sy op haar lomp beentjies agterna. Daar kom juis toe ‘n trein aan. Daar word op die seuntjies geskree om om te draai en vingers word gewys oor hulle ongehoorsaamheid. Toe besef die twee ma’s dat Elsie ook op pad is en dat sy te klein is om te begryp dat sy moet omdraai. Die trein kom met ‘n vaart verby reg voor klein Elsie en die wind daarvan ruk haar onderstebo. Gelukkig val sy agteroor en weg van die spoor af, terwyl haar angstige moeder haar nie langer kon sien nie. Na die trein verby is, vind haar moeder dat Elsie net winduit was met slegs ‘n paar skrape. Nadat Elsie getroos en versorg was, begin haar moeder en Tant Bont-Hannie na die seuntjies soek. Tant Bont-Hannie s'n is huis toe maar die twee Steenbergies was

Of, as dit u beter pas, deponeer u geld direk in die Bond se rekening in:

J J Steinberg Bond

ABSA Spaarrekening Rek. No. 38065851803 Tak 632005 (Pos of faks dan asb. u betalingsbewys na die adres of faksnommer bo-aan hierdie nuusbrief. Skryf ook asseblief in elke geval u volle voorletters, van en posadres daarby. Anders weet ons nie altyd wie se geld ons ontvang het nie.) Ons maak staat op u samewerking.

__________________________________

Bumper Sticker

Many people want to serve God -

but only as advisors.

__________________________________

GROOT WEGKRUIP Met Elsie Ferreira (geb. Steenberg—b11.c1.d5.e5.f3.g5.) van Steytlerville gaan dit nog goed, sy rits nog rond waar sy wil wees en het onlangs vir die derde keer oumagrootjie geword. Terwyl haar ouers in ‘n spoorweghuis gewoon het op Piet Retief, word ‘n vriendin van haar moeder wat oorkant die spoor gewoon het, baie siek. Elsie se moeder word geroep om te gaan help. Haar buurvrou, Tant Bont-Hannie - heel raak so genoem met haar rooi hare en die donkerste sproete denkbaar van kop tot tone - gaan saam. Elsie se slapende baba-boetie Johannes in sy bedjie en sy, ± 2 jaar

Page 3: Die Doringtak 42

825

skoonveld. Die spoortjies kon gevolg word tot by die Steenbergs se welige groentetuin waar die opgeërte aartappels amper heuphoogte gefloreer het, maar daar het hulle verdwyn. Hulle moeder draai net daar om en sê hard: “Ek weet nie waar julle is nie en ek gaan nie verder tyd mors nie. Julle sal honger word en dan sal ek julle kry!” Heelwat tyd het verloop sedert hulle verdwyning en hulle moeder moes ‘n roep van die natuur beantwoord. Destyds is die emmerstelsel nog in ‘n buite-”kleinhuisie” gebruik. Toe sy die deksel van die sitplek oplig, sit die twee beangste rakkers daar weerskante van die emmer vir haar en loer, die een met ‘n swart regterwang en die ander met ‘n besmeerde linkerwang van die Little’s Dip waarmee die emmers ontsmet was. Dit het mos so taai geword aan die buitekant van die emmers. Sy onderdruk die lag met moeite en stuur hulle ewe sedig huistoe om vir haar in die kombuis te gaan wag. Elsie glo die seuntjies was sekerlik gewiks, maar dat dit ligter was as wat dit sou gewees het as hulle op ‘n ander plek gevind was. Sy self het ook erg skok opgedoen en het lank daarna nog nagmerries gekry oor die skrik. Sy ril vandag nog by die gedagte dat sy amper nie vandag hier was om die verhaal te vertel nie. __________________________________

Bumper Sticker

Don’t wait for 6 strong men to

take you to church.

__________________________________

SOETKAROO

In DD34 van Julie 2003 het ons berig hoe SUSAN Perold (geb. Steynberg—b7.c6.d3.e9.f2.g2) en haar man Herman 'n klompie appel-koosbome met wingerdstokke vervang het en in daardie jaar hulle eerste druiwe gepluk en gepars het en hulle eie heerlike wyn laat maak het. Die verhaal het verder ontwikkel.

Herman en Susan het tien jaar gelede Kaapstad vaarwel toegeroep en na Prins Albert verhuis. Hul eerste taak was om hul nuwe huis - gebou in 1841 en die oudste gewelhuis op die dorp - te restoureer en die sinkdak met riet te vervang. Hier het hulle bed-en-ontbyt aangebied en dit terdeë geniet. Nog twee huisies is bekom en as selfsorgeenhede aan toeriste verhuur. Soetkaroo mag dalk een van die kleinste geregistreerde wynplasies in Suid-Afrika wees, maar dit is beslis die grootste in Prins Albert se hoofstraat! Hierdie jong wingerd is in die jaar 2000 geplant en die eerste wyn is in 2004 gebottel. Tot en met die 2006 oesjaar het Flip Smit van die Kango Wynkelder op Oudtshoorn die wyn gemaak, maar vanaf 2007 doen die Perolds dit self, met raad en onderskraging van hulle vriendelike wynmakervriende. Susan sê Herman werk “met die molekules van die wingerstokke.” Sy kennis van biochemie speel duidelik ‘n rol, maar dalk ook die feit dat hy jonger familie is van die “Vader van die

826

We deliver!

Agatha van Zyl ontvang op 5 Junie 2007 Die Doringtak Nommer 39 - posstempel op koevert 29/11/2005. Waar hy geswerf het sal niemand weet nie. Dit maak darem die Poskantoor se slagspreuk waar: “We deliver, whatever it takes.” Miskien moet hulle net byvoeg: “however long it takes!” Sy het No. 40 ontvang maar No. 41 is op daardie stadium, meer as ‘n maand nadat dit gepos is, nog nie ontvang nie. Sy moet egter nie moed verloor nie. Op vorige ervaring beoordeel kan sy verwag dat dit seker nie langer sal neem as 17 maande nie. Ron het darem vir haar belowe as dit nie binne die volgende week daar uitkom nie, sal hy vir haar weer een stuur. __________________________________

Bumper Sticker

God doesn’t call the

qualified.

He qualifies the called. __________________________________

NAMIBIESE EPISODES

Deur W R (Ron) Steynberg - b7.c6.d6.e6.f1.g1

Iewers in hierdie verhaal skuil daar ‘n

Pinotage-druif”, Prof Abraham Perold. Sy pa was Prof Izak perold, ook ‘n bekende in landboukringe. Herman en Susan verwelkom besoekers om die wingerd en klein kelder te besigtig en die wyn te proe. Die klein voorraad verkoop vinnig uit, hoofsaaklik vanuit die proelokaal. Soetkaroo Red Muscat d’Alexandrie is ‘n gefortifiseerde dessertwyn van hoofsaaklik Rooi Hanepoot. Die rooi variasie van Hanepoot is ongewoon in Suid-Afrika; sover bekend is hierdie een van net twee wyne wat tans daarvan gemaak word. Klein persentasies van Rooi Muskadel (Muscat de Frontignan), Touriga Nacional en/of Petit Verdot word bygevoeg om die kleur te verdiep. Die formule wissel elke oesjaar en reflekteer die toestande in die wingerd van daardie seisoen. Maar, slegs druiwe in Herman en Susan se wingerd kom in daardie pikante Franse botteltjie. Soetkaroo het ‘n goeie ontvangs by gebruikers en wynkenners gehad, maar die beste nuus was die twee toe-kennings by die 2005 Michaelangelo International Wine Awards kompetisie: ‘n Grand D’or medalje (dubbelgoud) in die soetwynklas, asook die Good Taste Garagiste trofee vir die beste boetiekwyn. Met sulke goeie reklame verkoop die wyn so vinnig dat daar onvoldoende voorraad is wanneer dit weer kompetisietyd is. __________________________________

Bumper Sticker

A lot of church members

who sing “Standing on the

promises” are just sitting

on the premises. __________________________________

Page 4: Die Doringtak 42

827

paar sedelesse. Lees maar self en kyk of jy hulle kan identifiseer en iets nuttigs daaruit kan leer. In Mei vertrek ek en Issie en twee vriende, Jules en Juanette Coetzer van Polokwane op ‘n kort toer na Namibië. In die vorige week is Issie gepla met ‘n kwaai infeksie in haar linkeroog en sy spreek haar dokter wat vir haar ‘n klein botteltjie gee waaruit sy elke uur ‘n druppel in die oog moet toedien. Die middag voor ons vertrek is sy gou by ons seun Carel en vroutjie Adél om afskeid te neem, veral van kleinseun Duan (2). Net toe is ‘n uur weer om en sy vra vir Carel om sommer ‘n druppel in die oog te gooi en sy haal die botteltjie uit haar handsak. Toe die druppel land, brand dit erg en by ondersoek blyk dit dat sy ‘n botteltjie van soortgelyke grootte uitgehaal het wat ‘n kragtige gom bevat waarmee sy onlangs ‘n gebreekte vingernael herstel het. Gelukkig kon die ooglede onmiddellik van mekaar geskei word maar die wimpers van elke lid is solied aanmekaar verbind. Skynbaar het die feit dat die oog self nat is, verhinder dat die wimpers aan die oogbal

vaskleef. Dit sou ongeveer twee weke neem voor sy van die twee gomstroke bo– en onderkant die oog ontslae sou wees en toe het dit gepaard gegaan met die verlies van al die wimpers van die oog. Gelukkig groei hulle baie vinnig weer uit ... Die afspraak was om die volgende oggend vieruur die vriende op te laai en te vertrek. Inderhaas pak Issie die laaste goedjies in die

bagasiebak en daar trek ons tot waar

die vriende reeds staan en wag. Ons vorder voorspoedig tot by die Ultra City anderkant Kranskop, 160 km van die huis af en hou daar stil om bene te rek. Issie begin skielik en onverklaarbaar grawe in haar handsak, later nog dringender in die bagasiebak en ten laaste in die sleepwaentjie tussen die voorrade. Haar houer met paspoorte kan sy nie vind nie. Gelukkig woon ons seun Johann in ‘n woonstel wat aan ons huis gebou is en ek (Ron) bel hom. Johann - nou nie juis verheug om teen 6 vm wakker gebel te word nie - gaan kyk gou in ons huis en oplaas daar waar die motor gepak was. Ja, bel hy terug (dankie tog vir selfone!), die paspoorte lê veilig op Issie se Honda se bagasiebakdeksel waar sy dit neergesit het terwyl sy die laaste goedjies in die BMW op hulle plek sit. Laat dit nou maar ‘n geheim bly hoe lank dit geneem het voordat Johann by ons stilgehou het met die paspoorte. ‘n Mens weet nooit wie almal hierdie nuusbrief lees nie. Daar was net genoeg tyd om ‘n tweede rustige koppie koffie in die Wimpy by Kranskop te drink, toe was die paspoorte in Issie se hande en kon die

828

toegelaat word nie. Haar paspoort verval vyf dae na haar beoogde vertrek uit Namibië. Hulle wet vereis dat jou paspoort vir ten minste twee maande na jou vertrek nog geldig moet wees. Jules raak op die plek woedend en wil net amok maak en ek moes hom letterlik in die ribbes pomp om hom stil te kry. ‘n Humeur soos syne sal ‘n mens in daardie wêrelddeel laat toegesluit word. Issie praat mooi maar die dame bly onverbiddellik - sy kan nie die land binne nie. Issie sê dit beteken ons hele vakansie sal daarmee heen wees. Al vier van ons is in een motor en sal nou moet omdraai. Nee wat, reken die dame hulpvaardig, Issie moet net met haar tas na die ander kant van die gebou stap “and find a hike to Gaborone and get a temporary travel document from the South African High Commissioner.” Ons praat hier van ‘n afstand van sowat 800 km! Dan kan Issie met haar tassie weer terug ryloop en ons ander drie iewers in die uitgestrekte Namibië weer inhaal, is die kern van die dame se bemoedigende kommentaar. Issie vra hoopvol of ons nie maar in Windhoek by die Hoë-Kommissaris die nodige dokument kan kry nie. Nee,

want dan is sy onwettig in die land tot daar, reken die amptenaar heel logies. Issie verduidelik dat sy reeds vir ‘n nuwe paspoort aansoek gedoen het en dat twee Binnelandse Sake-kantore in Suid-Afrika haar verseker het dat daar geen

reis hervat word. Anderkant Zeerust is ons seepglad binne minute deur die Skilpadnek grenspos Botswana binne en vorder ons flink verder op die pragtige Trans Kalahari Highway. Die lang hoofsaaklik reguit en goedversorgde pad lok jou uit om vinnig te ry maar ons is gewaarsku daarteen. Die owerhede in Botswana het ‘n manier om spoedlokvalle op onverwagse plekke op te stel en vinnig ry kan ‘n duur en tydrowende oefening wees. Verkeersboetes moet op die plek en in pula betaal word. Groot dele van die pad is sonder heinings en ‘n mens moet wakker loop vir wild en rondloper-vee. So ry ons naby Lobatsi verby, deur Kanye, Jwaneng, Sekoma en Puduhudu en na ongeveer ‘n duisend kilometer en dertien ure bereik ons veilig die netjiese dorpie Kang diep in die Kalahari waar twee netjiese hutte bespreek is vir die nag. ‘n Heel vullende ontbyt val ons die volgende oggend te beurt in die oornagplek se restaurantjie. Ek vermoed sterk dat die Botswana weergawe van boerewors in olifant-derms gestop is want ‘n mens kry hulle nie maklik stukkend nie. Sonder voorval verloop die reis verder oor die ylbewoonde land deur die wydverspreide dorpies Palamakoloi, Lone Tree, Tsootsha en Charles Hill tot by die Mamuno grenspos waar jy Namibië betree. By die grenspos vorder die papierwerk fluks totdat Issie meegedeel word dat ons ander drie deur die grens kan gaan, maar dat sy nie

Page 5: Die Doringtak 42

829

probleem sou wees nie - haar paspoort is geldig tot die dag wat hy verval. Daar is geen manier om vooraf bewus te word van hierdie wetlike vereiste waarop die dame haar beroep nie. Maar, die amptelike hart bly klipsteen-hard. Nouja, ek hét ‘n humeur, maar ek verloor hom selde. Hierdie was beslis nie die geleentheid daarvoor nie! Wat kon ek doen? Ek draai toe die ou Steynberg sjarme vol oop, beklemtoon herhaaldelik dat ons besef ons is nou in hulle hande, maar ons groep het reeds etlike duisende rande vooruitbetaal en besprekings gedoen om gaste in hulle mooi land te wees. Ons is nie jong mense nie en enigeen kan tog sien dat ons geen misdadige planne het nie. Die hele kwessie is die gevolg van gebrekkige kommunikasie. So borduur ek voort in nederige en heuningsoet tone tot dit vir die twee dames duidelik was dat hierdie Steynberg te onnosel is om te weet dat in ‘n geval soos hierdie ‘n taktvolle omkoopsom eintlik die towermiddel is wat die knoop sou deurhaak. Eindelik gee die senior dame kop - bloot, verseker sy ons, omdat ons so oud is as wat ons is, want as ons in ons dertigs was, sou sy Issie beslis nie toegelaat het nie. Toe merk sy Issie se rooi, geïrriteerde oog en raak die ene besorgdheid en verneem na die oorsaak. Sy gee glad vir Issie die naam en foonnommer van ‘n dokter in Gobabis wat sy aanbeveel! So word ons toe binnegelaat met ‘n streng vermaning dat ons nie ‘n dag langer in Namibië moes vertoef as wat ons aangedui het nie. Interessant, met ons terugkeer twee weke later herken die senior dame ons en kom aangestap om vriendelik te verneem hoe dit met Issie se oog gaan en of sy toe die Gobabis dokter

besoek het. So, miskien het ek dit verkeerd met my omkopery verdenkinge. Daarvandaan ry ons toe sonder voorval verder tot in Windhoek waar ons in ‘n gesellige gastehuis oornag en vroeg die volgende oggend ons reis voortsit deur Okahandja, Otjiwarongo, Otavi en Tsumeb tot waar ons die Etosha Panne wildreservaat by Namutoni binnegegaan het. Daar ontdek ons dat die Namibiese vriend van Jules wat die bespreking vir ons behartig het, net vir twee dae bespreek het en nie vir drie dae soos gereël nie. Ons was dus ‘n dag te vroeg. Die hutte wat vir ons bespreek was, was eers van die volgende aand af beskikbaar. Die kantoor plaas ons toe in twee ander hutte. Ewe verleë aanvaar ons die reëling, maar toe ons die hutte betrek blyk dit dat daar van die standaard breek- en messegoed, Toring by Okaukuejo _______ kook–, bak– en braaitoerusting feitlik niks in die hutte was nie. Jules gaan toe terug kantoor toe en dring daarop aan dat die ontbrekende toerusting

830

Na drie salige dae in Okaukuejo sit ons die reis voort oor Outjo, Otjiwarongo, Omaruru en Karibib na Hentiesbaai. Daar het ons in die Desert Rose tuisgegaan en ‘n heerlike week deurgebring met besoeke aan Kaap Kruis met sy derduisende robbe, Swakopmund met sy pragtige Duitse styl geboue en ook Walvisbaai. Na ‘n vakansietjie wat eintlik ver te kort was, het ons veilig teruggery huis

toe. __________________________________

Bumper Sticker

I don’t know why some people

change churches; what

difference does it make which

one you stay away from? __________________________________

‘N SKERP SENIOR

MOMENT

dadelik voorsien word. Die oordbestuurder verduidelik toe vir Jules, wat al vir 35 jaar gereeld die Etosha-panne besoek, dat wanneer hy weer daar kom, daar heeltemaal niks behalwe beddens en matrasse in die hutte sal wees nie. Die gedagte is skynbaar dat die besoekers in die restaurant moet eet of anders alles wat hulle vir selfsorg nodig het, maar moet saambring. Die ontbrekende items is eers die volgende oggend aan ons

besorg. Swakopmund se mooi geboue Die unieke aantreklikheid van hierdie kamp is die watergat waaroor mens bedags en saans met spreiligte kan uitkyk. Die diere wat daar kom suip skyn onbewus van die kamp te wees, van die helder ligte of die mense wat op banke net agter ‘n lae klipmuur sit. Dit skep ‘n soort arena met die water as die fokuspunt wat die aandag sentreer op die diere wat kom suip. As ek Okaukuejo weer besoek, sal ek heelwat meer tyd - dag en nag - langs hierdie watergat deurbring, gewapen met ‘n verkyker, goeie kamera, iets te drinke en te peusel en warm klere.

Page 6: Die Doringtak 42

831

‘n Selfvoldane universiteitstudent by ‘n onlangse rugbywedstryd neem dit op homself om vir die senior burger wat langs hom op die pawiljoen sit, te verduidelik waarom dit vir die ouer geslag onmoontlik is om sy generasie te verstaan. “Julle het in ‘n heel ander wêreld grootgeword, eintlik ‘n byna primitiewe een,” verduidelik die student, luid genoeg vir talle wat daar naby sit om te hoor. "Vandag se jongmense het grootgeword met televisie, straalvliegtuie, ruimtereise, manne wat op die maan loop, ons ruimteskepe het Mars besoek. Ons het kernkrag, elektriese en waterstof motors, rekenaars met spoed-van-lig prosessering … en,” en hy swyg ‘n oomblik om ‘n volgende sluk van sy bier te neem ... Die Senior benut die verposing in die student se litanie, en sê, “Jy’s reg, ou seun. Ons het nie al daardie goed gehad toe ons jonk was nie ... toe vind ons maar hulle uit. Nou, jou arrogante klein twak, wat is jy besig om vir die volgende generasie te doen?” Die applous was glo oorverdowend ... __________________________________

Bumper Sticker

The best mathematical

equation I have ever seen:

1 cross + 3 nails = 4 given __________________________________

GEBOORTE

Eben (b11.c1.d4. e9.f2.g1.h5.) en Madelein Steynberg van Queenswood, Pretoria, het op 17 Oktober 2007 die trotse ouers geword

van klein Stephanie Steynberg wat ‘n volle 4,2 kg geweeg het.

ANTONY EN HELEEN

In Die Doringtak 38 (Junie 2005) het ons berig dat Antony Steynberg (b11.c10.d7.e3.f2.h2.) en Heleen verhuis het van die Bluff in Durban na ‘n hoewe by Inchanga tussen Pietermaritzburg en Durban. Heleen was opgewonde oor die dogtertjie wat sy verwag het—en wat reeds die naam Nina gegee was. Hulle was van plan om die einde van die jaar vir ongeveer 12 maande na Australië te gaan waar Antony getaak was om ‘n olieherwinningsaanleg te bou. In November 2006 was die projek voltooi en was Antony-hulle terug in KZN na ‘n opwindende jaar waarin hulle baie gesien en beleef het. Op 22 Junie 2007 was Antony op kantoor toe sy selfoon lui. Heleen se naam verskyn op die skerm. Hy is in ‘n dringende gesprek en besluit hy sal haar spoedig terugskakel. Sy lui weer en hy druk weer die foon dood. Hy gaan haar mos binne oomblikke skakel. Toe die foon ‘n derde keer lui, besef hy dit moet ‘n krisis wees en hy antwoord. Daar kom Heleen se skor boodskap, “Ek is geskiet en bloei geweldig. Help my!” Hy skree vir die ontvangsdame om die polisie te skakel terwyl hy uitstorm om die 40 km huis toe jaag—om daar begroet te word deur ‘n toneel wat by hom sal spook vir jare om te kom. Na hulle 16 maande in Australië het hulle vol verwagting huis toe gekom om hulle opsies te oorweeg. Moes

832

aan die keel terwyl hy haar skel omdat sy probeer wegkom het. Die seuntjie slaap nog steeds maar die dogtertjie staar verstom terwyl die booswig haar moeder rondruk en die vuurwapen in haar gesig druk. Die man neem die motorsleutels, Heleen se geld en selfoon en met ‘n finale belediging hardloop hy weg en laat die geskokte en erg bloeiende 50 kg moeder van twee aan haar lot oor. Sy skraap haar laaste kragte bymekaar en slaag daarin om die huis se sleutels in die motor te vind en na die huis te strompel om haar man te bel, terwyl hy die “silent” knoppie druk - iets wat hy sekerlik nooit weer sal doen nie. Heleen strompel terug na die motor en probeer om die dogtertjie se veiligheidsgordel los te maak, maar

haar kragte is reeds te min. Sy besluit om haar daar te laat en strompel pad toe om hulp te soek, waarin sy dan ook slaag. Na 20 minute

daag Antony op en vind sy erg bloeiende vrou en geskokte kinders in haar motor sit. Die gesondheidsdienste was besig om te staak en geen ambulans was beskikbaar nie. Antony jaag met haar en die kinders na die naaste ongevalle-saal. Die volgende oggend is sy geopereer - vier ure om ‘n plaat in te sit om die versplinterde regter bo-arm been aanmekaar te hou en ‘n koeël te verwyder onder die vel voor in haar borskas. Die volgende weke verloop in dolle, verdwaasde aktiwiteit. Die gesin het verhuis na Heleen se ouerhuis in

hulle in Suid-Afrika bly of terugkeer na Australië waar gulde geleenthede vir hulle gewink het? Op pad werk toe die oggend het Antony hulle amper 4-jarige seuntjie by die nabygeleë kleuterskool afgelaai waar hy baie gelukkig was. Heleen en klein Nina hulle dogtertjie van amper twee was baie gelukkig in hulle huis in ‘n ‘veilige’ area. Hulle het juis die sekuriteit nog ‘n bietjie verbeter deur ‘n beton-omheining met ‘n sekuriteitshek op te rig. Op pad huis toe na ‘n paar inkopies, het sy by die skool langs gery, die seuntjie opgelaai en huis toe gery. Oudergewoonte druk sy die knoppie, die hek gly oop en sy ry die erf binne met die kindertjies rustig aan die slaap op die agtersitplek. Toe sy langs die huis stilhou gewaar sy ‘n man wat by ‘n venster uitklim terwyl ‘n tweede binne die huis staan. “Hello,” sê nommer een luiters, “we are taking some stuff,” terwyl die tweede een ook begin uitklim. Sy besef die gevaar en begin dadelik agteruit ry om weg te kom terwyl sy sien dat die man ‘n vuurwapen oplig. ‘n Knal volg en

die windskerm bars. Sy hou aan ry en ‘n tweede skoot volg. Haar arm word van die stuur geruk en die motor stop buite beheer ongeveer 15 treë van die skutter terwyl haar skouer skerp brand en

bloed teen haar sy af stroom. Die man kom nader en sy versteen en verwag die ergste. Die man gryp haar

Page 7: Die Doringtak 42

833

Witbank. Heleen maak gou redelike vordering, hoewel dit ‘n lang pad sal wees na volkome herstel. Sy is oor die eerste struikelblok deur nie infeksie in weefsel of been te ontwikkel nie. Nou moes die been net begin heg. Sommige beensplinters kon nie in posisie geheg word met skoewe nie. As hulle nie aangroei nie sal na beenoorplantings beweeg moet word. Sy sal die arm vir 4 tot 6 maande nie kan gebruik nie. Die kinders begin stadig oor die skokkende ervaring kom. Antony reël dadelik om tydelik te verhuis na Witbank by sy skoonouers . Hy werk toe nog vir dieselfde maatskappy wat gelukkig ‘n opening gehad het naby Johannesburg sodat hy kan pendel tussen sy skoonouers se woning en sy werk. Planne om na Australië te verhuis het ver gevorder. Hulle het alle lus om in Suid-Afrika te bly, verloor. Vroeg in September ‘07 is Heleen, mooi aangesterk na haar gru-ondervinding, met haar vader aan die stuur en haar twee kindertjies tussen die Matla kragstasie en Kendal op pad Rand toe vir ‘n verdere ondersoek in verband met haar skietwond. Daar kom ‘n groot trok van voor af en toe hulle naby die trok is, toe peul daar

‘n Golf agter die trok uit om verby te gaan. ‘n Trompop-botsing volg. Toe die stof gaan lê is Heleen erg beseer, haar vader en twee kinders is op slag dood, asook die vrou wat die Golf bestuur het. Heleen se toestand is sover moontlik deur ‘n plaaslike dokter gestabiliseer en sy is na ‘n Randse hospitaal gejaag. Toe die dokter wat haar eerstehulp gegee en Rand toe gestuur het, die aand by die huis kom, blyk dit dat dit sy vrou was wat die Golf bestuur het en op slag gedood is. Hierna volg ‘n kaleidoskoop van behandelings: fisio-, beroeps-, en spraakterapie, psigiatrie, gekoördineer deur ‘n rehabilitasieleier, en ortopediese en neuro-dokter, ‘n heupoperasie, pyn, buitengewone en verstommende vordering. Sy kan eers slegs fluister, het moeite om woorde te vind. Sy is verstaanbaar diep hartseer, soms bly om besoekers te sien. Sy neem haar rehab met groot erns op. Die kinders se begrafnis word uitgestel tot die 15de November, want Antony glo dis belangrik vir hulle albei om dit saam by te woon. Dit is uit die NG kerk in Lyttelton gehou sodat Heleen nie te ver daarheen hoef te reis nie. Heleen se fisiese vordering is verstommend, getuig van moedigheid. Haar spraak word sterker as ‘n fluistering, sy kan gesels, langtermyn geheue is goed, korttermyngeheue redelik. Haar woordvind-vermoë verbeter met baie oefening. Sy sukkel met name, kleure ens., maar leer om hulle te vind. Eindelik bemeester sy ‘n loopraam. Sy verwerk haar situasie op verstommende wyse. Uiteindelik kan sy sonder hulp loop met een kruk in die linkerhand. Spraak vermoë is ± 70%. Kopieer van woorde is OK. Syfers ook. Engels, ‘n tweede taal, het van die radar verdwyn. Sy

834

mooiste natuurtonele in die wêreld. Cathedral Square in Christchurch met Christ Church in die agtergrond ___________________ Vroeg in die jaar het hy en vroulief Adrienne en hulle dogter Chantelle (i2.) ‘n paar dae deurgebring by Okains Bay sowat 1½ uur se ry vanaf Christchurch terwyl hul seun, Devon, (i1.) hom baie geniet het by ‘n kamporee in Australië - ‘n byeenkoms van ± 6000 kerk-scouts van die “Pacific”. Na die kamporee het die jong

klomp ‘n aantal theme parks bygewoon met waterglybane en dergelike pret. Leon-hulle het toe na Sydney Australië gevlieg waar hulle saam met Devon ‘n heerlike week vakansie gehou in die omgewing. Daarvandaan het hulle ‘n vriend, Pierre van Heerden, se troue noord van Sydney bygewoon en ook met ander vriende gekuier. Pas na hulle terugkeer in Nu Zeeland is Adrienne se vader onverwags in Suid-Afrika oorlede en was dit ‘n gespook om op kort kennisgewing plek op vliegtuie te kry. Adrienne en die kinders is via Auckland, Brisbane, Singapoer en Dubai na Johannesburg, terwyl Leon met ‘n ander vlug oor ‘n ander roete moes vlieg omdat daar nêrens vir vier saam plek was nie. Met die begrafnis was daar min tyd vir ander dinge, maar het hulle darem vir Leon se moeder Mavis gesien, asook

verstaan dit maar sal die spraak baie moet oefen. Sy eet later goed en tel mooi gewig op. Sy is baie opgewonde om die hostel te verlaat en op “verlof” te gaan. Intussen is hulle huis leeggemaak en alles ingepak, insluitende alles wat nog nog ingepak gestaan het na hulle terugkeer uit Australië. Hulle huis se nuwe eienaar het reeds ingetrek. Hulle is tans in Durban, besig om voor te berei om na Australië terug te keer. Antony se werkgewer het vir hom ‘n pos aangebied om permanent in Australië olieherwinningsaanlegte te bou. Hulle vertrek op 3 Februarie daarheen en dank almal wat hulle so trou ondersteun het in hulle beproewing. Ons beste wense vergesel hierdie moedige egpaar op die pad vorentoe. __________________________________

Bumper Sticker

The Will of God never

takes you to where the

Grace of God will not

protect you. __________________________________

UIT DIE

POSSAK

Leon Johan Steenberg (b11.c1. d5. e5.3.g2.h1—oudste seun van wyle Hendrik Frederik, voormalige ondervoorsitter van die Familiebond, skryf in ‘n lekker geselsbrief ‘n kort oorsig oor die afgelope jaar uit Christchurch, Nu Zeeland. Christchurch lê op die Suid-Eiland van Nu Zeeland en is bekend vir van die

Page 8: Die Doringtak 42

835

Leon se broer Louis en sy familie en enkele ander ou vriende. Paasnaweek het hulle lekker saam met vriende by Lake Benmore ontspan, hoewel die

pragtige forelle wat hulle in die verlede daar gevang het deur kunsaas so ‘n 100 meter agter die boot te “trawl” teen lae spoed, hierdie keer nie wou saamspeel nie. In September het hulle ‘n lekker stil maar taamlik winderige week in die berge by Mount Lyford twee uur noord

van Christchurch deurgebring. Dit was eers lekker warm en twee dae later het dit gesneeu. Adrienne werk nog steeds. Sy het in 2007 na heelwat deeltydse studies geregistreer as ‘n spesialis algemene praktisyn. Na al haar jare as ‘n “GP” in Suid-Afrika was dit nogal ‘n pyn om weer te moet studeer en ‘n verligting dat dit verby is. Sy kan nou ‘n eie praktyk

in NZ of Australië begin as sy wil. Hierdie twee lande vereis dat “GP’s” spesialiseer vir volle registrasie. Sy het egter nie sulke planne nie. Sy werk vier (soms vyf) oggende ‘n week en ook Dinsdagmiddae to 8 uur saans. So kan sy die meeste dae die kinders na skool optel. Die een praktyk is in ‘n gegoede woonbuurt waar sy dikwels die worried healthy sien. Die ander praktyk is “sendingwerk” onder mense wat werkloos is (omdat hulle nie wil werk nie) en kry ‘n toelaag (“benefit”) van die regering omdat hulle werkloos is. Hulle het meestal nie geld om die dokter te betaal nie, hoewel daar geld vir sigarette en drank is! Adrienne voel dis haar bydrae tot die gemeenskap. Leon - 'n oor, neus en kaak-spesialis - is baie besig in privaatpraktyk en

mense moet drie tot vier maande wag vir operasies. Hy werk net tot 5 uur smiddae en werk nooit laat nie, wat tyd laat vir die familie. Verder is hy ‘n deeltydse konsultant vir ‘n staatshospitaal en betrokke met opleiding van spesialiste. Alle trauma– en gesigsfraktuur en rekonstruksies word kosteloos by die staatshospitaal gedoen. Die staat betaal.

Leon het in Oktober ‘n mediese kongres in Perth (Wes Australië) bygewoon en sommer die geleentheid benut om ‘n paar dae daar rond te toer. Hy sê die Suide van Wes-Australië lyk baie soos ons Tuinroete met fynbos en al. Devon is nou vanjaar (2008) in jaar 11 op skool en vaar baie goed. Hy is veral vaardig met elektroniese “gadgets” en help vir Pa gereeld met rekenaarprobleme. Hy het ook verlede

836

Riversdal voorsien. Sy het ‘n huis in die Strand, maar verdeel haar tyd tussen die twee wonings. Sy het daar vir Eksteen van Wyk ontmoet en gehoor dat sy oorlede ouma Anna Susanna Malan (geb. Steynberg - b7.c6.d6.e6.f4.) ‘n nooi Steynberg was. So het hulle aan die gesels geraak en het Eksteen vir my (Ron) haar besonderhede per SMS gestuur. Ek het dadelik vir haar geskryf en so het sy vir die eerste maal van die Familiebond en Die Doringtak verneem. Dadelik het sy as lid aangesluit en ‘n eksemplaar van EEN FAMILIE en ‘n Oorkonde bestel. Christine is in 1970 met Johannes getroud, en twee seuns, Christoffel Andries (“André”), en Cornelis Phillipus (“Corné”) is uit die huwelik gebore. Haar man Johannes is op 31 Maart 1997 oorlede. André Steenberg het by Korrektiewe Dienste gewerk en terwyl hy ‘n kursus in Krugersdorp bygewoon het, het hy siek geword is is hy op 19 Augustus 2005 oorlede. Haar jongste seun, Corné, is nog ongetroud en woon nog in die ouerhuis. Haar skoonsusters Magdalena Johanna, Jemima en Esther lewe nog almal en dit gaan met hulle goed. Mavis Steenberg (weduwee van wyle Hendrik Steenberg - b11.c1.d5. e5.3.g2.) skryf uit Pretoria dat dit met haar goed gaan. Sy is verwonder dat dit reeds 2008 geword het. Dit voel soos gister dat mense so bang was vir die nuwe millennium. Oor Desember het dit stiller geraak in die Oord waar sy steeds woon want baie mense is weg. Aktiwiteite het tot stilstand gekom. Sy bly nog besig met werkies om haar huis, asook die brei van Teddies vir terminaal siek kindertjies. Soms voel dit vir haar of sy in ‘n werkkolonie woon en nie ‘n aftree-oord

jaar ook twee sportpryse gekry, Hy is ‘n tipiese Steenberg - kort (maar aantreklik) nes sy pa. Chantelle is in 2008 in jaar 9 - wat hoërskool is. Sy vaar baie goed op skool en is baie kunstig - die talent kom beslis nie van pa af nie! Sy neem buitemuurse kunsklasse om die talent te ontwikkel. Albei kinders is vol lewenslus met baie vriende. Hulle dink soos Kiwi’s en verstaan soms nie die fynere nuanses van die RSA kultuur nie. Adrienne se moeder kuier tans vir ‘n paar maande by hulle.

Anne Jennings (geb. Steynberg - b11.c1.d4.e11.g8.) van Tokai in Kaapstad, skryf ‘n lekker brief vol nuus. Sy maak verskoning vir haar Afrikaans (wat terloops niks makeer nie); sy sê dis die gevolg van met ‘n Engelsman getroud te wees vir 57½ jaar. Na haar suster, Frederika van der Vyver se afsterwe in September 2007, is Anne nou die enigste oorlewende van wyle Michiel Zinn se agt seuns en dogters. Anne se suster Frederika (Koeks) van der Vyver het op 5 Mei 2007 haar 80ste verjaardag gesellig gevier saam met familie en vriende. Dit was vir haar op 80 nog net so lekker om geskenke te ontvang soos toe sy 8 was. Niemand sou kon raai dat sy vier maande later sou heengaan nie. Haar kleindogter, Erika van Rooyen, is op 28 Desember 2007 getroud en haar ouma het baie uitgesien na die troue - wat sy toe nie beskore was om by te woon nie. Christine Steenberg (geb. Koegelenberg) weduwee van Johannes Steenberg (b11.c5.d2.e8. f1.g3.) woon tans deeltyds by die Korintepoortdam wat water aan

Page 9: Die Doringtak 42

837

nie! Sy besef darem dis haar eie skuld, want die keuse om te doen of nie te doen nie, lê by haarself. Sy is dankbaar vir al die seëninge wat sy ervaar. André Steynberg (b7.c6.d7.e11. f2.g3.) skryf uit Londen dat dit met hulle gesin nog goed gaan. Hy is nou 9 jaar in Londen ‘n stelselingenieur in diens van die Canary Wharf Group wat hoë kantoorblokke in Londen oprig. Hy ondersoek tans moontlikhede om na Suid-Afrika terug te keer. Hy en sy verloofde beplan om vroeg vanjaar by ‘n wildreservaat naby Pretoria in die huwelik te tree. Sy moeder, Christien (geb. Botha) woon steeds op hul hoewe buite Pretoria, hoewel sy nou ingetrek het in ‘n woonstel aan die hoofwoning terwyl sy broer Henri die huis oorgeneem het. Die reëling werk goed aangesien sy naby die kleinkinders is en Henri die harde werk op die hoewe kan behartig. Sy suster, Annemarie de Kock (gebore Steynberg) se seun Jan-Albert het onlangs klaar gestudeer by UP (Rekenaars), Helena (Lenie) studeer nog Fisioterapie, en Christien is nog op skool. Annemarie self werk nog steeds by die WNNR en haar eggenoot Lukas is nog steeds mediese dokter. Sy broer Henri het op mediese gronde die SAP verlaat en die sakewêreld betree waar dit met hulle goed gaan. Hy en Aneli het twee kinders, Henri (± Graad 6) en Ané (Graad 4). André se vader Henri is sowat 10 jaar gelede aan m hartaanval oorlede.

________________

STERFTES Willem Frederik Ulrich Steynberg (b7.c6.d6.e6.f6.) vroeër van Sybrandskraal in Cullinan Distrik,

en later van die Paarl, gebore 22 April 1922, is oorlede op 9 Julie 2007 in die Paarl waar op 13 Julie ‘n dankdiens in die N.G. Kerk Suider Paarl gehou is. Oom Ulrich was ‘n getroue medewerker van Die Doringtak en ‘n baie geliefde vader, oupa, vriend, en oom wat ‘n baie besondere rol in sy familie, vriendekring en omgewing vervul het. Hy word oorleef deur Tannie Bettie en hulle enigste kind, Marie, haar man Chris Enslin en hulle kinders en kleinkinders. Michael Zinn van Milnerton se moeder is oorlede in November 2006. Michael von Zinn Steynberg (b11.c1.d4.e11.f2. g1.) is in April 2007 oorlede. Frederika Elizabeth van der Vyver (geb. Steynberg - b11.c1.d4.e11.f2. g7.) is oorlede in September 2007. __________________________________

Bumper Sticker We were called to be witnesses,

not lawyers or judges.

__________________________________

GEBOORTE Michele Koen (geb. Steynberg - b11.c1.d4.e11.f2. g1.h3.) het op 14 November 2007 haar eerste baba gehad, ‘n seun genaamd Sebastiaan von Zinn Koen. __________________________________

Bumper Sticker Quit griping about your church;

if it was perfect, you wouldn’t

belong.

__________________________________

Wie het geweet ... ? Enkele uitgawes gelede het ons berig oor die talentvolle beelhouer, Johan Steynberg, (b11.c1.d2.e2.f1.g5.) broer

838

die destydse gelyknamige hospitaal in Pretoria gestaan het en ook die bronsbeeld wat in Bloemfontein gestaan het.

__________________________________

Bumper Sticker People are kind, polite and sweet-

spirited until you try to sit in

their pew.

__________________________________

RobinFinlay(Trumpet)

Robin Finlay was born in Durban. He is married to cellist Jacqueline Finlay, daughter of Prof Leonie Viljoen (neé Steynberg—b7.c6.d6.e6.f1.g2). This is mentioned just to explain his link with

the Steynberg clan. Left front: Robin Finlay;

Standing left: Jacquiline Fin-lay

Standing 2nd from left: Lou Greyling, standing right: Le-

onie Greyling. The two blonde ladies are Prof Leonie Viljoen’s daughters.

Robin and Jacqui have two daughters, Kita and Kayla. Robin is currently the Principal Trumpet player of the Johan-

nesburg Festival Orchestra and the Chamber Orchestra of South Africa. He was the Principal Trumpet player and Soloist with the now defunct Na-tional Symphony Orchestra of South Africa, of which he was a member for twelve years. He also held the posi-tion of Principal trumpet and Soloist with the Johannesburg Philharmonic Orchestra from 2000 to 2006. Prior to this he held the position of Principal Trumpet and Soloist with the Natal

van die wêreldbekende Coert Steynberg (g2.). ______________ Johan Steynberg In 1969 is ‘n borsbeeld van wyle Dr Verwoerd, gemaak deur gemelde Johan Steynberg, deur die voormalige Centurion Stadsraad, toe nog die Verwoerdburg Stadsraad, aangekoop

en is dit voor die Verwoerdburg Stadsbiblioteek in

Cantonmentweg geplaas. Dit is deur die weduwee van Dr Verwoerd, Mev. Betsie Verwoerd, onthul. Nadat dit gevandaliseer is, is dit na die portaal van die Raadsgeboue se raadskamers verskuif. Met die opening van die nuwe munisipale kantore, is dit na die kantoor van die burgemeester verskuif. In 1994, toe die Verwoerdburg Stadsraad na dié van Centurion verander is, is die beeld gestoor. ‘n Tweede beeld is deur die bekende beeldhouer, Jo Roos, geskep. Hierdie beeld is deur UNISA aan die Stadsraad van Verwoerdburg geskenk. Ook hierdie beeld het uiteindelik in ‘n stoorkamer beland. Albei die beelde is later na Melrosehuis verskuif, in afwagting van oorhandiging aan die Erfenisstigting. Hierdie twee beelde van wyle Dr Verwoerd het later aangesluit by etlike ander van hom wat reeds met verloop van tyd deur die Erfenisstigting en die Voortrekkermonument in veilige bewaring geneem is. Van die bekendste hiervan sluit in die wit marmerbeeld wat in die destydse H F Verwoerdgebou oorkant die parlement gestaan het, die granietbeeld wat voor

Page 10: Die Doringtak 42

839

Philharmonic in Durban for just over two years. Robin is First Trumpet and founder member of the popular "Touch of Brass" brass quintet. He is currently Head of Brass at St John's College, Houghton. Robin reached the semi-final round of the Maurice Andre competition in Paris in 1998. Other achievements include the SACPAC prize in the 1991 SABC Music Competition and the Total SA prize in the 1994 SABC Music Compe-tition. Robin studied with Antoine de Ley and has had master classes with Maurice Andre, Arturo Sandoval, Pierre Thi-bault and Adolph Herseth. He has had the good fortune to work with such artists as Lord Yehudi Menuhin, Sir John Eliot Gardiner, Dame Kiri Te Kanawa, Pinchas Zuckerman, the Three Tenors, the Three Sopranos, Joshua Bell, Helmut Lotti, Luciano Pa-varotti and the St Petersburg Ballet Company. Robin is the featured soloist on three solo CD recordings: Trumpet Dreams (Salon Music) and Trumpet by Night 1 & 2 (EMI). He is active as a freelance artist in SA, playing for tele-vision and radio, and can be heard on many adverts on national television and radio. Apart from his active involvement in teach-ing and outreach, Robin also completed a BA degree (cum laude), majoring in Music and Psychology, through Unisa in 2004 and is a qualified Master Practitioner in Neuro Linguistic Programming.

__________________________________

Bumper Sticker If the church wants a better pastor, it

only needs to pray for the one it has.

__________________________________

Willem Frederik Ulrich Steynberg

(b7.c6.d6.e6.f6.) Oom Ulrich en Tant Bettie Steynberg kort

voor Oom Ulrich se afsterwe.

(Huldeblyk deur sy kleinseun, Alfred Enslin by sy herdenkingsdiens op 13 Julie 2007. )

Ons sê totsiens aan Ulrich Steynberg, ‘n baie beminde persoon wat vir vele mense baie beteken het. Oupa Ulrich was die tipe persoon wat op ‘n stil manier ‘n groot invloed op ‘n mens se lewe gehad het. Vir my was hy ‘n groot mens, ‘n reus, nie net oor wat hy gesê het nie, maar veral vir wat hy gedoen het en die voorbeeld wat hy vir my was.

Willem Frederik Ulrich Steynberg is op 22 April 1922 op die plaas Sybrandskraal naby Cullinan gebore, die laatlammetjie van vier kinders. Hy het donkie gery laerskool toe, hoërskool op Bronkhorstspruit gedoen en toe die plaas oorgeneem na sy ouers oorlede is, die derde geslag wat op Sybrandskraal geboer het. Vir nege jaar het hy alleen gebly voordat hy met Ouma Bettie getroud is.

85 jaar is ‘n lang tyd en die geskied-kundige en politieke gebeurtenisse wat

840

Om te onthou Samuel Scott, ‘n susterkind van Tannie Bettie, skryf as volg oor die afsterwe van Oom Ulrich Steynberg van die Paarl:

Ek wou eers huil, maar mans mag mos nie huil nie. Ek het in die donker met ‘n koppie koffie op die stoep gaan staan. Kyk, - die maan kom op oor Cullinan, daar waar sy spore lê. Hier onder die sterre kan ek hom beter onthou. Hy was ‘n buite-mens, familie-mens en vir baie soos ek, ‘n rolmodel.

Die dae op Sybrandskraal. As ek aan hom dink, is dit met kinder-herinneringe. Met gaslampies in die voorhuis. Sy harde werk op die plaas. Die Vierkleur in die studeerkamer en sy onbaatsugtige werk vir ons mense en sy kerk. Ek onthou rye foto’s in die gang en sy gebondenheid met sy familie. Liefde, vrygewigheid en deernis as dit bars gaan en sy spesiale Ulrich-lag as dit goed gaan.

vir Oupa so belangrik was is te veel om op te noem. Hy was altyd op hoogte met die politiek en landsake. Hy het gedien op die padraad, die skoolraad, die kerkraad, was jare lank sekretaris van die boerevereniging asook vrederegter en waardeerder in die Cullinan-distrik. Die vele vriende en familie by sy en Ouma Bettie se vyftigste huweliksherdenking tien jaar gelede, getuig van hoe hulle twee deur almal om hulle waardeer is.

Vier jaar gelede het hulle afgetrek Paarl toe om by die kinders te kan wees.

Hy was hartstogtelik lief vir die bosveld. Hy het die diere, die voëls, die bome en die veld goed geken. Was lief vir jag en visvang, maar die

lekkerste vir hom was om te kuier, stories en grappies te vertel en gesellig te verkeer waar sy terggees ook na vore kon kom. Verlede Sondag nog het hy die voorreg gehad om sy agterkleinkinders se siel uit te trek. Hy was ‘n gesins- en familie mens met ‘n groot hart, nederig, diep gelowig en altyd daar as jy hom nodig gehad het.

Ons hoop waar Oupa nou is staan die mielies hoog, die beeste is vet, die biblioteek het al die Konsalik boeke, die Bulle en die Bokke speel goeie rugby en daar is geen droogtes nie!

(Alfred woon in Nieu-Zeeland en het daarvandaan gevlieg om

sy oupa se begrafnis by te woon.)

_________________

Page 11: Die Doringtak 42

841

Ek onthou vars ertjies in die lande en sy diep liefde vir die grond. Ek onthou die familie-plaas, prag-aalwyne in die tuin, die stroompie wat lewe aan die plaas gegee het, soos hy glimlag-herrinnerings aan ons almal gegee het.

Dis vreemd hoe baie van hom het oorgevloei na ons klomp toe. Ten spyte van sy hakkel, sal ek onthou hoe insiggewend hy kon gesels. Hy was ‘n detail mens, name en datums kon hy onthou in elke storie. Oom Ulrich, ek lig my beker koffie vanaand vir jou: Daar het ‘n man verbygegaan. Daar is ‘n leë stoel by die jagvuur vanaand....

________________

Van gesteentes, gebeentes en

meerkatte In Julie 2003 het Die Doringtak ‘n beriggie geplaas oor ‘n heerlike besoek aan JP (b7.c6.d7.e5.f8.g1) en Hester Steynberg op hulle plaas Ganora naby Nieu Bethesda in die Karoo. Nou, vier jaar later, is dit interessant om ‘n pragartikel geskryf deur Julienne du Toit met foto’s deur Chris Marais te vind in die South African Country Life van November 2008 oor hierdie twee familielede en hulle merkwaardige plaas met die Wilgerivier en sy tuimelende watervalle met die imposante Kompasberg in die agtergrond.

JP, boer en amateur paleontoloog, en sy vrou Hester het die plaas omskep in ‘n toeriste-aantreklikheid, benewens hulle boerdery. Hester en hulle twee seuns Louis en Renier deel sy fassinering met die versteende bene wat so volop op die plaas voorkom.

Op die plaas se webwerf sê JP en Hester dat hulle ‘n besoeker in een dag ‘n onvergeetlike ondervinding kan gee wat dateer uit 240 miljoen jaar in die verlede.

Hester se belangstelling in en kennis van die meerkatte op die plaas het sedert ons Doringtakberig net toegeneem. Sy het so bekend geword hiervoor dat mense dikwels vir haar sorgbehoewende meerkatjies bring om hulle gesond te verpleeg en in die natuur te hervestig. Soms word hierdie vondelinge sommer in ‘n kartondoos by die kinders se skool afgegee om huis toe te neem.

Een van hulle Jack Russells was gepla met skyn-swangerskappe. Toe daar by een so ‘n geleentheid ‘n klein meerkatjie in Hester se pleegsorg was, het ‘n kits-verbondenheid tussen Kolle en Meerie ontstaan. Meerie het groot geword en die matriarg geword van een van die meerkatkolonies op die plaas. Wanneer Kolle en Meerie mekaar vandag nog raakloop, is die liefde steeds duidelik en Meerie is verheug wanneer Kolle haar van kop tot stert lek. Meerie is vandag die moeder van ses blink-oog-meerkatjies. Sy en die ander lede van die kolonie is heel op hul gemak in mense se geselskap, tot so ‘n mate dat die “brandwag op diens” dikwels Hester se skouer benut as uitkykpunt. Die meerkatte se vertroue in Hester is so volkome dat hulle dikwels die plig van brandwag aan haar “delegeer”.

JP het aan Julienne-hulle getoon waar ongeveer 255 miljoen jaar gelede ‘n skrikwekkende gorgonopsian in die modder vasgeval en dood is. In daardie dae was die Karoo ‘n welige vleiland van ongelooflike grootte. Lank voor dié land uitgedroog en die bodem gebuig en gekreukel het om spitse soos die Kompasberg te vorm, het die

842

met pragtige skubbe en kort vinne - genaamd Kompasia delaharpi - wat deur Louis en Renier ontdek is. Dis die enigste kompleet fossiel van hierdie soort in die wêreld.

Hester het vir hulle ‘n holkrans gaan wys met ‘n dubbele geskiedenis. Duisende jare gelede is die rotswande deur San shamans versier met mis-tiese rotstekeninge soos ‘n eland met ‘n slang se kop en man met ‘n wolfagtige kop. Daar is ook die enigste San skildery van ‘n skilpad in die land, sê Hester.

Bokant die grot is ‘n pynlike aandenking aan die Anglo-Boereoorlog wat die Steynbergs eers verstaan het toe hulle besoek is deur die Davel-familie wat lank terug in hierdie omgewing gewoon het.

Dit blyk dat die Engelse hulle mes ingehad het vir ‘n populêre Boer en voorsaat van die Davels wat in hierdie Britsbeheerde gebied gewoon het en ‘n rede gesoek het om hom te verwyder. Toe ‘n klompie Rebelle die omgewing besoek het en ‘n klompie perde gesteel het van ‘n Engels-sprekende boer daar naby, het hulle Davel daarvan beskuldig dat hy die Rebelle aangehits het om die Engelsman se perde te steel. Toe sluit hulle vir Davel op en stuur sy vrou en dogters na ‘n konsentrasiekamp in Port Alfred. Hulle seun, J A Davel, het betyds gevlug en hy het op Ganora gaan wegkruip. In die lang eensame ure daar het hy die figuur van ‘n biddende vrou wat voor ‘n kruis kniel uitgekrap op die oorhangrots bokant die grot, saam met die pynlike woorde: “Nooit sal ons weer mekaar se liefde kan bewys want dit sal te laat wees.”

Familie wat belangstel om meer te weet oor JP en Hester, of graag hulle gastehuis wil besoek en hierdie

gorgonopsian se bene reeds versteen en begrawe geraak onder die opper-vlak. Erosie en verwering het nou sy kakebeen blootgestel.

Die gorgonopsian het gelewe in ‘n tyd toe sekere koudbloedige reptiele

geleidelik begin ontwikkel het in warmbloedige proto-soogdiere, ongeveer 50 miljoen jaar voordat jurassiese dinosaurusse die aarde bewandel het. Kunstenaars se voorstelling van die gorgonopsian toon ‘n onelegante waggelende postuur met hondagtige snytande - iets soos ‘n kruising tussen ‘n krokodil en ‘n Staffie.

Elke fossiel wat hulle besoek het, in-sluitende cynodonte en dicynodonte, was beskerm deur ‘n stapel klippe, want as ‘n fossiel eenmaal blootgestel is, kan dit vinnig verweer of selfs weggespoel word.

Hulle het ook die voortreflike klein museum besoek wat JP-hulle in ‘n ou buitegebou tot stand gebring het. Heel gepas is die stoep bedek met plavei-klippe wat die kabbelmerke dra van die Karoo se oer-riviere. Die museum huisves Boesman artefakte, klip-werktuie, potskerwe en honderde fossiele, insluitende die skrikwekkende skedels van lank uitgestorwe creature.

Die trotsste juweel in hulle versameling is ‘n kompleet vis fossiel

Page 12: Die Doringtak 42

843

ervarings wil meemaak, kan hulle webwerf besoek: www.ganora.co.za

APPEL VAL NABY DIE BOOM

Hoeveel familielede weet dat Sybrand Wiechers, seun van Prof. Marinus Wiechers, voormalige rektor van UNISA en Isa Steynberg (Elizabeth, - b11.c1.d2.e2.f1.g5.h1.) dogter van die bekende beeldhouer, Coert Steynberg ook die sterk kunstalent geërf het?

Hy is as wenner in die PPC Young Sculptors kompetisie aangewys. Sybrand het het in die afdeling vir Teg-niese Uitmuntendheid van ‘n

Sementbeeldhouwerk met die louere weggestap. Sy beeld is deur PPC vir hulle private versameling gekoop.

Na ‘n kwalifikasie in Beeldende Kunste aan die Universiteit van Pretoria het hy in die digitale mediabedryf gewerk terwyl hy aan ‘n B.A. Multimedia graad by UNISA begin werk het.

In 2005 het hy teruggekeer na sy eerste liefde - beeldhou - en het weggespring met ‘n baie geslaagde eerste solo-uitsalling. Op een na is al die werke op die uitstalling deur kopers opgeraap.

Sybrand het ongeveer agt maande aan sy wenbeeld vir die PPC kompetisie gewerk. Sy werk, getiteld House of Cards is ‘n voorstelling van ‘n piramide, bestaande uit speelkaarte en is aanmekaar geheg met koper-skroewe. Volgens die paneel beoordelaars het hy buite die grense van die normale gebruik van sement en die tegniese moontlikhede van die materiaal beweeg deur delikate lewensgetroue kaarte te skep. Die kaarte, hoewel dit van ‘n materiaal gemaak is wat tradisioneel swaar is, skep die indruk by die kyker dat dit liggewig is.

Sybrand werk as ‘n reël nie met ‘n spesifieke materiaal of metodiek nie, maar laat hom eerder lei deur die konsep van die kunswerk.

As kleinseun van Coert Steynberg en die seun van Isa Steynberg en Prof. Wiechers, het hy grootgeword met kuns as deel van sy verwysings-raamwerk.

Sy hooftema is deesdae die menslike toestand - gevoelens en idees - maar met ‘n sterk humoristiese inslag. Inspirasie vind hy in populêre kultuur soos sepies, die massa-media en die teenstrydighede uitgebeeld in populêre kultuur. “Sybrand skop bietjie die geykte denkpatrone oop,” sê Isa oor haar kunstenaarseun se werk.

Isa Steynberg self is ‘n kunstenaar in eie reg met buitengewone waarnemings-vermoë. Sy sien haar omgewing anders as die meeste mense. Dit spreek duidelik uit haar eie skilderye. Sy neem dikwels ‘n toneel van onder af waar, of soms reg van bo. Dis buitengewoon en besonder treffend.

Isa het reeds as tweejarige kleutertjie begin teken. In haar pa se ateljee het hierdie witkopdogtertjie rondgespeel en haar eie talente ontdek. Afvalgips was vryelik beskikbaar en sy het die vloere en mure van die ateljee vol geteken.

Sybrand se oupa, wyle Coert Steynberg

Trouens, daar is van Isa en haar moeder se werke te sien as ‘n onderafdeling van die treffende uitstalling: Women of Yesterday. Die werke word nou by die Nasionale Kultuurhistoriese Museum in Visagiestraat, Pretoria uitgestal.

G'n wonder Sybrand het so ‘n sterk eie siening en benadering nie.

__________________

Dis dan al vir nou. Seënwense vir Dis dan al vir nou. Seënwense vir Dis dan al vir nou. Seënwense vir Dis dan al vir nou. Seënwense vir ‘n pragtige 2008. Moenie vergeet ‘n pragtige 2008. Moenie vergeet ‘n pragtige 2008. Moenie vergeet ‘n pragtige 2008. Moenie vergeet om te skryf, eom te skryf, eom te skryf, eom te skryf, e----pos, faks of bel nie. pos, faks of bel nie. pos, faks of bel nie. pos, faks of bel nie.

844

Ek het julle bydraes, kritiek, Ek het julle bydraes, kritiek, Ek het julle bydraes, kritiek, Ek het julle bydraes, kritiek, wenke en steun nodig.wenke en steun nodig.wenke en steun nodig.wenke en steun nodig.

RonRonRonRon