brosjure vir ouers - westerncape.gov.za · 6.anaboliese steroïdes is dieselfde as...

16
Brosjure vir ouers Middelmisbruik

Upload: others

Post on 29-Aug-2019

47 views

Category:

Documents


4 download

TRANSCRIPT

Middelmisbruikbrosjure vir ouers1

Brosjure vir ouers

Middelmisbruik

Middelmisbruikbrosjure vir ouers2

Middelmisbruikbrosjure vir ouers 3

Hoeveel kennis het jy van gevaarlike dwelmgebruik?‘n Vinnige vraelys

Skadelike dwelm- en alkoholgebruik gebeur oor ’n tydperk en mense erken selde dat daar ’n prob-leem is voordat dit te laat is. Aanvanklik wil min mense erken dat hulle beheer verloor en ’n prob-leem het. Ouers of geliefdes mag vermoed dat ’n probleem dreig, maar is onseker of bang om die gebruiker te konfronteer en/of weet nie wat om te doen nie.

Om te help is hier ’n paar eenvoudige vrae, nie noodwendig wetenskaplik of afdo-ende nie, wat mens kan vra om ’n aanduiding te kry of die kommer geregverdig is en dat verdere, meer drastiese, optrede nodig is om ’n dreigende probleem van skadelike dwelm- en/of alkoholgebruik aan te spreek.

1. Mense wat dwelms misbruik, is individue sonder selfbeheersing wat hulle drang na dwelms kan beheer as hulle probeer.

Waar of Vals

2. Dwelmgebruik onder tieners het afgeneem. Waar of Vals

3. Dagga is die mees algemeen misbruikte onwettige dwelm in Suid-Afrika. Waar of Vals

4. Hoewel “klubdwelms” by deurnagpartytjies onder tieners ontstaan het, het dié onwettige dwelms na die hoofstroomkultuur oorbeweeg.

Waar of Vals

5. Hoewel die onwettige gebruik van dwelms oor die algemeen oor die afgelope paar jaar afgeneem het, het die aantal mense wat beheerde voorskrifmid-dels misbruik, toegeneem.

Waar of Vals

6. Anaboliese steroïdes is dieselfde as kortikosteroïdes, en beide soorte dwelms het gevaarlike newe-effekte.

Waar of Vals

7. Selfs net een sessie van die herhaalde snuif van ’n snuifmiddel kan hart-versaking en die dood veroorsaak.

Waar of Vals

Middelmisbruikbrosjure vir ouers4

8. Verskillende dwelms veroorsaak verskillende simptome, dus is dit nie al-tyd maklik om agter te kom wanneer iemand ’n middel misbruik nie. Een moontlike teken van dwelmmisbruik by tieners is egter wanneer hulle uits-lae verswak en skoolbywoning afneem.

Waar of Vals

9. As jy vermoed dat ’n geliefde dwelms misbruik, wag met die bespreking van die saak tot hy of sy nie bedwelmd is nie.

Waar of Vals

10. Die meeste mense wat behandel word vir dwelmmisbruik hoef, net vir min-stens drie maande onder behandeling te bly.

Waar of Vals

Die ANTWOORDE is

1.Mense wat dwelms misbruik, is individue sonder selfbeheersing wat hulle drang na dwelms kan beheer as hulle probeer. Vals

2. Dwelmgebruik onder tieners het afgeneem. Vals 3. Dagga is die mees algemeen misbruikte onwettige dwelm in Suid-Afrika. Waar4.Hoewel “klubdwelms” by deurnagpartytjies onder tieners ontstaan het, het dié dwelms na die

hoofstroomkultuur oorbeweeg. Waar5.Hoewel gebruik van dwelms oor die algemeen oor die afgelope paar jaar afgeneem het, het die

aantal mense wat beheerde voorskrifmiddels misbruik, toegeneem. Waar 6.Anaboliese steroïdes is dieselfde as kortikosteroïdes, en beide soorte dwelms het gevaarlike

newe-effekte. Waar7.Selfs net een sessie van die herhaalde snuif van ’n snuifmiddel kan hartversaking en die dood

veroorsaak. Waar 8.Verskillende dwelms veroorsaak verskillende simptome, dus is dit nie altyd maklik om agter te

kom wanneer iemand ’n middel misbruik nie. Een moontlike teken van dwelmmisbruik by tie-ners is egter wanneer hulle uitslae verswak en skoolbywoning afneem. Waar

9.As jy vermoed dat ’n geliefde dwelms misbruik, wag met die bespreking van die saak tot hy of sy nie bedwelmd is nie. Waar

10.Die meeste mense wat vir dwelmmisbruik behandel word, hoef net vir minstens drie maande onder behandeling te bly. Vals.

Hoe het jy gevaar? Weet jy genoeg om agter te kom of daar dalk ’n probleem is of moet jy bietjie dieper delf? Ons hoop die inligting gee jou ’n beter begrip van die uitdagings van middelmisbruik in alle gemeenskappe en dat dié brosjure op een of ander manier kan help.

Middelmisbruikbrosjure vir ouers 5

Alk

oh

ol

Ko

kaïe

n/“

Cra

ck”

Ho

esm

ed

isy

ne

Ecst

asy

/MD

MA

He

roïn

e

Str

aatn

aam

Dop

Coke

, Neu

slek

kers

, Bl

ow, R

ock

Stro

opX,

XTC

, ED

ope,

Sku

nk, U

ngah

Ly

k s

oo

sVl

oeis

tof (

soor

te sl

uit i

n w

yn, b

ier,

spiri

tus-

koel

-dr

ank,

ap

pelw

yn, e

ns.)

Wit

kris

talp

oeie

r, sk

yfies

of

brok

stuk

ke

Vloe

isto

f, pi

lleH

ande

lsm

erk-

tabl

ette

(N

ike

Swoo

sh, P

layb

oy b

un-

nies

)

Wit

of d

onke

rbru

in

poei

er o

f tee

ragt

ige

stof

Ho

e d

it g

eb

ruik

/ m

isb

ruik

wo

rdA

lkoh

ol w

ord

in o

or-

maa

t ged

rink.

Drin

k-se

ssie

s

Koka

ïen

kan

gesn

uif o

f ing

espu

-it

wor

d. “C

rack

” ka

n ge

rook

wor

d

Ges

luk

Ges

luk

Inge

spui

t, ge

rook

of

gesn

uif

Wat

tie

ne

rs h

oo

rD

it m

aak

’n v

erve

lige

aand

pre

t. La

at h

ulle

vo

lwas

se o

f koe

l lyk

of

voel

, ens

Hou

jou

vol s

kop;

jy

sal d

ie h

art e

n si

el

van

die

part

ytjie

w

ees

Maa

k jo

u ho

og m

et v

er-

skei

e fa

ses

Stim

ulee

r die

sint

uie

en m

aak

jou

alm

al s

e lie

fling

Vol e

ufor

ie, m

aar

baie

risk

ant

Geva

reBe

perk

jou

oord

eel,

laat

jo

u ve

rkee

rde

besl

uite

ne

em. L

angt

erm

yn-,

swaa

r dra

nkm

isbr

uik

ka

n to

t alk

ohol

ism

e en

le

wer

- en

hart

siek

tes

lei

Kan

hart

aanv

alle

, ber

o-er

tes

en s

tuip

e ve

ro-

orsa

ak. I

n se

ldsa

me

geva

lle, s

kiel

ike

ster

fte

met

die

eer

ste

gebr

uik

vero

orsa

ak.

Kan

maa

gpyn

, uite

rste

na

arhe

id, l

ewer

skad

e ve

roor

saak

Kan

erns

tige

dehi

dra-

sie,

lew

er- e

n ha

rt-

vers

akin

g en

sel

fs d

ie

dood

ver

oors

aak

By c

hron

iese

he

roïe

ngeb

ruik

ers

kan

’n o

ordo

sis

tot

die

dood

ly

Te

ke

ns

va

n m

isb

ruik

Slee

pton

gspr

aak,

’n

gebr

ek a

an k

oörd

inas

ie,

naar

heid

, opg

ooi e

n ba

bala

as

Senu

agtig

e op

tre-

de, r

uste

loos

heid

, ne

us w

at b

loei

, hoë

vl

ak v

an e

nerg

ie

Slee

pton

gspr

aak,

ge-

brek

aan

koö

rdin

asie

, di

sorië

ntas

ie, o

pgoo

i

Gek

ners

van

tand

e,

koue

koor

s, s

wee

t, on

twat

erin

g, a

ngst

ig-

heid

, bui

teng

ewon

e lie

fdev

olhe

id

Mer

ke a

an d

ie a

rms,

st

adig

e, sl

eeps

praa

k,

opgo

oi

Be

lan

gri

ke

fe

ite

’n K

ind

van

’n a

lkoh

olis

sta

an

’n g

rote

r kan

s om

pro

blem

e m

et a

lkoh

ol te

ont

wik

kel.

Kind

ers

wat

nie

by

part

ytjie

s on

der t

oesi

g is

nie

, loo

p ’n

gr

oter

risi

ko o

m d

rank

te

mis

brui

k

Koka

ïen

is e

en v

an

die

mee

s kr

ag-

tige

vers

law

ende

dw

elm

s

Hoe

smed

isyn

e se

dw

elm

reis

wor

d ve

ro-

orsa

ak d

eur d

ie in

neem

va

n ’n

gro

ot h

oeve

elhe

id

Dek

stro

-mef

orfa

n (D

XM) w

at a

lgen

eem

in

bai

e ho

esm

edis

yne

aang

etre

f wor

d

Kan

gew

oont

e vo

r-m

end

wee

s. H

et ’n

ge

wild

e kl

ubdw

elm

ge

wor

d om

dat d

it ’n

st

imul

ant i

s w

at g

e-br

uike

rs h

elp

om u

re

aanm

ekaa

r te

dans

’n H

eroï

neoo

rdos

is

is v

eral

’n ri

siko

op

st

raat

, waa

r die

su

iwer

heid

van

die

dw

elm

nie

akk

uraa

t va

sges

tel k

an w

ord

nie

Ou

ers

se

Ko

rt G

ids

tot

Str

aatd

we

lms

’n L

ys v

an d

ie m

ees

alge

men

e dw

elm

s en

mid

dels

waa

rmee

geë

kspe

rimen

teer

kan

wor

d en

wat

jong

men

se k

an g

ebru

ik e

n m

isbr

uik.

Middelmisbruikbrosjure vir ouers6

Ou

ers

se

Ko

rt G

ids

tot

Str

aatd

we

lms

(vo

ort

ge

sit)

’n L

ys v

an d

ie m

ees

alge

men

e dw

elm

s en

mid

dels

waa

rmee

geë

kspe

rimen

teer

kan

wor

d en

wat

jong

men

se k

an g

ebru

ik e

n m

isbr

uik.

Sn

uif

mid

de

lsD

ag

ga

Me

tie

lam

feta

mie

nO

pkik

ke

rsH

ero

ïen

Str

aatn

aam

Snap

pers

, Pop

pers

,H

uffing

, Gom

, Ve

rdun

ners

, O

plos

mid

dels

Dag

ga, B

oom

, Dop

e,

Gra

s, H

ash,

Her

b,

Mar

y Ja

ne, P

ot,

Reef

er, S

kunk

, Wee

d

Ice,

Spe

ed, T

ik, M

etJu

ice,

Rho

ids

Kode

ïen

en ta

lle

ande

r

Ly

k s

oo

sVe

rfve

rdun

ners

, go

m, p

etro

l, en

s’n

Gro

en o

f gry

s m

engs

el v

an g

ed-

roog

de, f

ynge

snyd

e bl

omm

e en

bla

re v

an

die

hem

ppla

nt

Wit

of e

ffens

gel

erig

e kr

ista

lagt

ige

poei

er,

groo

t stu

kke

soos

kilp

pe

Tabl

et, v

loei

stof

of

velro

omTa

blet

te e

n ka

psul

es

Ho

e d

it g

eb

ruik

/

mis

bru

ik w

ord

Inge

asem

deu

r die

ne

us o

f mon

dG

eroo

k, g

ekoo

k as

tee

of b

y ko

s ing

emen

gIn

gesl

uk, i

nges

puit,

ge

snui

f of g

eroo

kG

eslu

k of

inge

spui

t of

in d

ie v

el in

gesm

eer

Ges

luk

Wat

tie

ne

rs h

oo

r’n

Goe

dkoo

p, 2

0-

min

ute

dwel

mre

isD

ikw

els

mak

liker

as

alko

hol o

m in

die

ha

nde

tye

kry

Kan

jou

dae

lank

aan

die

ga

ng h

ou.

Sal ’

n pl

ek b

y di

e w

egsp

ringp

lek

vers

e-ke

r

’n G

ratis

dw

elm

reis

uit

die

med

isyn

ekas

Geva

reCh

roni

ese

bloo

tste

lling

kan

aa

nsie

nlik

e sk

ade

vero

orsa

ak a

an d

ie

hart

, lon

ge, l

ewer

en

nier

e. K

an d

ie d

ood

vero

orsa

ak

Kan

kort

term

yn-g

e-he

ueve

rlies

en

leer

-pr

oble

me,

hal

lusi

-na

sies

, wan

beel

de e

n pe

rsoo

nlik

heid

s-ve

r-an

derin

gs to

t gev

olg

Chro

nies

e, la

ngte

rmyn

- ge

brui

k of

hoë

dos

isse

ka

n ps

igot

iese

opt

rede

ve

roor

saak

(ins

luite

nd

para

noia

, wan

beel

de,

hallu

sina

sies

, gew

eldd

a-di

ge o

ptre

de, s

laap

loos

-he

id e

n be

roer

tes)

.

Seun

s ka

n bo

rste

on

twik

kel;

mei

sies

ka

n ge

sigs

hare

en

’n d

iepe

r ste

m

ontw

ikke

l. Ka

n ha

rtaa

nval

le e

n be

roer

tes

vero

orsa

ak

’n G

root

, enk

ele

dosi

s ka

n er

nstig

e as

emha

ling-

depr

essi

e ve

roor

saak

wat

tot d

ie

dood

kan

ly

Te

ke

ns

va

n m

is-

bru

ikSl

eept

ongs

praa

k,’n

ge

brek

aan

ko

ördi

nasi

e,

naar

heid

, opg

ooi e

n ba

bala

as

Senu

agtig

, fisi

ese

akti-

wite

it, ro

we

en o

op s

ere,

’n

afn

ame

in a

ptyt

, suk

-ke

l om

te sl

aap.

Med

isyn

ebot

tels

wat

te

enw

oord

ig is

son

der

siek

te. O

ntw

rigte

eet

- en

slaa

ppat

rone

Be

lan

gri

ke

om

te

w

ee

tH

uish

oude

like

item

s w

at w

egra

ak, ’n

dr

onk,

deu

rme-

kaar

of d

wal

ende

vo

orko

ms

In te

enst

ellin

g m

et d

ie

alge

men

e ge

loof

kan

da

gga

vers

law

end

wee

s

Met

hou

’n g

root

moo

nt-

likhe

id in

van

mis

brui

k en

afh

ankl

ikhe

id, w

at

geva

arlik

is v

ir ki

nder

s,

mis

daad

ver

hoog

en

omge

win

gska

de v

eroo

r-sa

ak

Tien

ers

opki

kker

s m

isbr

uik

voor

hul

ad

oles

sent

e gr

oeifa

se

loop

gev

aar o

m k

ort

te b

ly e

n no

oit h

ul

volle

leng

te te

ber

eik

nie

Die

mis

brui

k va

n vo

or-

skrif

-pyn

still

ers

is n

et s

o ge

vaar

lik e

n ve

rsla

wen

d so

os d

ie g

ebru

ik v

an

hero

ïen

Middelmisbruikbrosjure vir ouers 7

Vo

ors

kri

fka

lme

erm

id-

de

ls e

n -

ve

rdo

win

g-

smid

de

lsV

oo

rskri

fsti

mu

lan

teT

ab

ak

Str

aatn

am

eBb

enso

dias

epie

nRi

talin

Kank

erst

okki

e,

Siga

rett

e, S

mok

es

Ly

k s

oo

sVe

elkl

eurig

e ta

blet

te

en k

apsu

les,

som

mig

e in

vlo

eist

ofvo

rm

Tabl

ette

en

kaps

ules

Brui

n, g

eker

fde

blar

e

Ho

e d

it g

eb

ruik

/

mis

bru

ik w

ord

Ges

luk

of in

gesp

uit

Ges

luk,

inge

spui

t of

gesn

uif

Ger

ook

of g

ekou

Wat

tie

ne

rs h

oo

r’n

Won

derli

ke sp

an-

ning

sver

ligte

rH

ou jo

u w

akke

r en

gefo

kus

’n O

rale

fiks

asie

en

eet-

lusd

empe

rG

eva

reVe

rsta

dig

brei

nakt

i-w

iteit

en w

anne

er d

ie

gebr

uike

r daa

rmee

op

hou,

kan

daa

r on

t-tr

ekki

ngsi

mpt

ome

wee

s w

at d

ie m

oont

-lik

heid

van

stu

ipe

en a

nder

gev

aarli

ke

gevo

lge

inho

u

Gro

ot d

osis

se k

an

geva

arlik

e ho

ë lig

-ga

amst

empe

ratu

re

en ’n

onr

eëlm

atig

e ha

rtkl

op v

eroo

rsaa

k.

Moo

ntlik

heid

van

har

-ta

anva

llle

en d

odel

ike

stui

pe

Die

rook

van

siga

rett

e be

skad

ig e

lke

orga

an

in d

ie li

ggaa

m e

n ve

roor

saak

kor

onêr

e ha

rtsi

ekte

s en

be

roer

tes,

sow

el a

s ta

lle

vorm

e va

n ka

nker

Te

ke

ns

va

n

mis

bru

ikSl

eept

ongs

praa

k, v

lak

asem

halin

g, lu

stel

oos-

heid

, dis

orië

ntas

ie, g

e-br

ek a

an k

oörd

inas

ie

Eetlu

sver

llies

, ver

-ho

ogde

wak

kerh

eid,

aa

ndag

span

en

ener

gie

Be

lan

gri

ke

inli

gti

ng

Die

geb

ruik

van

ka

lmee

rmid

dels

saa

m

met

alk

ohol

kan

bei

de

die

hart

en

asem

halin

g ve

rsta

dig

en m

oont

lik

tot d

ie d

ood

ly

Baie

tien

ers

mis

brui

k di

é vo

orge

skre

we

me-

disy

ne o

m h

ulle

te h

elp

om v

ir ek

sam

ens

te

stud

eer o

f hul

apt

yt te

on

derd

ruk

Twee

deha

ndse

rook

dra

by

tot s

terf

tes

wat

met

ka

rdio

vask

ulêr

e si

ekte

ve

rban

d ho

u

“Die

ro

ok v

an

si

gare

tte

be

skad

ig

elk

e o

rgaan

in

d

ie lig

gaam

e

n v

ero

ors

aak

ko

ron

êre

h

art

sie

kte

s e

n

be

roe

rte

s, s

ow

el

as

talle

vo

rme

van

kan

ke

r.”

Ou

ers

se

Ko

rt G

ids

tot

Str

aatd

we

lms

(vo

ort

ge

sit)

’n L

ys v

an d

ie m

ees

alge

men

e dw

elm

s en

mid

dels

waa

rmee

geë

kspe

rimen

teer

kan

wor

d en

wat

jong

men

se k

an g

ebru

ik e

n m

isbr

uik.

Middelmisbruikbrosjure vir ouers8

Gevaartekens dat ’n vriend of familielid met skadelike dwelm- of alkoholgebruik besig is

Skadelike dwelm- en alkoholgebruikers probeer dikwels hul simptome wegsteek en die erns van hul probleem afmaak. As jy bekommerd is dat ’n vriend of familielid dalk dwelms misbruik, moet jy vir die volgende gevaartekens op die uitkyk wees:

Fisiese gevaartekens

Gedragstekens

Sielkundige gevaartekens

Bloedbelope oë of pupille wat groter of kleiner as gewoonlik is

Veranderings in aptyt of slaappatrone Skielike gewigsverlies of -toename Afname in fisiese voorkoms en persoonlike

versorgingsgewoontes Ongewone reuke in die asem, liggaam of

klere Bewerasie, sleeptong praat of swak koördi-

nasie

Afname in bywoning en prestasie by die werk of skool

Onverklaarbare behoefte aan geld of geldelike probleme

Kan leen of steel om dit in die hande te kry Geheimsinnige of verdagte optrede. Skielike verandering van vriende, gunstel-

ing kuierplekke en tydverdrywe Raak dikwels in die moeilikheid (gevegte,

ongelukke, onwettige bedrywighede)

Veranderings in persoonlikheid of houding Skielike buiveranderings, geïrriteerdheid of

woede-uitbarstings Tydperke van buitengewone hiperaktiwite-

it, onrustigheid of duiseligheid

Gebrek aan motivering, kom lusteloos voor of “afwesig”

Kom sonder rede vreesagtig, angstig of paranoïes voor

Gevaartekens van tienerdwelmgebruikDie uitdaging vir ouers is om te onderskei tussen die normale, soms dramatiese op en neer van die tienerjare en die gevaartekens van middelmisbruik. Die gevaartekens van dwelmgebruik en -misbruik by tieners sluit dikwels in:

Skielike geheimsinnigheid oor vriende, besittings en bedrywighede

Nuwe belangstelling in klere, musiek en ander items wat klem plaas op dwelmgebruik

Aandrang op meer privaatheid, die sluit van deure, maak nie oogkontak nie, sluip rond

Loop klasse mis, prestasie neem af, raak skielik by die skool in die moeilikheid

Geld, waardevolle artikels of voorskrifte wat wegraak

Tree buitengewoon afgesonder, onttrek of teneergedruk op

Gebruik wierook, parfuum of lugverfrisser om die reuk van rook of dwelms te versteek

Gebruik oogdruppels om bloedbe-lope oë of vergrote pupille te versteek

Middelmisbruikbrosjure vir ouers 9

As jy vermoed ’n geliefde het dalk ‘n dwelmprobleem

As jy vermoed dat ’n vriend of ’n familielid dalk ’n dwelmprobleem mag hê, moet jy dit nie ignoreer en hoop dat dinge vanself sal verander nie, dit sal nie. Doen iets daaromtrent. Hier is ’n paar dinge wat jy kan doen:

• Praat met die persoon oor jou kommer en bied hulp en ondersteuning aan. Hoe vroeër afhanklikheid behandel word, hoe beter. Moenie wag totdat jou geliefde ineenstort nie.

• Wees voorbereid op verskonings en ontkenning van spesifieke voorbeelde van optrede waaroor jy bekommerd is.

• Moenie so vasgevang raak in iemand anders se dwelmprobleem dat jy jou eie behoeftes afskeep nie. Maak seker dat jy mense het met wie jy kan praat en op kan staatmaak vir steun, en bly veilig. Moenie jouself in gevaarlike situasies plaas nie. Sluit by ’n steungroep aan.

• Moenie verskonings maak of die probleem probeer wegsteek nie. Dis natuurlik dat mens ’n geliefde wil help wat in die nood is, maar om hulle te beskerm teen die negatiewe gevolge van hulle keuses mag verhoed dat hulle die hulp kry wat hulle nodig het.

• Jy kan ’n persoon met ’n dwelm- of alkoholprobleem steun en behandeling aanmoedig, maar jy kan nie iemand wat afhanklik geword het dwing om te verander nie.

• Jy kan nie jou geliefde se besluite beheer nie. Laat die persoon verantwoordelikheid aanvaar vir sy of haar optrede, ’n noodsaaklike stap op die pad na herstel van dwelmafhanklikheid.

Middelmisbruikbrosjure vir ouers10

Lig jouself en andere in oor die positiewe en negatiewe uitwerking van middels, die risiko wat hulle gebruik inhou en watter bronne beskikbaar is. Kry brosjures by jou plaaslike kliniek, jou dokter, nie-regeringsorganisasies of die internet.

Maak ingeligte keuses oor jou eie gebruik van gemoedsveranderende middels (bv. ontspan en geniet jouself sonder dat jy noodwendig alkohol, sigarette of gemoedsveranderende middels gebruik), en doen iets aan enige probleme wat jy mag hê.

Bespreek alkohol- en ander dwelmgebruik openlik met verskillende mense (Geen prekery, blaam of vernedering nie. Laat mense hulle sienings verduidelik, deel jou waardes en hoekom jy die houding inneem.)

Neem kennis van die tekens wat op die problematiese gebruik van gemoedsveranderende middels by die mense om jou dui.

Stel duidelike perke vir jouself oor die manier waarop iemand anders se middelgebruik jou raak en besluit wat die gevolge is wat jy bereid is en in staat is om deur te voer as hulle optrede nie sou verander nie.

Wees eerlik, duidelik en gee om vir die gebruiker deur te sê hoe jy geraak word deur hulle optrede en watter perke jy gestel het.

Bied konstruktiewe steun aan vir die gebruiker deur inligting te gee oor ingryping en behandelingsopsies as hulle sou besluit om hulp te soek.

Wekroep tot optrede — wat kan jy doen?Wanneer ouers of ’n vriend die uitdaging aanvaar om ’n geliefde te help wat met skadelike dwelm- of alkoholgebruik besig is, voel hulle dikwels hulpeloos.

Mens moet inligting in die hande kry sodat jy iemand anders kan help.

Waar begin mens om die probleem te hanteer?Skadelike dwelm- of alkoholgebruik kan ’n ernstige uitdaging wees. Dikwels is meer as net die gebruiker of wangebruiker nodig om die probleem te hanteer. Dit kan die doelbewuste optrede en toewyding van die res van die familie benodig om die kwessie suksesvol op te los.

Die beste plek om te begin is by die begin. Hier is ’n paar wenke oor waar om met die proses te begin om die probleem aan te spreek.

1

2

3

4567

Middelmisbruikbrosjure vir ouers 11

Wees konsekwent oor die manier waarop jy jou perke toepas en die gevolge daarvan. (Wees bereid om vir ’n rukkie die persoon se toegeneentheid te verloor. Moenie skuldig voel oor hulle swak besluite nie. Dit maak nie van jou ’n slegte mens nie.)

Monitor jouself. Probeer bewus wees van die maniere waarop jy dalk onbewustelik dit makliker maak vir die probleme om voort te duur.

Kry steun en hulp vir jouself — jy sal waarskynlik vind dat baie ander mense in dieselfde posisie is. Sluit by ’n steungroep aan.

Inligting verskaf deur die © Kaapstad Sentrum vir Dwelmberading 2007

8

9

Mites en feite oor skadelike alkohol-/dwelmgebruik

Die tweede stap is om te weet, en dan ontslae te raak van, die mites en verskonings wat die gebruiker of misbruiker as ’n verduideliking of belofte van optrede mag aanbied.

MITE 1:Om skadelike gebruik of afhanklikheid te oorkom, is eenvoudig ’n kwessie van wilskrag. “Jy kan ophou om die dwelms te gebruik as jy regtig wil.”FEIT:Verlengde blootstelling aan dwelms en alkohol veroorsaak veranderings in die brein. Hierdie breinveranderings maak dit vir die individu uiters moeilik om slegs met wilskrag op te hou.

MITE 2:Afhanklikheid is ’n siekte; daar’s niks wat jy daaraan kan doen nie.FEIT:Afhanklikheid is ’n siekte, maar dit beteken nie jy is ’n hulpelose slagof-fer nie. Afhanklikheid kan deur terapie, medikasie, oefening en ander behan-delings behandel en omgekeer word.

MITE 3:Skadelike dwelm- en alkoholgebrui-kers moet die uiterste laagtepunt bereik voordat hulle beter kan word.FEIT:Behandeling en herstel kan op enige punt tydens die afhanklikheid begin. Hoe vroeër, hoe beter. Hoe langer misbruik aanhou, hoe moeiliker is dit om te behandel. Moenie wag nie, tree onmiddellik op.

MITE 4:Jy kan nie iemand dwing om behan-deling te ondergaan nie. Hulle moet die wil hê om gehelp te word.FEIT:Behandeling hoef nie vrywillig te wees om suksesvol te wees nie. Iemand wat gedwing word om behandeling te kry kan steeds baat vind en volkome van verslawing herstel.

vervolg op bladsy 12 >

Middelmisbruikbrosjure vir ouers12

As iemand jou hulp teenstaan

Heel dikwels probeer ’n ouer, familielid of vriend iemand na aan hulle help wat besig is met skadelike dwelm- of alkoholgebruik en gevaarlik optree, maar sonder veel sukses.

As dit lyk asof dwelms die oorsaak van die gedrag en die fokus van die aandag (bv. gewelddadig en aggressief wanneer onder die invloed is, ens.) kan hulle kragtens die Wet op Afhanklikheid van Middels gedwing word om verpligte dwelmbehandeling te ondergaan.

MITE 5:Behandeling het vantevore nie gewerk nie, so daar’s geen nut daarin om weer te probeer nie. Sommige gevalle is hopeloos. FEIT:Herstel van dwelmafhanklikheid is ’n lang proses. Dit hou dikwels terugslae in. Terugval beteken nie dat behandeling gefaal het of dat dit ’n verlore saak is nie. Moenie opgee nie.

Wat kan jy doen as hulle jou poging om hulle te help ignoreer of teenstaan?As die persoon geestelik onstabiel of psigoties optree (bv. stemme hoor, paranoïes is, dinge glo wat onwaar is, ens.) en vir hulself of andere ’n gevaar inhou as gevolg hiervan, moet hulle kragtens die Wet op Geestelike Gesondheidsorg gesertifiseer word.

Optrede wat vereis word:

Hiervoor moet die persoon geneem word na die naaste daghospitaal en hulle moet gevra word om te help.

As hulle weier om na die daghospitaal te gaan, kan jy die polisie ontbied om hulle soontoe te neem.

As dit lyk asof hulle nie gretig is om op te tree nie (soos soms gebeur) kan jy ’n WGGS 04-vorm van jou naaste daghospitaal kry en dit na jou plaaslike SAPD-aanklagkantoor neem.

Die SAPD is dan onder verpligting om hom/haar na die naaste daghospitaal te neem vir waarneming.

Hulle moet dan opgeneem word.

Middelmisbruikbrosjure vir ouers 13

As hule ’n misdaad pleeg (of dit nou die gevolg is van dwelmgebruik of nie), moet hulle wetlik daarvoor aanspreeklik gehou word.

As die misbruiker dikwels by die huis uitbuitend en gewelddadig is (huishoudelike geweld), kan jy ook ’n inperkingsbevel kry en die polisie is dan verplig om op te tree en hom of haar te verwyder.

Mens kan ook aansoek doen om ’n beskermingsbevel teen die oortreder om toe-komstige konfrontasie en mishandeling te vermy.

Die raad is: Tree op om die probleem aan te spreek en jouself en jou familie te beskerm.

Dit sal ook oor die lang termyn die uitbuiter tot voordeel strek.

Met vergunning van Dr. Weich MNR 2009

Jy sal na die naaste landdroskantoor moet gaan en ’n verklaring aflê. Handig dan die beëdigde verklaring in by jou naaste maatskaplike ontwikkelingskantoor wat daarop moet reageer.

Dit is ’n uitgerekte proses wat deur die howe moet gaan en kan maande neem, maar dit is beter as om die situasie erger te laat word sonder om op te tree.

As hulle ’n misdaad pleeg weens ’n geestesongesteldheid is daar ’n proses waardeur pasiënte vir waarneming na Valkenburg gestuur word vir verpligte geestesgesondheidsbehandeling gestuur word.

As dit die gevolg van hulle afhanklikheid, kan die regter hulle vonnis kragtens Artikel 296 van die Wet op Misdaadprosedure is, 1977, vir verpligte dwelmbehan-deling, as die proefbeampte dit aanbeveel.

As geen van die twee redes geld nie en hulle ’n misdaad pleeg, moet jy oorweeg of jy hulle herhaaldelik daarmee wil laat wegkom, of leer deur die gevolge van hulle gedrag te ervaar.

Die oortreder sal ongelukkig dalk ’n misdaadrekord hê en mag tronk toe gestuur word, wat traumaties kan wees.

... mag dalk ’n misdaadrekord hê en mag tronk toe gestuur word,...

Middelmisbruikbrosjure vir ouers14

Waar om hulp te kry

OF

Departement van Maatskapplike Ontwikkeling:0800 220 250

Suid-Afrikaanse Polisiediens:0860 010 111

Stad Kaapstad:0800 435 748 Stikland-hulplyn:021 940 4500 (ontgifting van alkohol) en 021 940 4496 (ontgifting van opioïede)

Skakel die plaaslike kantoor van jou naaste Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.

Metro-Noord: 021 483 7689

Metro-Suid: 021 763 6200

Metro-Oos: 021 360 4200

Weskus: 022 713 2272

Eden-Karoo: 081 588 9118

Kaapse Wynland: 023 348 5300

Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se mobi site:https://www.westerncape.gov.za/substance-abuse/

OF

Middelmisbruikbrosjure vir ouers 15

Middelmisbruikbrosjure vir ouers16

Wes-Kaapse RegeringMaatskaplike Ontwikkeling

Privaatsak X9112Kaapstad8000Suid Afrika

Tolvry: 0800 220 250

www.westerncape.gov.za

Oktober 2017

Engels- en Xhosa-weergawes van die publikasie is op versoek beskikbaar.