die bybellennium – ’n eenvolumekommentaar simboliseer · die hebreeuse en griekse grondtekste...

21
Die embleem van die Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer die voorneme van Christelike Uitgewersmaatskappy om met hierdie kommentaar ’n hulpmiddel te voorsien waardeur die waarde van die Bybel Nuwe Lewende Vertaling vir elke leser kan toeneem. Paulus skryf in 2 Timoteus 3:16 dat die Skrif nuttig is om ons te leer wat waar is en om ons te laat besef wat verkeerd is in ons lewe. Dit ruk ons reg en kweek ’n regte leefstyl. Hierdie vier waardes vorm die vier pilare van die embleem: teoreties wil dit die leser enersyds begelei tot geldige verstaan van die Skrif; en andersyds wys hoe ongeldige verstaan tot dwaling lei; prakties wil dit die leser begelei om enersyds verkeerdhede ten opsigte van leef- styl raak te sien, en andersyds ’n skriftuurlike Christelike leefstyl kweek. Só wil Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar daartoe bydra dat elke persoon wat in diens van God staan, voorberei en ten volle toegerus sal wees vir elke goeie ding wat God wil hê ons moet doen (2 Tim 3:17).

Upload: others

Post on 04-Feb-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

Die embleem van die Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer die voorneme van Christelike Uitgewersmaatskappy om met hierdie kommentaar ’n hulpmiddel te voorsien waardeur die waarde van die Bybel Nuwe Lewende Vertaling vir elke leser kan toeneem.

Paulus skryf in 2 Timoteus 3:16 dat die Skrif nuttig is om ons te leer wat waar is en om ons te laat besef wat verkeerd is in ons lewe. Dit ruk ons reg en kweek ’n regte leefstyl.

Hierdie vier waardes vorm die vier pilare van die embleem: • teoreties wil dit die leser enersyds begelei tot geldige verstaan van die Skrif; • en andersyds wys hoe ongeldige verstaan tot dwaling lei; • prakties wil dit die leser begelei om enersyds verkeerdhede ten opsigte van leef-

styl raak te sien, • en andersyds ’n skriftuurlike Christelike leefstyl kweek.

Só wil Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar daartoe bydra dat elke persoon wat in diens van God staan, voorberei en ten volle toegerus sal wees vir elke goeie ding wat God wil hê ons moet doen (2 Tim 3:17).

Voorwerke.indd ivVoorwerke.indd iv 6/25/09 12:44:10 PM6/25/09 12:44:10 PM

Page 2: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

INHOUDSOPGAWE

Medewerkers ............................................................................................................................ vi

Voorwoord .................................................................................................................................. vii

Boeke van die Bybel

Die Ou Testament ....................................................................................................... viii

Die Nuwe Testament ................................................................................................. ix

Bylaes

Lys van Vaktaal-terminologie ............................................................................. 2173

Indeks van Aktuele Temas ................................................................................... 2183

Voorwerke.indd vVoorwerke.indd v 7/8/09 4:17:11 PM7/8/09 4:17:11 PM

Page 3: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

v i

MEDEWERKERSEindredakteur: Prof Fika J van RensburgEindredakteur: Prof Fika J van Rensburg

Ou TestamentProf Marius NelProf Marius Nel (Redakteur) Buitengewone professor in Ou Testament aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom.

Prof Louis Bezuidenhout Prof Louis Bezuidenhout (Universiteit van Pretoria) Prof Willem BoshoffProf Willem Boshoff (Unisa) Prof Hendrik BosmanProf Hendrik Bosman (Universiteit van Stellenbosch) Prof Phil BothaProf Phil Botha (Universiteit van Pretoria) Prof Johan CoetzeeProf Johan Coetzee (Universiteit van Johannesburg) Prof Wallie da SilvaProf Wallie da Silva (Universiteit van Pretoria) Prof Dirk HumanProf Dirk Human (Universiteit van Pretoria) Dr James KirkpatrickDr James Kirkpatrick (NGK Suidoos-Pretoria) Prof Jurie Ie RouxProf Jurie Ie Roux (Universiteit van Pretoria) Prof Henk PotgieterProf Henk Potgieter (Universiteit van Pretoria) Prof Gert PrinslooProf Gert Prinsloo (Universiteit van Pretoria)Prof Rassie SmitProf Rassie Smit (Noordwes-Universiteit, Potchefstroom) Prof Fanie SnymanProf Fanie Snyman (Universiteit van die Vrystaat) Prof Francois SwanepoelProf Francois Swanepoel (Unisa) Dr Marius SwanepoelDr Marius Swanepoel (NGK Universiteitsoord) Prof Hans van DeventerProf Hans van Deventer (Noordwes-Universiteit, Vanderbijlpark)Prof Herrie van RooyProf Herrie van Rooy (Noordwes-Universiteit, Potchefstroom) Prof Pieter VenterProf Pieter Venter (Universiteit van Pretoria) Prof Wil VoslooProf Wil Vosloo (Universiteit van Pretoria)

Nuwe TestamentProf Fika J van RensburgProf Fika J van Rensburg (Redakteur) Professor in Nuwe Testament aan die Noordwes-Uni versiteit, Potchefstroom. Direkteur van Bybelwetenskappe en Antieke Tale aan die Teologiese Skool.

Dr Elma CorneliusDr Elma Cornelius (Noordwes-Universiteit, Vanderbijlpark)Prof Isak du PlessisProf Isak du Plessis (Unisa) Prof Jan du RandProf Jan du Rand (Universiteit van Johannesburg) Prof Stephan JoubertProf Stephan Joubert (Universiteit van Pretoria) Prof Francois TolmieProf Francois Tolmie (Universiteit van die Vrystaat) Prof Jan van der WattProf Jan van der Watt (Radboud Universiteit Nijmegen, Nederland, Universiteit van Pretoria) Prof Hermie van ZylProf Hermie van Zyl (Universiteit van die Vrystaat) Prof Wim VergeerProf Wim Vergeer (Noordwes-Universiteit, Potchefstroom)

Voorwerke.indd viVoorwerke.indd vi 6/25/09 3:07:07 PM6/25/09 3:07:07 PM

Page 4: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

v i i

VOORWOORDDie Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar is ’n hersiene uitgawe van Die Bybellennium wat in 1999 gepubliseer is onder redaksie van professore Wil Vosloo en Fika Janse van Rensburg.

Hierdie nuwe uitgawe is ’n kommentaar op die Bybel Nuwe Lewende Vertaling. Die uitkomste van die oorspronklike Bybellennium is behou. Die herfrasering van die kommentaar is gedoen deur spesialiste op elke boek. Dit is gerig op Bybellesers wat soek na geldige antwoorde op eietydse vrae oor die Bybel en die aktualiteit daarvan. Dit is geskryf vir predikante, teologiese studente en ernstige Bybellesers wat op God se roeping wil antwoord.

Die eietydse taal kommunikeer helder, met vermyding van tegniese redenasies en terminologie. Waar tegniese terme gebruik word, is dit in die kommentaar met ’n asterisk (*) gemerk en in ’n lys van vaktaal-terminologie verduidelik. Die kommentators het daarop gefokus om nie net ’n inter pre-tasie te gee nie, maar die Bybelleser saam te neem in die verstaanproses. Verskillende inter pre ta-siemoontlikhede word genoem, met ’n aanduiding van die kommentator se voorkeur.

Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien. Waar moontlik is die nodige inligting oor die sosiale en politieke om stan dighede van die eerste lesers van elke Bybelboek gegee om te wys hoe dit in die interpretasie van daardie boek verreken word. Die kommentators het die sosiale en politieke om stan dighede van die huidige lesers in gedagte gehou, en verduidelik dus nie net wat die teks vir die eerste lesers gesê het nie, maar ook wat die implikasie van daardie boodskap vandag vir ons is.

Die kommentaar se vertrekpunt is dat die hele Bybel gesagvol is, en dat ons Here daarin sy wil vir ons lewe kommunikeer. Juis daarom het die medewerkers gepoog om tot geldige en verant-woordelike interpretasies te kom. Dit is ge rugsteun deur deeglike navorsing en gemotiveer deur ’n begeerte om die Woord van God suiwer te bedien, ooreenkomstig die bedoeling van die Gees.

Die kommentaar wil die Bybelleser ’n geheeloorsig gee, en daarby ’n geheelinsig. Die bedoeling is dus nie om elke klein probleempie te verklaar nie, maar om die boodskap van ’n hele paragraaf of afdeling of selfs hele boek te bepaal. Dikwels was dit egter tog nodig om op kleiner, geïsoleer de sake kommentaar te lewer. Dit is dan gedoen by wyse van fokusblokkies op die betrokke bladsy so dat dit nie die logiese vloei van die kommentaar onderbreek nie.

Die volgende drie tipes fokusblokkies kom in die kommentaar voor, telkens met die toepasli ke simbool gemerk: Alternatiewe vertalingAlternatiewe vertaling ( ), HistorieseHistoriese, , Kultuur-historieseKultuur-historiese en Geo grafi ese be son-Geo grafi ese be son-derhedederhede ( ), en WoordverklaringWoordverklaring ( ).

Daarby is ’n stelsel gebruik om dit vir die leser maklik te maak om van die Bybelteks na die kom-mentaar te beweeg, of van die kommentaar na die Bybel. Dit is gedoen deur middel van duidelike teksaanduidings in die kommentaar, en deurdat die aanhalings uit die Bybelteks kursief is.

Twee verdere hulpmiddels is as bylaes ingesluit: • ’n Lys van vaktaal-terminologie’n Lys van vaktaal-terminologie verduidelik kortliks tipiese terme wat vir sommige lesers onbekend

kan wees. Dié Iys bemagtig die Bybelleser om genuanseerd oor Bybelverklaring en aktualisering te kan dink en praat.

• ’n Indeks van aktuele temas’n Indeks van aktuele temas help die leser om bepaalde temas in die kommentaar te vind en sluit hierdie kommentaar vir die leser op die regte plek oop.

Mag Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar vir elke Bybelleser dien as ’n sleutel wat die wonders, leefvoorskrifte, bemoediging en liefde van die God van die Bybel ontsluit.

~ Die uitgewer Vereeniging, 2009

Voorwerke.indd viiVoorwerke.indd vii 6/26/09 8:52:57 AM6/26/09 8:52:57 AM

Page 5: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

v i i i

BOEKE VAN DIE BYBELDie Ou Testament

Genesis Wil Vosloo ................................................................................................................... 1Eksodus Hendrik Bosman ....................................................................................................... 81Levitikus Pieter Venter .............................................................................................................. 137Numeri Dirk Human ................................................................................................................. 175Deuteronomium Herrie van Rooy ........................................................................................................ 223Josua Dirk Human ................................................................................................................. 271Rigters Johan Coetzee .......................................................................................................... 303Rut James Kirkpatrick ..................................................................................................... 3411 Samuel Louis Bezuidenhout ................................................................................................ 3512 Samuel Louis Bezuidenhout ................................................................................................ 3931 Konings Willem Boshoff .......................................................................................................... 4252 Konings Willem Boshoff .......................................................................................................... 4811 Kronieke Jurie Ie Roux .............................................................................................................. 5212 Kronieke Jurie Ie Roux .............................................................................................................. 557Esra Rassie Smit ................................................................................................................ 613Nehemia Rassie Smit ................................................................................................................ 631Ester Pieter Venter .............................................................................................................. 651Job Hans van Deventer ................................................................................................. 671Psalms Wallie da Silva, Dirk Human, Gert Prinsloo, Phil Botha, Henk Potgieter ................................................................................... 733Spreuke Pieter Venter .............................................................................................................. 871Prediker Marius Nel ................................................................................................................... 901Hooglied Louis Bezuidenhout ................................................................................................ 927 Jesaja Gert Prinsloo .............................................................................................................. 939Jeremia Phil Botha .................................................................................................................... 1017Klaagliedere Francois Swanepoel ............................................................................................... 1081Esegiël Marius Swanepoel ................................................................................................... 1097Daniël Marius Nel ................................................................................................................... 1159Hosea Wil Vosloo ................................................................................................................... 1195Joël Henk Potgieter .......................................................................................................... 1219Amos Fanie Snyman ........................................................................................................... 1227Obadja Henk Potgieter .......................................................................................................... 1245Jona Henk Potgieter .......................................................................................................... 1249Miga Fanie Snyman ........................................................................................................... 1259Nahum Fanie Snyman ........................................................................................................... 1273Habakuk Gert Prinsloo .............................................................................................................. 1279Sefanja Fanie Snyman ........................................................................................................... 1289Haggai Fanie Snyman ........................................................................................................... 1299Sagaria Fanie Snyman ........................................................................................................... 1307Maleagi Fanie Snyman ........................................................................................................... 1323

Voorwerke.indd viiiVoorwerke.indd viii 6/25/09 12:44:12 PM6/25/09 12:44:12 PM

Page 6: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

i x

Die Nuwe Testament

Matteus Hermie van Zyl ...................................................................................................... 1337Markus Francois Tolmie ..................................................................................................... 1425Lukas Isak du Plessis ....................................................................................................... 1487Johannes Jan van der Watt ................................................................................................... 1569Handelinge Stephan Joubert .................................................................................................... 1635Romeine Wim Vergeer ........................................................................................................... 17251 Korintiërs Jan du Rand ........................................................................................................... 17772 Korintiërs Jan du Rand ........................................................................................................... 1815Galasiërs Francois Tolmie ..................................................................................................... 1841Efesiërs Fika J van Rensburg ........................................................................................... 1861Filippense Fika J van Rensburg ........................................................................................... 1883Kolossense Jan van der Watt ................................................................................................... 18991 Tessalonisense Fika J van Rensburg ........................................................................................... 19152 Tessalonisense Fika J van Rensburg ........................................................................................... 19311 Timoteus Wim Vergeer ........................................................................................................... 19412 Timoteus Wim Vergeer ........................................................................................................... 1961Titus Wim Vergeer ........................................................................................................... 1979Filemon Fika J van Rensburg ........................................................................................... 1995Hebreërs Wim Vergeer ........................................................................................................... 2001Jakobus Elma Cornelius ...................................................................................................... 20371 Petrus Fika J van Rensburg ........................................................................................... 2053 2 Petrus Wim Vergeer ........................................................................................................... 20751 Johannes Jan du Rand ........................................................................................................... 20912 Johannes Jan du Rand ........................................................................................................... 21053 Johannes Jan du Rand ........................................................................................................... 2109Judas Wim Vergeer ........................................................................................................... 2113Openbaring Jan du Rand ........................................................................................................... 2123

Voorwerke.indd ixVoorwerke.indd ix 6/25/09 12:44:12 PM6/25/09 12:44:12 PM

Page 7: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

Alternatiewe vertaling Histories, Kultuur-histories, Geografi es Woordverklaring

KOLOSSENSE

Maak kennis met die Kolossensebrief

Die Kolossensebrief vandag

Christene is daar omdat Christus daar is. Hý maak die hele verskil. Toe Hy gekom het, het ’n nuwe lig geval op alles wat tot op daardie stadium as godsdiens geken is. Hy het die aanbidding van God vir ons ’n nuwe ervaring kom maak!

Om te weet wie ons as Christene is, moet ons Christus ken! Ons moet weet wie Hy is, wat Hy vir ons gedoen het en wat dit vir ons beteken. Dit kom ons alles agter as ons Kolossense lees. Kolossense leer jou om prakties Christen te wees en te bly.

Die hoofdele van die brief

Paulus ontwikkel sy argument in drie “hoofbewegings”.

• Wie Jesus is en wat Hy kan doen (1:3 – 2:5)• Hoe bewerk en gee Jesus vir ons verlossing (2:6-23)• Hoe moet die lewe van iemand lyk wat die verlossing sy eie maak (3:1 – 4:6) In die lig hiervan kan ons kortliks kyk na die hoofdele van die brief. 1:1-2 Inleiding: Paulus en Timoteus skryf aan die Christene in Kolosse en stuur ’n seën -

groet 1:3-14 Paulus dank God vir die Kolossense en bid dat hulle wysheid mag ontvang 1:15-20 ’n Lied oor die heerlikheid van die Seun 1:20-23 Ons stukkende verhouding met God is reggemaak 1:24-2:5 God se geheim is bekend: Christus leef in ons! 2:6-23 Ons het saam met Christus gesterf en opgestaan 3:1-17 Hoe om die nuwe lewe wat Christus ons gee, te leef 3:18-4:1 Hoe Christenskap ons verhoudings bepaal 4:2-6 Ons moet aanhou bid en met wysheid optree 4:7-18 Afsluiting: Laaste opdrag en groete

Die wording van die brief

Die Kolossense het nie ’n geleerde geestelike leier gehad om hulle met hulle daaglikse probleme te help nie. Tog moes die Christene oor hulle geloof met die nie-Christeninwoners van Kolosse begin praat. Allerhande vrae is gevra, daar is gestry en gesprekke gevoer. Die jong Christene, sonder ’n geestelike leier, is maklik op ’n dwaalspoor gelei, veral met dinge wat min of meer reg geklink het. Die ergste was dat hulle só die unieke posisie van Jesus begin prysgee het. Hy het net “nog ’n manier na God toe” geword. Epafras is toe na Paulus toe en het die hele saak met hom bespreek. Paulus het besluit om ’n brief te skryf om die Christene op die regte pad te help hou. Die opwin den-de saak is dat Paulus in dié brief moes bly by die kern van die Goeie Nuus.

Sommige geleerdes beweer dat Paulus nie die brief geskryf het nie. Hulle sê dat die taal en styl,

Kolossense.indd 1899Kolossense.indd 1899 6/24/09 11:11:57 AM6/24/09 11:11:57 AM

Page 8: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 0 0K O L O S S E N S E

asook sekere gedagtes in die brief, nie ooreenstem met wat op grond van die ander briewe van Paulus verwag sou word nie. Dit is interessant dat al die dele wat sogenaamd “nie-Paulinies” sou wees nie, juis dele is waar Paulus hom met die spesifi eke probleme van die Kolossense besig hou. Dit verklaar waarom hy woorde gebruik wat hy nie in sy ander briewe gebruik nie en ook waarom hy sekere dinge anders stel as elders in sy briewe. Daarteenoor staan daar in die brief self dat Paulus dit skryf (4:18). Boonop het die brief ook ’n baie persoonlike aard en is die meeste uitsprake presies soos Paulus dit sou stel. Daar is dus nie grondige redes om te twyfel dat Paulus die brief geskryf het nie.

Paulus is in die tronk terwyl hy die brief skryf (4:10). Ons weet net van drie plekke waar Paulus in die tronk was: Efese, Sesarea en Rome. Uit die inligting in 4:7-18 is dit duidelik dat Paulus heelwat vryhede in die tronk het. Dit lyk dus of Paulus in Rome was toe hy aan die gemeente in Kolosse geskryf het. Dit beteken dat die brief in 61-62 nC geskryf is.

Die brief is geskryf omdat die gemeentelede met nie-Christelike idees gekonfronteer is. Waar-skynlik onder Joodse mistiese* en asketiese* invloede het hulle begin glo dat ’n mens op allerhande ander maniere as deur Christus by God kon uitkom. Hulle het baie klem begin lê op wat die mens kwansuis kon “doen” om by God uit te kom. Hierdie “doen” het egter nie oor die regte Christelike lewe gegaan nie, maar oor allerhande kultiese* wette wat gehou moes word, engele wat vereer moes word en godsdienstig-kultiese gebruike wat nagevolg moes word. Paulus antwoord deur te bewys dat daar sonder Christus en sy verlossingswerk geen redding moontlik is nie.

Die verhouding tot ander dele van die Bybel

Kolossense is een van die dertien briewe in die Nuwe Testament waarin Paulus as afsender ver-meld word. Saam met drie ander briewe van Paulus staan dit bekend as sy tronkbriewe, naamlik Efesiërs, Filippense en Filemon. Paulus verwys in al vier daarna dat hy in die tronk is (waarskynlik in Rome, 61-63 nC).

Onder hierdie vier tronkbriewe het Filippense ’n selfstandige karakter, terwyl Efesiërs, Kolossen-se en Filemon heelwat onderlinge ooreenkomste toon. So byvoorbeeld is al drie die ander waar-skynlik deur Tigikus afgelewer (Ef 6:21 en Kol 4:7-8), terwyl Filippense deur Epafroditus afgelewer is (Fil 2:25).

Verder is die slot van Efesiërs en Kolossense feitlik identies. Hierdie twee briewe het ook ’n groot ooreenkoms in styl en woordgebruik, en is in hierdie opsig anders as Paulus se ander briewe. Wat Paulus in hierdie twee briewe oor die rol van Christus en die kerk sê, is ’n uitbreiding en verdie-ping van dit wat hy in sy ander briewe sê.

Die eerste lesers van Kolossense en hulle wêreld

Die brief is aan God se mense in Kolosse geadresseer.Hoe het dit gekom dat daar ’n kerk in Kolosse ontwikkel het? In die brief self word gesê dat

Epafras vir hulle van die Goeie Nuus geleer het (1:7). Wat sê dit vir ons? Ons weet dat Paulus vir ’n lang ruk in Efese gebly en gewerk het. Daar het mense by Paulus die Goeie Nuus gehoor en dit waarskynlik toe self aan die mense in hulle tuisdorpe gaan vertel. Dit was wat waarskynlik met Epafras gebeur het. Daarom vra hy vir Paulus om te help met die probleme in Kolosse. Kolosse was ’n dorp met ’n gemengde Grieks-Joodse kulturele atmosfeer. Die probleme in die gemeente het dit weerspieël.

Kolossense.indd 1900Kolossense.indd 1900 6/24/09 11:12:01 AM6/24/09 11:12:01 AM

Page 9: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 0 1 K O L O S S E N S E

Alternatiewe vertaling Histories, Kultuur-histories, Geografi es Woordverklaring

Ligging van KolossePaulus het waarskynlik tydens sy derde sen-dingreis deur die Ly kus-vallei gegaan aange-sien die hoofroete na Efese daarlangs was. Hy was nog nie tevore in Kolosse nie. In Paulus se tyd het die kommersiële belang-rikheid van die stad waarskynlik baie begin afneem. Tans is daar net ruïnes oor van Ko-losse.

Hooftemas

• Jesus as Here van die kerk én kosmos

Paulus beklemtoon dat daar net een Middelaar tussen God en mens is, naamlik Christus. Alle ander wesens op wie mense vertrou, is net skepsels van Hom.

• Ons is Christene omdat Jesus ons Christene gemaak hetDeur die dood en opstanding van Jesus het daar vir Christene hoop op redding gekom. In die ver-houding met Christus sterf die sondige mens en kry ons die opstandingslewe saam met Jesus.

• Ons moet as Christene in die wêreld leefPaulus lê sterk klem daarop dat Christene se leefstyl moet wys dat hulle mense is wat deur Jesus gered is. Jy moet jou só instel en só leef. Soos met Jesus moet liefde, vrede en al die ander eien-skappe van Christus jou lewe kenmerk.

KOLOSSENSE

Wat sê die brief aan Kolossense?

Paulus en Timoteus skryf aan die Christene in Kolosse en stuur ’n seëngroetKolossense 1:1-2Paulus stel homself bekend as ’n spesiale ge-stuurde van Jesus, ’n apostel. Dit veroorsaak dat hy ’n mandaat het om die gesag van Jesus te bedien. Die woorde wat deur God gekies is sê dat Paulus direk met ’n mandaat van God

optree.Timoteus word genoem as medeskrywer.

Dit kan beteken dat hy saam geskryf het aan die brief of dat hy Paulus se sekretaris* was, met ander woorde dat Paulus die brief aan hom ge-dikteer het en dat hy die skryfwerk gedoen het.

Die ontvangers word op twee maniere be-skryf. Hulle is God se mense in Kolosse (hulle aardse woonplek). Hulle is ook Christenbroers

Kolossense.indd 1901Kolossense.indd 1901 6/24/09 11:12:01 AM6/24/09 11:12:01 AM

Page 10: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 0 2K O L O S S E N S E

en -susters. Letterlik word daar gesê dat hulle “in Christus” is (hulle geestelike “woonplek”). Dat hulle as gelowige broers en susters beskryf word, dui op ’n baie sterk verhouding tussen Paulus en die geadresseerdes (al het hulle me-kaar nog nie gesien nie). Hulle is almal deel van God se gesin.

Gesinsterme (broers, pa, erfenis) kom tel-kens in die brief voor. Die gesinsbelange het destyds voorop gestaan. Gesinslede moes al-tyd lojaal teenoor mekaar bly en altyd so optree dat die groep tevrede bly.

In die seëngroet noem Paulus God ons Va-der, wat beteken dat God soos ’n pa vir al die broers en susters sorg. Dit is wat ’n seëngroet is – ’n kind wat die pa vra om vir die ander kinders goed te wees! Ons Pa sal mos nie weier nie.

Paulus dank God vir die Kolossense se getuienis en bid dat hulle wysheid mag ontvangKolossense 1:3-14Paulus dank die Vader van Jesus Christus. Dat ons dieselfde Vader het, beklemtoon natuurlik die onderlinge verbondenheid en lojaliteit tus-sen Jesus en ons as sy gesinslede.

Die Nuwe Testament sê nie dat ons vir me-kaar dankie moet sê nie. Alleen God word ge-dank. In die antieke wêreld was gesinslede van mekaar afhanklik. Jy help jou suster nou en la-ter help sy jou weer. Dankies was dan oorbo dig. Net so min as wat die lede van ’n rugbyspan el-ke keer as die een vir die ander die bal gooi, vir mekaar dankie sê, net so min hoef die kinders van die gesin (van God) dit te doen. Al die er ken-ning en dank vir wat die gelowiges is en doen, moet God die Vader toekom.

Epafras het waarskynlik vir Paulus in die tronk kom vertel van die probleme in Kolosse. Voor dat Paulus egter met die Kolossense oor hul le probleme kan praat, moet hy hulle eers oor tuig dat hy dit mág doen. Daarom konsen-treer hy onder andere daarop dat hulle net soos hy deel is van God se Goeie Nuus wat oor die hele wêreld goeie vrug dra en versprei. In 1:4-6 gee Paulus ’n pragtige beskrywing van wat ge-beur met die verkondiging van die Goeie Nuus. Hy begin by die vrugte van die “Goeie Nuus” (liefde, geloof, hoop) en redeneer dan terug na die wortel toe (God se onverdiende goedheid).

Die patroon van die argument loop só. In 1:4 word genoem dat die Kolossense geloof en liefde op grond van die hoop het. Dit is die fi siese resultate daarvan dat hulle die Goeie Nuus gehoor het (1:5). Die Goeie Nuus is nie net by hulle nie, maar bloei en dra vrugte oor die he le wêreld. Agter hierdie wêreldwye bewe-ging staan die onverdiende goedheid van God as oorsprong van alles. Dit is die pad wat die Goeie Nuus loop.

Die geloof in Jesus verwys na ’n vertikale ver houding van vertroue in Jesus omdat jy met jou hele hart aanvaar wie Hy regtig is en wat Hy vir jou gedoen het en nog kan doen. Liefde fokus op die horisontale, op die verbondenheid en lojaliteit wat daar tussen gelowiges bestaan. Dit is nie net emosie nie, maar ’n verpligting om vir mekaar om te gee. Dit gebeur natuurlik deur die werking van die Gees (1:8).

Dat die Christen kan glo en kan liefhê is moontlik omdat daar iets diepers is, naamlik hoop. Christelike hoop gaan altyd oor God en Christus. Daarom is Christelike hoop nooit iets waaraan ’n mens mag twyfel nie. Al wat onseker is, is wanneer dít waarop gehoop word, gaan gebeur. Dát dit gaan gebeur, is doodseker, want God waarborg dit. Daarom kan Paulus sê dat die hoop in die hemel gereed lê (1:5).

Hierdie verandering het gekom toe hulle die Goeie Nuus gehoor het. Goeie Nuus soos Paulus dit hier gebruik, fokus baie sterk op wat oor Jesus en sy verlossingswerk gesê word. Paulus beklemtoon twee sake: (a) Dit dra vrug en versprei (groei). Dit is ’n beeld wat uit die na-tuur geneem is om die dinamiek, bruikbaarheid en sukses van die Goeie Nuus te beklemtoon. (b) Dit gebeur oor die hele wêreld. Wat in die hele wêreld as waar aanvaar word, moet se ker-lik ook in ’n plekkie soos Kolosse waar wees, net soos dit vandag ook nog vir ons waar is. Alles waaroor dit in die Christelike godsdiens gaan, is in die laaste instansie onverdiend en gebaseer op die goedheid van God.

Epafras word beskryf as ’n geliefde mede-werker wat getroue diens lewer (1:7). Hy was die leraar van die gemeente in Kolosse; Paulus het alles oor die gemeente by hom gehoor. Hulle praat uit een mond. Daarom kan Paulus aan die Kolossense skryf. Paulus verteenwoordig nie ’n ander leer (soos dié mense wat die Goeie Nuus

Kolossense.indd 1902Kolossense.indd 1902 6/24/09 11:12:05 AM6/24/09 11:12:05 AM

Page 11: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 0 3 K O L O S S E N S E

Alternatiewe vertaling Histories, Kultuur-histories, Geografi es Woordverklaring

verdraai) as Epafras nie.Paulus het in 1:3-8 gesê waarom hy vir die

Kolossense bid. Van 1:9 af bid hy dat hulle ware Christene moet wees. So beskryf Paulus hier die pad van heiligmaking, dit wil sê hoe die ge-lowige se lewe van dag tot dag moet lyk.

Paulus bid vir geestelike wysheid en insig (1:9). Al twee hierdie woorde dui op praktiese lewenskennis. Paulus bid daarvoor dat Christe-ne moet leer hoe God wil hê hulle moet leef. Die geestelike wysheid en insig beklemtoon verder dat die gelowige elke dag onder leiding van die Heilige Gees moet leef. In jou verhouding met die Gees word dit vir jou as gelowige duidelik wat van jou verwag word.

Die manier waarop Paulus hier kennis van God en praktiese dade met mekaar vervleg, is opvallend. Daar word gebid dat die gelowiges in lewenskennis sal toeneem. Hierdie kennis sal hulle help om reg te leef. Dan bid Paulus (1:10) dat hulle produktief sal wees in elke goeie werk. Hulle goeie werke moet meer en meer goeie resultate oplewer; só sal hulle leefstyl tot eer van die Here wees. Hoe meer hulle begin leef soos God dit regtig wil hê, hoe meer sal hulle toeneem in die wysheid en insig: hulle sal meer en meer verstaan wat God eintlik met hulle lewe in gedagte het. En hoe meer hulle dit verstaan, hoe meer sal hulle reg wil leef, wat beteken dat hulle God persoonlik al hoe beter leer ken (1:10). Dit is hoe die Christen vorder op die pad van geestelike groei.

Dit gaan nie altyd maklik nie. Die lewe is soms onverklaarbaar moeilik en gekompliseerd. Die Christen hoef egter nooit terug te deins vir wat wag nie. Hy/sy moet net op die regte plek krag gaan soek. Paulus bid dus dat God deur die krag van sy Goddelike heerlikheid aan die gelowige krag sal gee (1:11). Dit sal beteken dat die gelowige nie moed hoef te verloor nie, maar in alle omstandighede geduldig kan volhard. Hul-le moet net volhou om te leef soos God dit van hulle verwag, kom wat wil.

Nou voeg Paulus ’n verwysing na blydskap in. Dit kan óf verwys na wat vooraf gaan (blyd-skap oor God wat die gelowige die krag gee om te vorder op die pad van geestelike groei), óf na wat volg. Wat volg, beskryf die totale wisse ling van “geestelike woonplek en status” wanneer ie mand ’n Christen word. Paulus beskryf die

Ko los sen se se ou status as in die mag van die duis ter nis. Dit impliseer dat duisternis hier feit-lik Bose (duiwel) beteken. Soos ’n heerser mag het oor sy onderdane, so is ongelowiges in die mag van die duisternis vasgevang. Duisternis is sim bo lies van die wêreld waar God nie is nie (hoe wel dit nie buite God se beheer lê nie). Om-dat daar nie gesien of gekontroleer kan word wat gedoen word nie, is dit die plek waar ge-knoei en sondes gedoen word. Daarteenoor staan ’n lewe volgens God se wil (1:12). So ’n le we word in 1:13 met die koningsheerskappy van die Seun vergelyk. Dit is waar God is en waar ’n mens se dade nie weggesteek hoef te word nie, maar waar almal dit kan sien omdat dit goeie dade is. Daarom kan daar gesê word dat die Seun daar heers, of, anders gestel, die Seun se wil geld daar. Die basiese beeld is dus dat die gelowige sak en pak uit die wêreld waar die Bose heers, “emigreer” na die wêreld waar die Seun regeer. Die gelowige word ’n burger van ’n nuwe wêreld met ’n nuwe koning.

Die woorde wat saam met hierdie beeld ge-bruik word, is interessant. Daar word byvoor-beeld gesê dat God ons geskik gemaak het (1:12) vir hierdie “emigrasie”. Dit verwys na God as die enigste bron van verlossing. Hy het alles gereël en reggemaak. Dan word daar gesê dat ons deel in die erfenis van God se mense. Dit is gesinstaal. Die gelowige het wettig deel aan dit wat aan God en sy gesin behoort. Dít is die gesinslede se nuwe aanspraak en eiendom.

God reël die “emigrasie” vir ons deur sy Seun. In 1:14 spreek Paulus twee probleme aan: (a) Die ongelowige is in die mag van die Bo se. Daaruit verlos Jesus ons. Die woord wat vir verlossing gebruik word, dui op die betaling van ’n som geld om die vryheid van iemand te koop. Die beeld is duidelik: soos vir die slawe van destyds is daar vir ons ’n prys betaal om ons los te koop uit die mag van die Bose. Nou het jy ’n nuwe Heerser, die Seun, aan wie jy lo-ja liteit verskuldig is. (b) Tweedens het ons dinge gedoen (sonde) wat nie vir God aanvaarbaar is nie. Daarmee kan ons nie voor God verskyn nie. Ook daarvan raak die Seun ontslae deurdat God sy betaling van daardie skuld aanvaar. Ons sonde is vergewe.

Kolossense.indd 1903Kolossense.indd 1903 6/24/09 11:12:05 AM6/24/09 11:12:05 AM

Page 12: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 0 4K O L O S S E N S E

’n Lied oor die heerlikheid van die Seun Kolossense 1:15-20Die gemeente het begin glo dat Jesus nie regtig so belangrik is nie. Hy is maar een van die baie paaie hemel toe. Daarom voeg Paulus ’n gedig, ’n lied oor Jesus, die Seun van God, hier in.

Die tema (1:15a) word tweeledig verduidelik, naamlik Jesus as Skepper (1:15b-17) en Jesus as Herskepper (Verlosser) (1:17-20). Daar is ’n wisselwerking tussen wie Jesus is en wat Hy (kan) doen. Jesus kan doen wat Hy doen omdat Hy is wie Hy is.

Die Grieke het geglo dat hulle gode ligga me het en dus gesien kan word. As deel van die skepping was hulle soos mense aan die “nood-lot” onderworpe. Die lewende God verskil hier-van. Hy is heilig en is nie soos ’n skepsel sodat iemand Hom sommer kan sien nie! Maar waar leer jy hierdie God ken? Waar sien jy hoe Hy is en wat Hy wil hê? Wel, sê Paulus, die Seun is die sigbare uitbeelding van die onsigbare God. Die konsep uitbeelding sê onder andere die vol-gende:

• Waar Jesus is, is God ook.• In Jesus kan gesien word wie God werklik is. • Jesus tree namens God op.

Die woord Eerste wys dat die Seun onderskei moet word van die skepping. Daar is niks in die skepping wat in belangrikheid met Hom ver-gelyk kan word nie. God het alles deur Hom ge skep (1:16). Die alles sluit die heelal in. Die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie. Die Here het nie net sig-bare dinge gemaak nie, maar ook geeste. Die woor de hemelse of aardse regeerders en he-mel se of aardse magte is tegniese terme wat deur die Kolossense gebruik is om hierdie gees-te li ke magte te beskryf.

Die probleem was dat die Kolossense ge-dink het dat hierdie geestelike magte mense se kontak met God beheer. Daarom was die magte vir hulle net so belangrik soos Jesus. Paulus sny dié idee by die wortel af: Hulle kan nie so belangrik soos Jesus wees nie, want Jesus het hulle gemaak! Hy is die instrument waardeur God skep. Alle dinge is deur Hom en vir Hom geskep (1:16). Dit beteken dat as jy begin vra

na die uiteindelike doel van die skepping en die sin van die lewe, jy in jou antwoord by Jesus moet eindig.

Dit lei Paulus tot ’n tweede belangrike stel-ling oor wat Jesus doen. Hy skep nie net nie, maar alles trek in Hom saam (1:17). Dit beteken dat die Seun ná die skepping intiem by die skep-ping betrokke bly. Hy onderhou alles en sien toe dat die skepping werk soos dit bedoel is om te werk. Die hele skepping kry betekenis vanuit die Seun.

Paulus vergelyk graag die kerk met ’n lig-gaam. In 1:18 word Jesus as deel van die lig-gaam, naamlik die hoof beskryf (vgl 2:19). Hoof dui op die belangrikste posisie. Sonder ’n kop kan ’n liggaam niks doen nie. Hierdie term wys dat die Seun die hoogste status het en dat Hy die belangrikste is. Jesus het die belangrikste posisie in die kerk, want ook die kerk (soos die skepping) het sy oorsprong by Hom.

Paulus motiveer dan hierdie belangrike po-sisie van Jesus deur te sê dat Jesus die eerste is, wat uit die dood opgestaan het (1:18). Die kerk bestaan uit mense wat die dood oorwin het en verseker is van die ewige lewe. Jesus het uit die dood opgestaan en so gewys dat God aan die werk is. As ons leier het Hy vir ons die pad na die nuwe lewe oopgebreek! Ook daarin was Hy Eerste.

Hoe Jesus kan skep en verlos en in alles Eerste kan wees, word in 1:19 verduidelik. Dit is ’n moeilike sin waarin daar gesê word dat God besluit het om met sy volle Goddelikheid in die Seun te woon. In die grondteks staan daar: “die ganse volheid woon in Hom”. Wat pre-sies hiermee bedoel word, is nie duidelik nie. Die hoofstrekking is egter duidelik. Paulus wil wys tot watter mate Jesus en God dieselfde is. Jesus beskik oor alles wat nodig is om as God in hierdie wêreld op te tree. Hy is benewens sy mens-wees, ook volledig God.

In 1:20 staan daar dat God deur die Seun sy goeie verhouding met alles in die hemel en op die aarde herstel het. Dit klink asof alle mense gered gaan word, maar dit is nie die bedoeling nie. Die Griekse woorde wat hier gebruik word, dui basies op vrede maak waar daar onvrede of slegte verhoudings heers. Verder word die Griekse woord wat hier vir alles gebruik word, in 1:16 vir die hele skepping (die heelal) gebruik.

Kolossense.indd 1904Kolossense.indd 1904 6/24/09 11:12:07 AM6/24/09 11:12:07 AM

Page 13: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 0 5 K O L O S S E N S E

Alternatiewe vertaling Histories, Kultuur-histories, Geografi es Woordverklaring

Dit beteken dat dit hier gaan om ’n kosmiese versoening, die versoening van alles en almal. Daar moes immers vrede in hemel én op aarde gemaak word.

Watter onvrede het daar dan tussen die wê reld en God bestaan wat reggestel moes word? Die probleem was dat die Kolossense gees telike magte in die skepping (1:16) vereer het, by na asof hulle gode was. Hulle het gedink dat hul le op allerhande maniere soos deur heili-ge dae of feeste streng te onderhou (2:16,18, 21-23) by God sou kon uitkom. Hulle het dus skepsels op goddelike terrein begin plaas. Hulle het so doende die skepping soos dit bedoel is om te wees, deurmekaar gekrap. So word die goeie verhouding tussen God en sy skepping ver steur.

Jesus moes en het dit kom regstel. Hy het weer kom wys dat skepsels (sigbaar en onsig-baar) net skepsels is en dit moes bly. Na sy koms kon die verhouding tussen God en skep-ping weer werk soos dit moet. Op dié wyse het die Seun deur sy koms sy goeie verhouding mate alles in die heelal herstel.

Dit het nie sommer outomaties gebeur nie; die prys vir die vrede was hoog. Jesus het dit bewerk met sy bloed wat aan die kruis gevloei het (1:20).

Ons stukkende verhouding met God is reggemaakKolossense 1:21-23In 1:21-23 word die geskiedenis van die Ko los-sense in drie dele opgedeel: daar word gesê wat hulle was (1:21), wat Jesus met en vir hulle gedoen het (1:22), en wat hulle nou self moet doen (1:23).

Die Kolossense word in 1:21 herinner aan wie hulle eers was toe hulle God nog nie geken het nie. Twee dinge word gesê: (a) dat hulle ver van God af was. Hulle was totaal vreemd vir God en daarom het hulle hulle nie aan Hom gesteur nie. (b) Hulle was Hom ook vyandigge-sind. Dit hou in dat jy jou glad nie aan daardie persoon steur of enigiets vir hom voel nie. Die Kolossense het eers so oor God gevoel, soos blyk uit die verkeerde dade wat hulle doen. Wat jy aan die binnekant is, word aan die buitekant sigbaar.

Die mens was inderdaad soos ’n vyand vir

God. In 1:22 vertel Paulus dat Jesus die goeie verhouding tussen die eertydse vyande herstel het deur self liggaamlik aan die kruis te sterf. Die voordeel van hierdie versoening is dat God die gelowiges op hierdie manier naby aan Hom gebring het en dat Hy hulle aanvaar. Deur dit wat Hy gedoen het, stel Jesus hulle in ’n posisie van aanvaarbaarheid voor God. God vind geen fout meer met hulle nie. Die begrippe skoon en sonder enige foute herinner aan offers wat vir God aanvaarbaar is.

In 1:23 word daar nie minder nie as drie Griekse woorde agter mekaar gebruik om te sê hoe sterk en vas die Christen in sy geloof moet bly staan: (a) die Christen moet aanhou glo, (b) soos ’n huis op ’n fondament bly staan, moet die Christen onwrikbaar vas bly staan en (c) hulle moet nie die verwagting laat vaar wat in hulle gewek is toe hulle die Goeie Nuus gehoor het nie.

God se geheim is bekend: Christus leef in ons!Kolossense 1:24-29Daar bestaan baie verskil van mening oor wat in 1:24 bedoel word. In die Grieks word ’n uitdruk-king gebruik wat die indruk gee dat Paulus die lyding van Jesus “vol maak” of “voltooi”. Dit sou beteken dat Jesus se lyding nie volledig en dus nie selfgenoegsaam was nie. Dit is natuurlik nie die geval nie. Die vervolging van Jesus (en sy volgelinge) het nog nie opgehou het nie. Paulus dra niks by tot die swaarkry van Jesus in die sin dat Jesus halwe werk gedoen het nie. Paulus se swaarkry is egter liggaamlik (hy is op daar-die stadium in die tronk) om dieselfde rede as Jesus, naamlik ter wille van die uitbreiding van die Goeie Nuus en die redding van mense. Dit sê hy aan die begin van 1:24 en brei in 1:25-29 daarop uit.

Die Kolossense het Paulus nog nooit gesien nie. Die vraag was dus of hulle sy leiding sou aanvaar. Paulus stel in 1:24-29 sy saak só dat hy beklemtoon dat God die hele kerk onder sy sorg gestel het. As hy dan vir die hele kerk moet swaarkry, vir hulle moet sorg en hulle vir hom moet luister, geld dit ook vir God se mense in Kolosse (1:25).

Die laaste sin van 1:25 sê dat Paulus die verantwoordelikheid het om God se volle bood-

Kolossense.indd 1905Kolossense.indd 1905 6/24/09 11:12:08 AM6/24/09 11:12:08 AM

Page 14: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 0 6K O L O S S E N S E

skap bekend te maak. Dit impliseer dat daar van die boodskap niks teruggehou word nie. Waar om Paulus dit só stel, word in 1:26 duide-lik. God het eeue en geslagte lank al (dus eintlik van die begin af) ’n geheim gehad wat Hy aan sy mense bekend sou maak wanneer die tyd vir Hom geleë is. Hierdie geheim is vir alle volke bedoel en nie net vir die Jode nie!

Twee frases tipeer die geheim. (a) Christus leef in julle. Christus is en bly die hart van God se geheim tot redding. Hoe moet hierdie leef in julle verstaan word? Een mens kan tog nie let-terlik in ’n ander een wees nie. Die in dui daarop dat die gelowiges één met Jesus is. As Christus in hulle leef, sê dit eintlik dat Hy met die redding wat Hy bring, hulle lewens volledig “vol maak”. Hulle deel wat Hy het en wat Hy kan bied. Wat van Hom geld, geld eintlik ook van God se men-se. Wat dit beteken, gaan volledig in hoofstuk 2, veral van 2:9 af, verduidelik word. (b) Die waar borg dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel, dui daarop dat Christus hulle hoop op die heerlikheid is. Christus is die Een wat God se beloftes vir ons waar maak. Heerlikheid slaan hier op die kwaliteit van die hemelse redding en die vrug daarvan.

Paulus sê dat hy elke mens waarsku en on-derrig (1:28-29). Natuurlik kan hy dit nie letterlik doen nie, maar sy werksopdrag van God gee hom die reg om dit te sê. Daarom kan hy ook die Kolossense waarsku en onderrig. Hierdie waarsku beteken om vir iemand wat op die ver-keerde pad is, uit te spel waar dié pad heen lei. Om hom te onderrig loop daarop uit dat onder-riggewer die persoon wat die onderrig ontvang, in ’n volmaakte verhouding met Christus na God toe te bring. Dit wil Paulus met die Kolossense doen deur die krag van Christus (1:29).

Paulus se stryd sodat gelowiges God se geheim kan kenKolossense 2:1-5In 2:2 beklemtoon Paulus dat hy wil hê dat die Kolossense insigryk en oorvloedig sal wees. Hulle moet heeltemal verstaan wat die kern van God se geheim is en wat dit vir hulle beteken. Hierdie geheim is Christus (2:3). In ’n eenheids-band met Christus is al die geheime skatte van wysheid en kennis te vind wat ’n mens nêrens anders kan kry nie. God “steek” dit as’t ware

in Jesus “weg”. Daarmee wil Paulus sê dat as daar byvoorbeeld vrae is oor hoe daar by God uitgekom kan word, wat van jou verwag word, en so aan, is daar net een adres om by te gaan aanklop: Christus.

Die gedeelte 2:4-5 vorm ’n soort oorgang tus-sen wat Paulus in 2:2-3 gesê het en wat in 2:8 volg. In 2:4 verwys Paulus na die gevaar van mooipraatjies wat die gelowiges om die bos kan lei. Paulus gaan nie diep op die mooipraatjies in nie, maar konsentreer op die positiewe bood-skap wat op Christus fokus. Die groot verskil kom by wie Jesus is en wat Hy kan doen. Die goeie orde wat hulle handhaaf, beteken dat hul-le die ware karakter van die Christelike gemeen-te getrou bewaar.

Ons het saam met Christus gesterf en opgestaanKolossense 2:6-23Die tema van die brief word in 2:6-7 gestel. In hierdie twee verse word daar gekonsentreer op die aanneming van Jesus en die gevolge daar-van. Om Jesus as Here aan te neem, het groot gevolge vir die verloste mens, soos uit 1:13-14, 21-23 en 2:9-15 blyk.

Die praktiese implikasie is dat gelowiges nou die leefstyl van ’n Christen moet volg (2:7). Dat Christus die absolute oriënteringspunt vorm van die gelowige se lewe word deur twee beel-de beskryf: Die eerste beeld kom uit die natuur. Die gelowige moet in Christus geanker (letter-lik: “gewortel”) wees soos ’n plant in die grond. Uit Jesus word die bestaan van die gelowige bepaal. Die tweede beeld kom uit die boubedryf. Jesus word as fondament voorgestel waarop die gelowige moet bou. Sonder Jesus is daar geen vastigheid nie.

Die Kolossense se probleem was natuurlik dat Paulus se opponente die gemeente se kop met allerhande godsdienstige praatjies deurme-kaar gepraat het. Daarom beklemtoon Paulus weereens dat hulle aan die geloof wat hulle oor-spronklik (by Epafras) geleer het, moet vashou. (Vir dankbaarheid, vergelyk die opmerkings by 1:3.)

Verder in hierdie gedeelte kom Paulus by die hart van wat Christus as Redder vir die ge-lowiges doen en beteken. Hy beskryf dit aan die hand van ’n stelling in 2:9-10 en brei dit met be-

Kolossense.indd 1906Kolossense.indd 1906 6/24/09 11:12:09 AM6/24/09 11:12:09 AM

Page 15: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 0 7 K O L O S S E N S E

Alternatiewe vertaling Histories, Kultuur-histories, Geografi es Woordverklaring

hulp van vyf voorbeelde uit (2:11-15). Paulus waarsku teen die gevaar om op

sleep tou geneem te word deur ’n leë misleiden-de fi losofi e. In die antieke tyd was fi losowe men-se wat oor die “kuns van die lewe” gepraat het. In Kolosse het hulle allerhande voorskrifte met ’n streng wettiese leefstyl voorgestel. Jesus was eintlik nie meer nodig nie, net die nakom van al die reëls en regulasies (2:16, 18, 21-23). Pau-lus reageer skerp. Hierdie dinge is deur men se uitgedink en is sommer ’n klomp mensli ke tradi-sies.

2:8 Kosmiese magte: Wat met kosmiese mag-te vertaal word, staan in die Grieks in direkte kon-tras met Christus. Ook die taalgebruik is parallel. Die Griekse woord (stoigeia) dui op geestelike magte wat volgens die mense van destyds hulle lewe beheers het. Om by God te kon uitkom moes mense hierdie geestelike magte tevrede stel. Paulus be veg hierdie idee. Vir Hom is daar net een pad na God toe, en dit is Christus.

In 2:9 sê Paulus waarom Christus so belangrik is: Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig (1:19). Letterlik staan daar in Grieks dat die volheid van die Goddelikheid op ’n liggaamlike manier in Jesus woon. Jesus verteenwoordig die Goddelikheid in die volste sin van die woord. Hy het egter ook mens ge-word. Hý kan vir ons ’n ware middelaar wees.

Die gelowiges is één met Christus wat só met God vervul is (1:10). Wat beteken dit? Dit beteken dat Jesus die toegang tot God vir ge-skape mense oopbreek. Om een met Christus te wees is ’n ander manier om te sê dat jy aan die groep van Jesus behoort. Wat van Jesus en sy groep geld, geld ook van jou. In die antieke wêreld is daar sterk groepsgewys gedink, met ander woorde, die individu se status en optrede is bepaal deur sy groep. Om een met Christus te wees beteken dus om volledig deel van Jesus se groep te wees en al die voorregte daarvan te geniet. Dit sluit ook hemelse burgerskap in.

a) Die eerste voorbeeld van wat Jesus vir die gelowige gedoen het, word met die besny-denis verduidelik (2:11). Besnydenis behels dat ’n deel van die liggaam vir altyd weggesny word. Dit doen Jesus met die sondige geaardheid van die mens. Dit wat God in die mens hinder, word

deur Christus weggeneem. Christus neem nie al leen die sondige geaardheid weg nie, maar ook die sondige menslike beperkings wat ver-hinder dat die gelowige sensitief word vir God se dinge. As Christen het God dit dus vir jou moontlik gemaak om voluit vir Hom te leef.

b) Die tweede voorbeeld, in 2:12, fokus op doodgaan en weer lewend word (begrawe en op-gewek) en word direk met die doop in verband gebring. Jesus was begrawe en is deur die krag van God opgewek. Dieselfde gebeur op geeste-like gebied met ons. Die ou mens in ons sterf en ’n nuwe mens sal opstaan. Daarvoor sal die-selfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het, sorg.

Dit gaan gebeur omdat ons een met Christus is, oftewel: deel uitmaak van sy groep. ’n Per-soon wat destyds uit sy ou (sondige) groep na die groep van Jesus wou oorgaan (Jesus aan-neem), is gedoop. Dit het beteken dat sy ou loja-liteite teenoor sy ou groep vir ewig iets van die verlede was. ’n Nuwe lewe wag vir hom in die groep van Jesus. Binne hierdie groep moes hy nou leef en lojaal wees. Só sterf jy iets af (jou ou lojaliteite) en begin jy ’n nuwe lewe (jou nuwe lojaliteite) by die doop. Daarvoor sorg God self deur sy krag.

c) Die posisie van mense voordat God hul le verander het, word in 2:13 beskryf: Julle was eintlik dood omdat julle gesondig het. Dit ver-wys na die manier waarop hulle opgetree en hulle gedra het. Hulle sit nog met hulle sondi ge geaardheid (oftewel hulle sondige menslike be-perkings). Geestelik is hulle sonder die lewe van God, al lewe hulle fi siek. God verander hierdie toestand van hulle. Die gelowiges is saam met Christus lewendig gemaak (2:13). Jesus se le-we het ook die gelowige s’n geword. Wat nou van die sonde wat die mens gedoen het? Dit is im mers juis vanweë die sonde dat jy in die po-sisie van geestelike dood verkeer. Hierdie sonde word deur God vergewe. Dit beteken dat God nie meer die skuld van die sonde teen die gelo-wige hou nie.

d) Vierdens verwys Paulus hier na ’n doku-ment met voorskrifte wat as klagstaat teen die gelowige gedien het (2:14). Hier verwys Paulus na die wet. Die wet met al sy voorskrifte het die skuld van gelowiges voor God laat ophoop. Volgens destydse wette kon ’n hele gesin op

Kolossense.indd 1907Kolossense.indd 1907 6/24/09 11:12:10 AM6/24/09 11:12:10 AM

Page 16: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 0 8K O L O S S E N S E

grond van so ’n skuldbewys as slawe verkoop word. God self neem dit egter weg en spyker dit aan die kruis – ’n ongewone ding om met ’n klagstaat te doen. Daarmee word egter gesê dat Jesus aan die kruis die rekening vir die skuld ontvang het en dit betaal het, en só volledig aan die eise van die wet voldoen het. Die dood wat die gelowige moes sterf, het Jesus gesterf.

e) Die vyfde beeld (2:15) praat van oorwin-ning oor die hemelse en aardse magte. Volgens dié wat die Goeie Nuus in Kolosse verdraai het, het hierdie hemelse en aardse magte mense se lewe beheer en moes die mense gehoorsaam aan hulle wees en eer aan hulle bewys. God sit hulle egter op hulle plek deur hulle in die open-baar bespotlik maak deur hulle kaal uit te trek. In die antieke wêreld moes ’n generaal met sy terugkeer van ’n veldslag af bewys lewer van sy oorwinning, anders sou niemand hom glo nie. Dit is met die sogenaamde triomftog gedoen. Alles wat hy gebuit het, is in die optog ten toon gestel. Deel daarvan was die konings van die land wat hy oorwin het. Hulle klere is uitgetrek en in die triomftog moes hulle dus die spot van almal verdra. Dit is presies wat Jesus met die hemelse en aardse magte gedoen het wat sy plek wou vat!

In 2:16-23 waarsku Paulus teen dié wat die Goeie Nuus verdraai. Dié verdraaiers het ge-dink dat ’n mens self vir jou verlossing moes werk. Hulle het allerhande reëls gehad oor wat gelowiges mag eet of drink. Hulle het ook aller-hande feesdae (bv Nuwemaanfees* of Sabbatte) gevier ten einde die geestelike magte tevrede te stel (2:16). Daarbenewens het hulle engele aanbid, probeer om vreeslik nederig te wees, en het hulle hiervoor op visioene beroep. Met al dié maatreëls wou hulle bewys hoe “godsdiens-tig” hulle was. Hierdie aanbidding van engele en die gepaardgaande visioene het waarskynlik met ’n soort Joodse mistisisme saamgehang. Sul ke Jode het geglo dat deur spesiale dinge te doen (soos in 2:16, 18 genoem is), hulle ’n spe siale geestelike toestand kan bereik waar-deur hulle daarin kan slaag om momenteel weg-ge voer te word na die hemel om saam met die engele God daar te aanbid. Dit sou dan aan so ’n persoon ’n spesiale geestelike status gee. Daarom het sulke persone baie van hulleself gedink (2:18). Die Christene het dit natuur lik nie

gedoen nie en is daarom deur hierdie men se gekritiseer. Volgens dié mense sou die Chris-tene nie werklik “geestelik” wees nie. Hulle het immers nie die regte dinge gedoen nie!

Paulus reageer skerp. Wat die Christene geestelike mense maak, is nie wat hulle doen nie, maar aan wie hulle verbind is (2:19). Paulus is versigtig om die Joodse gebruike, soos die Sabbat of die Nuwemaanfees* net so van die ta-fel af te vee asof dit verkeerd of nutteloos is. Dit het tóg waarde gehad. Soos ’n skadu ’n mens waarsku dat iemand om die hoek aankom, so het hierdie gebeure die mense voorberei op die Persoon wat sou kom. En toe Christus gekom het, het Hy die plek geword waar die goddelike volheid (2:9) te vind is. Die Persoon self het nou gekom; jy hoef jou nou nie met die skaduwee besig te hou nie!

Paulus bring die saak goed tuis deur in 2:19 die beeld van ’n liggaam te gebruik. Daarmee beklemtoon hy die groepsverbondenheid van die gelowiges. Soos ’n liggaam as eenheid groei en die verskillende dele van die liggaam me kaar on dersteun, so staan die gelowiges saam. Die eien aardige is egter dat Paulus sê dat hierdie lig gaam ’n hoof het van waaruit die he le liggaam groei. Hiermee beklemtoon hy (a) dat Christus die bron is waaruit die mense van God “groei”; (b) dat daar geen ander manier is om aan die liggaam (groep) van Christus te behoort as om aan Hom en Hom alleen verbind te wees nie; en (c) dat die gelowiges as liggaam (groep) onder Jesus se gesag staan. En: dis Gód wat die groei bewerk.

Tot op hierdie stadium het Paulus nog ge-konsentreer op wat God vir die gelowige ge-doen het. In 2:20 begin die klem verskuif na wat die gelowige met hierdie gawes van God doen. As God die wonderlike redding vir jou moont-lik gemaak het, wat doen jy daarmee? Die ge-dagte dat die gelowiges saam met Christus ge-sterwe het (2:20) was al in 2:12 aan die orde. Die gelowige se ou sondige wêreldse leefstyl be hoort tot die verlede. Die wettiese voorskrif-te be hoort daarom behoort dus nie meer op ’n ge lowige van toepassing te wees nie. Met hier die voorskrifte, het dié wat die Goeie Nuus ver draai gesê, moes mense die hemelse en aard se magte tevrede hou. Anders sou hulle nooit by God kon uitkom nie (vgl 2:21). In 2:23

Kolossense.indd 1908Kolossense.indd 1908 6/24/09 11:12:12 AM6/24/09 11:12:12 AM

Page 17: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 0 9 K O L O S S E N S E

Alternatiewe vertaling Histories, Kultuur-histories, Geografi es Woordverklaring

sê Paulus dat hierdie soort godsdiens net die reputasie het dat dit wysheid bevat. Die Griekse woorde hier sinspeel daarop dat dié wat die Goeie Nuus verdraai, wou voorgee dat dit wat hulle verkondig, die ware en sinvolle lewe is om te lei. Inderwaarheid is hierdie voorskrifte nutte-loos vir die beheer van die sondige geaardheid (2:23). Vir Paulus is dit sommer selfuitgedinkte godsdiens. Van hierdie soort godsdiens het Je-sus gelowiges fi naal kom bevry. Hierdie bevry-ding moet die gelowiges bewustelik hulle eie maak deur vir die selfgemaakte godsdiens en sy voorskrifte “nee” te sê.

Hoe om die nuwe lewe wat Christus ons gee, te leefKolossense 3:1-17Gelowiges moet in hulle verhouding met God “nee” sê vir wettiese voorskrifte. In 3:1-2 sê Pau-lus waarvoor hulle “ja” moet sê. Gelowiges het ’n nuwe status, en hulle leefstyl moet bewys le-wer van hierdie status. Die gelowige moet in die lewe mik na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit (3:1). Dit impliseer nie dat die gelowige wêreldvreemd moet leef nie, maar staan in kontras met wat in 2:20-23 gesê is. Dié wat die Goeie Nuus ver-draai het, het voorgeskryf dat allerlei wêreldse en selfgemaakte reëls en regulasies nagekom moes word om naby God te kan leef. As Paulus nou sê dat die gelowige in die lewe na die dinge wat daarbo by Christus is, moet mik, beteken dit bloot dat die gelowige hom/haar nie aan die klomp aardse reëls moet steur nie, maar in die eerste plek moet vra wat Christus wil hê. Dit word bevestig deur die beskrywing van Jesus. Hy sit in die regeerposisie langs God en moet dus toesien dat God se wil geskied. Ware gods-diens bestaan daarin dat jy die “volle verlos-sing” van Jesus gekry het (2:9-10), en hierdie nuwe status van jou in die volste sin van die woord uitleef.

In 3:3 sê Paulus dat die gelowige saam met Christus gesterf het, maar dat hulle lewe saam met Christus veilig by God weggesteek is. Dit impliseer dat die gelowige eintlik nou reeds die ewige lewe het. Gelowiges kan seker wees van die ewige lewe. Hoewel hulle dit nog nie volle-dig hier op aarde hét nie, is dit onvervreembaar hulle besit. Hulle kan so seker daarvan wees as

wat ’n mens van Christus kan wees. Christus is immers ons lewe (3:4).

In 3:5-8 kry die gelowiges die opdrag om die wêreldse dinge wat nog in hulle lewe oorbly, moet afsterf. Afsterf dui daarop dat die gelowige totaal daarvan ontslae moet raak. In die res van die 3:5 word van die wêreldse dinge opgenoem. Daar word heel eerste na seksuele sondes ver-wys. Die gemeenskaplike element in al die wê-reldse dinge wat hier genoem word, is selfbe-lang (natuurlik teenoor Godsbelang). Die mens stel net belang om sy eie behoeftes te bevredig, ongeag die doel waarvoor God (bv) seksualiteit aan die mens gegee het.

Daarmee saam noem Paulus ’n reeks pro-bleme op interpersoonlike vlak (3:8-9). Die ge-meenskaplike daarvan is die selfgesentreerd-heid van die mens. Kwaad wees en woedebuie gaan om onbeheerste reaksie op ander mense se optrede, gebaseer op ’n liggeraakte selfge-sentreerdheid. Gemeenheid sluit die behoefte in om die ander persoon seer te maak of iets kwaads aan te doen. Gevloek beteken dat per-sone só praat dat hulle God en sy eer in die proses skade aandoen. Vuil taal dui op krag-woor de en gesprekke wat mense “ongemak-lik” laat voel. Dit gaan nie noodwendig oor die ge bruik van God se Naam nie, maar oor dinge wat mense sou voel “vulgêr” of “onder die belt” is. Hierby word nog die betroubare gebruik van spraak gevoeg: gelowiges moenie vir mekaar lieg nie (3:9a).

Die Christen het die aktiewe roeping om sy lewe daagliks van hierdie verkeerde dinge te suiwer (3:9b-11). Dit sou die “kleedkamer van God” genoem kon word. Die gelowige word daaraan herinner dat hy in God se kleedkamer sy vorige stel klere uitgetrek het, en ’n nuwe stel aangetrek het (3:9b): die vorige stel klere is die vorige mens, en die nuwe stel klere is die nuwe mens. Die nuwe mens word in die res van 3:10 treffend beskryf. Hy moet soos sy Skepper lyk en optree. Jesus is hulle voorbeeld.

In 3:11 vertel Paulus meer van hierdie nuut-gemaakte mense. Volksgrense is vir hulle nie meer die een en die al nie; die besnydenis het nie meer vir hulle spesiale krag nie; kultuur en beskaafdheid gemeet aan jóú standaarde plaas gelowiges nie meer op verskillende vlakke nie; jou status in die gemeente het ook niks te doen

Kolossense.indd 1909Kolossense.indd 1909 6/24/09 11:12:13 AM6/24/09 11:12:13 AM

Page 18: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 1 0K O L O S S E N S E

met jou persoonlike en sosiale status nie. Al wat saak maak, is Christus wat alles in elkeen is (3:11). Die gelowige is totaal in die groep van Jesus opgeneem. Wat jou dus status gee, is nie die sosiale of kultuurgroep waaraan jy behoort nie, maar wel dat jy aan Christus behoort.

In 3:12 word die gelowiges aangemoedig om hulle soos mense wat God uitgekies het om Syne te wees, aan te trek. Die gelowiges moet in hulle leefstyl die status weerspieël wat God self vir hulle gegee het.

Wie is die gelowiges voor God? Hulle is sy uitverkorenes. Die gelowiges is soos Israel van ouds gekies om God s’n, sy volk, te wees. Dit beteken dat God hulle Koning is en dat hulle gevolglik aan Hom gehoorsaam moet wees. Die gelowige staan in ’n nuwe, unieke verhouding met God op grond van sy onverdiende goed-heid. God het die gelowige aan die hand gevat, en nie andersom nie.

Daarbenewens beklemtoon Paulus dat God die gelowiges liefhet (3:12). Liefde gaan oor lo-jaliteit teenoor ander en die verpligting om jou verantwoordelikheid teenoor die ander end uit na te kom. In ’n neutedop, op God kán die ge lo-wiges vertrou. Hy sál vir sy volk sorg soos daar vir hulle gesorg moet word!

In 3:12-17 volg ’n reeks aanduidings van hoe iemand wat deur God uitgekies is om Syne te wees, se leefstyl moet wees. Die gemeenskap-like in die lys is weereens dat die belang van ander en veral van God voor eiebelang staan.

Die eerste woord in die lys (deernis) dui op ’n innerlike betrokkenheid by mense, oftewel em-patie (3:12). Jy voel soos hulle voel en daar om word hulle saak (of dit vreugde of verdriet is) ook jou saak. Vriendelikheid dui op die openheid wat daar tussen die gelowige en ander mense moet bestaan. Ander mense moenie bedreig voel in die teenwoordigheid van die gelowige nie. Nede-righeid en sagmoedigheid gaan daaroor dat jy nie altyd jouself op die voor grond wil stoot nie. As jy wel op die voorgrond be land, moet dit die gevolg van ander se inisiatief wees. Geduld be-te ken dat jy verdraagsaam is. Jy skep genoeg ruimte vir ander (ook vir hulle foute; vgl Gal 6:1) om gelukkig by jou te voel. Daarby sluit die eers-te verwysing in 3:13 aan, naamlik dat ons me-kaar moet verdra, selfs wanneer daar re de is om ongelukkig te wees met die ander persoon. Die

opdrag om mekaar te vergewe eggo die opdrag van Jesus in Matteus 6:12-15 en 18:35. Jesus het aan ons die voorbeeld vir vergifnis gestel.

Liefde word in 3:14 aangedui as dié deel van jou nuwe klere wat die belangrikste is: bind alles volmaak saam. Liefde verwys hier na lo-jaliteit teenoor mekaar. Gelowiges is verplig om vir mekaar om te gee en mekaar se sake op die hart te dra. Dit bind al die ander “kledingstukke” tot ’n pragtige uitrusting! Verder moet die vrede wat Christus bewerk het soos ’n skeidsregter vir ons die fl uitjie blaas wanneer ons optrede teen-oor medegelowiges nié die vrede wat Christus bewerk het, dien en weerspieël nie (3:15).

In 3:16a roep Paulus die Kolossense op om die rykdom van alles wat Christus hulle leer, hulle leefstyl te laat bepaal. Dit het beteken dat die inhoud van wat Jesus geleer het, deur die gelowiges nie net onthou moet word nie, maar dat dit ook lewenspraktyk word. Met hierdie wys-heid moet hulle mekaar vir die lewe onderrig en mekaar die regte pad wys. Jesus se voorbeeld help jou om jou lewe sinvol te leef. Gelowiges moet verantwoordelikheid vir mekaar se optre-de neem. Hulle moet mekaar help om reg op te tree. Dit doen hulle onder andere deur die lie dere wat hulle sing (3:16b). In die vroeë kerk was liedere gewoonlik so gemaak dat dit mense be langrike dele van die Christelike boodskap op die maat van musiek laat onthou. Baie mense kon nie lees nie. Deur die liedere te leer het hul le sommer groot stukke van die Christelike bood skap ook leer ken. Hierdie liedere was ver-al deur twee sake gekenmerk. Die liedere het oor God gegaan; dit het aan Hom die eer ge-bring. Daarmee saam was daar dankbare vreug-de. Sang plaas die gelowige dus in die posisie van iemand wat saam met medegelowiges voor God feesvier oor sy onverdiende goedheid wat Hy aan hulle bewys het.

In 3:17 gee Paulus die samevatting van wat hy ten opsigte van die gelowige se leefstyl wil sê. Hy stel dit omvattend: alles – of dit nou woorde of dade is – moet namens die Here Jesus gedoen word. Dit beteken dat jy deur jou woorde en dade Jesus in hierdie wêreld sigbaar moet maak. Vóór jy iets sê of doen, moet jy jou eers biddend afvra hoe Hy dit sou gedoen het. Daarmee beklemtoon Paulus die verantwoor-de likheid van die gelowige ten opsigte van sy

Kolossense.indd 1910Kolossense.indd 1910 6/24/09 11:12:14 AM6/24/09 11:12:14 AM

Page 19: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 11 K O L O S S E N S E

Alternatiewe vertaling Histories, Kultuur-histories, Geografi es Woordverklaring

ge drag. Sy leefstyl moet só op Jesus gefokus wees (3:1-2) dat dit in geen opsig teenstrydig sal wees met die wense van Jesus nie. Die feit dat Jesus hier Here genoem word, wil sê dat die gelowige nie ’n keuse het nie. Jesus is sy/haar Here! Soos ’n eienaar van sy slaaf gehoor-saamheid verwag, só moet die gelowige aan Jesus gehoorsaam wees.

Hoe Christenskap ons verhoudings bepaalKolossense 3:18 – 4:1Hierdie gedeelte handel oor gedragsriglyne vir die verskillende partye in die tipiese destydse huishouding, wat die gesinslede en die slawe insluit.

Die gedeeltes in die Nuwe Testament waar-in daar gedragskodes vir die onderlinge verhou-ding tussen huweliksmaats, kinders en ouers, sla we en eienaars, en die owerheid en on der-da ne gegee word, word “huistafels” genoem. Hier die “huistafels” was nie uniek aan die Chris-tene nie. Om die waarheid te sê, die ongelowige huishoudings in die tyd van Paulus het volgens feitlik dieselfde reëls geleef. Die Stoïsyne* (’n be-langrike en invloedryke fi losofi ese beweging in daardie tyd) het soortgelyke gedragsvoorskrifte vir die mense gegee.

Die woord Here kom in die Grieks sewe maal in hierdie lys gedragsreëls voor. Daarmee het Paulus die goue reël vir die gesonde huis-gesin neergelê. Die gedrag van die huishou ding moet altyd die wil van die Here weerspieël. ’n Huishouding is ’n goeie huishouding as dit een is waar Jesus erken word as dié Een wat alle seggenskap het en waar alles gedoen word om Hóm tevrede te stel.

Die opdrag aan die getroude vroue om aan hulle mans onderdanig te wees (3:18), weer-spieël die patriargale* huwelikskonvensie van des tyds. (Dit was nie net onder die Jode en Christene só nie, maar oral in die Mediterreen-se wêreld van destyds.) Die pa van die gesin was die een wat die gesag in die gesin gehad het. Hy moes veral die tradisie en dissipline van die huishouding handhaaf, die huishouding be-skerm en versorg. Wat Paulus hier beklemtoon, is dat dit Christenvroue pas om die rol en po-sisie van die man te respekteer. Sy moet hom “man” laat wees en dit nie vir hom moeilik maak

om sy rol in die gesin te vervul nie.In 3:19 wend Paulus hom tot die getroude

mans. Hulle moet hulle vroue liefhê. In daardie tyd is huwelike deur die pa van die gesin vir sy kinders gereël. Liefde is dus nie hier die emo-sionele en romantiese gevoel wat ons meestal daaraan koppel nie, maar ’n ingesteldheid van aanvaarding en lojaliteit teenoor die vrou. Die man moet sy verantwoordelikheid en verplig-tings teenoor die vrou aanvaar en die lewe vir haar aangenaam maak.

Omdat die man in die magsposisie teenoor die vrou staan, was dit maklik om die vrou sleg te behandel of nie jou verpligtings na te kom nie. Die samelewing sou nie regtig ’n wenk-brou daar oor lig nie. Daarteen spreek Paulus hom hier uit. Die man moenie griewe teenoor sy vrou opbou nie. Dit beteken dat die man sy vrou as medegelowige moet sien en behandel, en dat hy ook bereid moet wees om haar foute en tekortkomings te vergewe soos Christus sy foute en tekortkomings vergewe het. Indien die huwelik só vol liefde en vergewing is, sal ’n vrou veilig en geborge voel en haar rol as vrou in die huwelik kan vervul.

Kinders (3:20) het destyds ’n onderdanige po sisie in die gesin ingeneem. Hulle is as onvol-wasse beskou en moes nog eers van hulle ouers leer hoe om reg te leef. Gehoorsaam dui dus op die gewilligheid om die lewenskuns by hul-le ouers te leer. Die pa’s moet ook nie aanhou foutvind met hulle kinders nie (3:21). Die Griek-se woord verwys na ’n optrede wat by kinders ’n soort magtelose woede veroorsaak. Hulle kan vanuit hulle posisie niks doen nie, want hulle moet ondergeskik aan hulle pa’s wees. Tog on-dervind hulle die optrede van die ouers as so onbillik en irriterend dat hulle dit eintlik nie kan aanvaar nie. Die resultaat is irritasie. Daarin lê dan ook die verband met die moedeloosheid. Die kinders weet uiteindelik nie meer hoe ver-der nie. Van hulle word verwag om gehoorsaam te wees, maar hulle pa’s tree só op dat dit vir hulle moeilik word om regtig gehoorsaam te wees. Uiteindelik lei so ’n situasie daartoe dat die kinders opgee.

In 3:22-25 konsentreer Paulus op die ge-dragsreëls vir slawe. Slawe was mense sonder enige persoonlike vryheid. Hulle status was ge-lyk aan dié van ’n stuk eiendom. Dit het beteken

Kolossense.indd 1911Kolossense.indd 1911 6/24/09 11:12:15 AM6/24/09 11:12:15 AM

Page 20: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 1 2K O L O S S E N S E

dat hulle totaal uitgelewer was aan die grille en giere van hulle eienaars. Met die uitbreiding vandie Christendom het ook slawe Christene ge-word. Dit het aanleiding gegee tot sosiale pro-ble me, aangesien die sosiale verhouding tus sen slawe en vrymense in die samelewing be perk was. Die probleem wat ontstaan het, was dat as iemand se slaaf saam met hom ’n Chris ten word, die slaaf eintlik sy baas se “broer” word. Wat word nou van die eienaar-slaaf-ver hou-ding? Moet die baas nou sy slaaf vry laat, an-ders behandel, of wat?

Teen hierdie agtergrond gee Paulus die ge-dragsriglyne. Dit kom daarop neer dat die slaaf nadat hy ’n Christen geword het, ’n beter en ge trouer slaaf moet wees, want hy besef hy is nou eintlik die slaaf van Jesus, sy eintli ke Eie naar. Hy moet so optree dat Jesus op hom trots is. Om dit te kan doen moet hy ook aan sy aardse baas gehoorsaam wees. ’n Chris ten-slaaf moenie net werk om mense te probeer te-v rede stel deur net te werk as iemand kyk nie (3:22). Omdat slawe totaal afhanklik was van hulle eienaars, was die opinie van die eienaar belangrik – die eienaar sou hom daarvolgens behandel. Daarom sou gewone slawe, as hulle eienaar kyk, hard werk om hom só te beïndruk. Paulus probeer hulle egter oortuig dat die Een wat beïndruk moet word, die Here is. Hy is hulle eintlike eienaar wat hulle sal beloon of straf. Daarmee het Paulus die basiese beginsel vas-gelê: leef so dat Jesus op jou trots kan wees, of jou aardse eienaar nou goed of sleg is.

Die eienaars (4:1) moet hulle slawe reg en billik behandel. Die baas se maatstaf en verwag-ting moet altyd dieselfde wees sodat die slaaf kan weet hoe om op te tree. Die waarskuwing wat hiermee saam gaan, is dat die baas self ’n ’n Eienaar het, in die hemel! Die Here kyk hoe hy optree. Die implikasie is dat hy teenoor sy slawe moet optree soos hy verwag die Here teen oor hom moet optree. Anders gesê: sy op-trede teenoor sy slawe wys hoe hy sy Eienaar, die Here, se optrede teenoor hom ervaar.

Ons moet aanhou bid en met wysheid optreeKolossense 4:2-6Paulus maak nog ’n paar laaste opmerkings. Die gelowiges moet aanhou bid. Op dié wyse

stel Paulus eintlik die belangrikheid van gebed bo die belange van die individuele gelowige. Paulus vra ook dat daar vir hom en Timoteus gebid moet word. Die geleentheid om oor die geheim van Christus te praat (4:3), dui op ’n po-sitiewe geleentheid vir die verkondiging van die Goeie Nuus oor hoe God Christus in sy verlos-singsplan gebruik.

Die slim optrede waartoe Paulus opdrag gee (4:5), verwys na praktiese lewenswysheid volgens God se wil. Tot op hierdie stadium het Paulus met die gelowiges gepraat oor hulle op-trede teenoor mekaar. Hier verbreed hy sy op-dragte tot die verhouding met nie-Christene. Teen oor alle mense moet daar opgetree word soos God dit wil hê. Elke kans wat die ge lowige kry om reg op te tree en sodoende die wysheid van God voor ongelowiges ten toon te stel, moet benut word. Selfs gesprekke moet ’n positiewe indruk by die toehoorders skep. Woorde wat al-tyd sinvol is (4:6) is die vertaling van die Griekse idioom: “Jou woorde moet met sout besprinkel word.” Dié idioom is deur die antieke mense ge-bruik wanneer iemand nie ligsinnig hede en on-sin kwytraak nie, maar wat hy sê be tekenisvol en vol substansie is.

Laaste opdragte en groeteKolossense 4:7-18Paulus stel eers die draers van sy brief aan die lesers bekend. Aangesien daar nie in daardie tyd posdienste was nie (die staat het wel ’n posdiens uitsluitlik vir sy eie gebruik gehad), moes die pos deur privaat mense vervoer word. Paulus het Tigikus hiervoor gebruik (vgl ook 2 Tim 4:12; Tit 3:12; Ef 6:21). Tigikus het uit Asië gekom. Hy was bevriend met Paulus en het hom ook op sy reis na Jerusalem toe verge-sel (Hand 20:4). Die bekende slaaf na wie in die brief aan Filemon verwys word (Filem v 10) kan moontlik met die Onesimus wat in 4:9 genoem word, verbind word.

Aristargus (4:10) het Paulus op sy kollekte-reis vergesel toe hy na Rome is (Hand 27:2). Hy kom waarskynlik van Tessalonika af (Hand 20:4; vgl 19:29). Markus (4:10) was ’n algeme-ne naam. Paulus noem hier dat dit die neef van Barnabas is. Barnabas en Paulus het saam op die eerste sendingreis gegaan. Markus (sy an-der naam was Johannes) was die seun van Ma-

Kolossense.indd 1912Kolossense.indd 1912 6/24/09 11:12:17 AM6/24/09 11:12:17 AM

Page 21: Die Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar simboliseer · Die Hebreeuse en Griekse grondtekste het as basis vir die uitleg en oorweging van al ter na tie we vertalings gedien

1 9 1 3 K O L O S S E N S E

Alternatiewe vertaling Histories, Kultuur-histories, Geografi es Woordverklaring

ria van Jerusalem. Sy was prominent in die kerk in Jerusalem. Markus is deur Barnabas aan Pau lus bekendgestel en was ook saam op die eers te sendingreis. Hy het hulle egter tydens die reis in die steek gelaat. Dit het onmin en uit ein-de lik verwydering tussen Paulus en Barnabas veroorsaak (Hand 12:12, 25; 15:37, 39). Paulus se opmerking hier in die Kolossensebrief laat eg ter blyk dat die verhouding weer herstel is. Wat ter opdragte Paulus oor hom gegee het, is nie seker nie. Hy beveel hom wel sterk by die ge meente aan. Justus was ’n algemene Joodse naam, veral as tweede naam. Die verwysing na hierdie twee as die enigste Jode wat saam met Paulus gewerk het, moet teen die agtergrond van Paulus se stryd teen die Joodse opvatting dat die nakom van die wet ’n manier is om verlos te word, gesien word. Paulus se verwerping van die wet en besnydenis as verlossingsmiddels het hom ’n opponent van die Jode gemaak.

In 4:12-13 verwys Paulus na Epafras wat op daardie stadium ook by hom was. Hy prys Epafras aan, want die gemeente in Kolosse het waarskynlik onder Epafras se bediening tot stand gekom. Hy is dus Paulus se direkte kontak met die gemeente. As Paulus wys dat Epafras hom as vriend beskou, sal die Kolossense hulle leier se voorbeeld volg.

Verder word daar van Lukas en Demas ge-praat wat ook groete stuur (4:14). Daar is nie veel van Demas bekend nie, behalwe dat hy ’n metgesel van Paulus was (vgl Filem v 24; 2 Tim 4:10). Hy het Paulus uiteindelik in die steek ge-

laat toe hy ’n in Rome in die tronk was, en het na Tessalonika teruggegaan. Lukas was ’n mede-werker van Paulus en waarskynlik, volgens tra-disie, die skrywer van Lukas en Handelinge.

Laodisea (4:13) was die groter en belang ri-ker dorp naby Kolosse. Uit 4:16 blyk dit dat Pau-lus vir hulle ook ’n brief geskryf het (wat vandag verlore is). Die twee briewe moes uitgeruil word en volgens gewoonte in die gemeentes voorge-lees word. Wie Nimfa (4:15) was, is nie seker nie. Uit hierdie verwysing kan daar afgelei word dat die gemeente in haar huis bymekaar gekom het.

Paulus verwys na nog ’n onbekende Chris-ten, naamlik Argippus (4:17). Wat van hom be kend is, weet ons slegs uit hierdie betrokke vers en Filemon 2, waar hy ’n medesoldaat van Paulus genoem word. Die bediening wat Argip-pus aanvaar het, hou waarskynlik verband met die bekendmaking van die Goeie Nuus en ad mi-nistrasie van die gemeente. Die klem wat Pau-lus daarop lê, laat die vermoede ontstaan dat dit ’n veeleisende maar verantwoordelike diens is wat Argippus moet lewer.

In 4:18 skryf Paulus met sy eie hand. Moont-lik het hy die brief aan Timoteus (1:1) gedikteer. Uit Galasiërs 6:11, waar Paulus praat van die groot letters waarmee hy skryf, word dikwels af-gelei dat hy nie meer so goed kon sien nie.

Die onverdiende goedheid (4:18) wat Paulus hulle toewens is ’n standaard Pauliniese groet. Daarmee wil hy hierdie goedheid van God aan hulle oordra.

Kolossense.indd 1913Kolossense.indd 1913 6/24/09 11:12:17 AM6/24/09 11:12:17 AM