baie welkom by tjokkies! › wp-content › uploads › 2020 › ...gunsteling kos: seekos en slaai...

4
Baie welkom by Tjokkies! Ons vertrou dat elke nuwe kleuter aangename en opwindende Tjokkie-ervarings hier sal beleef. Met Covid-19 nog in ons midde, kan ons nie presies sê hoe volgende jaar gaan lyk nie, maar ons gaan die nuwe jaar met geloof en vertroue tegemoet en gee graag belangrike Tjokkie-inligting aan u deur. (As gevolg van omstandighede, is die inligting wel onderhewig aan verandering.) Skool begin: Personeel - 25 Januarie 2021 Kleuters - 27 Januarie 2021 Ouervergadering - 4 Februarie 2021 Skooltye: Oopsluit (Personeel) - 06:50 Aankoms en skandering - 07:05 tot 08:00 Teen 08:00 moet alle kleuters reeds by die skool wees. Oggendkleuters afhaaltyd - 12:30 tot 13:00 Middagkleuters afhaaltyd - Tussen 15:00 en 17:00 Kleuters kom met eie maskers skool toe. Ons kan nie wag dat jy Tjokkies toe kom nie! 8.

Upload: others

Post on 05-Feb-2021

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Baie welkom by Tjokkies! Ons vertrou dat elke nuwe kleuter aangename en opwindende

    Tjokkie-ervarings hier sal beleef.

    Met Covid-19 nog in ons midde, kan ons nie presies sê hoe

    volgende jaar gaan lyk nie, maar ons gaan die

    nuwe jaar met geloof en vertroue tegemoet en gee

    graag belangrike Tjokkie-inligting aan u deur.

    (As gevolg van omstandighede, is die inligting wel

    onderhewig aan verandering.)

    Skool begin: Personeel - 25 Januarie 2021

    Kleuters - 27 Januarie 2021

    Ouervergadering - 4 Februarie 2021

    Skooltye: Oopsluit (Personeel) - 06:50

    Aankoms en skandering - 07:05 tot 08:00

    Teen 08:00 moet alle kleuters reeds by die skool wees.

    Oggendkleuters afhaaltyd - 12:30 tot 13:00

    Middagkleuters afhaaltyd - Tussen 15:00 en 17:00

    Kleuters kom met eie maskers skool toe.

    Ons kan nie wag dat jy

    Tjokkies toe kom nie!

    8.

  • Sy sien uit na die nuwe groep kleutertjies. Sy het reeds almal se name, waslappies en

    bêre-kassies gereed gekry vir die nuwe jaar. Dit is vir haar belangrik om elkeen van

    hierdie nuwe kleutertjies as individu met eie behoeftes te leer ken.

    Soms wil „n ouer so graag hê dat die kindjie sommer dadelik inskakel en sy beste

    maniere onthou sodat juffrou kan sien hoe oulik hy is!

    'n Juffrou verstaan dat hulle nie altyd sommer dadelik tuis voel nie.

    Ons dink alle kleuters is oulik, dit is hoekom ons juffrouens geword het! Gee die

    “nuwe juffrou” en die “nuwe kleuter” tyd om mekaar te leer ken en verstaan.

    Party is opgewonde en vol selfvertroue, ander is weer onseker en „n bietjie bang.

    Sommige het soveel uitgesien na hierdie dag en kry nou skielik koue voete!

    Kleuters, net soos volwassenes, voel onseker in nuwe omstandighede en moet met

    begrip benader word. Daar is outjies wat oorweldig voel en nie graag opgetel wil

    word nie, party wil drukkies uitdeel en ander wil sommer dadelik gaan speel.

    Saam-saam ontdek ons ‟n wêreld van leer deur ervaring, sosialisering,

    verantwoordelikheid, respek, trots, konsentrasie en selfdissipline. Die sameloop van

    hierdie ervarings help u kleuter om sy eiewaarde te bepaal en gereed te raak vir nuwe

    uitdagings in die toekoms.

    Stel u kleuter gerus, vestig sy/haar aandag op die mooi omgewing en stap saam tot by

    die juffrou. Sien toe dat u kindjie êrens in iets geïnteresseerd raak. Moenie langer as 3

    minute ronddraai nie. Groet dan ferm maar liefdevol met die versekering dat u hom/

    haar na werk sal kom haal!

    Om die afskeid met u kleuter uit te rek, maak dit moeiliker en gee die

    kleuter net geleentheid om redes uit te dink om dadelik saam met u

    terug huis toe te gaan.

    Op hierdie eerste dag kan kleuters Tjokkiedrag aantrek, dit dra by tot

    groot opgewondenheid!

    Indien u bekommerd voel in die eerste week, kan u die kantoor gerus

    gedurende die oggend skakel sodat ons u van u kleuter se doen en

    late kan verwittig.

    2. 7.

    Kleuters leer deur te speel en te ervaar. Dit leer hul om konsepte

    en emosies beter te verstaan. Speel ontwikkel ‘n kleuter se brein.

    Dit laat hul ook toe om te beweeg, wat hul motoriese vaardighede

    ontwikkel. Speel is noodsaaklik vir die optimale ontwikkeling van elke

    kind!!

    Wat help dit dat ‘n kind se intellektuele vaardighede bogemiddeld

    toets, maar hy sukkel om stil te sit en te konsentreer?

    Dit gebeur wanneer kinders te vroeg gedwing word om op ‘n

    formele manier te leer, byvoorbeeld d.m.v

    werkvelle.

    So ‘n kind raak maklik gefrusteerd, angstig,

    sukkel met motoriese en sosiale vaardighede

    en bereik nooit hul ware potensiaal nie.

    By Tjokkies bied ons aan die kleuter

    doelgerigte, konkrete leerervarings. Speel-speel leer hulle, is hulle

    gelukkig, beleef hulle pret, voel hulle veilig en bou hulle selfvertroue.

    Dit is ons strewe om elke kleuter na die

    beste van ons vermoë voor te berei vir

    latere formele onderrig, deur hul

    konkreet te leer en met liefde en respek

    te hanteer.

  • Blouklas — Juffrou Elsabé

    Verjaarsdag: 23 Oktober

    Gunsteling blom: Gesiggies

    Gunsteling kos: Gebraaide hoendervlerkies

    Het juffrou kinders? Petri (28), Helgard (26)

    en Talita (23)

    Waar is juffrou gebore? In Heilbron

    Het juffrou diere by die huis? 2 Honde en 1 katjie

    Blouklas — Assistent-juffrou Henriette

    Verjaarsdag: 16 Februarie

    Gunsteling blom: Roos

    Gunsteling kos: Skaapvleis en groente

    Het juffrou kinders? Ja ek het 3 kinders

    Waar is juffrou gebore? In Vryburg

    Het juffrou diere by die huis? Honde, skape, beeste,

    hoenders en voëltjies

    Geelklas — Juffrou Ané

    Verjaarsdag: 31 Maart

    Gunsteling blom: Tulpe en Peonies

    Gunsteling kos: Steak en chips

    Het juffrou kinders? Ons het een op pad!

    Waar is juffrou gebore? In Bloemfontein

    Het juffrou diere by die huis? Nee

    Geelklas — Assistent-juffrou Maridene

    Verjaarsdag: 14 November

    Gunsteling blom: Proteas

    Gunsteling kos: Braaivleis en slaai

    Het juffrou kinders? Nee

    Waar is juffrou gebore? In Bethlehem

    Het juffrou diere by die huis? 2 Hondjies en 300 voëls

    Groenklas — Juffrou Blanche

    Verjaarsdag: 11 Februarie

    Gunsteling blom: Sonneblomme

    Gunsteling kos: Skaapboud en groente, sushi

    Het juffrou kinders ? 2 seuns

    Waar is juffrou gebore? In Henneman

    Het juffrou diere by die huis? 5 Honde, 222 bokke, 150

    voëls en 20 visse.

    Groenklas — Assistent-juffrou Le-André

    Verjaarsdag: 12 November

    Gunsteling blom: Sonneblomme en

    Proteas

    Gunsteling kos: Chicken schnitzel

    Het juffrou kinders? Nee

    Het juffrou diere by die huis? 4 Honde

    Rooiklas — Juffrou Amie

    Verjaarsdag: 7 Desember

    Gunsteling blom: Protea

    Gunsteling kos: Stirfry en Mangoes

    Het juffrou kinders? Ek het 3 Kinders, Gr. 8,

    Gr. 6 en Gr. 2

    Waar is juffrou gebore? In Bloemfontein

    Het juffrou diere by die huis? 3 Honde

    Rooiklas — Assistent-juffrou Carmen

    Verjaarsdag: 12 April

    Gunsteling blom: Protea

    Gunsteling kos: Seekos en slaai

    Het juffrou kinders? Nee

    Waar is juffrou gebore? In Bloemfontein

    Het juffrou diere by die huis? 2 Hondjies

    Sekretaresse— Juffrou Sanet

    Verjaarsdag: 17 April

    Gunsteling blom: Rose en Daisies

    Gunsteling kos: Pasta en lekker koffie

    Het juffrou kinders ? 2 Tieners, Gr . 5 en Gr.8

    Waar is juffrou gebore? In Hoopstad

    Het juffrou diere by die huis? 3 Hondjies en 6 hoenders

    Middagsorg-assistente

    Juffrou Sannette (oorhoofs) Juffrou Danél

    3. 6.

    1. Voorgeskrewe Tjokkiedrag vir Maandae en Donderdae (by Tunika beskikbaar)

    2. „n Spesifieke voorgeskrewe Tjokkiesak (by Tunika, nie die laerskool-sak nie)

    Reël asseblief die borduring van u kleuter se naam op die sak vroegtydig met

    Tunika.

    3. „n Tjokkie waterbottel (dit is „n geskenkie wat

    elke kleuter vandag ontvang)

    4. Eie kosblik vir verversingstyd soggens

    5. Eie tweede kosblik en koeldrankbotteltjie vir

    middagsorg etenstyd

    6. Eie masker

    Alles moet asseblief duidelik gemerk

    wees.

    Die volledige skryfbehoefte-pakket is by die intreefooi wat u reeds betaal het, ingesluit en word by die skool afgelewer.

    Die skoolgelde word oor 11 maande gehef en is betaalbaar vanaf Januarie tot

    November, voor of op die 7de van elke maand. Maak asseblief voorsiening vir die

    Januarie paaiement, wat dus aan die begin van die maand betaalbaar is en nìe eers

    einde Januarie nie, alhoewel die skool vir 2021 eers later in Januarie begin.

    Skoolgelde vir 2021 is as volg:

    Oggendsorg:

    Per maand: R 1475.00 x 11 maande (Januarie tot November)

    Voldagsorg:

    Per maand: R 2050.00 x 11 maande (Januarie tot November)

    E-pos navrae aan [email protected]

  • Die kosblik moet asseblief „n doodgewone kosblik met EEN deksel wees. Die kleutertjie moet

    dit maklik self kan oop– en toemaak.

    ASSEBLIEF NIE kosblikke wat aan die bo-kant en die onderkant oopmaak of omgedraai kan word nie, die kos val uit en beland op die vloer.

    Tassie- of “cooler-bag” kosblikke is te groot vir ons yskas en nie geskik nie.

    VERVERSINGS:

    Oggendkosblik: (Nr. 1 gemerk met kleuter se naam.)

    Slegs gesonde kossies – geen lekkers nie!!!!

    Koeldrank word by die skool verskaf – moet asb NIE KOELDRANK vir soggens saambring nie.

    Water is toelaatbaar, in die Tjokkie waterbottel. Al die krane by Tjokkies het skoon water, die hooftoevoerpyp het „n watersuiweraar. Die botteltjie kan dus hervul word.

    Middagkosblik: (Nr. 2 gemerk met u kleuter se naam, ook die koeldrankbotteltjie).

    Maak hierdie ete interessant, aangesien dit vir die middagkleuters hul hoof-ete by die skool is. In die somermaande verwag ons dat u kossies sal stuur wat koud geëet kan word. Gedurende die winter word kossies in die mikrogolf opgewarm indien nodig. Geen lekkers of koekies nie asseblief. Alle middagkosblikke moet soggens deur u as ouer saam met u kleuter in die yskas in die kombuis gebêre word.

    Pak asseblief „n lepeltjie vir gekookte kossies of joghurt in. Ouers sorg self vir koeldrank tydens middagete en moet toesien dat dit soggens saam met kosblik nr 2 in die yskas gebêre word. Nie meer as 200ml nie! Gebruik asseblief slegs plastiekbottels wat nie lek nie. Geen gaskoeldrank nie. Geen sakkies jogurt nie.

    Elke Vrydag is ‘n bederfdag waartydens lekkernye verkoop word. Ouers kry eenmalig ‘n beurt om dit te voorsien uit u eie sak. Dit dien ook as ‘n deurlopende fondsinsameling. Meer inligting hieroor tydens die eerste ouervergadering.

    4. 5.

    Maak seker dat u baie deeglik bewus is van die TJOKKIE-REëLS EN INLIGTING. Dit gee „n kleuter sekuriteit as ‟n ouer weet wat van hulle en hul kleuter verwag word.

    Al hierdie reëlings mag dalk vir u te georganiseerd klink, maar dit verseker u kleuter se aanpassing en inskakeling by die skoolroetine. Indien u enige vrae of bekommernis het, bespreek dit asseblief met die klasonderwyseres, wat soggens tydelik u kleuter se “leen-mamma” is. Die skoolhoof se deur is altyd oop vir enige kwelling rakende u kleutertjie.

    Graad R is die BRUG tussen die ouerhuis

    en Graad 1. Om van die Gr.R-jaar ‘n

    suksesvolle oorbruggingsjaar te maak,

    moet die kleuter GEREED by die bruggie

    aankom.

    Die pad begin by die ouerhuis. Daar is

    3 maande oor voordat u kleuter by die

    Gr. R-brug aankom. Ons het vir u die

    volgende TRAPKLIPPIES uiteengesit, wat

    u kan help om u kleuter voor te berei vir ‘n

    suksesvolle Gr. R-jaar!

    Trapklippies wat sovêr moontlik bereik moet wees vóórdat u kleuter met Gr.R begin:

    Toiletgewoontes gevestig

    Tafelmaniere gevestig

    Neus higiëne gevestig

    Self kan aan- en uittrek

    Eie naam en van ken

    Naam skryf (Gr.1-letters)

    Kryt reg vashou

    Kan knip met ‘n skêr

    Eerste keer luister

    Instruksies uitvoer

    Nee vir ‘n antwoord aanvaar

    Uithouvermoë toon

    Emosies beheer

    Waardering wys

    ‘n Gawe maatjie wees

    Weerbaar wees tov veiligheid

    Reëls navolg en toepas

    Respek betoon en groet

    Toepaslike gedrag openbaar

    ‘n Basiese getalbegrip tot 5 openbaar

    Duidelik en verstaanbaar praat