binne die uitgawe die steinkopf veeproduksie navorsingsprojek · doelwit 5: om die sosio-ekonomiese...

6
MAKAM is ‘n ou Nama woord wat beteken, Gee water”. Volgens ou bronne kan die woord MAKAM ook beteken, “Vat die water en gee dit vir die ander een”. Dit simboliseer die verhoud- ing wat daar huidiglik is tussen die LNR en die ge- meenskappe van Leliefon- tein Kommunale Gebied aangesien ons van mekaar leer. Die gemeenskap gee baie aan die LNR— u kennis, u tyd en die geleentheid om ons navorsing te kan doen. Daarom wil ons as LNR span seker maak dat die inligting wat ons insamel en met u deel soos water sal wees vir u — om u dors te les in u eie soeke na antwoorde. Ons vertrou dat die inligting sal bydra tot beter bestuur van die Kamiesberg. Die doel van die nuusbrief is om u op hoogte te hou van ons navorsings- aktiwiteite. LANDBOU NAVORSINGSRAAD boeregemeenskap se speenpersentasie tussen 19- 31%, wat steeds aansienlik minder is as die 70-80% wat verkry word op omliggende plase (Pers. Komm. Afgetree voorligtingsbeampte in Namakwaland). Daar is dus 'n potensiaal om produktiwiteit in hierdie area te kan verhoog. Die projek is gebou rondom die volgende ses doewitte om antwoorde te soek op die persepsie van lae produktiviteit. Doelwit 1: Om die voeding- swaarde van alle weiplante gedurende verskillende sei- soene te bepaal Doelwit 2: Om die teling- stelsels van veeboere vas te stel en die genetiese profiele van diere te bepaal Februarie 2017 Weipatrone van skaap in Steinkopf winterreëngebied 2 Kleinsoogdiertjies as veld- toestand indikators 3 Veeboere se ekologiese kennis oor aanpassings t.o.v. klimaatsverandering 3 Watter plantegroei word bedreig deur oorbeweiding 4 Saam maak ons `n Steinkopfkaart 5 Bosluise en gifplante 6 Binne die Uitgawe Doelwit 3: Om siekte en parasietladings van vee tydens verskillende seisoene te dokumenteer Doelwit 4: Om die inheem- se kennisstelsels van kom- munale boere en die toe- passing daarvan in veldbestuur te dokumenteer Doelwit 5: Om die sosio- ekonomiese omstandighede van boere te evalueer Doelwit 6: Om ekologiese, teling, dieregesondheid, so- sio-ekonomiese en bestu- ursaspekte van die boerdery te korreleer met produktiwiteit van vee. Die projek word befonds deur die National Research Foun- dation. In Suid-Afrika is 'n geskatte 68,4 miljoen ha of 80% van die land beskikbaar as weiveld. Beeste, skape en bokke produksie dra tussen 25- 30% by tot die totale landbou-uitset per jaar. Die klein boerderysektor produseer sowat 41% beeste, 12% skape en 67% bok in die land. 'n Onlangse verslag deur Conservation Suid-Afrika op veeboerdery in die Steinkopf kommunale gebied het getoon dat sommige boere minder as n 10% speen persentasie kry. Dit is meestal die geval onder boere met kleiner troppe. In die algemeen wissel die Steinkopf Die Steinkopf veeproduksie navorsingsprojek Die LNR / UWK / CPUT span n Groep studente verbonde aan die Universiteit van die Wes Kaapland wat saam met die LNR op die Steinkopf- projek werk. Agter: Lyle Lucas, Khululiwe Ntombela, Amy Schroeder, Francuois Muller en Luther Adams Voor: Melvin Swarts, Megan Simons, Laetitia Piers, Jodene Foster, Whitney Engebrecht, Saloshnie Govender en Ielhaam Bassier Dr. Igshaan Samuels Projekleier / Weiveld ekoloog (LNR) Dr. Adriaan Engelbrecht Lektor (UWK) / Genetikus Dr. Ignatius Matimati Lektor / Plant Ekofisioloog Clement Cupido Weiveld ekoloog (LNR) Volume 6 Uitgawe 1 Steinkopf uitgawe

Upload: others

Post on 31-Oct-2019

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

MAKAM is ‘n ou Nama

woord wat beteken, “Gee

water”. Volgens ou bronne

kan die woord MAKAM ook

beteken, “Vat die water en

gee dit vir die ander een”.

Dit simboliseer die verhoud-

ing wat daar huidiglik is

tussen die LNR en die ge-

meenskappe van Leliefon-

tein Kommunale Gebied

aangesien ons van mekaar

leer. Die gemeenskap gee

baie aan die LNR— u kennis,

u tyd en die geleentheid om

ons navorsing te kan doen.

Daarom wil ons as LNR span

seker maak dat die inligting

wat ons insamel en met u

deel soos water sal wees vir

u — om u dors te les in u

eie soeke na antwoorde.

Ons vertrou dat die inligting

sal bydra tot beter bestuur

van die Kamiesberg.

Die doel van die nuusbrief

is om u op hoogte te hou

van ons navorsings-

aktiwiteite.

L A N D B O U N A V O R S I N G S R A A D

boeregemeenskap se speenpersentasie tussen 19-31%, wat steeds aansienlik minder is as die 70-80% wat verkry word op omliggende plase (Pers. Komm. Afgetree voorligtingsbeampte in Namakwaland). Daar is dus 'n potensiaal om produktiwiteit in hierdie area te kan verhoog. Die projek is gebou rondom die volgende ses doewitte om antwoorde te soek op die persepsie van lae produktiviteit. Doelwit 1: Om die voeding-swaarde van alle weiplante gedurende verskillende sei-soene te bepaal Doelwit 2: Om die teling-stelsels van veeboere vas te stel en die genetiese profiele van diere te bepaal

Februarie 2017

Weipatrone van skaap in

Steinkopf winterreëngebied

2

Kleinsoogdiertjies as veld-

toestand indikators

3

Veeboere se ekologiese

kennis oor aanpassings t.o.v.

klimaatsverandering

3

Watter plantegroei word

bedreig deur oorbeweiding 4

Saam maak ons `n

Steinkopfkaart 5

Bosluise en gifplante 6

Binne die Uitgawe

Doelwit 3: Om siekte en parasietladings van vee tydens verskillende seisoene te dokumenteer

Doelwit 4: Om die inheem-se kennisstelsels van kom-munale boere en die toe-passing daarvan in veldbestuur te dokumenteer

Doelwit 5: Om die sosio-ekonomiese omstandighede van boere te evalueer

Doelwit 6: Om ekologiese, teling, dieregesondheid, so-sio-ekonomiese en bestu-ursaspekte van die boerdery te korreleer met produktiwiteit van vee. Die projek word befonds deur die National Research Foun-dation.

In Suid-Afrika is 'n geskatte 68,4 miljoen ha of 80% van die land beskikbaar as weiveld. Beeste, skape en bokke produksie dra tussen 25-30% by tot die totale landbou-uitset per jaar. Die klein boerderysektor produseer sowat 41% beeste, 12% skape en 67% bok in die land. 'n Onlangse verslag deur Conservation Suid-Afrika op veeboerdery in die Steinkopf kommunale gebied het getoon dat sommige boere minder as ’n 10% speen persentasie kry. Dit is meestal die geval onder boere met kleiner troppe. In die algemeen wissel die Steinkopf

Die Steinkopf veeproduksie navorsingsprojek

Die LNR / UWK / CPUT span

‘n Groep studente verbonde aan die Universiteit van die Wes Kaapland wat saam met die LNR op die Steinkopf-projek werk. Agter: Lyle Lucas, Khululiwe Ntombela, Amy Schroeder, Francuois Muller en Luther Adams Voor: Melvin Swarts, Megan Simons, Laetitia Piers, Jodene Foster, Whitney Engebrecht, Saloshnie Govender en Ielhaam Bassier

Dr. Igshaan Samuels Projekleier / Weiveld ekoloog (LNR)

Dr. Adriaan Engelbrecht Lektor (UWK) / Genetikus

Dr. Ignatius Matimati

Lektor / Plant Ekofisioloog

Clement Cupido

Weiveld ekoloog (LNR)

Volume 6 Uitgawe 1

Steinkopf uitgawe

saamgestel uit 'n wye verskeidenheid van plantspe-sies, wat beide eenjarige en meerjarige lewensvorme sluit. 'n Totaal van 86 spesies is aangeteken wat deur skape gevreet was tydens die studietydperk met 17 plantspesies wat spesiale voorkeur geniet het. Die mees gewenste groei vorms was grasse en een-jarige plante en was dus eerstens gevreet. Daarna het bosse gevolg. Vetplante (sukkulente plante) het nie baie voorkeur gekry nie. Slegs 'n paar spesies was verkies bv. t'noutsiama (Cheiridopsis denticulata)

Hierdie studie verskaf in-ligting oor die dag-tot-dag weidingspatrone van skape in die Steinkopf winterreen-val area. Die fokus van die studie was om vas te stel (1) die dieet samestelling; (2) weidingsvoorkeure; (3) weidingsparameters en verspreiding van skaap; en om (4) veewagters se per-sepsies van weiplante te vergelyk met die werklike voorkeure van skape. Tydens die winterseisoen is 12 troppe skaap met die wagter gevolg. Troppe was óf gemeng met bokke of het net bestaan uit skapetroppe. Die dieet van opgepas skape is

terwyl die meeste sukku-lente nie gevreet was nie. Persepsies van wagters is ook in ag geneem vir hierdie studie. Wagters was baie bewus van smaaklike en onsmaaklike plantspesies , asook giftige spesies. Veewag-ters volg verskillende weiding roetes en hierdie strategieë verseker die sukses van die vee en die weiding. Veewagters word hoogs gewaardeer in hierdie gemeenskap en bied baie voordele vir die welstand van die vee.

Bladsy 2

Amy Schroeder

Weidingspatrone van skaap in Steinkopf winterreëngebied

Cheiridopsis denticulata beter bekend as in Namakwaland as t'nout-

siama wat deur vee gevreet is

Amy Schroeder is tans besig met ‘n opvolg studie in die Boesmanland waar sy alle skaaprasse,

insluitende Dorper en Karakoel, asook Boerbok volg om hul voedingsvoorkeure in die somerreënval area

waar te neem.

Plantemateriaal word gekollekteer wat in die laboratorium ontleed sal word om hul voedingswaarde te

bepaal.

Skaap vreet aan 86 verskillende plant

spesies in die winterreenstreek waarvan

17 spesifiek verkies word

Foto’s A-D dui aan hoe die veewagters se persepsie van weidingsplante ondersoek word deur die uitgesoekte weidingsplante te soos in (D) te

rangskik vanaf baie vreetbaar tot onvreetbaar

Perdebos

Ankerkaroo

‘n Paar top vreetbare plante

Vygie spesie

Bladsy 3

ondersoek en waar daar knaagdiertjies gevind was, is die spesies geidentifiseer (Neil het hulle ondersoek vir bosluislarwes of bosluise—sien bl.6) en daarna weer vrygelaat. ‘n Plantopname d.m.v. ‘n lyntransek is gedoen om plantbedekking en plantdiversiteit op verskillende afstande vanaf die waterpunt te bepaal. Die resultate het aangetoon dat plantdiversiteit en klein soogdier diversiteit nie noodwendig geassossieer

Verskeie metodes word gebruik om die toestand van weiveld te bepaal, bv. plantbedekking, persentasie vreetbare plante, wei-intensiteit op vreetbare plante, ratio tussen vreetbare en onvreetbare saailinge, versteurings indikators, grondtoestand en spesierykheid. In hierdie studie is daar gekyk na die verspreiding van klein soogdiertjies, onder meer knaagdiertjies, langs ‘n gradient van swakker veld naby ‘n waterpunt tot meer intakte veld. Klein knaagdiertjies is snags gevang in spesiale vanghokkies met ‘n bietjie grondboontjiebotter om hulle te lok. Vanghokkies is langs hierdie plantegroei gradient op verskillende afstande vanaf waterpunte. Soggens is vanghokkies

word nie. Ons het toe getoets of dit wel die geval is vir plantbedekking teenoor klein soogdiere digheid. Ons het gevind dat predasie en dieetvereistes 'n groot rol speel in die verspreiding van die Vierstreepmuis (Rhabdomys pumilio) en Harige poot nagmuis (Gerbilurus paeba) wat die meeste gevang was. Hierdie twee spesies word basies beskou as ‘peste’ in Sukkulente Karoo wat dus ‘n aanduiding is van swakker veldtoestand. Die klaasneus was gevind in beter veld.

Kan klein soogdiertjies `n aanwyser wees van veldtoestand?

Saloshnie Govender

Is granietkoppies `inslebergs‘ `n herberg vir biodiversiteit?

Die studie het bevind dat inselberge (koppies) in Steinkopf is nie noodwendig eilande van diversiteit is nie, maar bloot skuilinge vir Sukkulente Karoo endemiese spesies. Die studie het ook bevind dat sukkulente struike besig is om smaaklike meerjarige grasse te oorheers wat die voedingswaarde van die weiveld en uiteindelik die gehalte van produktiwiteit kan verminder. Hoewel ‘Inselberge’ of koppies minder toeganklik is vir vee(behalwe vir bokke), is dit steeds sensitief vir weiding en kan lei tot ‘n verandering in die plantegroei. Een manier om dit te bekamp, is om die plantegroei op hierdie strukture

Inselberge (koppies) in die Boesmanland is tipies gedefinieer as 'eilande van diversiteit' te danke aan hul unieke plantspesies in vergelyking met die res van die laagland Nama Karooweiveld. Oorbeweiding is 'n groot kommer vir die biodiversiteit op hierdie strukture en is nog bie min bestudeer.

volhoubaar te benut deur dit sorgvuldig te bestuur. Dit wil voorkom dat ‘Inselberge’ benut kan word wanneer die gebied uiterste klimaatstoestande ervaar en die plantegroei op die laagliggende weivelde nie meer lewensvatbaar is nie.

Laetitia Piers

Laetitia se projek het ons meer insig gegee oor die

plantegroei in die Nama Karoo / Boesmanlandstreek.

HIerdie inligting kan gebruik word om uiteindelik die

weikapasiteite van die area te bepaal.

Plantmateriaal is gekollekteer vir ontleding.

‘n Sherman vanghokkie om knaagdiertjies te vang

Harige poot nagmuis gevang in Sherman vanghokkie

https://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&e

Klaasneus (olifantmuis—’n indi-

kator van goeie veld Vierstreepmuis—indikator van

swakker veld

Klimaatsverandering voorspellings is gewoonlik gemik op streeksvlak, (bv. Namakwa Distrik as ‘n geheel) en is nie sodanig gemik op hoe hierdie voorspellings ervaar sal word in die verskillende dorpies in die streek nie. As gevolg hiervan, is ons kennis of begrip van klimaatsverandering op ‘n plaaslike vlak tot ‘n groot mate beperk. Daar is ook verdere kommer oor hoe gemeenskappe en veral boere aanpas tot hierdie klimaatsveranderinge, veral op ‘n plaaslike vlak. Inheemse/binnelandse gemeenskappe maak veral staat op hul jare lange plaaslike kennis of ervaring om aan te pas by die verandering van klimaat, maar wetenskaplikes waarsku baie gemeenskappe dat klimaats veranderinge teen ‘n hoër tempo sal plaasvind en as gevolg daarvan, sal baie meer gemeenskappe se aanpassings strategieë nie effektief wees nie. Dit beteken ook dat hierdie gemeenskappe meer kwesbaar kan wees vir klimaats veranderinge in die toekoms.

In die semi-droë of droë streke van Suid Afrika, veral areas soos Namakwaland, is veeboerdery grootliks deel van die tradisie of lewenswyse van die mense op die kommunale areas. Hierdie veeboere het oor dekades nou al baie kennis opgedoen oor die area se klimaat en het op verskillende maniere aangepas. Hierdie inheeemse kennis word nie sodaning in ag geneem deur wetenskaplikes (of baie in akademie nie) en word ook baie min opgeskryf in verskillende dokumente. In die afgelope paar jare is daar wel baie meer navorsers wat die belangrikhed van inheemse of plaaslike kennis na tevore gebring het. Die rede vir hierdie verandering is eerstens om ons persepsies te verander met betrekking tot inheemse kennis en uit te wys dat inheemse kennis wel tot ‘n grote mate kan kan bydra om ons kennis of begrip van klimaatsverandering kan verbreed. Tweedens kan hierdie kennis ook grootliks bydra tot die formulering van nationale en internationale klimaatsverandering beleide wat deur verkillende lande opgetrek word. Die doel van Khululiwe Ntombela (Khuli) se Meesters studie wat sy gedoen het by UWK, was dus om die plaaslike ekologiese kennis en aanpassings van die veeboere in Steinkopf en Leliefontein dorpe, te dokumenteer en vas te stel en hoe dit bydra tot ons algemene begrip van klimaatsverandering. In die aanloop van haar navorsing het Khuli agter gekom dat baie navorising studies in verskillende lande uitgewys dat daar ‘n algemene gebrek aan kennis en bewustheid heers onder klein veeboere oor wat klimaats verandering als behels. Die was dit nie die geval met die 40 veeboere wat sy onderhoude mee gehad het nie in hierdie twee dorpe in Namakwaland nie. Baie van die veeboere wat deelgeneem het aan Khuli se studie het verwys na Klimaatsverandering as ‘seisoenele veranderinge/ wisseling’ wat hulle ervaar. Hierdie konsep van seisoenele verandering of die ervaring van meer wisselwallende seisoene of klimaat ( bv. reënval seisoen wat miskien later begin as normwaalweg) is geensins ver verwyderd van wat klimaatsverandering behels nie. Die veeboere het beklemtoon dat hierdie inheemse kennis van klimaatsverandering word hoofsaaklik oorgedra aan hulle deur hul ouers of voorouers, en deesdae dra verskillende media platforme soos, radios en tv ook by tot ‘n beter begrip van die term klimaatsverandering. Hierdie basiese maar welgestelde inheemse kennis van veeboere lig hulle in van die potensiële impak van klimaatveranderinge en moontlike aanpassings strategie. Khuli se studie het ook die mees doeltreffendste aanpassings strategie aangedui wat deur hierdie veeboere uitgewys was. Een van die mees vernaamste aanpassigs wat die veeboere aangedui het was om meer te beweeg met hul vee na verskillende weidings areas om oorbeweiding te voorkom. ‘n Groot proporsie van die veeboere gee ook hul vee meer peulgewasse plante of addisionele voer ( bv. Lusern), veral gedurende droogtes of droëe tye van die jaar. Addisionele aanpassings sluit ook in vermindering van vee voor droogtes of verandering van veetipes, byvoorbeeld meer geharde kleinvee. ‘n Kommerwekkende opmerking van Khuli se studie in die twee gemeenskappe, is dat hul aanpassing maatreëls/ strategiee vir klimaatsverandering verder belemmer word of meer onder drang is as gevolg van hul huidige sosiale, politieke en ekonomiese toestand. In ander woorde, die grootste kopseer vir baie veeboere in hierdie twee kommunale areas, is nie sodanig klimaatsverandering nie, maar wel die struikelblokke of hindernisse wat hul aanpassings strategiee

negatief affekteer/ beïnvloed. Hierdie struikelblokke sluit in die gebrek van gereelde instandhouding

van waterpunte en paaie, wat seisoenale bewegings of die beweging van vee na beter weiding belemmer; die hoe kostes van addisionele voer/ droogte hulp en diere medisyne, of die gebrek aan saad en trekkers of omheining sodat veeboere liewer self kan ploeg; die stadige proses van grond hervorming wat

veeboere forseer om in ‘n klein area te boer; en laastens die hoe werkloosheid onder jeug of jeug wat

nie hierdie plaaslike of inheemse kennis van veeboerdery en klimaatsverandering as belangrik beskou nie. As gevolg hiervan is hierdie veeboere nie net opsoek na bykomende inligting oor plaaslike klimaatsverandering

voorspellings en die gevolglike impakte nie, maar pleit ook vir maniere om hul huidige situasies te verbeter om sodoende

minder kwesbaar te wees onder die huidige en toekomstige klimaatsverandering.

Veeboere se ekologiese kennis oor aanpassings t.o.v. klimaatsverandering

Inheemse gemeenskappe maak veral staat

op hul jarelange plaaslike kennis of

ervaring om aan te pas by die verandering

van klimaat.

- hierdie gemeenskappe mag kwesbaar wees

Die grootste kopseer vir baie veeboere in hierdie

twee kommunale areas is nie sodanig

klimaatsverandering nie, maar wel die

struikelblokke of hindernisse wat hul

aanpassings strategieë negatief affekteer

Bladsy 4

Saam maak ons `n Steinkopfkaart

Voordat enige sinvolle navorsing in ‘n gebied gedoen kan

word benodig mens ‘n gedetaileerde kaart met waterpunte, veeposte, paaie, saaipersele, weidingsareas, grondinligting en

plantegroeitipes. Met GIS (geographical information systems) kan kaarte dan gemaak word om beter beplanning te kan doen. Tot

dusver het ons al bogenoemde inligting gekry, behalwe inligting oor die ligging en die toestand van waterpunte. `n Groep veeboere

wat die Steinkopf area baie goed ken is genooi om die waterpunte te identifiseer. GoogeEarth is gebruik om die oor die Steinkopf

area te ’beweeg’ en op die manier kon hulle die waterpunte en die toestand daarvan uitwys. Die waterpunte data is dan op ons

huidige kaart bygewerk.

Voorloppige Steinkopfkaart met waterpunte en paaie

Tekortkomminge op die kaart:

Slegs die winterreenstreek se gebreekte waterpunte (in rooi driehoekies) is gekarteer. (die Boes-

manland data moet nog opgedateer word)

Die ligging en name van veeposte is nie gekarteer nie

Die huidige Steinkopfgrens, veral die noordelike grens, is nog nie opgedateer nie

‘n Paar veeboere met Lyle Lucas besig om

waterpunte te identifiseer en karteer

Bladsy 5

ARC-API BCB Departement Universiteit van Wes-Kaapland Posbus X17 Bellville 7535

LANDBOU NAVORSINGSRAAD

Telefoon: 021 959 3381 021 959 3373 Faks: : 021 959 1376

Opsomming van Neil Daniels se bosluis studie

In hierdie studie het Neil bosluise in die veld, op skape in krale en ook op klein soogdiere wat as tussengangers dien, ondersoek. Klein soogdiere, soos muise en ander knaagdiere, is oornag gevang, onder-soek vir bosluise en daarna weer vrygelaat.

Klein soogdier spesies soos die vierstreep muis (Rhabdomys pumilio) en ronde-oor klaasneus (Macroscelides pro-boscideus) is die primêre gasheer van die volwasse bosluise (Rhiphicephalus getrudae en Rhiphicephalus microplus) wat op skape gevind was

Skape is gewoonlik die algemene gashere van klein bontpootbosluis (Hyalomma trun-catum), maar hul onvolwasse gashere is gewoonlik skrophase en grondvoëls soos tarentale

Bontpootbosluise was die mees algemene bosluis wat op skaap in krale gekry was

Die Asiatiese bosluis wat ook gevind was is die draers van die bosluisbytkoors. Dis nog onseker hoe hierdie bosluis tot in Namakwaland vesprei het

Bron tot kommer

Bedankings:

Universiteit van Wes-Kaapland

National Research

Foundation

Die mense van Stein-kopf Kommunale

Gebied

Giftige plante in die Boesmanland

In ons onlangse besoek en onderhoude met wagters is daar bevind dat die du-wweltjie (Tribulus terrestris) of beter bekend as Xhorie, die oorsaak is van vele veevrektes in die Boesmanland area.

Die presiese oorsaak is nog nie heel-temal duidelik nie, maar hier volg moontlike behandeling wat toegepas kan word vanaf die webwerf:

http://www.angoras.co.za/article/geeldikkop-tribulus-terrestris

Behandeling:

Neem dier onmiddellik na skaduwee. Hou in skaduwee vir 2 weke.

Voer sagte voer en water

Smeer rome of tattoeer ink kan gebruik word vir beskerming teen sonbrand

Maagbuis 1-2 liter water met glukose / suiker (50-100g)

Behandel met antihistamiene

Behandel met kortikosteroïede

Lewerbehandeling

Waar ernstige weefselverlies voorkom veral by lippe moet genadedood oorweeg word

Bo-aansig van vol-

wasse tropiese Afri-

ka bosluis op skaap

Bo-aansig van vol-

wasse Asiaties

bosluis op skape

gevind

Larwe fase van

tropiese Afrika bosluis

op vierstreepmuis

Niel Daniels sleep material oor

die grond omvas te stel of daar

enige bosluise is

Die Asiatiese bosluis was slegs beperk tot dele van die Vrystaat. Met hierdie studie is dit vir die eerste keer gedokumenteer dat dit nou tot in die Noord-Kaap verprei het!

Duwwetjie (Tribulus terrestris)

Rhaphusephalus

warbutoni gevind op

ronde-oor klaasneus

Bladsy 6