bybelskool16oktober2012

4
Die heerlikheid gewaarborg, die ewige helse straf ook! - Openbaring 14 In Openbaring 14 sien ons ’n paar tussen-visioene. Die kommer oor die gebeure van die laaste dae as die Antichris heers, vra vir hierdie doort troos. Ons kry dus genadiglik ’n kykie in die eindgebeure na die oordeel. Ons kry die sekerheid dat die laaste dae verby SAL gaan en God sal self oordeel en straf. Die 144000 was in hoofstuk 7 voor die oordeelsdag, maar nou staan hulle op Sionsberg. En dan kom die onweerswolke wat saampak en vertel van die oordeel van God oor die wêreld (die beeld van die stad Babilon ). Hierdie tussengesigte dien tot troos en herinnering sodat die leser onthou waaroor dit werklik gaan. So seker as die verlossing vasstaan, so ook die oordeel. Daarna kom in hoofstuk 15 die plae van die oordeel. Sionsberg is die berg waar die Messias volgens Joodse oorlewering sal verskyn om Jerusalem te red en sy vyande te oordeel (Joël 2:32). 1. Die 144000 op Sionsberg (vgl Ps 68:16,17) In Openbaring 7 het ons hulle gesien as strydende kerk op aarde wat verseël is in hulle geloof in die Lam se bloed (teenoor die merk van die dier). Toe was hulle nog omring deur hulle vyande, die draak en sy trawante. Wat toe belofte was, word in Openbaring 14 bewaarheid. Die uitverkorenes behaal die oorwinning ten spyte van die aanslae. Die Lam staan op Sionsberg (hemel) en by Hom is die 144000. Die hemelse heerlikheid is deur die Lam verower ten spyte van die draak en sy aanslae, en die Lam is die Oorwinnaar (“bo-op Sionsberg”) . Hy het die plek gereed gemaak (Joh 14:1,2) vir die wat aan Hom behoort. Hulle sing ’n lied, ’n nuwe lied , wat net die uitverkorenes kan sing. Dit klink soos donderweer en soos groot waters, maar ook heerlik mooi soos siters . Dit spreek van verhewenheid en skoonheid. Indrukwekkend, hemels, heerlik, geweldig en mooi, sag en strelend. Van dit wat ons in die hemel sal ervaar kan net in simboliese taal beskryf word, want dit is ’n heerlikheid “wat geen oog gesien een geen oor gehoor en in die hart van geen mens opgekom het nie” (I Kor 2:9). Daar is totale verlossing uit hierdie aardse tranedal! Selfs die draak en sy trawante kan die aanbreek van hierdie heerlikheid nie verhinder nie! 2. Die verlostes word met 4 eienskappe beskrywe: # Hulle het hulle nie met vrouens besoedel nie (getrouheid) Dit gaan hier nie oor ’n uitspraak teen die huwelik nie, want dan sou dit teen die hele Skrif wees. Die huwelik is ’n instelling van God. Dit gaan oor geestelike maagdelikheid of geestelike hoerery. Wêreldgelykvormigheid! Hulle laat hulle fokus nie aftrek van die Here om meelopers met die wêreldgees te word nie. Afgesonder vir Christus! Bruid van Christus! # Hulle volg die Lam waar Hy ookal gaan (volharding) Hulle was ware navolgers van Christus, al het dit vervlging of beledigings of selfs hulle lewe gekos.Hulle het tot die dood toe getrou gebly. (Lukas 9) # Hulle is onder al die mense losgekoop as eerstelinge vir God en vir die Lam (toewyding) Die losprys is op Golgota betaal. Hulle behoort nie meer aan die wêreld nie, maar aan die Lam. Soos die eerstelinge van die oes in Israel aan die Here gewy moes word, so het hulle alles in hulle lewe aan God gewy. Godsdiens is immers totale oorgawe. Hulle was gereed vir die sekel van die oes (14:14). # Uit hulle mond kom daar nooit ’n leuen nie. Hulle is onberispelik (goeie getuienis)) Die woorde word in I Petrus 2:22 aan Jesus toegedig! Hy het geen bedrog gepleeg nie. In Johannes 8 word die duiwel die vader van die leuen genoem. Hierdie 144000 is dus werklik beeld van Christus! Hulle het hulle steeds meer laat verander om die heerlikheid van die beeld van Christus uit te straal (I Kor 3:18). Hulle is dus die ware gelowiges! Dit het reeds in hulle ardse lewe sigbaar geblyk! Hulle is die triomferende kerk! Hulle verskyn saam met hul Verlosser in die hemel. Daar is vreugde en vrede! Hulle sing die mooiste lied. Hulle het ’n skoon attestaat van leer en lewe!

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 23-Feb-2016

213 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

nuusbrief,brief

TRANSCRIPT

Page 1: bybelskool16oktober2012

Die heerlikheid gewaarborg, die ewige helse straf ook! - Openbaring 14

In Openbaring 14 sien ons ’n paar tussen-visioene. Die kommer oor die gebeure van die laaste dae as die Antichris heers, vra vir hierdie doort troos. Ons kry dus genadiglik ’n kykie in die eindgebeure na die oordeel. Ons kry die sekerheid dat die laaste dae verby SAL gaan en God sal self oordeel en straf. Die 144000 was in hoofstuk 7 voor die oordeelsdag, maar nou staan hulle op Sionsberg. En dan kom die onweerswolke wat saampak en vertel van die oordeel van God oor die wêreld (die beeld van die stad Babilon). Hierdie tussengesigte dien tot troos en herinnering sodat die leser onthou waaroor dit werklik gaan. So seker as die verlossing vasstaan, so ook die oordeel. Daarna kom in hoofstuk 15 die plae van die oordeel. Sionsberg is die berg waar die Messias volgens Joodse oorlewering sal verskyn om Jerusalem te red en sy vyande te oordeel (Joël 2:32). 1. Die 144000 op Sionsberg (vgl Ps 68:16,17) In Openbaring 7 het ons hulle gesien as strydende kerk op aarde wat verseël is in hulle geloof in die Lam se bloed (teenoor die merk van die dier). Toe was hulle nog omring deur hulle vyande, die draak en sy trawante. Wat toe belofte was, word in Openbaring 14 bewaarheid. Die uitverkorenes behaal die oorwinning ten spyte van die aanslae. Die Lam staan op Sionsberg (hemel) en by Hom is die 144000. Die hemelse heerlikheid is deur die Lam verower ten spyte van die draak en sy aanslae, en die Lam is die Oorwinnaar (“bo-op Sionsberg”) . Hy het die plek gereed gemaak (Joh 14:1,2) vir die wat aan Hom behoort. Hulle sing ’n lied, ’n nuwe lied, wat net die uitverkorenes kan sing. Dit klink soos donderweer en soos groot waters, maar ook heerlik mooi soos siters. Dit spreek van verhewenheid en skoonheid. Indrukwekkend, hemels, heerlik, geweldig en mooi, sag en strelend. Van dit wat ons in die hemel sal ervaar kan net in simboliese taal beskryf word, want dit is ’n heerlikheid “wat geen oog gesien een geen oor gehoor en in die hart van geen mens opgekom het nie” (I Kor 2:9). Daar is totale verlossing uit hierdie aardse tranedal! Selfs die draak en sy trawante kan die aanbreek van hierdie heerlikheid nie verhinder nie! 2. Die verlostes word met 4 eienskappe beskrywe: # Hulle het hulle nie met vrouens besoedel nie ( getrouheid) Dit gaan hier nie oor ’n uitspraak teen die huwelik nie, want dan sou dit teen die hele Skrif wees. Die huwelik is ’n instelling van God. Dit gaan oor geestelike maagdelikheid of geestelike hoerery. Wêreldgelykvormigheid! Hulle laat hulle fokus nie aftrek van die Here om meelopers met die wêreldgees te word nie. Afgesonder vir Christus! Bruid van Christus! # Hulle volg die Lam waar Hy ookal gaan (volharding ) Hulle was ware navolgers van Christus, al het dit vervlging of beledigings of selfs hulle lewe gekos.Hulle het tot die dood toe getrou gebly. (Lukas 9) # Hulle is onder al die mense losgekoop as eersteli nge vir God en vir die Lam (toewyding) Die losprys is op Golgota betaal. Hulle behoort nie meer aan die wêreld nie, maar aan die Lam. Soos die eerstelinge van die oes in Israel aan die Here gewy moes word, so het hulle alles in hulle lewe aan God gewy. Godsdiens is immers totale oorgawe. Hulle was gereed vir die sekel van die oes (14:14). # Uit hulle mond kom daar nooit ’n leuen nie. Hulle is onberispelik (goeie getuienis)) Die woorde word in I Petrus 2:22 aan Jesus toegedig! Hy het geen bedrog gepleeg nie. In Johannes 8 word die duiwel die vader van die leuen genoem. Hierdie 144000 is dus werklik beeld van Christus! Hulle het hulle steeds meer laat verander om die heerlikheid van die beeld van Christus uit te straal (I Kor 3:18). Hulle is dus die ware gelowiges! Dit het reeds in hulle ardse lewe sigbaar geblyk! Hulle is die triomferende kerk! Hulle verskyn saam met hul Verlosser in die hemel. Daar is vreugde en vrede! Hulle sing die mooiste lied. Hulle het ’n skoon attestaat van leer en lewe!

Page 2: bybelskool16oktober2012

3. Die “goeie boodskap” van die eerste engel Hy praat met almal wat die aarde bewoon en gee die boodskap van die verlosssing (evangelie, gospel). Die boodskap is ‘n ewige boodskap, dus gaan dit oor ewige verlossing. Dit geld vir elke volk, stam, taal en nasie (Mt 28:19) en dit dien as oproep tot geloof en bekering – “Vrees God … aanbid God”. Maar dit sluit ook die boodskap van die komende oordeel in – ook dít is goeie nuus vir die gelowiges, want dit bring die voltooiing van God se raad en dit bring die finale einde aan die Bose en al die vyande van die kerk! (HK So 19 vr 52). 4. Die boodskap van die tweede engel Hy bevestig die val van Babilon en die oorwinning oor die Bose. Daarvoor het die Lam gesorg met sy oorwinning by Golgota (Joh 16:31). Babilon is simbool van die afvallige wêreld – hier voorgestel in die beeld van ‘n verleidelike vrou (Sagaria 5 en Op 17:1-6). Hierdie wêreld loop met die illusie rond dat sy baie mag het om te verlei, maar om werklikheid dra dit in haarself die dood rond! 5. Die boodskap van die derde engel. Waarom dri e boodskappe? Die drie boodskappe dui op die volle goddelike waarheid. Dit is by God vas besluit en sal waar word! Daar sal geen wysiging daarvan kom nie. Die boodskappe is volledig en hou genade en oordeel in! Die derde engel boodskap die volle geweld van God se oordeel. (Lees ook 14;10,20). Die goddeloses sal die wyn van God se toorn moet drink – dws almal wat hulle laat verlei het deur die dier en die merk op hulle koppe aanvaar het – die lewensbeskouing van die dier uit die aarde aanvaar het (Op 13). Hierdie wyn van straf en oordeel sal onverdund wees – nou op aarde is dit oordeel én genade, maar dan sal dit enkel en alleen oordeel en nogmaals oordeel en straf wees. Hulle sal met die volle krag van God se oordele te doen kry… pyniging tot in ewigheid, geen rus tot in ewigheid. Die hel is dus ’n werklikheid en die teenpool van die ewige rus en vrede! 6. Wat is die boodskap hieruit vir die gelowiges? ( vs 12) Eerstens dat die oordeel nie uitgestel sal word nie. Tweedens dat die oordele van God verskriklik sal wees. Derdens dat die gelowiges volharding (liewer weer die beter vertaling van ‘LYDSAAMHEID’) nodig het – dit is immers die boodskap van die hele boek Openbaring! (Lees ook Jak 1 en Hab 1-3) Volharding/lydsaamheid dui op die suwering deur vuur heen. Ja, God red ons soos brandhout uit die vuur en soos goud wat deur vuur gelouter is! Volharding vereis absolute gehoorsaamheid aan God en Woord. 7. Die troos vir gelowiges in 14:13 “Salig is die wat van nou af in die Here sterwe… hulle sal rus… en hulle werke volg hulle”. Dus is die lewe na die dood vir ware gelowiges nie iets om te vrees nie, maar die teenpool van die ewige swaarkry van die hel. En dit wat ons nou op aarde doen is nie sinneloos nie, maar dra ons op een of ander wyse saam die ewigheid binne! (Vgl 1 Kor 15:58 en Op 21;24;26; Lees Fil 1:21)

Page 3: bybelskool16oktober2012

Die voltrekking van die oordeel - Openbaring 14:14-20 (hierdie oordeel eindig by laaste vers van Op 20 !) 8. God voltrek die oordeel self Onthou dat die Lam aan die regterhand van die Vader gaan sit het (Op 5, Rom 8:34 en Kol 3:1) en die gesag van die Vader uitoefen namens Hom. Hier word die Lam, dit is Jesus Christus, beskryf as “Iemand soos die Seun van die mens” (vs 14). Dit gryp terug na Daniël 7:13 wat ’n profesie op die wederkomende Messias in heerlikheid is. Die wit wolk herinner aan die hemelvaart – die wolk van die woestynreis, hemelvaart en wederkoms dui op die heerlikheid van God. Kyk ook Openbaring 1:7 “Kyk Hy kom met die wolke!” Hy het koninklike heerlikheid en majesteit, wat hier geteken word met ’n goue kroon op sy kop. Dan kom hierdie Oorwinnaar-koning se sekel na vore. Die tyd vir oordeel van God het aangebreek – ons Verlosser is ook ons hemelse Regter wat skeiding sal bring tussen die skape en bokke (lees HK Sondag 19 vr 52). 9. Die Lam wag op die roepstem van die engel Lees eers Matteus 24:36 en 1 Tessalonisense 4:16 waar ons lees van die geroep van die aartsengel. Die tyd van die oordeel is deur die Vader presies bepaal en kom op ’n uur dat niemand weet nie (Mat 24:36). Die aartsengel sal dit met ’n geroep aankondig en dan sal die Seun die oordeel voltrek. Die Seun is hier nie onder opdrag van die engel nie, maar wag bloot op die tyd wat deur die Vader bepaal is. Die engele is steeds aan die Seun onderworpe, omdat ons later sien hoe die engele die oordeel namens die Seun voltrek (vs 16-19). 10. Wie word hier geoordeel? Daar is verskillende standpunte oor wie deur die koring en druiwe-oes gesimboliseer word. In die konteks van die hele Skrif word dit egter duidelik dat God die goddeloses van die hele aarde sal oordeel (Joh 3:16 evv) - die regverdiges word nie geoordeel, of veroordeel nie, omdat hulle in die Seun van God geglo het. Buitendien staan hulle reeds op Sionsberg en al 144000 is daar, nie een ontbreek nie (14:1)! Die beeld van die oesdag kom elders in die Skrif na vore – In Jer 51:33 is daar die beeld van die dorsvloer (koring) wat dien as dreigement oor Babel en in Joël 3:13 die beeld van die parskuip (druiwe) Vgl ook Jes 63:2vv. Nou kan die oordeel nie meer uitgestel word nie. Die oes het oorryp geword en is niks meer werd nie! 11. Hoe die engele die oordeel uitvoer Die een het die sekel en die ander die vuur, wat spreek van oordeel en nogmaals oordeel. Van die vuurpoel lees ons in Openbaring 20:14,15. Hier word die oordeel egter vergelyk met die parskuip van die grimmigheid van God se toorn. Die ongeregtigheid van die aarde het sy toppunt bereik en nou kan en sal God regverdig oordeel. Die oordeel vind buite die stad plaas want slegs die regverdiges (vrygespreektes in Christus) sal in die stad ingaan – Op 22;14,15! Hier word die hel bedoel wat deur Christus vergelyk word met die Hinnomdal net suid buite Jerusalem, waar die ashope van die stad was – waar die wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie! Lees Op 22:15!! Dink hier ook aan die heerlikheid feit dat Christus vir ons buite die stad gely het! (Sy uittog – Lk 9). 12. Die simboliek van die 1600km/stadia bloed Hier sit ons met ’n vertalingsprobleem want die Grieks gee 1600 stadia wat deur die ’53 vertaling weergegee word as twee honderd myl en die ‘83 vertaling as 1600 km. ’n Stadia is ongeveer 200m en dus werk dit uit op tussen 200 en 300 myl.

Page 4: bybelskool16oktober2012

Maar die simboliek sit eerder in die 1600 : 4x4x10x10. Die Grieks gee die ‘gilioon” wat duisend beteken en in Openbaring sien dit op volledigheid. 16 is ’n veelvoud van 4 en 4 is die getal van die aarde. Die oordeel is dus volledig oor die goddelose aarde. Die bloed tot by die perde se tooms (hulle verdrink dus in hulle eie bloed) dui op ’n verskriklike lot, terwyl die perde iets van ’n oorlog aandui (Armaggedon – Openb 16;16). Die einde is dui iets allerverskrikliks vir elkeen wat hulle hoop nie op God gestel het nie. Voorwaar: Salig is dié wat van nou af in die Here s terwe! (Op 14:13)